16
JAARVERSLAG GATEWAY TO AGRICULTURE

GATEWAY TO AGRICULTURE - Agri-Expo · rika aangebied het. ... Agri-Expo en die Suid-Afrikaanse Nasionale Wyn-skouvereniging (SANWSV) word Qualité kase saam met Dubbel goud en Goue

Embed Size (px)

Citation preview

J A A R V E R S L A G

GATEWAY TO AGRICULTURE

INH

OU

DSO

PG

AW

EWynbedryf

SA JongwynskouVeritas

SuiwelbedryfSuid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe

Du Pont Qualité ToekenningsdineeWêreld Jersey Kaas Toekennings

SA Kaasfees

VeebedryfEerste Agri-Expo Livestock

Perdebedryf Lanzerac Ready to Run Veiling

Ready to Run VeilingCape Premier Jaaroud Veiling

Maart Jaaroud VeilingEmperor’s Palace Selektiewe Jaaroud Veiling

LedeskoueWes-Kaap Pluimvee Klubskou

Nasionale PluimveeskouWes-Kaap Veteraantrekker- en Enjinklub

JeugJeugskou

Landbouskole

Algemeen

Personeel

Finansies

Ten Slotte

BLADSY 1-2

BLADSY 3-6

BLADSY 7

BLADSY 8-9

BLADSY 10-11

BLADSY 12

BLADSY 13

BLADSY 14

BLADSY 14

BLADSY 14

WYNBEDRYF | 2015

W YNBEDRYF

Benewens die 17 SA Kampioene is die indrukwek-kende Generaal Smuts Trofee – wat in 1952 vir die eerste keer toegeken is – aan die SA Kampioen Jongwyn ook op die spel. Hierdie jaar het die Generaal Smuts Trofee aan Boland Kelder gegaan vir hul Chenin Blanc. Agri-Expo het die toeken-ningsgeleentheid by Grand West Casino aange-bied.

Inskrywings word deur spesialispanele van sewe beoordelaars geproe. Beoordelaars is wynmakers of wynkundiges met ʼn formele proe-kwalifikasie en spesialiskennis van spesifieke wynstyle. ʼn Agste junior beoordelaar per paneel is ingesluit om as toekomstige beoordelaars opgelei te word.

Agri-Expo het verder die inisiatief geneem en tien studente van die Universiteit van Stellenbosch en tien studente van Elsenburg Landboukollege genooi om die beoordeling en toekennigsgeleent-heid by te woon. Hierdie inisiatief het ten doel om die Jongwynskou aan jong, opkomende wynmak-ers te bemark.

1

S A J O N G W Y N S K O U

DIE SA JONGWYNSKOU BIED WYN-MAKERS DIE GELEENTHEID OM HULLE BESTE WYNE VAN DIE HUI-DIGE OESJAAR TE VERTOON.

Die skou dateer uit 1833 toe Kaap die Goeie Hoop

Landbougenootskap die eerste wynskou in Suid-Af-

rika aangebied het. Dit maak die SA Jongwynskou

die oudste wynkompetisie in Suid-Afrika.

Die missie van die SA Jongwynskou is om die kwaliteit

van wyne te beoordeel wat steeds in hulle kinder-

skoene is - in die jaar van produksie - voordat die wyne

finaal versny en gebotteleer word. Op hierdie wyse gee

die bedryf erkenning aan die produksievermoëns van ʼn

kelder. Min van hierdie wyne is te koop of reeds in hul

finale vorm ten tye van die beoordeling.

Die agt deelnemende wynstreke is Robertson,

Worcester/Breedekloof, Stellenbosch, Paarl, Oran-

je-Vaal, Olifantsrivier, Swartland en Klein Karoo en

kampioene word aangewys in die volgende

kategorieë:

Chenin Blanc, Sauvignon Blanc, Chardonnay, Sémil-

lon, ander Wit Kultivar, Droë Wit Versnit, Soetwyne,

Edellaatoes, Pinotage, Shiraz, Cabernet Sauvignon,

Merlot, Ander Rooi Kultivar, Droë Rooi Versnit, Port,

Dessertwyn en Muskadel.

Bolandkeldermeester,

Bernard Smuts,vier algehele

oorwinningby die 2014 SA

JongwynskouToekennings

WYNBEDRYF | 2015

W YNBEDRYF

Hierdie jaar het 1767 wyne en brandewyne mee-

geding vir Veritas glorie. Rooi versnitte, met 252

inskrywings, was die grootste klas, gevolg deur

Shiraz met 190 en Sauvignon Blanc met 189

inskrywings. Die kategorie vir brandewyn het 31

standaard en potgestilleerde brandewyne gelok.

Na vyf dae van strawwe beoordeling, is ‘n totaal

van 51 dubbel goud, 155 goud, 538 silwer en 601

brons medaljes toegeken.

KWV het weereens getriomfeer as beste wynpro-

dusent vir die vierde agtereenvolgende jaar, met 7

Dubbel goud en 10 goue medaljes. Spier het 7

Dubbel goud en 6 goue medaljes opgeraap,

gevolg deur Nederburg met 6 dubbel goud en 10

goue medaljes.

