12
Tel (053) 831 2331 Woensdag 12 Maart 2014 www.noordkaap.co.za www.noordkaap.mobi GRATIS Die Diamantstad se koerant Leerlinge word prooi Rowers wag kinders in wat ná skool huis toe stap KINDERS wat ná skool alleen huis toe loop, kan ’n teiken vir selfoondiewe wees. Inlas: Die twee vermeende diewe pas nadat hulle aangekeer is. Foto: Emile Hendricks Charné Kemp ’n PLAASLIKE sekuriteitsfirma waarsku leerlinge en hul ouers dat daar ’n vlaag aanvalle op skoolkinders in die Hadison- park- en New Park-buurte is waarin leerlinge van selfone beroof word. Twee mans is verlede week in hegtenis geneem nadat hulle ’n leerling van die Hoërskool Noord-Kaap se selfoon probeer steel het. Die seun is ook in die voorval aangerand. Lt. Andrea Cloete, polisie- woordvoerder, sê hulle het Donderdag twee mans (19 en 20) in hegtenis geneem. “Die bewering is dat die twee mans ’n seun wat op pad huis toe was, aangeval het. Hulle het sy selfoon gegryp, maar hy het dit weer by hulle afgeneem. “Die slagoffer het dadelik huis toe gehardloop en sy ouers van die voorval ingelig. Hulle het Mapogo-sekuriteitsdienste ontbied. Die vinnige optrede van die ouers en Mapogo het vrugte afgewerp. “Die mans is gevind en in hegtenis geneem. “Die slagoffer het die twee mans geïdentifiseer. Die verdagtes het Maandag op aanklagte van diefstal in die hof verskyn.” Cloete kon teen druktyd nie die volledige name van die verdagtes verskaf nie. Die seun, wat anoniem wil bly, sê sy selfoon was in sy broeksak. “Ek het saam met my vriende geloop. Die mans het van voor af gekom en die selfoon uit my sak probeer gryp. My broek is geskeur toe ek teruggeveg het. “Die mans het my geskop. My vriende was skoonveld. “Twee leerlinge van die Hoër Tegniese Skool het my toe te hulp gesnel en die mans verjaag.” Matt Mattheus, Mapogo se operasionele bestuurder, sê hy weet van ’n paar aanvalle in die omgewing die afgelope maand. “Ons wagte het dadelik na die toneel gery en die verdagtes aan hul klere herken, soos wat die slagoffer beskryf het. Hulle het dadelik gehardloop toe hulle ons manne sien. “Die een verdagte het op ’n dak geklouter en anderkant afgespring, waar ons hom ingewag het. Hy het as’t ware in die wagte se arms gespring. “Ons het lank vir die polisie gewag en het later ’n polisie- voertuig gesien. Ons het hulle nader geroep. “Die lede het ontken dat hulle in kennis gestel is. Ons hoop dat die noodhulplyn (10111) werklik werk. Dit was vreemd dat die polisiemanne nie per radio van die voorval ingelig is nie. “Dit lyk asof die veld tussen die Hoërskool Noord-Kaap en die Hoër Tegniese Skool ’n wegkruipplek vir diewe is. Hulle slaan toe sodra die skole uitkom. “Ons is ook bewus van voorvalle naby die Hoërskool Adamantia. “Dit kom voor asof diewe weet die kinders is weerlose teikens, veral as hulle alleen loop. “Ons vra dat kinders in groepe loop en heeltyd op die uitkyk vir verdagte persone is. “Anders moet ouers met ander ouers reël dat die leerlinge opgelaai word,” sê Mattheus. Wat dink jy van die voorvalle? Was jy of jou kind ’n slagoffer? Lewer kommentaar op Noord- kaap se Facebookblad by Noordkaap Koerant

Noordkaapnk 20140312

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Noordkaapnk 20140312

Citation preview

Tel (053) 831 2331 Woensdag 12 Maart 2014 www.noordkaap.co.za www.noordkaap.mobi GRATIS

Die Diamantstad se koerant

Leerlingeword prooiRowers wag kinders in wat ná skool huis toe stap

KINDERS wat ná skool alleen huis toe loop, kan ’n teiken vir selfoondiewe wees. Inlas: Die twee vermeende diewe pas nadat hulle aangekeer is. Foto: Emile Hendricks

Charné Kemp

’n PLAASLIKE sekuriteitsfirmawaarsku leerlinge en hul ouersdat daar ’n vlaag aanvalle opskoolkinders in die Hadison-park- en New Park-buurte iswaarin leerlinge van selfoneberoof word.

Twee mans is verlede weekin hegtenis geneem nadat hulle’n leerling van die HoërskoolNoord-Kaap se selfoon probeersteel het. Die seun is ook in dievoorval aangerand.

Lt. Andrea Cloete, polisie-woordvoerder, sê hulle hetDonderdag twee mans (19 en 20)in hegtenis geneem.

“Die bewering is dat die tweemans ’n seun wat op pad huistoe was, aangeval het. Hulle hetsy selfoon gegryp, maar hy hetdit weer by hulle afgeneem.

“Die slagoffer het dadelikhuis toe gehardloop en sy ouersvan die voorval ingelig. Hullehet Mapogo-sekuriteitsdiensteontbied.

Die vinnige optrede van dieouers en Mapogo het vrugteafgewerp.

“Die mans is gevind en inhegtenis geneem.

“Die slagoffer het die tweemans geïdentifiseer. Dieverdagtes het Maandag opaanklagte van diefstal in diehof verskyn.”

Cloete kon teen druktyd niedie volledige name van dieverdagtes verskaf nie.

Die seun, wat anoniem wilbly, sê sy selfoon was in sybroeksak.

“Ek het saam met my vriendegeloop. Die mans het van vooraf gekom en die selfoon uit mysak probeer gryp. My broek isgeskeur toe ek teruggeveg het.

“Die mans het my geskop. My

vriende was skoonveld.“Twee leerlinge van die Hoër

Tegniese Skool het my toe tehulp gesnel en die mansverjaag.”

Matt Mattheus, Mapogo seoperasionele bestuurder, sê hyweet van ’n paar aanvalle indie omgewing die afgelopemaand.

“Ons wagte het dadelik nadie toneel gery en die verdagtesaan hul klere herken, soos watdie slagoffer beskryf het. Hullehet dadelik gehardloop toehulle ons manne sien.

