45
1 INHOUDSOPGAWE: Voorwoord 2 Tema 1: LOOP DIE PAD VAN LIEFDE Dag 1: God is liefde 3 Dag 2: Dit begin by jouself 4 Dag 3: Om mekaar lief te hê 5 Dag 4: „n Passie vir eenheid 6 Dag 5: Commitment aan mekaar 7 Dag 6: Die liefde offer op 8 Dag 7: Die liefde is vreesloos 9 Tema 2: VERGEWE OMDAT JY VERGEWE IS... Dag 8: Afhandeling van pyn 10 Dag 9: Insig na binne 11 Dag 10: Genade teenoor ander 12 Dag 11: Vergifnis bring vrede 13 Dag 12: Daaglikse deernis 14 Dag 13: Begrip vir mekaar se foute 15 Dag 14: Vergifnis maak vry 16 Tema 3: GENADE LIEFDE PRAAT Dag 15: Kommunikeer met respek 17 Dag 16: Begrip wat kommunikasie bevorder 18 Dag 17: Praat altyd die waarheid 19 Dag 18: Ontvanklike kommunikasie 20 Dag 19: Openheid in jou verhoudings 21 Dag 20: Raak effektief in jou kommunikasie 22 Dag 21: Jou tong, beheerbaar of nie? 23 Tema 4: ALMAL SOEK AANVAARDING Dag 22: Wees nederig teenoor mekaar 24 Dag 23: Het jy 'n opregte hart? 25 Dag 24: Onvoorwaardelike aanvaarding 26 Dag 25: Is jy betroubaar? 27 Dag 26: Kan ons mekaar verdra? 28 Dag 27: Om erkenning te gee in verhoudings 29 Dag 28: Begrip vir ander 30 Tema 5: GENADE LIEFDE MAAK VERTROUE MOONTLIK Dag 29: Leef in integriteit 31 Dag 30: Deursigtigheid vra vertroue 32 Dag 31: Getrouheid is 'n keuse 33 Dag 32: Lojaliteit ten spyte van. 34 Dag 33: Sekuriteit in my primêre verhouding 35 Dag 34: Eerlikheid begin by my 36 Dag 35: Respek word verdien 37 Tema 6: GENADE LIEFDE DIEN Dag 36: Help mekaar 38 Dag 37: Gee jouself 39 Dag 38: Met watter gesindheid dien jy? 40 Dag 39: Dien mekaar 41 Dag 40: Wees beskikbaar 42 Dag 41: Om met ywer te dien 43 Dag 42: Gehoorsaamheid 44

Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

  • Upload
    others

  • View
    15

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

1

INHOUDSOPGAWE:

Voorwoord 2

Tema 1: LOOP DIE PAD VAN LIEFDE Dag 1: God is liefde 3 Dag 2: Dit begin by jouself 4 Dag 3: Om mekaar lief te hê 5 Dag 4: „n Passie vir eenheid 6 Dag 5: Commitment aan mekaar 7 Dag 6: Die liefde offer op 8 Dag 7: Die liefde is vreesloos 9

Tema 2: VERGEWE OMDAT JY VERGEWE IS... Dag 8: Afhandeling van pyn 10 Dag 9: Insig na binne 11 Dag 10: Genade teenoor ander 12 Dag 11: Vergifnis bring vrede 13 Dag 12: Daaglikse deernis 14 Dag 13: Begrip vir mekaar se foute 15 Dag 14: Vergifnis maak vry 16

Tema 3: GENADE LIEFDE PRAAT Dag 15: Kommunikeer met respek 17 Dag 16: Begrip wat kommunikasie bevorder 18 Dag 17: Praat altyd die waarheid 19 Dag 18: Ontvanklike kommunikasie 20 Dag 19: Openheid in jou verhoudings 21 Dag 20: Raak effektief in jou kommunikasie 22 Dag 21: Jou tong, beheerbaar of nie? 23

Tema 4: ALMAL SOEK AANVAARDING Dag 22: Wees nederig teenoor mekaar 24 Dag 23: Het jy 'n opregte hart? 25 Dag 24: Onvoorwaardelike aanvaarding 26 Dag 25: Is jy betroubaar? 27 Dag 26: Kan ons mekaar verdra? 28 Dag 27: Om erkenning te gee in verhoudings 29 Dag 28: Begrip vir ander 30

Tema 5: GENADE LIEFDE MAAK VERTROUE MOONTLIK Dag 29: Leef in integriteit 31 Dag 30: Deursigtigheid vra vertroue 32 Dag 31: Getrouheid is 'n keuse 33 Dag 32: Lojaliteit ten spyte van. 34 Dag 33: Sekuriteit in my primêre verhouding 35 Dag 34: Eerlikheid begin by my 36 Dag 35: Respek word verdien 37

Tema 6: GENADE LIEFDE DIEN Dag 36: Help mekaar 38 Dag 37: Gee jouself 39 Dag 38: Met watter gesindheid dien jy? 40 Dag 39: Dien mekaar 41 Dag 40: Wees beskikbaar 42 Dag 41: Om met ywer te dien 43 Dag 42: Gehoorsaamheid 44

Page 2: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

2

VOORWOORD Liewe vriende, Ons verstaan nie liefde nie en sukkel om dit tot volle potensiaal uit te leef omdat ons nie God se genade verstaan nie. Liefde kan nie plaasvind sonder genade nie. Vandaar ons tema: Liefde geraak deur genade. Ons skep 'n woord: "genade liefde" – ek hoop dit word 'n werkwoord in elke huis, gesin, werksverhouding en met die mense om ons. Die dagstukkies gaan jou die grondbeginsel van genade liefde leer, leer om te vergewe, mense te aanvaar, goed te kan kommunikeer, vertroue te herstel en diensbaar te wees. Ons deelname in die kleingroep is 'n belangrike deel in die 40 Dae liefde deur genade geraak. Ware gemeenskap (Koinonia) word gesnap en geoefen, en nie geleer nie. In jou groep moet jy nie net leer om gemeenskap te bou nie – hopelik sal jy dit ook beleef. Genade liefde is ‟n leefstyl wat ons wil kweek. Dit is „n manier van dink, praat en doen. Mag jy genade liefde snap en leef tydens die 40 dae en mag dit deurwerk na al jou verhoudings! Mag die woord verkondiging, dvd‟s wat by die selle na gekyk gaan word, jou dagstukkies en elke uitdeelstuk, stene wees wat jou help om effektief in die lewe hier op aarde vir God in verhouding met mense te staan. Mag jy genade liefde beleef en ander se lewens daarmee raak. Danie Lodder

Page 3: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

3

Tema 1: LOOP DIE PAD VAN LIEFDE

Dag 1: God is liefde

Geliefdes, laat ons aanhou om mekaar lief te hê, want ware liefde is van God afkomstig. Elkeen wat só liefhet, is uit God gebore en ken God persoonlik.

-1 Johannes 4:7 [NLV] Almal van ons wil graag liefde ontvang – nog meer, ons wil graag in „n verhouding wees waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes 4:7 dat God liefde is. Hy het nie net lief nie, Hy gee nie net liefde nie, Hy is liefde. Hy omvat elke aspek van liefde, die diepte van liefde kom uit Sy hart, en die volheid daarvan vloei uit Sy teenwoordigheid. Jy beleef dit in Sy genade. Van daar genade liefde. God het Sy liefde aan ons bewys deurdat Hy na ons as mens in ons sondige toestand uitgereik het. Johannes 3:16 [NLV] sê: “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.” God se liefde ontmoet jou waar jy is. Dit is eensydig van Sy kant af. Hierdie genade ervaring van God se liefde skep die geleentheid dat jy Hom kan leer ken en dat jy sonder prestasie in „n verhouding met God kan staan en Sy liefde kan ervaar. Dit is genade liefde. God het Sy Seun na die aarde gestuur om een van ons te word en in ons plek aan die kruis te sterf. Jesus is so lief vir ons dat Hy Sy lewe vir ons afgelê het. Jesus Christus is dus die Een wat die liefde tussen God en ons vestig, sodat ons daardie volmaakte genade liefde kan beleef. Omdat ons verhouding op hierdie genade liefde bestaan en ervaar, veroorsaak dit dat ons opreg kan liefhê. Dit veroorsaak dat ons nie sommer opgee oor emosies wat ons soms verwar nie. Dit skep „n genade atmosfeer waar teleurstellings verwerk kan word. As ons God se genade liefde as voorwaardelik sien, sal ons voorwaardelik liefde betoon. Kies vandag om God se liefde te beleef deur jou hart daarvoor oop te maak. Vra God om jou begrip van Sy genade liefde te verander sodat jou begrippe verander kan word in jou uitkyk op liefde en so jou uitsig op die lewe verander kan word.

Om oor na te dink God het jou meer lief as wat jy ooit kan dink.

Vers om te onthou

“God is liefde” – 1 Johannes 4:8 [NLV]

Vraag om te oorweeg Gaan ek my lewe oopmaak vir die genade liefde van God sodat ek ander daardeur kan

raak?

Page 4: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

4

Tema 1: LOOP DIE PAD VAN LIEFDE

Dag 2: Dit begin by jouself

“Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” – Matteus 22:39 [NLV]

Jy kan nie iets uitgee voor jy dit nie self ontvang het nie. So is dit ook met die liefde. Dis amper onmoontlik om ander lief te hê as jy nie jouself lief het nie. Dus moet jy persoonlik eers genade liefde ontdek en daaruit begin leef en beweeg. Die probleem lê daarin dat ons liefde buite onsself soek. Ons soek in alle rigtings na liefde en kry dit byna nooit. God sê vandag vir jou dat jy moet ophou soek na iets wat lankal reeds deel is van jou. Jy het nodig om binne toe te kyk en die skat te ontdek wat binne jou lê. Jesus woon in jou deur Sy Heilige Gees en dit maak die hele genade liefde moontlik! Nie een van ons is al ooit so liefgehad deur mense soos wat God ons liefhet nie, maar baie van ons het nie eers „n verwysingsraamwerk van liefde nie. Sommige van ons se ouers het die verkeerde boodskappe oor liefde uitgestuur. Daar is mense wat nog nooit die sekuriteit van liefde beleef het nie. Dit maak liefde „n baie abstrakte begrip en moeilik om te verstaan. Daarom sukkel baie mense om te verstaan dat God hulle liefhet en kan hulle ook nie hulself liefhê nie. Jy het nodig om God te vra om vir jou genesing te bring oor al die verkeerde persepsies van liefde. Liefde sonder genade is nie liefde nie. Laat toe dat Hy waarheid vir jou bring – Hy is nie „n afwesige Vader nie, Hy wil betrokke wees in jou lewe. Sy liefde is nie gegrond op hoe goed of sleg jy vaar nie. Sy liefde is gegrond en gevestig in genade. Johannes 8:32 [NLV] sê:” “... en julle sal begryp wat die waarheid beteken, en die waarheid sal julle vrymaak”. Maak jou hart oop vir Sy waarheid en jy sal begin om Sy liefde te ervaar – daardie volmaakte, allesomvattende liefde – Hy wil dit so graag met jou deel. Sodra jy jou hart oopmaak vir God se liefde begin jou oë oopgaan vir die mooi in die lewe en begin jy jouself sien soos wat God jou geskape het. Psalm 139:14 [NLV] sê: “Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het. U werke is wonderbaar, ek weet dit alte goed!” As jy in verwondering kan staan oor hoe wonderbaarlik God jou gemaak het, is dit moontlik om jouself deur Sy oë te sien en is dit die begin van self-liefde. Om jouself lief te hê beteken nie jy dink jy is beter as ander nie, dit beteken net dat jy besef dat jy waardevol is, omdat God jou geskape het en omdat Hy jou liefhet. Dan eers kan jy begin om liefde aan ander mense te gee.

Om oor na te dink Self-liefde begin by God.

Vers om te onthou

“Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” – Matteus 22:39 [NLV]

Vraag om te oorweeg Kan ek met genade lief wees vir myself?

Page 5: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

5

Tema 1: LOOP DIE PAD VAN LIEFDE

Dag 3: Om mekaar lief te hê

“Die belangrikste van alles is dat julle mekaar onselfsugtig moet liefhê, al tap dit julle energie. Sulke liefde maak baie sondes toe.”

– 1 Petrus 4:8 [NLV] Sover het ons gesien dat liefde uit God kom en as jy hierdie genade liefde ontdek, is dit makliker om jouself en ander lief te hê. As jy hierdie genade liefde ontdek het, is liefde vir ander, iets wat natuurlik uit jou vloei. Om die pad van liefde te loop, is om die pad van genade te loop. Genade sê NOOIT dat ongeregtigheid aanvaarbaar is nie. Genade skep wel die atmosfeer en geleentheid waar mense heel kan word en van ongeregtigheid verlos kan word. Om ander lief te hê soos in die Ou Verbond met wette en voorwaardes maak dit byna vir ander onmoontlik om te verander. Die voorwaardes herhinder jou bloot aan wat jy nie kan doen nie, terwyl genade liefde vir jou wys jy kan deur die krag van die Heilige Gees. Wanneer jy sekuriteit beleef in God se liefde, is jy verseker is van jou verhouding op grond van Sy geregtigheid wat Hy op jou plaas, ervaar jy „n vryheid om te gee en te ontvang soos nooit te vore nie. Jou eie belange is nie meer op die voorgrond nie, maar die behoeftes van ander is vir jou belangriker... Jy weet dis nie jou prestasies wat Sy liefde vir jou veroorsaak nie. Genade liefde hou aan stap “al tap dit julle energie”. Hierdie liefde hou aan om mense lief te hê selfs al tree hulle nie geliefd teenoor jou op nie. “Sulke liefde maak baie sondes toe” Om sonde “toe te maak” is nie om dit goed te keur nie, dit is om ten spyte daarvan die pad te bly loop. Dis „n liefde wat aanhou gee sonder om iets terug te verwag. Dis „n liefde wat nie gebasseer is op wat mense aan jou doen, of wat die omstandighede is nie, of jou emosies nie, maar bloot oor wie hulle is, in God se oë.

Om oor na te dink Liefde vir ander skep „n atmosfeer waar God se genade kan werk.

Vers om te onthou

“Die belangrikste van alles is dat julle mekaar onselfsugtig moet liefhê” – 1 Petrus 4:8 [NLV]

Vraag om te oorweeg

Kan ek iemand innooi in „n genade atmosfeer en hulle daar liefhê?

Page 6: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

6

Tema 1: LOOP DIE PAD VAN LIEFDE

Dag 4: ‘n Passie vir eenheid

“Met totale beskeidenheid en sagmoedigheid, ja, met geduld moet julle mekaar in liefde verdra.”

