19
2Kon 10:1-27 In ‘n wêreld vol oorlog en geweld, regeer en beheer die HERE alles soewerein- almagtig ... en ... Hy hou diktators, regerings, my en jou verantwoordelik. Oktober 2017 Ps 92: 1, 2 – vooraf Ps 33: 1, 2, 3 – lofpsalm Ps 50: 8, 9, 10 – na wet Ps 33: 6, 7, 8 – as antwoord op die Woord Ps 34: 3, 4, 5 – tydens Barmhartigheidsdiens Ps 65: 2, 3 – slotpsalm Lees: 2Kon 10:1-27 Skrifverklaring. Inleiding. Mens kan-it nie mis-ie hê. In 2Kon 10:1-27 loop-ie bloed. Dis wreed. Dis hoe Jehu se staatsgreep is. Wreed. Toepassing 1 Dis hoe staatsgrepe en oorloë altyd is. Wreed. Om mag oor te neem. Of om jou magsposisie te verdedig word in hierdie wêreld wreed. Hulle sê dat Josef Stalin van-ie Kommunistiese Russiese Sowjet-unie tussen 1936-38 oor-ie miljoen Russe laat teregstel het. Hy’t mijoene Russe na strafkampe in-ie Sebiriese ys-woestyn gestuur waar baie van hulle dood is. Alles om in sy magsposisie te bly. En in Afrika en SA is oolog en geweld en baie bloed nie ongewoon nie. * * * * * So hoe moet ons-it alles verstaan? Hoe pas-ie HERE in-it alles in? Waarmee is-ie HERE in-it besig? Nou in 2kon 9-10 waar-it gaan oor Jehu se staatsgreep en revolusie leer-ie HERE meer hieroor. Terugblik Ons kon so ver uit 2Kon 9:1-13 en 2Kon 9:14-37 waar ons verlede week en voor verlede week was vyf goed leer en hoe die HERE is en in ons wêreld en land vol geweld en oorlog aan-ie werk is. Ons kon-ie HERE leer ken I as-ie God wat net absoluut getrou is. 1 Vgl Davis se 2Kon komm bl 157

Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 10,1-27.pdf · en so sy oordeel oor-ie Goddelose Koningshuis van Agab laat kom. * * * * * B. Ons sien-it ook as ons aangaan

  • Upload
    others

  • View
    11

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 10,1-27.pdf · en so sy oordeel oor-ie Goddelose Koningshuis van Agab laat kom. * * * * * B. Ons sien-it ook as ons aangaan

2Kon 10:1-27

In ‘n wêreld vol oorlog en geweld, regeer en beheer die HERE alles soewerein-almagtig ... en ... Hy hou diktators, regerings, my en jou verantwoordelik.

Oktober 2017 Ps 92: 1, 2 – vooraf Ps 33: 1, 2, 3 – lofpsalm Ps 50: 8, 9, 10 – na wet Ps 33: 6, 7, 8 – as antwoord op die Woord Ps 34: 3, 4, 5 – tydens Barmhartigheidsdiens Ps 65: 2, 3 – slotpsalm

Lees: 2Kon 10:1-27 Skrifverklaring. Inleiding. Mens kan-it nie mis-ie hê. In 2Kon 10:1-27 loop-ie bloed. Dis wreed. Dis hoe Jehu se staatsgreep is. Wreed.

Toepassing1 Dis hoe staatsgrepe en oorloë altyd is. Wreed. Om mag oor te neem. Of om jou magsposisie te verdedig word in hierdie wêreld wreed. Hulle sê dat Josef Stalin van-ie Kommunistiese Russiese Sowjet-unie tussen 1936-38 oor-ie miljoen Russe laat teregstel het. Hy’t mijoene Russe na strafkampe in-ie Sebiriese ys-woestyn gestuur waar baie van hulle dood is. Alles om in sy magsposisie te bly. En in Afrika en SA is oolog en geweld en baie bloed nie ongewoon nie.

* * * * * So hoe moet ons-it alles verstaan? Hoe pas-ie HERE in-it alles in? Waarmee is-ie HERE in-it besig? Nou in 2kon 9-10 waar-it gaan oor Jehu se staatsgreep en revolusie leer-ie HERE meer hieroor. Terugblik Ons kon so ver uit 2Kon 9:1-13 en 2Kon 9:14-37 waar ons verlede week en voor verlede week was vyf goed leer en hoe die HERE is en in ons wêreld en land vol geweld en oorlog aan-ie werk is. Ons kon-ie HERE leer ken I as-ie God wat net absoluut getrou is.

1 Vgl Davis se 2Kon komm bl 157

Page 2: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 10,1-27.pdf · en so sy oordeel oor-ie Goddelose Koningshuis van Agab laat kom. * * * * * B. Ons sien-it ook as ons aangaan

1

Wat Hy sê deur sy profete gebeur. II Ons kon-ie HERE leer ken as-ie God wat soewerein-almagtig deur sy profetiese-Woord wêreld-gebeure beheer en daaroor regeer. III Ons kon-ie HERE leer ken as-ie God wat ‘n einde maak aan onreg. IV Ons kon-ie HERE leer ken as-ie God wat sy ewige Koninkryk van vrede bring deur sy oordeel. V En hierdie oordeel bring-ie HERE deur sy Gesalfde Koning. In 2Kon 9-10 is-it Jehu. Uiteindelik is-it Jesus. Dis ook Jesus wat in elkeen van sy gelowiges se plek die oordeel van-ie HERE dra sodat ons kan deel in-ie HERE se wige vrede-ryk. Terug by vandag Maar-it bring ons nou by 2Kon 10:1-27. En nou-sier nog iets wat die HERE oor Homself leer en oor hoe Hy aan-ie werk is in ons wêreld en land vol staatsgrepe vol revolusies vol oorlog vol geweld vol misdaad. En dis-at

Terwyl die HERE dit alles 100% soewerein-almagtig bepaal, beheer, regeer Hy ook konings, regeerders, mense, 100% verantwoordelik hou vir ons sondige dade in al hierdie geweld.

