8
TEL: 058 - 303 5411 WOENSDAG 4 DESEMBER 2013 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE Lynda Greyling INBREKERS het die afgelope week skade van honderdduisende rande op Bethlehem en Harrismith aangerig toe by twee skole ingebreek is. By die Maluti-Hooglandskool is Woensdag omstreeks 21:30 ingebreek. Piet Smith, die skoolhoof, sê die inbrekers het letterlik deur die deure “gestap”. Al die veiligheidshekke is oopgebreek, waarna die deure oopgedwing is. In baie gevalle is die deurrame so beskadig dat dit vervang moet word. Die administratiewe gebou se krag word saans afgeskakel. Die diewe het ook by die snoepwinkel ingebreek, aanvanklik probeer om deur die dak toegang te verkry, maar in ’n kleedkamer beland. Hulle het daarna by die administratiewe gebou ingebreek en die alarmstelsel se drade geknip. “Dit is so professioneel en vinnig gedoen, dat dit nie op die sekuriteitsmaatskappy se monitor geregistreer het nie.” Hulle het vermoedelik ’n verlengingskoord wat aan die Kersboom in die voorportaal gekoppel was, gebruik om van die snoepwin- kel af krag in die administratiewe gebou te hê. Die kluis is oopgesweis, waarna by ’n kleiner kluis ingebreek is. Verskeie skootreke- naars, asook nuwe rekenaars en rekenaar- skerms, is gesteel. Nuwe geheuestokkies, asook dié met die onderwysers se inligting daarop, is weg. Die moederbord van die alarmstelsel is weg – net die kabel het agtergebly. Benewens vier ou naaldwerkmasjiene is al die ander naaldwerk- en omkapmasjiene uit die naaldwerkklas gesteel. Smith sê hulle bepaal nog die omvang van die skade. Die inbrekers het ’n stofie in die snoepwin- kel op Smith se lessenaar gelos en ’n leë drankbottel in Hannelie Naudé se kantoor langsaan Smith s’n. Smith sê die inbrekers het beslis ’n paar kundiges gehad. “Daar was beslis een wat presies weet hoe die alarmstelsel werk en ’n ander hoe ’n kluis oopgemaak word.” By die Laerskool Harrismith is op ongeveer dieselfde tyd ingebreek. Die inbrekers het dieselfde metode as die by die Maluti-Hoog- landskool gebruik. Hulle het ook die alarmstelsel se drade geknip, toegang deur ’n dak verkry en eers ’n klein kombinasiekluis oopgebreek. Hierna het die groot kluis gevolg waarna ’n kleiner kluis oopgesweis is. Die inbrekers het onder meer met geld en rekenaarskerms weggekom. Smith sê hy het al die omliggende skole gekontak en hulle gewaarsku om op hul hoede te wees. ) Maluti het ’n paar weke gelede berig oor ’n slenter waar ’n man ’n oudsakeman van Reitz, Johan Greyling, se naam gebruik om geld by sakeondernemings te leen. In elke geval is die man so oortuigend dat die geld geleen word. Hy onderteken selfs ’n briefie om te sê dat hy die geld “leen”. Die man lei steeds sakelui om die bos. Sakemense word versoek om met die polisie te skakel indien die man by hulle probeer geld leen. Diewe laat skole les opsê ISABELLA ELIZABETH MAGRIETHA VAN NIEKERK, beter bekend as Bella, het Maandag haar 100ste verjaardag gevier. Die afgelope naweek was haar agt oorblywende kinders, asook al haar klein- en agterkleinkinders, op die plaas De Glenby Bethlehem om haar verjaardag saam met haar te vier – meer as 90 familielede. Van Niekerk, wat deesdae in die versor- gingsafdeling van Bergprag woon, is Sondag spesiaal deur personeellede met ’n bussie plaas toe gebring. Een van haar dogters, Koekie Sham van Johannesburg, sê haar koms was vir hulle ’n groot verrassing. Net een van hul susters, Isabel Pieters, het daarvan geweet. Van Niekerk het in die distrik Senekal grootgeword. Haar ouers, Flip en Johanna Pieterse, was twee hardwerkende mense wat vir elkeen van hul vier kinders ’n plaas as huweliksgeskenk gegee het. Sy is met Sybrand van Niekerk getroud. Hulle het tien kinders gehad – vyf seuns en vyf dogters. Twee van die kinders is oorlede. Albei van hulle was ook hardwer- kend, maar ongelukkig het hul paadjies geskei en moes sy die jongste vyf kinders, wat nog in die huis was, grootmaak. Ouma Bella se verjaardag is Maandag by Bergprag gevier. Personeellede het vir haar gesing en elke inwoner is deur die kinders met eetgoed bederf. Al die kinders is dit eens hul ma was op haar dag ’n hardwerkende mens sodat sy met haar geld vir haarself tot op haar 100ste verjaardag kon sorg. Ongelukkig is haar geld so te sê uitgeput en het die kinders onderneem om verder na haar om te sien. Ouma Bella vier 100 j. BELLA VAN NIEKERK, ’n inwoner van Bergprag, het Maandag haar 100ste verjaardag gevier. Agt van haar kinders was die naweek op Bethlehem om haar verjaardag te vier. Hier is ses van die kinders. Van links is Koekie Sham (Johannesburg), Ampie van Niekerk (Welkom), Flip van Niekerk (Welkom), Neels van Niekerk (Johannesburg), Cora Kruger (Heidelberg) en Isabel Pieters (Bethlehem). Wen DVD BESOEK Maluti se webblad by www.malutinews.co.za om ’n DVD van Oom Karoolus en Lente: Die Moewie te wen.