– Effesiërs 4:2 [NLV] Mark Twain het humoristies gesê dat hy „n hond en kat in dieselfde hok gesit het om te kyk hoe hulle met mekaar oor die weg sou kom. Toe dit blyk dat hulle goed oor die weg kom, het hy „n voël, „n vark en „n bok bygevoeg. Steeds het hulle almal goed oor die weg gekom. Hy besluit toe om „n Baptis, Katoliek en Charismaat in die hok te sit – dit was nie lank voor almal baklei het nie. Op „n meer ernstige noot is daar niks wat satan meer geniet as om skeiding tussen God se mense te veroorsaak nie. Eenheid is vir God geweldig belangrik, Jesus het voor Sy kruisiging vir sy dissipels gebid in Johannes 17:21 [NLV]: “Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in ‟n hegte verhouding met My en Ek met U is; dat hulle ook in ‟n hegte verhouding met Ons mag leef sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.” Jou passie vir eenheid moet groter wees as jou wil om reg te wees. Dit vra verdraagsaamheid. Verdraagsaamheid beteken om met genade liefde enige situasie in verhoudings aan te pak en nie te fokus op die persoonlike ongerief wat jy mag ervaar nie. Jy moet dus „n passie hê vir eenheid en verstaan hoe belangrik dit vir God is, want eenheid is iets wat teen „n prys kom. Eenheid vra dat jy ander hoër moet ag as jouself. Eenheid vra dat jy mense moet aanvaar vir wie hulle is en hulle nie probeer verander nie. Dit vra uithouvermoë in moeilike omstandighede. Maar die prys is min as jy in ag neem die seën wat ons uit eenheid kan ervaar. Psalm 133:1-2 [NLV] sê: “1 Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saamwoon! 2 Dit is soos kosbare olie op die kop wat afloop op die baard, op die baard van Aäron, tot op die soom van sy kleed.” Wat ons hieruit kan sien is dat eenheid soos „n aangename geur is en dit werk amper soos olie wat die ratwerk van „n masjien glad laat verloop. Eenheid kan dus „n groot invloed op jou verhoudings hê. Eenheid begin deur „n keuse te maak met jou kop, om in vrede saam met mense te lewe, en dit vloei dan deur jou hele lewe. Hierdie eenheid begin egter by jou verhouding met God wat ontstaan uit God se genade, en nou is dit moontlik omdat ek verstaan dat selfs my eenheid met God nie versteur word deur foute, tekortkominge en teleurstellings nie.

Om oor na te dink Eenheid sonder genade liefde is nie moontlik nie.

Vers om te onthou

“...met geduld moet julle mekaar in liefde verdra” – Effesiërs 4:2-3 [NLV]

Vraag om te oorweeg Hoe kan jy eenheid bevorder in jou verhoudings tuis, familie, vriende en werk?

Page 7: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

7

Tema 1: LOOP DIE PAD VAN LIEFDE

Dag 5: Commitment aan mekaar

“Die liefde sal nooit vergaan nie.” – 1 Korintiërs 13:8 [NLV]

John Maxwell sê: “People don‟t care how much you know until they know how much you care.” Mense moet weet jy gee om, voordat hulle werklik bereid is om na jou opinie te luister of „n myl saam met jou te stap. Hierdie omgee vloei uit „n liefde wat sê ek is toegewyd aan jou, maak nie saak wat die omstandighede is nie. Toewyding sê dat my liefde vir jou onvoorwaardelik is. Kinders moet weet dat hulle ouers hulle liefhet. Dissipline sonder „n basis van liefde bring skade in enige kind se lewe. As dissipline straf word, word die hart van genade liefde aangetas en die doel van dissipline verloor. Daar word vertel van „n pastoor wat „n voorstander was in die area van seksuele reinheid. Hy was „n gereelde spreker by die skole in sy omgewing, wat jong mense aangemoedig het om seksueel rein te bly totdat hulle getroud is. Groot was die skok toe die pastoor uitvind dat sy sestienjarige dogter swanger was. Hy het besef dat die situasie sy bediening geweldig skade kan bring. Maar ten spyte van die gevolge het hierdie pa se liefde en toegewydheid aan sy dogter gemaak dat hy haar vasgedruk het teen sy bors en haar verseker het van sy liefde en dat hulle saam deur hierdie situasie sou kom. Dis belangrik om te weet dat dit onafwendbaar is dat die mense wat jy liefhet op een of ander stadium jou gaan teleurstel. Genade gee my die begrip dat ek ook teleurstel. Genade liefde is nie gegrond op dit wat mense aan ons doen nie. Genade liefde sê ek vergewe jou en ek is lief vir jou oor wie God jou gemaak het. Toegewydheid sê ek gaan nie uit die bootjie klim as die storm te erg raak nie, maar ek gaan saam met jou deur die storm. Baie mense het voorwaardelik lief. “As jy in my behoeftes voldoen, sal ek jou liefhê”, of “as jy goed doen op skool is jy aanvaarbaar”, of “as jy nie goed doen nie, is jy nie goed genoeg nie”. Die waarheid is dat dit nie saak maak hoe goed of sleg jy doen nie, dit verander niks aan jou waarde as mens nie. Ons is waardevol geskape deur God en dit maak dat Hy ons liefhet. Maak nie saak wat ons doen nie, dit sal nooit God se liefde vir ons verander nie – Hy is totaal toegewyd aan ons. God se liefde vir ons vergaan nooit nie. Toewyding is belangrik in alle verhoudings en bring sekuriteit aan mense – dit sê ek het jou lief en sal by jou staan, ek aanvaar jou net soos jy is.

Om oor na te dink Toewyding maak dat ons saam deur die storm gaan.

Vers om te onthou

“Die liefde vergaan nooit” – 1 Korintiërs 13:8 [NLV]

Vraag om te oorweeg Het jy onvoorwaardelik lief?

Page 8: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

8

Tema 1: LOOP DIE PAD VAN LIEFDE

Dag 6: Die liefde offer op

“As jy selfsugtig aan jou eie lewe vasklou, sal jy dit verloor. Maar as jy dit ter wille van My opoffer, sal jy werklik voluit lewe”

– Matteus 10:39 [NLV] „n Mens kan gee sonder om lief te hê, maar dis amper onmoontlik om lief te hê sonder om te gee. Somtyds gaan hierdie gee iets vra wat baie kosbaar is vir jou. Dit is wanneer die liefde opoffering vra. Daar is drie areas in ons lewens wat universeel vir ons almal baie kosbaar is – en die liefde gaan amper altyd in al drie die areas opoffering vra. Die drie areas is ons tyd, ons energie en ons geld. Jy kan nie liefde gee sonder dat minstens een van die areas geraak word nie. Dis moeilik om enige van die aspekte net op te offer, want al drie is baie kosbaar – almal van ons het net „n beperkte hoeveelheid tyd, energie en geld. Colette Bocchino sê: “When I get up each morning, I remind myself that today I may be called upon to give more love, more care and more patience than I get back. In times of sickness and hardship I'm required to do this for weeks or months on end. But then it's my turn and God gives it back, either through my family or someone else. Either way it always comes back in an amount equal to my need.” Om ander lief te hê beteken nie veel as jy net dié liefhet wat jou liefhet nie, of as jy net op jou eie terme liefhet nie. Opofferende liefde het selfs die mense wat van jou verskil lief. Mense van verskillende agtergronde, mense wat nie altyd saam met jou stem nie. Genade liefde is om mense te aanvaar net soos hulle is, liefde te gee sonder om iets terug te verwag en te weet dat God sê Hy sal vir jou honderd maal meer terug gee. Jesus weet alles van jou en Hy het jou nog steeds lief. Jesus het geweet Judas gaan Hom verraai maar Hy het gekies om hom nog steeds lief te hê en hom dieselfde te behandel as die res van die dissipels. Jesus vra dat ons ook só sal lief hê – om opofferend lief te hê, sê ek weet die ergste van jou, maar ek verwag nogsteeds die beste. Liefde is „n keuse – nie „n gevoel nie – dis God se genade wat ons die vermoë gee om lief te hê, en dis ons verantwoordelikheid om dit uit te leef na alle mense om ons.

Om oor na te dink Liefde gaan jou tyd, energie en geld kos.

Vers om te onthou

“As jy selfsugtig aan jou eie lewe vasklou, sal jy dit verloor “ – Matteus 10:39 [NLV]

Vraag om te oorweeg Wat is jy bereid om op te offer vir liefde?

Page 9: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

9

Tema 1: LOOP DIE PAD VAN LIEFDE

Dag 7: Die liefde is vreesloos

“Ware liefde het nie plek vir vrees nie; volwasse liefde dryf die vrees uit omdat vrees nog met straf behep is, en wie aanhou vrees, het nog nie dié volwasse liefde bemeester nie.”

– 1 Johannes 4:18 [NLV] Waar liefde is, is daar nie plek vir vrees nie – wat beteken dit? Omdat God ons vrygespreek het, het dit ons verhouding met Hom vir eens en vir altyd verander. Ons kan nou voor Hom staan en weet dat Hy vir ons onvoorwaardelik lief is. Ons verwag nie meer straf oor die foute wat ons begaan het nie en in daardie verhouding van vreesloosheid word ons aan genade en liefde blootgestel wat die ruimte skep vir ons om te verander. Verhoudings wat op straf gebasseer is wanneer daar buite lyne opgetree word maak nie ruimte vir God se genade nie. Huweliksmaats straf mekaar soms seksueel deur seks te weerhou, ouers straf kinders met stilstuipe, werkgewers straf werknemers met koue skouers en ander vorme van manupilasie. Niemand baat daarby! Jy wys dat jy nie genade liefde verstaan nie en die ander party word deur jou aksie aan hulle “sonde” herhinder wat geen ruimte laat vir herstel nie. Daar is krag in vreeslose saamwees. Prediker 4:9-10 [NLV] sê: “ Twee is beter as een. Saam bereik hulle meer. 10 As een mens val, kan sy vriend hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie.” Hierdie wys ook vir ons die ander kant van liefde wat nie vrees het nie. As jy alleen in „n situasie is, is dit baie keer „n verskriklike belewenis, maar as jy iemand het wat in genade liefde saam met jou deur die situasie gaan, word vrees oorwin. As „n mens alleen aan die hoof van „n besigheid staan kan dit baie eensaam en senutergend wees, maar as jy die regte mense het wat saam met jou die druk kan deel is die druk minder. Kinders wat weet dat hulle ouers hulle onvoorwaardelik liefhet, is vreesloos oor die toekoms. Hulle weet dat as hulle struikel, dat hulle „n toevlug het. Onvoorwaardelike liefde maak „n kind sterk. So moet jy ook weet dat jy die toekoms saam met God kan ingaan sonder vrees. God loop saam met jou die pad, Hy is lief vir jou en wil hê en jy moet weet jy kan tot Hom nader sonder enige vrees.

Om oor na te dink Genade liefde verdryf vrees.

Vers om te onthou

“Ware liefde het nie plek vir vrees nie.” – 1 Johannes 4:18 [NLV]

Vraag om te oorweeg Kan mense jou nader sonder vrees?

Page 10: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

10

Tema 2: VERGEWE OMDAT JY VERGEWE IS...

Dag 8: Afhandeling van pyn

“Verdra mekaar en as enigeen ‟n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar. Vergewe mekaar soos die Here julle vergewe het.”

– Kol 3:13 [NLV] Die pyn van onafgehandelde goed in jou hart se koste kan nie bereken word nie. Dit het „n invloed op jou liggaam, jou gees en beslis op ander verhoudings aangesien hierdie pyn „n padkaart word waarvolgens jy verhouding se koers bepaal. “Moenie dat daar onder julle ‟n giftige loot opskiet wat moeilikheid veroorsaak en baie aansteek nie.” Heb 12:15 [NLV] Wanneer ons iemand anders moet vergewe is daar gewoonlik pyn. Dit kan „n giftige loot wees wat moeilikheid veroorsaak en baie ander aansteek. Vir solank as wat ons nie vergewe nie, is die pyn soos „n giftige loot, deel van ons lewens. Pyn veroorsaak dat baie van ons met maskers rondloop. Die masker versteek die pyn sodat ander dit nie sien nie, maar dit versag ook die pyn vir onsself. Die gevaar daarvan is dat ons so afhanklik raak van die masker, dat ons later nie meer die pyn voel nie, maar nogsteeds met al die gevolge daarvan rondloop. En die gevolge van onvergewensgesind-heid raak ons direk, en ook die mense met wie ons daagliks in aanraking kom. Waar begin ons? Voordat jy begin, moet jy besef dat dit „n proses is, en dat dit nie „n kitsoplossing is nie. Eerstens moet jy jou pyn identifiseer. Soms is dit maklik, maar soms dra ons al so lank „n masker, dat die pyn versteek lê. Tweedens moet jy die betrokke persoon vryspreek en Jesus vertrou vir die genesing vir jou pyn. Soms moet dit verder gaan as net die handeling in jou binnekamer, en moet jy miskien „n oproep maak of die persoon gaan sien, en hom/haar vergewe.

Om oor na te dink Pyn is soms onderliggend, maar kom dikwels na vore in krisistye.

Vers om te onthou

“..... vergewe mekaar. Vergewe mekaar soos die Here julle vergewe het.” – Kol 3:13 [NLV]

Vraag om te oorweeg Hoe beïnvloed ek my verhoudings deur nie my pyn voor God en met mense te hanteer

nie?

Page 11: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

11

Tema 2: VERGEWE OMDAT JY VERGEWE IS...

Dag 9: Insig na binne

“9 Ek bid dat julle liefde vir mekaar meer en meer sal word deurdat julle ‟n al beter begrip en ‟n fyn aanvoeling ontwikkel. 10 Dit sal julle in staat stel om dié dinge te onderskei wat regtig saak maak. Dit sal julle ook help om skoon en onberispelik te lewe tot op die dag wanneer Christus terugkom. 11 Dan sal julle hele lewe vol wees van die goeie gevolge van julle verhouding met God – goeie gevolge wat Jesus Christus bewerk het. God sal daarvoor geëer en geprys word!”

