25
Openbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 Christus se brief aan sy gemeente in Laodicea – wat Hy so lief het. Julie 2010

Openbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 - GK Daspoort 3,14-22.pdfOpenbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 Christus se brief aan sy gemeente in Laodicea – wat Hy so lief het. Julie 2010

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Openbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 - GK Daspoort 3,14-22.pdfOpenbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 Christus se brief aan sy gemeente in Laodicea – wat Hy so lief het. Julie 2010

Openbaring 3:14-22Fokus: vers 14-22

Christus se brief aan sy gemeente in Laodicea – wat Hy so lief het.

Julie 2010

Page 2: Openbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 - GK Daspoort 3,14-22.pdfOpenbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 Christus se brief aan sy gemeente in Laodicea – wat Hy so lief het. Julie 2010

Ps-vooraf Ps 98:1 (sittende) Ontmoetingsdiens.

Votum.

“Ons hulp is in die Naam van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.”

Amen.

Seëngroet

Geliefdes:

“Genade vir julle en vrede van God, onse Vader,

en die Here Jesus Christus

deur die kragvolle werking van die Heilige Gees”

Amen.

Lofprysing – Ps 33:1,5,11

Geloofsbelydenis

Verootmoediging en Versoeningsdiens.

Ons gaan nou luister na die wet van die HERE soos ons dit vind in Eks 20.

Psalm na die wet - Ps 25:1,2,5

1

Page 3: Openbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 - GK Daspoort 3,14-22.pdfOpenbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 Christus se brief aan sy gemeente in Laodicea – wat Hy so lief het. Julie 2010

Gebed om skuldbelydenis en verligting.

Psalm na gebed: Ps 31:1,2,4

2

Page 4: Openbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 - GK Daspoort 3,14-22.pdfOpenbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 Christus se brief aan sy gemeente in Laodicea – wat Hy so lief het. Julie 2010

Woorddiens.

Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Openb

3:14-22.

Psalm in antwoord op die Woord Ps 51:5

Ons Fokus val op die hele gedeelte

SkrifverklaringInleiding.Geliefdes ... as daar nou een ding is ... wat ‘n mens tref ...

wanneer jy deur Christus se briewe ...

aan sy 7 gemeentes in klein-Asië ... lees

dan is dit ... dat die heilige algemene christelike kerk ...

soos sy sigbaar word op elke plek ...

nie altyd so heilig is nie.1

Verduidelik

En dan is dit so hartseer ...

want Christus het sy kerk verlos ... om heilig te wees ...

maar dan leef ons so onheilig ...

Ons ignoreer so baie maal vir Petrus ...

daar waar hy in 1Pet 1:15 tot 16 ...

geïnspireerd deur die Heilige Gees ... sê:

“Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is,

moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word,

omdat daar geskrywe is:

Wees heilig, want Ek is heilig.”

1 Vgl ook NIGTC se Openb komm bl 33.

3

Page 5: Openbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 - GK Daspoort 3,14-22.pdfOpenbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 Christus se brief aan sy gemeente in Laodicea – wat Hy so lief het. Julie 2010

Voorbeeld

Neem nou maar net die eerste ...

en hierdie laaste brief van Christus as voorbeelde.

In Christus se brief aan die gemeente in Efese ...

moet ons hoor van haar liefdeloosheid:

“Maar Ek het teen jou” So sê Christus

“dat jy jou eerste liefde verlaat het.”

En hier in Christus se laaste brief ...

aan die gemeente in Laodicea ... hoor ons: “Ek ken jou werke,

dat jy nie koud is en ook nie warm nie ... Maar ... lou ...”

********************

Hoor u hoe dit gaan? ...

Dit moet ons hartseer maak ...

En daarmee saam moet ons selfondersoek doen ...

Want in sy briewe ... praat Christus mos altyd ook met ons ...

Toepassing

Waar staan ons? ... Is ons nie ook lou ... soos Laodicea ... nie?

Maar dan moet ons ... saam met ons hartseer en selfondersoek ...

nog iets doen ... en nog iets beleef ...

Ons moet dankbaar word ... en bly ...

Want weet u ... ten spyte van die kerk se sondigheid ... en onheiligheid ...

skitter Christus se verlossende ... en heiligmakende liefde oor haar.

