Upload
others
View
0
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 24 Nr. 24 17 Augustus 2017
UIT DIE HOOF SE KANTOOR
Personalia
Baie geluk aan mnr. Jaco van Rooyen en sy vrou, Tammy, met die geboorte van hulle seuntjie, Ian! Ons glo en vertrou dat hy vir hulle hope vreugde sal verskaf. In dieselfde asem sê ons geluk aan Karén Reyneke wat ouma geword het!
Ons harte gaan uit na juf. Karin Basson en mnr. Ruan Basson met die afsterwe van haar skoonpa en Ruan se oupa. Mag julle vertroosting vind by die Hemelse Vader.
Somersdrag
Ons beskou die tydperk vanaf Maandag 21 Augustus tot 7 September as ʼn oorgangstydperk en dus kan die leerders somers- of wintersdrag aantrek. Vanaf Maandag 11 September is somersdrag verpligtend.
0
200
400
600
800
1000
1200
1400
1600
Gr.R/07
Gr.R/09
Gr.R/11
Gr.1/14
Gr.1/24
Gr.1/26
Gr.2/15
Gr.2/17
Gr.2/21
Gr.3/12
Gr.3/28
Gr.3/45
Gr.4/47
Gr.4/49
Gr.4/51
Gr.5/02
Gr.5/05
Gr.5/41
Gr.6/04
Gr.6/34
Gr.6/40
Gr.7/01
Gr.7/31
Gr.7/44
KASKAR 2017
2
BELANGRIKE DATUMS
REDAKSIE
Vandeesweek het ons ‘n propvol program by ons skool met ligawedstryde wat gespeel word, koorfeeste, die LFK wat ‘n aanvang neem en die department wat die moeite doen om te kom kyk hoe dinge hier by ons gedoen word. Watter fantastiese geleenthede is dit nie om ons staal op soveel vlakke te wys nie?!
Ons leerders, opvoeders en al die ander personeellede het uiteindelik die kans om vir ons werkgewer te wys hoe goed dit met ons skool gaan. Dis lekker om te weet dat die Fairlandfamilie hulle kant bring op elke gebied en dat almal so hard werk om ons die beste Afrikaanse laerskool in Gauteng te maak. Dit maak ons sommer van vooraf trots op ons skool en ons mense.
Baie sterkte aan almal met die paar woelige dae voor. Ons weet dat die spreekwoord herskryf word deur die Fairlanders: “When the going gets tough, the Fairland Family gets organized!”
Erika
VAN DIE BEHEERLIGGAAM
Kaskarkuierfees op Saterdag 2 September
Tema: Dis heerlike lente!
Elke leerder het op Maandag 31 Julie ‘n donasielys ontvang. Help asseblief die leerders om hierdie lyste
te voltooi. Daar is groot pryse op die spel en daar sal elke Maandag in Augustus ook gelukkige trekkings
in die saal gehou word.
Die 4x4 kaskarwedrenne begin met ‘n optog om 12:00. Die resies hou aan tot 16:00 en sluit dan af met
‘n ouer-onderwyserresies. Trek solank u drafskoene aan! Die kaskarprogram is te sien op die School
Communicator onder Bronne / Algemeen.
U is welkom om u eie vleis, eetgerei of piekniekmandjie saam te bring. Die skool verskaf vure wat vanaf
17:00 gereed sal wees.
Vanaf 12:00 - 16:30 sal daar twee gladiatorbane wees, een vir kleuters en gr. 1-leerders en dan ook ‘n
groter baan vir gr. 2- tot gr. 7-leerders. Die bandjies vir hierdie bane sal vanaf Maandag 21 Augustus te
koop wees by die registeronderwysers.
Tussen 17:00 en 18:00 kom ‘n baie bekende gaskunstenaar by ons optree. Sy naam bly egter ‘n geheim
tot dan. Bly gerus vir hierdie optrede - u gaan dit beslis baie geniet!!
Daar sal deurentyd stalletjies wees, waar heerlike lekkernye te koop aangebied sal word.
Teken die datum aan en kom kuier saam met ons!
