20
Inhoudsopgawe Liewe soeker na God se hart .............................................................. 9 ’n Welkomswoord ..................................................................................... 11 Deel een: Die navolging van God 1. ’n Hart aan God toegewy .................................................................... 15 2. ’n Hart wat in God se Woord bly .................................................. 28 3. ’n Hart wat verbind is tot gebed ..................................................... 41 4. ’n Gehoorsame hart .................................................................................. 54 Deel twee: Die najaag van God se prioriteite Haar man 5. ’n Hart wat dien .......................................................................................... 65 6. ’n Hart wat inskiklik is ........................................................................... 73 7. ’n Hart wat liefhet – Deel 1 ............................................................... 86 8. ’n Hart wat liefhet – Deel 2 ............................................................... 95 Haar kinders 9. ’n Hart wat ma-wees hoog ag ........................................................... 107 10. ’n Hart wat getrou bid ........................................................................... 117 11. ’n Hart wat oorloop van liefde – Deel 1 .................................. 128 12. ’n Hart wat oorloop van liefde – Deel 2 .................................. 136

Inhoudsopgawe - CUM Uitgewers · ’n Welkomswoord S tel jou voor dat ons so ’n lewe kan lei dat mense aan elkeen van ons kan dink as ’n vrou na God se hart, vandag en ook lank

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Inhoudsopgawe - CUM Uitgewers · ’n Welkomswoord S tel jou voor dat ons so ’n lewe kan lei dat mense aan elkeen van ons kan dink as ’n vrou na God se hart, vandag en ook lank

Inhoudsopgawe

Liewe soeker na God se hart .............................................................. 9 ’n Welkomswoord ..................................................................................... 11

Deel een: Die navolging van God

1. ’n Hart aan God toegewy .................................................................... 152. ’n Hart wat in God se Woord bly .................................................. 283. ’n Hart wat verbind is tot gebed ..................................................... 414. ’n Gehoorsame hart .................................................................................. 54

Deel twee: Die najaag van God se prioriteite

Haar man5. ’n Hart wat dien .......................................................................................... 656. ’n Hart wat inskiklik is ........................................................................... 737. ’n Hart wat liefhet – Deel 1 ............................................................... 868. ’n Hart wat liefhet – Deel 2 ............................................................... 95

Haar kinders9. ’n Hart wat ma-wees hoog ag ........................................................... 107

10. ’n Hart wat getrou bid ........................................................................... 11711. ’n Hart wat oorloop van liefde – Deel 1 .................................. 12812. ’n Hart wat oorloop van liefde – Deel 2 .................................. 136

978-1-86829-792-4.indd 7978-1-86829-792-4.indd 7 12/8/2015 2:41:27 PM12/8/2015 2:41:27 PM

Page 2: Inhoudsopgawe - CUM Uitgewers · ’n Welkomswoord S tel jou voor dat ons so ’n lewe kan lei dat mense aan elkeen van ons kan dink as ’n vrou na God se hart, vandag en ook lank

Haar huis13. ’n Hart wat van ’n huis ’n tuiste maak ...................................... 14414. ’n Hart wat oor die huis waak .......................................................... 15315. ’n Hart wat orde uit chaos skep ...................................................... 16116. ’n Hart wat ’n tapisserie van skoonheid weef ....................... 171

Haar self17. ’n Hart versterk deur geestelike groei ......................................... 18218. ’n Hart verryk deur blydskap in die Here ............................... 193

Haar bediening19. ’n Hart wat wys dit gee om ................................................................ 20620. ’n Hart wat bemoedig ............................................................................ 218

Deel drie: Die uitleef van God se prioriteite

21. ’n Hart wat eerste dinge eerste nastreef ..................................... 23122. Om God se hart na te volg ................................................................. 241

Deel vier: ’n Lewe volgens God se prioriteite

23. ’n Reis deur tyd heen .............................................................................. 25724. Deur alles heen ............................................................................................ 274

Eindnote ........................................................................................................... 281 Oor die skrywer .......................................................................................... 291 Stiltetyd-kalender ....................................................................................... 292

978-1-86829-792-4.indd 8978-1-86829-792-4.indd 8 12/8/2015 2:41:28 PM12/8/2015 2:41:28 PM

Page 3: Inhoudsopgawe - CUM Uitgewers · ’n Welkomswoord S tel jou voor dat ons so ’n lewe kan lei dat mense aan elkeen van ons kan dink as ’n vrou na God se hart, vandag en ook lank

Liewe soeker na God se hart

God weet hoe nederig ek voel elke keer wanneer ek ’n brief ont-vang van ’n vrou soos jy waarin jy skryf hoe God se waarhe-

de in A Woman After God’s Own Heart® (uitgegee in Afrikaans deur Christelike Uitgewersmaatskappy onder die titel ’n Vrou na God se hart) ’n positiewe uitwerking op jou, jou gesin, jou huis en jou liefde vir Hom gemaak het. Sy Woord is die waarheid wat mense se lewe verander (Joh. 17:17). God weet ook hoe geseënd ek voel wanneer iemand vir my ’n boek gee om te teken wat ver-fl enterd en geskeur, besmeer, traanbevlek, vol koffi espatsels en deur jou kinders bekrap is. Soos ek altyd sê: “Die beste boek is ’n boek wat gebruik is.”

