13
Platinum Bankdienste Platinum e-Tydskrif Uitgawe #65 Junie 2015 Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa In Hierdie Uitgawe Vooruitsig vir die SA residensiële behuisingsmark Chroniese Moegheid- en Immuniteitsdisfunksie- sindroom Driekamp - die uitstaande leefstylsport Richard Murray - Suid-Afrika se ysterman Die Absa Kirkwood- wildsfees Eksklusiewe reisaanbiedinge van Holiday Tours Eksklusiewe reisaanbiedinge van Good Taste Travel Gaan na Platinum Bankdienste Kontak Ons Meer Platinum Nuus

Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa€¦ · Maagpyn en ander probleme soortgelyk aan irriterende buiksindroom, soos buikswelling, hardlywigheid, diarree en naarheid,

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa€¦ · Maagpyn en ander probleme soortgelyk aan irriterende buiksindroom, soos buikswelling, hardlywigheid, diarree en naarheid,

Platinum Bankdienste

Platinum e-Tydskrif Uitgawe #65 Junie 2015

Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa

In Hierdie Uitgawe

Vooruitsig vir die SA residensiële behuisingsmark

Chroniese Moegheid- en Immuniteitsdisfunksie-sindroom

Driekamp - die uitstaande leefstylsport

Richard Murray - Suid-Afrika se ysterman

Die Absa Kirkwood-wildsfees

Eksklusiewe reisaanbiedinge van Holiday Tours

Eksklusiewe reisaanbiedinge van Good Taste Travel

Gaan na Platinum Bankdienste

Kontak Ons

Meer Platinum Nuus

Page 2: Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa€¦ · Maagpyn en ander probleme soortgelyk aan irriterende buiksindroom, soos buikswelling, hardlywigheid, diarree en naarheid,

“Daar word geglo dat die huidige beleggingshorison vir residensiële eiendom ongeveer 5 jaar is om vir behoorlike kapitaalappresiasie toe te laat.”

Vooruitsig vir die SA residensiële behuisingsmark

Volgens Jacques du Toit, Eiendomsontleder by Absa Huislenings, het die Suid-Afrikaanse eiendomsmark bestendige prestasie in 2014 getoon, met nominale groei in pryse van net bokant 9% en reële groei in pryse van ongeveer 3% na regstelling vir inflasie. Du Toit sê 'n normalisering van en meer gebalanseerde vraag- en aanbodtoestande het grootliks tot die groei van huispryse wat in 2014 ervaar is, bygedra.

Du Toit sê dat dit nie ʼn slegte prestasie was nie, as verlede jaar se ekonomiese tendense en die volgehoue finansiële spanning wat deur verbruikers ervaar is, in ag geneem word. Volgens Absa se jongste behuisingsoorsig het die gemiddelde prys van bekostigbare huise met ʼn nominale 6,4% in 2014 toegeneem, vergeleke met groei van 3,5% in 2013. Middelsegmentbehuising het ʼn nominale groei van 9,4% in 2014 getoon (10% in 2013), terwyl in reële terme, die gemiddelde prys van huise in hierdie kategorie met 3,1% in 2014 verbeter het, na reële prysgroei van 4,0% in 2013. In 2014 is ʼn nominale groei van pryse van 9,7% (5% in 2013) in die segment vir luukse huise aangeteken. Dit het ʼn reële prysgroei van 3,5% in 2014 beteken na aanpassing vir die effek van inflasie (-0,7% in 2013). Die volgende prysveranderings in die drie middelsegmentkategorieë het in 2014 plaasgevind:

• Klein huise (80m² – 140m²): 9,8% jaar tot jaar (j/j) nominaal en 3,5% j/j reëel;

• Mediumgrootte huise (141m² – 220m²): 7,5% j/j nominaal en 1,3% j/j reëel; en

• Groot huise (221m² – 400m²): 7,7% j/j nominaal en 1,6% j/j reëel.

Die jongste aanduiders toon dat nominale groei in die middelsegmenthuispryse 8,4% (j/j) in Februarie van hierdie jaar beloop het, afwaarts van 8,9% j/j in Januarie en ʼn onlangse hoogtepunt van 9,9% j/j in September verlede jaar. Op ʼn maand-tot-maandbasis het nominale prysgroei verder verlangsaam, tot 0,3% in Februarie.

‘Die geleidelike dalende tendens in nominale groei van huispryse sedert laat verlede jaar is grootliks in pas met volgehoue gedempte reële ekonomiese groei van 1,3% j/j in die finale kwartaal van verlede jaar. Vollejaargroei was 1,5% in 2014 (2,2% in 2013 en voorspel ten minste 2,2% in 2016). Ietwat hoër rentekoerse en ʼn voortgesette lae vlak van

verbruikersvertroue kon ook ʼn rol gespeel het in die laer groei van huispryse vroeg in 2015,’ verduidelik Du Toit.

Die vooruitsig vir huispryse in 2015 is een van voortgesette enkelsyfergroei, teen die agtergrond van die vooruitsig vir groot ekonomiese en huishoudelike sektor-verwante faktore, hoewel basiseffekte kan veroorsaak dat prysgroei ietwat laer is in vergelyking met 2013 en 2014, toe prysgroei van onderskeidelik 10% en 9,3% aangeteken is. ‘Gebaseer op huidige verwagtinge betreffende groei in nominale huispryse van ongeveer 8% en verbruikersprysinflasie van 4%, word reële prysinflasie vir hierdie jaar geprojekteer, wat voortgaan van die vorige twee jaar,’ sê Du Toit.

Daar word geglo dat die aspekte wat die eiendomsmark en uiteindelik eiendomspryse dryf, die volgende is:

Ekonomiese faktore

Hoewel Suid-Afrika se inflasie en rentekoerse tans aan die laer kant van die skaal is, plaas die voortslepende swak ekonomiese groei en volgehoue hoë werkloosheid afwaartse druk op die groei van huispryse.

