Upload
others
View
1
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
Inte
rmed
iêre
Fas
e W
erks
kedu
le
Graad
4
Sosiale Wetenskappe
VOORWOORD Beleidsimplementering is nie ’n ongekompliseerde taak nie. Dit is ’n proses van interpretasie en betrokkenheid wat oor ’n geruime tyd strek. Ons leer uit hierdie proses en probeer om ons intervensies aan te pas sodat hulle meer gepas en relevant is tot diverse kontekste. Dit wat ons in die afgelope dekade geleer het, het vir ons gewys dat ons almal moet praat, luister en oplossings vind vir die uitdagings wat ons in die gesig staar. Hierdie werkskedules is die resultaat van so ’n beleid en leerposes. Geletterdheid en Gesyferdheid, tesame met ander areas van werk in die Grondslag- en Intermediêre Fase, is belangrike fokuspunte vir die Wes-Kaap Onderwysdepartement. Ons wil ons laerskole versterk en moontlikhede skep vir ’n standvastige fondament sodat ons die kanse van leerders in hul skolastiese loopbane kan verbeter. Ons glo dat hierdie fondament geletterdheids- en gesyferdheidsuitslae, slaagsyfers in die algemeen en die omsetsyfer kan verbeter. Suid-Afrika is ’n ontwikkelende land, en ons hoor in hierdie era van globalisasie, dat lande wat besig is om op te vang die nodige vaardighede moet ontwikkel. Lande soos ons is dus in staat om mededingend en stabiel te wees. Belangriker nog, is om oor ’n gemeenskap van geleerdes wat kan lees, skryf en van skoolgaan hou, te beskik. Die maatskaplike waarde van onderrig kan verbeter word indien die skolastiese poging verhoog word. Die werkskedules sal beskou word as ’n komponent van die pakket wat betrekking het op die Grondslag vir Onderrig-veldtog. Dit word beskou as ’n instrument om ondersteuning te bied en betekenis aan die veldtog te gee. Gesien in die lig van die persepsie dat veldtogte bloot retoriek is, sal die werkskedules as ondersteuningsmeganisme dien om betekenis te verleen aan die bou van fondamente vir geletterdheid en gesyferdheid. Dit is ’n poging om riglyne aan onderwysers te bied oor hoe om elke dag onderrig in skole te lewer. Die werkskedules sal uitgestuur word met die doel om terugvoering uit te lok. Hulle sal ook in geselekteerde skole getoets word. Die dokumente sal as riglyne in Januarie 2009 gesirkuleer word en kommentaar word teen Julie 2009 gevra. Die werkskedules sal ook gedurende Julie 2009 in die praktyk getoets word. Alle kommentaar sal verdere ontwikkeling van werkskedules lei. Die Wes-Kaap Onderwysdepartement is ʼn leerorganisasie en poog om sy omgewing ten alle tye te verstaan. Hierdie leerproses is ’n deurlopende een aangesien ons in so ’n dinamiese en vinnig veranderende konteks funksioneer. Met dit in gedagte, is die uitnodiging om kommentaar te lewer en praktykgebaseerde toetsing ’n poging om die idee van ’n leerorganisasie aan te gryp deur insigte te ontwikkel wat op die menings van onderwysers, asook van diegene in ander diverse kontekste binne ons provinsie, gebaseer is. Ons weet dat ’n sakpas-benadering nie ’n resep vir sukses is nie. Ons weet ook dat ons almal moet luister, praat en oplossings vir ons uitdagings soek. Praktykgebaseerde toetsing en ’n uitnodiging om kommentaar te lewer, sal ons die ruimte bied om te praat, luister en oplossings te soek soos ons voortbeweeg na ’n onderwysstelsel van gehalte vir al ons leerders.
Dr. S. Naicker, Hoofdirekteur: Kurrikulumontwikkeling
WERKSKEDULES SOSIALE WETENSKAPPE
GRADE 4 – 6 INLEIDING Die Sosiale Wetenskappe-leerarea is daarop gemik om leerders toe te rus met die kennis, vaardighede, waardes en houdings wat hulle in staat sal stel om by ’n ekonomies ingewikkelde samelewing aan te pas, daaraan deel te neem en daarin te oorleef. Die Leerarea is ook daarop gemik om produktiwiteit, maatskaplike geregtigheid en volhoubaarheid van die omgewing te bevorder. ’n Verskeidenheid onderrig- en leerstrategieë moet gebruik word om vir leerders se verskillende leerstyle voorsiening te maak, met inagneming van alledaagse gebruike in die sakewêreld wat in die wêreld van werk lewendig en aktief is. NOTA VIR ONDERWYSERS OOR HOE OM HIERDIE WERKSKEDULE TE GEBRUIK Hierdie werkskedule is geskryf om die leeruitkomste en assesseringstandaarde in breë trekke weer te gee. Wanneer u as onderwyser hierdie werkskedule gebruik, behoort u in ’n posisie te wees om hierdie leerarea met groter duidelikheid en selfvertroue te onderrig. Die doel van die werkskedules is:
• om te verseker dat onderwysers ’n gemeenskaplike begrip van die leeruitkomste en assesseringstandaarde het;
• om te verseker dat onderwysers dieselfde kennisfokus soos voorgeskryf in die Nasionale Kurrikulumverklaring dek – en onthou om hulle leerders se kontekste in berekening te bring; en
• om ’n gemeenskaplike werktempo in die provinsie te bereik. Die inhoud van die werkskedules is noukeurig trapsgewys uiteengesit om duplisering te vermy en voorsiening te maak vir ’n hoër vlak van moeilikheidsgraad oor die fase heen. Die werkskedules word vergesel van onderwysersgidse waarin die inhoud verduidelik en onderrigmetodes voorgestel word. Wanneer die beplanning vir die jaar gedoen word, kan die toepaslike bladsynommers in handboeke in die regterkantse kolom van die werkskedule aangeteken word. Neem ook kennis dat die werkskedules ontwerp is vir 40 weke en dat die inhoud met omsigtigheid versprei is oor ’n tydperk van 10 weke per kwartaal. Onderwysers moet die Beleidsdokument oor die Nasionale Kurrikulumverklaring as verwysing na die leeruitkomste, assesseringstandaarde en kennisfokusraamwerk raadpleeg. Ons hoop dat hierdie dokument van nut sal wees. ERKENNINGS Hartlike dank aan die onderwysers en kurrikulumadviseurs wat die werkskedules vir die Intermediêre Fase ontwikkel het. Direktoraat Kurrikulum: AOO
- 1 -
WERKSKEDULE AARDRYKSKUNDE
GRAAD 4
KWARTAAL 1
WK LU & AS
ASSESSSERINGSTANDAARDE EN KERNONDERRIG OG
1
LU 1
Inleiding
Stel die Sosiale Wetenskappe-leerarea bekend en meld dat dit uit twee afsonderlike dissiplines bestaan.
Stel die volgende begrippe bekend:
o Aardrykskunde o Aardrykskundige (Geograaf) o Bron o Ondersoekproses
Stel leerders bekend aan hoe Aardrykskunde in die werklike lewe
gebruik kan word.
