16
UITGAWE 10, JULIE - DESEMBER 2014 ENJOY LIFE There is a well-known saying: “Every man dies, but not every man really lives.” It would appear to be true in today’s world, where fewer and fewer people seem to truly live and experience the joy of living each day. How often do we hear of people who regret the fact that they have not made time to laugh and enjoy life? The greatest danger is that the realities that surround us can rob us of our hope and, with it, our zest for life. We often become so consumed by what happened yesterday, or worried about what will happen tomorrow, that we forget to live for the moment. The present moment is ultimately all that there is and all that we have. Yesterday has passed us by and tomorrow is still far off. The joy of living is in the power to truly seize the day, to live life fully and to suck the proverbial marrow out of life. We are commissioned by God to live joyful lives, so in essence a zest for life is not something which one has or doesn’t have. As the Psalmist in the Bible puts it, “blessed is the man who... finds delight in the word of the Lord and meditates on it day and night.” It is this unwavering faith, and complete surrender and trust in God that rewards believers with hope and a joy that others cannot grasp. On behalf of myself, the board and manage- ment, I wish you a blessed Christmas. May you once again be reminded, at this Christmas season, of the Greatest Gift that we have each received by grace. It is this Gift that lies at the heart of true joy. André Uys: Managing Director Being the change Nuwe handelstak op Moravia Overberg Agri Bedrywe annual awards MANAGING DIRECTOR Tania Morgan-Weyer KA & SALES MANAGER Jevan De Vlieg FINANCE MANAGER Ophia Pretorius PROCESS, R&D & OPERATIONS MANAGER Deon Gorgens MARKETING MANAGER Vacant LOGISTICS & PROCUREMENT MANAGER PROMEAL Promeal’s new-look executive team Bontebok Kalkwerke se nuwe Oond 7 op sy plek GENIET DIE LEWE Daar is ‘n bekende gesegde wat sê: “Elke mens gaan dood, maar nie elke mens lewe werklik nie.” Dit wil voorkom of dit so waar is in vandag se lewe waar al hoe minder mense dit regkry om op ‘n daaglikse basis werklik te leef en lewensvreugde te ervaar. Hoeveel keer hoor ons nie van mense wat spyt is oor die feit dat hulle nie meer tyd gemaak het om te lag en die lewe te geniet nie? Die grootste gevaar is dat die realiteite van wat rondom ons gebeur, ons hoop en daarmee saam ons lewensvreugde steel. Ons kan so besig wees om ons te verknog oor wat gister gebeur het of ons bekommer oor wat môre kan gebeur, dat ons vergeet om nou te leef. Die huidige oomblik is eintlik al wat daar is en wat ons het - gister is verby en môre dalk te ver. Lewensvreugde is die vermoë om werklik die dag aan te gryp, om die lewe voluit te leef en elke stukkie spreekwoordelike murg uit die lewe te suig. Om vol lewensvreugde en blymoedig te wees, is ook ‘n opdrag van die Here en is dus nie maar iets wat jy het of nie het nie. Die Psalm digter sê dat lewensvreugde voortspruit uit die bron of dryfkrag daarvan – “Dit gaan goed met die mens wat in die woord van die Here sy vreugde vind en dit dag en nag oordink.” Hoop is die beloning van hierdie volhardende geloof en ‘n volle oorgawe in ‘n mens se vertroue op God en dit is juis hierdie hoop wat aan gelowiges 'n lewensvreugde gee wat ander nie verstaan nie. Namens myself, die direksie en bestuur wens ek u ‘n baie geseënde kerstyd toe en mag u in hierdie kerstyd opnuut herinner word aan die grootste Geskenk wat elkeen van ons uit genade ontvang het en dat hierdie Geskenk die enigste bron van ware lewensvreugde is. André Uys: Besturende Direkteur

ENJOY LIFE GENIET DIE LEWE - Overberg Agri kry dit reg om ten spyte van stakings en ‘n baie pap ekonomie, steeds goed te presteer. Die Boltfast-span, onder leiding van Daneel Herselman,

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: ENJOY LIFE GENIET DIE LEWE - Overberg Agri kry dit reg om ten spyte van stakings en ‘n baie pap ekonomie, steeds goed te presteer. Die Boltfast-span, onder leiding van Daneel Herselman,

UITGAWE 10, JULIE - DESEMBER 2014

ENJOY LIFEThere is a well-known saying: “Every man dies, but not every man really lives.” It would appear to be true in today’s world, where fewer and fewer people seem to truly live and experience the joy of living each day.

How often do we hear of people who regret the fact that they have not made time to laugh and enjoy life?

The greatest danger is that the realities that surround us can rob us of our hope and, with it, our zest for life. We often become so consumed by what happened yesterday, or worried about what will happen tomorrow, that we forget to live for the moment. The present moment is ultimately all that there is and all that we have. Yesterday has passed us by and tomorrow is still far off.

The joy of living is in the power to truly seize the day, to live life fully and to suck the proverbial marrow out of life. We are commissioned by God to live joyful lives, so in essence a zest for life is not something which one has or doesn’t have. As the Psalmist in the Bible puts it, “blessed is the man who... finds delight in the word of the Lord and meditates on it day and night.” It is this unwavering faith, and complete surrender and trust in God that rewards believers with hope and a joy that others cannot grasp.

On behalf of myself, the board and manage-ment, I wish you a blessed Christmas. May you once again be reminded, at this Christmas season, of the Greatest Gift that we have each received by grace. It is this Gift that lies at the heart of true joy.

André Uys: Managing Director

Being the change

Nuwe handelstak op Moravia

Overberg Agri Bedrywe annual awards

MANAGING DIRECTOR Tania Morgan-Weyer

KA & SALES MANAGER Jevan De Vlieg

FINANCE MANAGER Ophia Pretorius

PROCESS, R&D & OPERATIONS

MANAGER Deon Gorgens

MARKETING MANAGER Vacant

LOGISTICS & PROCUREMENT

MANAGER Jason Kelly

PROMEAL

Promeal’s new-look executive team

Bontebok Kalkwerke se nuwe Oond 7 op sy plek

GENIET DIE LEWEDaar is ‘n bekende gesegde wat sê: “Elke mens gaan dood, maar nie elke mens lewe werklik nie.” Dit wil voorkom of dit so waar is in vandag se lewe waar al hoe minder mense dit regkry om op ‘n daaglikse basis werklik te leef en lewensvreugde te ervaar.

Hoeveel keer hoor ons nie van mense wat spyt is oor die feit dat hulle nie meer tyd gemaak het om te lag en die lewe te geniet nie?

Die grootste gevaar is dat die realiteite van wat rondom ons gebeur, ons hoop en daarmee saam ons lewensvreugde steel. Ons kan so besig wees om ons te verknog oor wat gister gebeur het of ons bekommer oor wat môre kan gebeur, dat ons vergeet om nou te leef. Die huidige oomblik is eintlik al wat daar is en wat ons het - gister is verby en môre dalk te ver.

Lewensvreugde is die vermoë om werklik die dag aan te gryp, om die lewe voluit te leef en elke stukkie spreekwoordelike murg uit die lewe te suig. Om vol lewensvreugde en blymoedig te wees, is ook ‘n opdrag van die Here en is dus nie maar iets wat jy het of nie het nie. Die Psalm digter sê dat lewensvreugde voortspruit uit die bron of dryfkrag daarvan – “Dit gaan goed met die mens wat in die woord van die Here sy vreugde vind en dit dag en nag oordink.” Hoop is die beloning van hierdie volhardende geloof en ‘n volle oorgawe in ‘n mens se vertroue op God en dit is juis hierdie hoop wat aan gelowiges 'n lewensvreugde gee wat ander nie verstaan nie.

Namens myself, die direksie en bestuur wens ek u ‘n baie geseënde kerstyd toe en mag u in hierdie kerstyd opnuut herinner word aan die grootste Geskenk wat elkeen van ons uit genade ontvang het en dat hierdie Geskenk die enigste bron van ware lewensvreugde is.

André Uys: Besturende Direkteur

Page 2: ENJOY LIFE GENIET DIE LEWE - Overberg Agri kry dit reg om ten spyte van stakings en ‘n baie pap ekonomie, steeds goed te presteer. Die Boltfast-span, onder leiding van Daneel Herselman,

BUDGET

HOE GAAN DIT MET ONS BESIGHEID?OorsigOns is in ons eerste jaar van ons 2020-Plan en Overberg Agri beleef weereens ‘n besonderse jaar. Ons is dankbaar om te kan sê dat dit finansieel goed gaan met die besigheid. Al die filiaalmaatskappye dra positief by tot hierdie prestasie en as besigheid vaar ons goed teenoor die doelwitte wat ons vir onsself gestel het. Tot en met einde Oktober is ons bo begroting en ons verwagtinge is dat ons wel die finansiële jaar se begroting sal behaal.