Toepassing En in ‘n wêreld vol geweld oorlog bloed is hierdie waarheid ontsaglik belangrik. Dis ‘n waarheid waarmee-ie HERE waarsku Dis ‘n waarheid waarmee-ie HERE oproep tot bekering. Dis ‘n waarheid waarmee-ie HERE troos. En-ie HERE wys ons hierdie waarheid soos ons deur 2Kon 10:1-27 gaan werk. So kom ons gaan deur hierdie verse.

1. En dan begin ons by-ie Konteks.

Ons kry-it in vers 1: “En Agab het sewentig seuns gehad in Samaría.”

Verduidelik2 As ons op-ie Hebreeuse teks ingaan sien ons-at dit op-ie oomblik-ie situasie daar in Smaria is.

Op-ie oomblik is-aar 70 van Agab se seuns.

2 1a is ‘n nominale sin. Ek meen dat hierdie nominale sin vir ons ‘n toestand beskryf wat geldend was toe 1b vv plaas vind

(Hebreeuse spraakkuns bl 235).

Page 3: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 10,1-27.pdf · en so sy oordeel oor-ie Goddelose Koningshuis van Agab laat kom. * * * * * B. Ons sien-it ook as ons aangaan

2

Verduidelik3 Dit klink vir ons rof baie. Maar ons moet ontou dat hierdie 70 seuns ook Agab se klein-seuns en agter-kleinsuns in gesluit het. En 1Kon 20:7-8 leer dat Agab nie net vir Isebel gehad het nie. Hy’t soos-ie konings van-aai tyd ‘n harem gehad ‘n klomp vrouens by wie Agab kinders gehad het.

Maar goed as vers 1 sê dat daar op die oomblik 70 van Agab se seuns in Samaria is dan sê-it ook-at die HERE se oordeelswoord deur Elia nog-ie heeltemal in volheid vervul is nie.

Verduidelik4 Onthou ons is op-ie oomblik in-ie tyd dat die HERE se oordeelswoord deur Elia teen-ie Goddelose koningshuis van Agab in vervulling begin gaan. Dis-aai woord van-ie HERE deur Elia in 1Kon 21:21-23 waar-ie HERE sê: “Kyk ... Ek sal van Agab uitroei al wat manlik is in Israel ... En ook oor Isébel het die HERE gespreek en gesê: Die honde sal Isébel eet by die voorskans van Jísreël.” En nou in Jehu se staatsgreep en revolusie is-ie HERE besig om hierdie oordeel werklikheid te maak.

Terugblik Verlede week by 2Kon 9:14-37 het ons gesien hoe-ie HERE hierdie oordeel in Jehu se staatsgreep begin het. Dit was toe Jehu by Jisreël koning Joram Agab se seun dood geskiet het. Jehu het ook vir Ahasia die koning van Juda

wat in Agab se familie in-getrou was en daar by Joram in Jisreël op besoek was

dood geskiet. En toe’t Jehu ook vir Isebel dood gemaak.

So-ie HERE se oordeel het begin. Maar as 2kon 10:1 vertel van Agab se 70 seuns in Samaria dan sê-it vir ons: ‘luister-aai oordeel het nog net begin. Dit moet nog in sy volheid deurwerk.’5 Want die HERE se oordeelswoord deur Elia is: “Kyk Ek sal van Agab uitroei al wat manlik is in Israel ...”

3 Vgl Van Gelderen se 2Kon komm bl 165 4 Vgl 2Konings 9,14-37.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.ph 5 Vgl Hobbs se 2Kon komm bl 124, 126; House se 2Kon komm bl 292

Page 4: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 10,1-27.pdf · en so sy oordeel oor-ie Goddelose Koningshuis van Agab laat kom. * * * * * B. Ons sien-it ook as ons aangaan

3

Oorgang En presies dit gebeur nou in-ie res van 2Kon 10:1-27. 2. So kom ons kyk hoe verloop-ie HERE se oordeel in 2Kon 10:1-27.

Opmerking6 Dit verloop in-ie vier fases van Jehu se staatsgreep en revolusie.

A. Die eerste fase kry ons in vers 1-7. Jehu organiseer in hierdie eerste fase vanuit Jisreël waar hy op-ie ooblik is die massa-moord op Agab se 70 seuns. B. Fase twee kry ons in vers 8-11. En-it gebeur ook in Jisreël. Jehu wis uit almal in Jisreël wat nog op ‘n manier aan Agab verbonde is. C. In Fase drie vat Jehu die pad Samaria toe. Dit begin in vers 12 en eindig in vers 17 waar Jehu in Samaria aankom en almal dood maak wat nog van Agab oorgebly het. D. In Fase vier wis Jehu al wat ‘n Baäl-dienaar is uit. Hy vernietig ook-ie Baäl-tempel. Vers 18-27 vertel daarvan.

Toepassing En Wie ons nou in-ie eerste plek in elkeen van hierdie fases moet raaksien is-ie HERE. Ons moet in-it alles meer leer oor hoe die HERE is en wat die HERE mee besig is ook in ons land en wêreld vol geweld en oorlog en bloed.

3. So kom ons gaan dieper hierop in.

Op hoe ons-ie HERE in 2Kon 10:1-27 leer ken. A. Nou in fase een van Jehu se staatsgreep en revolusie

in vers 1-7 organiser hy mos vanuit Jisreël die massa-moorde op Agab se 70 seuns. En dan gebeur-it. Vers 7 vertel hoe-ie owerhede in Samaria “die seuns van die koning geneem en hulle gedood het, sewentig man, en hulle hoofde in mandjies gesit en aan (Jehu) na Jísreël gestuur het.”

Opmerking Sjoe dis rof dis wreed. Ons sal net-nou dieper hierop ingaan.

Maar sien julle ons God?

