12
Omsendbrief 8/2018 Newsletter 8/2018 Beste Ouer/Voog Dear Parent/Guardian UIT DIE PEN VAN DIE SKOOLHOOF Die Matriekafskeid van 2018 het getuig van die kwaliliteit waarna Hoërskool Lydenburg streef. Die besonder hoë gehalte van hierdie spoggeleentheid het bewys dat LHS nie nodig het om vir enige ander skool in die land terug te staan nie. ‘n Spesiale woord van dank aan Me. Yvette Schulze en haar Graad 11-ouerkomitee. Ek kan u verseker dat die terugvoer van ons Graad 12-leerders en ouers ongelooflik positief is. Sterkte aan ons Graad 12 leerders met die voorbereiding vir die Rekordeksamen wat op Maandag 27 Augustus 2018 begin het. Baie sterkte aan die nuutverkose hoofleiers wat aangewys is vir 2018/2019, Tiaan Brits en Keneilwe Shai. Baie sterkte ook vir die groot taak wat voorlê. Ons sien met groot afwagting uit na ons tradisionele Padlangsdag op Vrydag, 31 Augustus 2018. Die leerders is baie opgewonde oor hierdie tradisie op die jaarkalender. Die tema vanjaar is die waardes wat Hoërskool Lydenburg nastreef. Dankie aan me. C Venter wat op 31 Augustus 2018 aftree. Ons is baie dankbaar dat sy wel tot aan die einde van die skooljaar in diens van die Beheerliggaam sal wees. Dankie vir jare se goeie diens aan Hoërskool Lydenburg. ‘n Laaste gedagte aan almal in die Hoërskool Lydenburg familie. Boelies gaan nie in ons pragtige skool geduld word nie. Streng optrede sal deur die skool en die Beheerliggaam toegepas word.

UIT DIE PEN VAN DIE SKOOLHOOF - lydenburghs.co.zalydenburghs.co.za/wp-content/uploads/2018/08/Omsendbrief-8-3108.pdf · Please ensure that there is an academic atmosphere at home

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

  • Omsendbrief 8/2018 Newsletter 8/2018

    Beste Ouer/Voog

    Dear Parent/Guardian

    UIT DIE PEN VAN DIE SKOOLHOOF Die Matriekafskeid van 2018 het getuig van die kwaliliteit waarna Hoërskool Lydenburg streef. Die besonder hoë gehalte van hierdie spoggeleentheid het bewys dat LHS nie nodig het om vir enige ander skool in die land terug te staan nie. ‘n Spesiale woord van dank aan Me. Yvette Schulze en haar Graad 11-ouerkomitee. Ek kan u verseker dat die terugvoer van ons Graad 12-leerders en ouers ongelooflik positief is. Sterkte aan ons Graad 12 leerders met die voorbereiding vir die Rekordeksamen wat op Maandag 27 Augustus 2018 begin het. Baie sterkte aan die nuutverkose hoofleiers wat aangewys is vir 2018/2019, Tiaan Brits en Keneilwe Shai. Baie

    sterkte ook vir die groot taak wat voorlê. Ons sien met groot afwagting uit na ons tradisionele Padlangsdag op

    Vrydag, 31 Augustus 2018. Die leerders is baie opgewonde oor hierdie tradisie op die jaarkalender. Die tema

    vanjaar is die waardes wat Hoërskool Lydenburg nastreef.

    Dankie aan me. C Venter wat op 31 Augustus 2018 aftree. Ons is baie dankbaar dat sy wel tot aan die einde van die skooljaar in diens van die Beheerliggaam sal wees. Dankie vir jare se goeie diens aan Hoërskool Lydenburg. ‘n Laaste gedagte aan almal in die Hoërskool Lydenburg familie. Boelies gaan nie in ons pragtige skool geduld word

    nie. Streng optrede sal deur die skool en die Beheerliggaam toegepas word.

  • AKADEMIE

    GRAAD 12 REKORDEKSAMEN

    Maak asseblief doodseker dat daar ‘n eksamenatmosfeer tuis heers. Hierdie eksamen bepaal u kind se opstuurpunt

    en is dus net so belangrik soos die finale eksamen.

    Let asseblief ook daarop dat u kind tot die laaste dag aan die skool se voorkomsreëls moet voldoen. Daar is geen slegter

    advertensie vir die skool as leerders wat onversorg en slordig voorkom in die openbaar nie!

