24
Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is. Junie 2010

Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 - GK Daspoort 3,1-6.pdf · 2014. 6. 30. · Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is. Junie

  • Upload
    others

  • View
    7

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 - GK Daspoort 3,1-6.pdf · 2014. 6. 30. · Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is. Junie

Openbaring 3:1-6Fokus: vers 1-6

Christus se brief aan sy gemeente in Sardiswat eintlik dood is.

Junie 2010

Page 2: Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 - GK Daspoort 3,1-6.pdf · 2014. 6. 30. · Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is. Junie

Ps-vooraf Ps 80:1 (sittende) Ontmoetingsdiens.

Votum.

“Ons hulp is in die Naam van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.”

Amen.

Seëngroet

Geliefdes:

“Genade vir julle en vrede van God, onse Vader,

en die Here Jesus Christus

deur die kragvolle werking van die Heilige Gees”

Amen.

Lofprysing – Ps 122:1,2

Geloofsbelydenis

Verootmoediging en Versoeningsdiens.

Ons gaan nou luister na die wet van die HERE soos ons dit vind in Eks 20.

Psalm na die wet - Ps 97:1,4

1

Page 3: Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 - GK Daspoort 3,1-6.pdf · 2014. 6. 30. · Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is. Junie

Gebed om skuldbelydenis en verligting.

Psalm na gebed: Ps 97:6,7

2

Page 4: Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 - GK Daspoort 3,1-6.pdf · 2014. 6. 30. · Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is. Junie

Woorddiens.

Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Openb 3:1-6.

Psalm in antwoord op die Woord Ps 119:19,20

Ons Fokus val op die hele gedeelte

SkrifverklaringInleiding.Geliefdes ... in die stad Sardis het dit goed gegaan.

Daar was ook die armes.

Maar oor die algemeen ... het dit goed gegaan.1

Ook met die kerk ... Op die oog af ... in elk geval.

Verduidelik

Ons hoor nie van vervolging ... soos in Smirna nie ...

Daar was blykbaar ook nie die gevaar van dwaalleer ...

soos in Pergamus en Thiatiere nie.2

Sardis se gemeente het selfs ‘n naam gehad ... dat sy lewe ...

Dis hoe die gemeente hulself gesien het ...

‘n Lewendige gemeente.3

Toepassing

As ons dit op ons hedendaagse situasie sou kon toepas ...

sou ons kon sê:4

• Hulle was dalk ‘n groot mega-kerk ...

met ‘n ou-mens erediens met ‘n orrel;

1 Vgl Morris se Openb komm bl 74-75.2 Vgl Gardner se Openb kom bl 51.3 Vgl NIGTC se Openb komm bl 272; Mounce se Openb komm bl 93; Morris se Openb komm bl 754 Vgl Gardner se Openb komm bl 66.

3

Page 5: Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 - GK Daspoort 3,1-6.pdf · 2014. 6. 30. · Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is. Junie

‘n jong-mens erediens met ‘n ‘band’;

en ‘n erediens vir lidmate met gesinne ...

waar die kindertjies by die kinderkerk opgepas word.

• Of ... dalk was hulle ‘n heel gemiddelde gemeente ...

nie te los nie ... ook nie te eng nie.

• Of ... dalk was hulle ‘n klein gemeentetjie ...

behoudend ... maar aan die gang.

Al die regte dinge het daar gebeur.

Heeltemal sigbaar het hulle nog kerk gehou ...

soos die apostels dit gedoen het.

************************

Maar toe ... kry hulle ‘n brief ...

En dit kom van die Koning van die kerk af ... van Christus af.

Dis ‘n brief van Hom “wat die sewe Geeste van God

en die sewe sterre het.”

En in die brief staan daar ... en onthou dis Christus se woorde

daar staan: “Ek ken jou werke,

dat jy die naam het dat jy leef maar (eintlik) is jy dood.”

Bevindindelik

Kan u ... u indink ... die atmosfeer toe die ouderlinge

saam met die gemeente hierdie brief lees.

Almal luister aandagtig ...

En toe kom daardie woorde: “Ek ken jou werke,

dat jy die naam het dat jy leef maar (eintlik) is jy dood.”

4

Page 6: Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 - GK Daspoort 3,1-6.pdf · 2014. 6. 30. · Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is. Junie

Wat ‘n verskrikking, geliefdes! ... lewendig dood!