Wk 1
2
LU 1
AS
[4.1.1] [4.1.4]
Bekendstelling van Kaartwerk: Konteks: Kaartsimbole en Planaansigte Sleutelvraag: Hoekom is dit soms nodig om ’n syaansig sowel as ’n planaansig te gee?
Verduidelik begrippe: o Simbole o Syaansig o Planaansigte o Kaartsleutels
Bespreek simbole (Dit stel voorwerpe uit die werklike lewe en kenmerke
op ’n kaart voor). Beskryf die volgende kaartwerkbegrippe:
o Planaansig o Syaansig
Bestudeer ’n planaansig en identifiseer die simbole en hoe hulle met die
sleutel verband hou Demonstreer ’n planaansig van ’n syaansig op die volgende wyse:
o Deur die tekeninge van die syaansig by die tekening van die planaansig te pas
o Teken ’n eenvoudige voorwerp, bv. ’n potlood, as ’n planaansig (voëlperspektief)
o Gebruik ’n sleutel om simbole op die kaart te identifiseer.
Wk 2
- 2 -
3
4
LU 1 AS
[4.1.1] [4.1.4] [4.1.5]
Kaartwerk: Konteks: Rigting, kaartsimbole, ruitnetstelsels en -verwysings Sleutelvraag: Hoekom is dit belangrik dat ’n mens jou pad moet kan vind as jy verdwaal het?
Stel die vier hoofwindrigtings op die kompas bekend. Verduidelik en demonstreer wat ’n kompas is. Demonstreer die vier hoofwindrigtings
. Sleutelvraag: Hoekom is dit belangrik om simbole op ’n kaart te verstaan?
Identifiseer simbole op kaarte wat met die sleutel verband hou Gebruik dieselfde kaart om plekke / kenmerke te vind. Ruitenetverwysingstelsel: Gebruik die alfanumeriese verwysingstelsel.
Stel toepaslike vrae oor ’n ruitenetverwysingskaart.
Wk 3
Wk 4
5
6
LU 1 &
2
AS [4.1.1] [4.1.3] [4.1.7] [4.2.1]
Kenmerke van ’n Nedersetting: Konteks: Klassifikasie en funksie van die nedersetting: Landelik of Stedelik Sleutelvraag: Wat is die verskil tussen landelike en stedelike nedersettings?
Verduidelik die begrippe: Nedersetting, landelik, stedelik Identifiseer redes vir die vestiging van ‘n nedersetting, bv. klimaat,
topografie, vervoer, minerale, politiek, wette. Beskryf en vergelyk die belangrikste landelike funksies (primêre
aktiwiteite) in ’n bepaalde nedersetting, bv. visvangs, boerdery, mynwese, bosbou.
Beskryf en vergelyk belangrikste stedelike funksies (sekondêre en
tersiêre aktiwiteite) in ’n bepaalde nedersetting, bv. welsyn, onderwys, vervoer, ens.
Organiseer die inligting onder die gegewe hofies Dra inligting uit die tabel oor die funksie van landelike en stedelike
nedersettings oor.
Wk 5
Wk 6
- 3 -
7
LU 1, 2 & 3
AS [4.1.1] [4.1.3] [4.1.4] [4.1.5] [4.1.6] [4.1.7] [4.2.1] [4.2.3] [4.3.1]
Kenmerke van ’n Nedersetting: Konteks: Agt windrigtings en die verskeidenheid groottes van nedersettings (dorpie, dorp, stad) Sleutelvraag: Hoe het die beskikbare natuurlike hulpbronne in die verlede in behoeftes van mense voorsien en hoe voorsien die dienste wat verskaf word, tans in die behoeftes?
Verduidelik simbole en nuwe terminologie: o NW o SO o NO o SW o Dorpie o Dorp en stad.
Identifiseer soorte nedersettings (stede, dorpies, dorpe) van prente, foto’s, kaarte, ens. (sluit kaartwerk in)
Verduidelik wat die basiese menslike behoeftes is Stel ’n lys van die kenmerke (Grondgebruik, noodsaaklike dienste,
ontspanning, ens.) onder die gegewe hofies op. Verduidelik die begrippe: Natuurlike Hulpbronne en Dienste, om
vraagstukke wat met hulpbronne en dienste geassosieer word, te identifiseer.
Identifiseer dienste (bv. Skole, Hospitale, Klinieke, Kerke, Winkels,
Poskantoor en Polisiekantore, ens.) op ’n kaart. Dui aan in watter rigting hierdie verskillende dienste op die kaart is deur
die agt windrigtings op die kompas in jou dorp / stad gebied te gebruik.
Wk 7
8
LU 1 &
2 AS [4.1.1] [4.1.3] [4.1.4] [4.1.5] [4.1.7] [4.1.8] [4.2.1]
Kenmerke van ’n Nedersetting: Konteks: Soort geboue en paaie – Landelik (Dorpies) en Stedelik (stede) Sleutelvraag: Hoe verskil geboue en paaie in landelike en stedelike nedersettings?
Beskryf verskillende kenmerke van geboue in dorpe en stede deur geboue en paaie op prente, kaarte, video’s, ens. te vergelyk.
Dra verskille tussen landelike geboue en paaie en stedelike geboue en
paaie oor. Identifiseer geboue en paaie op ’n kaart deur van simbole en ʼn sleutel
gebriuk te maak.
Wk 8
- 4 -
9
LU 1, 2 & 3
AS [4.1.1] [4.1.4] [4.1.5] [4.1.7] [4.1.8] [4.2.1] [4.3.1] [4.3.3]
Kenmerke van ’n Nedersetting: Konteks: Soorte fasiliteite, sake ondernemings en nywerhede Sleutelvraag: Hoe word grond in ’n nedersetting op verskillende maniere gebruik?
Verduidelik begrippe: o Grondgebruik o Sake ondernemings o Nywerhede o Ontspanning o Residensiële gebiede o Verstedeliking o Keuses
Noem / verduidelik verskillende maniere waarop grond in ’n nedersetting gebruik word.
Dra antwoorde wat met hierdie begrippe verband hou oor uit bronne, bv.
prente, kaarte, tydskrifte, ens. Toon begrip van verskillende maniere van grondgebruik deur ’n kaart in
te kleur en ’n plakkaat / collage te ontwerp Bespreek vraagstukke (probleme) met betrekking tot nedersettings
Wk 9
10
LU 1, 2
& 3
Hersiening en Formele Assesseringstaak 1: Toets
Wk 10
- 5 -
WERKSKEDULE AARDRYKSKUNDE
GRAAD 4
KWARTAAL 2
WK LU & AS
ASSESSSERINGSTANDAARDE EN KERNONDERRIG OG
11
12
LU 1 &
2
AS [4.1.1] [4.1.3] [4.1.4] [4.1.5] [4.1.6] [4.1.8] [4.2.1]
Kaartwerk: Konteks: Identifiseer Fisiese (natuurlike) en Politieke kenmerke op grootskaalkaarte
Verduidelik begrippe: o Grootskaalkaart o Fisiese kenmerke
Identifiseer fisiese kenmerke (berge, riviere, valleie) op ’n kaart met behulp van simbole, sleutel en rigting.