VERITAS / QUALITÉ KAASPROEË

Ter uitbreiding van die vennootskap tussen

Agri-Expo en die Suid-Afrikaanse Nasionale Wyn-

skouvereniging (SANWSV) word Qualité kase

saam met Dubbel goud en Goue Veritas wyne

tydens drie eksklusiewe proegeleenthede aan

ongeveer 1200 lede van die publiek bekendgestel.

Hierdie proeë vind plaas in Kaapstad, Johannes-

burg en Durban, en is ‘n uitstekende manier om

die Qualité merk as ‘n betroubare aanwyser van

suiwelkwaliteit in Suid-Afrika te bevorder.

2

V E R I T A S

DIE VERITAS WYNSKOU IS DIE TOONAANGEWENDSTE WYN-KOMPETISIE IN SUID-AFRIKA EN IS SINONIEM MET UITNEMENDHEID IN DIE WYNBEDRYF.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskouvereniging

(SANWSV), wat die organiseerders van die geleent-

heid is, verteenwoordig die volle spektrum van die

bedryf. Agri-Expo, as vennoot van SANWV , word op

die Raad verteenwoordig en borg die toekennings-

dinee.

Na twee dekades het Veritas sy reputasie as

Suid-Afrika se mees outoritêre en betroubare

kompetisie vir markklaar wyne verdien. Die

Toekennings, met die bekende Veritas embleem,

het sinoniem geword met top gehalte wyne. Die

eerste Nasionale Gebottelleerde Wynskou in

Suid-Afrika is in 1990 deur die SANWV aangebied en

is in 1991 na die Veritas Toekennings verander.

Charles Hopkins, voorsitter van Veritas, lewer sy toespraak tydens die dinee.

SUIWELBEDRYF | 2015

SUIWELBEDRYF

3

S U I D - A F R I K A A N S E S U I W E L K A M P I O E N S K A P P E

Die doel van die kampioenskappe is om voort-

durend die kwaliteit van suiwelprodukte te

verbeter, dit teen mekaar te meet en die toeken-

nings in bemarkingsveldtogte te gebruik. Die SA

Suiwelkampioene is die wenners in elk van die 95

klasse in die agt kategoriëe, naamlik kaas, botter,

joghurt, suiwel nageregte, maaskaas, roomys,

gegeurde en aangesuurde melk en suiwel doop-

souse. Die Qualité merk word toegeken aan

produkte van uitmuntende gehalte en die

algehele wenproduk word as die Suiwelproduk

van die Jaar aangewys.

Die Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe het op

11 Maart 2015 in die Kaapse Internasionale Konfe-

rensiesentrum plaasgevind en is deur 61 beoorde-

laars behartig. Die geleentheid is geborg deur Du

Pont en het geskiedenis gemaak met ‘n rekord getal

inskrywings van 879 produkte van 80 vervaardigers.

Beoordelaars is dit eens dat Suid-Afrikaanse

suiwelprodukte van uitsonderlike gehalte is en

alhoewel dit ‘n unieke kompetisie in Suid-Afrika is, is

dit steeds wêreldklasstandaard met uitstaande

kwaliteit produkte. Die belangstelling in die

kampioenskappe neem toe, met ‘n 17 persent

verhoging in deelname van vervaardigers, wat dui

op ‘n groeiende behoefte om hul produkte op ‘n

nasionale vlak te meet.

Agter - Johan Ehlers, HUB van Agri-Expo en organiseerder van die SA Suiwelkampioenskappe; Craig Cormack, Sjef: Goose Roasters; Kobus Mulder, Hoof Beoordelaar; Rudi Liebenberg, Uitvoerende Sjef: Mount Nelson; Ian Bergh, Sjef: De Grendel Restaurant; Christo Pretorius, Uitvoerende Sjef: Azure Restaurant. Voor – Tanja Kruger, Sjef: Makaron Restaurant; Pete Goffe-Wood, Sjef: Kitchen Cowboys; Abigail Donnelly, Redaktrise: Eat Out Tydskrif & Kosredraktrise: Taste Tydskrif; Darren Badenhorst, Uitvoerende Sjef: Grand Provence.

Francois Colyn van Clover SA beoordeel die kaas kategorie.

Charl du Plessis van Parmalat SA beoordeel die melkprodukte kategorie.

SUIWELBEDRYF | 2015

SUIWELBEDRYF

4

Voor vlnr: Kieran Quinn (DuPont), Marianne Hemmes (Foxenburg Estate), Tracey Falconer (Dalewood Fromage), Jolette Wilmont (Dalewood Fromage), Biyela Bulelwa (Parmalat SA), Leonore Daniels (Parmalat SA). Agter vlnr: Keith Steainbank (Fairfield Dairy), Jacques van de Haar (Marcel’s), Johan Ehlers (Agri-Expo), Ernest Slabber (Ladismith Cheese), Bruce Rowbotham (Fairview), Michael Visagie (Fairview)