Christus se verlossende en heiligmakende liefde

wat maak ... dat Hy sy uitverkore kerke nooit los nie ...

4

Page 6: Openbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 - GK Daspoort 3,14-22.pdfOpenbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 Christus se brief aan sy gemeente in Laodicea – wat Hy so lief het. Julie 2010

maar vir hulle briewe skryf ...

En so deur sy Woord en Gees bly Christus besig met sy kerke ...

Nooit laat Hy ons los nie ...

Nee, deur sy Woord en Gees ... heilig en bewaar ... Christus altyd sy kerk.2

En nou moet ons vanoggend meer hieroor leer ... uit ...

Christus se brief aan sy gemeente in Laodicea ...

vir wie Hy so lief is.Ja ... ons gaan hier hoor ... dat Christus sy kerk nie los nie ... maar

• Bestraf;

• Bekeer;

• En ‘n belofte aan haar gee.

1. Nou ... van Christus se bestraffing ... hoor ons in vers 15 tot 17 ...

Christus bestraf ... want met sy bestraffing ...

wil Hy sy gemeente daar in Laodicea wakker skud ...

Hy wil hê ... dat sy haar sonde moet besef.3

En wanneer ons Christus se bestraffingswoorde hoor ... geliefdes ...

moet ons dit weet:

Christus is dodelik ernstig ...

En dit wat Hy sê ... staan onbeweeglik vas ...

Dis die waarheid.

Want Christus is “die Amen ...”

Ons hoor dit in vers 14 ...

2 Sondag 21 v/a 543 ελεγχω και παιδευω (vers 19) het die betekenis van sonde bekendmaking en ‘wakkerskud’ (Mounce se

Openb komm bl 113).

5

Page 7: Openbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 - GK Daspoort 3,14-22.pdfOpenbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 Christus se brief aan sy gemeente in Laodicea – wat Hy so lief het. Julie 2010

Verduidelik

En dit sê vir ons ... dat Christus ... die Waarheid is ...

want dit is ... wat Amen in vers 14 beteken.

Ja, Christus is die God van waarheid.4

Onbeweeglike ... onveranderlike ... vasstaande ... betroubare ...

waarheid.5

Daarom is Christus ook die getroue en waaragtige Getuie ...”

soos daar in vers 14 staan.6

***************************

En nou ... in vers 15 tot 17 ... hoor die gemeente in Laodicea ... en ons ...

die bestraffingswoorde van Christus ...

En dis waaragtige woorde ... vasstaande woorde.

Toepassing

Woorde ... wat ons tog nie maar net moet laat verby gaan nie ...

Nee ... geliefdes ... “die Amen, die getroue en waaragtige Getuie” praat

hier.

Daarom moet ons oplet ...

en selfondersoekend luister na ... wat Christus sê.

**********************

Christus praat ... met bestraffingswoorde ...

want die gemeente in Laodicea ... moet haar sonde besef ...

En nou begin ons agter kom ...

wat die gemeente se sonde was ...

4 Vgl jes 65:165 Vgl NIDNTT vol 1 bl 97.6 Vgl NIDNTT vol 1 bl 98-99; NIGTC se Openb komm bl 299.

6

Page 8: Openbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 - GK Daspoort 3,14-22.pdfOpenbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 Christus se brief aan sy gemeente in Laodicea – wat Hy so lief het. Julie 2010

wanneer Christus in vers 15 en 16 praat

en dan vir sy gemeente sê: “Ek ken jou werke

dat jy nie koud is en ook nie warm nie ... Maar ... lou is.”

Verduidelik

Hoor u dit ... geliefdes? ...

Hoor u ... wat die gemeente in Laodicea se sonde is?

Hulle is lou! ... Dis hulle sonde.

********************

Nou ... wanneer Christus hier praat van koud ... en warm ... en lou

dan is dit alles dinge ... wat vir die gemeente van Laodicea bekend

was ...

En ons kom agter ... hoekom dit vir hulle bekend was ...

as ons so bietjie meer oor Ladicea leer.

Kultuur-histories

Laodicea was ‘n stad ...

met wie dit oor die algemeen ... baie goed gegaan het ...

• Dit was ‘n ryk stad ...

