Upload
noord-kaap
View
263
Download
15
Embed Size (px)
DESCRIPTION
Noordkaapnk 20140806
Citation preview
Tel (053) 831 2331 Woensdag 6 Augustus 2014 www.noordkaap.co.za GRATIS
Die Diamantstad se koerant
André Botha
’n GROOT rugbynaweekwag op Kimberliete metGriekwas wat hul eersteCurriebeker-wedstryd vandie seisoen speel, en dieeen groot skolewedstrydwaarop die stad al die heleseisoen wag.Griekwas speel Saterdag
op GWK-park teen dieSharks en sal alles in diestryd werp om nie net tewen nie, maar ook ’nbonuspunt te kry omsodoende in ’n sterk posisieweg te spring.Verlede jaar het Griekwas
verras toe hulle in huleerste wedstryd van diereeks in Durban teen dieSharks gewen het.Ongelukkig het dinge
daarna minder voorspoedigverloop.Maar dit is ’n nuwe
seisoen en Griekwas sal
vasbeslote wees om vanjaarte midde van sterk mede-dinging beter te vaar. En
veral om te verhoed dathulle weer volgende jaaraan die uitspeelronde
deelneem.Die vyf groot unies en die
Kings is verseker van ’n
plek in volgende jaar sereeks, ongeag hoe hullevanjaar vaar.Dit is Griekwas en die
Pumas op wie die druk isom die uitspeelronde tevermy.Dit kan net gedoen word
deur onder die eerste seste eindig.Maar dit is dalk die
wedstryd tussen die Hoër-skool Diamantveld en dieHoërskool Noord-Kaap watdie grootste belangstellinggaan uitlok.Die wedstryd word Sater-
dag om 12:15 op Diamant-veld se veld gespeel.Noord-Kaap was die
afgelope paar jaar elke jaaraan die wenkant, en Dia-mantveld sal vasbeslotewees om vanjaar die bord-jies te verhang.Dit is ’n wedstryd waarin
albei spanne altyd hul besdoen en sal vir seker grootopwinding bring.Die wedstryd lok selfs
nasionale belangstelling uit.Albei skole het al in dieverlede nasionale ranglystegehaal.) Frikkie vanRensburg, voor-malige sportskrywer vanVolksblad en skrywer vanGriekwas se eeufees-gedenk-boek, het lekkerlees-artikelsoor Griekwas vir Noordkaapgeskryf.Lees gerus van bll. 5 tot 9.
Tel (053) 831 2331 Woensdag 6 Augustus 2014 www.noordkaap.co.za GRATIS
Die Diamantstad se koerant
SATERDAG is die hoogtepuntvan skolerugby in Kimberleywanneer die bulspanne van dieHoërskool NoordKaap en dieHoërskool Diamantveld mekaarin hul jaarlikse kragmeting pak.Hier is Gerhard Holtzhausen(links), kaptein van NoordKaap,en Nardus Bosman van Diamantveld. Foto: Emile Hendricks
GróótGróótrugbyrugbyrugbyrugbyrugbylê voorlê voorGriekwas en2 skole speel
2 NOORDKAAP, WOENSDAG 6 AUGUSTUS 2014
LOURENS VAN NIEKERK van die HoërskoolDiamantveld is die enigste leerling van dieNoordKaapwat tot die derde ronde van dieSuidAfrikaanse Wiskundestigting (SAMF)se kompetisie deurgedring het. Foto: Verskaf
DIE liefdevolle, sagte hande van ’n versor-ger wat na ’n kankerlyer omsien, hetdikwels nie ’n gesig nie. Daarom plaasKansa die kollig in Kansa-sorgweek op dievrywilligers.
’n Versorger is enigiemand wat vrywilligversorging aan kankerpasiënte bied wat niedaarsonder kan klaarkom nie.
“Ons meen versorgers se liefdevolle sorgen ondersteuning vir kankerlyers kan somsongesiens verbygaan. Ons hoop regtig omdit te verander, want die welsyn vanversorgers is net so belangrik soos dié vandie oorwinnaars vir wie hulle omgee. DiéKansa-sorgweek wil ons graag erkenningaan alle versorgers gee en hulle salueer,” sêElize Joubert, Kansa se waarnemendeuitvoerende hoof.
Versorgers kom uit alle vlakke van diesamelewing. Baie mense meen hulle doenwat enigiemand anders in dieselfde situasiesou gedoen het. Sommige versorgers kiesnie om dit te doen nie; dit gebeur dikwelsongevraag wanneer iemand na aan hullemet kanker diagnoseer word.
Joubert sê meer as 60% van die vrywilli-gers is toegewy aan hulpverlening saam
met Kansa-personeellede, asook die bevorde-ring van gesondheid, terwyl baie van hulleook met ander projekte help.
Baie versorgers ervaar dikwels sielsmoeg-heid wanneer hulle hul selfsorg nalaatterwyl hulle op die versorging van iemandanders fokus – dit staan bekend as versor-geruitbranding.
Uitbranding beskryf die eindresultaat vandie stres in die lewe van ’n versorger enword gekenmerk deur emosionele uitput-ting, depersonalisering en lae persoonlikevervulling.
’n Prettige manier vir kankeroorwinnaarsen hul versorgers om by Kansa betrokke teraak en om die erkenning te ontvang wathulle verdien, is deur Kansa se nasionaleRelay For Life-projek. Dit is ’n besondersegeleentheid wat oornag plaasvind waarspanne hulle vir kankerbewustheid inskryfen om geld in te samel om die siekte tebeveg. Die geleentheid beklemtoon kanker-oorwinning, is gedrewe deur vrywilligersen besit deur die gemeenskap.) Besoek www.relayforlife.org.za enhttp://www.cansa.org.za/cansa-care-centres-contact-details vir meer inligting.
Versorgers brand dikwels uit
André Botha
DIE verhaal in Volksblad van Yvonne enTommie Gentle se omgeesentrum inBritstown het ’n vrou van Kimberley sóaangegryp dat sy ’n insamelingsveldtogvir die sentrum begin het.
Nellie van Wyk, eienaar van diehaarsalon Salon Belgrave, het die artikeloor die Gentlecare-sentrum in Volksbladgelamineer. As haar kliënte net mooi hulsit gekry het om hul hare te laat versorgstop sy die artikel in hul hand om te lees.
Die Gentlecare-sentrum het in 2000begin toe die Gentles ’n deel van hulkafee as sale ingerig het. Daar is nou 21beddens en byna net soveel mense worddaar versorg.
“Die mense dra aan,” sê Van Wyk. Eenvrou is apteek toe en het met ’n boks volmedisyne daar uitgestap om vir Van Wyk
te bring.Alles en nog wat word gebring, van
komberse tot klere, nie-bederfbare kos,toiletware en selfs lekkergoed.
