16
4 3 5-15 16 #3 / 2016 Let wel dat alle inligting in hierdie nuusbrief teen druktyd aangepas is vanweë sekere inligting wat verander het sedert die openbare werksessies gehou is. Wêreldklas- wetenskap moontlik met MeerKAT Ons beantwoord jul vrae SKA SA se kenners praat Dié kinders blink uit Kontak ons: SKA SA, 3rde Vloer The Park, Parkstraat, Pinelands, 7405 Tel: +27 (0) 21 506-7300 REDAKSIONELE INLIGTING Redakteur Lorenzo Raynard [email protected] Redakteur: wetenskap- kommunikasie Vivienne Rowland [email protected] Uitleg en produksie GAP Design [email protected] 5 5-15 SKA SA reik ‘n hand van samewerking uit Die Square Kilometre Array Suid-Afrika (SKA SA) is voortdurend verbind tot vyf fokusareas in die gemeenskappe rondom die SKA-perseel: belegging in die jeug; die ondersteuning van gemeenskaps- opbouprogramme; die ontwikkeling van en bystand vir klein en mediumgrootte ondernemings; die identifisering van leerders se talent; en die behoud van konnektiwiteit. Ten einde die strategie te verduidelik, het SKA SA ‘n paar waarvolle interaktiewe sessies gehad met die gemeenskappe van Carnarvon, Williston, Brandvlei en Van Wyksvlei in Mei 2016. Die doel van hierdie openbare sessies was vir ons om te luister na die gemeenskappe en om te reageer op hul kwessies op ‘n manier wat tot almal se voordeel strek. Ons het voorleggings aangebied oor kwessies wat geopper is en het openlik bespreking en vrae van die gehoor gevra. Ons het ook die gemeenskap ingelig oor die vordering van die SKA-projek. SKA SA het die gemeenskappe herrinner dat ons hul deel van die Karoo gaan deel vir die afsienbare toekoms. Ons moet saamwerk sodat die streek, die nasies en wetenskaplikes almal die beste voordeel kan trek uit dié projek.

NK Nuusbrief #3-4.indd

  • Upload
    lythuan

  • View
    235

  • Download
    7

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: NK Nuusbrief #3-4.indd

43 5-15 16

#3 / 2016Let wel dat alle inligting in hierdie nuusbrief teen druktyd aangepas is vanweë sekere inligting wat verander het sedert die openbare werksessies gehou is.

Wêreldklas- wetenskap moontlik met MeerKAT

Ons beantwoord jul vrae

sKA sA se kennerspraat

Dié kinders blink uit

Kontak ons:SKA SA, 3rde VloerThe Park, Parkstraat, Pinelands, 7405Tel: +27 (0) 21 506-7300

REDAKSIONELE INLIGTING

RedakteurLorenzo [email protected]

Redakteur: wetenskap-kommunikasieVivienne [email protected]

uitleg en produksieGAP [email protected]

5-155-15

SKA SA reik ‘n hand van samewerking uitDie Square Kilometre Array Suid-Afrika (SKA SA) is voortdurend verbind tot vyf fokusareas in die gemeenskappe rondom die SKA-perseel: belegging in die jeug; die ondersteuning van gemeenskaps-opbouprogramme; die ontwikkeling van en bystand vir klein en mediumgrootte ondernemings; die identifi sering van leerders se talent; en die behoud van konnektiwiteit.

Ten einde die strategie te verduidelik, het SKA SA ‘n paar waarvolle interaktiewe sessies gehad met die gemeenskappe van Carnarvon, Williston, Brandvlei en Van Wyksvlei in Mei 2016. Die doel van hierdie openbare sessies was vir ons om te luister na die gemeenskappe en om te reageer op hul kwessies op ‘n manier wat tot almal se voordeel strek.

Ons het voorleggings aangebied oor kwessies wat geopper is en het openlik bespreking en vrae van die gehoor gevra. Ons het ook die gemeenskap ingelig oor die vordering van die SKA-projek. SKA SA het die gemeenskappe herrinner dat ons hul deel van die Karoo gaan deel vir die afsienbare toekoms. Ons moet saamwerk sodat die streek, die nasies en wetenskaplikes almal die beste voordeel kan trek uit dié projek.

Page 2: NK Nuusbrief #3-4.indd

02 | SKA SA Noord-Kaap Nuus

Jou kwartaallikse SKA SA Noord-Kaap Nuus

SKA SA het die gemeenskappe herrinner dat ons hul deel van die Karoo gaan deel

vir die afsienbare toekoms en dat ons moet saamwerk sodat ons almal die beste

voordeel kan trek uit die projek.

Ek wil graag die ondernemings opsom wat oor die hoofkwessies gemaak is wat deur lede van die gemeenskap geopper is:

• Ons sal seker maak dat alle kommunikasie in eenvoudige taal geskied en verstaanbaar is vir almal.

• Sommige lede van die gemeenskap het gevoel dat onvoldoende aandag gegee word aan hulle dorpe of distrikte. SKA SA onderneem om die area te verbeter en te ontwikkel wat tot almal se voordeel sal strek. Dit gaan egter tyd neem.

• Ons sal elke saak ondersoek wat onder ons aandag gebring is aangaande beskadiging en/of wanbestuur deur ons kontrakteurs en hul sub-kontrakteurs wat na bewering gepleeg is in die uitvoering van hul kontrakte.

• SKA SA is meer as gewillig om sy deel te doen aangaande korporatiewe sosiale belegging in die Kareeberg-streek. Dit moet in ag geneem word dat ons nie befonds word deur of bemagtig is om die rol van nasionale of provinsiale regeringsdepartemente te speel nie. Dit geld wat betref vervoer, gesondheid en openbare werke.

In hierdie uitgawe word jul vrae oor die program vir grondaankope, opvoeding, sosiale ontwikkeling, werkskepping, konnektiwiteit, infrastruktuur en ekonomiese ontwikkeling beantwoord deur SKA SA se kenners. Algemene kwessies word ook aangespreek.

Ons gee ook ‘n vorderingsverslag oor die MeerKAT-projek, wat nou ‘n belangrike mylpaal bereik het,

naamlik Array Release 1 (AR1), wat op 16 Julie 2016 deur die Minister van Wetenskap en Tegnologie, Naledi Pandor aangekondig is.

Minister Pandor en ‘n afvaardiging van 21 adjunk-ministers en verskeie lede van die Presidensiële Infrastruktuur Koördinerings Komitee (PIKK) het die Losberg-perseel buite Carnarvon op dié dag besoek.

Deur AR1 het MeerKAT reeds die potensiaal gewys om gereken te word onder die wêreld se mees vooraanstaande wetenskaplike instrumente. Die resultate sover toon dat die 16-antenna AR1 reeds die beste teleskoop in sy soort is in die Suidelike Halfrond. Wanneer die

volledige 64 antennas geïntegreer word teen die einde van 2017, sal MeerKAT beslis die wêreld se kragtigste radioteleskoop wees.

In hierdie uitgawe kan u ook meer lees oor die jongste wetenskap uitreik-aktiwiteite in die Noord-Kaap. Die openbare begrip van wetenskap is een van SKA SA se sleutel-fokusareas in die gemeenskappe.

SKA SA is daartoe verbind om ‘n verantwoordelike lid van die Karoo-gemeenskap te wees en te wys dat dit omgee vir dié gemeenskap.

Dr Rob AdamBesturende Direkteur, SKA SA

Page 3: NK Nuusbrief #3-4.indd

SKA SA Noord-Kaap Nuus | 03

meerKAt Ar1: “wêreldklas- wetenskap is moontlik”

4. ‘n Samestelling van MeerKAT se “Eerste Lig”-radiobeeld en vier nabye insetsels. Die twee panele aan die regterkant wys verre sterrestelsels met massiewe swart gate in die middel. Op die linkerkant is ‘n sterrestelsel wat omtrent 200 miljoen ligjare weg is, waar waterstof gebruik word om sterre in groot getalle te vorm.

1: MeerKAT se “Eerste lig”-beeld. Elke wit spikkel verteen-woordig die intensiteit van die radiologie wat deur 16 anten-nas van die MeerKAT-teleskoop in die Karoo geneem is. Wan-neer dit klaar is, sal MeerKAT bestaan uit 64 antennas. Meer as 1300 individuele voorwer-pe - sterrestelsels in die verre heelal, kan gesien word.