Verbruikersfaktore Verbruikers beleef ʼn afname in reële huishoudelike inkomste, ʼn tekort aan spaar, verhoogde huishoudelike skuld, verergerende kredietrisiko-rekords – meer as 10 miljoen krediet-aktiewe Suid-Afrikaanse verbruikers het tans verswakte kredietrisiko-rekords – en ʼn gebrek aan vertroue in hul finansiële herstel. Stygende elektrisiteit- en vervoerkoste het ook ʼn negatiewe invloed op verbruikers se finansies. Hierdie faktore het ʼn negatiewe impak op die groei van huispryse omdat dit die vraag in die behuisingsektor verlaag.

Finansiële faktoreDie Reserwebank het dit duidelik gemaak dat Suid-Afrika in ʼn stygende rentekoerssiklus is. Die huidige voorspelling is dat rentekoerse met 25 basispunte in September van hierdie jaar sal styg, en met ʼn kumulatiewe 75 basispunte gedurende 2016, om opwaartse inflasiedruk in toom te hou. Hoër rentekoerse verminder die bekostigbaarheid van finansiering, en die gevolglike afname in aanvraag vertraag groei in huispryse. Met meer verbruikers wat boonop sukkel met skuld en verswakte kredietrekords, kan banke moontlik hul aptyt vir risiko, en moontlik hul kwalifikasiekriteria vir verbandfinansiering, strammer maak.

Du Toit glo dat as jy al hierdie faktore in ag neem, belegging in eiendom steeds raadsaam is aangesien dit bydra tot die diversifisering van ʼn beleggingsportefeulje, terwyl kapitaalappresiasie en inkomste oor die lang termyn uit die belegging geput kan word. ‘Daar word geglo dat die huidige beleggingshorison vir residensiële eiendom ongeveer 5 jaar is om vir behoorlike kapitaalappresiasie toe te laat. Kopers moet egter in gedagte hou dat eiendomwaarde en kapitaalappresiasie bepaal word deur faktore soos ligging en fisiese faktore verwant aan die eiendom en area,’ sluit Du Toit af.

Foto's - Bo: Absa; middel en onder: iStock

Page 3: Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa€¦ · Maagpyn en ander probleme soortgelyk aan irriterende buiksindroom, soos buikswelling, hardlywigheid, diarree en naarheid,

“Terwyl CMS tans nie genees kan word nie, kan baie van die simptome suksesvol behandel word, en professionele mediese persone kan help om die lyer se lewensgehalte te verbeter.”

Chroniese Moegheid- en Immuniteitsdisfunksie-sindroom

12 Mei is Wêreld Chroniese Moegheid- en Immuniteitsdisfunksie-sindroomdag, en terwyl baie mense nog nie van chroniese moegheid- en immuniteitsdisfunksie-sindroom gehoor het nie, is dit 'n ernstige en taamlik algemene mediese toestand, en uiters uitmergelend.

Volgens die regering se mediese skema vir werknemers (Government Employees Medical Scheme) (GEMS) is die doel van Chroniese Moegheid en Immuniteitsdisfunksie-sindroomdag om bewustheid van hierdie toestand te verhoog, waarvoor daar geen bekende oorsaak of geneesmiddel is nie. Chroniese moegheidsindroom (CMS) is waarskynlik beter bekend as ‘yuppie-griep’, en mense wat daaraan lei ondervind uiterste moegheid en ontwikkel ʼn verskeidenheid simptome wat dit baie moeilik maak om by die daaglikse lewe by te hou.

Die meeste CMS-lyers beskryf hulle moegheid as oorweldigend, ʼn soort moegheid wat hulle nog nooit vantevore ervaar het nie. Oefening kan die simptome vererger; daar word hierna verwys as na-inspanning malaise (post-exertional malaise). Die uitwerking van oefening word soms vertraag – die gevolglike moegheid kan eers ʼn paar uur daarna ontwikkel, of eers die volgende dag manifesteer. Persone met ernstige CMS is óf nie in staat om enige aktiwiteite self te doen nie, óf kan slegs basiese daaglikse take uitvoer. Lyers moet soms in die bed bly en kan dikwels nie hul huise verlaat nie.

Die Mayo Kliniek sê dat chroniese moegheidsindroom ʼn ingewikkelde kwaal is wat deur ernstige moegheid gekenmerk word wat nie deur enige onderliggende mediese toestand verduidelik kan word nie. Die moegheid kan vererger word deur fisiese of verstandelike aktiwiteit, maar word nie beter met rus nie. Die kliniek sê dat hoewel daar baie teorieë is – wat strek van virusinfeksies tot sielkundige stres – bly die oorsaak van CMS onbekend. In die algemeen word daar in die wetenskaplike wêreld geglo dat CMS waarskynlik deur ʼn kombinasie van faktore veroorsaak word wat mense affekteer wat met ʼn vatbaarheid vir die kwaal gebore is. Sommige van die faktore wat bestudeer is, sluit in:

VirusinfeksiesOmdat sommige mense chroniese moegheidsindroom ontwikkel nadat hulle ʼn virusinfeksie gehad het, bevraagteken navorsers of sekere virusse die kwaal veroorsaak. Verdagte virusse sluit in die Epstein-Barr-virus, die menslike herpes virus 6 en murine leukaemia.

Immuunstelselprobleme

Die immuunstelsels van mense wat chroniese moegheidsindroom onder lede het, blyk effens benadeel te wees, maar dit is onduidelik of hierdie benadeling genoeg is om die kwaal te veroorsaak.

Hormoonversteurings Mense met chroniese moegheidsindroom ondervind ook soms abnormale bloedvlakke van hormone geproduseer in die hipotalamus, pituïtêre klier of byniere, maar die betekenis van hierdie abnormaliteite is steeds onbepaald.

