16
Charné Kemp DIE dood van ses babas en meer as 400 gevalle van gastro-enteritis op Upington is deur die rota-virus ver- oorsaak wat deur swak higiëne vererger is. Mxolisa Sokatsha, LUR van ge- sondheid, het die nuus Donderdag op ’n nuuskonferensie bekend ge- maak nadat die uitslae van toetse ge- kry is. Toetse het ook bewys dat die virus nie in die dorp se drinkwater is nie. “Ons het verskeie pasiënte se stoelgang vir die oorsaak van die siekte laat toets. In die meeste geval- le (43%) was dit die rota-virus. “Pasiënte, van wie die meeste kin- ders onder een jaar oud was, het erg gebraak en diarree ondervind. Hul- le was ontwater en het baie lig- gaamsoute verloor. Die virus is nie onbekend nie. Dit kom gewoonlik in die koeler maande voor. Ons was wel onkant gevang deur die aantal gevalle. Op Woensdag en Donderdag is twee nuwe pasiënte opgeneem en nog 20 ander behandel.” Die departement toets steeds die virus om te bepaal wat die genetiese samestelling daarvan is. “Die presiese oorsprong kon nog nie bepaal word nie. Ons doen ge- reeld inenting teen die virus. Dit voorkom nie die siekte nie, maar voorkom die ergste simptome en komplikasies.” Die departement is besig met ’n oudit van die inentingsprogram om te bepaal waar dit aangepas moet word. “Ons opvoedingsveldtog het in- tussen verdiep. Dit is belangrik dat inwoners sorg dat hulle nie met stoelgang in aanraking kom nie en gedurig hul hande was. Dit geld ver- al ma’s wat babadoeke moet omruil. “Mense wat siek en ontwater is, moet ’n mengsel van water, sout en suiker aanmaak om elektroliete te help vervang. Intussen hou ons ’n wakende oog oor die situasie en be- handel nuwe gevalle onmiddellik,” sê Sokatsha. Virus rede vir gastro Rota-virus nie in dorp se drinkwater gevind DIE koue het Upingtonners dié week behoorlik laat bibber. Koue oggende wat mense lank in baadjies en jasse gehou het, was ’n skok ná die onge- kende warm weer van Mei. Dié koue wat die mis oor die Oranjerivier laat lê het, het eg- ter die pragtige fotogeleentheid geskep. Foto: Wollie Burger Koue gooi sy missluier oor Verspreidingsgebied: Upington, Keimoes, Kakamas, Groblershoop, Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Olifantshoek, Lime Acres, Postmasburg 13 JUNIE 2013 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA GRATIS TEL. 054-331-3482 Upington

Kalahari bulletin 13 jun 2013

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Kalahari bulletin 13 jun 2013

Citation preview

Page 1: Kalahari bulletin 13 jun 2013

Charné Kemp

DIE dood van ses babas en meer as400 gevalle van gastro-enteritis opUpington is deur die rota-virus ver-oorsaak wat deur swak higiënevererger is.Mxolisa Sokatsha, LUR van ge-

sondheid, het die nuus Donderdagop ’n nuuskonferensie bekend ge-maaknadatdieuitslaevan toetsege-

kry is. Toetse het ook bewys dat dievirus nie in die dorp se drinkwateris nie.“Ons het verskeie pasiënte se

stoelgang vir die oorsaak van diesiekte laat toets. In diemeeste geval-le (43%) was dit die rota-virus.“Pasiënte, vanwie diemeeste kin-

ders onder een jaar oudwas, het erggebraak en diarree ondervind. Hul-le was ontwater en het baie lig-

gaamsoute verloor. Die virus is nieonbekendnie. Dit komgewoonlik indie koeler maande voor. Ons waswel onkant gevang deur die aantalgevalle.OpWoensdagenDonderdagis twee nuwe pasiënte opgeneem ennog 20 ander behandel.”Die departement toets steeds die

virus om te bepaal wat die genetiesesamestelling daarvan is.“Die presiese oorsprong kon nog

nie bepaal word nie. Ons doen ge-reeld inenting teen die virus. Ditvoorkom nie die siekte nie, maarvoorkom die ergste simptome enkomplikasies.”Die departement is besig met ’n

oudit van die inentingsprogram omte bepaal waar dit aangepas moetword.“Ons opvoedingsveldtog het in-

tussen verdiep. Dit is belangrik dat

inwoners sorg dat hulle nie metstoelgang in aanraking kom nie engedurig hul handewas. Dit geld ver-alma’s wat babadoekemoet omruil.“Mense wat siek en ontwater is,

moet ’n mengsel van water, sout ensuiker aanmaak om elektroliete tehelp vervang. Intussen hou ons ’nwakende oog oor die situasie en be-handel nuwe gevalle onmiddellik,”sê Sokatsha.

Virus rede vir gastroRota-virus nie in dorp se drinkwater gevind

DIE koue hetUpingtonners diéweek behoorliklaat bibber. Koueoggende watmense lank inbaadjies en jassegehou het, was ’nskok ná die onge­kende warmweervanMei. Dié kouewat die mis oordie Oranjerivierlaat lê het, het eg­ter die pragtigefotogeleentheidgeskep.

Foto: Wollie Burger

Koue gooi sy missluier oor

Verspreidingsgebied: Upington, Keimoes, Kakamas, Groblershoop, Kathu, Kuruman, Daniëlskuil, Olifantshoek, Lime Acres, Postmasburg

13 JUNIE 2013 WWW.KALAHARIBULLETIN.CO.ZA GRATIS TEL. 054­331­3482

Upington

Page 2: Kalahari bulletin 13 jun 2013

2 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

2/22

W-5

1/22

NW-5

1/21

W-5

DIE Pienk Bome vir Pauline-pro-jek op Upington het al R47 065ingesamel waarmee 7 800 meterpienk lap gekoop kon word.Die Pienk Bome-projek se doel

is om met die verkoop van diepienk lap geld in te samel omkankerpasiënte op Upington meete help.Die pienk lap gaan in Oktober

om bome op Upington gedraaiword om geld in te samel, asookvir kankerbewusmaking.Upington het 21 000 bome en die

Pienk Bome-projek wil graagvanjaar 8 000 van die bome metpienk lap toedraai.Die lap is nou by die De

Duine-apteek en Pro Packaging te

koop.Die lap is beskikbaar teen ’n

minimum bedrag van R20 permeter, maar mense kan enigebedrag vir die lap betaal.Op Graaff-Reinet het een

sakeonderneming R10 000 permeter betaal.Van Augustus af sal pienk

vlaggies ook beskikbaar wees watin die vensters van sakeonderne-mings opgehang kan word.Die meerderheid van die geld

wat ingesamel is, word opUpington aangewend vir behoeftessoos die verskaffing van pruike,prostese en rolstoele, vervoer vankankerpasiënte, tuisverpleging enverblyf tydens behandeling.

) Die rede hoekom pienk as kleurvir die lap gekies is, is omdatpienk ’n vermenging van rooi enwit is.Wit simboliseer die potensiaal

vir volheid en afhandeling, terwylrooi help om die potensiaal tebereik.Pienk omvat albei die eienskap-

pe en pienk simboliseer ookgevoelens soos omgee, sagtheid enselfwaarde.Daarby is die eerste bloeisels in

die lente ook pienk en dit simboli-seer ’n nuwe lewe.Die projek wil juis ’n nuwe

lewe begin deur gemeenskappesaam te bring om kanker tebeveg.

