12
10 Years Celebrating We would like to thank the doctors, supportive services and the community who supported us during the past ten years. Looking forward to the next 10 years! MediClinic’s 10 Year Anniversary is brought to you by Bulletin Design and Layout: David Morrison, Yvonne Ndlovu, Tamryn Branch, Winnie Baloyi Marketing: Jacques Smuts, Thinus van Deventer Copy & Photos: Bobbie Gerber

Mediclinic_131011

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Mediclinic Celebrating 10 years

Citation preview

Page 1: Mediclinic_131011

10 YearsCelebrating

10 Years

We would like to thank the doctors, supportive services and the community who supported us during the past ten years.

Looking forward to the next 10 years!

MediClinic’s 10 Year Anniversary is brought to you by Bulletin • Design and Layout: David Morrison, Yvonne Ndlovu, Tamryn Branch, Winnie Baloyi • Marketing: Jacques Smuts, Thinus van Deventer • Copy & Photos: Bobbie Gerber

Page 2: Mediclinic_131011

Deur Bobbi Gerber

Ek drink ko� e saam met die man wat aan die spits gestaan het van die beweging om ‘n volwaardige privaat hospitaal in Tzaneen te vestig. Eintlik drink hy ‘n melkskommel. Hy wil nie veel oor homself praat nie, maar ek wil darem weet: waar en hoe het alles begin?

Na sy studies aan die Universiteit van Pretoria het twee jaar se internskap in Empangeni, KwaZulu-Natal, gevolg. Vandaar het dr Ig van Rensburg en sy vrou, Soekie, na Tzaneen verhuis. Dit was net meer as agtien jaar gelede. Soos die familie kom kuier het deur die jare, het hulle die paadjie na die vrugtemandjie in die hart van die Laeveld gevolg. Sy kleinsus, ousus en ma is tans ook binne laatmiddag-ko� e-afstand.

In daardie vroeë jare het hy en verskeie ander medici, asook lede van die publiek, besef dat die dienste in die provinsiale hospitale veel te wense oorgelaat het. Dit het duidelik geword dat daar ‘n dringende behoefte was aan ‘n privaat hospitaal wat gehalte diens en veilige verpleging kon verseker.

In September 1996 is begin met die langsame proses om ‘n lisensie vir ‘n privaat hospitaal te bekom.

Die publiek en sakesektor is ook betrek. Na baie navorsing is ‘n amptelike aansoek in 1997 by die departement van gesondheid ingedien. Dit het die department vyf jaar gevat om die aansoek sonder meer af te keur, maar dit het nie die aansoekers ontmoedig nie, dit was slegs ‘n tydelike spreekwoordelike stok in die wiel.

In dieselfde jaar is ‘n hersieningsaansoek aan die

Hooggereg shof gerig, wat na getuienis verwys het. In Maart 2002 is getuienis gelewer en hier is die uitspraak slegs ‘n week later gelewer: ‘n lisensie is deur die hof gelas en beplanning het in alle erns begin.

‘n Argitek, wyle mnr Johan Loubser, en ‘n bourekenaar, Dr Elizabeth Pienaar van Pretoria, se dienste is bekom. Planne is opgetrek en MediClinic is bo Netcare en Life as bestuursvennoot gekies.

Van hier af het dinge � ink gevorder. ‘n Jaar nadat die aansoek aanvaar en die lisensie toegestaan is, het Tzaneen MediClinic (soos dit eers geheet het) sy deure vir die publiek oopgemaak. Die hospitaal het met 64 beddens, twee teaters en slegs ‘n paar algemene praktisyns begin. Daar was ook besoekende spesialiste in die begin.

Uit die vier basiese mediese dienste (interne geneeskunde, chirurgie, pediatrie en ginekologie) het die ander mettertyd voortgevloei.

Van Rensburg, wat van die begin af as die voorsitter van die direksie verkies is, het noue skakeling op alle vlakke verseker. Die plaaslike MediClinic was nog altyd onder die toptien van 52 hospitale in Suider Afrika. ‘n Ses-maandelikse gradering sluit onder meer in die gehalte van behandeling, doeltre� ende infeksiebeheer, suksesvolle invordering van geld, pynbeheer en pasiënt-tevredenheid.

Een van Suider Afrika se 52 MediClinic’s is in Windhoek, Namibië. Switzerland het veertien en Dubai twee.

