20
1 Die Suid-Afrikaanse Federasie van Veteraan- trekker-en-enjinklubs The South African Federation of Veteran Tractor and Engine Clubs www.savtec.co.za Nuusbrief 01-2014 Klub Komiteelede 2014 SAVTEC Chairman Koos Strydom 082 550 8326 Vice Chairman Les Maker 082 771 5719 Secretary Hennie Richter 073 391 8495 Treasurer Rob North 083 655 0958 Safety Officer Noël Holmes 082 847 6987 Co-ordinator: Newsletter Mark Hohls 083 709 8922 Co-ordinator: Judging Denis Usher 083 777 1180 Co-ordinator: Website Les Maker 082 771 5719 Klub Voorsitters Eastern Province Vintage Tractor and Engine Club Danie van Rensburg 076 620 2644 Hoëveld Veteraan Trekker en Enjinklub Mark Hohls 083 709 8922 Koster Veteraan Trekker en Enjinklub Louis Botha 078 445 8479 Noordwes Veteraan Trekker en Enjinklub Johann Gouws 082 417 3583 Noord Vrystaat Antieke Klub Attie Meintjies 082 772 5775 Oos Vrystaat Trekker en Enjinklub Frannie Pieterse 082 775 1675 Sentraal Vrystaat Veteraneklub Christo Pieterse 082 416 9020 The Natal Vintage Tractor and Machinery Club Les Maker 082 771 5719 Vaalharts Veteraan Klub Francis Bennie 072 150 3513 Wes-Kaap Veteraan Trekker en Enjinklub Eniel Viljoen 082 562 2650 Noord-Kaap (Hopetown) Sarel Venter 082 593 7852

Nuusbrief 01-2014 - SAVTEC · Nuusbrief 01-2014 Klub Komiteelede 2014 SAVTEC Chairman Koos Strydom 082 550 8326 ... nie plaasvind nie maar die geleendheid sal vir 2015 ondersoek word

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    1

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Nuusbrief 01-2014 - SAVTEC · Nuusbrief 01-2014 Klub Komiteelede 2014 SAVTEC Chairman Koos Strydom 082 550 8326 ... nie plaasvind nie maar die geleendheid sal vir 2015 ondersoek word

1

Die Suid-Afrikaanse Federasie van Veteraan-trekker-en-enjinklubs

The South African Federation of Veteran Tractor

and Engine Clubs www.savtec.co.za

Nuusbrief 01-2014

Klub Komiteelede 2014

SAVTEC Chairman Koos Strydom 082 550 8326

Vice Chairman Les Maker 082 771 5719

Secretary Hennie Richter 073 391 8495

Treasurer Rob North 083 655 0958

Safety Officer Noël Holmes 082 847 6987

Co-ordinator: Newsletter Mark Hohls 083 709 8922

Co-ordinator: Judging Denis Usher 083 777 1180

Co-ordinator: Website Les Maker 082 771 5719

Klub Voorsitters

Eastern Province Vintage Tractor and Engine Club Danie van Rensburg 076 620 2644

Hoëveld Veteraan Trekker en Enjinklub Mark Hohls 083 709 8922

Koster Veteraan Trekker en Enjinklub Louis Botha 078 445 8479

Noordwes Veteraan Trekker en Enjinklub Johann Gouws 082 417 3583

Noord Vrystaat Antieke Klub Attie Meintjies 082 772 5775

Oos Vrystaat Trekker en Enjinklub Frannie Pieterse 082 775 1675

Sentraal Vrystaat Veteraneklub Christo Pieterse 082 416 9020

The Natal Vintage Tractor and Machinery Club Les Maker 082 771 5719

Vaalharts Veteraan Klub Francis Bennie 072 150 3513

Wes-Kaap Veteraan Trekker en Enjinklub Eniel Viljoen 082 562 2650

Noord-Kaap (Hopetown) Sarel Venter 082 593 7852

Page 2: Nuusbrief 01-2014 - SAVTEC · Nuusbrief 01-2014 Klub Komiteelede 2014 SAVTEC Chairman Koos Strydom 082 550 8326 ... nie plaasvind nie maar die geleendheid sal vir 2015 ondersoek word

2

Woord van die voorsitter/ Chairman’s chat Ek is al ʼn jaar in die tuig wat ʼn hele rits sake opgelewer het. ʼn Paar minder aangename sake het gedurende die jaar opgeduik wat ek glo na wense afgehandel is. Sake wat egter na my mening nie regmatig behandel en afgehandel is nie, is die saak met Tubestone ten opsigte van die moderne ploeg. Alhoewel ons die eerste rondte vir Willie Ludick daar het, is die lug egter nie suiwer genoeg nie. Januarie 2014 het ons AJV gehou. ʼn Paar aspekte wat uitgestaan het was dat ons die meeste (almal?) sake wat oorgestaan het, afgehandel het. Die grootste kopseer was die versekering waarop ons nou duidelikheid het. Ek doen ʼn beroep op voorsitters om daadwerklik aan sake wat hulle raak aandag te gee – veral ledelyste, ledegelde en jaar programme. Kyk ook maar na inligting wat vir die nuusbrief deurgegee moet word. Die Randse Paasskou het ook by ons aangeklop, wat deur ʼn paar van ons lede hanteer is. Ongelukkig kon dit nie plaasvind nie maar die geleendheid sal vir 2015 ondersoek word. Die Delo-kompetisie is redelik op dreef en oppad om goeie vrugte af te werp. Danksy SAVTEK se inset is daar goed ten opsigte van beoordeling ens. gevorder. Ek het ook met SAMTA (model trekkers) kontak gemaak en is redelik goed ontvang ten opsigte van om dalk saam met geleenthede uit te stal en ook ʼn verteenwoordiger van elk te kry. Frans Jacobs die voorsitter het onderneem om na die ontvang van ʼn jaarprogram in die nuusbrief in te sluit. Die jaar het ook sy nodige leed gehad met die afsterwe van geliefdes en kennisse, my (ons) innige simpatie en sterkte aan hul families en gesinne. Geluk aan die Weskaap met die aanbied van die Nasionale skou, wat ʼn reuse sukses was.! Daar is ʼn beroep op klubs gedoen vir deelname maar dit was egter nie na wense nie. Aan die wat wel deelgeneem het, dankie die poging was beslis die moeite werd. Sterkte ook aan Natal met die voorbereiding en reëlings vir die volgende Nasionale Skou vir 2015. Sterkte en groete tot volgende keer. Koos Strydom