Maluti 20131204

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Maluti 20131204

Citation preview

Page 1: Maluti 20131204

TEL: 058 ­ 303 5411 WOENSDAG 4 DESEMBER 2013 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE

Lynda Greyling

INBREKERS het die afgelope week skadevan honderdduisende rande op Bethlehem enHarrismith aangerig toe by twee skoleingebreek is.By die Maluti-Hooglandskool is Woensdag

omstreeks 21:30 ingebreek.Piet Smith, die skoolhoof, sê die inbrekers

het letterlik deur die deure “gestap”.Al die veiligheidshekke is oopgebreek,

waarna die deure oopgedwing is. In baiegevalle is die deurrame so beskadig dat ditvervang moet word.Die administratiewe gebou se krag word

saans afgeskakel. Die diewe het ook by diesnoepwinkel ingebreek, aanvanklik probeerom deur die dak toegang te verkry, maar in’n kleedkamer beland.Hulle het daarna by die administratiewe

gebou ingebreek en die alarmstelsel se dradegeknip.“Dit is so professioneel en vinnig gedoen,

dat dit nie op die sekuriteitsmaatskappy semonitor geregistreer het nie.”Hulle het vermoedelik ’n verlengingskoord

wat aan die Kersboom in die voorportaalgekoppel was, gebruik om van die snoepwin-kel af krag in die administratiewe gebou tehê. Die kluis is oopgesweis, waarna by ’nkleiner kluis ingebreek is. Verskeie skootreke-naars, asook nuwe rekenaars en rekenaar-skerms, is gesteel. Nuwe geheuestokkies,asook dié met die onderwysers se inligtingdaarop, is weg. Die moederbord van diealarmstelsel is weg – net die kabel hetagtergebly.Benewens vier ou naaldwerkmasjiene is al

die ander naaldwerk- en omkapmasjiene uitdie naaldwerkklas gesteel.Smith sê hulle bepaal nog die omvang van

die skade.Die inbrekers het ’n stofie in die snoepwin-

kel op Smith se lessenaar gelos en ’n leëdrankbottel in Hannelie Naudé se kantoorlangsaan Smith s’n.Smith sê die inbrekers het beslis ’n paar

kundiges gehad.“Daar was beslis een wat presies weet hoe

die alarmstelsel werk en ’n ander hoe ’n kluisoopgemaak word.”By die Laerskool Harrismith is op ongeveer

dieselfde tyd ingebreek. Die inbrekers hetdieselfde metode as die by die Maluti-Hoog-landskool gebruik.Hulle het ook die alarmstelsel se drade

geknip, toegang deur ’n dak verkry en eers ’nklein kombinasiekluis oopgebreek. Hierna hetdie groot kluis gevolg waarna ’n kleiner kluisoopgesweis is.Die inbrekers het onder meer met geld en

rekenaarskerms weggekom.Smith sê hy het al die omliggende skole

gekontak en hulle gewaarsku om op hulhoede te wees.)Maluti het ’n paar weke gelede berig oor ’nslenter waar ’n man ’n oudsakeman vanReitz, Johan Greyling, se naam gebruik omgeld by sakeondernemings te leen.In elke geval is die man so oortuigend dat

die geld geleen word. Hy onderteken selfs ’nbriefie om te sê dat hy die geld “leen”.Die man lei steeds sakelui om die bos.Sakemense word versoek om met die

polisie te skakel indien die man by hulleprobeer geld leen.

