9
God is hier by ons Ek was nog in die laerskool. My pa het in die week as boorinspekteur in ou Lebowa weggewerk, en vakansies het ek en my ouboet saam met hom gegaan om tyd met hom deur te bring. Een vakansie moes my pa by ’n stamkaptein toestemming kry om op die stamgrond ’n boorplek aan te wys. Na my pa klaar was en terug is na die stat vir terugvoer, wag die kaptein se vrou vir ons met ’n netjies gedekte tafel met tee, Eat-sum-mor-koekies en Mariebeskuitjies. Toe ek in die aanloop tot die Adventtyd weer nadink oor waar Jesus gekry sou word as Hy nou op aarde was, het ek Hom in my geestesoog daar by ons onder die boom met die tee, Eat-sum-mor- koekies en Mariebeskuitjies gesien. Want ek glo nie Hy sou in paleise en by die vername mense gewees het nie, maar juis by gewone mense op sulke gewone menslike oomblikke. Toe die engel vir Josef kom sê het dat Maria swanger is, dat die swangerskap van God kom en dat hy nie van haar moet skei nie, sê die engel in die eerste plek in Matteus 1: 21: Sy sal ’n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. En dan sê die engel ook van Jesus in vers 23: “...hulle sal Hom Immanuel noem.” Die naam beteken God by ons. Hierdie Immanuel-uitspraak moet nie gesien word as ’n naam nie, maar as ’n beskrywing van Jesus. Want Jesus sal God met ons wees… Daarom vra ek weer die vraag: Waar sou ons Jesus aangetref het indien Hy hier en nou op aarde was? En dan dink ek terug aan my jare as predikant en ek sien baie sulke oomblikke in my geestesoog: Hy sou gewees het by die tannie wat dekades lank bly bid het dat haar kind moet ophou drink. Hy was by my die nag toe ek as kapelaan vir ouers gaan sê het hul kind is dood. Hy was by my die dag toe ek my vrou ontmoet het en toe ek met haar getrou het. Hy was by ons met die geboorte van ons kinders. Hy was by my die dag toe ons my pa begrawe het, die oggend toe Skoonma huilend vir my gesê het Skoonpa is dood, en toe ek dit vir Elize moes sê. Hy was by die oompie op die fiets wat nie in wêreldse terme rykdom en aansien gehad het nie, maar wat amper elke beskikbare oomblik ander wou dien. Hy het saam met Tannie Kerk die vyf straatblokke geloop om as amper 80-jarige haar werk as koster te doen en dan die “ou mense”, meestal baie jonger as sy, te gaan help by die aftreeoord. Hy was by Oom Hoed wat ten spyte van die min wat hy gehad het, altyd baie vir ander gehad het. Hy sou gewees het saam met die oom wat met die Mazdabakkie oor die stowwerige grondpad by die kerkhof gery het en gestop het om treurendes te troos en hulle moed te gee. Hy sou gewees het daar waar jy hierdie stukkie lees, in jou vreugde, jou hartseer, jou hoop, jou moedeloosheid. Ja, ek dink tog Hy sou daardie dag onder die boom by ons gestaan het. Kerstyd is ’n spesiale tyd, want dan onthou ons Jesus is Immanuel, God by ons. Geseënde Kersfees! Ds Willem Sauer, Waterberg Redakteur: Die Hervormer en Blitspos *** Hierdie is die laaste uitgawe van Blitspos vir 2019. Die eerste uitgawe van 2020 verskyn op Donderdag 16 Januarie. Webblad van die Hervormde Kerk www.nhka.org Nuus, berigte en kort kommentaar (uiters 100 woorde) aan produksie@nhk.co.za Teken in om ’n skakel na blitspos te ontvang blitspos Jaargang 12 – Uitgawe 40 5 Desember 2019 Die redaksie aanvaar verantwoordelikheid vir die inhoud. Menings deur skrywers uitgespreek, is egter nie noodwendig die beleid of standpunt van die Hervormde Kerk nie.