Lief en Leed Ons innigste meegevoel met die heengaan van die volgende lede of familie van lede: Hannetjie Swart (gewese sekretaresse van Noord-Vrystaat, en jarelange staatmaker van haar klub); Johan Kriek (Noord-Vrystaat); Piet Coetzee en Marius Smit (Oos-Kaap); Lou Riley (Natal); Kobus le Roux (Wes-Kaap se oudste lid); Jack Maré (Hoëveld erelid); Oubaas Badenhorst (Noordwes) se seun.

Club activities and events Natal: 18 May Cars in the Park, P M Burg 14 June Ploughing weekend at the Truters, Baynes Drift 29 June Jingle Bells, Baynesfield (Public Open Day) Western Cape: Op 8 & 9 Augustus vind ‘n ekspo plaas op Malmesbury waar die temas vanjaar Lanz, John Deere en die koringbedryf is. Highveld: The annual “Plaasfees” wil take place on 6 September at the Willem Prinsloo Agricultural museum. Northern Free State:

Page 3: Nuusbrief 01-2014 - SAVTEC · Nuusbrief 01-2014 Klub Komiteelede 2014 SAVTEC Chairman Koos Strydom 082 550 8326 ... nie plaasvind nie maar die geleendheid sal vir 2015 ondersoek word

3

Northwest: Ons volgende byeenkoms is die uitstalling by die Engen Museum tydens die Nampo Skou vanaf 13 tot 16 Mei. Ons wil graag n foto uitstalling vertoon met al die vorige Nationale Skoue deur die verskillende klubs aangebied. Indien iemand dalk nog vir ons fotos kan aanstuur om by te voeg sal ons dit hoog op prys stel. Central Free State: Eastern Cape: Northern Cape: Koster Vaalharts Eastern Free State:

Streeksnuus/ Club news

Caltex se Delo-trekkerrestoureerkompetisie

Hierdie kompetisie is by Nampo se Oesdag afgehandel. Die drie wenspanne is altesaam R180 000 ryker, maar die grootste wenner in die saak is SAVTEK, die Suid-Afrikaanse Federasie van Veteraan-trekker-en-enjinklubs. Dis een van SAVTEK se ideale om meer jongmense te betrek, en hier kom Caltex met sy kompetisie en help daarmee. Kyk maar na die foto’s hierby. En wie jy hier sien, is pragtige jongmense. Enige organisasie kan bly wees om sulke mense in hul geledere te hê. SAVTEK het sy kundigheid met beoordeling aangebied, en Caltex het dit aanvaar. Denis Usher, SAVTEK se sameroeper beoordeling, was betrokke by al drie afdelings wat beoordeel moes word. Die uiteindelike beoordeling van die drie finalis-spanne se trekkers is deur Denis, Jan Joubert van Noord-Vrystaat en Herman Giliomee van die Wes-Kaap gedoen. Op die oomblik word ‘n SAVTEK-dokument deur ‘n groot getal betrokkenes voorberei ten einde vanjaar se ervaring en kennis aan te wend om die volgende kompetisie te verbeter deur dit ‘n Suid-Afrikaanse karakter te gee, en dit so gou as moontlik aan die gang te kry. SAVTEK wil ‘n rol speel, en Caltex wil die organisasie aan boord hê.

Page 4: Nuusbrief 01-2014 - SAVTEC · Nuusbrief 01-2014 Klub Komiteelede 2014 SAVTEC Chairman Koos Strydom 082 550 8326 ... nie plaasvind nie maar die geleendheid sal vir 2015 ondersoek word

4

Die wenners van die R100 000-prys was die span van Jaco Gouws van Noordwes. Hulle trekker was ‘n Massey-Ferguson 35 X.

Johan Gouws van Noordwes se span het die tweede prys van R50 000 gewen met hul Massey-Ferguson 65 MK2.

Die derde prys van R30 000 het gegaan aan die span van Marno Ferreira van Bloemfontein. Hy staan derde van regs. Heel regs is Colleen Maingard, Caltex se organiseerder van die kompetisie. Marno-hulle het ‘n 1928 Farmall Regular (op staalwiele) gerestoureer.

'n Paar betrokkenes by die prysuitdeling. In die agterste ry, tweede van links staan Clint Nickall van Caltex, langs hom Denis Usher, hoofbeoordelaar, en langs hom Koos Strydom, voorsitter van SAVTEK.