“Opleiding is ‘n prioriteit,” sê Van Rensburg. “Daarom is twee heeltydse personeellede verantwoordelik vir opleiding en ontwikkeling.” So reg na die reënboognasie-tema se hart, is 40% van die aandeelhouers in die hospitaal swart en spog die hospitaal met uitstekende

personeel wat in Indië gewerf is vir diens in Suid-Afrikaanse privaat hospitale.

“As ek moes siek word, sal ek enige tyd deur enige van hulle behandel word, “ sê Van Rensburg. “Hulle is regtig ge-’konfyt’. Ons kry elke ses maande meer personeel by wat vir drie jaar gekontrakteer word.”

Hierdie skuif het nodig geraak toe dit blyk dat hospitale lam gelê word deur die tekort aan verpleegpersoneel. Die skuld hiervoor kan deels daaraan toegeskryf word dat die verpleegopleidingsentra deur die departement van gesondheid gesluit is. Die opleidingskolleges by sommige privaat hospitale kan nie voorbly met die voorsiening van genoeg personeel vir al die hospitale nie.

Die gesprek raak ‘n bietjie meer persoonlik. Wat is vir dr Ig belangrik? “‘n Suksesvolle uitkoms,” sê hy.

Wie is vir hom belangrik? Sy binnekring: sy vrou Soekie, Caela (gr 12 in die Hoërskool Ben Vorster), Michael (16 – in gr 10 in Ben Vorster) en Wilco (gr 7 in die Laerskool Tzaneen).

Ek kan sien die pa-hart trek swaar as hy praat oor aanstaande jaar, wanneer sy oogappel die eerste een gaan wees om die nes te verlaat om by Lisof, ‘n privaat universiteit, BA Mode-ontwerp te studeer.

Maar dis duidelik dat sy hart weer swel van trots, omdat albei sy seuns pas vir die provinsiale krieketspanne in hul onderskeie ouderdomsgroepe gekies is. Dis Michael se derde jaar in ‘n provinsiale span.

Die melkskommel is klaar, die ko� ekoppie is koud en ons het sy altyd-besige telefoon lank genoeg getroef. Sê hy: “Ons gunsteling-vakansie is gewoonlik op ‘n ver plek en waar daar min tot geen selfoonsein is nie. “

Medicare Centre TzaneenGeneral Medical Practice • Centre for Diabetes, TzaneenMedical Practioner PR No. 1519328 Mediese Praktisyn

Tel: 015 307 2382 • Emergency Cell: 083 391 6000 • Fax: 015 307 577261G Boundary Street, Tzaneen • PO Box 1081, Tzaneen 0850

[ MB.Ch.B (Stel) • BSC. Reprod Biol (Hons) • Dip. HIV Man ]Dr.A. Botes

Congratulations MediClinic Tzaneen on 10 yearsof excellent service to the Tzaneen Community.From Dr André Botes and Staff.

Voor: Drs Johan Botha, Ig van Rensburg (voors) en John Kubayi. Agter: Dr Alex Revelas, mnr Andre Oosthuizen, � nansiële bestuurder vir die Tshwane-streek van MediClinic, en mnr Johann Geertsema, hoof- uitvoerende beampte van die streek.

Voorvatter kyk terug

Die direksie van die Mediclinic Tzaneen

October 2013 2

Page 3: Mediclinic_131011

The sta� members who started at Medi-Clinic on 10 October 2003, when the hospital opened its doors to the com-munity of Tzaneen and surrounding ar-eas for the � rst time. This means that this group of people have been faithfully serving the public in this capacity for ten years.

Front: Ms Stephanie Hermann (nursing manager), EN Nomsa Banyini, RN Johanna Masinge, Ms Anette van Niekerk (case man-ager) and RN Treya Mogale. Back: Mr Prince Ramoshaba (credit controller), RN Shengi Rikhotso, Ms Joyce Sono (credit controller), Ms Fondy Thuketana (unit administrative as-sistant/UAA/secretary), RN Nomsa Nkuna, EN Seita Gugubana, RN Rosina Sehlwa, Ms Maureen Mamabolo (reception supervisor), EN Maria Malatji and Ms Shirley Scheepers (patient administration manager).* RN: Registered Nurse EN: Enrolled Nurse

Steadfast from the very beginning

2003 - 2013

October 2013 3

Page 4: Mediclinic_131011

October 2013 4

Die ou hoësorgeenheid, wat ‘n vier-bedlokaal was, is onlangs met ‘n tien-bedeenheid vervang. Die ou eenheid is tans ‘n neo-natale eenheid met ses beddens vir vroeë aankomelinge in die wêreld en ander baba-verwante kwale.

