18
ORAKEL Oor die HEIDE dames Vir die HEIDE dames Deur die HEIDE dames Oktober 2013 Vissers . net Dit is Grieks by Kaalvoetdag Trouklokke vir Heide dames ZOEPWEEK JOOLympics mHEI-hart-se PUnT Prestige aand Wie is die HK werklik?

Orakel 1 2013

Embed Size (px)

DESCRIPTION

 

Citation preview

Page 1: Orakel 1 2013

ORAKEL Oor die HEIDE dames

Vir die HEIDE dames

Deur die HEIDE dames

Oktober 2013

Vissers . net

Dit is Grieks by Kaalvoetdag

Trouklokke vir Heide dames

ZOEPWEEK

JOOLympics

mHEI-hart-se PUnT

Prestige aand

Wie is die HK werklik?

Page 2: Orakel 1 2013

Nastassia Saam met Alicia Pienaar

Akademiese komitee lid van die jaar

Marli Smith het hierdie jaar weg gestap as

top akademiese senior.

Arina Neethling, Elanca de Necker en

Melandri Labuschagne.

Deidré Botes, vanjaar se top akademiese

eerstejaar.

Prestige Aand foto’s verskaf deur:

Ané Venter

Prestige Aand Dinamies was nog nooit dom nie... Deur Daleen “Take up one idea. Make that one idea your life – think of it, dream of it, live on that idea. Let the brain, muscles, nerves, every part of your body, be full of that idea, and just leave every other idea alone. This is the way to success.” Swami Vivekananda Die dinamiese inwoners van Heide het Swami se woorde beaam soos wat hul elkeen opgestap het om pryse vir akademie of komitee lid van die jaar te ontvang. Elkeen bewus van die vrug wat hul harde werk nog eendag sal afwerp. Die prestige aand was slegs ‘n voorsmakie...

Die aand self het goed verloop o.l.v. Nastassia Sciocatti, met “Proudly Heide” vermaak verskaf deur Esté Malan, Dané Vermeulen, Vida Ungerer, Anneri van Zyl, Michelle Cilliers en ander talentvolle dames. Dit omdat geen manskoshuis beskikbaar was nie a.g.v. Hk-verkiesings. Maar nooit sal enige manskoshuis dieselfde gevoel van trots by die gehoor kon wek nie. Die aand was geopen deur erkenning van die harde werk wat die akademiese en HEK komitee gedoen het. Gevolg deur die akademiese prestasies. By die seniors was dit geen verrassing toe Marli vir ‘n tweede keer wegstap met top akademiese presteerder nie en die luide toejuiging wat sy ontvang het is getuie daaraan dat sy dit verdien het.Gevolg deur Arina Neethling en Adri Haasbroek, kort op haar hakke. By die eerstejaars was die top presteerder Deidré Botes en kort agter haar was Danika Jacobs gevolg deur Alecia Meyer. Daar was selfs ‘n Meganiese Ingenieur eerstejaar op die top 20: Mart-Mari Howell. “Dit wil gedoen wees” sal dit juig. Iewers tussen die handeklap en pret deur het die gehoor honger geword, baie honger, en die kleur was weer vinnig terug in hul wange. Tesame met ‘n tevrede glimlag oor die volgende aankondigings oor komitee lid van die jaar. In elke komitee was daar een of in sommige gevalle twee lede gekies wat werklik uitgestaan het deur die jaar. Dit was duidelik dat die gehoor met die verskeie HK-lede saamgestem het oor die keuses, want reg rondom was daar ‘n geknik en gehandeklap. Nadat almal vereer was vir hul bydrae tot die koshuis was dit tyd om die nuwe HK aan te kondig. Die spanning was tasbaar toe die kandidate moes uitgaan. Nog meer so die tevredenheid en blydskap toe die nuwe HK ingestap kom. Die trane oorstromend van alle kante asook die gelukwensing en geluk om vir die volgende jaar die Heide familie te kan dien. Wat ‘n voorreg vir elkeen en nog meer die prestasie.

Page 3: Orakel 1 2013

‘n Onderhoud of twee...