Die salon se kliënte vertel vir hulvriende van die insameling en só worddie woord versprei. Van Wyk gaan diegoed wat reeds ingesamel is volgendeweek by die sentrum aflaai.
Die insameling is egter nie verby nie.Volgens Van Wyk is daar ook ’n paarsakeondernemings wat bydraes wil lewer.Sy sê sy het die eerste keer oor RSG vandie sentrum gehoor. Toe sy die artikel inVolksblad lees, het sy besluit sy wil help.Sy is dankbaar oor al die skenkings.
“Maar dit gaan nie oor my nie, dit gaanoor die mense van Kimberley wat bydra.”) Mense wat ook wil bydra, kan sken-kings na die salon in Dutoitspanweg 184bring.
Veldtog strekwyer
NELLIE VAN WYK by ’n deel van die skenkings vir die Gentlecaresentrum in Britstownwat deur inwoners van Kimberley gegee is. VanWyk, eienaar van Salon Belgrave in Kimberley, het die insameling begin nadat sy oor die sentrum in Volksbladgelees het. Foto: Emile Hendricks
) Nocci is hosting its Women’s Day galadinner at the Horseshoe Inn on 8 August at18:00 for 18:30. Stefan Ludik is the guestperformer. The dress code is formal. Ticketscost R280. For bookings, contact the Noccioffice on 053-831-1081.) The St Cyprian’s Grammar School invitesthe public to attend their Women’s Day teaparty on Saturday, 9 August. It will be heldat the St Cyprian’s Church hall from 10:00 to12:00. There will be a special appearance bythe local comedian Mark Kotze (Mark mywords), as well as a few treats for the
women. Tickets can be purchased at the StCyprian’s Grammar School at 4 Park Road atR50 per person. For more information,contact the office on 053-831-5066.) Optimystic Bikers Against Abuse MCCpresent their fourth annual Women’s Day Jolat Die Wilgers in Ritchie on Saturday, 9August, and Sunday, 10 August.
Costs are R80, including a cloth badge.Everyone should take their own tent to campout. Funds raised are used to assist victimsof domestic violence and child abuse.
For further information, contact Celeste [email protected] or call her on079-534-1641 or BBM 23BEA3C0.) Indien jy ’n geleentheid aanbied, stuur dieinligting aan Noordkaap. Die plasing isgratis. Indien dit die Woensdag wanneer diekoerant beskikbaar is geplaas moet word,moet dit Noordkaap die vorige week voorVrydag om 10:00 bereik. E-pos die inligtingna [email protected] of SMS dit na45533. Begin die SMS met “NK”.
NOORDKAAP, WOENSDAG 6 AUGUSTUS 2014 3
KFC Kimberley 2 (Cnr. George & Bulfontein Road)KFC Kimberley 3 (Cnr. Transvaal & Cecil Sussman Street)KFC Monument Heights (Cnr. Macdougal & Memorial Road)
053 832 9607053 831 2255053 832 9554 S
YN
C12
537
DIT is weer tyd vir Noordkaap en dieDiamond Pavilion Shopping Mall se Soek-en-wen-kompetisie.’n Leser kan in dié kompetisie ’n geskenk-
bewys van die Diamond Pavilion ShoppingMall wen. Dit is ’n maklike kompetisie enbaie pret. Elke tweede week sal ’n miniatuur-logo van die Diamond Pavilion ShoppingMall iewers in Noordkaap verskyn.Dit kan in ’n berig weggesteek wees, of op
’n foto, dalk selfs in die mashoof.Al wat jy moet doen, is om dit te soek.
Onthou, dit moet die een wees met diediamant in die middel.As jy dit gekry het, SMS die sleutelwoord
“logo”, jou naam, telefoonnommer en diebladsy waarop die logo verskyn se nommerna 45527. Dit kos R1,50 om jou in te skryf.’n Wenner word uit die inskrywings
aangewys en kry ’n geskenkbewys van R200van die Diamond Pavilion Shopping Mall.Soek daarna, stuur ’n SMS en jy kan die
gelukkige wenner van die geskenkbewyswees. Die SMS-lyn sluit Vrydag om 10:00.Die wenner sal telefonies in kennis gestel
word en ook in volgende week se uitgawevan Noordkaap aangekondig word.
Soek sentrumse logo en wen
COBUS DE KOCK, wenner van Noordkaapen die Diamond Pavilion Shopping Mall seSoekenwenkompetisie, ontvang sy geskenkbewys van Simoné Crafford van diesentrum. Foto: Verskaf
NEGE mense kan van vandag tot 20Augustus elkeen ’n dubbelkaartjie na eenvan die vertonings op die Gariep Kuier-fees wen. Al wat jy hoef te doen, is om ’n
SMS na 45533 te stuur.Begin die SMS met “NK Gariep”, gevolg
deur jou naam en telefoonnommer.Drie wenners van ’n dubbelkaartjie elk sal
elke week aangewys word en in Noord-kaap aangekondig word.Kaartjies kan by die kantoor van
Volksblad of Noordkaap afgehaal word.
Wen kaartjies na Kuierfees-vertonings
André Botha
DIE Castle-tent is elke jaar een van diegewilde kuierplekke op die Gariep Kuierfeesen vanjaar is geen uitsondering nie.Teen net R50 per dag kan mense lekker
kuier terwyl ’n rits bekende kunstenaars,soos Jak de Priester, Izak Davel en AndriesVermeulen hulle vermaak.Van 28 tot 30 Augustus begin die prettig-
heid in die tent al om 11:00.Jak de Priester begin op 28 Augustus. Ná
hom kom kunstenaars soos Lisa Katzke, LenMuller, Kwaggabees, Denim, CharnayDippenaar en die Friendly Drummers aandie beurt.Dit is veral teen die aand se kant dat dinge
gaan kook met bekendes soos Pieter Koen,Elizma Theron, Ray Dylan en Nicholis Louwwat die aand op ’n hoogtepunt gaan afsluit.Op 29 Augustus kry Izak Davel die oggend
dinge aan die gang, met Urnus Human,Jason Bradley, Neil Somers, Bongi, ZakSteyn en Oros in ’n Lang Glas wat sal sekermaak feesgangers verloor nie stoom nie.Die Radio Kalahari-orkes en Die Heuwels
Fantasties laat die tent die aand bewe.Andries Vermeulen is op 30 Augustus
eerste aan die beurt.Stephan Visagie, Kinghero, Timothy Moloi,
Dewald Wasserfall en Gerhard Steyn vatdinge dan skemertyd toe.DJ Ossewa, Theuns Jordaan en Bok van
Blerk gaan Saterdagaand-jolyt bring.Die Pronkplek was eers as die Kultuurver-
hoog en toe die Reënboogverhoog bekend.Dit is ’n geleentheid vir plaaslike talentvol-
le kunstenaars om op ’n nasionale kunstefeesdie verhoog met gevestigde kunstenaars vanoor die land heen te deel.
