16
Psalm 130 Die HERE se openbaring van ’n ware-dissipel-lewe. November 2017 Ps 43: 3, 4 – vooraf Ps 138: 1, 3 – lofpsalm Ps 86: 3 – na wet Ps 40: 1, 4, 5 – as antwoord op die Woord Ps 62: 1, 4, 5 – tydens Barmhartigheidsdiens Ps 65: 2, 3 – slotpsalm Lees: Psalm 130 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes vers 1 van Ps 130 sê hierdie is “‘n Bedevaartslied.” Ons kry hierdie Bedevaart-psalms van Ps 120-134. En hierdie jaar het ons al by twee stil gestaan. Ps 121 en Ps 125. En nou gaan ons vanoggend stilstaan by Ps 130. Verduidelik Maar voor ons in Ps 130 ingaan kom ons onthou net weer waaroor gaan hierdie Bedevaart-psalms. I 1 Ons kan hierdie ‘bedevaartslied’ ook vertaal met ’n lied vir-ie op-gaan’. En nou lyk-it my hierdie op-gaan was op-gaan na Jerusalem. So Ps. 130 was ‘n lid vir-ie op-gaan na Jerusalem. Of ’n lied vir die pelgrimstog na Jerusalem. Of ’n lied vir die reis na Jerusalem. II 2 En dan’s hierdie liedere gesing wanneer Israel in-ie OT na Jerusaelm gereis het vir-ie groot jaarlikse feeste die Pasga die Pinkster-fees en-ie loof-hutte-fees. Dis-ie feeste wat die HERE in-ie OT vir sy volk gegee het. Elke jaar moes hulle-it hou. En dan’s Ps. 130 deel van hierdie Psalms. Dis ’n lied bedoel vir-ie reis na Jerusalem. Toepassing 3 So wat sê Ps 130 vir ons nou in-ie NT? Wel ons vier nie meer Pasga en Pinkster en-ie loof-hutte-fees nie. Jesus het hierdie feeste vervul. 1 Holladay bl. 207; NIDOTTE vol 3 bl. 402 2 NIDOTTE vol 3 bl. 403; Reformation study Bible bl. 185; Kidner se Ps. komm. bl. 429; Reformation study Bible bl. 850; Allen se Ps. komm. bl. 194; Lane se Ps. komm. vol 2 bl. 141; Boice se Ps. komm. vol 3 bl. 1069 3 Vgl Psalm 121 by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php

Psalm 130 - GK Daspoort 130.pdf · 2017-11-13 · Psalm 130 Die HERE se openbaring van ’n ware-dissipel-lewe. November 2017 Ps 43: 3, 4 – vooraf Ps 138: 1, 3 – lofpsalm Ps 86:

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Psalm 130 - GK Daspoort 130.pdf · 2017-11-13 · Psalm 130 Die HERE se openbaring van ’n ware-dissipel-lewe. November 2017 Ps 43: 3, 4 – vooraf Ps 138: 1, 3 – lofpsalm Ps 86:

Psalm 130 Die HERE se openbaring van ’n ware-dissipel-lewe.

November 2017

Ps 43: 3, 4 – vooraf Ps 138: 1, 3 – lofpsalm Ps 86: 3 – na wet Ps 40: 1, 4, 5 – as antwoord op die Woord Ps 62: 1, 4, 5 – tydens Barmhartigheidsdiens Ps 65: 2, 3 – slotpsalm

Lees: Psalm 130 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes vers 1 van Ps 130 sê hierdie is “‘n Bedevaartslied.” Ons kry hierdie Bedevaart-psalms van Ps 120-134. En hierdie jaar het ons al by twee stil gestaan. Ps 121 en Ps 125. En nou gaan ons vanoggend stilstaan by Ps 130.

Verduidelik Maar voor ons in Ps 130 ingaan kom ons onthou net weer waaroor gaan hierdie Bedevaart-psalms. I1 Ons kan hierdie ‘bedevaartslied’ ook vertaal met

’n lied vir-ie op-gaan’. En nou lyk-it my hierdie op-gaan was op-gaan na Jerusalem. So Ps. 130 was ‘n lid vir-ie op-gaan na Jerusalem. Of ’n lied vir die pelgrimstog na Jerusalem. Of ’n lied vir die reis na Jerusalem. II2 En dan’s hierdie liedere gesing

wanneer Israel in-ie OT na Jerusaelm gereis het vir-ie groot jaarlikse feeste die Pasga die Pinkster-fees en-ie loof-hutte-fees. Dis-ie feeste wat die HERE in-ie OT vir sy volk gegee het. Elke jaar moes hulle-it hou.

En dan’s Ps. 130 deel van hierdie Psalms. Dis ’n lied bedoel vir-ie reis na Jerusalem.

Toepassing3 So wat sê Ps 130 vir ons nou in-ie NT? Wel ons vier nie meer Pasga en Pinkster en-ie loof-hutte-fees nie. Jesus het hierdie feeste vervul.

