40
FIDE 2009 Internasionale Skaakreëls Weergawe 1.0 (Voorlopig) ( Tree in werking op 1 Julie 2009 )

fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

FIDE 2009

Internasionale Skaakreëls

Weergawe 1.0 (Voorlopig)

( Tree in werking op 1 Julie 2009 )

Page 2: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. i

VERKLARING VAN KOPIEREG

OPIEREG/REPRODUKSIE BEPERKINGS: Hierdie datalêer is die eiendom van Johan Christoffel Nel. Dit mag GEENSINS gewysig of geredigeer word nie. Dit

mag op GEEN wyse in sy geheel gereproduseer word sonder die eienaar se skriftelike toestemming nie. Daar mag GEEN inkomste uit die verkoop van hierdie dokument of gedeeltes daarvan, in watter vorm ook al, voortspruit nie. Dit mag SLEGS GRATIS, sonder vergoeding of enige vorm van begunstiging, versprei word. Alle gedeeltelike reproduksies van hierdie datalêer moet 'n kennisgewing van kopiereg, naamlik "Kopiereg 2009 deur Johan C Nel" bevat. Dit is van toepassing op die dokument in sy geheel of as byvoegsel tot enige ander produk. Dit behels die ganse inhoud daarvan, met uitsondering van enkele kort aanhalings waarvan die gesamentlike inhoud nie meer as 500 woorde beslaan nie. Indien u beplan om minder as 500 woorde van hierdie datalêer te reproduseer vir doeleindes van byvoegsel tot enige ander produk, gee asseblief erkenning aan die volgende bron: Kopiereg 2009 deur Johan C Nel, Posbus 198, Garsfontein, Pretoria, 0042. Republiek van Suid-Afrika. Die samesteller kan verder gekontak word by: Foon nommer: +27 83 327 7300 E-pos: [email protected]

K

Page 3: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. ii

INHOUDSOPGAWE

VOORWOORD ...................................................................................................................... 1 BASIESE SPELREËLS .......................................................................................................... 1 Artikel 1: Spelwyse en doelstellings van skaak ................................................................... 1 Artikel 2: Beginposisies van stukke op die skaakbord ......................................................... 3 Artikel 3: Skuiwe van die stukke .......................................................................................... 4 Artikel 4: Handeling by skuif van stukke .............................................................................. 8 Artikel 5: Voltooiing van die spel ......................................................................................... 10 KOMPETISIEREËLS ............................................................................................................. 11 Artikel 6: Die skaakklok ....................................................................................................... 11 Artikel 7: Onreëlmatighede .................................................................................................. 13 Artikel 8: Die neerskryf van skuiwe ...................................................................................... 14 Artikel 9: Die gelykopspel .................................................................................................... 15 Artikel 10: Versnelde eindspel ............................................................................................... 16 Artikel 11: Telling ................................................................................................................... 17 Artikel 12: Gedrag van spelers .............................................................................................. 17 Artikel 13: Die rol van die arbiter (sien Voorwoord) ............................................................... 18 Artikel 14: FIDE ..................................................................................................................... 18 BYLAES ................................................................................................................................. 19

A. Snelspelle .................................................................................................................... 19 B. Blitse............................................................................................................................ 20 C. Algebraïese notasie .................................................................................................... 20 D. Versnelde eindspelle waar geen arbiter in die speelgebied aanwesig is nie .............. 23 E. Reëls vir Spelle met blindes en gesiggestremdes ....................................................... 25 F. Skaak960 Reëls .......................................................................................................... 28 Riglyne aangaande verdaagde spelle ............................................................................. 30

Page 4: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 1

2009 FIDE-reëls van Skaak ©

(Vertaling: Johan Nel. Redigering: Karin Bloem) Hierdie FIDE-skaakreëls vervat die hele "spel-op-die-bord". Die Engelse teks is die gesaghebbende weergawe van die Reëls van Skaak wat by die 79ste FIDE-kongres te Dresden (Duitsland) in November 2008 aanvaar is. Die datum van in werking trede van dié weergawe is 1 Julie 2009. In hierdie reëls sluit die woorde “hy”, “hom” en “sy” ook die vroulike vorme "sy" en "haar" in.

VOORWOORD Die Reëls van skaak kan onmoontlik nie voorsiening maak vir alle situasies wat gedurende die verloop van 'n spel mag ontstaan nie. Ewe min beantwoord dit alle administratiewe vrae wat mag ontstaan. Waar gevalle nie presies deur 'n Artikel van die Reëls gereguleer word nie, behoort 'n korrekte besluit geneem te kan word deur bestudering van soortgelyke situasies wat wel in die Reëls behandel word. Die Reëls aanvaar dat arbiters oor die nodige vaardighede, goeie oordeel en absolute objektiwiteit beskik. Oormatige besonderhede in die Reëls mag die arbiter sy oordeelsvryheid ontneem en hom dus verhinder om vir 'n probleem die oplossing te vind wat deur regverdigheid, logika en uitsonderlike faktore geverg word. FIDE doen 'n beroep op alle skaakspelers en federasies om dié standpunt te huldig. Dit staan 'n federasie vry om reëls in meer besonderhede in werking te stel mits dit : a) geensins teenstrydig is met die amptelike FIDE-reëls van Skaak nie, b) beperk is tot die gesagsgebied van die betrokke federasie, en c) nie geld vir enige FIDE-spel, -kampioenskap of kwalifiserende byeenkoms, of vir 'n

FIDE-titel of graderingstoernooi nie.

BASIESE SPELREËLS Artikel 1: Spelwyse en doelstellings van skaak 1.1 'n Skaakspel word gespeel tussen twee teenstanders wat om die beurt

alternatiewelik stukke skuif op 'n vierkantige bord, bekend as 'n "skaakbord". Die speler met die wit stukke begin die spel. 'n Speler “het die skuif” sodra sy teenstander se "skuif voltooi" is. (Sien Artikel 6.7)

1.2 Die doelwit van elke speler is om sy teenstander se koning sodanig "aan te val" dat

sy teenstander nie 'n geldige skuif kan maak nie. Die speler wat hierin slaag, het sy teenstander se koning "geskaakmat" en die spel gewen. Dit is ontoelaatbaar vir 'n speler om sy eie koning "onder aanval" te laat, sy eie koning "aan 'n aanval bloot te stel" of sy teenstander se koning "te neem". Die teenstander wie se koning geskaakmat is, het die spel verloor.

1.3 Indien die posisie sodanig is dat geeneen van die spelers geskaakmat kan word

nie, eindig die spel gelykop.

Page 5: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 2

Page 6: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 3

Artikel 2: Beginposisies van stukke op die skaakbord 2.1 Die skaakbord bestaan uit 'n 8 x 8 rooster van 64 gelyke vierkante, afwisselend lig

(die “wit” blokke) en donker (die “swart” blokke). Die skaakbord word tussen die spelers geplaas op sodanige wyse dat die naaste hoekblok aan die regterkant van die speler wit is.

2.2 Aan die begin van die spel het een speler 16 ligkleurige stukke (die “wit” stukke);

die ander een 16 donkerkleurige stukke (die “swart” stukke). Dié stukke is soos volg:

'n wit koning, gewoonlik aangedui deur die simbool 'n wit dame, gewoonlik aangedui deur die simbool twee wit torings, gewoonlik aangedui deur die simbool twee wit lopers, gewoonlik aangedui deur die simbool twee wit ruiters, gewoonlik aangedui deur die simbool agt wit pionne, gewoonlik aangedui deur die simbool 'n swart koning, gewoonlik aangedui deur die simbool 'n swart dame, gewoonlik aangedui deur die simbool twee swart torings, gewoonlik aangedui deur die simbool twee swart lopers, gewoonlik aangedui deur die simbool twee swart ruiters, gewoonlik aangedui deur die simbool agt swart pionne, gewoonlik aangedui deur die simbool

2.3 Die beginposisie van die stukke op die skaakbord is soos volg:

2.4 Die agt vertikale kolomme van blokke word elk 'n “ry” genoem. Die agt horisontale

rye van blokke word elk 'n “gelid (geledere)” genoem. 'n Reguit lyn van blokke van dieselfde kleur wat mekaar hoek-aan-hoek raak, word 'n “diagonaal” genoem.

