11
1 GKSA NUUSBROKKIES Sondag 19 Mei 2019 LIEF EN LEED Beterskapwense Ons bid vir almal wat operasies ondergaan het of tuis aansterk of nog vir ‘n operasie in die komende week moet gaan Gods seën op ‘n spoedige herstel toe. Hartlike gelukwense aan die volgende predikante/professore en eggenotes met hul verjaarsdae 18 Mei Ds SP Mentjies (Petrus) GK Monyakeng 18 Mei Ds DJ Maritz (Daniël) GK Pretoria-Brooklyn 18 Mei Mev EJA Pelser (Dalize), eggenote van ds AL Pelser (Abri) GK Bethlehem 18 Mei Mev L de Vries (Lanae), eggenote van dr BA de Vries (Brian) GK Pretoria-Annlin 18 Mei Mev R Myburgh (Roné), eggenote van ds LD Myburgh (Daniël) GK Venterstad 19 Mei Mev A van der Walt (Alvira), eggenote van ds AB van der Walt (Braam) GK Eden 19 Mei Mev B Coetzee (Barenda), eggenote van ds GC Coetzee (Gideon) GK Standerton 19 Mei Mev L Janse van Rensburg (Loraine), eggenote van ds R Janse van Rensburg (Reghardt) GK Reitz 21 Mei Ds JL van der Schyff (Jannie) GK Welkom 21 Mei Ds AH Steyn (Abel) GK Lydenburg 21 Mei Ds G Janse van Rensburg (Gerhard) GK Durban-Noord 21 Mei Mev YM Hattingh (Yvonne), eggenote van ds HB Hattingh (Bernard) GK Warmbad 21 Mei Mev AS de Villiers (Aletia), eggenote van ds SA de Villiers (Stephanu) GK Grootfontein 22 Mei Mev L Vermeulen (Lucia), eggenote van ds PJ Vermeulen (Peet) GK Wapadrant 23 Mei Mev E Dreyer (Erna), eggenote van ds TF Dreyer (Thomas) GK Randburg

GKSA NUUSBROKKIES - Wapadrant · onlangs gevra om deel te neem aan ‘n simposium van die “Assosiasie vir die Beskerming van Diere teen Mense” (ABDM) oor die rol van die mens

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: GKSA NUUSBROKKIES - Wapadrant · onlangs gevra om deel te neem aan ‘n simposium van die “Assosiasie vir die Beskerming van Diere teen Mense” (ABDM) oor die rol van die mens

1

GKSA NUUSBROKKIES

Sondag 19 Mei 2019

LIEF EN LEED

Beterskapwense Ons bid vir almal wat operasies ondergaan het of tuis aansterk of nog vir ‘n operasie in die komende week moet gaan Gods seën op ‘n spoedige herstel toe. Hartlike gelukwense aan die volgende predikante/professore en eggenotes met hul verjaarsdae 18 Mei Ds SP Mentjies (Petrus) – GK Monyakeng 18 Mei Ds DJ Maritz (Daniël) – GK Pretoria-Brooklyn 18 Mei Mev EJA Pelser (Dalize), eggenote van ds AL Pelser (Abri) – GK

Bethlehem 18 Mei Mev L de Vries (Lanae), eggenote van dr BA de Vries (Brian) – GK

Pretoria-Annlin 18 Mei Mev R Myburgh (Roné), eggenote van ds LD Myburgh (Daniël) – GK

Venterstad 19 Mei Mev A van der Walt (Alvira), eggenote van ds

AB van der Walt (Braam) – GK Eden 19 Mei Mev B Coetzee (Barenda), eggenote van ds

GC Coetzee (Gideon) – GK Standerton 19 Mei Mev L Janse van Rensburg (Loraine),

eggenote van ds R Janse van Rensburg (Reghardt) – GK Reitz

21 Mei Ds JL van der Schyff (Jannie) – GK Welkom 21 Mei Ds AH Steyn (Abel) – GK Lydenburg 21 Mei Ds G Janse van Rensburg (Gerhard) – GK

Durban-Noord 21 Mei Mev YM Hattingh (Yvonne), eggenote van ds

HB Hattingh (Bernard) – GK Warmbad 21 Mei Mev AS de Villiers (Aletia), eggenote van ds

SA de Villiers (Stephanu) – GK Grootfontein 22 Mei Mev L Vermeulen (Lucia), eggenote van ds PJ Vermeulen (Peet) –

GK Wapadrant 23 Mei Mev E Dreyer (Erna), eggenote van ds TF Dreyer (Thomas) – GK

Randburg

Page 2: GKSA NUUSBROKKIES - Wapadrant · onlangs gevra om deel te neem aan ‘n simposium van die “Assosiasie vir die Beskerming van Diere teen Mense” (ABDM) oor die rol van die mens