Dra antwoorde oor die rol van fisiese kenmerke oor en gebruik ’n kaart
van Suid-Afrika as ’n bron. Verduidelik begrippe:
o Politieke Kaart o Politieke kenmerke (Grense, Provinsies)
Identifiseer die verskillende provinsies en die buurlande van Suid-Afrika. Koppel die fisiese kenmerke aan die politieke grense, bv. die Limpopo-
en die Oranjerivier is albei ’n waterbron, maar ook ’n grens tussen lande.
Wk 11
Wk 12
13
LU 1, 2 & 3 AS [4.1.1] [4.1.3] [4.1.7] [4.1.8] [4.2.2] [4.2.3] [4.3.1] [4.3.2]
Hulpbronne en dienste in ’n nedersetting: Konteks: Grond en water; Riolerings- en afvaldienste Sleutelvraag: Hoekom benodig ons hulpbronne en dienste in ’n nedersetting?
Verduidelik begrippe: o Hulpbronne o Dienste en Riolering o Afvaldienste o Groen / Oop ruimtes – toon verband met EBW.
Verduidelik die verskil tussen hulpbronne en dienste. Kaartwerk Bespreek die verskil tussen water as ’n hulpbron en water as ’n diens. Gebruik ’n munisipale rekening om munisipale dienste te ondersoek. Beantwoord vrae met betrekking tot die koste van grond (belasting) en
watervoorsiening.
Wk 13
- 6 -
14
Verduidelik faktore hoekom party mense beter toegang tot hulpbronne
het
Ondersoek die hoeveelheid water wat ’n huishouding gebruik, asook die koste van water.
Ondersoek die koste met betrekking tot afvalverwydering. Beskryf die probleme wat ondervind word deur dié wat geen toegang tot
hulpbronne en dienste het nie, bv. siektes, vullisbesoedeling, watervermorsing, ens. en toon hoe hierdie probleme regstreeks verband hou met geld, beskikbaarheid van werk en infrastruktuur.
Stel Datahantering bekend:
o Trek ’n grafiek om huishoudings in Suid-Afrika se toegang tot water (krane, boorgate en riviere) te illustreer.
o Vergelyk verskillende munisipale weergawes van lesings van waterverbruik.
Wk 14
15
16
LU 1, 2
& 3
AS [4.1.3] [4.1.7] [4.1.8] [4.2.2] [4.3.1] [4.3.2]
Hulpbronne en dienste in ’n nedersetting: Konteks: Onderwys Sleutelvraag: Hoekom is dit belangrik dat kinders toegang tot onderwys het?
Verduidelik hoekom sommige nedersettings dit moeilik vind om gehalte-onderwys te bied (bv. veiligheid, ouerbetrokkenheid, kapasiteit van die skool se beheerliggaam, armoede, afstand vanaf huise, hulpbronne, infrastruktuur, onderwyser-leerder-verhouding, multigraadklasse, ens.)
Ondersoek onderwys in dorpe en stede in die verlede en vergelyk dit
met vandag. Gebruik ’n brongebaseerde opdrag of gevallestudie. Dra bewustheid oor deur ’n plakkaat met prente en slagspreuke om die
kollig te laat val op probleme wat deur party skole ondervind word.
Wk 15
Wk 16
17
LU 1, 2
& 3
AS [4.1.1] [4.1.3] [4.1.7] [4.2.1] [4.2.3] [4.3.1] [4.3.3]
Hulpbronne en dienste in ’n nedersetting: Konteks: Groen / oop ruimtes Sleutelvraag: Hoekom is groen ruimtes belangrik?
Verduidelik begrippe: Groen / Oop ruimtes Vind groen oop ruimtes op ’n kaart Bespreek hoekom groen oop ruimtes in nedersetting (bv. dorpe, stede
en informele nedersettings) belangrik is Verskaf bronne (prente, geskrewe bronne, internet, indien beskikbaar) Buitelug-onderrig of uitstappie na bv. ’n botaniese tuine of park /
natuurreservaat in die omgewing.
Wk 17
- 7 -
Bespreek hoekom groen oop ruimtes belangrik is om die kweekhuis-
effek in oorbevolkte stede / gebiede teen te werk.
18
LU 1, 2
& 3
AS [4.1.3] [4.1.7] [4.1.8] [4.2.2] [4.3.1] [4.3.2]
Hulpbronne en dienste in ’n nedersetting: Konteks: Mediese Dienste Sleutelvraag: Hoekom is mediese dienste belangrik in ’n nedersetting?
Verduidelik begrippe: o Verstedeliking o Dienste en mediese dienste.
Identifiseer en bespreek probleme en uitdagings wat met dienste geassosieer word, bv. die druk van verstedeliking op dienste in ’n nedersetting
Dra die belangrikheid van toegang tot mediese dienste in ’n nedersetting
oor.
Wk 18
19
LU 1, 2
& 3
AS [4.1.1] [4.1.3] [4.1.4] [4.1.5] [4.1.6] [4.2.1]
Kaartwerk Konteks: Vastelande, oseane, lande, provinsies, hoofstede en grense
Verduidelik die begrippe: o Vastelande o Oseane o Lande o Provinsies o Hoofstede o Grense
Identifiseer dié begrippe op ’n kaart Voltooi praktiese oefeninge op ’n kaart deur op die vastelande te
konsentreer Bespreek die provinsies in Suid-Afrika en identifiseer die hoofstede van
daardie provinsies. Identifiseer menslike en fisiese kenmerke op grootskaalkaarte. Dui politieke grense op ’n blanko wêreldkaart aan deur verskillende
vastelande, lande in te kleur. Dui provinsiale hoofstede van Suid-Afrika se nege provinsies op ’n kaart
van Suid-Afrika aan.
Wk 19
20
LU 1, 2
& 3
Formele Assesseringstaak 3: Projek (Navorsingswerkopdrag / Kreatiewe Respons)
Wk 20
- 8 -
WERKSKEDULE AARDRYKSKUNDE
GRAAD 4
KWARTAAL 3
WK LU & AS
ASSESSSERINGSTANDAARDE EN KERNONDERRIG OG
21
LU 1, 2 & 3
AS
[4.1.1] [4.1.3] [4.1.4] [4.1.5] [4.1.6]
Kaartwerk Kaart van Suid-Afrika wat provinsies toon en ’n basiese kaart van die wêreld (insluitend vastelande en oseane)
Vind winkels, dienssentra, ens. aan deur middel van simbole, sleutels en rigting op ’n ruitenetverwysingskaart
Identifiseer oseane en seestrome op ’n kaart van Suid-Afrika. Waarom is seestrome koud of warm. Identifiseer verskille tussen binnelandse en kusprovinsies
(kenmerke).
Wk 21
22
23
LU 1, 2 & 3
AS
[4.1.1] [4.1.3] [4.1.7] [4.1.8] [4.2.3] [4.3.1] [4.3.2] [4.3.3]
Voedselproduksie in Suid-Afrika: Konteks: Bestaans- en Kommersiële Boerdery Sleutelvraag: Wat is die verskil tussen bestaans- en kommersiële boerdery?