“Die een verdagte het op ’ndak geklouter en anderkantafgespring, waar ons homingewag het. Hy het as’t warein die wagte se arms gespring.

“Ons het lank vir die polisiegewag en het later ’n polisie-voertuig gesien. Ons het hullenader geroep.

“Die lede het ontken dat hullein kennis gestel is. Ons hoopdat die noodhulplyn (10111)werklik werk. Dit was vreemddat die polisiemanne nie perradio van die voorval ingelig isnie.

“Dit lyk asof die veld tussendie Hoërskool Noord-Kaap endie Hoër Tegniese Skool ’nwegkruipplek vir diewe is.Hulle slaan toe sodra die skoleuitkom.

“Ons is ook bewus vanvoorvalle naby die HoërskoolAdamantia.

“Dit kom voor asof dieweweet die kinders is weerloseteikens, veral as hulle alleenloop.

“Ons vra dat kinders ingroepe loop en heeltyd op dieuitkyk vir verdagte persone is.

“Anders moet ouers metander ouers reël dat dieleerlinge opgelaai word,” sêMattheus.

Wat dink jy van dievoorvalle? Was jy of joukind ’n slagoffer? Lewerkommentaar op Noord-kaap se Facebookbladby Noordkaap Koerant

2 NOORDKAAP, WOENSDAG 12 MAART 2014

Lecrecia Prins

DIE stigting vir alkoholverwante navorsing(Farr) het met ’n spesiale opvoedingsprogramprobeer keer dat moeders wat aan dieprogram deelgeneem het se babas met fetalealkoholsindroom (Fas) gebore word.Met dié program, Gesonde Moeder, Gesonde

Baba, word swanger vroue oor die gevarevan Fas opgevoed. In die program wordswanger vroue volgens hul drank- enrook-inname gekategoriseer.Die vroue het hul babas verlede week by

die Phutanang-kliniek vir ’n medieseondersoek geneem en die uitslae wasbevredigend.Volgens Lian-Marie Drotsky, gebiedsbe-

stuurder van Farr in De Aar, word die vroue

voordat hulle 20 weke swanger is, gewerf omaan dié ondersteuningsprogram deel te neem.Hulle leer hoe om gesond te leef en nietydens swangerskap te rook of te drink nie.Die vroue kry ondersteuning totdat hulbabas gebore word.In Kimberley is Nono Senwedi (projekbe-

stuurder), Dinono Ngcofo en BeauranePienaar (gemeenskapswerkers) verantwoorde-lik vir die opvoeding van die ma’s.In die program word beeldmateriaal van

wat alkohol aan die babas doen, gewys. Diema’s kry ook gereelde berading en word oordie verskillende ontwikkelingsfases van hulbabas tydens swangerskap opgevoed. Drotskysê wanneer die babas ongeveer nege maandeoud is, word hulle geweeg en na hul hart enlonge geluister om te kyk of hulle gesond is.

Prof. Denis Viljoen, voorsitter van Farr enook ’n genetikus en pediater, doen dieondersoek van die babas. Hy vergelyk hulgroei met dié van babas wat nie aan Fas leinie om te verseker hulle is gesond. Wanneerprobleme voorkom, word die babas na dieregte mens verwys.“Daar is geen twyfel nie die projek bring

gesonde babas in die gemeenskap in. Dit het’n blywende invloed op die gemeenskap. Jyhet nou ’n kind wat skool toe kan gaan ennie Fas het nie,” sê Viljoen. Farr is deur diedepartement van maatskaplike ontwikkelinggenader om die program in Phutanang inGaleshewe en in Roodepan te begin. In dietwee gemeenskappe het 100 vroue elk aan dieprogram deelgeneem.Ipeleng Segomelo, ’n ma van Phutanang, sê

sy het baie deur die program geleer en sê syis bly sy het die program gevolg en voel goeddat haar baba gesond is. Die program is al insy tweede jaar. Dit word in 2015 beëindig.Farr lei nou personeellede van die kliniekeen die departement van maatskaplikeontwikkeling op oor hoe om die programverder te bestuur

Stigting help nuwema’s

PROF. DENIS VILJOEN, voorsitter van Farr en ook ’n genetikus en pediater, ondersoekeen van die babas wie se ma in die program was. Foto’s: Emile Hendricks

LIAN-MARIE DROTSKY, gebiedsbestuurdervan Farr in De Aar, praat met een van diema’s wat in die program was.

NOORDKAAP, WOENSDAG 12 MAART 2014 3

Fans find out first.

Offers valid from 28 February to 16 March 2014

7855

E&OE

SHOP ONLINE at www.capeunionmart.co.zaFREE delivery on ALL online orders.

Visit www.capeunionmart.co.za or call 0860 3333 29. Stores nationwide. Products subject to availability.All our products are covered by our famous 5-way guarantee, ensuring that you always get the best price and advice along with the fairest return and exchange policy.

Up to

selected outdoor gear40%OFFCAMPING

SPECIALSNOWR999

NormallyR1599

Light and sturdy fibreglass tent polesSkylight panel in the roof

VISTA 4 PERSON TENT

1500mm 8.4kg

NOWR999

Normally

Mosquito netting keeps bugs outWaterproof fly and groundsheet

PANORAMA 3 PERSON TENT

1500mm 5.8kg Can be used as a chest cooler or fridgeCools 18°C below ambient temperature

W35 AC/DC 35L COOLER

NOWR799

NormallyR1199

NOWR999

NormallyR1699

Lightweight aluminium frameFolds away for easy storage

DIRECTOR’S CHAIR

Volume: 25L Weight: 1.2kgHydration system compatible

MERU 25L BACKPACK

NOWR299

NormallyR499

NOWR999

NormallyR1599

Volume: 65L Weight: 2.4kgWaterproof rain cover

ADVANCE 65L BACKPACK

NOWR399

NormallyR599

GREAT VALUE DEAL!GREAT VALUE DEAL!

This spacious six person tent isperfect for your next family campingadventure. A waterproof flysheetand mozzie netting keep occupantsdry,and bug-free.