Qualité is die merk van gehalte vir suiwelprodukte

in Suid-Afrika wat deur Agri-Expo ontwikkel is. Die

twaalf produkte wat vanjaar die toekenning

ontvang het, is 'n Baby Gouda van Ladismith Kaas,

Karoo Crumble van Langbaken Karoo Kaas, Renos-

terbos Estate van Foxenburg Estate, die Food

Lover's Market Lae Vet Botter Toffie Gegeurde

melk van Fairfield Dairy, Woolworths Tropical Fruit

Frozen Yoghurt van Marcel’s Frozen Yoghurt,

Hugenote vir 12 maande verouder van Dalewood

Fromage, Lanquedoc van Dalewood Fromage,

Woolworths Roomkaas Rollade van Fairview

Cheese Company, Woolworths Chevin met knoffel

en kruie uit Fairview Cheese Company, Salmon

Gegeurde Lae Vet roomkaas van Parmalat SA,

Simonsberg Lae Vet gerookte salm roomkaas van

Parmalat SA en Woolworths se 18 maande oue

verouderde wit Cheddar van Parmalat SA.

Marcel’s se bevrore joghurt het die top prestasie

behaal toe hulle alle kase, botter, roomys en melk

produkte oortref het en met die gesogte titel van die

2015 Suid-Afrikaanse Suiwelproduk van die Jaar vir

hul Woolworths Tropical Fruit Frozen Joghurt

weggestap het by die DuPont Qualité Toekennings-

dinee by Grand West Casino op Woensdag 22 April

2015. Die geleentheid is deur Du Pont geborg.

Dit is die eerste keer sedert die ontstaan van Qualité

toekennings in 2001 dat ‘n bevrore joghurt hierdie

toekenning kry. Wat dit so besonders maak is dat dit

in ‘n jaar gebeur waarin ‘n rekordgetal van 879

inskrywings van 80 produsente behaal is.

Een en sestig beoordelaars, wat bestaan uit sensoriese

evalueerders, vervaardigers, sjefs en kos skrywers het

'n uitdagende taak gehad om die 879 produkte in die

Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum op 11

Maart 2015 te beoordeel. Vyf en negentig van hierdie

produkte is as Suid-Afrikaanse kampioene gekroon en

twaalf het Qualité-toekennings verwerf.

D U P O N T Q U A L I T É T O E K E N N I N G S D I N E E

SUIWELBEDRYF | 2015

SUIWELBEDRYF

5

W Ê R E L D J E R S E Y K A A S T O E K E N N I N G S

Die beoordeling van die 4de Wêreld Jersey Kaas

Toekennings het op Vrydag, 12 September 2014 in

Stellenbosch plaasgevind. Dit is die eerste keer dat

hierdie kompetisie in Suid-Afrika aangebied is.

Kaasmakers van oor die wêreld was genooi om hul

kase, wat van 100% Jersey melk gemaak moet wees,

vir die kompetisie in te skryf. 66 Kase van Neder-

land, Denemarke, Suid-Afrika, VSA, Switzerland,

Italie, die Verenigde Koninkryk en Frankryk het in

agt (8) klasse meegeding.

‘n Kompetisie van hierdie aard, waar bederfbare

produkte onder spesifieke temperatuurbeheerde

toestande vervoer en hanteer moet word en aan

streng internasionale en Suid-Afrikaanse regulasies

moet voldoen, vereis ‘n hoë kundigheidstandaard.

Agri-Expo, as aanbieders van die jaarlikse en

wêreld-bekende Suid-Afrikaanse Suiwelkampioen-

skappe, het die kennis en stelsels ontwikkel wat

verseker het dat daar aan die hoë standaarde van

hierdie kompetisie voldoen kon word.

Die goue medaljewenners in elke klas het meege-

ding vir die gesogte titel van “Wêreld se beste

Jersey kaas”. ‘n Addisionele kategorie om die “Beste

gebruik van die Jersey handelsmerk” te bepaal, is

ook beoordeel. ‘n Toekenning wat in hierdie kom-

petisie gewen word, veral ‘n goue medalje, het ‘n

direkte impak op kaasprodusente se bemarkings-

geleenthede en verhoogde verkope.

Die samestelling van die beoordelaarspaneel vir die Wêreld se beste Jersey kaas het bekende kaas-makers, sjefs en sensoriese en tegniese kundiges ingesluit. Die hoofbeoordelaar was Kobus Mulder, ‘n internasionaal erkende kaasbeoordelaar. Die ander beoordelaars was James Godfrey van die Wêreld Jersey Bees Buro, Leonard Majampa, Kaasmaker en Fabriekbestuurder van die suiwelafdeling by Rhodes Food Group, Bruce Row-botham, Hoof Kaasmaker by Fairview Kase, Mark Pepper, Operasionele Bestuurder by Fair Cape Dairies, Alan Fourie, Senior Spesialis by DuPont Voeding & Gesondheid, Claire Goosen, Kaas Kultuur Spesialis en Verkoopsbestuurder by Lake Foods, Graham Sutherland, Spesialis Kaas Produk-siebestuurder by Simonsberg Kaas en Tanja Kruger, Hoofsjef by Majeka Huis se Makaron Restaurant .