Page 7: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 4

Artikel 3: Skuiwe van die stukke 3.1 Dit is nie toelaatbaar om 'n stuk na 'n blok te skuif wat deur 'n ander stuk van

dieselfde kleur beset word nie. Indien 'n stuk geskuif word na 'n blok wat deur een van die teenstander se stukke beset word, word hierdie stuk geneem en van die skaakbord verwyder as deel van dieselfde skuif. 'n Stuk word geag 'n teenstander se stuk aan te val wanneer daardie stuk 'n ander stuk op dié blok kan neem volgens Artikels 3.2 tot 3.8. 'n Stuk word geag 'n blok aan te val, selfs al word sodanige stuk verhoed om na daardie blok te skuif, omdat dit dan die koning van sy eie kleur onder 'n aanval sal laat of bring.

3.2 Die loper mag skuif na enige blok van die diagonaal waarop dit staan.

3.3 Die toring mag skuif na enige blok van die gelid of ry waarop dit staan.

3.4 Die dame mag skuif na enige blok van die gelid, ry of 'n diagonaal waarop dit staan.

3.5 Wanneer hierdie skuiwe gemaak word, mag die loper, toring of dame nie oor enige

versperrende stukke skuif nie.

Page 8: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 5

3.6 Die ruiter mag skuif na een van die blokke naaste aan die een waarop dit staan, maar nie op dieselfde gelid, ry of diagonaal nie.

3.7 a. Die pion mag vorentoe skuif na die oop blok reg voor hom op dieselfde ry, of

b. met sy eerste skuif mag die pion skuif soos in (a), maar alternatiewelik mag dit twee blokke vorentoe gaan op dieselfde ry, mits beide blokke onbeset is, of

c. die pion mag skuif na 'n blok wat deur 'n stuk van die teenstander beset word,

skuins voor dit op 'n naasliggende ry, en daardie stuk neem.

d. 'n Pion wat 'n blok aanval wat oorkruis word deur 'n pion van die teenstander wat in een skuif twee blokke vorentoe gegaan het vanaf sy oorspronklike posisie, mag die teenstander se pion neem asof laasgenoemde net een blok geskuif het. Dié stuk mag slegs geneem word in die skuif wat volg op die teenstander se skuif en dit word 'n “en passant” genoem.

e. Wanneer 'n pion die ry verste van sy beginposisie bereik, moet dit, as deel van dieselfde skuif, geruil word vir 'n dame, toring, loper of ruiter van dieselfde kleur. Die speler se keuse is nie beperk tot stukke wat vooraf geneem is nie. Hierdie ruiling van 'n pion vir 'n ander stuk word “promovering” genoem en die nuwe stuk is onmiddellik effektief.

Page 9: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 6

3.8 a. Daar is twee verskillende wyses om die koning te skuif, naamlik:

i. na enige naasliggende blok wat nie deur een of meer van die teenstander se stukke aangeval word nie;

ii. deur te “rokeer”. Dit is 'n skuif met die koning en enige toring van dieselfde

kleur en op dieselfde gelid. Dit word geag as 'n enkele skuif van die koning en word soos volg uitgevoer: die koning word van die oorspronklike posisie twee blokke in die rigting van die toring geskuif en dieselfde toring word dan geplaas op die blok waaroor die koning sopas beweeg het.

Voor wit rokering na koningskant Ná wit rokering na koningskant

Voor swart rokering na dameskant Ná swart rokering na dameskant

Page 10: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 7

(1) Die reg tot rokering word verbeur:

a. wanneer die koning reeds geskuif is, of b. met 'n toring wat reeds geskuif is.

(2) Rokering word tydelik gekeer

c. wanneer die blok waarop die koning staan, of die blok wat dit moet oorkruis, of die blok waarop dit moet gaan staan, deur 'n stuk of stukke van die teenstander aangeval word, of

d. wanneer daar 'n stuk staan tussen die koning en die toring waarmee gerokeer moet word.

3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of

meer van die teenstander se stukke, selfs al word sodanige stukke verhoed om na daardie blok te skuif, omdat dit dan hul eie koning in skaak sal laat of plaas. Geen stuk mag geskuif word wat die koning van dieselfde kleur aan skaak gaan blootstel of sodanige koning in skaak laat nie.

Page 11: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 8

Artikel 4: Handeling by skuif van stukke 4.1 'n Skuif moet met slegs een hand gemaak word. 4.2 Die speler wie se skuif dit is, mag een of meer stukke op hul blokkies verstel, mits

hy eers sy voorneme uitspreek (bv. deur "j’adoube" of "ek verstel / I adjust" te sê). 4.3 Indien die speler wie se skuif dit is, behalwe soos in Artikel 4.2 voorsien word,

doelbewus op die bord raak aan

a. een of meer van sy eie stukke, moet hy die eerste stuk skuif wat aangeraak is en wat kan skuif; of

b. een of meer van sy teenstander se stukke, moet hy die eerste stuk neem wat aangeraak is en wat geneem kan word; of

c. een stuk van elke kleur, moet hy die teenstander se stuk met sy stuk neem. Indien dit egter onwettig sou wees, moet hy die eerste stuk skuif of neem wat aangeraak is en wat wel kan skuif of geneem kan word. Indien dit onduidelik is of die speler se eie stuk of dié van sy teenstander eerste aangeraak is, word dit geag dat die speler se eie stuk voor dié van sy teenstander aangeraak is.

4.4 a. Indien 'n speler doelbewus aan sy koning en 'n toring raak, moet hy aan daardie

kant rokeer, mits dit wettig sal wees.

b. Indien 'n speler doelbewus aan sy toring raak en dan aan sy koning, mag hy nie met daardie skuif aan daardie kant rokeer nie. Hierdie situasie word dan verder besleg aan die hand van Artikel 4.3(a).

c. Indien 'n speler, in voorneme om te rokeer, aan sy koning raak of tegelykertyd

aan sy toring en koning raak, maar rokering aan daardie kant is onwettig, moet die speler 'n ander geldige skuif met sy koning maak, ingeslote rokering na die ander kant toe. Indien die koning nie wettig kan skuif nie, mag die speler enige ander wettige skuif maak.

d. Indien 'n speler 'n pion promoveer, is die keuse van die stuk wat hy gekies het

finaal sodra die gekose stuk die blokkie van promovering raak. 4.5 Indien geeneen van die stukke wat aangeraak is, geskuif of geneem kan word nie,

mag die speler enige ander wettige skuif maak. 4.6 Indien 'n stuk tydens 'n wettige skuif, of as deel van 'n wettige skuif, op 'n blok gelos

word, kan dit nie weer na 'n ander blok geskuif word nie. Die skuif word geag voltooi te wees sodra daar aan al die betrokke voorskrifte van Artikel 3 voldoen is.

a. indien 'n stuk geneem word, wanneer die geneemde stuk van die skaakbord

verwyder is, die speler het sy eie stuk op die nuwe blokkie geplaas en hierdie aanvallende stuk uit sy hand laat los;

Page 12: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 9

b. ingeval van rokering, wanneer die toring uit die speler se hand gelos is op die

blokkie wat vooraf deur die koning oorkruis is. Wanneer die koning aanvanklik uit die speler se hand laat los is, is die skuif nog nie voltooi nie, maar die speler het nie meer die reg om enige ander skuif te maak nie, anders as rokering aan daardie kant, tensy dit wettig is;

c. ingeval van die promovering van 'n pion, wanneer die pion van die skaakbord

verwyder is en die speler het die nuwe stuk uit sy hand laat los, nadat dit op die blokkie van promovering geplaas is. Sodra die speler die pion uit sy hand laat los het wat die blokkie van promovering bereik het, is die skuif nog nie voltooi nie, maar die speler het nie meer die reg om die pion na 'n ander blokkie te skuif nie;

4.7 'n Speler verbeur sy reg tot 'n eis teen sy teenstander se oortreding van Artikel 4.3

of 4.4, sodra hy self doelbewus 'n stuk aanraak.

Page 13: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 10

Artikel 5: Voltooiing van die spel 5.1 a. Die spel word gewen deur die speler wat sy teenstander se koning in skaakmat

plaas. Dít beëindig die spel onmiddellik, op voorwaarde dat die skuif wat die skaakmat bewerkstellig, geldig is.

b. Die spel word gewen deur die speler wie se teenstander verklaar dat hy oorgee.