Oorsponklike ingang na die hospitaal

Eerste babas van tien jaar terug onthaal

Ou hoësorgeenheid verander na neo- natale eenheid

Die hospitaal was daardie tyd “pas gebore” toe hy plek maak vir ander nuwe aankomelinge. Die eerste baba wat in 2003 in die MediClinic gebore is, het op 11 Oktober 2003 die eerste lewenslig aanskou. Dit was Stefan Otto.

Stefan was een van vier kinders wat Vrydag in MediClinic se raadsaal gul ontvang en rojaal onthaal is. Die eerste tien is genooi, maar die ander kon om verskillende redes nie die feestelikheid bywoon nie. Die wat daar was, is op 16 Oktober 2003 (Grace-Leigh Swart en Tlangelani Makhubele) en 17 Oktober 2003 (Lesedi Moagi) gebore.

Saam met hulle by die besondere

“partytjie” was onder meer str Johanna Masinge, toe reeds in diens van die hospitaal en destyds die aktiewe vroedvrou, asook me Marlize Delport, netwerk- bemarkingsbestuurder en dr Ig van Rensburg, superintendent van die hospitaal.

Die kinders is getrakteer met borde lekkergoed en koeldrank. Ballonne het dit net des te meer feestelik laat lyk en geskenkpakkies het gesorg vir groot glimlaggies. Die vier kinders is onderskeidelik in Unicorn Primary School (Stefan), Laerskool Dr Annecke (Grace-Leigh), Unity Primary (Tlangelani) en Lorraine Banareng Primary, Trichardtsdal (Lesedi).

Toeka en nou

Page 5: Mediclinic_131011

Smit Garrun Brokers (Pty)Ltd

Geakkrediteerde Makelaars

Interne Makelaars

Korttermynversekering

Change, Innovation, Creativity• Louis Naude (FSP 11184) 082-300 9957• Johan Smith (FSP 11184) 071-170 9540• Allan Forbes Makelaars (FSP 15415) 015-307 2061• Charmaine Thompson (FSP 11184) 076-642 9193• Cornel Van Schalkwyk (FSP 11184) 083-706 9571• Cronje Makelaars (FSP 25637) 083-268 1932• Darius Geldenhuys (FSP 11184) 076-618 8058• Jacques Lamprecht (FSP 166635) 082-469 7558• Leon Roode (FSP 11184) 083-345 3171• Retief Jacobzs (FSP 11184) 082-850 9499• Connie Koster (FSP 11184) 076-391 0523

L I M P O P O

From all of us at Smit Garrun, we extend our heartfelt congratulations to Mediclinic on their well-performed

10 years of service.

October 2013 5

Northern SecurityTel: 015 307 6 911, Fax: 015 307 2712

e-mail: [email protected]

Northern Spark Trading 389 (Pty) Ltd. Trading as

7 Loop Street, TzaneenPostnet #999Private Bag X 4019, Tzaneen, 0850

Reg No. 2007/0097770/07VAT 4480239484

PSIRA 1481607

Page 6: Mediclinic_131011

Fisi

oter

apeu

t •

Phys

ioth

erap

ist

Tel: 015 307 2116015 307 2952

Veels Geluk!Dankie vir 10 jaar se

heerlike samewerking. I am grateful to be part

of this GREAT TEAM.

Veels Geluk!

Spreekkamer / Consulting Room Ursula Street 2

PR No. 1451073

Dr SJ Spies • Dr JF Botha • Dr JI De Villiers • Dr GO Middleton • Dr LC Robinson • Dr SF van den Heever • Dr J Joynt

DuivelskloofTel: 015 309 9221/2Fax: 015 309 9584

TzaneenTel: 015 307 7575 / 7455Fax: 015 307 4648

PO Box 100Duivelskloof0835

Spies & Vennote

Congratulations with 10 years of

outstanding service to the community.

We are proud to be associated with you.

Vrolik, sonnig, vertroostend — die eerste beddens en linne toe MediClinic vir die eerste keer pasiënte ontvang het. Sulke beddegoed sal pasiënte sommer � ink laat herstel.

