8
Die Seebries God maak ons golwe van liefde en lig vir die wêreld in nood Gemeenteblad van die NG Gemeente Jeffreysbaai November 2019 DRINGENDE OPROEP! Seebries is NET VIR JOU! Daarom hierdie dringende oproep aan jou persoonlik om vir ons nuus te stuur wat in jou omgewing, in julle omgeegroep, wyk of sommer net in jou lewe gebeur. 'n Foto daarmee saam, maak daarvan 'n wenner! Die sukses van die volgende Seebries hang dus NET VAN JOU af. Ek en jy IS MOS GOLWE VAN LIEFDE EN LIG VIR DIE WÊRELD rondom ons! Daar is niks meer aangrypend nie as die manier hoe die oseaan die strand aanhou soen en soen en soen, al word sy keer op keer weer weggestuur. Moet dus nie bang wees hoe jou artikel lyk nie. Vir ons hier by die See- bries se redaksie, is dit GOEIE NUUS – soos Jesus se liefde vir ons ELKEEN! Ons wag nou NET VIR JOU bydrae! Stuur dit asb. na [email protected] of lewer dit af by die kerkkantoor, vir aandag Petra. Foto Roenel de Klerk Franciscus van Assisi. Die Rooms katolieke Kerk bereik die toppunt van sy invloed en mag teen ongeveer die 13 e eeu. Teen hierdie tyd bereik die kerk ook die toppunt van sy politieke invloed en mag sowel as die hoogtepunt van sy rykdom aan aardse goed. Dit is tydens sulke tye wat die kerk maklik vergeet wat sy roeping en taak in hierdie wêreld is. Baie predikers het die kerk gewaarsku teen die gevaar van mag en geld. Rykdom beskik oor die vermoë om die klem maklik van God na die wêreld te verskuif. Daar was talle predikers wat die kerk in hulle dag gewaarsku het, maar min só duidelik soos Franciscus van Assisi. Franciscus groei in die klein Italiaanse dorpie Assisi as seun van baie welgestelde ouers op. Hy is dus nie ‘n vreemdeling in die wêreld van rykdom en oorvloed aan aardse goed nie. Op `n dag word hy egter ernstig siek en tydens hierdie siekbed kom daar `n groot omwenteling in sy lewe. Ge- durende sy siekte ontdek hy hoe leeg en sinloos sy lewe tot op hede was. Kort hierna, tydens `n erediens luister hy na `n preek uit Matteus 10 waar Je- sus Sy dissipels uitstuur en o.a. die vol- gende opdrag gee: Mat.10:9 Moenie vir goud of silwer of koper in julle beursies sorg nie v. 10 en moenie vir die pad `n reissak aanskaf of nog `n kledingstuk of skoene of `n stok nie. `n Arbeider is tog ger- egtig op onderhoud. Hierdie woorde het Franciscus aangegryp en tot ernstige nadenke gestem. Hy begin dan ook om hierdie opdrag van die Here uit te leef. Met slegs `n enkele kledingstuk en kaalvoet gaan hy rond om sy boodskap uit te dra en vir sy daaglikse brood kyk hy ander in die oë. Die opdrag van Jesus in Mark 10 aan die ryk jongman, “Net een ding kom jy kort. Gaan verkoop alles wat jy het en gee die geld vir die armes en jy sal `n skat in die hemel hê. Kom dan terug en volg My!” tref hom tussen die oë en Franciscus gee alles wat hy het aan die armes weg en besluit op `n lewe van absolute nederigheid. Kort voor lank begin die skare wat hom volg vinnig in getalle toeneem en sy invloed neem ook dienooreenkomstig toe. Wat was sy geheim? Franciscus het die Woord en die Evangelie ernstig opgeneem. Dit het vir hom suiwer oor God en Sy Woord gegaan. Die laaste twee jaar van sy lewe bring hy in afsondering deur. Weens die eise wat hy aan sy liggaam stel, besef hy dat die dood nie meer ver is nie en vra dat hy na die kapel gedra word waar sy vriende hom op die grond neerlê, terwyl hy opkyk na bo, prewel hy bidden Ps 104; “Ek wil die Here loof,” Hy sterf op 4 Oktober 1226 in die ouderdom van 45 jaar. Oor Christusgelykvormigheid sê hy by geleentheid: “Broers, julle is Christus vir die wêreld. Christus het geen ander hande op aarde as julle sin om mee aan te raak en te vertroos en te genees nie. Hy het geen ander voete as julle sin om mense op die pad van die waarheid te lei nie; Hy het geen ander arms as julle sin om die verstrooides en verdwaaldes nader te trek en te omhels; geen ander tong as julle sin om aan `n lydende mensheid die boodskap van redding en rus in Christus mee te deel nie. Broers, dit is verstommend maar waar: Christus het gekies om deur ons te werk om Sy liefde, deernis en sorg na die wêreld te bring.” Kom ons besin oor hierdie woorde van Franciscus. Ds Ben Janse van Rensburg Foto: vanaf Internet

Die Seebries - ngkjeffreys.co.zangkjeffreys.co.za/wp-content/uploads/2019/10/November-2019-Paarlcoldset.pdf · Baie predikers het die kerk gewaarsku teen die gevaar van mag en geld

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Die Seebries - ngkjeffreys.co.zangkjeffreys.co.za/wp-content/uploads/2019/10/November-2019-Paarlcoldset.pdf · Baie predikers het die kerk gewaarsku teen die gevaar van mag en geld