My liewe vriendin, jy hou nou die bygewerkte en opgedateerde uitgawe van hierdie boek in jou hande. Dié boek se verskyning is aangespoor deur vroue soos jy wat na my praatjies oor die boek geluister het of deur my video van die Bybelstudie A Woman After God’s Own Heart1 gewerk het. Hierdie vroue het my dikwels uitgevra oor die addisionele insig wat my groei in en verstaan van God se prioriteite weerspieël sedert die boek die eerste keer verskyn het. Hierdie nuwe uitgawe is spesiaal vir jou … om te lees en weer te lees, om saam met jou Bybel te dra, om in jou handsak (of doekesak) te

978-1-86829-792-4.indd 9978-1-86829-792-4.indd 9 12/9/2015 3:06:06 PM12/9/2015 3:06:06 PM

Page 4: Inhoudsopgawe - CUM Uitgewers · ’n Welkomswoord S tel jou voor dat ons so ’n lewe kan lei dat mense aan elkeen van ons kan dink as ’n vrou na God se hart, vandag en ook lank

10 ’n Vrou na God se hart

hou, om saam met jou vriende te bestudeer, om langs jou bedkassie te hou, en om ander mense te seën en te bemoedig deur hierdie lewensveranderende geskenk.

Dit is wonderlik om ’n vrou na God se hart te wees, nie waar nie? Om Hom te ken. Om Hom lief te hê. Om die lewens van an der mense te verryk. Om Hom te volg … en om die seëninge te ont-vang wanneer ons dit doen. Geen vrou se lewe sal meer ver vul lend wees nie as die lewe van ’n vrou na God se hart, ’n vrou wie se harts-begeerte dit is om God se wil te doen (Hand. 13:22)! Mag God jou en jou gesin ryklik seën terwyl jy Hom bly volg.

In sy ewigdurende liefde

978-1-86829-792-4.indd 10978-1-86829-792-4.indd 10 12/4/2015 10:23:07 AM12/4/2015 10:23:07 AM

Page 5: Inhoudsopgawe - CUM Uitgewers · ’n Welkomswoord S tel jou voor dat ons so ’n lewe kan lei dat mense aan elkeen van ons kan dink as ’n vrou na God se hart, vandag en ook lank

’n Welkomswoord

Stel jou voor dat ons so ’n lewe kan lei dat mense aan elkeen van ons kan dink as ’n vrou na God se hart, vandag en ook

lank nadat ons nie meer daar is nie!Duisende jare nadat hy geleef het, dink ons steeds aan koning

Dawid – die getroue herderseun wat Goliat verslaan het, die kryger wat uit genade die lewe van koning Saul by meer as een geleentheid gespaar het, die koning wat van vreugde gedans het toe die ark van die verbond na Jerusalem toe teruggeneem is – as ’n man na God se hart (vgl. 1 Sam. 13:14; Hand. 13:22).

Voordat jy protesteer: “Maar ek kan kwalik met koning Dawid vergelyk word!” laat ek jou daaraan herinner dat hy alles behalwe volmaak was. (Sê die naam “Batseba” vir jou iets?) Ten spyte van sy neiging om te vergeet om God te raadpleeg; ten spyte van sy koelbloedige reëlings om Urija te vermoor sodat hy met Batseba kon trou; ten spyte van sy nie-alte-ferme ouerskap, is Dawid beskryf as ’n “man na God se hart”. Dit is vir my ’n groot aanmoediging in my strewe om ’n vrou na God se hart te wees.

Dit is ook vir my ’n groot aanmoediging dat hierdie pad, in die woorde van Richard Foster, “die pad van gedissiplineerde genade” is.1 Hy verduidelik dit so:

978-1-86829-792-4.indd 11978-1-86829-792-4.indd 11 12/4/2015 10:23:07 AM12/4/2015 10:23:07 AM

Page 6: Inhoudsopgawe - CUM Uitgewers · ’n Welkomswoord S tel jou voor dat ons so ’n lewe kan lei dat mense aan elkeen van ons kan dink as ’n vrou na God se hart, vandag en ook lank

12 ’n Vrou na God se hart

Dit is dissipline omdat daar vir ons werk is om te doen. Dit is genade omdat die lewe wat ons saam met God ingaan ’n geskenk is wat ons nooit kan verdien nie. Dissipline op sigself maak ons nie regverdig nie; dit laat ons voor God staan. Die transformasie is God se werk.2

Ons transformasie om ’n vrou na God se hart te word is inder-daad God se werk. Maar wat ek hier aanbied, is die dissiplines wat ons kan volg om onsself voor God te stel – dissiplines om-trent ons geestelike lewe, ons man, ons kinders, ons huis, ons per soonlike groei en ons bediening – sodat Hy daardie werk in ons hart kan doen. Jy sal praktiese insigte verkry oor wat dit be te-ken om God op elke terrein van die lewe te volg, insigte oor hoe om ’n hartstogtelike verhouding met God te kweek, jou man lief te hê, jou kinders te geniet, jou huis te versorg, persoonlike groei te beleef en aan ander te gee. Dit is ’n opwindende reis en jy sal baie vreugde langs die pad ondervind. Daarom nooi ek jou uit om by my aan te sluit in die strewe om die vrou te wees waartoe God ons roep en ons in staat sal stel om te wees: ’n vrou na God se hart.