• ‘n Stad ... met ‘n vooruitstrewende klere-bedryf ...

• ‘n Stad ... waar die bankwese geblom het ...

• ‘n Stad ... met ‘n baie beroemde mediese-opleidingsskool.7

Maar daar was een probleem ...

En dit was hulle water ...

Die stad het sy water gekry ... van warmwater-bronne af ...

so 10 km daarvandaan ...

7 Vgl Morris se Openb komm bl 80-81; Mounce se Openb komm bl 106-108.

7

Page 9: Openbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 - GK Daspoort 3,14-22.pdfOpenbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 Christus se brief aan sy gemeente in Laodicea – wat Hy so lief het. Julie 2010

Hulle het dit in klip-pype ... van omtrent ‘n 1m in deursnee ...

daar van die bronne af ... na die stad toe gelei ...

En dan as die water daar by die stad aan gekom het ...

was dit nie warm nie ... ook nie koud nie ... maar lou ...

En vrek sleg daarby.8

Gevolgtrek

En nou vergelyk Christus die gemeente in Laodicea se lewe ...

met daardie lou water ...

Dis hulle sonde ... Hulle is lou.

******************************

Maar wat presies beteken dit ... as die gemeente lou is? ...

Nou dit ... geliefdes ... hoor ons in vers 17.9

Opmerking

Ons het nou vanuit vers 15 en 16 agtergekom

wat die gemeente in Laodicea se sonde was ...

Hulle was lou ...

Maar nou moet ons vanuit vers 17 leer

wat preseis hulle louheid ingehou het.

Verduidelik

In vers 17 sê Christus vir sy gemeente:

“jy sê: Ek (en nou is hierdie Ek die gemeente) is ryk

en het verryk geword en het aan niks gebrek nie ...”

8 Vgl Morris se Openb komm bl 81.9 Vgl Mounce bl se Openb komm 110.

8

Page 10: Openbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 - GK Daspoort 3,14-22.pdfOpenbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 Christus se brief aan sy gemeente in Laodicea – wat Hy so lief het. Julie 2010

Sien u wat doen Christus hier? ...

Hy wys vir sy gemeente in Laodicea ...

hoe hulle oor hulself praat en dink ...

Die gemeente dink:

“Ek is ryk ... en Ek het verryk geword ...

en Ek het aan niks gebrek nie ...”

Maar hoor nou bietjie mooi ...

wat sê die gemeente van Laodicea van haarself:

“Ek is ryk ... en Ek het verryk geword ...

en Ek het aan niks gebrek nie ...”

Ek ... dit ... is waaroor dit by hulle gaan.

Die ek ... die mens ... die lidmate van die kerk in Laodicea ...

hulle staan in die middelpunt van alles ...

Bewys

Dit het so erg geword ... dat ons in vers 20 hoor ...

dat Christus buitekant staan ...

Daar buite die lewe van die gemeente ...

staan haar Verlosser en Koning en klop ... om in te kom ...

Wat ‘n verskrikking!!10

Gevolgtrek

En dit ... geliefdes ... is Laodicea se sonde van louheid ...

Hulle is ‘n gemeente waar alles ... om die mens draai ...

10 και κρουω (vers 20) dui op iets wat jy doen om ingang te verkry. Christus staan dus buite (NIDNTT vol 2 bl 855; Mounce bl 113).

9

Page 11: Openbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 - GK Daspoort 3,14-22.pdfOpenbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 Christus se brief aan sy gemeente in Laodicea – wat Hy so lief het. Julie 2010

Vir Christus is hierdie mensgesentreerdheid ...

soos daardie lou water van Laodicea ...

Walglik!11

**********************

En dan ... terwyl alles ... om hulle self draai ...

dink die gemeente van Laodicea nog boonop ... en so verkeerd:

“Ek is ryk ... en Ek het verryk geword ...

en Ek het aan niks gebrek nie ...”

Verduidelik

En dan verstaan hulle ... hierdie rykdom van hulle

as ‘n geestelike rykdom.12

Hulle dink hulle het ‘n ... ryk ... verhouding met die Here.

Dit ... terwyl hulle die Bron van alle rykdom ... Christus ... die Here ...

as te ware van hulle af weggedryf het.13

**************************

“Ek is ryk ... en Ek het verryk geword ...

en Ek het aan niks gebrek nie ...”