************************

So was dit met die meerderheid ... van die gemeente in Sardis.

Hulle het gedink hulle lewe ...

Hulle het gedink dit gaan goed ...

Maar die meerderheid ... was dood ...

Daar was ook ‘n minderheid ...

Ons hoor van hulle in vers 4.

Ja, deur die genade van die Here ...

was daar nog ‘n minderheid ...

die “wat hulle klere nie besoedel het nie.”

Maar die meerderheid ... was dood.

**************************

Toepassing

Geliefdes ... nou moet ons tog nie ...

wanneer ons hierdie onheilspellende woorde hoor nou nie ...

op ‘n afstand staan ... en sê: ‘Ja ... ons hoor ...

Maar gelukkig is hierdie woorde darem vir Sardis ...

Dis nie van toepassing op ons nie.’

Nee ... So moet ons nie dink nie ...

Want in vers 6 hoor ons weer die ou refrein ...

wat ons by elke brief hoor.

Daardie refrein wat sê:

“Wie ‘n oor het, laat hom hoor

wat die Gees aan die gemeentes sê.”

5

Page 7: Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 - GK Daspoort 3,1-6.pdf · 2014. 6. 30. · Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is. Junie

Hoor u dit? ... Christus se Woord aan Sardis ...

is nie net vir Sardis nie ...

Nee, dis Christus se Woord vir sy gemeentes ...

Dis ook vir ons ... vir die Gereformeerde kerk Daspoort.

Gevolgtrek

Daarom ... moet ons vanoggend ... biddend ... nederig ...

en selfondersoekend luister na ...

Christus se brief aan sy gemeente in Sardis

wat eintlik dood is.In hierdie brief hoor ons ...

• Christus se vermaningswoord ... aan die meerderheid.

• Sy bemoedigingswoord ... aan die minderheid.

• En sy beloftewoord ... aan elke oorwinnaar.

1. So ... kom ons begin ... by die vermaningswoord aan die

meerderheid ... Hierdie vermaningswoord kry ons in vers 1 tot 3 ...

en dit bestaan uit drie dele.

• Christus openbaar eers ons sonde.

• Dan roep Hy tot bekering

• En dan dreig hy met sy oordeel.

A. Christus openbaar eers ons sonde ...

Ons hoor dit in vers 1: “Ek ken jou werke,

dat jy die naam het dat jy leef en jy is dood.”

Verduidelik/toepassing

Ja, die meerderheid was op die lidmaatregister ...

Maar dis al ...

6

Page 8: Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 - GK Daspoort 3,1-6.pdf · 2014. 6. 30. · Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is. Junie

Daar was nie waarlik lewe nie.5

Dit ... is die sonde ... wat Christus kom openbaar.

**************************

Maar ... wat het hierdie doodsheid veroorsaak? ...

Ons kry die antwoord ...

as ons Christus se brief biddend verder bestudeer.

Toepassing

En nou is dit so belangrik ... dat ons biddend ...

en selfondersoekend ... hierdie brief sal ondersoek ...

Want ... is ons nie ook dood nie? ...

Het ons nie ook ‘n klomp dooie lidmate nie.

En ... hoe lyk dit met my eie lewe? ... Leef ek ... regtig?

***********************

So ... kom ons kyk nou verder na die brief ...

sodat ons kan agterkom ... wat doodsheid oor ons laat kom.

En dan’sit vers 2 ... wat ons nader aan die antwoord bring ...

Daar waar Christus sê:

“Ek het jou werke nie volkome voor God gevind nie.”6

Verduidelik

Daar was dus fout met die meerderheid se lewe ...

in diens van God.7

*********************

5 Vgl Mounce se Openb komm bl 936 Vgl NIGTC se Openb komm bl 2747 Vgl NIGTC se Openb komm bl 274.

7

Page 9: Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 - GK Daspoort 3,1-6.pdf · 2014. 6. 30. · Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is. Junie

Maar wat was nou fout?

Verduidelik

Ons kom dit agter as ons die fokus vir ‘n oomblik ...

na die minderheid toe verskuif ... daar na vers 4 toe.8

Daar staan dat die minderheid ...

“nie hulle klere besoedel het nie.”

