Upload
trinhkiet
View
213
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
Uitgawe 4/2013
3 Februarie 2013
NG KERK MIEDERPARK
IEDERARK
KANSA 2
Senior burger funksie 3
Bujumbura mark brand 6
Trap vir Bybels 8
Senior burger verjaars-dae
9
40-dae Projek 10
In Jesus se Voetspore 12
Inhoud:
BANKBESONDER-
HEDE:
NG Kerk Mieder-
park, ABSA Tjekrek
680 590 591 ,
Potchefstroom
NG Kerk Miederpark
Sending, ABSA Tjek-
rek 405 41 9146,
Potchefstroom
Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers Ds Dorette Cilliers
(018) 294 8197 (018) 297 7926 (018) 297 7926
082 340 7549 083 262 6783 074 434 7093
Kerkkantoor
Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900
Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za
Epos [email protected]
Sendingkantoor [email protected]
Jeugkantoor [email protected]
Sluit by ons aan op
Wat gebeur DV die volgende week….……
Sondag 3 Februarie 40 dae doelgerigte liefde Erediens - Sondagskool Gr 1-6 Kruislig Koffiediens - Tienerdiens Gr 7-11
09:15 17:30
Maandag 4 Februarie 40 dae doelgerigte liefde Huisgodsdienskursus
Dinsdag 5 Februarie 40 dae doelgerigte liefde
Woensdag 6 Februarie 40 dae doelgerigte liefde
Donder-dag
7 Februarie 40 dae doelgerigte liefde Vroue Bybelstudie
10:00
Vrydag 8 Februarie 40 dae doelgerigte liefde Gr 1-3 Kamp
Saterdag 9 Februarie 40 dae doelgerigte liefde Gr 1-3 Kamp Manne Bid-uur
06:30
B L A D S Y 2 I E D E R A R K
KANSA POTCHEFSTROOM
Wêreld Kankerdag word op 4 Februarie herdenk.
Om hierdie ‘n spesiale geleentheid te maak is daar op Saterdagaand 2 Februarie 2013 om 18:30 vir
19:00 ‘n kersaansteekseremonie op die trappe van Mooirivier Mall by Dulcé Café se ingang sodat die
lewe gevier kan word en ons diegene wat nie meer by ons is nie, kan onthou. Kersies kan vooraf by Dis-
Chem, Kampus Apteek en KANSA kantoor aangekoop word en met die aand se verrigtinge sal ververs-
ings by Dulcé Café te koop wees. Inkomste word na KANSA Potchefstroom gegenereer. Daar sal ook ‘n
kort program die aand aangebied word.
VALENTYNSBASAAR
Potchefstroom Dienssentrum bied op Dinsdag 12 Februarie 2013 ’n heerlike Valentynsbasaar aan.
Gaskunstenaar: 10:00 - 11:00 Hannes van Tonder
Basaar vanaf 08:00 tot 14:00
Plek: Chris Hanirylaan 90
’n Groot verskeidenheid items en produkte te koop.
Besighede kan bestellings plaas wat deur die dienssentrum afgelewer sal word.
Vir navrae kontak die dienssentrum by: 018 293 0678
Ons het elkeen van u se ondersteuning nodig!
Wanneer lidmate van die gemeente op-
geneem word in Potch Medi Kliniek, moet
hulle asseblief by opname duidelik meld
dat hulle lidmate van die NG Kerk Mieder-
park is. Dit maak dit vir die leraars mak-
liker om hulle tydens die weeklikse hospi-
taalbesoeke (Dinsdae en Donderdae) op
te spoor.
Ho spi ta a l o pna mes
“MOEDERSKAMER”
Het u ‘n baba of ‘n kleuter wat nog nie heeltemal
“kerk-mak” is nie? Maak dan gerus gebruik van
die konsistorie gedurende die erediens. Daar is
luidsprekers sowel as ‘n kindervriendelike speel-
hoekie. Wanneer die erediens-personeel 09:15
die konsistorie verlaat om in die kerk in te
beweeg, word die vertrek beskikbaar vir gesinne
met klein kindertjies wat nie die erediens wil ver-
steur nie, maar tog deel van die fomeler opset wil
wees. Ons kinders is vir ons kosbaar, ons wil hulle
graag só infaseer en lief maak vir die aanbiddings-
ruimte.
B L A D S Y 3 U I T G A W E 4 / 2 0 1 3
HALLELUJA-BOEKIES
Indien enige iemand ‘n ou
Halleluja sangboekie het
wat nie meer gebruik
word nie, skenk dit asb
deur dit by Ds Dorette of
die Kerkkantoor af te gee.
Daar is selgroepe wat dit
kan gebruik.