Ja, ons het verseker uitdagings en ons hoor gereeld van wat rondom ons gebeur wat betref die politiek en ekonomie op plaaslike en internasionale vlak. Ons kan nie hierdie realiteite ontken nie, maar ons moet nooit toelaat dat dit ons spreekwoordelike oog van die bal haal nie. Hierdie realiteite mag in baie gevalle wel onsekerheid skep, maar bied verseker ook geleenthede. Ons sukses gaan juis lê in ons vermoë om te midde van hierdie onsekerhede, nuwe geleenthede te kan raaksien en benut.

Hoe gaan dit met die filiaalmaatskappye?Dit gaan goed met al die fasette van Overberg Agri Bedrywe en die maatskappy presteer goed teenoor die doelwitte wat ons gestel het. Landbou toestande is weereens gunstig wat verseker geleenthede skep, maar ook veroorsaak dat kompetisie al hoe strawwer raak. Dit is juis die onbaatsugtige uitleef van ons visie wat maak dat Francois Joubert en die Bedrywe-span steeds ‘n goeie markaandeel geniet en in baie gevalle ook kon groei. Ons nuwe tak op Moravia is goed aan die gang en die nuwe geleenthede waarmee ons in die Swartland besig is, vorder goed.

Boltfast kry dit reg om ten spyte van stakings en ‘n baie pap ekonomie, steeds goed te presteer. Die Boltfast-span, onder leiding van Daneel Herselman, kry dit reg om in ‘n mark wat negatief groei, steeds positiewe groei te bewerkstellig en presteer goed teenoor ons doelwitte vir die besigheid. Die vooruitsigte vir die jaar lyk goed en verskeie nuwe besigheidsgeleenthede plaaslik en in Suider-Afrika word ondersoek.

Bontebok Kalkwerke presteer besonders goed en oorskry al die doelwitte wat ons vir die besigheid gestel het. Ons beleef ‘n baie goeie jaar wat betref die verkope van al ons produkte en die aanvraag na ons produkte is goed. Die nuwe oond (waarin ons die kalk brand tot oksied) is in produksie en behoort die groot aanvraag na ons produk op die kort termyn te verlig. Johan Alberts en sy span is voortdurend besig met nuwe uitbreidings en is reeds in beplanning vir die oprig van die volgende oond (oond 8).

Bredasdorp Slagpale beleef weereens ‘n besonderse jaar en Dian Giliomee en sy span oorskry al die doelwitte wat ons vir die besigheid gestel het. Verskeie inisiatiewe om addisionele vee te bekom dra daartoe by dat ons slagtings meer is as wat ons begroot het. Ons is in proses om aansoek te doen om die slagpale te vergroot en, indien dit suksesvol is, sal die huidige slagkapasiteit van 450 kleinvee-eenhede per dag verhoog na 900 kleinvee-eenhede per dag.

Die nuwe Promeal bestuurspan, onder leiding van Tania Morgan-Weyer, is almal aan boord en ons is baie opgewonde oor al die planne vir die besigheid. Promeal is agter wat betref die jaar se begroting, hoofsaaklik weens verkope wat nie in die eerste kwartaal gerealiseer

het nie, maar die laaste kwartaal lyk goed en Tania en haar span is besig om in te haal op dit wat verloor is die eerste kwartaal.

Waarmee is ons besig?Elkeen van ons is elke dag hard aan die werk om ons nuwe visie “om die besigheidsvennoot van keuse te wees”, uit te leef. Ons enigste werklike kompeterende voordeel lê juis in ons vermoë om meer aan ‘n kliënt te bied as net ‘n goeie produk of diens teen ‘n goeie prys. Elkeen se bydrae in die verband is ongelooflik – baie dankie aan elkeen wat dit so uitleef.

Ons is voortdurend besig om nuwe besigheidsgeleenthede te ondersoek om seker te maak ons besigheid bly groei. Alhoewel goeie besigheidsgeleenthede skaars is, kyk ons baie selektief na nuwe geleenthede om seker te maak dit ondersteun ons strategie. Soos in die geval van Moov Fuels, sal ons personeel op hoogte hou van enige nuwe geleenthede.

Ons het ook besluit om ‘n nuwe rekenaarstelsel te bekom en ons is reeds ver gevorder met die proses om die nuwe stelsel te implementeer. Alhoewel niemand die omvang van so ‘n stelsel implementering mag onderskat nie, is ons opgewonde oor dit wat hierdie belegging in tegnologie vir ons as besigheid gaan beteken. Ons beplan om teen September 2015 oor te skakel na die nuwe stelsel in Overberg Agri Bedrywe, waarna ons die proses sal evalueer vir implementering by die ander filiale.

OverviewWe are in the first year of our 2020-Plan and Overberg Agri has once again had an exceptional year. We are grateful to be able to report that, financially, the business is doing well. All the subsidiary companies are contributing positively to this performance and, as a business, we are performing well against the goals that we have set for ourselves. As at the end of October, we are ahead of budget and our expectation is that we will indeed reach our target for this financial year.

Yes, we face certain issues. We are surrounded by political and economic challenges, on a local and international level. We cannot deny these realities, but we must never allow them to take our eye off the ball. In many cases, these realities may well create uncertainty, but one can be sure that they also present opportunities. Our success lies precisely in our ability to identify and harness new opportunities, in the midst of these uncertainties.

How are our subsidiary companies doing?All facets of Overberg Agri Bedrywe are going well and the company is tracking successfully against the goals that we have set. The return of favourable farming conditions presents certain opportunities, however it also results in increasingly tough competition. The fact that Francois Joubert and the Bedrywe team

HOW IS OUR BUSINESS PERFORMING?

Page 3: ENJOY LIFE GENIET DIE LEWE - Overberg Agri kry dit reg om ten spyte van stakings en ‘n baie pap ekonomie, steeds goed te presteer. Die Boltfast-span, onder leiding van Daneel Herselman,

COMMUNITY

SWINGING INTO ACTIONLesedi Educare recently received two new jungle gyms, a fresh coat of paint and new carpets as part of Bontebok Limeworks’ ongoing support for children in their community.

In 2012/2013, Bontebok Limeworks identified Lesedi Educare as a worthy local economic development project, and provided the funding to build a brand new school. Lesedi can now accommodate about 100 children from the informal settlement of Zwelitsha and surrounding areas of Bredasdorp.

Lesedi principal, Lulu Manxeba said that the jungle gyms are immensely valuable for the children’s development. As described in an online article by Carrie Barkett: “Jungle gyms provide children with an opportunity to develop their gross motor coordination skills as well as their fine motor coordination skills, while enjoying the freedom of outdoor play. Other benefits include developing eye-hand coordination and improving muscle tone.”

Bontebok Limeworks is very proud to be associated with Lesedi. The company feels privileged to contribute to our community.

It was a swinging start to the third term at Lesedi Educare.

still maintain and, in many instances, are able to grow their market share, is testament to their selfless fulfilment of our vision. Our new branch in Moravia is well under way and the new opportunities which we are busy with in the Swartland are progressing well.

In spite of strike action and a very weak economy, Boltfast is still managing to perform well. In a market that is showing negative growth, the Boltfast team, under the leadership of Daneel Herselman, is still accomplishing positive growth and is performing well against our goals for the business. The forecast for the year looks positive and the company is investigating various new business opportunities, both locally and in Southern Africa.

Bontebok Limeworks is performing particularly well and has exceeded all the goals that we had set for the business. We have experienced a very good year in terms of all product sales, and market demand for our products is good. The new kiln (in which we burn lime to oxide) is operational and should relieve the large demand for our product in the short term. Johan Alberts and his team are constantly busy with new expansion projects and are already preparing for the installation of the next kiln (kiln 8).

Bredasdorp Slagpale is experiencing yet another exceptional year, and Dian Giliomee and his team are exceeding all the goals that we set for the business. Various initiatives to source additional livestock have resulted in us exceeding our slaughter target. We are in the process of applying to expand the abattoir and, if we are successful, we will increase our current capacity of 450 small stock units per day to 900 small stock units per day.

The new Promeal management team, under the leadership of Tania Morgan-Weyer, is all on board and we are very excited about the plans for the business. Promeal is behind in terms of budget for the year, mainly due to sales that did not materialise in the first quarter. However the last quarter is looking good and Tania and her team are busy catching up on the losses of the first quarter.

What are we busy with?Daily, each one of us is working hard to fulfil our new vision “to be the business partner of choice”. Our only real competitive advantage lies in our ability to offer our customers more than just a good product or service at a good price. Everyone has an incredible contribution to make – a sincere thank you to every one of you who strives to live our vision.