DATUM AKTIWITEIT
KULTUUR 17 Augustus Junior- en seniorkoor: L/s Louw Geldenhuys Koorfees
14 – 25 Augustus Laerskool Fairland Kunswedstryd (LFK)
1 September LFK groepredenaars
8 September LFK visuele kuns rondte 3
SPORT 18, 23 & 25 Augustus
Krieket-aandreeks: (1ste span) Tuis
ALGEMEEN 2 September Kaskardag (Gr. R- tot gr. 7-leerders)
16 September Vriende van Fairland
14 Oktober Fairland-familiefliek
7 September Inligtingsdag: Genooide Gr. R- en gr. 1-2018 leerders
AKADEMIE Begin 11 Augustus Toetsreeks: Gr. 4- tot gr. 7-leerders begin
3
Aansoekers moet ten volle gekwalifiseerd wees. Sportafrigting ‘n vereiste
Ervaring van: Algemene skoolsake Skooladministrasie Uitstekende rekenaarvaardighede in verskeie rekenaarprogramme ---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Diensaanvaarding: 1 Januarie 2018 Salaris Onderhandelbaar
Stuur verkorte CV na [email protected]. Aansoeke sluit op Maandag 4 September om 12:00.
NB! Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir watter pos u aansoek doen.
AKADEMIE
Toetsrooster 3de Kwartaal
Derde Kwartaal Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7
Vr. 18 Augustus Afrikaans Engels Afrikaans Engels
Vr. 25 Augustus Engels Wiskunde Wiskunde Wiskunde
Di. 29 Augustus Tegnologie
Vr. 1 September NW NW NW NW
Vr. 8 September SW SW SW SW
Vr. 15 September
EBW
KULTUUR
SENIORKOOR
Beide kore
Ons is hard aan die werk vir ons optredes asook ons eie Laerskool Fairland Kunswedstryd. Dit vind plaas op Vrydag 25 Augustus in die skoolsaal. Koorlede moet asb. om 14:45 aanmeld buite die saal op die kunsgrasperk, in die korrekte drag vir optrede.
Belangrike datums
17 Augustus - Laerskool Louw Geldenhuys Koorfees 25 Augustus – Fairland Kunswedstryd
JUNIORKOOR
Belangrike datums
17 Augustus - Laerskool Louw Geldenhuys koorfees 25 Augustus - Fairland Kunswedstryd 7 September - Gr. R - en gr. 1 - inligtingsoggend tydens skooltyd 22 Oktober - NG Aasvoëlkop
Juniorkoor kleredrag vir optredes Dogters: groen langmou skoolhemp, groen skoolromp, grys lang kouse, skoolskoene, skooldas en 2
boksterte
Seuns: groen langmou skoolhemp, lang grys skoolbroek, skooldas, swartbelt en skoolskoene.
4
LAERSKOOL FAIRLAND KUNSWEDSTRYD
LFK Uitvoerend 14 – 25 AUGUSTUS Week 1: DRAMA Ons leerders presteer alreeds baie mooi met hulle optredes in die drama-afdeling van die LFK. ‘n Groot dankie aan juff. Yolin, Liza, Marzaan en Bridgette vir hulle hulp met die aanbieding van die verskillende drama-items in die eerste week van die kunswedstryd. N.B. onthou asb. dat daar op Vrydag 18 Augustus ‘n ekstra tydjie geskep is vir die leerders wat a.g.v. die hokkie en/of koorverpligtinge op Dinsdag 15 Augustus en Donderdag 17 Augustus hul optredes gemis het. VRYDAG 18 Augustus SE DRAMA-PROGRAM 13:30 - 14:00 Ekstra tyd vir botsende items (juniors eerste) 14:00 – ongeveer 14:45 Spreekkore Na die spreekkore Die res van die solo-items wat gebots het VOORLOPIGE PROGRAM Gedetailleerde programme is te besigtig op die Communicator en ook op die kennisgewingbord. Deelnemers moet asb. tenminste 15 minute voor hulle item by die skool wees, sodat die verloop van die program nie vertraag word nie. L.W. AANVANGSTYE: Maandae 14:30 Dinsdae 14:00
Woensdae 14:00 Donderdae 14:30 Vrydae 13:30
WEEK 1
DAG DATUM SAAL MEDIASENTRUM
Maandag 14/08/2017 Drama: Poësie Lees
Dinsdag 15/08/2017 Drama: Monoloë Prosa
Woensdag 16/08/2017 Drama: Samesprake en mimiek
Donderdag 17/08/2017 Drama: Oop afdeling
Vrydag 18/08/2017 Drama: Spreekkore en ekstra tyd
WEEK 2
DAG DATUM SAAL
Maandag 21/08/2017 Danssolo’s
Dinsdag 22/08/2017 Instrumentaal solo’s
Woensdag 23/08/2017 Instrumentaal solo’s en groepe
Donderdag 24/08/2017 Sangsolo’s
Vrydag 25/08/2017 Revue-items, dansgroepe, sanggroepe en kore
FINAAL (BESTE VAN DIE BESTE): 31 AUGUSTUS
Name van deelnemers aan die finale rondte word bekendgemaak na afloop van die kompetisie. Die beoordelaars se beslissing is finaal. Die toppresteerders in elke genre word deur die beoordelaars bepaal na aanleiding van deelnemers se optredes in die verskillende items. Leerders wat hiervoor kwalifiseer, sal ‘n oefening tydens skooltyd hê op Donderdag 31 Augustus om die
programverloop, klank en beligting in te oefen vir die finaal.