978-1-86829-792-4.indd 12978-1-86829-792-4.indd 12 12/4/2015 10:23:07 AM12/4/2015 10:23:07 AM

Page 7: Inhoudsopgawe - CUM Uitgewers · ’n Welkomswoord S tel jou voor dat ons so ’n lewe kan lei dat mense aan elkeen van ons kan dink as ’n vrou na God se hart, vandag en ook lank

Deel een

DIE NAVOLGING

VAN GOD

978-1-86829-792-4.indd 13978-1-86829-792-4.indd 13 12/4/2015 10:23:07 AM12/4/2015 10:23:07 AM

Page 8: Inhoudsopgawe - CUM Uitgewers · ’n Welkomswoord S tel jou voor dat ons so ’n lewe kan lei dat mense aan elkeen van ons kan dink as ’n vrou na God se hart, vandag en ook lank

1

’n Hart aan God toegewy

Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baiedinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste

deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.LUKAS 10:41-42

Ek het dit al duisend maal voorheen gedoen, maar twee dae gelede was dit anders. Ek praat nou van die wandeling wat

ek elke môre neem wanneer die dou nog op die gras lê. Terwyl ek deur die buurt stap, sien ek ’n vrou, moontlik in haar laat se-wentigerjare, wat op die sypaadjie langs die park stap. Sy het met behulp van ’n aluminiumloop raam geloop, en dit het gelyk of sy vroeër ’n beroerteaanval kon gehad het. Sy het vooroorgeboë geloop, ’n seker teken van osteo porose.

Wat het hierdie uitstappie vir my anders gemaak? Wel, net drie dae tevore het ons my man se ma begrawe. Lois was in haar laat sewentigerjare toe God haar huis toe geroep het om by Hom te wees … Lois het met ’n aluminiumloopraam geloop … Lois het aan osteoporose gely … Lois het ook ’n ligte beroer teaanval ge had.

Ek het nog getreur oor ons onlangse verlies en was ’n bietjie terneergedruk nog voordat ek hierdie vrou raakgesien het wat my so baie aan Lois herinner het. Ek het alreeds die paar snesies

978-1-86829-792-4.indd 15978-1-86829-792-4.indd 15 12/4/2015 10:23:07 AM12/4/2015 10:23:07 AM

Page 9: Inhoudsopgawe - CUM Uitgewers · ’n Welkomswoord S tel jou voor dat ons so ’n lewe kan lei dat mense aan elkeen van ons kan dink as ’n vrou na God se hart, vandag en ook lank

16 ’n Vrou na God se hart

opgebruik wat ek by my gehad het. En my hart en gemoed was vol gedagtes soos: Wat gaan ons doen vir Th anksgiving? Ons het altyd na Lois toe gegaan met Th anksgiving. Sy het altyd gesorg vir die kalkoen, die vulsel, die bosbessiesous en die tuisgebakte pasteie. Wat gaan ’n familiebyeenkoms sonder haar wees?

My ge dagtes het verder en verder gedwaal. Sy gaan nie Sondag op haar gewone plek in die kerk wees nie … Ek het nou nie meer ’n rede gehad om die afrit na haar huis toe te neem nie. Buitendien, dit was nie meer haar huis nie … Wie gaan nou vir ons bid? Hoe gaan die verlies van haar gebedskrag ons almal raak; Jim se be diening, my bediening, die dogters se lewe, hierdie boek?

Terwyl ek na daardie dierbare, dapper vrou kyk wat so sukkel om te loop en Lois se stryd teen kanker en longontsteking teen die einde van haar lewe onthou, het ek besef dat ek besig was om die werklikheid deeglik onder die oë te sien. Ons het elkeen ’n liggaam wat ons eendag in die steek gaan laat, en daardie eendag lê nie noodwendig te ver in die toekoms nie.

Ek is ook weereens skerp daaraan herinner hoe desperaat ek wou hê dat my lewe – inderdaad elke enkele dag daarvan, el ke enkele minuut daarvan – moes tel. Tog, terwyl ek hierdie to-neel sien en hierdie gedagtes dink, was ek bewus daarvan dat my vyftigste verjaarsdag gekom – en gegaan – het. Dieselfde met my dertigste huweliksherdenking. My twee babadogtertjies het ge-vorder van ’n lewe by die huis tot waar elkeen ’n eie huis het, met ’n man om lief te hê en babatjies van hul eie om aan te dink. My tyd was besig om min te word!

’n Verandering van hart

Ek wil darem nie hê jy moet dink dis ’n morbiede boek dié nie! Dit is beslis nie hoe ek van plan was om ’n boek oor ’n vrou na God se hart te begin nie. Hierdie gedagtes was egter nie die einde van my wandeling óf my storie nie. Laat ek jou vertel wat toe gebeur het.

Terwyl ek voortbeur op my wandeling, het ek besef dat ek

978-1-86829-792-4.indd 16978-1-86829-792-4.indd 16 12/8/2015 12:12:36 PM12/8/2015 12:12:36 PM

Page 10: Inhoudsopgawe - CUM Uitgewers · ’n Welkomswoord S tel jou voor dat ons so ’n lewe kan lei dat mense aan elkeen van ons kan dink as ’n vrou na God se hart, vandag en ook lank

17’n Hart aan God toegewy

my gedagtes ook vorentoe moet aanstoot. Ek het aardse gedagtes gedink – menslike gedagtes, fi sieke gedagtes, wêreldse gedagtes – eerder as gedagtes van geloof. My perspektief was skeef! Christene lewe deur geloof, nie deur sien nie (vgl. 2 Kor. 5:7). Daarom het ek begin om my hart en gemoed na bo te rig en my perspektief reg te stel om te pas by God se siening van my lewe (en Lois se lewe en joune), sy ewige siening wat ons verlede en ons toekoms sowel as ons hede omvat.