Die beoordelaars van die kategorie “Beste gebruik van die Jersey Handelsmerk” was Kobus Mulder, James Godfrey, Gielie de Kock van Jersey SA, Johan Ehlers van Agri-Expo en Elma Brand van Agri Mega Groep. Die wenners is by die Nasionale Jersey Gala-aand en prysuitdelingsdinee op 19 September 2014 tydens die Agri Mega Week in Bredasdorp aangekondig word.

SUIWELBEDRYF | 2015

SUIWELBEDRYF

Die tema van innovasie het uitstallers geinspireer

om kreatiewe produkte by die fees bekend te stel.

Kasselshoop Chedder Melts is deur die publiek

aangewys as die Mees Innoverende Produk van die

2015 Suid-Afrikaanse Kaasfees.

Media vennootskappe het beslis die bemarking en

advertensiebegroting ‘n hupstoot gegee en media

dekking van meer as 17 miljoen rand is vir die fees

gegenereer. Sosiale media het skerp toegeneem,

met Facebook aanhangers wat van 6194 tot 7916

toegeneem het en Twitter volgelinge wat van 1113

tot 1665 toegeneem het.

Die Suid-Afrikaanse Kaasfees bly steeds die grootste

platvorm vir kaasmakers om hul produkte aan ‘n

gefokusde gehoor bekend te stel en markgroei te

stimuleer.

6

S A K A A S F E E S

BYKANS 30 000 KAASLIEFHEBBERS HET DIE 2015 SUID-AFRIKAANSE KAASFEES OP SANDRINGHAM IN STELLENBOSCH BYGEWOON. ‘N GELEENTHEID VAN HIERDIE OMVANG IS ‘N REUSE HUPSTOOT VIR DIE PLAASLIKE EKONOMIE EN IMPAKTEER BAIE VERDER AS NET DIE FEESGRONDE.

Feesgangers het ‘n wye verskeidenheid van meer as

400 kase geniet, wat wissel van nasionale handels-

merke tot unieke artisinale kase en dit is bemoedi-

gend om weereens nuwe handelsmerke by die fees

te sien. Galbani, wenner van die Beste Stalletjie

Toekenning in die Nasionale Kaaskategorie is ‘n

nuweling by die fees. 'n Nuwe toevoeging to vanjaar

se fees was die "Cape made: Taste the Alternatives"

- projek in samewerking met die Departement van

Landbou, Wes-Kaap. Weens die sukses van die ven-

nootskap sal dié projek in 2016 verder uitgebrei word.

SUIWELBEDRYF | 2015

VEEBEDRYF

BESOEKERS HET ʼn PRIMÊRE LANDBOU-ERVARING GEKRY, MAAR IS TERSELFDERTYD BLOOTGESTEL AAN DIE VERSKILLENDE PRODUKTE WAT DAARUIT VOORTVLOEI.

Demonstrasies van suiwel- en vleisprodukte was onderskeidelik in die Woolworths Suiwelspens en die Vleiskombuis aangebied. ʼn Melkbok inligtings-dag, wat op melkboktelers, opkomende boere, bokmelk prosesseerders en kaasmakers gefokus het, is op Vrydag, 7 November deur kundiges in die bedryf aangebied. Die sameroeper was Donald Mouton van Fairview, bekende leiersfiguur in die Melkbokindustrie.

Op Donderdag, 6 November, het die Wes-Kaap se Elite Suiwelboer van die Jaar Toekenningsdinee plaasgevind. Die geleentheid is deur SA Stamboek aangebied om uitnemendheid in die bedryf te beloon en te bevorder. Agri-Expo en Cadek Media het ʼn samewerkingsooreenkoms gesluit wat mee-bring dat Agri-Expo Livestock gesamentlik met Agriworks Landbou Expo aangebied word. Die twee skoue komplementeer mekaar en bied meer waarde aan produsente, uitstallers en besoekers.

7

E E R S T E A G R I - E X P O L I V E S T O C K

Agri-Expo Livestock is van 6-8 November 2014 op Sandringham aangebied en hierdie nuwe vertoon-venster vir die suiwel- en vleisbedrywe is reeds in sy aanvangsjaar as die goue standaard van die veebedryf gekenmerk.

Dié nuwe geleentheid het die ondersteuning van Telersgenootskappe soos Ayrshire SA, SA Holstein, Jersey SA, die Wes- en Suid-Kaap Angus Klub, sowel as die bedryfsorganisasies MPO (Melkpro-dusente-organisasie) en RPO (Rooivleis Produsente Organisasie) geniet.

Hoogtepunte was onder andere die Raskampioen-skappe met bykans 100 klasse waarin diere geskou is en die Santam Jeugskou wat in die Nova Skou Arena aangebied is. Die kroning van die Absa Suiwelkoningin van die Jaar en die BKB Rooivleis Koning en Koningin van die Jaar was die hoogtepunte van die geleentheid. Die BKB Rooi-vleiskoning is ‘n swart Angusbees (FG 12-132) van die Fredericksburg Angus Stoet in Franschhoek en die BKB Rooivleiskoningin is ‘n rooi Anguskoei (Vredenheim Nelmari) van Coenraad en Basie Bezuidenhout van die Vredenheim Stoet in Stellen-bosch. Beide stoeterye is bekend vir hul uitsonder-like diere wat jaarliks in die Wes-Kaap geteel word. Brett Puttergill van Puttergill Holsteins in Thornhill in die Oos-Kaap se Holsteinkoei (Puttergill Goldwin Sweety 969) is as die Absa Suiwelkoningin gekroon. Die span kundige beoordelaars was Mary Creek van Maryland, Washington DC in Amerika, Klasie Loubser van Vredenburg in die Wes-Kaap, Piet Delport van Sweizer Reineke in Noord-Wes, Niel Jansen van Rensburg van Secunda, Mpumalanga en Wikus van der Merwe van Bloemfontein, Vrystaat.