HORIZON 6 PERSON TENT

1500mm

5.8kg

NOWR1299

NormallyR1999

Rust proofLeak resistant drain

54QT COOLER COMBO

NOWR599

NormallyR999

Lecrecia Prins

ALMAL in die stad weet wie die Griekwa-rugbyspelers is, in watter posisies hullespeel en skreeu vir hulle van die paviljoenaf tydens wedstryde, maar min mense weetwaar hierdie spelers vandaan kom en wathulle vir hul toekoms beplan.Noordkaap het ’n paar vrae aan die

spelers gevra om hulle aan die Kimberlietebekend te stel.

Hierdie week begin ons met die haker,Martin Bezuidenhout.

Bezuidenhout is in 1989 in Klerksdorpgebore en het sy skoolloopbaan aan dieLaerskool Orkney begin. Daarna is hy nadie Hoërskool Klerksdorp.

Sy rugbyloopbaan het op skool begin toehy in die Cravenweek begin speel het.

Bezuidenhout het vir die o.13-, o.16- eno.18-spanne in die Cravenweek gespeel. Hyhet ook vir die SA Akademie se o.18-spangespeel.

Daarna het hy Super 15-rugby vir dieLions en die Stromers gespeel. Hy het ookvir die Lions in die Curriebeker gespeel.

Sy rolmodel is John Smit omdat hy goeieleierseienskappe het. Bezuidenhout beskryfSmit as ’n goeie mens, op en van dierugbyveld.

Bezuidenhout se droom is om vir dieSpringbokke uit te draf en die beste in syposisie te wees.

“Ek wil my talente van God gebruik.”Bezuidenhout sê hy speel vir die Grie-

kwas rugby omdat hulle soos familie hiervoel en hulle kan enige span op enige dagklop.

Een van die uitdagings in die Noord-Kaapwas die weer, veral met oefentyd.

Een snaaksheid wat Bezuidenhoutonthou, is toe hulle sy broek tot op syknieë in ’n losgemaal tydens ’n Super15-wedstryd teen die Chiefs afgetrek het.

Die hoogtepunt van sy rugbyloopbaanwas sy eerste drie in Superrugby in sydebuut in 2011. Die laagtepunt is om ’nwedstryd te verloor.

Ná rugby beplan hy om saam met sy paby hul gesinsonderneming te werk.

Bezuidenhout sê hy “het die wonderlikstemeisie ooit”, Kirstey Callmeyer.

Stut gebruik talentMARTIN BEZUIDENHOUT, Griekwa-rugbyspeler. Foto: Emile Hendricks

HERWIN materiaal en lewe groener.Plekke vir aflewering is onder meer:) NG kerk Dutoitspan, hoek van Rose-en Dyerstraat, Beaconsfield. Bottels enpapier. Maandae tot Donderdae van

10:00 tot 14:00. Bel 053-842-1100.) NG kerk Vooruitsig, Croninweg,Hadisonpark. Bottels en papier. Maan-dae tot Vrydae van 08:00 tot 13:00. Bel053-861-1849.

Lewer herwinbaremateriaal hier af

Met ’n Hart vol drome stel Donne Steyn enAlberto ’n konsert op 14 Maart bekend watas ’n Juanita du Plessis en Theuns Jordaan-huldeblyk dien.

Kaartjies kos R50 vir volwassenes en

kinders jonger as 12 jaar kry gratis toe-gang. Dit is om 18:30 in die Trinity-Metodis-tekerk in Chapelstraat. Bel Aubrey Morrisby 082-783-5595 of Barry Myburgh by082-783-5595.) Indien jy ’n geleentheid aanbied, stuurdie inligting aan Noordkaap. Die plasing isgratis. Indien dit die Woensdag wanneer diekoerant beskikbaar is, moet verskyn, moetdit Noordkaap die vorige week voor Vrydagom 10:00 bereik. E-pos inligting na [email protected], faks dit na 053-831-4791 of SMS dit na 45533. Begin die SMSmet “NK”.

EVER wondered why the Northern Cape isattracting more solar power projects thanany other area in South Africa?

The levels of solar radiation in theNorthern Cape are of the best in the world.This week, Droogfontein Solar Power, thefirst solar plant to supply Eskom withpower in the Kimberley area, producedenough renewable energy to power over6 500 households with electrical power

produced from the sun. Here are some tipsto help you save on your electricity costs:) Plug home electronics, such as TVs andDVD players, into power strips; turn thepower strips off when the equipment is notin use.) Lower the thermostat on your waterheater) Use low-flow showerheads for additionalenergy savings.

WENKE om water in en om die huis tebespaar sluit in:) Neem korter stortbaddens en gebruikminder water as wanneer jy bad.) Vee eerder jou patio en stoep skoon asom water te gebruik om dit skoon te spuit.) Herstel lekkende pype en krane en meldlekkende pype by die munisipaliteit aan.) Gebruik ’n prop in die wasbak, eerder asom die kraan te laat loop.

) Insuleer warmwaterpype aan die buite enbinnekant van die huis sodat jou warmwater langer warm bly.) Bring waterbesparende toestelle op joukrane, toilette, stortkoppe en sproeiers aan.) Bring ’n watermeter aan en gaan jouwaterverbruik na.) Bring ’n waterverwarmer op jou kraneaan wat die water onmiddellik verhit.

Spaarwater in en om die huis

Tips to save electricity

4 NOORDKAAP, WOENSDAG 12 MAART 2014

Ou geboue is Kby se skatteDIE fotoreeks waarmee Noordkaapverlede week begin het – waaringeskiedkundige geboue uitgebeeldword soos wat dit toentertyd gelykhet en hoe dit nou lyk – is ’npoging om Kimberley se rykgeskiedenis te belig.

Die stad het ’n waardevolle skataan geskiedkundige geboue waarvantalle uit die 19de eeu dateer, maarhelaas is talle geboue nie meer daarnie.

Voorbeelde is die ou poskantoorge-bou wat plek moes maak vir ’nmoderne toringgebou, Beaconsfieldse stadsaal wat gesloop is met ’nvulstasie nou op die terrein, die outronk en polisiekantoor in Beacons-field, en so byna ook die stadsaal as

die inwoners nie wal gegooi het nie.Daarby is van die geskiedkundigegeboue nie in ’n goeie toestand nie.

Vooruitgang is dikwels die redewat gegee word vir die sloping vandié geboue.