Een besondere teks uit die Bybel het tot my redding gekom. Ek het dit lank gelede gememoriseer en dit sedertdien op baie ma niere in my lewe toegepas. Die woorde was nog vars in my ge heue omdat die leraar wat die verhoog met my man, Jim (Lois se seun en enigste kind), by haar gedenkdiens gedeel het, dit gebruik het toe hy oor haar lewe gepraat het. Dit was die woorde wat Jesus oor Maria, die suster van Lasarus en Marta, gebruik het. Hy het gesê: Net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weg geneem word nie (Luk. 10:42).

Terwyl ek oor hierdie woorde van God oor een van sy vroue na dink – ’n vrou wat Jesus met hierdie stelling verdedig het – het ek besef dat ek nou direk in die kernbetekenis inkyk van “’n hart na God se hart”, en dit het my baie getroos.

Eerstens was ek getroos oor Lois. Alhoewel haar lewe by ons verby was, het sy haar lewe elke dag en vir alle ewigheid laat tel. Sy het elke dag die een ding gekies, dit wat nodig was: sy het met haar hele hart gekies om elke dag vir God te lewe. Sy het God liefgehad, God aanbid, saam met God gewandel, God gedien, en sy het daarna uitgesien om in die ewigheid by Hom te wees.

Ten spyte van die pyn van kanker en die feit dat sy twee maal as ’n weduwee agterlaat is, het Lois ware innerlike vrede en blydskap geken en ’n hart aangekweek wat aan God toegewy was. Ek het geen twyfel nie dat my skoonma se lewe vir die ko ninkryk getel het!

Ek was ook getroos oor my eie lewe. God ken immers die be-geertes van my hart: Hy het hulle dan daar geplaas (vgl. Ps. 37:4). Hy weet hoeveel ek daarvan droom en daaroor bid om die soort

978-1-86829-792-4.indd 17978-1-86829-792-4.indd 17 12/4/2015 10:23:07 AM12/4/2015 10:23:07 AM

Page 11: Inhoudsopgawe - CUM Uitgewers · ’n Welkomswoord S tel jou voor dat ons so ’n lewe kan lei dat mense aan elkeen van ons kan dink as ’n vrou na God se hart, vandag en ook lank

18 ’n Vrou na God se hart

vrou te word wat Hy wil hê ek moet wees. Hy weet ook dat ek, terwyl ek daaroor droom, maar alte deeglik daarvan be wus is dat die jare verbygaan en dat daar al minder en minder tyd oor is om daardie vrou te word.

Maar God se vrede het myne geword toe ek nogeens daaraan herinner is dat my lewe ook sal tel as ek dag vir dag die een ding kies wat nodig is en wat nooit van my af weg geneem sal word nie. God wil my hart hê, my hele hart, en my toewyding. As ek kies om dit vir Hom te gee; as ek kies om geheel en al vir Hom te leef, tel my lewe in sy oë. Hy wil Nom mer Een in my lewe wees, die prioriteit bo alle priori teite.

En, liewe vriendin en vrou na God se hart, ek is ook oor jou ge troos omdat ek weet dat jy saam met my hunker na die dinge van God. Om ’n vrou vir God te wees; om Hom vurig lief te hê met jou hele hart is ons enigste begeerte. En of jy nou ’n stootkarretjie of ’n supermarktrollie of ’n aluminiumloopraam stoot; of jy en kellopend, getroud of ’n weduwee is; of jou

uitdaging agt kinders is of geen kinders nie; of die lewe jou ’n kind met masels laat ver sorg, ’n man met kanker of jou eie osteo-porose, jou lewe tel, som mer baie ook, as jy sy uitdagings aan-pak met ’n hart vol toe wy ding aan God.

Soos ek vroeër gesê het, ek het nie beplan om hierdie boek te begin met gedagtes soos dié nie. Maar vanweë die lewe wat Lois elke dag gekies het om te leef, is ’n huldeblyk aan haar ’n gepaste begin vir ’n boek oor ’n vrou na God se hart. Lois het my gewys hoe belangrik dit is om te kies om God lief te hê en Hom na te volg, heelhartig, elke dag, solank jy lewe. Elke dag tel as ons aan God toegewy is.

Om ’n vrou vir God te wees; om Hom vurig lief te hê met jou hele hart is ons enigste begeerte.

978-1-86829-792-4.indd 18978-1-86829-792-4.indd 18 12/4/2015 10:23:07 AM12/4/2015 10:23:07 AM

Page 12: Inhoudsopgawe - CUM Uitgewers · ’n Welkomswoord S tel jou voor dat ons so ’n lewe kan lei dat mense aan elkeen van ons kan dink as ’n vrou na God se hart, vandag en ook lank

19’n Hart aan God toegewy

’n Hart wat aan God toegewy is

As ons ’n bietjie by Maria stilstaan, ’n vrou wat by Jesus se voete ge sit het en deur Hom geprys is, word die betekenis van ’n hart wat aan God toegewy is verder vir ons ontsluit. Wat het Maria ge doen dat ons Redder haar geprys het?