Pienk Bome-projek vorder goed

DIE Pienk Bome vir Pauline­komiteelede opUpington is van links, voor: Helet van denBerg (voorsitter) en Fransie van Niekerk (on­dervoorsitter); tweede ry: Melissa van derColff, Elsebe Liebenberg en Vidi Diergaardt;derde ry: Merina Henn, Anneline Venter enMari le Roux; vierde ry: Lynette Visser (sekre­taresse), Elsabe Coetzee en Louise Oberhol­ster; agter: Ria van Rooyen (mediaskakelingen bemarking), Marike Nel (tesourier) en Ilzevan Biljon. Foto: Verskaf

DIE pad tussen Hakskeenpan endie Rietfontein-grenspos het sedertsy onthulling in 2008 lelik ver-brokkel.Inwoners van Rietfontein en

Mier is ontsteld oor die agter-uitgang van die pad sedert diebou daarvan slegs vyf jaargelede.In net vyf jaar het die pad

verbrokkel en is dit vol slagga-te.Die afgelope tyd het voertuie

van die departement van paaieen openbare werke die padgeïnspekteer en is daarwerkers wat plek-plek diepad lap.Volgens Meris Kocks

van Rietfontein is inwo-

ners besorg dat die langtermyn-oplossing eerder sal wees om diepad oor te doen eerder as om ditnet keer op keer te lap.

Vyf jaar later en pad verbrokkel

IN 2008 het die destydse premier van dieNoord­Kaap, Dipuo Pieters, die pad amptelikgeopen.

NOU is die vyf jaar oue pad verbrokkel en vol slaggate en word daarplek­plek aan die pad gewerk om van die gate te vul. Foto’s: Meris Kocks

Page 3: Kalahari bulletin 13 jun 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013 3

NÁ 45 jaar se diens aan dieOrange River Cellars lê Mat-theevanSchalkwykdie tuig ashoofbestuurder: produksieneer.Wanneer ’n mens van ie-

mand wat “alles gesien het”,praat, dan is dit gewoonlikbeeldspraak. Maar wanneerdit by die Oranjerivier-wyn-streek en die Orange RiverCellars kom, kan enige waar-nemer wat met Matthee in ge-sprek tree dit staaf dat dievriendelike man met die wel-luidende, rustige stem wel al-les gesien het.Toe die eerste vrag druiwe

in 1968 by die destydse Oranje-rivier-wynkelders (OWK) seeerste kelder op Upington af-gelewer is, was Matthee daarom die vrag te weeg en te helpaflaai.“Jy onthou so iets altyd as jy

lank by een plek was,” vertelMatthee.“Dit was op 18 Januarie toe

die druiwe aangekom het. Endaardie jaar het ons 4 400 tondruiwe afgelaai waarvoor dieboere die rojale prys van R32per ton gekry het. Hoewel dieOWK aanvanklik begin is omuitskot-rosyntjiedruiwe te dis-tilleer het die eerste kelder-span van drie mense sommervan meet af aan die potensiaalvan goeie wyn gesien. Toe hetons in daardie eerste jaarwraggies 300 000 liter goeiewyn, bo en behalwe die stook-wyn, gemaak. In 1971 is Kei-moes voltooi, gevolg deurGrootdrink in 1972 en Kaka-mas en Groblershoop in 1976,hoofsaaklik om vervoer uit te sny en die af-stand tussen wingerdboer en kelder korter temaak. Dit was deel van die OWK se filosofiewat vandag steeds van toepassing is: om diedruiweprodusent sovermoontlik tegemoet te

kom.”Van 1971 tot 1974 was Matthee assistent-

wynmaker op Keimoes, en weens omstandig-hede moes hy twee parstye alleen die kelderbestuur.

“Dit was vir my ’n keerpunt. Ekkon sien ek kon die werk doen enhet besluit dit was al wat ek woudoen. Hardewerk, soos allewynma-kers hierweet.Maar bevredigend isnie ’n sterk genoeg woord nie.”In 1974 is hy as wynmaker-be-

stuurder op Kakamas aangestel.“Die pars van 1976 was ’n openba-

ring, omdat dit so ontsettend baieen aanhoudend gereën het. Keldersin ander lande en ander wynstrekesou boedel oorgegee het, maar hierhad ons nie ’n keuse nie,” vertel hy.“Ons het druiwe ingeneem en

verwerk, en tot vandag toe meen ekgeen wynmaker ter wêreld kan uitdruiwe haal wat die wynmakersvan die Orange River Cellars kandoen nie. Die wingerde kan onderdie vloedwater toe staanendie drui-we kan in ’n haglike toestand by diekelder aankom, maar ons wynma-kers slaag daarin om mooi, skoonwyne daarvan temaak, sooswat diegeval weer in 2011 was.”Maar die grootste oomblikwat hy

blybeklemtoon,wasomin2005win-gerdboukundigesbydieprodusenteas skakel met die produksiespanvan Orange River Cellars te betrek.“Ons wou aanvanklik drie gehad

het, maar vandag sit ons met vyfwingerdboukundiges onder die oogvan Henning Burger, ons eerstewingerdman,” vertel Matthee.“Ek kan nie sterk genoeg die by-

drae van diemense sewerk beklem-toon nie in die toesien dat boerdery-praktyke volgens die doelwitte vandie wynmakers en bemarkingspangeskied nie.”Behalwe sy kollegas, het Matthee

veral ’n spesiale woord vir sy vrou,Marlien, die ene borrelende energieaan sy sy.

“Dit kanmaar eensaamraak om ’nwynma-ker se vrou te wees, veral in die parstyd.Maar om te kan staatmaak op die ondersteu-ning wat sy my gebied het, het die moeilikstedinge haalbaar gemaak,” vertel hy.

Wynkenner lê tuig neer

MATTHEE VAN SCHALKWYK Foto: Verskaf

STEVEHOFMEYR tree op 20 Julie om19:00 in die Hoërskool Upington seskoolsaal op. Kaartjies kos R200 en isby 082­472­2377 beskikbaar.

Foto: Verskaf

Tree by skool op

Page 4: Kalahari bulletin 13 jun 2013

4 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

Snelskryf-stylnet pure luiheidAFRIKAANS is ’n taalwaarin enig-iets gedoen kan word wat taal- enletterkundig moontlik is. Afri-kaanse prosa, skrywes engedigte isuiters suksesvol. Maar in die he-dendaagse lewe hetmense (volwas-senes en tieners) ’n baie slegte ge-woonte met skryfwyses op hul sel-fone ontwikkel.Die SMS-taal wat gebruik word,

is vir die meeste mense Grieks. Ditword beweer dat mense nie tyd hetom ordentlike sinne op hul selfonete tik nie. Kommas en punte en an-der leestekensword ookweggelaat.Soms is sulke boodskappe so slor-dig en onduidelik dat geen menseintlik kop of stert kan uitmaakvanwatnoueintlik indie boodskapstaannie. Die gebruik vandie SMS-taal is eintlik net ’n geval van “baielui” wees.Niemand gaan jou vir ete nooi as

jy slordig eet en morsig is nie. Hoe-kom is dit dan aanvaarbaar omslordig te skryf en te praat? Waar-om word Afrikaans ook vermengmet allerhande slengwoorde ter-wyl mense nie in Engels hul taal so

vermeng nie?Die media is streng daarop inge-

stel om korrekte Afrikaans teskryf. Koerante gebruik wel dees-dae ’n bietjie Engelsewoorde in hulberigte, byvoorbeeld: “Joe was nogaltyd die performer” of “ek kan nieophou smile nie”, sê Piet. Dit isdeesdae aanvaarbaarder om so inkoerante (en stories vir boeke) teskryf, maar dit is beslis nie dienorm nie.Taalkundige sorgeloosheid en

verwaarlosing neem astronomiestoe en koerante (en ander media)moet maatreëls in plek stel om dieprobleemaan te pak. Korrekte taal-gebruik en spelling moet afge-dwing word.Op sosiale media soos Facebook

is daar ook ’n neiging by sommigemense om in swak Afrikaans, ofSMS-taal, te skryf. Enigiemandwattaalbewus is en ingestel is op kor-rekte Afrikaans skryf, sal doodeen-voudig gril van irritasie ashulle ditraaksien.Skryf soos jy wil skryf, niemand

kan dit van jou wegvat nie.