SENIOR BURGER FUNKSIE
Ons gemeente se Senior Burger “Viering van die
Lewe”-funksie vir lidmate 65 jaar en ouer (sowel as hul
eggenotes) vind plaas Vrydag 22 Februarie om 10:00 in
die kerksaal. Die tema is: Die lewe is ‘n lied! Kleredrag:
Trek aan soos in die vyftiger jare. Dit gaan groot pret
wees!
Ds Dorette sê ook “Dankie” en “Totsiens” by hierdie
geleentheid.
Gee asb jou naam by die Kerkkantoor op indien jy die
oggend wil meemaak en dui asb aan indien jy ‘n dia-
beet is, sodat ons die versnaperinge dienooreenkom-
stig kan voorberei.
B L A D S Y 4 U I T G A W E 4 / 2 0 1 3
INCREDIBLE PHOTO!
An amazing picture became a message of faith in Spain. This was taken at the baptism of Valentino Mora, son of Erica, a single mom of 21 who asked the photographer to take a picture of her son for free. The photo of the baptism of Valentino Mora is sweeping the Internet, because at the time the priest pours the Holy water over his head, the water flows in the shape of a rosary (see photo above). This story began at the Parish of the Assumption of Our Lady in Cordova, Spain, where the baptism of a one month baby took place. At the time that Valentino came to the baptismal font for the sacrament of baptism, Erica asked the photographer Maria Silvana Salles, who was hired by other parents baptizing their babies, to take a photo of her son as a favour, since the young mother had no way of paying for it. The photographer, moved by Erica's request, agreed to take a photo of Valentino. Maria Silvana works with a traditional camera and had to send the film to be developed to a shop in Cordova. When she received the photos, she noticed with surprise that the water poured from the head of Valentino was a perfect rosary. The photo of the baptism of Valentino has awakened faith in the people of Cordova who come to the humble home of Erica and Valentino Mora to touch him. The truth is that this sign of faith has mobilized this town in Cordova, whose neighbours go to Maria Silvana's store to buy the picture as if it were a prayer card.
B L A D S Y 5 U I T G A W E 4 / 2 0 1 3
Lofberg, Fochville bied die “Father & Sons”-konferensie aan op 26—28 April.
Sprekers soos Jannie de Beer, Jacques Gombault en Danie Botha gaan optree.
Lofsang word gelei deur Danie Botha en Arno Claassen.
HOSPITAAL BEDIENING—Petro Zaayman
Bid asb vir:
Die Gideons wat vandag die Woord van die Here by Potch hospitaal bring.
Sara wat sluk probleme het. Sy kry geen kos afgesluk nie, en het erge pyn.
Iemand met bloedkanker.
Jong meisie met lewer probleme agv medikasie. Dank die Here: Vir Sy genade wat elke dag nuut is en mense se harte en lewens verander.
B L A D S Y 6 U I T G A W E 4 / 2 0 1 3
Dear All
We awoke Sunday to a sky dark with smoke. We soon learned that the Bujumbura central market
was on fire. Apparently the entire market has been engulfed by a fire. The result is devastating for
Bujumbura and Burundi. Many people’s livelihood depended upon the market. This Sunday night
many people will go to bed weeping and full of sorrow because they will not be able to feed
their families.
All the food supplies in Bujumbura came from the Central market. The result
is that for the next few months there will be a shortage of basic supplies
such as milk, toilet paper, pasta, flower, rice, oil, margarine, and many
other essentials.
Please pray for the desperate situation. Please pray that the Lord will
comfort those who have lost any business they may have had.
Pray that the Lord will restore to the desperately poor of Burundi what they
have lost.
With sorrow in our hearts!
Tim and Jeanette van Aarde
BREAKING NEWS : THE MAIN BUJUMBURA MARKET “MARCHÉ CEN-
TRALE ” IS ON FIRE.
Indundi News’ Yannick who is at the scene reports that the fire is burning from within the market and per-
sonnel from the Burundi Fire fighters are finding it very difficult to get access into the market to quench
the fire.
He said hundreds of residents and shop owners have gathered at the scene looking on and wailing help-
lessly.
The only fire tender at the scene, he said, is trying to find a way through the back of the market; the first
tender that came in had no water and has to go back, the police told him.
He described the raging fire as serious.
ANGOLA SENDING—Freddie
Die huis van Freddie-hulle is uiteindelik leefbaar.
Daar moet nog geverf word
Dalk kan die stoep se vloere klaarkom
Die meubels, boeke ens is ook reeds daar.
Dankie Vader:
Vir gewillige hande en tyd van mense wat bereid is om `n pad saam met Freddie-hulle te loop.