God is hier by ons · Hy was by Oom Hoed wat ten spyte van die min wat hy gehad het, altyd baie vir ander gehad het. Hy sou gewees het saam met die oom wat met die Mazdabakkie oor

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: God is hier by ons · Hy was by Oom Hoed wat ten spyte van die min wat hy gehad het, altyd baie vir ander gehad het. Hy sou gewees het saam met die oom wat met die Mazdabakkie oor

God is hier by ons

Ek was nog in die laerskool. My pa het in die week as boorinspekteur in ou Lebowa weggewerk, en vakansies het ek en my ouboet saam met hom gegaan om tyd met hom deur te bring. Een vakansie moes my pa by ’n stamkaptein toestemming kry om op die stamgrond ’n boorplek aan te wys. Na my pa klaar was en terug is na die stat vir terugvoer, wag die kaptein se vrou vir ons met ’n netjies gedekte tafel met tee, Eat-sum-mor-koekies en Mariebeskuitjies.

Toe ek in die aanloop tot die Adventtyd weer nadink oor waar Jesus gekry sou word as Hy nou op aarde was, het ek Hom in my geestesoog daar by ons onder die boom met die tee, Eat-sum-mor-koekies en Mariebeskuitjies gesien. Want ek glo nie Hy sou in paleise en by die vername mense gewees het nie, maar juis by gewone mense op sulke gewone menslike oomblikke.

Toe die engel vir Josef kom sê het dat Maria swanger is, dat die swangerskap van God kom en dat hy nie van haar moet skei nie, sê die engel in die eerste plek in Matteus 1: 21: Sy sal ’n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. En dan sê die engel ook van Jesus in vers 23: “...hulle sal Hom Immanuel noem.” Die naam beteken God by ons.

Hierdie Immanuel-uitspraak moet nie gesien word as ’n naam nie, maar as ’n beskrywing van Jesus. Want Jesus sal God met ons wees…

Daarom vra ek weer die vraag: Waar sou ons Jesus aangetref het indien Hy hier en nou op aarde was? En dan dink ek terug aan my jare as predikant en ek sien baie sulke oomblikke in my geestesoog:

Hy sou gewees het by die tannie wat dekades lank bly bid het dat haar kind moet ophou drink.

Hy was by my die nag toe ek as kapelaan vir ouers gaan sê het hul kind is dood.

Hy was by my die dag toe ek my vrou ontmoet het en toe ek met haar getrou het. Hy was by ons met die geboorte van ons kinders. Hy was by my die dag toe ons my pa begrawe het, die oggend toe Skoonma huilend vir my gesê het Skoonpa is dood, en toe ek dit vir Elize moes sê.

Hy was by die oompie op die fiets wat nie in wêreldse terme rykdom en aansien gehad het nie, maar wat amper elke beskikbare oomblik ander wou dien.

Hy het saam met Tannie Kerk die vyf straatblokke geloop om as amper 80-jarige haar werk as koster te doen en dan die “ou mense”, meestal baie jonger as sy, te gaan help by die aftreeoord.

Hy was by Oom Hoed wat ten spyte van die min wat hy gehad het, altyd baie vir ander gehad het.

Hy sou gewees het saam met die oom wat met die Mazdabakkie oor die stowwerige grondpad by die kerkhof gery het en gestop het om treurendes te troos en hulle moed te gee.

Hy sou gewees het daar waar jy hierdie stukkie lees, in jou vreugde, jou hartseer, jou hoop, jou moedeloosheid.

Ja, ek dink tog Hy sou daardie dag onder die boom by ons gestaan het.

Kerstyd is ’n spesiale tyd, want dan onthou ons Jesus is Immanuel, God by ons.

Geseënde Kersfees!

Ds Willem Sauer, WaterbergRedakteur: Die Hervormer en Blitspos

*** Hierdie is die laaste uitgawe van Blitspos vir 2019. Die eerste uitgawe van 2020 verskyn op Donderdag 16 Januarie.

Webblad van die Hervormde Kerkwww.nhka.org

Nuus, berigte en kort kommentaar

(uiters 100 woorde) aan

[email protected]

Teken in om ’n skakel na blitspos te

ontvang

blitsposJaargang 12 – Uitgawe 40 5 Desember 2019

Die redaksie aanvaar verantwoordelikheid

vir die inhoud. Menings deur

skrywers uitgespreek, is egter nie

noodwendig die beleid of standpunt van die Hervormde

Kerk nie.