Maar elke gebou wat platgeslaanword, is ’n stukkie geskiedenis watverdwyn.

Daarom moet elkeen help om teverhoed dat Kimberley nóg van sygeskiedkundige skatte verloor.

Elkemens loop syeie, besonderse padHannes Nöeth

OP 12-jarige leeftyd het hy reeds’n salaris vir sy werk as“kerkhulp” by die kerk gekry.

Op 14-jarige ouderdom het hyin Parys begin studeer enopleiding in die Godgeleerdheid(teologie) ontvang. In sy 18delewensjaar het hy met regstudiebegin.

Nog skaars 23 jaar toe het hysy eerste boek gepubliseer het.Op 26 jaar skryf hy sy bekendsteboek wat 450 jaar nou al herdrukword, in feitlik elke taal in diewêreld.

Die boek se titel is Institusie ofOnderwysing in die ChristelikeGodsdiens. Relatief jonk, op 55jaar, het hy gesterf. Tog, wan-neer ’n mens oor hom lees, hoor’n mens oor en oor en sien ’nmens dit duidelik raak: Sylewenspad het ’n verskil gemaak.Sy naam was Johannes Calvyn.

Baie mense het hom hooggeag, ander mense het homverag, maar hy het ’n verskilgemaak. Elke mens se lewe is ’npad. Wanneer ons terugdink oorons eie lewenspad sien ons baiedinge raak. Daar is die dingewaaroor jy bly is en met vreugdeterugdink, daar is baie dingewaaroor jy spyt is en wens jy

het dit anders gedoen, daar isgeleenthede wat jy verby laatgaan het en geleenthede wat jymaar eerder verby moes laatgaan het. Daar was leeroomblik-ke en daar is oomblikke waarinjy berusting moes vind.

Maar wat ons deel, wat onspaaie gelyk maak, is elkeen het’n besondere pad. Daar is nieeen mens wie se lewenspad meerbesonders is as die van ’n andernie. Elkeen leef in ’n bepaaldetyd met ’n bepaalde opdrag inbepaalde omstandighede om ’nbepaalde verskil te maak. Somsglo ’n mens dat ons ’n bepaaldelewensdoel het. Dit gaan egterverder en dieper. Ons het ’nlewensroeping. Dit is nie net ’nsaak wat afgehandel moet worden dan is dit verby nie. Nee, onshet ’n lewensroeping waarin onsleef, groei, ervaar, vreugdesbeleef en swaarkry dra. Lewens-roeping is om te besef met jouword ’n pad geloop. Op daardiepad gaan jy uitgedaag word,beproef word en geseën word,maar bo alles gedra word. Sterk-te met jou roeping om te leef.

Karen Muller

DIE nood is groot.Die eerste Saterdag in Maart het

twee bekende instansies in Kimber-ley elkeen ’n geldinsamelingsprojekbegin. Hierdie twee se aanslae hetheeltemal van mekaar verskil. Dieeerste geldinsameling was in dieoggend. ’n Heerlike ontbyt enasemrowende modeparade hetheelwat bederf teen ’n baie billikeprys gebied. Die atmosfeer was gevulmet rustigheid en waardering.

Die tweede geldinsameling was indie aand. Daar is gedans en geskree.Daar is gelag en gehuil. Daar isprettig om ’n baan gestap in die geesvan die geldinsameling. Die atmo-sfeer was gevul met verlange, maarterselfdertyd hoop.

Hoewel hierdie twee aanslaeletterlik soos dag en nag verskil, isdie doel dieselfde. En hierdie doel isnie net so ooglopend soos geld in hulbankrekening nie. Hierdie doel is omhoop te gee vir mense wat dit baienodig het. Om moed te gee virdiegene wat dit verloor het. Om tetroos waar dit nodig is.

Die nood is groot. Fisiek enemosioneel. Omdat jy self gesond is,vergeet jy van die ongelooflike strydwat jou medemens met baie vasbera-denheid moet voer.

En ’n mens vergeet maklik van diemense wat hierdie pad saam methulle stap. Die direkte toeskouersvan hierdie mense se lewenstryd.

Soveel mense het begin Maart vanvooraf beleef dat daar ’n skatkisgoeie dinge in mense steek. In ’n

mindere of meerdere mate is geld entyd skaars en kosbaar. Dit is juishierdie twee fasette wat by geldinsa-melingsprojekte broodnodig is.

As die tyd-bydrae wat gevra word,nie onredelik is nie en die geldelikebedrae wat gevra word, nie onbillikis nie, is daar letterlik honderdemense wat ’n projek sal ondersteun.Nie omdat hulle verplig voel nie,maar uit liefde en omgee in hul hart.

Vir die instansies wat gedurendedie jaar nog geldinsamelingsprojektegaan begin – baie sterkte met diebeplanning en uitvoering daarvan.Vir die mense van die Noord-Kaapwat hierdie instansies gaan onder-steun – dankie dat julle jul hart enbeursies oopmaak vir ’n nood watgroter is as wat ons in ons alledaag-se lewe besef.

Nood is groter as wat ons dikwels besef

DIE foto vanKimberley se sierlike stadsaal is omstreeks 1900 geneem. Let op die tremsporewat voor die gebou verbyloop, asook die perdekarre. Reg langs die stadsaal aan die regter-kant kan die markgebou gesien word. Die gebou is in die neoklassieke styl gebou teendie (destydse) astronomiese bedrag van £26 000. Dit is op 20 September 1899 amptelikgeopen. Die burgemeester het in sy toespraak gesê hy beskou die gebou as ’n teken vandie toenemende stabiliteit van die dorp, ’n werklike teken van sy vooruitgang en algemenevordering. Die gebou is byna in 1971 afgebreek, maar dié planne is deur inwoners in ’nreferendum gestuit. Dit is nou ’n nasionale gedenkwaardigheid en mag dus nie afgebreekword nie. Foto: Africana-biblioteek

AAN die linkerkant kan die toring van die ou landdrosgebou gesien word en agter troondie huidige landdroshofgebou uit. Aan die regterkant kan die toringgebou van die huidigeposkantoorgebou, wat ook staatsdiens- en provinsiale departemente huisves, gesienword. Die markgebou regs staan steeds, maar is in klein winkels omskep. ’n Stukkie vansy groen dak is net agter die stadsaal sigbaar. Foto: Emile Hendricks

NOORDKAAP, WOENSDAG 12 MAART 2014 5

Charné Kemp

’n SKAAPKOP loop lekker saam met kleinaartappels en samp (stampmielies) met sousso dik dat dit met ’n vurk geëet moet word.