DepressieDie meeste CMS-pasiënte toon ook tekens van

depressie, hoewel die korrelasie tussen die twee toestande steeds onduidelik is.

GEMS verklaar dat, hoewel CMS enigeen kan beïnvloed, dit meer algemeen by mans tussen die ouderdomme van 25 tot 45 gediagnoseer word en by vrouens van alle ouderdomme – vrouens maak omtrent 80% van alle gediagnoseerde gevalle van CMS uit. Aangesien daar ʼn aantal soortgelyke, oorvleuelende toestande is wat dikwels met CMS geassosieer word, is dit moeilik om te diagnoseer en daarom is dit moeilik om die getal Suid-Afrikaners te skat wat deur die siekte beïnvloed word. Internasionale statistiek toon egter dat daar geraam word dat tussen 1% en 2% van die bevolking in lande soos die VSA en Australië aan CMS ly.

Die Mayo Kliniek verklaar dat CMS agt amptelike tekens en simptome het, plus die sentrale simptoom, wat die toestand sy naam gee:

• Moegheid

• Verlies aan geheue of konsentrasie

• ʼn Seer keel

• Vergrote limfkliere in die nek of armholtes

• Onverklaarde spierpyn

• Pyn wat van een gewrig na die ander beweeg, sonder swelsel of rooiheid

• Hoofpyne van ʼn nuwe tipe, patroon of hewigheid

• Onverfris wakker word

• Uiterste uitputting, wat langer as 24 uur duur na fisiese of verstandelike inspanning

Maagpyn en ander probleme soortgelyk aan irriterende buiksindroom, soos buikswelling, hardlywigheid, diarree en naarheid, sensitiwiteit of intoleransie vir lig, geraas, alkohol en sekere kosse, sowel as sielkundige probleme soos depressie, irritasie en paniekaanvalle is ook al beskryf.

GEMS verduidelik dat CMS dikwels met griepagtige simptome begin, soos pyn in die gewrigte, ʼn kopseer, ʼn seer keel en ligte koors en moegheid. Op hierdie tydstip verwar baie dokters hierdie toestand met griep. In die geval van CMS duur die simptome egter baie langer voort – wat vir maande of selfs jare voortduur. Pasiënte kan al hoe meer geïsoleerd raak en loop die risiko om depressie te ontwikkel.

Terwyl CMS tans nie genees kan word nie, kan baie van die simptome suksesvol behandel word, en professionele mediese persone kan help om die lyer se lewensgehalte te verbeter.

Foto's - iStock

Page 4: Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa€¦ · Maagpyn en ander probleme soortgelyk aan irriterende buiksindroom, soos buikswelling, hardlywigheid, diarree en naarheid,

“Nuwelinge tot die sport word aanbeveel om hulle voete nat te maak deur deel te neem aan naelloop-/halfmaraton-nommers om mee te begin.”

Driekamp - die uitstaande leefstylsport

Volgens Lindsey Parry, SA nasionale driekampafrigter, is driekamp die uitstaande leefstylsport. Deelname aan hierdie gewilde sport is nie 'n uitermatige swaar las op jou hulpbronne wat jou tyd en geld betref nie, en die diverse oefeninge beteken jou oefeninge raak nie vervelig nie, terwyl dit jou terselfdertyd fiks en sterk hou.

Die moderne driekamp is ʼn meertrapnommer wat bestaan uit swem, fietsry en hardloop in opeenvolgende orde. Die meersportwedloopformaat is ontwerp om die uithouvermoë van die deelnemers te toets, baie meer so as die individuele dissiplines op hul eie. Kate Roberts, SA Olimpiese driekampatleet, stem saam: ‘Die unieke kombinasie van dissiplines beteken drie keer die uitdaging, maar ook drie keer die gevoel van prestasie. ʼn Driekamp is ʼn onweerstaanbare kombinasie,’ sê sy.

Om atlete van verskillende ouderdomme, fiksheid en vaardigheidsvlakke te akkommodeer, word driekampe gewoonlik in verskillende kategorieë verdeel, met wisselende afstande vir elke nommer. ʼn Naelloop of Half-olimpiese nommer beteken 750 m swem, 20 km fietsry en 5 km hardloop. Atlete wat deelneem in die Olimpiese kategorie moet hulle klaarmaak vir 1,5 km swem, 40 km fietsry 10 km hardloop, terwyl die langafstand-/halfysterman-kompetisie bestaan uit 1,9 – 3,2 km swem, 80 – 120 km fietsry en 20 – 30 km hardloop. Elite-atlete wat deelneem aan die veeleisende Ysterman-nommers staar 3,86 km swem, 180 km fietsry en 42,2 km hardloop in die gesig.

Suid-Afrika het al baie wêreldklas driekampatlete opgelewer, insluitend veelvoudige internasionale wedloopwenners Dan Hugo en Mari Rabie en Olimpiese atlete Kate Roberts, Lizel Moore, Gillian Sanders, Richard Murray en vier keer XTERRA Driekamp Wêreldkampioen en drie keer ITU Cross Triathlon-wêreldkampioen, Conrad Stoltz. Daar is baie wedlope in Suid-Afrika regdeur die jaar waar driekampatlete hulself kan toets – besoek www.triathlonsa.co.za vir inligting oor opkomende kompetisies in jou area.

Nuwelinge tot die sport word aanbeveel om hulle voete nat te maak deur deel te neem aan naelloop-/halfmaraton-nommers om mee te begin. 45 tot 60 minute se oefen per dag vir 10 weke is genoeg om jou reg te kry vir jou eerste driekamp. Spin-klasse en binnenshuise fietsry by jou plaaslike gym voorsien uitstekende en veilige oefening vir algemene fiksheid, maar kundiges waarsku dat jy gemaklik op jou fiets moet voel en bevoeg genoeg moet wees om op die oop pad te ry om ʼn veilige en genotvolle wedloop te verseker. ʼn Minimum van een buitenshuise fietssessie per week word aanbeveel.