– Filippense 1:9-11[NLV]

Die oorspronklike woord vir “begrip en ‟n fyn aanvoeling” is INSIG. Die verklarende woordeboek beskryf insig so: “„n Blik met die geestesoog na binne; begrip deur die verstand gevorm van die wese van iets.” Met ander woorde – „n ondersoek van jou hart en lewe. Die rede vir hierdie ondersoek lê in die skrif hierbo: sodat ons onberispelik en sonder blaam kan wees, in die regte verhouding met God. Die [NIV] vertaal dit so: “…in knowledge and depth of insight, so that you may be pure and blameless until the day of Christ.” Hoe dikwels ondersoek ons onsself, sonder om onsself te probeer verdedig of regverdig? Is ons op „n gereëlde basis eerlik met onsself? Regtig eerlik? Die skrif in die New International Version bevestig dat ons nie net „n oppervlakige ondersoek moet doen nie, maar in diepte. Om met ons geestesoë en met behulp van die Heilige Gees, diep in ons harte te kyk. "A man who owns his limitations and weeps over his sins is much more effective than one who thinks he has neither" -R.Rohr Om in genade liefde met ander te kan journey moet jy eerbaar eerlik met jouself kan wees. Jy kan nie vanuit selfregverdiging na ander kyk nie. Jy moet deeglik bewus wees van jou eie tekortkominge. Jy moet weet dat jy eintlik altyd op gelyke basis staan met die wat werklik GENADE liefde van jou verg. As ons dink ons het geen foute nie, mislei ons onsself. Hierdie skrif moet my opnuut aangemoedig om met die hulp van die Heilige Gees, „n “in-depth analysis” van my hart en lewe te doen, en seker te maak daar is nie „n dinge iewers wat my verhoudings kan beïnvloed nie. Het ek dalk „n gesindheid wat God nie verheerlik in my verhoudings? Dalk plaas ek mense onder my in plaas van bo my? Ons verhouding met God is in die regte posisie vanwee wat Christus gedoen het, daarom kan ek genade liefde betoon en God sal deur die wyse wat ek ander liefhet geëer word.

Om oor na te dink Hoe lyk my selfbegrip – weet ek dat ek nie beter as ander mense is nie?

Vers om te onthou

“Ek bid dat julle liefde vir mekaar meer en meer sal word deurdat julle ‟n al beter begrip en ‟n fyn aanvoeling ontwikkel” – Filippense 1:9 [NLV]

Vraag om te oorweeg

Pas ek liefde toe soos God met my liefde toepas, suiwer op grond van wat Christus gedoen het?

Page 12: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

12

Tema 2: VERGEWE OMDAT JY VERGEWE IS...

Dag 10: Genade teenoor ander

“Uit Sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang.” - Johannes 1:16 [NLV]

Genade is dalk een van die dinge wat ons nie altyd ten volle verstaan nie. Ons sukkel soms om te verstaan hoe groot God se genade oor ons regtig is. Ons is reeds vergewe toe Jesus aan die kruis gesterf het. As ons dit snap bring dit „n heel ander blik op vergifnis. Dit is „n afgehandelde saak en ons moet dit in geloof aanvaar. Soms loop ons met skuld vir jare, dit nadat ons Sy kind geword het en Sy genade liefde beleef het. Miskien verstaan ons dit nie, omdat ons eie genade met die mense om ons, baie vinnig opraak. Is dit nie vreemd dat ons soms minder genade het met die mense naaste aan ons, as ander mense nie. Hoekom is dit soveel makliker om ongeduldig te raak met iemand vir wie jy eintlik baie lief is? Hoekom sukkel ons om genade te toon aan iemand wat eintlik jou belange op die hart dra? En hoekom vergewe ons hulle moeiliker? Hoeveel keer het jy al vir jouself gesê: “Maar hulle ken my – hulle behoort te weet om dit nie te doen nie!” of “Hoe kon hulle dit doen, na al hierdie jare” of “Hoe kan hulle lief wees vir my, en nogsteeds so optree” of “Hierdie keer gaan ek hulle nie so vinnig vergewe nie”… Tog vergewe God ons uit die oorvloed van Sy genade. Ek kan net dink wat van my sou geword het as God die vrae in die boonste paragraaf vir my en oor my sou vra. Ek sidder om te dink wat sou gebeur as God se genade oor my opgeraak het. Romeine 5:20 [NLV] sê: “Maar hoe meer die sonde geword het, hoe oorvloediger het God se genade geword.” Ons doen gereeld die teenoorgestelde aan die mensdom om ons. Hoe meer iemand teenoor ons fouteer, hoe minder word ons genade of geduld teenoor hulle. As God vir ons kon sê: “My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking” – 2 Korintiërs 12:9 [NLV], is dit nie noodsaaklik dat ons dieselfde, vir die mense met wie ons in verhouding staan, te kan sê nie? My genade is vir jou genoeg! Ek sal vergewe en sal die pad enduit met jou loop... As jy swak is en verkeerd optree gaan ek ruimte skep dat jy heel kan word en jou lewe met genade liefde raak.

Om oor na te dink Genade Liefde is „n besluit wat ons daagliks moet neem.

Vers om te onthou

“Uit Sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang.” – Johannes 1:16 [NLV]

Vraag om te oorweeg

In watter verhoudings moet my genade liefde wat ek ontvang het oorloop?

Page 13: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

13

Tema 2: VERGEWE OMDAT JY VERGEWE IS...

Dag 11: Vergifnis bring vrede

“Elke keer wanneer julle ‟n huis binnegaan, spreek die vredesgroet daaroor uit.”

– Lukas 10:5 [NLV] Vrede het meer as een betekenis: Eerstens is Vrede „n toestand van rus en kalmte. Vrede is dus „n toestand of „n staat is waarin iemand verkeer. Wanneer „n persoon op sy eie is, sonder iemand wat hom pla. Maar dan is dit ook „n toestand waarin twee of meer persone met mekaar kan verkeer. En wanneer „n mens dan vir iemand vrede toewens, soos in Lukas 10:5 [NLV], beteken dit jy wens hulle „n toestand toe van rus, geen rusie, geen geskille of verskille. Tog kan dit twee vyande wees wat „n keuse maak om in vrede saam te leef… Tweedens Vrede is eensgesindheid of eendrag. Hier het vrede „n dieper betekenis. Hier is dit nie net twee persone wat kies om in vrede saam te leef nie. Hier is dit „n toestand van eenheid. Twee persone wat kies om in harmonie saam te werk, twee persone met een fokus. En dan wanneer jy vrede vir „n huis toewens, is jy nie net besig om „n tydperk sonder rusie toe te wens nie, maar die samewerking van verskillende persone om een doel te bereik. Dan verstaan mens ook hoekom die Bybel sê een verslaan 1000 en twee verslaan 10000. Want vir twee mense om 10000 saam te kan verlaan, is meer nodig as om net in vrede saam te leef. Hulle moet „n eenheid vorm, „n sinergisme waar die invloed van twee persone meer is as die som van die twee persone se invloed afsonderlik. As ons suksesvolle verhoudings wil beleef is dit tyd dat die genade liefde eenheid werk. Daar is eenheid tussen my en God. Niks kan ons skei! “Kan enigiets ons ooit van Christus se liefde skei? Sal dinge soos lyding of benoudheid of vervolging, honger of koue, of gevaar of doodsdreiging dit regkry?” Rom 8:35 [NLV] Nou verstaan ons ook hoekom vrede in jou hart die skeidsregter is by besluitneming. Dis nie net die vrede nie, maar die eenheid tussen jou en God wat jou help om „n besluit volgens Sy wil te neem…

Om oor na te dink Ons moet nie net die vrede bewaar nie – ons moet eenheid bewerk.

Vers om te onthou

“Ek laat vir julle vrede na; my vrede deel Ek met julle. Ek gee nie soos die wêreld gee nie.” – Johannes 14:27 [NLV]

Vraag om te oorweeg

Is daar net vrede in jou gesin, by jou werk en by jou vriendekring, of eenheid?

Page 14: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

14

Tema 2: VERGEWE OMDAT JY VERGEWE IS...

Dag 12: Daaglikse deernis

“Toe het ‟n veragte Samaritaan verbygekom, en toe hy die man sien, het hy hom innig jammer gekry.”

– Lukas 10:33 [NLV]

Hierdie is „n gelykenis, dit is „n storie om te wys wat in die alledaagse lewe gebeur of hoe dit behoort te gebeur. Het jy al gewonder wat gemaak het dat die Samaritaan die man langs die pad gehelp het? Miskien was dit in die Samaritaan se aard om mense te help. Miskien was hy lief daarvoor om mense te versorg. Miskien het hy mediese agtergrond gehad en kon dadelik in daardie situasie reageer. En hoekom het die priester en die Leviet nie die man gehelp nie? Miskien was die priester en die Leviet net te selfgesentreerd. Te “eie-ekkig” – my eie woord . Selfgesentreerdheid maak dat ons nie deernis met „n ander kan hê nie. Dit maak dat ons op onsself fokus en nie op ander nie. „n Engelse vertaling praat van die Samaritaan se aksie as: “and he came down” – dalk moet ons in genade bietjie van ons “ekkigheid” verloor en af kom na mense om ons. Ons Christenskap gaan juis daaroor dat ons ons lewens moet aflê. In ons verhouding met Jesus Christus gee ons ons drome en ideale vir hom, ons hele lewe. Wat is ons motief as ons dan kyk na ons verhoudings met mense? Is ons in die verhouding vir onsself of vir die ander party? Is ons suinig met ons tyd, liefde en selfs ons vergifnis? Of is ons besig om te dien, te ondersteun, te bemoedig en te versorg? As ons mense in genade liefde om ons kan ontmoet waar hulle is in hulle gebrokenheid gaan daar meer heel mense op aarde wees. Dit is „n daaglikse uitdaging en „n daaglikse keuse.

Om oor na te dink Ons moet deernis hê met mense met wie ons in verhouding staan, maar ook met mense

met wie ons nie in verhouding staan nie.

Vers om te onthou “Gelukkig is dié wat met deernis uitreik na mense in nood, want God sal aan húlle deernis

bewys.” – Matteus 5:7 [NLV]

Vraag om te oorweeg Hoe kan ek deernis aan die mense in die lewe toon?

Page 15: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

15

Tema 2: VERGEWE OMDAT JY VERGEWE IS...

Dag 13: Begrip vir mekaar se foute

“3 Gee ag op julleself. As jou broer aanhou sonde doen, wys hom tereg, en as hy tot inkeer kom, vergewe hom. 4 Ook as hy sewe keer op ‟n dag teenoor jou oortree, maar ook

sewe keer na jou toe kom en sê: „Ek is jammer,‟ moet jy hom vergewe.” – Lukas 17:3-4 [NLV]

Hierdie is een van die tekse wat ons kies om nie te dikwels te lees nie. Wie hou daarvan as iemand sewe keer op „n dag verkeerd teenoor jou optree? Dis nie maklik nie. En om hom sewe keer op een dag vir dieselfde ding te vergewe, verg baie genade. Tog staan ons almal in verhoudings met mense wat dinge nie altyd die eerste keer reg doen nie. Mense maak foute, en mense het tekortkominge. Mense het verskillende belange en prioriteite. Almal het goeie en slegte eienskappe. En soms vind ons iets baie maklik en eenvouding, en verwag dan dat dit dieselfde vir „n ander moet wees. Hierdie vers in Lukas 17 stel dit duidelik dat ons begrip moet hê vir „n ander se foute, tekortkominge en swakhede. In hierdie lewe gaan ons nooit perfek wees nie, en ons moet ander mense in ag neem. Nie net in ag neem nie, maar vergewe. Elke keer! Om die anderkant van die situasie te stel, is dit soms baie moeilik om jammer te sê. Vir sommiges is dit moeiliker as vir ander. Ons kon onsself al baie leed gespaar het as ons vroeër in die rusies en argumente kon sê: “Ek is jammer!” Maar ons is baie suinig met daardie drie woorde. Niemand hou daarvan om verkeerd te wees nie, maar die skrifgedeelte hierbo sê duidelik “as hy berou kry, vergewe hom”. Fout erkenning is noodsaaklik vir berou. Jy moet eers jou fout kan erken voordat jy berou kan hê daaroor.

Om oor na te dink As God van ons verwag om mense te vergewe, beteken dit dat dit in alle situasies

moontlik is om mense te vergewe.

Vers om te onthou “Ook as hy sewe keer op ‟n dag teenoor jou oortree, maar ook sewe keer na jou toe kom

en sê: „Ek is jammer,‟ moet jy hom vergewe.” – Lukas 17:4 [NLV]

Vraag om te oorweeg Hoekom is fout-erkenning vir my moeilik?

Page 16: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

16

Tema 2: VERGEWE OMDAT JY VERGEWE IS...

Dag 14: Vergifnis maak vry “Wie se sondes julle ook al vergewe, dit word hulle vergewe; wie s‟n julle ook al handhaaf,

word gehandhaaf.” – Johannes 20:23 [NLV]

Matteus 6:12 [NLV] is „n baie bekende gedeelte in die Bybel: “en vergeef ons ons skulde soos ons ook ons skuldenaars vergewe”. Dit dui daarop dat God ons vergewe in dieselfde mate waarop ons ander mense vergewe. Dit beteken as ons nie ander mense vergewe nie, dan weerhou ons onsself daarvan om vergifnis van God te ontvang. Noudat ons lewens geraak is deur genade word dit maklik om genade liefde aan ander te openbaar. Johannes 20:23 skets egter „n ander prentjie. Ons weet dat ons eie onvergewens-gesindheid ons hele lewe kan beïnvloed, maar hierdie teks wys daarop dat ons onvergewensgesindheid ook die ander persoon se lewe direk beïnvloed! Ons weerhou dan in werklikheid ander mense daarvan om in vryheid te leef, omdat ons hulle nie vergewe nie. Dit gee aan ons die verantwoordelikheid om nie mense om ons se lewens te verwoes deur met dinge in ons harte te loop nie. Ek dink nie ons besef hoe belangrik vergifnis in ons lewens as gelowiges is nie. Besef ons hoe belangrik dit is om iemand ander vry te spreek? Dis ook hoekom ons nie net praat van vergifnis nie, maar ook van vryspraak. Ons moet mense vryspreek, sodat hulle vry kan wees, maar ook sodat ons vry kan wees. Ons verstaan baie keer nie hoekom mense in verhouding met ons nie vanuit „n situasie kan beweeg van byvoorbeeld onthoud nie. Dit is eenvouding! Jy hou mense daar deur hulle nie te vergewe en daarom herhaal van die goed soms in mense se lewens. Ons moet genade draers wees wat begeer dat almal om ons in vryheid sal lewe en daarom moet ons vryspreek! God het Sy Seun vir ons gestuur sodat ons kan vry wees. Vry van pyn, seer en teleurstellings. Ons moet egter vergewe! Dit is die sleutel tot ons vryheid, en ander se vryheid.

Om oor na te dink Dit is soms nodig om iemand te vergewe, sodat jy kan vry wees, al het daardie persoon

nie berou nie.