Marli Smith: Top Akademiese Senior

1) Wat is die swakste punt wat jy al ooit gekry het?

53% vir my ACCF 211 semestertoets.

2) Wat is die 'daringste'/'weirdste' ding wat jy al

gedoen het?

River rafting op die Zambezi rivier in Zambie

3) Voltooi die volgende sin: As niemand kyk nie

dan...

As niemand kyk nie dan eet ek 'n hele slab op my eie

op.

4) Wat is jou Motto?

Wat nie dood maak nie, maak groot.

5) Wat beteken sukses vir jou?

Ek voel mens is suksesvol as jy weet dat jy alles

gedoen het tot die beste van jou vermoens.

Elani Agenbacht Akademiese presteerder:

Wat is die swakste punt wat jy al ooit gekry het?

Dit was in graad 9, Sosiale

Wetenskappe, die meneer het amper

als verkeerd gemerk. Mnr.

Esterhuysen, sy seun was in ons klas.

Elanca de Necker Akademiese presteerder:

Wat is jou motto:

“God will never give you a

burden you can't handle. If

you ever find yourself in a

mess which seems impossible

to resolve, take it as a

compliment... God thinks you

can do it!”

Marizaan Bester Akademiese presteerder:

Wat is jou motto:

Doen alles tot die beste van jou

vermoe

Hestia Victor uitblinker op die kultuurgebied

Wat staan vir jou uit in Heide:

Ek love al die kultuurgoedjies,

obviously. Sêr was lekker,

eerstejaarskonsert

Kultuurweek-canvas en al daai. Heide's got Talent.

Ek hou ook van die SJGD projek en ek sien uit om op

ander komitees ook te dien. Iets wat vir my

uitstaan is hoe die meisies met mekaar is. en ek

geniet dit vreeslik om in my kamer te sit en Dané en

Esté en almal jam in die braaituin of die balkon. En

iets wat virmy baie cool is is hoe baie komplimente

mense my gee oor Heide en hoe baie ouens sê hulle

sal dadelik Heide toe ry en 'n trouvrou gaan kies. Ek

kan nou nie jis veel sê van sport nie. En dis vir my

cool dat jy erkenning kry as jy iets gedoen het en

wat vir my ook oulik is is hoe almal by

koshuisvergadering sing as iemand verjaar

Komiteelede van 2013

Naam Van Komitee

Joanna Skoczynski JOOL

Michaela Zietsman Klubhuis

Nika Claassen Sosiaal

Corli Potgieter Werwing

Wiida Bisschoff Kultuur

Danette van Niekerk Studentebelange

Elsabe Roux AKSA

Nika Claassen Kommunikasie

Dene van Wyk SJGD

Anje Claassen Sport

Alicia Dippenaar Akademie

Jana Potgieter HEK

Sanli du Plessis Raadgewer

Idale Welman SOS portuurhelper

Page 4: Orakel 1 2013

ZOEP WEEK!!!

-Joanna

Almost every girl has the dream of being spoilt rotten by some “Prince Charming.” Heide

Dameskoshuis is one lucky building, having not only one, but several men hostels fighting to

sweep Heide off her feet to become her next Prince Charming. Maybe Zoep Week is not for

each girl individually, but the men hostels do creep into our hearts too!

When asked to describe Zoep Week using one word, the following was said:

AKIES KNAPSE KEREL BEDERF CAPUT FANTASTIES PRET LAUREUS VRIENDSKAPPE

MEMORIES HOMBRE LEKKER KATJIES LAG EXCELSIOR MAL DANS NEON VOLLEYBALL LIEF

The amount of fun and excitement that Zoep week brings is indescribable. It’s a time that no

one wants to end (however, waiting to hear who the chosen man’s hostel afterwards is a

nail-biter).

Aksie after aksie, quite the student life. So these men hostel’s must know…If us girls choose

to party it up with them over sleep, they are freaken special!

Page 5: Orakel 1 2013

mHEI-hart-se-PUnT Jamie & Katinka

„n Jaar gelede het Caput, Heide se hart gesteel en nou‟s dit bevestig mEI Hart se Punt.