Verduidelik begrippe: o Bestaansboerdery: Eet die kos wat hulle kweek o Kommersiële boerdery: Verkoop die kos wat hulle kweek
Vergelyk boerderymetodes op bestaans- en kommersiële plase. Identifiseer en organiseer inligting onder verskillende hofies. Dra redes oor waarom mense bestaans- of kommersiële
boerdery beoefen en watter probleme en uitdagings het hulle mee te kampehet? (Droogte, oorstromings, duur masjinerie, siektes en plae).
Stel maniere voor waarop toegang tot hulpbronne in ’n bepaalde
konteks verbeter kan word. (Plaag- en siektebeheer, bergingsdamme, boorgate, deel van masjinerie, ens.)
Bespreek verskillende maniere om boerderyprobleme op te los.
Wk 22
Wk 23
24
LU 1, 2 & 3
Formele Assesseringstaak 4: Kaartwerk en Datahantering Werkopdrag
Wk 24
- 9 -
25
26
27
28
LU 1, 2 & 3
AS [4.1.1] [4.1.3] [4.1.5] [4.1.7] [4.1.8] [4.2.2] [4.2.3] [4.3.3]
Voedselproduksie in Suid-Afrika: Konteks: Groente in Suid-Afrika: Ligging en Proses Sleutelvraag: Waar word groenteboerdery beoefen en watter proses word vanaf saad tot tafel gevolg?
Identifiseer op ’n kaart waar groenteboerdery in Suid-Afrika plaasvind.
Identifiseer faktore wat die boerderyproses beïnvloed, bv.
gepaste klimaat, bewerkbare grond, arbeidsmag en boerdery-aktiwiteite, fabriekswerk, masjinerie, ens.
Konteks: Vrugte wat in Suid-Afrika verbou word: Ligging en Proses Sleutelvraag: Waar word vrugte verbou en watter proses word vanaf saad tot tafel gevolg?
Identifiseer op ’n kaart waar vrugte in Suid-Afrika verbou word. Identifiseer faktore wat die boerderyproses beïnvloed, bv.
gepaste klimaat, bewerkbare grond, arbeidsmag en boerdery-aktiwiteite, fabriekswerk, masjinerie, ens.
Onderneem ’n moontlike uitstappie na bv. S.A.D / plaas in dorpie
/ fabriek waar vrugte verwerk word. Konteks: Graanboerdery in Suid-Afrika: Ligging en Proses Sleutelvraag: Waar word graan verbou en watter proses word vanaf saad tot tafel gevolg?
Identifiseer op ’n kaart waar graan in Suid-Afrika verbou word. Identifiseer faktore wat die boerderyproses beïnvloed, bv.
gepaste klimaat, bewerkbare grond, arbeidsmag en boerdery-aktiwiteite, fabriekswerk, masjinerie, ens.
Konteks: Boerdery in die verlede en vandag Sleutelvraag: Wat is die verskille tussen tradisionele boerderymetodes en moderne metodes?
Identifiseer faktore wat die proses beïnvloed, bv. gepaste klimaat, bewerkbare grond, arbeidsmag en boerdery-aktiwiteite, fabriekswerk, masjinerie, ens.
Verwys na tradisionele boerderymetodes en -implemente (bv.
ploeg met Perd / Donkie / Os) teenoor Moderne tegnologie (bv. trekker, ligte vliegtuig)
Kategoriseer inligting om tussen tradisionele en moderne
boerdery te onderskei.
Wk 25
Wk 26
Wk 27
Wk 28
- 10 -
29
30
LU 1, 2 & 3
AS
[4.1.1] [4.1.3] [4.1.4] [4.1.5] [4.1.6] [4.1.7] [4.1.8] [4.2.1] [4.2.3] [4.3.1] [4.3.2] [4.3.3]
Voedselproduksie in Suid-Afrika: Konteks: Belangrikste soorte veeboerdery in Suid-Afrika: Ligging en Proses – SKAPE Sleutelvraag: Waar in Suid-Afrika word daar met skape geboer en watter proses word vanaf die plaas tot by die tafel gevolg?
Vind gebiede in Suid-Afrika waar daar met skape geboer word. Bespreek hoe diere geslag word en toon sensitiwiteit vir die
waardes en oortuigings van ander.
Bespreek die vleis- en neweprodukte van skape (bv. wol, vleis, uitvoerdoeleindes, ens.).
Identifiseer uitdagings en probleme waarmee boere te kampe
het, bv. droogtes, siek diere, bedryfskoste, vraag en aanbod, roofdiere, ens.
Voedselproduksie in Suid-Afrika: Konteks: Belangrikste soorte veeboerdery in Suid-Afrika: Ligging en Proses – BEESTE Sleutelvraag: Waar in Suid-Afrika word daar met beeste geboer en watter proses word vanaf die plaas tot die tafel gevolg?
Wees sensitief vir die waardes en oortuigings van die verskillende leerders in die klas. (Slag van diere)
Vind en identifiseer gebiede in Suid-Afrika waar daar met beeste
geboer word. Verwys na produkte en neweprodukte (bv. leerprodukte, vleis,
uitvoerdoeleindes, gom, ens.). Identifiseer uitdagings en probleme waarmee beesboere te
kampe het, bv. droogtes, siek diere, bedryfskoste, vraag en aanbod, ens.
Wk 29
Wk 30
- 11 -
WERKSKEDULE AARDRYKSKUNDE
GRAAD 4
KWARTAAL 4
WK LU & AS
ASSESSSERINGSTANDAARDE EN KERNONDERRIG OG
31
32
LU 1, 2
& 3
AS [4.1.1] [4.1.3] [4.1.4] [4.1.5] [4.1.6] [4.1.7] [4.1.8] [4.2.1] [4.2.3] [4.3.1] [4.3.2] [4.3.3]
Voedselproduksie in Suid-Afrika: Konteks: Belangrikste soorte boerdery in Suid-Afrika: Ligging en Proses – SUIWELBOERDERY Sleutelvraag: Waar word suiwelboerdery beoefen en watter proses word vanaf die plaas tot die tafel gevolg?
Vind en identifiseer gebiede in Suid-Afrika waar suiwelboerdery plaasvind.
Bespreek die verskil tussen produkte en neweprodukte (bv. kaas, melk,
botter, ens.). Vergelyk bestaans- en kommersiële boerdery, asook ou en nuwe
tegnieke, bv. om met die hand of met ’n masjien te melk, ens. Identifiseer uitdagings en probleme waarmee suiwelboere te kampe het,
bv. droogtes, siek diere, bedryfskoste, vraag en aanbod, ens. Bespreek waar die verskillende suiwelprodukte gemaak word en watter
uitdagings ondervind word. Voedselproduksie in Suid-Afrika: Konteks: Belangrikste soorte boerdery in Suid-Afrika: Ligging en Proses – PLUIMVEEBOERDERY Sleutelvraag: Waar word pluimveeboerdery beoefen en watter proses word vanaf die plaas tot die tafel gevolg?