Page 2: God is hier by ons · Hy was by Oom Hoed wat ten spyte van die min wat hy gehad het, altyd baie vir ander gehad het. Hy sou gewees het saam met die oom wat met die Mazdabakkie oor

2

Lief en leed

Mnr Danie Steenkamp • , eggenoot van mev Mariaan Steenkamp van Rata Maatskaplike Dienste, is verlede naweek oorlede. Die roudiens het plaasgevind op Woensdag 4 Desember vanuit die NG gemeente Villieria. Ons innige simpatie gaan aan Mariaan en hul familie.

Mnr Flip Markram • (47), swaer van dr Christo Pretorius, is verlede maand oorlede. Hy was ’n boer in Mosambiek. Ons innige simpatie gaan aan die familie.

Die volgende predikante verjaar tot 17 Januarie, en word hartlik geluk gewens: •

Sondag 8 Desember: Prof TFJ (Theuns) Dreyer o (emeritus/Montana/Rustenburg-Suid), di S (Susan) Oosthuizen (Louis Trichardt/Messina/Van Warmelo) en M (Markus) Pretorius (Eendracht)Woensdag 11 Desember Dr GCJ (Gerhard) Nel (Horison Roodepoort), o di CJ (Johan) Bezuidenhout (Ermelo-Suid), DS (Daan) Smit (emeritus) en AV (Antonie) van Staden (beroepafwagtend)Donderdag 12 Desember: Ds MJ (Martin) Fouché (Riebeeckstad/Virginia)o Vrydag 13 Desember: Di JP (Johan) du Preez (Van der Hoff) en o A (Annézel) Meiring (beroepafwagtend)Saterdag 14 Desember: Ds G (Gustav) van Zyl (Phalaborwa)o Maandag 16 Desember: Di JJ (Johan) du Toit (emeritus), o JC (Johann) Marnewick (Johannesburg-Wes), M (Martin) Meyer (Secunda) en C (Charlene) van der Merwe (beroepafwagtend)Woensdag 18 Desember: Ds JJC (Ogies) du Plooy (emeritus)o Donderdag 19 Desember: Ds MA (Marius) Venter (emeritus)o Vrydag 20 Desember: Ds PC (Peet) Swanepoel (emeritus/Nkana)o Sondag 22 Desember: Ds JH (Jan) van Staden (Bronkhorstspruit)o Maandag 23 Desember: Ds FP (Phillip) Horn (emeritus/Bethlehem)o Saterdag 28 Desember: Ds CM (Corlien) van der Merwe (Hartebeestpoort)o Sondag 29 Desember: Dr PJ (Piet) van Staden (emeritus) en o ds PR (Philip) Prinsloo (emeritus)Donderdag 2 Januarie: Dr A (Anneke) Viljoen (beroepafwagtend) en o ds WA (Willem) Dreyer (Delareyville)Vrydag 3 Januarie: Prop M (Mari-Louise) Trollip (beroepafwagtend)o Saterdag 4 Januarie: Dr JP (Kobus) Labuschagne (emeritus)o Sondag 5 Januarie: Dr C (Christo) Pretorius (Pretoria)o Maandag 6 Januarie: Ds HF (Hennie) Louw (Drie Riviere)o Donderdag 9 Januarie: Ds I (Ivan) Katzke (Bloemfontein)o Vrydag 10 Januarie: Ds JH (Jan) Kay (emeritus/Utrecht/Vryheid)o Sondag 12 Januarie: Di A (Annerie) Conradie (Culembeeck) en o DS (Dawie) Jacobs (Dolfynkus/Durban-Suid)Maandag 13 Januarie: Dr FJ (Frikkie) Labuschagne (Sinodaal)o Dinsdag 14 Januarie: Prof PA (Piet) Geyser (emeritus/Meyerspark), o di J (Japie) Coetzee (emeritus), JMC (Chris) de Beer (emeritus) en CJA (Tony) Simpson (emeritus)Woensdag 15 Januarie: Di W (Werner) Olivier (siekte-emeritaat) en o GJC (Chris) Schoeman (emeritus)Vrydag 17 Januarie: Ds CJ (CJ) van Wyk (beroepafwagtend)o

Ds Zachie le Roux • , emerituspredikant van die NG Kerk wat in Germiston gebaseer is, is beskikbaar vir paartjies wat binnekort trou maar nog nie ’n huweliksbevestiger het nie. Hy gaan na die paartjie se plek of ontmoet hulle elders. Hy doen die nodige papierwerk, sê wat gesê moet word, en binne enkele dae lewer hy die papierwerk in by Binnelandse Sake en

Page 3: God is hier by ons · Hy was by Oom Hoed wat ten spyte van die min wat hy gehad het, altyd baie vir ander gehad het. Hy sou gewees het saam met die oom wat met die Mazdabakkie oor

3

die huwelik word geregistreer. Die paartjie se eie leraar kan steeds die seremonie behartig, terwyl ds Le Roux die wetlike sake hanteer. Kontak hom by [email protected] of 083 799 5911. Facebook: We tie the Knot.

