Upload
geref-kerk-centurion
View
262
Download
15
Embed Size (px)
DESCRIPTION
Nuusbrief GK Centurion
Citation preview
8
EREDIENSTYE
Afrikaanse Diens: 9:00 en 18:00
Engelse Diens: 11:00
Sothodiens: 12:30
ALGEMENE INLIGTING
KOLLEKTES
Tydens erediens: Barmhartigheid
By die deure: Kerkkas
DIENSBEURTE: Ouderling: Wim Prinsloo
Diaken: Hendri vd Walt
NUWE INTREKKERS
Alle nuwe intrekkers word gevra om na die erediens voor by die klavier aan te meld.
KOMMUNIKAATJIE ELEKTRONIES: www.issuu.com/gkcenturion/http://www.gkcenturion.co.za.
EREDIENSTE OP INTERNET: http://kerkdienstgemist.nl/assets/516
KATKISASIE: Vandag: Les 17, Ps 147:1 Volgende week: Les 18, Sb 3-3:1
Kerk se bankbesonderhede: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 340 409
Inbetalings vir die Diakonie: Rek Naam: Diakonie Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 280 589
Inbetalings vir die Susters: Rek Naam: Gereformeerde Kerk Centurion Susters Bank: ABSA Lyttelton Rek no: 600 340 417
KONTAKBESONDERHEDE
Kantoorure: Ma-Do 08:00 - 13:00
Telefoon: 012 664 2614 Basdenlaan 226 Faks: 012 664 0004 Lyttelton 0140 Epos: Kerkkantoor—[email protected] Attes Skriba—[email protected]
Ds Maarten van Helden : 012 664 1384/ 072 143 1855 Ds Gerrit Kruger : 012 664 1847/ 082 964 5595 Ds Paul van den Berg: 012 347 0494/ 084 263 2055
Koördineerder: Frans van Dyk: 664 0060/ 082 851 4558/
Lidmate se kontakbesonderhede: Die kerkkantoor sukkel dikwels om lidmate te kontak omdat hul adresse en kontaknommers verander en die kantoor nie in kennis gestel word nie. Stuur asb ‘n e-pos aan die kerkkantoor as u inligting verander sodat ons inligting op datum kan bly.
E-pos adres vir nuwe kontakbesonderhede: [email protected]
Jaargang 38 Nr 39 10 November 2013
K
OMMUNIKAATJIE Gereformeerde Kerk Centurion
Jaargang 39 Nr 27 10 Augustus 2014 Webblad: http://www.gkcenturion.co.za
K
Liturgiese Riglyne
G r o e i n a C h r i s t u s
SONDAGAAND 18:00
Skriflesing: 2 Korintiërs 2 Teksvers : 2 Korintiërs 2: 6-8 HK: Sondag 31 Sing: Ps 122-1:1,2 Ps 65-1:1, Ps 118-1:12,14 Sb 13-3 Orrelis: Christine van Helden Projektor: Nicolene Wattel Klank: Andre Beumer Prediker: Ds Paul vd Berg
SONDAGOGGEND 9:00
Skriflesing: Maleagie 1:6-2:9 Teksvers : Maleagie 1:6
Sing: Ps 121-1:1 Ps 149-1:1,2 Sb 12-3:1 Sb 9-2:9 Ps 1-1:1,4 Ps 145-1:1,11,12 Sb 13-3 Orrelis: Corlea van der Walt Projektor: Jaco Wattel Klank: Jan Reesink Prediker: Ds Gerrit Kruger
G r o e i n a C h r i s t u s
Woordverkondiging en die tughandeling is die sleutels van die koninkryk van die hemel
In ons daaglikse lewe het ons elkeen een of ander vorm van sleutels nodig; sleutels wat deure oop- en toesluit. In ons geestelike lewe het ons ook sleutels wat die geestelik deure na God oop- of toesluit. Die Here gee twee sleutels wat die pad na Hom toe oop of toe kan sluit. Die twee sleutels is die Woordverkondiging en die tughandeling in die gemeente. Hierdie twee sleutels is in die hande van die ampsdraers.
Mag jy as gelowige die liefdevolle uitnodiging van die Here hoor
in Woordverkondiging en in tughandeling in die gemeente.
God moet ALTYD volkome geëer word!