VaalhartsVeteraan Klub: Ons klub is gestig op die 16de September 2002 by die museum te Jan Kempdorp. Ons lede getal per jaar is om en by 20 lede. Ons lede dek die hele spektrum van die samelewing. Vaalharts is ʼn intensiewe landbou besproeiings gebied, die grootste in die suidelike halfrond. Alles wat onder besproeiing verbou kan word, was en word nog steeds verbou. Huidiglik word pekan neute, lusern, grondbone, koring, gars, katoen, erte, lemoene, druiwe/ wyn ens. verbou. Dus is die landbou implemente wat ons versamel gekoppel aan die produkte. Daar word gereeld ʼn vergadering per kwartaal gehou en ʼn algemene jaarvergadering aan die einde van die jaar waar ʼn nuwe bestuur gekies word. Ons hou gereeld gedurende Augustus maand ons veteraan skou- naweek, nou genoem die Landbou Expo by die Wynkelder. Jaarliks in Oktober neem ons ook deel aan die Skou/ Pekanfees te Magogong. Verskeie skoue by ander dorpe word ook bygewoon en deelgeneem. Ons het een groot projek naamlik die Museumstoor op Magogong. Binne berg ons verskeie implemente en voertuie. Ons sub projek is natuurlik die Blackstone wat nou aanmekaar gesit moet word.

Page 5: Nuusbrief 01-2014 - SAVTEC · Nuusbrief 01-2014 Klub Komiteelede 2014 SAVTEC Chairman Koos Strydom 082 550 8326 ... nie plaasvind nie maar die geleendheid sal vir 2015 ondersoek word

5

Die bygaande foto’s gee ʼn beeld van ons doen en late

Page 6: Nuusbrief 01-2014 - SAVTEC · Nuusbrief 01-2014 Klub Komiteelede 2014 SAVTEC Chairman Koos Strydom 082 550 8326 ... nie plaasvind nie maar die geleendheid sal vir 2015 ondersoek word

6

Sentraal Vrystaat Veteraneklub: Die Jaar skop af met eerste klubvergadering 2014 by Willem en Bokkie Cronje en natuurlik is daar ʼn paar tradisies wat moet gebeur. 1 Februarie

Willie DeWet, Jannie Ferreira en Christo Pieterse moet eers verduidelik van manewales by SAVTEK jaarvergadering en so ietsie vat as skuldbelydenis

Kyk, hierdie geskenk van twee klubmaters gekry, en dit is deur al die SAVTEK lede onderteken .......... nou spot hulle my!

Nuwe klublede hartlik verwelkom- Hannes DeWet en Adam Stander

Hennie , het jy nog iets om te drink ? Die Klomp lag vir my !

Toe gaan kuier ons klub op Clocolan - Plaas en kultuur fees 28 Februarie

Page 7: Nuusbrief 01-2014 - SAVTEC · Nuusbrief 01-2014 Klub Komiteelede 2014 SAVTEC Chairman Koos Strydom 082 550 8326 ... nie plaasvind nie maar die geleendheid sal vir 2015 ondersoek word

7

Mooi hempies nê, en daai pense! Dis myne, ok!

Dis ʼn moerse trekker die! Louis Nel is baie beïndruk Willie Ludik het voorwaar ʼn eerste prys verdien met

die Lanz

Frannie Pieterse met sy oudste lopende trekker, 1918 Case

Jannie geniet die boeremusiek te kwaai

ʼn Donkie is ʼn wonderlike ding Hier moet ons bly .... hier .... gaan dit nog lekker word

Page 8: Nuusbrief 01-2014 - SAVTEC · Nuusbrief 01-2014 Klub Komiteelede 2014 SAVTEC Chairman Koos Strydom 082 550 8326 ... nie plaasvind nie maar die geleendheid sal vir 2015 ondersoek word

8

Gert Beukes se eerste liefde ....

Klub kuier by Willie en Douwlins Strydom 5 April

Willem en Waldo wys trots hulle nuutste Wolseley

Nuwe lid Marius Krige het voorwaar ʼn paar juwele Nuwe lid Hennie wys ons die bewysstukke van Lister in wording

Page 9: Nuusbrief 01-2014 - SAVTEC · Nuusbrief 01-2014 Klub Komiteelede 2014 SAVTEC Chairman Koos Strydom 082 550 8326 ... nie plaasvind nie maar die geleendheid sal vir 2015 ondersoek word

9

Wes-Kaap Veteraan Trekker en Enjinklub:

ʼn Permanente “hawe” vir die Alwyn Vintcent gevind

In 2012 is die land aangegryp toe ʼn sleepboot, die laaste werkende stoomsleepboot in Suid-Afrikaanse waters, van die Tafelbaaihawe per pad na Villiersdorp vervoer is. Die boot het vir jare in die hawe gelê en is deur die Villiersdorp se klub – lid van die Wes-Kaapse Veteraan-trekker-en-enjinklub – gekoop om dit van die skrootwerf te red.

Tot dusver is die boot op die terrein van ʼn ingenieursonderneming versorg, maar met die aankoop van ʼn erf het die Villiersdorpers ʼn reuse tree vorentoe gegee om die boot in ere te kan bewaar.

ʼn Erf van 5000 vk. m. met ʼn straatfront van naastenby 100m is sekerlik die beste waarvoor mens kon hoop, en dis waar die Alwyn Vincent as moontlik die grootste toeristebestemming op Villiersdorp ʼn laaste rusplek gaan vind. Alle verkeer tussen Caledon en Villiersdorp en Franschhoek stop by ʼn T-aansluiting met ʼn onbelemmerde uitsig op die erf, wat uiteindelik die boot gaan huisves. ʼn Beter ligging kan daar nie wees nie.

Op die terrein is daar reeds 'n winkel wat in ʼn padstal vir plaaslike landbou- en ander produkte verander gaan word, terwyl die ruim ou huis in ʼn H-vorm as restaurant en toerismekantoor ingerig gaan word. En die tema van die versierings van die padstal en restaurant sal natuurlik veteraan-trekkers en die aktiwiteite van die Villiersdorpse klub wees. In een vertrek van die restaurantgebou sal artefakte, inligting, asook die geskiedenis van die Alwyn Vintcent vertoon word. Tussen die boot en die restaurant sal daar 'n lekker groot grasperk wees met tafeltjies en stoele sodat mense lekker kan sit en tee drink en ietsie te eet kan geniet.