    Sterkte aan ons graad 12-leerders, wat besig is met die Rekordeksamen. Wees bereid om opofferings te maak, pak

    uitdagings aan en glo in jou vermoë, veral as jy twyfel. Hierdie eksamen is jou geleentheid om rigting aan jou lewe te gee.

    Gryp dit met passie aan. Jy sal nooit spyt wees nie.

    TOETSREEKS (Gr 8 -11)

    Die toetsreeks vir hierdie kwartaal begin reeds op 12 September.

    U kind het reeds ‘n rooster en afbakening ontvang. Die rooster en afbakenings is ook op D6 beskikbaar.

    Maak seker dat u kind deeglik voorberei vir hierdie toetsreeks. Hierdie punte is bepalend vir u kind se jaarpunt.

    Let asseblief daarop dat leerders slegs die eerste uur van die dag hul toetse skryf. Daarna is dit ‘n normale skooldag

    aangesien die akademiese program moet voortgaan. Moet asseblief nie u kind kom uitteken om vir die volgende dag

    se toets te gaan leer nie!

    AFWESIGHEDE EN VOORKOMS

    Dit is kommerwekkend hoeveel kinders vir elke bakatel by die huis bly. Moet asseblief nie toelaat dat u gemanipuleer word

    nie. Hierdie kwartaal is krities t.o.v. u kind se akademie, dit is belangrik dat u kind in die klas is.

    U kind hoort by die skool, in die klas, en nêrens anders nie!

    Waak ook teen die onnodige uitteken van leerders gedurende die skooldag.

    Elke leerder het ‘n dagboek ontvang waarin die skoolreëls vervat is. Gaan maak eers dubbel seker wat die vereistes t.o.v.

    voorkoms is voordat u,u kind toelaat om sy / haar hare in ʼn vreemde styl te laat sny. Dit is onnodig dat daar telkens

    konfliksituasies ontstaan a.g.v. voorkoms.

    Ouers moet sorg dat seuns skoon geskeer moet wees voordat hulle soggens skool toe kom. Dit is onaanvaarbaar dat die

    skool voortdurend skeermesse moet aankoop sodat ongeskeerde seuns eers moet skeer voordat hulle klas toe gaan.

    ALGEMENE KOMMUNIKASIE

    Die skool maak baie gebruik van die sms-stelsel. Indien u nie die skool op hoogte bring met u veranderde selfoonnommer nie, kom belangrike kommunikasie nie by u uit nie.

    Die D6-Communicator vorm ook ‘n baie belangrike deel van ons kommunikasienetwerk. Maak seker dat u op Communicator geregistreer is sodat u die nodige inligting kan ontvang.

    Om te registreer op die sisteem, benodig ons u e-pos adres. Stuur u e-posadres na [email protected], sodat u op die D6-Communicator geregistreer kan word. Daarna sal u kan registreer op D6, vanwaar u ‘n wagwoord sal skep en verifikasie per e-pos kan doen.

    mailto:[email protected]

  • GRADE 12 TRIAL EXAMINATION

    Please ensure that there is an academic atmosphere at home. This examination will determine your child’s final send

    up mark, and is therefore as important as the final examination.

    Good luck with the grade 12 Trial exam. Be prepared to sacrifice, take on challenges and believe in your ability, precisely

    when you want to doubt it. This exam is your opportunity to give direction to your life. Grab it with passion and you'll never

    regret it.

    TEST SERIES (Gr 8 – 11)

    The test series for this quarter already starts on 12 September.

    Your child has already received a timetable as well as all demarcations. The timetable and demarcations are also available on

    D6 Communicator.

    Please take note that your child will have to abide by ALL school rules regarding his / her appearance until the last day he /

    she attends this school. Learners who look untidy and unkempt in public portray a negative image of the school!

    Please ensure that your child prepares properly for this test series. These marks will determine your child’s year

    mark.

    Please take note that learners will only write their tests during the first hour of each day. Thereafter it will be a normal

    school day, as the normal academic programme will have to continue.

    Please do not come and sign your child out in order to study for the next day’s test!

    ABSENTEEISM AND APPEARANCE

    The fact that many learners stay at home for no specific reason, is a matter of concern. Please do not allow your child to

    manipulate you. It is of the utmost importance that your child is in class in order to make academic progress.

    Please do not sign your child out during school hours if it is not crucial.

