14
1 GKSA NUUSBROKKIES Sondag 13 Oktober 2019 LIEF EN LEED Beterskapwense Ons bid vir almal wat operasies ondergaan het of tuis aansterk of nog vir ‘n operasie in die komende week moet gaan Gods seën op ‘n spoedige herstel toe. Hartlike gelukwense aan die volgende predikante/professore en eggenotes met hul verjaarsdae 11 Oktober Mev GJ Sefadi (Julia), eggenote van ds LJ Sefadi (Lerato) GK Dobsonville 11 Oktober Dr S Steyn (Susan), eggenote van ds KP Steyn (Karel) GK Vredenburg/Saldanha 12 Oktober Mev EF Cilliers (Elrina), eggenote van ds P Cilliers (Pierre) GK Daniëlskuil/Duineveld 13 Oktober Ds HS Coetzee (Fanie) GK Potchefstroom-Die Bult 13 Oktober Ds HC van Rooy (Charl GK Randburg 14 Oktober Mev J Zwemstra (Jacomien), eggenote van dr HM Zwemstra (Heinrich) GK Walvisbaai 16 Oktober Ds SFF van der Walt (Steve) GK Kathu/Olifantshoek 16 Oktober Ds TJ Moletsane (Jeremia) GK Sanveld 17 Oktober Ds CB Swanepoel (Christo) GK Lyttelton 17 Oktober Dr A van Rhyn (Alet), eggenote van dr HPM van Rhyn (Malan) GK Pretoria-Noord Hartlike gelukwense aan die volgende emeriti met hul verjaarsdae 11 Oktober Mev AME van der Walt (Ria), weduwee van wyle prof JJ van der Walt (Jan) -TSP 12 Oktober Dr IL Venter (Leona), weduwee van wyle dr M Venter (Mechiel) GK Pretoria-Brooklyn 13 Oktober Mev MJS Cilliers (Rita), eggenote van ds JH Cilliers (Harry) GK Reitz 14 Oktober Prof LJ Botha (Louis) TSP 15 Oktober Dr TC de Klerk (Theuns) GK Okahandja -

LIEF EN LEED - gksa.org.za NUUSBROKKIES 13 OKTOBER 2019.pdfpas jou liggaam op; hou jou verstand en vaardighede op standaard en jou gees positief – en skaal bloot af op 55 of 65

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: LIEF EN LEED - gksa.org.za NUUSBROKKIES 13 OKTOBER 2019.pdfpas jou liggaam op; hou jou verstand en vaardighede op standaard en jou gees positief – en skaal bloot af op 55 of 65

1

GKSA NUUSBROKKIES

Sondag 13 Oktober 2019

LIEF EN LEED

Beterskapwense Ons bid vir almal wat operasies ondergaan het of tuis aansterk of nog vir ‘n operasie in die komende week moet gaan Gods seën op ‘n spoedige herstel toe. Hartlike gelukwense aan die volgende predikante/professore en eggenotes met hul verjaarsdae 11 Oktober Mev GJ Sefadi (Julia), eggenote van ds LJ Sefadi (Lerato) – GK

Dobsonville 11 Oktober Dr S Steyn (Susan), eggenote van ds KP Steyn (Karel) – GK

Vredenburg/Saldanha 12 Oktober Mev EF Cilliers (Elrina), eggenote van ds P Cilliers (Pierre) – GK

Daniëlskuil/Duineveld 13 Oktober Ds HS Coetzee (Fanie) – GK Potchefstroom-Die

Bult 13 Oktober Ds HC van Rooy (Charl – GK Randburg 14 Oktober Mev J Zwemstra (Jacomien), eggenote van dr

HM Zwemstra (Heinrich) – GK Walvisbaai 16 Oktober Ds SFF van der Walt (Steve) – GK

Kathu/Olifantshoek 16 Oktober Ds TJ Moletsane (Jeremia) – GK Sanveld 17 Oktober Ds CB Swanepoel (Christo) – GK Lyttelton 17 Oktober Dr A van Rhyn (Alet), eggenote van dr HPM van