We are continuously investigating new business opportunities to ensure that our business continues to grow. Although good business opportunities are scarce, we are very selective in evaluating new opportunities that are in line with our strategy. As in the case of Moov Fuels, we will keep you up to date with any new developments.

We have also decided to acquire a new computer system and the process of implementing the new system is well under way. Although no one should underestimate the immense scope of this project, we are excited about what this investment in technology will mean for our business. We anticipate that by September 2015 Overberg Agri Bedrywe will switch over to the new system, whereafter we will evaluate the implementation process for the other subsidiaries.

Page 4: ENJOY LIFE GENIET DIE LEWE - Overberg Agri kry dit reg om ten spyte van stakings en ‘n baie pap ekonomie, steeds goed te presteer. Die Boltfast-span, onder leiding van Daneel Herselman,

COMMUNITY

OVERBERG AGRI DEEL IN BEWARINGSPROJEK VAN ROOILELIEOp 9 September is die Klein Klipfontein Rooileliebewaringskamp aan ’n paar ander grondeienaars in die Aurora- en Redelinghuys omgewing bekendgestel. Johannes Smit en sy seun, Pieter, is die eienaars van Klein Klipfontein by Aurora waar die bewaringskamp opgerig is.

Overberg Agri het die draad en pale geskenk vir die omheining van die klein reservaat. Ander borge het ook bygedra tot die stewige heining wat 30 tot 40 jaar sy doel sal dien.

Ander grondeienaars wat ook rooilelies op hulle plase het, waaronder Schalk Cilliers, Gideon Melck, Gerrit en Hannes Tredoux, Jaco Brand, Thys Greeff, Graham Duncan, Gys en Hermann van Lille en Stenus van Geems, is ook na die bekendstelling uitgenooi.

Granville Johannes het dit onder die takke versprei. Moravia-tak het 20 bome gekry en, omdat die plaasskooltjies by Wittewater en Goedverwacht deel is van die onmiddellike omgewing, was hulle eerste op die lys. Wittewater en Goedverwacht is albei klein landelike gemeenskappies. Wittewater is ongeveer 5 km van die Moravia-tak en Goedverwacht ongeveer 15 km.

Wittewater ondervind sekere tye van die jaar ernstige watervoorsieningsprobleme en met die ontvangs van hul bome, het hulle dit aan Sean Parr, die sentrumbestuurder van Moravia genoem. Sean het werk gemaak van die probleem en bewerkstellig dat een van ons verskaffers, Nel Tanks, ’n splinternuwe 5000L watertenk aan die skool skenk. Hulle gaan die tenk op ’n sleepwa monteer en gebruik om water aan te ry na die skool toe in tye van waterskaarsste.

ONS PLANT BOME VIR DIE NAGESLAGOverberg Agri Bedrywe het 700 bome gekoop vir nasionale boomplantweek, wat van 1-5 September gehou is.

Nadat hul habitat bykans orals uitgeroei is, kom die besonderse rooilelie nog hier in klein kolonies voor. Aan die suidekant van die Bergrivier is daar baie fynbos en vroeër jare was die rooilelie baie volop. Nou is daar net plekke in die Hopefield- en Darling, Burgerspoort omgewings en op twee kleinhoewes in Atlantis en Dassenberg waar die lelies nog voorkom. Noord van die Bergrivier in die dieper landveld, kom die lelie ook nog op 'n paar plekke voor.

Almal is baie entoesiasties oor die beskerming van die rooilelie en daar is goeie insette ontvang oor die pad vorentoe. Almal het huiswaarts gekeer, met goeie inspirasie dat bewaring moontlik is met almal se samewerking en dat die rooilelie vir die nageslag behoue sal bly.

THE SWEETEST WAY TO SAVE A LIFEBoltfast Epping made the most of its open day (on 10 October) to raise funds for the Cupcakes of Hope community project.

Cupcakes of Hope held its annual National Cupcake Day For Kids with Cancer on 27 September. The project raises awareness and funds by selling donated cupcakes at 55 malls across South Africa. Our Boltfast head office bakers decided to use the Epping open day to run a cupcake sale of their own.

Many of us know someone who has beaten, is battling or has lost the fight to cancer. And with October playing host to Bandana Day and Breast Cancer Awareness Month, it seemed like the sweetest way to help save a life.

The cupcake sale raised a total of R3 000 towards the Cupcakes of Hope project.

Overberg Agri het die draad en pale geskenk vir die omheining van die klein reservaat.

Moravia sentrumbestuurder, Sean Parr, het bome aan die plaasskool op Goedverwacht oorgehandig.

Hoërskool Piketberg (hier te sien) en Steynville Sekondêr, het ook elkeen ’n paar bome ontvang.

Page 5: ENJOY LIFE GENIET DIE LEWE - Overberg Agri kry dit reg om ten spyte van stakings en ‘n baie pap ekonomie, steeds goed te presteer. Die Boltfast-span, onder leiding van Daneel Herselman,

BEING THE CHANGEOverberg Agri Bedrywe, Promeal and Bedasdorp Slagpale have teamed up with a training organisation to make a difference in the lives of people living with disabilities (PLWD).

In a joint initiative, the three companies have placed suitable candidates (put forward by the Association for People with Disabilities) in basic business- and administration-orientated learnerships with the Signa Academy.

A majority black owned training organisation, Signa Academy makes a significant difference in the lives of previously disadvantaged people by entering them into learning programmes, and helping them to start their own businesses.

This training intervention enrolled 34 learners in a 12-month programme that was launched in August 2014. The learnership is presented in conjunction with Agriseta and Signa Academy. Learners who successfully complete all their credits will qualify in Business Practice NQF Level 1.

What is striking about this group is that, although many of them suffer from some form of disability (some severe), they attend classes every day, complete their homework and never complain about their circumstances. One cannot help but be deeply touched by their positive attitude.

Overberg Agri human resources officer, Denmarie Muller, is pictured with some of the learners who have been enrolled in the 12-month training programme with Signa Academy.

DENMARIE MULLER SHARED WHAT SHE EXPERIENCED AT THE ORIENTATION FOR THE NEW LEARNERS:

“Dit is ‘n koue en reënerige winters oggend toe ek en Annerie Bosman (Menslike Hulpbronne Bestuurder) by Signa in Bellville aankom. Die ontvangs in die lokaal waar die nuwe leerders bymekaar gekom het vir hul oriëntasie is egter warm en gesellig. Die leerders is geweldig opgewonde en hul blydskap en entoesiasme is aansteeklik. Baie van die leerders is in rolstoele en so gewoond daaraan om geduldig te moet wag vir ander om hul te help. Sommige van hulle sukkel egter voort en is dankbaar en soms verbaas wanneer ek en Annerie vir hul hulp aanbied met die voltooiing van die vorms.

Baie van hierdie leerders kon nie in hoofstroom skole geakkommodeer word nie en hul ouers het ook nie die fondse gehad om hul in skole te plaas wat hul unieke behoeftes kon aanspreek nie. Een leerder veral het ‘n groot indruk op my gemaak. Hy is Letho Dlali. Hierdie leerder is in ‘n rolstol, maar hy het ook beperkte vermoë om sy arms en hande te gebruik, tot so ‘n mate dat hy geweldig moeilik skryf en homself al geleer het om op ‘n rekenaar te werk. Die nederigheid en kalmte vloei uit hom uit en ek vra myself die vraag af, hoe geïrriteerd ek sou wees as ek in sy situasie was.

Ek stap die oggend na die sessie uit die Sanbel gebou in Bellville en spring vinnig in my motor om nie te nat te reën nie. Op pad huis toe in die nat Kaapse verkeer, besef ek hoe vanselfsprekend ons, ons gesondheid en opleiding aanvaar. Dit laat my dink aan ene Booker T Washington wat gesê het: “Success is not measured so much by the position that one has reached in life as by the obstacles which have been overcome while trying to succeed.”

Baie Dankie aan Overberg Agri dat ek deel kan wees van jul visie om mense te bemagtig en te ontwikkel. Overberg Agri het nog altyd ontwikkeling en bemagtiging binne in die maatskappy met sukses toegepas en met hierdie inisiatief is ons ook besig om dit buite die maatskappy toe te pas.”

DAZZLING FOR DISABILITYThe head office at Overberg Agri brought out the bling to celebrate South Africa’s 20th annual casual day on Friday, 5 September 2014. This year’s ‘posh casual’ theme had supporters razzling and dazzling, with all money going to help people with disabilities.

COMMUNITY

Page 6: ENJOY LIFE GENIET DIE LEWE - Overberg Agri kry dit reg om ten spyte van stakings en ‘n baie pap ekonomie, steeds goed te presteer. Die Boltfast-span, onder leiding van Daneel Herselman,

NUUSBROKKIES

Ag nee, sug ek hier teen einde Junie; die tyd het my weer soos ’n afpoot gogga bekruip. Dat ek elke jaar hierdie selfde gedagtes het, laat my geensins skuldig voel nie; inteendeel, ek ignoreer die onvermydelike vir nog ’n paar weke.