Vers om te onthou “Wie se sondes julle ook al vergewe, dit word hulle vergewe; wie s‟n julle ook al handhaaf,

word gehandhaaf.” – Johannes 20:23 [NLV]

Vraag om te oorweeg Is daar iemand wat ek moet vryspreek?

Page 17: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

17

Tema 3: GENADE LIEFDE PRAAT

Dag 15: Kommunikeer met respek

“Julle moet alle mense respekteer. Julle moet al die lede van die huisgesin van God liefhê. Betoon ontsag aan God.”

– 1 Petrus 2:17 [NLV] Wanneer ons met mekaar praat, hoor ons so dikwels hoe mense “af” na ander praat en dit soms sonder liefde. Kommunikasie is tweeledig, bestaande uit die kommunikeerders en die boodskap. Sonder respek tussen die kommunikeerders sal die boodskap verlore gaan. Respek is „n duidelike opdrag van God aan alle mense in alle situasies. Selfs die sondaar, die individu wat dalk respek nie verdien nie, moet gerespekteer word deur ons optrede en gesindheid. Alle mense is gemaak na God se beeld, en verdien dus respek. Lukas 6:27-28 [NLV] “Maar as julle gewillig is om te luister, sê Ek julle moet julle vyande liefhê. Doen goed aan dié wat julle haat. 28 Seën dié wat julle vervloek. Bid vir hulle wat julle seermaak.” En Lukas 6:31 [NLV] “Doen aan ander wat jy wil hê hulle aan jou moet doen.” God verwag dat ek en jy met liefde sal kommunikeer. Om in liefde te kommunikeer beteken opregtheid, anders sal jou verbale boodskap en jou gesindheid nie ooreenstem met wat jy probeer kommunikeer nie en dan gevolglik keer dat die boodskap deurkom. Respek in jou kommunikasie hang nie af van die verhoudings waarin jy staan nie. Byvoorbeeld, dit maak nie saak of jy werkgewer of werknemer is nie, beide verdien respek. Ons maak soms die stelling: “Ek het my respek vir daardie persoon verloor”. Ons mag egter nie ons respek vir die persoon verloor nie, maar wel sy optrede of gesindheid nie goedkeur nie. Jesus stel die voorbeeld deur „n vriend vir sondaars te wees, en selfs deur Sy lewe te offer vir mense wat nie Sy respek verdien het nie. God het juis Sy Seun gestuur nie vir die wat gered is nie, maar reeds vir die sondaar. Hy het gekom om selfs die wat verbrysel is van hart te genees, vrylating aan gevangenis, sig vir blindes en die wat gebroke is in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig. Maak jy die verskil deur met respek te kommunikeer, en die stelling te verwerp wat sê: “My man of vrou verdien nie respek nie”, “my kind of my ouers verdien nie respek nie”, “my werkgewer verdien nie respek nie!” Kommunikeer genade liefde deur respek te openbaar. God vra respek vir alle mense...

Om oor na te dink Om respek te verkry moet ek respek gee.

Vers om te onthou

“Julle moet alle mense respekteer..” – 1 Petrus 2:17 [NLV]

Vraag om te oorweeg: Hanteer jy alle mense met respek?

Page 18: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

18

Tema 3: GENADE LIEFDE PRAAT

Dag 16: Begrip wat kommunikasie bevorder

“Toe Jesus by sy bestemming aankom, het `n groot skare hom ingewag, toe hy hulle sien, het hy hulle baie jammer gekry”

– Matteus 14:14 ?[NAV] Soms is ons by „n plek waar ons wil rus en vrede beleef en nie met mense praat nie. Na „n lang moeilike dag is dit een van die grootste uitdagings om sinvol te kommunikeer. Genade liefde vir mense bring begrip, deur „n gevoel van medelye in jou hart. As jy medelye het, skakel jy onmiddelik die moontlikheid van disrespek en irritasie uit! Om dus die kommunikasie op tye wat jy by jou bestemming aankom te bevorder moet jy medelye hê met die wat daar wag. Steven Covey sê: “Kommunikasie is nie soseer `n intellektuele kwessie nie, dit behels vertroue en aanvaarding van ander, van hul idees en gevoelens, van die feit dat hulle anders is en dat hulle uit hulle perspektief reg is.” Of ons nou dink dat die ander kommunikeerder reg of verkeerd is, of sy “timing” in of uit is, is irrelevant, ons het begrip nodig. Begrip is om jouself in die ander persoon se skoene te plaas en dinge uit sy perspektief te probeer verstaan. Ons word uitgedaag om verby die kommunikasievermoëns en gesindheid van die kommunikeerder te kyk. Hoor die hart van die persoon. Kyk en luister in liefde. Die persoon reageer soms vanuit „n persoonlike situasie wat nie aan jou bekend is nie. Begrip vra nie net om te probeer verstaan nie, maar ook om daardeur „n verskil te maak. Jesus het nooit net begrip getoon, omgedraai en weggestap nie! Nee, Hy het „n verskil gemaak! Maak jy dus nou die keuse om „n verskil te maak, deurdat jy begrip openbaar vir die omstandighede van stukkende mense in „n gebroke wêreld, deur hul lewe te raak.

Om oor na te dink Begrip is om jouself in ander persoon se skoene te sit en dinge vanuit hulle perspektief te

sien.

Vers om te onthou “En toe Jesus uitgaan, het Hy „n groot skare gesien en innig jammer vir hulle gevoel, en

Hy het hulle siekes gesond gemaak” – Mattheus 14:14 [OAV]

Vraag om te oorweeg Is jy bewus van ander se behoeftes?

Page 19: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

19

Tema 3: GENADE LIEFDE PRAAT

Dag 17: Praat altyd die waarheid

“Gevolglik moet julle ophou leuens vertel en die waarheid teenoor mekaar praat. Ons is tog lede van dieselfde liggaam.”

– Efesiërs 4: 25 [NLV]

Waarheid beteken dat daar geen grys areas in my gesprekke is nie! Dit vra die volle prentjie oor jouself of die gesprek waarin jy jouself bevind. Daar is geen plek vir „n leuen in waarheid nie. Waarheid vra „n lewe van integriteit. „n Deursigtige lewe komplimenteer waarheid. Waarheid bestaan nie net uit woorde nie, maar ook uit dade. Jou lewe moet getuig van „n lewe van waarheid. Dit wat ek sê en dit wat ek doen moet mekaar komplimenteer. Kommunikasie bestaan uit woorde en dade. As ek sê dat ek jou liefhet, moet my dade daarvan kan getuig. Johannes bevestig hierdie gedagte in 3 Johannes 1:4 [NLV] “Ek ervaar geen groter blydskap as juis wanneer ek hoor dat my kinders in ‟n hegte verbintenis aan die waarheid lewe nie.” Waarheid maak vry, al maak dit soms seer. As dit sou bekend word dat jy nie in waarheid leef nie, breek dit vertroue in verhoudings. Leuens word „n spiraal na onder – dit het die geneigdheid om meer te word, omdat „n leuen gewoonlik gebruik word om „n vorige leuen te bedek. Kom ons maak die keuse om in waarheid in alle opsigte en in alle situasies te kommunikeer. Wanneer daar nie waarheid in „n verhouding is nie, skep dit wantroue. Dit bring verwydering. Leer jou kind om in waarheid te kommunikeer, en kom ons gee krediet wanneer hulle met waarheid na ons toe kom. Help jou kind om sy foute reg te maak as hy bereid was om met jou as ouer eerlik te wees. Ons as kinders van God het die uitdaging om in waarheid, in „n sekulêre wêreld te leef. Dit is „n jammerte dat die sekulêre wêreld nie met christene besigheid wil doen nie. Dit is juis in die sekulêre wêreld wat ons „n verskil moet maak. Maak die keuse om die waarheid te praat, as jy die waarheid praat hoef jy nooit te onthou wat jy gesê het nie. Kom ons maak die keuse sodat die verandering by ons begin. Kom ons kies om in waarheid te kommunikeer in ons verhoudings, ons werksplek en in ons sosiale lewe. ”Wie egter die waarheid beoefen, kom na die lig toe sodat dit sigbaar word dat sy dade in ‟n noue verhouding met God gedoen is.” – Johannes 3:21 [NLV]

Om oor na te dink Waarheid maak vry, al maak dit soms seer.

Vers om te onthou

“Gevolglik moet julle ophou leuens vertel en die waarheid teenoor mekaar praat. Ons is tog lede van dieselfde liggaam” – Efesiërs 4:25 [NLV]

Vraag om te oorweeg

Kommunikeer jy in waarheid in al die verhoudings waarin jy staan?

Page 20: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

20

Tema 3: GENADE LIEFDE PRAAT

Dag 18: Ontvanklike kommunikasie

“Iemand wat ‟n antwoord gee voor hy die vraag gehoor het, is dwaas.” – Spreuke 18:13 [NLV]

Het jy al gehoor dat mense van die begrip “luister” praat asof dit „n gawe is. Asof dit iets is wat jy óf het, of nie het nie. As iemand dan dink dat hy nie daardie gawe het nie, trek hy net sy skouers op en verwag van ander mense om daarby te berus. Ons verstaan dat daar mense is wat wel „n gawe het om na ander te luister. Soos byvoorbeeld „n berader of „n sielkundige. Maar wanneer dit kom by verhoudings, glo ek dat om te luister, „n keuse is. Dan besef mens ook dat die tyd waarin ons lewe baie gejaagd is, en dat die woorde tussen twee mense, soms by ons ore en harte verbygaan. Luister is meer as hoor. Luister is „n ingesteldheid op iemand anders. Ontvanklike kommunikasie is om die kommunikasie wat na jou kant toe kom, te hoor en met genade liefde te luister. Ontvanklike kommunikasie verwag van ons om ons ore in te stel op die persoon met wie ons in verhouding staan. Te hoor wat hulle sê en nie te hoor wat ons dink ons hoor of wil hoor nie. By jou werksplek gaan dit soms vir jou nodig wees om dit waarmee jy besig is, vir „n oomblik te los. In jou huwelik gaan jy soms opofferings moet maak, om regtig te luister. As jy klein kinders het, is dit soms nodig om na hulle fisiese vlak te daal (om op jou knieë te staan), sodat jy oogkontak kan maak, en ontvanklik kan wees vir wat hulle sê. Kommunikasie kan nie intiem plaasvind met Sms‟e, BBM‟s en WhatApp‟s in die omgewing nie. In die tyd van sosiale media moet ons versigtig wees om nie oog tot oog kommunikasie te verloor nie. Die inhoud en emosie gaan verlore met letters. Sit ook die foon weg wanneer jy by geliefdes is.

Oor om na te dink Gehoor is „n sintuig – luister is „n keuse.

Vers om te onthou

“n Mens met insig kry steeds meer kennis. Wyse mense hou altyd hulle ore oop vir nog meer kennis.” – Spreuke 18:15 [NLV]

Vraag om te oorweeg Hoor ek, of luister ek?

Page 21: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

21

Tema 3: GENADE LIEFDE PRAAT

Dag 19: Openheid in jou verhoudings

“Ons het ons monde tot julle voordeel oopgemaak, Korintiërs; ons harte is regtig oop vir julle!”

– 2 Korintiërs 6:13 [NLV] Om jou “hart oop te maak” verstaan ons soms heeltemal verkeerd. Dit is nie gelykstaande aan: om jou beursie oop te maak, of om jou huis oop te maak vir mense nie. Om jou hart oop te maak, is om mense in jou lewe toe te laat om so diep in jou menswees te kyk, dat hulle nie net die goeie nie, maar ook die slegte raaksien. Jou lewe praat meer as jou woorde. Dit is om meer as net jou gedagtes of emosies te deel. Dit is om mense tot by die hartklop van jou menswees toe te laat. Die afrikaanse woord “openhartig” beskryf dit mooi. Dit beskryf nie iets wat jy doen nie – dit beskryf iets wat jy is! Die toestand van jou hart! Om openhartig te wees is dus om opreg en eg te wees. Nie terughoudend nie. Dus, „n aksie waarin jy jouself ontbloot. Wanneer jy jou hart oopmaak vir iemand met wie jy in verhouding staan, is die kans groot dat hulle iets gaan sien, waarvan hulle dalk nie hou nie. Die kans is ook groot dat hulle jou mag konfronteer. En dit is moeilik om gekonfronteer te word oor iets wat jy doen. Maar dis nog moeiliker om gekonfronteer te word oor iets wat jy is. En dis presies wat gaan gebeur as jy jou hart oopmaak. Genade liefde het soms sulke gesprekke wat heelmaak. Ons moet volwasse wees om in so konfrontasie op te tree. Jy kan kies om dadelik te negatief te reageer en verdedigend of aanvallend te wees teenoor die persoon. Of jy kan kies om in selfbeheersing die situasie te ontleed. Dit kos egter absolute eerlikheid met jouself. Eerlikheid om te kyk of dit waarmee hulle jou gekonfronteer het, waar is. En eerlikheid om dit dan te erken, en te verander. Openheid is nie maklik nie, maar dit is noodsaaklik vir verhoudings, en veral vir intimiteit in verhoudings. Daar is „n sekere vlak van intimitiet wat jy nie sal ervaar, tot en met jy regtig jou hart en lewe oopgemaak het nie.

Om oor na te dink Die beloning vir openheid, is verhoudings wat in krisistye, die toets sal deurstaan

Vers om te onthou

“Ons het ons monde tot julle voordeel oopgemaak, Korintiërs; ons harte is regtig oop vir

julle!” – 2 Korintiërs 6:13 [NLV]

Vraag om te oorweeg Is ek bereid om my hart vir mense oop te maak en genade liefde gesprekke te voer?