Die Puttergills met hul kampioen, die ABSA Suiwelkoningin

PERDEBEDRYF | 2015

PERDEBEDRYF

READY TO RUN VEILINGINANDA CLUB

SANDTON JOHANNESBURG: 30 OKTOBER 2014

Dit was die eerste keer dat CTS ‘n veiling in Gauteng

aangebied het en die eerste keer dat Agri-Expo in

Johannesburg gewerk het, alhoewel nie die eerste

keer buite die grense van die Wes-Kaap nie (2004

tot 2009 is veilings vir TBA in Natal aangebied). 146

Perde is in die katalogus aangeteken. Die galoppe

vir die Inanda veiling het op Summerhill Stoetplaas

in Natal plaasgevind, 10 dae voor die perde in Sand-

ton aangekom het.

‘n 1250m² Markiestent was op die Poloveld opgesit

waar die veiling plaasgevind het. Besigtiging van die

perde het ‘n week voor die veiling, wat op die

Vrydagaand geskied het, plaasgevind. Die totale

verkope was R24 680 000.00.

8

VEILINGS

Cape Thoroughbred Sales (CTS) het weereens vir

Agri-Expo gekontrakteer om vyf verskillende veilings

aan te bied. Agri-Expo was verantwoordelik vir die

logistiek en opstel van die veilings, sowel as die

welsyn en veiligheid van die perde voor, tydens en

na die veiling. CTS was verantwoordelik vir die

veiling. Alle transaksies is aangeteken en regstreek-

se web-uitsending was beskikbaar op CTS se

webblad terwyl die veiling plaasgevind het.

LANZERAC READY TO RUN VEILING

DURBANVILLE RENBAAN: 4 OKTOBER

181 Perde is in die katalogus aangeteken. Agri-Expo

het die galoppe Donderdag, 2 Oktober aangebied,

met Cape Thoroughbred Sales (CTS) wat ‘n spog

ontbyt in ‘n markiestent wat oor die 50m pylvak na

die wenstreep uitkyk, aangebied het. Die galoppe

was op video vasgelê en later op die CTS webblad

gelaai. Vrydag, 3 Oktober was die hoof besigtigings-

dag vir kopers en die veiling het op Saterdag, 4 Okto-

ber saam met die Kuda Rendag, plaasgevind. Die

gemiddelde verkope was R32 510 000.00.

PERDEBEDRYF | 2015

PERDEBEDRYF

9

CAPE PREMIER JAAROUD VEILING

KIKS, KAAPSTAD: 22 & 23 JANUARIE

Hierdie was die 5de herdenking van die veiling en

200 jaarlinge is in die katalogus aangeteken. Die

veiling gaan voort om in die Internasionale mark in

statuur te groei, selfs terwyl Suid-Afrika steeds

gekniehalter word met die skuif van perde na lande

soos Europa en Amerika. By tye van druk, moes

Suid-Afrikaanse perde onder kwarentyn geplaas

word en eers na Mauritius vlieg voor hulle na hul

bestemmings kon vertrek. Die huidige tendens vir

kopers is om by die veilings te koop, hulle vir die

begin van hul loopbaan te laat ren en dan eers te

assesseer of dit die moeite werd is om die perde na

die buiteland te skuif. Ten spyte hiervan is daar

steeds sterk belangstelling en buitelandse koopkrag

by die veilings. 2015 het ‘n nuwe Suid-Afrikaanse

rekordprys van R5 200 000.00 vir ‘n jaarling van

Highlands plaas gesien. Die totale verkope was ‘n

rekordbedrag van R120 450 000.00.

MAART JAAROUD VEILINGDURBANVILLE RENBAAN 22 MAART 2015258 Jaaroud perde is in die katalogus aangeteken vir die veiling wat op 22 Maart 2015 plaasgevind het. CTS het afrigters van oral oor Suid-Afrika genooi om die veiling by te woon. Die veiling groei elke jaar en hierdie jaar moes die geleentheid onder ‘n markietent aan die binnekant van die renbaan gehou word om voorsiening te maak vir die toename in besoekersgetalle. Die totale verkope het op R28 235 000.00 te staan gekom.

GAUTENG - 17 APRIL 2015Hierdie veiling was vir die top 123 Jaaroud perde wat te jonk was vir die Cape Premier Veiling by CTICC, maar steeds beoordeel was as “opveilbaar”. Die stalle was in die parkeerarea langs die D’oreale Grande Hotel en ‘n klein loopring was gebou vir die perde se oefensessies. Die veiling was aangebied op die grasperk van die 5 ster Hotel. Dit was voorwaar ‘n manjifieke tuin wat rondom die swembad gesentraliseer is. ‘n Dek was oor die helfte van die swembad gebou om die reuse bedouin te akkommodeer. Die totale opbrengs van die veiling was R44 450 000.00.