Ons prinse het wel nou nie op perde tot ons redding gekom nie, maar well „n rowwe rooikat

gestuur om ons huis te kom beskerm teen die wilde hondjies. In die stryd vir ons hart het hy

„n paar tone verloor maar steeds bly staan! Anerste as „n paar sielle by die aksie… “strobe”

ligte, “glow in the dark” verf en “spray paint” was in oormaat beskikbaar veral met „ n

begroting van R9000.

Maar die Heide-kaaitjies se kloue het uitgekom toe „n sogenaamde rooi dameskoshuis (Caput

het al met Karlien gesleep) in ons slaai kom krap to krap ons sommer in hul aksie.

Dit het nie Caput se senuwees gehelp toe die Heide-HK in parmantige rooi uitrustings by

sleepaankondiging opdaag nie. Na „n oomblik van ongleoof, het hulle toe eventueel agtergekom

dat dit wel Heide is en nie die ander rooi koshuis nie. En vandaar af gaan dit net jolig.

Tot later, onthou bly dinamies untamed!

Page 6: Orakel 1 2013

Dis Grieks! Esmi Muller

Anders as Marike van der Walt, Carla Schutte en Annie wat elke dag

kaalvoetdag hou, het die res van Heide op 3 Oktober hulle skoene vir ‘n slag uitgeskop!

Die kampus was omtrent Grieks gewees en Heide het gegaan vir Pythagoras, of is dit nou Pytha-gras? Met ‘n 90˚-hoek klaskamer, swartborde, gras en al die ingesamelde klere het Heide se stalletjie ‘n welverdiende 5de plek ontvang.

Dené en Bennie het almal vermaak op die loopplank met hul kreatiewe uitrustings wat hul saamgeflans het uit die ingesamelde klere. Die klere wat ingesamel is word gegee aan die koshuisprojek of vir die Jonathan Jacob PUK-projek wat die klere en veral skoene verder versprei.

Daar is ook pryse uitgedeel vir elke unieke voet in Heide en Caput. Die prys vir die kleinste voet het gegaan aan Suzaan Steyn. Die grootste voete behoort aan Adriaan Groblaar en die man met die lelikste voete was Iwan Jansen van Vuuren!

Elke Heide-meisie het weer besef hoe bevoorreg hulle is deur hulself ‘n dag in die skoene (of eerder voete) van ‘n minderbevoorregte persoon te plaas.

Page 7: Orakel 1 2013
Page 8: Orakel 1 2013

Heidedames is beslis nie net mooi gesiggies nie,

Ons presteer op talle gebiede ook...

Dinamiese Dame: Sport + eerstejaar: Kultuur Senior: Kultuur eerstejaar:

Idalé Welman Natasha te Bearts Mardi Nőfke Hestia Victor

Sport senior: Sosiale senior: Sosiale eerstejaar: Senior:

Ankia Pietersen Esté Malan Marike van der Walt Ané Venter

Vir party van ons was dit ‘n eerste, vir ‘n hele handjievol ‘n laaste. Hoe dit ookal sy, die

Heide dinee 2013 was een vir die boeke. Verwelkom deur ‘n rooi tapyt, met kersies wat

jou tot by die saal lei. Dáár het ‘n glasie wyn of twee verseker dat die onvergeetlike

herinneringe begin.

HEIDE Formele Dinee

Page 9: Orakel 1 2013
Page 10: Orakel 1 2013

Die kerk klokke lui in Heide!

GELUK

NELRI, LIZA &

LUHENCA

Page 11: Orakel 1 2013

1. Wie is jou verloofde? Naam en van?

Die beste mens wat ek ken!! Leonard Janse van Rensburg

2. Beskryf hom in 5 woorde?

MooisteFriekenBlouOgies, kuite, intelligent, VerskirklikSnaaks, Romanties

3. Waar het julle ontmoet?

Op skool in 2005! Ek was gr. 8 en hy was gr. 11. Hy was die top hekkies-atleet, eerste rugbyspan vleuel

(almal het altyd langs die veld geskree “pass vir Leonard sodat hy „n drie kan gaan druk!”) en ek was die

meer lang afstande, netbal-tipe presteerder. Ek het by sy ma wiskunde gekry en ek en Mia het goeie

maatjies geword sodat ek sy nommer kan kry (en toe raak ek nooit van haar ontslae nie ;-) haha! Ons het vir

vier maande mekaar ge‟missed call‟ in klasse om te sê „ek dink aan jou‟ en gefliek en rugby saam gekyk op

naweke.