Vanjaar se program sluit in van diskodanstot hip-hop en volkspele. Daar is Afrika-trom-me en tromme en doedelsakke van dieKimberley-regiment. Dit is gratis.Die RSG-verhoog, ook gratis, kry ook elke
jaar groot aftrek by feesgangers.Kunstenaars wat vanjaar hier gaan optree,
sluit in Elizma Theron, Ray Dylan, DewaldWasserfall, Jason Bradley, Izak Davel enWillem Botha.
Rits bekendes op Gariep-fees
ELIZMA THERON Foto’s: Verskaf NICHOLIS LOUW
TIMOTHY MOLOI IZAK DAVEL
4 NOORDKAAP, WOENSDAG 6 AUGUSTUS 2014
TALLE leerlinge van Kimberleyhet die afgelope skoolvakansieaan verskillende sporttoernooieoor die land heen deelgeneem.’n Wisselende mate van
sukses is behaal, maar nêrenshet hulle hul nie laat geld nie.Die belangrikheid van sport
in die opvoedingsproses vankinders moet nooit oorskatword nie, maar ook nooitonderskat word nie.Kinders leer dissipline,
spanwerk, trots, deursettings-vermoë en ander vaardighededeur sportdeelname.Vaardighede wat waardevol
is in alle fasette van die lewe,lank nadat die rugbybal ofhokkiestok die laaste keerneergesit is.Een van die groot leemtes in
die onderwys in Suid-Afrika isegter die ernstige tekort aanbehoorlike sportgeriewe byagtergeblewe skole.Dit is ook in Kimberley te
sien waar van dié skole geensportgeriewe het vir leerlingeom aan sportsoorte deel teneem nie.Beter sportgeriewe en die
beskikbaarheid van afrigterskan sportdeelname aanmoedig.Deur aan die kinders iets
gesond te gee om aan deel teneem kan misdaad bekampword en selftrots kan ookbevorder word.’n Groter gevoel van self-
waarde kan ’n positieweinvloed op ander fasette vandie skool hê wat weer tot beterprestasies op akademiese, sowelas sportgebied, kan lei.Kwotas vir skolespanne word
weer bespreek, maar daar moetbesef word dat beter sportgerie-we by agtergeblewe skole diekans van leerlinge aan diéskole verbeter om op merieteprovinsiale en nasionalespanne te haal.Dit is ware transformasie.
Om te kan gee is ’n voorregHannes Noëth
STOEPGESELSIES is mos altydlekker.Wanneer iemand so buite in die
laatmiddag met jou sit en sommernet gesels. Nie spesifiek met ’ngedrewe agenda nie, ook nie metbybedoelings nie. Ag, sommer netlekker sit en gesels.Oom Niek het verlede Sondag by
my op die stoep kom sit en ons hetsommer net lekker gesels. Hy het nákerk gebel en gesê hy sien my om15:00.’n Bietjie in my slaaptyd, maar vir
’n goeie kuier kan ’n mens die rus’n bietjie aanskuif.Ek ken hom van geen kant af nie.
Hy het sommer net gebel, hy het myradiopreek oor RSG gehoor enbesluit hy wil by my kom kuier.
Ons het nie eens die huis ingestapnie, want dit is te ver vir sy oumoeë bene. Toe hy op die eerstestoel neerval, kon ons sommer so opdie stoep ’n bietjie sit en kuier.’n Lekker stoepgeselsie oor dit en
dat, maar voordat hy vergeet, hy hetdit reeds by die huis eenkant gesit.Uit sy agtersak haal hy R500.Sal jy dit asseblief vir ’n kind gee
wat dit nodig het? Hy weet ek sal ditso gebruik dat dit ’n kind kan help.Hy is bang hy ry huis toe en besefhy het vergeet hy wou dit nog gee.Hy gee dit met dié woorde:
Wanneer ek iets vir iemand gee,
raak ek sommer bly, Dominee. Saljy dit vir ’n kind gee? Maak niesaak van wie dit kom nie, ditverander ’n kind se week. Dit ismin, maar dit kom uit my opregtehart.Daarna gesels ons nog lank oor dit
en dat, maar die woorde van sy geebly deur my kop spoel – wanneer ekiets vir iemand gee, voel ek solekker, Dominee.Wat ’n eenvoudige waarheid wat
’n mens so maklik vergeet: hoewonderlik dit is om te gee van ditwat jy het. Erkenning is niebelangrik nie, die lekker lê in dievoorreg om te kan gee, om ’n verskilte kan maak.Party mense kan geld gee, ander
tyd, ander aandag en ander weeromgee.Wat kan jy vir iemand iets gee?
DIE Queenshotel in Stockdalestraat is nie net een van dieoudstehotelle inKimberleynie,maar was in sy fleur die meesvooraanstaande hotel in diedestydse delwersdorp. Die hotel is in die 1870’s geopen. ’nNuwe gebou is in 1881 in gebruik geneem, die jaar toe diefoto geneem is. Oor die jareheen is die gebou heelwat uitgebrei sodat die oorspronklikefasade verdwyn het. Die eersteeienaar was Catherine Jardine,legendaries op die Diamantveld. Sy was gelief, onder meervir die moederlike wyse waarop sy delwers versorg het watdit nodig gehad het. Sondaekon enigeen in haar hotel gaaneet, of hy nou geld gehad hetof nie. Sy het later skuldnotasvan duisende ponde gehad,maar nooit geëis dat dit betaalmoet word nie. Toe sy na Skotland teruggekeer het, het sy glo’n stapel onbetaalde rekeningsmet haar saamgeneem en haarseun opdrag gegee om dit teverbrand. Maar diegene watwel geld gehad het, moes stewig opdok. Sir Charles Warren,toe die waarnemende administrateur van die Kaapkolonie,het in 1879 een aand ’n ete virRhodes en vier ander hooggeplaastes in die Diamantveldaangebied. Hy het op besoekaan Kimberley in die hotel tuisgegaan. Die ete het hom £15gekos. “Pryse hier is verskriklik,” het hy opgemerk. Onderdie belangrike mense wat diehotel besoek het, was lord Milner wat as hoë kommissarisvan die kolonie ’n bal in die hotel bygewoon het. Foto’s: EmileHendricks en Africana-biblioteek
Eens ’n vooraanstaande hotel
Karin Muller
ONS Afrikaans-onder-wyser het altyd gesê datdie woord “te” verkies-lik net in drie gevallevooraan ’n woordgebruik mag word: tevoet, te perd en tevrede.Indien jy verdere
ondersoek sou instel, is ek oortuigdaarvan dat jy nog gevalle gaanraakloop waar dit sonder ’nnegatiewe impak gebruik magword.Dit maak nie regtig saak nie,
want in haar eenvoudige verduide-liking het sy die boodskap duidelikaan ons jongklomp oorgedra – daarmoet balans in jou lewe wees.Enigiets met ’n “te” vooraan
beteken waarskynlikmoeilikheid.Kyk jy na die wêreld
om jou sien jy dat daarin die meeste gevalle ’n“te” vooraan is.Selfs iets wat op die
oog af ’n positiewebetekenis behoort te hêse positiwiteit wankel
so effens indien daar ’n “te”vooraan gevoeg word – te maer, teeerlik, te lief.In ’n wêreld wat streef na
uiterstes is dit moeilik om balansop soveel gebiede te handhaaf.Amper te moeilik.As jy egter ’n oomblik
stilstaan, eerlik selfondersoekinstel en met ’n fyn kammetjiedeur jou raamwerk vroetel, sou jy
waarskynlik moet erken dat jyook ’n “te” in jou lewe het. Dalk’n paar.Dit hoef nie ooglopend ’n negatie-
we invloed op jou lewe of diemense om jou te hê nie, maar ditis dalk al wat nodig is om diebalans op ander gebiede omver tegooi.Blaai so ’n bietjie deur jou
lewe en kyk of jy kan werskafom die balans te herstel. Dalkneem dit heelwat inspanning. Dalkmin.Miskien het die tyd aangebreek
om hierdie skamele woorde uit onslewe te verban en om na die warewoorde van ’n wyse onderwyserterug te keer. Slegs in die volgendegevalle is “te” aanvaarbaar: tevoet, te perd en tevrede.
