4
VANOGGEND SE DIENS “ONS VADER WEET” MATT 6 V 25 - 34 (DR WILHELM BURGER) Vadersdag: Hoe onthou jy jou pa? Jou herinneringe beïnvloed jou verstaan van God as Vader. Soms sukkel ons om God reg te verstaan. Jesus help ons hiermee deur te vertel hoe sorgsaam ons hemelse Vader is. Hy wéét selfs wat ons nodig het! As ons dit verstaan, ver- ander dit die fokus van ons hele lewe. Die doop is be- doel om ons daarmee te help. Welkom vier ouerpare! HARTLIK WELKOM Stel jouself ‘n rustige woonbuurt voor. Dit is laat middag en die kinders speel nog veilig op straat. Een van die moeders roep haar seun: “Kom huistoe, pappie het gekom”. Die seun hardloop opgewonde huistoe en om- hels sy vader. Die ander speel nog aan. Nóg ‘n moeder roep en nóg ‘n kind hardloop huistoe. En so verdwyn die kinders behalwe een. Sy ma het hom nog nie geroep nie, want daar is nie ‘n pa nie. Wie wil nie speel nie? Maar wie wil nie huistoe geroep word omdat pa gekom het nie . . .? En wie is hierdie vaders wie na ons kinders met oop arms hardloop? Dit is die vaders wat sê: Vandag wil ek meer doen as my kinders leer, ek wil hulle inspireer. Vandag wil ek meer doen as droom, ek wil doen. Vandag wil ek meer doen as net gee, ek wil dien. Vandag wil ek meer doen as vriendelik wees, ek wil vriend wees. Vandag wil ek meer doen as vergewe, ek wil vergeet. ‘n Geseënde Vadersdag! Baie welkom. Em onthou - God is vir ons almal ’n vader. Ons kan enige tyd na Hom toe gaan! Hy verwelkom dit! TEKS VIR DIE KOMENDE WEEK (So. 22 Junie) LEES NUMERI 24. DR CLIFFORD HEYS Die koning van die Moabiete (Balak) sien die trekkende Is- raeliete wat deur sy land trek. Die koning huur ‘n siener - ene Bileam (die een met die pratende donkie). Bileam moet die Is- raeliete vloek, maar dan kom daar ‘n seën uit sy mond ipv ‘n vloek. Lees 22:6 - Bileam sien die Israeliete soos “aalwyne wat deur die Here aangeplant is”. Die aalwyne staan vandag in blom. Watter boodskap dra hierdie aalwyne oor aan jou? Wat simboliseer ‘n aalwyn? Hoekom is Onrusrivier se Gemeente soos aalwyne? Bespreek en vergelyk mekaar se waarneming en afleidings. Dr Clifford sal DV So. meer van die aalwyne vertel. DEURKOLLEKTE: SIN KOLL : JEUGWERK 15:30 Groep vir enkellopendes in Dienssentrum sitkamer. (Kontak Hannie Koch by 028 316 1595). Kom sluit by hierdie groep aan. Dit is spesiaal vir mense wat op ‘n Sondagmiddag alleen voel en ‘n behoefte het aan geselskap. Die groep soek ‘n naam: Kom help hulle om ‘n naam te vind en kom ontspan sommer saam! Wees Lig! Hartklop 15 Junie 2014 Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles SPESIALE WELKOM AAN DOOPOUERS VANOGGEND Johann en Jana Sprong met Anlia. Martin en Nina Jansen met Daniël Frederick. Herman en Melissa Redelinghuys met Johan. Eugéne en Louise Vosloo met Laurens Sebastian. Ons bid elke gesin Abba Vader se seën.

Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · Nóg ‘n moeder roep en nóg ‘n kind hardloop huistoe. En so verdwyn die kinders behalwe een. Sy ma het hom nog ... inspireer. Vandag wil ek meer

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · Nóg ‘n moeder roep en nóg ‘n kind hardloop huistoe. En so verdwyn die kinders behalwe een. Sy ma het hom nog ... inspireer. Vandag wil ek meer

VANOGGEND SE DIENS “ONS VADER WEET” MATT 6 V 25 - 34

(DR WILHELM BURGER)

Vadersdag: Hoe onthou jy jou pa? Jou herinneringe

beïnvloed jou verstaan van God as Vader. Soms sukkel

ons om God reg te verstaan. Jesus help ons hiermee

deur te vertel hoe sorgsaam ons hemelse Vader is. Hy

wéét selfs wat ons nodig het! As ons dit verstaan, ver-

ander dit die fokus van ons hele lewe. Die doop is be-

doel om ons daarmee te help. Welkom vier ouerpare!