Geen kind kan bang wees vir die vriendelike ooms en tannies in wit klere wat hulle so tuis en welkom in die nuwe kindersaal laat voel nie laat voel nie.

In 2011 MediClinic Tzaneen received a trophy for the Highest Training Achievement in the Tshwane District. In the photo are those who earned this reward. They all form part of the management team of the hospital and are all involved in the continuous training programme of hospital sta� .

Front: Ms Stephanie Hermann – Nursing sta� manager, Mr Zane Fanie – hospital manager and Sr Judy Kroh - Training and Development Consultant. Back: Sister Ronel Volschenk - Clinical facilitator, Charity Ntike – human resources, Sr Dolphy Sekhuto - Unit Manager Theatre, Ms Marlize Delport - Network Marketing Manager, Sr Eileen Masthabe - Unit Manager Medical Ward, Shirley Scheepers - Patient Administration Manager, Sr Amelia Benade - Unit Manager ICU,  Sr Thsepo Mochabela - Clinical risk Manager, Sr Johanna Masinge - Unit Manager Maternity and ms Anita Smith - Financial Manager.

Trained & “gelukkig”

October 2013 6

Page 7: Mediclinic_131011

MediClinic Tzaneen reik ook uit na Silversee School in die Broederstroomdrift-omgewing. Dis ‘n plaasskool wat kinders in die omgewing inneem. Me Judy Kroh, opleidingskonsultant by die hospitaal se huis, is naby die skool. Sy het van die skool se behoeftes kennis geneem en dit na die hospitaal deurgegee. Die hospitaal het sy hand weer oopgemaak, vir die nood van ander.

October 2013 7

Met Komplimente / With Compliments

Dr. H.E. HaberMB., Ch.B. (Pret.) M.Med. (O & G)

Verloskundige & Ginekoloog | Obstetrician & Gynaecologist

015 307 3974 | 083 406 6661 | 2192 Tzaneen, 0850

Ons is baie bevoorreg om ‘n privaat hospitaal te kan hê.

bulle

tin90

27he

h131

011w

b

Contact: Shenaaz MoosaCell: 083 678 5790 Tel/Fax: 015 307 4276

Congratulations Mediclinic and Thank you for the excellent service rendering to

the public.

59 Boundary Road, Tzaneen • email: [email protected]

Geluk met jul 10de bestaansjaar Alle voorspoed vorentoe !

Contact

083 456 3138 or 0724948794

As part of their CSI (Corporate and Social Investment) programme for 2013, MediClinic launched a project whereby not only the spirits of disabled children will be lifted, but they themselves when they need a lift.

The Letaba School for Disabled Children had, on their wish list, a request for hoists for the children. With these hoists, it is much easier for children to bath and physiotherapy is much easier to handle. However, such aids are quite a costly a� air.

MediClinic took note of the need and decided to rise to the occasion. The hospital recently donated R25 000 towards two hoists. The smiles on the children’s faces as they “test-drove” their new “friends” said it all. Mr John Eastes, principal of Letaba School, expressed his heartfelt thanks to their benefactors, on behalf of the school and its grateful pupils.

Die hospitaal se helpende hand in die gemeenskap sluit ook in die Lehla-ba School in Georges Valley, waar MediClinic Tzaneen in 2010 uitgereik het met ‘n skenking van klere, boeke en kookgerei. ‘n Ete is ook aan die personeel en leerlinge van die skool voorgesit.

MediClinic reaches out to community

Agter: mee Charity Ntike — menslike hulpbronne-bestuurder, Stephanie Her-mann — Verpleegbestuurder, Judy Kroh — Opleidingskonsultant en mnr Zane Fanie — hospitaalbestuurder. Voor hulle sit ‘n paar van die skoolleerlinge en smul aan die middagete wat deur Mediclinic Tzaneenvoorberei is.

Uitreik: Lechlaba school

Uitreik: Silversee School

Ms Salome Malatji (physio-assistant at Letaba School for Disabled Children), is seen here with a delighted Andrew Mathe.

Page 8: Mediclinic_131011

Me Shirley Scheepers is MediClinic Tzaneen se pasiënt-administratiewe bestuurder. Sy was negentien jaar lank in die regswêreld waar sy as aktetikster gewerk en ook invorderings gedoen het. Sy kyk nie vir ‘n oomblik terug na hierdie fase in haar lewe nie.

