Upload
lengoc
View
219
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
Op Vrydag, 27 Augustus 2012, het mnr
Ritzema de la Bat uitgetree as Voorsitter van
die Raad van GISA.
Nadat die RGN besluit het om sy Afdeling
vir Genealogiese Navorsing in Pretoria te
sluit was hy instrumenteel daarin om die een-
heid van Pretoria na Stellenbosch te laat
verskuif. Dit is in 1998 as onafhanklike instituut
op die kampus van die Unversiteit van Stellen-
bosch gestig as die Genealogiese Instituut van
Suid-Afrika (GISA). Gedurende sy termyn as
voorsitter het GISA verskeie mylpale behaal.
Ons as genealogiese gemeenskap is hom groot
dank verskuldig vir die voltooiing van die Suid-
Afrikaanse Geslagregisters reeks (SAG), sowel
as die groot vordering wat gemaak is met die
opdaterings hiervan onder die titel Suid-
Afrikaanse Familieregisters (SAF), wat nou
reeds tot by Volume 20 (die letter K) strek. Ge-
durende sy termyn is onderhandelinge ook op
dreef gekry vir die digitalisering van kerkregis-
ters deur die Genealogical Society of Utah
(GSU/Family Search).
JULIE 2012 VOL. 1 UITGAWE 1
GISA NUUSBRIEF
GISA NEWSLETTER
.
RITZ DE LA BAT TREE UIT
AS VOORSITTER VAN GISA
Andrew Kok is vir die afgelope 20 jaar be-
trokke by die GGSA. Hy dien as voorsitter van
die Noord-Transvaaltak vir vier jaar (1998 –
2003), en gedurende sy termyn verskuif tak-
vergaderings na die Voortrekkermonument en
is hy verantwoordelik vir die vestiging van die
takbiblioteek en huisvesting van die Mark Tap-
ping versameling by die Erfenisstigting se
navorsingsentrum. Gedurende die tyd dien hy
ook vir twee jaar op die NUK as lid vir
Opleiding. Sedert 2009 dien hy ook as voor-
sitter van die Wes-Kaaptak van die GGSA. Uit
sy pen het Die Botha‟s van die Bad (1990) en
Cillié: Rhebokskloof en sy mense (2011)
verskyn.
Hy dien op die bestuur van die Hugenote
Vereniging van Suid-Afrika en sedert 2011
ook op die Raad van die Genealogiese In-
stituut van Suid-Afrika as die genomineerde
van die Hugenotetrust. Hy is so pas verkies
tot voorsitter van die Raad van GISA.
Andrew is getroud met Carin (néé du Toit)
en het twee kinders, Charl-Pierre en Elisna.
ONTMOET DIE NUWE
VOORSITTER
GISA staan egter nou voor „n hele aantal nuwe
uitdagings:
As nuwe voorsitter gaan ek my bes doen
om die groot skoene van Ritz de la Bat vol
te staan. Hy het diep spore getrap en sy
nalatenskap tot genealogie sal nog lank
onthou word.
Volhoubare finansiering vir nuwe projekte
sal een van die grootste uitdagings oor die
korttermyn bly.
Daar moet gepoog word om GISA meer
inklusief te maak en die fokus sal ook moet
verskuif na ander belangehouers binne die
genealogiese gemeenskap.
Verdere navorsing vir en voltooing van SA
Families sal nog prioriteit geniet.
Die grootste korttermyn doelwit is om die
gedigitaliseerde beelde van kerkregisters
op die Internet beskikbaar te stel en toe-
ganklikte maak vir „n wereldwye genea-
logiese gebruikersgemeenskap
Die doelwit van GISA moet dus steeds bly
om vir u as genealoë van diens te wees en u
te ondersteun in u navorsing. Slegs dan kan
GISA sy voortbestaan regverdig.
