9
NUUSBRIEF APRIL 2019 WELKOM 2019 het op ‘n drafstappie begin en het klaar baie spoed opgetel. Hierdie is ons eerste nuusbrief, so namens die komitee van hierdie jaar wil ek baie welkom sê en aan alle lede, oues, jonges en nuwes, voorspoed, toewens. Mag dit n jaar vol hoogtepunte wees. Baie dankie aan 2018 se komitee en ‘n spesiale woord van dank aan Christo Guilomee wat die voorsitter was. Die span het hul goed van hul taak gekwyt. Die jaar was in Desember 2018 behoorlik afgesluit, met ‘n heerlike spitbraai by Durbanville Voorbereidingskool. Die kos was heerlik, die geselskap uit die boonste rakke (Hendi het spesiaal kom kuier) en niemand het sonder ‘n prys weggeloop nie. Dit was werklik ‘n prettige aand. As jy die geleentheid gemis het, was dit ‘n verlies. Moet dan beslis nie 2019 se geleenthede ook misloop nie. Ons nooi alle lede om van geleenthede wat deur die klub geskep word, gebruik te maak. Bring ook sommer vriende saam na ons klub byeenkomste. Lok hul met ‘n heerlike koppie tee of koffie en ‘n lekker happie, wat deur Mercia voorgesit word. . Dit was ‘n goeie manier om 2018 af te sluit! BESTUUR 2019 Juan Venter Voorsitter Charmaine Venter Algemeen, kompetisies, salonne, webblad Marinda Rossouw Sekretaresse Andre de Koker Tesourier Charl Thait Sprekers en vaardigheid, beoordeellaars Dorian Newby Sprekers en vaardigheid, beoordeellaars Fransonette Swart Uitstappies en Nuusbrief Marianna Visser Webtuiste, Salonne, kompetisies, webblad, Mercia Basson Verversings en funksies

NUUSBRIEF APRIL 2019 - Tafklub · 2019. 4. 8. · NUUSBRIEF APRIL 2019 WELKOM 2019 het op ‘n drafstappie begin en het klaar baie spoed opgetel. Hierdie is ons eerste nuusbrief,

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: NUUSBRIEF APRIL 2019 - Tafklub · 2019. 4. 8. · NUUSBRIEF APRIL 2019 WELKOM 2019 het op ‘n drafstappie begin en het klaar baie spoed opgetel. Hierdie is ons eerste nuusbrief,

NUUSBRIEF APRIL 2019

WELKOM 2019 het op ‘n drafstappie begin en het klaar baie spoed opgetel. Hierdie is ons eerste nuusbrief, so namens die komitee van hierdie jaar wil ek baie welkom sê en aan alle lede, oues, jonges en nuwes, voorspoed, toewens. Mag dit ‘n jaar vol hoogtepunte wees.

Baie dankie aan 2018 se komitee en ‘n spesiale woord van dank aan Christo Guilomee wat die voorsitter was. Die span het hul goed van hul taak gekwyt.

Die jaar was in Desember 2018 behoorlik afgesluit, met ‘n heerlike spitbraai by Durbanville Voorbereidingskool. Die kos was heerlik, die geselskap uit die boonste rakke (Hendi het spesiaal kom kuier) en niemand het sonder ‘n prys weggeloop nie. Dit was werklik ‘n prettige aand. As jy die geleentheid gemis het, was dit ‘n verlies. Moet dan beslis nie 2019 se geleenthede ook misloop nie.

Ons nooi alle lede om van geleenthede wat deur die klub geskep word, gebruik te maak. Bring ook sommer vriende saam na ons klub byeenkomste. Lok hul met ‘n heerlike koppie tee of koffie en ‘n lekker happie, wat deur Mercia voorgesit word.

. Dit was ‘n goeie manier om 2018 af te sluit!

BESTUUR 2019

Juan Venter Voorsitter

Charmaine Venter Algemeen, kompetisies, salonne, webblad

Marinda Rossouw Sekretaresse

Andre de Koker Tesourier

Charl Thait Sprekers en vaardigheid, beoordeellaars

Dorian Newby Sprekers en vaardigheid, beoordeellaars

Fransonette Swart Uitstappies en Nuusbrief

Marianna Visser Webtuiste, Salonne, kompetisies, webblad,

Mercia Basson Verversings en funksies

Page 2: NUUSBRIEF APRIL 2019 - Tafklub · 2019. 4. 8. · NUUSBRIEF APRIL 2019 WELKOM 2019 het op ‘n drafstappie begin en het klaar baie spoed opgetel. Hierdie is ons eerste nuusbrief,