’n Aansteeklikepositiwiteit is nodig

André de Villiers

ALLE bekende godsdienste isduidelik daaroor dat mense invrede en harmonie met mekaarmoet saamleef.Hulle moet ’n gemeenskap

vorm waarbinne die een dieander help om ’n beter individute word.Só help hulle ook die groep om

’n beter gemeenskap te wees.Daar is dus ’n wederkerige

effek van hulpverlening enopbou.Dit is vandag moeilik om

mense te motiveer om in diegemeenskap betrokke te wees.Mense is geneig om meerindividualisties te leef en verkiesdit om hul eie dinge te doen.Daar is baie redes hiervoor:

)Mense leef met die spanningvan werkdruk. Hulle werk langure en het min tyd om buite diehuis deur te bring.)Mense is bang. Hulle is bangvir moontlike verwerping ashulle hul teen die gedrag vanander mense sou uitspreek.)Mense het nie die emosioneleenergie om meer aan te pak aswat hulle reeds hanteer nie. Diedruk om hul eie huishoudings seprobleme te hanteer is groot,hulle kan nie nog ander s’n ookhanteer nie.Waar laat dit ’n mens? Kan

elkeen maar sy eie ding te doen?Ek dink nie so nie. Mense moet

te alle tye hul persoonlike leween hul gemeenskapslewe metmekaar in balans hou. Hullemoet verder as hul persoonlikesake kyk en die dinge raaksienwat in die gemeenskap gebeur,want daardie sake word eindelikook hul sake.Wanneer hulle toelaat dat sake

in die gemeenskap handuit ruk,is dit hulle wat daaronder gaanly.Die eenvoudige boodskap van

die Bybel is dat mense geskep isom in gemeenskap met ander teleef en dat hulle hul lewensdoelin en deur ander vind.God het die vrou geskep toe Hy

sien dat dit nie goed is dat dieman alleen is nie (Gen 2).Mense is van die begin af

bedoel om spanspelers te wees.Hulle het die verantwoordelik-heid om aktiewer in hul gemeen-skap te leef.Hulle moet meer betrokke

wees:) In die politiek. Hulle moetkonstruktief oplossings soek virsake wat in die land verkeerdloop. Hulle moet konstruktiefdeelneem, nie baklei nie.) By die beskerming van hulplaneet. Almal is groen mense.) In skole en in die gemeenskap.Skole kry swaar, omdat ouers dieverantwoordelikheid aan onder-wysers en staatsdepartementeoorlaat. Mense moet die oueraan-de en ouerverenigings onder-steun. Hulle moet meer betrokkewees by gemeenskap-aksies wattot voordeel en opbou is vanalmal wat in hul gebied woon.) In families. Gesinne kry swaar,omdat daar nie meer genoeg tydmet mekaar deurgebring wordnie. Gesinne stort in duiewanneer elkeen sy eie ding doenen mekaar se behoeftes nie in agneem nie.Dit beteken dat hulle meer

moet doen as om net te kla oorwat verkeerd is.Meer klagtes lei tot meer

negatiwiteit en dit het mense nienodig nie. Positiewe mense isnodig wat gereed is om positiewedade te doen wat die gehalte vandie lewe verbeter.Is dit moontlik? Is dit moeilik?

Ja, dit is moontlik. Nee, dit is nieso moeilik nie. Met hoeveelmense kom jy daagliks inkontak? Is dit 10, 20, selfs 30?As ek en jy begin om net

teenoor hulle positief op te treeen hulle op ’n positiewe manierbeïnvloed, sal hulle dit oordra nadie mense met wie hulle inkontak kom. Positiwiteit isaansteeklik.Wees jy daardie mens wat

vandag die wêreld rondom joupositief verander.) Ds. André de Villiers is ’nleraar van die NG kerk op Kathu.

Groot dinge gebeurby dié koerant

Lizette Slabber

DIT is altyd lekker om aan ietste werk wat heeltyd al hoe beterword.Vir my is dit sieldodend om

oor en oor dieselfde ding te doenen nooit voor die uitdaging van’n nuwigheid te staan nie.Die mengsel van bang vir die

onbekende gemeng met die vreesdat dit dalk nie kan werk nie,asook die opgewondenheid datdit dalk op iets groots kanuitloop, was nog altyd ’n gevoelwaaroor ek mal was.Hier by die Kalahari Bulletin

staan ons weer voor só ’nuitdaging in ons strewe omaltyd iets nuuts aan ons leserste bied.Die vernuwing van ons

hoofartikelblad, ons groeiendegedrukte koerant en ons groter-wordende betrokkenheid in diekuberruimte hou ons beslis opons tone.Dit is egter ’n lekker tone-

trap, want met dié dat ons almalnou op ons tone is, sien en reikons nou baie verder.Eerstens reik ons nou verder,

want ons versprei die afgelopetyd ’n allemintige 28 000 koeran-te.Nie sleg vir ’n koerantjie wat

in 2011 slegs 10 000 koeranteversprei het nie.Daarby gaan ons van 20 Junie

af nie net ’n webtuiste en ’nFacebook-blad hê nie, maar ook’n mobi-site.Ja, van 20 Junie af kan alle

lesers die Kalahari Bulletinsommer op hul selfone ook lees.Vanweë ons groter internet-

voetspoor begin ons ook met ’ninternetrubriek op ons hoofarti-kelblad. Daar kan lesers meer

uitvind oor ons internet-voet-spoor en kommentaar lewer oorwat op hul dorp aan die gebeuris.Ons nooi dus almal om oor

alles en nog wat op www.kalaha-ribulletin.co.za en op onsFacebook-blad kommentaar telewer.Ons wil graag oor die goed en

sleg van ons dorp saamgesels ensommer net lekker in diekuberruimte kuier.En hou jou oog op die gedruk-

te koerant ook, want diéKalahari Bulletin gaan in dielaaste ses maande van 2013 netnog groter gaan.

DIE pragsonsondergang is naby Askham vasgevang. Foto: Vincent Ward

MEESTER. ’n Strokiesprent deur Danie Cronjé.

Groet die dag

Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarinstandpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet dieskrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedags

gekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwyswat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn

het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer virpublikasie. Briewe wat per e­pos ontvang word, sal voorkeur geniet.

Page 5: Kalahari bulletin 13 jun 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013 5

OP 20 Junie vind die oudisies virSpontaan, Volksblad se plaaslikekoerantegroep se groot sangkom-petisie, op Kuruman plaas.

Alle aspirant-sangers kan van15:00 af by die Laerskool Kurumanse skoolsaal aandie oudisies vir dieSpontaan-kompetisie deelneem.