Page 22: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

22

Tema 3: GENADE LIEFDE PRAAT

Dag 20: Raak effektief in jou kommunikasie

“Soos `n mens dink, so praat hy ook. `n Goeie spreker kan mense baie ding leer” – Spreuke 16:23 [NAV]

„n Man het eendag gesien hoe sy buurman sukkel met `n wasmasjien by sy voordeur. Hy het besluit om tog maar hierdie buurman van hom te help. Hierdie buurman was natuurlik baie verlig met die hulp wat vir hom aangebied is. Na `n paar minute se gesukkel het die goeie samaritaan vir sy buurman gesê dat hy dink nie hulle gaan ooit hierdie wasmasjien in die huis kry nie. Die eienaar het in verbasing gesê: “Ek probeer nie die wasmasjien in die huis in kry nie, maar uit! Verstaan ons nie ook mekaar soms verkeerd nie? Ons is soms so afhanklik van hoe en wat ons wil hoor, ipv om te luister na wat mense sê. Effektiewe kommunikasie het twee kante. Daar is die kant van die spreker. Effektiwiteit aan sy kant hang af van hoe hy die inhoud weergee. Dit behels duidelike spraak en gebare. Boodskappe word verbaal (met woorde) en nie-verbaal (met gebare, stemtoon, gesigsuitdrukkings, woorde op papier, dade, geskenke ens.) gestuur. Wanneer die verbale en nie-verbale mekaar weerspreek word `n dubbelsinnige boodskap gestuur. Dit veroorsaak verwarring in verhoudings. Dan is daar die ontvang-kant. Ons het almal filters waardeur ons luister. Hier is waar die dinge meestal verkeer loop. Om effektief te hoor, hang dit nie net af van die inhoud wat aan ons gekommunikeer word nie. Eerstens: Die gesindheid waarmee jy dit ontvang, bepaal die effektiwiteit van die kommunikasie. Tweedens: Wanneer ons issues in ons lewens het, kan dit weerhou dat daar met ons effektief gekommunikeer word. Ons hoor deur ons filter en mis wat die ander persoon wil oordra. Het jy al ooit „n klomp negatiewe dinge van iemand gehoor, voordat jy hulle ontmoet het? Hoe het dit jou kommunikasie met hom beïnvloed? Ons moet verstaan dat effektiewe kommunikasie meer is as om net te verstaan wat iemand vir my sê. Dit is meer as wat gesê word, of hoe dit gesê word. Dit is hoe ons dit hoor.

Om oor na te dink Samewerking is onmoontlik sonder duidelike effektiewe kommunikasie

Vers om te onthou

“Soos `n mens dink, so praat hy ook. `n Goeie spreker kan mense baie ding leer” – Spreuke 16:23 [NAV]

Vraag om te oorweeg

Wat beïnvloed my kommunikasie met mense negatief?

Page 23: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

23

Tema 3: GENADE LIEFDE PRAAT

Dag 21: Jou tong, beheerbaar of nie?

“Wie Hy wat sy mond en sy tong bewaar, bewaar sy siel van benoudhede.” – Spreuke 21:23 [NLV]

Selfbeheersing is van uiterste belang in kommunikasie. Die tong is seker een van die mees vernietigende wapens. Dalk het jy al deurgeloop onder 'n onbeheerde tong. Dis nooit lekker as jy die onderwerp was van mense se skinderpraatjies nie. Bykans almal kan dink dat hulle al 'n slagoffer van 'n onbeheerde tong was. En hier is die terrein waar selfbeheersing jou uit die moeilikheid kan uithou. Een uitdaging is om vandag anders na die onderwerp te kyk. Almal sê dat hulle al deurgeloop het, maar vergeet wat ons elkeen se tong al veroorsaak het. Ons kritiseer mense wat vloek, skel, openlik skinder en op mense skreeu! Het jy al gedink dat as jy mense "bespreek" in hulle afwesigheid, dit skade aan verhoudings doen? 'n Man en vrou wat mekaar by familie en vriende "bespreek" en al hulle foute uitwys en swakhede ontbloot doen skade! Persepsies wat van mense gelaat word is baie keer blywend. Ouers wat hulle kinders "bespreek" en soms kom dit by die kind se ore uit. Dit doen soveel afbreek wat liefde in jare nie kan herstel nie. Onthou die Woord leer ons dat geloof kom deur die gehoor! Opmerkings soos: "dis 'n ongehoorsame kind, die kind is oorgewig, ek kan die kind nie verdra." Wanneer „n kind sulke opmerkings hoor, doen dit skade. By die werksplek word partyskappe veroorsaak. Saadjies wat oor kollegas se lewens geplant word wat hulle geloofwaardigheid telkens afbreek. Telkens word gesagsfigure in hulle afwesigheid deur "kinders van die Here" se tonge vermoor. Dit veroorsaak dat jy nie gelukkig is in die pos waar jy tans is nie. Jou tong is kreatief en skep jou beleweniswêreld. Die vrug van ons lippe eet ons soms en dit is nie lekker nie. Baie keer is die moeilikheid wat deur ons tonge veroorsaak word, nie straf nie, maar pyn. Dit is nodig vir ons elkeen om hand in eie boesem te slaan en te kyk of my tong die temperatuur opstoot of laat daal. Ek moet kyk of ek mense heel maak, en heel laat met my woorde. Ek moet kyk of elke woord van my by die een oor wie dit gesê is, kan uitkom of nie. Genade liefde maak my naam veilig op jou lippe. Genade liefde bou op, beskerm en laat ander in beter “toestand” as daar gekommunikeer word. “True love snatches the rubbish in your head before it reaches your tongue.”

Om oor na te dink Is ek verantwoordelik met my tong of voel ek dat ek net altyd 'n "victim" is van tonge?

Vers om te onthou

“Hy wat sy mond en sy tong bewaar, bewaar sy siel van benoudhede.” – Spreuke 21:23 [NLV]

Vraag om te oorweeg

Wat gaan ek doen om ander met my tong te beskerm?

Page 24: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

24

Tema 4: ALMAL SOEK AANVAARDING

Dag 22: Wees nederig teenoor mekaar

“... wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie”

– Romeine 12:16 [NLV] Om mense te aanvaar en om aanvaar te kan word moet jy as persoon nederig kan wees. Wat is nederigheid? Nederigheid is om te weet wie jy as persoon regtig is, om in waarheid te lewe met jouself en te erken dat jy foute het. God het ons aanvaar met al ons onvolmaakthede in Sy genade liefde. Dit is nie ons plek om mekaar te oordeel uit „n posisie van hoogwaardigheid nie. Inteendeel, ons moet eerder andere hoër ag as onsself en dus in nederigheid teenoor mekaar staan. Christus het vir ons die voorbeeld gestel. In Filippense 2:6-7 [NLV] lees ons dat ons dieselfde gesindheid as Christus moet hê. “Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, 7maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‟n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword.

Jesus, die Seun van God, het sy “belangrikheid” op sy geskuif ter wille van Sy genade liefde vir die mens. Net so moet ons ook ons belangrikheid op sy skuif vir ons medemens en bereid wees om die minste te wees. Genade liefde kan nie plaasvind as ek myself bo ‟n ander persoon verhef nie. Ons moet mense kan aanvaar op alle sosiale vlakke. Genade liefde maak dit moontlik. Nooit mag ons dink mense is benede ons nie.

Om oor na te dink God het ons aanvaar met al ons onvolmaakthede. Dit is nie ons plek om mekaar te

oordeel uit „n posisie van hoogwaardigheid nie.

Vers om te onthou ““... wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by

die nederige; moenie eiewys wees nie.” – Romeine 12:16 [NLV]

Vraag om te oorweeg Laat jy jouself soms toe om verhewe teenoor jou medemens op te tree?

Page 25: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

25

Tema 4: ALMAL SOEK AANVAARDING

Dag 23: Het jy ’n opregte hart?

“Die opregtheid van eerlike mense wys vir hulle die koers. Die valsheid van onbetroubare mense bring hulle ondergang.”

– Spreuke 11:3 [NLV] As daar iets is wat vir die mens belangrik is in vandag se samelewing, is dit egtheid. Daarom is dit vir talle mense „n groot ontnugtering as hulle besef dat mense na aan hulle, of mense na wie hulle opkyk, nie werklik is wie hulle voorgee om te wees nie. Opregtheid is om in eerlikheid en in integriteit te lewe. Opregtheid beteken om jouself te wees sonder om „n kompromie aan te gaan. Jou aanvaarding is nie geleë in wat jy voorgee om te wees nie, maar in jou opregtheid. Jou gebrokenheid sal selfs vir mense aanvaarbaar wees as jy opreg eerlik en deursigtig is. Mense neem valsheid vinnig waar. Opregtheid beteken ook dat jy gewillig is om jou lewe te ontbloot voor God en mens. Dit beteken dat jy mense en God sal toelaat om jou te sien vir wie jy werklik is, sonder enige maskers. Die Here wil hê dat ons in opregtheid sal lewe in ons verhouding tot Hom en ons medemens. As jy bereid is om net jouself te wees, sal dit soveel makliker vir mense wees om jou te aanvaar. So sal jy ook mense op hul gemak plaas om in deursigtigheid (transparency) in verhouding met jou te staan. Koos van der Merwe van die sanggroep Prophet sing: “die kinders van liewe Jesus is nie paw-paws nie... “Mense sien deur jou en jou soeke na aanvaarding, met voorgee kan jy mense van jou laat wegdryf.

Om oor na te dink Opregtheid beteken om jouself te wees sonder om „n kompromie aan te gaan.

Vers om te onthou

“Die opregtheid van eerlike mense wys vir hulle die koers. Die valsheid van onbetroubare mense bring hulle ondergang.”

– Spreuke 11:3 [NLV]

Vraag om te oorweeg Is die beeld wat mense van jou het en dit wat jy werklik is een en dieselfde?

Page 26: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

26

Tema 4: ALMAL SOEK AANVAARDING

Dag 24: Onvoorwaardelike aanvaarding

“God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.”

– Johannes 3:16 [NLV] In Johannes 3:16 [NLV] sien ons dat God Sy Seun gestuur het omdat Hy ons liefgehad het ten spyte van al ons tekortkominge. Die aanvaarding en liefde wat Hy vir ons betoon het was sonder enige beperkings of voorwaardes. Kan ek en jy met eerlikheid sê dat ons ons medemens onvoorwaardelik aanvaar? Christus se liefde is die grootste voorbeeld van onvoorwaardelikheid. Hy het nie gevra dat ons as sondige mense eers iets moes doen voordat Hy Sy bloed vir ons gestort het nie. “Niemand het ‟n groter liefde as hierdie nie: dit is dat iemand sy lewe opoffer ter wille van sy vriende.” – Johannes 15:13 [NLV]. “God laat blyk sý liefde vir ons egter daarin dat Christus vir ons kom sterf het ten spyte daarvan dat ons nog sondaars was.” – Romeine 5:8 [NLV] Ons as kinders van die Here moet mekaar onvoorwaardelik aanvaar en in genade liefhê. Ons kan nie aan mekaar voorwaardes en eise as voorvereiste vir aanvaarding stel nie. Paulus skryf dat ons mekaar moet aanvaar al verskil ons van mekaar. By God is daar nie veroordeling nie, al is ons nie perfek nie. Die vrou by die put was definitief minder as perfek en mense wou nie met haar geassosieer word weens haar donker verlede nie, maar by Christus was daar vir haar onvoorwaardelike genade liefde en aanvaarding.

Om oor na te dink Ons as Christene moet mekaar onvoorwaardelik aanvaar en liefhê.

Vers om te onthou

“God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.” – Johannes 3:16 [NLV]

Vraag om te oorweeg

Aanvaar jy jou medemens onvoorwaardelik soos Christus ons aanvaar het?

Page 27: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

27

Tema 4: ALMAL SOEK AANVAARDING

Dag 25: Is jy betroubaar?

“„Goedgedoen, goeie slaaf; omdat jy in die geringste getrou was, kry jy nou beheer oor tien

stede.” – Lukas 19:17 [NLV]

Geloofwaardigheid impliseer die volgende: betroubaarheid, „n sterk verantwoordelikheid-sin, en die wete vir ander mense dat jy sal doen wat jy sê. Lukas skryf van die ryk man wat aan elk van sy slawe „n hoeveelheid talente toevertrou het. Hy het dit gedoen om te toets of hulle verantwoordelik na sy eiendom kan kyk. Indien hulle sou slaag, sou hy hulle oor vele meer aanstel. Jesus sê self in Lukas 16:10 [NAV]: “As julle in klein sake getrou is, sal julle ook in groot sake getrou wees.” Maak dit „n lewenstyl dat mense om jou die verwagting kan hê dat jy met hulle „n pad van genade liefde sal loop. Een van die grootste gawes wat ons ontvang het is die liefde van God in ons harte. Kan mense met ‟n verwagting na ons kom, met die wete dat hulle onvoorwaardelik aanvaarding sal ontvang, en dat genade liefde hulle inwag? Dit is belangrik dat ons medemens ons kan vertrou om aanvaarding te gee. Dit moet ‟n konstante in ons as gelowiges se harte word as ons die mense om ons wil raak met God se genade. Indien jou medemens jou kan vertrou sal hy/sy jou ook kan aanvaar. Jy sal die vrug op die aanvaarding wat jy saai in ander se lewens oes, deur in die eerste plek by God te hoor: “Goedgedoen!” – Hy sal jou met meer en meer lewens kan vertrou. Tweedens gaan jy die vervulling beleef van om ‟n genade liefde draer te wees. Onthou net soos jy, soek almal net ‟n plek waar hulle aanvaar, en heel kan word.

Om oor na te dink Praat jy genade liefde of leef jy dit?.

Vers om te onthou

“Goedgedoen, goeie slaaf; omdat jy in die geringste getrou was, kry jy nou beheer oor tien stede.” – Lukas 19:17 [NLV]

Vraag om te oorweeg

Indien jy nou voor die Here sou staan, sou Hy die volgende vir jou kon sê: “Mooi so! Jy is „n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel?”

Page 28: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

28

Tema 4: ALMAL SOEK AANVAARDING

Dag 26: Kan ons mekaar verdra?

“Maar juis daartoe was God my genadig dat Christus Jesus my kon gebruik as ‟n uitmuntende voorbeeld van sy groot geduld met selfs die ergste sondaar. Dan sal ander

besef dat hulle ook in Hom kan glo en die ewige lewe kan ontvang.” – 1 Timoteus 1:16 [NLV]

Aanvaarding van andere is maklik indien hulle alles doen waarvan jy hou en sosiaal aanvaarbaar is. Omdat ons die journey van genade loop word ons egter gedaag om ‟n ander roete in ons verhoudings op elke vlak in te slaan. Wat van „n situasie waar mense nie optree volgens jou wense nie? Hier is verdraagsaamheid en geduld die uitdaging. God het elkeen van ons uniek gemaak. Maar om uniek te wees beteken ook om anders te wees. Jou persoonlikheid verskil van jou huweliksmaat, jou broer, jou ma en pa en talle ander. Dit lei noodwendig tot verskille in standpunte, waardes en optredes. Jy kan die verskille op twee maniere benader. Jy kan kies om met ongeduld en aggressie te reageer, of jy kan kies om verdraagsaamheid te toon. Kolossense 3:13 [NLV] sê: “Verdra mekaar”. Hoeveel keer was God nie verdraagsaam teenoor die volk Israel nie? Elke keer het hulle gesondig, maar elke keer was God weer genadig. Hierdie onbeskryflike geduld spruit juis uit Sy genade liefde vir Sy volk. So ook word ons liefde aan ons medemens bewys deur ons verdraagsaamheid. “Die liefde verdra alles.” – 1 Korintiërs 13:7 [NAV], die [NLV] sê: ”Die liefde bly stil oor ander se foute”. Genade liefde verander ons van regters en beoordeelaars na draers van God se genade en dit het die krag om die mense om ons se lewens te raak. Hier is die sleutel tot verandering in ander se lewens! Hulle smaak genade en kry hoop dat hulle kan verander. 1 Tim 1:16 [NLV] “Dan sal ander besef dat hulle ook in Hom kan glo en die ewige lewe kan ontvang.”