Volgens die beplanning tans sal die Alwyn Vintcent as 'n soort gastehuis en proelokaal gebruik word, asook vir opvoedkundige inligting oor hoe stoomenjins werk. Die dek van die boot gaan ook gebruik word as 'n opelug-teater.

Die winkelgedeelte is pas herbou nadat dit afgebrand het. Die huis benodig egter heelwat werk. Nou met die twee erwe eers gekonsolideer en gehersoneer word, terwyl sakeregte op die hele stuk grond verkry moet word.

Villiersdorp se eerste doel is om die grond af te betaal, en daarná kan winste een maal per jaar teruggegee word aan gemeenskapsorganisasies wat by die klubbestuur daarvoor aansoek moet doen.

Op 20 Junie word die eerste fondsinsamelingsfunksie tydens ʼn gala-aand gehou. Twee bekende geskiedkundiges wat Villiersdorp se entoesiasme vir die Alwyn Vintcent deel, dr. Helena Scheffler en dr. Dan Sleigh gaan optree. Dr. Scheffler het haar tesis oor Mosselbaai gedoen en sal al die stories oor Mosselbaai, die hawe, bote en die Vincent- familie met die aanwesiges deel. Die skaalmodel van die Alwyn Vintcent in die Dias Museum in Mosselbaai is deur dr. Scheffler se broer gebou.

Soos met die vervoer van die boot tussen Kaapstad en hul tuisdorp in 2012 sal die finansiering van die nuwe projek deur die Villiersdorp-klub hanteer word. Met die vorige insameling is donasies uit Suid-Afrika sowel as die buiteland ontvang. Na die aanvanklike insameling sal ʼn lening vir die uitstaande bedrag aangegaan word.

Die Alwyn Vintcent sal na haar nuwe tuiste geskuif word sodra die kajuit teruggeplaas is. Die res van die restourasiewerk sal dus op die permanente perseel gedoen word. Die sleepboot op ʼn plattelandse dorpie sal dan tot sy reg kom.

Inligting oor en artefakte van die Alwyn Vintcent word steeds by die versameling gevoeg. So is onlangs foto’s bekom van waar die skaalmodel in kompetisies in Europa ingeskryf is, ʼn storie oor die skip deur ʼn Oostenryker, en die herinneringe van ʼn 82-jarige man wat as ingenieur sou werk tydens die mislukte poging jare gelede om die Alwyn Vintcent en twee ander bote na Australië te neem.

Hoe kan belangstellendes en goedgesindes betrokke raak? Behalwe dat daar baie groot waardering vir enige donasie sal wes, wag Villiersdorp voorstelle in vir ʼn naam vir die padstal en restaurant. Vereer Villiersdorp met voorstelle, asseblief. Rig wenke aan Eniel Viljoen by [email protected] Donasies: Taknommer: 200712 vir EFT 250655

Rekeningnommer: 6228 6836 881

Page 10: Nuusbrief 01-2014 - SAVTEC · Nuusbrief 01-2014 Klub Komiteelede 2014 SAVTEC Chairman Koos Strydom 082 550 8326 ... nie plaasvind nie maar die geleendheid sal vir 2015 ondersoek word

10

Wes-Kaap: Ploegdag met met ‘n verskil op Ceres gehou

In Suid-Afrika moet een boer tans méér as 11 000 monde voed. Vyftig jaar gelede was dit veel minder. Die rol van tegnologie in dié bevinding is op Dinsdag 29 April as’t ware gedeeltelik gedemonstreer tydens ‘n baie besondere saaidag in die Warm-Bokkeveld op Ceres. Die saaidag is deur die plaaslike kleinklub (tak) gereël. Nie net is met die gereedskap uit vergange se dae geploeg en gesaai nie, maar met oestyd teen die einde van die jaar gaan die opbrengs van die verskillende eras se metodes vergelyk word.

Die koringsaad is op vier aanliggende ewe groot stroke grond onderskeidelik met die hand uit saaisakke, met ‘n saaidril, ‘n saaikas en ‘n splinternuwe planter in die grond geplaas. Die handgesaaide saad is toegeêg met ‘n eg deur twee Vlaamse perde getrek, terwyl trekkers uit die verskillende eras die ploeë, saaidril en saaikas getrek het.

Om die moderne gereedskap te bekom, was baie maklik. Die veteraan-gereedskap uit die lede se versamelings was ook geen probleem nie, maar die soektog na mense om met die hand uit saaisakke te saai, was ‘n uitdaging. Uiteindelik is drie mans van tussen 79 en 62 jaar oud met ervaring van saai uit saaisakke gevind. Om die demonstreer van dié vergete vaardigheid te sien, was al klaar ‘n besoek werd.

Page 11: Nuusbrief 01-2014 - SAVTEC · Nuusbrief 01-2014 Klub Komiteelede 2014 SAVTEC Chairman Koos Strydom 082 550 8326 ... nie plaasvind nie maar die geleendheid sal vir 2015 ondersoek word

11

Hierdie soort erfenisdag bring Suid-Afrikaanse bewaarders naastenby op gelyke vlak met oorsese bewaringsbewustes waar daar groot belangstelling heers vir die bewaring van eertydse gebruike in die landbou.

Die twee pragtige Flaamse perde voor die eg het baie harte gesteel.