HARTLIK WELKOM

Stel jouself ‘n rustige woonbuurt voor. Dit is laat middag

en die kinders speel nog veilig op straat.

Een van die moeders roep haar seun: “Kom huistoe, pappie het gekom”. Die seun hardloop opgewonde huistoe en om-

hels sy vader. Die ander speel nog aan.

Nóg ‘n moeder roep en nóg ‘n kind hardloop huistoe.

En so verdwyn die kinders behalwe een. Sy ma het hom nog

nie geroep nie, want daar is nie ‘n pa nie.

Wie wil nie speel nie?

Maar wie wil nie huistoe geroep word omdat pa gekom het

nie . . .?

En wie is hierdie vaders wie na ons kinders met oop arms

hardloop?

Dit is die vaders wat sê:

Vandag wil ek meer doen as my kinders leer, ek wil hulle inspireer. Vandag wil ek meer doen as droom, ek wil doen.

Vandag wil ek meer doen as net gee, ek wil dien.

Vandag wil ek meer doen as vriendelik wees, ek wil vriend wees. Vandag wil ek meer doen as

vergewe, ek wil vergeet.

‘n Geseënde Vadersdag!

Baie welkom.

Em onthou - God is vir ons almal ’n vader. Ons kan enige

tyd na Hom toe gaan! Hy verwelkom dit!

TEKS VIR DIE KOMENDE WEEK (So. 22 Junie)

LEES NUMERI 24. DR CLIFFORD HEYS

Die koning van die Moabiete (Balak) sien die trekkende Is-

raeliete wat deur sy land trek. Die koning huur ‘n siener - ene

Bileam (die een met die pratende donkie). Bileam moet die Is-

raeliete vloek, maar dan kom daar ‘n seën uit sy mond ipv ‘n

vloek. Lees 22:6 - Bileam sien die Israeliete soos “aalwyne wat

deur die Here aangeplant is”.

Die aalwyne staan vandag in blom. Watter boodskap dra

hierdie aalwyne oor aan jou? Wat simboliseer ‘n aalwyn?

Hoekom is Onrusrivier se Gemeente soos aalwyne?

Bespreek en vergelyk mekaar se waarneming en afleidings.

Dr Clifford sal DV So. meer van die aalwyne vertel.

DEURKOLLEKTE: SIN KOLL : JEUGWERK

15:30 Groep vir enkellopendes in Dienssentrum sitkamer. (Kontak Hannie Koch by 028 316 1595). Kom sluit by hierdie groep

aan. Dit is spesiaal vir mense wat op ‘n Sondagmiddag alleen voel en

‘n behoefte het aan geselskap. Die groep soek ‘n naam: Kom help

hulle om ‘n naam te vind en kom ontspan sommer saam!

Wees Lig!

Hartklop 15 Junie 2014

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

SPESIALE WELKOM AAN

DOOPOUERS VANOGGEND

Johann en Jana Sprong met Anlia.

Martin en Nina Jansen met

Daniël Frederick.

Herman en Melissa Redelinghuys

met Johan.

Eugéne en Louise Vosloo met

Laurens Sebastian.

Ons bid elke gesin Abba Vader se seën.

Page 2: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · Nóg ‘n moeder roep en nóg ‘n kind hardloop huistoe. En so verdwyn die kinders behalwe een. Sy ma het hom nog ... inspireer. Vandag wil ek meer

MA. 16 JUNIE DI. 17 JUNIE WO. 18 JUNIE

JEUGDAG

Sopkombuis

10:00-12:00 Kliniek (Dienssentrum). Maak ‘n

afspraak by sr. Calitz (073 152 5623) vir

bloeddruk, suikertoetse ens. en kom drink ‘n

lekker koppie tee of koffie voor die TV.

08:00 Voete– & hande versorging. Maak

asb ‘n afspraak by Marilyn 082 532 6931.

10:00-11:30 Trimgim in Anneks.

11:00-13:00 Klerekas

18:00-19:30 Lofdanse oefening.

18:00-19:00 Egskeidings Ondersteun-

ingsgroep in die Gebedskamer.

DO. 19 JUNIE VR. 20 JUNIE SA. 21 JUNIE

10:00 Praatjie deur Elzette Nell oor

“wat gebeur alles in die omgewing van On-

rusrivier deur gemeenskapbetrokkenheid”

in die Sitkamer. Geniet tee/koffie voor

die tyd.

16:00 Gesamentlike gebed by Mt Plsnt.

9:30-11:30 Kolwyntjie Teetuin

@ Dienssentrum is oop.