Rhyn (Malan) – GK Pretoria-Noord Hartlike gelukwense aan die volgende emeriti met hul verjaarsdae 11 Oktober Mev AME van der Walt (Ria), weduwee van wyle prof JJ van der

Walt (Jan) -TSP 12 Oktober Dr IL Venter (Leona), weduwee van wyle dr M Venter (Mechiel) – GK

Pretoria-Brooklyn 13 Oktober Mev MJS Cilliers (Rita), eggenote van ds JH Cilliers (Harry) – GK

Reitz 14 Oktober Prof LJ Botha (Louis) – TSP 15 Oktober Dr TC de Klerk (Theuns) – GK Okahandja -

Page 2: LIEF EN LEED - gksa.org.za NUUSBROKKIES 13 OKTOBER 2019.pdfpas jou liggaam op; hou jou verstand en vaardighede op standaard en jou gees positief – en skaal bloot af op 55 of 65

2

15 Oktober Ds FJ van Dyk (Frans) – GK Keetmanshoop/Mariental 17 Oktober Mev H Janse van Rensburg (Hester), eggenote van ds KA Janse

van Rensburg (Anton) – GK Paarl Hartlike gelukwense aan die volgende teologiese student met sy verjaarsdag 11 Oktober ID Nagel

Gods ryke seën word u toegewens vir die nuwe lewensjaar (Ps 16:5, 6) Gelukwense aan

Ds Frikkie en Alica van Rensburg, GK Rustenburg-Noordoos, met die geboorte van hul dogtertjie Ds Ben en Susan Fourie, GK Kameeldrift, met die geboorte van hul 7de kleinkind

Gelukwense aan Prof Bert en mev Gep Floor (TSP) wat hul 68ste huweliksherdenking op 10 Oktober 2019 gevier het

Doodsberig Mev Frieda Duvenage, weduwee van wyle dr Benoon Duvenage, emerituspredikant van GK Sasolburg, is op 1 Oktober 2019 oorlede

Page 3: LIEF EN LEED - gksa.org.za NUUSBROKKIES 13 OKTOBER 2019.pdfpas jou liggaam op; hou jou verstand en vaardighede op standaard en jou gees positief – en skaal bloot af op 55 of 65

3

KERKLIKE ADMINISTRASIE

• Beroepe ontvang Ds RA Bain (Ronald) van GK Potchefstroom na GK Oranjerivier Ds RA Bain (Ronald) van GK Potchefstroom na GK Pretoria Ds GM Boersema (Marnix) van GK Graaff Reinet na GK Reitz/Lindley

kombinasie Ds GM Boersema (Marnix) van GK Graaff Reinet na GK Rietvallei as medeleraar Ds JC van Dyk (Jannes) van GK Ventersdorp na GK Rietvallei as medeleraar Ds LJE Venter (Lourens) van GK Kimberley na GK Centurion as medeleraar

• Beroepe aanvaar Ds LJE Venter (Lourens) van GK Kimberley na GK Centurion as medeleraar

• Beroepe bedank Ds GM Boersema (Marnix) van GK Graaff Reinet na GK Reitz/Lindley kombinasie Ds GM Boersema (Marnix) van GK Graaff Reinet na GK Rietvallei as medeleraar Ds JC van Dyk (Jannes) van GK Ventersdorp na GK Rietvallei as medeleraar

BEVESTIGINGS

Die bevestiging van proponent JC Potgieter, as predikant van Reformed Church Tshwane, het op Sondag 29 September 2019 plaasgevind. Die bevestiging is deur dr AG Miskin (Arthur) hanteer.

EMERITERINGS

Ds JJ de Kock (Kobus) van GK Oranjerivier het gedurende September 2019 geëmeriteer. Ds Kobus en Lenie de Kock het hulle in die

omgewing van Ventersdorp gaan vestig

Page 4: LIEF EN LEED - gksa.org.za NUUSBROKKIES 13 OKTOBER 2019.pdfpas jou liggaam op; hou jou verstand en vaardighede op standaard en jou gees positief – en skaal bloot af op 55 of 65

4

PROPONENTE BEROEPBAAR GESTEL

Proponent R Steyn (Ruan) Sel: 00264 81 595 0113 (tans in Namibië) E-pos: [email protected]