Aan die woord is Kloes Smith van Petrus-burg. Petrusburg? In die Vrystaat?

“Ja, die rit na Kimberley is elke een vandie 80 km werd om aan skaapkop te smul,”sê hy laggend. Die vet blink om sy mond. Syglasie rooi wyn is byderhand.

Die Groot Gat-skaapkopgilde se manne hetverlede week weer lekker aan gebakteskaapkoppe in die Gwarra Gwarra-restaurantgesmul. ’n Rare en delikate gereg.

Smith eet die bord so leeg en die kop sokaal dat sy honde hom net een vuil kyk geewanneer hy saans tuiskom. Andersins kookhy elke naweek allerhande vleisgeregte, en

veral afval, vir almal watlus is om saam op syplaas te kuier.

“Afval is baie betervleis as polonie. Minstens weet ons wat onseet,” sê die bekende tandarts Johan Scholtz.Hy eet eers die tong, dan die sappige wangeen dan die oë, met ’n titseltjie sout. Dieharsings is ’n bietjie te veel en ryk. Hy gloaan ’n soetdingetjie en eet brood en konfytsaam met sy gereg.

Gert Fouché was aanvanklik skrikkerig virskaapkoppe, maar sy goeie vriend TatScholtz het hom eendag saamgebring enoortuig dit is ’n besonderse, heerlike gereg.

Gert Gagiano, die voorsitter van die gilde,sê hulle het 35 lede.

“Ons eet elke tweede Donderdag van diemaand saam. Dit is twee keer afval en een

keer skaapkoppe. Ek hetdie gilde in 2008 gestig omjong mense te leer afvaleet sodat die tradisie nie

uitsterf nie.” Vroue eet nie saam nie.“Dit is maar net so. Ons mans hou

daarvan om saam afval te eet. Ons is volfiemies oor wie dit vir ons gaarmaak.”

Hy vertrou Marie Dreyer wat die kook-werk oor twee dae vir die gilde doen.

“Ek sit graag lekker groente en poedingvoor. Die manne gaan ’n aartappelgereg,soetpampoen, stampmielies en brood enkonfyt kry. Die poeding is ’n koue koejawel-poeding,” sê sy.

Die manne lek hul lippe smaaklik afwanneer Dreyer die laaste borde voor hullewegvat, en hulle vryf behaaglik oor hul mae.Tot volgende maand . . .

Mondwater vir skaapkop

SHAUN DOBSON soen sy skaapkop. Daaris vir hom niks so lekker soos gebakteskaapkop nie.

KLOES SMITH se honde gee hom vuil kykeomdat hy die bene kaal eet en niks vir hulleoorlos nie.

JOHAN LOUBSER (links) en Tat Scholtz hetnie tyd om te praat nie. Hulle fokus op dieuithalergereg voor hulle.

MARIE DREYER spoel die keel en neushol-tes skoon.

6 NOORDKAAP, WOENSDAG 12 MAART 2014

THE key purpose of the South African NationalBlood Service (SANBS) is to save patients’ lives byproviding safe, sufficient and good quality bloodproducts and medical services related to bloodtransfusion in an equitable and cost effectivemanner.The SANBS is tasked with collecting, transpor-

ting, testing and storing blood required for patients

daily. For this reason, the SANBS has a fee forservice and this is billed depending on the bloodproduct that is required by the patient togetherwith all other operating costs.

It is important to note that the SANBS does notsell blood to patients but provides a service thatensures that all government and private hospitalsmeet their daily blood needs.Citizens are encouraged to donate blood to help

save the lives of patients in need of blood transfu-sions. Every unit of blood is vital and a unit ofblood can save up to three people’s lives.

THE office buildingof Pauline Williams,MEC for Sport, ArtsandCulture, will nowbecome known as theBrian HermanusHouse, named afterthe former MECwho served in thesame departmentbetween 1999 and2000.He died together

with his private se-cretary, Mervyn Er-lank, in a car acci-dent while driving toCalvinia on 26 July2000.According to a sta-

tement from the de-partment, Hermanuswas born in theFloors township inKimberley on 31 Au-gust 1955.Hermanus was a

founding member ofthe United Democra-tic Front UDF) andthe National Union ofMineworkers,(NUM).He joined the ANC

after its unbanningwhere he served asthe branch executivecommittee memberand spokesperson ofthe Colville/Floorsbranch.He acted in various

executive positions,including deputychairperson and ac-ting chairperson forthe Kimberley regi-on.

Officebuildingrenamed

SANBS saves lives

All prices quoted in RSA rands and include VAT where applicable. Prices exclude accessories used for advertising purposes. All Major Credit Cards accepted. Foodco endeavours to meet the demand on all promotional lines, but stocks are limited. No Traders Please. We reserve the right to limit quantities.

Lowest Price Guaranteed or we’ll BEAT it*

Exchange or Return - NO PROBLEM!

With SO MUCH VALUE, why shop anywhere else!

*See www.game.co.za for terms and conditions

With so much value, why shop anywhere else?

Prices apply to Game Kimberley store only.

We reserve the right to limit quantities. View this catalogue online at www.game.co.za

12 - 16 March 2014

SAVINGS! Beef Mince Mix

3990per kg

ChakalakaSausage3990

per kg

BeefTexanSteak

5490per kg

Beef Chuck 34Tray

4790per kg

Lamb Stew

6990per kg

2390

Rainbow SimplyChickenViennas 500gt Assorted

each

DairyCorporationFull Cream orLow Fat Milk 2l

1650each

Large Eggs 18’s

R

20per tray

for3

R

24Pineapples

Royal GalaApples 1,5kg

1690per pack

Bananas 750g

790per pack

for2

R

25

for5

R

20

Avocado’s

NOORDKAAP, WOENSDAG 12 MAART 2014 7

Bridging the gap between places, people and skills

THE NEWWARRENTON BRIDGE on the N18

“We can only hope for more of these types of substantial projects through whichto engage our communities – it has offered great experience.”