Kom kuier saam met ons.

VANDAG BID ONS VIR ALLE FAMILIES - VIR

EENHEID, LIEFDE, GEDULD, RESPEK EN ‘N

VERSTAAN VAN MEKAAR.

WAT GEBEUR SONDAG 22 JUNIE ?

09:00 Erediens: Dr Clifford Heys

gaan voor. Welkom!

Sin Koll. RAMOT

WYKE DIENSBEURTE

Gebed (Konsistorie) (Wyk 22)

Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 11)

SIEKTE & NOOD

Vader - Abba Vader, dankie dat ons

nogsteeds op Vadersdag kan sê:

Gelukkig Vadersdag, al het ons nie

meer ‘n aardse pa nie. Dankie dat

ons weet ons is nooit alleen nie en

dat U hand van beskerming en sorg

altyd oor ons is - net soos ‘n aardse

pappa dit sou doen. Dankie dat ons

hierdie intieme verhouding met U

kan en mag hê deur Jesus Christus,

ons ouer broer, wat dit moontlik

gemaak. Amen.

Ons Vader in die hemel, ons staan aan die begin van ‘n nuwe week en ons wil graag die ou sondige mens soos vuil

klere uittrek en die nuwe lewe leef. Ons wil ontslae raak van alle bitterheid, woede, wraak-gedagtes, geskel en gevloek en eerder in vrede leef met mekaar. Help ons om mekaar te vergewe op grond van wat Jesus vir ons gedoen het. Help ons om ook ‘n lewe van liefde te leef.

Ons Vader in die hemel, help ons om nie soos dwase te lewe nie, maar dat ons sal probeer om uit te vind wat U wil is. Dat

ons elke geleentheid sal benut en die Heilige Gees sal toelaat om ons lewe vol te maak, sodat ons kan sing en jubel met ons hele hart, tot U eer. Ons dank U in die Naam van Jesus Christus vir alles wat U vir ons gee.

Ons Vader in die hemel, ons dank U dat U ons saam met Christus lewend gemaak het. Dankie Vader dat alles

onder Sy beheer is en dat Hy ook deur U, as hoof van die Kerk aangestel is. Ons bid vir wysheid en insig om te besef hoe groot U krag is wat U gebruik in ons wat glo. Uit ons self is ons niks, want ons is in alles so afhanklik van U. Dankie vir U liefdevolle genade.

Ons Vader in die hemel, U roep ons elkeen om U dissipel te wees en daarom bid ons dat U ons sal help dat ons

roeping ons leefstyl sal bepaal. Help ons Vader, om met geduld en sagmoedigheid mekaar in liefde te verdra. Help ons om mekaar te ondersteun en mekaar se laste te help dra - mense wat arm en honger is, die wat treur, die wat pyn en lyding verduur - so doen ons dit aan U.

Ons Vader in die hemel, ons wil aan die end van hierdie week ons beklee met U gevegstoerusting en so ons krag vind in

ons verhouding met U. Help ons om die waarheid; U vryspraak; die bereidheid om die Goeie Nuus van vrede te verkondig; die geloof; die verlossing wat U skenk; en U Woord - as wapenrusting aan te trek sodat U gees ons kan lei om onder alle omstandighede paraat te wees.

Bets Liebenberg

Rina vd Westhuizen

Andries v Niekerk

Neil Human

Ras & Cissy Coetzee

Sarie v Staden

Lorraine Fourie

Dirk Coetzee

Tokkie Vorster

Jeanette Kotzé

Hybré Lombard

Deon Smith

Ons bid spesiaal vandag

vir ons al die jeug in Her-

manus. Ons bid vir be-

skerming teen slegte

invloede soos dwelms en

druk van ‘vriende’. Ons

bid nou reeds vir ‘n

vredevolle winter-

vakansie en dat gesinne

in hierdie tyd net nog

nader aan mekaar

beweeg.

DANKIE HERE

VERSOEKE Annette 072 903 9189

NOODKETTING Sheila 084 800 0947

KLEUTERKERK Tydens Erediens (Ark)

BYBELGROEPE Gr 1 - 4 tydens die Erediens

Gr 5 - 7 direk na die Erediens

TEENTRIX Gr 8 - 10 direk na die Erediens

Page 3: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · Nóg ‘n moeder roep en nóg ‘n kind hardloop huistoe. En so verdwyn die kinders behalwe een. Sy ma het hom nog ... inspireer. Vandag wil ek meer

KOLWYNTJIE TEETUIN

@ DIENSSENTRUM

20 JUNIE 09:30-11:30 Wyke 3A en 3B word spesiaal uitgenooi

om saam met al die ander besoekers die

oggend te kom geniet. Heerlike ‘vars gebak’ & ‘n kop-

pie warm koffie of tee word met warm liefde aan julle

voorgesit. R20 vir nie-lede en R10 vir lede van die

Dienssentrum. Baie welkom!