    Every learner received a diary with the school rules clearly explained. Before you allow your child to cut his / her hair in an

    unsuitable style, assure yourself what the rules allow, and what they do not allow. It is unnecessary constantly be in conflict

    situations because of appearance.

    Parents must also see to it that their sons have shaved before coming to school in the mornings. It is unacceptable that the

    school constantly has to buy razors in order for these boys to shave before going to class.

    GENERAL COMMUNICATION

    The school is continuously making use of the sms system. It is your, as a parent’s, responsibility to inform the school should your cell phone number change. By not doing so, you will not receive important information. The D6-Communicator is updated on a daily basis. Please register on D6 in order to receive daily updates on all news snippets. For registration, we need your e-mail address. Send your e-mail address to [email protected], in order for the school to put you on the Communicator. Thereafter you will have to register, on D6 and then verify the password e-mailed to you.

    mailto:[email protected]

  • ESKOM EXPO VIR JONG WETENSKAPLIKES 2018

    Baie geluk aan die volgende leerders wat medaljes verwerf het op die Streeks EXPO wat op 18 Augustus by Mapulaneng gehou

    is:

    Goud

    Silwer

    Brons

    Spesiale toekennings is oorhandig aan:

    **Beste projek deur ‘n dogter en beste projek van die dag – Anneline Els

    **Beste Innoverende en Tegnologiese projek – Martins Makofane en Will Ramodike

    Baie geluk aan die volgende 7 leerders wat Hoërskool Lydenburg by die International Science Fair, van die 2de tot die 5de Oktober by die Birchwoodhotel in Krugersdorp sal verteenwoordig - Anneline Els, Martins Makofane, Lefa Masia, Solly Malepe, Michelle de Jager, Wandri van Heerden en Liam Burtles.

    ESKOM EXPO FOR YOUNG SCIENTISTS 2018

    Congratulations to the following learners, who received medals at the Regional EXPO, held on 18 August, at Mapulaneng:

    Gold

    Silver

    Bronze

    Anneline Els

    Martins Makofane

    Lefa Masia

    Solly Malepe

    Liam Burtles

    Michelle de Jager

    Brandon Vorster

    Lesego Pale

    Wandri van Heerden

    Thuto Selahle

    Thabang Riba

    Anneline Els

    Martins Makofane

    Lefa Masia

    Solly Malepe

    Liam Burtles

    Michelle de Jager

    Brandon Vorster

    Lesego Pale

    Wandri van Heerden

    Thuto Selahle

    Thabang Riba

  • Special awards handed out to:

    **Best female project and Best project of the day - Anneline Els

    **Best Innovation and Technology project - Martins Makofane, Will Ramodike

    Well done and congratulations to the following 7 learners who will represent Lydenburg High School at the International Science Fair, from the 2rd to the 5th of October at the Birchwood Hotel - Anneline Els, Martins Makofane, Lefa Masia, Solly Malepe, Michelle de Jager, Wandri van Heerden en Liam Burtles.

    SPORT SPUR SCHOOL MTB CHALLENGE

    With two races, left in the season Lydenburg High School is still in 1st place in the overall standings. With the two last races taking place 8th and 15 September, we urge our riders to participate in large numbers.

    LANDLOOP / CROSS COUNTRY

    Al die liga byeenkomste is nou afgehandel en die volgende atlete gaan aan die Mpumalanga Kampioenskappe op 15 September,

    by Hoërskool Lydenburg deelneem

    Meisies/Girls o/16 Seuns/Boys o/16 Ronen Burger Ewan Fourie Miquette Aucamp Meisies/Girls o/17 Marilynn Steyn Meisies/Girls o/17 Seuns/Boys o/17 Dineo Mabilu Bongani Masinga

    Dames/Ladies o/19 Mans/Men o/19 Stephnie Fritz Johannes Tau Simunè Matthee Kamo Nkadimeng

    GOLF

    With the golf season coming to a close, Lydenburg High School ended on a high note.

    The first team came 2nd in the Lowveld Schools League. Tiaan Brits is the fourth ranked player in Mpumalanga and will represent the province at the South African Schools Golf Championships, 1-2 October, to be held at Middelburg Country Club.

    The second team came 1st in the Lowveld Schools League and 2nd in the Mpumalanga Schools Golf League.

    SOCCER

    The soccer is well into the season with all 4 our teams getting good results. The Lowveld League is only played as a friendly league therefore encouraging good soccer and a competitive environment.