2. ‘n Beeld wat 10% van die volledige “Eerste Lig”-radiobeeld van MeerKAT wys.Meer as 200 astronomie-radiobeelde kan gesien word in die foto, waar daar voor MeerKAT slegs vyf bekend was (aangedui deur die pers kringe). Die beeld is omtrent so groot soos die area van die aarde se maan.

3. Hoërresolusie-beeld van die onderste regter paneel van beeld nommer 4. Hierdie foto, wat omtrent 1% beslaan van MeerKAT se “Eerste Lig”-beeld, toon ‘n “Fanaroff -Riley Klas 2” (FR2) voorwerp: ‘n massiewe swart gat in die verre heelal (die stof wat daarin val produseer die helder spikkel in die middel) wat kragtige elektrones voortspuit wat byna so vinnig soos as die spoed van lig beweeg wat radiogolwe uitstuur wat deur MeerKAT se skerp beeld van die radiolug gesien is (dun lyne wat die spikkel in die middel konnekteer met die helderder lobbe van radio-uitstraling).

Die Minister van Wetenskap en Tegnologie, Naledi Pandor en Dr Rob Adam, SKA SA Besturende Direkteur, met van die afvaardiging van 21 adjunk-ministers en lede van die Presidensiële Infrastruktuur Koördinerings Komitee wat die Losberg-perseel op 16 Julie 2016 besoek het.

Die Minister van Wetenskap en Tegnologie, Naledi Pandor, het op 16 Julie 2016 die aankondiging gemaak dat die

MeerKAT radioteleskoop ‘n belangrike mylpaal bereik het.

Deur MeerKAT speel die land ‘n sleutelrol in die ontwerp en ontwikkeling van tegnologie vir die SKA.

Minister Pandor het die Losberg-perseel besoek tesame met 21 adjunk-ministers en verskeie lede van die Presidensiële Infrastruktuur-Koördineringskomitee (PIKK) om die vordering van die MeerKAT radioteleskoop te sien.

Die geleentheid is ook benut om die nuus te bevestig dat die eerste 16 antennas van die uiteindelike 64 antennas wat die MeerKAT-radioteleskoop sal beslaan, gereed is om wetenskaplike navorsing te doen.

Wat meer is, die eerste beeld van die heelal is bekendgemaak wat reeds geneem is met MeerKAT. Dit toon dat die teleskoop nou getel kan word onder van die wêreld se beste wetenskap-instrumente.

“Die MeerKAT-projek, waarin ons reeds R3.5 miljard gestort het, is een van 18 mega-infrastruktuurprojekte. Infrastruktuur speel ‘n kritieke rol in ons mikpunt om werk te skep en ekonomiese groei te stimuleer,” sê Minister Pandor.

“Die SKA-projek is een van twee mega-projekte wat onder die PIKK val wat genoem word ‘strategiese, geïntegreerde kennisprojekte’. Ons is ook hier om vir die wêreld te wys watter soort navorsing moontlik is met MeerKAT 16,” het Minister Pandor bygevoeg.

Dié AR1-bekendmaking het saamgeval met die uitreiking van die eerste beelde van die heelal wat met die MeerKAT geneem is, wat toon dat meer as 1,300 sterrestelsels in die verre heelal gesien kan word, waar daar voorheen net sowat 70 sigbaar was. Die beelde is geneem in ‘n klein deel van die lugruim wat net sowat 0.01% van die algehele hemelse sfeer beslaan.

Dit is die eerste noemenswaardige wetenskaplike mylpaal wat deur MeerKAT bereik is, wat uiteindelik met voltooiing geïntegreer sal word in die internasionale SKA.

“Die bekendmaking van MeerKAT AR1 en die eerste resultate is ‘n belangrike mylpaal vir Suid-Afrika. Deur MeerKAT speel die land ‘n sleutelrol in die ontwerp en ontwikkeling van tegnologie vir die SKA. Die Suid-Afrikaanse span van meer as 200 jong wetenskaplikes, ingenieurs en tegnici, in samewerking met nywerheid, plaaslike en internasionale universiteite en instellings, het die tegnologie en stelsels ontwerp vir MeerKAT,” sê Dr Rob Adam, SKA SA Besturende Direkteur.

Page 4: NK Nuusbrief #3-4.indd

04 | SKA SA Noord-Kaap Nuus

Square Kilometre Array SA het tussen 16 en 19 Mei 2016 tesame met die Departement van Wetenskap en Tegnologie vier openbare werksessies in Carnarvon, Brandvlei, Williston en Van Wyksvlei gehou.

Tydens dié werksessies is voorleggings gemaak oor die jongste verwikkelinge rakende die SKA-projek, die program vir grondaankope en die strategiese omgewingsimpakstudie.

Voorleggings is aangebied deur Alice Pienaar-Marais, SKA SA se bestuurder: grond en institusionale bestuur; Selaelo Matlhane, SKA se spektrum- en kommunikasie-bestuurder; en Dr Adrian Tiplady, SKA SA se hoof van strategie en sakeprosesse.

Pienaar-Marais se voorlegging het getoon dat die totale aantal hektaar wat geraak word deur aankope vir die SKA-projek sowat 117,968 hektaar beslaan op 36 eiendomme. Hiervan is die kleinste eiendom 264 hektaar, die grootste 8,731 hektaar en die gemiddelde grootte 3,276 hektaar. Die SKA-projek benodig in totaal 132,000 hektaar om die projek te vestig. Sover het SKA SA reeds 46,430 hektaar (wat Meysdam en Losberg insluit) aangekoop en ‘n verdere 10,360 hektaar is bekom deur die sluit van serwituut-ooreenkomste.

Transaksies is reeds gesluit met 10 eienaars van 11 eiendomme. Vier van dié 11eiendomstransaksies wat reeds afgehandel is word aangespreek deur die serwituut-transaksies. Die sluit van hierdie serwituut-transaksies is ‘n bewys van SKA SA se pogings om alle oplossings

Dr Adrian Tiplady, SKA SA se hoof van strategie en sakeprosesse, doen ‘n voorlegging aan die gemeenskap van Brandvlei in die Noord-Kaap.

SKA SA dra Noord-Kaapse gemeenskappe se belange op die hart

te ondersoek en ‘n gemeenskaplike ooreenkoms te vind.

Pienaar-Marais het ook uitgebrei oor die vyf stappe wat die SKA SA neem om die onderhandelings oor grondaankope te finaliseer: kennisgewing aan geaffekteerde grondeienaars; eiendomswaardasies en om spesialis-studies te onderneem; om die onderhandelingsproses te onderneem; die maak van ‘n formele aanbod; en die laaste stap, onteining. Sy het ook beklemtoon dat die laaste stap slegs oorweeg sal word indien alle moontlike opsies uitgeput is en die onderhandelings om die betrokke grond aan te koop, op ‘n dooie punt uitgeloop het.

Matlhane se voorlegging het oor konnektiwiteit gehandel, een van die brandpunte van die sessies. Hy het beklemtoon dat SKA SA reeds ‘n alternatiewe manier van kommunikasie het, in die vorm van vaste lyn VSAT-dienste vir verskeie lede van die verskillende gemeenskappe wat deur SKA SA gesubsidieer word. SKA SA beplan ook om ‘n mobiele kommunikasie netwerk te bewerkstellig om die bestaande kommunikasiedienste te vervang of komplementeer via GSM - afhangende van die afstand vanaf die SKA teleskope - of om kommunikasiedienste te voorsien waar daar huidiglik geen is nie. ‘n Ope tender proses word gevolg om te verseker dat die beste tegnologie bekom word en wat ook meer “radio astronomie vriendelik” is.

Matlhane het beklemtoon dat SKA SA nóú saamwerk met kommunikasie-diensverskaffers om so gou moontlik ‘n allesomvattende oplossing te vind waaruit al die betrokke partye voordeel kan trek.

SKA SA het reeds meer as 300 huise in afgeleë gebiede wat ook 20 plaaswerkers se wonings insluit, van bekostigbare breëband-satellietverbindings voorsien danksy ‘n vennootskap tussen SKA SA en Vox Telecom. Die projek sluit ook ‘n mobiele telekommunikasie-oplossing in wat op ‘n frekwensie bedryf sal word wat nie met die werking van SKA SA of die astronomie-fasiliteit sal inmeng nie.

Tiplady het uitgebrei oor die opgradering van die 80 kilometer lange pad tussen Carnarvon en die Losberg-perseel en gesê dat die projek sowat 50% voltooi is.