Annes Geldenhuys op sy John Deere 720 voor sy Sunshine drill. Niks op hierdie foto verraai dat dit in 2014 geneem is, en nie 50 jaar gelede nie.

Louis Prins op ‘n Lanz 60 voor ‘n Massey-Harris saaikas

Page 12: Nuusbrief 01-2014 - SAVTEC · Nuusbrief 01-2014 Klub Komiteelede 2014 SAVTEC Chairman Koos Strydom 082 550 8326 ... nie plaasvind nie maar die geleendheid sal vir 2015 ondersoek word

12

Hoëveld Veteraan Trekker en enjinklub:

Ploegdag by Sagrys Celliers Dit was ʼn yskoue nat Wintersdag. Toe ons vroeg in Pretoria wegry het die dag heel goed daar uitgesien maar soos ons nader aan Ermelo, Lothair en Koolbank kom, hoe kouer het dit geword. Ons het eintlik gehoop dat ons maar net onder die skuur kan staan en gesels oor die trekkers maar daar is nie stop aan oom Sagrys nie. Al die trekkers is ”gestart” en afgery na die land toe – Trekker ry en ploeg gaan ons, al val ons van die trekker af omdat mens nie meer gevoel in enige vinger oor het nie. Daar was ʼn groot verskeidenheid van trekkers en ploeë wat gebruik kon word om die grond mee om te dolwe. Die land was baie groot (vir ons stads japies) so as jy begin ploeg dan moet jy maar regmaak vir lank sit – Dit was wonderlik. Ek het vir my seun Gilliam saam op die trekker laat ry sodat hy ook ʼn ploeg ervaring kan kry onder veilige, beheerde omstandighede. Hy het die taak met ywer aangepak. Al het hy so koud gekry dat mens soms gewonder het of hy ooit iets onder die musse kon uitsien. Die dag het darem beter geword en ons kon ʼn lekker stuk land omploeg. Uiteindelik het ons 3 kontoere geploeg. Die Case trekkers met hulle groot heeltemal toe modderskerms is ʼn uitstekende trekker om mee te leer en ek het dat Gilliam alleen ry en ploeg (moes maar net saam loop en die ploeg beheer aan die begin en einde)

Toe ons moes begin toerusting terug trek stoor toe het ek my jongste dogter Elizna ook laat bestuur, iets wat sy ook vreeslik geniet het.

Page 13: Nuusbrief 01-2014 - SAVTEC · Nuusbrief 01-2014 Klub Komiteelede 2014 SAVTEC Chairman Koos Strydom 082 550 8326 ... nie plaasvind nie maar die geleendheid sal vir 2015 ondersoek word

13

Die dames het ook na alle terugvoer lekker gekuier in die warm huis. Die eetgoed wat voorgesit is, was wonderlik en ons het almal knuppeldik geword. Terwyl ons gebraai het, het die reën harder begin uitsak en ons het ʼn lekker hael storm op die pad terug Pretoria toe deurleef. Baie dankie vir almal wat die moeite gedoen het om by oom Sagrys en Tannie Francis te gaan kuier. Dankie ook vir oom Sagrys en tannie Francis vir die opoffering. Ons hoop dat oom-hulle weer so ʼn dag sal aanbied.

Ingestuur deur Petrus Nel

Page 14: Nuusbrief 01-2014 - SAVTEC · Nuusbrief 01-2014 Klub Komiteelede 2014 SAVTEC Chairman Koos Strydom 082 550 8326 ... nie plaasvind nie maar die geleendheid sal vir 2015 ondersoek word