Maria het die een ding raakgesien wat nodig isDie gebeure wat tot Jesus se woorde aanleiding gegee het, berei die toneel voor sodat ons in Maria se hart kan inkyk (vgl. Luk. 10:38-42). Jesus (waarskynlik vergesel van sy dissipels) het by die huis van Maria se suster, Marta, aangekom vir ’n ete. Ek is seker dit was ’n vrolike, feestelike tyd. Dink net, God in die vlees kom vir ete! Hy was totale liefde, totale omgee, totale besorgdheid en totale wysheid. Dit sou hemel op aarde wees om in sy teen woor-digheid, die teenwoordigheid van God, te wees.

Maar Marta, Maria se suster, het nie die wonder van God in menslike gestalte raakgesien nie. Gevolglik het sy sy besoek met haar optrede bederf. In plaas daarvan om die kos met grasie voor te sit het sy oorbetrokke geraak in haar taak as gasvrou. Toe Jesus sy woorde van lewe meedeel – die Woord van God deur God self gespreek – en Maria stilletjies by die kombuis uitglip om by sy voete te gaan sit, het die spanning, frustrasie en woede in Marta se binneste uitgebars. Sy het die Leermeester, haar gas, on derbreek om te vra: “Gee U nie om dat ek alleen met die ete moet sukkel nie? Sê vir Maria sy moet my kom help!” Marta het nie die belangrikheid en die prioriteit van tyd saam met God raakgesien nie.

Maria, ’n vrou na God se hart, het die keuse gemaak wat op ’n hart vol toewyding dui: sy het geweet dit is belangrik om stil te raak, om alle aktiwiteite te staak en sekondêre dinge opsy te skuif ten einde geheel en al op die Here te fokus. Anders as haar suster, wat so besig was om dinge vir die Here te doen dat sy in gebreke gebly het om tyd saam met Hom deur te bring, het Maria aanbidding boaan haar doenlysie geplaas.

978-1-86829-792-4.indd 19978-1-86829-792-4.indd 19 12/4/2015 10:23:07 AM12/4/2015 10:23:07 AM

Page 13: Inhoudsopgawe - CUM Uitgewers · ’n Welkomswoord S tel jou voor dat ons so ’n lewe kan lei dat mense aan elkeen van ons kan dink as ’n vrou na God se hart, vandag en ook lank

20 ’n Vrou na God se hart

Maria het daardie een ding gekies wat nodig isOmdat Maria ’n vrou na God se hart was, het sy altyd net een ding in gedagte gehad: vir Hom. Ja, sy het ook gedien. Sy het ook haar godge gewe verantwoordelikhede nagekom. Maar daar was een keuse wat Maria voortdurend gemaak het, ’n besluit om die een ding te doen wat die meeste saak gemaak het: sy het ge-kies om tyd te maak om God te aanbid. Sy het geleer dat niks die plek kan inneem van tyd in God se teenwoordigheid nie. In derdaad, tyd wat ’n mens aan sy voete deurbring, verskaf die fo kus en brandstof vir alle dade van diens. En, soos haar Meester op ge merk het, tyd wat daaraan bestee word om God te hoor en te aan bid kan nooit van jou weggeneem word nie, want dit is tyd wat aan ewigheids ar beid bestee is, tyd wat permanente en ewig-du rende dividende verdien. Maria het gekies om daardie kosbare tyd saam met Hom deur te bring.

Ja, maar hoe?

Hoe kan ek en jy ’n vrou word wat aan God toegewy is, ’n vrou wat vir God leef en Hom baie liefhet? Wat kan ons doen om Maria se voorbeeld te volg en keuses te maak wat vir die hele wê reld wat ons dophou, vertel dat ons ’n vrou na God se hart is, keuses wat ons in ’n posisie stel waarin God ’n vuur vir Hom in ons hart kan laat ontbrand?

1. Kies God se manier by elke geleentheidVerbind jou daartoe om soos Maria aktief God en sy manier te kies in elke besluit, woord, gedagte en reaksie. Hierdie boek han-del oor ’n lewe volgens God se prioriteite, en ons wil hê ons keu ses moet toon dat God ons hoogste prioriteit is. Die woord “prioriteit” beteken immers “om iets bo iets anders te plaas, om voor keur te gee aan”. Ons wil God se manier in alle dinge kies. Verskeie riglyne sal ons help. Dis eenvoudig, maar ek weet hoe mak lik dit is om jou waaksaamheid in te boet.

978-1-86829-792-4.indd 20978-1-86829-792-4.indd 20 12/4/2015 10:23:07 AM12/4/2015 10:23:07 AM

Page 14: Inhoudsopgawe - CUM Uitgewers · ’n Welkomswoord S tel jou voor dat ons so ’n lewe kan lei dat mense aan elkeen van ons kan dink as ’n vrou na God se hart, vandag en ook lank

21’n Hart aan God toegewy

Spreuke 3:6: Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Dit kan die temavers van hierdie boek en van die lewe wees. Hierdie geliefde vers beskryf ’n twee-stap-vennootskap met God: Ons deel is om tot stilstand te kom en God langs die pad te erken, en sy deel is om ons weë te rig. Ons moet God raad pleeg oor elke besluit, woord, gedagte of reaksie. Voordat ons voortgaan of sommer reageer, moet ons eers ’n slaggie halt roep en bid: “Here, wat wil U hê moet ek hier doen of dink of sê?”