“Die werk in die MediClinic Tzaneen is van so ‘n aard dat ‘n mens nooit verveeld is nie; nie twee dae is dieselfde nie,” sê sy.

Sy moet dikwels die moeilike taak verrig om mense wat skuld by die hospitaal het te kontak, om vir die dienste wat gelewer is, te betaal. Sy kry ook uiteraard baie te doen

met mense wat met groot verontwaardiging reageer, wanneer hulle die koste verbonde aan hospitaalverblyf bevraagteken.

“Sulke mense sê maklik dat hulle meer by die hospitaal betaal as by ‘n vyfster-hotel,” sê sy. “Wat hulle nie verstaan nie, is dat die hospitaal — om deurgaans gehalte diens te lewer op alle vlakke — deurentyd in stand gehou moet word en instandhouding kos geld.”

Nog iets wat die publiek nie altyd verstaan nie, is dat medisyne nie sommer by die hospitaal se eie apteek afgehaal kan word as alle ander apteke in die dorp vanweë die tyd van die dag toe is nie. Medisyne wat deur dokters, verbonde aan die hospitaal voorgeskryf is, kan hier afgehaal word.

Volgens Scheepers is daar ‘n infeksiebeheerstelsel in plek, wat maandeliks toets wat die infeksie-vlakke is. Op dié manier word infeksie, wat dikwels deel vorm van ‘n hospitaal, vanweë die hoeveelheid pasiënte wat behandel word en al die kwale en siektes in ag genome, so ver moontlik hok geslaan.

Al verskil tussen die persoon wat tien jaar gelede by MediClinic die leisels as outoriteit oor die verpleegpersoneel geneem het en vandag, is die benaming van die pos. Me Stephanie Hermann het tien jaar gelede as matrone dié besige stoel ingeneem. Vandag sit sy nog daar, maar staan bekend as verpleegbestuurder. Die tussen-in posbenaming was eenheidsbestuurder.

Sy was agt jaar by die MediClinic in Polokwane voordat sy na Tzaneen verskuif het. “As ‘n mens daar is om self die toerusting vir die hospitaal af te laai, word dit mettertyd jóú plek.”

Voordat die lessenaars en ander meubelment na die hospitaal gebring is, het die eerste administratiewe personeel op die matte gesit en werk, ko� e gemaak, georganiseer en gedelegeer, maar daar is gewerk.

Dr Piet van Rensburg was die eerste oogspesialis wat pasiënte in die MediClinic bedien het. Drs van Heerden en Kamp� er was die eerste besoekende ginekoloë. Dr Burkos was die eerste besoekende plastiese chirurg en dr Boezart die eerste uroloog. Ander dokters wat van die begin af deel gevorm het van die MediClinic was drs Kubayi en Mawasha, wat nou nog daar praktiseer.

Hermann vertel van ‘n interessante nuutjie in die MediClinic. Die hospitaal neem heelwat

verpleegpersoneel van Indië in diens. ‘n Intensiewe ondersoek is gedoen na verpleegpersoneel oor die wêreld heen en dit is bevind dat die mediese opleiding van verpleegpersoneel in Indië die naaste is aan die standaard van gehalte opleiding in Suid-Afrika.

‘n Ontstellende feit is dat Suid-Afrika ‘n tekort aan verpleegpersoneel het. Daarom word die Indiese personeel verwelkom, omdat hul hospitale soos die MediClinics hier bedryf word en hul vertroud is met die toerusting.

Die tekort aan verpleegpersoneel is waarskynlik te wyte daaraan dat die staatsverpleegskole gesluit het en die private sektor nie genoeg personeel kan oplei om aan die behoefte te voorsien nie. Die Indiese personeel moet ‘n Suid-Afrikaanse verpleeg-eksamen slaag, om gekeur te word. Hulle word ook streng gekeur op hul vermoë om Engels te praat.

Volgens Hermann is die diens wat die Indiese verpleegpersoneel lewer (wat verpleegkundiges en susters insluit) van hoogstaande gehalte.

Een van die grootste uitdagings wat die hospitaal telkens in die gesig staar, is die omset van personeel. Dit beteken dat opleiding deurlopend gedoen moet word, om nuwe personeel met die bestuur en bedryf van die hospitaal vertroud te maak.