14

Kuierdag Gideon Malherbe te Potgietersrus Eers het ek gewonder of dit die moeite werd sal wees om saam te gaan. Vrydag middag besluit ek, ek kan maar net sowel saamgaan aangesien ek lanklaas iewers heen was. Ek bel toe vir Mark en vind uit dat ons net ʼn paar is wat gaan. Na ʼn oor en weer reëlery ry almal saam met my. Vroeg oggend ry ons van Petrus se huis af noord na Gideon. Net mooi nege uur stop ons by sy huis. Met die uitklimslag sien ons die John Deere trekkers staan sommer klaar reg vir ons. Die manne stap sommer reguit na ʼn baler wat daar naby staan. Gideon kom groet en ons is eers die huis in. Ek voel sommer dadelik tuis. Ons word bederf met koffie, beskuit en toebroodjies alles vars gemaak. Daar word net trekkers en boerdery gesels. Met die uitstap blink almal se oë want oral op die werf staan ou goed rond. Ploeë, wiele, planters, ou trekkers alles wat ʼn man se hart maar kan begeer is daar genoeg van. Maar voordat enige een gedagtes kon kry, verduidelik Gideon dat daar geen scrap op sy plaas is nie. Alles wat ons oë sien is materiaal, en dat niks te koop is nie. Die baler waarna ons vroeër gestaan en kyk het word weer bespreek en Gideon verduidelik dat hy die baler tweedehands gekoop het. Hy verduidelik ook dat hy dit in ʼn groot mate moes herbou om dit in die toestand te kry waarin dit is. Eers was ek bietjie ongelowig, maar toe Gideon begin verduidelik wat hy alles aan die baler gedoen het, het respek by my opgekom. Nie net vir die werk wat Gideon gedoen het nie, maar veral vir die kwaliteit werk wat hy gedoen het. Hiervandaan beweeg ons aan tot by van die trekkers wat daar staan. ʼn Hele verskeidenheid trekkers, almal groen. Duidelik is ons in John Deere wêreld. Al die trekkers wat daar rondstaan is toegerus met implemente. Gideon begin verduidelik en dit word duidelik dat elke trekker omtrent permanent met sy implement toegerus is. Wat veral merkwaardig was, is dat Gideon elke trekker en implement se geskiedenis ken. Hy vertel van elke trekker watter jaar hy dit gekoop het, wat hy daarvoor betaal het en hoeveel dit gekos het om reg te maak. Hierdie was merkwaardig as in ag geneem word dat daar ten minste ses trekkers rondgestaan het. Gideon het gereël dat sy werkers bystaan om alles vir ons te demonstreer. Gideon self klim op sy kruiptrekker en gee ons ʼn demonstrasie van wat die kruiptrekker se vermoë is. Daar word ʼn hoop grond gestoot, oor ʼn sloot en hoop grond gery, in die rondte gedraai en dan word die kruiptrekker weer op sy plek gebêre. Die hele tyd word elke detail van die toerusting en die werk wat daaraan gedoen is verduidelik. Hierna word al die ander trekkers en modelle verduidelik. Ons beweeg aan in een van die vele skure op die plaas. Daar binne tref ons nog ʼn paar trekkers aan. Almal in verskillende fases van volledigheid. Dit is duidelik dat hulle meestal vir onderdele gebruik word. Binne die skuur staan daar vier, ons stap deur en vind onder ʼn afdak nog ʼn hele paar trekkers en onderdele vir trekkers in verskillende fases van volledigheid. Ek voel soos ʼn kind in ʼn lekkergoed winkel. Maar nog is dit nie die einde nie. Gideon lei ons na ʼn ander skuur waarbinne daar twee trekkers staan waaraan hy besig is om te werk. Hier verduidelik Gideon aan ons hoe om die tyd reëling reg te kry, wys aan ons gereedskap wat hy self vervaardig het om verskillende tipes herstelwerk te vergemaklik. Ek het intussen besef dat ons hier met ʼn unieke persoon te make het. Gideon is nie net ʼn boer en trekker liefhebber nie, hy is ʼn absolute kenner op die ouer John Deere trekkers. Hy ken hulle van binne en van buite baie goed. Hierna stap ons verby nog meer ou yster en Gideon sluit ʼn stoorkamer oop. Die hele stoorkamer is gevul met onderdele. Daar is iets van alles, suiers, kleppe, vergassers, elke moontlike part wat mens aan kan dink is in daardie stoor. En dan verduidelik Gideon en sien ons dat nie net is daar van alles nie, dit is ook behoorlik georganiseerd. Hy verduidelik hierdie is my Landrover se onderdele, hierdie is my Ford bakkie se onderdele, hierdie is al die vergassers ensovoorts, ensovoorts. Hy verduidelik ook dat van die onderdele reeds oorgebou is, en gereed is om geïnstalleer te word as die onderdeel op ʼn werkende trekker sou breek. Ek het nog nooit so iets in my lewe gesien nie. So is ons na nog ʼn stoor ook gevul met onderdele. Onder ʼn afdak staan ʼn tuisgeboude sterkarm saag. Soos Gideon vertel, word dit duidelik dat hy die saag self gebou het van afval materiaal. Ons stap verder in Gideon se werkswinkel in, en daar staan ek weer verstom. Gideon het ʼn draaibank, moderne sweisgereedskap en verskeie ander gereedskap wat baie van ons maar net kan droom om te besit. Verskeie rakke gevul met boute en moere van alle grotes is teen die een muur, daar is toe nog ʼn stoorkamer. Hierin is daar nuwe onderdele soos bearings, planter ratte en so aan. Sommige van hierdie is baie jare terug gekoop vir so min as R3.50. Gideon wys ons sy water installasie en sy houtwerkswinkel, so loop ons verby ʼn John Deere 70, en net daar word besluit dat die trekker gestart moet word. Gideon verduidelik dat die trekker lanklaas geloop het en hy nie weet of hy sal start nie. Sonder te veel sukkel vat die donkie enjin toe wel, en kort daarna loop die trekker. Dit bly darem maar lekker om te hoor. Daar is net een ding mooier as ʼn twee silinder John Deere en dit is ʼn een silinder John Deere lanz of Lanz Bulldog. Nie almal sal seker met my saamstem nie. Gideon beduie dat dit

Page 15: Nuusbrief 01-2014 - SAVTEC · Nuusbrief 01-2014 Klub Komiteelede 2014 SAVTEC Chairman Koos Strydom 082 550 8326 ... nie plaasvind nie maar die geleendheid sal vir 2015 ondersoek word