Om oor na te dink Aanvaarding van andere is maklik indien hulle alles doen waarvan jy hou. Maar wat van „n

situasie waar mense nie optree volgens jou wense nie?

Vers om te onthou “Maar juis daartoe was God my genadig dat Christus Jesus my kon gebruik as ‟n

uitmuntende voorbeeld van sy groot geduld met selfs die ergste sondaar.” – 1 Timoteus 1:16 [NLV]

Vraag om te oorweeg

Raak jy opstandig indien ander van jou verskil?

Page 29: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

29

Tema 4: ALMAL SOEK AANVAARDING

Dag 27: Om erkenning te gee in verhoudings

" God laat blyk sý liefde vir ons egter daarin dat Christus vir ons kom sterf het ten spyte daarvan dat ons nog sondaars was."

– Romeine 5:8 [NLV] Lukas 7:37-38 [NLV] sê: “37 „n Sekere vrou van losse sedes het gehoor dat Hy daar is en het ‟n albaste fles met duur aromatiese olie gebring. 38 Sy het agter Jesus gekniel, by sy voete, en gehuil. Haar trane het op sy voete geval en sy het dit met haar hare afgevee. Toe het sy sy voete bly soen en aromatiese olie daaraan gesmeer.” Hier lees ons van die vrou, wat ‟n prostituut was. Almal het haar geoordeel omdat sy ‟n sondige lewe gelei het. By die huis van Simon het sy gekom om Jesus se voete met reukolie te salf. Almal was teen haar as gevolg van haar verkeerde lewe. Maar Jesus het haar hart raakgesien. Hy het haar aanvaar met al haar onvolmaakthede. Ons sien baie keer die mense se foute raak en vergeet dat dit kon ontstaan a.g.v. pyn en hartseer en omstandighede in hulle lewens. Ons veroordeel hulle daarop en vergeet hulle het harte wat heel waarskynlik na herstel smag. So word ons nou uitgedaag om genade liefde na mense te neem. Ons sien maklik mense se foute raak, en skryf hulle af. Die vraag is of ek en jy verby mense se foute kyk en hulle harte raaksien wat soek na aanvaarding sodat hulle daar genesing kan ontvang? Ons kan aan mense erkenning gee op verskillende wyses. Ons kan bewus wees van ander se goeie en slegte eienskappe en steeds met hulle in verhouding staan. Erkenning is ook om iemand se uniekheid raak te sien, sonder om daardeur geintimideer te word. Ons is almal na God se beeld geskape en dit opsigself verdien respek en erkenning van ons medemens. Al kan jy niks goed of noemenswaardig in jou broer raaksien nie, kan jy aan hom erkenning gee deur toe te gee dat hy „n koningskind, „n mede-erfgenaam en „n beelddraer van God is.

Om oor na te dink: God het gekies om ten spyte van ons foute na ‟n hart te kyk wat na Hom soek en ons met

genade liefde te besoek en te omvou en met ons ‟n journey van genade te stap.

Vers om te onthou " God laat blyk sý liefde vir ons egter daarin dat Christus vir ons kom sterf het ten spyte

daarvan dat ons nog sondaars was."– Romeine 5:8 [NAV]

Vraag om te oorweeg Hoe kyk jy na ander mense?

Page 30: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

30

Tema 4: ALMAL SOEK AANVAARDING

Dag 28: Begrip vir ander

“... het ons met nougesetheid opgetree, met begrip, met verdraagsaamheid en vriendelikheid, deur betoning van die teenwoordigheid van die Heilige Gees, deur opregte

liefde.” – 2 Korintiërs 6:6 [NLV]

Onthou jy nog die gevreesde begripstoets waarmee ons in die skool gekonfronteer was? Talle van ons het met lof gedop, want daar was letterlik geen begrip (understanding) nie. So dop baie van ons ook ons lewensverhoudingstoets, want ons het geen begrip vir ons medemens nie. As ons ons medemens se vrese, verlede, drome, en huidige omstandighede beter probeer verstaan sal ons in baie gevalle anders optree. Elke mens tree op vanuit die konteks van sy/haar lewe. As ons konteks in ag neem sal ons juis dan meer medelye, empatie, en geduld kan toon. In 2 Konings 4:28 [NLV] het Elisa oor 'n Sunemmiettiese vrou, wat nie swanger kon raak nie, geprofeteer. Daarna het sy swanger geword en kon sy uiteindelik „n kind hê. Na „n paar jaar het die kind egter skielik gesterf. Die vrou het met verwyte na Elisa gehardloop; “Toe sê sy: “Meneer, het ek u gevra vir ‟n seun? Het ek dan nie gesê u moenie vir my valse hoop gee nie?” Hy kon geirriteerd en ongeduldig gereageer het, maar hy het egter begrip getoon. Hy het verstaan dat sy uit pyn, woede en smart optree. Elisa het kalm gebly, tot die Here gebid en die seun is opgewek. Hoeveel keer reageer ons impulsief wanneer ons nie die rede vir iemand anders se optrede ken en verstaan nie? Elkeen van ons stap ons eie pad wat persoonlike ervarings tot gevolg het. Miskien moet ons eers ons medemens leer ken en verstaan voor ons hom/haar oordeel.

Om oor na te dink As ons ons medemens se vrese, verlede, drome, en huidige omstandighede beter probeer

verstaan sal ons in baie gevalle anders optree.

Vers om te onthou “... ons met nougesetheid opgetree, met begrip, met verdraagsaamheid en vriendelikheid,

deur betoning van die teenwoordigheid van die Heilige Gees, deur opregte liefde. – 2 Korintiërs 6:6 [NAV]

Vraag om te oorweeg

Was daar gevalle in jou eie lewe waar mense nie begrip vir jou omstandighede getoon het nie? Hoe het dit jou laat voel?

Page 31: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

31

Tema 5: GENADE LIEFDE MAAK VERTROUE MOONTLIK

Dag 29: Leef in integriteit

“...die liefde...Dit treur oor die onreg wat plaasvind, en juig as die waarheid seëvier” – 1 Kor 13:6 [NLV]

Integriteit en waarheid loop hand aan hand. Om waarheid te praat en waarheid te leef is „n keuse. Een wat jy elke dag van jou lewe maak. En hierdie regte keuse skep vertroue… Ons elkeen word daagliks gekonfronteer met foute in ons lewens. Die kortpad mag miskien lyk om die waarheid net effens te verdraai, en sodoende los te kom. Wat ons egter vergeet is dat dit reeds die plan van die vyand is. Jy sien, leuens vang ons in „n strik, een wat so moeilik is om van los te kom, dat die leuen vir ons dalk met tyd soos waarheid mag lyk. „n Leuen kan maklik „n leefwyse word, as jy dit nie dadelik in jou lewe aanspreek nie. Een leuen ly tot „n volgende en gou leef jy nie „n lewe van integriteit. Ek sê altyd by troues: “as jy kan lieg oor 50c kan jy lieg oor jou liggaam”. Staan en val by waarheid. Wanneer het ons dan integriteit? Wanneer ons die waarheid praat, maak nie saak wat dit kos nie. Integriteit is om in standvastigheid die pad van waarheid en eerlikheid te loop. Een leuen vir jou man of vrou, jou kind of dan selfs jou ouers, skep wantroue. Mense vergeet partykeer die baie positiewe karaktertrekke in jou lewe, en onthou net hierdie een leuen. In jou werksopset kan dit selfs jou werk kos. Ja, dit versuur verhoudings tussen werkgewer en werknemer en maak dié belangrike verhoudings gebroke verhoudings. Integriteit vra „n prys! Integriteit vra om die regte keuse te maak vir elke saak. Hoe belangrik of onbelangrik. Dit staan vir die kleine maar ook vir die grootte. Dit staan vir stabiliteit en „n leefwyse van waarheid. Wanneer ons nie vir integriteit staan nie, ly nie net ek maar ook die om my skade. God seën waarheid, en waarheid maak jou vry. Wat verwag God van my?

Integriteit deur in waarheid met almal te lewe

Die keuse van „n leefwyse van integriteit

Integriteit in jou verhoudings deur eerlik te wees

Integriteit as „n karaktertrek van God te erken en te leef Vertroue word verdien. As jy met leuens verhouding versuur het, stap tree vir tree die pad van waarheid en verdien die nodige vertroue in jou verhoudings.

Om oor na te dink Wanneer ek nie in integriteit wandel nie, ly almal skade, nie net ek nie, maar almal om

my…

Vers om te onthou “...die liefde...Dit treur oor die onreg wat plaasvind, en juig as die waarheid seëvier”

– 1 Kor 13:6 [NLV]

VRAAG OM TE OORWEEG Staan ek regtig in integriteit in al die verhoudings in my lewe?

Page 32: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

32

Tema 5: GENADE LIEFDE MAAK VERTROUE MOONTLIK

Dag 30: Vertroue vra deursigtigheid

“Skep vir my ‟n rein hart, o God. Gee my ‟n nuwe, standvastige gees...” – Psalm 51:12 [NLV]

Om te kan vertrou moet daar nie donker areas in „n verhouding wees nie. Om dan deursigtig te lewe kan ek weet ek gaan genade liefde ontvang. Deursigtigheid vra weer algehele vertroue! Dit vra dat jy jou lewe op die tafel sal sit, sodat die mense wat God in jou lewe geplaas het, saam met jou na jou lewe kan kyk… Dit beteken dat jy dalk gaan moet verander en aanpas! Ons is op „n journey van genade en deel daarvan is dat ons ook op mense moet staatmaak vir ons groei. Mense stel teleur, want mense maak foute… Moet nie dat die teleurstellings van die verlede jou so aftrek dat jy niemand meer in jou lewe vertrou nie. Kom ons gee mekaar weer opnuut „n kans. Maak jou hart oop vir die lig van God en mense, op jou innerlike mens. Jy het iewers „n deursigtige verhouding nodig waar jy genade liefde kan ontvang en gee. Vriende is kosbaar! Om ander in verhouding met genade liefde te kan raak moet daar eers tussen my en God hierdie verhouding ontstaan - van ek steek niks weg - my lewe is oop! Dit is „n veilige plek om te begin met deursigtigheid. Jy sal genade liefde vind en ervaar. God sal jou nie teleurstel nie. Psalm 42:6b [NLV] sê: “Nee, ek plaas my hoop op God!” Dan begin jy weer jou vertroue in mense plaas met die wete dat hulle kan teleurstel. Jou hoop en jou vertroue mag egter nooit alleen net in mense wees nie. Salomo het gesê: “Hy wat op die Here vertrou, met hom gaan dit goed.” God wil jou vriend wees, daarom dat Jesus „n vriend vir almal geword het. Ja, „n vriend van Sy dissipels maar ook van sondaars, sodat Hy „n verskil in hul lewens kan maak. Wie is jou vriende? Hoe lyk jou vriende? Het jy mense by wie jy totaal deursigtig kan wees wat eerlik met jou sal wandel en in jou deursigtigheid die grys en donker kolle in jou lewe kan aanspreek? So moet ek en jy ook deursigtig kan wees in die verhoudinge waarin ons staan. As man en vrou en as ouer… Ouers maak ook soms foute, en daarom moet ouers die foute kan erken. Hoe anders gaan jou kinders leer om hul foute reg te maak, te bely, vergifnis te vra, en vergifnis te gee? Jy is „n rolmodel, een van vergifnis en een van belydenis… Haal jou masker af en wys jou kinders hoe Pa en Ma regtig lyk! So ook in die verhoudings by jou werk… Kollegas steek mekaar soms in die rug! Maak jy die verskil deur dit nooit te doen nie, maar in alles deursigtig te wees. Jou foute te erken en dit reg te maak.

Om oor na te dink Deursigtigheid beteken om jou lewe soos „n boek oop te maak en self daardeur te lees!

Vers om te onthou

“Skep vir my ‟n rein hart, o God. Gee my ‟n nuwe, standvastige gees...” – Psalm 51:12 [NLV]

Vraag om te oorweeg

Kan ek eerlik in die spieël kyk, my masker afhaal en na myself kyk met God se bril?

Page 33: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

33

Tema 5: GENADE LIEFDE MAAK VERTROUE MOONTLIK

Dag 31: Getrouheid is ‘n keuse

“So As julle in klein sake getrou is, sal julle ook in groot sake getrou wees.” – Luk 16:10 [NLV]

Dit is maklik om met enige verhouding te begin. Getrouheid is egter die sleutel tot vertroue wat nie net gegee word nie maar verdien word oor „n tydperk. Getrouheid gee lewe aan enige verhouding. In enige verhouding is getrouheid seker een van die belangrikste elemente. Getrouheid word telkens gemeet binne huwelike aan die teenwoordigheid van „n derde party al dan nie. Getrouheid is soveel meer! Getrouheid gaan oor eerlik oor self wees, getrou aan liefdes en verhoudingsbeloftes wat veel meer is as net die weerhou van „n ander party. Dit gaan oor die lewe wat ek saam met ander leef. Party huwelike paai hulleself deur te sê dat daar nie „n derde party betrokke is nie. Maar mense loop met verskuilde agendas in hulle harte. Ander partye se name is nie veilig op hulle lippe by vriende en familie nie. As ons nie in die beskerming van die mense om ons se lewens, getrou kan wees in die klein goed nie, waarom roem oor „n derde party? Getrouheid lê in die keuse van jou hart! Jy kies om die regte keuse te maak, om getrou te bly, of te laat gaan. Getrouheid vra ons harte. Dit vra gee van self en soms enorme pryse om te betaal. Dit bly „n keuse. As jy dinge van mense met wie jy in verhouding staan agter hulle rug sê wat jy nie voor hulle kan sê nie, is jy ontrou aan daardie mense! Getrouheid beteken toegewydheid, opregtheid en „n nougesette lewe van reg kies elke dag. Ontrouheid is seker een van die grootste eina‟s wat mens ooit kan ervaar. Ontrouheid skend jou integriteit, jou selfbeeld en jou uitkyk op die lewe. Kom ons bly getrou aan ons man of vrou, of die persoon met wie jy in verhouding staan. Kom ons bly getrou aan ons kinders. Kom ons bly ook getrou aan diegene wat oor ons aangestel is, al stem ons nie altyd saam met wat hul doen nie. Ons moet onder leierskap kan staan, en daardie gesag kan aanvaar.