Diewe laatskole les opsê

ISABELLA ELIZABETH MAGRIETHA VANNIEKERK, beter bekend as Bella, hetMaandag haar 100ste verjaardag gevier.Die afgelope naweek was haar agt

oorblywende kinders, asook al haar klein-en agterkleinkinders, op die plaas DeGlenby Bethlehem om haar verjaardagsaam met haar te vier – meer as 90familielede.Van Niekerk, wat deesdae in die versor-

gingsafdeling van Bergprag woon, isSondag spesiaal deur personeellede met’n bussie plaas toe gebring. Een van haardogters, Koekie Sham van Johannesburg,sê haar koms was vir hulle ’n grootverrassing. Net een van hul susters,Isabel Pieters, het daarvan geweet.Van Niekerk het in die distrik Senekal

grootgeword. Haar ouers, Flip en JohannaPieterse, was twee hardwerkende mense

wat vir elkeen van hul vier kinders ’nplaas as huweliksgeskenk gegee het.Sy is met Sybrand van Niekerk getroud.

Hulle het tien kinders gehad – vyf seunsen vyf dogters. Twee van die kinders isoorlede. Albei van hulle was ook hardwer-kend, maar ongelukkig het hul paadjiesgeskei en moes sy die jongste vyf kinders,wat nog in die huis was, grootmaak.Ouma Bella se verjaardag is Maandag

by Bergprag gevier. Personeellede het virhaar gesing en elke inwoner is deur diekinders met eetgoed bederf.Al die kinders is dit eens hul ma was

op haar dag ’n hardwerkende mens sodatsy met haar geld vir haarself tot op haar100ste verjaardag kon sorg. Ongelukkig ishaar geld so te sê uitgeput en het diekinders onderneem om verder na haar omte sien.

Ouma Bella vier 100 j.

BELLA VAN NIEKERK, ’n inwoner van Bergprag, het Maandag haar 100ste verjaardaggevier. Agt van haar kinders was die naweek op Bethlehem om haar verjaardag te vier.Hier is ses van die kinders. Van links is Koekie Sham (Johannesburg), Ampie van Niekerk(Welkom), Flip van Niekerk (Welkom), Neels van Niekerk (Johannesburg), Cora Kruger(Heidelberg) en Isabel Pieters (Bethlehem).

WenDVDBESOEK Maluti se webblad bywww.malutinews.co.za om ’nDVD van Oom Karoolus enLente: Die Moewie te wen.

Page 2: Maluti 20131204

2 MALUTI, WOENSDAG 4 DESEMBER 2013

AHI-voorsitter groet

DIEmense werksaam by die Ithumeleng-sentrum vir gestremdes en blindes op Clarens het noodsaaklike toerustingsoos onder meer riempies van R25 000 van die Frontier Inn Dihlabeng-trust ontvang. Hier word meubels herstel,nuwe stoele gemaak en selfs mandjies gevleg. Van links is Eddie Knoessen, Anthony Oliver (bestuurder: FrontierInn and Casino), Sithwa Mashinini, Lekopa Mokoena en Chris Karsten.

Ontvang toerusting vir sentrum

CON MARITZ (37) is Woensdagaandoorlede. Hy is sowat 18 maande gelede metkanker gediagnoseer en was twee wekegelede in Bloemfontein vir ’n doktersonder-soek. Hy is daar in die hospitaal opgeneemwaar ’n biopsie gedoen is. Hy is die Vrydagontslaan, maar is later in die Phekolong-hos-pitaal op Bethlehem opgeneem. Hy was ’nwerknemer van die Frontier Inn and Casino.Sy ma, Ciska, was tot haar dood aan

kanker ’n werknemer van Volksblad opBethlehem.Maritz word deur sy vrou, Tieneke, en hul

dogter, Ciska (16 maande), oorleef. Hy isgisteroggend uit die Gereformeerde kerkbegrawe.