Hoe lyk Spreuke 3:6 in die daaglikse lewe? Kom ek deel twee voorbeelde met jou. Ek word wakker en die dag begin. Terwyl ek nog ewe vrolik met die lewe aangaan, ontstaan daar meteens ’n krisis. Die telefoon lui, en dis slegte nuus of ek moet ’n besluit neem. Ek probeer om in my gemoed – en miskien ook fi siek, soos Maria – te stop en met God hieroor te praat. Ek bid: “Here, wat wil U hê moet ek hier doen?” Ek wag eenvoudig in my ge-dagte en gees en gee erkenning aan die Here. Dis my deel van die vennootskap.

Dit kan dalk ’n breukdeel van ’n sekonde of ’n paar minute in gebed neem.

Of ek is vrolik besig met my dag en ek loop iemand raak wat iets sê wat my seermaak. Voordat ek enigiets uitblaker (dis ten minste my doelwit!); voordat ek ’n oog vir ’n oog vat (of ’n woord vir ’n woord), probeer ek om net te stop, te wag, in my gedagtes in God se teenwoordigheid te sit en my gedagtes tot Hom te verhef: “Goed, Here, wat wil U hê moet ek hier doen? Wat wil U hê moet ek sê? Hoe wil U hê moet ek optree?” Ek vra Hom selfs: “Watter uitdrukking wil U op my gesig hê terwyl ek na hierdie mens luister wat sulke dinge sê?” Ek erken die Here. Dis my deel.

Wanneer ek my deel doen, neem God oor en doen sy deel: Hy laat my die regte pad loop. Dikwels is dit of die eerste gedagte wat by my opkom, van Hom af kom. Omdat ek Hom om leiding vra en dinge op sy manier wil doen en nie op my manier nie, laat Hy my die regte pad loop. Hy onderrig my en leer my aangaande die pad wat ek moet loop (vgl. Ps. 32:8). Hy lei my in wat om te doen, hoe om op te tree en wat om te sê. God is getrou aan sy

978-1-86829-792-4.indd 21978-1-86829-792-4.indd 21 12/4/2015 10:23:07 AM12/4/2015 10:23:07 AM

Page 15: Inhoudsopgawe - CUM Uitgewers · ’n Welkomswoord S tel jou voor dat ons so ’n lewe kan lei dat mense aan elkeen van ons kan dink as ’n vrou na God se hart, vandag en ook lank

22 ’n Vrou na God se hart

belofte: Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou ’n stem hoor sê: “Hier is die pad, loop hierlangs” (Jes. 30:21).

Die gesegde “goed, beter, beste”: Miskien het jou onder wyseres ook vir jou gesê toe jy nog op skool was: “Goed, beter, beste, maar moenie rus nie totdat jou goed beter is en jou beter beste is!” Ek probeer hierdie gesegde prakties op my eie besluitneming en keu ses toepas. Dit is wat Maria gedoen het. Volgens Jesus het sy die beste deel gekies. Hier is een manier hoe dit my gehelp het.

Die mense in Los Angeles bring baie tyd in motors deur en ek is geen uitsondering nie. Wanneer ek alleen in die motor is, kan ek doen wat ek wil. In die verlede het ek na ’n radiostasie ge-luister wat aangename luistermusiek ge speel het. Dit was ’n re-delik goeie keuse. Maar nadat ek daar oor nagedink het, het ek be sluit ’n beter keuse (vir my) sou wees om na ’n radiostasie te luis ter wat klassieke musiek speel. Ek is hartstogtelik lief daarvoor. Toe ek verder oor my keuse nadink, het ek besluit dat dit selfs

be ter sou wees om ’n CD met verheff ende Christelike musiek te speel. Daarna het ek verder met hierdie skaal opbeweeg toe ek kies om liewer na CD’s met preke te luister: opnames deur ’n man van God wat die Woord

van God verkondig aan die mense van God. Vervolgens het dit selfs nog beter gelyk om CD’s van die Bybel te speel. En toe, eendag, het ek die radio afgeskakel en gedoen wat vir my die beste keuse was vir my motortyd: om Skrif gedeeltes te memoriseer. Van goed na beter na beste.

Toe ek nog maar pas ’n Chris ten geword het, het ek ’n ouer vrou hoor praat van die keuse, ’n Maria-keuse, wat sy elke dag maak sodra haar man weg is werk toe. Sy het gesê sy kon enigiets doen wat sy wou: die TV aan skakel, na ’n sepie kyk, die koerant lees. Of sy kon haar Bybel vat en stiltetyd hou. Hier was ’n vrou – ’n vrou na God se hart – wat noukeurig aandag gegee het aan

Om vir God en sy manier te kies maak ons toewyding aan Hom soveel dieper.

978-1-86829-792-4.indd 22978-1-86829-792-4.indd 22 12/4/2015 10:23:07 AM12/4/2015 10:23:07 AM

Page 16: Inhoudsopgawe - CUM Uitgewers · ’n Welkomswoord S tel jou voor dat ons so ’n lewe kan lei dat mense aan elkeen van ons kan dink as ’n vrou na God se hart, vandag en ook lank

23’n Hart aan God toegewy

wat goed, beter en beste was, en wat daarna gestreef het om die beste keuses te maak.

En dit is ook ons uitdaging. Om vir God en sy manier te kies maak ons toewyding aan Hom soveel dieper.