Om mee te begin, is die fokus op een dissipline – swem, fietsry of hardloop – in jou oefenroetine per dag genoeg om jou mededingend te maak. Om te verseker dat jy jouself nie seermaak deur te vinnig te hard te oefen nie, is dit belangrik dat jy stadig begin – byvoorbeeld loop en draf op die trapmeul vir 20 minute op dag een, gevolg deur 200 m swem op die tweede dag en ʼn 45-minute-spinklas op die derde dag. Vermeerder jou afstande geleidelik elke dag soos jy sterker en fikser word. Na twee weke kan jy die tempo verhoog deur ʼn ‘brick’-sessie by jou oefening in te sluit, waar jy swem, gevolg deur fietsry, of fietsry gevolg deur hardloop. Maak seker dat jy gemaklik is met die oorgange tussen die verskillende dissiplines sodat alles op die dag

van die wedloop glad verloop.

Volgens www.thorpetriathlon.com het jy die volgende toerusting nodig om jou driekamploopbaan goed te begin:

ʼn FietsSelfs ʼn bergfiets is heeltemal goed genoeg, solank jy die swaarder bande vir ʼn stel gladder padbande ruil. Maak seker dat jou fiets voor ʼn wedloop nagegaan word en dat alles werk. As jy ʼn fiets moet koop, kry ʼn intrapvlak padfiets.

Swembrille

ʼn Goeie paar swembrille wat bly sit, sal jou help sien en skerp skynsel gedurende jou swem verhoed.

Duikpak

Vir nuwe of intermediêre driekampatlete sal ʼn middelmark-pak goed genoeg wees aangesien hulle meer drywend is. Duikpakke hou jou warm en help jou om gelyk in die water te bly.

Drafskoene

Maak seker jou skoene pas behoorlik by jou voet se vorm en gang. ʼn Goeie paar drafskoene is ʼn belegging en sal beserings en gewrigspyn voorkom.

Valhelm

ʼn Gewone fietsvalhelm is voldoende; maak net seker jy koop een by ʼn fietswinkel met ʼn goeie reputasie.

Sokkies

Dra sokkies om blase te voorkom. Vermy katoensokkies aangesien hulle vogtigheid behou en jou nie warm hou nie, wat blase kan veroorsaak.

SonbrilleDit moet ontwerp wees om stof, insekte, reën, son en steengruis gedurende die wedloop uit jou oë te hou.

DriekamppakDriekamppakke verminder die oorgangstyd en die materiaal is ontwerp om vogtigheid van jou vel te absorbeer en vinnig droog te word. Driekamppakke het ook ʼn seemlappie om jou rit te versag.

ʼn Oorgangshanddoek/-mat

Dit uitstekend as ʼn visuele merker van waar jou fiets is en bied jou ʼn skoon plek waar jy kan afdroog terwyl jy oorskakel.

DuikpaksmeermiddelVerminder bykomende wrywing teen jou vel deur dit aan te wend voor die swem.

Sporthorlosieʼn Ordentlike digitale horlosie wat die tye van die fietsry-, swem- en hardloopgedeeltes kan verdeel, sal jou help om jou vordering dop te hou.

Foto's - iStock

Page 5: Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa€¦ · Maagpyn en ander probleme soortgelyk aan irriterende buiksindroom, soos buikswelling, hardlywigheid, diarree en naarheid,

“Jy kan nie verbeter as jy fokus op wat andere die hele tyd doen nie. Dis goed om te weet waar jy staan. Daarvandaan beheer jy wat jy kan,”

Richard Murray - Suid-Afrika se ysterman

Richard Murray is Suid-Afrika se top manlike driekampatleet, wat tans die vyfde plek op die Internasionale Driekamp Unie (ITU) se ranglys beklee na sy eerste Driekamp Wêreldbekeroorwinning in die Naelloop-afdeling van die New Plymouth Wêreldbekerbyeenkoms in Nieu Seeland in Maart van hierdie jaar.

Hierdie Gemenebes-medaljewenner en Olimpiese atleet het sy oog op nog groter prestasies in sy gekose sport.

Murray is in Kaapstad gebore, en hoewel hy wêreldwyd meeding, beskou hy steeds Durbanville in die noordelike voorstede van die Moederstad as sy tuiste. Murray het onlangs aan Discovery-tydskrif gesê dat hy homself in elke wedloop net voor die pistool afgaan, hard in die gesig klap om ‘reg te wees vir die aksie’! Murray het baie hard gewerk om te kom waar hy nou is, en sê hy aanvaar niks as vanselfsprekend nie en verstaan dat driekamp ‘sy werk, sy lewe en sy bestaan’ is.

Hierdie twee-keer Afrika Driekamp-kampioen het sy glinsterloopbaan begin in tweekampe, waar hy die Junior ITU Tweekamp Wêreldkampioenskap in 2007 en 2008 gewen het. Murray was ook die onder-23 Afrika-kampioen in beide die driekamp en tweekamp in 2010. Onder sy ander prestasies was hy, as junioratleet, die Suid-Afrikaanse Junior Bergfietskampioen by twee geleenthede sowel as die onder-15 veldpadkampioen. Murray se droom was egter altyd om in die Olimpiese Spele mee te ding, en, as sodanig, het hy besef dat hy na ʼn ander sportsoort moes oorslaan as hy hierdie doelwit wou bereik.

Murray het nog nooit teruggekyk nie, en sê dat die verskillende dissiplines van driekamp,

naamlik swem, fietsry en hardloop beteken dat hy sy oefenroetine en liggings kan verander, wat keer dat hy verveeld raak. Dit is ʼn belangrike aspek aangesien Murray se oefenregime strek van 18 tot 25 uur per week, met die intensiteit wat afhang van sy wedloopskedule.