Reëls vir deelname:) Jy moet op 1 Julie 16 jaar of ouerwees om te kan deelneem.) Vir die streekkompetisies inBloemfontein, Welkom en Kimber-ley en op Kuruman, Kroonstad enBethlehem moet deelnemers enigeliedjie van hul keuse sing.) Slegs kunstenaars wat kontem-porêre musiek sing, sal in aanmer-king geneem word.) Jy moet jouself begelei.) Die kompetisie is slegs vir solis-te.) Jymoet self die klankbane (back-tracks) en ander toerusting vir diestreekoudisies verskaf.) Spontaan sal die klank vir dieeindronde verskaf.) Die wenner van elke streekkom-petisie sal net ná die uitdunrondeaangekondig word.) Die beoordelaars behou die regom nie ’n streekwenner te kies in-dien ’n gepaste kandidaat nie virdie streek beskikbaar is nie.

) Indien jy as streekwenner aange-wys word, moet jy vir die eindron-de in Bloemfontein vyf liedjies ge-reed kry.) Jy moet jou eie klankbane of be-geleiding vir die eindronde ver-skaf.) Die eindronde is op Saterdag 13Julie in Bloemfontein en indien jyeen van die finaliste is, moet jy joueie vervoer en verblyf (indien no-dig) reël.

Registrasie vooraf is nie nodignie. Daag net by die oudisie op enregistreer jou deur R20 te betaal.

Om aan die Kalahari Bulletinse oudisie vir die Spontaan2013-kompetisie deel te neemmoet sangers dié koerant en sywebtuiste by www.kalaharibulle-tin.co.za dophou.

Rig navrae aan die Upington-kantoor by 054-331-3482, dieKuruman-kantoor by 053-712-1472of die Kathu-kantoor by 079-831-5579.

Hou by dié reëls

Braam Muller

DIE Vryfees, wat van 9 tot 14Julie in Bloemfontein plaasvind,se toneel-afdeling het vanjaarmeer Engelse werk – onder meer’n nuwe stuk deur Mike vanGraan.

Gaan kyk gerus na GerbenKamper se opvoering van dieAdam Small-stuk Kanna hy kòhystoe met June von Merch.

’n Ander nuwigheid is Kindersvan stilte, ’n vertaling van diegewilde Children of a lesser god,waarin Vicki Fourie, ’n Mej.Dowe Suid-Afrika, saam metZane Meas en Antoinette Louwspeel.

Wil jy graag sien hoe Suid-Afrikaanse toneelstukke met diévan oorsee vergelyk? Kyk uit virDie Leo’s, Die monster in die gangen Die melktrein stop nie meerhier nie. En kies dan sommer

ook The three little pigs, ’nSuid-Afrikaanse stuk mettuisspelers wat op sy “wêreld-toer” van Australië na Europa inBloemfontein aandoen.

Bekende name op die verhoogsluit in Elsabe Daneel, SandraPrinsloo, Tobie Cronjé, Antoinet-te Kellerman, Rob van Vuuren,Johann Nel, Marion Holm, Gysde Villiers en die egpare WilsonDunster en Elize Cawood enJohan en Lida Botha.

Dit is waarskynlik die jongrebelle wat gaan ontstel – maarwat is ’n fees nou sonder ’n skok.Wees dus maar bedag op WozaAndries?, VREK en Tjop en dop.

Voeg hierby die gebruiklikekindertoneel, die Reza deWet-toneelfees vir tieners, al dieeetplekke en stalletjies metallerhande snuisterye en seldsa-me winskopies en Vryfees 2013 isdaar net vir jou.

Top-toneel op VryfeesAKTEURS in die toneelstuk Kinders van stilte, Zane Meas en Vicki Fourie. Foto: Verskaf

Page 6: Kalahari bulletin 13 jun 2013

6 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

OUERSKAP is seker een van die grootste voorregte. Dierol van ’n vaderfiguur roep die beeld op van ’n paargroot skoene wat volgestaan moet word. Die groei van’n doodgewone outjie na ’n groot, sterk pa is lewensver-anderend. Lynn-Mari Olivier het gaan hoor wat driemanne van mekaar sê.

Willie Strydom en die verhouding met sy twee seunsgee betekenis aan die band tussen pa en seun.

Willie (senior)

Wat was ’n kosbare oomblik jou seuns?Ek kanmet eerlikheid sê dat ek nooit ’n rug-

bywedstryd misgeloop het nie.Ek was altyd langs die veld,

ongeag of die wedstrydplaaslik of ver was. Ekmoet ook ons hengel-uit-stappies uitsonder.Deel jy en jou seuns

eienskappe of verskiljulle?Ons is baie dieselfde.

Ons het beslis spontanegeaardhede en is baieaanpasbaar. Vanweë

dié eienskappe skakel ons baie maklik by ver-skeie soorte geselskap in.Wat bewonder jy van jou seuns?Pierre ken ons as ouers in alles. Voordat hy

’n besluit neem, sal hy ons altyd in die saakken en ons ouerlike raad vra. Ongeag die raadwat ons gee, sal hy steeds sy eie besluit neem.Willie is weer ’n baie nederige kind. Hy het

ontsaglike respek vir ons as ouers, en dít be-wonder ek.Ek moet byvoeg dat die broederlike liefde

tussen my seuns ’n riem onder die hart is.Wat het ouerskap jou geleer?Jou kinders moet in ’n mate soos vriende

wees. Daarmoet beslis nogwedersydse respekwees,maar jymoet jou inhul skoenekanplaas

Pierre (22)

Wattereienskapvan joupabewonder jy?My pa was nog altyd ’n baie betrokke ouer.

Ek kan nie aan een enkele rugbywedstryddink wat hy nie bygewoon het nie.Wat isdiebelangrikstedingwat jyby jou

pa geleer het?Om te probeer om wys op te tree. Bekyk die

situasie, neem jou besluit en staan daarby.Beskryf jou pa in een sin.Hy is baie liefdevol, geestelikwys enbaie be-

troubaar.Is daar ’n eienskapwat jy by jou pa geërf

het?Die beginsel van vergewe en vergeet.

Wat maak julle verhouding be-

Dat ek alles met my pa kan deel.Watter belangrike les het jy by jou pa ge-

leer?Daar is soveel situasies waarin jy as mens

benadeel kan word, maarmy pa het my geleerdat die ondervinding wat jy uit die situasiesleer, blywend is.Watter soort pa is hy?My pa is ’n model-pa. Hy is voorwaar ’n pa

om na op te sien en om by te leer.Hyhet virmy enPierre soveel geestelike lei-

ding gegee.Leidingwatonsdaagliks inons lewekantoe-

pas.

Pa-seun-verhouding kosbaar

DIE Strydom­mans is van links Willie (senior), Pierre en Willie (junior).

Ek was altyd langs die veld,ongeag of die wedstrydplaaslik of ver was. Ekmoet ook ons hengel-uit-stappies uitsonder.Deel jy en jou seuns

eienskappe of verskiljulle?Ons is baie dieselfde.

Ons het beslis spontanegeaardhede en is baieaanpasbaar. Vanweë

wees,maar jymoet jou inhul skoenekanplaasen probeer verstaan waarmee hulle worstel ofwat hulle bly maak. Kinders is immers Godse juwele, hanteer hulle so.

Die beginsel van vergewe en vergeet.

Willie (junior, 20)

Wat maak julle verhouding be-sonders?