1 Holladay bl. 207; NIDOTTE vol 3 bl. 402 2 NIDOTTE vol 3 bl. 403; Reformation study Bible bl. 185; Kidner se Ps. komm. bl. 429; Reformation study Bible bl. 850;

Allen se Ps. komm. bl. 194; Lane se Ps. komm. vol 2 bl. 141; Boice se Ps. komm. vol 3 bl. 1069 3 Vgl Psalm 121 by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php

Page 2: Psalm 130 - GK Daspoort 130.pdf · 2017-11-13 · Psalm 130 Die HERE se openbaring van ’n ware-dissipel-lewe. November 2017 Ps 43: 3, 4 – vooraf Ps 138: 1, 3 – lofpsalm Ps 86:

1

Maar elke ware-gelowige-dissipel van Jesus is nou in-ie NT steeds op pad. Ons is op pad na-ie nuwe-Jerusalem. Ons is pelgrims. Op pad ook met Ps 130.

En dan vertel Ps 130 wat elke ware-dissipels op pad na-ie nuwe Jerusalem beleef. Ps 130 vertel ons hoe elke ware-dissipels op pad na die Nuwe-Jerusalem moet leef. Dis ook ons Tema vanoggend.

Met Ps 130 wys-ie HERE ons die lewe van sy ware dissipels

Toepassing4 I Dis ‘n lewe met werklike sonde-besef (vers 1-2) II Dis ‘n lewe waarin ons die HERE gelowig vertrouend ken vir Wie Hy is (vers 3-4) III Dis ‘n lewe met Hoop en wag op die HERE (vers 5-6) IV Dis ‘n lewe van getuie wees van-ie HERE se liefde en verlossing (vers 7-8)

1. So ware dissipels leef met werklike sonde-besef.

Dis-ie eerste ding wat die HERE ons met Ps 130 wys. A. En-is so belangrik. Sonder werklike sonde-besef sonder hartseer of berou oor jou sonde mis jy vergifnis mis jy verlossing.5

Bewys I Jesus praat daaroor in Mark 2:17 met die Fariseërs.

Verduidelik6 Die Fariseërs het gedink hulle is ‘oraait’. Die Fariseërs het gedink hulle kan die HERE tevrede stel met hulle oppervlakkige uitwendige manier van wetsnakoming. Hulle het nie agtergekom Hoe-ie HERE se wet ons bose harte ontbloot nie. Hulle was blind daarvoor. So daar was-ie by hulle sonde-besef nie. Hulle het gedink hulle is ‘oraait’.

En dan sê Jesus vir hulle in Mark 2:17 “Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.”

Verduidelik Sien julle die Fariseërs se krisis?

4 Vir hierdie struktuur-indeling van Ps. 130 vgl. ook K&D se Ps. 130 komm. bl. 301; Allen se Ps. 130 komm. bl. 252-252, 254; Lane

se Ps. komm. vol 2 bl. 170-172 5 Vgl Heidelbergse Kategismus Sondag 1 v/a 2; Mack, Christian life issues, bl 24-25 6 Vgl Reformation Heratige study Bible bl 1417

Page 3: Psalm 130 - GK Daspoort 130.pdf · 2017-11-13 · Psalm 130 Die HERE se openbaring van ’n ware-dissipel-lewe. November 2017 Ps 43: 3, 4 – vooraf Ps 138: 1, 3 – lofpsalm Ps 86:

2

Hulle dink hulle is gesond. Hulle dink hulle is regverdig. Hulle kom nie agter hulle is sonder geregtigheid en in hulle sonde verlore nie. En dan mis hulle Jesus en vergifnis by Hom. Want Jesus het gekom vir sondaars wat dit besef en na Jesus toe bekeer.

III Dit was ook-ie probleem van-ie Kerk in Laodisië. Ons lees-it in Openb 3:17.7 Jesus sê vir-aai Kerk: “jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie.” Maar hulle besef dit nie. Hulle dink hulle is ‘oraait’. Hulle leef sonder werklike sonde-besef.

B. En nou kom-ie HERE in Ps 130:1 en Hy wys ons: Nee! Dis-ie hoe ware-dissipels op pad na-ie nuwe Jerusalem is nie. Ware dissipels dink nie hulle is ‘oraait’ nie. Nee ware-dissipels het werklike sonde-besef. En in-aai sonde-besef roep hulle na-ie HERE. Kyk vers 1: “Uit die dieptes roep ek U aan, o HERE!”

Verduidelik8 En dan-saai dieptes die dieptes van jou sonde-skuld. Dis-ie dieptes van jou sonde-verlorenheid.

Bewys Want dis waaroor-it gaan in Ps 130. Kyk vers 3: “As U, HERE, die ongeregtighede in gedagtenis hou ... ” Kyk ook vers 8: “Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede.”

Verduidelik9 Dis waaroor-it gaan in hierdie Psalm. Dit gaan oor ons ongeregtighede en verlossing daaruit. En dan-saai ongeregtighede ons sondes. Dis ons verkeerd-doen. Dis ons skuldig-wees. Maar-is ook ons totaal-verdorwe lewe van sonde-doen waarin ons verslaaf vasgevang sit.

En nou’s vers 1 se dieptes daai dieptes van ons sondes waarin ons skuldig en vasgevang sit.