Die Seebries

God maak ons golwe van liefde en lig vir die wêreld in nood

Gemeenteblad van die NG Gemeente Jeffreysbaai November 2019

DRINGENDE OPROEP! Seebries is NET VIR JOU! Daarom hierdie dringende oproep aan jou persoonlik om vir ons nuus te stuur wat in jou omgewing, in julle omgeegroep, wyk of sommer net in jou lewe gebeur. 'n Foto daarmee saam, maak daarvan 'n wenner! Die sukses van die volgende Seebries hang dus NET VAN JOU af. Ek en jy IS MOS GOLWE VAN LIEFDE EN LIG VIR DIE WÊRELD rondom ons! Daar is niks meer aangrypend nie as die manier hoe die oseaan die strand aanhou soen en soen en soen, al word sy keer op keer weer weggestuur. Moet dus nie bang wees hoe jou artikel lyk nie. Vir ons hier by die See-bries se redaksie, is dit GOEIE NUUS – soos Jesus se liefde vir ons ELKEEN! Ons wag nou NET VIR JOU bydrae! Stuur dit asb. na [email protected] of lewer dit af by die kerkkantoor, vir aandag Petra.

Foto Roenel de Klerk

Franciscus van Assisi. Die Rooms katolieke Kerk bereik die toppunt van sy invloed en mag teen ongeveer die 13e eeu. Teen hierdie tyd bereik die kerk ook die toppunt van sy politieke invloed en mag sowel as die hoogtepunt van sy rykdom aan aardse goed. Dit is tydens sulke tye wat die kerk maklik vergeet wat sy roeping en taak in hierdie wêreld is.

Baie predikers het die kerk gewaarsku teen die gevaar van mag en geld. Rykdom beskik oor die vermoë om die klem maklik van God na die wêreld te verskuif. Daar was talle predikers wat die kerk in hulle dag gewaarsku het, maar min só duidelik soos Franciscus van Assisi. Franciscus groei in die klein Italiaanse dorpie Assisi as seun van baie

welgestelde ouers op. Hy is dus nie ‘n vreemdeling in die wêreld van rykdom en oorvloed aan aardse goed nie. Op `n dag word hy egter ernstig siek en tydens hierdie siekbed kom daar `n groot omwenteling in sy lewe. Ge-durende sy siekte ontdek hy hoe leeg en sinloos sy lewe tot op hede was. Kort hierna, tydens `n erediens luister hy na `n preek uit Matteus 10 waar Je-sus Sy dissipels uitstuur en o.a. die vol-gende opdrag gee:

Mat.10:9 Moenie vir goud of silwer of koper in julle beursies sorg nie v. 10 en moenie vir die pad `n reissak aanskaf of nog `n kledingstuk of skoene of `n stok nie. `n Arbeider is tog ger-egtig op onderhoud. Hierdie woorde het Franciscus

aangegryp en tot ernstige nadenke gestem. Hy begin dan ook om hierdie opdrag van die Here uit te leef. Met slegs `n enkele kledingstuk en kaalvoet gaan hy rond om sy boodskap uit te dra en vir sy daaglikse brood kyk hy ander in die oë.

Die opdrag van Jesus in Mark 10 aan die ryk jongman, “Net een ding kom jy kort. Gaan verkoop alles wat jy het en gee die geld vir die armes en jy sal `n skat in die hemel hê. Kom dan terug en volg My!” tref hom tussen die oë en Franciscus gee alles wat hy het aan die armes weg en besluit op `n lewe van absolute nederigheid. Kort voor lank begin die skare wat hom volg vinnig in getalle toeneem en sy invloed neem ook dienooreenkomstig toe. Wat was sy geheim? Franciscus het die Woord en die Evangelie ernstig opgeneem. Dit het vir hom suiwer oor God en Sy Woord gegaan. Die laaste twee jaar van sy lewe bring hy in afsondering deur. Weens die eise wat hy aan sy liggaam stel, besef hy dat die dood nie meer ver is nie en vra dat hy na die kapel gedra word waar sy vriende hom op die grond neerlê, terwyl hy opkyk na bo, prewel hy bidden Ps 104; “Ek wil die Here loof,” Hy sterf op 4 Oktober 1226 in die ouderdom van 45 jaar. Oor Christusgelykvormigheid sê hy by geleentheid: “Broers, julle is Christus vir die wêreld. Christus het geen ander hande op aarde as julle sin om mee aan te raak en te vertroos en te genees nie. Hy het geen ander voete as julle sin om mense op die pad van die waarheid te lei nie; Hy het geen ander arms as julle sin om die verstrooides en verdwaaldes nader te trek en te omhels; geen ander tong as julle sin om aan `n lydende mensheid die boodskap van redding en rus in Christus mee te deel nie. Broers, dit is verstommend maar waar: Christus het gekies om deur ons te werk om Sy liefde, deernis en sorg na die wêreld te bring.” Kom ons besin oor hierdie woorde van Franciscus.

Ds Ben Janse van Rensburg Foto: vanaf Internet

Page 2: Die Seebries - ngkjeffreys.co.zangkjeffreys.co.za/wp-content/uploads/2019/10/November-2019-Paarlcoldset.pdf · Baie predikers het die kerk gewaarsku teen die gevaar van mag en geld

Redaksioneel Oumas & oupas begin alweer beplan vir die

Kersfeeskuier! Wat ‘n wonderlike vooruitsig vir

diegene wat met groot verwagting kan uitsien na

die weersien van hul familie en dalk die gelag

van kinders wat met hul uitbundigheid en

oorvloed van ‘n seevakansie die warmte van ‘n

ouerhuis kom deel.

Warm geure van heerlike tuisgebakte

gemmerkoekies, soetkoekies, Hertzoggies, om

nie eers te praat van die Kersfeesvrugtekoek

wat noual gebak word, om “ryp” te word nie.

Dalk is daar nog van die oumas wat hul eie

gemmerbier en suurlemoenstroop maak.