VADERSDAG

Page 7: Kalahari bulletin 13 jun 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013 7

The power behindrenewable energy

The IDC is the biggest supporter of tenders awarded in the

Department of Energy’s Renewable Energy Independent

Power Producers (REIPP) programme.

In the first round of REIPP tenders, the IDC participated in

twelve successful bids, and seven more in the second round.

The green energy bids include wind power, concentrated

solar power, photovoltaic and small hydro projects.

Over the next five years, the IDC will make available R25 billion

to fund projects related to green industries.

The IDC is identifying and providing funding for many projects

that will contribute to building South Africa’s industrial capacity

and creating jobs. Visit www.idc.co.za to find out more.

Chillibush8166IDC

To apply online for funding of R1 million or more go towww.idc.co.za

Telephone: 086 069 3888Email: [email protected]

JACOBRUWER (24) is die eerste jong kunste-naar wat by Maud’s Place ’n solo-uitstallingvan sykunswerke indie genre fotografiehou.Dit sit nie sommer in enige voornemendejong kunstenaar se broek om reeds op so jongouderdom sy kuns bloot te stel aan die me-ning van die publiek nie. Dit verg moed, toe-wyding en ’n diepe oortuiging van dit wat jydeur jou kuns wil kommunikeer. Verder ver-eis dit baie tyd en geld, albei kommoditeitewat maar knap in ’n jongetjie se lewe is.

Oor sy werk op die uitstalling sê Jaco: “Mywerk is presies wat die naam van my uitstal-ling sê: Kuns in ’n Kiekie. Ek gebruik mykunssinnigheid om my foto’s uit ’n onkon-vensionelehoek tebenader enop ’nbesonder-se, kreatiewe manier tot ’n eindproduk tebring. Ek skep byvoorbeeld abstrakte vormsin ’n drom verf, neem ’n foto daarvan, ver-groot dit op papier met ’n mat afwerking ofdoek en raam dit.’’

Buiten kleur word Jaco deur teksture enpatrone gefassineer. Hoewel hy ’n wye ver-skeidenheid onderwerpe in sy uitstalling in-sluit – van abstrakte komposisies tot mistigelandskappe –is dit die teenwoordigheid vandie elemente in al sy foto’s wat die uitstallingso suksesvol maak.

“Ek het so drie jaar gelede in Skotland be-gin foto’s neem toe ’n vriendmyhalf gedwinghet om vir my ’nmik-en-drukkamera te koopen net daar het die fotografiegogga my ge-byt,’’ vertel Jaco.

Hoemeer foto’s Jaco geneem het, hoe meerhet die wêreld gesien deur die lens van ’n ka-mera hom bekoor. Jaco het al met groot suk-ses aan verskeie fotografiekompetisies deel-geneem en die motivering het hom goed opdreef gesit en sy passie vir fotografie aange-vuur.

Dit is maklik om foto’s te neem, enigie-mandkan foto’s neem,maardit gaanalles oorstyl. Jaco sien sy werk as ’n moderne soortkuns. Dit is geskik vir enige vertrek wat ’nbietjie optowering nodig het. Hy raam sy fo-to’s in ’n deftigemaar eenvoudige swart raammet glas wat tot die moderne effek bydra.

“My liefde vir kuns sal nooit opdroog nie.Dit is so lekker net om na ander kunstenaarsse skilderye te kyk. Om ander mense se werkte waardeer en te komplimenteer.

“Dit is virmy die lekkerste gevoelwanneeriemandweermywerkwaardeer, omdie reak-sie op hul gesig te aanskouwanneer hullemywerk sien en hoor hoe ek te werk gaan ommy kuns te skep en juis daarom sal dit elkedag net in my groei en altyd ’n deel van mybly.’’

Jaco se uitstalling kan van Dinsdag 11 Ju-nie tot Saterdag 8 Julie besigtig word. BelAmanda Reyneke van den Berg by 072-210-8640 of Maud’s Place by 054-332-1089.

Jongewyswerke volkleur,tekstuur

KOMPOSISIE in blou deur Jaco Bruwer. ABSTRAKTE studie in swart en wit deur Jaco Bruwer. Foto’s: Verskaf

Besoek gerus dieKalahari Bulletin sewebwerf by

www.kalaharibulle-tin.co.za.

Page 8: Kalahari bulletin 13 jun 2013

8 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

Lizette Slabber

DIE NG kerk Grootdrink het opSaterdag 8 Junie sy jaarlikes ba-saar aangebied.Van rou vleis tot die lekkerste

sosaties is verkoop, terwylmensedeur die interessante koek- en ge-skenktafelskon loop.Omdiekoueaan bande te hou is heerlike vleis-pasteie verkoop en die dag is met’n geslaagde veiling afgesluit.

DIE geskenke­tafel het behoorlike gekreun onder al die Vadersdagge­skenke en bederfies wat vir die hele gesin te koop was. Van links isElma Slabber, Petra van Wyk en Lidie Goosen.

DIÉ gedraaide aartappels was weer die groot wenner van die dag. Van links is Kemp Kotze,Jodri Smit, Lourens van der Westhuizen en Jan Kotze.

OM ’n braaier op die basaar te wees verg kophou. Veral die sosaties het van die braairoosterafgevlieg. Van links is Jors van der Westhuizen, Peare Liebenberg en Prop Koortzen.

EN wat is ’n basaar sonder basaarpoeding? Van links is Babsie du Raan, Mariaan van der Westhuizen en WilmaBotma. Foto’s: Francois Slabber

Basaar ’n lekkerte

Page 9: Kalahari bulletin 13 jun 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013 9

DIE Laerskool Sentraal op Kakamas se gr. 5-leerlinge kon op 24 Mei’n bietjie ekstra geld vir die vakansie op hul kwartaallikse markdag by-mekaarmaak.

Maak geld op dag

CARLI VAN ZYL het die “Wicky Wacky”­koel­drankbrille verkoop waarmee jy nie net joudors op ’n vuurwarm dag kan les nie, maarsommer terselfdertyd ook jou gesig kan af­koel. Foto’s: Verskaf

ALIX DYKMAN(links) smul aan ’nworsjantjie terwylShireen Wiesewarmsjokolade­melkaanmaak. ElanieBrand proe solank ofShireen darem weethoe om warmsjoko­lade­melk te maak.

Foto: Verskaf

LOHAN VAN ZYL (links) en Tiaan Viviers het tot MarshmallowShooters in hul stalletjie verkoop.

ONS loop nou weg. Dirkie de Vos (links) en Domi­nic Warkus het dié wegloopsakke verkoop.

Foto: Verskaf

WAAR gaan my groen koeldrank nou heen? Suné de Beer is baietevrede met dié lekker groen koeldrank wat op só ’n ver reis deurhaar koeldrankbril gaan.