Murray het ʼn asemrowende toetrede tot die wêreld elite driekampverhoog in 2012 gemaak, wat daartoe gelei het dat hy vir die Londense Olimpiese Spele gekwalifiseer het, met ʼn 17de plek, vier jaar voor sy beplande skedule om eers vir die Rio Spele in 2015 te kwalifiseer, waar sy doelwit is om die goue medalje te wen. Murray sê hy is gelukkig genoeg om iemand te hê wat sy lewe deel en sy strawwe oefening en reisskedule verstaan, in Zimbabwe-gebore, kampioen Hollandse driekampatleet, Rachel Klamer wie hy by die Kaapstad Naelloop Driekamp in Blouberg vroeg in 2013 ontmoet het.

Murray sê dit is belangrik vir hom om geestelik te herlaai om sy wedywer te behou en tyd in SA met familie en vriende deur te bring en branderplankry, bergfietsry en gholf speel is ʼn belangrike deel van sy roetine. Sy advies aan jong mense wat die sport opneem is om volkome gemaklik met hulself te word aangesien die sport baie individualisties is.

‘Jy kan nie verbeter as jy fokus op wat andere die hele tyd doen nie. Dis goed om te weet waar jy staan. Daarvandaan beheer jy wat jy kan,’ het Murray vir Discovery-tydskrif gesê. Dit klink na goeie advies, vir sport en vir die lewe in die geheel, van ʼn man wat homself ken en duidelik weet watter doelwitte hy wil bereik.

Foto's - Bo: Carl Fourie/Gallo Images; Middel en onder: Roger Sedres/Gallo Images

Page 6: Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa€¦ · Maagpyn en ander probleme soortgelyk aan irriterende buiksindroom, soos buikswelling, hardlywigheid, diarree en naarheid,

“By hierdie jaar se Wild @ Heart-fees kan

feesgangers van alle ouderdomme uitsien na

feëland-roetes, eko-poppespel, kos- en wynproe, en ʼn groep kunstenaars wat groter is as ooit.”

Die Absa Kirkwood-wildsfees

As jy nog nooit by die Absa Kirkwood-wildsfees

was nie, is dit tyd dat jy 'n afspraak maak vir jou en jou gesin se eerste besoek in Junie van

hierdie jaar. Hierdie opwindende en gewilde fees, wat jaarliks meer as 45 000 besoekers

na die skilderagtige Sondagsriviervallei in die Oos-Kaap trek, vind plaas van Vrydag, 26

Junie tot Sondag, 28 Junie.

Absa is trots op sy volgehoue vennootskap met die Absa Kirkwood-wildsfees sedert sy

begin in 2002, wat die Sondagsrivier, sy mense en alles wat die vallei het om aan te

bied, vier. Die fees het gegroei tot die grootste en een van die mees gesogte in die Oos-Kaap.

Die Oos-kaap het baie toeriste-aantreklikhede wat saam met die Absa

Kirkwood-wildsfees besoek kan word, soos die Groot 7 in

die Nasionale Addo Olifantpark, al die wonderlike

aantreklikhede in en rondom Kirkwood, die

Sondagsriviervallei sowel as Nelson Mandela-Baai.

Wildsfees eerstes sluit in die enigste

wildveiling waar siektevrye buffels van die Addo Olifantpark te koop aangebied word. Die

Absa Kirkwood-wildsfees is ontwikkel rondom ʼn jaarlikse wildveiling, en twee veilings vind

plaas: Die boma-veiling en die katalogus-veiling – albei met ʼn diverse reeks diere wat

vir verkoop gelys word. Met kopers van oor Suid-Afrika asook buurstate, wat hul belegging

op enigiets van buffels tot impala en enige soort bok tussenin wil waag, sal daar ʼn groot

belangstelling wees in die topgehalte wild wat hierdie jaar te koop aangebied word.

Die Absa Kirkwood-wildsfees is ook die eerste

groot fees wat rolstoelvriendelik is, van die eerste Suid-Afrikaanse feeste wat groen gaan

– opvoeding rondom bewaring, wat kritiek is vir volhoubaarheid, is boaan die program-agenda, en die eerste om ʼn groot sybokhaar-ekspo te hou. Dit is ook die eerste en enigste fees wat ʼn

verskeidenheid van meer as 350 spesialisstalletjies, landbou-, wild-, en buitelewe-ekspos, ʼn speelplek met toesighouers vir kinders, ‘wilde’-ritte en lewendige vermaak.

By hierdie jaar se Wild @ Heart-fees kan feesgangers van alle ouderdomme uitsien na feëland-

roetes, eko-poppespel, kos- en wynproe, en ʼn groep kunstenaars wat groter is as ooit. Kunstenaars sal Mi Casa, Snotkop, Kurt Darren, Desmond Wells, Dr Victor en baie meer insluit.

Nuut tot die fees is die Tikki Island-styl

strandkroeg, waarvan verwag word om die koel plek van die jaar te wees. Ander

aantreklikhede sluit in Walk on the Wildside-ondervinding, die skaapkoplangtafel, die

boerboelskou, wyn, fynproewerkos en biertente, kosmaakdemonstrasies asook

landbou-, nuwe motor- en 4x4-ekspos.

Hekke maak 09:00 oop en feesgangers kan tot laat in die nag feesvier. Kaartjies is by die

Absa Kirkwood-wildsfeeskantoor by 042 230 0064 beskikbaar, of besoek

www.wildsfees.co.za vir meer inligting.

Foto's - www.wildsfees.co.za

Page 7: Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa€¦ · Maagpyn en ander probleme soortgelyk aan irriterende buiksindroom, soos buikswelling, hardlywigheid, diarree en naarheid,

Eksklusiewe reisaanbiedinge van Holiday Tours

Ons bied ons kliënte met trots 'n seleksie van

uitstekende, eksklusiewe reisaanbiedinge na hoë-gehalte plaaslike en internasionale

vakansiebestemmings in samewerking met Holiday Tours.