* * * * *

7 Vgl Mack, Christian life issues, bl 24-25 8 Vgl NIDOTTE vol 3 bl 1039, vol 4 bl 1104; Allen se Ps komm bl 256; Lane se Ps komm vol 2 bl 170; Boice se Ps komm vol 3 bl 1139 9 Vgl TWOT vol 2 bl 650-651

Page 4: Psalm 130 - GK Daspoort 130.pdf · 2017-11-13 · Psalm 130 Die HERE se openbaring van ’n ware-dissipel-lewe. November 2017 Ps 43: 3, 4 – vooraf Ps 138: 1, 3 – lofpsalm Ps 86:

3

En ierdie dieptes van ons sonde-skuld en ons sonde-lewe is regtig erg. As jy regtig jou sonde besef kom jy agter hoe erg-it is. En hierdie dissipel van Ps 130 het dit besef. Ons sien-it veral in-aai roep van vers 1: En as ons in vers 2 dan sien hoe hierdie dissipel roep: “Here, hoor na my stem; laat u ore luister na die stem van my smekinge.”

Verduidelik10 Sien julle daai herhaling in vers 2. “hoor na my stem ...” En dan weer: “luister na die stem van my smekinge.” Nou hierdie herhaling wys ons hierdie ou is ernstig. Hy’s angstig. Hierdie ou besef hy’s in-ie dieptes.

Hy besef ook hy kan niks doen om-aar uit te kom nie.

Verduidelik11 Hy besef hy sit met die krisis van Rom 3:20 “uit die werke van die wet (sal niemand) voor God geregverdig word nie ...” Hy besef hy sit met die krisis van Jes 64:6 “ons het almal geword soos ‘n onreine, en al ons geregtighede (al ons beste werke) soos ‘n besoedelde kleed ...” Hy besef hy sit met die krisis van Joh 8:34 waar Jesus sê: “voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, ‘n slaaf van die sonde is.” En hy besef ons kan self nie uit hierdie slawerny los kom nie.

Bewys Dis hoekom hy-it in Ps 130:2 uitroep met: “laat u ore luister na die stem van my smekinge.”

Verduidelik I12 Vanuit Jer 3:21 leer ons dat hierdie smekinge saamgaan met huil. Hierdie ou is in trane van sonde-besef as hy vanuit die diepte van sy sonde-besef sy smekinge na die HERE toe bring.

10 Vgl NH Ridderbos se Ps komm bl 35 11 Vgl Heidelbergse Kategismus Sondag 3 v/a 8, Sondag 24 v/a 62; Grudem, Systematic Theology – An Introduction to Biblical

Doctrine, bl 497-498 12 Vgl TWOT vol 1 bl 304

Page 5: Psalm 130 - GK Daspoort 130.pdf · 2017-11-13 · Psalm 130 Die HERE se openbaring van ’n ware-dissipel-lewe. November 2017 Ps 43: 3, 4 – vooraf Ps 138: 1, 3 – lofpsalm Ps 86:

4

II13 En dan-saai smekinge-met-trane ons vertaling vir-ie Hebreeuse woord tagnoen. En tagnoen is ‘n woord waarmee jy sê: ‘HERE, ek is regtig skuldig. En HERE, ek het niks om mee te betaal nie. Ek kan nie want ek is ‘n slaaf van sonde.’ ‘Met my verdorwe-natuur wil ek niks anders doen as sonde nie. Dis so veskriklik HERE. En dis alles my skuld. Ek verdien U straf. Maar asseblief ek smeek U wees my arme sondaar genadig.’

C. Nou dis ‘n ware-dissipel op-pad na verlossing en vergifnis. Dis ‘n ware dissipel op pad na-ie nuwe-Jerusalem. En dis waar-it alles begin. Die HERE loop altyd met ons op die pad van werklike sonde-besef na verlossing en vergifnis toe.

Verduidelik14 So nou-sie vraag: Is ek en jy op hierdie pad? Weet julle: Dis hoe ons dissipels word. Dis hoe werklike bekering werk. Die HERE bring jou by sonde-besef. Dis hoe jy daai eerste keer tot bekering kom. Maar dan hou dit nie op nie. Nee ‘n dissipel se lewe is ‘n lewe waarin Jesus deur sy Gees aanmekaar ons sondes uitwys ons afgode uitwys daai plekke in ons lewe waar ons Hom nog nie as Koning aanvaar het nie uitwys. En dan-saar by ons regtige sonde-besef. En uit die dieptes roep ons dan tot die HERE om genade en verlossing en vegifnis en nuwe-lewe.

* * * * * Maar net hier kom ons by ‘n probleem.

Verduidelik15 Want ek moet sê: So baie maal is-aar by my nie hierdie sonde-besef nie. En as ek met ons ouens by die katkisasie praat dan sien ek-ie selfde ding. En as ek op huisbesoek is kom ek-it ook agter.