DIE Laerskool Sen­traal op Kakamasspog met ses rede­naars wat gekies isom aan die halfeind­ronde van die ATKV­redenaarskompeti­sie deel te neem.Daarby is Lara­MariGeldenhuys gekiesom in Augustus aandie eindronde deel teneem. Voor, is: Da­nel Hayes; agter: LeRoux de Vos, Marnavan Wyk, Lara­Mari,Nina Ackerman enGT Geldenhuys. Fo-to: verskaf

Page 10: Kalahari bulletin 13 jun 2013

10 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

DIE Hoërskool Carlton van Heerden viervanjaar sy 70ste bestaansjaar en beplan omdié besonderse mylpaal die hele jaar lank tevier.Verskeie gesellighede het al plaasgevind

waarmee die skool sy makietie-hou na ’nhoogtepunt in September wil opbou.Tot dusver is ’n Groentjiekonsert, Valen-

tynsdansparty en verskeie geldinsamelings-projekte gehou.Mej. Carlton van Heerden is ook op ’n

pragtige geselligheid aangewys.Eric Louw, tesourier van die Carlton van

Heerden-bestuursliggaam, vra dat die helegemeenskap dié heerlike vieringe sal onder-steun.“Ons is vol vertroue dat die publiek ons

feesprojekte sal ondersteun en dat borgesteeds soos in die verlede hul hande diep inhul sak sal steek.“Die fees is belangrik vir Carlton van

Heerden, maar ook vir die hele gemeen-skap.”Om op te bou na die groot feesvieringe aan

die einde van Augustus en begin van Sep-tember hou die skool op 27 Julie ’n Winter-bal.Kaartjies kos R120 vir ’n enkelkaartjie en

R200 vir ’n dubbelkaartjie. Kaartjies is bydie skoolkantoor en onderwysers beskik-baar.Op 2 en 3 Augustus bied Carlton van Heer-

den ’n sporttoernooi aan en op 30 Augustusdie reünie-aandgeselligheid.Op 31 Augustus vind die Gala-aand plaas

waarna die feesvieringe op 1 Septembermet ’n afsluitingserediens beëindig salword.Rig navrae aan Louw by 072-986-2744.

MEJ. CARLTON VAN HEERDEN is in aan­loop tot die Hoërskool Carlton van Heerdense 70ste bestaansjaarviering in Augustusaangewys. Die eer om as Mej. Carlton vanHeerden van 2013 gekroon te word het Lu­creshea Bahule te beurt geval.

DIE drie mooiste meisies in Carlton van Heerden is van links ShammadeWee (eerste prinses), Lucreshea Bahule en Miché Edwards (twee­de prinses). Foto’s: Verskaf

Skool vierSkool vier70 j. swierig70 j. swierig

Page 11: Kalahari bulletin 13 jun 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013 11

Page 12: Kalahari bulletin 13 jun 2013

12 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

Diversity of gender, skill, thought, experience, ethnicity, styleand language are all important elements of our people strategyand are key drivers for our success.

The future is diverse.The future is yours.

www.humanjobs.co.za Human Communications 98777

BHP Billiton Manganese is a distinctive business with a leading presence inthe global manganese market. Our operations span 2 continents and offeran excellent platform for those seeking to fast-track their careers. Join ourdynamic business and contribute to our growth.

Hotazel Manganese Mines (HMM) is based in the Kalahari. We mine one ofthe largest manganese resources in the world, yet we offer a unique lifestylechoice with a family-friendly, secure environment and value our employeesas our greatest asset.

Hotazel, Northern Cape

Artisan MillwrightMamatwan Mine

Ref. 758441In this role, you will be expected to inspect, replace and maintainmechanical and electrical equipment in a safe and efficient manner. You’llprovide technical support, perform maintenance planning, undertake plantinspections and take part in mechanical installation work. Mechanical andequipment maintenance (including the conveyor), general rigging, electricalconstruction, installations, faultfinding and repair, and maintenanceand inspection on lifting machinery and equipment are further focuses.You’ll also undertake welding and work with mobile equipment. Businessimprovement will be an important aspect of the role.

To apply, you need a Grade 12 or equivalent qualification, a valid TradeCertificate (Millwright – Electrical/Fitting) and 3-5 years’ work experience,preferably in an underground mining environment. SAP experience wouldbe advantageous. A valid Code 08/EB driver’s licence is essential. The rolefurthermore requires technical knowledge, planning and organising aswell as familiarity with task reporting. We will expect you to pass the pre-employment medical examination.

Please forward your CV (max 3 pages) to:[email protected] quoting the relevant reference.

Applications close 24 May 2013.BHP Billiton has an overriding commitment to safety and environmental responsibility.

AANDAG: ALLE GROOTMANS! Groot nommers in

winkel beskikbaar.Kontantafslag gewaarborg.

Specials vir die week!Uitgesoek vir die somer.Kortmouhemde - R100

Kortbroeke - R150The Nu-Shop, Palm Gate-

sentrum, Hoofstraat, Kuru-man.

Tel. 053 712 1264.

TROUROK TE KOOP:R6 000. Grootte 34. SkakelNicolene 082 782 2957/079 508 8028.

YORKTESES(YORKSHIRE EN MALTE-SE). Pragtig, slim, verloornie hare nie. 7 weke, gespuiten ontwurm. SkakelMarinda 082 559 9455.

BRUCE POOLS ANDTHATCH ROOFSMAY SPECIAL:

4 x 3 pool and 4 x 3 lapa,R29 6005 x 3 pool and 5 x 3 lapa,R32 0008 x 4 pool and 8 x 6 lapa,R48 000Phone Bruce 076 088 8595.

CO

LU

MB

IA-9

-10-0

8-K

B-L

H

ColumbiaCarpets/Blinds

053 712 1961

053 712 2068

ELEKTRIESE HEININGS:Beveilig u eiendom met 'n9 000-volt- gemoniteerdeelektriese heining! Virgeakkrediteerde professio-nele installasie teenbekostigbare pryse, skakelFirst Defence vir 'n gratiskwotasie. Francois-072 156 4035 of Okker082 829 0292.

Florcare-matte enblindings:Ons installeervolvloermatte en blindingsteen die beste pryse.072 747 1991/073 558 4705

HEKMOTORS enGARAGEDEURMOTORS:Vir nuwe installasies of dieherstel van bestaandemotors, skakel FirstDefence. Ons isgeakkrediteerde Centurion-installeerders, met uitste-kende naverkope- diens. Alons nuwe installasies het 'n2-jaar- waarborg op die mo-tor! Ons gee gratiskwotasies. Skakel Okker082 829 0292 of Francois072 156 4035.

Hydro Clean:Laat u matte enmeubels professioneelstoomskoon maak teen diebeste pryse! Aubrey072 747 1991/073 558 4705

VERBLYF beskikbaar inKuruman virkontrakteursfirma. 11kamers met DStv, selfsorg.Skoonmaak en wasgoedword gedoen. Skakel Dirk079 877 7134.

HILUX 2.4D, 1996: Longbase, rails. R45 500. Phone072 472 8686 or 071 967 0285.

Page 13: Kalahari bulletin 13 jun 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013 13

BOMBARDIER DS 650:2006 model, trailer included.R38 000. Phone Xavier082 783 1462 Kuruman.

COROLLA 1.3 12V: Red.R17 500. Phone 072 472 8686or 071 967 0285.

COROLLA 1.6 16V: 1994.Carburettor. R26 500.Phone 072 472 8686 or071 967 0285.

COROLLA 160i, 16V TwinCam, 1995 model. R29 500.Phone 072 472 8686 or071 967 0285.

FIAT STRADA EL 1.2,canopy, a/c, p/s, MP3player, 2007 model. Phone076 244 9298.

Mazda 626 16V 200elopende toestand teenR10000.Skakel.Oom Willemby 054 339 2139

QUANTUM SESFIKILE2.7: 2012 model. Phone079 525 4566.

TAZZ 160i, 2002: Mags, CD.R29 500. Phone 072 472 8686or 071 967 0285.

CASH FOR CARS ANDBAKKIES. Phone072 472 8686.