Dit is maklik om te getuig dat God groot en almagtig is. Dit is maklik om die mond te gebruik, maar, wat wys jou dade en jou gesindheid? Wys jou dade dat jy werklik van God as die groot en Almagtige God dink. Dit kom na vore in die eer wat jy aan God gee. Woorde wek maar voorbeelde trek. Jou dade praat harder as jou woorde. Die priesters van Israel het ter wille van eie eer, ter wille van hul eie voordeel God nie meer opreg en eerlik gedien nie. God se naam is onteer deur hulle halfhartige, bloot tradisie-gedrewe godsdiens. God vra toewyding en opregtheid.
2
Ons gee om vir Mekaar
“... Die gemeente is die draer en die beskermer van die waarheid.” 1 Tim 3:15
Die siek lidmate word aan die liefdevolle versorging van die Here opgedra en ons vertrou dat hulle
gesondheid vinnig sal verbeter:
Eugene van Dyk is in intensief in Eugene Marais Hospitaal (A2—664 8028).
Susan Jordaan sterk in Unitas Hospitaal aan na ʼn beroerte (B11—654 7952).
Mariana Pelser sterk aan na ʼn operasie te Unitas Hospitaal (B15—082 654 4789).
Amanda Swanepoel ondergaan op 12 Aug ʼn knieoperasie (B9—654-5568).
Meelewing
Nico en Arina vd Westhuizen met die afsterwe van Nico se pa.
Hartjie de Beer en familie met die afsterwe van Hartjie se ma.
Ons bid hulle die vertroosting van God ons hemelse Vader toe
Doop
Baie geluk aan Pierre en Leandre Struwig met die doop van Lodewyk Petrus vanoggend.
Geluk
Anton en Tanya met die geboorte van Leandri van der Bijl op 5 Aug 2014.
Aktiwiteite 22 Aug — Gereformeerde Kinder Aksie — Oorslaap in die Dieretuin.
23 Aug — Ouderling- en Diakentoerusting 08:00 tot 10:00. Geliewe verskoning aan te teken
indien u nie gaan bywoon nie.
24 Aug — Geestelike Opbou na afloop van die aanddiens aangebied deur die Susters.
BREAKFAST-RUN NA SANDTON Uitstappie met Gautrein vir na-skoolse jongmense
Saterdag 16 Augustus Kry mekaar 08:30 by die kerk
RSVP asb. voor 14/08/2014
Hendri 083 292 9002 Etienne 072 102 9845
7
6
Gereformeerde Kinder Aksie
Oorslaap in die Dieretuin Vrydagaand, 22 Augustus 2014
Nasionale Dieretuin, Pretoria Boomstraat 232, Pretoria
Ons ontmoet mekaar om 17:00 in die parkeerterrein van die Dieretuin waarna ons na die kamp-terrein geneem word. Die nagtoer begin om 18:30 en eindig om 20:30 waarna ons lekker saam braai. Broodjies en wors word voorsien. Die uitstappie eindig om 7 uur die Saterdagoggend wanneer alle tente afgeslaan moet wees, almal het egter nog toegang tot die dieretuin vir die hele dag. Kostes: R150 per ouer en R50 per kind Wat jy moet bring - jou eie tent en slaapgoed, stoele, eetgerei, versnaperinge asook ontbyt vir die Saterdagoggend.
Betaal die gelde direk in die kerk se bankrekening en stuur die bewys vir Madelein van Zyl 0832724884/ [email protected]
Verwysing: Dieretuin en jou naam
KLEINGROEP INTREK-AKSIE
29 Augustus 2014 om 18:30
Kom geniet ‘n heerlike aand om die vuur en kom wees deel van die intrek-aksie vir almal tus-
sen die ouderdomvan 18 en 35.
Bring ’n stok vir stokbrood, ‘n vleisie, eetgerei, drinkgoed en glase saam en kom luister na ‘n gasspreker by die kerksaal.
