9
1 BEVOLKINGSAARDRYKSKUNDE Opdrag 1. Bevolkingsverspreiding en digtheid 1. Omskryf die begrippe: (a) bevolkingsdigtheid (b) bevolkingsverspreiding. 2. Wanneer sê ons ʼn gebied het ʼn ylbevolking? 3. Wanneer sê ons ʼn gebied het ʼn digte bevolking? 4. Hoe bereken mens ʼn gebied se bevolkingsdigtheid? Skryf die formule neer. 5. Wat word bedoel as ons sê die wêreldbevolkingsverspreiding is oneweredig? 6. Wat noem ons die amptelike vraelys wat gebruik word om bevolkingsinligting in te samel? 7. Wanneer was die laastebevolkingsdata in Suid-Afrika ingesamel en na hoeveel jaar gaan dit weer plaasvind? 8. Kyk na die tabel oor die provinsies van Suid-Afrika en beantwoord die volgende vrae. Bevolking volgens provinsie van Suid-Afrika (Mei 2013) Provinsie Bevolking Geraamde oppervlakte (km²) Oos-Kaap 6 620 100 168 966 Vrystaat 2 753 200 129 825 Gauteng 12 728 400 16 548 KwaZulu-Natal 10 456 900 94 361 Limpopo 5 518 000 125 755 Mpumalanga 4 128 000 76 495 Noordwes 3 597 600 106 512 Noord-Kaap 1 162 900 372 889 Wes-Kaap 6 016 900 129 463 Suid-Afrika 52 982 000 1 219 090 (a) Bereken die bevolkingsdigtheid per vierkante kilometer van elke provinsie en skryf die provinsie in volgorde van digste bevolk tot laagste bevolk. (b) Analiseer die verskille in bevolkingsdigtheid vir die verskillende provinsies. (c) Verklaar hierdie verskille. (d) Watter provinsie het die grootste bevolking? (e) Watter provinsie het die kleinste bevolking? (f) Watter provinsie het die digste bevolking? Verklaar die provinsie se hoë bevolkings-digtheid. (g) Watter provinsie het die ylste bevolking? Verklaar hierdie provinsie se laebevolkingsdigtheid.

Opdrag 1. Bevolkingsverspreiding en digtheid ylbevolking ... · PDF file2 9. Dui die volgende gegewens van Suid-Afrika op ʼn sirkeldiagram aan. Elke provinsie se persentasie bevolking

Embed Size (px)

Citation preview

1

BEVOLKINGSAARDRYKSKUNDE

Opdrag 1. Bevolkingsverspreiding en –digtheid

1. Omskryf die begrippe: (a) bevolkingsdigtheid (b) bevolkingsverspreiding.

2. Wanneer sê ons ʼn gebied het ʼn ylbevolking? 3. Wanneer sê ons ʼn gebied het ʼn digte bevolking? 4. Hoe bereken mens ʼn gebied se bevolkingsdigtheid? Skryf die formule neer. 5. Wat word bedoel as ons sê die wêreldbevolkingsverspreiding is oneweredig? 6. Wat noem ons die amptelike vraelys wat gebruik word om bevolkingsinligting in te samel? 7. Wanneer was die laastebevolkingsdata in Suid-Afrika ingesamel en na hoeveel jaar

gaan dit weer plaasvind? 8. Kyk na die tabel oor die provinsies van Suid-Afrika en beantwoord die volgende vrae.

Bevolking volgens provinsie van Suid-Afrika (Mei 2013)

Provinsie Bevolking Geraamde oppervlakte (km²)

Oos-Kaap 6 620 100 168 966

Vrystaat 2 753 200 129 825

Gauteng 12 728 400 16 548

KwaZulu-Natal 10 456 900 94 361

Limpopo 5 518 000 125 755

Mpumalanga 4 128 000 76 495

Noordwes 3 597 600 106 512

Noord-Kaap 1 162 900 372 889

Wes-Kaap 6 016 900 129 463

Suid-Afrika 52 982 000 1 219 090

(a) Bereken die bevolkingsdigtheid per vierkante kilometer van elke provinsie en skryf die provinsie in volgorde van digste bevolk tot laagste bevolk.

(b) Analiseer die verskille in bevolkingsdigtheid vir die verskillende provinsies. (c) Verklaar hierdie verskille. (d) Watter provinsie het die grootste bevolking? (e) Watter provinsie het die kleinste bevolking? (f) Watter provinsie het die digste bevolking?

Verklaar die provinsie se hoë bevolkings-digtheid. (g) Watter provinsie het die ylste bevolking?