V-TEC TRAILERS KURU-MAN

Verkoop nuwe sleepwaens,onderdele en ook tweede-handse sleepwaens. Dryfook handel in nuwe en 2de/hChallenger- en Karet-sleepwaens. Skakel Louw-rens 083 310 0272 /053 712 1072, Hobsonstr 20,Kuruman.

KURUMANKURUMANTE HUUR

Woonstel

EenmanwoonstelR3 300 p.m.Meenthuise

3 slaapkamers2 badkamers

EnkelmotorhuisR9 900 –R11 500Huise

3 x slaapkamer2 x badkamer

R12 100 –R14 850 p.m.4 slaapkamers2 badkamers

Swembad3 motorhuise

R16 500 p.m.TE KOOP

3 slaapkamersDubbelgeriewe

R930 000Skakel Elretha

083 561 6705

Lizette

083 273 3852

AIDA KURUMANWoonstel: 1-slk, koopkrag.R4 100 p.m. 1-slk-w/stel, wen l ingesluit. R4 450 p.m.HUIS: 4 slk, 2 badk, 2 m/h,TV-k, kantoor. R15 000.Huis te koop: 3 slk, 2 badk, 1-slk-woonstel en swembad.R2 050 000.4 slk, 2 badk, 2 m/h, TV-k,kantoor. R1 350 000Skakel Annatjie 076 395 9422.

KURUMAN: Netjiese 4-slaapkamerwoonhuis tehuur. Geen agente. Keuringvoorbehou. Skakel071 764 1429.

REIVILO: 3-slk-woonhuismet groot erf en water inge-sluit. 1 garage, afdak virwaentjie. 1 badkamer metaparte toilet. Huis binne enbuite nuutgeverf. R1 500 permaand. Skakel Gert082 449 3774 of 082 092 3909.

KANTOOR TE HUUR INHOOFSTRAAT KURU-MAN. 3 Kantore en ont-vangs. Parkering beskik-baar. Skakel 053 - 723 3085.

Veritas Eiendomme

TE KOOPSkakel Elize

083 383 8372Skakel Estelle072 359 0781

289: 3 slk, 2 badk,sit-/eetkamer, kombuis,

D/M/H, swembad.R1 050 000.

313: 3 slk, 2 badk,kombuis, sit-/eet-/TV-kamer met

binnebraai en jaccuzi.R1 350 000.

317: Klein hoewe:5 slk, 3 badk, sit-/eet,kombuis, afdak en

woonstel. R3 500 000.318: 3 slk, 2 badk, sit-/eetk/oopplankombuis,D/M/H. R1 650 000.311: 4 slk, 3 badk,

kombuis, sit-/eetkamer,sewmbad, D/M/H.

R1 680 000.TE HUUR

Skakel Juanita078 159 7426

H31: Hoewehuis met4 slk, 2 badk, sitkamer,kombuis, buitebraai.

R12 650 p.m.H66: Hoewehuis met4 slk, 2 badk, sit-/eetkamer, E/M/H.R12 000 p.m.

H77: 3 slk, 2 badk,sit-/eetkamer, kombuis.

R8 800 p.m.H96: Groot gebou vir

besigheid.R33 000 p.m.

H98: 3 slk, 1 badk,kombuis, sit-/eetkamer,buitekamer, e/m/h.

R8 800 p.m.H102: 3 slk, 2 badk,oopplansitkamer,kombuis, D/M/H,

swembad.R14 000 p.m.H105: 2 slk,

oopplansitk metkombuis en afdak,

R4 950 p.m.Besoek gerus ons

webtuistewww.veritaseiendom

me.co.zaSkakel ons gerus vir

enigeeiendomsbehoeftes.

‘Ons help graag’.

FRANS BADENHORST-REKENMEESTERS:Aansoeke word ingewag vir'n Rekeningkundige klerk.Die minimum vereistes is:Beskik oor goeieRekeningkundige agter-grondRekenaarvaardig wees, metPastel-, Word- en Excel- on-dervinding.Moet Afrikaans magtigwees.Beskik oor goeiekliënteverhoudings entelefoonetiket.Pos u CV na Posbus 526, Ku-ruman 8460 of faks dit na086 608 9888.Aansoeke sluit op 20 Junie2013. Indien u geen terug-voer ontvang teen 27 Junie2013 nie, was u aansoekonsuksesvol.

POS BESKIKBAAR virmanspersoon met 'n bakkie.Skakel 076 605 7447.

RECRUITING NOW INKURUMAN

Full sales training offered tosucessful candidates. Noexperience required. Mustbe energetic and self-motivated. Must work wellin a team. Own transport anadvantage. Income fromR5 000 - R10 000 p.m. Extrabonusses and incentives fortop performer. Phone053 712 0162 now to arrange apersonal interview.

Table Charm:If u want tosell and make more money.SMS your name & addressto: 073 701 5214

TUPPERWARE: CAREERopportunities. Work fromhome, part/ or full time.Earn cash and incentives.Management opportunities.With company car. PhoneHester 082 578 5215. It canchange your life.

VAKANTE BETREKKINGBY CONWAY JOHNSON -

INTERNE VERKOPEMoet 3 tot 5 jaar ondervin-ding hê van verkope. Moetgoeie menseverhouding kanhandhaaf, moet met syferskan werk, goeie gesondheidgeniet en onder druk kanwerk. As jy nie van ons hoorvoor 14 Junie 2013 nie, moetjy aanneem dat jou aansoekonsuksesvol was. HandigCV in by Ronel of Cynthiaby Conway Johnson, h/vProdukte- en Voor-trekkerstraat, Kuruman.

D.J. Eilers

In die boedel van wyleDawid Johannes Eilers,identiteitsnommer361112 5097 080 ,vanGousblomstraat 117,Wrenchville.

Boedelnommer: 1216/2012.Skuldeisers van bogenoem-de boedel word hiermeeversoek om binne 30 daevanaf 14 Junie 2013 hul eisete bewys en hul skulde te be-taal by die ondergetekende.KBVS PROKUREURSPosbus 565Bearestraat 51Kuruman8460.

G.P. Rossouw

SYMINGTON & DE KOK

ATTORNEYS • PROKUREURS• BABUELEDI

In die boedel van wyle GertPetrus Rossouw,identiteitsnommer501003 5023 088, vanSilwerboomstraat 18, Kathu.Krediteure en debiteure indie bogemelde boedel wordhiermee versoek om hulvorderings in te lewer enhul skulde te betaal tenkantore van die ondergete-kende binne 'n tydperk van30 (DERTIG) dae gerekenvanaf 14 Junie 2013.EE POHLSYMINGTON & DE KOKPosbus 12012Brandhof9324(MHR0084).

J.C. van Rooyen

Duvenhage &Van Der Merwe Ing.

In die boedel van wyle Jo-hannes Christoffel vanRooyen en nagelate gade Ma-ria Susanna van Rooyen,met wie hy binne gemeen-skap van goedere getroudwas en wat woonagtig wasby Springbokstraat 2, Kuru-man, distrik Kuruman.

Boedelnommer: 816/2013.Skuldeisers en skuldenaarsin bogemelde boedel wordversoek om hul vordering inte lewer en hul skulde te be-taal by die kantore vanondergenoemde binne 30(DERTIG) dae vanaf 14 Ju-nie 2013.DUVENHAGE & VAN DERMERWEPosbus 63Kuruman8460.