So baie van hierdie eie Suid-Afrikaanse geregte

word deesdae vervang met ander vreemde

geregte wat of blitsvinnig voorberei of sommer

aangekoop word. Hierdie geregte en nie net die

eet daarvan nie, maar ook die help met die

voorbereiding bring so baie mooi herinneringe

tuis. Herinneringe wat ek koester en wat ’n

warm gevoel van ouerhuisliefde weer tuis bring.

Hoekom deel ek weer hierdie nostalgiese

gedagtes met julle? Ek voel dit is belangrik dat

ons as ouers en grootouers weereens die

wonderlike omgeeliefde, Jesus se liefde, aan

ons kinders en kleinkinders moet deel , want in

ons hedendaagse gejaagde lewe hoor ons

dikwels die woorde: “ek is baie besig en kry nie

altyd tyd vir kuier of ...........nie!”

Hierdie omgeeliefde kan veral in hierdie

moeilike finansiële tye en in hierdie tye van

groot droogte ook verder uitkring. Die

Vrouebediening het besluit om deel te word van

‘n wonderlike omgeeliefde projek - Boks vir ‘n

Boervrou. Groot dank aan almal wat ook ‘n

Boks gepak het en aan die Vrouebediening wat

bereid was om deel te wees van hierdie golf van

liefde.

Seebriesgroete Petra Wilson

2

‘n Unieke rangskik-

king, spesiaal ge-

skep deur Elbie

Smit, het die Alz-

heimer werklikheid

so sensitief en akku-

raat uitgebeeld dat

dit die harte van die

87 gaste, wat die

Alzheimerdag op

27 September 2019

bygewoon het, ge-

raak het.

Die rangskikking (sien foto bo) beeld die gebroke

brein met ‘n wit wasvorm uit. Die Strelitzias aan

die linkerkant verteenwoordig die mooi en helder

oomblikke en die gestroopte takkies regs die ver-

warring, vergeetagtigheid en die leemtes. Die

groep blare onderom verteenwoordig die hande

en harte van geliefdes, versorgers en die onder-

steuningsgroep wat omarm, ondersteun en by-

staan.

Die suksesvolle oggend is geopen deur Margie

Kampman met die boodskap dat God nooit ver-

geet nie, al vergeet diegene wat met die siekte

leef en dat niks, nie eers Alzheimers ons kan skei

van die liefde van God nie.

Suster Linda Swartz, verpleegkundige, het prak-

tiese wenke gegee vir die versorging van ‘n per-

soon met Alzheimer se siekte, in ‘n versorg-

ingseenheid. Sy het dit beklemtoon dat persone

wat versorging bied, kennis moet hê van Alz-

heimers.

Santa van Rooyen, Maatskaplike Werker en

geakkrediteerde Alzheimer instrukteur, het

verskeie gedragspatrone wat by persone wat leef

met Alzheimers kan manifesteer, bespreek. Daar

is egter geen vaste reëls vir die hantering van

hierdie uitdagings nie. Onthou om altyd te fokus

op die PERSOON as mens en nie op ALZHEIMERS

as die siektetoestand nie. Die persoon is steeds

dieselfde mens maar met ‘n siektetoestand. Die

wêreld het vir hierdie persoon verander en dit is

ons verantwoordelikheid om te help sin maak van

die wêreld en om realistiese verwagtinge te hê.

Jane Herbert, spraakterapeut, het met deernis die

slukprobleme wat ervaar mag word, bespreek.

Demensie kan die wyse waarop die persoon kos

ervaar, verander. Die hele eetproses - vanaf die

uitsien na ‘n maaltyd, die neem van die kos, die

kou en sluk daarvan - word deur die brein beheer.

Alzheimers takel die brein af en dus ook al die

prosesse van eet.

Helen van Breda, bestuurder van ‘n gespesia-

liseerde Alzheimer eenheid het gesels oor die

proses van afskeid en opname in ‘n versorg-

ingsoord. ‘n Persoon wat met Alzheimers leef

behoort nooit alleen gelaat te word nie.

Plasing in ‘n versorgingsoord is nie gebrek aan

liefde nie. Sy beveel aan dat ouers reeds op ‘n

vroeë stadium hul wense met betrekking tot ver-

sorging in die toekoms, sou dit nodig wees, met

hul kinders en geliefdes bespreek om skuldge-

voelens te verminder. Voor ‘n besluit geneem

word, besoek verskeie versorgingsoorde, vergewis

jouself van hul programme, personeel, hul regis-

trasiestatus en of dit ‘n oord is waarheen jy self

bereid sal wees om te gaan en waarheen jy jou

kinders kan kan neem vir be-

soeke aan grootouers. Opname

in ‘n oord is ‘n rouproses, waar

jy rou oor die persoon soos jy

hom/haar geken het en begin

om hom/haar as die persoon

wat hy/sy geword het, lief te hê.

Word deel van die Alzheimer

Ondersteuningsgroep op Jef-

freysbaai, kontak ons vir in-

ligting, onderskraging en ver-

wysings.

Anna-Marie Jacobs

082 874 6328

Marietjie Boonzaaier

084 409 3119

NIE EERS ALZHEIMERS KAN ONS SKEI VAN DIE LIEFDE VAN GOD NIE….

Foto: Marietjie Boonzaaier

ONDERSTEUNINGS

BEDIENING Ons benodig vrywilligers om te help

met besoeke aan: Siekes; Persone wat

geliefdes aan die dood afgestaan het

asook Kankerpasiente.

Kom word deel van die Ondersteu-

ningsfamilie en help om die liefde

van Jesus uit te dra na geliefdes wat

deur ‘n moeilike tyd gaan.

HOE LYK LIEFDE?