#hoopviralmal. • Voorbidding vir Bybelgenootskappe Die Russiese Federasie is o dankbaar vir die werk wat reeds daar gedoen is. Hulle vra voorbidding vir hul projekte om meer mense met die Woord van God te bereik.Kirgisiëo sien met afwagting uit na die Ou Testament in Kirgisies. Hulle vra voorbidding vir hul vertaalspanne asook vir die Bybelstudiemateriaal vir kinders.Kazakstano se Bybelgenootskap het behoefte aan krag en wysheid te midde van vervolging.

Gemeentes en bediening

Die Sinodale Dienssentrum sal van Maandag 23 Desember 2019 tot Vrydag 3 Januarie •2020 gesluit wees vir die Kersreses. Die personeel se laaste werkdag vir 2019 sal dus Vrydag 20 Desember 2019 wees, en die eerste werkdag van 2020 Maandag 6 Januarie 2020.

Die • opening van die Hervormde Teologiese Kollege (HTK) vind plaas op Woensdag 19 Februarie 2020.

’n • Inligtings- en Besprekingsvergadering vind plaas op Woensdag 18 Maart 2020 van 09:00 tot 16:00. Die Kommissie van die AKV sal dan belangrike aspekte van hul strategiese beplanning by die bosberaad in Januarie met ringskommissies en predikante deel, en met die gesprek oor ’n herindeling van ringe begin. Elke ring word versoek om minstens twee verteenwoordigers na die Inligtings- en Besprekingsvergadering te stuur. Meer besonderhede sal later deurgegee word.

Ds PA (Paul) van Jaarsveld • van Montana het ’n beroep ontvang na Wapadrant.

Enige persoon wat ’n • toga van die NG Kerk besit en dit wil verkoop, kan Petru kontak by 073 600 0134.

Vakante werkruimte. Gemeente Villieria in Pretoria • het ’n werkruimte vir ’n deeltydse bediening beskikbaar vanaf 1 Februarie 2020. ’n Vergoedingspakket sal met die suksesvolle aansoeker onderhandel word. Die gemeente se lidmaattal is tans 399 (332 belydend), en die gemeente is hoofsaaklik in ’n stadsgebied geleë.

Die ampswerk en verpligtinge sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word. Aansoeke met volledige CV’s kan deur belangstellende gelegitimeerde predikante en proponente van die NHKA gestuur word aan diak W van Jaarsveld by [email protected] (cc die e-pos asseblief na [email protected]). Die kerkraad behou die reg om ook kandidate wat nie aansoek doen nie, te oorweeg, asook om die vakante werkruimte te vul wanneer dit vir die gemeente geleë is. Belangstellende aansoekers is intussen welkom om preekbeurte in die gemeente te behartig. Skakel 081 355 0412 (diak W van Jaarsveld). Die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Desember 2019.

Vakante werkruimte. • Gemeente Witfield aan die Oos-Rand, gekonsentreer binne die gemeenskap van Witfield, is ’n stadsgemeente van ongeveer 100 belydende lidmate, wat meestal uit bejaarde lidmate bestaan. Die gemeente benodig ’n leraar vir ’n deelsorgwerkruimte. Die totale pakket beloop ongeveer R22 000 per maand, en die samestelling van die pakket kan deur onderhandelinge met die kandidaat gestruktureer word binne dié raamwerk. Van die predikant sal verwag word om die normale aktiwiteite van die gemeente, soos prediking, kategese, spesiale eredienste en fondsinsamelings, te organiseer en te fasiliteer volgens wat billik mag wees gemeet aan die vergoeding per maand. Aansoeke sluit op 15 Januarie 2020. Kontak ds Edzard van Baalen (konsulent van Witfield) by 083 441 1840 of stuur ’n e-pos na [email protected].