Kanker eissy lewe

CON MARITZ

ALFA-MATTE op Bethlehem isdie enigste mathandelaar in dieVrystaat wat as een van die vyfkategoriewenners van TopCarpets in die land aangewys is.Dié onderneming is die afgelopetwee jaar deel van Top Carpetsbekend vir die handelsnameConstantia- en Van Dyck-matte.Die ander vier wenners is

Lynnwood Ridge, Port Alfred,Umhlanga en Douglasdale watdie meeste groei in waarde jaarná jaar getoon met die hoogsteaantal Contantia-matte verkoop.Sanmari Brandt, eienaar vanAlfa-matte, sê die wennersvertrek op 10 Januarie 2014 na

Duitsland, waar hulle in Hanno-ver die Domotex-skou, die wêreldse grootste vloerbedekkingskou,gaan bywoon. Hier sal hulle sienwat die nuutste neigings in diebedryf is, asook die nuutsteprodukte kan besigtig. LinettePiek, werknemer van Alfa-matta,gaan Brandt vergesel. Hulle saloor twee dae die skou bywoon,waarna die groep Berlyn gaanbesoek. Die groep keer daarnaterug na Suid-Afrika. Brandt gaan’n paar dae langer vertoef.“Ons sien baie uit na die toer.

Dit gaan goed met die onderne-ming en ek is baie dankbaar,” sêBrandt.

Onderneming vereer

LINETTE PIEK en Sanmari Brandt.

BUDGET RENT A CAR op Bethlehem het op ’n spoggeleentheidin Bela-Bela ’n brons-eerbewys as die agentskap van die jaar ont-vang. Annette van Zyl, werknemer van Budget Rent A Car, sê120 mense van oor Suid-Afrika, Botswana en Namibië heen hetdie geselligheid bygewoon. Daar is ook baie individuele pryse oor-handig. As agentskap is daar onder meer gekyk na die gehaltevan die diens, die aantal verhurings en omset.

JOHAN VOIGT het as voorsitter van die AHIBethlehem bedank.Op ’n bestuursvergadering van die AHI

Bethlehem het Voigt aangekondig hy bedankook as voorsitter van die AHI Vrystaat envan die Vrystaat-bestuur.Voigt was vier jaar die voorsitter van die

AHI Bethlehem, maar die tyd het nou virhom aangebreek om vaarwel te sê.Dié besluit was baie deeglik deurdink –

werkdruk en ’n baie werk het tot die besluitbygedra.Om die AHI te bestuur is ’n heeltydse werk

en dit was vir hom onmoontlik om sy praktykaan die gang te hou en die AHI, wat baie tydverg, ook te verteenwoordig. ’n Ledevergade-ring word vir vroeg in Januarie beplan.Daarop sal die lede besluit oor die padvorentoe.Die bestuur het Voigt bedank vir die wyse

waarop hy die AHI Bethlehem bestuur het.Alta Herbst, wat die afgelope vier jaar diesekretaresse was, tree ook uit.

Page 3: Maluti 20131204

MALUTI, WOENSDAG 4 DESEMBER 2013 3

DIE Thabo Mafustanyana-distrik-munisipaliteit het ’n nuwe regsver-teenwoordiger, Sunil Narian, vanGauteng aangestel om uitstaandegeld van sakelui en boere teverhaal.

Roy Jankielsohn, DA-LPW, sê diedistrikmunisipaliteit het keer op keergefaal om uitstaande geld in tevorder. Hy het in 2006 die firmaPodbielski en Mhlambi aangestelom 13 000 dagvaardings viruitstaande geld uit te reik.

Die bedrae op die dagvaardingswas vergesog en wysigings is indie hof en selfs die appèlhofverwerp. Dié prokureurs het minderas R5 miljoen deur hul aksie verkryterwyl die munisipaliteit se hofkostemeer as R42 miljoen was. Nadatdie munisipaliteit al sy hofsake metkoste verloor het, wil hulle nou

appelleer. Die firma Podbielski enMhlambi weier om met die saakweens ’n dispuut oor uitstaandegeld tussen die firma en diemunisipaliteit voort te gaan. Dié datSunil Narian-prokureurs aangestelis. Hulle sal nou bykomendeprokureurs van Bloemfontein moetaanstel om hulle met die appèl byte staan. Jankielsohn sê hulle weetnie wat die finale koste van diesaak gaan wees nie.

“Indien hulle ’n nominale kostevan R1 000, wat minder as ’n kwartvan ’n prokureur se uurlikse tariefis, kan die totale koste meer asR13 miljoen beloop.”

Jankielsohn sê eerder om gelduit te gee op hofsake van die aard,kan die geld aangewend word omdie gemeenskap se lewensomstan-dighede te verbeter.

