VANOGGEND SE DIENS “ONS VADER WEET” MATT 6 V 25 - 34
(DR WILHELM BURGER)
Vadersdag: Hoe onthou jy jou pa? Jou herinneringe
beïnvloed jou verstaan van God as Vader. Soms sukkel
ons om God reg te verstaan. Jesus help ons hiermee
deur te vertel hoe sorgsaam ons hemelse Vader is. Hy
wéét selfs wat ons nodig het! As ons dit verstaan, ver-
ander dit die fokus van ons hele lewe. Die doop is be-
doel om ons daarmee te help. Welkom vier ouerpare!
HARTLIK WELKOM
Stel jouself ‘n rustige woonbuurt voor. Dit is laat middag
en die kinders speel nog veilig op straat.
Een van die moeders roep haar seun: “Kom huistoe, pappie het gekom”. Die seun hardloop opgewonde huistoe en om-
hels sy vader. Die ander speel nog aan.
Nóg ‘n moeder roep en nóg ‘n kind hardloop huistoe.
En so verdwyn die kinders behalwe een. Sy ma het hom nog
nie geroep nie, want daar is nie ‘n pa nie.
Wie wil nie speel nie?
Maar wie wil nie huistoe geroep word omdat pa gekom het
nie . . .?
En wie is hierdie vaders wie na ons kinders met oop arms
hardloop?
Dit is die vaders wat sê:
Vandag wil ek meer doen as my kinders leer, ek wil hulle inspireer. Vandag wil ek meer doen as droom, ek wil doen.
Vandag wil ek meer doen as net gee, ek wil dien.
Vandag wil ek meer doen as vriendelik wees, ek wil vriend wees. Vandag wil ek meer doen as
vergewe, ek wil vergeet.
‘n Geseënde Vadersdag!
Baie welkom.
Em onthou - God is vir ons almal ’n vader. Ons kan enige
tyd na Hom toe gaan! Hy verwelkom dit!
TEKS VIR DIE KOMENDE WEEK (So. 22 Junie)
LEES NUMERI 24. DR CLIFFORD HEYS
Die koning van die Moabiete (Balak) sien die trekkende Is-
raeliete wat deur sy land trek. Die koning huur ‘n siener - ene
Bileam (die een met die pratende donkie). Bileam moet die Is-
raeliete vloek, maar dan kom daar ‘n seën uit sy mond ipv ‘n
vloek. Lees 22:6 - Bileam sien die Israeliete soos “aalwyne wat
deur die Here aangeplant is”.
Die aalwyne staan vandag in blom. Watter boodskap dra
hierdie aalwyne oor aan jou? Wat simboliseer ‘n aalwyn?
Hoekom is Onrusrivier se Gemeente soos aalwyne?
Bespreek en vergelyk mekaar se waarneming en afleidings.
Dr Clifford sal DV So. meer van die aalwyne vertel.
DEURKOLLEKTE: SIN KOLL : JEUGWERK
15:30 Groep vir enkellopendes in Dienssentrum sitkamer. (Kontak Hannie Koch by 028 316 1595). Kom sluit by hierdie groep
aan. Dit is spesiaal vir mense wat op ‘n Sondagmiddag alleen voel en
‘n behoefte het aan geselskap. Die groep soek ‘n naam: Kom help
hulle om ‘n naam te vind en kom ontspan sommer saam!
Wees Lig!
Hartklop 15 Junie 2014
Ons almal saam in diens van
JESUS CHRISTUS
oral, altyd en in alles
SPESIALE WELKOM AAN
DOOPOUERS VANOGGEND
Johann en Jana Sprong met Anlia.
Martin en Nina Jansen met
Daniël Frederick.
Herman en Melissa Redelinghuys
met Johan.
Eugéne en Louise Vosloo met
Laurens Sebastian.
Ons bid elke gesin Abba Vader se seën.
MA. 16 JUNIE DI. 17 JUNIE WO. 18 JUNIE
JEUGDAG
Sopkombuis
10:00-12:00 Kliniek (Dienssentrum). Maak ‘n
afspraak by sr. Calitz (073 152 5623) vir
bloeddruk, suikertoetse ens. en kom drink ‘n
lekker koppie tee of koffie voor die TV.
08:00 Voete– & hande versorging. Maak
asb ‘n afspraak by Marilyn 082 532 6931.
10:00-11:30 Trimgim in Anneks.
11:00-13:00 Klerekas
18:00-19:30 Lofdanse oefening.
18:00-19:00 Egskeidings Ondersteun-
ingsgroep in die Gebedskamer.
DO. 19 JUNIE VR. 20 JUNIE SA. 21 JUNIE
10:00 Praatjie deur Elzette Nell oor
“wat gebeur alles in die omgewing van On-
rusrivier deur gemeenskapbetrokkenheid”
in die Sitkamer. Geniet tee/koffie voor
die tyd.