Dit het hande om ander te help.

En voete om na die behoeftiges te

gaan. Dit het oë om ander se nood te

sien. Ore om ander se hartseer te

hoor.......dis hoe die liefde lyk. Kontak: Anna-marie Jacobs 082 874

6328 /

Kantoor 042 007 0375

Page 3: Die Seebries - ngkjeffreys.co.zangkjeffreys.co.za/wp-content/uploads/2019/10/November-2019-Paarlcoldset.pdf · Baie predikers het die kerk gewaarsku teen die gevaar van mag en geld

3

Woensdag 20 November 2019 om 9.30 in die Kompleks. Ek staan die naweek voor die kliphouer by die Kerk in Da Gamaweg wat

ons tydens die 40 dae Doelgerigte Lewe opgestapel het as geloofsbeves-

tiging en sien duidelik ook die een by die Kompleks in my geestesoog en

ek wonder…. Ons is tans so geweldig afhanklik van ons Heer se groot

genade en ons roep Hom aan in ons land se nood. Wil Hy nie dalk ons

vroue gebruik om die eerste tree te gee na tasbare hernieude geloofs-

bevestiging in ons gemeente, kerk of gemeenskap nie?

Ons vrouebyeenkoms van 20 November 2019 gaan 9:15 open met ‘n

kliplegging voor die Kompleks by die hoofingang by die kliphouer. Sal

jy liewe vriendin, ‘n klip saam bring met jou gebed of teks van geloof

daarop geskryf, om op die woorde, EK GLO, wat uitgespel is te plaas.

‘n Spesiale versoek dat kleingroepe , Bybelstudie-groepe, besture en jou

gebedsvriendinne almal julle name op ‘n groter klip sal skryf en ook

kom plaas. Ons sal dit later in die houer plaas.

Na die kliplegging en opening daar, gaan ons

julle verras in die Skip en sommer ook heerlik

saam kuier en ek glo, lag.

Ons bid vriendin vir jou behoefte om deel te

wees van hierdie oggend.

Ons is baie opgewonde om hierdie dag baie

spesiaal te maak.

Kom geniet die oggend saam met die

Speldekussings

Mariëtta Smith (082 325 4264)

Vrouebyeenkoms - Afsluiting

E k wonder of ons nie kan sê gebed is

deel van ’n skeppingsproses nie. Dit is

jyself wat geskep word. Wanneer jy in

stilte voor God kom, by Hom tuiskom, aan

Hom oorgee, dan word die gebed heilige

oomblikke waar jy gevorm word. Jy word ge-

vorm om hoe langer, hoe meer te lyk en dink en

funksioneer soos Jesus. Jy word losgemaak van

valshede, vrygemaak van vrese, ook vir mense,

jy word genees van ‘afgode’. Maar onthou, dit

is nie jy wat werk nie, dit is die Gees wat werk.

So kan ons sê gebed is ’n risiko. As jy nie

bereid is om te verander nie, om gevorm te

word soos klei nie, moet jy liewer nie bid nie.

Gebed is soveel meer as vra…. Dit is darem ’n

veilige risiko, iets wat jy kan najaag, MOET

najaag. Maar wees gerus, dit is nie net jy wat

dit najaag nie, dit is ook God wat jou najaag.

Hy kom soek jou, Hy trek jou nader, Hy wag op

sy kind, soos die Vader van die verlore seun.

Hoe kom jy daar? Eintlik nogal maklik, onttrek

maar net aan die geraas van die wêreld waarin

ons leef. Gaan bietjie eenkant, na die

“olyfberg”, soek vir God, Hy sal Hom deur jou

laat vind. Maar kom uit die geraas.

Jy sal vinnig vind dat hierdie ‘vormtyd’ so kos-

baar is dat jy weer en weer daarheen sal wil

terugtrek. Maar begin net eers.

Ds Janida van der Westhuizen

Gebed is …om gevorm te word

Foto: Petra Wilson

Foto: Internet geleen.

KLEREBOUTIQUE Ons innige dank aan almal wat by-

gedra het tot die REUSE sukses van

ons Opedag!

Dis die domateurs, helpers en

kopers wat dit moontlik gemaak

het!!!

Kersmark Aan ons donateurs: Dit is nou jul

geleentheid om asseblief kaste reg te

pak en ‘n skenking te maak.

Dit is ons laaste geleentheid van die

jaar om fondse in te samel vir

mense in nood.

‘n Geseënde Kerstyd vir almal.

Boutiquegroete

Boutiquespan

Navrae:

Ella 082 657 1584 /

Liefie 082416 3937

Page 4: Die Seebries - ngkjeffreys.co.zangkjeffreys.co.za/wp-content/uploads/2019/10/November-2019-Paarlcoldset.pdf · Baie predikers het die kerk gewaarsku teen die gevaar van mag en geld

4

S ondag, 15 September 2019 was 'n pragtige, lenteog-gend - baie gepas vir die Lentelofdiens wat in die

Kompleks gehou is. Die Jubelkoor, paslik uitgedos met pas-telkleurige serpe en sakdoeke, het die gesamentlike sang vooraf gelei en ook die diens geopen met 'n vrolike lente-loflied:

Aan God die eer vir blomme en reën; Die hemel blou, 'n seemeeu in vlug. Vir al die gawes wil ek U loof! Aan God die eer.

Dank aan die Heer vir alles wat groei, Vir planttyd en oestyd en lente wat bloei. Vir gawes ryk en vry, Aan God die eer!

Aan God die eer vir blomme en reën Die hemel blou, die branders, die see Vir al U gawes wil ek U loof. Aan God die eer!

Dit was ‘n loutere vreugde om vrolike kinder- en jong-mensgesiggies tussen dié van ons ouer gemeentelede in die kerkbanke te sien en die volle spektrum van stemme die jubelende lofprysinge te hoor sing.