EMPEROR’S PALACE SELEKTIEWE JAAROUD VEILING

LEDESKOUE | 2015

LEDESK OUE

10

WES-KAAP PLUIMVEEKLUB SKOU

Die jaarlikse Wes-Kaap Pluimveeklub skou

kampioenskap is vanaf 13 tot 15 Junie 2015 te

Villiersdorp aangebied en ‘n totaal van 1 117

inskrywings is van 31 vertoners ontvang. Hierdie

inskrywings het 89 verskillende rasse hoenders,

ganse, kalkoene en eiers verteenwoordig.

Dit was die eerste keer dat hierdie Kampioenskap op

Villiersdorp aangebied was en vertoners was baie

beindruk met die uitleg en die veiligheid van die

skougronde.

Verskeie skole is ook uitgenooi om die skou by te

woon en leerders het die skou baie geniet. Hierdie

skou het vanjaar besonders groot belangstelling

onder die algemene publiek gelok en beoordelaars

was deurgans beindruk met die gehalte en kondisie

van die pluimvee. Agri-Expo is trots op die wyse

waarop die Wes-Kaap Pluimvee Klub skoupluimvee

en die rasegtheid van pluimvee bevorder.

Agri-Expo tree op as borg by 21 landbouskoue wat

lede is van die Genootskap en wat die beeld van

landbou in hul omgewing bevorder. Verskeie

Nasionale, Provinsiale en Streekskampioenskappe

van hoogstaande gehalte word jaarliks by hierdie

skoue aangebied. Diere en produkte verbeter

jaarliks en veral die Nasionale Kampioenskappe lok

groot belangstelling en ook internasionaal. Bene-

wens hierdie aanbiedinge is daar ook jeugskoue,

opkomende boer skoue en pluimveeskoue aange-

bied.

Agri-Expo het op 4 en 5 Junie vanjaar ‘n ledeskou-

konferensie te Stellenbosch aangebied. Die fokus

van vanjaar se konferensie was die uitdagings vir die

toekoms met ‘n nuwe jong generasie wat anders

dink en optree. Agri-Expo se personeel het gedagtes

en wenke aan skoue deurgegee oor hoe om hulself

beter te posisioneer tov sosiale media, wetgewing

en ander uitdagings vir die toekoms. Die konferensie

is goed ontvang deur afgevaardigdes en ‘n gees van

optimisme kon duidelik waargeneem word.

Die Algemene Jaarvergadering van ledeskoue het ook

tydens die konferensie op 5 Junie plaasgevind. Tydens

hierdie vergadering is skoudatums vir die komende

jaar, uitdagings in die skoubedryf en enige ander

geleenthede wat betrekking het op skoue bespreek.

Landbouskoue in die Wes-Kaap is ‘n integrale deel van

die gemeenskap op die platteland en vervul ‘n groot rol

om landbouprodukte teen mekaar te meet en so-

doende die kwaliteit daarvan te verbeter.

LEDESKOUE | 2015

LEDESK OUE

‘n Wisseltrofee vir die beste klein klub in die

Wes-Kaap is deur Agri-Expo aan die klub beskikbaar

gestel om as aansporing te dien vir die mees entoe-

siastiese klub. Vanjaar is hierdie trofee deur die

Ceres/Koue Bokkeveld Klub verower.

11

NASIONALE PLUIMVEESKOU

Wes-Kaap Pluimveeklub het hierdie Nasionale Kam-

pioenskappe in 2010 en 2013 aangebied en was

vanjaar weereens bevoorreg om hierdie prestige

skou aan te bied. Hierdie jaar is die skou op

Megapark, Bredasdorp aangebied.

97 Vertoners van reg oor die land het 3054

hoenders, ganse, eende, kalkoene en eiers

ingeskryf, wat 124 verskillende rasse verteenwoor-

dig het. Agri-Expo ondersteun jaarliks die Wes-Kaap

Pluimveeklub tydens hul skoue en is ook die beskerm-

heer van die klub.

WES-KAAP VETERAANTREKKER- EN ENJINKLUB

Die jaarlikse klubskou is op 8 en 9 Augustus 2014 op

Malmesbury aangebied. Hierdie organisasie bewaar

die geskiedenis van ons landboubedrywighede en

daarom tree Agri-Expo as borg op by die jaarlikse

skou. Vanjaar het meer as 3000 besoekers die

geleentheid gehad om ongeveer 200 veteraan

trekkers, 50 stilstaande enjins en ‘n groot hoeveel-

heid plaasimplemente en voertuie te sien. Vanjaar

was die tema “LANZ” en 22 van hierdie besonderse

Lanz trekkers is uitgestal. Die indrukwekkende

graanbedryf-uitstalling en die donkiebaler was baie

gewild.

‘n Wisseltrofee vir die beste klein klub in die Wes-Kaap is deur Agri-Expo aan die klub beskikbaar gestel om as aansporing te dien vir die mees entoesiastiese klub. Vanjaar is hierdie trofee deur die Ceres/Koue Bokkeveld Klub verower.