13 Vgl TWOT vol 1 bl 302, 304; Berkhof, Systematic Theology bl. 71 14 Vgl Heidelbergse Kategismus Sondag 1 v/a 2, Sondag 33 v/a 88-89; Mack, Christian life issues, bl 24-25 15 Vgl Boice se Ps komm vol 3 bl 1139; Calvyn se Ps komm vol 5 bl 129-130

Page 6: Psalm 130 - GK Daspoort 130.pdf · 2017-11-13 · Psalm 130 Die HERE se openbaring van ’n ware-dissipel-lewe. November 2017 Ps 43: 3, 4 – vooraf Ps 138: 1, 3 – lofpsalm Ps 86:

5

En toe ek in my kommentare op Ps 130 gelees het het ek-it ook opgetel. Ons leef lewens sonder regtige sonde-besef. En dan dink ons ons is gelowige disipels. Ons dink ons is verlos. Ons dink ons is op pad na-ie nuwe-Jrusalem. Ons dink ons is oraait’. Maar ons maak ‘n fout. Ons is besig met valse rustigheid oor ons self.

* * * * * Toepassing16 So wat dink julle is goeters wat in-ie pad staan van regtige sonde-besef? I Wel ons moet weet dis hoe sonde is ne. Heb 3:13 sê-dat sonde ons verlei sodat ons harte hard word. Sonde verlei ons sodat sonde nie meer so erg is lyk-ie. Jy raak gewond daaraan. En dan’t jy nie meer regtige sonde-besef nie. II Of jy sal sê: ‘Ag kom nou. Moenie altyd so erg wees nie. Wat-sit nou om so nou en dan ‘n vloek-woord te sê.’ III Of ons sal ons self probeer gerusstel met goed soos: ‘God is mos ‘n God van liefde. Hy sal verstaan.’ IV Of ek sal ‘blame-shift’. Ek sal goed sê soos: ‘As my pa meer liefde-vol was sou ek-ie so verkeerd op getree het nie.’ Dis miskien waar. Maar-it maak nie jou sonde ewe sielik reg nie. Dit maak net dat jou pa en jy nou saam skuldig is. V Of ek sal my sonde verander in ‘n siekte. En ons praat nogal baie so. Ons sal iets sê soos: ‘Daai ou is siek in sy kop.’ Of in plaas daarvan dat ek erken dat ek besig is met die sonde van om ‘n dronkaard te wees sal ek sê: ‘Ek het ‘n alkohol-probleem.’ VI Nog iets wat maak dat ons nie by sonde-besef uit kom-ie is-at ons so besig word met ons elke dag se lewe van probeer-oorleef dat al waarvoor ek God en Jesus nodig het huis-huur en kruideniers en gesondheid is.

16 Ryle, Holiness, hfst 1 by http://gracegems.org/Ryle/holiness.htm; Adams, A Theology of Christian counceling, bl 141, 144; Grady,

Turning sin into sickness – How clinical psychological and psychiatry usurp the Word of God; Calvyn se Ps komm vol 5 bl 129; Mack, Christian life issues, bl 50-51.

Page 7: Psalm 130 - GK Daspoort 130.pdf · 2017-11-13 · Psalm 130 Die HERE se openbaring van ’n ware-dissipel-lewe. November 2017 Ps 43: 3, 4 – vooraf Ps 138: 1, 3 – lofpsalm Ps 86:

6

Ons hoor-it as ons bid. Ons bid vir ons siektes en ons huis-huur en so gaan-it aan. Maar bitter selde bid ons met sonde-besef dat die HERE ons tog genadig sal wees. VII Of nog iets wat ons doen wat maak dat ons-ie by sonde-besef uitkom nie is om te sê: ‘Hei maar ek is nie die enigste ou wat hierdie ding doen nie.’ So ons het in ons koppe hierdie sondige-gedagte dat as ek iets saam met baie ander verkeerd doen dit dan nie so erg is nie. VIII Of ons sal baie froom stry teen-ie sonde van vrou in-ie amp. Of teen-ie sonde van homoseksialisme en-ie sonde van om homoseksialisme aanvaarbaar te kry in-ie kerk. En dis regtig reg dat ons stry teen hierdie sondes. Maar pasop! Want nou fokus ons alleen op sondes van ander mense daar doer-ver buite myself. Maar ek kom nooit by my eie sondes uit nie. IX En die slag as ek wel begin skuldig voel dan kom-it nooit by regtige sonde-besef uit nie want ek gaan kliniek toe en kry vir my anti-depresante sodat ek nie meer so sleg voel nie.

En dan? Wel uiteindelik kom jy nooit by regtige sonde-besef uit nie. Jy kom nooit in die dieptes van Ps 130:1-2 nie. Daar waar jy met trane die HERE aanroep. En dan? Dan mis jy Jesus. En saam met Jesus mis jy verlossing en vergifnis. Want Jesus kom vir sondaars wat hulle sonde met trane besef.

* * * * * D. So ons het nodig geliefdes om ons sondes te besef. Ons het die HERE nodig om ons in daai sondebesef in te bring. En die HERE doen dit deur sy Gees met sy Woord.17 Een een so plek in-ie HERE se Woord is vers 3. So kom ons bid dat die HERE regtig ook nou met vers 3 ons by sonde-besef sal begin bring. Kyk na vers 3. Ps 130 se dissipel is daar aan-ie woord en dan sê hy:

17 Vgl ook Openb 3:17-19; Mack, Christian life issues, bl 24-25; Calvyn se Ps komm vol 5 bl 129.

Page 8: Psalm 130 - GK Daspoort 130.pdf · 2017-11-13 · Psalm 130 Die HERE se openbaring van ’n ware-dissipel-lewe. November 2017 Ps 43: 3, 4 – vooraf Ps 138: 1, 3 – lofpsalm Ps 86:

7

“As U, HERE, die ongeregtighede of sonde-dade, of sonde-skuld

in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan?”