B L A D S Y 7 U I T G A W E 4 / 2 0 1 3
B L A D S Y 8 U I T G A W E 4 / 2 0 1 3
Die Noordwes Streek van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (=BSA) en ‘n aantal medewerk-ers hou eersdaags ‘n unieke Trap vir Bybels in Noordwes. Dit behels ‘n aantal fietstoere wat ge-lyktydig gedurende die week van 23 Februarie tot 2 Maart 2013 (DV) in verskillende dele van die provinsie sal plaasvind en in talle dorpe sal aandoen - van Christiana in die suide tot by Bray in die weste, Mahikeng in die noorde en Potchefstroom in die ooste. Chris Breedt van Lichtenburg staan aan die hoof van die reëlings en die projek geniet die goedkeuring en ondersteuning van die Noordwes Fietsry-unie.
Die doel van die Trap vir Bybels is drieledig:
- die bevordering van die BSA se visie nl ‘n Bybel vir elkeen,
- om aan kerke, skole en ander instansies die geleentheid te bied om betrokke te raak by hier-die projek en sodoende mede-eienaarskap te aanvaar van die BSA se missie nl: Om bekostig-bare Bybels vir elkeen in hulle eie taal en in geskikte formate beskikbaar te stel sodat al-mal die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar
- die insameling van fondse sodat die BSA se missie uitgevoer kan word.
Ons voorlopige beskeie versoek aan u is die volgende:
- stel uself en u gemeente/skool/instansie asb beskikbaar vir hierdie projek,
- stuur asb ‘n geskikte verteenwoordiger, verkieslik iemand wat ‘n leiersfunksie beklee, na die inligtingsgeleentheid waarna hieronder verwys word. Volledige inligting rakende die projek sal daar aan u deurgegee sal word.
Inligtingsgeleentheid en ‘n koppie koffie/ tee en te ete.
Plek: Dienssentrum vir Bejaardes
Adres: Hv Kamp en Chris Hanistraat Potchefstroom
Datum en tyd: Don 7 Febr 2013 om 9 uur vm
RSVP: 5 Febr 2013
By voorbaat baie dankie vir u deelname!
dr kalman papp streekhoof: noordwes t +27 (0)11 970 4010 / f +27 (0)11 970 2506
bybelgenootskap van suid-afrika
TRAP VIR BYBELS
OUDIO-VERSTERKING
Hoor u sleg tydens die
erediens? Maak dan gerus
gebruik van die derde en
vierde bank voor links in die
kerk. Daar is proppe waar u u
eie oorfone kan inprop om
beter te hoor. Of
alternatiewelik kan u voor die
erediens by die koster in die
konsistorie ‘n stel oorfone van
die kerk leen om net na die
diens weer terug te gee.
B L A D S Y 9 U I T G A W E 4 / 2 0 1 3
BARMHARTIGHEIDSBEDIENING AAN GLINSTER GRYS LEDE
Indien jy immobiel is weens siekte, gestremdheid of weens ‘n ge-
brek aan vervoer, en ‘n haarkapster benodig, skakel Ds Dorette
vir inligting van ‘n “engel” wat bereid is om dié diens by jou eie
huis teen baie billike tariewe te kom verrig. Dit is ‘n voorreg om
die lewe vir ons senior lidmate ‘n bietjie makliker te maak.
VIERINGS!
Veels geluk aan die volgende senior burgers wat in hierdie
week hulle geboortedag herdenk:
4 Februarie—Tjoeks van Rooyen
7 Februarie—Lenie Ludeke
Mag die Here u in die nuwe lewensjaar omhein met Sy Barm-
hartigheid, kroon met Sy Vrede en seën met Sy intieme Teen-
woordigheid.
MALAWI SENDING—Pieter
Pieter skryf:
Hier gaan dit goed, was net baie baie besig. Ek doen die ses Bybelstudies in die dag afsonderlik by die huis, maar vroeg en laat is ek in die lande om daar te help. Dit was hierdie jaar ’n groot taak om die 10 stukkies lande vir die wat die „Farming God‘s way“- metode volg, by te staan met skoffel, plant, uitmeet, skoonmaak en gif spuit. Dank die Here – die mielies en soja is pragtig.
Baie dankie Here:
Ons het een jong onderwyser bygekry wat sy hart vir Jesus gegee het en nou by ons aangesluit het. Bid asb vir hom om te groei en sterker in Jesus te kan staan. Sy naam is Gordon.
Lufaan het vir hom 100 braaikuikens aangeskaf. Bid asb saam met ons dat die Here sy projek seën.
Patuma het ’n nuwe kleinkind ryker geword.
Daud en sy vrou wat ’n dogtertjie gekry het.
Bid asb :
Ek beplan om in Februarie na Suid-Afrika te kom vir die bakkie se lisensie, permitte en deputasiewerk. Bid asb vir veilige rit .