Trouens, die lentelofdiens was ‘n fees van gesamentlike sang en musiek; met ritmiese orkesspel het Jannie Venter en sy span die informele sang voortgegaan. Die ryk en vol orrelspel van Miemie Hüsselman, wat die begeleiding van

die koor en gemeente waargeneem het, het goeie balans verskaf.

Ds Komatie van Niekerk het met gepaste solo-trompetspel sy teksvoordragte afgewissel en só die boodskap van lewegewende vrede oorgedra. Blokfluitspel deur Amoré Coetsee, begelei deur Annatjie Smit, het bygedra tot ‘n rustige atmosfeer tydens die dankoffers.

Op die verhoog is die geheel-prentjie voltooi en die atmosfeer onderskraag met 'n prag-tige, pastelkleurige lente-ruiker deur Jan de Beer. Dié blom-merangskikking het ook die vredestema van die Len-telofdiens uitgebeeld. Die Geesvervulde geleentheid is afgesluit met ‘n groot ver-rassing toe ‘n groepie voorskoolse kindertjies onder leiding van Hessie van der Watt, ‘n roos aan die begeleier, die koorafrigter en elk van die koorlede oorhandig het. Dit het harte vermurwe en die koorlede het groot waardering uitgespreek vir die gebaar. Opregte dank aan al die betrokkenes vir die uitruil van idees, akkommodering van mekaar se wense, harde werk vooraf en agter die skerms, en vir die mooi samewerking om die 2019 Lentelofdiens tot eer van ons Skepper glad en vlot te laat verloop.

Myra Bosch

LENTELOFDIENS 2019

Die Mmôremark vind elke Vrydag gedurende

skoolkwartale plaas. Vir die bestuur om te

funksioneer is ons geheel en al afhanklik van ons

gemeentelede.

Ons wil graag van die geleentheid gebruik maak

om die uitstallers te bedank wat gereeld Vrydae

daar is om ons gaste te voorsien van uitstaande

goedere en saam te kuier. Ons het groot waarde-

ring vir al die moeite wat hul doen om daar te

wees.

Ons wil ook elke dame wat ‘n eetding maak en

van vroeg af daar is om pannekoek te bak en eet-

en drinkgoed te bedien van harte bedank. Dit is

julle wat die mark moontlik maak. Laastens baie

dankie aan elkeen wat ons ondersteun. Almal

word ‘n geseënde feestyd en ‘n goeie nuwe jaar

toegewens.

Vergun my, Magda, om ook die bestuur te bedank

vir al hul harde werk deur die jaar. Die gees

waarin saam gewerk word is besonders.

Dankie aan

almal. Jesus groete

Magda Strydom

082 417 2594

Môremark 2019

Vrouebediening Uitreike 2019 Groot dank & waardering aan almal wat betrokke is met die uitreike asook die dames wat in die komende jaar hul hande opsteek om te help. Dankie vir al jul liefde, deernis en gewilligheid om uit te reik na verswakte bejaardes in die Aftree-oorde asook die Munisipale kliniek. Duisend dankies Marietta Buchanan

Foto: Myra Bosch

Page 5: Die Seebries - ngkjeffreys.co.zangkjeffreys.co.za/wp-content/uploads/2019/10/November-2019-Paarlcoldset.pdf · Baie predikers het die kerk gewaarsku teen die gevaar van mag en geld

5

GOD SE BESTUURDERS - DEEL 2

I n die Oktober Seebries is daarop gewys

dat daar veral sewe sake is wat die heelal

stelsematig aftakel. Aan vyf sake is

aandag gegee. Hiermee die laaste twee

sake.

Omvorming van planeetverandering

Die aarde se temperatuur word bepaal deur ‘n

balans na aanleiding van die son se uitstraling

en weerkaatsing van hitte.

Verskillende chemiese gasse absorbeer die te-

rugkaatsing van energie in die heelal.

Die gevolg is aardverwarming omdat die hitte

nie meer kan ontsnap in die atmosfeer in nie.

Dit word die kweekhuis-effek ge-noem. As

gevolg van ontbossing, die drooglê van

vleilande en uitlaatgasse van fossielbrandstof,

bou koolstofdioksied op in die atmosfeer. Dit

bring mee dat die aarde nie ontslae kan raak

van sy hitte nie. Die verskynsel raak die smelt

van ys in die poolgebiede en die voorkomste

van te veel reën en droogtes wêreldwyd.

Die vernietiging van die osoonlaag het onder

andere gelei tot groter voorkomste van vel-

kanker by mense en diere. Die selfregulerende

prosesse in die heelal, soos vasgestel deur God

se goeie skepping, word deur gulsigheid en in

die naam van vooruitgang en groei vernietig.

Gelowiges se taak is om hierdie aardver-

nietiging teen te werk

Menslike en kulturele degradering

Primitiewe volke se habitat word dikwels

bedreig en selfs uitgeroei deur natuur-

veranderinge. Stedelike ontwikkeling en groei

bedreig voedselproduserende landbougrond.

‘n Goeie voorbeeld is die baie vrugbare lan-

bougrond in Filippi in Kaapstad wat plek moet

maak vir ontwikkeling. Hewige belastings en

die bou van soveel hoofpaaie met noodsaak-

like bane dryf mense weg van hulle eeue-oue

woonpekke en plase. In die trope moet in-

heemse volke padgee om plek te maak vir

myne en ontginning. Dit lei tot die uitsterf van

antieke kulture, veral in

Afrika. Natuurlike organiese voedsel en

medisyne bly ook in die slag. Groei-en oessei-

soene word kunsmatig gereguleer.