Verklaar hierdie provinsie se laebevolkingsdigtheid.

2

9. Dui die volgende gegewens van Suid-Afrika op ʼn sirkeldiagram aan. Elke provinsie se persentasie bevolking teenoor die land se totale bevolking. Gebruik ʼn radius van 9cmvir jou sirkeldiagram. Onthou van die opskrif en byskrifte. Kleur elke provinsie in ʼn ander kleur. Formule = (100 ÷ SA bevolking) x provinsie bevolking.

10. In watter jaar het die wêreld bevolking 7 biljoen bereik? 11. Noem agt feite oor die wêreld se bevolkingsverspreiding. 12. Wat noem ons die tipe kaart wat die wêreld se bevolkingsdigtheid met skakering of kleur aandui? 13. Noem en bespreek SES fisiese faktore wat die wêreld se bevolkingsdigtheid en

-verspreiding beïnvloed. 14. Noem en bespreek SES menslike faktore wat die wêreld se bevolkingsdigtheid en

-verspreiding beïnvloed. 15. Gebruik die internet (Google), om uit te vind wat is die top 10 lande in die wêreld, met die grootste bevolking (gee ook elke land se bevolkings getal) 16. Gebruik die internet (Google), om uit te vind wat is die top 10 lande in die wêreld, met die digste bevolkings per km² (gee ook elkeen se bevolkingsdigtheid per km²). 17. Gebruik die internet (Google), om uit te vind wat is die top 10 lande in die wêreld met die

ylste bevolkings. (gee elke land se bevolkingsdigtheid).

.

3

Opdrag 2: Definisies Gee definisies van die volgende: a) Bevolkingsgeografie: Die studie van die bevolking, veral ten opsigte van ruimtelike variasies in die verspreiding, struktuur, etniese samestelling, sosio-ekonomiese kenmerke en migrasie. b) Demografie: Die wetenskaplike en statistiese studie van die menslike bevolking, die grootte van die bevolking, die ontwikkeling en struktuur van bevolkings en verwante syfers. c) Geboortekoers: Die getal babas wat per 1000 van die bevolking per jaar gebore word. d) Geboortebeperking: Maatreëls wat swangerskap voorkom. e) Sterftekoers: Die getal sterftes per 1000 van die bevolking per jaar. f) Lewensverwagting: Die gemiddelde ouderdom wat 'n mens kan verwag om te bereik. g) Kindersterftekoers: Die getal babasterftes (dood gedurende die eerste 12 maande) per 1000 lewende geboortes per jaar. h) Natuurlike aanwas: Die koers per 1000 van die bevolking waarteen die bevolking van 'n land (of 'n gebied) toeneem per jaar. i) Vrugbaarheidskoers: Die verhouding van die getal lewende geboortes per 1000 vroue in hul vrugbare jare. j) Geletterdheidskoers: Die persentasie van die bevolking wat ten minste 'n eenvoudige boodskap kan lees en skryf. k) BBP per capita: 'n Land se jaarlikse inkomste, gedeel deur die land se bevolking – gee 'n idee van die gemiddelde inkomste wat die gemiddelde persoon in 'n land ontvang. l) Moederlike sterftekoers: Die getal moeders per 1000 wat sterf terwyl sy geboorte geskenk het aan 'n baba. m) Bevolkingspiramides: 'n Histogram, ook bekend as 'n ouderdom-geslags-piramide, wat die frekwensieverspreiding van die bevolking van 'n gebied deur ouderdomsgroep aantoon. n) Ekonomies aktiewe bevolking: Die groep mense in ‘n land wat ʼn werk doen waarvoor hulle betaling ontvang. o) Infrastruktuur: Fasiliteite wat 'n land in staat stel om te funksioneer, bv. vervoer, elektrisiteit, water en kommunikasie. p) Ondervoeding: Uithongering; Wanvoeding as gevolg van te min voedselinname. q) Hongersnood: 'n Ernstige tekort aan voedsel in' n gebied wat baie sterftes veroorsaak. r) Gesinsbeplanning: Wanneer ouers besluit of en wanneer hulle 'n kind gaan kry. s) MIV: Menslike Immuniteitsgebrekvirus t) Vigs: Verworwe Immuniteitsgebreksindroom u) Pandemie: Siekte wat baie mense oor 'n groot gebied affekteer.