Identifiseer plaaslike boerdery in die omgewing. Vind en identifiseer gebiede in Suid-Afrika waar pluimveeboerdery
plaasvind. Identifiseer die produkte en neweprodukte van pluimvee (bv. eiers, vleis,
ens.). Vergelyk bestaans- en kommersiële boerdery, asook ou en nuwe
tegnieke, bv. boerdery met vrylopende hoenders of hoenders in batterye, ens.
Identifiseer die belangrikste uitdagings waarmee pluimveeboere te
kampe het, bv. hoendergriep, bedryfskoste, vraag en aanbod, ens.
Wk 31
Wk 32
- 12 -
33
34
LU 1, 2
& 3
AS [4.1.1] [4.1.3] [4.1.4] [4.1.5] [4.1.6] [4.1.7] [4.1.8] [4.2.1] [4.2.3] [4.3.1] [4.3.2] [4.3.3]
Voedselproduksie in Suid-Afrika: Konteks: Visvangs in Suid-Afrika Sleutelvraag: Waar word vis gevang en wat is die proses van visvangs tot tafel?
Verduidelik begrippe: o Visvangs o Kwotas o Hawens o Ligging o Metodes o Treilnette o Oseane o Hengelaars o Seestrome
Identifiseer en vind die kusprovinsies van Suid-Afrika en die belangrikste vishawens op kaarte / in atlasse
Doen navorsing oor en organiseer inligting oor visvangs onder gegewe
hofies. Bespreek bewaring, ligging, visvangmetodes, produkte, verwerking,
kwotas, ens.
Verwys na visvangsmetodes in die verlede, bv. die manier waarop die Khoi-Khoi vis gevang het.
Identifiseer uitdagings en probleme waarmee vissers te kampe het, bv.
oorbevissing, stropery, waterbesoedeling, ligging, pryse, ens. Beplan maniere om ons natuurlike visbronne te red, bv. beperking van
buitelandse bote, visvangseisoene, grootte van gate in visnette, boetes, ens.
Wk 33
Wk 34
35
LU 1, 2
& 3
AS [4.1.1] [4.1.3] [4.1.5] [4.1.7] [4.1.8] [4.2.2] [4.2.3] [4.3.1] [4.3.2] [4.3.3]
Toegang tot kos en water Konteks: Gevolge van gebrek aan kos en behoorlike voeding Sleutelvraag: Wat is die oorsake en gevolge van ‘n gebrek aan kos en behoorlike voeding?
Inleiding: Hoekom is dit belangrik om reg te eet? Verduidelik begrippe:
o Voeding o Uitvoer o Invoer
Hou ’n dinkskrum oor verskillende maniere waarop mense in die wêreld kos kry (boerdery, visvangs, aanplant van groente, oesinsameling)
Voorsien inligting oor kwessies met betrekking tot wanvoeding, bv.
handboeke, koerante, tydskrifte, verpleegsters (inligting van klinieke), ens.
Wk 35
- 13 -
36
37
38
39
Kommunikeer antwoorde oor die belangrikheid van ’n gesonde dieet. Bespreek vraag en aanbod en hoe dit deur droogtes, swak bestuur,
grondhervorming, gebrek aan vaardighede, ens. beïnvloed word. Beplan oplossings om toegang tot kos en water te verbeter, bv. beter
onderwys, toegang tot gesondheidsdienste, voedingsprogramme, boerderytegnieke, ens.
Toegang tot kos en water: Konteks: Maniere om toegang tot WATER te kry – verlede en hede Sleutelvraag: Hoe het mense in die verlede hulle water vir daaglikse gebruik gekry?
Vind inligting in bronne oor die manier hoe daar in die verlede water in die hande verkry is, uit video’s, boeke, ens.
Bespreek inligting oor toegang tot water in landelike gebiede met
betrekking tot stedelike gebiede. Verwys na Week 13. Bespreek die watersiklus as ’n metode toegang tot water te kry. Bou ’n model vir waterberging of bou ’n model om ’n beter manier te
toon om water te vervoer.
Toegang tot kos en water: Konteks: Maniere om toegang tot KOS te kry – verlede en hede Sleutelvraag: Hoe het mense in die verlede kos gekry?
Bespreek maniere hoe mense in die verlede, in vergelyking met die hede, kos gekry het.
Ondersoek verbeterings in die preservering van kos.
Ondersoek verbeterings in die vervoer van kos. Lê, indien moontlik, ’n groentetuin aan, hetsy by die skool of tuis.
Toegang tot kos en water: Konteks: Verstandige gebruik en bestuur van hierdie hulpbronne: WATER Sleutelvraag: Hoekom is dit belangrik om water te bespaar?
Bespreek en kommunikeer maniere om water te bespaar, bv. stort in plaas daarvan om te bad, gebruik ’n emmer eerder as ’n tuinslang wanneer ’n motor gewas word, herstel lekkende krane, ens.
Toegang tot kos en water: Konteks: Verstandige gebruik en bestuur van hierdie hulpbronne: KOS
Bespreek maniere om kos en water op verstandige maniere te bestuur
en te gebruik.
Wk 36
Wk 37
Wk 38
Wk 39
- 14 -
40
LU 1, 2
& 3
Formele Assesseringstaak 6: Eksamen
Wk 40
- 1 -
WERKSKEDULE GESKIEDENIS
GRAAD 4
KWARTAAL 1
WK LU & AS
ASSESSSERINGSTANDAARDE EN KERNONDERRIG OG
1
LU 1
Inleiding
Stel die Sosiale Wetenskappe-leerarea bekend en beskryf dit as twee afsonderlike dissiplines, Geskiedenis en Aardrykskunde
Stel die volgende begrippe bekend:
o Geskiedenis o Verlede o Hede o Geskiedkundige o Ondersoekproses o Bron
Stel leerders bekend aan hoe Geskiedenis in die werklike lewe gebruik
word (met gepaste voorbeelde uit die verlede, hede en toekoms). bv. wat kan ons uit die verlede leer?
Wk 1
2
3
LU 1 &
2
AS [4.1.2] [4.1.3] [4.1.4] [4.2.1]
Geskiedenis van plaaslike omgewing of distrik: Konteks: Mense – My gesin Sleutelvrae: Wie is ek? Waar pas ek as lid van my gesin in? (My eie geskiedenis) Verduidelik die begrip ‘Opteken’
Bespreek verskillende bronne wat in die ondersoekproses gebruik word,
bv. mondeling, geskrewe, visueel, argeologies,fisies en landskap. Versamel inligting by eie gesin: byvoorbeeld ouers, grootouers, foto’s
geboortesertifikate, hospitaalkaarte, kliniekkaarte, ens. Teken inligting oor eie geskiedenis op (byvoorbeeld waar ek gebore is,
gewig, tyd, ens.) Verduidelik die begrip ‘Organiseer’
Organiseer inligting oor eie geskiedenis in logiese volgorde.
Dra antwoorde oor eie geskiedenis oor. Verduidelik die begrip ‘chronologie en tyd’ (die volgorde van gebeure)
Stel ’n tydlyn vanaf geboorte tot Graad Vier bekend.