Dít beëindig die spel onmiddellik. 5.2 a. Spel eindig gelykop wanneer die speler wie se skuif dit is, geen wettige skuif kan

maak nie en sy koning is nie in skaak nie. Dié spel word geag "dooiemat (pat)" te wees. Dít beëindig die spel onmiddellik, op voorwaarde dat die skuif wat die dooiemat bewerkstellig, geldig is.

b. Die spel eindig gelykop wanneer 'n situasie ontstaan het waarby geen speler die

teenstander se koning in enige aantal geldige skuiwe kan skaakmat nie. Dié spel word geag "dood" te wees. Dít beëindig die spel onmiddellik, op voorwaarde dat die skuif wat die posisie bewerkstellig, geldig is.

c. Die spel eindig gelykop wanneer die twee spelers gedurende die spel onderling

so ooreenkom. Dít beëindig die spel onmiddellik. (Sien Artikel 9.1)

d. Die spel mag gelykop eindig wanneer enige identiese posisie 'n derde keer op die bord gaan voorkom of reeds voorgekom het. (Sien Artikel 9.2)

e. Die spel mag gelykop eindig indien elke speler die laaste 50 agtereenvolgende

skuiwe gemaak het, sonder dat enige pion geskuif is en sonder dat enige stuk geneem is. (Sien Artikel 9.3)

Page 14: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 11

KOMPETISIEREËLS

Artikel 6: Die skaakklok 6.1 Met “skaakklok” word bedoel 'n horlosie met twee wyserplate wat op sodanige wyse

aan mekaar verbind is, dat slegs een van hulle op 'n gegewe tyd kan loop. “Klok” in skaakreëls beteken een van die twee wyserplate. “Vlag-val” beteken die verstryking van tyd wat aan 'n speler toegeken is.

6.2 a. Wanneer 'n skaakklok gebruik word, moet elke speler 'n minimum aantal skuiwe,

of alle skuiwe binne die toegekende tydsduur maak en /of bykomende tyd mag met elke skuif toegeken word. Dit alles moet vooraf bepaal word.

b. Tyd wat gedurende een periode deur 'n speler gespaar word, word by sy

beskikbare tyd vir die volgende periode getel, behalwe gedurende "tydvertraag" spel. Gedurende tydvertraging word aan beide spelers “hoof dinktyd” toegeken. Elke speler ontvang ook “vasgestelde ekstra tyd” met elke skuif. Aftelling van hoof dinktyd gaan slegs voort na verstryking van ekstra tyd. Dinktyd verander nie, behalwe as die speler sy klok stop voor verstryking van die ekstra tyd, ongeag die hoeveelheid ekstra tyd wat gebruik is.

6.3 Elke wyserplaat het 'n “vlaggie”. Onmiddellik nadat 'n vlaggie geval het, moet die

bepalings soos in Artikel 6.2(a) gevolg word. 6.4 Voordat spel begin, bepaal die arbiter waar die skaakklok geplaas word. 6.5 Op die tyd wat bepaal is vir die begin van die spel word die klok van die speler met

die wit stukke aan die gang gesit. 6.6 Indien geeneen van die spelers aanvanklik teenwoordig is nie, verloor die speler

met die wit stukke al die tyd wat verbygaan, totdat hy opdaag, tensy die reëls van die kompetisie anders bepaal, of die arbiter anders besluit.

6.7 Enige speler wat meer as een uur ná die geskeduleerde begintyd vir die spel by die

skaakbord opdaag, verloor die spel, tensy die reëls van die kompetisie anders bepaal, of die arbiter anders besluit.

6.8 a. Gedurende die spel moet elke speler, nadat hy sy skuif op die bord gemaak het,

sy klok stop en sy teenstander se klok aan die gang sit. 'n Speler moet te alle tye toegelaat word om sy klok te kan stop. Sy skuif word nie geag voltooi te wees, alvorens hy dit gedoen het nie, tensy dié skuif die spel beëindig. (Sien Artikels 5.1 en 5.2) Die tydsverloop tussen die skuif op die bord en stop van sy eie klok en begin van sy teenstander se klok word beskou as deel van die tyd wat aan die speler toegeken is.

b. 'n Speler moet sy klok met dieselfde hand stop as dié een waarmee hy sy skuif

voltooi het. Dit is verbode om die vinger op die knoppie te hou of daarbo te huiwer.

Page 15: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 12

c. Spelers moet die skaakklok versigtig hanteer. Dis verbode om dit hard te slaan, om dit op te tel of om dit om te slaan. Onbehoorlike hantering van die klok sal in ooreenstemming met Artikel 13.4 gestraf word.

d. Indien 'n speler nie in staat is om die skaakklok te gebruik nie, mag 'n helper,

wat vir die arbiter aanvaarbaar is, deur die speler aangewys word om hierdie taak te verrig. Sy klok sal op 'n regverdige wyse deur die arbiter aangepas word.

6.9 'n Vlaggie word geag te geval het indien die arbiter sien dat dit gebeur, of indien

enige van die spelers 'n sodanige, geldige aanspraak maak. 6.10 Behalwe waar Artikel 5.1, of een van Artikels 5.2 (a), (b) en (c) van toepassing is,

verloor 'n speler die spel indien hy nie die voorgeskrewe aantal skuiwe in die toegekende tydsduur maak nie. Die spel eindig egter gelykop indien die posisie sodanig is dat die teenstander nie die speler se koning kan skaakmat deur enige moontlike aantal wettige skuiwe nie, selfs deur die mees onbekwame teenspel.

6.11 Indien daar geen ooglopende fout is nie, word alle aanduidings op die klokke as

beslissend beskou. 'n Skaakklok met 'n ooglopende fout moet vervang word. Die arbiter moet sy eie goeie oordeel gebruik by bepaling van die tye wat op die nuwe klok aangebring moet word.

6.12 Indien beide vlaggies geval het en dit is onmoontlik om te bepaal watter een

eerste geval het, dan

a. moet spel voortgaan indien dit gebeur gedurende enige periode van die spel, behalwe die laaste periode

b. eindig die spel gelykop indien dit gebeur gedurende die periode van die spel

waartydens alle oorblywende skuiwe voltooi moet word. 6.13 a. Indien spel onderbreek moet word, moet die arbiter die klokke stop.

b. 'n Speler mag slegs die klokke stop indien die arbiter se hulp benodig word, byvoorbeeld wanneer promovering plaasvind en die benodigde stuk is nie beskikbaar nie.

c. In elke geval sal die arbiter besluit wanneer spel hervat moet word. d. Indien 'n speler die klokke stop om die arbiter se hulp te vra, sal die arbiter

besluit of die speler enige geldige rede gehad het om dit te doen. Indien dit duidelik is dat die speler geen geldige rede het om die klokke te stop nie, moet die speler gestraf word volgens Artikel 13.4.

6.14 Indien 'n onreëlmatigheid voorkom en / of die stukke moet teruggeskuif word na 'n

vorige posisie, moet die arbiter sy eie goeie oordeel gebruik by die bepaling van die tye wat op die klokke aangebring moet word. Hy moet ook, indien nodig, die klok se skuifteller verstel.

Page 16: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 13

6.15 Skerms, monitors of kennisgewingborde wat die huidige posisie op die

skaakborde, die skuiwe en die aantal skuiwe aandui, asook klokke wat die aantal skuiwe aandui, word in die speellokaal toegelaat. 'n Speler mag egter geensins 'n eis stel slegs op grond van inligting wat só vertoon word nie.

Artikel 7: Onreëlmatighede 7.1 a. Indien daar gedurende die spel bevind word dat die oorspronklike posisies van

die stukke nie korrek was nie, moet die spel gekanselleer en 'n nuwe spel begin word.

b. Indien daar gedurende die spel bevind word dat die enigste fout is dat die

skaakbord nie volgens Artikel 2.1 korrek opgestel was nie, moet die huidige posisies na 'n korrek geplaasde bord oorgedra word, waarna spel voortgaan.

7.2 Indien 'n spel begin is met die kleure omgeruil, moet dit voortgaan, tensy die arbiter

anders besluit. 7.3 Indien 'n speler een of meer stukke versteur, moet hy die korrekte posisies in sy eie

tyd herstel. Indien nodig, kan óf die speler óf sy teenstander die klokke stop en die arbiter se hulp ontbied. Die arbiter mag die speler straf wat die stukke versteur het.