Ds Paul van Jaarsveld

Page 4: God is hier by ons · Hy was by Oom Hoed wat ten spyte van die min wat hy gehad het, altyd baie vir ander gehad het. Hy sou gewees het saam met die oom wat met die Mazdabakkie oor

4

Vakature: Leraarpos, vastetermyn. • Die Nederduitse Gereformeerde Kerk en die Nederduitsch Hervormde Kerk in Harare stel hiermee gesamentlik hierdie vakature bekend.

Gemeenteprofiel: Die twee gemeentes het ’n samewerkingsooreenkoms gesluit en beroep saam ’n leraar wat albei gemeentes sal bedien. Gesamentlike eredienste word reeds gehou, terwyl ook besluit is om bedieninge in die gemeentes en gemeenskap te koördineer. Die gemeentes is tipiese stedelike gemeentes en bestaan grootliks uit ouer persone. Daar is ook lidmate wat buite die stedelike gebied woon. Die pos is ’n vastetermynpos vir 3 jaar wat met wedersydse instemming verleng kan word.

Leraarprofiel: Die geskikte kandidaat moet volledig en goed tweetalig wees (Afrikaans- en Engelssprekend – eredienste word om die beurt in Afrikaans en Engels gelei); verkieslik ’n getroude persoon wees; as gevolg van hoë skooluitgawes, verkieslik geen skoolgaande kinders hê nie; oor ’n fyn aanvoeling vir bediening aan alle ouderdomsgroepe beskik; en goeie gesondheid geniet. Die gemeentes sal ’n lewenskragtige persoon wat pas geëmeriteer het, baie sterk oorweeg.

Posbeskrywing: Die predikant moet die nuutgevormde samewerking tussen die NGK en die NHKA as een gemeente kan hanteer en uitbou, en sy/haar pligte volgens KO Artikel 9 van die NGK en die kerkordelike bepalings 2.1.5. van die NHKA uitvoer.

Vergoedingspakket: Vergoeding en byvoordele sal tydens ’n onderhoud verstrek word; gemeubileerde huisvesting is beskikbaar; en ’n voertuig vir gemeentelike gebruik in Zimbabwe word verskaf.

Aansoeke sluit op 31 Januarie 2020. Diensaanvaarding 1 Maart 2020 of so gou moontlik daarna. Aansoeke moet vergesel wees van ’n verkorte CV met vermelding van die kontakbesonderhede van twee referente, en moet gestuur word na [email protected]. Navrae aan oudl Deon Theron +263 77 224 6233 en oudl Rinus Grau +263 71 261 1536. Ds Nicolaas Steenekamp, die konsulent van die NHKA Harare, kan in die RSA gekontak word vir inligting: 073 279 3315. Die Kerkraad behou die reg voor om nie ’n beroep uit die aansoeke uit te bring nie.

Gemeente Laer Suidkus • nooi alle lidmate van die Kerk wat vakansie hou aan die Hibiscus-kus van KwaZulu-Natal hartlik uit om die eredienste van die gemeente by te woon in die Desember-vakansie. Kom geniet ons gasvryheid by enige van die twee preekpunte. Eredienste word soos volg gehou:

Port Edward:o Elke Sondag om 08:00 te Port Edward Primary School, Fifeweg, Port Edward.Port Shepstone:o Elke Sondag om 09:30 in die kerkgebou, Scottstraat 3, Port Shepstone.Geloftedag:o Gesamentlike erediens in NG gemeente Port Shepstone om 09:00.Kersfees: o Port Shepstone om 07:00; Port Edward om 08:00.Oujaarsdagaand:o Geen erediens.

Dit sal hoog op prys gestel word indien ’n predikant wat vakansie hou, bereid sal wees om die Kersfees-erediens in Port Edward waar te neem. Die tydgleuf van die twee eredienste maak dit onmoontlik vir ds Pieterse om albei dienste waar te neem, aangesien hulle 50 km uit mekaar gehou word. Kontak ds Jacques Pieterse by [email protected] of 082 458 4482.

Predikante wat oor die Kerstyd in • St Lucia, Richardsbaai of Mtunzini vakansie hou, kan ds Pieter Furstenberg kontak by 084 259 2593 of [email protected] om ’n erediens te behartig in Gemeente Richardsbaai op Kersdag om 07:00.