Dis hoe die gemeente van Laodicea oor haar self dink ...

Die gemeente ... waar die mens in die middelpunt van alles staan ...

Maar ons Here Jesus ...

die Koning van die gemeente in Laodicea

dink nie so nie ...

11 Vgl Greijdanus se Openb komm bl 88. 12 Πλουσιος ειμι και πεπλουτηκα και ουδεν χρειαν ἔχω (vers 17) gaan hier oor geestelike rykdom

(NIDNTT vol 2 bl 842; Mounce bl 110).13 Onder anders 2Kor 8:9

10

Page 12: Openbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 - GK Daspoort 3,14-22.pdfOpenbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 Christus se brief aan sy gemeente in Laodicea – wat Hy so lief het. Julie 2010

Daarom praat Hy verder in vers 17.

“jy weet nie dat dit jy is

wat (einlik) ellendig en beklaenswaardig

en arm en blind en naak is nie.”

Verduidelik

Ellendig en beklaenswaardig en arm ...

Arm sommer baie arm ...

Opmerking

want dit is hoe ons die Griekse woord

wat ons hier met arm vertaal moet verstaan.14

Ja, so is die gemeente ... brand-arm.

Hulle dink dat hulle ‘n ryk verhouding met die Here het ...

Maar eintlik is hulle geestelik heeltemal bankrot ...

*************************

Arm ... en daarby is hulle nog naak ook ... Heeltemal kaal ...

Opemerking

En nou beteken dit nie

dat die gemeente van Laodicea ... sonder klere rond geloop het nie!

Nee ...kaalheid is in die Bybel ‘n teken ...

dat jy skuldig en vol sonde is.15

Bewys

Die profeet Esegiël sê bv ...

14 Vgl Floor, Evangelie van die Koninkryk, bl 31 vir betekenis van πτωχος.15 Vgl my Gen 3 eksegese, bl 34, OTES 877.

11

Page 13: Openbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 - GK Daspoort 3,14-22.pdfOpenbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 Christus se brief aan sy gemeente in Laodicea – wat Hy so lief het. Julie 2010

dat Israel haar self kaal gemaak het ...

toe sy nie meer die HERE alleen gedien het nie

maar gehoereer het agter ander gode aan.16

En presies so gaan dit met die gemeente in Laodicea ...

Hulle het Christus uitgeskuif ...

En ‘n mensgesentreerde gemeente geword ...

‘n Gemeente waar hulle hulself dien ... in plaas daarvan

dat hulle vir God en sy Christus dien.

En dit maak hulle kaal ... skuldig.

Maar ook vol skande voor God ... en in die wêreld.

Soos daar in vers 18 staan.

**************************

Arm ... en naak ... so is die gemeente van Laodicea ...

Maar dan sê Christus nog iets oor hulle.

Behalwe ... dat hulle ellendig en beklaenswaardig

en arm ... en naak is ... is hulle ook blind.

Miskien is dit die ergste ... Hulle blindheid

Want dis daarom ... dat hulle nie agter kom ...

dat hulle geestelik bankrot is nie ...

En dis daarom ... dat hulle ook nie hulle sonde ...

hulle skuld en hulle skande besef nie ...

Gevolgtrek

En daarom ... geliefdes ...

16 Eseg 16:36; 23:29; NIGTC se Openb komm bl 306.

12

Page 14: Openbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 - GK Daspoort 3,14-22.pdfOpenbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 Christus se brief aan sy gemeente in Laodicea – wat Hy so lief het. Julie 2010

donder “die Amen, die getroue en waaragtige Getuie”

se bestraffende stem in sy gemeente in Laodicea ...

Sy kloppende vuis hamer aanhoudend17 buite teen die deur ...

Jy’t My uitgeskuif gemeente van Laodicea ...

Jy is geestelik bankrot ... Jy’s skuldig en skandelik ...

En jy besef nie jou sonde nie ...

Jy’s lou!

**************************

Selfondersoek

En nou ... as ons hierdie woorde van Christus hoor ...

geliefde gemeente van Daspoort ...

Wanneer ons hierdie woorde van die Getroue getuie hoor ...

dan moet ons onsself ondersoek ...

