12
ROODEPARK Mnr. A. Swanepoel Jaar: Prep 1 Afdeling: Houtwerk Les 4: Materiale Datum:________________ Belangrike Inligting Soliede hout is ‘n natuurlike materiaal wat ons verkry wanneer bome afgesaag word. Hout kan gevorm word met die hand (handgereedskap) of deur masjiene wat beteken dit is baie veelsydig. Voordele van hout: Dit kan met gemak gevorm word Dit kan maklik met voeë, lym, skroewe en spykers saamgevoeg word 1. Soliede Hout

Roodepark School · Web viewVeselbord word amper nooit buitenshuis of op plekke waar daar baie vog is gebruik nie. Veselbord swel wanneer dit in kontak met water kom. Gebruike van

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Roodepark School · Web viewVeselbord word amper nooit buitenshuis of op plekke waar daar baie vog is gebruik nie. Veselbord swel wanneer dit in kontak met water kom. Gebruike van

ROODEPARK Mnr. A. Swanepoel

Jaar: Prep 1 Afdeling: Houtwerk

Les 4: Materiale

Datum:________________

Belangrike Inligting

Soliede hout is ‘n natuurlike materiaal wat ons verkry wanneer bome afgesaag word. Hout kan gevorm word met die hand (handgereedskap) of deur masjiene wat beteken dit is baie veelsydig.

Voordele van hout:

Dit kan met gemak gevorm word Dit kan maklik met voeë, lym, skroewe en spykers saamgevoeg word Dit is duursaam. Daardie soorte wat nie so duursaam is nie, kan maklik behandel

word om die duursaamheid te verhoog Dit het die vermoë om skokke te absorbeer Dit het ‘n hoë sterkte-gewigsverhouding.

Nadele van hout:

Die hardheid van hout is beperk Hout krimp en swel soos dit water afgee en opneem Wanneer die afmetings klein is, brand hout maklik

1. Soliede Hout

Page 2: Roodepark School · Web viewVeselbord word amper nooit buitenshuis of op plekke waar daar baie vog is gebruik nie. Veselbord swel wanneer dit in kontak met water kom. Gebruike van

Die vervaardiging van meubels en ‘n groot verskeidenheid houtwerkprojekte Word gebruik by konstruksie soos vir dakkappe, deure, vensterrame,

kombuiskaste, houtvloere en nog baie meer.

Mareriale soos hardehout en sagtehoutstompe, saagmeul- en ander houtafval kan gebruik word om veselbord te vervaardig. Veselbord word vervaardig deur ‘n klein hoeveelheid kleefmiddel en nat houtvesels saam te voeg en dan dit onder druk te plaas, dit word dan gedroog en ons koop dan die velle veselbord by die hardewarewinkel

2. Veselbord (Partikelbord)

Gebruike van hout

Houtvesel en kleefmiddel mengsel nadat dit droog geword het

Standaard grootte vir veselbord

2750 mm

1830 mm

Dikte van veselbord

8 – 30 mm

Page 3: Roodepark School · Web viewVeselbord word amper nooit buitenshuis of op plekke waar daar baie vog is gebruik nie. Veselbord swel wanneer dit in kontak met water kom. Gebruike van

Voordele van veselbord

Baie goedkoper as soliede hout Beskikbaar in groot plat velle Veselbord verlang nie baie voorbereiding voor dit gebruik kan word vir ‘n

projek nie.

Nadele van veselbord

Veselbord word amper nooit buitenshuis of op plekke waar daar baie vog is gebruik nie. Veselbord swel wanneer dit in kontak met water kom.

Rakke, tafelblaaie, ingeboude kaste, kasdeure, skoolbanke, ens. Melamien is ‘n harde hars wat op veselbord aangebring word en die produk

word deesdae vir die meeste kombuiskaste gebruik

‘n Ongelyke aantal lae fineer wat opmekaar gelym is. Elke laag se draad lê reghoekig met die daaropvolgende laag

3. Laaghout

Gebruike van veselbord

Fineer lae

Fineer

Fineer is dun lagie hout, soms dunner as 0.25mm

Page 4: Roodepark School · Web viewVeselbord word amper nooit buitenshuis of op plekke waar daar baie vog is gebruik nie. Veselbord swel wanneer dit in kontak met water kom. Gebruike van

Voordele van laaghout

Baie sterk Stabiel, sal nie krimp of swaai nie Kraak nie maklik wanneer spykers in die laaghout ingeslaan word nie Besit ‘n gladde, eenvormige afwerking

Nadele van laaghout

Die kante moet afgewerk word. Herstelwerk op laaghout is moeilik.