JAARPROGRAM 2019 Kompetisieaand; vaardigheidsaand, uitstappies

DATUM GELEENTHEID TEMA vir kompetisieaand

MOONTLIKE AKSIES – kan verander

5 Feb 2019 Vaardigheidsaand √

19 Feb 2019 Kompetisie aand Wildlife √

7 Maart 2019 Sanlam uitstalling √

9 MAART UITSTAPPIE

√ UITSTAPPIE NA PHILIDELPHIA

19 Mrt 2019 Kompetisie aand Scapes √

2 April 2019 Vaardigheidsaand post processing- Juan, black and white, salonne (komposisie en elemente)

13 APRIL UITSTAPPIE

GORDONSBAAI - HAWE

16 April 2019 Kompetisie aand Monochrome

7 Mei 2019 Vaardigheidsaand

18 MEI UITSTAPPIE

ELGIN MARK GRABOUW

21 Mei 2019 Kompetisie aand Human Portraiture

4 Junie 2019 Vaardigheidsaand

8 JUNIE UITSTAPPIE

WATERFRONT KAAPSTAD

18 Junie 2019 Kompetisie aand Abstracts

9 Julie 2019 Vaardigheidsaand

20 JULIE UITSTAPPIE

BO-KAAP

23 Julie 2019 Kompetisie aand Shapes & Colours

6 Aug 2019 Vaardigheidsaand

17 AUG UITSTAPPIE

STELLENBOSCH BOTANICAL GARDEN

20 Aug 2019 Kompetisie aand Macro 3 Sep 2019 Vaardigheidsaand

14 / 15 SEPT UITSTAPPIE

FRANSCHHOEK

17 Sep 2019 Kompetisie aand Street Photography

8 Okt 2018 Vaardigheidsaand

5 OKTOBER UITSTAPPIE

WOODSTOCK- BISCUIT MILL

11, 12, 13 NAWEEKUITSTAPPIE RIEBEECK-KASTEEL

22 Okt 2019 Kompetisie aand Food/Product Photography

5 Nov 2019 Vaardigheidsaand

16 NOV UITSTAPPIE

BLOUBERG OF NOORDHOEK

19 Nov 2019 Kompetisie aand Water

29 Nov 2019 Jaareindfunksie

(Neem asb kennis dat sommige uitstappies en datums van die weer en plekke se beskikbaarheid gaan afhang, so veranderings kan geskied, maar inligting sal gegee word)

Page 3: NUUSBRIEF APRIL 2019 - Tafklub · 2019. 4. 8. · NUUSBRIEF APRIL 2019 WELKOM 2019 het op ‘n drafstappie begin en het klaar baie spoed opgetel. Hierdie is ons eerste nuusbrief,

LEDEGELD (JAARLIKS) Ledegeld vir 2019 beloop R300 per lid per jaar, betaalbaar voor 1 Maart. Vir nuwe lede word ledegeld

pro-rata oor 10 maande bereken vanaf die maand waarin aangesluit word (@ R30 per maand, Feb-

Nov). Ledegelde is nie terugbetaalbaar by bedanking nie. Ledegeld word jaarliks deur die Bestuur

hersien en aangepas soos nodig.

Afslag op ledegeld

Afslag is slegs van toepassing op jaarlikse ledegeld betaalbaar voor 1 Maart. Alle lede moet

skriftelik/mondeling aansoek doen by die Bestuur vir die afslag. Die volgende lede is geregtig op

afslag (Ledegeld slegs R250 per jaar): Tweede en daaropvolgende aktiewe gesinslede Pensionarisse 60 jaar en ouer (moet aansoek doen by klub as pensionaris) Junior lede (21 jaar en jonger) wat die hooflid, maar nie ‘n aktiewe gesinslid is nie

Geen persoon mag foto's inskrywe vir kompetisies na 1 Maart indien hulle ledegelde nie ten volle

vereffen is nie. Photovault sal hul diskwalifiseer.

KLUBKOMPETISIE UITSLAE- baie geluk!!!

19 FEBRUARIE: WILDLIFE maandwenners Digitaal (Vaste): Mike Barkhuysen

framed

Digitaal (Ope):Neels Beyers

Wreck at Suiderstrand

PRINT VASTE - Juan Venter

Pearl Spotted Owl

PRINT OPE - Charmaine Venter

Quiver Trees at Sunset

Page 4: NUUSBRIEF APRIL 2019 - Tafklub · 2019. 4. 8. · NUUSBRIEF APRIL 2019 WELKOM 2019 het op ‘n drafstappie begin en het klaar baie spoed opgetel. Hierdie is ons eerste nuusbrief,