5
LFK – REDENAARS ronde 3
‘n Fairland-eerste!!
Die derde ronde van die LFK - redenaars sal op Vrydag 1 September om 13:30 in die mediasentrum plaasvind. Alle gr. 4 – tot gr.7- sprekers wat aan die eerste twee rondes deelgeneem het, word nou ook vir die groepredenaars beoordeel. Temas vir hierdie ronde is oopgestel vir groepe om self oor te besluit, m.a.w. hulle mag self kies waaroor hulle wil redeneer.
Geniet die finale voorbereiding vir hierdie opwindende ronde van die LFK-redenaars! Ons sien uit na julle toesprake!
Visuele kuns (LFK)
Belangrike datums
Rondte 3: Gr. 4 - gr. 7 8 September VERF (meer inligting volg later) Juf. Erika
SPORT
LANDLOOP
Ons landloopatlete het die afgelope Donderdag 10 Augustus te Golden Harvest Park aan ‘n
landloopbyeenkoms deelgeneem. Laerskool Fairland se atlete het baie goed gevaar. Die volgende
leerders eindig in hulle onderskeie ouderdomsgroepe onder die top10 plekke:
Kean Swanepoel (Seuns o/11 – 1ste plek) Erika Spangenberg (Dogters o/12 – 1ste plek)
Nathan van den Berg (Seuns o/8 – 2de plek) Johann Louw (Seuns o/9 – 2de plek)
Francois van Zyl (Seuns o/12 – 2de plek) Willem du Plooy (Seuns o/8 – 3de plek)
Chimené Mentz (Dogters o/9 – 3de plek) Diaan Rooseboom (Seuns o/11 – 3de plek)
Claudi Greeff (Dogters o/11 – 3de plek) Ruan Pretorius (Seuns o/8 – 7de plek)
Hanré Kleu (Seuns o/12 – 8ste plek) Daniël Schneider (Seuns o/8 – 9de plek)
Aiden Venter (Seuns o/12 – 10de plek)
Baie geluk aan hierdie atlete. Dankie aan mnr. Jordaan en juf. Maricia wat hulle vergesel het.
Oefentye
Maandae – Woensdae: 15:45 – 17:00 Vrydae : 14:00 – 15:00
Donderdae: byeenkomste
Alle leerders van gr. 1 tot gr. 7 word uitgenooi! Kom leer saam met ons die tegniek, die genot van oefen en word lekker fiks.
Bring jou waterbottel, tekkies en ‘n warm top saam.
Mnr. Jordaan
HOKKIE
Uitslae: (Dogters)
o/9A wen 4 – 0 vs L/s Esperanza 10A wen 4 – 0 vs L/s Esperanza o/11A wen 6 – 0 vs L/s Esperanza o/12A wen 5 – 0 vs L/s Esperanza o/12B verloor 3 – 0 vs NWCS o/13A wen 3 – 0 vs L/s Esperanza o/13B gelykop 0 – 0 vs L/s Fontainebleau
6 Hokkie-oefentye (3de Kwartaal)
Seuns
Spanne MAANDAE DINSDAE WOENSDAE DONDERDAE
Ontwikkeling 14:10 – 15:10 13:30 – 14:30 Geen oefening Geen oefening
Junior Geen oefening 13:30 – 14:30 Geen oefening 14:10 – 15:10
Senior 15:30 – 16:30 Geen oefening 14:40-15:40 14:10 – 15:10
** Die o/12- en o/13 A-spanne oefen elke tweede Maandag by die astrobaan vanaf 31 Julie tot 25 September. (5X)
Ligawedstryde vir dogters o/9 - o/13 vind Dinsdae by Louw Geldenhuys plaas. Ligawedstryde vir die seuns o/10 - o/13 vind Vrydae by Louw Geldenhuys plaas.