NMC Civils is deur middel van ‘n ope tenderproses aangewys om die pad te bou tussen die R63 (wat Carnarvon en Williston verbind) en die SKA-perseel. SKA SA het seker gemaak dat die plaaslike gebruik-klousule ingesluit is waardeur verseker word dat nie minder nie as 14% van die totale kontrakwaarde aan plaaslike

kontrakteurs toegeken word. Ten tyde van publikasie, het dié getal reeds meer as 20% beloop.

Die kontrakteurs is verder gehelp deur ‘n unieke vennootskap tussen SKA SA en Absa, wat onderneem het om laekoste-lenings aan die sub-kontrakteurs te verskaf. Hierdie befondsing is geoogmerk om ondersteuning te bied deur middel van oorbruggingsfinansiering. Die waarde van dié finansiele bystand beloop ongeveer R34,5 miljoen.

Opleiding in besigheidsvaardighede, soos byvoorbeeld die opstel van tenders, begrotings en kontantvloeistate, is aangebied aan 24 plaaslike sub-kontrakteurs. Die het hulle in staat gestel om mededingend te kan kompeteer vir beskikbare werkspakkette uit die padkonstruksieprojek. ‘n Verdere uitvloeisel van hierdie opleiding plaas die plaaslike kontrakteurs in staat om vir enige staatstender mededingend te kan kompeteer.

Tot op hede beloop die geskatte waarde van die padprojek sowat R226 miljoen, en sowat R30 miljoen daarvan is toegeken aan plaaslike besighede.

Nóg bykomende kontrakte ter waarde van sowat R9 miljoen gaan in die afsienbare toekoms geadverteer word waarvoor SKA SA plaaslike sub-kontrakteurs sal uitnooi om aansoek te doen.

Tiplady het ook genoem dat, ten tyde van publikasie, 197 plaaslike werksgeleenthede tot dusver deur middel van konstruksiewerk geskep is. Die pad sal na verwagting vroeg in 2017 voltooi wees.

Nóg bykomende kontrakte ter waarde van sowat R9 miljoen gaan in die afsienbare toekoms geadverteer word waarvoor SKA SA plaaslike sub-kontrakteurs sal uitnooi om aansoek te doen.

Page 5: NK Nuusbrief #3-4.indd

SKA SA Noord-Kaap Nuus | 05

1. WerKSKeppiNg eN eKoNomieSe oNtWiKKeliNg

Sal die gemeenskap baat vind by werkskepping uit die projek?Staatstenders vereis dat voorsiening gemaak moet word vir plaaslike ontwikkeling en die skep van werksgeleenthede. As ‘n mega-projek wat onderneem word deur die Suid-Afrikaanse regering, is SKA SA geen uitsondering nie.

Werksgeleenthede vir plaaslike werkers was reeds geskep vir 197 individue as deel van die opgradering van die pad na SKA se Losberg-perseel. Tot dusver beloop die geskatte waarde van dié padprojek sowat R226 miljoen, en sowat R30 miljoen daarvan is toegeken aan plaaslike besighede.

Die ooreenkoms wat SKA SA beding het met Absa, naamlik dat ondersteuning gebied word aan plaaslike kontrakteurs vir oorbruggingsfinansiering, is ‘n verdere bewys van SKA SA se toewyding aan plaaslike ekonomiese ontwikkeling.

Hoeveel mense van die area sal voortaan vir SKA SA bly werk sodra die teleskoop ten volle opera-sioneel is?Ons werk tans aan ‘n instandhoudings-, administrasie- en grondbestuursplan. Tans is daar sowat 150 plaaslike inwoners in diens van SKA SA wat net gemoeid is met instandhouding. Ons kan vooruitskat dat daar teen 2030 sowat 300 mense net aan instandhouding sal moet werk. Grondbestuur wat gemik is daarop om moontlike verliese aan werksgeleenthede teen te werk, sal ook bydra tot plaaslike werkskepping.

Hoekom is dit net mense van Carnarvon wat aangestel word as projekbestuurders en nie beter gekwalifiseerde mense van Van Wyksvlei nie? Van Wyksvlei lê binne die SKA SA-gebied en Carnarvon daarbuite.Alle aanstellings binne SKA SA word volgens die Menslike Hulpbron-prosesse bestuur, soos bepaal deur die Nasionale Navorsingstigting, ’n gelyke indiensneming werkgewer. Alle beskikbare poste word geadverteer. Kortlyste en evaluerings word gedoen op grondslag dat mense toepaslike kwalifikasies en vaardighede het vir die betrokke posisies. Gelyke indiensnemingskomitees is aangestel om deursigtigheid te verseker en dat daar voldoen word aan die demografie-kwotas.

Alle kandidate wat om geadverteerde poste aansoek gedoen het, kan inligting

aanvra rakende die aanstellingsproses en kan ‘n voorlegging doen indien beweerde ongerymdhede bewys kan word. Van Wyksvlei, Carnarvon, Williston en Brandvlei is ingesluit in die Sentrale Karoo Astronomievoordeelgebied (AAA) soos gepubliseer in die Staatskoerant op 12 Maart 2014.

Daar is nie met die gemeenskap beraadslag gedurende die be-planningsfase nie. Hoe sal die gemeenskap en sakebelange kan voordeel trek uit die projek as die produktiewe / winsgewende plase in die omgewing nie meer bestaan nie?SKA SA het in 2010 ‘n belangegroepe-bestuurder aangestel wat gemoeid was om gemeenskapforums te help stig in elk van die omliggende dorpe met spesiale belangegroepe. Die doel was om ‘n oop benadering oor konsultasie te handhaaf.Die SKA SA se Besturende Direkteur, Dr Rob Adam het die uitgewys dat die karakter van die gemeenskap waarskynlik deur die SKA beïnvloed sal word, maar alle stappe word geneem om te verseker dat SKA SA ekonomiese groei aanwakker in die streek. Nie alle produktiewe en kommersieël bewerkbare plaasgrond in die Karoo word deur SKA bekom nie.

Hoe weet ons die tenders is vir die instandhoudingkontrakte? Lede van die plaaslike gemeenskap wil hul dienste hiervoor aanbied.Dit is ‘n vereiste dat alle tenderbepalings van alle regeringstenders in die Staatskoerant gepubliseer moet word.Die doel is dat die bieërs ‘n poging moet aanwend om die gemeenskap te raadpleeg en met hulle te beraadslag oor deelname aan instandhoudingsprojekte. SKA SA gee toe dat meer gedoen moet word in dié verband.

Daar is geen bewys van enige van die Williston-inwoners wat betrokke is by die kontrakte en sub-kontrakte nie. Wie is die Williston-inwoners betrokke by die projek?Ons weet nog nie die presiese getal deelnemers per dorp nie. SKA SA sal die inligting nagaan en dit by die volgende inligtingsessie deel.

Is dit in openbare belang om die plase te onteien en is dit nodig om die gemeenskap ekonomiese skade te berokken?Alle moontlike opsies sal ontgin word om by ‘n gemeenskaplike ooreenkoms uit te kom ten opsigte van grondaankope. Dit is nie in die belang van SKA om grond te onteien nie, en tot op hede is geen plase onteien nie. Die projek sal vir minstens 50 jaar of langer aan die gang wees. Meer as R34 miljoen is reeds in plaaslike konstruksie-maatskappye gestort as gevolg van net een projek - die opgradering van die pad na die SKA-perseel. Daar is nog baie konstruksiewerk wat sal plaasvind gedurende die volgende fases. Al hoe meer plaaslike leerlinge matrikuleer nou met wiskunde en wetenskap. Die ooreenkoms tussen SKA SA en Absa om oorbruggingsfinansiering te voorsien aan plaaslike kontrakteurs sal dit makliker maak vir plaaslike besighede om deel te neem aan en voordeel te trek uit die konstruksie van die SKA. Daar is gedurig vaardigheidsontwikkelingsprojekte aan die gang waaruit lede van die plaaslike gemeenskappe kan voordeel trek. Die SKA SA-projek het reeds grootskaalse beleggings gelok van internasionale organisasies. Die SKA SA-projek is toegewyd daaraan om die pogings te ondersteun om ‘n Suid-Afrikaanse kennisekonomie te bou.