2

Hartlike gelukwense aan die volgende emeriti met hul verjaarsdae 20 Mei Mev C Spoelstra (Chris), eggenote van prof B Spoelstra (Bouke) –

TSP 20 Mei Ds PA Coetzee (Peet) – GK Potchefstroom 21 Mei Dr J le Roux (Johann) – GK Pretoria-Brooklyn 22 Mei Mev S Miskin (Sonja), eggenote van dr AG Miskin (Arthur) – GK

Rietvallei 23 Mei Mev FSC Duvenage (Frieda), weduwee van wyle dr B Duvenage

(Benoon) – GK Sasolburg 23 Mei Ds PJ van der Walt (Pieter) – GK Bethlehem 23 Mei Dr IL Bekker (Izak) – GK Hartbeespoort Hartlike gelukwense aan die volgende teologiese studente met hul verjaarsdae 13 Mei Adriaan Broodryk 14 Mei David Letebele 15 Mei Johann de Waal 16 Mei Xolisa Matrose

Gods ryke seën word u toegewens vir die nuwe lewensjaar (Ps 16:5, 6)

KERKLIKE ADMINISTRASIE

Beroepe ontvang

• Ds DJ Dykstra (Dirk) van Nigel na Hendrina/Carolina-kombinasie

ADMINISTRATIEWE BURO – FINANSIëLE JAAR 30 JUNIE 2019

Die finansiële jaar van die Administratiewe Buro eindig 30 Junie 2019.

Alle rekeninge ten opsigte van ramings, tydskrifte, boeke, advertensies en lenings moet asseblief op datum betaal wees

Page 3: GKSA NUUSBROKKIES - Wapadrant · onlangs gevra om deel te neem aan ‘n simposium van die “Assosiasie vir die Beskerming van Diere teen Mense” (ABDM) oor die rol van die mens

3

BEVESTIGING

Die bevestiging van proponent HJ Coetzee (Herman) vind op Saterdag, 25 Mei 2019 by GK Amanzimtoti plaas. Ds OA Oosthuizen (Ockert) van GK Rustenburg-Wes sal die bevestiging behartig.

PROPONENTE BEROEPBAAR GESTEL

Proponent JC Potgieter (JC) Sel: 079 525 2507 E-pos: [email protected]

Proponent JD Mienie (Juan) Sel: 083 566 6550

E-pos: [email protected]

Proponent R Steyn (Ruan) Sel: 072 818 4439 E-pos: [email protected]

Page 4: GKSA NUUSBROKKIES - Wapadrant · onlangs gevra om deel te neem aan ‘n simposium van die “Assosiasie vir die Beskerming van Diere teen Mense” (ABDM) oor die rol van die mens

4

Proponent G Mushayabasa (Godwin) Sel: 072 844 6754

E-pos: [email protected]

Proponent W Chipenyu (Wilbert)

Sel: 078 731 1225 E-pos: [email protected]

Proponent P Mkupa (Phumlani) Sel: 078 335 8753 E-pos: [email protected]

Beroepbaarstelling kragtens KO, art 11 Ds TP Diphoko (Thapelo) Sel: 081 493 8260 / 076 423 5686 E-pos: [email protected]

Page 5: GKSA NUUSBROKKIES - Wapadrant · onlangs gevra om deel te neem aan ‘n simposium van die “Assosiasie vir die Beskerming van Diere teen Mense” (ABDM) oor die rol van die mens

5

BYBELWINKEL

Koop Bybels aanlyn by die Bybelgenootskap - teen kosprys! Vanaf Maandag, 13 Mei 2019 sal BSA se e-handelswebwerf beskikbaar wees om mense te help om Bybels direk aanlyn te koop. Dit is 'n opwindende ontwikkeling wat sal dien om ons missie verder uit te brei en te versterk nl: Vir die afgelope 200 jaar help die Bybelgenootskap van Suid-Afrika alle Suid-Afrikaners deur hulle van bekostigbare Bybels, in hul hartstaal en in geskikte formate, te voorsien. Besoek ons by www.bybelgenootskap.co.za - 'n Eenvoudige "kliek" op die relevante skakels op ons webwerf op "Koop nou" en dan "Bybelwinkel" sal kopers dadelik koppel met ons aanlynwinkel. En nog steeds gratis aflewerings, vir bestellings meer as R350. Ons vertrou dat u die geleentheid sal kan gebruik om maklik en vinnig u Bybelbehoeftes aan te spreek. Seëngroete Hennie Dekker Skakeldeputaat: Bybel

Page 6: GKSA NUUSBROKKIES - Wapadrant · onlangs gevra om deel te neem aan ‘n simposium van die “Assosiasie vir die Beskerming van Diere teen Mense” (ABDM) oor die rol van die mens

6

“O, AARDE!” FLITS 11 “WAT IS ‘N MENS?”