Verduidelik18 Nou as-ie HERE ons sonde-dade of sonde-skuld in gedagtenis hou dan beteken-it die HERE hou rekord daarvan. Ons sonde-dade en sonde-skuld is soos in ‘n boek opgeskryf. Of ons kan ook sê met respek: Die HERE maak ‘n youtube-vidio van ons hele lewe en al ons sonde-dade. En dan gaan jy dood. En dan staan jy voor-ie HERE se regbank.19 En dan sê-ie HERE vir jou: ‘Jy’s skuldig. Jou vonnis is ‘n ewigheid in-ie hel.’ En dan sê jy: ‘Maar HERE hoe kan-it wees? Ek het dan nooit eers so vreeslik skuldig gevoel nie.’ En dan sê die HERE vir jou: ‘Wel kyk gou hier op my lap-top.’ En dan speel-ie HERE jou youtube-vidio vir jou speel. Die HERE wys jou alles wat jy gedink het. Al-aai aaklige goed al-aai sondige fantasieë. Die HERE wys jou alles waarna jy gekyk het. Die HERE wys jou alles wat jy gesê het. Elke ydele woord. Elke segustiewe grappie. Elke vloekwoord. Elke stukkie sarkasme. Elke afkrakende woord. Elke skinder-storie. Elke pelkkie waar jy net so bietjie nie die waarheid gepraat het nie. Die HERE wys jou ook alles wat jy gedoen het toe jy gedink het niemand kyk nie. Die HERE wys jou elke keer toe jy tussen mense moes opstaan en gesê het: ‘Nee hierdie is verkeerd’ en dit toe maar liewer nie gedoen het nie omdat jy nie gspot wou word nie.

Dis wat dit beteken as vers 3 sê dat die HERE ons sondes in gedagtenis hou.

* * * * * En dan? Wel vers 3 sê: “As U, HERE, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan?”

18 Die Hebreeus is תׁשמר. Vgl ook Holladay bl 377; TWOT vol 2 bl 940; Allen se Ps komm bl 256; K&D se Ps komm bl 303; Lange se Ps

komm bl 624. 19 Heb 9:27

Page 9: Psalm 130 - GK Daspoort 130.pdf · 2017-11-13 · Psalm 130 Die HERE se openbaring van ’n ware-dissipel-lewe. November 2017 Ps 43: 3, 4 – vooraf Ps 138: 1, 3 – lofpsalm Ps 86:

8

Verduidelik20 Wel niemand nie.21 Nie een van ons sal iets kan inbring waarmee ons ons self sou kon verdedig nie. Ons sal nie kan staan nie. Ons sal moet skuldig pleit. Maar dan gaan dit vir ewig te laat wees vir vergifnis. En dit sal verskriklik wees. Die hel “in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande.” 22 Daar “waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.”23

Toepassing Dis belangrik geliefdes. Werklike sonde-besef. Daarsonder mis ons Ps 130:1-2 se dieptes wat ons bring by roep tot die HERE met trane om genade.

Oorgang Maar nou-saar nog iets wat die HERE ons wys van ware-dissipels op pad na die nuwe-Jerusalem. Ons leef nie net met werklike sonde-besef nie. Ons smeek die HERE nie net om genade nie. 2. Nee ons weet ook Wie die HERE is.

En dan glo ons in Hom. Ons verrou op Hom. En-ie HERE wys-it in vers 3-4.

Opmerking So kom ons fokus nou hierop. Weer op vers 3 maar ook op vers 4. En-ie waarheid dat ware-dissipels ook weet wie die HERE is.

A. Nou ware dissipels weet dat “As U, HERE, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan?” Wel Niemand nie. Dis vers 3. Maar dan weet ware dissipels ook dat die HERE dit vir sy ware-dissipels

wat leef met sonde-besef en Hom om genade smeek

nie sal doen nie. Die HERE sal nie die rekord van ons sondes hou nie.24 Want kyk vers 4: “Maar by U is vergewing

20 Vgl Allen se Ps komm bl 256; K&D se Ps komm bl 303 .retoriese vraag met ‘n negatiewe antwoord (BHNG bl 265; Allen se Ps komm bl 256) = מי יעמד 2122 Mat 25:30 23 Mark 9:44 24 Met כי van 4a kom stel die HERE twee sake teenoor mekaar (BHNG bl 248; Allen se Ps komm bl 252; K&D se Ps komm bl 303).

Page 10: Psalm 130 - GK Daspoort 130.pdf · 2017-11-13 · Psalm 130 Die HERE se openbaring van ’n ware-dissipel-lewe. November 2017 Ps 43: 3, 4 – vooraf Ps 138: 1, 3 – lofpsalm Ps 86:

9

of U is ‘n God wat vergewe25 sodat U gevrees mag word.”

Verduidelik26 Of sodat ons eerbied en ontsag en liefde vir U kan hê en aan U gehoorsaam kan leef. Want dis wat HERE-vrees in die OT beteken.