MARILYN PRINSLOO

bied nog ‘n diens aan by

die Dienssentrum:

Parafien waks behande-

ling. Voordelig vir stywe–

of gewrigsontsteekte

gewrigte of vir stadige

sirkulasie. Dit is wonderlik vir die behandeling van droë

vel, droë skilferige naelvelletjies en vir bros naëls.

Hande : R40 vir lede (R60 nie-lede)

Voete : R60 vir lede (R80 nie-lede)

Per gewrig: R30 vir lede (R50 nie-lede).

Kontak haar gerus op 082 532 6931 vir ‘n afspraak.

DIE KLEREKAS VRA U HULP ASB. Hul benodig dringend enige wintersklere. Daar is 'n groot aanvraag en nood daarbuite vir dit. Dink ook veral aan kinderklere. Baie dankie dat ons op u kan staatmaak. U kan dit bring na die kerkkantoor - merk dit asb “Klerekas”. Dankie!

Dr Wilhelm Burger met vakansie

vanaf 16 Junie - 26 Julie.

Ons bid hom en Alna ‘n baie geseënde rustyd toe.

Indien u ‘n leraar in hierdie tyd nodig het, kontak asb

vir Michiel of Clifford - hulle help graag!

OMGEWINGSORGBEDIENING

Ons nooi u om enige ou batterye en

stukkende gloeilampe na die kerk te

bring. Daar sal houers by die ingange

wees (kyk mooi hoe dit gemerk is). Ons

sal dit dan weer neem na die herwinning

Sentrum. U weet self dat hierdie spe-

sifieke produkte geweldige skade doen

aan die natuur indien dit soos gewone afval hanteer word. Die

suur van die batterye veral beland op die ou einde in ons drink-

water! Ons waardeer u elkeen so poging en samewerking. Soos

ons gemeente visie sê: “Ons almal saam”. Kom ons staan ook as

kinders van God saam om Sy skepping op te pas.

Onthou om met die deurskynende her-

winning sakke te begin indien u nie

reeds het nie. U kan plastiek, papier,

bottels en blikkies daarin gooi. Hierdie

produkte word dan deur ons munisipal-

iteit na die groot herwinning Sentrum

geneem in Swartdamweg. So kan ons elkeen ‘n verskil maak.

Baie dankie vir die van julle wat dit reeds doen!

Ons nooi u graag om met ons te gesels, voorstelle te gee en

idees met ons te deel. Kontak asb vir De Wet Herbst op

082 652 7255 of [email protected]

SPOELKLIPPE FLIEK

VRYDAG 20 JUNIE

@ 17:30

Vrydagaand 17:30 Pannekoek met tee of koffie. 18:00 Fliek: Music of the Heart. Dis die ver-haal van ‘n musiekonderwyseres se stryd en volgehoue pogings om ‘n liefde vir musiek (viool) aan kinders met moeilike huislike omstandighede tuis te bring. Meryl Streep was vir 2 Oscars benoem vir haar spel in die fliek. Slegs donasie. Ons nooi almal uit, veral die nuwe intrekkers om die aand saam te kom geniet. Vir meer inligting ivm die Spoelklippe, Kontak Joep 028 316 4018.

VROUENAWEEK 25-27 JULIE Kom sit by God se voete.

Kom haal asem en laat die Heilige Gees

jou hart kom hervul met ons Vader se

liefde vir jou 25-27 Julie by Wortelgat

se Melkhoutkamp, net buite Stanford

@ R550 pp. alles ingesluit. Beperkte

aantal pleke beskikbaar. Kontak

Madeleine Russouw vir meer inligting

by [email protected]

Heilige Gees, ons bid dat U die na-prediker sal wees

na die Pinksterreeks. Spreek in ons harte in. Amen.

WEES LIG!