SENIORTENNIS
Uitslae: Bethlehem Tennistoernooi Ons seniorseuns en -dogters A- en B-tennisspanne het vanaf Dinsdag 8 Augustus tot Saterdag 12 Augustus in Bethlehem aan die Inter Africa tennistoernooi deelgeneem. Die uitslae was soos volg: Woensdag 9 Augustus Dogters A verloor 48-17 vs Willem Postma Seuns A verloor 48-17 vs Grey B Seuns B verloor 43-29 vs Kathu Dogters A verloor 48-17 vs Senekal Dogters B verloor 48-15 vs Oranje-Noord Seuns A verloor 35-34 vs Jordania Seuns B wen 42-31 vs Jordania Dogters A verloor 43-24 vs Tygerpoort Dogters B wen 39-22 vs Harrismith Donderdag 10 Augustus Seuns A verloor 44-34 vs Curro Hazeldean Dogters A wen 45-16 vs Op die Voorpos Dogters B verloor 48-18 vs Eureka Seuns B verloor 37-29 vs Senekal Seuns A wen 41-27 vs Eureka Dogters B wen 40-33 vs Pretoria-Oos Vrydag 11 Augustus Dogters A verloor 37-30 vs Jordania Seuns B wen 40-26 vs Pretoria-Oos Dogters A verloor 4-0 vs Curro Hazeldean Seuns A wen 4-2 vs Frankfort Seuns B verloor 4-0 vs Highbury Dogters B wen 4-2 vs Curro Hazeldean Saterdag 12 Augustus Seuns A wen 37-32 vs Truida Kestell Seuns B wen 5-1 vs Op die Voorpos Dogters B wen 4-1 vs Louw Geldenhuys
Finale posisies
Seuns A eindig algeheel 13de uit 20 deelnemende skole Seuns B eindig algeheel 11de uit 22 deelnemende skole Dogters A eindig algeheel 15de uit 18 deelnemende skole Dogters B eindig algeheel 13de uit 20 deelnemende skole
Baie geluk en dankie aan die leerders met hierdie uitslae en hul mooi gedrag. Dankie aan mnre. Ruan en Elardus, asook juff. Lizahn en Ansuné wat die leerders vergesel het.
Dogters
Spanne MAANDAE DINSDAE WOENSDAE
o/7 & o/8 13:40 - 14:15 13:10 - 13:45 13:10 - 13:45
o/9 – o/11 14:10 – 15:10 13:40 – 14:40 13:40 – 14:40
o/12 & o/13 15:10 – 16:10 14:40 – 15:40 14:40 – 15:40
7 Oefeninge
Die top 12 seniorseuns en top 12 seniordogters oefen twee keer per week by Jean en Ruan. Oefening is verpligtend en daar sal by die oefening register gehou word. Indien ‘n leerder 3 of meer oefeninge mis, mag hulle nie in die liga speel nie!
Seniortennisliga (Jhb-liga)
Wedstryde (1ste en 4de kwartaal): Seniordogters: Woensdae Seniorseuns: Donderdae
JUNIORTENNIS
Uitslae
Juniorseuns A wen 27 – 15 vs Fontainebleau
Juniorseuns B wen 30 – 12 vs Trinity Randpark
Juniordogters A wen 40 – 2 vs Trinity Randpark
Juniordogters B wen 40 – 2 vs King David Victory Park
Juniorseuns A wen 30 – 12 vs L/s Unika
Juniorseuns B wen 30 – 12 vs King David Sandton
VOORLOPIGE LIGABEPALINGS
Dogters: 23 Augustus A – bye B vs Unika (w) 30 Augustus A vs Fontainebleau (t) B – bye
6 September A vs Crawford Sandton (w) B vs Randpark Primary (t) 13 September A vs Louw Geldenhuys (t) B vs Louw Geldenhuys (w)
Seuns: 22 Augustus A – bye B vs Louw Geldenhuys (t) 29 Augustus A vs Louw Geldenhuys (w) B vs Bryanston Parallel (t) 5 September A vs Trinity Randpark (w) B vs Unika (w)
KRIEKET
Uitslae:
o/9B wen met 32 lopies vs TrinityHouse Little Falls se o/9A-span
o/8A wen met 9 paaltjies vs TrinityHouse Little Falls se o/9B-span
o/11A wen met 6 paaltjies vs Randhart
3de span verloor met 2 lopies vs TrinityHouse Little Falls se 2de span
1ste span verloor met 81 lopies vs Randhart
Uitslae (Liga):
1ste span wen met 8 paaltjies vs L/s Unika
3de span wen met 132 lopies vs L/s Fontainebleau
o/8A wen met 25 lopies vs L/s Fairland o/9B
LET WEL: Ligawedstryde word op die volgende dae gespeel:
Maandae: 1ste- 2de- en 3de spanne (Oopspanne)
Dinsdae: o/8A- en o/9A & B
Woensdae: o/10A & B
Donderdae: o/11A & B
Die spelers sal in kennis gestel word van veranderinge in bogenoemde.