Landbou word in baie gevalle rykdombou. En

werkgeleenthede bly dikwels, in ongeskooldes

se geval, in die slag.

Kosbare bronne, veral ook in Afrika, word op-

geslurp ter wille van finansiële voordeel vir

die magtiges, maar ten koste van die

inheemse armes wat nie altyd die kennis en

vermoëns het om ditself te ontgin nie.

Ons roeping is nie om net reikhalsend uit te

sien na die wederkoms van Christus nie, maar

ook om God se geskape leefwêreld te

respekteer en sy aardse tuin verantwoordelik

vanuit ‘n God-perspektief te bewerk. En om

ook die uitroei van spesies , aardverwarming,

die vergiftiging van die heelal en skepping-

saftakelende praktyke te beveg met woord en

daad.

Eksklusiewe selfsug en selfverryking moet

eerder verander in omgee, leef en laat leef in

harmonie met God se goeie skepping.

Op ekologiese terrein gaan dit oor lewe en

dood, meelewing of aftakeling, herstel of ver-

nietiging. Die vraag is: hoe is jy, ja hoe is ons

as gemeente betrokke om mens en natuur

namens God te bestuur?

Ds Johan Lindeque

Die spekboom is een van die plante wat die luggehalte bevorder

en dit help met die bevegting van aardverwarming.

Dit groei maklik.

Die spekboom is ook “waterwys”, met ander woorde meestal

droogtebestand.

Dit is inheems - eg Suid-Afrikaans.

Hierdie plant aard oral in ons land.

Die spekboom kan in potte of beddings

geplant word en kan ook in ‘n bonsai verander

word.

Die plant kan ook in vleis - en slaai geregte be-

dien word om geëet te word. Petra Wilson

Spekboom se hulp aan die natuur.

Page 6: Die Seebries - ngkjeffreys.co.zangkjeffreys.co.za/wp-content/uploads/2019/10/November-2019-Paarlcoldset.pdf · Baie predikers het die kerk gewaarsku teen die gevaar van mag en geld

6

Die Vrouebediening van Jeffreysbaai se VG Kerk het op 19 September 2019 die bejaardes te Jeffreysrus besoek. Hul het ‘n kort programmetjie tydens die besoek aangebied, wat almal baie geniet het. Hulle het gesê ons moet weer kom. ‘n Kaartjie en blomme is aan suster Annelize Rathbone gegee. Beriggie & foto ingestuur deur Rosy Andrews.

Hartlike gelukwense! Ons stel graag aan ons lesers bekend ons nuwe lidmate wat op Sondag 13 Oktober 2019 Belydenis van geloof afgelê het. Ons dra hul in ons gebede op aan on Hemelse Vader en ons vertrou dat hul daagliks vrede en vreugde in die Here sal vind en dat hul dit ook sal oordra aan elkeen wat hul pad kruis.

Van links na regs op die foto: Christiaan de Nysschen, Conrad van Vuuren, Diemoné Schoeman, Gideon van den Berg, Janka Potgieter, Janku Heydenrych, Jean-Maré Bothma, Karla Viviers, Kyla Bezuidenhout, Louis Botha, Matthys Louw, Meré Pieterse, Monique van Eeden, Stefan Badenhorst. Ds Nardus Greyling Foto: Leané Cilliers

AFGETREDE VERPLEEGKUNDIGES Gesellige byeenkoms Vrydag 22 November 2019

om

09:30 by die Kompleks

Bespreek vroegtydig & kom kuier lekker saam!

Kontak: Rienee Botha 082 321 4809

Louisa Koortzen 071 383 5094 /

042 293 3933

Page 7: Die Seebries - ngkjeffreys.co.zangkjeffreys.co.za/wp-content/uploads/2019/10/November-2019-Paarlcoldset.pdf · Baie predikers het die kerk gewaarsku teen die gevaar van mag en geld

7

In liefde onthou ons

Floors Steenkamp (80) 28 September 2019

Breggie Bredenhann 07 Oktober 2019

Eric Erasmus (80) 08 Oktober 2019

Tienie Engelbrecht (75) 08 Oktober 2019

Tertius Bezuidenhout (54) 12 Oktober 2019

Ria Coertze (73) 14 Oktober 2019

Mariaan van Tonder (81) 16 Oktober 2019

Joan Loots (91) 22 Oktober 2019

Ek staan op die strand en bewonder die wit

branders en die eindelose, donkerblou horison.

Soos ek die koel seelug inasem, wil my hele hart

ontplof van pure blydskap! Dis so wonderlik om

hier, in Jeffreysbaai, te kan wees ...

Ons gesinnetjie, my man, ons 3-jarige seuntjie en

ek, woon al amper 5 jaar op ‘n klein eilandjie in die

Maldives, ‘n streng Moslemland in Suid-Oos Asië.

Die eiland is ‘n luukse vyfster-oord en al 300

mense wat daarop woon, werk in die hotel. Ons is

die enigste gesin en my seuntjie, die enigste, ja

enigste kind op die eiland. Dit is ‘n idilliese

tropiese paradys, sowaar, maar die probleem is,

aangesien ek nie self in die oord werk nie, slegs

my man wat werk, en my seuntjie wat die enigste

kind is wat op die eiland woon, is ons so tussen die

boom en die bas. Alhoewel ek nie in die oord werk

nie, is ek ook nie ‘n gas nie. Ek en my seuntjie mag

daar wees, maar ons moet probeer om nie gesien

te word nie. Dis nou vir jou ‘n eensame storie!

Dit neem ongeveer 15 minute om reg rondom die

hele eiland te stap. Daar is nie paaie, karre of

enige winkels nie, net die pragtige hotel. Dit is ‘n

droom wêreld, maar geheel en al afgesonder en

ver weg van die werklikheid.