Weens sy bekendheid vir sy passie vir die bewaring van die natuur en omgewing is dr Henk Strooiprater, mondstuk van die GKSA se Deputate vir die Omgewing, onlangs gevra om deel te neem aan ‘n simposium van die “Assosiasie vir die Beskerming van Diere teen Mense” (ABDM) oor die rol van die mens in die skepping, natuur en omgewing. In ‘n vorige gesprek (“O, Aarde!”-Flits 3) met die Bestuur was dr Strooiprater verstom deur hulle konsensus dat die mens as gevolg van sy ongebreidelde voortplanting en verbruikerskultuur die grootste bedreiging vorm vir die ingeskape fyn balans tussen al die skeppingselemente waardeur die welsyn van die geheel verseker word. Na afloop van die onlangse simposium het die sekretaris van ABDM ‘n onderhoud met dr Strooiprater aangevra met die oog op ‘n artikel wat hy in hulle maandblad wil publiseer. Hieronder volg ‘n samevatting van die onderhoud. Mnr Sekretarisvoël: Doktor, ons diere het altyd groot ontsag vir mense gehad omdat hulle so anders was: hulle was slimmer as ons, het merkwaardige uitvindings gemaak en werktuie vervaardig, hulle was onbetwisbaar magtiger as ons. Maar nou begin ons twyfel: het mense dan nou hul posisie as beheersers en beskermers van die natuur prysgegee? Watter ander verklaring kan daar wees vir die skade en ontwrigting wat mense aan die natuur en die skeppingsbalans aanrig? Strooiprater: Albei opmerkings is in die kol! Hoewel mense in baie opsigte met diere ooreenkom, het die Skepper hulle tog gemaak om anders te wees – soos ons leer uit die Bybel, die boek waarin die Skeppergod Homself en sy bedoeling vir die skepping bekendmaak (soos in Psalm 8 verse 5-9: “wat is ‘n mens…”) . Hy het die mens gemaak as sy verteenwoordiger en bestuurder van alle geskape dinge. Daarom het Hy die mens ook met “ ‘n lewende siel” toegerus en is mense “na sy beeld” gemaak: hulle kan ‘n verhouding met Hom hê, redeneer en dinge uitdink, hulle het gewetens waardeur hulle tussen reg en verkeerd, goed en sleg moet onderskei. Hulle is seksueel ook anders as diere: hulle kan enige tyd seks hê – nie bloot vir voortplanting of hormoon- en instinkgedrewe, ongebonde nie, maar verantwoordelik: volgens Godgegewe norme om ook Godegewilde liefde en genot te ervaar. Maar ongelukkig kon mense ook sondig, God se wil en norme oortree – en dit het hulle gedoen! Daardeur het hulle die beeld van God geskend en hulle hoë posisie misbruik: in plaas van hulle seksualiteit verantwoordelik te beoefen en die skepping te bewaar, het hulle beide geëksploiteer, die skeppingsbalans versteur, as hul eie klein godjies opgetree. In baie opsigte het hulle soos diere geword – net gevaarliker! Mnr Skretarisvoël: Dis ‘n merkwaardigte verduideliking en erkenning, Doktor! Strooiprater: Ons kan dit doen omdat ons gewetens ons aankla as ons sondig, God se wil en norme oortree. Ons noem dit “belydenis”: ‘n erkenning voor God en andere van ons skuld. Mnr Sekretarisvoël: Maar gaan julle ook dinge regmaak? Belydenis is nie genoeg nie! Strooiprater: U is weereens reg! Daar is ‘n wêreldwye golf van opstand teen wat die mens aan die skepping doen en hul eie voortbestaan bedreig deur onverantwoordelike voortplanting en misbruik van die natuur deur ons weggooi- en verbruikerskultuur. Maar ongelukkig neig daardie golf om, soos so baie menslike

Page 7: GKSA NUUSBROKKIES - Wapadrant · onlangs gevra om deel te neem aan ‘n simposium van die “Assosiasie vir die Beskerming van Diere teen Mense” (ABDM) oor die rol van die mens