Nou ... dit geliefdes ... beteken ...

dat die minderheid van die gemeente ...

hulself nie wou vuil-smeer met sonde nie. 9

Hulle het Paulus ernstig opgevat ... toe hy in 2Kor 7:1 geskryf het:

“laat ons ons van alle besoedeling ... reinig,

en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.”

***********************

En presies dit ... was die sonde van die meerderheid ...

Dit is hoekom daar doodsheid is ...

Dis is hoekom hulle werke onvolkome voor God is.

Heiligmaking ... was nie vir hulle belangrik nie ...

En sonder heiligmaking ... was die meerderheid ... dood.

Daarom dat die Hebreër-skrywer ... so ernstig met ons praat ...

en vir ons sê: “Jaag die ... heiligmaking (na)

waarsonder niemand die Here sal sien nie.”10

8 Vgl NIGTC se Openb komm bl 276.9 Vgl NIDNTT vol 1 bl 448.10 Heb 2:14

8

Page 10: Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 - GK Daspoort 3,1-6.pdf · 2014. 6. 30. · Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is. Junie

Gevolgtrek

Hoor u dit? ... Sonder heiligmaking ...

sal ons die Here nie sien nie ...

Sonder heiligmaking is ons verlore ...

Sonder heiligmaking is ons dood ...

En so was dit met die meerderheid ...

van die gemeente in Sardis.

**************************

Maar ... wat is heiligmaking nou?

Verduidelik

Geliefdes ... deur ons heiligmaking ... word ons nooit verlos nie ...

Dis die heel eerste ding ... wat ons moet sê ...

as ons praat oor ons heiligmaking ...

Christus alleen is ons verlossing.11

Niks wat ons doen nie.12

Maar ons word ook nooit ... sonder heiligmaking verlos nie.

Ons leer dit bv uit 1Pet 2:24 ... Daar hoor ons ...

dat Christus ons sondes ... in sy liggaam ... op die kruis gedra het

sodat ons die sonde kan afsterf ...

en vir die geregtigeheid kan leef ...

nadat ons heeltemal ... alleen uit genade verlos is.

En dit ... geliefdes ... is ons heiligmaking ...

11 1Kor 1:3012 Rom 3:21-28; art 20-24 NGB.

9

Page 11: Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 - GK Daspoort 3,1-6.pdf · 2014. 6. 30. · Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is. Junie

As verlostes sterf ons daagliks die sonde af.

Dit beteken ... dat ons teen ons sondes stry ...

Daaroor hartseer is ...

Elke dag met ons sondes na Christus toe vlug ...

en dit nie meer wil doen nie ...

Ja, ons wil nie meer ons self besoedel met sondes nie ...

Nee, ons wil nou vir die geregtigheid leef ...

Ons wil begin reg leef ... vir God ...

uit liefde vir God ... volgens sy wet.13

En nou is die wonder ... dat Christus ons kom verlos het ...

om dit te kan doen.

***********************

Maar hierdie lewe was daar by die meerderheid nie ...

En dis ‘n verskriklike gevaarlike ding ...

want sonder die heiligmaking ... sal ons die Here nie sien nie.

Daarom dat ons Here Jesus se stem ...

in die gemeente van Sardis gedawer het ...

“Julle dink julle is lewendig ... maar julle is dood!!”

*******************

Toepassing

En so kom openbaar Christus die sonde van Sardis ...

En wanneer ons dit hoor ... moet ons onsself ondersoek ...

Waar staan dit met die meerderheid by ons?

Waar staan dit met elkeen van ons?

13 Sondag 33; vgl Reymond, A New systematic theology of the Christian faith, bl 767 vv.

10

Page 12: Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 - GK Daspoort 3,1-6.pdf · 2014. 6. 30. · Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is. Junie

Is heiligmaking vir ons belangrik?

As ons maar net die toets van kerkbywoning aanlê ...

dan sidder ek.

Is dit regtig vir ons belangrik ... om die sonde af te sterf ...

en te leef vir die geregtigheid? ...

Waar staan ons ... geliefdes?

Ons moet Christus se woorde ter harte neem: ...

Julle dink julle lewe ...

maar eintlik is daar ‘n hele klomp wat dood is.

Ja, so kom openbaar Christus ...

aan Sardis ... en aan ons ... ons sonde.

**********************

B. Maar dis nie al nie ...

Christus se vermaningswoord openbaar nie net sonde nie ...