Verban die ‘te’ uit die lewe
Geriewemoetopgeknapword
NOORDKAAP, WOENSDAG 6 AUGUSTUS 2014 5
Frikkie van Rensburg
SUID-AFRIKAANSE rugby is baie dank aanGriekwa-rugby verskuldig, veral in diebeginjare van rugby in die land. Was dit nievir die bydrae van die rugbymense vanKimberley en omgewing aan die einde vandie 19de en die begin van die 20ste eeu nie,sou Suid-Afrikaanse rugby veel armergewees het.Griekwaland-Wes was een van die hoof-
bou-aannemers van die Suid-Afrikaanserugbyhuis. Trouens, die Griekwas was diémeesterbouer van dié huis.Hoewel sake die afgelope 40 tot 50 jaar nie
altyd klopdisselboom met Griekwa-rugbygegaan het nie, is sy aandeel in die instand-houding van dié rugbyhuishouding steeds sokragtig soos in die heel vroeë jare van diespel in Suid-Afrika. In die Griekwa-rugbyver-haal is daar heelwat eerstes in die Suid-Afri-kaanse rugbygeskiedenis.) Die Kimberley-rugbyklub was op Vrydag22 Julie 1881 die eerste “toerspan” wat ’nwedstryd verder as 160 km van sy tuistegespeel het toe ’n kragmeting teen Bloemfon-tein in Bloemfontein gespeel is.) Alfred Schlemmer (23) het op Saterdag 14Augustus 1886 gesterf nadat hy ’n weektevore in ’n klubwedstryd tussen Beacons-field en Pirates teen A.M. de Kock (Pirates)vasgehardloop het en van die veld gedra is.Schemmer is die eerste bekende sterfgevalnadat ’n speler in ’n rugbywedstryd beseer isin Suid-Afrikaanse rugby.) Die Suid-Afrikaanse Rugbyraad is in 1889in die Craven-hotel in Kimberley gestig.) Percy Ross-Frames (Griekwas) was dieeerste voorsitter van die Suid-AfrikaanseRugbyraad.) Die Griekwas het op 31 Augustus 1889 inhul eerste interprovinsiale bekerwedstryd omdie Raadsbeker van die Suid-AfrikaanseRugbyraad teen Transvaal gespeel en met 4-3gewen.) Die Westelike Provinsie het die eerste
interprovinsiale rugbytoernooi om dieRaadsbeker van 28 Augustus tot 7 September1889 in Kimberley gewen. Die Griekwas,Transvaal en die Oostelike Provinsie het ookdeelgeneem.) Sir Donald Currie, eienaar van dieCastle-redery, het in 1891 ’n goue beker, watdestyds teen £40 gewaardeer is, geskenk. Diebeker sou gegee word aan die provinsialespan wat in 1891 die beste teen die Britsespan van Bill Maclagan gevaar het.) Op 20 Julie 1891 het die Griekwas verbeteingeklim om die Britte van Maclagan te klop,maar moes teen die einde met 0-3 besgee.Maclagan het voor die toerspan se vertrekuit Kaapstad per boot terug Engeland toe diebeker aan die Griekwas gegee.
Die Griekwas het besluit om dié beker aandie Suid-Afrikaanse Rugbyraad te skenk.) Die tweede rugbytoets in Suid-Afrika is op29 Augustus 1891 in Kimberley beslis en dieskeidsregter was Percy Ross-Frames.) Die eerste Curriebeker-toernooi is van 12tot 23 September 1892 in Kimberley gehou.Die WP het op 24 September 1892 met 5-2teen die Griekwas gewen en die eerste houervan die Curriebeker geword.) T.A. (Theo) Samuels van die Griekwas hetop 22 Augustus 1896 in die tweede toets teenJohnny Hammond se Britse span in Johan-nesburg die eerste Suid-Afrikaanse rugbyspe-ler geword wat ’n drie in ’n toets gedruk het.) Die Griekwas word die tweede houer vandie Curriebeker deur die toernooi van 19 tot
26 Augustus in Kimberley te wen.) Die Griekwas het op 3 Julie 1905 voorge-stel dat die spelers op die Curriebeker-toer-nooi van 1906 nommers op hul rug moet draom sake vir die nasionale keurders tevergemaklik wanneer hulle hul span vir dieeerste toer na Brittanje moet kies.) Die Griekwas het die Curriebeker ’ntweede keer gewen deur dié slag sy sewewedstryde tussen 15 en 29 Julie 1911 in Kaap-stad onoorwonne af te handel. Die Griekwashet in dié proses die WP met 12-0 geklop –die eerste nederlaag wat die WP in 46 Cur-riebeker-wedstryde sedert 1892 verloor het.) Op 29 Augustus 1964 het die Griekwas dieeerste houer van die nuwe Sport Pienaar-be-ker geword deur Oos-Transvaal in dieeindstryd in Springs met 19-8 te klop.) 26 September 1970 was die laaste keer datdie Griekwas die Curriebeker gewen hetdeur Noord-Transvaal in die eindstryd in dieDe Beers-stadion met 11-9 te klop.) Op 20 Maart 1992 was Kimberley en Grie-kwaland-Wes wéér die plek waar die nuweSuid-Afrikaanse Rugbyvoetbalunie (Sarvu)amptelik gestig is en Sarvu sy eerste jaarver-gadering gehou het – 103 jaar nadat die ouSuid-Afrikaanse Rugbyraad in Kimberleygestig is. Die verskillende rugbybeheerligga-me – wit, bruin en swart – is nou as eenheidin Sarvu gesnoer.) Die Griekwas het in 1992 die eerste keer insy 106 jaar se bestaan oorsee getoer. DieGWRU het die eerste Suid-Afrikaanse provin-siale span geword wat ná eenwording oorseegetoer het. Die span het vier wedstryde inEngeland en Wallis gespeel en het uit ’nkombinasie van die gereelde Griekwa-spanén sy ontwikkelingspan bestaan.) Op 30 Mei 1998 het die Griekwas die eerstehouer van die Vodacombeker geword deurdie Leeus in die eindstryd in Kimberley met57-0 te klop, ’n beker wat die span op 16 Mei2014 ’n rekord-vyfde keer gewen het deur dieLeeus op GWK-park in Kimberley met 30-6ore aan te sit.