B L A D S Y 1 0 U I T G A W E 4 / 2 0 1 3
40-Dae Projek
Op 3 Februarie begin ‘n unieke projek in ons gemeente! Ons gaan 40 dae lank spandeer by die tema
“Doelgerigte liefde”. Ons wil leer wat die liefde van die Here beteken en hoe ons dit prakties kan leef.
Dis ‘n uitdaging want as individue en as gemeente het ons nie regtig ‘n idee wat dit beteken nie. Met
hierdie 40-dae projek wil ons die Here vra om ons en ons gemeente se geskiedenis te verander! Van die
reëlings:
Ons gaan elkeen individueel stiltetyd hou rondom die temas. Skryf jou naam op die lyste wat by
die deure is en gee ook jou e-pos adres. Die materiaal word elektronies gestuur. Ons gaan ook
twee kursusse aanbied oor wat stiltetyd is, en hoe om stiltetyd te hou.
Ons soek ten minste 40 gesinne wat by die projek inskakel en vir die 40 dae elke dag die stukke
huisgodsdiensmateriaal met mekaar gaan bespreek. Ons gaan ook ‘n kursus aanbied oor hoe om
huisgodsdiens te hou en waarom dit nodig is om huisgodsdiens te hou.
Ons vra 40 dames en 40 mans wat hulself wil verbind vir die 40 dae om die pad te loop …. en ook
persoonlik daarmee voort te gaan as die 40 dae verby is! Ds Okkie en Dorette Cilliers gaan hier die
verantwoordelikheid neem.
Ons wil die goed in kleiner groepe en ook in selgroepe laat funksioneer. Ds Willem gee hier die
leiding.
Al die aktiwiteite in die gemeente gaan in dié tyd rondom die temas draai.
Hierdie is ‘n lewensveranderde ervaring. Moet dit nie by jou laat verbygaan nie!
B L A D S Y 1 1 U I T G A W E 4 / 2 0 1 3
TOTSIENS
Dit is vir my swaar om afskeid te neem van almal wat my pad in liefde gekruis het by Miederpark Ge-meente.
Di. Louw en Cilliers en Dorette, baie dankie vir alles wat julle vir my gedoen en beteken het. Baie dankie ook aan die Selleidster, die Personeel en Kruismedia, wat my boek verkoop.
Aan selgroep 7 by Rosetuin, baie dankie vir kosbare ure saam deurgebring.
Ek mis my plekkie in die “Dowe Banke”, die orrel en die hartlike voorsang. Die sewe jaar wat aan my gegun is om deel te wees van Miederpark NG Gemeente, was sewe “vol jare”. Baie dankie daarvoor.
Mag die Here julle seën.
BASAARKONSERT EN POTJIE-
KOS-ETE : 15 MAART 2013
Ons benodig enige sort tuisge-
maakte konfyt vir die brood wat
saam met die potjiekos bedien
gaan word. Indien u ‘n bydrae kan
maak, skakel asseblief vir Dassie
L o m b a a r d 0 8 4 5 0 4 8 2 8 /
0182932437. Dit kan by die kerk-
kantoor afgelewer word of by Das-
sie te Uitsigstraat 28.
Baie, baie dankie!!
GEMEENTEBASAAR 4 MEI 2013
Ons gaan weer tuisgemaakte mosterd verkoop. Kan u dalk help met leë Purity botteltjies (100g en
200g) en/of leë Marmite, Bovril of Oxo botteltjies (125g en 250g)?
Lewer dit asseblief by die Kerkkantoor af of by Dassie Lombaard te Uitsigstraat 28—tel 0845004828 /
0182932437.
Groot waardering!!
Kommentaar of nuus: [email protected] 0791349256
NG KERK MIEDERPARK
Lees die Iederark in
volkleur op die web!!
ngkmiederpark.co.za
Graad 1-6 kom dieselfde tyd as die erediens in die kerk bymekaar vir die Kinderkerk. Daarna word in
die graadgroepe verdeel.
Graad 7-11 kom dieselfde tyd as die aanddiens in die saal bymekaar vir die Tienerdiens.
Met die 40-dae projek in gedagte en om die kinders te leer wat dit beteken om prakties dissipel vir
Jesus te wees, het ons die volgende byeenkomste in die week:
Gr 1-3 Maandae 16:30—17:00 ; Gr 4-6 Dinsdae 16:30—17:00; Gr 7-9 Woensdae 17:00— 17:30; Gr
10-11 Donderdae 17:00—17:30
Matrix is Sondag aande na die aanddiens.
Gr 1-3 gaan 8 en 9 Februarie op ‘n plaaskamp.