Nee, Christus kom roep ook tot bekering.

Ons hoor dit in vers 2 en 3.

In vers 2 roep Christus die meerderheid op ... Hy sê:

“Wees wakker en versterk die wat oorbly ...”

Wees wakker ... nie dood nie, Sardis ... Wees wakker!

Versterk die dinge wat oor gebly het ...

************************

11

Page 13: Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 - GK Daspoort 3,1-6.pdf · 2014. 6. 30. · Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is. Junie

Maar hoe moet die gemeente dit nou doen? ...

Ons hoor dit in vers 3 ... geliefdes ... Daar waar Christus sê:14

“Onthou dan hoe jy dit ontvang en gehoor het,

en bewaar dit en bekeer jou.”

Verduidelik

Onthou ... bewaar ... en bekeer ...

Dit is wat moet gebeur ...

Onthou ... bewaar ... bekeer.

En dan’sit asof Christus ... met bekeer ...

onthou en bewaar saamvat ...

Die meerderheid moet hulle bekeer ...

Hulle moet wakker wees ...

Hulle moet hulle bekeer ... uit hulle doodsheid ...

sonder heiligmaking ...

En dit ... moet hulle doen ...

deur aanhoudend15 te onthou en te bewaar.16

********************

Maar wat moet die gemeente nou ... onthou en bewaar? ...

Wel ... vers 3 sê: “wat jy ontvang en gehoor het ...”17

14 οὖν gevolgtrek uit vers 2. Dus dit wat in vers 2 gesê word, word uitgevioer deur te doen wat vers 3 sê (Greek Grammer beyond basics, bl 673; NIGTC se openb komm bl 274).

15 μνημονευε οὖν ... και τηρει = praes imperat akt.16 μετανοησον = aor imperat kompleksief wat voorafgaande handeling saamvat (Binnewerk bl 10 en 35).

Verder: και by μετανοησον kan verduidelikend van aard wees (Grammer beyond basics, bl 673; Gardner se Openb komm bl 53).

17 πως by πως εἴληφας και ἤκουσας moet hier verstaan word nie as ‘hoe’ nie maar as ‘wat’; vgl state vertaling se kanttekeninge: “Dat is, welken last gij ontvangen, en welke leer gij van de apostelen gehoord hebt, als gij tot dezen dienst zijt geroepen.”; vgl ook Mounce se Openb komm bl 94.

12

Page 14: Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 - GK Daspoort 3,1-6.pdf · 2014. 6. 30. · Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is. Junie

En dit ... is niks anders ... as die evangelie ... van ons Here Jesus nie ...

Dis niks anders ... as die Woord van God nie.18

Dis niks anders ... as daardie prediking van: ...

Jesus Christus het ons sondes ... in sy liggaam ... op die kruis gedra

sodat ons die sondes kan afsterf

en vir die geregtigheid kan leef nie ...

***************************

En net hier sien ons ... ook ...

wat die eintlike krisis in die gemeente was ... Nie waar nie?

Hulle het nie meer erns gemaak ... met die Woord van God nie ...

Evangelie prediking in sy volheid ... en ‘n lewe daaruit ...

was nie meer deel van hulle lewe nie.

En geliefdes ... wanneer ‘n gemeente los raak van die Woord ...

bly daar niks oor ... van heiligmaking nie ...

Toepassing

Want dis alleen deur die Woord

dat daar altyd ‘n kloppende lewe in ‘n gemeente is ...

want “Die mens sal nie van brood alleen lewe nie,

maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.”

So leer Christus ons in Mat 4:4 ...

Dis alleen deur die Woord ...

dat daar ware heiligmaking kan kom ...

want ons Here Jesus het een maal in Joh 17:17 gebid:

“Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.”

18 2Tim 1:13; Mounce se openb komm bl 94

13

Page 15: Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 - GK Daspoort 3,1-6.pdf · 2014. 6. 30. · Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is. Junie

Ja, dis alleen die Woord wat waarlik lewe ...

en heiligmaking bring ...

Daarom roep Christus die gemeente in Sardis ...

maar ook vir ons ... op ... met:

Onthou die Woord ... en bewaar dit ...

Of ons kan ook sê:

onthou die Woord ... en doen wat daarin staan.19

Gevolgtrek

Daarom ... geliefdes ... dat ware Skrifprediking so belangrik is ...