4. Hoe lank gaan julle al uit?

Vanaf 18 Junie 2005! Ons eerste soen was die 10de Junie en toe vra hy my uit die naweek daarna!

5. Hoe en waar het hy jou gevra om te trou?

Ons was die 10de Augustus Hartebeespoortdam se kant toe (na „the Cradle of Humankind‟). Ons het 6uur die

oggend in „n lugballon geklim en vir „n uur bo in die lug rond gesweef. Toe land ons iewers in die veld en drink

sjampagne en sap wat ons by die plek gekry het. Daarna het hulle ons teruggevat met „n stoute kombi en

ons het lekker ontbyt geëet saam die ander 6 mense wat saam ons in die lugballon was. Len het gesê dit is

te vroeg om nou al die pad terug te ry huistoe en dat hy gou gaan „uitvind‟ wat daar nog is om te doen... hy

kom toe terug met „n cooler-sakkie en sê ons gaan bietjie stap want daar is „n staproete langs die rivier! Toe

stap ons al te heerlik en die man raak al hoe stiller, tot ons by so sement gedeelte kom wat in die rivier in

loop met trappies! Daar staan ons toe en kyk na die mooi natuur toe hy my omdraai en begin praat oor hoe

dankbaar hy is dat hy hierdie ervaring met my kan deel en dat hy sooo bly is dat God my vir hom gegee het

om al hierdie spesiale goed mee te kan deel – hy wil my altyd beskerm en ondersteun en al daai mooi

woorde.. ek staan toe al reeds met „n paar trane wat wag om te rol EN TOE sak Lennie op sy knie! En vra of

ek vir altyd syne sal wees!!! Toe huil ons en toe drink ons die hele sjampagne-bottel op terwyl ons almal

gebel het (wat by intervarsity was.. hehe!)

6. Wanneer trou julle?

Ons trou 23 November 2013 om 16:00!!!!

7. Wat is julle gunsteling liedjie saam?

Telling the world van Taio Cruz

Liza

&

Leonard

Page 12: Orakel 1 2013

1. Wie is jou verloofde? Naam en van?

Gerrie Prinsloo.

2. Beskryf hom in 5 woorde?

- Eerder 5 frases..

Gerrie Prinsloo is ‘n koning van ‘n man, hy is die een wat my kniee lam maak maar terselfde tyd

my kop hoog hou, hy is ‘n leier, my vertrooster, en ‘n man van God.

3. Waar het julle ontmoet?

Ons was saam op skool, maar hy is 2 jaar ouer as ek. So ons het op universiteit mekaar regtig eintlik

leerken.

4. Hoe lank gaan julle al uit?

11 maande.

5. Hoe en waar het hy jou gevra om te trou?

Vir die wat nie weet nie, Gerrie werk amper 1000km ver, en kom net elke einde van die maand huis

toe vir ‘n week. Ons het besluit om daardie naweek bietjie na die rivierhuis te gaan, waar ons

vriende en familie ons later gaan kry. Ons het piekniek gehou onder die bome, en net bietjie

opgevang. Ek het gesien hy is bietjie “jittery” - hy’t so gestres! Maar hyt op sy kneë gegaan en die

grootste vraag gevra!!! – die oomlik was amazing. Daarna het almal gekom en partytjie saam ons

gehou – beste naweek van my lewe!

6. Wanneer trou julle?

3 Mei 2014!!

7. Wat is julle gunsteling liedjie saam?

Gone gone gone van Phillip Phillips.

Luhenca

&

Gerrie

Page 13: Orakel 1 2013

1. Wie is jou verloofde? Naam en van?

Gerhard Janse van Rensburg

2. Beskryf hom in 5 woorde?

Liefdevol, Weird, Snaaks, Skaam, Perfek vir my!!