...vervolg
GISA Beheerraad vir 2012/13
Op die foto bo staan van links na regs:
Mev Petro Coreejes-Brink (Verteenwoordiger van die GGSA)
Mnr Dennis Malan (Verteenwoordiger van die Hugenote Vereniging)
Dr Andrew Kok (Nuutverkose voorsitter en verteenwoordiger van die Hugenotetrust)
Dr Mathilda Burden (Verteenwoordiger van die Universiteit van Stellenbosch)
Mnr Ritz de la Bat (Uittredende voorsitter)
Mev Juna Malherbe (Verteenwoordiger van die Hugenote Museum)
Mnr Nicol Geldenhuys (Bedryfshoof van GISA)
Mev Pauletta Joubert (Sekretaresse van die Raad)
Prof Christo Viljoen (Ondervoorsitter)
GISA BEHEERRAAD VIR 2012/13
Die eerste vier dele van die oorspronklike SAG (SA Genealogieë) reeks, dws vanne beginnende
met letters A tot K, is deur die Afdeling Genealogie van die RGN onderneem, waarna GISA die
res van die reeks (letters L tot Z) in drukformaat voltooi het. Sedertdien is die SAG reeks ook in
CD formaat vrygestel. Die eerste vier dele (A – K) (dws die RGN dele) se inligting is afgesluit
teen die middel van die 19de eeu, en die res van die reeks (L – Z) is deur GISA verder gevoer tot
aan die begin van die 20ste eeu en in 2009 voltooi.
Na voltooiing van die SAG reeks het GISA besluit om die eerste vier dele by te werk en uit te brei
tot ongeveer 1930. Die bygewerkte dele is bekend gestel as die SAF (SA Familieregisters) reeks.
Die reeks word net in elektroniese formaat op kompakskyf beskikbaar gestel. Tot op datum is
vanne A – K (uitgesluit J) reeds voltooi en in kompakskyfformaat met bemarking begin. Na on-
langse personeelwisselings by GISA is die kwaliteitsbeheermaatreëls van GISA nagegaan en is
vasgestel dat sommige van die kompakskywe vir die letters A - K vanaf meesters vervaardig is
wat nie voldoen aan GISA se aanvaarde hoë vlak van akkuraatheid nie (insoverre dit moontlik is
om “foutvrye” genealogiese registers te lewer). Omdat GISA „n hoë premie plaas op die akku-
raatheid van sy genealogiese produkte, is die betrokke CD‟s weer gekontroleer en ontfout. Om
verwarring te voorkom word die hele reeks her-uitgereik.
Regstellings is gemaak waar geslagsnommers foutief was, geslagte of gedeeltes van geslagte wat
ontbreek het, is bygevoeg, datums wat nie korrek was nie asook spelfoute is reggestel. Ook is
gedupliseerde inligting verwyder. Die geslagsnommers is ook weer bygevoeg aan die bokant van
elke bladsy asook die van en bladsy nommers. In die algemeen het die hoeveelheid inligting ver-
meerder weens die byvoeging van ontbrekende inligting. Alle persone wat reeds die ou SAF CD's
bestel en ontvang het, is reeds per e-pos in kennis gestel met 'n verduideliking en instruksies hoe
om die CD's te laat vervang met die hersiene weergawe. GISA vra om verskoning vir die ongerief
wat veroorsaak is hierdeur. Ons hoop egter dat u begrip sal hê daarvoor dat ons graag 'n gehalte
produk aan ons kliënte wil lewer.
SUID-AFRIKAANSE FAMILIES
NASLAANDIENS
Persone wat nie GISA se kantore kan besoek vir genealogiese navorsing nie, kan
nou vir GISA versoek om navorsing in opdrag namens hulle te doen teen 'n
tarief. U is welkom om u versoek te rig met soveel beskikbare inligting moont-
lik aan [email protected]
Banghoekweg 115
Stellenbosch
7600
Tel: (021) 8875070
Fax: (086) 723 7745
Posbus 3033
Matieland
7602