Griekwas het SA rugby help bou
’n FOTO van die legendariese Griekwarugbyspan van 1970 wat die Curriebeker gewenhet deur NoordTransvaal met 119 in die eindstryd in die De Beersstadion in Kimberleyte verslaan. Dié foto is inMannetjies Roux, kaptein van die span, se rugbymuseum inVictoriaWes uitgestal. Foto: André Botha
FOKUS OP GRIEKWAS
6 NOORDKAAP, WOENSDAG 6 AUGUSTUS 2014
FOKUS OP GRIEKWAS
Frikkie van Rensburg
DIE geskiedenis van die Suid-AfrikaanseRugbyraad is onafskeidbaar met dié vandie Griekwa-rugbyunie verbind, want wasdit nie vir die diamantbedrywighede inKimberley nie, sou die toestroming vangoeie spelers hierheen nooit plaasgevindhet nie en sou die unie wat gestig is nie sosterk gewees het dat hy ’n interstedelikekompetisie begin het wat regstreeksdaartoe gelei het dat die Suid-AfrikaanseRugbyraad hier gestig is nie.
Die Griekwa-rugbyverhaal is net soromanties soos die ontdekking van dia-mante. Rugby en die ontwikkeling van diedorre Noordweste loop feitlik hand aanhand, maar ongelukkig het die meestestaaltjies oor hoe die spel in die deel vanSuid-Afrika begin het, verlore geraak.
Ons verhaal begin op 18 April 1860 – diedag waarop die broers De Beer, Johannes,Nicolaas en Arnoldus, die plaas Vooruit-zigt vir £50 van die Vrystaatse regeringgekoop het.
In 1871 is die eerste diamante op die DeBeers se plaas ontdek en die De Beers-mynhet in Mei 1871 ontstaan.
Waar Kimberley vandag geleë is, was opdie oggend van 16 Julie 1871 net ’n koppiebedek met lae, doringagtige bosse en ’npaar bome. Maar voor sononder daardiedag het die rustigheid van dié omgewingvir ewig verdwyn. Toe die son daardie daggesak het, was die bome afgekap en diebosse uitgetrek. En so ver soos die oogkon sien, het die kleimpenne gestaan.
Die nuus van die ontdekking vandiamante het soos ’n veldbrand versprei enin die volgende klompie weke het duisendedelwers van oor die land heen en selfs vanoorsee op die Colesberg-koppie toegesak.Byna oornag het ’n tentestad verrys metsowat 50 000 inwoners wat in die allerpri-mitiefste toestande geleef het.
Die ongerief kon nie onbepaald voort-
duur nie. Algaande het ’n behoefte naontspanning ontstaan. Die manne was niemeer net tevrede om ná die swoeg ensweet van die dag die tyd saans in kroeëdeur te bring nie.
Die groot vermaak en ontspanning indaardie dae was die groot swemkompeti-sies wat in die rivier by die dorp gehou is.
Maar dit is tussen Julie 1871 en Oktober1873 dat ons storie, die verhaal vanGriekwa-rugby, begin het.
In die eerste georganiseerde rugbywed-stryd – die rugby van daardie jare was ’n
mengsel van iets van rugby en Winchesterin Engeland – het ’n span van Wes-eindeop Saterdag 4 Oktober 1873 teen ’n “ligtespannetjie” van Grahamstad op ’n goedvoorbereide veld ’n entjie agter dieWesleyaanse kapel, wes van die kamp,gespeel. Wes-einde se manne het in bloukleredrag op die veld gedraf en dieuitdagers in rooi. Wes-einde het vier doelebehaal en Grahamstad geen punte nie.
Soos in enige beskaafde gemeenskapmoes daar ook orde in die rugbysake vandie Diamantveld kom. Dit het noodsaaklik
geword dat die ewige twiste oor beslissingsop die veld en die reël van wedstryde deureen oorkoepelende liggaam beheer moesword.
Nie ’n volle drie jaar nie het dus ná 30Mei 1883 – toe die WP-rugbybond in dieMasonic-hotel in Kaapstad gestig is –verloop voordat die Diamantvelders op 6Februarie 1886 in die Central-hotel inKimberley tot die stigting van hul rugby-bond oorgegaan het.
Verteenwoordigers van die volgendeklubs het die stigtingsvergadering byge-woon: Newton, Dutoitspan, Wes-einde,Pirates en Kimberley. Woodthorp T.Graham was die eerste voorsitter enJames Hill, wat op sy dag self ’n goeiesportman en rugbyspeler was, het dieGroot Uitdaagbeker aan die GWRUgeskenk. Dié beker is destyds in Engelandteen £75 van 60 soliede onse silwer ge-maak.
Griekwas het die afgelope 128 jaar ’nbaie groot bydrae tot Suid-Afrikaanserugby gelewer en dit is eintlik ’n hartseer-storie dat die unie sedert 1970 – toeGriekwas die Curriebeker die derde enlaaste keer verower het – dikwels in ’nstryd om behoud van sy Curriebeker-statusgewikkel is.
Dit is die storie van ’n eens magtigerugbyunie wat weens ekonomiese redes endie ontvolking van die platteland vervalhet tot ’n rugbyunie wat dikwels in ’noorlewingstryd is.
Terloops – die Griekwas was juis in dieafgelope klompie weke in ’n reeks kwalifi-serende wedstryde om Premier-status teenvyf ander rugby-unies gewikkel. DieGriekwas het die kompetisie onoorwonnevoltooi en sal van 9 Augustus – wanneerhy op GWK-park in Kimberkley teen dieHaaie, die huidige Curriebeker-kampioen,te staan kom – weer saam met die andergrotes in Suid-Afrikaanse rugby sake omdie gesogte Curriebeker uitspook.