Wk 2
Wk 3
- 2 -
4
5
LU 1 &
2
AS [4.1.2] [4.1.3] [4.1.4] [4.2.1]
Geskiedenis van plaaslike omgewing of distrik: Konteks: Geskiedenis van ons skool Sleutelvrae: Wat is die geskiedenis van my skool?
Kies inligting oor die geskiedenis van eie skool uit bronne, byvoorbeeld mondeling, skriftelik en visueel.
Teken hierdie inligting op en organiseer dit deur ’n vraelys te beantwoord
en ’n klasbespreking oor die geskiedenis van die skool te hou. Beskryf die skool se geskiedenis en toepaslike datums, nie in
chronologiese volgorde nie. Organiseer die geskiedenis van die skool in ’n chronologiese volgorde.
Wk 4
Wk 5
6
7
LU 1, 2
& 3
AS [4.1.2] [4.1.3] [4.1.4] [4.2.1] [4.3.3]
Geskiedenis van plaaslike omgewing of distrik: Konteks: Geskiedenis van ons dorp of plaaslike omgewing en hulpbronne Sleutelvraag: Is daar ’n verband tussen ons dorp of plaaslike omgewing en sy hulpbronne?
Definieer die begrippe: o Breinkaart o Hulpbronne o Plaaslike distrik
Versamel inligting oor die geskiedenis van eie dorp of plaaslike distrik en
sy hulpbronne. Dra inligting uit bronne oor, bv. mondeling, geskrewe, voorwerpe en
kaarte, en teken ’n breinkaart wat geskiedkundige terreine in julle plaaslike omgewing en hulpbronne beklemtoon.
Sleutelvraag: Hoe weerspieël straatname en ou geboue die geskiedenis van ons dorp?
Aanbieding van tydlyn met relevante datums van die geskiedenis van ons dorp.
Definieer begrip: Geskiedkundige interpretasie
Beeld die geskiedenis van ons dorp en sy hulpbronne in ’n collage / op ’n plakkaat / deur kunswerk uit (verskillende standpunte)
Wk 6
Wk 7
- 3 -
8
LU 1 & 3
AS [4.1.3] [4.1.4] [4.3.1]
Geskiedenis van plaaslike omgewing of distrik: Konteks: Oortuigings wat met natuurlike kenmerke van die plaaslike distrik verband hou Sleutelvraag: Watter oortuigings/ tradisies hou verband met natuurlike kenmerke van julle plaaslike distrik?
Stel begrippe bekend: o Oortuigings o Tradisies o Natuurlike kenmerke o Herken o Verskillende interpretasies van gebeure
Versamel inligting van ouers, grootouers en familie oor verskillende
oortuigings / tradisies wat verband hou met natuurlike kenmerke van eie omgewing, bv. Tafelberg, Paarlrots, ens.
Dra antwoorde oor inligting wat oor plaaslike tradisies / oortuigings
(verskillende standpunte) versamel is, mondeling oor.
Wk 8
9
LU 1, 2
& 3
AS [4.1.3] [4.1.4] [4.2.2] [4.3.3]
Geskiedenis van plaaslike omgewing of distrik: Konteks: Simbole en monumente, museums in ons dorp / omgewing / distrik Sleutelvraag: Wat is simbole, monumente en museums?
Stel begrippe bekend: o Simbole o Museums o Monumente o Oorsaak en gevolg.
Voorsien inligting oor simbole, monumente en museums en hulle
betekenis. Teken inligting aan oor ’n bepaalde simbool, monument of museum van
eie keuse en gee vir klas terugvoering oor bevindings.
Wk 9
10
Formele Assesseringstaak 1: Toets
Wk 10
- 4 -
WERKSKEDULE GESKIEDENIS
GRAAD 4
KWARTAAL 2
WK LU & AS
ASSESSSERINGSTANDAARDE EN KERNONDERRIG OG
11
Lu 1 &
2
AS [4.1.2] [4.1.3] [4.1.4] [4.2.1]
Mondelinge Geskiedenis en tradisies Konteks: Vind uit oor name van plekke en riviere Sleutelvraag: Wat is die betekenis van die name van plekke en riviere in ons omgewing?
Stel begrip bekend: geskiedkundige toepaslikheid Voorsien inligting oor die name van plekke en riviere uit bronne,
byvoorbeeld Straatkaarte / Stadskaarte / Internet / Plaaslike munisipaliteit / Inligtingskantoor, ens.
Beantwoord vrae oor die toepaslikheid van die plekname of name van
riviere in die plaaslike area of distrik. Teken inligting aan en organiseer dit op ’n tydlyn gegrond op die
geskiedkundige toepaslikheid of veranderings.
Wk 11
12
LU: 1 &
3
AS [4.1.2] [4.1.3] [4.1.4] [4.3.1]
Mondelinge Geskiedenis en tradisies Konteks: Vind uit oor name van berge en bakens. Sleutelvraag: Hoekom is dit belangrik om berge en bakens name te gee?
Voorsien inligting uit bronne oor die name van berge en bakens: kaarte,
bv. geskrewe, mondeling (ouers, grootouers of familie), ens. Fokus op die feit dat daar twee standpunte oor dieselfde gebeurtenis in
die verlede kan wees. Beantwoord vrae oor die toepaslikheid van die name van berge en
bakens. Teken inligting oor die naaste berg en / of bakens in eie omgewing aan
(byvoorbeeld: oorsprong, betekenis van die naam, belangrikheid van baken, ens.)
Wk 12
13
LU 1, 2
& 3
AS [4.1.2] [4.1.3] [4.2.2] [4.3.1]
Mondelinge Geskiedenis en tradisies Konteks: Vind uit oor inheemse omgewingspraktyke Verduidelik die begrip: Inheemse omgewingspraktyke Sleutelvraag: Hoe het mense plante vir genesing gebruik?
Voorsien inligting oor inheemse omgewingspraktyke van ’n kultuur van keuse uit bronne.
Wk 13
- 5 -
Teken inligting op oor hoe mense plante vir genesing gebruik. Dra bevindings oor.
14
15
LU 1, 2
& 3
AS [4.1.2] [4.1.3] [4.1.4] [4.2.2] [4.2.3] [4.3.1]
Verhale oor families en gemeenskappe Konteks: Gee uiting aan menslike waardes van besorgdheid oor ander. Sleutelvraag: Hoe en hoekom word mense deur waardes gelei?
Stel menseregte bekend – gebruik die Suid-Afrikaanse Grondwet as verwysing.
Stel begrippe bekend:
o Menslike waardes o Besorgdheid oor ander o Grondwet o Ooreenkomste en verskille
Kies bronne oor twee of meer persone uit Suid-Afrika wat getoon het dat
hulle waarde heg aan ander. Beantwoord vrae oor die gegewe bronne.
Teken inligting op oor hoe ’n gegewe persoon aan menslike waardes
van besorgdheid oor ander uiting gegee het. Verhale oor families en gemeenskappe Konteks: Oorwinning oor struikelblokke Sleutelvraag: Watter eienskappe laat mense struikelblokke oorwin?