Sien julle wat weet ware-dissipels oor-ie HERE. Ons weet die HERE is ‘n God wat sonde vergewe. Ons weet die HERE doen-it met die groot doel dat ons ‘n lewe kan begin lewe van eerbied vir-ie HERE

en ontsag vir-ie HERE en liefde vir-ie HERE en gehoorsaamheid vanuit daai liefde.

B. Maar wat beteken-it nou as-ie HERE ons sonde vergewe?

Verduidelik27 Wel-it beteken-ie HERE bevry ons van ons sondeskuld. Dit beteken-ie HERE bevry ons uit die die sonde-straf. Maar-it beteken ook die HERE bevry ons uit die mag van die sonde. Dit beteken-ie HERE verlos ons sodat ons nie meer slawe is van ons ou totaal-verdorwe natuur nie.

Bewys28 Kyk bietjie na vers 8. Daar staan-it: “(die HERE) self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede.” En nou-sie Hbreeuse woord wat ons vertaal met verlos die woord pada. En as-ie HERE sy gelowige dissipels pada dan beteken-it die HERE verlos ons met ‘n losprys. Hy gee ‘n losprys. Hy koop ons los uit die skuld uit die straf uit die slawe-mag van-ie sonde.

So hoe doen-ie HERE-it?

Christus-verkondiging29 Wel-ie HERE doen-it as Hy in sy Seun mens word Jesus word. En Jesus dan in Mark 10:45 sê: “(Ek) het ... nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en (My) lewe te gee as ‘n losprys vir baie.” En in Mat 26:28 sê Jesus: “my bloed (is) die bloed ... wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes.”

25 4a se עמך הסליחה het hierdie betekenis (vgl TWOT vol 2 bl 626; NIDOTTE vol 3 bl 260). 26 Vgl Deut 5:29; 6:2; 10:12-13, 20; Jos 24:14; Ps 31:30; 40:4; Waltke, An Old Testament Theology, bl 161, 483 27 Vgl TWOT vol 2 bl 626; NIDOTTE vol 3 bl 260 28 Vgl TWOT vol 2 bl 716-717 29 Vgl Lev 4; 5; 6; 19; Num 15 waar vergifnis verbind word aan versoening doen en losprys deur ‘n offerdier (vgl TWOT vol 1 bl 453).

Hierdie offerdiere wat moes dien as versoening en losprys wys heen na Jesus (Heb 10:1,4) (vgl ook Reymond, A new sysyetmatic theology of the Christian faith bl 653-654)

Page 11: Psalm 130 - GK Daspoort 130.pdf · 2017-11-13 · Psalm 130 Die HERE se openbaring van ’n ware-dissipel-lewe. November 2017 Ps 43: 3, 4 – vooraf Ps 138: 1, 3 – lofpsalm Ps 86:

10

Sien julle die wonder? Sien jy dit jy wat ‘n dissipel is en leef met regtige sonde-besef? Jesus betaal die prys aan God wat ek en jy nooit kon betaal het nie. Jesus dra in ons plek die straf wat ek en jy net nooit kon dra nie. En so verlos die HERE ons. So vergeef die HERE. En Hy doen-it met sy Seun wat sy lewe gee as losprys.

C. En so bereik-ie HERE ook sy doel. Daai doel van vers 4: “Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word.” Dat ware dissipels vir U kan leef met eerbied en liefde en gehoorsaamheid.

Verduidelik30 Want as Jesus sy lewe gee as losprys dan verlos Hy ons nie net uit die sonde-skuld en sonde-straf nie. Nee Jesus verlos ons ook uit die slawe-mag van sonde wat gemaak het dat ons klein gedink het oor God en in liefdelose ongehoorsaamheid Hom verag het. Ja met sy lewe verlos Jesus ons uit hierdie sonde-slawe-mag sodat ons weer die HERE kan vrees eerbied en liefde vir Hom kan hê.

Bewys Hoor hoe sê Paulus dit in Titus 2:14. Hy praat daar oor Jesus “wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle wetteloosheid en vir Homself ‘n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke.” Ywerig vir ware Godsvrees. En Petrus sê in 1Pet 2:24 dat Jesus “self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe ...” ‘n lewe van ware Godsvrees.

Toepassing En ware dissipels weet dit. Ware dissipels glo-it. Ware dissipels vertrou hierop. En daar in ons sonde-besef as ons smeek met trane dan sê ons vir-ie HERE Ps 130:3-4: “As U, HERE, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan? Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word.” En dan sê die HERE: ‘Ek weet. Daarom het Ek vir jou Jesus gegee vir vergifnis en ‘n nuwe lewe van Godsvrees.’

30 Vgl Reymond, A new sysyetmatic theology of the Christian faith bl 658; Boice se Ps komm vol 3 bl 1143.

Page 12: Psalm 130 - GK Daspoort 130.pdf · 2017-11-13 · Psalm 130 Die HERE se openbaring van ’n ware-dissipel-lewe. November 2017 Ps 43: 3, 4 – vooraf Ps 138: 1, 3 – lofpsalm Ps 86:

11

Bevinding So het jy al so gebid? Bid jy deur jou lewe so? Kom ons doen-it!