MediClinic Tzaneen kry studente van die MediClinic Limpopo se opleidingskollege om hier te werk. Die verpleegsters kan egter nie hier gehou word nie, alhoewel hulle na hul studies die keuse het om weer terug te keer.

“Alle noodgevalle word by die MediClinic hanteer. Die gerugte dat ‘n mens by ‘n privaat hospitaal eers ‘n bedrag geld moet betaal voor jy in ‘n noodsituasie gehelp word, is net nie waar nie,” sê Hermann.

Wanneer die krisis afgeweer is, sal die hospitaal oor betaling begin onderhandel.

Die hospitaal het ‘n noodgevalle-afdeling, maar maak nie voorsiening vir buite-pasiënte, wat soos in ander hospitale dikwels ure moet sit en wag om gehelp te word nie.

Hermann skryf die sukses en groei van die hospitaal toe aan ‘n spanpoging, werk-etiek en die nodige tegniese vooruitgang om pasiënte met die beste moontlike dienste ontvang, toe.

October 2013 8

Orthotics outline• Walking aids (crutches, wheelchairs, walking frames, neck, back, shoulder, arm, wrist, ankle, knee, toe bracing• Building up of shoes, clubfeet, ankle, foot orthosis, custom made innersoles • Class 1,2 and 3 stockings for varicose veinsPractice No. 8700958

Room 9, Ivory Tusk Lodge, Medical Centre

Prosthetics outline:• Arm | hand | finger prosthesis

• Above or below knee artificial limbs• Breast prosthesis

Tel: 015 307 2704Emergency: 082 941 5514/5

Registered with SAOPA tariffs • Contracted with all medical aids

Congratulations MediClinic with your outstanding achievement. It is a privilege to be associated with you!

Me Rasebotsa (98) het in Februarie vanjaar ‘n heupvervanging gehad. Haar dokter, dr Alex Revelas, ortopediese chirurg by die MediClinic, het haar onlangs vir ‘n opvolg-ondersoek gesien. Alles was nog klopdisselboom met die pasiënt wat nog steeds haar eie huiswerk doen, graag brei en nie nodig het om ‘n bril te dra nie. By dokter en pasiënt is mnr Zane Fanie, hospitaalbestuurder van die MediClinic Tzaneen.

Eerste dame vier ook tien jaar!

Splinternuwe heup op 98!

Shirley kyk ook net vorentoe

Page 9: Mediclinic_131011

October 2013 9

100% QUALITY. ALWAYS CONSISTENT. ALWAYS AVAILABLE.Granor Passi remains South Africa’s first choice in fruit processing and manufacturing of quality products for the Fruit Juice and Dairy industries.

Tel 015 298 6000 | 4 Kalsiet Street, Magna Via Polokwane 0699, South Africa | www.granorpassi.co.za

CONCENTRATES • PULPS / PUREES • 100% FRUIT JUICE BLENDS • FRUIT NECTARS • FRUIT PREPARATIONS FOR YOGHURTS • SYRUPS FOR FLAVOURED YOGHURT/DRINKING YOGHURT

11 9

89

012

460

8545

Congratulations Mediclinic

Page 10: Mediclinic_131011

October 2013 10

www.voltex.co.za

30 - 70% SAVING

Please contact our Energy Advisor:Harry Visagie • 082 414 3931 • 015 307 1213/4 • [email protected]

We can assist with all your residential, commercial and industrial energy saving requirements.We specialize in water heating, lighting and motor control.

CongratulationsMediClinic Tzaneen

Durability, reliability and trust are the values that contribute to a successful business. Congratulations to 10 years of great achievement.

Therapeutic Massage TherapistSports TherapistPersonal Trainer

Christien Erasmus079 361 3146

Specialist Rooms No. 3, Ivory Tusk Lodge

• Sports Injuries, Sports Massage• Aches, Pains and Muscle Strains• Tendonitis• Sciatica or any Hip Stiffness• Back and Neck Pain• Knee and Shoulder Injuries• Injury Rehabilitation• Headaches / Migraines• Tennis / Golfer’s Elbow• Ankle Pain and Sprains (Achilles Tendon)• Exercise Programming• Manual Lymphatic Drainage• One-One Personal Training Sessions (home or gym based)

• Pre- and Post Event Massage

Om hul deel by te dra tot die omgewing en boomplantdag, het die dokters van MediClinic elkeen op 9 Oktober 2004 ‘n boom van eie keuse geplant.