Nou staan ek op die strand, hier in Jeffreysbaai,

propvol vreugde! Ek is swanger met ons tweede

seuntjie. Ons babatjies kan in die Maldives ge-

bore word, maar dit is ‘n gekompliseerde affêre

met die papierwerk en die geloof; daarom vertoef

ek en my seuntjie by my ouers hier in Jeffreys-

baai vir die geboorte van baba nommer twee.

Hoog swanger en ver weg van my man af, vir min-

stens 5 maande. Hy sal my kom bystaan tydens

die geboorte. Die opoffering is groot, inderdaad

ja, maar vir my is dit gladnie ‘n hartseer saak nie.

Dit is so wonderlik om hier te kan wees. Die men-

se op die dorp het vir my en my seuntjie so hart-

lik welkom geheet! Dis lekker om orals te kan

vashaak en gesels. Dis fantasties om aan funksies

van die gemeente deel te neem en om openlik oor

God te kan praat en saam te kan staan en bid in

die openbaar. My seuntjie kom selfs smiddae by

die huis en sing elke dag ‘n nuwe Jesus liedjie,

halleluja! Wild vreemdelinge plaas links en regs

hulle hande op my swanger magie en spreek die

mooiste seëninge oor my ongebore baba uit. So,

ek is hier met ‘n ontembare blydskap en dank-

baarheid in my bors. My ouers en die mense van

die lieflike dorpie is pryslose skatte waarmee die

Here my bederf. Ek koester elke oomblik, elke

dag en elke persoon.

Ek prys die Here vir die voorreg om hier in Jef-

freys te kan bly vir ‘n rukkie en ek bid dat hierdie

borrelende waardering vir my eie land, taal, kultu-

ur, kerk en bowenal, openlike liefde vir Jesus

Christus, nimmer as te nooit sal verflou nie.

Dankie Zanne vir jou pragtige briefie en dat ons weereens deur ‘n ander se oë na ons eie blyplek kan kyk om net weer te besef hoe bevoorreg ons is om hier te mag woon. Ons bid jou baie sterkte en vreugde toe. Petra Wilson

Dit borrel in my, want ek is so bly!........Zanne Steyn

Steyngesin op die Maldives Foto: Zanne Steyn

Geestelike beserings is nie die hoofstorie van jou lewe nie, Jesus is deur Stephan Joubert

Wanneer rugbyspelers ’n bloedbesering opdoen tydens ’n wedstryd dan moet hulle die veld verlaat. Hulle moet eers klaar bloei voordat hulle weer kan terugkeer na die speel-veld toe. Lyk my dit gebeur met baie gelowiges ook… en met myself! Ons tel allerlei beserings op aan diens. Ons is kwaad vir hierdie gelowige, of vir daardie kerkleier. Of sommer vir ‘die kerk.’ Dan is ons ‘diep’ seergemaak. Of ‘verwond.’ Dan kan ons nie speel in die Here se span terwyl ons langs die veld sit en bloei nie. Dieselfde gebeur by ons werk, of in ons families.

Kom ons sê dit padlangs vir mekaar: Ons almal was al iewers langs die pad die slagoffers van goor gebeure en van moeilike mense. Soms kry ons sulke seerkry net nie uit ons gestel nie. Dit lei daartoe dat ons selfs ‘n ongeneeslike ‘geestelike besering aan diens’ opgedoen het, wat ons heeltemal uit spel haal daar waar dit saak maak. Hoor hier, sulke wonde is nie veronderstel om die storie van ons lewe te wees nie. Ons vertel nie van vroeg tot laat vir almal hoe seer almal ons gemaak het nie. Om lewenslank aan seerkry vas te klou, is om net so lank ook die gevangene hiervan te wees. Dit verander ons in die hoof-slagoffers van al wat ‘n slegte storie van ons lewe. Iewers moet ons ons seerkry-boeke toemaak. Ons is nie verwonde mense nie, maar mense op die pad van herstel.

Ons hoofstorie is dat Jesus ons raakgeloop het. Hy begelei ons op die pad van herstel en nuut word. Sy storie van vryheid en lewe is nou ons s’n ook.

Pampoenskulpie:

“So what can you do in the midst of adversity? You can kneel; you can weep, and weep, and weep. This you can do. There is one thing you must not do. Complain if you must, groan if you must, and get angry if you must. But oh, dear brother, stay far distant from bitterness and from blaming others. No matter what it is, don’t blame others. Do that and you are dangerously close to for-feiting all future spiritual growth” (Gene Edwards, aangehaal deur Deon Loots)

Ingestuur: Ds Janida van der Westhuizen

Heelwees - mens Vader, ek leef meestal met ‘n groot vertoon-glimlag.

Tog wil ek soms uitroep

“Eina,Here!, Eina!”

Dankie dat U juis gekom het om gebroke mense soos ek heel te maak.

Vandag gee ek U toestemming om u hand van heling oor my lewe te streel,

Die einas in my heel te maak en die dele wat té stukkend is….

Sommer heeltemal oor te maak.

Doen dit, Here, Maar werk saggie, asseblief.

Milanie Vosloo

Page 8: Die Seebries - ngkjeffreys.co.zangkjeffreys.co.za/wp-content/uploads/2019/10/November-2019-Paarlcoldset.pdf · Baie predikers het die kerk gewaarsku teen die gevaar van mag en geld

Tel 042 007 0375

Olienhoutstraat & Torchwoodlaan, Wavecrest POSADRES: Posbus 45, Jeffreysbaai, 6330

[email protected] / [email protected]

www.ngkjeffreys.co.za Maandae: 10:00 - 13:00 Dinsdae - Vrydae: 09:00 - 13:00

NG Gemeente Jeffreysbaai

Rekeningnommer: 5170145625 Taknommer: 334 515

Verwysing: Wyk nommer / Projek

Ds David Higgs 082 492 9032

Ds Janida van der Westhuizen 083 703 2018

Ds Nardus Greyling 084 240 4111

LET WEL Die Seebriesredaksie en Kommunikasiebediening onderskryf nie noodwendig die menings wat deur

medewerkers uitgespreek word nie. Advertensies kan slegs geplaas word indien ruimte beskikbaar is.