Amsterdam, Brussel en Parys

• Geldig: 01 – 31 Julie 2015• Prys (slegs land): R8 358 per persoon

Sluit in:

• 2 nagte akkommodasie in ʼn 3-sterhotel in Amsterdam

• 2 nagte akkommodasie in ʼn 3-sterhotel in Brussel

• 2 nagte akkommodasie in ʼn 3-sterhotel in Parys• 2de-klastreinkaartjies Amsterdam – Brussel – Parys

• Ontbyt daagliks

Sluit uit:

• Internasionale en binnelandse vlugte

• Visa- en reisversekering• Etes nie gespesifiseer nie

• Persoonlike items

Poste Lafayette Resort & Spa

• Geldig vir vasgestelde vertrek op 27 Junie

2015 • Beperkte sitplekke beskikbaar

• Spesiale aanbieding van R15 995 per persoon wat deel

• Aanvullings geld op spitstydvlugte

Sluit in:

• Retoervlugte van Johannesburg na

Mauritius met Air Mauritius op spesifieke vlugte

• Alle vooraf betaalbare lughawebelasting en brandstofheffing

• Retoer lughawe-oordvervoer• 7 nagte akkommodasie in ʼn superieure kamer

• Ontbyt, middagete en aandete daagliks plus uitgesoekte drankies

Sluit uit:

• Nie-gespesifiseerde etes

• Premium en ingevoerde drankies• Persoonlike items

• Reisversekering

Protea Hotel President, Kaapstad

• Geldig: 18 Mei – 31 Augustus 2015

• R3 155 per persoon wat deel vir 2 nagte

Sluit in:

• Twee nagte akkommodasie

• Slegs kamer• Retoer ekonomiese vlugte van

Johannesburg of Lanseria na Kaapstad• 2 dae motorhuur (Groep T) op standaard

dekking, insluitend 200 km gratis per dag

Sluit uit:

• Maaltye/Drankies wat nie gespesifiseer is nie

• Persoonlike items• Reisversekering

Bongani Mountain Lodge

• Geldigheid – 1 Mei tot 31 Julie• R3 759 per persoon wat deel

Sluit in:

• 3 nagte akkommodasie in ʼn standaard kamer

• Ontbyt, middagete en aandete daagliks• 2 wildritte per dag in Mthethomusha

Wildreservaat

Sluit uit:

• Etes/Drankies wat nie gespesifiseer is nie

• Persoonlike items• Reisversekering

Bykomende inligting:

• Oplaaitye vanaf die hek is om12:00, 13:00 en 15:00• ʼn Vervoerfooi van R250 sal gehef word vir oplaai buite die tye aangedui

• Sluit bewaringsheffing uit wat direk betaal moet word

Om van hierdie aanbiedinge gebruik te maak, kontak Holiday Tours op 0861 102 137, meld dat jy 'n Absa Platinum-kliënt is en betaal met jou Absa kaart.

Bepalings en voorwaardes:

• Pakketprys is per persoon, gebaseer op 2 persone wat ’n kamer deel en is onderhewig aan beskikbaarheid

• Pryse kan in spitstye styg en vir individue wat alleen reis

• Kontak ons vir bykomende nagte• Onderhewig aan styging in vliegtariewe, skommeling in die wisselkoers en beskikbaarheid

• Lugrederybelastings is gebaseer op die huidige wisselkoers en is aan verandering onderhewig

• Mauritius-pakkette is slegs vir SAOG-inwoners geldig – bewys van ʼn geldige paspoort kan deur die eiendom vereis word

• Standaard Holiday Tours B&V geld. E.O&E. • Alle pryse is by die ter perse gaan korrek

Foto's - Absa Rewards

Page 8: Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa€¦ · Maagpyn en ander probleme soortgelyk aan irriterende buiksindroom, soos buikswelling, hardlywigheid, diarree en naarheid,

Eksklusiewe reisaanbiedinge van Good Taste Travel

Ons bied ons kliënte met trots 'n seleksie van

uitstekende, eksklusiewe reisaanbiedinge na hoë-gehalte plaaslike vakansiebestemmings in

samewerking met Good Taste Travel.

Mont Rochelle Hotel, Franschhoek

• Onoortreflike bly-betaal aanbod (bly vir

3 nagte, betaal vir 2)• Shiraz kamer, ontbyt ingesluit

• Koste: R876.00 per persoon per nag wat deel

• Minimum verblyf van 3 nagte word vereis

• Geldig vanaf 1 Mei - 30 September 2015

Kruger Park, Lion Sands River Lodge

• Luukse kamer op ʼn volle verblyf basis• Koste: R5 903,00 per persoon per nag wat deel

• Minimum verblyf van 3 nagte word vereis• Geldig vanaf 1 Mei - 17 Desember 2015

Aanbod sluit in:

• Luukse akkommodasie in 'n Luxury Room (River Lodge)

• Drie maaltye per dag• Tee/koffie

• Mini-kroeg in die kamer • Drankies (alle koeldranke en seleksie van

bier, spiritualieë en huiswyne) • Twee wildritte per dag, met verversings,

met ʼn FGASA-gekwalifiseerde veldwagter en spoorsnyer

• Gespesifiseerde safari-aktiwiteite

Toegevoegde waarde:

• Bespreek drie nagte en ontvang twee

gratis nagte in 'n More Quarters luukse woonstel of 'n Cape Cadogan Standard Room• Gratis nagte moet vooraf bespreek word in dieselfde reisplan en vir dieselfde gas

• Aanbod is onderhewig aan die beskikbaarheid van kamers• Geldig vir FIT (Vrye Onafhanklike Reisiger) besprekings, maksimum 2 kamers/4 gaste

Bepalings en voorwaardes

• Bespreek en betaal teen 31 Mei 2015• Pryse sluit nie vliegkaartjies of vervoer vanaf en na lughawe in nie