Munisipale geldsake onder die loep

Lynda Greyling

SY naam is Benjamin Tshabangu.Eintlik ken almal hom as Shorty.

Shorty het op 1 Januarie 1968by die NG kerk Bethlehem-Oos astuinman, skoonmaker en algemenewerker begin werk.

Ná 45 jaar se diens is daarVrydag by die Ploegskaar vanShorty afskeid geneem. Volgensdi. André Koenig en RikusHattingh is Shorty ’n besondervriendelike, hulpvaardige mens enharde werker.

Sy betroubaarheid, pligsgetrou-heid en stiptelikheid is uitstaandekenmerke van sy persoonlikheid.Hy is saggeaard, simpatiek engodsdienstig. Sy gebede vir almalhet ’n blywende indruk op mense

gelaat. Etlike ernstig siek mensehet besoeke van hom in diehospitaal of by hul huise ontvang.

Hy is ’n bekende in die woon-buurt op sy fiets. As hy een vandie gemeentelede of ’n bekendesien, sal hy sy pet afhaal envriendelik groet. Hy lag altyd ensal die moeilikste taak met ’nglimlag aanpak.

“Ja, ek het al saam met baiepredikante gewerk. Ek kan niemeer almal se name onthou nie,maar daar was di. Koos le Roux,Japie Gerber, Koos Fourie enAndré Koenig en Rikus Hattingh.”Volgens Shorty het hy lekkersaam met almal gewerk.

Shorty is ’n gebore en getoëOos-Vrystater wat op Reitzgrootgeword het. Hy het as

jongeling vir ’n boukontrakteur,Longtrade, gewerk. Hulle het huisein Bohlokong gebou. Nadat dieprojek klaar was, het hy ’n keusegehad om óf na Newcastle, óf naBenoni te gaan om aan ’nvolgende projek te werk. Hy hetbesluit om te bly en het kortdaarna die werk by die kerkgekry.

Shorty het op sy afskeid almalbedank en sy medewerkersaangemoedig om soos hy eerliken deugsaam te werk sodat hulletrots op hul werk kan wees.

Sy vrou, Maria, seun, Fanie, enskoondogter Roslinah, het dieafskeidsgeselligheid bygewoon.

Met trane in die oë het Shortyafskeid geneem en gesê dieMaluti’s sal hom nog gereeld sien.

Shorty groet ná 45 j.LERAARS en werkers van die NG kerk Bethlehem-Oos het Vrydagoggend afskeid geneem van Shorty Tshabanguwat ná 45 jaar diens aftree. Van links is ds. Rikus Hattingh, Shorty, ds. André Koenig en emeritus-ds. Koos Fourie.

VermaakinwonersDIE Bethlehem-af-treeoord se vroue-klub het ’n Kersuit-voering in die saal bydie versorgingseen-heid aangebied.Hansie Jordaan wasdie programleier metlede van die CantusCoralus-koor wat ge-sing en CasperKnoester en JonitaBreytenbach watvoorlesings gedoenhet. Hier is KasperKnoester en HansieJordaan.

Page 4: Maluti 20131204

4 MALUTI, WOENSDAG 4 DESEMBER 2013

Johann Ramage

WYLE Rita, JohannRamage se ma, hetvertel hoe sy ’n geesop ’n graf in Kestellse kerkhof gesienhet.Haar hondjie,

Dassie, was altyd byhaar. Een aand laathet die maan geskyn toe sy met Dassie gaanry het. Op die stuk grond langs die kerkhofhet sy die motor gedraai dat dit na die dorpterugkyk. Agter het die grafte gelê. Dassiehet uitgeklim en gehardloop. Sy het omgekykom te kyk waar Dassie is en ’n swewendefiguur op ’n graf gewaar – op tant Poppie segrafsteen. Ma het uitgeklim en Dassiegeroep, maar Dassie was versteen. Kouerillings het teen Ma se nek en rug afgerol enhaar enkels was lam. Sy het haar na diemotor gehaas met die verskrikte hond in haararms. Skielik het ’n platanna voor haaringespring. Dít was waarvoor Dassie geskrikhet. Sy het weer na tant Poppie se grafgekyk en die rooi parkeerligte van die motorop die graf sien skyn. Die boom langs diegraf se skaduwee het in die ligskynsel oordie graf beweeg. In die graf het tant Poppiegelê, salig onbewus van Ma en Dassie.