7

ondernemings, ook die spoor byster te raak: die natuur en skepping word gedien in plaas van die ware Skeppergod wat alles volgens sy wil en plan tot sy eer geskep het – en so wil laat funksioneer. Tog word terselfdertyd die oorspronklike Godgegewe posisie van die mens met sy rol en spesiale verantwoordelikhede ontken! Die mens word bloot as net nog ‘n dier gesien. Daarom, by voorbeeld, word miljoene babatjies van mense “wettig” deur aborsie doodgemaak, maar word daar luidkeels geprotesteer as oulike welpies van robbe wat tot groot skade van die seelewe aan die Namibiese kus onbeheersd vermeerder, deur mense op ‘n verantwoordelike manier geoes word! Mnr Sekretarisvoël: Maar die getallegroei van mense moet tog beperk word!? Dr Strooiprater: Reg! Maar dit gaan om die “hoe?”. Eerstens deur selfbeheersing. Mense, as God se verteenwoordigers en beelddraers, mag nie deur hulle hormone, instinkte, drange en luste oorheers word nie. Hulle moet hul seksuele behoeftes bevredig binne die Godgegewe raamwerk daarvoor: ‘n lewenslange liefdesverbond tussen een man en een vrou - en binne hul vermoëns om die gevolge daarvan te hanteer (om vir hul nageslag te sorg). Tweedens: God het die mens geskep met besondere vermoëns om die lewe makliker en vreugdevol te maak deur tegnologie en wetenskaplike uitvindings. Deur sy genade is daar dus middele uitgevind en beskikbaar gestel om siektes te bestry en meer en beter kos te kweek – maar ook om te voorkom dat die uitlewing van Godgegewe seksualiteit onbeheerbare getallegroei tot gevolg het. U sien dus dat ongebreidelde getallegroei die gevolg is van mense wat hul Godgegewe voorregte en posisie verruil vir ‘n lewenstyl en lewenshouding wat nie verskil van die van diere nie – en dan word hulle erger as diere in die skade wat hulle in God se skepping aanrig! Mnr Sekretarisvoël: Maar hoe kan julle hierdie ontsporing regstel en God se bedoelde balans en funksionering van die skepping herstel? Strooiprater: Deur die getuienis van mense wat volhardend en op relevante maniere die ware God as Skepper en Onderhouer van alles erken en wil dien, wat protesteer teen die vergoddeliking en verdierliking van mense en die verskriklike gevolge daarvan erken en uitwys. Belangriker nog is dat hulle ook aandring op ‘n eenvoudige leefstyl ingestel op die beskerming, herstel en handhawing van die Godgegewe balans as voorwaarde vir die sinvolle en volhoubare lewe van mense, diere, plante en alle lewende organismes. Samevattend: mense moet weer verstaan wie en wat hulle is – en dit kan hul alleen uit die Bybel leer! Mnr Sekretarisvoël: Dankie, Doktor! Julle is anders as ons: bevoorreg, maar julle dra baie swaar aan julle verantwoordelikhede! (Flits deur DC Coetsee)

Page 8: GKSA NUUSBROKKIES - Wapadrant · onlangs gevra om deel te neem aan ‘n simposium van die “Assosiasie vir die Beskerming van Diere teen Mense” (ABDM) oor die rol van die mens

8

FONDSINSAMELINGS / FUNKSIES / FEESVIERINGE

GEREFORMEERDE KERK TRINITAS WORD 10!

Kom vier ons dag saam op

SATERDAG, 25 MEI met 'n heerlike KUIER-KERMIS!

Adres: H/v Pietersenstr. en Piet Retief Blvd

KONTAKNOMMERS:

Charles Conroy 083 304 0323 Hestie Venter 083 649 8372 Kerkkantoor: Elsabé Muller 016 982 5017 / 072 487 4258

Die volgende word aangebied:

- 'n Padwedloop - Speletjies

- Witolifanttafel - Kerrie en rys, pannekoek, worsbroodjies en verskeie potjiekosse

- Poeding, koek, tert en lekkergoed vir die soettand - Koffie vir die winterkoue!

- Plantetafel - Vleistafel

- Handwerkitems - 'n Oase vir dors lafenis!

Page 9: GKSA NUUSBROKKIES - Wapadrant · onlangs gevra om deel te neem aan ‘n simposium van die “Assosiasie vir die Beskerming van Diere teen Mense” (ABDM) oor die rol van die mens

9

24 EN 25 MEI 2019 GK LYTTELTON

7 JUNIE 2019

GK PRETORIA

Page 10: GKSA NUUSBROKKIES - Wapadrant · onlangs gevra om deel te neem aan ‘n simposium van die “Assosiasie vir die Beskerming van Diere teen Mense” (ABDM) oor die rol van die mens

10

LING

Page 11: GKSA NUUSBROKKIES - Wapadrant · onlangs gevra om deel te neem aan ‘n simposium van die “Assosiasie vir die Beskerming van Diere teen Mense” (ABDM) oor die rol van die mens

11

GEDAGTE VIR DIE WEEK

Aan God, die Vader van ons Here Jesus

Christus, kom al die lof toe! Hy het

ons in Christus geseën met al die seëninge

van die Gees wat daar in die hemel is. So

het Hy, nog voordat die wêreld geskep is,

ons in Christus uitverkies om heilig en

onberispelik voor Hom te wees. In sy liefde

het Hy ons, volgens sy genadige beskikking,

toe ook al daarvoor bestem om deur

Jesus Christus sy kinders te wees. Daarom

moet ons God prys vir sy wonderlike

genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons

geskenk het.

Efesiërs 1:3-6