Om oor na te dink Getrouheid lê in die keuse van jou hart tusen reg en verkeerd!

Vers om te onthou

“So As julle in klein sake getrou is, sal julle ook in groot sake getrou wees.” – Luk 16:10 [NLV]

VRAAG OM TE OORWEEG

Is ek getrou aan die persone met wie ek in verhouding staan? Man/Vrou – Ouer/Kind – Werkgewer/Werknemer

Page 34: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

34

Tema 5: GENADE LIEFDE MAAK VERTROUE MOONTLIK

Dag 32: Lojaliteit ten spyte van...

“Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles.”

– 1 Korintiërs 13:7 [NLV] Ons almal maak foute, daar is geen perfekte mense nie! Mense gaan jou altyd teleurstel… Verhoudinge is so „n kosbare besitting, dat „n verbreking daarvan altyd droefheid en verlies beteken. Daarom is dit nie nodig dat ons sekere verhoudinge moet afskryf nie. Kom ons bly lojaal ten spyte van wat ons sien en beleef. C.S. Lewis het in een van sy boeke geskryf: “Om lief te hê is om kwesbaar, verwondbaar te wees.” Dit maak nie saak in watter verhouding jy jouself bevind nie, jy kan seerkry en teleurgestel word en jy maak seer en stel teleur. Dit is juis hier waar genade liefde help om karakter in ons lewens te bou as ons vasbyt en lojaal bly. Hoe kan jy sê jy het die goeie stryd gestry, as jy nog nooit in „n stryd was nie? “Ek het die wedloop voltooi”, as jy nog nooit in „n wedloop was nie? Jesus se dissipels het Hom teleurgestel, selfs Petrus het ontken dat hy Hom ken. Maar Jesus het lojaal aan hulle gebly, want Hy het geweet dat die werk wat God in hulle doen, „n journey is. Bid eerder vir jou man of vrou, vir jou kinders, jou ouers, jou werkgewer. Laat toe dat die verskil by jou begin! Maak jy die verskil deur anders te leef, getrou te bly. Kyk na ander deur God se oë, sien hul seer, hul pyn en probeer verstaan hoekom hulle verkeerd optree. Onthou dat jou dade harder spreek as jou woorde. Jesus het gesê: “Kinders, laat ons nie liefhê met woorde of gepratery nie, maar eerder deur ons optrede, en met opregte bedoelings.” – 1 Johannes 3:18 [NLV] Gee God die geleentheid om in ander se lewens te werk en moenie Sy werk probeer doen nie. Bly jy net lojaal. Moet nie sommer net opgee op ander nie. God het nog nooit opgegee op jou nie. Hou aan met hoop en verduur dit wat nie aangenaam is. Jy en die mense om jou gaan baat. Jy skep „n plek vir genade liefde om gesond te maak in ander en karakter te bou in jou.

Om oor na te dink Kyk na jouself deur God se bril, kyk na ander deur dieselfde bril.

Vers om te onthou

“Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles.” – 1 Korintiërs 13:7 [NLV]

Vraag om te oorweeg

Is jy in alle opsigte in jou verhoudings lojaal? Kan jy jou eie bril afhaal, en deur God se oë na ander kyk?

Page 35: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

35

Tema 5: GENADE LIEFDE MAAK VERTROUE MOONTLIK

Dag 33: Sekuriteit in my primêre verhouding

“Hoekom is ek nou so mismoedig? Hoekom so hewig ontsteld? Nee, ek plaas my hoop op God!”

– Psalm 42:6 [NLV] “Ek sê vir myself: Moenie nou moedeloos word nie. Vertrou net op God. Ek gaan Hom loof, al kry ek baie swaar. Dit is Hy wat my uit my swaarkry red” – Psalm 42:6 [Boodskap] Sekuriteit beteken letterlik om veilig te voel, deurdat jy „n waarborg en sekerheid het in iets of iemand! Dit begin daarby dat jy in elke situasie na God kan draai. As jy nie daardie sekuriteit in jou primêre verhouding het nie, kan jy dit nie vir ander skep nie. Ongelukkig is sekuriteit nie in materiële dinge te vind nie. Sekuriteit lê nie in die verhouding waarin jy staan, of die maatskappy vir wie jy werk of in jou besigheid nie! Hierdie dinge kan enige dag van jou weggeneem word, want dit is aards en van verbygaande aard. Die hele wêreld se ekonomiese stelsel is onstabiel, net so die aardse goed waaraan ons soms so vashou. God is standvastig en getrou om in al jou behoeftes te voorsien. Wat Hy bied is nie tydelik nie, dit is standvastig en het ewigheidswaarde. Kom ons vertrou eerder die Skepper, as die een wat probeer skep (mens) uit dit wat die Skepper reeds geskep het. Kom ons maak die keuse om „n vriend van God te word en nie „n vriend van die wêreld nie. “En die wêreld gaan verby en sy begeerlikhede, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.” – 1 Johannes 2:17 [OAV] Sekuriteit is net te vind as daar vertroue is. Daarom kan jy nie verwag om in „n kwaliteit verhouding te staan as jy nie die persoon vertrou nie. Moet nie langer vashou en vaskyk in die mislukkings van die verlede nie. Dit gaan vir jou tot geen voordeel wees nie. Omdat jy nou sekuriteit in God het deur Sy Seun Jesus Christus, kan jy met ander oë na jou man of vrou kyk. Vertrou die inwonende Christus om hom of haar te help om die regte keuses te maak. Vertrou Hom in die lewe van jou kind om hom of haar te begelei, en vertrou Hom in jou werksopset vir wysheid, kennis en insig! Daarom het Dawid homself so sterk aanspreek in die teks: “Hoop op God…” Hy is jou vaste sekuriteit!

Om oor na te dink

God is ons enigste vaste sekuriteit. Wees „n vriend van God en nie van die wêreld nie.

Vers om te onthou

“Hoekom is ek nou so mismoedig? Hoekom so hewig ontsteld? Nee, ek plaas my hoop op God!” – Psalm 42:6 [NLV]

Vraag om te oorweeg

In wie vind ek my sekuriteit? Kan ek leer om God so te vertrou dat ek nie meer op mense staatmaak nie?

Page 36: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

36

Tema 5: GENADE LIEFDE MAAK VERTROUE MOONTLIK

Dag 34: Eerlikheid begin by my

“23 Deursoek my, o God, en ken my hart; toets my onrustige gemoed. 24 Kyk of daar enige gebrek by my is, en lei my op die ewige pad.”

– Psalm 139:23-24 [NLV] As jy nie eerlik met jouself kan wees nie, gaan dit ook nie vir jou moontlik wees om eerlik met ander te wees nie. Om eerlikheid te verstaan beteken om in die spieël te kyk en alle maskers te laat val. Kom ons kyk of ons die volgende vrae kan beantwoord:

Hoe lyk my verhouding met God?

Staan ek in eerlike, opregte verhoudings met die mense om my?

Het ek al dié vergewe wat my leed aangedoen het?

Is ek werklik die gelukkige mens wat ek probeer voorgee om te wees? Wees nou baie eerlik met jouself, anders beteken hierdie oefening niks! Laat val jou masker, dis net God wat sien en hoor. Hy weet alles, jy kan in elke geval niks vir Hom wegsteek nie. Jy het nodig om gesond te kom, om vir „n slag na jouself te kyk en te besef dat jy nie perfek is nie… Jy is „n mens, een met foute, „n mens wat soms selfs God teleurstel. Wanneer laas het jy diegene omverskoning gevra met wie jy in verhouding staan? Erken dat jy soms verkeerd is en dat jy selfs partykeer voel dat jy dit nie maak nie? Wanneer ons eerlik raak kan God ons help en gaan die harte van dié met wie ons in verhouding staan oop… Wanneer ons soos „n toe boek is, weet niemand van ons pyn nie, en dan word die las te groot om te dra! Die aksie eerlikheid skep „n nuwe atmosfeer vir verhouding waarin vertroue herstel kan word, en mense weer nader aan mekaar kan beweeg. Wanneer jy eerlik raak oor jou foute en tekortkominge sal jy merk dat die persone om jou dieselfde sal begin doen. So bou ons verhouding. En as ons dan mekaar in die proses teleurstel, is God daar om ons almal op te tel!

Om oor na te dink Jou lewe is soos „n boek voor God, oop om te lees…

Vers om te onthou

“23 Deursoek my, o God, en ken my hart; toets my onrustige gemoed. 24 Kyk of daar enige gebrek by my is, en lei my op die ewige pad.” – Psalm 139:23-24 [NLV]

Vraag om te oorweeg

Is jy bereid om eerlik met jouself en ander, oor jouself te wees?

Page 37: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

37

Tema 5: GENADE LIEFDE MAAK VERTROUE MOONTLIK

Dag 35: Respek word verdien “Julle moet alle mense respekteer. Julle moet al die lede van die huisgesin van God liefhê.

Betoon ontsag aan God.” – 1 Pet 2:17 [NLV]

Respek kan nooit afgedwing of opgeëis word nie, respek word verdien. Hulle wat saam met jou woon, en nou saam met jou werk sal jou kan respekteer as hulle sien en ervaar dat jy „n voorbeeld is van Jesus Christus wat in jou woon. Jou leefwyse sal respek afdwing en respek verdien. Jy hoef nie te vra vir respek nie, jy sal dit kry as jy ander respekteer en in waarheid met die om jou lewe! Het jy geweet dat Dawid Israel al gelei het lank voor Saul sy troon verloor het? Posisie maak nie van „n mens „n leier nie! „n Titel kan „n mens „n mate van gesag gee, geld kan invloed gee, maar respek word verdien. Dawid het dit verdien, en Saul nie. Om „n voorbeeld te stel is die grondslag van alle ware leierskap. Wys my die respek wat jy aan ander toon en jy wys my die basis van jou karakter. Jy kan „n Vader wees, jy kan „n moeder wees – maar die titel gaan nie maak dat jou kinders jou respekteer nie. Kinders het rolmodelle nodig, wees dus „n rolmodel wat jou kinders kan respekteer. Manne en vroue moet met genade liefde met mekaar die pad stap – die een moet die ander hoër ag as hom-/haarself. Vir ons almal. God verwag van jou om jou ouers in alle opsigte en ook ten alle tye te respekteer. Dit beteken natuurlik nie dat hulle altyd reg is nie! Maar dit is nie vir ons om daardie besluit te neem nie. Leer die goeie, en leer selfs uit hul foute. Jy as toekomstige ouer gaan eendag weer ander unieke foute maak, sorg dat jy nie dieselfde foute begaan nie. Onthou God verwerp ons nie as ons foute maak nie – kom ons doen dieselfde. Jy en ek het nie „n ander keuse as om die gesag oor ons aangestel, te respekteer nie. As jy geregtigheid en regverdigheid nie kan sien nie, is dit nie jou saak nie, maar God s‟n. Hy sal nie die werke van ongeregtheid laat verbygaan nie. Maak seker dat jy jou deel bring en dat jou kant skoon is. Kom ons maak die verskil. Eerbiedig die gesag oor jou aangestel en jy sal God se seën oor jou lewe ervaar.

Om oor na te dink Respek kan nooit afgedwing of opgeëis word nie, respek word verdien.

Vers om te onthou

“Julle moet alle mense respekteer. Julle moet al die lede van die huisgesin van God liefhê. Betoon ontsag aan God.” – 1 Pet 2:17 [NLV]

Vraag om te oorweeg

Kan jy “submit” onder die gesag wat oor jou aangestel is?

Page 38: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

38

Tema 6: GENADE LIEFDE DIEN

Dag 36: Help mekaar

Daarna sê die Here God: “Dis nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ‟n metgesel maak, sy gelyke wat hom kan help.”

– Genesis 2:18 [NLV] God het Eva vir Adam gemaak sodat sy hom kon help. Hierdie "help" is nie net van toepassing op die huwelik nie, maar God het mense vir mekaar gemaak sodat ons mekaar kan help. Berth Von Suttner sê: “After the verb „to love‟ – 'to help‟ is the most beautiful verb in the whole world.” As ons liefde in ons hart het vir mense sal ons hulle help. Maar God sê vir ons dat ons ook „n verantwoordelikheid het teenoor mekaar om mekaar te help. Dit is dus waar diensbaarheid begin – om mense om jou te help. Maar wat beteken dit as God van ons vra om mekaar te help? Dit beteken nie net om mekaar te help met skottelgoed was, of tuin natgooi nie. Hierdie is alles maniere om mekaar te help, maar daar is „n dieper vlak waarop ons mekaar moet help. Die mees effektiewe manier waarop ons mense kan help is om hulle te laat besef dat hulle waardevol is. As iemand besef hy is waardevol sal hy in homself glo en sy volle potensiaal bereik. Ons moet dus aan mense kommunikeer dat ons in hulle glo. Deur genade liefde help ek deur „n atmosfeer te skep waarin mense heel kan word en kan groei. As jy al ooit gevlieg het, en die veiligheidsreëls gelees het, sien jy dat wanneer jy in „n noodsituasie is, en die suurstof maskers nodig is, jy eers jou eie masker moet aansit voor jy probeer om iemand anders te help. Hoekom? Jy kan nie iemand anders help as jy self nie genoeg suurstof het nie. Maak jou lewe oop om gedien te word, maak jou lewe oop om te dien. Laat toe dat die Here jou help om ander te dien vanuit jou storie – vanuit wat jy beleef het en van die lesse wat jy geleer het. – Hy is die een wat jou help sodat jy ander kan help. 2 Korintiërs 1:4 [NLV] sê: “In al ons swaarkry bemoedig Hy ons. Hy doen dit sodat ons ook in staat sal wees om mense in al hulle swaarkry by te staan met dieselfde bemoediging waarmee God ons versterk het.”

Om oor na te dink

Om iemand waarlik te help is om in hom te glo.

Vers om te onthou Daarna sê die Here God: “Dis nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ‟n

metgesel maak, sy gelyke wat hom kan help.” – Genesis 2:18 [NLV]

Vraag om te oorweeg Glo jy in jouself?

Page 39: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

39

Tema 6: GENADE LIEFDE DIEN

Dag 37: Gee jouself

“Ja, leef ‟n lewe van liefde. Christus het julle mos ook so liefgehad deur sy lewe vir julle op te offer. Dit was ‟n lieflike reukoffer vir God.”