Teen die laaste week van Julie kry die skuldgevoel tog die oorhand. Met die datum in vier groot sirkels in my dagboek omkring, maak ek reg vir Mega 2014, wat van 17 tot 20 September gehou gaan word. ’n Paar dae later is my lysie van goeie, gewillige verskaffers opgestel, getroue staatmakers wat raakvat en weet hoe. Almal kom met entoesiasme en blink planne en gou neem die gekrap in my swartboek vorm aan. Nuwe

NOU MEGA ONS LEKKER! deur Annemarie Joubert

items is gelys en afslagpryse word beding. Ons vorder fluks.

Met ’n dag of twee oor voor die skou, raak dit ’n vreeslike geskarrel. Dis plakkers plak, beloftes van aflewering, verskonings oor aflewering, gratis materiaal, saagsels, programme en toegangskaartjies wat gereed gemaak word. Bakkies en trokke ry die kosbare vrag aan en gewillige hande laai af en pak reg. Vlae word gehys; baniere en vere ingeslaan en vasgemaak.

En toe die hekke van Mega Park daardie Woensdag om 09:00 open, staan ons gereed, om met trots die Overberg Agri-vlag te laat wapper.

Die verskeidenheid wat die besoeker in ons tent begroet, laat hom meer as net ’n wyle vertoef. Daar is selfs vir die vroulike geslag gesorg met mooi tuingoed, klere en ’n splinternuwe verfreeks wat ons almal se hande laat jeuk om die verfrollers nader te trek.

Besigheid loop. Koue reënvlae druk teen die tent, maar daar is heerlike stomende koffie en warm pannekoek hier digby ons. Die besoekers soek skuiling en gou raak dit hier oral rondom ons sommer lekker gesellig. Verkope oortref die vorige jaar. Die gevoel om die hart is warm, dit was alles die moeite werd.

Ons kyk vir mekaar en glimlag tevrede... en ek dink: “Nou Mega ons lekker.”

SLAGPALE-UITBREIDINGS RAAK EFFEKTIEF VAN AFVALMATERIAAL ONTSLAEMet die oog op toekomstige uitbreidings by Bredasdorp Slagpale, is ’n kontrak gesluit met Ibert vir die oprigting van ’n biogas-aanleg vir die doeltreffende hantering van afvalmateriaal.

Tans is daar slegs een só ’n aanleg in gebruik in Suid-Afrika, met verskeie wat reeds doeltreffend energie in Europa produseer. Die tegnologie wat gebruik sal word, is ontwikkel en word bestuur deur die Universiteit van Innsbruck in Oostenryk, met die spesifieke model wat bekend staan as “Gas Lift Technology”.

Die biogas-aanleg behels die gebruik van afkeurmateriaal wat ontbind en ’n metaangas vorm, wat dan elektrisiteit opwek.

Die oortollige gas sal warm water voorsien. Die gas kan ook in voertuie gebruik word en indien enige oortollige koolstofdioksied verwyder word, kan dit ook in die vorm van LPG gas gebruik word. Die neweproduk van die ontbinding is 90% vloeistof, met uitstekende ontledings om as ’n vloeibare kunsmis produk gebruik te word.

Bredasdorp Slagpale hanteer jaarliks ongeveer 264 000 liter bloed, wat die grootste bron van metaangas binne hierdie aanleg sal wees. Bredasdorp Slagpale kan op ’n latere stadium aan ander besighede die gebruik van hul fasiliteit gee, om van hul skadelike afvalstowwe ontslae te raak. Die oprigting van die aanleg behoort vroeg in 2015 ‘n aanvang te neem en behoort teen September 2015 suksesvol te wees in die hantering van afvalmateriaal.

BOLTFAST TAKES PART IN BUSINESS CHAMBER ROADSHOWBoltfast Vredenburg recently took part in an expo organised by the Cape Chamber of Business West Coast Branch. The roadshow gave Boltfast branch manager, Marinda Geldenhuys and her colleague, Jeréne Potgieter, a valuable opportunity to introduce west coast business owners to the range of products on offer at the Vredenburg branch. By all accounts – and judging by the increase in orders following the event – the expo was a great success.

Marinda Geldenhuys and Jeréne Potgieter from Boltfast’s Vredenburg branch.

Page 7: ENJOY LIFE GENIET DIE LEWE - Overberg Agri kry dit reg om ten spyte van stakings en ‘n baie pap ekonomie, steeds goed te presteer. Die Boltfast-span, onder leiding van Daneel Herselman,

NUUSBROKKIES

OVERBERG AGRI ONTWIKKEL PLAASPERSONEEL SE POTENSIAAL

Cobus Oosthuizen van LifeXchange was die hoofspreker en het gedeel hoe ’n mens se brein werk en hoe jy jou gedagtes kan herprogrammeer om jou volle potensiaal te ontsluit. Hy het onder meer vertel ’n mens kan enigiets bereik wat jou hart begeer, mits jy al die verskonings in jou kop oorbrug en net volhard in jou doelwit. Sy toespraak was baie prakties en die personeel het dit uiters leersaam en genotvol gevind.

Thomas Skietekat wat betrokke is by die Saambou Boerdery Bemagtigingsprojek, was die tweede spreker. Hy het sy passie vir boerdery gedeel en genoem hoe belangrik dit is om gefokus te wees en verantwoordelikheid te neem. “Jy moet eienaarskap van jou werk neem en altyd jou beste lewer,” het hy gesê.

Die derde onderwerp van die dag het gehandel oor die onderhoud en regte van buite-egtelike kinders. Dit is ’n onderwerp wat baie plaaspersoneel raak en waaroor

Die plaaspersoneel is ingelig oor die verskillende koring-, gars-, kanola- en voergraankultivars wat beskikbaar is.

baie onsekerheid heers. Die plaaspersoneel is meegedeel wat wetlik vereis word vir onderhoud en hoe hierdie situasie hanteer moet word.

Pierre Vlok van BKB het wolbesoedeling in die skeerhok bespreek. Hy het wenke gegee oor hoe om te verseker dat daar nie ongewenste items in die wol beland nie en vertel van die skade wat sulke items vir wolverwerkers veroorsaak.

Die plaaspersoneel het ná die voorleggings ’n keuse gehad. Hulle kon óf na Dr. Willem Schultheiss van CEVA luister oor die doeltreffende in-enting en dosering van skape; óf na die gewasdemonstrasies gaan.

Die dag was weer eens ’n reuse sukses en die plaaspersoneel het die sprekers se praatjies en demonstrasies uiters leersaam gevind.

Overberg Agri se Plaaspersoneel Ontwikkelingsdag is vanjaar op 2 September gehou. Die geleentheid is op Roodebloem Proefplaas buite Caledon en Sensako Proefplaas buite Napier gehou, sodat ’n groot getal plaaswerkers die geleentheid kon meemaak. Ongeveer 170 plaaswerkers het die ontwikkelingsdag by Roodebloem, en 145 by Sensako, bygewoon.

Overberg Agri bedank die produsente wat hul plaaspersoneel die dag laat meemaak het en sien uit om volgende jaar weer so te maak.

DIÉ KATJIE IS WAARLIK KATJIE VAN DIE BAAN

Die oulike kat, gedoop Mamma Kat, is katjie van die baan by Bredasdorp waar sy haar dae verwyl tussen ontvangs, die stoor en die handelsafdeling.

Jo-Ann Botes vertel: “Sy was eens ’n baie wilde babakatjie wat in Bredasdorp Handel se stoor grootgeword en die muis bevolking onder beheer gehou het. Nadat sy twee werpsels katjies gehad het, het Madelein de Jager haar laat steriliseer.”

Desere Ludik en Alita Neethling het haar met droëwors in die stoor begin mak maak en stelselmatig het sy toe in die handelsafdeling begin kuier en vriende gemaak. Elke oggend stap sy saam met Alita na die admin-afdeling. Agnes Rothman, wat by die ontvangs werk, gaan haal elke oggend die koerant by die

handelsafdeling en só het die kat begin saamstap en al langer daar begin kuier. Nou wissel sy haar slaaptyd vir die dag af tussen ontvangs by Agnes of in Jo-Ann se kantoor.

“Sy is baie lief om op ’n stoel te slaap; veral as iemand daarop sit en sy agter jou rug kan inkruip. Dis ongelukkig nie gemaklik vir die een wat op die stoel sit nie en dus het sy nou haar eie stoel reg langs my, waarop sy haar dag slapend spandeer,” lag Jo-Ann.