7.4 a. Indien daar gedurende die spel gevind word dat 'n onwettige skuif gemaak is,

insluitend nie-nakoming van die vereistes vir promovering van 'n pion of die neem van 'n teenstander se koning, moet die posisie soos onmiddellik voor die onreëlmatigheid herstel word. Indien die posisie soos onmiddellik voor die onreëlmatigheid nie bepaal kan word nie, moet spel vanaf die laaste identifiseerbare posisie voor die onreëlmatigheid hervat word. Die klokke moet volgens Artikel 6.14 ingestel word. Artikel 4.3 is van toepassing op die skuif wat die onwettige skuif vervang. Die spel word dan vanaf hierdie herstelde posisie hervat.

b. Ná die stappe gedoen onder Artikel 7.4 (a) vir die eerste twee onwettige skuiwe

deur 'n speler, moet die arbiter telkens twee minute bykomende speeltyd aan sy teenstander toeken. Na 'n derde onwettige skuif deur dieselfde speler moet die arbiter die spel aan sy teenstander toeken.

7.5 Indien daar gedurende die spel gevind word dat stukke uit hulle blokkies misplaas

is, moet die posisie soos voor die onreëlmatigheid herstel word. Indien die posisie soos voor die onreëlmatigheid nie bepaal kan word nie, moet spel vanaf die laaste identifiseerbare posisie voor die onreëlmatigheid hervat word. Die klokke moet volgens Artikel 6.14 ingestel word. Spel word dan vanaf hierdie herstelde posisie hervat.

Page 17: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 14

Artikel 8: Die neerskryf van skuiwe 8.1 Gedurende spel word daar van elke speler verwag om sy eie skuiwe en dié van sy

teenstander korrek neer te skryf, skuif na skuif, so duidelik en leesbaar moontlik, in die algebraïese notasie (Bylaag E) en op die voorgeskrewe "noteerblad" vir die toernooi. Dit is verbode om die skuiwe vooruit neer te skryf, behalwe as die speler 'n gelykop eis in terme van Artikels 9.2 of 9.3. 'n Speler mag op sy teenstander se skuif antwoord voordat hy syne neerskryf, indien hy dit verkies. Hy moet egter sy vorige skuif neerskryf voordat hy 'n volgende een maak. Die aanbod tot gelykopspel moet deur beide spelers aangeteken word (Bylaag E.13). Indien 'n speler nie kan noteer nie, mag 'n helper, wat vir die arbiter aanvaarbaar is, deur die speler aangewys word om die skuiwe neer te skryf. Sy klok moet op 'n regverdige wyse deur die arbiter aangepas word.

8.2 Noteerblaaie moet vir die duur van die spel vir die arbiter sigbaar wees. 8.3 Noteerblaaie is die eiendom van die organiseerders van die toernooi. 8.4 Indien 'n speler minder as vyf minute op die klok oor het gedurende enige tydstip in

'n periode, en hy het nie bykomende tyd van 30 sekondes of meer soos bygetel vir elke skuif nie, dan is hy nie verplig om aan die vereistes van Artikel 8.1 te voldoen nie. Onmiddellik nadat een van die vlaggies geval het, moet dié speler sy notas volledig bywerk, voordat 'n stuk op die bord geskuif word.

8.5 a. Indien geen speler volgens Artikel 8.4 verplig is om te noteer nie, moet die

arbiter of sy helper notering probeer behartig. In só 'n geval en onmiddellik nadat een van die vlaggies geval het, moet die arbiter die klokke stop. Daarna moet beide spelers hul notas volledig bywerk deur van die arbiter of teenstander se notas gebruik te maak.

b. Indien slegs een speler NIE volgens Artikel 8.4 verplig is om te noteer nie, moet

hy, sodra een van die vlaggies geval het, sy notas volledig bywerk, voordat 'n stuk op die bord geskuif word. Sou dit die speler se skuif wees, mag hy van die teenstander se notas gebruik maak, maar hy moet dit terugbesorg voordat hy 'n skuif maak.

c. Indien daar geen volledige notas beskikbaar is, moet die spelers die spel op 'n

ander skaakbord rekonstrueer onder toesig van die arbiter of sy helper. Hy moet eers die finale bordposisies, kloktye en aantal voltooide skuiwe aanteken, indien sulke inligting beskikbaar is, voor rekonstruksie begin.

8.6 Indien die notas nie volledig genoeg is om te bevestig dat 'n speler die toegekende

tyd oorskry het nie, word die volgende skuif beskou as die eerste van die volgende tydvak, tensy dit blyk dat daar meer skuiwe gemaak is.

8.7 By voltooiing van die spel moet beide spelers die uitslag van die spel bevestig,

deur beide notas te onderteken. Self al is dit nie korrek nie, sal dié uitslag geld, tensy die arbiter anders besluit.

Page 18: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 15

Artikel 9: Die gelykopspel 9.1 a. 'n Speler wat 'n gelykop wil aanbied, moet dit doen nadat hy 'n skuif op die bord

gemaak het en voordat hy sy eie klok stop en die teenstander se klok begin. Só 'n aanbod is te eniger tyd gedurende die spel geldig, maar Artikel 12.6 moet in ag geneem word. Die aanbod moet onvoorwaardelik gedoen word. In beide gevalle mag die aanbod nie teruggetrek word nie en geld dit totdat die teenstander dit aanvaar, dit mondelings van die hand wys, dit van die hand wys deur aan 'n stuk te raak met die doel om dit te skuif of te neem, of deurdat die spel op enige wyse beëindig word.

b. Die aanbod tot 'n gelykopspel moet deur beide spelers op hul notas met die

toepaslike simbool aangeteken word (sien Bylaag E13). c. 'n Eis vir gelykopspel onder 9.2, 9.3 of 10.2 moet beskou word as 'n aanbod tot

gelykopspel.

9.2 Spel eindig gelykop na sodanige geldige eis deur die speler wat moet skuif en indien dieselfde bordposisies (nie noodwendig agtereenvolgens nie) vir minstens die derde keer

a. op hande is, hy eers sy skuif noteer en dan aan die arbiter sy voorgenome skuif

bekend maak; of

b. sopas voorgekom het en die speler wat die gelykop eis, moet skuif. Bordposisies soos in (a) en (b) word as dieselfde beskou indien dieselfde speler moet skuif, stukke van dieselfde soort en kleur dieselfde blokkies beset en die moontlike skuiwe van alle stukke van beide spelers dieselfde is. Posisies word nie as dieselfde geag indien 'n pion wat en passant geneem kon word nie meer geneem kan word nie, of indien die reg tot onmiddellike of toekomstige rokering tydelik of permanent verander het.

9.3 Spel eindig gelykop na sodanige geldige eis deur die speler wat moet skuif en indien

a. hy eers sy skuif noteer en dan aan die arbiter sy voorgenome skuif bekend maak

wat sal veroorsaak dat die afgelope 50 skuiwe deur elke speler voltooi is sonder dat enige pion geskuif is en sonder dat enige stukke geneem is; of

b. die laaste 50 agtereenvolgende skuiwe deur elke speler voltooi is sonder dat

enige pion geskuif is en sonder dat enige stukke geneem is.

9.4 Indien 'n speler skuif sonder om die gelykop te eis, verbeur hy die reg om dit te eis, soos beskryf in Artikel 9.2 of 9.3, met daardie skuif.

Page 19: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 16

9.5 Indien 'n speler 'n gelykop eis, soos beskryf in Artikel 9.2 of 9.3, moet hy onmiddellik beide klokke stop. Hy mag sy eis daarna nie terugtrek nie.

a. Indien die eis geldig blyk te wees, eindig spel onmiddellik gelykop.

b. Indien die eis ongeldig blyk te wees, moet die arbiter drie minute byvoeg by die

oorblywende tyd van die teenstander. Indien die eiser daarby meer as twee minute op sy klok oor het, moet die arbiter die helfte van die eiser se tyd, tot 'n maksimum van drie minute, aftrek. Indien die eiser meer as een minuut oor het, maar minder as twee minute, sal hy een minuut oorhê. Indien die eiser minder as een minuut oor het, sal die arbiter geen verstelling aan die eiser se klok maak nie. Daarna moet spel met die voorgenome skuif hervat word.

9.6 Spel eindig gelykop indien 'n posisie bereik word vanwaar 'n skaakmat met enige

aantal geldige skuiwe onmoontlik is, selfs deur die mees onervare speler. Dit beëindig spel onmiddellik, op voorwaarde dat die skuif wat hierdie posisie veroorsaak het, geldig was.