3. Waar het julle ontmoet?

Dis my pastoor se seun, so ek het hom in die kerk ontmoet.

4. Hoe lank gaan julle al uit?

‘n Jaar.

5. Hoe en waar het hy jou gevra om te trou?

Ek was onder die indruk dat ons ‘n HK afsluiting by Feather Hill gehad het. So in die eerste plek

het ek baie vieslik gelyk. Toe ek, Suzaan en Luhenca daar aankom en instap, trap ek in honde poef

(altyd lekker). Toe ons daar aankom toe sê die vroutjie ons moet die kersies volg, en ek is heeltyd

onder die indruk dat Essie al die moeite gedoen het om alles mooi te maak en die kersies uit te

pak en als. Ons kom toe by so mooi dakkie uit waar jy kan sit op kussinkies, en daar staan toe ‘n

bottle champaigne met paar glasies, en ek dog ons gaan klink op ons termyn wat verby is. Toe ek

weer sien toe kom hy daar aangestap met sy mooi rooi kraag hempie, en toe gaan hy op sy knieë en

vra die groot vraag.

6. Wanneer trou julle?

27 September 2014

7. Wat is julle gunsteling liedjie saam?

Haha, wel ons geniet tomorrow land musiek… SO daar is baie!

Nelri

&

Gerhard

Page 14: Orakel 1 2013

JOOLympics Een van die dinge wat kenmerkend is van „n student is sy neiging tot kindwees.

Daarom was dit nie moeilik gewees om „n paar entoesiastiese Heide dames te kry

om hulself te kom geniet die naweek by JOOLympics en al die pret wat daarmee

saamgaan. Al was die son op „n maksimum gestel was alles van sokker tot trollie-

ressies aangepak met kinderlike opgewondenheid. Jovani was ook nie skaam om

haar ware vere te wys nie! En moet ook nie vergeet van die meisies wat hul

boudspiere opgeoffer het om „n hele dag lank fiets te ry nie. Terwyl die alles aan die

gang was, was daar natuurlik ook „n lekker Pot & Pons was voorberei moes word.

Met die tema van Pirates het almal hul beste see pakkie uitgehaal en die aand

ingevaar.

HUISMOLES Ah die laaste semester is hier. Altyd die lekkerste tyd van die jaar vir „n paar skokke

om kop te wys. Eendag groet jy nog te lekker „n mede-inwoner en die volgende

dag...BAM, haar klere sit ewe skielik baie styf. Hierdie tendens is dalk nie so groot

by die seniors nie, want hulle weet al „n ding of twee van die lewe, maar daar is „n

rede hoekom die woord “doorsindroom” bestaan. Ja dore, los nou maar die pie en

gee „n besoek aan daardie plek was hulle „n gym noem. Julle is nou onthef en dis

die hoogtepunt van jou lewe, maar blykbaar maak laat aande in Bourbons nie net jou

geldsake stywer nie.

Op „n minder ernstige nood lyk dit of Heide se rokers heel gelukkig is met die

balkonne wat weer „n rookarea is. Maar met ons geskiedenis van vure weet ek nie

of hierdie idee deur dink is nie...Formal was weer „n wenner gewees, maar ek kon

nie help om te wonder of „n paar dames nie bietjie koud gekry het nie. Na die

kaartjies kon hulle seker nie meer lap bekostig nie.

Heel laas, sit nou maar die series op sy en word akademikuste vir die laaste keer die

jaar, want anders gaan jou punte, soos die Heidekat se „Pirate-dag‟ uitslae, maar „n

shipwreck wees (sien wat ek daar gedoen het)...

Page 15: Orakel 1 2013

BINGLE is in

the air By Judy Phakula

‘Bingle is net ‘n ses letter word’ that is the

theme that is getting everyone excited for the

Bingle sêr performances on Thursday night.