Ons kan hordes mense trek ... met oulike vermaak ...

Maar hulle sal altyd ‘n dooie horde bly ...

as die Woord nie vers vir vers gepreek word ...

met die oproep ... om die woord te bewaar nie.

Daarom dat HuisGodsdiens so belangrik is ...

Daarom dat ons eie stilte tyd so belangrik is ...

Ja, keer terug na die woord gemeente van Sardis ...

Bly altyd by die Woord gemeente van Daspoort ...

Onthou dit en onderhou dit ...

So klink Christus se bekeringsoproep ... ook hier by ons.

*******************

C. Ja, Christus het die meerderheid se sonde kom openbaar ...

Hulle is dood ... sonder heiligmaking.

19 τηρεω het ook die betekenis dat jy dit wat jy bewaar ook doen (NIDNTT vol 1 bl 132).

14

Page 16: Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 - GK Daspoort 3,1-6.pdf · 2014. 6. 30. · Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is. Junie

Juis daarom ... roep Christus hulle terug na die Woord ...

Hulle moet dit onthou en onderhou ...

Onthou en onderhou ... sodat julle wakker kan wees ... Sardis ...

Bekeer julle ... want anders “sal Ek op jou afkom soos ‘n dief,

en jy sal nie weet in watter uur Ek op jou afkom nie.”

So dreig Christus met sy oordeel in vers 3.

***********************

Hoor u dit ... geliefdes? ...

• Christus openbaar ons sonde ...

• Hy roep ons tot bekering ...

• Maar Hy dreig ook met sy oordeel ...

Dit alles is deel van Christus se vermaningswoord ...

En in hierdie vermaningswoord ... sien ons ontsaglike genade ...

Verduidelik

Want Christus ... wat ons sonde openbaar ...

wat oproep tot bekering ... en dreig met sy oordeel ...

is ook die Een “wat die sewe Geeste van God ... het.”

Ons hoor dit in vers 1.

Die sewe Geeste van God ...

wat Niemand anders is nie ... as die Heilige Gees ...

Opmerking

Ons leer dit uit die res van die Skrif.

U kan in die Basuin lees ... ek het dit daar verduidelik.

********************

15

Page 17: Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 - GK Daspoort 3,1-6.pdf · 2014. 6. 30. · Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is. Junie

En as Christus se vermaningswoord ...

dan in die gemeente dawer ... dan werk sy Gees.20

Ja, die Heilige Gees gaan met die vermaningswoord van Christus ...

in God se uitverkore kinders aan die werk.

• Hy gee vir ons oë ... waarmee ons ... ons sonde ...

wat Christus openbaar ... raaksien.21

• Hy gee vir ons ore ... om Christus se bekeringsroep te hoor.22

• Hy gee vir ons vrees ... om te sidder vir ons Here se oordeel.23

• Hy gee aan ons ‘n ware geloof ...

wat ons ‘n lewe van heiligmaking laat leef.24

Troos en waarskuwing

En nou is die troos ... dat elkeen kan weet ...

Ja elkeen ... wat Christus se vermaningswoord hoor ...

en dit aanneem ...

en biddend verlang ... na die rykdom van God se Woord ...

en biddend smag ... om daarvolgens te leef ... kan weet:

Christus se vermaningswoord ... is vir my ‘n genadewoord ...

Ook vir my het sy Woord en Gees wakker geskud ...

uit my doodslaap sonder heiligmaking.

Maar wee hom wat dit verag ...

want jy wys met jou veragting ... van Christus se Woord ...

20 Gees en Woord word nooit geskei nie (Sondag 21 v/a 54; )21 Joh 16:822 Ps 40:7; Alles beelde wat die Heilige Gees se wederbarende en vernuwende werk beskryf.23 Jes 11:2.24 NGB art 24.

16

Page 18: Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 - GK Daspoort 3,1-6.pdf · 2014. 6. 30. · Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is. Junie

dat jy nie waarlik ... aan die uitverkore gemeente ...

van Christus behoort nie ...

Vir jou sal Christus se vermaningswoord ...

uiteindelik ‘n verskriklike oordeelswoord word.

Daarom: “As jul vandag sy roepstem hoor,

verhard jul nie, maar neig jul oor,

merk op die roep van sy ontferming.”25 ... wat sê:

“jy het die naam dat jy leef ... maar eintlik is jy dood.”