6 Vgl Hobbs se 2Kon komm bl 124-126; Davis se 2Kon komm bl 157-158

Page 5: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 10,1-27.pdf · en so sy oordeel oor-ie Goddelose Koningshuis van Agab laat kom. * * * * * B. Ons sien-it ook as ons aangaan

4

Verduidelik7 Hy’s net absoluut getrou. Wat Hy sê gebeur. Want Jehu se staatsgreep en revolusie is-ie maar net Jehu sin-ie. Dis-ie maar net Jehu wat hierdie politieke aspirarsies het en dan die mag by die koningshuis van Agab oorvat nie. Nee in hierdie staatsgreep en revolusie kom-ie HERE se oordeel oor-ie Goddelose koningshuis van Agab presies soos-ie HERE-it in sy profetiese-Woord deur Elia gegee het. Wat hier gebeur is-ie HERE se Woord in 1Kon 21:21 waar-ie HERE gesê het: “Kyk ... Ek sal van Agab uitroei al wat manlik is in Israel, sonder uitsondering.” En hier-sit besig om te gebeur.

Die HERE is absoluut getrou. Wat Hy sê gebeur. En daarby is-ie HERE die Een wat wêreld-gebeure soewerien-almagtig aan die gang sit beheer en daaroor regeer deur sy profetiese-Woord.

Verduidelik8 Dis soos in-ie begin. Die HERE het gesê: “Laat daar lig wees! En daar was lig.” 9 So is-it ook met hierdie staatsgreep van Jehu. Dit sou net nie gewees het nie as Elisa nie in 2Kon 9:1 sy dienaar met die HERE se Woord na Jehu gestuur het nie. Dis-ie HERE deur sy profetiese-Woord wat hierdie staatsgreep soewerein-almagtig begin het dit beheer en daaroor regeer en so sy oordeel oor-ie Goddelose Koningshuis van Agab laat kom.

* * * * * B. Ons sien-it ook as ons aangaan na fase-twee van Jehu se revolusie. Daar in vers 8-11. Dis waar Jehu Jisreël helemal skoonmaak en al wat Agab-is daar uitmoor. En ook dit is niks anders nie as-ie HERE wat sy oordeel oor-ie Goddelose koningshuis van Agab laat kom.10

Bewys Kyk daar in vers 10. Jehu praat daar met die mense van Jisreël. En dan sê hy: “Erken dan dat niks onvervuld bly van die woord van die HERE wat die HERE gespreek het teen die huis van Agab nie die HERE het gedoen

7 Vgl 2Konings 9,1-13.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 8 Vgl 2Konings 9,1-13.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 9 Gen 1:3 10 Vgl Davis se 2Kon komm bl 161

Page 6: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 10,1-27.pdf · en so sy oordeel oor-ie Goddelose Koningshuis van Agab laat kom. * * * * * B. Ons sien-it ook as ons aangaan

5

wat Hy deur die diens van sy kneg Elía gespreek het.”

C. Ons kry-it ook aan-ie einde van fase-drie van Jehu se revolusie.11 Kyk-aar in vers 17: “En toe hy in Samaría aankom, het (Jehu) almal omgebring wat van Agab in Samaría oor was, totdat hy hom verdelg het volgens die woord van die HERE wat Hy tot Elía gespreek het.”

Toepassing Sien julle ons God?! Hy’s absoluut getrou. Wat die HERE sê deur sy profete gebeur. En met sy profeties-woord is-ie HERE besig om alles hier in-ie wêreld soewerein-almagtig te beheer.

D. Ons sien-it ook in-ie vierde-fase van Jehu se revolusie. Daar in vers 18-27. Dis waar Jehu al wat Baäl-dienaar is uitmoor. En-ie Baäl-tempel en Baäl-beeld in Samaria verwoes.

Verduidelik Jehu organiseer hierdie reuse fees-en-offerdag vir Baäl. Die Baäl-tempel was tjok-en-blok vol Baäl-dienaars. Vers 19-24 vertel hoe Jehu alles georganiseer het. Nou dis toe daai Baäl-tempel so stamp-vol was en-ie offer-fees goed op dreef was dat Jehu sy massa-moord gedoen het.

Bewys Kyk-aar in vers 25-27: “toe ... sê Jehu aan die hardlopers en die adjudante:

hulle was iets soos ‘n spes-magteeenheid12 Kom in, slaan hulle dood, laat niemand uitkom nie!” En hulle het hul met die skerpte van die swaard doodgeslaan, en die hardlopers en die adjudante het hulle uitgegooi en na die stadsdeel van die Baälstempel gegaan.

of na die binnehof van die Baäl-tempel13 En hulle het die pilare van die Baälstempel uitgebring en dit verbrand en die klippilaar van Baäl afgebreek en Baäl se tempel afgebreek en daar gemakhuisies van gemaak, tot vandag toe.”

11 Vgl Davis se 2Kon komm bl 161; Lange se 2Kon komm bl 116 12 25b – Hobbs se 2Kon komm bl 130 wys dat רצים en ׁשלׁשים deel was van elite infantrie-eenheid wat ook opgetree het as

Jehu se lyf-wag (Lange se 2Kon komm bl 113; Van Gelderen se 2Kon komm bl 188). 13 25h – NIDOTTE vol 3 bl 398 wys my dat עד־עיר בית־הבעל (tot in die stad van die huis/tempel van Baäl) hier die betekenis het

van “the inner room of the house of Baal” (ESV). As Jehu se massa-moord-soldate gaan tot in die binne-kamer van die Baäl-tempel, dan wys dit ons hoe deeglik hulle optrede is … Hulle maak seker daar bly geen Baäl-dienaar lewe nie (vgl Konkel se 2Kon komm bl 484).

Page 7: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 10,1-27.pdf · en so sy oordeel oor-ie Goddelose Koningshuis van Agab laat kom. * * * * * B. Ons sien-it ook as ons aangaan

6

Verduidelik14 So Jehu verander die Baäl-tempel in gemakshuisies. Mens moet dit maar eintlik plat-reguit sê. Jehu het die Baäl-tempel verander in ‘n plek waar ouens hulle toilet-ding gedoen het. So Jehu het al wat ‘n Baäl-diensaar is uitgemoor en die Baäl-goedsdiens totaal ‘jiggie’ gemaak.

En in-it alles moet ons weer sien: Ons God is absoluut getrou. Wat Hy sê gebeur.