Rugby saammet diamante gekom
APARTHEID het ook op rugbygebied skeiding gebring. Dit het veroorsaak dat verskillendebevolkingsgroepe verskillendeGriekwaspanne gehad hetwat in verskillende kompetisiesgespeel het. In 1935 het die span van die GriekwalandWesKleurlingrugbyunie die Rhodesbeker verower. Foto: Africana-biblioteek
NOORDKAAP, WOENSDAG 6 AUGUSTUS 2014 7
Frikkie vanRensburg
SPANNE en spelersvandieGriekwasspogmet van die beste ver-tonings en rekords inSuid-Afrikaanse eer-sterangse rugby.Die Griekwas het
die Curriebeker driekeer gewen en het op16 Mei die Vodacom-beker ’n rekord-vyfdekeer gewen.Dit is veral blitsige
vleuels soos JacquesJonker en Bjorn Bas-son wat onder die re-kords gewoel het. Jon-ker se sewe drieë op 4Oktober 1996 in ’nCurriebekerstrydteen SWD en Bassonse 21 Curriebeker-drieë in die 2010-sei-soen is die Suid-Afri-kaanse rekord.Die 210 drieë wat
Griekwas in 1998 ineersterangse wedstry-de gedruk het, is dieSuid-Afrikaanse jaar-rekord, terwyl die 108Vodacombeker-drieëwat die span dieselfdejaar gedruk het ookdie rekord in dié kom-petisie is. Van dieGriekwas se rekords:) IndividueelMeeste wedstryde:
161: André van Wyk(21ste meeste in SA);137 – Tos Smith; 131 –Hedley Wessels; 126 –Steph Roberts; 121 –Hedley Wessels; 116 –Jearus Nicholas; 114 –Edrich Lubbe; 112 –Frikkie de Villiers;111 – Boeta Wessels;108 – Dawie Theron;106 – Dave Prins; 106 –De Waal Venter; 104 –DeonLotter; 101 –Tiel-man de Villiers.Meeste agtereen-
volgende wedstry-de: 97 – Peet Smith.Meeste wedstryde
as kaptein: 66 – An-dré van Wyk; 56 – Lu-therBakkes; 55 –DaanBadenhorst.Meeste loopbaan-
punte: 719 – EdrichLubbe; 673 – BoetaWessels; 649 – KriekErasmus; 528 – Con-rad Barnard; 470 –Naas Olivier; 452 –Piet Visagie.Meeste punte in ’n
seisoen: 361 – Gaffiedu Toit (1998 – net sesSA rugbyspelers hetmeer punte in een sei-soen aangeteken en sy236 Vodacombeker-punte in dié seisoen issteeds die SA rekord);284 – Naas Olivier(2009); 272 – ConradBarnard (2007); 224 –Rudi Vogt (2011); 209 –Riaan van der Berg(1989); 205 – FrancoSmith (1996).Meeste Curriebe-
kerpunte in ’n sei-soen: 173 – Naas Oli-vier (2010); 164 – Fran-co Smith; 154 –ConradSmith; 151 – Naas Oli-vier.Meeste punte in ’n
wedstryd: 42 – NaasOlivier (t Griffons –2009 – sewendemeestein SA rugby en dietweede meeste in ’nVodacombeker-wed-stryd); 35 – JacquesJonker (t Namibië –1996); 35 – Gaffie duToit (t OP – 1998); 33 –Piet Visagie (t Rhode-sië – 1968).Meeste loopbaan-
drieë: 61 – Jearus Ni-cholas; 55 – Tielman
de Villiers; 55 – DavePrins; 53 – Boeta Wes-sels; 47 – Bjorn Bas-son.Meeste Curriebe-
ker-loopbaandrieë:37 – Dave Prins; 33 –Bjorn Basson.Meeste drieë in ’n
seisoen: 29 – BjornBasson (2010 – sy 34drieë in alle eerste-rangse wedstryde diéseisoen is ná PieterHendriks van dieLeeus se 35 drieë in1992 die meeste in ’nSA rugbyseisoen); 24 –Robert Markram; 23 –Jearus Nicholas; 22 –Lourens Venter.Meeste Curriebe-
ker-drieë in ’n sei-soen: 21 – Bjorn Bas-son (2010 – die SA re-kord); 11 – RobertMarkram; 10 – JearusNicholas; 10 – BarryGeel.Meeste drieë in ’n
wedstryd: 7 – JacquesJonker (t Namibië –1996 – derde meeste inSA eersterangse rug-by); 5 – Chris Oosthui-zen (t Oos-VS – 1978); 5– Dewald Pretorus (tValke – 2009); 5 –RoccoJansen (t Limpopo-Blou Bulle – 2013); 5 –Marnus Schoeman (tLimpopo-Blou Bulle –2013 – tweede meestein ’n Vodacombeker-
wedstryd).Meeste Curriebe-
ker-drieë in ’n wed-stryd: 4 – Dave Prins(tOP– 1978); 4 – JearusNicholas (t Noordwes– 1998).) SpanNasionale beker-
wennersCurriebeker – 1899,
1911, 1970.Vodacombeker –
1998, 2005, 2007, 2009,2014. Griekwas wasdie eerste houer vandié beker deur dieLeeus op 30 Mei 1998in Kimberley met 57-0tewen. Sestien jaar la-ter het die Griekwasdié beker ’n rekord
vyfdekeergewendeurdie einste Leeus in dieeindstryd op GWK-park in Kimberleymet 30-6 te wen.Bankfinbeker –
1944, 1995.Meeste punte in ’n
seisoen: 1428 (1998 –tweede meeste in SA);978 (1996); 977 (1999);850 (2003); 825 (2011);820 (2009); 817 (2006);814 (2010).Meeste Curriebe-
ker-punte in ’n sei-soen: 625 (2003 – ne-gende meeste); 489(1998); 477 (2010); 441(1999); 440 (2014); 437(1996).Meeste Vodacom-
beker-punte in ’nseisoen: 731 (1998).Meeste drieë in ’n
seisoen: 210 (1998 –SArekord – die 108 Voda-combeker-drieë watdie Griekwas in diéseisoen gedruk het, isdie rekord); 145 (1999);136 (1996); 118 (2003);111 (2010); 106 (2011);100 (2009).Meeste drieë in ’n
wedstryd: 20 (t Lim-popo-Blou Bulle –2013); 18 (t SWD-fede-rasie – 1978); 14 (t Grif-fons–2002); 13 (tGrens– 1973 én 1998); 13 (tGriffons – 2009); 13 (tGrens – 2011).Meeste Curriebe-
ker-drieë in ’n sei-soen: 86 (2003 – sesdemeeste ); 70 (1998); 67
(1979); 65 (1999); 60(2010).Grootste oorwin-
ning: 119 punte (klopLimpopo-Blou Bullemet 124-5 – 2013 – ne-gende grootste in SArugby, die derdegrootste sege én die124 punte is die derdemeeste deur ’n span in’n Vodacombeker-wedstryd); 94 (klopSWD-federasie met94-0 – 1978); 81 (klop
Oos-Transvaal/Valkemet 90-9 – 1995); 75(klop Grens met 84-9 –2011); 73 (klop Grensmet 87-14 – 1998); 73(klop Boland met 80-7– 2009); 72 (klop Grif-fons met 84-12 – 2002);69 (klop Grens met 83-14 – 1998); 69 (klopSWDmet 84-15 – 2014);68 (klop OPmet 80-12 –1998); 68 (klop Noord-Vrystaat/Griffonsmet 78-10 – 1996).