Gemeente Kaapstad • nooi vakansiegangers hartlik uit om hul eredienste by te woon:Preekpunt Tygerbergo : ME Rothmanstraat 29 Parow-Noord Eredienstye Sondae om 09:30 en op 8 en 22 Desember ook om 19:00

Page 5: God is hier by ons · Hy was by Oom Hoed wat ten spyte van die min wat hy gehad het, altyd baie vir ander gehad het. Hy sou gewees het saam met die oom wat met die Mazdabakkie oor

5

Geloftediens op 16 Desember om 09:00 in Tygerberg Kersdiens op 25 Desember om 09:00 in Tygerberg (samesang 08:45)Preekpunt Melkbosstrando : Robbenweg, Melkbos Eredienstye Sondae om 09:30 Kersdiens op 25 Desember om 09:00 op Melkbosstrand (samesang 08:45)

Navrae: Ds Kathleen Smith 084 792 2715 of dr Gafie van Wyk 082 337 7174

Predikante wat • preekbeurte wil waarneem in Zimbabwe (Bulawayo en/of Harare), kan kontak maak met ds Nicolaas Steenekamp by [email protected] of 073 279 3315. Vervoerkoste en ’n honorarium word betaal.

Predikante kan by • Gemeente Dullstroom preek en gratis verblyf vir twee nagte kry vir die gratis preek. Die gemeente bied gratis verblyf vir ’n predikant en sy/haar gade; vir kinders se verblyf moet self betaal word. Die vergunning geld nie langnaweke en vakansietye nie. Reël die verblyf met Adri by 071 672 6761. Kontak dan mev Johanna Pieterse by 072 116 3353 of [email protected] om die Sondag te bevestig.

Vergaderings

Saterdag 11 Januarie: NHSV Dagbestuur •12-15 Januarie: Bosberaad: Kommissie van die AKV •

’n Gedig

Die môrester

Die môrester laat valkort voor dagbreek driedruppels nektarop die rooi duinen drie wyse mannehet op drie witmôreblomme afgekomen die geur van ’nbabatjie geruik –en hom gevindwat sou praat oor die een sterbo verlate duine

Donald W Riekert(Uit: Heuning uit die swarthaak, 1986)

Kerklike publikasies

In die • November/Desember 2019-uitgawe van Die Christelike Vrou lees ons in die redaksionele berig waarom Boksies vir Boervroue die land aan die praat het! Die NHSV se streekbyeenkomste was van die hoogtepunte op die NHSV se kalender hierdie jaar. Ds Hannelie Botha vertel ons meer oor die pas afgelope Wes-Kaapse Streekbyeenkoms, en Marna Wolmarans kleur die Hoëveldstreek se Streekbyeenkoms verder in. Volg die skakel https://nhsv.org.za/publikasies/ .

Die volledig hersiene • handleiding vir volwasse kategese word tans persgereed gemaak en sal vroeg in Februarie beskikbaar wees. Bestellings kan gedurende Januarie gestuur word aan mev Sarie Roux by [email protected]. Die prys van die boek sal gedurende Januarie bepaal word.

Page 6: God is hier by ons · Hy was by Oom Hoed wat ten spyte van die min wat hy gehad het, altyd baie vir ander gehad het. Hy sou gewees het saam met die oom wat met die Mazdabakkie oor

6

Mev Sarie Roux • kan tans slegs per e-pos na [email protected] bereik word. Die telefoon sal nie beantwoord word nie te midde van die bedrywige ontvangs en verspreiding van die Almanak/Bybelse Dagboek.

Die volgende • Bybels is tans teen verminderde pryse beskikbaar by die Boekwinkel (verminder van R130 elk na R90 elk). Bestel by mev Sarie Roux by [email protected].

Isixhosa 1975; Isindebele 2012; Xitsonga 1989; Shona 1949; Tsivenda 1998; Suid-Sotho 1909; Xhosa 1975; Swati 1996; Sesotho 1989.

