Upload
deon-kitching
View
234
Download
11
Embed Size (px)
DESCRIPTION
Kry volledige inligting oor die wyse waarop die EMMAUS SENTRUM se Kort Kursusse gestruktureer en aangebied word.
Citation preview
DIE EMMAUS-SENTRUM
VIR GELOOFSVORMING IN FAMILIE-
EN GEMEENTELIKE BEDIENING
In samewerking met
SHEPHERD,
DIE SENTRUM VIR DIE BEGELEIDING
VAN GEESTELIKE LEIERS
by die Teologiese Fakulteit,
Universiteit van die Vrystaat
Bloemfontein
SE KORT KURSUS PROGRAMME
2012 EN 2013
ALGEMENE VRAE
EN ANTWOORDE
www.emmaussentrum.ning.com
soepel en toekomsgerig
KENMERKE VAN DIE KORT KURSUS
PROGRAMME
kompak en effektiewe
tydsbenutting
internet-gebasseer en altyd toegangklik
sinvol bruikbaar in klein en groot gemeentes
gerig op persoonlike groei en
toerusting van self-denkers
praat en dink
oor die nood
van die samelewing
en individu
bring opwinding en entoesiasme vir
die uitleef van jou mensheid voor God
Die kursusse is ontwikkel deur die
EMMAUS-SENTRUM vir
Geloofsvorming in Familie- en
Gemeentelike bediening.
http://emmaussentrum.ning.com/
1. Onder wie se beskerming
staan die kursusse?
Die kursus is geakrediteer by
SHEPHERD,
die SENTRUM VIR DIE BEGELEIDING
VAN GEESTELIKE LEIERS
by die Teologiese Fakulteit,
Universiteit van die Vrystaat.
Dr Gerhard Botha, Direkteur
SHEPHERD, tree op as eksterne
evalueerder.
Studente ontvang 'n SERTIFIKAAT van
EMMAUS en SHEPHERD na die voltooiing
van al hulle opdragte.
TWEE BELANGRIKE SAKE:
1. Predikante van die NG KERK ontvang
30 (dertig) VBO-punte vir die kort-kursus
se voltooiing
2. Indien enige studente na die voltooiing
inskryf by die Teologiese Fakulteit UV vir
die MA PRAXIS-studies, ontvang hulle
afslag vir die werk wat alreeds in die
kursus gedoen is.
3. Hoeveel keer per jaar kom die groep
bymekaar vir klasse/ kontakweke?
Baie belangrik:
ons is totaal en al web-gebaseer.
Dit beteken egter nie jy moet 'n internet en
rekenaar-fundi wees nie...
Studente ontmoet mekaar en hulle
dosent gereeld in hulle Facebook-
groep of in hulle belangegroep op die
EMMAUS-webtuiste.
Dit beteken jy hoef GEEN tyd in te boet
om klasse by te woon, of weg van die
huis en werk, te wees nie.
Ons is selfs bereid om per Skype met jou
te gesels, indien dit nodig is!
4. Waar gaan ek al die boeke en bronne
in die hande kry?
Het jy geweet ons stuur vir jou AL JOU
MATERIAAL - JA ALLES - op 'n
“flashdisk” as ons 50% van jou
kursusfooi en inskrywingsvorm
ontvang het?
Dit is ingesluit by jou kursusfooie!
Dis absoluut fantasties!
Al die DVD-snitte wat jy moet kyk, al die
"links" na webtuistes, AL DIE BOEKE,
al die artikels, al die audio-opnames
is OP EEN “FLASHDISK”!
Dis so maklik soos dit!
Jy het DADELIK (per oornagpos) al jou
inligting en kan jy begin om jou
studiegids (op die flashdisk) op jou
rekenaar deur te werk.
5. Wie sal baat vind by die kursusse?
Predikante, pastore, jeugpredikante wat
leiding moet neem in die transformasie
en reformasie van hulle gemeente tot 'n
meer familie-vriendelike gemeenskap.
Kinder-, Jeug- en Gesinswerkers wat die
programme en strategieë moet
implementeer en monitor.
Gemeenteleiers wat 'n visie het vir die
integrasie van Geloofsvorming,
Familie- en Gemeentebediening.
Alle teologiese studente wat graag wil
spesialiseer in 'n meer holistiese
kinder-, jeug-, en familiebediening.
• GENIET JOU STUDIES!