MINI-KRIEKET
Oefening
Let Wel: Begin na afloop van hokkie-seisoen (datum sal later bekend gemaak word) en gedurende 4de kwartaal
o/7 & o/8: Maandae : 13:30 - 14:15 Dinsdae : 13:00 - 14:15 Donderdae : Wedstryde:14:00 - 16:00 (sal bevestig word)
8
Oefening: Let Wel: Slegs vanaf 4de kwartaal
o/6 - Gr. R: Dinsdae en Woensdae: 13:10 - 14:10
Krieketvaardighede: (o/8-leerders: vir leerders wat nie in die o/8-hardebalspan opgeneem is nie)
Oefening: Tye: Ma.: 13:30 - 14:15; Di. en Wo.: 13:00 - 13:45
SKAAK
Oefentye (1ste, 2de en 3de kwartaal) Skaak: Wagklas-oefentye
TYE DO. MA. & DO. DI. & WO. Gr. 1(beginners) K.27 13:35 - 14:20 13:30 - 14:00 13:00 - 13:30 Gr. 2 - gr. 3 (o/9) K.22 14:00 - 15:00 Gr. 4 - gr. 5 (o/11) K.22 15:00 - 16:30 Gr. 6 - gr. 7 (o/13) K.31 15:00 - 16:30
Belangrike datums
Ma. 21 & 28 Augustus: Trinity Randpark Super League (by TrinityHouse Randpark)
VRIENDE VAN FAIRLAND
Aanhaling van die week: C.J. Langehoven het gesê: ”Behandel jou meerdere met beleefdheid omdat
dit jou plig is, jou gelyke omdat dit jou plesier is, jou mindere omdat dit jou voorreg is. Die voorreg is
aangenamer as die plesier en die plesier is soeter as die plig.”
9
ALGEMEEN
VERE-KAS
VERE-KAS
Vere-kas-tye
MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG
Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40
Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit
Lillian Ankersmit - 082 324-50343
UITBLINKERS VAN DIE WEEK
Blouklas: Juan Pretorius Groenklas: Lize-An Ittman Oranjeklas: Lizzy Mentz
Persklas: Kyle le Roux Geelklas: Juan Nortjé Rooiklas: Alexander Lintvelt
STERRE VAN DIE WEEK
Gr. 1/14 Ryan Cronjé Gr. 1/22 Xander Slabbert Gr. 1/24 Milan Reichel
Gr. 1/25 Xian du Preez Gr. 1/26 Markus Jansen Gr. 1/27 Sune Durow
Gr. 2/15 Marnu White Gr. 2/16 Marku Venter Gr. 2/17 Cara Labuschagne
Gr. 2/18 Vian Kruger Gr. 2/21 Daniel Schneider Gr. 2/23 Waylon Mengel
Gr. 3/12 Zanel le Roux Gr. 3/13 Anais Esterhuizen Gr. 3/28 Elizma Bezuidenhout
Gr. 3/29 Kaylee Meyer Gr. 3/45 Danielle Jonker Gr. 3/46 Ewaldt Engelbrecht
GOEIE GEDRAG
Isobell Genis en Jayden Rall (gr. 4/49)
Anieke le Roux en Lomé Robberts (gr. 4/52)
AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND
SPORT
SKIET
Stefan Prins (gr. 5) het Laerskool Fairland die afgelope jaar in Hoërskool Linden se o/14-skietspan verteenwoordig. Hy was dan ook die jongste en enigste laerskoolleerder wat dit tot nou toe kon vermag.