Is ons nie ook maar lou nie?

*****************

Wie is Christus vir ons? ...

Is Hy waarlik ons Verlosser en Koning ...

Staan Hy regtig eerste in ons lewens? ...

Of het ons Hom ook uit geskuif tot buite die deur ...

sodat alles om ons kan gaan ...

En ons kan besluit ... wanneer ons Christus inroep

om vir ons een of ander probleem op te los ...

soos wanneer ek bv hartseer is ...

of as ek baie siek is ... of depressief is.18

******************

17 κρουω (vers 20) = praes ind akt wat dui op voortdurende handeling.18 Vgl Hfst 1 van Michal Horten se Christless Christianity.

13

Page 15: Openbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 - GK Daspoort 3,14-22.pdfOpenbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 Christus se brief aan sy gemeente in Laodicea – wat Hy so lief het. Julie 2010

Hoe lyk dit met ons geestelike bankbalans? ...

Is ons gehoorsaam aan Paulus se woorde in Kol 3:16? ...

Daar waar Hy sê:

“Laat die woord van Christus ryklik in julle woon ...”

Is ons besig om ryk te word in die Woord van Christus ... geliefdes? ...

in ons persoonlike stiltetye? ...

Pa’s ... laat ons die Woord van Christus ryklik

in ons gesinne woon met huisgodsdiens ...

Hoe lyk ons erediensbywoning ... En wat van Bybelstudie19 ...

Of is ons ook soos Laodicea wat sê:

“Ek het aan niks gebrek nie.”

*********************

Is ons ‘n gemeente ... wat ons sonde besef ...

en daagliks ons toevlug na die gekruisigde Christus neem?

Waar staan ons ... geliefdes? ...

*************************

Want ons moet oppas vir louheid ...

• Laodicea het Christus uit geskuif.

• Hulle was geestelik bankrot.

• Hulle was skuldig en skandelik.

• En hulle het nie hulle sonde besef nie.

En so het hulle ‘n lou gemeente geword ...

19 Statevertaling se kanttekeninge sê oor Kol 3:16 die volgende: “Het Woord van Christus Dat is, de leer des Evangelies, die ons door Christus is verkondigd, en begrepen wordt niet alleen in het Nieuwe, maar ook in het Oude Testament; 1Pe_1:10-11.”

14

Page 16: Openbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 - GK Daspoort 3,14-22.pdfOpenbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 Christus se brief aan sy gemeente in Laodicea – wat Hy so lief het. Julie 2010

En vir ... hulle ... het Christus gesê:

“Maar nou, omdat jy lou is ...

sal Ek (of : is Ek op die punt om)20 jou uit my mond spoeg.”21

Verduidelik

Want julle maak My naar.22

Ja, ‘n mensgesentreerde gemeente ... maak Christus naar ...

Hulle is soos daardie lou water van Laodicea

wat 10 km ver deur klip-pype gekom het ...

Walglik!

Toepassing

Hoor u Christus se bestraffing ... geliefdes?

Hoor u die dreiging in sy stem?

O ... laat ons tog ag gee op hierdie bestraffing ...

Kom ons krimp in een onder die aanslag van Christus se Woord ...

Kom ons luister tog selfondersoekend

na hierdie bestraffende woorde van Christus ...

************************

Maar kom ons luister ook ... en dis nou belangrik ...

Kom ons luister ook in hierdie woorde van bestraffing ...

na Christus se liefde ...

Daardie liefde ... waarvan Hy praat ... as Hy in vers 19 sê:

“Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek.”

Hoor u dit? ... Almal vir wie Christus lief het ...

hulle ... tugtig en bestraf Hy ...

20 μελλω by μελλω σε εμεσαι εκ του στοματος μου. moet vanuit die konteks van die perikoop (vers 18-20) nie as ‘n vaste voorneme beskou word nie, maar as ‘n bedreiging. Daarom vertaal ek dit met: ‘op die punt om’ wat ‘n ligetieme vertalingsmoontlikheid is (vgl Mounce se Openb komm bl 110).

21 Vers 1622 Vgl Gerijdanus se Openb komm bl 88.

15

Page 17: Openbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 - GK Daspoort 3,14-22.pdfOpenbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 Christus se brief aan sy gemeente in Laodicea – wat Hy so lief het. Julie 2010

Verduidelik

En hierdie almal ... wat Christus lief het ... is sy kerk ...