‘n Boom, ‘n dag... ‘n boomplantdag!

Dr Ig van Rensburg.

Dr Jakkie Lourens. Drs Johan Botha en Henri Burger. Dr Alex Relevas.

Dr Ludi Robinson.

Page 11: Mediclinic_131011

October 2013 11

Lima and Nima Jose (26) are not only sisters — they are identical twins. Even more special is that both decided to follow a career in nursing and are currently working as well-quali� ed and experienced nursing sisters at MediClinic Tzaneen.

They form part of a group of 25 who joined the sta� of several MediClinics in South Africa in June. The twins were two of four who arrived at the hospital in Tzaneen four months ago. Elsewhere in the supplement are more about the recruitment of a workforce from Indian origin. Every three months more employees from this country

are added to the sta� list.

Lima and Nima were born and bred in Bangalore, a prominent city in the south of India. They are the only children of their parents (both 63), which made it di� cult for the parents to cut the apron strings. The twins were recruited two years ago and studied while working here.

Lima works in the paediatric ward and Nima in the surgical section. Both have had to adapt in several ways to life and work in South Africa. However, they � nd the changes quite easy to make and have settled in comfortably.

Although the lifestyle and culture here are di� erent to what they know, the newness is not as bad as being separated from their friends and family. It is especially Nima, who has a sweetheart waiting in India, who feels the distance from home.

However, they are making new friends and acquaintances in their new working environment. They have visited Graskop and the Kruger National Park and are looking forward to travel a little further and explore more of South Africa.

“We have our di� erences,” says Nima, but we are quite comfortable with each other. We are not dependent on each other, but grateful for each other’s company and live together quite amiably.”

They are entitled to go home on holiday after a year’s work. They

have been contracted for three years, after which they can decide to return to India or stay on in

South Africa. It gives them ample time to decide whether they prefer biltong or bunnychow.

Doctor Discipline When Tel NoDr Alex Revelas(PR 0125326)

Orthopaedic Surgeon Daily 015 307 2491

Dr Helmut Haber(PR1604112)

Gynaecologist / Obstetrician Daily 015 307 3974

Dr Jackson Ndhlovu(PR0270237)

Gynaecologist /Obstetrician Daily 015 307 3820

Dr Jaco Schmidt(PR1007688) Anaesthesiologist Daily

Dr Pieter Mostert(PR0294934) Physician Daily 015 307 7280

Dr Gert van der Merwe(PR0478237) Specialist Surgeon Daily 015 308 0101

Dr Nathan October(PR0478725) Urologist Daily 015 308 0041

Dr Michelle King(PR0281573) Psychiatrist Daily 015 307 6925

Dr Jacqueline Mashiane(PR0466328) Paediatrician Daily 015 307 1141

Dr Phaswe Maredi(PR0375519) Paediatrician Daily 079 771 9340

Dr J van der Merwe(PR3800946) Radiologist Daily 015 307 2765

Dr Shaun Thompson(PR0304816) Ophthalmologist Monday, Tuesday & Friday 015 307 6749

Dr Louw du Toit(PR3201252) Paediatrician Twice a week: Tuesday &

Wednesday 082 556 0995

Dr Andries Dreyer(PR6200907)

KGM (Maxillofacial oral surgeon) Every Monday afternoon 015 781 3214

Dr Rhulani Maringa(PR0454141) ENT Daily Mopani Medical Centre 015 307 3639

Resident Specialists on call

Besoekende Spesialiste

Two peas in a pod!

The old

The New

Piet van Rensburg Oogarts Twee maal per maand

Dr Henk Kruger Neuro-sjirurg Een maal per maand

Dr Trevor Gernholtz Nefroloog Twee maal per maand

Page 12: Mediclinic_131011

October 2013 12

SOUTH AFRICA • SWITZERLAND • UAE • NAMIBIAwww.mediclinic.co.za

OUR 24-HOUR EMERGENCY CENTRE, SUPPORTED BY SPECIALISTS IN A WIDE RANGE OF MEDICAL DISCIPLINES, WILL MAKE SURE YOU GET THE CARE YOU NEED, WHEN YOU NEED IT.

READY FOR ANY EMERGENCY

Emergency Centre: 015 306 8526Hospital: 015 306 8500Address: Wolkberg Avenue R71, Tzaneen, 0850

TZANEEN