’n WIT TOYOTA COROLLA gaan nou langs’n Hilux in die Toyota-museum in hul verko-pe-en-bemarkinghoofkantoor in Sandtonstaan.Nes die Hilux is die een miljoenste Corolla

op 20 November by die Prospecton-aanleg inDurban vervaardig. Dit span die kroon op sesjaar se suksesvolle vervaardiging van linker-en regterstuur-Corollas. Die voertuie word na

Oos- en Wes-Europa, asook Afrika, uitgevoer.Dr. Johan van Zyl, president en uitvoerendehoof: Toyota Suid-Afrika Motors sê dit is baiesimbolies dat Corolla nou dié mylpaal bereik.“Nie net word die tiende geslag van die

voertuig vervaardig nie, maar dit is ook die

bekendstelling van die 2014-model.”Die Corolla is in 1975 in Suid-Afrika

bekend gestel en was gou die land segewildste gesinsmotor. Die Corolla word vandie begin af by die Prospecton-aanlegvervaardig. Oor die jare is die plaaslikeinhoud vermeerder en die reeks uitgebrei.Die nuwe Corolla is op die JohannesburgseInternasionale Motorskou bekend gestel.

Wat sweefop dié graf?

Toyota vier mylpaal

Page 5: Maluti 20131204

MALUTI, WOENSDAG 4 DESEMBER 2013 5

Page 6: Maluti 20131204

6 MALUTI, WOENSDAG 4 DESEMBER 2013

VIANI WHEATLEY, ’n kunsonderwyser, seleerlinge het hul kunswerke Vrydag by DiePunt uitgestal.As kind het Viani kunslesse by Elsie

Nothnagel en René Kruger geneem en diétwee was Vrydagaand by Die Punt waarhaar leerlinge se werk uitgestal is om dieleerlinge se werk te besigtig.Albei die vroue was beïndruk met die

verskeidenheid kunsvorme wat uitgestal is.Viani glo nie daaraan dat die kinders

aan kompetisies moet deelneem nie.“Hulle moet dit geniet,” sê sy.Viani het ’n nasionale diploma in tekstiel-

ontwerp, maar die aanbieding van kinder-kunsklasse is vir haar ’n passie.

Sy gee die afgelope paar jaar kunsklas-se vir kinders – die jongste leerlinge isongeveer vier jaar oud en haar oudsteleerlinge is reeds in die hoërskool.Sy bied klasse in ’n verskeidenheid

mediums aan. Potloodsketse word gemaak,met pastelle en selfs houtskool geteken enink word ook gebruik. Daarby word akriel-en olieverf gebruik. Die kinders leer ookom met decoupage, papiermaché, krale-werk en selfs mosaïek te werk. Collagesvorm deel van die klasse.Viani werk by haar ma, Lavinia Ros-

souw, en hulle bak en brou daagliks.Sy sê Viani is lief daarvoor om verskil-

lende kunsvorme aan te leer.

Kuns is Viani se passieDIE werke van Viani Wheatley (middel) se kunsleerlinge is verlede Vrydagaand by Die Puntuitgestal. Elsie Nothnagel (links) en René Kruger, wat albei vir Viani kunslesse gegee het, hetdie uitstalling bygewoon. Foto: Lynda Greyling

GERHARDWATKINS, ’n onderwyser aan dieHoërskool Voortrekker, het onlangs ’n familie-orrel aan Salileni geskenk. Met Watkins se goedkeuring is die orrel aan past. Tom Dobievan die Volle Evangelie-kerk (VEK) oorhandig, aangesien die kerk nie ’n orrel het nie.Hier is, voor: Malcolm Melville (Salileni); van links, agter: past. Tom Dobie en Leandrade Coning (bestuurder: Salileni).

Skenk orrel aan Salileni

PERSOONLIKE

DIENSTE

LENINGS

1445

Want a Loan?R1 000 to R15 000.

Call 058 303 0530 or send a'Please Call Me' to 073 560 7857.

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

ELEKTRIES

1810

TE HUUR

1820

VLOERLENGTE TAFELDOEKE,kandelare, eetgerei. Peto Odendaal.Lombardstraat 7. 058 303 2392.

ALLERLEI

1845

FOR ALL TOMBSTONES andrepairs to damaged tombstones, aswell as epitaphs, etc. Please phone058 303 4840.