Bewys15 Daar in 1Kon 19 was Elia totaal moedeloos. In 1Kon 19:14 sê Elia vir-ie HERE: “die kinders van Israel het u verbond verlaat, u altare afgebreek en u profete met die swaard gedood ...” En dan? Wel in 1Kon 19:15-17 het die HERE toe vir Elia gesê: “gaan heen en salf Hásael as koning oor Aram. En Jehu ... moet jy salf as koning oor Israel ... En die een wat van die swaard van Hásael vryraak, h om sal Jehu doodmaak ...”

Verduidelik En dis wat hier in-ie vierde fase van Jehu se revolusie gebeur. Deur-ie swaard van Jehu kom-ie HERE se oordeel

nie net oor-ie Goddelose koningshuis van Agan nie Nee ook oor Goddelose Israel wat hulle rug in liefdeloosheid op die HERE gedraai het en Baäldienaars geword het

wat die HERE se “verbond verlaat, (sy) altare afgebreek en (sy) profete met die swaard dood ...”

Toepassing Sien julle ons God?! Hy’s absoluut getrou. Wat Hy sê gebeur. En soewerein-almagtig is-ie HERE hier in beheer. Oor wat hier gebeur heers-ie HERE deur sy profetiese-Woord. Soewerein-almagtig is die HERE in oordeel aan-ie werk.

Oorgang Maar wat nou nog belangrik is is-at die HERE dit alles doen deur Jehu. Deur Jehu bring-ie HERE soewerein-almagtig sy oordeel oor Goddelose Agab-hulle en oor-ie Baäl-dienaars in Israel.

14 Vgl NIDOTTE vol 2 bl 257, vol 3 bl 1239; Van Gelderen se 2Kon komm bl 190; Ollye se 2Kon komm bl 263; Davis se

2Kon komm bl 162; Lange se 2Kon komm bl 114; House se 2Kon komm bl 294-295; Van Gelderen se 2Kon komm bl 190. 15 Vgl Van Gelderen se 1Kon komm bl 220, 2Kon komm bl 185

Page 8: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 10,1-27.pdf · en so sy oordeel oor-ie Goddelose Koningshuis van Agab laat kom. * * * * * B. Ons sien-it ook as ons aangaan

7

Jehu is-ie oordeelsinstrument in-ie HERE se hand. En hierdie is nog ies belangrik wat ons moet raaksien van ons God. Hy is absoluut soewerein-almagtig aan die werk. Maar dan gebruik-ie HERE mense. Mense is sy instrumente. In 2Kon 9-10 is Jehu die mens deur wie die HERE werk. Jehu is hier die mens deur wie die HERE sy oordeel bring. 4. So kom ons fokus op Jehu.

En wat ons nou gaan sien is-at Jehu nie hierdie goeie ou is nie. Hy-s eintlik baie boos.

Opmerking En dis belangrik dat ons-it moet raaksien. Want dis as ons raaksien dat Jehu deur wie die HERE soewerein-almagtig werk eintlik hierdie bose ou is dat ons gaan uitkom by ‘n baie belangrike stuk lering oor ons God. En dis-ie lering dat die HERE

in ‘n wêreld vol geweld oorlog bloed terwyl Hy-it alles 100% soewerein-almagtig bepaal en beheer ook regeerders en mense 100% verantwoordelik hou vir ons sondige-dade in al hierdie geweld.

So goe kom ons fokus nou op Jehu A. In-ie eerste-fase van Jehu se revolusie in vers 1-7 leer ons Jehu ken as hierdie wrede Tiran wat met vrees intimideer en so sy wil laat gebeur.

Bewys Ons sien-it in vers 1-3. Jehu is op-ie oomblik in Jisreël. Joram is klaar dood. Jehu het hom geskiet. Nou dis daarna dat Jehu toe hierdie brief skryf aan-ie owerhede16 in Samaria. Dis-ie ouens wat op hierdie stadium nou nog Joram-ondersteuners is.

16 1c – Ek meen dat הזקנים ,ׂשרי יזרעאל ,ׁשמרון, en האמנים אחאב die verskillende plekke/ persone is waarheen Jehu sy brief stuur

(vgl Van Gelderen se 2Kon komm bl 165-166). Vraag: Wie is hierdie ouens aan wie Jehu sy brief rig? Wel, ׂשרי יזרעאל was militêre bevelvoerders of leiers in Jisreël (Holladay bl 354) … wat waarskynlik Samaria toe gevlug het met die dood van Joram (Hobbs se 2Kon komm bl 126; Davis se 2Kon komm bl 158). הזקנים is oudstes en ‘n groep wat betrokke is in die regering van Israel (NIDOTTE vol 1 bl 1135). האמנים אחאב het die betekenis van ‘kinder-oppassers van Agab’/ ‘kinder-opvoerders van Agab’ (Holladay bl 20; Hobbs se 2Kon komm bl 126). Ook hulle het belanrike inspraak in die regering gehad (Van Gelderen se 2Kon komm bl 166-167). Bg personde het almal op ‘n manier deel gevorm van Joram se regering … Dis op die oomblik die ouens wat nog lojaal is aan die huis van Agab (vgl Hobbs se 2Kon komm bl 124, 126; Van Gelderen se 2Kon komm bl 166-167; Konkel se 2Kon komm bl 479; Davis se 2Kon komm bl 158).

Page 9: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 10,1-27.pdf · en so sy oordeel oor-ie Goddelose Koningshuis van Agab laat kom. * * * * * B. Ons sien-it ook as ons aangaan

8

Kyk Jehu skryf vir hulle: “As hierdie brief dan nou by julle kom, terwyl die seuns van jul heer by julle is,

en die strydwaens en die perde by julle is, en ‘n versterkte stad en wapens,

kyk dan uit na die beste en betroubaarste van die seuns van julle heer, en sit hom op die troon van sy vader en veg vir die huis van julle heer.”

Verduidelik17 So wat kry Jehu reg met hierdie brief? Wel hy maak hierdie Joram-ouens bang. Hy’s eintlik besig om vir hulle te sê: ‘Luister ondersteun my of maak reg vir ‘n geveg en ek beloof julle ‘n harde tyd.’