*********************

Dit ... is Christus se vermaningswoord ...

2. Maar nou het Christus ook ‘n bemoedigingswoord.

Ons hoor dit in vers 4:

“Maar jy het enkele persone ... in Sardis

wat hulle klere nie besoedel het nie ...”

Nou ... het ons alreeds geleer ...

dat hierdie minderheid groot erns gemaak het ...

met hulle lewe van heiligmaking ...

En nou bemoedig Christus hierdie minderheid:

julle “sal saam met My in wit klere wandel,”

So sê Christus vir hulle.

Verduidelik

Hoor u die wonder?

Elkeen ... wat uit ‘n ware geloof stry ... teen sy sonde ...

en uit liefde vir God ... wil leef volgens die wet van God ...

25 Ps 95:4

17

Page 19: Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 - GK Daspoort 3,1-6.pdf · 2014. 6. 30. · Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is. Junie

Ja ... elkeen van hulle ... sal uiteindelik saam met Christus wandel.

*************************

En as ons hoor van wandel ... dan hoor ons van verbond ...

en verbondsgemeenskap.26

Verduidelik

Dis wat die HERE gedoen het ...

saam met Adam en Eva in die paradys ...

Hy het in die aandwindjie saam met hulle ... gewandel.27

En as die HERE besig is ...

om uit genade alleen ... die verbondsgemeenskap

wat ons met ons sonde verwoes het28 ... weer te herstel ...

dan hoor ons in Lev 26:12 –

“En Ek sal in jul midde wandel en vir julle ‘n God wees,

en júlle sal vir My ‘n volk wees.”

En nou hier ... in Openb 3:4 ... hoor ons dit weer ...

Elkeen ... wat ... deur die werk van die Heilige Gees ...

erns maak met ‘n lewe van heiligmaking ...

sal met Christus wandel ...

Ja, daar kom ‘n tyd ... dat die verbondsgemeenskap

wat Christus nou al reeds met ons het ...

volmaak volkome sal wees ...

26 Vgl NIDNTT vol 3 bl 944; Gardner se Openb komm bl 54; Greijdanus se Openb komm bl 78; NIGTC se komm op Openb bl 276.

27 Gen 3:828 Sondag 3 v/a 8; NGB art 15

18

Page 20: Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 - GK Daspoort 3,1-6.pdf · 2014. 6. 30. · Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is. Junie

Iets daarvan beleef ons ... in Openb 7:17 ...

Daar waar ons lees ...

dat Lam (van God, ons Here Jesus,

wat vir ons sondes geoffer is ...

en die verbreekte verbond kom herstel het)

ons sal laat wei ... en na lewende waterfonteine sal lei.

***************************

Ja ... Christus sal ons laat wei ...

Ons sal saam met Hom wandel ...

En dit ... in wit klere ...

Wit klere wat sê: ons is regverdig is uit genade alleen

deur die geloof in Jesus Christus.29 ...

wat een maal ons sondes in sy liggaam ...

op die kruis gedra het ...

sodat die minderheid in Sardis ... en elke ware kind van God ...

die sonde kan afsterf ... en vir die geregtigheid kan leef ...

Ja, sodat die minderheid in Sardis ...

en elke ware kind van God ...

‘n lewe van heiligmaking kan leef ...

En die wonderlike bemoedigende belofte ...

van Christus kan ontvang

dat ons saam met Hom in wit klere sal wandel.

3. En dit ... is ook die belofte vir die oorwinnaars ...

En die oorwinnaars ... is daardie minderheid in Sardis ...

en elkeen wat ...

29 Vgl Greijdanus se Openb komm bl 78; Mounce bl 95.

19

Page 21: Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 - GK Daspoort 3,1-6.pdf · 2014. 6. 30. · Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is. Junie

soos hulle volhard in ‘n lewe van heiligmaking ...

Maar ... dis ook elkeen in Sardis ... en elkeen van ons ...

wat Christus se vermaningswoord hoor ... en dit aanneem ...

en ons bekeer uit ons sonde-doodsheid ...

en dan terugkeer na God se woord ... en ‘n lewe daaruit ...

Ja ... dit is die oorwinnaars ...