Grootste neder-laag: 72 punte (ver-loor teen WP met3-75 – 1985); 71 (verloorteen Haaie met 7-78 –2002); 66 (verloorteen Leeus met 7-73– 1999): 65 (verloorteen Vrystaat met10-75 – 1993); 63 (ver-loor teen Noord-Transvaal met 9-72 –1974); 59 (verloor teenBlou Bulle met 0-59 –2005).
GW laat talle rekords in slag bly
DIEGriekwaspanwat in 1899 die Curriebeker gewenhet, die eerstevan drie keerwat die Griekwas die beker in ’n amptelike kompetisiegewen het. Foto: Africana-biblioteek
FOKUS OP GRIEKWAS
8 NOORDKAAP, WOENSDAG 6 AUGUSTUS 2014
FOKUS OP GRIEKWAS
ONS staan by ons span. Dít is die benade-ring wat GWK gevolg het toe die GWK-Grie-kwas onlangs amper hul plek in dieCurriebekerrugbytoernooi kwyt was.
As borg het GWK die span bly ondersteunen het saam met die span feesgevier toe hydie SWD-Arende oortuigend geklop ensodoende sy plek in die toernooi versekerhet.
GWK is reeds meer as vyf jaar diehoofborg van die GWK-Griekwas. Net soosGWK se wortels diep in die Noord-Kaapgegrawe is, is die Griekwas ook deel vandie provinsie se erfenis. Dit is vir GWKbelangrik dat die Griekwas as ’n Noord-Kaapse tradisie behoue moet bly enondersteun moet word om verder te groeien meer sukses te behaal.
Om in die gemeenskappe te belê is virGWK se direksie en hoofbestuur ononder-handelbaar en ’n integrale deel van hoehulle sake doen. Enige ontwikkeling enuitbreiding binne GWK word op hierdiefondament gebou omdat dit nie net belang-rik is wat ’n besigheid doen nie, maar ookhóé hy dit doen en waarna hy streef.
Die maatskappy besef sy verantwoordelik-heid om projekte te ondersteun. GWK fokusdaarop om opkomende produsente inSuid-Afrika as kommersiële landbouers tevestig en daardeur tot voedselsekerheid byte dra. Hy is ook in samewerking metvennote soos die Noord-Kaapse departementvan landbou by opleiding van opkomendeprodusente betrokke.
Nog ’n voorbeeld van GWK se investeringin die gemeenskappe is Westra (’n filiaalvan GWK) se koringmeule, pasta- enbeskuitjiefabriek wat naby die Modderrivieropgerig word.
Die meule en die fabriek sal ’n geldelikeinspuiting vir die Modderrivier wees enverskeie werkgeleenthede skep. Mense watbelang stel in die vordering van dié projekkan op GWK se webtuiste bywww.gwk.co.za inskakel.
GWK investeer in sy gemeenskappe
NOORDKAAP, WOENSDAG 6 AUGUSTUS 2014 9
FOKUS OP GRIEKWAS
DIE KACterrein (KimberleyAthletic Club) op die hoekvan Quinnstraat en DeBeersweg was baie jare diemiddelpunt van Griekwarugby. Saterdag ná Saterdag het byna die hele gemeenskap van Kimberley vir’n fees van skole en klubrugby hier saamgetrek. Indaardie jare is alle skolewedstryde hier gespeel. Indie vroegste jare het internasionale wedstryde hierplaasgevind. Nadat diesportveld in onbruik vervalhet en die paviljoen gesloopis, het die terrein een keer ’njaar as staanplek vir die sirkus gedien. Dit is nou toegebou. Foto: Africana-biblioteek
SKOLERUGBY in GriekwalandWes dien as ’n sterk basis en plaaslike skole kan vir diebestes in die land kers vashou. Die Cravenweekspan van 1981 word as een van die bestespanne nog beskou enwas onoorwonne op die Cravenweekwat daardie jaar inWorcestergehou is. Foto: Africana-biblioteek
10 NOORDKAAP, WOENSDAG 6 AUGUSTUS 2014
SOEK, KOOP, VERKOOP VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES
PERSOONLIKE
DIENSTE
LENINGS
1445
CONSOLIDATION:Loan online.Up to R23 000.Low credit score is [email protected]
TE KOOP
ALLERLEI
1655
UTILITY RUBBER STAMPS:SAME-DAY SERVICE.TEL./FAX: 053 832 1951.
ALGEMENE &
HUISDIENSTE
ALLERLEI
1845
FRIDGE/FREEZERREGAS AND REPAIRS.R380. 072 997 4024.
PLAFONISOLERING:THERMGUARD LITENK. Koel in somer, warmin winter. SABS. Gratiskwotasies. 082 388 0307of 053 832 9194.
BETREKKINGS
3600
ADMINISTRATIEF
3605
ADMIN CLERKSNEEDED for copy/pastedatawork. SMS full nameand address to081 886 0315 or e-mailto: [email protected]
VERKOPE &
BEMARKING
3760
AVON IS OFFERING anearnings opportunity inthe Northern Cape. Starttoday! SMS your name andNK to 079 037 0087.