En dan werk-it. In vers 4-5 gee-ie Samaria-owerhede oor. Hulle word hierdie bang onderdane van Jehu. In vers 6 dwing Jehu hulle dan om vir hom sy massa-moord op die 70 seuns van Agab uit te voer. Hulle doen-it da nook in vers 7 “en (die 70 seuns se) hoofde (het hulle) in mandjies gesit en aan (Jehu) na Jísreël gestuur.”

Toepassing Sien julle hoe intemideer Jehu met vrees. Jy dien Jehu nie omdat jy wil nie. Jy dien hom omdat jy bang is vir hom. Jehu is ‘n Tiran wat met vrees intemideer. En so sy wil laat gebeur.

Verduidelik18 Want dis waaroor-it vir Jehu gaan. Sy wil sy staatsgreep sy revolusie. Want dis hoe tiranne is. Hulle is nie God-gesentrered nie. Hulle is self-gesentreerd. Tiranne “stel God nie voor hul oë nie” sê Ps 54:5. En dis hoe Jehu hier optree.

B. Ons sien-it ook as ons aan lees na fase twee van Jehu se revolusie. Die HERE en die HERE se wil staan nie vir Jehu eerste nie. Daarom lieg hy. Daarom misbruik hy die HERE se Woord vir sy eie voordeel.

17 Vgl K&D se 2Kon komm bl 346-347; House se 2Kon komm bl 292; Lange se 2Kon komm bl 111; Konkel se 2Kon komm bl

479; The Expositor’s Bible commentary vol 3 bl 857; Hobbs se 2Kon komm bl 126; Davis se 2Kon komm bl 158; Olley se 2Kon komm bl 262; Van Gelderen se 2Kon komm bl 168; NIDOTTE vol 4 bl 749.

18 Vgl NIDOTTE vol 3 bl 544

Page 10: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 10,1-27.pdf · en so sy oordeel oor-ie Goddelose Koningshuis van Agab laat kom. * * * * * B. Ons sien-it ook as ons aangaan

9

Ons sien-it in vers 9-10.

Gedagtestruktureel In vers 7 het Jehu se nuwe bang-onderdane baie gehoorsaam Agab se 70 seuns onthoof en hulle koppe in mandjies na Jehu in Jisreël gestuur. In vers 8 gee Jehu opdrag dat die koppe “in twee hope neer (gesit moet word) by die ingang van die poort tot môre toe.”

Verduidelik19 Ook deel van Jehu se intemidasie-strategie. Daai koppe vertel die storie van: ‘Pasop vir opstand teen Jehu. Jou kop kan dalk ook deel van hierdie hope word.’

Maar kyk nou wat gebeur in vers 9: “En in die môre het hy uitgegaan en gaan staan en aan die hele volk gesê: Julle is onskuldig.

julle het nie hierdie ouens dood gemaak nie20 Kyk, ék het ‘n sameswering gesmee teen my heer (Joram) en hom vermoor, maar wie het al hierdie manne doodgeslaan?”

Verduidelik21 Sien julle hoe lieg Jehu? Hy weet mos baie goed wie hierdie ouens dood gemaak het. Hy weet mos hy-sie ou wat die bevel vir-ie massa-moord gegee het. Maar nou maak Jehu of hy niks daarvan weet nie.

Hoekom doen Jehu dit? Wel kyk na vers 10. Jehu praat-da verder en dan sê hy: “Erken dan dat niks onvervuld bly van die woord van die HERE wat die HERE gespreek het teen die huis van Agab nie die HERE het gedoen wat Hy deur die diens van sy kneg Elía gespreek het.”

Verduidelik22 Sien julle wat maak Jehu? In vers 9 sê hy vir-ie volk:

19 Vgl House se 2Kon komm bl 292; Hobbs se 2Kon komm bl 127; House se 2Kon komm bl 292; The Expositor’s Bible

commentary vol 3 bl 857-858 20 9e – צדקים אתם het die letterlike betekenis van ‘regverdiges is julle’. In hierdie konteks wil Jehu hiermee vir die volk van

Jisreël sê dat hulle in die reg is. Hulle is nie skuldig aan die dood van die 70 seuns van Agab nie (NIDOTTE vol 3 bl 748; Van Gelderen se 2Kon komm bl 171).

21 Vgl vgl Lange se 2Kon komm bl 112; K&D se 2Kon komm bl 347; House se 2Kon komm bl 292-293; Van Gelderen se 2Kon komm bl 172

22 Vgl K&D se 2Kon komm bl 347; House se 2Kon komm bl 292-293; Van Gelderen se 2Kon komm bl 172; Konkel se 2Kon komm bl 480; House se 2Kon komm bl 293; Hobbs se 2Kon komm bl 132

Page 11: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 10,1-27.pdf · en so sy oordeel oor-ie Goddelose Koningshuis van Agab laat kom. * * * * * B. Ons sien-it ook as ons aangaan

10

‘luister julle het nie hierdie ouens dood gemaak nie. Maar ook-ie ek-ie.’ Lieg hy. Maar wat hy nou in vers 10 doen is om te sê: ‘Dis-ie HERE. As-it nie julle is-ie en ook-ie ek-ie dan-sit die HERE. Dis-ie HERE wat besig is om sy profetiese-woord deur Elia werklikheid te maak.’

Opmerking Wat natuurlik ‘spot-on’ is.

Maar Jehu se doel is vieslik. Want wat Jehu eintlik sê is: ‘Hei sien julle die HERE is aan my kant. Julle kan-it mos sien. Ek het Joram Agab se seun dood gemaak. Maar dis deur die HERE dat hierdie 70 ander seuns van Agab dood gemaak is.’ So dis duidelik hê? Ek en die HERE is besig met die selfde ding. So die HERE is aan my kant. So moenie met my sukkel en baie teë-praat nie.’ En so kry Jehu die volk agter hom sodat hy in vers 11 sommer maklik-ie res van almal wat nog daar in Jisreël aan Agab verbonde is kan elimineer.

Toepassing23 Sien julle? Hier-sie waarheid by Jehu nie. En daarby misbruik Jehu die Woord van die HERE. Dis niks anders-ie as om die HERE se Naam ydelik te gebruik. Jehu oortree die drede gebod.