Vir meer inligting kontak Riaan van Schalkwyk:
072 436 4763 [email protected]
3
Die Blye Boodskap van 1975 Uit
“In die begin was die Woord—G.S. Wegener”
By die vertaling van die evangelies het die kwessie van die dagindeling aan die orde gekom omdat daar in die 1933-vertaling – en ook in ander Bybelvertalings – ‘n teenstrydigheid voorkom tussen Markus en Johannes oor die uur van die kruisiging. Markus 15:33 sê dat op die sesde uur duisternis oor die aarde gekom het, en Johannes 19:14 sê dat dit omtrent die sesde uur was toe Pilatus Jesus oorgegee het om gekruisig te word. Om hierdie probleem op te klaar, het geleerdes betoog dat met twee stelsels van dagindeling rekening gehou moet word: die Palestyne, wat die ure tel van sononder tot sonop, en van sonop tot sononder; en die Ro-meinse, wat van middernag tot middag, en van middag tot middernag tel. Die eerste drie evan-gelies sou dan die Palestynse stelsel gevolg het, en Johannes die Romeinse. Dit beteken dat Markus se sesde uur dus 12:00 is, en Johannes se sesde uur ongeveer 09:00. Op dié manier is die skynbare teenstrydigheid opgeklaar. Die vertalers het hulle deur hierdie redenering laat oortuig en toe die Romeinse dagindeling van toepassing gemaak by die vertaling van die Johan-nes-evangelie. Gevolglik verskyn die Samaritaanse vrou nie meer op die middaguur by die put nie, maar teen sesuur die aand (Joh. 4:6). (In ‘n later stadium, ná die verskyning van die 1983-vertaling, is op grond van nuwe gegewens besluit om ook in die Johannes-evangelie die Pale-
stynse dagindeling te handhaaf).
Nadat hierdie en ander vraagstukke – waarvan punktuasie en die gebruik van aanhalingstekens
nie die minste was nie – opgelos was, het die vertaling goed gevorder.
In 1974 het ds. G.E. van der Merwe, wat sedert 1962 in diens van die Bybelgenootskap was, die hoofsekretaris geword. Vir die Bybelvertaling was dit ‘n betekenisvolle gebeurtenis. Uit die staanspoor het hy hom vereenselwig met die vertaling en meermale werksessies kom bywoon en aan die beraadslagings deelgeneem. Hy het ook gesorg dat die vertalers goeie geriewe en genoegsame hulp tot hul beskikking gehad het. Daarby het sy geesdrif aansteeklik gewerk. Dit is hy wat met die plan gekom het dat ‘n deel van die nuwe vertaling in 1975 gepubliseer moet word. Dit sou dien as ‘n bydrae van die Bybelgenootskap tot die herdenking van die eeufees van die Afrikaanse taal. Daar is toe besluit om die vier evangelies en Handelinge saam met Psalm 1-50 te bundel onder die titel: Die Blye Boodskap. Om dié doel te bereik, moes hard gewerk
word.
By geleentheid van ‘n klein geselligheid op Stellenbosch op 5 Mei 1975 is die manuskrip aan ds. van der Merwe oorhandig. Die proeflees en drukwerk het voorspoedig verloop, en op 1 Desember 1975 is Die Blye Boodskap by ‘n feestelike geleentheid in Bybelhuis, Kaapstad,
bekend gestel.
Volgende keer : Die Nuwe Testament en Psalms van 1979
YOU ARE ALL INVITED TO ATTEND
ALETHEA MINISTRY— EVERY SUNDAY AT 11:00
4
BIBLOS Neem deel aan die Biblosprojek en help om mense te identifiseer wat nie ʼn Bybel besit nie, maar graag een sou wil hê! U kan die projek ook finansieel ondersteun om ons in staat te stel om Bybels aan te koop. Vir verdere navrae kan u enige van die volgende persone kontak:
Marlou van den Berg: 082 412 4313 Esmé van den Berg: 083 381 6428
Elsie Swanepoel: 083 787 8902 Annesta Wannenburg: 083 751 2602 Finansiële Ondersteuning vir die
Bybelgenootskap en Biblosprojekte: Rekeningnaam: Gereformeerde Kerk Centurion Bank: ABSA Lyttelton Reknommer: 600 340 409 Verwysing: “Bybelgenootskap” of “Biblos” na gelang van die projek wat u wil ondersteun
Bybels te koop Bybels in al die amptelike landstale is by die
kerkkantoor te koop teen kosprys.
HOUT IS GOUD VIR DIE KERKKAMP
18-20 Sep 2015
Bestel droë Bosveldhout (Sekelbos) by die Diakonie
R15 per sak Sekelbos Aflewerings
Maand einde (Aug, Sep en Nov) Vul die bestelvorm in
en gooi dit in die kollektesak Kontak: Tinus Nel 083 384 2886
Warm Harte Breiprojek
Susters julle het dalk al ʼn bietjie “Lente-gevoel” maar ons Warm Harte Breiprojek is ʼn deurlopende projek vir die susters wat graag in die somer
ook brei.