EARN EXTRA MONEYby becoming a Justineconsultant.Call Lientjie on081 264 1186
KENNISGEWINGS
NOORDKAAP, WOENSDAG 6 AUGUSTUS 2014 11
Gerdie Karstens
DIE Griekwas het ’n lang pad vol struikel-blokke kaalvoet geloop om weer tot diePremierliga van die Curriebekerreeks tevorder.Dit was ’n donker dag in Griekwa-rugby
toe die Noord-Kapenaars verlede jaar deurdie Pumas in die promosierelegasie-wed-stryde uit die reeks geboender is.Wat gevolg het, was samesprekings in
die raadsale van Suid-Afrikaanse rugbyoor die moontlikheid om die formaat vandie kompetisie tot agt spanne in dietopliga en ses in die eerste liga terug teverander.Dit het maande se samesprekings en
koppestamp geverg voordat toe op diekwalifiserenderonde-wedstryde besluit isom die agtste span in die reeks tebepaal.Intussen het staatmakers soos Willie le
Roux (heelagter) en Lourens Adriaanse(stut) besluit om elders hul heil te gaansoek.Met die onsekerheid van Curriebeker-
deelname kon niemand hulle vir diéloopbaanskuiwe verkwalik nie.In die kwalifiserende ronde was net een
plek op die spel (die Oostelike Provinsie-Kings het Superrugby prysgegee om hulplek te verseker) en die Griekwas was diegunsteling om aan die einde daarvan weerCurriebeker-status te kry.Die enigste teenstander wat gedreig het
om die appelkar om te gooi was dieLuiperds.En hulle het so byna opslae gemaak deur
met ’n enkele punt agter die Poubloues teeindig in wat sou bepaal wie tot dietoporde gepromoveer word.Die Griekwas het al hul teenstanders in
die kwalifiseerders, insluitend die Lui-perds, geklop om die kroon te span op ’nseisoen waarin die Vodacombeker-titelreeds agter die span van Kimberley senaam geskryf staan.Nou is die Poubloues weer deel van
Suid-Afrika se roemrykste plaaslikerugbykompetisie, maar die uitdagings hounie hier op nie.Hawies Fourie, die Griekwas se afrigter,
het reeds beklemtoon die Poubloues gaannie net tevrede wees daarmee dat hulleweer Curriebeker-rugby speel nie, maardat hulle daarop uit is om in die kompeti-sie te presteer.“Ons wil goed in die kompetisie vaar,
want dit help nie ons het al die werkgedoen om tot hier te vorder net omagteroor te gaan sit nie.“Die werklikheid is dat ons vanjaar
onder die ses beste spanne wil klaarmaak.Dan weet ons dat ons vir 2015 se Currie-bekerreeks ook veilig is,” het Fouriegesê.Die Noord-Kapenaars het intussen
heelwat sterre wat verlede jaar in diereeks betrokke was aan ander unies enklubs in die buiteland afgestaan.Dit is nou maar eenmaal hoe beroepsrug-
by werk en ysters soos Ligtoring Landman(slot), Howard Mnisi (senter) en NickSchonert (stut) het besluit om die hasepadte kies.Terselfdertyd het die Griekwas egter
heelwat talentvolle spelers bekom en hethulle juis in die kwalifiseerders bewyshulle is vir die Curriebekerreeks gerat.Hilton Lobberts (slot/flank), Wayne
Stevens (senter), Jonathan Francke(senter), Tian Meyer (skrumskakel) enJacquin Jansen (heelagter) is maar ’n paarvan die ysters wat saam met strydrossesoos Marnus Schoeman (flank), BurgerSchoeman (flank/agtsteman), Carel Greeff(flank/agtsteman), Francois Brummer(losskakel), Gouws Prinsloo (heelagter),Jaco Nepgen (slot) en Steph Roberts (stut)die vuur gaan aanblaas.Die Griekwas begin Saterdag op GWK-
park hier hul Curriebeker-aanslag teen dieHaaie.Die week daarna reis hulle na Bloemfon-
tein vir hul buurstryd teen die Vrystaatsespan.Daar is diegene wat voorspel die Pou-
bloues gaan sukkel, maar dié wat dieinklimspel en uithouvermoë van diespelers en bestuur vanjaar opnuut ervaarhet, weet die halfeindronde, en selfs dietitel, is nie net lugkastele nie.
Spanmik naplek intopses
NIE lank gelede nie het die Griekwas aangekondig die Cheetahs se hulpafrigter, HawiesFourie, gaan die Poubloues vir die Curriebekerreeks brei. Hy het dieNoordKapenaars reedsdeur ’n moeilike kwalifiserende ronde gekry en nou lê die groot uitdaging voor. Hier isFourie met ’n Griekwatrui. Links is Hennie van der Merwe, president van die Griekwas,en regs die Poubloues se uitvoerende hoof, Arni van Rooyen. Foto: Gerdie Karstens
‘Ons wil goed in diekompetisie vaar, wantdit help nie ons het aldie werk gedoen om tothier te vorder net omagteroor te gaan sitnie.’ – Hawies Fourie
12 NOORDKAAP, WOENSDAG 6 AUGUSTUS 2014
SportSportDie Diamantstad se koerant
DIE Hoërskool NoordKaap (HNK) se o.17netbalspan het 14de op die SuidAfrikaanse skolekampioenskappe geëindig wat op 1 en 2 Augustus gehou is. Die span het die Hoër Volkskool Potchefstroom met 1513 geklop. HNK het ook die Hoër Meisieskool Paarl met 139en die Hoërskool Pietersburg met 1712 gewen, maar teen die Hoërskool Ben Vorster met1013 verloor. HNK het ook met 1215 teen die Hoërskool Brackenfell en met 618 teendie Hoërskool Noordheuwel vasgeval. Van links is, voor: Leatitia Human, Carina van Heerden (kaptein) en Minke Helena; agter: Marijke Bergh, Marianka Dercksen, Marone de Bruin(afrigter), Mariska Dercksen en Yasmine Koopman. Afwesig: Sisipho Njenje
DIÉ leerlinge van die Hoërskool NoordKaap (HNK) seo.15netbalspan het die naweek aan die SuidAfrikaanse skolekampioenskappe deelgeneem en19de geëindig. Die span hetvyf uit ses wedstryde verloor. Hy het 717 teen dieHoërskool Stellenberg, 617teen die Hoërskool Rustenburg, 429 teen die Hoërskool Eldoraigne, 712 teendie Hoërskool Ben Vorsteren 1113 teen die HoërskoolFrikkie Meyer verloor. Diespan het wel die HoërskoolHartswater met 159 geklop. Van links is, voor: Janelia Poulton, Tiffany Coetzer, Jade Lemmetjies (kaptein) en Cara Sass; agter:Shouneez Clouts, KarienOpperman (afrigter), HaniaMyburgh, Rachel van Dyken Anja Etzebeth (spanbestuurder). Foto’s: Verskaf
Hounaamhoog
Word só vereerKLUB GRIEKWAS, wat vanjaar sy 20ste bestaansjaar vier, het diémylpaal Saterdagaand gevier deur erelidmaatskap te gee aan Griekwaspelers wat meer as 100 wedstryde vir die Poubloues gespeelhet. Altesame 14 spelers is só vereer. Van links is Steph Roberts,Dirk Bester (ondervoorsitter), Bernard Gerber (voorsitter), TosSmith en Edrich Lubbe. Foto: Emile Hendricks
ALL four of the NorthernCape High School hockeyteams played in the leaguefinals this past weekend.The u.16B team lostagainst the team of the Diamantveld High Schooland ended second in theleague. The u.16A teambeat Kimberley Girls’ Highin the semifinal, but lostthe final against the Diamantveld High School andalso ended second. Theu.19B team beat the Diamantveld High School 10and are the league winner.The u.19A team beat Kimberley Girls’ High’s B teamby 40 in the semifinal andplayed against their Ateam in the final. The Northern Cape High School’sgirls beat Kimberley Girls’High 30 in the final. Theu.19A team is once againthe league winner. Here isZeena Martin, captain ofthe Northern Cape HighSchool’s u.19 A hockeyteam. Photo: Supplied
Aiming forAiming forthe ball