Proponent G Mushayabasa (Godwin)

Sel: 072 844 6754 E-pos: [email protected]

Proponent W Chipenyu (Wilbert) Sel: 078 731 1225

E-pos: [email protected]

Proponent P Mkupa (Phumlani) Sel: 078 335 8753 E-pos: [email protected]

Page 5: LIEF EN LEED - gksa.org.za NUUSBROKKIES 13 OKTOBER 2019.pdfpas jou liggaam op; hou jou verstand en vaardighede op standaard en jou gees positief – en skaal bloot af op 55 of 65

5

KENNISGEWING – KLASSIS OOSTELIKE PRETORIA Die Klassis Oostelike Pretoria (Contracta) met advies van die Deputate vanweë Pretoria Streeksinode, het op 16 September 2019 vir broeders KT (Tebogo) Mogale en MW (Thinus) Kruger kragtens KO, art 4 geëksamineer en hulle beroepbaar gestel. Proponent MW Kruger (Thinus) Sel: 072 347 5288 E-pos: [email protected]

Proponent KT Mogale (Tebogo) Sel: 082 253 2687

E-pos: [email protected]

Page 6: LIEF EN LEED - gksa.org.za NUUSBROKKIES 13 OKTOBER 2019.pdfpas jou liggaam op; hou jou verstand en vaardighede op standaard en jou gees positief – en skaal bloot af op 55 of 65

6

KENNISGEWING – KLASSIS WESRAND Beroepbaarstelling van ds J Nkili ingevolge KO, art 11

Klassis Wesrand het tydens ‘n vergadering gehou op 31 Augustus 2019 en 5 Oktober 2019 besluit om ds J Nkili (Jafta) van GK Khutsong beroepbaar te stel in die GKSA kragtens KO, art 11, met ‘n wagperiode tot 31 Augustus 2020.

VERANDERING – KORRESPONDERENDE KERKRAAD – KLASSIS WESRAND

Die nuwe korresponderende Kerkraad vir Klassis Wesrand is GK Krugersdorp-Wes/Magaliesburg. Kontakbesonderhede is: Ds Vickus van Jaarsveld Sel: 074 932 1238 E-pos: [email protected]

100 jarige Feesviering GK Olifantshoek Die GK Olifantshoek vier DV 24 November 2019 die eeufees van die kerkgebou. Alle oud-lidmate, predikante, en seuns van die Gemeente wat predikante geword het uit na die feesvieringe. Die feesvierings sal gepaardgaan met die viering van die sakrament van die Heilige Nagmaal. Daarna sal die Gemeente saam met die besoekers ‘n heerlike ete nuttig. Almal wat die geleentheid bywoon, word versoek om voor of op 17 November 2019 aan te dui wie kom sodat ons kan voorberei vir die ete. Kontak ds Steve van der Walt by 084 620 3290 of Br Kotie van der Merwe 083 378 4638 of Sr Ansie vd Merwe 082 674 7648

Page 7: LIEF EN LEED - gksa.org.za NUUSBROKKIES 13 OKTOBER 2019.pdfpas jou liggaam op; hou jou verstand en vaardighede op standaard en jou gees positief – en skaal bloot af op 55 of 65

7

My Dopperdagboek – Psalmaand – 23 Oktober 2019 Alle lidmate van die Gereformeerde Kerke, hul vriende en ander belangstellendes word hartlik uitgenooi na die maandelikse Psalmaand in die GK Pretoria-Brooklyn om 18:00 vir 18:30 op Woensdag 23 Oktober 2019. Die orrelis Philip Loots sorg vir die begeleiding tydens dié uur lange geleentheid wanneer bekende én minder bekende Psalms gesing word. Kom herontdek die wonder van Totius se Psalmberymings, en ervaar die vreugde daarvan om die Here met sang te loof en prys. Die kerkterrein bied volop veilige parkering. Bring asseblief ‘n Psalmboek saam en ‘n bydrae om die koste van die aand te bestry.