Kort voor sluitingstyd word sy wakker gemaak en eet sy gou haar laaste kos vir die dag en dan weet sy dit is nou weer tyd om stoor toe te gaan. Die kat drink melk - waaroor sy mal is en dis ook die rede hoekom sy so gesond lyk en haar pels so blink - en eet Montego katpilletjies. Jo-Ann Botes het haar onder haar vlerk geneem en is nou haar “mamma”.

Page 8: ENJOY LIFE GENIET DIE LEWE - Overberg Agri kry dit reg om ten spyte van stakings en ‘n baie pap ekonomie, steeds goed te presteer. Die Boltfast-span, onder leiding van Daneel Herselman,

An open day on 10 October gave Boltfast Epping the chance to impress clients with the convenient new additions to the store.

The sales team, led by Shaun Duncan, showed a steady stream of visitors around the store’s new display areas and wider range of products. As our suppliers of various top brands demonstrated their products, the Epping team kept their order books close at hand. The open day is sure to place Boltfast Epping firmly on the map as the “go-to” supplier of fasteners and related products.

NUUSBROKKIES

Die Groep Besturende Direkteur, André Uys, het almal genooi om ’n glasie sjampanje te klink en die tak amptelik oop verklaar. André het klem daarop geplaas dat Overberg Agri ten doel het om werklik deel te word van sy kliënte se besigheid en hul beplanning, en op so ‘n wyse waarde toevoeg. Hy het ook gevra dat oop kommunikasiekanale gehandhaaf word.

Sean Parr, voorheen betrokke by Overberg Agri Napier, is Moravia se sentrumbestuurder en is in beheer van die silo en handelstak.

Die tak, sowat 11 km buite Piketberg op die Velddrif-pad, is by die Moravia treinstasie geleë, waar die silos tans is. Daar was etlike jare gelede ’n handelstak, maar dis gesluit. Die silo-depot het egter onveranderd gebly en het hul werksaamhede voortgesit. Die nuwe tak is met oop arms deur die gemeenskap ontvang.

OPENING VAN DIE NUWE HANDELSTAK OP MORAVIAOverberg Agri het op 9 Oktober met trots die nuutste toevoeging tot die maatskappy, ‘n handelstak op Moravia, amptelik met ’n kaas-en-wyn funksie geopen. Die geleentheid is deur ongeveer 100 gaste vanuit die plaaslike boeregemeenskap en personeel van Overberg Agri bygewoon.

Ongeveer 100 gaste het die kaas-en-wyn funksie bygewoon.

Sean Parr (regs) is Moravia se sentrumbestuurder. Alta Marais (links) is met die opening van die tak in diens geneem.

Die tak fokus op die voorsiening van primêre landbou-insette vir die landbou kliënte in die omgewing en op die lewering van uitstekende diens.

Die Moravia-tak bestaan dus nou uit ’n silo-depot en handelstak en daar werk tans twee personeel by die silo, Henrik Goeieman en Andries Petersen. Die tak het drie werknemers, Sean Parr, Alta Marais en Samuel Carolus, of beter bekend as Plottie.

Moravia is ’n Morawiese nedersetting en bestaan uit Wittewater en Goedverwacht met ongeveer 1500 permanente inwoners. Verskeie seisoenwerkers word jaarliks deur die streek se tafeldruif-boere in diens geneem. Behalwe tafeldruiwe, word daar ook met skape en vleisbeeste geboer.

Bredasdorp Handel was hierdie jaar vir die tweede jaar betrokke by die reëlings vir die Prinsvlei Angusse van die Prinsvlei Stoet se produksieveiling. Kopers van sover as Bloemfontein was baie beïndruk met die spogdiere van Dirk Giliomee. Die 2014-veiling kan spog met die hoogste gemiddelde prys per bees tot op hede vir die Prinsvlei Stoet.

Kopers is ná die veiling trakteer op ’n Angus biefstuk wat keurig deur Martin Ludik en Vasie de Wet gebraai is en vir menige was dit een van die hoogtepunte van die dag.

PRINSVLEI ANGUSSE

OPEN DAY AT BOLTFAST EPPING

Page 9: ENJOY LIFE GENIET DIE LEWE - Overberg Agri kry dit reg om ten spyte van stakings en ‘n baie pap ekonomie, steeds goed te presteer. Die Boltfast-span, onder leiding van Daneel Herselman,

NUUSBROKKIES

TUINVULLIS KRY TWEEDE LEWE“Laat jou vullis blom!” was die inleidende- en afsluitingswoorde van Cobus Smit - wat onder meer ’n tuinrubriek skryf vir Rooi Rose - by ’n damestee op 17 Oktober op Moorreesburg.

Hy het met humor en ’n uitgebreide tuinkennis ’n ou sinkbad gevul met “tuingrond” - ’n wonderproduk genaamd Bocashi, kombuiskompos, koerantpapier en baie min grond. Nadat die rare bedding voorberei is, het hy ’n handvol grond gevat en kropslaai en baba-spinasie saailinge in die grond onder die deklaag ingedruk. Die uitsonderlike laag op laag-bedding het selfs die gesoute tuiniers in die gehoor laat regop sit en almal was verstom oor Cobus se vernuf met die samestelling van dié unieke stukkie tuin. Hy het vertel van sy betrokkenheid by die aanlê van soortgelyke tuine in gemeenskappe waar daar net sandgrond of klipgrond is om kos mee te kweek. Hy het onbaatsugtig sy kennis gedeel en sy rustige geselstrant en eenvoudige demonstrasies, saam met sy ooglopende liefde vir die grond en die potensiaal wat dit inhou om ’n tuintjie tot stand te bring, was aansteeklik.

Sharón Hanekom en haar personeel van Die Hut, het die tafels pragtig in die tuin onder sambrele gedek vir ’n heerlike kuieroggend. Daar is vooruitsigte dat daar jaarliks só ’n lekker kuieroggend op die dorp gehou kan word.

Ters Basson (links) en Colin van Dalen (regs) het die dames uitgenooi om die Moorreesburg handelstak te besoek vir al hul tuinmaak benodighede. Hulle is hier te sien met gasspreker, Cobus Smit.

Die eetgoed was soet and sout uit die boonste rakke.

CALEDON SILO SE VIERBEEN GELUKBRINGER DEUR DAWN PFEIL

Hierdie is die storie van ’n straatbrak en ’n man en ’n vriendskap in die skaduwee van ’n graansilo.

Twee jaar gelede het ’n Duitse herdershond by die Caledon Silo opgedaag. Saans het hy kom rondsnuffel en afvalkos by die graanvragmotorbestuurder kom bedel.Oestyd van 2012 het hy een aand weer sy verskyning gemaak, maar hierdie keer by die skaallokaal se deur. Hy het verseg om in te kom, maar sy honger lyf het almal daar só geraak, dat almal hul ingepakte aandete vir hom gevoer het. Dis in sekondes opgeslurp en sy aandbesoeke het ’n gereelde instelling geword.

Sy aanvanklike skugterheid het mettertyd begin verslap en hy het later in die lokaal ingekom en eenkant in die hoek gesit en alles geëet, wat hy gevoer is. Wanneer die manne saans op hul skofte tot laat moes werk, het hy rondgehang en amper “saam” gewerk.Soggens vroeg was hy weer op sy pos en vinnig het hy Jan Roux, die silobestuurder, se skaduwee geword: waar Jan sit, lê die hond en waar Jan stap, stap hy saam. So het hy al blaffend en stertswaaiend die bloekombome “help” afsny; hy jaag graag

die vurkhyser; grom vir mense met groot baadjies en ’n veiligheidshoed op en hy het ook “gehelp” om die bunker vol te maak.

Omdat hy so mooi die silogronde opgepas het, het hy die naam van Manie (Caledon Sekuriteit) gekry. Manie het sy eie sak Montego hondekos gekry. Soggens met invaltyd het hy eers sy snoepkos van die huis af ingepak ontvang, daarna sy bak hondekos. Só het hy pligsgetrou elke dag tot saans laat kom werk.

Toe hy op 1 Januarie 2014 aanmeld vir diens, is dit saaityd en daarmee saam besluit Jan en ek dat hy gebad moet word. Ons twee gooi sjampoe, vryf en bad, alles maar bra versigtig. Manie kry sy eerste kombers, ook ’n borsel en nekband. Stadig maar seker laat hy al meer toe en later leer ons hom om die oop trappies van die silo te klim - maar hy bly steeds te bang op af te klim en hier moet Jan hom aflig.

’n Honde liefdesdriehoek-geveg laat beland Manie by die Caledon Dierehospitaal. Maar gelukkig is die besoek kosteloos, want selfs hier is die storie van Manie en sy silo-huis al reeds bekend.