Page 6: NK Nuusbrief #3-4.indd

06 | SKA SA Noord-Kaap Nuus

Wat is die plan vir die plaaswerkers wat hul werk gaan verloor sodra die grond verkoop is aan SKA SA?Plaaswerkers wat tans werk vir van die grondeienaars wat die 36 eienedomme wat geraak word besit, sal die keuse gebied word om vir SKA te werk as hul huidige werkgewers nie meer hul dienste benodig nie. Plaaswerkers wat deur SKA SA aangestel word, sal ingesluit word in die grondbestuurplan. Daar is beperkte grond beskikbaar in die gebied. Wat is die planne van aksie om die plaaseienaars tegemoet te kom wat ook wil verhuis?Die program vir grondaankope reken kwantifiseerbare verliese in as deel van die onderhandelingsproses. Hierdie verliese sal op ‘n individuele grondslag oorweeg en ingereken word in die finale aanbod.

Wat is die situasie aangaande toegang tot familiebegraafplase op onteiende grond?SKA SA verbind hom daartoe om alle familiebegraafplase te onderhou op die plase wat aangekoop sal word. Familielede is welkom om die begraafplase te besoek in ooreenkoms met SKA SA wat betref die tye en datums wanneer hulle dit wil doen, sodat hulle toegang gebied kan word.

Hoe sal die hervestiging en heraanstelling van plaaswerkers hanteer word?

Ons werk tans aan ‘n strategie vir grondbestuur wat plaaswerkers sal insluit. Daar is ‘n begroting beskikbaar om plaaswerkers wat hierdeur geraak word by te staan.

SKA SA het tot dusver aangedui dat die toestande nie boerdery sal toelaat nie. Kan die situasie nie aan die plaaseienaars verduidelik word sodat hulle self kan besluit of hulle onder dié toestande sal kan aangaan met boerdery of nie? Dit kan dalk ‘n beginpunt wees vir grondonderhandelings?Hierdie geleenthede is reeds aan bestaande plaaseienaars gegee. Van die 11 eiendomme wat reeds gekoop is, het vier (4) van die grondeienaars reeds alternatiewe ooreenkomste aangegaan in die vorm van serwitute. Elke plaas word individueel geëvalueer om te bepaal of ‘n alternatiewe ooreenkoms aangegaan kan word met die eienaar. Sodra SKA SA die grond gekoop het, sal ‘n grondbenuttingsproses ingestel word om die moontlikhede te oorweeg vir potensiële boere om die grond verder te benut. SKA SA sal egter die grond moet onderhou om sodoende moontlike radiofrekwensie-versteurings te beheer sodat die teleskope se funksies nie versteur word nie.

SKA SA het grond gekoop, veral skaapplase, in die Beaufort-Wes-omgewing vir die vestiging van

nasionale parke. Hoekom het daardie boere so vinnig en gewillig verkoop? Is dit te wyte aan die feit dat hulle nie meer die toename van roofdiere in die omgewing kon hanteer wat ‘n bedreiging inhou vir hul vee nie?SKA SA het nie enige eiendom in die Beaufort-Wes-gebied gekoop nie. Die grond wat benodig word vir die SKA beloop sowat 132 000 hektaar. SKA SA het ‘n ooreenkoms aangegaan met die Suid-Afrikaanse Omgewingsobservasienetwerk (SAEON) om studies te onderneem wat sal leiding gee oor hoe om die grond te bestuur. As ‘n internasionale spog-wetenskapsprojek is dit ‘n sleutelvereiste dat die SKA wys dat dit verbind is daartoe om die grond en die infrastruktuur verantwoordelik te bestuur.SAEON is gevra om ekologiese waarnemings op langermyn te onderneem om inligting te verskaf oor klimaats- en grondgebruiksveranderings in Suid-Afrika vir wetenskaplike gebruik. Die resultate van dié studies sal SKA SA in staat stel om die SKA-perseel effektief te bestuur volgens die beste praktyke wat betref ekologiese beginsels en om besluite te neem oor ekologiese veranderinge of probleme op die perseel soos dit voorkom. Potensiële kwessies sluit in die beheer van indringerplante, herbivoor- en roofdier-bestuur en verwante veranderinge in die veldtoestande. Hierdie probleme vereis basislyndata om die toestand te bepaal waarteen die veranderinge en die resultate

2. plASe, boerdery eN plAASWerKerS

Page 7: NK Nuusbrief #3-4.indd

SKA SA Noord-Kaap Nuus | 07

van die bestuursaksies gemeet kan word.

Daar word gesê dat ‘n dokument wat reg van toegang voorbehou nou deur plaaseienaars geteken moet word wat SKA SA toegang sal gee tot die serwitute. Gee dit aan enige een lewenslange toegangs-reg? Hoe sal SKA SA die reg van toegang kwessie bestuur sonder om die plaaseienaar se veiligheid in terme van hekke ensovoorts te benadeel?Elke persoon wat toegang tot die serwitute wil hê sal ‘n vorm van identifikasie moet dra wat hulle teenwoordigheid sal kan verduidelik.

Is die projek net beperk tot twee fases of sal daar nog fases wees? Met ander woorde, watter beperkinge is daar op uitbreiding in die area?Die SKA-projek bestaan slegs uit twee fases. Na verwagting sal die huidige proses van grondaankope voorsiening maak vir al SKA se vereistes.

Is genoegsame studies gedoen om te bepaal of sterrekyk en boerdery saam kan werk? Is dit in openbare belang om voort te gaan met dié projek?SKA SA oorweeg gedurig alternatiewe oplossings wat sal verseker dat die grond optimaal benut word. Toe Losberg en Meysdam oorspronklik gekoop is, was dit duidelik dat die vereistes oor radiofrekwensie-versteurings nie voorsiening maak vir boerdery-aktiwiteite in die gebied nie. Vier van die 11 grondeienaars wat kontrakte gesluit het met SKA SA het alternatiewe ooreenkomste aangegaan. Hierdie vier grondeienaars het serwituut-ooreenkomste met SKA SA aangegaan gebaseer op die eiendomme se onderhewigheid aan die vereistes vir radiofrekwensie-versteurings. Sodra die grond aangekoop is, sal SKA SA die opsies oorweeg oor hoe die grond optimaal benut kan word.

SKA probeer ook homself só posisioneer om by te dra tot Suid-Afrika se kennisekonomie deur die stimulering van die hoë tegnologie sektor. Die sosio-ekonomiese toestande van die gemeenskappe wat naby die SKA-perseel woon is ‘n sleuteloorweging vir die SKA SA-bestuurspan. Ons is daartoe verbind om hierdie gemeenskappe te ontwikkel en sakegeleenthede vir klein besighede te skep in die gebied waar sulke aktiwiteite strook met ons besigheid. Dit word gedoen deur samewerking, wat deur SKA SA geïnisieer is, tussen Absa, ons siviele

ingenieurskontrakteur NMC Civils, en SKA SA, waardeur maatskappye van die plaaslike dorpe rondom die SKA-perseel van oorbruggings-finansiering voorsien word wat hulle sal help om deel te neem aan die konstruksiewerk aan die pad na die perseel. Die langtermyn-strategie daaragter is om plaaslike maatskappy gereed te kry om deel te neem aan die konstruksie van die eerste SKA-fase.

SKA SA het egter gefokus daarop om vaardighede en geleenthede vir jong mense van Carnarvon en die omliggende dorpe te ontgun, as deel van die SKA SA se ontwikkelingsprogram vir menslike kapitaal. Van die resultate is as volg: • SKA SA het sedert 2011 sowat 105

studiebeurse toegeken aan leerders van omliggende dorpe om Carnarvon Hoërskool by te woon. Dit is die enigste hoërskool in die area wat wiskunde en wetenskap aanbied. Vyf van hierdie leerders het matriekvrystellings behaal in wiskunde en wetenskap in die 2015 Nasionale Sertifikaat Eksamen - ‘n eerste vir Carnarvon Hoërskool - en studeer tans aan universiteite regoor Suid-Afrika in fisika en rekenaarwetenskap met behulp van studiebeurse van SKA SA.

• SKA SA het 65 beurse vir vakleerlinge en talle vir tegniese studies toegeken aan jong mense van die Karoo. Sewe van dié jong mense voltooi tans hul indiensopleiding by die Losberg-perseel, 90 kilometer buite Carnarvon, en sal werk as elektrisiëns, dieselwerktuigkundiges, passer-en-draaiers, en in instrumentasie en beheer by SKA SA.

• SKA SA het sover al baie jong mense van die Carnarvon-gebied in diens geneem, vier van hulle as jong interns nadat hulle opleiding in die tegnologie van optiese vesels voltooi het.