16:00 Gesamentlike gebed by Mt Plsnt.
9:30-11:30 Kolwyntjie Teetuin
@ Dienssentrum is oop.
Kom kuier saam met ons.
VANDAG BID ONS VIR ALLE FAMILIES - VIR
EENHEID, LIEFDE, GEDULD, RESPEK EN ‘N
VERSTAAN VAN MEKAAR.
WAT GEBEUR SONDAG 22 JUNIE ?
09:00 Erediens: Dr Clifford Heys
gaan voor. Welkom!
Sin Koll. RAMOT
WYKE DIENSBEURTE
Gebed (Konsistorie) (Wyk 22)
Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 11)
SIEKTE & NOOD
Vader - Abba Vader, dankie dat ons
nogsteeds op Vadersdag kan sê:
Gelukkig Vadersdag, al het ons nie
meer ‘n aardse pa nie. Dankie dat
ons weet ons is nooit alleen nie en
dat U hand van beskerming en sorg
altyd oor ons is - net soos ‘n aardse
pappa dit sou doen. Dankie dat ons
hierdie intieme verhouding met U
kan en mag hê deur Jesus Christus,
ons ouer broer, wat dit moontlik
gemaak. Amen.
Ons Vader in die hemel, ons staan aan die begin van ‘n nuwe week en ons wil graag die ou sondige mens soos vuil
klere uittrek en die nuwe lewe leef. Ons wil ontslae raak van alle bitterheid, woede, wraak-gedagtes, geskel en gevloek en eerder in vrede leef met mekaar. Help ons om mekaar te vergewe op grond van wat Jesus vir ons gedoen het. Help ons om ook ‘n lewe van liefde te leef.
Ons Vader in die hemel, help ons om nie soos dwase te lewe nie, maar dat ons sal probeer om uit te vind wat U wil is. Dat
ons elke geleentheid sal benut en die Heilige Gees sal toelaat om ons lewe vol te maak, sodat ons kan sing en jubel met ons hele hart, tot U eer. Ons dank U in die Naam van Jesus Christus vir alles wat U vir ons gee.
Ons Vader in die hemel, ons dank U dat U ons saam met Christus lewend gemaak het. Dankie Vader dat alles
onder Sy beheer is en dat Hy ook deur U, as hoof van die Kerk aangestel is. Ons bid vir wysheid en insig om te besef hoe groot U krag is wat U gebruik in ons wat glo. Uit ons self is ons niks, want ons is in alles so afhanklik van U. Dankie vir U liefdevolle genade.
Ons Vader in die hemel, U roep ons elkeen om U dissipel te wees en daarom bid ons dat U ons sal help dat ons
roeping ons leefstyl sal bepaal. Help ons Vader, om met geduld en sagmoedigheid mekaar in liefde te verdra. Help ons om mekaar te ondersteun en mekaar se laste te help dra - mense wat arm en honger is, die wat treur, die wat pyn en lyding verduur - so doen ons dit aan U.
Ons Vader in die hemel, ons wil aan die end van hierdie week ons beklee met U gevegstoerusting en so ons krag vind in
ons verhouding met U. Help ons om die waarheid; U vryspraak; die bereidheid om die Goeie Nuus van vrede te verkondig; die geloof; die verlossing wat U skenk; en U Woord - as wapenrusting aan te trek sodat U gees ons kan lei om onder alle omstandighede paraat te wees.
Bets Liebenberg
Rina vd Westhuizen
Andries v Niekerk
Neil Human
Ras & Cissy Coetzee
Sarie v Staden
Lorraine Fourie
Dirk Coetzee
Tokkie Vorster
Jeanette Kotzé
Hybré Lombard
Deon Smith
Ons bid spesiaal vandag
vir ons al die jeug in Her-
manus. Ons bid vir be-
skerming teen slegte
invloede soos dwelms en
druk van ‘vriende’. Ons
bid nou reeds vir ‘n
vredevolle winter-
vakansie en dat gesinne
in hierdie tyd net nog
nader aan mekaar
beweeg.
DANKIE HERE
VERSOEKE Annette 072 903 9189
NOODKETTING Sheila 084 800 0947
KLEUTERKERK Tydens Erediens (Ark)
BYBELGROEPE Gr 1 - 4 tydens die Erediens
Gr 5 - 7 direk na die Erediens
TEENTRIX Gr 8 - 10 direk na die Erediens
KOLWYNTJIE TEETUIN
@ DIENSSENTRUM
20 JUNIE 09:30-11:30 Wyke 3A en 3B word spesiaal uitgenooi
om saam met al die ander besoekers die
oggend te kom geniet. Heerlike ‘vars gebak’ & ‘n kop-
pie warm koffie of tee word met warm liefde aan julle
voorgesit. R20 vir nie-lede en R10 vir lede van die
Dienssentrum. Baie welkom!