The lovely Heide and Caput pair will be

dressed as fishermen in bright yellow pants

that will surely make them stand out and put

their ‘Dot Net’ angle into perspective. Since

‘mHEI-Hart se-PUnT’ paired up Caput has

shown that Heide made the right choice, with

their “We want to win attitude” and

indisputable personalities, bingle has been a

pleasant experience for both. Showering the

Dames of Heide with food and drink was

Caput’s way of showing their enthusiasm and

things could only go from strength to strength

from there.

Hours were invested leading up to Thursday

night’s performance. With a minimum of 3

hours given in a single practise session,

everyone has sacrificed for the love of music

and performing arts. Whether it was giving up

their holiday or missing a few events, their

sacrifices have surely not come unnoticed.

The talent in the group is also something not

to be overlooked. Heide’s very own Carla

Schutte wrote the play that will be part of the

performance and Nelri Paulsen contributed

with her very own composition, just to

mention a few. There is no doubt that talent in

the group is in heaps.

With excitement building leading up to the

performance, the group is giving it everything

they’ve got. A bond has formed between the

pair and this is going to be one of many

successes for mHEI-Hart se-PUnT.

Page 16: Orakel 1 2013

HK 13/14 Ons het ‘ paar vrae aan die nuwe HK gevra en ‘n hele paar interessante antwoorde gekry.

1. Wat is jou gunsteling kos

2. Wat weet niemand in Heide van jou nie

3. Op watter gang in Heide sal jy nooit wil bly nie

ELANÉ BOTHA

Primaria, Seniors en Tug

1. Sushi en Mcdonalds

2. Ek het 7 jaar lank Ballet gedoen en het ñ fobie vir voëls.

3. Daar is nie ñ gang nie, ek sal op elke gang kan aanpas.

Dené van Wyk

Onder primaria, SJGD en instandhouding

1. Roomys

2. Ek was in my vorige lewe ‘n blaar, ek hou nie so

baie van wurms nie,

3. 1,3,4,5,6,7

Charné Eyssell

Jool & Finansies

1. Ribs met ñ lekker sousie en chips

2. Ek kan surf.

3. Nêrens anders as Wild West nie.

Page 17: Orakel 1 2013

Madeli Nel - Sosiaal, Klubhuis en Big Prims

1.Vleis en Kaas

2. Ek is verslaaf aan koffie

3. Dzata want dis te laag.

Nika Claassen - Aksa, Studentebelange en Kommunikasie

1. Enige slaai

2. Ek het in die VSA gebly.

3. Wild West en Phenomenal

Michaela Zietsman - Sport en sekretaresse

1. Mochachos Chicken burger en chips

2. Ek het vir die PUK atletiek gedoen en was op skool in die SA

karate span.

3. Cool Runnings

Corli Potgieter - Werwing, Klerasie & argief

1. Gebraaide skaaptjoppie en aartappels

2. Dat my 2 duime nie eenders lyk nie. (Ja, die een is

langer as die ander)

3. Ek sal nooit op Cool Runnings kan bly nie.

Anrica Staats - Eerstejaars & Akademie

1. My ma se kookkos

2. Ek is mal oor perde

3. Phenomenal

Page 18: Orakel 1 2013

Het jy die pre-eksamen blues ?

Hierdie is nie vir die nerds wat klaar opgesom en

geleer is nie, hierdie is vir al die normale dames

wat die 27ste Oktober gaan begin leer. Voel dit

heeltyd asof jou mond net móét besig bly en die

naaste oplossing is jou kamermaat se Oreo

koekies ? Voel jy soms as jy op jou bed lê in die

aande dat jy netsowel werk kan doen aangesien

jy te wakker is om te slaap ? Hou jou

antiperspirant net nie by nie ? Dan het jy die pre-

eksamen blues... Maar moenie bekommerd wees

nie, dis net 3 weke van swoeg en ploeg agter die

boeke en dan... =D

“Strength of mind

is EXERCISE not rest !”

“Striving for success

without hard work is like

trying to harvest where you

haven’t planted.”

“The only

place when

success

comes

before work

is in the

dictionary.”

“You may

never know

what results

come of your

action, but if

you do nothing

there will be

no result.”

“Success is the sum of small

efforts, repeated day in and day out.”

“Many of life’s failures are

people who did not realize

how close they were to

success when they gave up.”