Page 8: LIEF EN LEED - gksa.org.za NUUSBROKKIES 13 OKTOBER 2019.pdfpas jou liggaam op; hou jou verstand en vaardighede op standaard en jou gees positief – en skaal bloot af op 55 of 65

8

“O, AARDE!”: FLITS NO 18 DIE ONNOEMBARE, ONHANTEERBARE “AFVAL”

Vir maande lank al loop dr Henk Strooiprater, mondstuk van die GKSA se Deputate: Omgewing, met twee skrywes in sy kop: een van Barney Louw en die ander van dr Peet van der Walt. Albei bydraes hanteer die werklikhede van oudword en die probleme van die ouderdom – soms skreeusnaakse beskrywings en ander tye ironiese mymeringe oor wat was en wat kon gewees het, oor die problematiese hede en toekoms van “bejaardes/seniors”. Strooiprater weet hy het hier te doen met ‘n reuse uitdaging: wat gemaak met die onnoembare, onhanteerbare “afval”, die steeds groeiende massa “oumense”: uitgedien, afgeskryf, uitgedruk, uitgeskuif - in getalle elke dag toenemend, groeiend, ophopend – ook onvleiend getipeer as “suurstofdiewe”. Soos dikwels in die verlede wend hy hom na sy wyse buurman, Oom Steunie, die steunuil wat al vir jare lank sy nes het in die doringboom in die tuin vanwaar hy die eienaardighede van mense dophou en op navraag kommentaar lewer. Strooiprater: Buurman, wat word van julle uile as julle oud word? Oom Steunie: Wat bedoel jy met “oud word”? Bedoel jy soos Oupa Klaas: kan nie meer loop nie, word elke dag op sy rystoel op die stoep gelos, drink sy pille vir pyne en skete, was al hoeveel keer in die hospitaal – maar in werklikheid verlang hy net om dood te gaan? Ons uile ken nie so iets nie: ons weet wanneer ons toegedeelde dae verby is en dan gaan ons met vrede dood. Strooiprater: Hoe weet julle wanneer julle dae verby is? Oom Steunie: Wanneer ons nie meer vir onsself kos kan vang nie, ons nie meer vir jong uiltjies kan wys hoe om aan die lewe te bly nie, wanneer ons nie meer kan opvlieg na ons nes toe nie. Ons weet ons is vir ‘n doel deel van die natuur en die skepping. Ons weet wanneer ons ons doel gedien het en maak vrede met ons verbygegane lewe - en ons onvermydelike dood. Strooiprater: Dit klink vir my baie hard en fatalisties. Ons mense kan darem uitsien na ‘n tyd van rustige aftrede, tyd saam met geliefdes en met mediese sorg wat ons lewenskwaliteit verseker. Oom Steunie: Jy hoef mos nie af te tree om dit alles te ervaar nie! Maak soos ons: pas jou liggaam op; hou jou verstand en vaardighede op standaard en jou gees positief – en skaal bloot af op 55 of 65. Jy het ‘n rykdom van opgegaarde kennis en nuttige lewenservaring. Deel dit met jou kollegas en familiekring. Verlos jouself van die tirannie van die horlosie en prestasieteikens. Maak vrede met wat jy bereik het en nie kon bereik nie – en moenie probeeer om jou nuttige en betekenisvolle lewe te verleng met pille en medikasie en lewensondersteunende toerusting wat in werklikheid nie die onvermydelike aftakeling kan omkeer nie. Strooiprater: Dit lyk my jy dink “aftrede” is ‘n lelike ding.

Page 9: LIEF EN LEED - gksa.org.za NUUSBROKKIES 13 OKTOBER 2019.pdfpas jou liggaam op; hou jou verstand en vaardighede op standaard en jou gees positief – en skaal bloot af op 55 of 65