Stel begrippe bekend: o Eienskappe o Oorwinning van struikelblokke o Ooreenkomste en verskille
Kies bronne oor meer as een persoon uit Suid-Afrika wat struikelblokke
oorwin het, bv. Natalie du Toit, Nkosi Johnson, ens. Vergelyk enige twee voorbeelde van oorwinning oor struikelblokke en
identifiseer ooreenkomste en verskille.
Wk 14
Wk 15
16
Formele Assesseringstaak 2: Brongesbaseerde en Uitgebreide Skryfwerk Werkopdrag
Wk 16
17
LU 1, 2
& 3
Srories van families en gemeenskappe Konteks: Weerstand teen dit wat verkeerd is
Wk 17
- 6 -
18
AS
[4.1.2] [4.1.3] [4.1.4] [4.2.2] [4.2.3] [4.3.1]
Sleutelvraag: Hoekom verset mense hulle teen dit wat verkeerd is?
Versamel inligting oor twee of meer mense uit Suid-Afrika wat hulle teen dit wat verkeerd is, verset het.
Beantwoord vrae oor die gegewe bronne. Teken inligting op oor hoe ’n gegewe persoon/persone hom / haar /
hulle teen dit wat verkeerd is verset het.
Verhale van families en gemeenskappe Konteks: Waardering vir menseregte Sleutelvraag: Hoekom het ons menseregte?
Kies bronne oor enige persoon of groep mense uit Suid-Afrika wat aangehou het om vir menseregte te stry.
Beantwoord vrae oor die gegewe bronne. Teken inligting op en organiseer dit oor hoe ’n gegewe persoon om
menseregte gestry het.
Wk 18
19
20
LU 1, 2
& 3
AS [4.1.3] [4.1.4] [4.2.3] [4.3.1]
Mondelinge Geskiedenis en tradisies Konteks: Tradisionele leiers / Politieke leiers / Kerkleiers / Vooraanstaande lid van die gemeenskap
Nooi enige Tradisionele leier, Politieke leier, Kerkleier of Vooraanstaande lid van die gemeenskap om die klas (met leiding oor onderwerpe / vrae) oor die geskiedenis van julle eie dorp / omgewing toe te spreek.
Toon begrip van verskille en ooreenkomste binne die gemeenskap van destyds en dié van vandag deur toepaslike vrae te beantwoord.
Wk 19
Wk 20
- 7 -
WERKSKEDULE GESKIEDENIS
GRAAD 4
KWARTAAL 3
WK LU & AS
ASSESSERINGSTANDAARDE EN KERNONDERRIG OG
21
22
LU 1
AS
[4.1.2] [4.1.3] [4.1.4]
Leer van leiers op alle gebiede van die lewe Sleutelvraag: Wat is die kenmerke van ’n groot leier?
Bespreek: Wat is ’n leier. Identifiseer groot leiers in Suid-Afrika. Teken die kenmerke van ’n goeie / groot leier op. Dra antwoorde oor die kenmerke van ’n goeie/ groot leier oor.
Wk 21
Wk 22
23
24
25
LU 1, 2
& 3
AS [4.1.2] [4.1.3] [4.1.4] [4.2.1] [4.2.2] [4.2.3] [4.3.3]
Leer van leiers op alle gebiede van die lewe Konteks: Stories van leiers uit Suid-Afrika en die wêreld oor die tyd heen.
Versamel inligting oor minstens enige vier leiers uit die verlede. Inleiding oor leiers, bv. Nelson Mandela, FW De Klerk, Martin Luther
King, Mahatma Gandhi, Moeder Theresa, ens. Ken in klassituasie leierskaprolle toe. Doen navorsing oor die lewe van ’n spesifieke leier van keuse. Voorlegging van ’n plakkaat, met beskrywers, waarop die lewe van die
spesifieke leier uitgebeeld word. Trek ’n tydlyn oor die lewe van die spesifieke leier. Aanbieding van plakkate in die klas. Dra ooreenkomste en verskille tussen die verskillende leiers oor.
Wk 23
Wk 24
Wk 25
26
LU 1, 2
& 3
AS [4.1.2] [4.1.3]
Geskiedenis van Vervoer en Reis oor die tyd heen. Sleutelvraag: Hoe en hoekom het vervoer met verloop van tyd verander? Inleiding: Vervoer.
Versamel inligting uit bronne oor verskillende soorte vervoer in die verlede en die hede.
Wk 26
- 8 -
[4.1.4] [4.2.1] [4.2.2] [4.2.3] [4.3.3]
Organiseer inligting in verskillende soorte vervoer. Gebruik prente uit
bronne oor verskillende soorte vervoer (land, see, lug)
Identifiseer ooreenkomste en verskille
27
28
29
LU 1, 2
& 3
AS [4.1.2] [4.1.3] [4.1.4] [4.2.1] [4.2.2] [4.2.3] [4.3.3]
Geskiedenis van Vervoer en Reis oor die tyd heen. Konteks: Vervoer oor Land
Identifiseer prente / tekeninge van verskillende soorte vervoer oor land, bv. pakdiere, houtrollers, waens, fietse, motors, ens.).
Teken inligting oor landvervoer op en kategoriseer dit onder die hofies:
Outyds – Modern (Toe en Nou). Organiseer die verskillende soorte vervoer oor land in chronologiese
volgorde. Beantwoord vrae oor hoekom en hoe vervoer oor land mettertyd moes
verander. Geskiedenis van Vervoer en Reis oor die tyd heen. Konteks: Seevervoer
Identifiseer prente / tekeninge van verskillende soorte seevervoer (vlot, kano, ens.).
Teken inligting oor seevervoer op en kategoriseer dit onder die hofies:
Outyds – Modern (Toe en Nou). Organiseer die verskillende soorte vervoer op see in chronologiese
volgorde. Beantwoord vrae oor hoekom en hoe vervoer op see mettertyd moes
verander. Geskiedenis van Vervoer en Reis oor die tyd heen. Konteks: Lugvervoer
Identifiseer prente / tekeninge van verskillende soorte lugvervoer (bv. vliegtuie, helikopters, warmlugballonne, ens.).
Teken inligting oor lugvervoer op en kategoriseer dit onder die hofies:
Outyds – Modern (Toe en Nou). Organiseer die verskillende soorte lugvervoer in chronologiese
volgorde. Beantwoord vrae oor hoekom en hoe lugvervoer mettertyd moes
verander. Identifiseer ooreenkomste en verskille tussen verskillende tipes van
vervoer.
Wk 27
Wk 28
Wk 29
30
LU 1, 2
& 3
Formele Assesseringstaak 5: Projek (Navorsingswerkopdrag / Kreatiewe Respons)
Wk 30
- 9 -
WERKSKEDULE GESKIEDENIS
GRAAD 4
KWARTAAL 4
WK LU & AS
ASSESSERINGSTANDAARDE EN KERNONDERRIG OG
31
32
33
LU: 1, 2 & 3
AS
[4.1.2] [4.1.3] [4.1.4] [4.2.2] [4.2.3] [4.3.3]
Herkoms van belangrike wêreldgodsdienste teenwoordig in Suid-Afrika Konteks: Christendom Sleutelvraag: Waar het die verskillende godsdienste ontstaan? Verskillende godsdienste wat in Suid-Afrika verteenwoordig word
Versamel inligting oor die Christendom uit handboeke, boeke, koerante,
internet, ens. Teken inligting uit bronne op en organiseer dit as volg:
o wanneer en waar die Christendom ontstaan het, o die belangrikste oortuiging, o belangrike oogmerke, o simbole, o boeke, o Heilige plekke.