Daar word elke jaar net ‘n sekere aantal skuts in die Gauteng skietspan toegelaat wat dan in die Suid-Afrikaanse skole-unie skietkompetisie in September kan deelneem.
Deur die jaar het hy in 5 ligawedstryde en vele ander kompetisies deelgeneem en met 4 medaljes weggestap.
Op 5 Augustus was dit ‘n groot dag vir al die skuts, want toe word die jaar se punte bymekaar getel om die Gauteng-skietspan aan te wys.
Stefan het sy deel gedoen en is nou ook gekies vir die Gauteng skole-kietspan wat in Oktober in Newcastle met die res van die land se beste skuts sal meeding.
Ons hou vir hom duimvas!
10
GIMNASTIEK Baie geluk aan Caiden Bouwer wat Sentraal-Gauteng seniorkleure verwerf het vir gimnastiek. Hy het die streek tydens die Gautengbyeenkoms in September verteenwoordig.
Liumé Jansen van Rensburg het Saterdag 12 Augustus deelgeneem aan “CGGA District Competition Level 4+, Olympic & Classes” by die Matsportsentrum in Eldoraigne. Sy het die volgende behaal: ‘n Goue medalje vir ‘vault’ en Sentraal-Gauteng seniorkleure vir gimnastiek. Sy het deelgeneem aan die Gautengkompetisie op 1 en 2 September 2017.
KULTUUR
ATKV-REDENAARS Weereens baie geluk aan André van Graan (gr.7) wat verlede week aan die nasionale finaal van die ATKV se redenaarskompetisie deelgeneem het en ons skool met trots verteenwoordig het! Die nasionale ronde van die ATKV-redenaars is baie straf kompetisie en dit word landwyd erken as ‘n groot prestasie om selfs net tot daar deur te dring. Ons is trots op jou André!
11
AKADEMIE
WOW-SPELFEES 2017
Die volgende leerders is deur na die provinsiale rondte:
Gr. 1: Ryan Cronjé Annabelle Kirstein Wian Maartens Lizé Pelser
Gr. 2: Ruben Bredenkamp Ruaan du Toit
Taliya Moolman Caton Potgieter Marieke Wiggett
Gr.3: Jako Martin Müller Mia Moore
Nina Nieuwoudt Marlené van Niekerk Gr.4: Nicola du Plessis Luan Espach
Klarissa Pretorius Franco Roos Rico Vosloo
Provinsiale rondte:
Vrydag 15 September te LAERSKOOL HELDERKRUIN vanjaar. Sodra finale reëlings gefinaliseer is,
sal betrokke leerders briewe ontvang.
Baie dankie aan elke ouer en leerder se entoesiasme jeens ons WOW-projek. Onthou dat selfs al het jy
nie deurgedring tot die provinsiale rondte nie, jy steeds ‘n wenner is! Jy het baie ver gevorder in die proses
en ons is trots op elkeen van julle! Die kompetisie is egter baie straf soos wat die uitdunne vorder. Alle
punte (skriftelik en mondeling) word in oorweging geneem met die finale besluit.
Baie geluk aan al die leerders! Leanie Taljaard
ADVERTENSIES
RESONANZE PROJECT MUSIEKSKOOL Bly warm hierdie winter deur jou huis te vul met vrolike musieknote!! Skryf nou in vir kitaar, sang, viool,
dromme of klavierlesse. Berario Ontspanningsentrum. Resonanze Musiekskool - 081 351 7491 -
ADVERTENSIEBORDE Die bord op die hoek van Marketstraat en 7de Laan is pas nuut oorgedoen. Die volgende opsies is beskikbaar: Spasies beskikbaar: 1.18m x 0.46m (Koste: R1700 per spasie jaarliks) (Die koste sluit die maak van die borde uit.) Kontakpersoon: Karén Reyneke ([email protected])
12
Cakes: Birthdays, Weddings, Picture Transfer, Pops Cup Cakes: Basic Butter Cream, Novelty, Boutique Biscuits: Choc Chip, Oatmeal, Ginger, Sweet, Pecan, Peanut butter, other.
Heksie’s Bakery
Lillian Ankersmit
Phone: 082 324 5034
E-mail: [email protected] Website: Heksies.co.za
13
EKSTRA WISKUNDEKLASSE
14
15