Artikel 10: Versnelde eindspel 10.1 'n "Versnelde eindspel" is die laaste fase van 'n spel waar alle oorblywende

skuiwe binne 'n tydsbeperking gemaak moet word.

10.2 Indien die speler wat moet skuif minder as twee minute op sy klok oor het, mag hy 'n gelykop eis voordat sy vlaggie val. Hy moet die klokke stop en die arbiter ontbied.

a. Indien die arbiter saamstem dat die teenstander geen poging aanwend om die

spel op die gewone wyse te wen nie, of dat dit onmoontlik is om op die gewone wyse te wen, moet hy die spel gelykop verklaar. Andersins moet hy sy besluit uitstel, of die eis verwerp.

b. Indien die arbiter sy besluit uitstel, mag hy aan die teenstander twee minute

ekstra tyd toeken en die spel word dan in die teenwoordigheid van die arbiter hervat, indien moontlik. Die arbiter sal sy finale besluit later in die spel neem, of sodra 'n vlaggie geval het. Hy sal die spel as gelykop verklaar indien hy saamstem dat dit onmoontlik is om op die gewone wyse te wen, of dat die teenstander nie genoegsame pogings aangewend het om op die gewone wyse te wen nie.

c. Indien die arbiter die eis verwerp, moet hy aan die teenstander twee minute

ekstra tyd toeken.

d. Die arbiter se besluit ten opsigte van 10.2 a, b, c is finaal.

Page 20: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 17

Artikel 11: Telling 11.1 Tensy dit vooraf anders gereël is, verdien 'n speler wat sy spel wen, of dit deur

oorgawe wen, een punt (1), 'n speler wat sy spel verloor of oorgee, verdien geen punte (0) en 'n speler wat gelykop speel, verdien 'n halwe punt (½).

Artikel 12: Gedrag van spelers 12.1 Spelers mag niks doen wat die spel skaak kwets nie. 12.2 a. Dit is verbode vir spelers om gedurende die spel van enige notas, inligtingsbron

of raad gebruik te maak, of om op 'n ander skaakbord te ontleed.

b. Dit is streng verbode om mobiele fone of enige ander elektroniese vorme van kommunikasie, wat nie deur die arbiter goedgekeur is nie, die speelgebied in te bring. Indien 'n speler se mobiele foon in die speelgebied lui gedurende 'n spel, sal daardie speler die spel verloor. Die puntetelling van die teenstander sal deur die arbiter bepaal word.

12.3 Die noteerblad mag slegs gebruik word vir aantekening van skuiwe, tye van

klokke, aanbiedinge vir gelykop en sake rakende eise.

12.4 Spelers wat hulle spelle voltooi het, word as toeskouers beskou. 12.5 Spelers mag nie die "speelgebied" sonder toestemming van die arbiter verlaat nie.

Hierdie gebied word beskou as die speellokaal, ruskamers, verversingsarea, rookarea en ander gebiede soos deur die arbiter bepaal. Die speler wat die skuif het, mag nie die speellokaal sonder toestemming van die arbiter verlaat nie.

12.6 Dit is verbode om die teenstander op enige wyse te steur of te ontstel. Dit behels

ook onredelike eise of aanbiedinge tot gelykopspel. 12.7 Oortreding van enige gedeelte van Artikels 12.1 tot 12.6 sal strafbaar wees

ingevolge Artikel 13.4. 12.8 'n Spel word verloor deur 'n speler wat hardnekkig weier om hom aan die Reëls

van Skaak te onderwerp. Die arbiter bepaal die teenstander se telling. 12.9 Indien beide spelers skuldig bevind word onder Artikel 12.8, moet die spel as

verloor deur beide spelers verklaar word.

Page 21: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 18

Artikel 13: Die rol van die arbiter (sien Voorwoord) 13.1 Die arbiter moet toesien dat die Reëls van Skaak streng toegepas word. 13.2 Die arbiter moet in die beste belang van die toernooi optree. Hy moet verseker dat

goeie speelomstandighede gehandhaaf word en dat spelers nie gesteur word nie. Hy moet oor die vordering van die toernooi toesig hou.

13.3 Die arbiter moet die spelle dophou, veral wanneer die tyd min begin raak. Hy moet

beslissings wat hy gemaak het, afdwing en strawwe oplê waar van toepassing. 13.4 Strawwe tot beskikking van die arbiter sluit in -

a. 'n waarskuwing; b. vermeerdering van die oorblywende tyd van die teenstander; c. vermindering van die oorblywende tyd van die oortreder; d. verklaring van die spel as verloor; e. vermindering van die punte verwerf in 'n spel deur die oortreder; f. vermeerdering van die punte verwerf in 'n spel deur die teenstander, tot die

maksimum beskikbaar vir daardie spel; of g. skorsing uit die toernooi.

13.5 Die arbiter mag aan enige of beide van die spelers bykomende tyd toestaan in

geval van 'n oponthoud van buite die spel. 13.6 Die arbiter mag nie by 'n spel inmeng nie, behalwe waar voorgeskryf in die reëls

van skaak. Hy mag nie die aantal skuiwe gemaak, aandui nie, behalwe met die toepassing van Artikel 8.5, wanneer minstens een vlaggie geval het. Die arbiter mag nie 'n speler inlig dat sy teenstander geskuif het, of dat daardie speler nie sy klok gestop het nie.

13.7 a. Spelers en toeskouers van ander spelle mag 'n spel nie bespreek of op enige

wyse daarmee inmeng nie. Indien nodig, mag die arbiter oortreders die speelgebied verbied.

b. Dit is streng verbode vir enige persoon om 'n mobiele foon in die speelgebied

te gebruik, of enige area soos deur die arbiter uitgewys.

Artikel 14: FIDE 14.1 Lid-federasies mag FIDE vra om 'n amptelike beslissing te maak oor probleme

rakende die Reëls van Skaak.

Page 22: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 19

BYLAES A. Snelspelle A1. 'n "Snelspel" is een waar alle skuiwe binne 'n vasgestelde tyd van tussen 15 tot 60

minute per speler gemaak moet word. A2. Spel word deur die Fide-reëls van skaak gereguleer, behalwe waar dit deur die

volgende reëls oorheers word. A3. Spelers hoef hul skuiwe nie te noteer nie. A4. Sodra beide spelers drie skuiwe gemaak het, kan geen eis meer ten opsigte van

verkeerde bordopstelling, plasing van die skaakbord of kloktye gemaak word nie. In geval van omgeruilde plasing van die koning en dame, is rokering met dié koning ontoelaatbaar

A5. a. Die arbiter moet slegs 'n beslissing volgens Artikel 4 ('n stuk wat aangeraak is)

maak, indien dit deur een of beide spelers versoek word.

b. 'n Speler verloor die reg tot 'n eis in terme van artikels 7.2, 7.3 en 7.5 (onregmatighede, ongeldige skuiwe) sodra hy 'n stuk aangeraak het, in terme van Artikel 4.3.

A6. 'n Vlaggie word geag te geval het indien sodanige geldige aanspraak deur 'n

speler gemaak word. Die arbiter moet hom daarvan weerhou om 'n vlagval aan te dui.

A7. Om 'n oorwinning op grond van tyd te eis, moet die eiser beide klokke stop en die

arbiter ontbied. Die eis kan slegs suksesvol wees indien die eiser se vlaggie op en sy teenstander se vlaggie af is nadat die klokke gestop is.

A8. Indien beide vlaggies geval het, eindig spel gelykop.

Page 23: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 20

B. Blitse B1. 'n "Blitsspel" is een waar alle skuiwe binne 'n vasgestelde tyd van minder as 15

minute per speler gemaak moet word. B2. Spel word deur die reëls vir snelspelle soos in Byvoegsel B gereguleer, behalwe

waar dit deur die volgende reëls vir Blitse oorheers word. B3. 'n Onwettige skuif word voltooi sodra die teenstander se klok begin word. Die

teenstander is egter geregtig om 'n oorwinning te eis voordat hyself skuif. Indien die teenstander nie die speler met enige aantal geldige skuiwe, selfs deur die mees onervare teenspel, kan skaakmat nie, dan mag hy 'n gelykop eis voordat hyself skuif. As die teenstander eers sy eie skuif gemaak het, kan 'n onwettige skuif nie meer reggestel word nie.