Smiddae met uitvaltyd, stap hy oor die groot pad, deur Spoornet se heining oor die spoorlyn en verdwyn uit sig uit, sodra hy onderdeur die treintrok kruip. Môreoggend kondig hy sy aankoms met luide geblaf aan.Die feit dat Jan net weeksdae werk, is nog vir hom ’n probleem, maar Saterdae gaan groet hy die mense by La Boutique, voor hy vir die naweek oor die spoorlyn verdwyn.

Nou is ons aan die einde van sy tweede jaar by die silo. Hy is só deel van ons lewens. As kliënte en personeel hom nie vroegdag gewaar nie, hulle vra wat van hom geword het.

Die silo behoort nou eintlik aan Manie, want hy lê waar hy wil en almal moet oor hom klim en hy wag angstig op die snoepkos wat ons van die huis af saambring.

Page 10: ENJOY LIFE GENIET DIE LEWE - Overberg Agri kry dit reg om ten spyte van stakings en ‘n baie pap ekonomie, steeds goed te presteer. Die Boltfast-span, onder leiding van Daneel Herselman,

ACHIEVEMENTS

OVERBERG SE PLAASWERKER VAN DIE JAAR- KOMPETISIE HULDIG WERKERS SE BYDRAEJakob Motsemay van Roodebloem Proefplaas het ’n tweede prys ontvang in die kategorie Algemene Plaaswerker by die Overberg Plaaswerker van die Jaar-kompetisie vir 2014.

Ons wens hom baie geluk met die toekenning en dank hom vir sy volgehoue bydrae en toewyding tot die boerdery se sukses. Ons beplan om in die toekoms al ons plaaspersoneel in hierdie kompetisie in te skryf.

Jakob is deur Carel le Roux, Roodebloem se plaasbestuurder, en Pieter Burger, die landbou adviseur, vir die kompetisie in die kategorie, Algemene Plaaswerker, ingeskryf.

Jakob was een van 38 inskrywings vir hierdie kategorie en was onbewus dat hy moontlik ‘n prys kan ontvang toe hy na die prysuitdeling uitgenooi is. Hy voel baie goed oor die prys wat hy gekry het en sê hy wil graag sy loopbaan op die plaas ontwikkel.

Hy is al vyf en ’n half jaar op die plaas en het voorheen op Villiersdorp by ’n vervoermaatskappy gewerk. Hy het niks van die boerderybedryf geweet toe hy op Roodebloem begin werk het nie. Jakob sê hy geniet al die fasette van die plaas, maar wil graag meer leer van die GPS en die nuwe Lexion stroper. Hy het drie kinders en woon saam met Mary-Ann, op Roodebloem.

Agtergrond oor die kompetisieDie Overberg Plaaswerker van die Jaar-kompetisie word deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou en Agri Mega georganiseer. Total SA was die hoofborg. ’n Totaal van 103 plaaswerkers het deelgeneem en kon inskryf of ingeskryf word in een van nege kategorieë. Die kategorieë sluit in: middel-bestuur, junior bestuur, algemene werker, administratiewe personeel, besproeiingsanalis, tegniese operateur, trekkerdrywer, diereproduksie en sosiale ontwikkeling. ’n Paneel het elke deelnemer individueel ondervra

Carel le Roux, Roodebloem se plaasbestuurder, het Jakob Motsemay (links) vir die kompetisie ingeskryf.

en dan volgens die kategorie waarin hy of sy ingeskryf is, beoordeel.Daar was vanjaar bykans drie keer meer inskrywings as verlede jaar.

Gala aandDie finaliste is op 16 September tydens ’n galageleentheid by Kleinplasie buite Napier onthaal, waar die kategoriewenners en die algehele wenner aangewys is. Toni Xaba van die Wes-Kaapse Departement van Landbou, het in haar toespraak klem gelê op die belangrike rol wat plaaswerkers saam met produsente in voedselsekerheid speel. Volgens Xaba wil die departement juis met die Plaaswerker van die Jaar-kompetisie op streeks- en provinsiale vlak die kollig hierop plaas. Die voormalige Springbok-rugbyspeler, Chester Williams, was ook een van die sprekers.

PryseDie streekswenners ontvang almal kontantpryse, trofees en Shoprite-koopbewyse en kom in aanmerking vir die provinsiale titel en pryse ter waarde van R100 000 van Shoprite. Die Plaaswerker van die Jaar ontvang R1700, ’n trofee en Shoprite-geskenkbewyse. Elke kategorie-wenner ontvang R1500,’n skild en ’n Shoprite geskenkbewys. Naaswenners ontvang R900, ’n sertifikaat en ’n Shoprite-geskenkbewys en vir die tweede naaswenner per kategorie is daar R700, ’n sertifikaat en ’n Shoprite-geskenkbewys.

Paarl Versekering het die toekenning vir Versekeringstak van die Jaar ontvang. Deon Carstens het dié toekenning, asook die toekenning vir Versekeringsbemarker van die Jaar ontvang. Hy is hier te sien met Overberg Agri se Abri Dickason.

Handelsbemarker van die Jaar is Grove Kriel (links). Napier Handel het die toekenning vir Handelstak van die Jaar ontvang. Die toekenning is oorhandig aan Vasie de Wet (regs). Hulle is hier te sien met Colin van Dalen van Overberg Agri.

(F.l.t.r): Jan Roux, Leslie Roux, DC Fourie and Martin Ludik received their certificates for completing the Management Development Programme from the University of Stellenbosch Business School. Tiaan Augustyn was not present when the photograph was taken.

Rietpoel Silo het die toekenning vir Graan Silo van die Jaar ontvang. Die toekenning is oorhandig aan George du Plessis. Hy is hier te sien saam met Johan Lusse (links) en Fred Eksteen (regs) van Overberg Agri.

Page 11: ENJOY LIFE GENIET DIE LEWE - Overberg Agri kry dit reg om ten spyte van stakings en ‘n baie pap ekonomie, steeds goed te presteer. Die Boltfast-span, onder leiding van Daneel Herselman,

Pierre Nel het sy kwalifikasie vir ‘n inleidende besproeiings-ontwerpkursus en Survey Maker ontvang.

Me EM Diedericks Stanford Handel Me AA Hill RSE Handel Me AS Jacobs Krige Silo Mnr ST Kapot Klipdale Handel Mnr PJ Laubscher Bredasdorp Produkte Mnr CE Le Roux Roodebloem Mnr AM Plaatjies Bredasdorp Ingenieurs Mnr J Plaatjies Klipdale Silo Mnr D Rossouw Bredasdorp Werkswinkel Mnr JJ Stevens Napier Handel Mnr PA Swart Bredasdorp Onderdele Mnr J Ward Bredasdorp Silo Mnr JVB Wessels Rietpoel Handel Mnr A Wilchutte Klipdale Silo Mnr CN Willemse Caledon Instandhouding

30-Jaar Langdiens Erkennings

Me I Cupido Caledon HandelMnr KH Damons Caledon Saad Mnr MJ Daniels Caledon Saad Mnr AV Dickason Versekering Me MC Engelbrecht Caledon Administration Mnr JJ Esau Klipdale Silo Me HC Groenewald Caledon Personeeldienste Mnr S Hendricks Klipdale Silo Mnr HJ Human Bredasdorp Ingenieurs

35-Jaar Langdiens Erkennings

Mnr A Amsterdam Rietpoel Silo Mnr WH Griffiths Bredasdorp Meganisasie Mev I Rossouw Bredasdorp Finansies

40-Jaar Langdiens Erkennings

Mnr AE Carelse Caledon Instandhouding Mnr WD Damons Rietpoel Handel Mnr FA Eksteen Caledon Produkte Mnr HK Fortmann Bredasdorp Ingenieurs Mnr LGJ Fourie Klipdale Handel Mnr H September Bredasdorp Onderdele

ACHIEVEMENTS

OVERBERG AGRI BEDRYWE ANNUAL AWARDSOverberg Agri Bedrywe hosted its annual awards ceremony at Die Koringaar in Caledon on 26 August. Congratulations to all the prizewinners, who received their awards from Francois Joubert. The awards ceremony was followed by an evening of good food and great company. Almal het lekker gekuier!