LEDESKOUE | 2015

J EUG

12

Agri-Expo tree op as hoofborg van die Wes-Kaap

Landbou Jeugvereniging. Hierdie is ‘n onafhanklike

organisasie wat hom beywer vir die bevordering van

landbou onder die jeug in die Wes-Kaap deur

middel van jeugskoue.

Sewe streek skoue is aangebied met 701 leerders

wat deelgeneem het, die meeste nog ooit in die

geskiedenis van jeugskoue in die Wes-Kaap. Hierdie

Streek skoue is aangebied by: Swellendam 146,

Eden 140, Cederberg 145, Overberg 56, Swartland

77, Herold 50 en Boland 87. Deelnemers moet by

hierdie streekskoue kwalifiseer om uitgenooi te

word na die Agri-Expo Wes-Kaap Kampioenskappe.

Leerders neem deel in die volgende afdelings:

• Swellendam: Vleisbees, Suiwelbees, Perde,

Melkbok, Wolskaap, Boerbok en Vleisskaap

• Eden: Vleisbees, Suiwelbees, Angorabok,

Wolskaap, Vleisskaap, Pluimvee en Perde

• Cederberg: Melkbok, Boerbok, Angorabok,

Wolskaap, Vleisskaap en Kullinêre Kuns

• Overberg: Vleisbees, Suiwelbees, Melkbok,

Wolskaap en Vleisskaap

• Swartland: Vleisbees, Wolskaap,

Vleisskaap, Melkbok, Boerbok en Angorabok

• Herold: Vleisbees, Suiwelbees, Wolskaap,

Vleisskaap, Boerbok, Melkbok en Angorabok

• Boland: Vleisbees, Boerbok, Angorabok, Perde,

Wolskaap, Vleisskaap en Melkbok

JEUGSKOUEOpleiding en ontwikkeling is vanjaar tydens ‘n sport-

dag by FD Conradie, Prins Alfred Hamlet aangebied

vir nuwe toetreders en belangstellendes en groot

belangstelling heers tans in hierdie streek.

Die Agri-Expo Wes-Kaap Jeugskou Kampioenskappe

is vanjaar op 30 April en 1 Mei te Clanwilliam

aangebied en die standaard van die deelnemers reg

oor die Wes-Kaap was van hoogstaande gehalte.

Altesaam 119 deelnemers het aan hierdie

kampioenskappe deelgeneem.

Die Nasionale Jeugskou Kampioenskappe is in

September 2014 te Vryburg, Noord-Wes aange-

bied. Die Wes-Kaap span het weereens vanjaar die

botoon gevoer en is vir die negende agtereenvol-

gende keer as die kampioene van hierdie kompetisie

gekroon.

LANDBOUSKOLE

Agri-Expo ondersteun jaarliks die drie landbouskole

in die Wes-Kaap met beurstoekennings tydens hul

prysuitdelings. Hierdie toekennings word aange-

wend vir leerders wat op akademiese en landbouge-

bied deur die jaar presteer het.

Die aanwending en bestuur van hierdie fondse is

vanjaar weer in diepte ondersoek en die uitkoms

was besonders positief. Agri-Expo het ‘n lang verbin-

tenis met hierdie drie landbouskole en glo dat

hierdie verhouding net van krag tot krag groei.

ALGEMEEN | 2015

ALGEMEENDie kongrestema “Die volhoubaarheid van vandag se Landbouskoue” is goed ontvang aangesien nuwe idees nodig is in die uitdagende skoubedryf reg oor die wêreld. Die kongres is deur die RASC se Presi-dent, HKH die Kroonprinses, Prinses Anne geopen met ‘n boodskap van hoop aan elke Landbouge-nootskap reg oor die statebond.

Die Hoof Uitvoerende Beampte, Mnr Johan Ehlers en die Kommoditeitsbestuurder, Mnr Breyton Milford het die kongres namens Agri-Expo byge-woon. Strategië om met veranderinge tred te hou, biosekuriteit, krisisbestuur tydens ‘n skou, optimale benutting en beplanning van skougronde en die relevansie van kompetisies in die 21st eeu was van die onderwerpe wat deur ‘n groep uitgelese spre-kers van reg oor die wêreld bespreek is.

Mnr. Breyton Milford is ook deur die Nuwe Genera-sie Forum aangewys om deel te neem aan ‘n paneelbespreking tydens die kongres wat spesifiek gefokus het op wat gedoen moet word om mense op die platteland te behou. Hier het hy die Suid-Afri-kaanse wynbedryf as ‘n voorbeeld gebruik waar wynboere kelders op hul plase vestig, toerisme bevorder en werk skep.

Die RASC het ten doel om landbougenootskappe van reg oor die statebond bymekaar te bring tydens hierdie twee-jaarlikse kongres om sodoende meer as 60 landbougenootskappe uit 25 lande bymekaar te bring om idees uit te ruil, te netwerk , oplossings te vind vir uitdagings in die skoubedryf en om die verhouding tussen landbougenootskappe sterker te maak. Die 27ste RASC konges sal in 2016 in Singa-pore plaasvind.