– Efesiërs 5:2 [NLV] Jesus is die perfekte voorbeeld van diensbaarheid – Hy het sy lewe vir ons gegee. Hierin lê „n belangrike beginsel van diensbaarheid. Diensbaarheid begin deur jou eie lewe af te lê, om die fokus van jouself af te haal en jou aandag op ander te plaas. Om van jou eie agenda ontslae te raak in jou wandel met die mense om jou. Ek vra gedurig dat die Here my sal verlos van my “ekkigheid”. Selfgesentreerdheid is die grootste vyand van diensbaarheid. Maxwell sê: “An egotist is not a person who thinks too much of himself; it‟s someone who thinks too little of other people.” In die proses wat ek ander help - ander dien – help ek myself. Ek word meer en meer soos Jesus. Ek word verlos van selfbeheptheid, van selfsugtige motiewe en ek leer Christus se geaardheid aan. Genade liefde vra gedurig die vraag: “hoe kan ek dien?” Een van die belangrikste konsepte wat die mense moet leer is dat ons nie vir onself lewe nie. As ek selfsugtige besluite neem ontneem ek ander van iets wat dalk vir hulle deur my diens van seën kon wees. Dien is gee van self, gee van tyd, gee van gawes, gee van geld. Dien is voorskoot aan en die raak van die lewens om my al is dit nie gemaklik nie. Dien is nie volgens jou voorwaardes, maar volgens die behoefte om my.

Om oor na te dink As jy „n verskil in iemand se lewe wil maak, glo in hom.

Vers om te onthou

“Ja, leef ‟n lewe van liefde. Christus het julle mos ook so liefgehad deur sy lewe vir julle op te offer. Dit was ‟n lieflike reukoffer vir God.” – Efesiërs 5:2 [NLV]

Vraag om te oorweeg

Het jy iemand wat in jou glo?

Page 40: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

40

Tema 6: GENADE LIEFDE DIEN

Dag 38: Met watter gesindheid dien jy?

“3 Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. 4 Julle moenie net elkeen na sy eie belange

omsien nie, maar ook na mekaar se belange.” – Filippense 2:3–4 [NLV]

Die storie word vertel van die leeu in die dieretuin wat deel van sy hok opgeoffer het vir „n aap. „n Besoeker aan die dieretuin was baie verbaas oor die leeu wat bereid was om sy hok met die aap te deel. “Hulle moet seker baie goed oor die weg kom”, “Ja” antwoord die opsigter, “Soms raak die leeu bietjie gefrustreerd en dan moet ons „n nuwe aap kry.” Dien jy partymaal soos die leeu? Bereid om iets op te offer maar as dit jou nie meer pas nie gee jy „n paar happe. Of dien jy op die oog af maar in jou hart kla jy? 1 Samuel 16:7 [NLV] sê: “Moenie volgens voorkoms of grootte of liggaamsbou oordeel nie, want Ek het hom nie gekies nie. Die Here neem nie besluite soos mense nie! Mense oordeel volgens uiterlike voorkoms, maar die Here kyk na gedagtes en bedoelings.” Die gelykenis van die barmhartige Samaritaan word in Lukas 10 vertel. Dis die storie van „n man wat deur rowers aangeval is, en halfdood gelos is. Verskeie mense het verby hom geloop. Toe „n Samaritaan verby hom loop, sê die Bybel hy het die man innig jammer gekry en hom gehelp. Hy het hom gehelp, nie omdat hy moes nie, of omdat hy iemand wou beïndruk nie, maar bloot omdat hy wou. Sy gesindheid was om iemand in nood te help. Daar was nie eers die verwagting om iets vir sy barmhartigheid terug te verwag nie. John Bunyan sê: “You have not lived today untill you have done something for someone who can never repay you.” Die Barmhartige Samaritaan het geweet die man gaan hom nie kan terug betaal nie, hy het bloot die man waardevol genoeg geag om hom te help. Party mense het weer die gesindheid van “ek kan nie dien nie want ek het nie genoeg nie”. Dit kos nie altyd geld om te dien nie – wat dit van jou kos, is genade liefde. Hierdie „genade liefde‟ moet dan ook uit jou hart kom. Ons moet dieselfde gesindheid hê as Jesus Christus – Hy het Sy lewe gegee en dien elkeen van ons.

Om oor na te dink God sien met watter gesindheid jy dien.

Vers om te onthou

“Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself.” – Filippense 2:3 [NLV]

Vraag om te oorweeg

Is jy bereid om te dien sonder om enige iets terug te verwag?

Page 41: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

41

Tema 6: GENADE LIEFDE DIEN

Dag 39: Dien mekaar

“Ontvang mekaar in julle huise sonder om te kla.” – 1 Petrus 4:9 [NLV]

As jy saam mense journey met genade liefde , is dit onafwendbaar dat dade deel sal wees van die pakket. Die Woord sê ons moet gasvry teenoor mekaar wees. Hierdie gasvryheid strek van die mense naby aan ons tot die vreemde persoon wat langs jou in die kerk sit. Iemand wat navorsing gedoen het, het 195 kerke besoek en vertel dat – behalwe vir sommige van die mense wat hom by die deure gegroet het – net een ander persoon met hom gepraat het, en dit was bloot omdat hy hom gevra het om asseblief sy voete te skuif sodat hy kan verby kom. Om diensbaar te wees beteken ook om somtyds buite jou persoonlike ruimte te beweeg – om iemand vriendelik te groet, „n vriendelike glimlag vir die ou wat langs jou stop by die robot, jou bure se lewens te raak deur hulle sypaadjie se gras te sny. Dade behels ook nie net dit wat ons kan doen nie, maar het jy al ooit daaraan gedink om jou pen te vat en neer te skryf dit wat iemand vir jou beteken. Ek het al vir „n paar mense in my lewe „n brief geskryf – daarin dank ek hulle vir hulle betrokkenheid in my lewe en wat presies hulle vir my beteken. Ek deel „n stukkie van my hart en wys hulle uit op die mooi in hulle lewe. Hierdie is mense wat my lewe op so „n manier aangeraak het dat my lewe nooit weer dieselfde sal wees nie. Ek is inteendeel „n beter mens omdat hulle deel van my lewe is. Het jy sulke mense in jou lewe – weet hulle dat jy so oor hulle voel? Abraham Lincoln het gesê: “I do the very best I know how – the very best I can, and I mean to keep on doing so until the end.” Gee jy jou beste aan ander mense? Sal iemand wat jou nie ken nie, kan sien deur jou dade dat jy „n kind van God is? Kan die wat jou ken, sê hulle lewe is beter omdat hulle jou ken?

Om oor na te dink

Dade van diensbaarheid is ook daardie klein gebare wat sê ek waardeer jou.

Vers om te onthou “Ontvang mekaar in julle huise sonder om te kla” – 1 Petrus 4:9 [NLV]

Vraag om te oorweeg

Wanneer laas het jy vir iemand gewys jy waardeer hom?

Page 42: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

42

Tema 6: GENADE LIEFDE DIEN

Dag 40: Wees beskikbaar

“Benut elke geleentheid.” – Efesiërs 5:16 [NLV]

“He who waits to do a great deal of good at once, will never do anything” – Samuel Johnson God sê ons moet die beste gebruik maak van elke geleentheid wat oor ons pad kom – as ons wag vir die regte geleentheid om diensbaar te wees sal dit dalk nooit gebeur nie. Spreuke 3:28 [NLV] sê: “Moenie vir iemand sê: “Gaan nou weg en kom môre weer, dan sal ek jou help, terwyl jy dit nou al kon gedoen het nie.” Om beskikbaar te wees beteken jy moet van jou tyd afstaan, somtyds tyd wat baie kosbaar is. Genade liefde vra tyd, wat beteken jy moet bereid wees om tyd af te staan aan mense wat dit nodig het. Diensbaarheid beteken om bereidwillig te wees. Moenie lui en gemaksugtig wees nie. Jesus was bereid om Sy dissipels se voete te was. 'n Taak wat niemand anders wou doen nie. Daardeur stel Jesus vir ons die voorbeeld, en wys dat geen taak te eenvoudig of benede Hom is nie. Ons moet ook beskikbaar wees, selfs al is dit take wat eenvoudig mag lyk. Sal jy bereid wees om dit te doen wat ander nie wil doen nie? John Wesley het gesê: “Do all the good you can, by all the means you can, in all the ways you can, in all the places you can, at all the times you can, to all the people you can, as long as you ever can.” Begin vandag met die eenvoudige takies wat niemand anders wil doen nie, doen dan hierdie take met jou hele hart soos jy belangrike take sou uitvoer, want God sien dit raak.

Om oor na te dink God sien dit wanneer ons tyd afstaan aan eenvoudige take.

Vers om te onthou

“Benut elke geleentheid.” – Efesiërs 5:16 [NLV]

Vraag om te oorweeg Is jy beskikbaar om eenvoudige take vir God te doen?

Page 43: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

43

Tema 6: GENADE LIEFDE DIEN

Dag 41: Om met ywer te dien

“Dit is ons hartsbegeerte dat elkeen van julle enduit dieselfde entoesiasme sal vertoon.” – Hebreërs 6:11 [NLV]

Om iets ywerig aan te pak beteken om met jou hele hart aan dit te werk en voluit met dit aan te hou. Baie mense het baie goeie intensies en is diensbaar, maar voer baie maal dit nie tot die einde deur nie. Dis hier waar baie mense seer kry en die integriteit van Christene bevraagteken word, omdat ons goed begin, maar nie eindig nie. Gestel Jesus het moeg geraak terwyl Hy besig was om die dissipels se voete te was, en iemand is in die proses uitgelos. Daardie persoon sou heel moontlik gevoel het dat hy nie goed genoeg was vir Jesus om sy voete te was nie, en kon in die proses seerkry. Met diensbaarheid in gedagte, wil ons dit reeds verhoed. Om dus met ywer te dien beteken dat jy dit „n prioriteit van jou lewe maak om ander mense te help – jy help nie net as die geleentheid toevallig opduik nie, maar jy skep eerder geleenthede om ander te dien. Die waarheid is dat daar elke dag om ons mense is wat hulp nodig het, of dit fisiese hulp is, en of dit iemand is wat nodig het dat jy in hom glo. Die sleutel lê daarin dat jy sensitief sal wees vir mense se behoeftes. Ons het dit verloor om iemand oor „n straat te help, „n bejaarde se bagasie te dra, ons eie mense in ons huise se lewenslas ligter te maak. Diensbaarheid is nie iets wat „n mens halfhartig kan doen nie – jy doen dit met jou hele hart en met opregte motiewe. Jy sien die mooi as die lelike uitkom en jy help as iemand homself nie meer kan help nie.

Om oor na te dink Diensbaarheid met ywer moet elke dag deel wees van ons lewe.

Vers om te onthou

“Dit is ons hartsbegeerte dat elkeen van julle enduit dieselfde entoesiasme sal vertoon.” – Hebreërs 6:11 [NLV]

Vraag om te oorweeg

Wanneer laas het jy vir iemand gesê jy is trots op hom?

Page 44: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

44

Tema 6: GENADE LIEFDE DIEN

Dag 42: Gehoorsaamheid

“As Ek dan, wat julle Here en Leermeester is, julle voete gewas het, moet julle ook mekaar se voete was.” – Johannes 13:14 [NLV]

Jesus het gedien en Hy vra van ons om dieselfde te doen. Markus 10:45 [NLV] sê: “Selfs Ek, die Seun van die Mens, het immers nie gekom om gedien te word nie, maar om diens te lewer en so selfs my lewe te gee as ‟n losprys vir baie mense.” Soos Jesus gedien het, so moet ons dien. Inteendeel Jesus sê dat wanneer ons die geringstes dien is dit asof ons Hom dien. “37 Daarop sal dié wat God se wil uitgevoer het Hom antwoord: „Maar wanneer het ons U dan honger gesien, en vir U kos gegee? Of dors, en vir U iets gegee om te drink? 38 En wanneer het ons gesien dat U ‟n hawelose vreemdeling was, en U in ons huise ontvang? Of dat U niks gehad het om aan te trek nie, en ons het vir U klere gegee? 39 En wanneer het ons U siek gesien of in die tronk, en U opgesoek?‟ 40 En die Koning sal vir hulle antwoord: „Ek verseker julle: As julle iets hiervan vir een van my broers of susters gedoen het, selfs al was dit vir die heel eenvoudigste onder hulle, het julle dit vir Mý gedoen.” – Matteus 25:37–40 [NAV] Ons dien dus nie net omdat ons liefhet of omgee nie, maar uit gehoorsaamheid aan God. Die wonderlike hiervan is dat as ons gehoorsaam is aan God dit veel seën vir ons inhou. Albert Schweitzer het gesê: “I don‟t know what your destiny will be, but one thing I know, the only ones among you who will be really happy are those who have sought and found how to serve.” Om te dien bring dus vreugde in ons lewens. Navorsing het bewys dat diensbaarheid jou gesondheid bevorder en algemene lewensgeluk verhoog. Dit gee sin en doel en bring vervulling in „n mens se lewe. Daar word verwys na Matteus 7:12 [NLV] as die sogenaamde goue reël: “Doen vir ander alles wat julle graag wil hê hulle vir julle sal doen.” Jy het nodig om te fokus op dit wat jy vir mense kan doen en nie wat hulle vir jou kan doen nie. Jy sal agterkom dat soos jy in die behoeftes van ander voorsien – jou behoeftes ook vervul word. Ons moet besef dat geluk nie gegrond is op dit wat jy bereik en die kar wat jy ry nie – maar wat jy vir ander mense kan beteken. Sien potensiaal en waarde in elke mens wat oor jou pad kom en dit sal maklik wees om hulle te dien. Dan is jy nie net gehoorsaam aan God nie, maar jy wys dat jy Hom waarlik liefhet!

Om oor na te dink Ons dien ander omdat ons God werklik liefhet.

Vers om te onthou

“As Ek dan, wat julle Here en Leermeester is, julle voete gewas het, moet julle ook mekaar se voete was.” – Johannes 13:14 [NLV]

Vraag om te oorweeg

Waarin lê ware geluk vir jou?

Page 45: Tema 1: LIEFDE - Dei Gratia · waar ons ware liefde ontdek en beleef. As ons hierdie ware liefde wil ervaar, moet ons, ons konsep van liefde laat verander. Die Bybel sê in 1 Johannes

45

“Liefde sê ek sal vir ‘n oomblik my vrese opsy sit om vir jou te wys ek is lief vir jou”.

Prediker 4:9-12 [NLV] sê: “Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets. As een val, kan die ander hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie. As twee langs mekaar slaap, word hulle warm, maar hoe sal een wat alleen is, warm word? Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied. „n Driedubbele tou breek nie

maklik nie.”