Om in ontsag voor God te staan. Een van my gunsteling gedeeltes eindig met hierdie woorde: Uiterlike skoonheid hou nie, ’n mooi voorkoms is nie alles nie; as sy die Here dien, dán verdien ’n vrou om geprys te word (Spr. 31:30)

Skrywer en Bybelonderwyser Anne Ortlund het haar eie ont-sag vir God so uitgedruk: “Ek het wel ’n vrees in my hart … ek begeer om elke dag meer god vresend te word. Noem dit ‘die vrees van die Here’, om ontsag vir Hom te hê en tot die dood toe bang te wees vir enige sonde wat my lewe op hierdie stadium gaan be-derf.”1

Hierdie selfde hart vir God en die vrees om sy beste mis te loop as gevolg van verkeerde keuses word gedeel deur ’n ander vrou wat ek bewonder, Carole Mayhall van die Christelike dis-sipelskaporganisasie Th e Navigators. Ek het Carole twee keer by vroue-wegbreekkampe hoor praat en albei kere het sy gesê: “Ek leef daagliks met een vrees, ’n gesonde vrees, as daar so iets is. Dit is dat ek iets sal mis van wat God vir my in hierdie lewe het. En dit is bewussynsverruimend om na te dink oor alles wat Hy wil ek moet hê. Ek wil nie van selfs een van God se skatte beroof word deurdat ek nie tyd gebruik om Hom in my lewe te laat inkom nie; deur nie te luister na wat Hy vir my sê nie. Deur toe te laat dat die roetine- of dringende sake wat my minute in beslag neem my bankrot maak ten opsigte van tyd vir die opwindendste, mees vervullende verhouding in die lewe.”2

Het jy ontsag vir God en vir wat Hy in jou, vir jou en deur jou wil doen?

2. Verbind jou daagliks aan GodOns toewyding aan God word versterk as ons ons elke dag op-nuut aan Hom toewy. Begin elke môre nuut saam met God deur

978-1-86829-792-4.indd 23978-1-86829-792-4.indd 23 12/4/2015 10:23:07 AM12/4/2015 10:23:07 AM

Page 17: Inhoudsopgawe - CUM Uitgewers · ’n Welkomswoord S tel jou voor dat ons so ’n lewe kan lei dat mense aan elkeen van ons kan dink as ’n vrou na God se hart, vandag en ook lank

24 ’n Vrou na God se hart

’n opregte gebed, geskryf of in jou gedagte. Gee alles wat jy is en alles wat jy het aan Hom, nou, vir altyd en daagliks. Lê alles op God se altaar in wat een van die heiliges van ouds die “oorgegewe lewe” genoem het.3 Gee vir God jou lewe, jou liggaam (nes dit is), jou gesondheid (of gebrek daaraan), jou man, elke kind (een vir een), jou huis, jou besittings. Kweek die gewoonte aan om hierdie seëninge in God se liefdevolle hande te plaas om daarmee te maak wat Hy wil. Hulle is immers nie ons s’n nie, maar Syne. ’n Daaglikse toewydingsgebed help ons om afstand te doen van wat ons dink ons reg op hierdie seëninge is. Die spreekwoord lui mos: “Maak van niks ’n las, en hou niks te styf vas.” Die vol gende woorde van die negentiende-eeuse geestelike skrywer An drew Murray is ook vir my nuttig: “God is gereed om volle ver ant woordelikheid te aanvaar vir die lewe wat geheel en al aan Hom oor gegee is.”4

Verbind jou daarom elke dag op die een of ander manier op-nuut aan God. Dit kan so eenvoudig soos hierdie gebed wees, die eerste van F.B. Meyer se sewe reëls vir die lewe: “Maak ’n daag-likse, besliste, hoorbare wyding van jouself aan God. Sê hardop: ‘Here, ek gee myself vandag opnuut aan U.’”5

Die toewydingsgebed waarvan ek miskien die meeste hou en wat ek op die eerste bladsy van my Bybel geskryf het, is die een van Betty Scott Stam, ’n werker by die China Inland Mission. Sy en haar man is deur die strate van China gelei om onthoof te word terwyl hulle baba in sy wiegie agtergebly het. Dit was haar daag likse gebed:

Here, ek gee al my eie planne en voornemens prys, al my eie begeertes en verwagtings, en aanvaar u wil vir my lewe. Ek gee myself, my tyd, my alles geheel en al aan U om U s’n te wees vir ewig. Vervul my met u Heilige Gees. Gebruik my soos U wil, stuur my waarheen U wil, werk u hele wil in my lewe uit al kos dit ook wat, nou en vir altyd.6

In hierdie geval was die koste hoog. Haar algehele toewyding aan

978-1-86829-792-4.indd 24978-1-86829-792-4.indd 24 12/4/2015 10:23:07 AM12/4/2015 10:23:07 AM

Page 18: Inhoudsopgawe - CUM Uitgewers · ’n Welkomswoord S tel jou voor dat ons so ’n lewe kan lei dat mense aan elkeen van ons kan dink as ’n vrou na God se hart, vandag en ook lank

25’n Hart aan God toegewy

God het Betty Stam haar bediening, haar man, haar kind en haar lewe gekos, maar daardie soort toewyding is inderdaad ons hoë roeping as sy kinders (vgl. Rom. 8:17).

3. Kweek ’n warm hartEk word veral gekonfronteer met die temperatuur van my eie hart as ek aan hierdie woorde van Jesus dink: Ek weet alles wat jul le doen. Ek weet dat julle nie koud is nie, en ook nie warm nie. As julle tog maar koud of warm was! Maar nou, omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit my mond uitspoeg (Op. 3:15-16). Watter toestand van die hart beskou God as die slegste volgens hierdie Skrifgedeelte?