Toerusting

Barmhartigheid

Diakonaat: Werkgroep Kindersorg en Rata Maatskaplike Dienste •Skooltassieprojek 2020Borg ’n tassie teen R350

Gemeente-inbetalings by:Raad van Finansies ABSA tjekrekening Rekeningnommer 020 000 287 Takkode 632005 Verwysing: 16TAS + gemeentenaam

Persone wat 18A-belastingbewys verlang, doen inbetaling by: Plesion NPC Nedbank Rekeningnommer 112 732 1897 Takkode 160 445 Verwysing: TAS + jou naam (of gemeentenaam) Stuur bewys van betaling aan [email protected]

Page 7: God is hier by ons · Hy was by Oom Hoed wat ten spyte van die min wat hy gehad het, altyd baie vir ander gehad het. Hy sou gewees het saam met die oom wat met die Mazdabakkie oor

7

Ons Tuis (Riviera) • het enkel en dubbel gastekamersuites beskikbaar vir persone wat naby die hospitale moet wees of selfs waar Oupa en/of Ouma kan tuisgaan as die kinders met verlof is. Die enkelkamersuite sluit ontbyt in teen R350 per nag, en die dubbelkamersuite sluit ontbyt in teen R550 per nag.

Machteld Postmus-behuisingskompleks vir bejaardes • in Brooklyn, Pretoria, het ’n eenslaapkamer-woonregeenheid beskikbaar by Frans Boshoff vir R366 160. Kontak mev Hannelie Fourie by 012 325 1857 x202 vir meer inligting.

Louis Trichardt-behuisingskompleks vir bejaardes • in Danville, Pretoria, bied kamergeriewe met drie etes per dag teen R4 435 per maand. Vir meer inligting, kontak mev Vicky Muller by 012 386 5310.

Ons Tuis (Andries Marié Oosthuizen) in Parys • het tans plek beskikbaar in die tehuise vir versorging van verswakte bejaardes teen R9 760 per maand. ’n Volledige versorgingsfasiliteit sluit in 24-uur-versorging, drie maaltye per dag en sekuriteit. Behuisingsfasiliteite teen R5 990 per maand is ook beskikbaar op dieselfde perseel; dit sluit drie etes en weeklikse wasgoed en skoonmaak van kamers in asook gratis deelname aan sosiale programme. Vir meer besonderhede, skakel matrone Teresa Broodryk by 056 811 2185.

Seniordal-aftreeoord (blok woonstelle) •Lewensreg te koop 2-slaapkamer @ R560 0001½-slaapkamer @ R520 0001-slaapkamer @ R515 000Groot tuine om in te ontspanGeen versorgingDaar is nou ook huureenhede beskikbaarSkakel Ansie Lombard (bestuurder) 012 329 4318 / 084 920 8723

Allegaartjie

’n Maatskappy in Japan gee werknemers wat nie rook nie, ses dae verlof ekstra per jaar vir die tyd wat rokers gebruik om gereeld ’n sigaret te gaan rook! Maatskappye in Japan probeer toenemend om rokery te bekamp. Die plaaslike owerhede in Tokia het reeds streng reëls teen rook ingestel voor die Olimpiese Spele in 2020. (Maroela Media, 2 Desember 2019)

Studentesake

Potchefstroom-Studente: Eerstejaarskamp 2020 •Dinsdag 7 – Vrydag 10 Januarie 2020Vertrek Dinsdag 7 Januarie om 13:00 vanaf Silwerstraat 19Venterskroon-kampterreinKoste R990Besoek www.studentegemeente.com vir inskrywingsvormwww.facebook.com/PotchStudenteNavrae dr Rudy Denton 082 459 9710Terzie Denton 082 475 4618Wilbrie Hartman 072 655 4282

Stellenbosch: Aanvangskamp 2020 •19-22 Januarie 2020Vertrek Sondag 19 Januarie om 14:00 vanaf kerkterrein hv Bosman- en Hofmeyrstraat, StellenboschSo 10 km buite Stellenbosch op Simonsberg-jeugkampterreinKoste R500 per student

Ons Tuis-gastekamer

Page 8: God is hier by ons · Hy was by Oom Hoed wat ten spyte van die min wat hy gehad het, altyd baie vir ander gehad het. Hy sou gewees het saam met die oom wat met die Mazdabakkie oor

8

Bring saam: Bybel, pen en papier, hoed, swemklere, slaapsak, eetgerei, gemaklike klere en skoeneKontak: Liezl Viljoen (HSV-voorsitter) [email protected] / 072 656 0248Ds Chris le Roux [email protected] / 079 495 3239Ons nooi alle voornemende Maties uit Kom geniet dit, maak vriende en leer die kampus ken