    KRIEKET/CRICKET

    Vanjaar het ons 2 dogterspanne en 4 seunspanne wat aan verskillende ligas deelneem. Ons 1ste seunskrieketspan dring deur na die Mpumalanga T20 semi-finale, asook die uitspeel fase van die 50 beurte-Superliga.

    Die dogterskrieket vaar goed in die liga.

    This year we have two girls’teams and 4 boy’s teams participating in various leagues. Our first boys’ team has progressed to the Mpumalanga Top 20 semifinals, as well as the play-off phase of the fifty over Superleague.

  • TENNIS

    Nadia van den Heever is gekies om die Laeveld tydens die die Interdistrikte Tennis Toernooi te verteenwoordig. Laeveld, Wes Mpumalanga en Hoëveld het aan hierdie toernooi deelgeneem. Laeveld het as wenners weggestap.

    Nadia van den Heever was selected to represent the Lowveld during the Inter District Tennis Tournament. Lowveld, West Mpumalanga and Highveld participated in this Tennis Tournament. Lowveld was crowned the winners.

    FAST 5 NETBALL

    This year we are playing fast 5 again with the 1st tournament taking place on 1 September at High School Middelburg. Two teams

    in both u/15 and u/17 will participate at this tournament.

    1 September: Middelburg

    13 September: HTS Middelburg

    20 September: Mpumalanga Championships

    7’S RUGBY

    The first tournament was played at Lowveld, with the u/15 being Plate winners and the u/17 ending 3rd.

    31 Aug-1 September: Mpumalanga Champs @ Middelburg

    8 September: Barberton

    15 September Kanonkop

    KULTUUR ATKV REDENAARS

    Baie geluk aan Tiaan Joubert en Gift Masilela wat hierdie jaar weer deurgedring het na die nasionale ATKV-Redenaarsrondte by Buffelspoort ATKV-oord. Hul het hul baie goed van hul taak gekwyt en ons is trots op hierdie 2 leerders. Baie geluk ook aan Me. Couvaras en dankie vir u insette

    ATKV ORATORS

    Congratulations to Tiaan Joubert and Gift Masilela for making it to the national round of the ATKV orator’s competition, at Buffelspoort ATKV Resort. They did very well and we are extremely proud of them. Congratulations also to their coach, Mrs. C. Couvaras, and thank you for your input.

    LANDSDIENS

    Dankie aan die landsdiensleerders en Me. Myburgh, met jul volgehoue gemeenskapsdiens. Die landsdiensklub het onlangs die swembadmure by Estralita Skool geverf, en nog vele ander aksies aangepak!

    LAND SERVICE

    Thank you to our Land Service learners and Ms. Myburgh for your community service. The club recently painted the walls of the swimming pool centre at Estralita School, while completing a number of other tasks as well.

  • TIENERTONEEL OPVOERING

    Ons tienertoneelgroep het op 20 Augustus aan die streeksfees by die Unisa Teater deelgeneem Ons is baie trots op hulle! By die streeksfees het Hoërskool Lydenburg algeheel brons ontvang, o.a. vir spesiale effekte, as leerderproduksie en vir beligtingsontwerp. Ruach Burger verdien brons as regisseur en skrywer, CJ Barnard, silwer as klankoperateur, Marco Kruger, brons as hulpregiseur, Liam Burtles, brons as hulp-klankoperateur, Mareli McGill, brons as verhoogbestuurder, en Bianca Beukes brons as verhoogbestuurder. Baie Geluk!

    TEEN DRAMA

    Our teen drama participated at the Unisa Theatre on 20 August during the regionals, and we are extremely proud of them! As a school we were awarded an overall bronze, for special effects, newly written text and lighting. Ruach Burger received bronze as director and writer, CJ Barnard silver for sound, Marco Kruger bronze as director (helper), Liam Burtles bronze for sound (helper), Mareli McGill bronze for stage management, and Bianca Beukes also bronze for stage management. Congratulations!

    KOOR

    Die koor tree op 24 Augustus by die Nelspruit Eistedfod op, waar hul ons weer trots gemaak het met ‘n uitmuntende A++, 95%! Verder tree hul ook as die enigste, genooide skoolkoor op, by die Songs of Praise opvoering in Nelspruit, op 26 Augustus. Voorwaar ‘n kultuurgroep om dop te hou!