Dink aan hierdie benouende feite: om ’n koue hart te hê be-teken om beslis onder normaal te wees: om onemosioneel, on-be wus van en onkundig oor God te wees. Stel jou voor hoe dit moet wees om onemosioneel te wees oor die dinge van God. En dan is daar die louwarm hart. Dis on verskillig. Stel jou voor hoe dit moet wees om onverskillig te wees oor God.

Warm, die der de opsie, is hoe ons wil wees. ’n Hart met ’n hoë temperatuur; gek enmerk deur hewige aktiwiteit, emosie of passie, vurig, op ge wonde: dís die hart van iemand wat aan God toegewy is.

Was jy al ooit in die teenwoordigheid van iemand wat ’n warm hart vir God het? Ek was. Mike is gevra om die tafelgebed by ’n ete te doen. Wel, as jy ’n hart het wat warm is vir God kan jy nooit bloot net voor die ete bid nie. Eerbiedig in hart en siel het Mike met ’n gebed van innige aanbidding begin. Sy passie is in sy woorde weerspieël toe hy God gedank het vir sy redding; vir die feit dat hy uit die duisternis na die koninkryk van die lig oor-geplaas is; dat hy verlore was, maar nou gevind is; dat hy blind was, maar nou kon sien. Mike het aangehou en aangehou totdat

Ons moet vurig en opgewonde wees oor God, en God sal self daardie vuur aanblaas.

978-1-86829-792-4.indd 25978-1-86829-792-4.indd 25 12/4/2015 10:23:08 AM12/4/2015 10:23:08 AM

Page 19: Inhoudsopgawe - CUM Uitgewers · ’n Welkomswoord S tel jou voor dat ons so ’n lewe kan lei dat mense aan elkeen van ons kan dink as ’n vrou na God se hart, vandag en ook lank

26 ’n Vrou na God se hart

ek, om heeltemal eerlik te wees, my eetlus verloor het omdat ek an der voedsel gevind het: vir my siel. Mike se warm hart het my laat vergeet van ’n warm ete vir my maag.

Die hart wat ons vir God het, moet soos ’n kokende pot wees. Ons hart moet gekenmerk word deur godgegewe en intense emo sie en passie vir ons Here. Per slot van rekening, wanneer die tee ketel op die stoof kook, weet jy dit tog. Dit spat en stoom. Dit spring eintlik op en af en skud heen en weer van die hewige hitte. Dis vuurwarm om aan te vat, en versprei die hitte wat binne-in is. Dit kan nie geïgnoreer word nie. Ons moet net so vurig en opgewonde wees oor God, en God sal self daardie vuur aanblaas.

Dit is wat ek vir jou – en vir myself – wil hê. Ek wil hê Jesus se teen woordigheid in ons lewe moet ’n verskil maak. Ek wil hê ons moet oorloop van sy goedheid en lof. Ek wil hê ons lippe moet praat oor die groot dinge wat Hy vir ons gedoen het (vgl. Luk. 1:49) en vertel van sy magtige dade (vgl. Ps. 96:3). So moet die mense sê wat deur die Here bevry is (Ps. 107:2).

Antwoord uit jou hart

Hoe sal jy die toestand van jou eie hart beoordeel? Ek bid dat jy

jou hart vir Christus gegee het, dat jy ’n ewige verhouding met

God begin het deur sy Seun, Jesus. As jy dit gedoen het, dank

Hom vir die wonderlike voorreg om ’n kind van God genoem te

word.

As jy onseker is oor waar jy met God staan of as jy baie beslis

weet dat jy ’n lewe weg van God af leef, neem nou ’n besluit om

dinge met Hom reg te maak. Bestee tyd in gebed. Bely jou sonde,

nooi Jesus om jou Redder te wees en verwelkom sodoende vir

Christus in jou lewe en word ’n nuwe mens in Hom (vgl. 2 Kor.

5:17). Jy mag dalk soos volg bid:

978-1-86829-792-4.indd 26978-1-86829-792-4.indd 26 12/4/2015 10:23:08 AM12/4/2015 10:23:08 AM

Page 20: Inhoudsopgawe - CUM Uitgewers · ’n Welkomswoord S tel jou voor dat ons so ’n lewe kan lei dat mense aan elkeen van ons kan dink as ’n vrou na God se hart, vandag en ook lank

27’n Hart aan God toegewy

Here God, ek wil u kind wees, ’n ware vrou na u hart, ’n vrou wat

haar lewe in U, deur U en vir U leef. Ek erken my sonde en ontvang

u Seun, Jesus Christus, in my behoeftige hart, en ek dank U dat Hy

aan die kruis vir my sonde gesterf het. Ek dank U dat U u krag vir my

gee sodat ek u hart kan navolg.

Weereens, maak jou hart oop, nooi Jesus in en laat Hom jou ’n

vrou na God se hart maak.

Nou kan jy begin – of opnuut begin – om jouself in ’n posisie

te plaas waar God ’n hart van toewyding in jou kan laat groei.

Elke oefening in hierdie boek is daarop gerig om jou te help om

jouself voor God te stel sodat Hy jou hart na Hom toe kan keer.

Ons doel is om geen wil te hê nie, behalwe sy wil. Bid sommer

nou dadelik ’n gebed vir meer warmte!

978-1-86829-792-4.indd 27978-1-86829-792-4.indd 27 12/9/2015 12:26:14 PM12/9/2015 12:26:14 PM