LANGDIENS ERKENNINGS

20-Jaar Langdiens Erkennings

Mnr P Abrahams Bredasdorp Handel Mev I Barnardo Caledon Versekering Mnr AW Coert Bredasdorp Silo Mnr AJ Daniëls RSE Werkswinkel Mnr GJ Davids Klipdale Silo Mev C De Kock Caledon – Kredietbeheer Me EF Eiberg Caledon Silo Me E Erasmus Caledon Handel Mnr JW Greyling Stanford Handel Mnr GW Hartnick Bredasdorp Werkswinkel Mnr GJ Januarie Klipdale Silo Mnr JCW Klaaste Caledon Handel Mnr S Mahela Klipdale Depot Mnr AG Mentoor Bredasdorp Ingenieurs Mnr GC Olivier Caledon Silo Mnr JM Olivier Bredasdorp Silo Mnr PJ Reineke Rietpoel Handel Mnr FF Roodman Bredasdorp Ingenieurs Mej A Rothman Bredasdorp Admin Mev B September Napier Handel Mnr CJ Van Dalen Caledon Handel Mev EM Van Der Merwe Caledon Produkte Mnr JA Van Niekerk Caledon Instandhouding Mnr D Williams Caledon Saad

25-Jaar Langdiens Erkennings

Mnr J Booysen Bredasdorp Ingenieurs Mnr CJ Cloete Caledon Handel Mev JF Cronje Caledon Finansies

Wouter von Waltzleben (pictured here), George Stevenson and Hendrik Traut received awards for completing the SAAHA animal health course.

(F.l.t.r.): Japie Pieterse, Donovan Jooste and Robert Kabewa received their certificates for completing various courses in ABET (adult basic education and training).

Ivan Kapot ontvang sy Senior Sertifikaat.

Page 12: ENJOY LIFE GENIET DIE LEWE - Overberg Agri kry dit reg om ten spyte van stakings en ‘n baie pap ekonomie, steeds goed te presteer. Die Boltfast-span, onder leiding van Daneel Herselman,

HEALTH AND WELLBEING

Congratulations to everyone who took part in the Overberg Agri Health Challenge 2014.

The programme, which ran from August

to October, challenged staff to follow a

healthy lifestyle for 12 weeks and monitor

their progress, to determine the Overberg

Agri health champion.

There was an excellent turnout for

the screening tests that launched the

challenge – 418 staff members had tests

to assess their general health (height,

weight, waist measurement, blood

pressure, cholesterol and glucose).

Following the health assessment, 176

staff members took up the challenge to

follow a programme of healthy eating and

regular exercise. Some lost centimetres;

some lost kilograms; some started

exercising; some cut back on sugar and

some simply took charge of their health.

Weekly weigh-ins motivated participants

as the kilograms began to melt away.

Our winners were the individuals who

recorded the greatest percentage

improvement in their scores.

However, every participant who

persevered through the 12 weeks is a

winner! By the end of the challenge, the

total weight for the group of participants

was 280 kg less than when they began.

Although the programme has ended,

many of the branches have decided to

continue with the weekly weigh-ins to

keep up the momentum and motivation.

OVERBERG AGRI HEALTH CHALLENGE

Weigh-in time for Overberg Agri managing director, André Uys.

A team of nurses conducted the first health tests and the final assessment 12 weeks later.

NOW IS THE TIME TO REVIEW YOUR MEDICAL AIDMembers of Discovery Health and PSG Gap Cover have only one opportunity in the year to review or make changes to their medical aid and/or gap cover for the following year. If you wish to upgrade to a higher option (with effect from January 2015), you need to give notice of this decision by the end of November. Membership cannot be upgraded during the course of the year. As healthcare consultants to Overberg Agri, PSG is currently presenting information sessions to help members make an informed decision about their healthcare needs.

Contact the PSG office if you have any queries: 021 870 2270/5.

Top 10 Health Challenge winners:

1. Gert van Dyk (Riviersonderend)

2. Frikkie van Niekerk (Bredasdorp)

3. JP Vermeulen (Koringberg)

4. Carin Nel (Caledon)

5. Harriet Carstens (Moorreesburg)

6. Wilmien Olivier (Riviersonderend)

7. Bradley Jansen (Napier)

8. Pieter Swart (Bredasdorp)

9. Jan Booysen (Bredasdorp)

10. Natasha April (Caledon) Abri Dickason from Caledon and Harriet Carstens from Moorreesburg were our first month’s winners. They each received a healthy hamper.

JP Vermeulen from Koringberg was one of our second month’s winners. JP also won third place overall.

Page 13: ENJOY LIFE GENIET DIE LEWE - Overberg Agri kry dit reg om ten spyte van stakings en ‘n baie pap ekonomie, steeds goed te presteer. Die Boltfast-span, onder leiding van Daneel Herselman,

BREDASDORP HANDEL BETROKKE IN DIE GEMEENSKAP

SPORT & SOCIAL

PIKKIE SPORTDAGOp 26 Julie het Overberg Agri se Versekeringsafdeling die Pikkie Sportdag van Laerskool Ashton geborg. Ten spyte van die koue, was daar ’n groot getal ouers en grootouers teenwoordig. ’n Totaal van ses skole met 634 kinders wat in 31 rugbyspanne en 36 mini-netbalspanne meegeding het, het deelgeneem.

Alles het in goeie gees geskied en die braaivleisvure, kosstalletjies en goeie musiek, het gemaak dat daar ’n feestelike atmosfeer geheers het. Dit is vir Overberg Agri ’n voorreg om terug te ploeg in die gemeenskappe waarin ons besigheid doen. Kinders is die toekoms van Suid-Afrika en van Overberg Agri.

BORG VAN WINTERSPORTDAGOverberg Agri se Versekerings-afdeling het saam met Agruma as borge opgetree by die Agruma Wintersportdag.

Altesaam 1 725 kinders het in rugby- en netbalwedstryde meegeding in ’n sportdag wat in drie siklusse gehou is: sommige skole het net voormiddag meegeding; ander weer net namiddag, terwyl sommige van laatoggend tot namiddag hul wedstryde gespeel het. Skole sover as Mosselbaai Punt, Beaufort-Wes, Jan van Riebeeck en Curro in Durbanville het deelgeneem.

Die Versekeringsafdeling het ook die meganisasie-afdeling genooi om uit te stal en hulle het ’n Claas trekker op die skoolgronde uitgestal.

DamesoggendOverberg Agri se eerste Damesoggend is op 27 Augustus by Nacht Wacht op Bredasdorp gehou. Die geleentheid is gebruik om vir die dames dankie te sê vir hul bydrae tot landbou in ons omgewing. Altesaam 103 vroue van Klipdale, Ouplaas, Protem, Napier en Bredasdorp het lekker saamgekuier terwyl Luna Paige en Schalk Joubert almal bekoor het met hul musiek.

Elim Food & Wine CelebrationOp 10 Oktober is die jaarlikse Elim Food & Wine Celebration weer gehou. Dis die geleentheid vir die wynmakers van Elim en die omgewing om bietjie te spog met hul wyne en waar die streek se tuisgemaakte lekkernye ook geproe kon word.

Die dag het vir baie aksie gesorg met onder meer ’n 14 km veldloop en ’n 14 km en 37 km bergfietsrit. Overbergers en besoekers aan die omgewing het die dag goed ondersteun en oudergewoonte was Bredasdorp Handel teenwoordig met ’n buitelewe stalletjie.

Tiaan Langenegger van Kokkedoor-faam het die dames se kookvernuf opgeskerp.

Vroue personeel van onderskeie afdelings het die geleentheid bygewoon en terdeë geniet.

Page 14: ENJOY LIFE GENIET DIE LEWE - Overberg Agri kry dit reg om ten spyte van stakings en ‘n baie pap ekonomie, steeds goed te presteer. Die Boltfast-span, onder leiding van Daneel Herselman,

PROMEAL

PROMEAL’S NEW-LOOK EXECUTIVE TEAM

Ophia Pretorius: Financial ExecutiveFollowing her maternity leave, Ophia Pretorius has returned to Promeal in a new role as financial executive. A chartered accountant by profession, Ophia has a wealth of experience in the field of agriculture. She is excited about this new chapter because she has always wanted to learn new things at work.“You have two choices in everything that you do – you can be positive and live life or you can be negative and make everyone around you negative,” says Ophia. It’s no surprise that she lives by the motto to “be the change that you want to see in the world”. Ophia lives in Malmesbury with her husband, Hanno, their young son, Pieter Willem and an extended family of dogs (they have three) and an African Grey parrot. They enjoy life on the ‘platteland’ and take time out to waterski and camp when they can.

Jason Kelly: Procurement & Logistics ExecutiveJason Kelly has made a move from Johannesburg to the fairest Cape to join Promeal as the company’s new procurement and logistics executive. In addition to his IMM, Jason has a CSCP qualification (Certified Supply Chain Professional) and experience in general management; supply chain; SOP implementation; business analysis and implementation of ERP systems. Jason is passionate about gathering knowledge and information, and believes that listening with intent is vital for insight. He is highly energetic and believes that, through people and teamwork, we can focus on delivery and achieve joint success. Jason is married to Naomi and they have two beautiful daughters, Zara and Jaide. They have found a home in Somerset West and enjoy an active lifestyle and spending time with family and friends. They have a cat called Zion, who still plays like a kitten. Jason enjoys warrior racing to keep fit.