K.J. Gasemokwena

Duvenhage &Van Der Merwe Ing.

In die boedel van wyleKhuwajane JohnGasemokwena,identiteitsnommer260616 5284 086, met nagelateeggenote Matogomane ElsieGasemokwena,identiteitsnommer300704 0434 088, in lewe vanHuis No D470, SeloseshaSeksie, Morokweng, DistrikKuruman.

Boedelnommer: 379/2013.Skuldeisers en skuldenaarsin bogemelde boedel wordversoek om hul vordering inte lewer en hul skulde te be-taal by die kantore vanondergenoemde binne 30(DERTIG) dae vanaf 14 Ju-nie 2013.DUVENHAGE & VAN DERMERWEPosbus 63Kuruman8460.

K.L.Mathidibe

In the estate of the lateKesentsekgotla LucasMathidibe, identity number611126 5810 084, of House No406E, Loopeng Village.

Estate number: 3358/2012.All persons having claimsagainst the estate mustlodge it with the executorconcerned within 30 daysfrom 14 June 2013.KBVS ATTORNEYSPO Box 56551 BearestreetKuruman8460.

P.J. Khokhong

In die boedel van wyle PitsoJackson Khokhong,identiteitsnommer560105 5889 083 ,van HouseNo A143, Churchill Village8474.

Boedelnommer: 3281/2013.Skuldeisers van bogenoem-de boedel word hiermeeversoek om binne 30 daevanaf 14 Junie 2013 hul eisete bewys en hul skulde te be-taal by die ondergetekende.KBVS PROKUREURSPosbus 565Bearestraat 51Kuruman8460.

WARRIOR VIAGRA:Nou in Kuruman beskik-

baar. Sterker, langerereksie. Hou 10 keer langeruit. Verbeter jou sekslewe

ten volle. 100%geldterugwaarborg. 100%veilig (medies getoets).

073 894 5273073 522 8346. Beskikbaar by

Jimmy's Drankwinkel,h/v Livingston- en Short-straat, Kuruman & Uping-ton Hannes 078 722 4631.

Die gebruik van die letter

, leestekens soos

of of die gebruik van

syfers met die doel om dieadvertensie na die bopuntvan die klassifikasie-lys teskuif, is streng verbode.

"A" "!"

"*"

SMALLS NOTICE

AANDAGALLE

ADVERTEERDERS

Page 14: Kalahari bulletin 13 jun 2013

14 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

Page 15: Kalahari bulletin 13 jun 2013

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013 15

’n ONTWIKKELINGSTOER-NOOI is op 1 Junie deur dieTiaan Serfontein-tennis-akademie vir tennispelers indie Siyanda-distrik aange-bied.Dié toernooi, wat op

Upington plaasgevind het, het55 leerlinge van gr. 1 tot gr. 5aan die fyner kunsies van

tennis blootgestel.Van die gr. 1- tot gr. 3-leerlinge

het die toernooi op kleiner banemet stadige balle gespeel.Die ontwikkelingstoernooie

vind elke kwartaal plaas endie leerlinge en hul ouers wasbaie entoesiasties oor dieheerlike tennis wat hullegespeel het.

In die gr. 4- tot gr. 7-meisiesaf-deling het Joline van Zyl vandie Laerskool Sentraal opKakamas (LSK) gewen en ElizeHuman van die LaerskoolOranje-Noord (LON) wastweede.In die gr. 4- tot gr. 7-beginners-

groep was Zoë Strauss van diePrimêre Skool Op die Voorpos

(ODV) eerste en MadeleinDippenaar tweede.In die gr. 4- tot gr. 7-seuns-

groep was Ian Erasmus (LON)eerste en JP Louw (LSK)tweede.In die gr. 1- tot gr. 3-seunsafde-

ling was SJ Corbett (LON)eerste en Ruan Kuhn (LON)tweede.

In die gr. 1- tot gr. 3-mei-siesafdeling was RianaArcher (LON) eerste enJaneke Engels (LON) tweede.Op 14 en 15 Junie bied

die Serfontein-tennis-akade-mie ’n uitnodigingstoernooivir die meer gevorderdetennisspelers op Upingtonaan.

Jonges leer raket kenDIE gr. 1­ tot gr. 7­tennisspelers van die Siyanda­distrik wat aan die ontwikkelingstoernooi van die Tiaan Serfon­tein­tennis­akademie deelgeneem het. Foto’s: Verskaf

LARAVANDENHEEVERslaaneen van die stadige balle terugtydens ’n wedstryd wat op ’nklein baan gespeel is.

RIANA ARCHER was die wen­ner van die gr. 1­ tot gr. 3­mei­siesafdeling.

Page 16: Kalahari bulletin 13 jun 2013

16 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 JUNIE 2013

AGT o.16­rugbyspelers van die Hoërskool Duineveld is gekies om die vakansie aan die GrantKhomo­ en Valke­rugbyweke deel te neem. Van links is, voor: Hennie Goosen, Lavien Ester­huizen en Julian Titus; agter: Erik Jordaan, Stefan Hanekom, Adriaan Burger, Andrew Marxen David du Toit. Foto: Verskaf

VERSKEIE van die Hoërskool Duineveld seo.18-rugbyspelers is gekies omas deel van dieGriekwa-Plattelandspan vir die Cravenweekop Pietersburg, die Griekwa-Platteland-Aka-demieweekspan in Durban of as deel van dieGriekwa-Platteland-Pukke-weekspan in Pot-chefstroom te gaan rugby speel.Corné Nieuwoudt, Chris Opperman, Liam

Griebenauw, Christaan du Plessis, Barend

Geldenhuys en Petri van derMerwe is vir dieAkademieweek gekies.Junior Burger, Rayno Nel, Brandon-Lee

Faro, Jan-Hendrik van Wyk, Cobus van Nie-kerk, Hendri Nel, Ryno Carstens, TheunisVisser en Hanro Visagie is vir die Craven-week gekies.GideonCoetsee enCoenie Lamprecht is vir

die Pukkeweek gekies.

DIE Hoërskool Upington se skuts het op 17en 18 Mei aan die derde skoleskietkompeti-sie op Prieska deelgeneem.Michael Becker het ’n goue medalje in die

afdeling vir o.21-sportergeweer-10 m-staangewen.Derik Steenkamp het ’n goue medalje in

die afdeling vir o.21-sportergeweer-drie-po-sisie en ’n bronsmedalje in die afdeling vir10 m-staan gewen.Jandré Steenkamp het ’n bronsmedalje in

die afdeling vir o.21-drie-posisie gewen.

Jana Becker het silwer in die afdeling viro.16-sportergeweer-drie-posisie en brons indie 10 m-staan gewen.Jan-Hendrik Boshoff het twee silwer-

medaljes, in die afdelings vir o.21-veer-geweer-10 m-staan en ook drie-posisie, ge-wen.Christine Becker het goue medaljes in die

o.16-veergeweer-10 m-staan en die drie-posi-sie gewen.Sunell Mostert het ’n goue medalje in die

o.16-veergeweer-drie-posisie gewen.

Duinevelders regvir rugbyweke

DIE rugbyspelers van die Hoërskool Duineveld wat vir die rugbyweke gekies is. Foto: Verskaf

Uppie-skuts wenmedaljesVAN links is, voor: Christine Becker, Sunell Mostert en Jana Becker; agter: Jandré Steenkamp,Michael Becker, Jan­Hendrik Boshoff en Derik Steenkamp. Foto: Verskaf