• Sover het SKA SA reeds meer as R2.5 miljoen bestee aan skootrekenaars, opleiding en konnektiwiteit, met 366 nuwe rekenaars met die nuutste sagteware wat aan skole en die biblioteek in Carnarvon geskenk is.

“Groot Data” word gesien as die gebied met die grootste potensiaal vir ‘n wyer voordeel vanaf Suid-Afrika se betrokkenheid met MeerKAT en die SKA. Die Interuniversitêre Instituut vir Data-intensiewe Astronomie (IDIA) is by die Universiteit van Kaapstad bekend gestel, met sy vennote Noordwes-universiteit, die Universiteit van Wes-Kaapland en die Sol Plaatje-universiteit wat genooi is as ‘n assosiaat-lid. Dit is om daarop te fokus om Suid-Afrikaanse wetenskaplikes in staat te stel om internasionaal kompeterend te wees in dié nuwe era van data intensiewe navorsing.

‘n Aanvanklik sal daar gefokus word op pogings om MeerKat se projekte gemik op groot opnames te steun.

Wanneer sal ‘n lys van die geaffekteerde plaaseienaars beskikbaar wees?‘n Kaart is in Oktober 2015 gepubliseer wat die plase en eienaars in die geaffekteerde gebiede toon. Die aantal geaffekteerde plase is intussen verminder vanaf 150 na 70 nadat ‘n proses gevolg is om die potensiële impak soveel as moontlik te verminder. Die eienaars is gekontak sodat al die inligting beskikbaar is aan die individue, insluitend besonderhede oor die manier waarop hulle geraak word. Alle opsies word oorweeg. Die inligting sal ook by die AFGRI-kantore beskikbaar wees.

Hoe affekteer die projek werkers in verwante bedrywe, byvoorbeeld in skaapslagtery?Daar is tans studies aan die gang wat tesame met besighede sal werk om die kwessie aan te spreek en ‘n oplossing te vind.

Kan plaaswerkers eis vir vergoeding indien ‘n plaas verkoop word?Elke saak sal op meriete beoordeel word en daar is planne om die plaaswerkers in te sluit in die vergoedingspakket. Die besluit sal berus by die plaaswerkers oor of hulle wil bly by hul huidige werkgewers of wil verhuis.

Wat word gedoen om die wild in die gebied te bewaar?Ons is tans besig met ‘n strategiese omgewingsimpakstudie in samewerking met die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR). Baie min inligting is tans bekend en dit is dus ‘n gulde geleentheid vir navorsing op dié gebied. Daar is planne om die omgewing te bestuur en te ontwikkel.

Page 8: NK Nuusbrief #3-4.indd

08 | SKA SA Noord-Kaap Nuus

Kan al die inligting oor die spirale nou bekendgemaak word?Die aantal spirale is verminder vanaf vyf tot drie as gevolg van gevorderde tegnologie en om koste te bespaar. Dit verbeter ook die werking van die teleskoop. SKA SA sal seker maak dat nog inligting oor die spirale bekend gemaak word sodra dit tot ons beskikking kom.

Wat is Fase Twee?Die finale gedetailleerde ontwerpe is nog nie beskikbaar nie, nie. Slegs ‘n konsepdokument is beskikbaar. SKA SA sal seker maak dat nog inligting oor die spirale bekend gemaak word sodra dit tot ons beskikking kom.

Sal bykomende antennas later op-gerig word waar slegs ‘n paar nou beplan word?

Die ontwerp van die spirale sal dalk die aantal antennas vermeerder, maar dit sal nie buitensporig wees nie en ‘n groot meerderheid sal geleë wees op die grond wat reeds gekoop is.

Daar is min inligting bekend oor serwitute in die Vosberg-gebied.Die inligting sal bekend gemaak word.

Hoe lank sal die tydelike kantore gebruik word?Daar is reeds antennas wat in werking sal wees vanaf Junie 2017, maar die plan is om die elektroniese toerusting wat dalk met die seine kan inmeng, vanaf einde Maart 2017 te begin skuif.

‘n Pad en ‘n vliegveld word gebou en plaashuise word in kantore omskep. Sal die plaaseienaars wat

onveranderd voortgaan ‘n impak hê op die SKA-seine? Die vliegveld word gebruik tydens die konstruksiefase. Sodra die projek aan die gang is, sal die vliegveld slegs as ‘n noodfasiliteit gebruik word. Die huise wat in kantore omskep word is ‘n tydelike maatreël. Dit sal ontruim word sodra die projek onderweg is. Die pad verleen toegang tot die Losberg-perseel. Daar sal dus nie baie verkeer op die pad wees nie en dit hou ‘n minimale risiko vir die sein in.

Verduidelik asseblief hoekom dit nodig is om bestaande infrastruk-tuur te verwyder in sekere areas?Waar daar elektriese of soortgelyke installasies is naby of by die kern van die perseel, bestaan daar ‘n hoë risiko vir skade aan die antennas en die ontvangers. Dit moet om dié rede verwyder

3. iNfrAStruKtuur

Page 9: NK Nuusbrief #3-4.indd

SKA SA Noord-Kaap Nuus | 09

word. Indien ‘n struktuur nie inmenging veroorsaak nie, sal dit behoue bly, maar indien wel, moet dit verwyder word. Indien daar ‘n versteuring is naby enige installasie, sal die plaaseienaar betrek word by dié proses.

Is die besluit om nie elektriese heinings op te rig rondom die SKA-gebied nie weens ‘n werklike probleem of net om kostes te bespaar? Sal die gebied oor 130,000 hektaar strek of sal dit mettertyd uitbrei? Is dit die rede hoekom daar nie elektriese heinings opgerig is nie?Hoewel die projek net 132,000 hektaar sal beslaan, sal daar dalk bykomende serwitute wees om plek te maak vir die spiraal-arms. Elektriese heinings gee radiofrekwensie-versteurings af. Grensheinings sal opgerig word rondom die astronomie-bewaargebied.

Ons verstaan dat vlugbeperkings geld oor en rondom die gebied. Hoe sal hierdie beperkinge Carnarvon, Van Wyksvlei en ander plekke rondom die gebied affekteer?Vlugkommunikasiedienste is lewensbelangrike dienste, en kan dus nie afgesny word nie omdat dit lewensbedreigend kan wees. Dit is moontlik dat daar beperkinge direk bo die SKA teleskope sal wees, maar ons konsulteer tans met die lugvaart-sektor om ‘n beskermingsplan te ontwikkel wat gepas sal wees vir beide die SKA en die lugvaartowerheid.

Sal die lugruim afgesper en gaan dit gereguleer word wanneer vlugte moet land en opstyg in die gebied?Daar is tans geen regulasies wat lugvaart sal raak nie, en ons konsulteer met die relevante partye om ‘n oplossing hiervoor te vind. Daar is wel beraadslaag met alle belanghebbendes om oplossings te vind vir al die probleme. Kommersiële vlugte op ‘n baie hoë hoogte sal nie geraak word nie.

Hoekom is in die aanvanklike bod [om die teleskope te bou] wyd en syd verkondig dat die gebied radiostil is, ekonomies onbelangrik en ‘n woestyngebied is?Dit is nie noodwendig waar nie. Die gebied is gekies gebaseer op sewe jaar van wetenskaplike ontleding deur ‘n internasionale groep onafhanklike navorsers. Die finale keuse is gegrond op baie streng kriteria. Die status van die omgewing was daarom baie duidelik

voordat die gebied geselekteer is. Ons is egter bewus daarvan dat die SKA ‘n impak sal hê op die omgewing en op die gemeenskappe in die gebied. Om hierdie rede is ‘n omgewingsimpakstudie tans onderweg om hierdie impakte op die beste manier te bestuur en te versag. Dit is waar dat die gebied nie 100% radiostil is nie, maar dit voldoen aan die vereistes terwyl dit nog steeds toegang tot die perseel bied. Die term “radiostil” is ‘n term wat wyd aanvaar word binne die radio astronomie gemeenskap en in die Internasionale Telekommunikasie Unie. Dit beskryf ‘n gebied wat beskerm word vir die doel om radio astronomie waarnemings te doen.

Wat het die Karoo meer gunstig gemaak as Australië?‘n Aantal tegniese studies en ontledings is vooraf gedoen om die mees gunstige gebied te bepaal. Beide lande is aangestel as gasheer vir die SKA-teleskoop. ‘nRadiostil gebied, die wetenskaplike eienskappe van die twee persele, die tegniese oplossings en konstruksiekostewas twee van die vernaamste oorwegingswaarop die beslissing berus het.