C. Jehu is boos hê? Ons sien-it ook in die derde-fase van Jehu se staatsgreep. Dis-aar in vers 15-16. Jehu is nou op-pad Samaria toe. En dan ontmoet hy Jonadab die seun van Regab.

Verduidelik24 In Jer 35:6-19 lees ons weer van hierdie Jonadab en sy nageslag. Ons het-ie nou tyd om in meer detail op Jonadab-hulle in te gaan-ie.

23 Vgl Davis se 2Kon komm bl 161; Lange se 2Kon komm bl 116 24 Vgl NIDOTTE vol 4 bl 1126-1127; Van Gelderen se 2Kon komm bl 178; Lange se 2Kon komm bl 112, 117; Davis se 2Kon

komm bl 160-161; The Expositor’s Bible commentary vol 3 bl 858, 859

Page 12: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 10,1-27.pdf · en so sy oordeel oor-ie Goddelose Koningshuis van Agab laat kom. * * * * * B. Ons sien-it ook as ons aangaan

11

Maar een van die dinge wat ons uit Jer 35 oor Jonadab-hulle leer is-at hulle regtig enstige gelowiges was. Hulle was werklik dissipels van-ie HERE. Ons kan sê Jonadab-hulle was deel van-ie HERE se ware gelowige-kerk in-aai Goddelose tye onder-ie Agab-dinastie.

En nou op pad Samaria toe om daar-ie teenstand teen hom te gaan uitwis ontmoet Jehu vir Jonadab.

Verduidelik25 En dan sien ons in vers 15-16 dat dit vir Jehu baie belangrik is om vir Jonadab-hulle te beïndruk. Jehu soek Jonadab-hulle se ondersteuning.

Bewys Kyk-aar in vers 16. Jehu sê daar vir Jonadab: “Gaan saam met my en aanskou met welgevalle my ywer vir die HERE ...”

Verduidelik26 Tipiese pragmatiese politikus. Kry die kerk aan jou kant dan lyk jy beter. Dan verkondig die kerk jou beleid uit die Bybel. Maak-ie saak of-it nou apartheid of ANC-kommunisme is nie. Kry net die kerk aan jou kant dan kan-ie kerk jou optrede

wat eintlik boos is reverdig en christelik laat lyk.

Topassing Maar dis nie opreg nie. Dis self-gesentreerd. En dis hoe Jehu is. Hy’s so anders as wat Paulus in 1Kor 10:24 skryf: “Laat niemand sy eie voordeel soek nie …” Maar dis presies wat Jehu nie doen nie. Hy soek net sy eie voordeel. Ook as hy hier vir Jonadab aan sy kant kry. Dit gaan oor sy eie voordeel. Hy soek-ie steun van kerk-mense. Dan lyk sy revolusie Godsdienstig.

25 15e – Ek meen dat Jehu hier aan die woord is (vgl Van Gelderen se 2Kon komm bl 179). Met היׁש את־לבבך יׁשר כאׁשר לבבי עם־

vra Jehu dan vir Jonadab of Jonadab se hart opreg is teenoor hom, soos sy hart (Jehu se hart) opreg is teenoor לבבךJonadab sin. Ek meen dat Jehu hier iets vra soos: ‘Is jy, wat so voluit vir die HERE leef, ten volle vir my? … Dis vir my so belangrik’ (vgl Van Gelderen se 2Kon komm bl 179).

26 Vgl Lange se 2Kon komm bl 112; K&D se 2Kon komm bl 349-350, kyk ook na voetnoot 1; Davis se 2Kon komm bl 161

Page 13: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 10,1-27.pdf · en so sy oordeel oor-ie Goddelose Koningshuis van Agab laat kom. * * * * * B. Ons sien-it ook as ons aangaan

12

D. Dis boos. En hierdie self-gesentreerdheid hierdie onopregtheid hierdie lieg-en-bedrieg sien ons ook in-ie laaste-fase van Jehu se staatsgreep. Dis waar Jehu die Baäl-dienaars uitwis en-ie Baäl-tempel vernietig. Kyk-aar in vers 18-19: “En Jehu het die hele volk bymekaar laat kom en vir hulle gesê: Agab het Baäl ‘n bietjie gedien; Jehu sal hom baie dien.” “Roep dan nou al die profete van Baäl, al sy dienaars en al sy priesters na my toe; niemand moet gemis word nie, want ek het ‘n groot offer aan Baäl. Elkeen wat gemis word, sal nie leef nie.” “Maar Jehu het dit met lis (of met veraderlike misleiding27) gedoen om die dienaars van Baäl te kan vernietig.”

Verduidelik28 Sien julle? Weereens sien ons Jehu se leuenagtigheid. Dis boos. Dis so anders as Jesus.

Bewys Jesus maak ook in-ie HERE se oordeel dood. Jesus verwoes en vernietig ook. Baie meer as Jehu. Maar so anders as Jehu. Jehu voer oorlog met lis en sondige misleiding. Openb 19:11 sê Jesus “word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid.”

Toepassing I So sien julle wat gebeur? Deur al vier fases van Jehu se revolusie tree Jehu sondig en boos op. Hy is hierdie selfgesentreerde tiran wat met vrees intimideer. Hy stuit nie vir lieg en misleiding nie. Ook nie om-ie HERE se Woord vir sy eie voordel te misbruik nie.

27 19e – בעקבה = voorsetsel ב + nw עקבה, met die betekenis van ‘met misleiding/ listigheid/ veraderlikheid’ (NIDOTTE vol 3 bl

504, 505, 506, 661; The Expositor’s Bible commentary vol 3 bl 859). 28 19e – Wat hier belangrik is, is dat עקבה nie soos ערּום, wat in Gen 3:1 die slang beskryf, ook ‘n positiewe betekenis kan hê

nie (NIDOTTE vol 3 bl 507). Wanneer Jehu dus met עקבה optree is dit ‘n negatiewe sondige optrede (vgl Hobbs se 2Kon komm bl 129; Lange se 2Kon komm bl 116).

Page 14: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 10,1-27.pdf · en so sy oordeel oor-ie Goddelose Koningshuis van Agab laat kom. * * * * * B. Ons sien-it ook as ons aangaan

13

As hy vriende maak met ware gelowiges dan-sit net om te kan sê: ‘kyk waste goeie ouens is saam met my.’