En vir hulle geld die belofte

dat hulle in wit klere saam met Christus sal wandel ...

want in vers 5 hoor ons ... dat elkeen ...

wat oorwin ... wit klere sal kry.30

************************

Is dit nie wonderlik nie? ...

Maar nou word dit nog wonderliker ...

Want in vers 5 hoor ons nog twee beloftes ...

Christus sê aan elke oorwinnaar:

“Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie,

en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.”

A. Christus sal ons name nooit uitwis ...

uit die boek van die lewe nie ...

En Hy sê dit met baie groot klem ...

Ons sien dit duidelik in die Grieks ...

30 Vgl Greijdanus se Openb komm bl 57.

20

Page 22: Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 - GK Daspoort 3,1-6.pdf · 2014. 6. 30. · Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is. Junie

Nooit ... ooit ... sal Christus ons name uitwis nie.31

En hier hoor ons die wonderlike troos ...

van God se onveranderlike uitverkiesing ...

wat vasstaan vir elke oorwinnaar.32

Verduidelik

En elke oorwinnaar ... is uitverkies ...

want nooit kan ons uit ons eie volhard ...

in ‘n lewe van heiligmaking nie ...

Nooit kan ons ag-slaan ...

op Christus se vermaningswoord ... en ons bekeer nie ...

Nee, Christus werk volharding in sy uitverkorenes.

Hy werk die bekering in sy uitverkorenes ... deur sy Gees.

Daarom kan elkeen wat hom waarlik bekeer

en deur sy lewe in swakheid ...

deur die geloof aan Christus vasgryp ...

en daar by Hom volhard ... weet:

ek is uitverkies ...

En daardie uitverkiesing ... geliefdes ... is onveranderlik

So leer ons uit die hele Skrif.33

Daarom bely ons dit in hoofstuk 1:7 ... van die Dordtse leerreëls.

31 ου μη + Fut = emfaties ontkenning (Binnewerk bl 10,113)32 DL 1:7; DLVD 1:633 Vgl bv Joh 6:37,39,44

21

Page 23: Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 - GK Daspoort 3,1-6.pdf · 2014. 6. 30. · Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is. Junie

En daarom beloof Christus ... met soveel klem:

“Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie.”

**************************

B. En net om hierdie beloftes ... nog vaster te maak ...

beloof Christus nog iets.

Ons sal saam met Christus wandel ...

Hy sal ons name nie uit die boek van die lewe wis nie ...

En dan sê Christus daarby:

“Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.”

*********************

Hoor u dit? ... Christus sal ons name bely!

Verduidelik

En dit beteken ... dat Christus vir ons sal getuig.34

As ons Voorspraak ... ons Advokaat ... sal Christus vir ons getuig.

Hy sal sê:

‘Ek het Myself te vore in hulle plek ...

voor die regbank van God gestel

en alle vervloeking van hulle af weggeneem ...

Hulle name ... mag nie ...

uit die boek van die lewe uitgewis word nie!’35

***********************

Slot.

Geliefdes ... dit is die beloftes aan die oorwinnaars ...

in Sardis ... en in Daspoort.

34 Baljon, bl 68135 Sondag 19 v/a 52; Berhof, Systematic theology, bl 402.

22

Page 24: Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 - GK Daspoort 3,1-6.pdf · 2014. 6. 30. · Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is. Junie

• Ons sal ewig by Christus wees.

• Ons uitverkiesing staan vas.

• Christus tree vir ons in.

Ja, dit is die beloftes aan die oorwinnaars.

Dis hulle wat die bemoedigingswoord

en vermaningswoord van Christus hoor ...

• En hulle doodsheid sonder heiligmaking besef ...

• En terugkeer na God se Woord ... en daaruit lewe ...

in ‘n lewe van heiligmaking.

Daarom: “As ons vandag sy roepstem hoor,

laat ons ons nie verhard nie, maar kom ons neig ons oor,

kom ons merk op die roep van sy ontferming.”

Antwoorddiens.

Amen.

Gebed

Barmhartigheidsdiens

Ps-kollekte Ps 49:1,6 (sittende)

Slotpsalm Ps 65:2,3,4

Wegstuurseën.

Ontvang nou die seën van die HERE en gaan in vrede.

“Die genade van die Here Jesus Christus

en die liefde van God

en die gemeenskap van die Heilige Gees

sy met julle almal!

Amen.”

23