4

Opdrag 3: Bevolkingspiramides

1. Wat is bevolkingspiramides en wat stel hulle voor.

2. Verduidelik wat die verskil is tussen 'n:

a) Progressiewe bevolkingspiramide

b) Regressiewe bevolkingspiramide en teken ʼn voorbeeld van elke piramide.

3. Bestudeer die volgende bevolkingspiramide en beantwoord die volgende vrae.

3.1 a) Hoeveel mans is tussen die ouderdomme 15 – 19?

b) Hoeveel vroue is tussen die ouderdomme 15 – 19?

c) Watter ouderdomsgroep maak die grootste deel van die totale bevolking uit?

d) Hoeveel mense (mans en vrouens) is 60 jaar en ouer?

e) Hoeveel mense (mans en vrouens) is jonger as 15 jaar?

3.2 Klassifiseer die vorm van die piramide.

3.3 Wat sê die piramide vir jou omtrent Suid-Afrika se groeikoers, sterftekoers en

lewensverwagting?

3.4 Noem die ekonomiese en maatskaplike voordele en nadele van hierdie piramide.

3.5 Beskryf en verduidelik die geslagverskille wat voorkom.

Suid-Afrika

Manlik Vroulik

Bevolking (in miljoene)

5

4. Bestudeer die volgende bevolkingspiramides van Kenia en die Verenigde State om die

volgende vrae te beantwoord.

A

B

a) Meld die aantal mense in die 15 - 19 en 75 - 79 ouderdomsgroepe vir beide piramides.

b) Vergelyk die geboortekoers van hierdie twee lande. Gee redes vir die verskille.

c) Vergelyk die sterftekoers van hierdie twee lande. Gee redes vir die verskille.

d) Watter tipe piramide is A?

e) Watter tipe piramide is B?

A

Verenigde State: 1997

6

5. Bestudeer die volgende bevolkingspiramides van Duitsland en Brasilië en beantwoord die

volgende vrae.

Duitsland Brasilië

Vergelyk die piramides onder die volgende opskrifte:

a) Tipe piramides

b) Geboortekoers

c) Sterftekoers

d) Vrugbaarheidspotensiaal

e) Potensiële arbeidsmag

7

Opdrag 4: Gevallestudie 1 1. Wanneer het China die beleid van slegs een kind per gesin ingestel?

2. Lewer een kritiese opmerking oor elke beleid.

3. Onderskei tussen die ‘werklike verlore’ meisies en die meisies wat ‘in naam’ verlore is in China.

4. Waarom sal minder meisies ‘n negatiewe impak op die bevolking van China hê?

5. Waarom sal jy die bevolkingsdata van China as onbetroubaar beskou?

6. Waarom is geboortebeperkingprogramme meer suksesvol in stedelike gebiede as in landelike gebiede?

7. Watse voorsiening het Indië op die oomblik om die bevolkingstruktuur onder beheer te hou? (Noem al 4)

8. Watter maatskaplike en ekonomiese aansporings het Singapoer in gestel om gesinsbeplanning aan te help?

9. Waarom moet Singapoer twee verskillende bevolkingsbeleide implementeer?

10. Indien jy ‘n bevolkingsbeleid vir Suid-Afrika moes instel, wat sou dit wees? Gee ‘n kort sin of frase om jou beleid op te som.

8

Opdrag 5: Definisies

Gee definisies van die volgende:

a) Migrasie

b) Immigrant

c) Emigrant

d) Regstellende aksie

e) Vlugteling

f) Vreemdelinge haat (Xenofobie)

g) Asiel

h) Gedwonge migrasie

i) Vrywillige migrasie

j) Landelik-stedelike migrasie

k) Verstedeliking

l) Megastede

m) Trekarbeiders

n) Transhumering

Mense op die beweging

1. Wat is migrasie?

2. Verduidelik die verskil tussen permanente migrasie en semi-permanentemigrasie.

3. Gee 7 redes waarom mense migreer.

Vlugtelinge

1. Wat is 'n vlugteling?

2. Waarom word mense vlugtelinge? Noem 8 voorbeelde.

3. Noem 8 probleme wat vlugtelinge in die gesig staar.

9

Opdrag 6: Die geografie van vigs

1. Definieer MIV/Vigs?

2. Hoe kan mens besmet word met MIV/vigs?

3. Gee enige 6 gevolge van MIV/Vigs op die volgende faktore:

a) Bevolking

b) Ekonomies

c) Gesondheidsorg

d) Mense lyding

4. Noem die 14 SAOG lande.

5. Skryf 'n paragraaf van ongeveer 12 reëls oor wat gedoen kan word om die MIV/Vigs-

probleem op te los?