9

Oom Steunie: Ongetwyfeld. Gaan kyk in julle Groot Boek wat daar staan van “aftree” – en kom vertel my as jy iets daaroor kry – of van aftreeoorde en ouetehuise. Maar: jy sal daarin baie kry oor positief besig wees – of jy oud of jonk is. Dit bring my by die tweede ding wat “afgetree” vir julle “lelik” maak: julle koppel “positief besig wees” aan geldloon. As jy “afgetree” is, word jy nie meer met geld beloon vir “dienste gelewer” nie, want jy is nutteloos, onproduktief – en word dus “afgeskryf”. Maar julle Boek sê nie so nie: bejaardheid maak jou nie “gemors” of “afval” nie: jy is eintlik meer werd, want jy is van baie dinge gesuiwer en verstaan wat uiteindelik saak maak baie beter – by voorbeeld dat elke dag ‘n gawe is en dat jy ‘n wyse hart sal bekom as jy elke dag reg “tel” – selfs in jou “ouderdom”. Dis hierdie soort wysheid wat jou waardevol maak – as jy dit toepas, uitleef. Strooiprater: Hoe? Oom Steunie: Volg julle Boek. Maak elkeen self vrede met die groot waarhede daarin: “Elke ding het in hierdie wêreld sy tyd: daar is ‘n tyd om gebore te word en ‘n tyd om te sterwe …. God het aan die mens ‘n taak gegee om hom mee besig te hou. God het elke ding gemaak dat dit pas in ‘n bepaalde tyd, maar hy het ook aan die mens ‘n besef gegee van die onbepaalde tyd (die ewigheid). Ek het tot die insig gekom dat daar vir die mense niks beter is as om vrolik te wees en die goeie van die lewe te geniet…. Die slotsom van alles is dit: dien God en gehoorsaam sy gebooie” (Prediker 3:1,2,10-13; 12:13). Strooiprater: Jy’s reg! Op ander plekke staan daar dat die lewens van God se kinders bloot ’n reis deur hierdie wêreld is, op pad na ‘n ewige vaderland waar daar geen oudword sal wees nie, niemand afgeleef of afgeskryf sal wees nie en net dankbare lof aan ons Skepper. Oom Steunie: Doktor: julle mense is na alles meer bevoorreg as ons uile. Ons leef met die werklikheid van ons sterflikheid. Hoekom leef julle nie met die werklikheid van julle onsterflikheid nie? Dr Strooiprater is nou nog sy buurman ‘n antwoord skuldig – “… en ….”, wonder hy, “… nie ook aan die wêreld nie?”.

Page 10: LIEF EN LEED - gksa.org.za NUUSBROKKIES 13 OKTOBER 2019.pdfpas jou liggaam op; hou jou verstand en vaardighede op standaard en jou gees positief – en skaal bloot af op 55 of 65

10

GEREFORMEERDE PUBLIKASIES (Calvyn Jubileumboekefonds = CJBF)

Bestel by: Administratiewe Buro E-pos: [email protected] Tel: 018 297 3986 Prys R25 (verpakking en posgeld uitgesluit)

Bestel by: Administratiewe Buro E-pos: [email protected]

Tel: 018 297 3986

Prys R30 (verpakking en posgeld uitgesluit)

Page 11: LIEF EN LEED - gksa.org.za NUUSBROKKIES 13 OKTOBER 2019.pdfpas jou liggaam op; hou jou verstand en vaardighede op standaard en jou gees positief – en skaal bloot af op 55 of 65

11

FONDSINSAMELINGS / FUNKSIES / FEESVIERINGE

Oktober 2019

26 OKTOBER 2019

Page 12: LIEF EN LEED - gksa.org.za NUUSBROKKIES 13 OKTOBER 2019.pdfpas jou liggaam op; hou jou verstand en vaardighede op standaard en jou gees positief – en skaal bloot af op 55 of 65

12

Page 13: LIEF EN LEED - gksa.org.za NUUSBROKKIES 13 OKTOBER 2019.pdfpas jou liggaam op; hou jou verstand en vaardighede op standaard en jou gees positief – en skaal bloot af op 55 of 65

13

November 2019

Page 14: LIEF EN LEED - gksa.org.za NUUSBROKKIES 13 OKTOBER 2019.pdfpas jou liggaam op; hou jou verstand en vaardighede op standaard en jou gees positief – en skaal bloot af op 55 of 65

14

GEDAGTE VIR DIE WEEK

Maar dié wat op die Here vertrou,

kry nuwe krag.

Hulle vlieg met arendsvlerke,

hulle hardloop en word nie moeg nie,

hulle loop en raak nie afgemat nie.

Jesaja 40:31

p