Sy gemeente van die uitverkorenes23 ...

En Christus het hulle lief ...

So lief ... dat Hy Hom vir sy gemeente oorgegee het ...

aan die kruis op Golgota24 ... tot ‘n versoening vir al ons sondes.25

Ja, so lief dat Christus sy gemeente uit die ewige dood verlos ...

om nooit weer verlore te gaan nie. 26

*********************

Maar juis daarom ... dreig en bestraf Christus sy

uitverkore-gemeente ...

Want so skud Hy haar wakker ...

So laat Hy haar ... haar sonde besef.

En Christus doen dit ... want Hy het sy uitverkore-kerk lief ...

En Hy wil haar in die verlossing ...

wat Hy vir verwerf het ... bewaar.

2. Maar daarom bestraf Christus nie net sy gemeentes nie ...

Nee ... Hy bring hulle ook tot bekering ...

En nou kom ons by ons 2de punt ...

In sy groot liefde ... bestraf Christus sy gemeente ...

Maar Hy bring haar ook tot bekering ...

23 Sondag 21 v/a 5424 Efes 5:2525 1Joh 4:1026 Joh 10:28; DL 5:6

16

Page 18: Openbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 - GK Daspoort 3,14-22.pdfOpenbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 Christus se brief aan sy gemeente in Laodicea – wat Hy so lief het. Julie 2010

Opmerking

Daarvan hoor ons in vers 18 tot 20.

En weet u ... Christus kan ...

Want Christus is “die Amen, die waaragtige en die getroue Getuie” ...

So het ons gehoor in vers 14.

Maar in vers 14 staan daar ook

dat Christus “die begin van die skepping van God” is ...

En juis daarom ...

omdat Christus die begin van die skepping van God is ...

is Hy ook die Een ...

wat sy uitverkore-gemeente tot bekering bring.

Verduidelik

Want .. geliefdes ... as Christus die begin

van die skepping van God is ...

dan beteken die woord begin ook

dat Christus die Een is ... deur Wie die skepping begin het.27

Bewys

Johannes sê vir ons in Joh 1:3

dat “Alle dinge deur Hom ontstaan het ...”

**************************

Maar nou is Christus nie net die begin van die skepping van God ...

soos ons daarvan lees in Gen 1 nie.

Nee, Christus is ook die begin van God se herskepping ...

En dis juis daarom ... dat Christus sy uitverkore-gemeente ...

27 Vgl NIDNTT vol 1 bl 166

17

Page 19: Openbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 - GK Daspoort 3,14-22.pdfOpenbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 Christus se brief aan sy gemeente in Laodicea – wat Hy so lief het. Julie 2010

tot bekering sal en kan bring ...

********************

Verduidelik

En dat Christus ook die begin van God se herskepping is

leer ons uit Jes 65:16 en 17 ...

Want daar in vers 16 hoor ons ook van die God van Amen28 ...

net soos hier in Openb 3:14 ... waar ons hoor

dat Christus die Amen is ... die getroue en waaragtige getuie ...

Maar dan hoor ons in Jes 65:17 ook ...

wat die God van Amen doen ...

“kyk” sê Hy “Ek skep nuwe hemele en ‘n nuwe aarde ..”

*********************

Hoor u dit? ... Christus ... die Amen ... die God van waarheid.29

is nie alleen die begin van die skepping van God nie.

Nee, Hy is ook die begin van die herskepping van God.

En van hierdie herskepping is Christus se uitverkore-gemeente deel ...

Bewys

Daarom dat Paulus in Efes 2:10 sê:

“Want ons is die maaksel (van God), geskape in Christus Jesus ...”

En in sy gemeente is Christus gedurig herskeppend besig.30

28 Vgl Statevertaling se kanttekeninge op Jes 65:16 wat hieroor as vog sê: “Dat is, in den waren, of in den gewissen God; anders: in den God Amen, of in den God van Amen, waarbij verstaan wordt onze Heere Jezus Christus, die de waarachtige God en het eeuwige leven is, 1Jo_5:20; en Hij wordt Amen genoemd Rev_3:14, en in Hem zullen alle geslachten der aarde zichzelven zegenen; Gen_22:18.”