Meubelmakery Paneelwerk, vloere en dakke Sporttoerusting Vliegtuigskroewe Musiekinstrumente Skeepsbou Kratte

Standaard grootte vir laaghout

2440 mm

1220 mm

Dikte van laaghout

3 – 32 mm

Gebruike van laaghout

Page 5: Roodepark School · Web viewVeselbord word amper nooit buitenshuis of op plekke waar daar baie vog is gebruik nie. Veselbord swel wanneer dit in kontak met water kom. Gebruike van

Ons noem dit PVA of koue lym. PVA staan vir Polivinielasetaatemulsielym. Dit is die lym wat die meeste gebruik word, terwyl daar ander spesiale lym en gom is wat vir spesiale take gebruik word.

Eienskappe

Wit van kleur Hoë sterkte Die persoon wat die lym gebruik het ‘n lang tyd om met die lym te werk voor

dit verhard. Word gebruik by kamertemperatuur Geskik vir binnehuise gebruike Is nie waterbestand nie Druk moet toegepas word en kan tot 8 ure neem om te verhard Veelsydig Waterbasis Perfek vir alledaagse take

Gebruike

Uitstekend vir die lym van hout Filt en ander lapmateriaal aan hout te plak Plastieklamellering hout te plak Leer aan hout te plak Papier en karton

4. Koue lym (PVA- lym)

Page 6: Roodepark School · Web viewVeselbord word amper nooit buitenshuis of op plekke waar daar baie vog is gebruik nie. Veselbord swel wanneer dit in kontak met water kom. Gebruike van

In houtwerk word skroewe meer gebruik as spykers. Skroewe word van verskillende metale gemaak en met verskillende afwerkings.

Dele van ‘n skroef

Verskillende gleuwe by skroewe

5. Skroewe

Gleuf

Kop

Skag

Skroefdraad

Punt

Square

Pozidrive

Phillips

Slotted

Page 7: Roodepark School · Web viewVeselbord word amper nooit buitenshuis of op plekke waar daar baie vog is gebruik nie. Veselbord swel wanneer dit in kontak met water kom. Gebruike van

Nadat jy al die dele aanmekaar gesit het, moet jy die projek voltooi deur dit 'n beskermende laag van vernis of skuurseëlaar te gee.

A. Vernis

Vernis is ‘n deursigtige laag wat op die hout aangebring kan word. Daar is ‘n oneindige aantal soorte beskikbaar, elk met sy eie eienskappe en gebruike. Goeie vernisse kan terselfdertyd as greinvuller en verseëlaar dien.

B. Skuurseëlaar

Skuurseëlaar is ‘n tipe greinvuller wat baie vinnig droog. Greinvulling is die proses waardeur die grein met groot porieë opgevul kan word. Nadat skuurseëlaar op die oppervlakte van die hout aangebring is en droog is, kan fyn skuurpapier gebruik word om die oppervlak mooi glad af te werk voordat daar ‘n finale laag meubelolie op die oppervlak aangebring word

Leerder Aktiwiteite

1. Benoem die skroef

6. Vernis en Skuurseëlaars

Voordele van skroewe as hegmiddel

Skroewe het ‘n groter vashouvermoë as spykers Kan makliker en met minder skade verwyder word as spykers

Nadele van skroewe as hegmiddel

Duurder as spykers Moeiliker om in die hout te kry as spykers wanneer jy nie kraggereedskap

het nie.

Page 8: Roodepark School · Web viewVeselbord word amper nooit buitenshuis of op plekke waar daar baie vog is gebruik nie. Veselbord swel wanneer dit in kontak met water kom. Gebruike van

2. Noem sewe eienskappe van kouelym.

.......................................................................................................................................

.......................................................................................................................................

.......................................................................................................................................

.......................................................................................................................................

.......................................................................................................................................

.......................................................................................................................................

.......................................................................................................................................

..........................................................................................................................

3. Skryf of die volgende stellings waar of onwaar is.

Veselbord is duurder as soliede hout

……………………………….

Soliede hout het die vermoë om skokke te absorbeer

……………………………….

Fineer is ‘n dun lagie hout, soms dunner as 0.05mm

……………………………….

PVA Lym is waterbestand

Page 9: Roodepark School · Web viewVeselbord word amper nooit buitenshuis of op plekke waar daar baie vog is gebruik nie. Veselbord swel wanneer dit in kontak met water kom. Gebruike van

……………………………….

Herstelwerk en instandhouding van laaghout is moeilik

……………………………….

Vernis kan as ‘n greinvuller en verseëlaar dien

……………………………….

4. Noem twee voordele en twee nadele van soliede hout

.......................................................................................................................................

.......................................................................................................................................

.......................................................................................................................................

.......................................................................................................................................

...........................................................................................................................

5. Maak ‘n netjiese skets vir elk van die verskillende soort skroefkoppe en benoem elkeen van hulle

Page 10: Roodepark School · Web viewVeselbord word amper nooit buitenshuis of op plekke waar daar baie vog is gebruik nie. Veselbord swel wanneer dit in kontak met water kom. Gebruike van