VOERTUIE

VOERTUIE TE KOOP

ONDER R50 000

3065

2003 Opel Corsa Classic 1.6te koop. Goeie toestand.R45 000 ohb.Skakel 082 261 9243.

BETREKKINGS

3600

BETREKKINGS

GESOEK

3670

CARE WORK/VERSORGING:Lady 50+ . Permanent live-inposition, driver's licence, pre-ferably non-smoking/non-drin-king environment. 082 341 1580.

Op soek na werk inBethlehem en/of omgewing!Pas my N.Dip in ToerismeBestuur voltooi. Bereid omenige iets te leer. 0822619243.

Die gebruik van die letter

, leestekens soos

of of die gebruik van

syfers met die doel om dieadvertensie na die bopuntvan die klassifikasie-lys teskuif, is streng verbode.

"A" "!"

"*"

SMALLS NOTICE

AANDAGALLE

ADVERTEERDERS

Page 7: Maluti 20131204

MALUTI, WOENSDAG 4 DESEMBER 2013 7

DOWN-SINDROOM VRYSTAAT het asdeel van Down-sindroom Suid-Afrika sebewusmakingsveldtog verskeie projektein die Vrystaat aangepak om mensevan die genetiese toestand bewus temaak.Een van die projekte was om die

Preprimêre Skool Haasbekkies opFicksburg te besoek waar die leerlingevan die skool van Down-sindroom vertelis.Josia Arangies, seun van Niklaas en

Isabel Arangies, wat ook Down-sin-droom het, ontvang onderrig en sorg byHaasbekkies.Die kleuters se ouers het pamflette

met relevante inligting oor Down-sin-droom ontvang.Omdat Down-sindroom 1 uit 500

kinders in Suid-Afrika raak, is dit diegrootste oorsaak van intellektuelegestremdheid in Suid-Afrika.Die veldtog se slagspreuk is It’s all in

the genes.

Projekte fokus opDown-sindroom

JOSIA ARANGIES Foto: Verskaf

THE Frontier Inn and Casino hosted asuccessful Calabash Slots tournament for 30couples. Couples from as far as Ulco,Warrenton, Zeerust, Johannesburg and alsoBethlehem took part in this event.Each guest got the opportunity to play on

tournament machines for ten minutes inthree heats and the couple’s combinedscore then reflected on a leader board aftereach heat.For the final heat six players battled it out

for first place to walk away with R30 000.

Couples win big

THE winners of this year’s Denim and Diamonds Calabash at the Frontier Inn & Casino werePiet Swanepoel and his wife, Ula, who walked away with R30 000. Anthony Oliver (right), generalmanger of Frontier Inn & Casino, handed over the prize to Swanepoel. Photos: Supplied

THE third place was taken by Bethlehem players Lorraine and Mandie van Wyk who receivedR5 000. From the left are Lorraine van Wyk, Anthony Oliver, general manager of the FrontierInn & Casino, and Mandie van Wyk.

THE theme for the November Calabash was Denim and Diamonds and the Kleynhans familyfrom Klerksdorp went out of their way and dressed up for the occasion.

’n GROEP kinders van die Charlotte Theron-kinderhuis (CTK) is met ’n ete in die Watashi Spurin die Dihlabeng Mall bederf. Klere is ook ingesamel en ’n paar trollies vol daarvan is oorhandig.By twee van die kleuters is van links, agter: Alwyn Shields (bestuurder-eienaar), Hazel Shieldsen Cathy Symington (hoof: CTK).

DIE NG kerk Bethlehem-Oos se Klub 70 vir bejaardes se Kersete is verlede Sondag gehou.Oor die jaar heen word vier gesellighede gehou. Daar is onder meer ’n uitstappie, gesond-heids- en lenteteeparty. Van die mense wat verlede Sondag die ete bygewoon het, is vanvoor, links: Francois en Matty Heydenreich, Suzette van Zyl, Marike en Stoffel Klopper;regs: Welma van der Merwe, Dorothy du Preez en Susan Burger.