29 1Joh 5:2030 Vgl Ridderbos, Paulus, bl 245-246

18

Page 20: Openbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 - GK Daspoort 3,14-22.pdfOpenbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 Christus se brief aan sy gemeente in Laodicea – wat Hy so lief het. Julie 2010

Bewys

Paulus sê dit vir ons in 2Kor 4:16 ...

Hy sê daar ons word dag na dag vernuwe.

Toepassing

Ja, ook wanneer Laodicea ... en ons ... diep in sonde val

vernuwe Christus ons ... deur sy Woord en Gees seker en kragtig.31

*************************

Sien u ... geliefdes ... in sy groot liefde bestraf Christus sy gemeente ...

om ons ... ons sonde te laat besef ...

Maar Hy bekeer ons ook ... En Hy kan ...

Want Hy is die begin van die skepping ... en herskepping van God.

En presies dit ... sien ons as Christus in vers 20 sê:

“Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop.

As iemand my stem hoor en die deur oopmaak,

sal Ek ingaan na hom toe

en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.”

En as Christus in vers 19 sê:

“Wees dan ywerig en bekeer jou.”

En in vers 18: “Ek raai jou aan

om van My te koop goud

wat deur vuur gelouter is,

sodat jy kan ryk word;

en wit klere, dat jy jou kan aantrek

en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie;

en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien.”

31 DL 5:7; Sondag 21 v/a 54

19

Page 21: Openbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 - GK Daspoort 3,14-22.pdfOpenbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 Christus se brief aan sy gemeente in Laodicea – wat Hy so lief het. Julie 2010

Ja, so klink Christus se herskeppende ... vernuwende ...

bekerende Woord.

Sy Woord ... waarmee Hy sy uitverkore-gemeente oproep

om Hom weer eerste in hulle lewe te stel ...

**************************

En uiteindelik sal dit gebeur.

Christus se uitverkore-gemeente sal haar bekeer ...

omdat Christus haar herskep en nuut maak.

En dan gebeur die wonder van vers 20 ...

Daar waar Christus sê:

“As iemand my stem hoor en die deur oopmaak,

sal Ek ingaan na hom toe

en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.”

Verduidelik

En wanneer God en Christus met sy volk maaltyd hou ...

dan leer ons vanuit die res van die Skrif

dat die verbondsgemeenskap herstel is.

Christus staan weer eerste in die gemeente ...

En Gods vriendelik aangesig straal in vrolikheid en lig oor hulle.32

Troos

En nou is ... dit ... die wonderlike troos ...

Christus bestraf sy uitverkore-gemeente in Laodicea.

So wys hy haar op haar sonde ...

• Die sonde ... dat hulle Christus nie meer eerste gestel het nie ...

32 Vgl NIDNTT vol 2 bl 521, 523; NIGTC se Openb komm bl 307-309; Mounce se Openb komm bl 113; DL 5:13

20

Page 22: Openbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 - GK Daspoort 3,14-22.pdfOpenbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 Christus se brief aan sy gemeente in Laodicea – wat Hy so lief het. Julie 2010

• Hy wys hulle op hulle geestelike bankrotskap ...

• Hy wys hulle op hulle sonde-skuld en skande ...

Maar daarmee saam ... roep Christus ook sy gemeente tot bekering ...

kragtig ... herskeppend ... vernuwend ...

sodat hulle hul kan bekeer.

*******************

En weet u ... elke lidmaat ... van Christus se gemeente in Laodecea ...

maar ook elke lidmaat ... van die gereformeerde kerk Daspoort ...

wat Christus se woord ... toe gehoor het ... en vandag weer hoor ...

en bekeer ... kan deur sy bekeringstrane heen weet:

Ek is deel van Christus se uitverkore-gemeente.

Ook in my ... is Christus herskeppend besig ...

Ook vir my het Christus lief ...

So lief ... dat Hy sy lewe vir my gegee ...

sodat ek kan ewig kan lewe.

*******************

Waarskuwing

Maar aan die anderkant: ... Wees ernstig gewaarsku!

Wanneer ons die woord van Christus maar net hoor.