Identifiseer spesiale dae of feeste.
Herkoms van belangrike wêreldgodsdienste teenwoordig in Suid-Afrika Konteks: Islam
Versamel inligting oor Islam uit handboeke, boeke, koerante, internet, ens.
Teken inligting uit bronne op en organiseer dit as volg:
o wanneer en waar Islam ontstaan het, o die belangrikste oortuiging, o belangrike oogmerke, o simbole, o boeke, o Heilige plekke.
Identifiseer spesiale dae of feeste.
Herkoms van belangrike wêreldgodsdienste teenwoordig in Suid-Afrika Konteks: Judaïsme
Versamel inligting oor Judaïsme uit handboeke, boeke, koerante, internet, ens.
Teken inligting uit bronne op en organiseer dit as volg:
o wanneer en waar Judaïsme ontstaan het, o die belangrikste oortuiging, o belangrike oogmerke, o simbole, o boeke, o Heilige plekke.
Identifiseer spesiale dae of feeste.
Wk 31
Wk 32
Wk 33
- 10 -
34
35
36
Herkoms van belangrike wêreldgodsdienste teenwoordig in Suid-Afrika Konteks: Hindoeïsme
Versamel inligting oor Hindoeïsme uit handboeke, boeke, koerante, internet, ens.
Teken inligting uit bronne op en organiseer dit as volg:
o wanneer en waar Hindoeïsme ontstaan het, o die belangrikste oortuiging, o belangrike oogmerke, o simbole, o boeke, o Heilige plekke.
Identifiseer spesiale dae of feeste.
Herkoms van belangrike wêreldgodsdienste teenwoordig in Suid-Afrika Konteks: Boeddhisme
Versamel inligting oor Boeddhisme uit handboeke, boeke, koerante, internet, ens.
Teken inligting uit bronne op en organiseer dit as volg:
o wanneer en waar Boeddhisme ontstaan het, o die belangrikste oortuiging, o belangrike oogmerke, o simbole, o boeke, o Heilige plekke.
Identifiseer spesiale dae of feeste.
Herkoms van belangrike wêreldgodsdienste teenwoordig in Suid-Afrika Konteks: Tradisionele Afrika-godsdienste
Versamel inligting oor tradisionele Afrika-godsdienste uit handboeke, boeke, koerante, internet, ens.
Teken inligting uit bronne op en organiseer dit as volg:
o wanneer en waar tradisionele Afrika-godsdienste ontstaan het, o die belangrikste oortuiging, o belangrike oogmerke, o simbole, o boeke, o Heilige plekke.
Identifiseer spesiale dae of feeste. Identifiseer verskille en ooreenkomste in godsdienste en teken inligting
aan.
Wk 34
Wk 35
Wk 36
- 11 -
37
38
LU: 1, 2 & 3
AS
[4.1.2] [4.1.3] [4.1.4] [4.2.2] [4.2.3] [4.3.1] [4.3.3]
Demokrasie en menseregte in die skool en gemeenskap Sleutelvraag: Wat is demokrasie en hoekom moet ons mekaar respekteer?
Konsolideer die begrippe Demokrasie en Menseregte. Verduidelik die begrip demokrasie en verwys na die eerste demokratiese
verkiesing (27 April 1994) en ons Grondwet. Versamel inligting oor Demokrasie uit handboeke, boeke, koerante, ens.
Konteks: Die Skool en Klaskamer
Bespreek die skool se gedragskode. Erken dat klasreëls belangrik is en deel vorm van ’n demokratiese
proses. Identifiseer ’n lys reëls in die klaskamer as deel van ’n demokratiese
proses. Aanbieding oor gepaste klasreëls.
Wk 37
Wk 38
39
LU: 1, 2 & 3
AS
[4.1.2] [4.1.3] [4.1.4] [4.2.2] [4.2.3] [4.3.1] [4.3.3]
Demokrasie en menseregte in die skool en gemeenskap Konteks: Gemeenskap Sleutelvraag: Hoekom is dit belangrik om menseregte en demokrasie in
die gemeenskap te eerbiedig?
Konsolideer die belangrikheid van leiers en deur op Gemeenskapsleiers te konsentreer.
Versamel inligting oor demokrasie in ons gemeenskap uit handboeke,
boeke, koerante, ens. Kry uit bronne inligting oor die wykstelsel en die wyksraadslid en
hoekom ons plaaslike verteenwoordigers nodig het. Herken dat baie mense dalk nie dieselfde standpunt huldig oor wat vir
die gemeenskap belangrik is nie – dit is hoekom ons stem. Demonstreer begrip van hoekom menseregte en demokrasie belangrik
is.
Wk 39
40
Formele Assesseringstaak 6: Eksamen
Wk 40
SOSI
ALE
WET
ENSK
APP
E: G
RAA
D 4
O
PTEK
ENIN
GSB
LAD
VIR
SKO
OLG
EBA
SEER
DE
ASS
ESSE
RIN
GSK
OOL:_
____
____
____
____
____
____
____
____
____
__
P
RINS
IPAAL
: ___
____
____
____
____
____
____
____
____
____
OP
VOED
ER:_
____
____
____
____
____
____
____
____
____
__KW
ARTA
AL 1
KWAR
TAAL
2KW
ARTA
AL 3
KWAR
TAAL
4
CASS – TOTAL(TERM 1 – 4)
%
ASSE
SSER
INGS
TAAK
NO
12
34
56
TOETS (GESKIEDENIS)
TOETS (AARDRYKSKUNDE)
SUB-TOTAAL
%
VLAK (1 – 4)
BRONGEBASEERDE & UITGEBREIDE SKRYFWE
PROJEK (AARDRYKSKUNDE)
SUB-TOTAAL
%
VLAK (1 – 4)
KAARTWERK & DATA HANTERING
PROJEK (GESKIEDENIS)
SUB-TOTAAL
%
VLAK (1 – 4)
EKSAMEN (GESKIEDENIS)
EKSAMEN (AARDRYKSKUNDE)
SUB-TOTAAL
%
VLAK (1 – 4)
VLAK (1 – 4)
LU’e
1, 2 &
31,
2 & 3
1, 2 &
31,
2 & 3
1, 2 &
31,
2 & 3
1, 2 &
31,
2 & 3
AS’e
VAN
& VO
ORNA
AM
Pun
te10
010
010
010
040
010
0
OPVO
EDER
: ……
……
……
……
……
……
……
……
……
……
……
……
……
……
……
/……
/……
HOD:
……
……
……
……
……
……
……
……
……
……
……
……
……
……
… .
……
/……
/……