Ms Manopole, Mayor of the Magareng Municipality.

The Warrenton Bridge story

• Warrenton is an agricultural townthat plays an important role in theeconomy of the region.

• It also serves as the junctionbetween the N12, which leadsfrom Gauteng to Kimberley andthereafter the Western Capeand the N18, which leads fromWarrenton to Mafikeng andthereafter the RSA-Botswanaborder.

• For this reason the area has beenearmarked as a national priority forthe development of infrastructure.

Improvements to the bridge

• The old bridge proved to be toolow as it was often under waterduring high river flows. It also hada single lane that provided forone-way traffic only.

• SANRAL conducted a series ofenvironmental and social impactstudies and re-engineered thebridge to address these issues.

• The end result is an overhauledbridge that is high enough fromthe river bed to allow safe crossingfor cyclists, pedestrians andmotorists and that has two lanesfor improved traffic flow.

Job creation and transfer of skills

• SANRAL leveraged the project tobenefit the communities from thearea by creating opportunities foremployment and skills developmentfor them.

• Around 50% of the R12 million thatwas spent on employment on theproject, was spent on locals.

• More than R10 million’s worth ofwork was given to SMME’s forcrucial services that formed part ofthe project.

3179

Warrenton

_300x196

BRANDAN SHARP het die foto van ’n naal-dekoker op 13 Januarie geneem. Dit was virhom ’n groot belewenis om ’n naaldekokermet sy vlerke so mooi uitgesprei te kon af-neem. Foto: Brandan Sharp

KARENVAN ZYL het die foto net voor sons-ondergang tussen Petrusburg en Koffiefon-tein geneem. Die wolke het mooi beloftevan reën ingehou en ’n mooi prentjie metdie hoogspanningskraglyn op die voor-grond gevorm. Foto: Karen Van Zyl

DIE sonneblom rank verby Annatjie Kriel sehuis se dak. Sy het die foto in Februarie ge-neem. Foto: Annatjie Kriel

DIE Griekwas bied op 20 Maart ’n gesins-dag saam met GWK en Volksblad, moeder-koerant van Noordkaap, op GWK-park inKimberley aan.Gesinne word genooi om van 17:00 af

met hul tente en woonwaens op te ruk enlekker saam te kuier voordat die Griekwasop 21 Maart om 16:00 die Limpopo- BlouBulle in die Vodacombekerwedstryd pak.Die Griekwa-spelers sal met die besoekersgesels en daar sal ook handtekeninge aanbewonderaars verskaf word.Die spelers en bestuur sal vir die seuns

’n afrigtingskliniek aanbied en ’n raakrug-by-kompetisie sal ook plaasvind.Tente kan op die B-veld opgeslaan word

en ’n spesiale plek sal vir woonwaensuitgemerk wees.Vure vir vleis braai en pap en sous sal

voorsien word. Besoekers kan hul eie vleisen drinkgoed bring. ’n Kontantkroeg sal

beskikbaar wees. Wagte sal aan diens weesom die kampeerders se veiligheid en dieveiligheid van hul motors te verseker.Kaartjies kos R50 en sluit ’n toegangs-

kaartjie na die wedstryd die volgende dagin. Kaartjies is reeds van Maandag (10Maart) beskikbaar.Kontak Nadia Louw by 053-832-8773 vir

meer inligting of om kaartjies te koop.

Griekwas hou gesinsdag

SUN CITY CYCLE TOUR-LEDE het R50 000met ’n fietstoer ingesamel wat gelykop tus-sen die Dierebeskermingsvereniging en dieSt. Vincent de Paul-instansie in Kimberleyverdeel is. Die Flamingo-casino het bygedraen R125 000 aan verskeie ander instansiesgeskenk. Hier nader die fietsryers die casinoop hul fietse. Foto: Lecrecia Prins

8 NOORDKAAP, WOENSDAG 12 MAART 2014

DIE geskiedenis vanHartswater is ver-weef met dié van diedorp Phokwane wataanvanklik daar ge-vestig is.

Die destydse kolo-niale regering in dieKaap het die grond,wat aan Kgosi Gales-hewe en sy Tlhaping-stam behoort het, ge-konfiskeer ná sy aan-deel in die opstand

van 1896-’97.Die Groot Depres-

sie het saamgevalmet ’n ernstigedroogte in Suid-Afri-ka en die skema isin 1933 deurwerklosewittes gebou.

In 1938 het 80 boeredaar begin boer enteen 1939 het ’n be-hoefte aan ’n dorpontstaan en die de-partement van wa-

tersake het ’n dorpievir die werkers uit-gelê.

Tydelike gebouesoos kerke, skole en’n hospitaal is opge-rig.

Die dorp het vinniggegroei en in 1963was daar 5 000 inwo-ners.

Die vroue-gedenk-kerkie opHartswaterbring hulde aan aldie moeders watmodderwater uit diekanale aangedra hetvir huishoudelikegebruik en vir hoehulle hul mans indie depressie van die1930’s ondersteunhet.

Die HoërskoolHartswater het verle-de jaar sy 60ste ver-jaardag gevier. Diéskool presteer goedin akademie, sport enkultuur.

Hy bied elke jaardie Prestige-top20-at-letiekbyeenkoms aanwaaraan meer as 30skole deelneem.

Verlede jaar hetdie skool twee ma-triekleerlinge in dietop20 van die provin-sie gehad.

Die beste reken-ingkunde-leerling indie provinsie hetook van die skool ge-kom.

Die skool het 430leerlinge.

Eers kom dieboere, toe dorp

DIE vrouegedenkkerkie in Hartswater. Foto: Lientjie Mentz

HARTSWATER has several attractions fortourists.

They include:) The burial site of the Tswana chiefGaleshewe near Hartswater.) The Hartswater Wine Cellar where onecan enjoy wine tasting and buy localwines bottled under the Overvaal andElements labels.) The heritage site on the border of theNorthern Cape and North West – home tothe Buxton Quarry where Raymond Dartdiscovered the million-year-old skull of theTaung child.) The Vaalharts Irrigation Scheme.Covering 36 950 ha, the scheme, which isone of the largest irrigation schemes inthe world, is managed by Vaalharts Water,watering 1 250 farms of some 25 ha each inthe lush valley.