Deon Gorgens: Operations, R&D & Process ExecutiveDeon Gorgens has brewed beer, boiled sweets, frozen ice cream, made meat patties, pizza toppings and, most recently, noodles during an extensive and varied career in FMCG. He has worked in both South Africa and Europe. He is excited about serving South Africa’s beloved pets and ensuring that their ‘parents’ have peace of mind about their pet food.Deon loves the outdoors and is passionate about mountain biking. As he relocates from Johannesburg to the Mother City, he is looking forward to leaving Jozi’s heatwaves and taking up an old interest in waveski surfing. He is married to Ruth and they have two children: Mykail (who is doing his year of community service at the Barberton hospital) and Daniella (a first year student at Tuks). Deon has a Jack Russell named Julietta who is THE BOSS!

Jevan de Vlieg: National Key Accounts and Sales ExecutiveJevan has worked in the FMCG (fast moving consumer goods) business for nearly 20 years, both internationally and in South Africa. He has held various roles in regional and national sales and key accounts management and has worked closely with the likes of Shoprite Checkers, Pick ‘n Pay & Hypers, Spar Tops, and Makro, amongst others. Jevan believes in getting the basics right. He looks forward to building a strong base for future growth and driving “joint-value creation” for all Promeal’s key trade partners/stakeholders. Jevan is married to Kyla and they have two beautiful children, a son Zach (7) and a daughter, Jamie (6). He is based in Durban where the family can take full advantage of an active, outdoor lifestyle. Jevan plays cricket for Crusaders Club and enjoys body boarding, golf and cycling. It goes without saying that he supports the Sharks! The family has a variety of interesting pets, including dogs, a cat, hamsters, rabbits, fish and racing pigeons – Jevan’s main hobby and family interest.

Page 15: ENJOY LIFE GENIET DIE LEWE - Overberg Agri kry dit reg om ten spyte van stakings en ‘n baie pap ekonomie, steeds goed te presteer. Die Boltfast-span, onder leiding van Daneel Herselman,

PROMEAL

In the June edition of the Overberg Agri newsletter, we reported that Andrew Stovell had completed the Iron Man. We incorrectly described him as the Boltfast maintenance manager when, in fact, he works for Promeal. We apologise for any confusion this may have caused.

CORRECTION

ASSURING QUALITY TO INTERNATIONAL STANDARDSPromeal is in the process of implementing a quality assurance model, which will help us to confidently produce pet food that is safe to consume.

As manufacturers in the food business, we are compelled and obliged to meet our customers’ need for food that our pets can eat, without us worrying that they will become ill. This is an integral part of any food business model.

Promeal has begun to implement the British Retail Consortium (BRC) model that is well suited to the requirements of a pet food manufacturing plant. The BRC model is used worldwide to assist companies with their quality assurance. Our technical manager, Donovan Sillifant, is the project champion. He is tackling the enormous task of working through the various modules. Although the project requires our technical and factory staff to ‘dig deep’, the team realises the obvious benefit for the company, which is keeping everyone motivated and excited about the initiative.

PROMEAL PRIORITISES SAFETY,HEALTH AND ENVIRONMENT (SHE)Promeal has launched a health, safety and environment project to ensure that the company provides the safest possible work environment for their staff.

The initiative takes into account the various legal aspects of health and safety in the workplace. Promeal has partnered with a registered occupational safety practitioner from the Institute of Safety Management to help implement the new strategy.

The project kicked off with a three-day information session where middle and senior management were informed about the basic legal requirements to manage the daily health, safety and environment of our workplace. The way we treat the environment today will determine whether our children and grandchildren will be able to enjoy a good, clean and safe environment in the future.

Promeal nominated and appointed staff into roles such as fire fighters, safety representatives and first aiders. These appointments will be finalised after they have received the necessary training. Our first aiders will receive their training in November. Look out for our managing director, Tania Morgan-Weyer, amongst them!

As in most processes, the start-up is the fun part. Let us, as a Promeal team, remain dedicated and committed to carrying this enthusiasm through to the more difficult phases of implementing and maintaining the project.

MANAGING DIRECTOR Tania Morgan-Weyer

KA & SALES MANAGER Jevan De Vlieg

FINANCE MANAGER Ophia Pretorius

PROCESS, R&D & OPERATIONS

MANAGER Deon Gorgens

MARKETING MANAGER Vacant

LOGISTICS & PROCUREMENT

MANAGER Jason Kelly

PROMEAL

Page 16: ENJOY LIFE GENIET DIE LEWE - Overberg Agri kry dit reg om ten spyte van stakings en ‘n baie pap ekonomie, steeds goed te presteer. Die Boltfast-span, onder leiding van Daneel Herselman,

’n Uitbreidingsprojek is in 2013 gedeeltelik deur die direksie goedgekeur wat ’n sewe jaar projek behels, waar ses nuwe oonde en ’n nuwe hidrasie aanleg opgerig gaan word. Die nuwe projek sal teen 2020 die totale hidroksiedproduksie verhoog van 32 000 ton per jaar na 100 000 ton per jaar.

Binne die oonde vind die verbranding van kalsiumkarbonaat teen baie hoë temperature plaas en dit vorm kalsium-oksied. Kalsium-oksied word verder in die hidrasie-aanleg tot kalsium hidroksied verwerk. Bontebok Kalkwerke is een van slegs twee vervaardigers van wit hidroksied in die land, wat dit dus ’n gesogte en unieke produk maak.Hidroksied word in verskeie industrieë gebruik, waaronder die konstruksiebedryf waar dit vir die bou van paaie aangewend word. Dit word ook in watersuiwering, waterdigting, neutralisering van chemiese afval en afwit van geboue ingespan.

Konstruksie aan Fase 1 het reeds in Junie 2013 begin, waartydens die gebou opgerig is waarin die sewende oond installeer word. Die gebou is teen einde 2013 voltooi en die oond is vanaf Augustus 2014 in dele vervoer en geïnstalleer.

Teen die begin van Oktober was die nuwe oond op sy plek, met net ’n laaste paar takies wat nog afgehandel moes word. Die eerste toetse met Oond 7 het op 27 Oktober plaasgevind.

BONTEBOK

Die oond is vanaf Augustus 2014 in dele vervoer en geïnstalleer.

BONTEBOK KALKWERKE SPOG MET ’N WERKSPAN DUISENDVir Bontebok Kalkwerke is die produksie en instandhoudings- personeel van onskatbare waarde en daarom word daar baie tyd en geld belê in die ontwikkeling van personeel se vaardighede.

Die instandhoudingspan is die mense wat 24 uur van die dag beskikbaar moet wees, om toe te sien dat aanlegte reg loop, herstelwerk gedoen word en planne vinnig gemaak word om te verseker dat produksie-onderbrekings tot ’n minimum beperk word.

In die laaste nuusbrief van 2013 is Johan Bezuidenhout geluk gewens met sy 10 jaar diens by Bontebok op 1 September 2013. Sedert 2011 is Johan die werkswinkelvoorman en onder sy

BONTEBOK KALKWERKE SE OOND 7- UITBREIDINGS LOOP KLOP DISSELBOOM

Dis bedrywig by Bontebok Kalkwerke soos die kontrak-ingenieurs en die werkswinkelpersoneel lang ure werk om Oond 7 te voltooi.

leiding het die werkswinkelspan oor die afgelope drie jaar baie ontwikkel en hul werk is van uitstaande gehalte.

Daar is ook die afgelope paar jaar gefokus op die ontwikkeling van die instandhoudingspan se vaardighede en met die hulp van Dr. Tom Theunissen van New Hope International (’n konstruk-sionele staalwerk opleidingsentrum) word daar jaarliks ’n twee-week-lange indiensopleiding sessie aangebied. Die opleiding het gewissel van konstruksie staalmontering, gas- sny, sweiswerk, werk-onder-druk, tydsbestuur, werk op hoogtes en so meer.

Vier instandhouers, Steve Oostendorp, Francois Schuin, Claud Adendorf en Selvin Jacobs, is die afgelope drie jaar

na Gansbaai, waar hulle by New Hope se opleidingsentrum intensiewe sweis-opleiding ontvang het en dit suksesvol voltooi het. Verder het Johan Bezuidenhout in Augustus ’n groot persoonlike doelwit bereik, toe hy die meganiese ambag-assesseringstoets vir diesel- en petrolmasjiene geslaag het.

Die produksiespan is die groep mense wat op die verskeie aanlegte verantwoordelik is vir ontginning, verwerking en verpakking van al die maatskappy se produkte, soms in ongunstige weerstoestande. Die toegewyde produksie span lewer ‘n groot bydrae om die kliënte tevrede te hou.

Hoofbestuurder, Johan Alberts sê: “Ek het groot waardering vir my personeel se harde werk en toewyding en wil graag baie dankie sê aan een en elkeen.”