Page 4: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · Nóg ‘n moeder roep en nóg ‘n kind hardloop huistoe. En so verdwyn die kinders behalwe een. Sy ma het hom nog ... inspireer. Vandag wil ek meer

GEMEENTEKAMP TE BONNIEVALE RIVER LODGE 3-5 OKT 2014 20 Karavaan/tent staanplekke @ R105 pp / nag. Kinders onder 12 halfprys. Swembad, kano’s, lapa, bome langs rivier. (Fotos op hul webwerf). Inskrywings by die Kerkkantoor. Bespreek asb so gou moontlik om jou plek te verseker. KOSPAKKIES 23 JUNIE DV Onthou die liefdegawes aan hulle wat dit so nodig het. Baie dankie! SPOELKLIPPE FLIEK 20 JUNIE DV Vrydagaand 17:30 Pannekoek met tee of koffie. 18:00 Fliek: Music from the Heart. Dis die verhaal van ‘n musiekonerwyseres se stryd en volgehoue pogings om ‘n liefde vir musiek (viool) aan kinders met moeilike huislike omstandighede tuis te bring. Meryl Streep was vir 2 Oscars benoem vir haar spel in die fliek. Slegs donasie. Ons nooi almal uit, veral die nuwe intrekkers om die aand saam te kom geniet. Vir meer inligting ivm die Spoelklippe, Kontak Joep 028 316 4018. DIE VRIENDE VAN HUIS LETTIE THERON en alle belangstellendes word vriendelik uitgenooi na ’n basaarvergadering op Woensdag 25 Junie 2014 om 14h30, by die tehuis.

DIENSSENTRUM: Fliek GISELLE Donderdag 26 Junie DV 10:00 : Almal wat ‘n liefde vir ballet het, moet hierdie fliek nie mis nie. Die manne moet ASB nie tuisbly nie want na die fliek om 11:00 gaan ons heerlik saamkuier in die sitkamer. Almal is meer as welkom! SPOELKLIPPE: So. 5 Okt. DV TREINRIT NA SIMONSTAD: Die 60 persone wat hul name op lys geplaas het, moet voor 15 Julie hul deposito van R220 inbetaal by Kerkkantoor asb. Persone wat ook nog belangstel om te gaan, moet hul name op die waglys by Mervian by Kerk-kantoor plaas. Kontak Joep vir meer be-sonderhede 028 316 4018 of 083 297 9230. HUIS LETTIE THERON BASAAR 26 JULIE 2014 - 09:00 GROBBELAARSAAL Ons benodig vanaf kontant, gebak soos koeke, beskuit, koekies, nageregte tot wit-olifant-items (skakel en ons sal kom afhaal) asook roomysbakke. Alle donasies welkom. Plaas op basaarlyste in sirkulasie of lewer af by Tehuis voor basaar. Byvoorbaat dankie vir u bydraes en ondersteuning asook op die dag van die basaar. EGSKEIDINGS ONDERSTEUNINGSGROEP: Indien u deur ‘n egskeiding beweeg het of op die oomblik besig is om te skei, kom ge-sels saam met ander mense wat advies kan uitdeel, kan ondersteun en verstaan! Dis om 18:00-19:00 in die Gebedskamer elke 2de en 4de Woensdag van die maand.

WAAR kan WAAR kan

ek DIENek DIEN??

LIGBOEKLIGBOEK

DIENSSENTRUM:

LIDMAATSKAPFOOIE VIR 2014:: Kom betaal asb by Mervian (Kerkkantoor). Die ledegeld bly dieselfde as 2013 - ‘n winskopie !

WINTERPROJEK: Truie, serpe, musse, hand-skoene, komberse ens vir uitdeel kan by Erika ingehandig word. Dankie!

JUKSKEI: Ons wil graag begin met jukskei

maar soek iemand wat leiding kan gee. Indien u belangstel kontak asb vir Erika .

GLASBOTTELS BENODIG: Die konfyt-tannies vra asb alle groottes gasbottels. Dankie!

Koster

KERKKANTOOR ma - vry 09h00 -

13h00

Tel (028) 316-2116

DS MICHIEL DE KOCK

028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER

028 316 2110 (K)

083 448 1651

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS

028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD

Philip Opperman

082 900 0697

[email protected]

EVANGELIS

Chookie Naudé

072 355 9633 [email protected]

VERSORGINGSKOÖRD.

Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K)

079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEST.

Karin de Bruin

084 305 2086 [email protected]

ONTVANGS

Mervian van der Merwe

084 875 7875

[email protected]

REK BEAMPTE

Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE

Hanna de Jager

082 441 9759 [email protected]

KOSTER

Hennie Davies

084 745 4531

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 09h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

Groot dank en waardering aan ons borg wat die druk van die

Hartklop moontlik maak. Ons bid Vader se seën op u besigheid.

SUPERPLANTS HERMANUS

Cnr Main Rd / R43 (behind Engen), Sandbaai

Tel. 028 316 4006 Fax 028 316 2378 Visit us for all your garden and

landscaping requirements as well as

for décor, gifts and much more.