Attractions galore

NOORDKAAP, WOENSDAG 12 MAART 2014 9

JAN KEMPDORP isopdieplaasAndalusiëuitgelê en het daardienaam geërf.Tydens die Tweede

Wêreldoorlog was ditdie ligging van ’n kon-sentrasiekamp waarDuitse mans aange-hou is wat deur dieowerhede as potensi-eel gevaarlik beskouis.Die eerste setlaars

het in 1938 erwe hiergekoop, en die dorp isin 1953 geproklameeren na genl. Jan Kemp,’n voormalige minis-tervan lande, genoem.Munisipale status isin 1967 verkry.Oorspronklik het

die grens tussen dieKaapprovinsie enTransvaal deur diedorp geloop. Dit wasdie enigste dorp inSuid-Afrika wat intwee provinsies geleëwas.Dit het tot verwar-

ring oor die admini-strasie gelei totdat dieparlement in 1964 be-sluit het dat die dorpdeel van die Kaappro-vinsie gaan wees.Die Vaalhartsvallei

(wat Hartswater enJan Kempdorp in-sluit) is onder meerbekendvir syvervaar-diging van pekanneu-te, grondboontjies enolywe.Die dorp het twee

hoërskole, die Hoër-skool Vaalharts en dieHoër Landbouskoolvan die Noord-Kaap-land.

Dorp eers verdeel

DIE is ’n ou stoomlokomotief in Jan Kempdorp se hoofstraat. Reglangs die lokomotief loop Grensstraat, wat die grens was tussendie ou Kaapprovinsie en Transvaal, en van 1994 tot 2006 ook diegrens tussen die Noord-Kaap en Noordwes. Die dorp is in 2006 insy geheel by die Noord-Kaap ingelyf. Foto: André Botha

10 NOORDKAAP, WOENSDAG 12 MAART 2014

PERSOONLIKE

DIENSTE

LENINGS

1445

TE KOOP

MEUBELS

1635

Sitkamerbank: 3-sitplek.Kwaliteitmateriaal, R500.2 olieverwarmers, R300 enR200. 079 472 6157.

ALLERLEI

1655

UTILITY RUBBER STAMPS:SAME-DAY SERVICE. TEL./FAX:053 832 1951.

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

ALLERLEI

1845

PLAFONISOLERING:THERMGUARD LITENK.Koel in somer, warm inwinter.SABS. Gratis kwotasies.082 388 0307 of053 832 9194.

SAKE

GELEENTHEDE

2415

CHOCOLATE MANU-FACTURING/SWEETDISTRIBUTION/MEDI-CAL AID KITSStart your own bussiness.Succesful opportunities.Profitable. Work fromhome.Myer 012 547 [email protected]

BETREKKINGS

3600

ADMINISTRATIEF

3605

ADMINCOPY/PASTE/DATACLERKS NEEDED: FORINFO SMSNAME/ADDRESS TO: 084904 6873 or e-mail:[email protected]

Die gebruik van die letter

, leestekens soos

of of die gebruik van

syfers met die doel om dieadvertensie na die bopuntvan die klassifikasie-lys teskuif, is streng verbode.

"A" "!"

"*"

SMALLS NOTICE

AANDAGALLE

ADVERTEERDERS

SOEK, KOOP, VERKOOP

NOORDKAAP, WOENSDAG 12 MAART 2014 11

Motorredaksie

SUID-AFRIKA segroot versekerings-groepe wil derdepar-tyversekering weerverpligtend vir allevoertuig-eienaarsmaak.

Dié versekeringwas van 1942 verplig-tend in die land,maar is in 1997 deurdie Padongelukfondsvervang. Waar voer-tuigeienaars met dieou stelsel vir die pre-mies verantwoorde-lik was, word diePadongelukfondsdeur ’n heffing op diebrandstofprys aandie gang gehou.

Die dilemma metdie nuwe stelsel, sêversekeraars, is datdit slagoffers vanongelukke net gelde-lik help indien ie-mand in ’n motoron-geluk beseer is ofgesterf het. Skadeaan voertuie en dieherstel daarvan nádie tyd word niedeur die fonds gedeknie.

Omdat sowat 70%van die voertuie opSuid-Afrikaansepaaie nie verseker isnie, moet ’n kleingroep versekerdes ’ngroot groep se her-stelkoste help dra.

Luidens ’n verkla-ring van die Suid-Afrikaanse Verseke-ringsvereniging(SAIA), die beheer-liggaam van verseke-raars, word tansmeer eise vir her-stelkoste ingedien asvir gesteelde voer-tuie.

Die SAIA hoop datdeur ditweer verplig-tend te maak dat allevoertuie oor derde-

partyversekeringmoet beskik, diekostegrondslag beterversprei kan word.

Premies sal danlaer wees omdatmeer geld ingesamelsal word.

Die liggaam sê ditbehoort nie te moei-

lik te wees om diéwetgewing weer in testel nie.

In Brittanje is by-voorbeeld verledejaar ’n wet aanvaarwat dit onwettigmaak om ’n onverse-kerde voertuig te be-sit.

Derdepartyversekering nodig

KIA se Soul EV – ’n suiwer elektriesevoertuig – word ook op die Geneefse Skou,wat 6 Maart tot Sondag gehou word, gewys.

Dit is Kia se eerste elektriese voertuig enbehoort teen die tweede helfte van die jaarproduksiegereed te wees.

Die Soul EV span ’n 27 kWh-litium-batteryin wat krag aan ’n elektriese motor gee watsowat 81 kW en 275 Nm se wringkrag salbied.

Die battery is sterk genoeg om die motorwat die aandrywing doen, van krag tevoorsien vir ’n reikafstand van 200 km.

Die Soul EV span ’n aangepaste platformvan die nuwe, tweedegenerasie-Soul in ensal ’n wêreld-eerste soos ’n lugversorger hêwat net op die bestuurder kan fokus sou hyalleen in die voertuig wees.

Dit is maar een van talle maniere hoeenergie in die elektriese wa bespaar wordom die battery so lank as moontlik gelaai tehou.

En, seg Kia, vir gemoedsrus is daar ook’n waarborg van sewe jaar of 150 000 kmsoos met ander Kias.) Kia sal weer sy GT4 Stinger-konsepmodelwys wat hy vroeër in Detroit vertoon het.Die knaap dui ’n nuwe stileer-rigting virdie vervaardiger aan en sal oor die groep se

nuwe tweeliter-turbo-enjin beskik wat150 kW bied, gekoppel aan ’n nuwe handrat-kas met ses gange.