Fondsinsamelings

Plesion en Rata Maatskaplike Dienste •Wen ’n motor: Datsun Go ter waarde van R154 000Koop ’n pakket, samel fondse in vir jou kantoor of gemeente Ondersteun terselfdertyd Rata se maatskaplike werk – waarvan die grootste is om kinders te beskerm teen mishandeling en verwaarlosing!Opsies sodat selfs kleiner instansies dit kan bekostig

Opsie Koste Aantal boekies

Wins vir kantoor/gemeente

Uitstalling Promosie-materiaal

Sleutelpas-finalis

Pakket R5 000 200 R15 000 (75%) Ja Ingesluit 1 per pakket

50 boekies R2 500 50 R2 500 (50%) Nee Ekstra @ R50/plakkaat

Gesamentlike trekking70 boekies R3 500 70 R3 500 (50%) Nee

Kry jou pakket 1. voor 31 Januarie 2020. ’n Beperkte aantal is beskikbaar. Betaal pakketgelde in by ABSA; RATA; rekeningnommer 000 206 00 209; verwysing GO 2. + NAAM.Kaartjies en bemarkingsmateriaal word versend.3. Hou jou eie kompetisie en 4. trek jou finaliste voor 30 Julie 2020.(1 wenner uit elke pakket dring deur na finale sleutelpasgeleentheid). Stuur besonderhede deur van finaliste wat aan die 5. finale sleutelpas sal deelneem op Rata se DRIVE FOR A CHILD Gholfdag van 18 Augustus 2020 by Silver Lakes.Uitstallings van voertuig kan gereël word by basaars, gholfdae en markte. 6.

Navrae: Stephen de Beer 074 658 4630 ([email protected])Andries Pretorius 081 466 8691 ([email protected])Vir uitstallings van die voertuig, kontak Andries Pretorius

Basaars en markte

Gemeente Laer Suidkus: Basaar •Saterdag 7 Desember By saal van Cindercity Moth Shellhole, Derde Laan, Sea Park Saal duidelik sigbaar vanaf Marineweg (ou hoofpad Durban toe), net noord van Port Shepstone en Umtentweni Vermaak vir groot en klein Tuisgemaakte boerewors en sosatiesTuisgebak, braaivleis, vetkoek, jaffles, pap-en-kaiings Gebruikte goedere en vele meer Vakansiegangers hartlik welkomNavrae: Ds Jacques Pieterse 082 458 4482 Dalene Pieterse 066 208 3884Aanwysings kan met ’n “pin” gestuur word

Page 9: God is hier by ons · Hy was by Oom Hoed wat ten spyte van die min wat hy gehad het, altyd baie vir ander gehad het. Hy sou gewees het saam met die oom wat met die Mazdabakkie oor

9

Betaalde advertensies in hierdie nuusbrief

Die koste vir advertensies is R250 per plasing (BTW ingesluit). Die verskuldigde bedrag moet uitgemaak word aan die Raad van Finansies, ABSA tjekrekening nommer 020-000-287, takkode 632-005, verwysing: u naam + blitspos. Neem kennis dat die redaksie in uitsonderlike gevalle mag besluit om ’n advertensie nie te plaas nie en die adverteerder se geld terug te betaal.

Meer besonderhede oor advertensies kan aangevra word van [email protected].

Ds Willem SauerDs Etienne Fourie en dr Johan van StadenMev Tessa OppermannMnr Hugo van Niekerk

Redakteur:Subredakteurs:Koördineerder:

Uitlegkunstenaar:

Gebed vir die week

U, Here, laat my lamp helder skyn;my God, U gee lig as dit donker is om my.Wat U doen, is volmaak;wat U sê, is suiwer.Elkeen wat by U skuiling soek, beskerm U.U omgord my met krag;U maak my pad voorspoedig.U maak my voete soos dié van ’n ribbok;op hoë plekke laat U my veilig staan.

Here, u woord is volmaak: dit gee lewe.U onderwysing is betroubaar:dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is.U bevele dui die regte koers aan:dit bring blydskap.

Mag wat ek sê en wat ek dinktog vir U aanneemlik wees,Here, my Rots en my Verlosser.

Na Psalms 18 en 19