MARILYN PRINSLOO
bied nog ‘n diens aan by
die Dienssentrum:
Parafien waks behande-
ling. Voordelig vir stywe–
of gewrigsontsteekte
gewrigte of vir stadige
sirkulasie. Dit is wonderlik vir die behandeling van droë
vel, droë skilferige naelvelletjies en vir bros naëls.
Hande : R40 vir lede (R60 nie-lede)
Voete : R60 vir lede (R80 nie-lede)
Per gewrig: R30 vir lede (R50 nie-lede).
Kontak haar gerus op 082 532 6931 vir ‘n afspraak.
DIE KLEREKAS VRA U HULP ASB. Hul benodig dringend enige wintersklere. Daar is 'n groot aanvraag en nood daarbuite vir dit. Dink ook veral aan kinderklere. Baie dankie dat ons op u kan staatmaak. U kan dit bring na die kerkkantoor - merk dit asb “Klerekas”. Dankie!
Dr Wilhelm Burger met vakansie
vanaf 16 Junie - 26 Julie.
Ons bid hom en Alna ‘n baie geseënde rustyd toe.
Indien u ‘n leraar in hierdie tyd nodig het, kontak asb
vir Michiel of Clifford - hulle help graag!
OMGEWINGSORGBEDIENING
Ons nooi u om enige ou batterye en
stukkende gloeilampe na die kerk te
bring. Daar sal houers by die ingange
wees (kyk mooi hoe dit gemerk is). Ons
sal dit dan weer neem na die herwinning
Sentrum. U weet self dat hierdie spe-
sifieke produkte geweldige skade doen
aan die natuur indien dit soos gewone afval hanteer word. Die
suur van die batterye veral beland op die ou einde in ons drink-
water! Ons waardeer u elkeen so poging en samewerking. Soos
ons gemeente visie sê: “Ons almal saam”. Kom ons staan ook as
kinders van God saam om Sy skepping op te pas.
Onthou om met die deurskynende her-
winning sakke te begin indien u nie
reeds het nie. U kan plastiek, papier,
bottels en blikkies daarin gooi. Hierdie
produkte word dan deur ons munisipal-
iteit na die groot herwinning Sentrum
geneem in Swartdamweg. So kan ons elkeen ‘n verskil maak.
Baie dankie vir die van julle wat dit reeds doen!
Ons nooi u graag om met ons te gesels, voorstelle te gee en
idees met ons te deel. Kontak asb vir De Wet Herbst op
082 652 7255 of [email protected]
SPOELKLIPPE FLIEK
VRYDAG 20 JUNIE
@ 17:30
Vrydagaand 17:30 Pannekoek met tee of koffie. 18:00 Fliek: Music of the Heart. Dis die ver-haal van ‘n musiekonderwyseres se stryd en volgehoue pogings om ‘n liefde vir musiek (viool) aan kinders met moeilike huislike omstandighede tuis te bring. Meryl Streep was vir 2 Oscars benoem vir haar spel in die fliek. Slegs donasie. Ons nooi almal uit, veral die nuwe intrekkers om die aand saam te kom geniet. Vir meer inligting ivm die Spoelklippe, Kontak Joep 028 316 4018.
VROUENAWEEK 25-27 JULIE Kom sit by God se voete.
Kom haal asem en laat die Heilige Gees
jou hart kom hervul met ons Vader se
liefde vir jou 25-27 Julie by Wortelgat
se Melkhoutkamp, net buite Stanford
@ R550 pp. alles ingesluit. Beperkte
aantal pleke beskikbaar. Kontak
Madeleine Russouw vir meer inligting
Heilige Gees, ons bid dat U die na-prediker sal wees
na die Pinksterreeks. Spreek in ons harte in. Amen.
WEES LIG!
GEMEENTEKAMP TE BONNIEVALE RIVER LODGE 3-5 OKT 2014 20 Karavaan/tent staanplekke @ R105 pp / nag. Kinders onder 12 halfprys. Swembad, kano’s, lapa, bome langs rivier. (Fotos op hul webwerf). Inskrywings by die Kerkkantoor. Bespreek asb so gou moontlik om jou plek te verseker. KOSPAKKIES 23 JUNIE DV Onthou die liefdegawes aan hulle wat dit so nodig het. Baie dankie! SPOELKLIPPE FLIEK 20 JUNIE DV Vrydagaand 17:30 Pannekoek met tee of koffie. 18:00 Fliek: Music from the Heart. Dis die verhaal van ‘n musiekonerwyseres se stryd en volgehoue pogings om ‘n liefde vir musiek (viool) aan kinders met moeilike huislike omstandighede tuis te bring. Meryl Streep was vir 2 Oscars benoem vir haar spel in die fliek. Slegs donasie. Ons nooi almal uit, veral die nuwe intrekkers om die aand saam te kom geniet. Vir meer inligting ivm die Spoelklippe, Kontak Joep 028 316 4018. DIE VRIENDE VAN HUIS LETTIE THERON en alle belangstellendes word vriendelik uitgenooi na ’n basaarvergadering op Woensdag 25 Junie 2014 om 14h30, by die tehuis.