Oorgang Dis wat ons moet raaksien in Ps 130:3-4. Kom ons lees aan na vers 5-6. Daar wys-ie HERE ons ‘n derde ding oor sy ware-dissipels. En dis-at ons nie net lewe met regtige sonde-besef nie. Ook nie net met die regte gelowige kennis oor Wie die HERE is-ie. 3. Nee ons leef ook met hoop en wag op-ie HERE.

A. Kyk vers 5: “Ek wag op die HERE; my siel wag, en ek hoop op sy woord.” Of: Ek hoop daarop dat die HERE sy belofte-Woord vervul.31

Verduidelik32 Nou hierde wag op-ie HERE en hoop daarop dat die HERE sy belofte-woord vervul is ‘n wag-en-hoop met vaste vertroue. Dis verseker weet dat die HERE beslis sy belofte-woord sal werklikheid maak.

En dan is hierdie wag-en-hoop regtig wag-en-hoop met gespanne afwagting. Ons sien-it in vers 6: “My siel wag op die Here meer as wagters op die môre, wagters op die môre.”

Verduidelik33 En dan’s hierdie wagters die ouens wat moet wag staan in-ie nag. En-ie nag is gevaarlik. Daar’s vyande. En daarom wag hierdie oeuens met gespanne afwagting vir-ie dagbreek. En dan leef ware-dissipels met groter afwagting as hierdie ouens. “My siel wag op die Here meer as wagters op die môre ...” Dis vir ons regtig ernstig. Ons wag. Ons sien uit. Ons Hoop op die tyd wanneer-ie HERE sy belofte-woord werklikheid sal maak.

B. Maar nou-sie vraag: Wat-s hierdie belofte-woord?

31 Vgl NIDOTTE vol 2 bl 435; K&D se Ps komm bl 303; NAV 32 Vgl Holladay bl 315; NIDOTTE vol 2 bl 435-436, vol 3 bl 892; TWOT vol 2 bl 791 33 Jes 21:11-12; Vgl ook TWOT vol 1 bl 125; NIDOTTE vol 4 bl 183; Young se Jes komm vol 2 bl 76; Mackey se Js komm bl 452; K&D

se Ps komm bl 304; Allen se Ps komm bl 256-257

Page 13: Psalm 130 - GK Daspoort 130.pdf · 2017-11-13 · Psalm 130 Die HERE se openbaring van ’n ware-dissipel-lewe. November 2017 Ps 43: 3, 4 – vooraf Ps 138: 1, 3 – lofpsalm Ps 86:

12

Openbaringsgeskiedenis34 Wel daar in-ie OT wag-en-hoop-ie HERE se ware-dissipels op Jesus. Hulle weet hulle verlossing en vergifnis is in Hom.

Opmerking En dan-sit nie asof hulle daar in-ie OT sonder verlossing en vergifnis geleef het tot Jesus gekom het nie. Nee juis omdat hulle die belofte-woord gehad het dat Jesus sou kom het hulle reeds in-ie OT verlossing en vergifnis gehad.

Maar juis daarom was-aar ook by hulle die gespanne afwagting dat Jesus moes kom en-ie belofts moes werklikheid maak.

C. En ons? Wel ons leef in ‘n beter tyd hê? Jesus het gekom. Jesus het die belofte van verlossing en vergifnis kom werklikheid maak.

Maar tog leef ook ons steeds

nes ons OT dissipel broers en susters met wag-en-hoop op-ie HERE.

Verduidelik35 Vir wat? Wel vir daardie tyd wanneer ons volkome vry sal wees van sonde-doen en-ie HERE volmaak sal lief-hê volmaak sal dien in volmaake vreugde. Dis wat Jesus kom doen by sy wederkoms.

Bewys Hoor bietjie hoe het Sagaria Johannes die doper se pa daaroor geprofeteer in Luk 1:68-75 “Geloofd sy die Here, die God van Israel, omdat Hy sy volk besoek het en vir hulle verlossing teweeggebring het (in en deur Jesus) ... soos Hy gespreek het deur die mond van sy heilige profete van ouds af— redding van ons vyande en uit die hand van almal wat vir ons haat, om barmhartigheid te bewys aan ons vaders en aan sy heilige verbond te dink, aan die eed wat Hy gesweer het vir Abraham, ons vader, om aan ons te gee dat ons, verlos uit die hand van ons vyande, Hom sonder vrees kan dien, in heiligheid en geregtigheid voor Hom, al die dae van ons lewe.”

Topeassing Ja dis waarop ons hoop

34 Ps 32:1-2; Ps 51; 103:3,12; Rom 4; 2Tim 3:15; Vgl Waltke, An Old Testament Theology, bl 304; Berkhof, Systematic theology, bl

267; Reymond, A New systematic Theology of the Christian faith, bl 528-535; Boice se Ps komm vol 3 bl 1142 35 Vgl TDNT vol 4 bl 352; Bock se Luk komm bl 179-181

Page 14: Psalm 130 - GK Daspoort 130.pdf · 2017-11-13 · Psalm 130 Die HERE se openbaring van ’n ware-dissipel-lewe. November 2017 Ps 43: 3, 4 – vooraf Ps 138: 1, 3 – lofpsalm Ps 86:

13

en met gespanne afwagtig wag. Ware-dissipls wag op-ie dag dat ons verlossing finaal sal wees die dag wanneer ons-ie HERE in volmaakte heiligheid en geregtigheid sal kan dien.