B4. Artikel 10.2 is nie van toepassing nie. C. Algebraïese notasie Vir sy eie toernooie en spelle erken FIDE slegs een notasiestelsel, die Algebraïese Stelsel, en beveel die gebruik van hierdie eenvormige skaaknotasie ook vir skaakliteratuur en tydskrifte aan. Noteerblaaie wat 'n ander stelsel as die algebraïese gebruik, mag nie as bewyse aangewend word in gevalle waar die noteerblad van 'n speler normaalweg vir daardie doel gebruik word nie. 'n Arbiter wat merk dat 'n speler 'n ander notasiestelsel as die Algebraïese een gebruik, moet die betrokke speler van hierdie vereiste in kennis stel. Beskrywing van die Algebraïese stelsel C1. Elke stuk word deur die eerste letter van sy naam, 'n hoofletter, aangedui.

Voorbeeld: K = Koning, D = Dame, T = Toring, L = Loper, R = Ruiter. C2. Vir die eerste letter van die naam van 'n stuk staan dit 'n speler vry om die eerste

letter te gebruik van die naam wat algemeen in sy land bekend is. Voorbeelde: F = fou (die Frans vir loper), L = loper (die Nederlands vir loper). In gedrukte media word die gebruik van simbole aanbeveel.

C3. Pionne word nie deur hul eerste letter aangedui nie, maar word deur die

afwesigheid van so 'n letter gekenmerk. Voorbeelde: e5, d4, a5. C4. Die agt rye (van links na regs vir Wit en van regs na links vir Swart) word deur die

klein letters a, b, c, d, e, f, g en h respektiewelik aangedui. C5. Die agt geledere (van onder na bo vir Wit en van bo na onder vir Swart) word 1, 2,

3, 4, 5, 6, 7 en 8 respektiewelik genommer. Gevolglik word die wit stukke en pionne in die aanvanklike posisie op die eerste en tweede geledere geplaas; die swart stukke en pionne op die agtste en negende geledere.

Page 24: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 21

C6. Voortspruitend uit die vorige reëls word elk van die vier en sestig blokkies altyd deur 'n unieke kombinasie van 'n letter en 'n nommer aangedui.

8 7 6 5 4 3 2 1

a b c d e f g h

Page 25: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 22

C7. Elke skuif van 'n stuk word aangedui deur (a) die eerste letter van die naam van die betrokke stuk en (b) die teikenblokkie. Daar is geen koppelteken tussen (a) en (b) nie. Voorbeelde: Le5, Rf3, Td1. In die geval van pionne word slegs die teikenblokkie aangedui. Voorbeelde: e5, d4, a5.

C8. Wanneer 'n stuk geneem word, word 'n x ingevoeg tussen

(a) die eerste letter van die naam van die betrokke stuk en (b) die teikenblokkie. Voorbeelde: Lxe5, Rxf3, Txd1 Wanneer 'n pion 'n stuk neem, moet die begin-ry aangedui word, dan 'n x, dan die teikenblokkie. Voorbeelde: dxe5, gxf3, axb5. In geval van 'n "en passant" buit word die teikenblokkie aangedui as die blokkie waarop die nemerpion finaal gaan staan en "e.p." word agteraan die notasie bygevoeg. Voorbeeld: exd6 e.p.

C9. Indien twee identiese stukke na dieselfde blokkie kan skuif, moet die stuk wat

geskuif word, soos volg aangedui word: 1. indien beide stukke op dieselfde ry staan, deur die

(a) eerste letter van die naam van die stuk, (b) gelid van die beginblokkie en (c) teikenblokkie.

2. indien beide stukke op dieselfde gelid staan, deur die (d) eerste letter van die naam van die stuk, (e) ry van die beginblokkie en (f) teikenblokkie.

3. indien die stukke op verskillende rye en geledere staan, word metode (1) verkies. In geval van 'n buit moet 'n x tussen (b) en (c) ingevoeg word.

Voorbeelde:

(1) Daar is twee ruiters, op die blokkies g1 en d2, en een van hulle skuif na blokkie

f3: een van Rgf3 of Rdf3, na gelang van die geval. (2) Daar is twee ruiters, op die blokkies g5 en g1, en een van hulle skuif na blokkie

f3: een van R5f3 of R1f3, soos die geval mag wees. (3) Daar is twee ruiters, op die blokkies h2 en d4, en een van hulle skuif na blokkie

f3: een van Rhf3 of Rdf3, na gelang van die geval. Indien 'n stuk op blokkie f3 geneem word, word die vorige voorbeelde gewysig deur die invoeging van 'n x:

(1) een van Rgxf3 of Rexf3, (2) een van R5xf3 of R1xf3, (3) een van Rhxf3 of Rdxf3, na gelang van die geval.

Page 26: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 23

C10. Indien twee pionne dieselfde stuk of pion van die teenstander kan neem, moet die pion wat geskuif word, aangedui word deur (a) die letter van die begin-gelid, (b) 'n x (c) die teikenblokkie. Voorbeeld: Indien daar wit pionne op blokkies c4 en e4 is en 'n swart pion of stuk op blokkie d5, is die notasie vir wit se skuif óf cxd5 óf exd5, na gelang van die geval.

C11. In geval van die promovering van 'n pion, word die werklike pionskuif aangedui,

direk gevolg deur die eerste letter van die nuwe stuk. Voorbeelde: d8Q, f8R, b1L, g1T.

C12. Die aanbod tot 'n gelykop moet as (=) aangedui word.

Belangrike afkortings: o-o rokeer met toring h1 of toring h8 (koningskant) o-o-o rokeer met toring a1 of toring a8 (dameskant) x 'n Stuk word geneem + skaak ++ of # skaakmat e.p. neem "en passant" Voorbeeld van 'n spel: 1. d6 Rf6 2. c4 e6 3. Rc3 Lb4 4. Ld2 o-o 5. e4 d5 6. exd5 exd5 7. cxd5 Lxc3 8. Lxc3 9. Rf3 b6 10. Db3 Rxc3 11. bxc3 12. Le2 cxd4 13. Rxd4 Te8 14. o-o 15. a4 Rc5 16. Db4 Lb7 17. a5 ... ens.

D. Versnelde eindspelle waar geen arbiter in die speelgebied aanwesig is nie D1. Waar spelle volgens Artikel 10 gespeel word, mag 'n speler 'n gelykop eis indien

hy minder as twee minute op sy klok oor het en voordat sy vlaggie val. Dit beëindig spel. Hy mag eis op grond daarvan - a. dat sy teenstander nie op die gewone wyse kan wen nie; of b. dat sy teenstander geen poging aanwend om op die gewone wyse te wen nie. In (a) moet die speler die finale posisie neerskryf en sy teenstander dit bekragtig. In (b) moet die speler die finale posisie neerskryf en 'n bygewerkte noteerblad, wat voltooi moet word voordat spel gestaak word, voorlê. Die teenstander moet beide die noteerblad en die finale posisie bekragtig.

Page 27: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 24

Die eis moet verwys word na 'n arbiter wie se beslissing finaal is.

Page 28: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 25

E. Reëls vir Spelle met blindes en gesiggestremdes E1. Toernooidirekteurs is by magte om die volgende reëls aan te pas na gelang van

plaaslike omstandighede. In skaakkompetisies tussen siende en gesiggestremde spelers (wettiglik blindes) mag enige van die spelers die gebruik van twee borde eis; die siende speler gebruik 'n normale bord en die gesiggestremde speler gebruik 'n spesiaal vervaardigde een. Die spesiaal vervaardigde bord moet aan die volgende vereistes voldoen:

a. minstens 20 by 20 sentimeters groot; b. die swart blokkies effens verhewe; c. 'n opening in elke blokkie; d. elke stuk met 'n pennetjie wat in die opening pas; e. stukke van die Staunton ontwerp, met die swart stukke spesiaal gemerk.