Nuttig hul Kersete

Vir meer foto’s en nuus gaan nawww.malutinews.co.za

Page 8: Maluti 20131204

8 MALUTI, WOENSDAG 4 DESEMBER 2013

SportSportKoerant met hart The paper with heartI

’n SPESIALE gholfnaweek is die afgelopenaweek op Bethlehem beslis.Die Bethlehem-gholfklub se baan is

onlangs opgeknap en verander. Die gholfdae,wat volgens die individuele puntestelsel beslisis, het Vrydag 140 spelers gelok en Saterdagsowat 130.Die laaste spelers wat Saterdag afgeslaan

het, het omstreeks 13:00 eers begin speel.Reën en hael het die middag uitgesak.Baie van die spelers wat nie naby die

klubhuis was nie, moes skuiling soek.Die laaste spelers het net voor 19:00

klaargemaak.Die naweek is ten bate van die klub gehou

om die koste van die veranderings te delg.Op die prysuitdelingsgeleentheid het Des-mond Deyzel, die klubkaptein, gesê hulle is

dankbaar oor die stewige bedrag wat hullegekry het. Hy het spesiaal vir Pierre Coetzeebedank wat ondanks sy siekte hard gewerkhet om van die dag ’n sukses te maak. Diewenners van Saterdag se spel was JacquesSwart met Peet Venter in die tweede plek. LeRoux Reneke was derde met Koos Wium enCorné van der Merwe onderskeidelik vierdeen vyfde. Naaste aan die pen was op die 17putjie Peet Venter; op die derde Deon vanRensburg; op putjie 6 Fanie Gildenhuys;putjie 7: Ehan Helmand en putjie 8 Pierrevan Rensburg.Die punte van die twee is bymekaargetel

en ’n wenner is in die A- en B-afdelingaangewys. Pierre van Rensburg van Johan-nesburg het die A-afdeling gewen en Cornévan der Merwe die B-afdeling.

Gholfnaweek ’n wennerDIE klubkaptein, Desmond Deyzel (links), saam met die wenners van die gholfkompetisie, Pierrevan Rensburg (A-afdeling) en Corné van der Merwe (B-afdeling). Foto: Lynda Greyling

DIE wenners van die Frontier Inn and Casino-rolbaldag wat by die Bethlehem-buiteklub gehouis, is van links Mel Wheatley, Adri Williams, Hannie Young en Marius Heunis.

LEON VAN DIJKHORST het op die plaasOewervlak, die mees noordelike punt inSuid-Afrika, met Projek Suiderkruis ’nfietsrygegronde geldinsamelingsveldtogbegin om boerderygemeenskappe tebeskerm.Lede van die PNL-hardewarefietsryklub

van Makhado (Louis Trichardt) het LeonSaterdag op die eerste dag van ProjekSuiderkruis ondersteun. Die fietsryers hetvan die Bokmakierie-padstal langs die N1by die afrit na Tshipise saam met hom totop die dorp gery. Leon het die aand asgas ’n geselligheid van die fietsryklubbygewoon. Leon gaan Suid-Afrikadeurkruis. Hy gaan weer op 8 Januarieop Alexanderbaai deelneem. Nagenoeg4 200 km sal per fiets afgelê word – allesten bate van plaasveiligheid en die

beskerming van die renosterbevolking vandie land. Leon se vrou, Sonja, vergeselhom. “Landelike misdaad is een van dieonaanvaarbare aspekte waarmee land-bouers daagliks gekonfronteer word. Ditlei tot onaanvaarbare koste en verliese virlandbouers.“Die uitdaging is omvangryk om die

misdaadprobleem aan te pak en ietsdaaraan te doen. Daarom verwelkom dieAgri Securitas-trustfonds die betrokken-heid van Projek Suiderkruis ter ondersteu-ning van die ideale van die fonds. Dietrustfonds beywer hom vir ’n veiligerlandelike omgewing deur verskeielandelike beveiligingsprojekte te onder-steun, veral die gerig op voorkomendemaatreëls,” sê Japie Grobler, voorsittervan die Agri Securitas-trustfonds.

Geld trap-trap virboere ingesamel

Vir meer foto’s ennuus gaan na

www.malutinews.co.za

Die uitslae van die lede van Bethlehem-mara-thonklub wat aan die Kersiewedloop oor 23km deelgeneem het, is: Daleen Cilliers (2:01),Enslin van Blerk (2:05), Evette Watson (2:16),Lieze de Boer (2:18), Hennie Dercksen (2:18),Hanmarie Lombaard (2:18), Marile de Beer(2:20), Carmen Adkins (2:28), Elmarie Kruger(2:30), Rové Mittermaier (2:30), Kobus Brand(2:30), Japie Maree (2:30), Liezel van Blerk(2:41), Henno Malan (2:41)Tuff One 32 km: Henry du Toit :2:42