• Sekere datums vir bogenoemde bestemmings is nie beskikbaar nie; doen asseblief navraag om hieroor uit te vind

• Alle pryse is per persoon wat deel• Alle pryse is gebaseer op die goedkoopste opsie beskikbaar, en kan verander as gevolg van

wisselkoersskommelings of BAR (Beste Beskikbare Tariewe) ten tye van die bespreking• Good Taste Travel het die reg om 'n bestemming te enige tyd van hierdie promosie te

onttrek• Alle persentasie afslag is reeds toegepas op alle aanbiedings, die prys wat jy sien is nadat

die afslag in berekening gebring is • Behoudens foute en weglatings

Foto's - Absa Rewards

Page 9: Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa€¦ · Maagpyn en ander probleme soortgelyk aan irriterende buiksindroom, soos buikswelling, hardlywigheid, diarree en naarheid,

Platinum Nuus

Sien jou gunsteling Barclays Premierliga-span lewendig in aksie

Wen 19 reise om jou gunstelling Baclays Premierliga-span se wedstryde in die VK by te woon.

Foto's - Absa

Page 10: Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa€¦ · Maagpyn en ander probleme soortgelyk aan irriterende buiksindroom, soos buikswelling, hardlywigheid, diarree en naarheid,

Staan 'n kans om te wen met Absa Huislenings

Staan 'n kans om R500 000* te wen wat in jou huislening inbetaal word.

Absa Huislenings het onlangs ’n opwindende program: “Guiding You Home” op DStv-kanaal 176 bekendgestel. Die program neem jou op ’n reis met verskillende gesinne op soek na hul droomhuis

- van die besigtiging en beoordeling van eiendomme tot die kies van en aanbod maak op die regte een.

Die program sal jou help om insig te kry in die regstappe en prosesse betrokke by die koop van ’n

huis, sowel as die vereistes om vir ’n huislening aansoek te doen.

Skakel in om uit te vind of elke stimulerende episode in ’n suksesvolle koop sal eindig!

Vir jou gerief, sien die tydskedule vir die TV-program hieronder:

• Maandae 12:30

• Dinsdae 16:30 • Donderdae 20:30

• Vrydae 08:30 • Saterdae 15:00 en 23:00

• Sondae 10:00 en 20:00

Jy staan ook ’n kans om R500 000 te wen wat in jou huislening inbetaal sal word.

Al wat jy moet doen is om aansoek te doen en jou huislening by Absa Huislenings te registreer.

*Besigtig die bepalings en voorwaardes.

Die wenner sal tydens die finale episode van die nuwe “Guiding You Home” televisieprogram op

DStv TV-kanaal 176 aangekondig word.

Foto's - Absa

Page 11: Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa€¦ · Maagpyn en ander probleme soortgelyk aan irriterende buiksindroom, soos buikswelling, hardlywigheid, diarree en naarheid,

Vlieg in styl met Absa en Bidvest

'n Platinum-kredietkaart van Absa gee jou die vryheid om eersteklas-reiservarings te geniet met gratis toegang tot Bidvest Premier-sitkamers by lughawens regoor die land.

Die bestemming is nie al wat tel nie – die reis is net so belangrik. Dis hoekom Absa en Bidvest ʼn vennootskap aangegaan het wat ons Platinum-kredietkaarthouers toegang gee tot ʼn leefstyl van voorkeurreis.

Ons Platinum-kredietkaarthouers kan die Bidvest Premier-sitkamers by binnelandse en Internasionale lughawens binne Suid-Afrika gratis gebruik.

Om te kwalifiseer, moet kaarthouers R5 000 op verkooppuntaankope spandeer in die maand van hulle sitkamerbesoek. Anders kan hulle R15 000 met hul Platinum-kredietkaart op verkooppuntaankope oor drie opeenvolgende maande voor of gedurende die maand van hul besoek spandeer. Kaarthouers kan ook gaste nooi om hulle teen ʼn afslagprys te vergesel.

Met watter lugredery jy ookal vlieg en watter klas kaartjie jy ookal het, Bidvest Premier-sitkamers bied ʼn oase van gerief, ontspanning en plesier op die lughawe. Personeel is goed opgelei en professioneel en fokus daarop om gehaltediens aan gaste te lewer.

Die sitkamers bied komplimentêre Wi-Fi en koerante, asook ʼn veelsydige peuselhappie- en drankiespyskaart. Hulle bied ook private rookareas, storte en toilette, en fasiliteite vir gestremde persone.

Daar is internasionale vertreksitkamers by OR Tambo Johannesburg en Kaapstad Internasionale Lughawe, met binnelandse sitkamers by al die groot Suid-Afrikaanse lughawens insluitend OR Tambo, Kaapstad, King Shaka in Durban, Port Elizabeth, George en Oos-Londen.

ʼn Platinum-kredietkaart van Absa gee jou toegang tot OTM’e regoor die wêreld, gratis basiese reisversekering as jy internasionale retoerreiskaartjies koop en 24/7 kundige bystand vanaf enige plek in die wêreld deur ons toegewyde Platinum Lyn.

Dit maak nie net reis in eersteklas-styl ʼn werklikheid nie, dit sluit ook ʼn menigte ander voordele in wat ontwerp is om jou lewe te verbeter. Alle kaarte word uitgereik met skyfie- en PIN-tegnologie wat verseker dat jou transaksies met optimale sekuriteit gedoen word.

Jou kaart word uitgereik met gratis verlorekaartbeskerming, koopbeskerming en opsionele kredietbeskerming, wat ʼn beperkte uitstaande saldo dek in geval van dood, ongeskiktheid of aflegging.