E2. Die volgende regulasies is van toepassing op die spel:

1. Skuiwe moet duidelik aangekondig word, deur die teenstander herhaal en op sy bord uitgevoer word. Om aankondigings so duidelik moontlik te maak, word gebruik van die volgende name voorgestel, in plaas van ooreenstemmende letters, alfabeties: A - Anna B - Bella C - Cesar D - David E - Eva F - Felix G - Gustav H - Hector Rye kry, van wit tot swart, die Duitse nommers: 1 - eins 2 - zwei 3 - drei 4 - vier 5 - fünf 6 - sechs 7 - sieben 8 - acht Rokering word aangekondig as "Lange Rochade" (Duits vir langkant rokering) en "Kurze Rochade" (Duits vir kortkant rokering). Stukke kry die name: König, Dame, Turm, Läufer, Springer, Bauer.

Page 29: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 26

2. Op die gesiggestremde speler se bord word 'n stuk as "aangeraak" geag, sodra dit uit die opening gelig word.

3. 'n skuif word as "voltooid" beskou sodra:

a. 'n stuk geneem word en die geneemde stuk is van die bord af verwyder van

die speler wie se beurt dit is om te skuif; b. 'n stuk in 'n ander opening geplaas word; c. die skuif aangekondig word. Slegs dan moet die teenstander se klok begin

word. Betreffende punte 2 en 3, geld die gewone reëls vir die siende speler.

4. 'n Spesiaal vervaardigde klok vir die gesiggestremde is toelaatbaar. Dit moet die volgende funksies hê: a. 'n gesig met spesiaal versterkte wysers en elke vyf minute gemerk met 'n

knoppie en elke 15 minute deur twee verhewe knoppies. b. 'n vlaggie wat maklik gevoel kan word. Die vlaggie moet só aangebring

word, dat die speler die minuutwyser kan voel gedurende die laaste vyf minute van die volle uur.

5. Die gesiggestremde speler moet die spel in Braille of geskrewe vorm aanteken,

of die skuiwe op band opneem.

6. Verspreking by die aankondiging van 'n skuif moet onmiddellik reggestel word, voordat die klok van die teenstander begin word.

7. Indien verskillende posisies gedurende die spel op die twee borde ontstaan,

moet dit reggestel word met hulp van die kontroleur en deur beide spelers se notasies te raadpleeg. Indien die twee spelle se notasies met mekaar ooreenstem, moet die speler wat die skuif korrek genoteer, maar dit verkeerd uitgevoer het, sy posisie aanpas sodat dit ooreenstem met die notasie.

8. Indien sodanige verskillende posisies ontstaan en die twee notasies verskil van

mekaar, moet die skuiwe teruggespoor word tot dié punt waar die twee notasies met mekaar ooreenstem. Die kontroleur moet die klok ooreenkomstig aanpas.

Page 30: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 27

9. Die gesiggestremde speler het die reg om van 'n assistent gebruik maak wat enige, of almal van die volgende pligte het: a. Maak enige van die spelers se skuif op die teenstander se bord. b. Kondig beide spelers se skuiwe aan. c. Noteer die skuiwe van die gesiggestremde speler en begin die teenstander

se klok (met reël 3.c in gedagte). d. Lig die gesiggestremde speler in, slegs op sy versoek, aangaande die

aantal skuiwe voltooi en die tyd gebruik deur beide spelers. e. Eis die spel, indien die tydsbeperking oorskry word en lig die kontroleur in,

indien die siende speler een van die stukke aangeraak het. f. Handel die nodige formaliteite af, indien spel verdaag word. As die

gesiggestremde speler nie van 'n assistent gebruik maak nie, mag die siende speler van een gebruik maak wat die pligte, soos genoem in punt 9a en b, uitvoer.

Page 31: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 28

F. Skaak960 Reëls F1. Voordat ‘n Skaak960 spel begin, moet ‘n begin posisie lukraak opgestel word, onderworpe aan sekere reëls. Daarna word spel op die gewone wyse, soos standaard skaak, voortgesit. In besonder maak stukke steeds hulle normale skywe en die doelwit vir spelers is steeds om die teenstander se koning te skaakmat. F2. Voorvereistes vir beginposisies Die beginposisies vir Skaak960 moet aan sekere reëls voldoen. Wit pionne word op die tweede ry geplaas, soos in gewone skaak. Alle oorblywende wit stukke word lukraak op die eerste ry geplaas, maar met die volgende beperkings:

a. Die koning word iewers tussen die twee torings geplaas en b. lopers word op verskillende kleure blokkies geplaas en c. swart stukke word eenders, maar reg teenoor wit stukke geplaas.

Beginposisies kan vooraf bepaal word deur ‘n rekenaarprogram of met behulp van dobbelstene, munte, kaarte ensovoorts. F3. Skaak960 reëls vir rokering

c. In Skaak960 word elke speler toegelaat om eenmaal per spel te rokeer, ‘n skuif met beide die koning en die toring in ‘n enkele beweging. Daar word egter enkele vertolkings van standaard skaakreels benodig by rokering, aangesien standaard reels aanvanlike bepaalde posisies vir die koning en torings veronderstel, iets wat dikwels nie die geval is met Skaak960 nie.

d. Hoe om te rokeer: In Skaak960 word die rokering maneuver deur een van die

volgende vier metodes uitgevoer, afhangende van die posisie op daardie stadium van die koning en toring wat daarin gebruik word: 1. dubbelskuif rokering: deur 'n draaibeweging met die koning en die toring, of 2. transposisioneer rokering: deur omruiling van die koning en die toring, of 3. slegs koning rokering: slegs die koning word geskuif, of 4. slegs toring rokering: slegs die toring word geskuif.

Aanbevelings

1. Waar rokering uitgevoer word op ‘n fisiese bord en deur ‘n mens as speler, word aanbeveel dat die koning fisies van die bord se speeloppervlak verwyder word tot langsaan sy finale stand, die toring vervolgens van sy huidige posisie na sy finale stand geskuif en die koning dan na sy finale stand geskuif word.

2. Na rokering is die toring en koning se finale posisies presies dieselfde as wat

dit in gewone skaak sou wees.

Page 32: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 29

Toeligting Aldus, na c-kant rokering (wat as O-O-O noteer word en in gewone skaak as koningin-kant rokering bekend staan), is die koning op die c-blokkie (c1 for Wit en c8 vir Swart) en die toring op die d-blokkie (d1 for Wit en d8 vir Swart). Na g-kant rokering (wat as O-O noteer word en in gewone skaak as koning-kant rokering bekend staan), is die koning op die g-blokkie (g1 for Wit en g8 vir Swart) en die toring op die f-blokkie (f1 for Wit en f8 vir Swart). Aantekeninge

1. Om verwarring te voorkom, sal dit goed wees om te sê: “Ek gaan rokeer” net voor rokering.

2. Met sommige beginposisies moet die koning OF toring (maar nie beide) liewer

nie gedurende rokering beweeg word nie.

3. Met sommige beginposisies kan rokering so vroeg as by die eerste skuif plaasvind.

4. Alle blokkies tussen die begin- en finale posisies van die koning (insluitende die

finale blokkie) en alle blokkies tussen die begin- en finale posisies van die toring (insluitende die finale blokkie) moet onbeset wees, behalwe vir die koning en rokerende toring.

5. Met sommige beginposisies mag sommige blokkies gedurende rokering beset

wees, waar dit onbeset sou moes wees met standaard skaak. Byvoorbeeld, na c-kant rokering (O-O-O) mag dit wees dat a, b en/of e steeds beset is, en na g-kant rokering (O-O) mag dit wees dat e en/of h steeds beset is.

Page 33: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 30

Riglyne aangaande verdaagde spelle 1. a. Indien 'n spel onvoltooid is aan die einde van die voorgeskrewe speeltyd, moet die

arbiter die speler wie se skuif dit is, vra om die skuif te "verseël". Dié speler moet sy skuif ondubbelsinnig op sy noteerblad aanteken, sy noteerblad en dié van sy teenstander in 'n koevert plaas en slegs daarna sy klok stop, sonder om die teenstander s'n te begin. Totdat hy die klokke gestop het, het die speler die reg om sy verseëlde skuif te wysig. Indien die speler, nadat hy deur die arbiter versoek is om sy skuif te verseël, 'n skuif op die skaakbord maak, moet hy daardie skuif op dieselfde noteerblad aanteken as die verseëlde skuif.

b. 'n Speler wie se skuif dit is en wat die spel verdaag voor verstryking van speeltyd,

sal geag word as sou hy verseël het op die voorafbepaalde tyd vir verstryking van die sitting en sy oorblywende tyd sal as sulks aangeteken word.