Ons ondersteun die Christelike Seemanne Organisasie wat gebreide bedsokkies, musse en serpe vir mans nodig het, dit word heeljaar
uitgedeel.
Helpende Hand het ook baie kleuters wat gebreide sokkies, musse, serpe, truie en
komberse nodig het.
Ons wil graag die res van hierdie winter en
somer brei vir volgende winter.
Plaas asb die gebreide artikels op die tafel by die hoof ingang van die kerk. Ons het ʼn mooi toesluit kas waar die artikels veilig gebêre word tot dat dit tyd is om die artikels
te pos of te gaan uitdeel.
Elna de Bruin 083 664 2050
VERKOOP VAN SLEEPWAENTJIE Daar is ‘n klein sleepwaentjie (wat nie geregistreer is nie) aan die kerk geskenk. Die sleepwaentjie staan onder die bome by die groot vullis-drom. Indien u belangstel kan u ‘n aanbod by die kerkkantoor indien.
5
TEESKINKBEURTE Instruksies vir die regsit voor die diens en skink en opruim na die diens is in die kombuis opgeplak. Sit asseblief 2 rye koppies en 1 houer elk suiker, koffie en melk reg vir die Engelse erediens. 10 Augustus C1 Gerrie Vorster / Louisa vd Walt C2 Anna Smith / Christa Trichardt C3 Anel vd Walt / Elmarie vd Walt
17 Augustus C4 Alta van Rensburg C5 Rozanne Groenewald / Zinette Cronje C6 Toekie Meyer
24 Augustus C7 Mieke Opperman / Elma Faber C8 Elsie Kruger / Liza Pretorius
C9 Elsie Swanepoel
Advertensies BLOM ‘N BLAAR skenk weekliks die helfte van die kerk se ruiker. Bestel ruikers vir enige geleentheid plaaslik & oor-see. http://www.simplyflowers.co.za/ (663 5955). Susters kan hul bydraes vir die doel voor in die Susterskas by die
hoofingang plaas.
“Moeg vir jou ou kombuis? en GAS INSTALLASIES” Ons is gekwalifiseerde binnehuisontwerpers sowel GAS instal-leerders; spesialiseer in die ontwerp en installering van nuwe kombuise sowel as restourasie d.m.v. verf tegnieke. Werner van der Walt: 0823086238/[email protected]/ Meryke Deetlefs: 0844445443
BELYDENDE LIDMATE
VERJAARSDAE
“ Dien die Here met blydskap ...” Ps 100:2
DOOPLIDMATE
KOSBEDIENING
Gedurende Augustusmaand gaan daar weer skenkings gevra/ingesamel word om die kosbediening by verskeie aftree-oorde te ondersteun.
Kontantbydraes vir die aankoop van vleis en gevriesdegroente asook sekere droë bestand-dele gaan ingesamel word. Vanaf Sondag 10 Augustus 2014 sal daar sakkies met wenslysies beskikbaar gestel word na die oggenddienste by al die uitgange en na die aanddienste op die tafel by die hoofuitgang. Skenkings kan dan gedurende Augustus op die susterstafel agter in die saal neergesit word.
Dankie byvoorbaat vir u ondersteuning
Sustersbestuur
10 Aug Gert de Bruin B16 654 3614
11 Aug Benson Brink C10 082 563 2042
Gerrit Kamper B10 654 7352
Hannes Rademan A05 664 2585
12 Aug Jan Kooiman A09 662-1385
13 Aug Bernice Admiraal B06 082 451 7884
John Lombard B19 083 454 9358
Werner Pretorius B02 082 775 8932
Hansie vd Walt B07 644 1465
14 Aug Van van Wyk A13 662 1411
15 Aug Petro Oosthuizen B01 664-5135
Leon Venter A13 071 135 3181
16 Aug Esther Ferreira B12 654 1263
Jan vd Westhuizen B02 654 0352
10 Aug Ryno v Nieuwenhuizen C08 082 322 4864
11 Aug Juhné vd Heever C11 644 5390
14 Aug Henre Sweers A05 644 1969
Paul Sweers A05 644 1969
Eldy Venter A10 082 924 8695
15 Aug Marijke Mostert A02 664 2976