Junior of the Month – Netta de Villers

Carmine Pilot on a Mission

MONTH WINNER Juan Venter

Pearl Spotted Owl

19 MAART: SCAPES maandwenners

Prints

1. Vaste: Juan Venter : Tree at sunset (Punt : 25)

2. Ope: Lee Tarleton Pomegranate (Punt : 25)

Digitaal

1. Vaste: Juan Venter : Kokerboom at sunrise (Punt: 26)

2. Ope: Mariana Visser :Twirling Hibiscus (Punt: 25)

Junior

Junior: Fransonette Swart: Faded Rose (Punt: 24)

Algehele Wenner

Juan Venter : Kokerboom at sunrise (Punt : 26)

KOMPETISIE REëLS Let asb op die volgende vir kompetisie inskrywings:

Dieselfde (of soortgelyke) foto mag nie meer as een keer vir ‘n klubkompetisie ingeskryf word nie, selfs nie eers in ‘n ander medium nie.

(Dieselfde foto mag egter vir verskillende Salon kompetisies ingeskryf word.)

Fotos moet deur die fotograaf self geneem word.

DIGITALE INSKRYWINGS: Word via Photovault gedoen. Sluitingsdatum en tyd is Sondag voor die kompetisie om 23:59.

(Instruksies is beskikbaar op die Kompetisies blad op die web.)

Page 5: NUUSBRIEF APRIL 2019 - Tafklub · 2019. 4. 8. · NUUSBRIEF APRIL 2019 WELKOM 2019 het op ‘n drafstappie begin en het klaar baie spoed opgetel. Hierdie is ons eerste nuusbrief,

Grootte van digitale fotos: 96 dpi, maks 1920 pixels wyd, maks 1080 pixels hoog en maks 2mb groot. (Sien ook onder aan dokument vir tekeninge ter illustrasie.)

GEDRUKTE INSKRYWINGS: Digitale weergawe van gedrukte inskrywings moet ook na photovault ingeskryf word op dieselfde wyse as hierbo uiteengesit. Moet in ‘n monteerbord op die aand van die kompetisie teen 18:30 voorgelê word met die nodige inskrywingsvorms aangeheg. Grootte van inskrywings kan wissel tussen A4 (205mm x 305mm) en A3 (297mm x 420mm), nie noodwendig met die spesifieke dimensies nie. Die foto moet in ‘n monteerbord (mounting) aangebied word wat nie ‘n raam (“border”) van 50mm oorskrei nie, d.w.s. die montering se maks grootte is 397mm x 520mm vir ‘n A3 foto. Die inskrywingsvorm is beskikbaar op die webblad onder die Kompetisies tab. Beide dele moet volledig ingevul en uitgeknip word, en die een deel agteraan die foto vasgeheg word om die korrekte orientasie aan te dui. Monterings kan bestel word by The Framed Feather, Tel: 021 949 8419, adres H/v Duminy en 12de laan, Boston (naby Brights).

‘n Maksimum van 5 fotos kan ingeskryf word per kompetisie, met ‘n maksimum van 3 per medium ( digitaal /gedruk)

Voorbeeld van toelaatbare aantal inskrywings: As drie (3) fotos ingeskryf word in die digitale medium, kan die fotograaf kies in watter kategorie (ope of vaste) hy 2 fotos wil inskryf, en in watter kategorie net 1. Dit beteken dan dat hy net 2 fotos in die gedrukte medium mag inskryf (om by ‘n totaal van 5 uit te kom), en daar kan hy dan besluit of altwee in dieselfde kategorie (vaste of ope) of 1 in elke kategorie ingeskryf moet word.

VAARDIGHEIDSNTWIKKELING EN BEOORDELING Baie dankie aan Johan Klopper wat ons eerste vaardigheidsaand op 5 Februarie hanteer het. Sy

aanbieding rakende wilde voëls was baie leersaam. Die geleentheid was ook bygewoon deur ‘n hele

paar lede van die Tygerbergklub.

Niel Goslett was die beoordelaar van scapes. Baie dankie vir sy insette.

NEEM KENNIS : Datums van belang Einde April is die Cape regional Photographers Congress - Montagu Registrasie kan op die PSSA se webtuiste gedoen word. www.pssa.co.za

28 April- 2 Mei 2019- www.pssa.co.za

GORDONSBAAI HAWE UITSTAPPIE 13 APRIL 2019

ALGEMENE JAARVERGADERING

16 APRIL 2019

Die 3de Brandpuntfotoklub Fotografiesalon 2019 PSSA B2019/24

Sluit 11 May 2019

Africa Photo Awards kompetisie Sluit 30 Junie

KLUB NA WEEK WEG - Riebeeck Kasteel 12 & 13 October 2019 Riebeeck Kasteel

Page 6: NUUSBRIEF APRIL 2019 - Tafklub · 2019. 4. 8. · NUUSBRIEF APRIL 2019 WELKOM 2019 het op ‘n drafstappie begin en het klaar baie spoed opgetel. Hierdie is ons eerste nuusbrief,

FACEBOOK :

Vir die nuwe (en ou lede) Tafelberg fotografieklub se Facebook groep is 'n geslote groep. Baie

inligting aangaande die klub se bedrywighede word hierop gedeel. Indien jy nog nie deel is van die

facebook groep nie, doen asb ‘n “Friend request "op die blad en Charmaine sal jou byvoeg.