DIENSSENTRUM: Fliek GISELLE Donderdag 26 Junie DV 10:00 : Almal wat ‘n liefde vir ballet het, moet hierdie fliek nie mis nie. Die manne moet ASB nie tuisbly nie want na die fliek om 11:00 gaan ons heerlik saamkuier in die sitkamer. Almal is meer as welkom! SPOELKLIPPE: So. 5 Okt. DV TREINRIT NA SIMONSTAD: Die 60 persone wat hul name op lys geplaas het, moet voor 15 Julie hul deposito van R220 inbetaal by Kerkkantoor asb. Persone wat ook nog belangstel om te gaan, moet hul name op die waglys by Mervian by Kerk-kantoor plaas. Kontak Joep vir meer be-sonderhede 028 316 4018 of 083 297 9230. HUIS LETTIE THERON BASAAR 26 JULIE 2014 - 09:00 GROBBELAARSAAL Ons benodig vanaf kontant, gebak soos koeke, beskuit, koekies, nageregte tot wit-olifant-items (skakel en ons sal kom afhaal) asook roomysbakke. Alle donasies welkom. Plaas op basaarlyste in sirkulasie of lewer af by Tehuis voor basaar. Byvoorbaat dankie vir u bydraes en ondersteuning asook op die dag van die basaar. EGSKEIDINGS ONDERSTEUNINGSGROEP: Indien u deur ‘n egskeiding beweeg het of op die oomblik besig is om te skei, kom ge-sels saam met ander mense wat advies kan uitdeel, kan ondersteun en verstaan! Dis om 18:00-19:00 in die Gebedskamer elke 2de en 4de Woensdag van die maand.
WAAR kan WAAR kan
ek DIENek DIEN??
LIGBOEKLIGBOEK
DIENSSENTRUM:
LIDMAATSKAPFOOIE VIR 2014:: Kom betaal asb by Mervian (Kerkkantoor). Die ledegeld bly dieselfde as 2013 - ‘n winskopie !
WINTERPROJEK: Truie, serpe, musse, hand-skoene, komberse ens vir uitdeel kan by Erika ingehandig word. Dankie!
JUKSKEI: Ons wil graag begin met jukskei
maar soek iemand wat leiding kan gee. Indien u belangstel kontak asb vir Erika .
GLASBOTTELS BENODIG: Die konfyt-tannies vra asb alle groottes gasbottels. Dankie!
Koster
KERKKANTOOR ma - vry 09h00 -
13h00
Tel (028) 316-2116
DS MICHIEL DE KOCK
028 316 4174 (K)
083 468 8194 [email protected]
DR WILHELM BURGER
028 316 2110 (K)
083 448 1651
DR CLIFFORD HEYS
028 316 4895
VOORSITTER KERKRAAD
Philip Opperman
082 900 0697
EVANGELIS
Chookie Naudé
072 355 9633 [email protected]
VERSORGINGSKOÖRD.
Dr Erika Oosthuysen
028 316 3115 (K)
079 322 0998
KOMMUNIKASIE BEST.
Karin de Bruin
084 305 2086 [email protected]
ONTVANGS
Mervian van der Merwe
084 875 7875
REK BEAMPTE
Rika Eveleigh 082 679 1312
ADMIN BEAMPTE
Hanna de Jager
082 441 9759 [email protected]
KOSTER
Hennie Davies
084 745 4531
Vir navrae en kommentaar
op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)
KERKKANTOOR ma - vry 09h00 - 13h00
Tel (028) 316-2116 [email protected]
www.ngkonrusrivier.co.za
DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier
Bank: ABSA
Rek. 406 215 2718
SENDING Geloof Belofte Offer
Bank: ABSA
Rek. 916 9799 886
Groot dank en waardering aan ons borg wat die druk van die
Hartklop moontlik maak. Ons bid Vader se seën op u besigheid.
SUPERPLANTS HERMANUS
Cnr Main Rd / R43 (behind Engen), Sandbaai
Tel. 028 316 4006 Fax 028 316 2378 Visit us for all your garden and
landscaping requirements as well as
for décor, gifts and much more.