Raak die projek ook inwoners van Fraserburg en sal dit uitbrei na Sutherland toe?Daar is inligting beskikbaar op die SKA SA-webtuiste wat die gebiede beskryf wat deur die proses van grondaankope. Inligting is ook beskikbaar oor die struktuur van die spiraalarms en die gebiede wat hierdeur geraak word.

Wat gebeur met die hoofpaaie tussen Carnarvon en Williston asook Carnarvon en Brandvlei?Die roetes sal nie toegemaak word nie, maar op dele daarvan wat op SKA se grond is, sal toegangsbeheer toegepas word vir moniterings-doeleindes.

Page 10: NK Nuusbrief #3-4.indd

10 | SKA SA Noord-Kaap Nuus

Die inligting wat aanvanklik verskaf is, is dat slegs tussen twee en vier plase aangeskaf sou word vir die projek en die res van die grond wat vereis word, sou op ‘n serwituut-basis aangeskaf word. Inligting dui daarop dat grondonteiening nou op ons afgedwing gaan word. Is dit korrek en sal SKA openlik wees oor die proses van onteiening?Die SKA SA-projekbestuurder het destyds inligting bekendgemaak so ver sy kennis hieroor gestrek het in 2011. Dit het egter, soos die projek ontwikkel het, aan die lig gekom dat die 132,000 hektaar waarvan tans gepraat word, al grond is wat die SKA sal benodig. Enige bykomende grond sal as serwitute bekom word. SKA benodig grond in Botswana, Namibië en ander Afrika-lande vir fase twee. Geen ander grond naas die serwitute word in die Karoo benodig nie.

Kan die uitkoop van plase nie eerder in serwitute verander word nie?Omdat die stasies in die kern van die projek so dig is soos bepaal deur wye navorsing op die optimale gebruik van die stasies, is daar vasgestel dat enige aktiwiteit naby die kern skadelik sal wees vir die teleskoop. Soos jy wegbeweeg van die kern, is die stasies verder uitmekaar geleë en die risiko is minder as nader aan die digte kern. In sulke gevalle is serwitute werkbaar.

Wanneer sal roofdierbeheer in werking kom?‘n Datum kan vasgestel word en SKA sal daarby hou.

Wie was verantwoordelik vir die belasting met betrekking tot die verkoop van die grond, lewende hawe en toerusting?

‘n Inligtingsessie is gehou met die geaffekteerde plaaseienaars. Sowat 20 mense het dit bygewoon. BTW is reeds bygevoeg in die waarde wat aangebied word. Dieselfde geld vir ander belange wat nie deur belasting gedek word nie, en sluit verhuisingskoste ook in.

Is julle seker dat verkoopstransaksies wat afgedwing word deur die Konstitusionele Hof bekragtig sal word – SKA SA is van internasionale belang en dit mag dalk nie in die belang van die plaaslike gemeenskap wees nie?SKA het regsadvies ingewin en is verseker dat dit bekragtig sal word.

4. progrAm vir groNdAANKope

Page 11: NK Nuusbrief #3-4.indd

SKA SA Noord-Kaap Nuus | 11

Wat is die implikasie waar daar ‘n geskiedkundige grondeis is op plase wat aangekoop word vir die projek? Sal enige eisers ook finansieel voordeel hieruit trek of dit misloop weens die projek?Voorsiening word gemaak vir grondeise waar vergoeding betaal sal word aan suksesvolle eisers. SKA het al die geskiedkundige grondeise oorweeg wat aanhangig gemaak is toe dit die grond vir die oorspronklike perseel oorweeg het.

Wie onteien die grond – SKA of die regering?Die regering sal die grond besit maar SKA sal die grond gebruik en in stand hou.

Verduidelik asseblief die redes vir die onteiening van die grond in terme van die grondwetlike redes. Is dit strategies of ekonomies van aard of weens ‘n grondeis?Dit is strategies. SKA is ‘n strategiese proses te einde ‘n kennisekonomie te ontwikkel en bou in Suid-Afrika. Dit is kritiek vir ekonomiese groei in die land, omdat dit nodig is om weg te beweeg van ‘n hulpbron-gebaseerde ekonomie, byvoorbeeld goud, diamante en platinum, omdat dit vinnig verminder in Suid-Afrika. Die SKA sal ook belangrike direkte internasionale beleggings lok, en Suid-Afrika se reputasie as ‘n bestemming vir belegging in die hoër tegnologie sektor en ondernemings verstewig.

SKA is ‘n strategiese proses te einde ‘n kennisekonomie te ontwikkel en bou in Suid-Afrika. Dit is kritiek vir ekonomiese groei in die land, omdat dit nodig is om weg te beweeg van ‘n hulpbron-gebaseerde ekonomie, byvoorbeeld goud, diamante en platinum, omdat dit vinnig verminder in Suid-Afrika. Die SKA sal ook belangrike direkte internasionale beleggings lok, en Suid-Afrika se reputasie as ‘n bestemming vir belegging in die hoër tegnologie sektor en ondernemings verstewig.

Page 12: NK Nuusbrief #3-4.indd

12 | SKA SA Noord-Kaap Nuus

Beloftes is gemaak dat die gemeenskap toegang sal verkry tot die optiese netwerk en ook telefone. Gaan dit nog toegepas word? Ons is van plan om kommunikasie-opsies en subsidies daarvoor te oorweeg. Ons is ook in die proses om ‘n oplossing vir mobiele kommunikasie te vind wat sal werk buite die kritiese frekwensies waarop die teleskoop sal werk. Ons hoop om dié netwerk binne twee jaar ten volle geïnstalleer en werkend te hê.

Hoekom gebruik julle nie die bestaande selfoontorings nie? Nuwe torings moet opgerig word buite die area waar dit die teleskoop-sein sal versteur. Navorsing word nog gedoen oor wat die beste manier sal wees om dit te doen.

Sal daardie fone toegang tot Whatsapp en die internet kan bied? Ons vereistes is vir stem- en data-oplossings. Infrastruktuur daarvoor sal teen die einde van die jaar beskikbaar wees.

Hoe lank gaan die regulasies in plek wees? Regulasies kan enige tyd aangepas word, afhangende van die assessering. Dit kan net bekragtig word nadat al die geskrewe voorleggings hieroor oorweeg is. Dit sal egter nie deur die Minister verander word sonder goeie rede en openbare konsultasie nie.

Sal ons ‘n normale telefoon ook benodig sowel as die fone wat julle voorsien? Die SKA het beplan om ten volle gesubsidieerde fone aan die gemeenskap te verskaf. Huidige selfone kan wel gehou word omdat selfoontoegang nie geraak sal word as gevolg van regulasies in die plaaslike dorpe nie. SKA ondersoek die moontlikheid dat elke gebruiker slegs een kontrak en rekening sal hê.

Sal ons bybly met hedendaagse tegnologie of sal ons in 20 jaar nog steeds sit met dieselfde fone? Ons sal verseker dat die netwerk bybly met hedendaagse tegnologie.

Sal ons huidige selfoonontvangs afgesny word voordat ons die nuwe SKA SA-fone kry of sal ons die nuwe fone kry voordat ons toegang afgesny word? Beslis die tweede opsie. Niemand sal op enige stadium afgesny word van kommunikasie nie.

Sal ons goedkoop oproepkoste hê?Die tendervereistes vereis bekostigbaretariewe vir almal. Deel van die subsidie wat deur die SKA voorsien word, is om te verseker dat die bedryfskoste bekostigbaar is vir almal.

Maak asseblief seker dat die sein in die Vosburg-area nie in gedrang kom nie. Sal daar ‘n kommunikasie-netwerk beskikbaar wees by Vosburg? Ons beding tans met die diensverskaffers oor die verlies van sein. Dit is nie as gevolg van SKA SA-aktiwiteite in die gebied nie. Die ses beplande stasies sal Vosburg ook insluit. Toe ons aansoek gedoen het vir die toegangs-instrument, moes ons ‘n bewys van inkomste wys. Hoekom? Die digitale televisie migrasie-proses is ‘n nasionale program wat deur die Departement van Kommunikasie bestuur word. As deel van die nasionale program, word miljoene huishoudings in Suid-Afrika voorsien van gesubsidieerde toegangs-instrumente. ‘n Bewys van inkomste moet getoon word om te kwalifiseer vir die subsidie. Die SKA het egter met die Departement van Kommunikasie ooreengekom dat die huishoudings binne die SKA-gebied ten volle gesubsidieer word.