15

nou tyd is dat ons lande toe gaan en gaan skoffel. Hy het spesiaal vir ons die trekkers, implemente en ook sy werkers gereed gekry. Die manne praat onder mekaar en dit is gou duidelik dat die stadsjapies nie kans sien om die trekkers te bestuur nie. Gideon en die werkers maak toe beurte om elke trekker van die klein John Deere 40 tot die groot 4455 te demonstreer. Ek kon nie anders as om weer klein te voel en terug te verlang na my kinderdae op die plaas. Dit was my taak om elke oggend en aand kuilvoer uit die kuil te haal en vir die beeste te gee. My hele wese het begeer om self op daardie trekker te sit en weer so vry en in beheer te wees. Die son het teen hierdie tyd al hoog gesit en Gideon het begin skimp dat ons nog moet gaan braai, maar die manne het dit duidelik gemaak dat hulle dit baie geniet en dat die braaiery maar kan wag. Ons beweeg toe aan waar die twee balers gedemonstreer word. Gideon en een van sy werkers baal so ʼn paar rye hooi dat ons mooi kan sien hoe dinge gedoen word. Hierna is ons na die sonneblomland. Gideon verduidelik in detail hoe die stroper werk. Van waar die sonneblom in die stroper ingaan, tot waar die kaf uitgaan. Weereens word ʼn paar draaie gery om vir ons te demonstreer. Die manne gesels lekker en ons stap sommer terug na die opstal. Teen hierdie tyd is ons al in die middel van die namiddag. Die vuur word brandgemaak en ons gesels ʼn hond uit ʼn bos. Gideon se vrou het vir ons tafels reg gesit, pap en slaai gemaak, en ook roomys vir nagereg. Ons val eers na vyf die middag in die pad toe Gideon beduie dat dit gevaarlik kan wees om in die donker terug te ry. So in die terug ry dink ek aan die dag en wat ons alles beleef het. My gevolgtrekking is dat as ek my lewe sou kon oorhê, dan sou ek dit wou leef soos Gideon syn. Gideon is duidelik nie net ʼn boer nie, hy het beslis die vermoë om ʼn ingenieur te kon word, maar het verkies om sy vermoëns en talent binne sy boerdery uit te leef. Sy huis het hy self gebou, daar is ʼn volledige hout werkswinkel, ken die John Deere trekker van voor tot agter met ʼn werkswinkel en gereedskap. Dan is daar nog die vryheid en atmosfeer van die bosveld, die laat stilte as die son begin onder gaan. Dis net jammer dat die politiek in die land dit onmoontlik maak om veilig te wees, dit voel so of ons vryheid gesteel is. Gelukkig is die ouer geslag wat nog die voorreg gehad het om hulle hele lewe so te kon leef. Dit is iets wat nooit weer in ons land moontlik sal wees nie. Ten spyte hiervan, is my laaste gedagte nogtans Gideon, jy het jou beurt gehad, gaan rus nou, ek sal nou hier verder gaan......

Vlnr. Mark Hohls, Gideon Malherbe, Pieter Combrink, Nicole Hohls, Koos Jooste, Koos Smit, Gilliam Nel, Petrus Nel

Gideon Malherbe skoffel met sy John Deere 720

Page 16: Nuusbrief 01-2014 - SAVTEC · Nuusbrief 01-2014 Klub Komiteelede 2014 SAVTEC Chairman Koos Strydom 082 550 8326 ... nie plaasvind nie maar die geleendheid sal vir 2015 ondersoek word

16

Die John Deere 3020 is in puik toestand en word ook nog gebruik om te skoffel

Vlnr: Koos Smit, Koos Jooste, Gideon Malherbe

Ingestuur deur Koos Smit

Noordwes Veteraan Trekker en enjinklub: Na n baie bedrywige Januarie maand het die Noordwes Veteraan Trekker en Enjin Klub hulle eerste vergadering vir die jaar op die 22 ste Februarie gehou. Toe daar rond gebel was om n geskikte plek vir die vergadering te soek is daar n briljante voorstel gemaak dat ons dit by daan Pienaar in Ottosdal moet hou. Op daardie stadium was Daan alreeds besig om al sy trekkers aan die gang te kry en bietjie af te stof met die doel om mense uit te nooi om die versameling te besigtig. Daan was betrokke met die stigting van die destydse Wes Transvaal Veteraan Trekker en Enjin klub waar hy as die eerste Voorsitter van die klub aangewys was wat op 15 Januarie 1994 getig is. Dit het die dag dus soveel meer betekenis gegee aangesien die klub vanjaar 20 jaar oud is. Daan het n pragtige reeks John Deere trekkers wat hy self gerestoureer het. As mens die vakmanskap beoordeel kan mens sien dat daar niks verkeerd is met die handewerk van Daan nie. Hy het ook n skaalmodel John deere “G” en “70” met hulle bypassende ploee gebou wat meer detail verskaf as die gekoopte modelle. Hy vertel dat hy hierdie modelle gebou het om sy aandag af te lei toe dit baie droog was op die plaas en hulle swaar tye beleef het. Daan moes ongelukkig weens gesondheids redes uit die klub bedank en kan ongelukkig nie meer die stokperdjie met dieselfde passie as voorheen aanpak nie.

Page 17: Nuusbrief 01-2014 - SAVTEC · Nuusbrief 01-2014 Klub Komiteelede 2014 SAVTEC Chairman Koos Strydom 082 550 8326 ... nie plaasvind nie maar die geleendheid sal vir 2015 ondersoek word

17

Daan het almal wat belang gestel het die geleentheid gebied om n draai met een van die trekkers te gaan ry. Almal het die dag baie geniet en dit was voorwaar n voorreg asook n belewenis om die versameling te besigtig. Ons volgende byeenkoms is die uitstalling by die Engen Museum tydens die Nampo Skou vanaf 13 tot 16 Mei. Ons wil graag n foto uitstalling vertoon met al die vorige Nationale Skoue deur die verskillende klubs aangebied. Indien iemand dalk nog vir ons fotos kan aanstuur om by te voeg sal ons dit hoog op prys stel

Hier is n gedeelte uit Daan se reeks wat bestaan uit die John Deere 40,50,60,70 EN 80

Daan by sy John Deere “AR” wat hy as sy gunsteling trekker beskou

Page 18: Nuusbrief 01-2014 - SAVTEC · Nuusbrief 01-2014 Klub Komiteelede 2014 SAVTEC Chairman Koos Strydom 082 550 8326 ... nie plaasvind nie maar die geleendheid sal vir 2015 ondersoek word

18

VL NA REGS Jaco Gouws, nuut verkose Voorsitter Johann Gouws, Ben Malan en Daan Pienaar vorige Voorsitters deur die jare. Wyle Nic Valentgoed en Maartin Du Plessis was ook van die vorige Voorsitters In die agtergrond is ʼn John Deere G”UNSTYLED” waarvan volgens Daan hy net van drie weet wat in Suid Afrika in ʼn lopende toestand is.