Die tweesitplekker sal agterwielaandry-wing hê en kan dalk in die toekoms teensoortgelyke rygoed soos die Toyota 86 enSubaru BRZ boks.

Kiawys elektriese Soul EV

KIA se ten volle elektriese Soul wat voor dieeinde van die jaar in Europa op die pad salwees. Foto: Verskaf

Motorredaksie

SUZUKI gaan sy Swift- en Alto-modellemet ’n nuwe gerobotiseerde handratkasvoorsien. Dit is nou wel ’n lomp enformele woord vir wat ’n makliker maniervan ratskakeling moet wees, maar inbeginsel beskryf dit presies hoe die stelselwerk.

Suzuki se redenasie met dié nuwe ratkasis dat dit ’n moeitevrye skakeling biedsoos ’n outomatiese ratkas, maar dat jysteeds die gevoel van selfskakeling met dierathefboom het.

Gerobotiseerde handratkaste is al ’n heleruk met ons, maar word baie min gebruik.Die norm is maar om óf ’n gewonehandrat óf ’n gewone outomatiese ratkas ofdan een van die nuwer stelsels soos ’n

palwissel- (CVT) en ’n dubbelkoppelaar-rat-kas in te span.

In wese het die gerobotiseerde ratkassteeds die gewone ratte van ’n handrat,maar daar is nie ’n ratkierie en ’n koppe-laarpedaal nie. As jy van rat wil verwissel,druk jy ’n hefboom op (as jy ’n laer rat wilhê, trek jy die hefboom af).

Sover is dit net soos die nuwerwetsedubbelkoppelaar-’kaste wat spane agter diestuur het. Die verskil is dat die geroboti-seerde ratkas steeds ’n gewone koppelaarhet, maar wat nou deur die blikbrein (ennie jou voet op ’n pedaal nie) geaktiveerword.

Die oorskakel-aksie is dus langer enmoeisamer as met ’n gewone outomatieseratkas, want ’n koppelaar skei steeds dieratte van mekaar.

Nuwe ratkas vir Swift, Alto

12 NOORDKAAP, WOENSDAG 12 MAART 2014

SportSportDie Diamantstad se koerant

Sports Editor

GRIQUAS held theirnerve to edge out theBlue Bulls 26-24 (half-time 17-13) followinga frenetic ending totheir Vodacom CupNorth Section matchat the Loftus VersfeldBField in Pretoria onSaturday.Fullback Jacquin

Jansen kicked twopenalties in the lastseven minutes withthe winning kick co-ming in the last mi-nute of the match tosecure the win.Griquas had held

the lead until the 55thminutewhen a penal-ty from Bulls flyhalfLouis Fouché put thehosts into a 21-20lead.The lead then

changed hands threetimes in the last sixminutes before Jan-sen settled the con-test in the visitors’ fa-vour with his secondsuccessful penaltykick.Griquas regained

the lead with six mi-nutes left in thematch through a Jan-sen penalty.However, the hosts

dug deep and theyonce again took aone-point lead withjust four minutes leftto play, thanks to asuccessful penaltyfromFouché to set upthe nail-biting fi-nish.The Griquas had

made a fast start tothematchwhen rightwing EderiesArendse dotted downfor a converted tryin the fourth minu-te.The visitors stret-

ched their lead to 14points after ten mi-nutes when scrum-half Tian Meyer sco-red a try before ad-ding the conversionhimself.However, the Blue

Bulls finally openedtheir account in the22nd minute thanksto a penalty try withGriquas tightheadprop Ewald van derWesthuizen earninghimself a yellowcard for a professio-nal foul in the pro-cess.Fouché kicked the

resulting conversionbefore slotting a 34th-minute penalty asthe Griquas reached

the break holding afour-point lead.The visitors ope-

ned the second halfscoring, five minutesafter the restart,thanks to a drop goalfrom flyhalf FrancoisBrummer.Bulls outside cen-

tre William Small-Smith then scythedthrough the Griquas’defence for an un-

converted try in the51st minute beforeFouché’s penalty putthe Bulls in thelead for the firsttime.

ScorersGriquas:Tries: Ederies

Arendse and TianMeyer.Conversions: Nico

Scheepers and Mey-

er.Penalties: Francois

Brummer and Jac-quin Jansen (2).Drop goal: Brum-

mer.Blue Bulls:Tries: Penalty try,

William Small-Smith.Conversions: Lou-

is Fouché;Penalties: Fouché

(3).

Griquas fight until endGRIQUAS FLYHALFFRANCOIS BRUM-MER tackles TravisIsmael in the twosides’ VodacomCupgame in Pretoria.The visitors beat thehosts 26-24.

Photo: Photo24

DIE Kimberley Harriers bied opSaterdag 15 Maart die 44ste Diamant-marathon in Kimberley aan.Die wedloop begin om 06:00 by die

GWK-Lobora-sentrum in Memoriamweg.Drawwers, stappers en rolstoelatlete

kan hieraan deelneem.Benewens die marathon (42,2 km) sal

’n halfmarathon (21,1 km) en 10 km-wed-loop aangebied word.Verder sal ’n 5 km-pretdraf op die dag

plaasvind.Inskrywings vir die onderskeie

nommers kan op Vrydag 14 Maart van17:00 tot 19:00 gedoen word.Daar sal ook Saterdag om 05:00

ingeskryf kan word.Die inskryfgeld is R80 vir die mara-

thon.Diegene wat aan die halfmarathon wil

deelneem, moet R60 betaal.Die inskryfgeld vir die 10 km-wedloop

is R40.Dit sal R5 kos om aan die 5 km-wed-

loop deel te neem.Al die deelnemers, behalwe diegene

wat vir die 5 km-wedloop aantree enwat die onderskeie wedlope voltooi, salmedaljes ontvang.Rig navrae aan 083-443-8198 of stuur

e-pos aan Ria Janse van Vuuren [email protected].

Harriers hou Saterdag44ste Diamant-marathon

Virnogfoto’sennuusbesoek

www.noordkaap.co.za

enopFacebookby

Noordkaapkoerant