Hoekom word die fone net geïnstalleer wanneer die plaaseienaars daarvoor betaal het? Hoekom kan dit nie direk by die plaaswerkers se huise geïnstalleer word nie? Enigeen kan om ‘n verbinding aansoek doen. Die installering van die fone is onderhewig aan ooreenkomste wat aangegaan is met die persoon wat aansoek om die verbinding gedoen het.

Daar is ‘n probleem met die geïn-stalleerde alternatiewe fone waar die werkers toegang het tot slegs een foon wat naby aan die plaas-opstal geleë is. Hulle kan gevolglik nie oproepe ontvang nie omdat die foon vêr van hulle huise af geleë is. Ons het besef daar is ‘n probleem en daar is ‘n twee tenderproses aan die gang waardeur mobiele eenhede aan die gemeenskap verskaf sal word sodat daar meer opsies beskikbaar is.

Omdat ons dubbele koste sal aan-gaan vir die plaaslike (satelliet)foon toegang en om ‘n gewone foon te gebruik buite die kritieke area, sal daar enige subsidies wees? Die enigste koste waarvoor jy verantwoordelik sal wees is wanneer jy oproepe maak of ontvang deur die normale selfoon-infrastruktuur. Oproepe wat gemaak word vanaf die voorgestelde mobiele kommunikasienetwerk sal koste-effektief wees, en tot voordeel vir die verbruikers op die netwerk.

Is dit waar dat ‘n nuwe selfoondiens in die gebied geïnstalleer gaan word? SKA SA sal alternatiewe dienste aanbied waar die bestaande dienste deur die projek geaffekteer word.

Nie alle plaaswerkers het tans telefoonlyne nie, wat gaan daaromtrent gedoen word? ‘n Mobiele oplossing sal in plek wees wat

5. KoNNeKtiWiteit

Page 13: NK Nuusbrief #3-4.indd

SKA SA Noord-Kaap Nuus | 13

almal sal kan akkomodeer wat nie toegang het tot die vastelyn-telefone nie.

Sal die tweerigting radio-oplossing dan buite die kritieke frekwensie werk? Die radio-oplossing sal op ‘n frekwensie op die 100-200MHz band wees, en permissie sal verkry word om dit te doen. Sal die selfoon-oplossing ook gebied word aan areas 100 kilometer hiervandaan? Die radio-oplossing sal moontlik verlengbaar wees, soos en wanneer daar ‘n nood is vanaf die verbruikers. In die eerste fases sal die dekking ten minste oor ‘n paar honderd kilometer strek.

Watter alternatiewe is daar beskikbaar vir die lede van die gemeenskap aan wie nie alternatiewe opsies gebied is nie maar wie se seine nog steeds geraak word?Elkeen in die Sentrale Karoo kan aansoek doen om die alternatiewe opsies. Indien die satelliet binne die area is, kwalifiseer jy vir die alternatiewe opsies. Geen dienste sal afgesny word sonder dat daar ‘n alternatiewe opsie in plek is nie.

Die fone wat tans geïnstalleer word werk nie reg nie. Daar is beperkinge op die frekwensies vir die fone wat die toeganklikheid en werk-baarheid van die telefoondienste toegang belemmer. Daar is prosesse in plek om die huidige dienste te verbeter.

Sal ons bykomende radios kan koop om op die plase te gebruik? Ja, jy sal nog eenhede kan koop. Die koste moet vooraf bepaal word. SKA SA sal bykomende eenhede aanskaf wat aan die gemeenskap beskikbaar gestel sal word. Sal die mobiele stelsels verbind word aan die bestaande selfoondienste? Die vereistes is dat ‘n stelsel geïnstalleer moet word wat aan al die bestaande kommuniksiestelsels verbind moet word. Die alternatiewe oplossing moet aan jou al die toegang verskaf wat jy tans het.

Page 14: NK Nuusbrief #3-4.indd

14 | SKA SA Noord-Kaap Nuus

Beloftes is gemaak om skool-opvoeding in die area te verbeter, maar niks is nog sover gedoen nie. Wanneer word dit geïmplementeer?Ons is bewus daarvan dat daar nog areas vir verbetering is met betrekking tot die skole in die area, maar ons kyk na maniere hoe om die resultate van skole in die area te verbeter, spesifiek met betrekking tot wiskunde en wetenskap.

Vyf leerders van Carnarvon Hoërskool word reeds deur SKA SA geborg om verder te studeer in dié studierigtings en verskeie opleidingsprogramme word aangebied vir leerders. Ons is ontvanklik vir voorstelle oor hoe om dié kwessies te verbeter.

Hoekom kan ‘n kollege vir voortgesette studies nie in die gebied gebou word nie? Dit is beslis iets wat oorweeg word.

Watter sosiale verbeteringspro-gramme word aangebied deur die groot maatskappye wat betrokke is by die projek? As deel van ons sosiale kontrak is daar voorsiening gemaak vir sosiale en korporatiewe beleggingsinisiatiewe in die gebied. Sosiale verantwoordbaar-heidsprogramme is reeds aan die gang.

Is die ontwikkelingsgeleenthede in die brosjures net beperk tot Carnarvon of sal Williston en Brand-vlei ook daaruit voordeel kan trek? Al die omliggende gemeenskappe word ingesluit in ons inisiatiewe en kan baat vind daarby - nie net vir hierdie projek nie, maar in die toekoms ook.

6. SKole, opvoediNg, SoSiAle verbeteriNg eN oNtWiKKeliNg

Page 15: NK Nuusbrief #3-4.indd

SKA SA Noord-Kaap Nuus | 15

7. deurSigtigheid eN AlgemeNe opmerKiNgS

Sal die SKA openlik en deursigtig wees teenoor die gemeenskap oor al die aspekte van die projek?Die SKA sal so openlik en deursigtig wees as wat dit kan om ‘n goeie verhouding met die gemeenskap te handhaaf - nie net die grondeienaars nie, maar die hele gemeenskap.

Algemene opmerkings Daar is ‘n gevoel onder lede van die gemeenskap dat die leerders wat voordeel trek uit die programme se ouers onderwysers is of sogenaamde belangrike lede van die gemeenskap. Die breë spektrum van die gemeenskap word nie hierby betrek nie.SKA SA se ontwikkelingsprogram vir menslike kapitaal bestuur ‘n beursprogram waarvoor enigiemand kan aansoek doen. Evaluërings van hierdie aansoeke word gedoen op akademiese prestasie. Indien daar enige ongerymdhede is in verband met hierdie stelsel, kan ‘n voorlegging gedoen word sodat die omgerymdhede aangespreek kan word. Nie alle gemeenskappe (byvoor-beeld Vosburg) is in kennis gestel oor die projek of is noodwendig altyd bewus oor vergaderings wat op buurdorpe plaasvind nie.SKA probeer so ver as moontlik verseker dat die inligting alle gemeenskappe bereik, veral dié wat naby die SKA-perseel woon. Meer openbare geleenthede word gehou en ‘n aantal verdere geleenthede beplan om die gemeenskappe in te lig van die wetenskaplike aard van die projek en om die gemeenskappe op hoogte te hou van die ontwikkeling van die projek. Die SKA sal vir die volgende meer as 50 jaar werksaam wees in die area en dit is belangrik vir die projek en die gemeenskappe dat ‘n sterk verhouding gevestig word.

Die plaaswerkers is inheemse mense en moet by die proses in-gesluit word omdat hulle nie iewers anders as in die area sal aard nie.As deel van die program vir grondaankope, het SKA aan plaaswerkers die opsie gebied wat werkloos gelaat is as gevolg van die program, om aan te sluit by die grondbestuurprogram. Die besluit is gebaseer daarop dat hul vaardighede ten beste benut kan word om die grond te bestuur wat hulle so goed ken.

Daar is kommer oor die gebrek aan skole in Brandvlei. Die feit dat die meeste van die kinders op Carnarvon en by ander skole op ander dorpe skoolgaan sal hul geleenthede om voordeel te trek uit die SKA-programme benadeel. Om dié rede word subsidies aan Carnarvon Hoërskool-leerlinge aangebied, maar leerders van ander gemeenskappe word ook aangemoedig om deel te neem.