* * * * * II Tegelyk is-ie HERE egter ook almagtig-soewerein in beheer. Die HERE maak hier sy oordeelswoord deur sy profeet Elia teen Agab-hulle en die Baäl-dienaars in Israel werklikheid. En die HERE doen dit soewerein-almagtig deur Jehu.

Oorgang So sien julle? Die HERE is besig om hier soewerein-almagtig sy oordeel te laat kom deur Jehu. Deur Jehu wat besig is met sy eie staatsgreep en revolusie waarin hy regtig boos en sondig optree. 5. Nou net hier moet ons iets baie belanriks oor-ie HERE leer.

En dis ons laaste punt. En hierdie iets belangriks is-at die HERE soewerein-almagtig in 2Kon 10:1-27 sy goeie-doel van oordeel teen Goddelose-Israel en Agab-hulle bereik. En die HERE doen-it met Jehu wat sondig selfgesentreerd dink hy is besig om sy eie doel met sy staatsgreep en revolusie te bereik.

En 2Kon 10:1-27 is-ie die enigste plek in-ie Bybel dat ons hierdie soort ding sien nie.29

Bewys Ons sien hierdie selfde waarheid ook in I Josef se geskiedenis in Gen 37-50. II Ons sien-it ook in Israel se verlossing uit Egipte in Eks 1-14. III Ons sien-it seker die heel wonderlikste in-ie geskiedenis van Jesus se kruisiging.

So ons is in 2Kon 10:1-27 by ‘n baie belangrike Bybelse lering. Ons staan hier by die lering dat die HERE soewerein-almagtig sy goeie-doel bereik. En baie maal bereik die HERE sy goeie-doel deur sondige self-gesentreerde mense met hulle sondige selfgesentreerde denke

sondige selfgesentreerde besluite en sondige selfgesentreerde dade

te gebruik. Of anders gesê:30 2Kon 10:1-27 wys ons: Die HERE bereik soewerein-almagtig sy goeie-doel

29 Vgl Grudem, Systematic theology – An introduction to Biblical doctrine, bl 322-326. 30 Vgl Nederlandse Geloofsbelydenis art 13; Grudem, Systematic theology – An introduction to Biblical doctrine, bl 327

Page 15: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 10,1-27.pdf · en so sy oordeel oor-ie Goddelose Koningshuis van Agab laat kom. * * * * * B. Ons sien-it ook as ons aangaan

14

deur sondige menese met hulle sondige denke met hulle sondige plnne met hulle sondige besluite met hulle sondige dade en al

te gebruik. 6. So hoe is hierdie lering

op ons elke dag se lewens prakties van toepassing?

A. Wel-ie eerste toepassing is-at nie Jehu nie ook-ie enige koning

of keiser of diktator of pous of presedent of minister nie ook nie ek of jy nie

sal kan sê: ‘Maar HERE U was soewerein-almagtig aan-ie werk en ek was maar net deel van U plan so U kan my nie verantwoordelik hou vir-ie sondige dinge

wat ek uitgedink het nie U kan my nie verantwoordelik hou vir-ie sondige besluite

wat ek genem het nie. U kan my nie veramtwoordelik hou vir-ie sondige dinge

wat ek gedoen het nie.’ Hoekom nie?

Verduidelik31 Wel omdat Jak 1:13-14 sê: “Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek (om sonde te doen nie32) nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand (om sonde te doen) nie. Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.” So sien julle die waarheid? Die HERE bereik soewerein-almagtig sy goeie-doel deur sondige menese

met hulle sondige denke met hulle sondige planne met hulle sondige besluite met hulle sondige dade en al

te gebruik. Maar in-it alles is-ie HERE nooit die Een wat maak dat ons sonde doen nie. Ek en jy doen sonde. Ek en jy het sondige gedagtes. Ek en jy neem sondige besluite. En ek en jy staan voor die HERE verantwoordelik daarvoor. Ek en jy staan voor die HERE skuldig daarmee.

Bewys Ons sien-it ook in Luk 22:22. Daar gaan-it oor Judas wat vir Jesus verraai.

31 Vgl Vgl Nederlandse Geloofsbelydenis art 13; Grudem, Systematic theology – An introduction to Biblical doctrine, bl 328 32 Vgl Reformation study Bible bl 1801

Page 16: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 10,1-27.pdf · en so sy oordeel oor-ie Goddelose Koningshuis van Agab laat kom. * * * * * B. Ons sien-it ook as ons aangaan

15

En dan sê Jesus daar: “Die Seun van die mens (Jesus) gaan wel heen (kruis toe) volgens wat bepaal is (soewerien-almagtig deur die HERE), maar wee daardie man deur wie Hy verraai word!” Ja wee vir Judas want hy staan verantwoordelik en skuldig voor die HERE al het die HERE alles bepaal.

Toepassing So sien julle die waarheid? Die HERE is 100% soewerein-almagtig in beheer terwyl ons steeds 100% verantwoordelik is vir elke sondige gedagte elke sondige besluit elke sondige daad. I So die HERE bereik in hierdie wêreld

vol geweld en oorlog en bloed soewerein-almagtig sy goeie-doel ook met oorloë en geweld. En hierdie goeie doel bereik die HERE baie maal deur sondige konings sondige diktators sondige presedente sondige regerings. Maar dan in alles is daar nie een wat nie verantwoordelik voor-ie HERE gaan wees en skuldig gaan wees vir al die bloed wat hulle laat loop het nie vir al die onreg wat hulle gepleeg het nie vir al die verdrukking en hartseer wat hulle veroorsaak het nie.