2. Die volgende moet op die koevert aangebring word:

a. Die spelers se name b. Die posisie onmiddellik voor die verseëlde skuif c. Die hoeveelheid tyd deur elke speler gebruik d. Die naam van die speler wat die skuif verseël het e. Die nommer van die verseëlde skuif f. Die aanbod tot gelykop, indien daar tans een geld g. Die datum, tyd en plek van hervatting van die spel

3. Die arbiter moet die akkuraatheid van die inligting op die koevert nagaan en is ook

verantwoordelik vir die veilige bewaring daarvan. 4. Indien 'n speler 'n aanbod tot gelykop maak nadat sy teenstander sy skuif verseël

het, geld die aanbod totdat die teenstander dit aanvaar of volgens Artikel 9.1 van die hand gewys het.

5. Voordat spel hervat word, moet die posisie soos onmiddellik voor die verseëlde

skuif, op die skaakbord aangebring word en die tyd wat voor verdaging deur elke speler gebruik is, op die klokke aangedui word.

6. Indien 'n aanbod tot gelykop aanvaar word voordat die spel hervat word, of indien

een van die spelers die arbiter verwittig dat hy oorgee, word spel beëindig. 7. Die koevert word slegs oopgemaak indien die speler wat op die verseëlde skuif moet

antwoord, teenwoordig is.

Page 34: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 31

8. Behalwe in gevalle soos voorsien in Artikel 6.10 en 9.6, word die spel verloor deur 'n speler wie se aantekening van die verseëlde skuif :

a. dubbelsinnig is; of b. sodanig is, dat dit onmoontlik is om die ware betekenis daarvan te bepaal; of c. onwettig is.

9. Indien op die ooreengekome tyd vir hervatting van spel -

a. die speler wat op die verseëlde skuif moet antwoord, teenwoordig is, moet die koevert oopgemaak, die verseëlde skuif op die skaakbord gemaak en sy klok begin word;

b. die speler wat op die verseëlde skuif moet antwoord, afwesig is, moet sy klok

begin word. As hy opdaag, moet hy sy klok stop en die arbiter ontbied. Die koevert moet dan oopgemaak en die verseëlde skuif op die skaakbord gemaak word. Sy klok moet dan weer begin word; of

c. die speler wat die skuif verseël het, afwesig is, mag sy teenstander sy skuif op

sy noteerblad aanteken, dit in 'n nuwe koevert verseël, sy klok stop en die afwesige speler se klok begin, in plaas daarvan om op die gewone wyse te antwoord. In so 'n geval moet die koevert aan die arbiter oorhandig word vir veilige bewaring en oopgemaak word wanneer die afwesige speler opdaag.

10. 'n Speler verloor die spel as hy meer as een uur laat vir hervatting van 'n

verdaagde spel by die skaakbord opdaag (tensy die reëls van die kompetisie of die arbiter anders bepaal). Indien die speler wat die verseëlde skuif gemaak het, egter laat kom, word die spel anders beslis indien -

a. die afwesige speler die spel wen op grond van die feit dat die verseëlde skuif 'n

skaakmat is; of b. die afwesige speler 'n gelykop spel veroorsaak op grond van die feit dat die

verseëlde skuif 'n pat is, of 'n posisie soos beskryf in Artikel 9.6 het op die skaakbord ontstaan; of

c. die speler by die skaakbord die spel volgens Artikel 6.10 verloor het.

11. a. Indien die koevert met die verseëlde skuif daarin verlê is, moet spel vanaf die

verdaagde posisie af voortgaan met kloktye soos aangeteken ten tye van die verdaging. Indien die tyd wat deur elke speler gebruik is, nie vasgestel kan word nie, moet klokke deur die arbiter gestel word. Die speler wat die skuif verseël het, maak die skuif wat hy na bewering verseël het.

b. Indien dit onmoontlik is om die posisie te herstel, word die spel nietig verklaar

en 'n nuwe spel moet begin word.

Page 35: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 32

12. Indien enige speler by die hervatting van spel, en voor sy eerste skuif, uitwys dat die gebruikte tyd op enige van die klokke verkeerd aangedui word, moet die fout reggestel word. Indien die fout nie op daardie stadium reggestel word nie, gaan spel sonder regstelling voort, tensy die arbiter voel dat die gevolge te ernstig gaan wees.

13. Die duur van elke sitting van spel moet volgens die arbiter se horlosie bepaal word.

Die begintyd en stoptyd moet vooraf aangekondig word.

Page 36: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 33

ALFABETIESE WOORDELYS

A

aanbod .................... 13, 14, 16, 22, 28 aankondig............... 15, 23, 24, 25, 30 aanval ..................... 4, 6 algebraïes ............... 13, 19 arbiter ..................... 1, 10, 11, 12, 14, 17, 22, 28, 29, 30

B

bedreig ................... 5 blitsspel .................. 19 bord ........................ 1, 2, 3, 7, 9, 10, 12, 13, 14, 16, 18, 23, 24, 25, 28, 29 bykomend ............... 10, 12, 13, 17

D

dame ....................... 2, 3, 4, 5, 18, 19, 22, 23 diagonaal ................ 2, 3, 4 dinktyd .................... 10, 15 doelbewus .............. 7

E

eindspel .................. 15, 22 eis ........................... 8, 12, 14, 15, 16, 18, 19, 23, 25 en passant .............. 4, 14, 21, 22

G

gedrag .................... 16 gelid ........................ 2, 3, 4, 5, 19, 21, 22 gelykop ................... 1, 9, 11, 13, 14, 15, 16, 18, 19, 22, 28, 29

H

hervat ...................... 11, 12, 15, 28, 29, 30

K

klok ......................... 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 19, 24, 25, 28, 29, 30 koning ..................... 1, 2, 5, 6, 7, 9, 11, 18, 19, 22 kontroleur ............... 24, 25

L

lokaal ...................... 12, 16 loper ........................ 2, 3, 4, 19

Page 37: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 34

M

mat .......................... 1, 6, 9, 11, 15, 22, 29

N

neem ....................... 3, 4, 7, 9, 14, 21, 22, 24 nota/noteer/skryf ... 13, 14, 16, 18, 19, 21, 22, 24, 25 noteerblad .............. 13, 16, 19, 22, 28, 29

O

ontleed .................... 16 onwettig .................. 7, 12, 19, 29 oorgee .................... 9, 16, 28 oorkruis .................. 4, 6

P

pat ........................... 9, 29 pion ......................... 2, 4, 9, 14, 19, 21, 22 promovering ........... 4, 11, 22

R

raak ......................... 7, 14, 18, 24, 25 rokeer...................... 5, 6, 7, 14, 18, 22, 23 ruil ........................... 4, 12, 18 ruiter ....................... 2, 4, 19, 21 ry ............................. 2, 3, 4, 19, 21, 23

S

snelspel .................. 18, 19 spelwyse................. 1 steur ........................ 16, 17 straf ......................... 11, 12, 16, 17

T

teenstander ............ 1, 3, 4, 5, 6, 7, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 22, 23, 24, 25, 28, 29

telling ...................... 16 toeskouer ............... 16, 17 toring ...................... 2, 3, 4, 5, 6, 7, 19, 22 tydsbeperking ........ 15, 25 tydsduur ................. 10, 11

Page 38: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 35

V

verdaag ................... 25, 28, 29 verloor .................... 1, 10, 11, 16, 17, 18, 29 versnel .................... 15, 22 verstel ..................... 7, 11, 13, 15 versteur .................. 12 vlag ......................... 10, 11, 13, 15, 18, 22, 24

W

wen.......................... 1, 9, 15, 16, 22, 29 wettig ...................... 7, 9, 11, 23

Page 39: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 1

TABEL VIR HIPERTEKS "en passant" Franse woord vir "in die verbygaan" (Eng.: while passing) j’adoube Franse woord vir "verstel" (Eng.: justing) rokeer rokering na die dameskant word soms "langkant" rokering genoem en

rokering na die koningskant word "kortkant" rokering genoem

Page 40: fideafr - MGS Chessmgschess.co.za/files/Generic/Fide Skaak Reels afrikaans.pdf · 3.9 Die koning word geag "in skaak" te wees wanneer dit aangeval word deur een of meer van die teenstander

2009 FIDE-reëls van Skaak Status: Voorlopig 2009 Uitgereik : 12-07-2010 Weergawe: 1.0 (Voorlopig) Bl. 2