En aanhou ... en aanhou ... om ons nie te bekeer nie ...

dan is ons besig ... om met ons lewe te wys

dat ons nie regtig deel is van Christus se uitverkore-gemeente nie ...

Dan is ons besig ... om te wys ... dat ons in die kerk is ...

maar nie van die kerk nie ...

In die kerk ... maar eintlik deel van die goddelose wêreld ...

21

Page 23: Openbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 - GK Daspoort 3,14-22.pdfOpenbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 Christus se brief aan sy gemeente in Laodicea – wat Hy so lief het. Julie 2010

wat Christus wegskuif.33

En dan staan die Woord ...

van die Amen, die getroue en waaragtige Getuie ...

vir ons onveranderlik ... onbeweeglik ... en betroubaar vas ...

Christus sal ons uitspoeg ... tot in die hel.34

Want christene en ‘n gemeente ... wat Christus aanhou uitskuif ...

maak Hom naar ... soos daai lou water van Laodicea ...

Ja, hulle maak Christus naar ...

want hulle is nie waarlik kerk nie ... Maar ‘n sinagoge van Satan.

***********************

Daarom laat ons ywerig wees en ons bekeer ...

want dan kan ons weet ... dis Christus wat ons bekeer ...

3. Maar dan kan ons nog iets weet ...

En dit is dat die belofte van Christus ook vir ons is ...

Die belofte van Christus in vers 21.

Daar waar Hy sê: “Aan hom wat oorwin,

sal Ek gee om saam met My te sit op my troon,

soos Ek ook oorwin het

en saam met my Vader op sy troon gaan sit het.”

Hoor u dit ... geliefdes?

Dit is die belofte vir elkeen wat bekeer

en Christus weer eerste stel.

33 Vgl NGB art 29; Joh 1:1034 Sondag 32 v/a 87

22

Page 24: Openbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 - GK Daspoort 3,14-22.pdfOpenbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 Christus se brief aan sy gemeente in Laodicea – wat Hy so lief het. Julie 2010

Christus sal inkom na ons toe en met ons maaltyd hou ...

en ons met Hom ...

Maar nou hier ... in vers 21 ...

beloof Christus nog volmaakter verbondsgemeenskap ...

Verduidelik

Ons sal by Christus wees op sy troon ...

en daarom ook by God die Vader ...

Maar dis nie al nie ...

Daar gaan nie net volmaakte verbondsgemeenskap wees nie.

Nee ... daar gaan meer wees ...

Verduidelik

Want as ons by Christus op sy troon is ... beteken dit ook

dat ons sal regeer ...

Want die een wat op ‘n troon sit ...

is bekleed met koninklike mag.35

Slot.

Ja ... dit ... is die belofte ... vir elkeen ...

• wat hulle sonde besef ...

• wat besef ... dat ons so baie maal Christus uit ons lewe skuif ...

• wat besef ... dat ons op ons eie geestelik bankrot is ...

• en skuldig en skandelik voor God en in die wêreld staan ...

en hulle dan bekeer ... omdat Christus ons bekeer ...

en hulle toevlug neem ... na Christus alleen ...

35 Vgl Baljon bl 438

23

Page 25: Openbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 - GK Daspoort 3,14-22.pdfOpenbaring 3:14-22 Fokus: vers 14-22 Christus se brief aan sy gemeente in Laodicea – wat Hy so lief het. Julie 2010

Ja, vir hulle is die belofte ...

dat hulle in volkome ...

volmaakte verbondsgemeenskap met God ...

as Konings sal heers ...

Soos Adam en Eva voor die sondeval ...

sal ons weer by God wees ... en as konings heers ...

Maar hierdie keer onder ‘n nuwe hemel ... en op ‘n nuwe aarde ...

En dit staan vas ... want so sê “die Amen,

die getroue en waaragtige Getuie,

die begin van die skepping ... en die herskepping van God.”

Antwoorddiens.

Amen.

Gebed

Barmhartigheidsdiens

Ps-kollekte Ps 52:1,4 (sittende)

Slotpsalm Ps 147:1,2,7

Wegstuurseën.

Ontvang nou die seën van die HERE en gaan in vrede.

“Die genade van die Here Jesus Christus

en die liefde van God

en die gemeenskap van die Heilige Gees

sy met julle almal!

Amen.”

24