WHATSAPP

Ons het 'n whatsapp groep wat ook baie nuttig is indien jy onmiddellike inligting wil bekom. Hierop

word dikwels inligting aangaande die klub se bedrywighede gedeel.

Indien jy aan die whatsapp groep wil behoort, stuur asb vir Mariana 'n epos en sy sal jou byvoeg.

[email protected] )

SALONUITSLAE

Baie geluk aan al die Salon wenners! Ons klub het tot dus ver hierdie jaar in Nasionale

Salonne, 36 aanvaardings gehad en 3 COM's. Internasionale Salonne het ons 24 Aanvaardings verower.

5

th

PSSA NATIONAL PDI SALON Andre de Koker 2 ACC / 2 COMS Dorian Newby 1 ACC Mariana Visser 3 ACC BRISTOL INTERNATIONAL SALON Mariana Visser 1 ACC

1

ST

INTL ART PHOTOGRAPHY FESTIVAL Mariana Visser 3 ACC APC SPRING CIRCUIT Manie Wessels 3 ACC ERMELO PDI SALON Mike Barkhuysen 3 ACC Neels Beyers 1 ACC Netta De Villiers 4 ACC Dorian Newby 1 ACC Lee Tarleton 1 ACC Judy Visagie 1 ACC Mariana Visser 4 ACC

VERSOEK: Almal moet asb.laat weet van Salon aanvaardings veral die Internasionale salonne. Met Nasionale Salonne,

mag jy dalk per ongeluk ingeskrywe het as 'n Independent en dan word dit nie gemis en mag julle dalk nie die nodige erkenning kry nie.

STERSTATUS OPGRADERING Baie geluk aan onderstaande lede met die opgradering van hul sterstatus!

Page 7: NUUSBRIEF APRIL 2019 - Tafklub · 2019. 4. 8. · NUUSBRIEF APRIL 2019 WELKOM 2019 het op ‘n drafstappie begin en het klaar baie spoed opgetel. Hierdie is ons eerste nuusbrief,

NICK JOUBERT 2 STAR CHRISTIE KLEINHANS 2 STAR HEINRICH UYS 3 STAR NETTA DE VILLIERS 4 STAR JOHANN SPIES 4 STAR DORIAN NEWBY 5 STAR MARIANA VISSER 5 STAR LUKI VAN NIEKERK MEESTER

TWAALFDE JAARLIKSE TAFELBERG FOTOGRAFIEUITSTALLING

Baie dankie vir almal se deelname aan die fotografie-uitstalling. Dit was ‘n uitstekende geleentheid vir lede om blootstelling te kry. Baie dankie aan Sanlam vir die gebruik van die gallery.

UITSTAPPIES Ons eerste uitstappie na PHILADELPHIA was goed ondersteun. Dit was ‘n gesellige saam verkeer

en ‘n goeie fotografie geleentheid om bietjie te oefen. Idees word uitgeruil en almal is meer as gewillig

om medelede touwys te maak. Jy leer beslis iets en ‘n paar ure om te ontspan en van werk te

vergeet, die natuur te geniet, is beslis nie te versmaai nie. So, as jy kan en jy is in die posisie, kom

gerus saam op die uitstappies. ALMAL IS WELKOM!

Page 8: NUUSBRIEF APRIL 2019 - Tafklub · 2019. 4. 8. · NUUSBRIEF APRIL 2019 WELKOM 2019 het op ‘n drafstappie begin en het klaar baie spoed opgetel. Hierdie is ons eerste nuusbrief,

INSPIRASIE “You don't take a photograph, you make it.”

― Ansel Adams “There are two people in every photograph: the

photographer and the viewer” ― Ansel Adams

“The single most important component of a camera is the twelve inches behind it!”

― Ansel Adams

Indien enige interessante fotografie- leesstof

jul pad kruis, stuur dit aan tafklub of na [email protected] sodat dit vir

die nuusbrief oorweeg kan word.

Groetnis

Page 9: NUUSBRIEF APRIL 2019 - Tafklub · 2019. 4. 8. · NUUSBRIEF APRIL 2019 WELKOM 2019 het op ‘n drafstappie begin en het klaar baie spoed opgetel. Hierdie is ons eerste nuusbrief,