SLUITINGSDATUMS VIR DIE SEEBRIES VAN DESEMBER 2019

Advertensies: 15 November 2019 Berigte: 18November 2019

SKAKELPERSONE / REDAKSIELEDE:

Petra Wilson 042 007 0375 (k)

Annekie Heyns 084 406 9001

Janus Roux 082 820 5041

DRUKWERK: paarlcoldset

Ivor Benn Close, Fairview Port Elizabeth 6070

Tel +27 41 503 6111 Fax +27 41 503 6113

E-pos [email protected]

WYKSBYEENKOMS:

Plek:......................................Datum….....................Tyd:……….....

VROUE BYBELSTUDIE:

Plek:......................................Datum…….................Tyd:.................

LERAARS

KERK Da Gamaweg 09:00 & 17:30

KOMPLEKS: GESINSDIENS & JONK-DIENS 09:00 & 17:30

hv. Olienhoutstraat & Torchwoodlaan

PARADYSSTRANDSAAL Johan Muller Boulevard 09:00

ALGEMENE INLIGTING

EREDIENSTYE

…………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………………...

Ds Evert de Kock 082 490 7192

Ds Ben Janse van Rensburg 083 564 0398

Ds Jan Kampman 082 657 2375

Ds Komatie van Niekerk 082 455 0359

Ds Sas Swart 082 552 3175

Ds Johan Vosloo 083 320 8427

Ds Jasper Louw 082 490 6340

HERDERS

BEDIENING KOŐRDINEERDER

November Gebedsrooster Gebedskultuur [6de Golf 2007] - Kom bid saam hierdie maand vir die volgende sake:

SONDAG MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG SATERDAG

1 Nader tot

God

Soos ‘n wildsbok

wat smag na water,

smag my siel na U,

o Heer.

Lied 163

2 Nader tot

God

U alleen is my

hartsverlange en

ek bring aan U die

eer. Lied 163

Bid hierdie maand oor die droogte in SA. Kom ons word stil voor God en vra dat Hy vir ons uitkoms sal skenk. Kom ons dink gedurende hierdie maand veral aan al ons boere wat geweldig swaarkry onder

hierdie geweldige droogte toestande.

3 Nader tot

God

U alleen is my bron

van krag; in U

teenwoordigheid wil

ek wag.

Lied 163

4 Nader tot God

U alleen is my

hartsverlange en ek

bring aan U die eer. Lied 163

5 Nader tot God

Soos ‘n wildsbok

smag na

waterstrome, so

smag ek na U, o

God. Ek dors na

God, na die lewende

God. Psalm 42

6 Die Here

Sorg

Laat jou lewe aan

die Here oor en

vertrou op Hom;

Hy sal sorg. Psalm 37:5

7 Die Here

Sorg

Werp al julle

bekommernisse op

Hom, want Hy

sorg vir julle.

1 Petrus 5:7

8 Die Here

Sorg

My God, hou dan

nou hierdie plek

onder U sorg en

verhoor tog elke

gebed hiervandaan.

2 Kronieke 6:40

9 Die Here

Sorg

Ek sal na julle

omsien en vir julle

sorg: julle sal

bewerk en beplant

word.

Esegiël 36:9

10 God se

Getrouheid

Laat ons styf

vashou aan die

hoop wat ons bely,

want God is

getrou: Hy doen

wat Hy beloof het.

Hebreërs 10:23

11 Bid oor

Droogte

Bid vir gesinne in

die droogste dele van

die land.

12 Bid oor

Droogte

Bid vir plaasboere

wat sukkel om oeste

te produseer.

13 Bid oor

Droogte

Bid vir plaasboere

wat sukkel om vee

aan die lewe te

hou.

14 Bid oor

Droogte

Bid vir die

vrouens van droë

dorpe.

15 Bid oor

Droogte

Bid vir kinders van

plaasgesinne wie se

opvoeding en groei

deur droogte

geraak word.

16 Bid oor

Droogte

Bid vir

plaaswerkers wat

onseker is oor

werk en

veiligheid.

17 Bid oor

Droogte

Bid vir

gemeenskappe wat

gebuk gaan onder

die droogte enwat

moedeloos geword

het.

18 Bid oor

Droogte

Bid vir

ondersteunings-

werkers, kerke en

gemeenskappe wat

met nooddienste

uitreik aan

droogtelyers.

19 Bid oor

Droogte

Bid vir die ekonomie

wat deur die droogte

aangetas word.

20 Bid oor

Droogte

Bid vir die ekologie

(diere en natuur)

wat ook onder die

droogte ly.

21 Ek is...

Die brood wat lewe

gee.

Johannes 6:35

22 Ek is...

Die lig vir die

wêreld.

Johannes 8:12

23 Ek is...

Die Goeie Herder.

Johannes 10:11

24 Ek is...

Die opstanding en

die lewe.

Johannes 11:25

25 Ek is... Die wingerdstok.

Johannes 15:5

26 Vertrou!

Habakuk 3:1-2

27 Vertrou!

Habakuk 3:3

28 Vertrou!

Habakuk 3:17

29 Vertrou!

Habakuk 3:18

30 Vertrou!

Habakuk 3:19