Die enigste ongerestoureerde trekker in Daan se versameling is die John Deere A Ironies dat ongerestoureerde trekkers soms soveel blootstelling ontvang.

Page 19: Nuusbrief 01-2014 - SAVTEC · Nuusbrief 01-2014 Klub Komiteelede 2014 SAVTEC Chairman Koos Strydom 082 550 8326 ... nie plaasvind nie maar die geleendheid sal vir 2015 ondersoek word

19

Die John Deere “G” EN “70” modelle wat Daan self gebou het. Die fyner detail op die modelle is onwerklik om te dink dit is alles met die blote hand vervaardig.

Page 20: Nuusbrief 01-2014 - SAVTEC · Nuusbrief 01-2014 Klub Komiteelede 2014 SAVTEC Chairman Koos Strydom 082 550 8326 ... nie plaasvind nie maar die geleendheid sal vir 2015 ondersoek word

20

AS ROIKAPPIKI VANDAG 'N TIENER WAS

As Roikappiki vandag ’n tiener was. deur Dana Snyman

Eendag lnk, lnk glede wa da i meisiki. Ha naam wa Roikappiki. Sy en ha ma en ha pa bly in i hys lngs i bos. Ha

ouma bly ok naby hille, mar anni anniknt vanni bos. Op i dag tu sê Roikappiki se ma vi ha: “Roikappiki, di ga

hektiek me Ouma, sys lonely en depro. “Vat vi ha snacks en ga visit ha en chat me ha”. “Cool,” sê Roikappiki.

“Ek luv Ouma. Ouma is gr8.” “Passop nt vi perverts inni bos,” sê ha ma. “Muni vanni paiki af ganni.” “Relax nt,

Ma. Ok?” sê Roikapiki vi ha ma. “Ek sa fine ws.” Tu trek Roikapiki ha cool roi jas en kappi an, en grut ha ma:

“Luv, Ma. Mwah! Mwah!” Tu va Roikappiki di manki mt ha Ouma se snacks en stap oppi paiki inni bos in. Sy sie

alli pretty blmme inni bos en plk vi ha ouma vanni blmme. Late tu ga sy vanni paiki af, agte di blmme an. Inni

mean time cruz Wolf ok da rond. Wolf sien vi Rooikapiki en prbr ha opchat. “Luv u’r flowers,” sê Wolf vi ha. “Vi

wie plk jy dit?” Dit freak Roikapiki biki uit. “Get lost, Dude,” sê s vi Wolf. “Ek ga na my ouma tu. M ouma i sk.”

Maar Wolf los ha ni yt ni. “Jys awesome,” sê hy vi Roikappiki en stp agte ha an. “Kom ons ga chill biki iewers.

Suk jy n spliv?” Tu freak Roikappiki totally uit en hrdlp vi Wolf weg en vdwl inni bos. “Cool,” dnk Wolf, en ga na

Roikappiki se ouma s hys tu. Hy klp anni deur. “Ga wg!” skr Roikappiki se ouma va binne af. “Hie issi werki! Ga

terug townshp tu! Jille ko steel net ons gud!”“Eks vanni kerk, my anti,” antwrd Wolf. “Ek ko vi anti bid.” LOL.

Roikappiki se ouma maki deur oop. “Howzit, my anti,” sê Wolf vi ha. “Welcme to the nw Sth Afrca”. LOL.

Roikappiki se ouma freak soos intotally-totally-totally uit tu sy sie dis Wolf. Sy wi 911 bel, ma Wolf grp ha.

“Chill net, my anti,” sê Wolf vi Roikappiki se ouma, en goi ha inni kas. Tu trek hy Roikappiki se ouma se pjms an

en klm i ha bed en wa vi Roikappiki. Roikappiki suk en suk en kry ltr wee di paiki yt di bos yt. Sy ko by ha ouma

se hys an. “Dis funny,” dnk sy tu sy sie di deur is oop. Tu sy inni kamr ko, sie sy ha ouma is inni bd. Maar ha

ouma lyk biki uitgefreak. “Ah-we, Ouma,” grut sy. “Is ouma fine?” “Eks fine,” antwrd Wolf. “Ek chill net biki hie

inni bed.” LOL. “O, cool,” sê Roikappiki. “Maar hukom i ouma se ore so grt?” “Om beter te ka hr, my knd,”

antwrd Wolf. “Awesome,” sê Roikappiki. “En hukom i ouma se o so grt?” “Om beter te ka 7de Laan kyk oppi

TV, my knd.” “En hukom is ouma se mnd so grt?” Tu sprng Wolf uit di bed. Wolf wil vi Roikappiki rpe, ma

Roikappiki hrdlp by di hys yt, en skr: “Hlp! Hlp! Hlllppp!” Da naby inni bos is n houtkppr besig om bome af te kp

mt sy byl. Hy hr vi Rooikappiki skr en storm op Wolf af. Tu kap hy vi Wolf met sy b. Wolf val oppi grond, dood.

“Ons mut vanni lyk ontslae rk,” sê die houtkppr vir Roikappiki. “Anrs ga ons trnk tu. Dissie mee sos innie ou dae

ni.” Tu vat Roikappiki en die houtkppr vir Wolf en goi hom inni rivr. “Thanx, Dude,” sê Roikappi vi di houtkppr

tu hille kla is. “Jys amazing.” Hulle gan tu trug na ha ouma se hys tu. Da kry hul tu ha ouma inni kas. Hulle haal

ha uit. “Nou sal ’n koppi tee dam lekkr smaak,” sê Roikappiki se ouma tu en stp na di kombuis tu. Tu is als wee

cool. (;-)