SKA SA werk baie nóú saam met die Department van Basiese Onderrig om te verseker dat onderrigtoestande in die naburige dorpe verbeter. SKA SA het ook sy ondersteuningsprogram vir skole begin deur leerders van die omliggende gebiede na Carnarvon Hoërskool te stuur en brei dit uit deur ondersteuningsprogramme aan alle skole in die area te bied. Ons sal voortgaan om te werk met die Departement van Basiese Onderrig om te verseker dat leerders se talente voortdurend raakgesien word.

Ons verstaan nie die wetenskap agter die teleskoop nie.Wetenskapprogramme is ontwikkel om te verseker dat die gemeenskappe blootgestel word aan inligtingsessies wat sal help dat hulle die projek beter verstaan.

Ons woon in ‘n droogtegeteisterde land en ondervind voedseltekorte. Nou will julle die probleem nog verder vererger deur vleisproduksie te verminder deur die verlies aan plase om die projek te akkommodeer.• SKA SA erken dat die projek ‘n impak

op die gebied sal hê. Ons werk hard daaraan om die negatiewe impak te versag deur te verseker dat:

• Deur die ontwikkelingsprogram vir menslike kapitaal, die jeug kan voordeel trek uit die SKA;

• In vennootskap met akademiese instellings, gemeenskaps-ontwikkelingsprogramme begin word wat op konkrete bewyse gegrond is om te verseker dat daar voortdurend gekyk word na oplossings vir die sosio-ekonomiese probleme in die gebied;

• SKA SA ondersteun ekonomiese ontwikkeling in die gebied, veral wat betref die ontwikkeling van klein ondernemings;

• Konnektiwiteit behoue bly en alternatiewe kommunikasie-oplossings gevind word;

• Dat studente wat belowend presteer, die geleentheid kry om verder te studeer en dat leerders se talent raakgesien word.

Ons is belowe dat die projek ons in die oë van die wêreld aansien sal laat geniet. Vir ons om voordeel te trek, bou vir ons ‘n teerpad - Van WyksvleiSKA SA sal saamwerk met die Department van Openbare Werke oor hierdie versoek. Daar is kommer dat die werks-geleenthede minder sal word oor die volgende twee dekades en net die wetenskaplikes sal oorbly - WillistonDie konstruksie van SKA se fase een en fase twee sal baie sake- en werksgeleenthede bied. Die ekonomiese ontwikkelingsbenadering waarna SKA SA streef is om te verseker langtermyn ontwikkeling deur die oordrag van vaardighede plaasvind sodat besighede bemagtig kan word deur die proses.

Page 16: NK Nuusbrief #3-4.indd

16 | SKA SA Noord-Kaap Nuus

Kennis Olimpiade - Noord-Kaap

Nadat sowat slegs 40 leerders verlede jaar deelgeneem het, het ‘n rekordgetal van 115 leerders vanjaar ingeskryf vir die Olimpiade wat in Mei 2016 plaasgevind het. Een van die Graad 11-leerders van Carnarvon Hoërskool, Ryan Phillipus, het derde geëindig in sy graad in die Noord-Kaap.

Sutherland Loopbaanuitstalling

Die Sutherland Loopbaanuitstalling het plaasgevind in Sutherland in die Noord-Kaap vanaf 27 Junie to 1 Julie 2016. Die doel van die geleentheid, wat deur die Suid-Afrikaanse Astronomiese Vereniging gehou is, was om leerders, onderwysers en lede van die Karoo Hoogland Munisipale area bewus te maak van loopbane in wetenskap, astronomie en beursgeleenthede.

SKA SA het ‘n uitstalling gehou en wetenskap en en werksessies oor wetenskap en radio-astronomie aangebied vir skoolgroepe wat die geleentheid bygewoon het.

Leerders en onderwysers van die Roggeveld Intermediëre Skool in Sutherland, Williston Hoërskool, Van Wyksvlei Intermediëre Skool, Nico Bekker Intermediëre Skool en die Nico Bekker Laerskool het die geleentheid bygewoon. Sowat 400 mense het die uitstalling besoek gedurende die eerste drie dae.

SKA SA-uitreikaksies in die Noord-Kaap

SKA SA het onlangs aan verskeie uitreikaksies

deelgeneem en geïnisieer. Dit sluit in die Kennis Olimpiade in Carnarvon, die Sutherland

Loopbaanuitstalling, die Eskom Ekspo vir

Jong Wetenskaplikes Streeksuitstalling in

Kimberley, die Wêreld-robot-olimpiade in Kaapstad en

Pretoria; en die Nasionale Wetenskapweek wat regoor

die land plaasgevind het.

Eskom Ekspo vir Jong Wetenskaplikes Streeksuitstalling - Kimberley Die Eskom Expo vir Jong Wetenskaplikes Streeksuitstalling was gehou in Kimberley in Julie 2016. SKA SA het leerders van Carnarvon Hoërskool geborg om dit by te woon, nadat die eerste interne Wetenskapekspo by die skool gehou is in April 2016.

Twaalf projekte is ingeskryf deur leerders van Carnarvon Hoërskool oor uitenlopende onderwerpe: fisika, rekenaarprogrammering, chemie, geslagsstudies, prysbeleid, lewenswetenskappe en oefenwetenskappe.

Twee leerders het pryse by die Ekspo gewen: Jasmien Jooste, ‘n Graad 11-leerder, het ‘n Silwerprys gewen vir haar projek getiteld Men and Women: Who pays more? Jasmien het die pryse van verskillende produkte op die Suid-Afrikaanse mark vergelyk wat gemik is op beide mans en vroue om te sien of daar geslagsdiskriminasie bestaan op die prysbeleid van Suid-Afrikaanse winkels.

‘n Graad 12-leerder Robyn Ford het ‘n Bronsprys gewen vir haar projek getiteld Gaussian Elimination using Python, waarin sy ‘n rekenaarprogram moes gebruik deur Python-kode te gebruik.

Nasionale Wetenskapweek - landwyd SKA SA het deelgeneem aan Nasionale Wetenskapweek (NWW), ‘n landwye viering van wetenskap, ingenieurswese, wiskunde en innovering. Die 2016 NWW het plaasgevind vanaf 8 tot 13 Augustus 2016.

As deel van NWW, het SKA SA saamgewerk met Dr Stephen Ashworth van die Universiteit van East-Anglia, Norwich,

om aktiwiteite te implementeer wat die bewusmaking, die verstaan en waardeer van wetenskap, radio-astronomie en SKA SA aanwakker onder leerders en onderwysers in die Noord-Kaap.

Dr Ashworth het sowat 420 Graad 7 tot 9 leerders in Brandvlei, Carnarvon, Van Wykslei en Williston getrakteer op sy gewilde Kitchen Chemistry-program, waardeur leerders blootgestel was aan basiese konsepte in chemie en fisika op ‘n baie interessante manier.

Die program is gevolg deur interaktiewe werksessies, waardeur sowat 115 Graad 9-leerders in die SKA SA Karoo operasionele gebied aan die elektromagnetiese spektrum, spektroskopie en die kodering en dekodering van waarnemingsdata blootgestel is.

Dr Ashworth het ook ses wetenskaponderwysers by Brandvlei Intermediêre Skool en Carnarvon Hoërskool opgelei om demonstrasies in die program te doen om hul leermateriaal aan te vul.

Wêreld-robot-olimpiade - Kaapstad en PretoriaOp 13 Augustus 2016 het spanne van skole in Carnarvon, Williston en Van Wyksvlei deelgeneem aan die Wêreld-robot-olimpiade in Kaapstad.

Die Wêreld-robot-olimpiade is ‘n wêreldwye kompetisie vir jongmense waarin hulle robotte bou om hul vaardighede wat probleemoplossing betref te versterk.

Die Sharp Shooters, wat bestaan het uit Graad 10-leerders Zainaldo de Bruin, Brandon Sawall en Marida de Wee, het deurgedring na die volgende rondte van die nasionale kompetisie wat by die Tshwane Universiteit van Tegnologie in Pretoria op 10 September 2016 gehou is.

Die drie het meegeding teen meer as 10 spanne van ander skole regoor die land.

Die span van Grantleigh School in KwaZulu-Natal het die kompetisie gewen en deurgedring na die volgende rondte.

Dr Stephen Ashworth van die Universiteit van East-Anglia, Norwich het leerders vermaak tydens Nasionale Wetenskapweek.

Spanne van skole in Carnarvon, Williston en Van Wyksvlei het aan die Wêreld-robot-olimpiade in Kaapstad deelgeneem.