* * * * * En in tussen? Wel vir ons lewe hier-en-nou beteken hierdie lewe van hoop-en-wag ontsettend baie. Dit laat ons beslis nie terugtrek in ‘n klooster nie. Nee! I36 Johannes sê in 1Joh 3:3 “elkeen wat hierdie hoop op (die komende Jesus) het, reinig homself soos Hy rein is.” Ja omdat ons hoop-en-wag leef ons ‘n lewe waarin ons onsself reinig. Dis ‘n lewe waarin ons al meer breek met sonde en Godvresend wil leef. II En as hierdie lewe van breek-met-sonde en vir-ie HERE leef swaar word moeilik word? Wel dan wag ons op-ie HERE. Ons Hoop op Hom. Ons fokus op Hom. Want Jes 40:31 sê: “die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.”

4. En dan?

Wel dan leef ware-dissipels ook ‘n lewe van getuie wees van-ie HERE se liefde en verlossing. Ons sien-it in vers 7-8. Kyk daar staan: “Wag op die HERE, o Israel! want by die HERE is die goedertierenheid

of ware self-opofferende liefde37 en by Hom is daar veel verlossing; en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede.”

Verduidelik38 Sien julle wat gebeur hier? Tot by vers 6 gaan-it oor elke ware-dissipel op sy eie.

Bewys I “Uit die dieptes roep ek U aan, o HERE!” Vers 1.

36 Vgl Reformation Heratige studdy Bible, bl 1841; Verklarende Bybel bl 352 37 Die Hebreese woord is חסד; vgl ook TWOT vol 1 bl 305-307; K&D se Ps komm bl 304; Allen se Ps komm bl 257 38 Vgl Allen se Ps komm bl 257; Calvyn se Ps komm vol 5 bl 135

Page 15: Psalm 130 - GK Daspoort 130.pdf · 2017-11-13 · Psalm 130 Die HERE se openbaring van ’n ware-dissipel-lewe. November 2017 Ps 43: 3, 4 – vooraf Ps 138: 1, 3 – lofpsalm Ps 86:

14

II“Here, hoor na my stem; laat u ore luister na die stem van my smekinge.” Vers 2. III “Ek wag op die HERE; my siel wag, en ek hoop op sy woord. My siel wag op die Here meer as wagters op die môre ...” Vers 5-6.

Maar nou in vers 7-8 praat Ps 130 se dissipel met Israel. Hy praat met sy mede-mens met sy naaste.

Hy getuig nou.

Verduidelik39 So die HERE het hom gebring in-ie diepte van sonde-besef. Die HERE het hom laat deel in sy verlossing en vergifnis. En nou getuig hy teenoor Israel: “Wag op die HERE, o Israel!” Want dis ook vir julle. Want kyk wie is die HERE. “by U is vergewing, dat U gevrees mag word.” Vers 4. En hier in vers 7 getuig ware-dissipel: “want by die HERE is die goedertierenheid ...” Of regtige selfopofferende liefde. En uit daai liefde vloei voort soos ‘n rivier uit ‘n fontein die werklikheid van-ie res van vers 7 en vers 8:40 “en by Hom is daar veel verlossing

of ‘n intsaglike losprys Jesus en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede.” Nog ‘n dissipel Johannes het in 1Joh 4:10 getuig: “Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as ‘n versoening vir ons sondes.”

Slot Sien julle wat wys-ie HERE ons in Ps 130 oor-ie lewe van elke ware-dissipel op pad na-ie nuwe-Jerusalem? I Ons leef met regtige sonde-besef en bekering. Daar sonder mis jy Jesus en verlossing en vergifnis. II Ons leef ‘n lewe waarin ons gelowig vertrouend weet: “by (die HERE) is vergewing, dat (Hy) gevrees mag word.” III Ons leef ‘n lewe van hoop-en-wag op-ie HERE wat ons verlossing volkome sal kom maak.

39 Vgl Boice se Ps komm vol 3 bl 1142-1143 40 Vgl TWOT vol 1 bl 305-307; K&D se Ps komm bl 304; Allen se Ps komm bl 257

Page 16: Psalm 130 - GK Daspoort 130.pdf · 2017-11-13 · Psalm 130 Die HERE se openbaring van ’n ware-dissipel-lewe. November 2017 Ps 43: 3, 4 – vooraf Ps 138: 1, 3 – lofpsalm Ps 86:

15

Sodat ons die HERE helemal sonder sonde en met volmaakte liefde en eerbied sal kan dien. Ons verlang daarna. IV En nou? Wel as ek en jy deel in hierdie verlossing en vergifnis en hoop dan hou ons-it mos-ie vir ons self nie. Nee ons deel-it. Ons getuig. Ons leef ‘n lewe van getuig oor-ie HERE se liefde en verlossing.

Toepassing Is-it so met my en jou? Kom ons bid daarvoor? Kom ons bid dat die HERE ons sal bring by regtige sonde-besef. Maar ook dat ons-ie HERE sal ontmoet en leer ken in sy oorvloed van liefde en verlossing en vergifnis. En kom ons getuig dan daaroor.

Amen