Voorbeelde Die HERE gaan vir Jehu tot verantwoording roep oor Jehu die HERE se woord vir sy eie voordeel geberuik het. Die HERE gaan Jehu tot verantwoording roep oor sy geliegery. Die HERE gaan Josef Stalin en Hitler en Mao Tse Dung tot verantwoording roep oor al hulle massa-moorde en die oorlog en dood wat hulle wêreld-wyd veroorsaak het. Die ANC en elke politieke party wat aborsies voorstaan sal verantwoording moet doen. Elke teroris wat ‘n boer op ‘n plaas vermoor het sal verantwoording moet doen. En nie een sal kan sê nie: ‘Maar HERE U is soewerein-almagtig. En ek was maar net deel van U plan.’ Nee! In sy soewereine-almag al verstaan ons nie hoe dit werk nie bepaal en regeer en beheer die HERE alles so dat mense steeds verantwoordelik bly

Page 17: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 10,1-27.pdf · en so sy oordeel oor-ie Goddelose Koningshuis van Agab laat kom. * * * * * B. Ons sien-it ook as ons aangaan

16

vir elke sondige gedagte en sondige besluit en sondige daad.

II Ek en jy ook. En ons leef nogal in ‘n tyd dat mense nie werk met ‘ek is verantwoordelik’ nie.33 Dis ook ons natuurlike sondige aard om nie verantwoordelikheid te vat nie. Ek sal eerder my moeilike omstandighede my armede of die moeilike mense of my depressie of dat ek ‘bi-polar’ is of selfs vir God

wat alles soewerein-almagtig beheer en regeer die skuld gee vir my lieg en steel en vloek en woede-uitbarstings en noem maar op. Maar nee by die HERE werk-it nie so nie. Die HERE is 100% soewerein-almagtig in beheer terwyl ons steeds 100% verantwoordelik is vir elke stukkie sonde in my en elke stukkie sonde wat ek doen.

Pleit-rede En hierdie moet ons aangryp geliefdes. Moenie blind wees nie. Ons het ‘n almagtig-soewereine God wat in alles soewerein-almagtig regeer en alles beheer op so ‘n manier dat ons altyd verantwoordelik bly vir wat ons doen.

* * * * * B. En wie kan so ‘n God keer?34 Wie kan in sy pad staan?

Opmerking Dis ons tweede toepassing

As Hy so almagtig-soewerein is en sy goeie wil-en-doel kan bereik

selfs met sondige mese en hulle sondige dade wie kan Hom keer?

Wie kan in sy pad staan ook as Hy my en jou verantwoordelik hou en skuldig bevind en gaan oordeel? Wel niemand nie.

Bewys Dan 4:35 sê: “al die aardbewoners word as niks geag nie, en na sy wil handel Hy met die leër van die hemel en die bewoners van die aarde,

33 Vgl Adams, A Theology of Christian Counceling, bl 118-126 34 Vgl Grudem, Systematic theology – An introduction to Biblical doctrine, bl 327

Page 18: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 10,1-27.pdf · en so sy oordeel oor-ie Goddelose Koningshuis van Agab laat kom. * * * * * B. Ons sien-it ook as ons aangaan

17

en daar is niemand wat sy hand kan afslaan en vir Hom kan sê: Wat doen U nie?”

C. En weet julle: Hierdie waarheid dat daar niemand is wat ons God kan keer nie nieman is wat in sy pad kan staan nie nie mand is wat die HERE kan keer dat Hy sy goei-doel kan bereik nie. sien ons die heel wonderlikste aan die kruis.

Opmerking En hier’s ons by ons derde toepassing.

Hand 4:27-28 vertel van “Herodes en Pontius Pilatus (wat) saam met heidene en die volke van Israel vergader het teen u heilige Kind Jesus wat U gesalf het …”

Verduidelik Natuurlik met die bose en sondige doel om Jesus uit die pad te kry en Hom aan die kruis te vermoor.

Maar hoor nou wat staan daar net verder aan. Dit alles het Herodus en Pilatus en Israel gedoen “om (so) alles te doen wat (die HERE se) hand en (die HERE se) raad vooruit bepaal het om plaas te vind.”

Verduidelik Sien julle? Niks kan die HERE keer om sy goeie doel te bereik nie. Beslis nie die bose Herodus en Pilatus en Israel nie. Die HERE gebruik hulle met hulle bose en sondige dade en al om sy goeie-doel te bereik.

Sien julle ons God? Hy bereik altyd sy goeie-doel. Ook as Hy bose en sondige mense deel maak van sy plan om sy goeie-doel te bereik.

* * * * * En Jesus aan-ie kruis is-ie HERE se wonderlikste goeie-doel.

Verduidelik Want daar aan-ie kruis wys-ie HERE vir ons sy ontsaglike liefde. Ja soewerein-almagtig bring God sy Seun aan-ie kruis om vir ons sy liefde te wys.

Bewys 1Joh 4:10 vertel daarvan: “Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het

Page 19: Weet u … geliefdes … wanneer ons ons Bybels oopmaak 10,1-27.pdf · en so sy oordeel oor-ie Goddelose Koningshuis van Agab laat kom. * * * * * B. Ons sien-it ook as ons aangaan

18

en sy Seun gestuur het (tot aan die kruis) as ‘n versoening vir ons sondes.” “sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” Sê Joh 3:16.

Slot Is-it ne wonderlik nie! Soewerein-almagtige liefde! Ons sien dit in Jesus aan die kruis. In Jesus wat daar is vir my en jou wat skuldig staan met ons sonde. Omdat die HERE is 100% soewerein-almagtig in beheer is op so ‘n manier dat ons steeds 100% verantwoordelik is

vir elke sondige gedagte, vir elke sondige besluit, vir elke sondige daad.

Toepassing So wat sal ons doen as ons hierdie waarheid hoor? Wel gaan na Jesus toe! Dit sal so dwaas wees om dit nie te doen nie. Want Jesus doen versoening. Jesus dra die straf wat elkeen wat in Hom glo en na Hom toe gaan verdien.

En weet jy: As ek en jy so na Jesus gaan dan moet on sweet. Ook dit het die HERE soewerein-almagtig bepaal.

Bewys Jesus sê dit in Joh 6:37 “Al wat die Vader My gee

in die uitverkiesing voor die grondlegging van die wêreld, toe God soewerein-almagtig bepaal het wie na Jesus sal gaan

sal na My toe kom.”

En dan gee Jesus daarby hierdie wonderlike belofte: “en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie.” In Joh 10:28 sê Jesus: “en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.” Want niemand kan teen die soewerein-almagtige God iets doen nie. Amen.