13

LANDBOUSKRYWERSVERENIGING

Agri-Expo is lid van die Wes-Kaapse tak van die Landbouskrywersvereniging en Porchia Adams, Korporatiewe Kommunikasiebestuurder, dien tans as onder-voorsitter van die tak. Agri-Expo was ook gasheer vir die 34ste Landbouskrywers SA jaarlikse nasionale BKB foto-kompetisie vir Landbou media. Al die logistieke reëlings en inskrywings vir die kompetisie word deur Agri-Expo personeel hanteer.

VROUE LANDBOUVERENIGING VAN KAAPLAND (VLVK)

Die VLVK se 85ste Jaarkongres is van 19-21 Augustus 2014 in Upington aangebied. Agri-Expo is ‘n trotse finansiële vennoot van die organisaise.

BEWARING

Agri-Expo ondersteun verskeie projekte van die WWF (World Wildlife Fund for Nature), onder andere die bewaring van die oewerkonyn, wie se voortbestaan deur landboupraktyke bedreig word. Die WWF was weereens een van die begunstigdes van die SA Kaasfees. Agri-Expo ondersteun ook die Eko-Skole program om leerders bewus te maak van bewaring in landelike gebiede.

ROYAL AGRICULTURAL SOCIETY OF THE COMMONWEALTH (RASC)

Agri-Expo is lid van die Royal Agricultural Society of the Commonwealth (RASC) en is vanjaar weereens uitgenooi na die 25ste kongres wat in Brisbane, Australië vanaf 21 tot 24 Oktober 2014 aangebied is.

PERSONEEL | 2015 14

PERSONEEL

FINANSIES

Agri-Expo het in die afgelope jaar strategiese personeelbesluite geneem na die bedanking van twee personeellede, me Mariana Rabie, Borgskap Adminis-trateur en me Lara Manig, Kliënte Ko-ordineerder. Me Elsa Visser is bevorder tot Kliënte Ko-ordineerder en ons verwelkom graag me Claudine Wagner met haar aanstelling as Geleentheidsassistent. Die pos van Borg-skap Administrateur was vakant teen die einde van die begrotingsjaar.

Ons wens graag me Porchia Adams geluk met haar aanstelling as eerste vroulike lid op Melk SA se raad sedert Januarie 2015.

Tydens die periode was daar talle veranderinge aan die portefeulje in ʼn poging om risiko faktore te diversifi-seer, asook bateklas allokasies aan te pas om die veranderende markomstandighede te akkommodeer. Die portefeulje het vir die 12 maande tot en met 30 Junie 2015 ʼn totale opbrengs van 8.32% behaal, terwyl die JSE oor dieselfde periode ʼn totale opbrengs van 4.79% behaal het.

Na aanleiding van ons versigtige uitkyk op die waar-dasies van plaaslike aandele, is dit belangrik om uit te lig dat die portefeulje die genoemde opbrengs behaal het met slegs ʼn 20% allokasie aan Suid-Afrikaanse aandele en ʼn addisionele 12% allokasie aan buitelandse aandele. Die beleggings was oor die tydperk goed geposisioneer om voordeel te trek uit die uitstekende opbrengste wat plaaslike en buitelandse eiendom die mark gebied het, met ʼn gemiddelde allokasie van tussen 5% en 8 % oor die periode.

TEN SLOTTE

Verskansingsfondse wat tans naby aan 30% van die portefeulje beslaan, floreer onder wisselvallige markomstandighede en het die grootste bydrae gelewer tot die totale opbrengs van die portefeulje.

Huidige marktoestande bied talle uitdagings vir Suid-Afrikaanse fondsbestuurders omdat ons eko-nomie so afhanklik is van buitelandse faktore.

Onder andere het kommoditeitspryse oor die genoemde periode onder geweldige druk gekom en die JSE RESI indeks het ʼn kommerwekkende 28.84% verloor vir die 12 maande tot en met 30 Junie 2015. Die verwagting dat rentekoerse in die Verenigde State van Amerika gaan verhoog, asook interne kwessies (soos die tekort aan elektrisiteit en onrus in ons land se arbeidsmark) het daartoe gelei dat die Rand onder geweldige druk gekom het die afgelope jaar en het in totaal met 13.52% teenoor die Amerikaanse dollar verswak. In ʼn poging om die gepaardgaande risiko van oormaat inflasie te bekamp, het die Reserwe Bank rentekoerse verhoog met 25 basis punte. Die verwag-ting is dat die land in ʼn opwaartse rentekoers siklus sal bly, ongeag die vooruitsig van sukkelende interne groei.

Die 2014/2015 begrotingsjaar het baie hoogtepunte en suksesse opgelewer en ons is trost op die prestasies wat behaal is en die nuwe hoogtes wat bereik is. Elke personeellid het meer as hul kant gebring en die span het met groot entoesiasme elke projek aangepak.

Ons sien uit na die jaar wat voorlê, veral al die nuwe projekte wat op ons wag, maar in besonder sien ons uit na die viering van ons 185ste bestaansjaar. Ons het ‘n ryk en trotse erfenis om op terug te kyk.