En, jy hoef nie Milaan toe te vlieg vir die jongste modes as jy aanlyn met jou kaart kan koop nie. Absa se Platinum-kredietkaarte het die beste sekuriteitseienskappe, met ʼn eenmalige verifikasiewagwoord om te verseker dat jou aanlyn koopervaring veilig en gerieflik is.

As jy jou PIN vergeet as jy op die punt is om te betaal, moenie bekommerd wees nie. Skakel slegs 0860 109 085 en volg die instruksies om jou kode te herwin, of jy kan 24/7 op Absa Online aanteken.

Onthou, jy kan ons altyd op ons toegewyde 24-uur Platinum Lyn by 0860 109 085 of 011

501 5006 internasionaal skakel en ons is daar om jou enige hulp te bied wat jy nodig het.

Van ʼn kafee in Parys tot ʼn eetplek in New York, doen aansoek vir jou Platinum-kredietkaart van Absa en leef die lewe wat jy verdien.

Vir meer inligting oor die Absa Platinum-kredietkaart, besoek www.absa.co.za/platinumcreditcard.

Foto's - iStock

Page 12: Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa€¦ · Maagpyn en ander probleme soortgelyk aan irriterende buiksindroom, soos buikswelling, hardlywigheid, diarree en naarheid,

Is jy voldoende verseker?

As 'n huiseienaar is die omskepping van jou huis in 'n toevlug wat met gelukkige herinneringe gevul is, harde werk, en gaan met groot verantwoordelikheid gepaard.

Wat jy kan doen om dit te verligNeem ’n oomblik, sit terug, kyk om jou en sien wat jy vermag het. Jy sal die versameling elektroniese toerusting, die juweelkissies gevul met waardevolle edelgesteentes en die skatte wat jy gedurende jou vakansies gekoop het, betrag. Die voertuie wat jy ry, die kombuis wat jy onlangs laat opknap het of die opgedateerde sekuriteitstelsel wat jy geïnstalleer het, het ʼn direkte impak op jou en jou versekeringsdekking. Maar, as ʼn onverwagte gebeurtenis plaasvind en jy moet dit vervang, is jy voldoende verseker?

Lees jou polisdokumernteVersekeringspolisse is daar om te verseker dat as ʼn skielike en onverwagte gebeurtenis in jou lewe plaasvind, jy gemoedsrus sal hê omdat jy weet jy is gedek. Polisse dek jou nie vir alles nie, maak dus seker jy gee spesiale aandag aan die polisbepalings, -voorwaardes en -uitsluitings. As ʼn polishouer is dit jou verantwoordelikheid om te verseker dat jou dekking voldoende en vervullend is, wat enige kwessies by die eisstadium sal verlig, soos om jou huis in stand te hou, en voertuie wat ook in stand gehou moet word om jou en jou gesin se veiligheid te verseker. Polisdokumente sluit noodsaaklike inligting in wat verseker dat jy korrek verseker is. Neem veral kennis van die voertuig en bestuurderbesonderhede, gebruik van jou voertuig asook die bedrag waarvoor jou huis en items verseker is. Indien jy verdere duidelikheid oor jou dekking en voordele verlang, skakel bloot jou versekeringsmaatskappy of praat met jou adviseur.

Hou jou huis in stand sodat dit in ʼn puik toestand is aangesien sekere uitsluitings kan geld

Daar word van huise verwag om ons veranderende weersomstandighede te weerstaan, maar hulle het dikwels sorg nodig. Daar is sekere areas op jou eiendom waaraan jy gereeld aandag moet gee.

• Geute, plat dakke, fassieborde, dakteëls wat gekraak of gebreek kan wees, metaalplate en grensmure;

• Maak altyd seker dat jou eiendom voldoende dreinering het en dat geute gereeld skoongemaak word. Dit verhoed dat water oorloop in jou plafon in.

• Grasdakke vereis gereelde instandhouding en gebrek hieraan kan brandgevaar verhoog.

Evalueer jou batesHersien die waarde van jou huis en inhoud om te verseker dat die versekerde bedrag van jou items die korrekte vervangingskoste weerspieël. Onderversekering is wanneer die vervangingskoste van die item of eiendom wat jy versker het, meer is as die bedrag waarvoor jy dit verseker het. As jy nie voldoende verseker is nie, kan versekeraars ʼn gemiddelde toepas.

Byvoorbeeld, die versekerde bedrag op jou polis is R2 miljoen en die vervangingswaarde is veronderstel om R3 miljoen te wees. Wat as daar onverwags ’n storm opsteek wat groot skade aan ingeboude elektroniese toerusting veroorsaak sodat die koste om dit te vervang R150 000 beloop? Jou versekeraar sal ongelukkig die gemiddelde toepas en dit is hoe dit bereken word:

R2 miljoen X R150 000 _________________

R3 miljoen

= R100 000

Dit beteken dat ons jou met ʼn bedrag van R100 000 sal kompenseer min die toepaslike bybetaling.

Indien jy die waarde van jou residensiële eiendom wil vasstel, gebruik bloot die berekenaar by www.absa.co.za vir ʼn geraamde vervangingskoste of kontak jou versekeringsmaatskappy of adviseur.

Foto's - Shutterstock

Page 13: Leef die goeie lewe met Platinum Bankdienste van Absa€¦ · Maagpyn en ander probleme soortgelyk aan irriterende buiksindroom, soos buikswelling, hardlywigheid, diarree en naarheid,

As dit die motor is vir jou...

Het jy mobiliteitsoplossings nodig? Wanneer 'n motor tot jou spreek, gesels met ons.

Besoek www.absa.co.za of jou naaste tak.

Foto's - Absa

Absa Bank Beperk Reg-no 1986/004794/06 Gemagtigde Finansiëlediensteverskaffer Reg No NCRCP7

E-posvrywaring en maatskappy-inligting: absa.co.za/disclaimerAs U nie meer die e-pos wil ontvang nie, stuur 'n epos aan [email protected] om van die lys afgehaal te word.© Absa 2013