    CHOIR

    The choir performed at the Nelspruit Eisteddfod on 24 August, where they made us proud once again with a whopping A++, 95%! They were also the only invited school choir to be performing at the Songs of Praise festival in Nelspruit on 26 August. Indeed a group to follow!

    ROAD SAFETY DEBAT

    Baie geluk aan Quinton Maseko, Will Ramodike en Me. Magagula wat ons skool weer verteenwoordig het op 18 Augustus, by die inter-distrikte. Hul het met die louere weggestap, en is nou as Mpumalanga kampioene, deel van die Mpumalanga span van 5, wat ons provinsie in Oktober by die Nasionale Rondte in die Oos-Kaap gaan verteenwoordig! Verder is Me. Magagula wéér aangewys as die hoofafrigter, van die Mpumalanga! Ons is baie trots op hierdie 2 leerlinge van ons en hul afrigter!

    ROAD SAFETY DEBATE

    Congratulations to Quinton Maseko, Will Ramodike and Ms. Magagula who once again represented our school on 18 August, at the inter-districts. They won and will now form part of the 5-member Mpumalanga team, to represent us at the nationals in October, in the Eastern Cape! Ms. Magagula has once again been appointed as the head coach, now of Mpumalanga! We are extremely proud of these learners and their coach!

    EISTEDFOD

    Baie geluk aan alle deelnemers wat al deelgeneem het. Sterkte aan die leerders wat nog moet deelneem.

    Uitslae:

    Monoloog: Joshua Wilson – A+ Goud Samespraak: Joshua Wilson en Reinhardt Viljoen – A+ Goud Marco en Wiam Kruger – A+ Goud Fanie Erasmus en Tiaan Joubert – A++ Goud Prestige Ansie Bylsma en Ray-Ann Williams – A++ Goud Prestige Dans: Kamo Nkadimeng – B+ Silwer Engels voordrag: Kamo Nkadimeng – B+ Silwer Mantele Mondela – A+ Goud x2 Mandisa Moshwana – A+ Goud Sandra Mudavanhu - A+ Goud NjabuloNdlovu – A++ Goud Prestige Sunel Joubert – A Goud

  • Sang: Dimpho Thobejane – A+ Goud Emma Neethling – A+ Goud Tashing Mawoni en Lerato Mofokeng – B Silver

    Sterkte aan die kunstenaars, fotograwe en musiek kategorieë wat in die volgende week deelneem!

    EISTEDFIOD

    Congratulations to all participants, and good luck to all those who still have to participate!

    Results:

    Monologue: Joshua Wilson – A+ Gol Duet: Joshua Wilson and Reinhardt Viljoen – A+ Gold Marco and Wiam Kruger – A+ Gold Fanie Erasmus and Tiaan Joubert – A++ Gold Prestige Ansie Bylsma and Ray-Ann Williams – A++ Gold Prestige Dance: Kamo Nkadimeng – B+ Silve English Orators: Kamo Nkadimeng – B+ Silver Mantele Mondela – A+ Gold x2 Mandisa Moshwana – A+ Gold Sandra Mudavanhu – A+ Gold NjabuloNdlovu – A++ Gold Prestige Sunel Joubert – A Gold Singing: Dimpho Thobejane – A+ Gold Emma Neethling – A+ Gold Tashinga Mawoni and Lerato Mofokeng – B Silver Good luck to the artists, photographers and musicians with the final categories in the coming week.

    RADIKALE REDENAARS

    Baie geluk en sterkte aan almal wat deurgedring het na die provinsiale rondte op 25 Augustus: Keneilwe Shai, Anje v.d Merwe, Talulah Jones, Willow Jones, Lianè Hanekom, Clarissa Fourie, Zanri Hanekom, Sherani Barnard, Simone van Wyk, Tracy-Lee Crozier, Joshua Wilson, Kayla-Lee van Schalkwyk, Nadia v.d Heever, Keneilwe Shai, Felicity Selahle, Mantele Mondela, Stephnie Fritz en Jonel du Toit het ons skool verteenwoordig. Na puik prestasies, gaan die volgende sewe dan deur na die nasionale rondte op die 13 Oktober! Baie geluk ook aan die leerlinge en hul afrigter: Lefa Masia, Keneilwe Shai, Mantele Mondela, Tracy-Lee Crozier, Sherani Barnard, Clarissa Fourie en Joshua Wilson.

    RADICAL ORATORS

    Congratulations and good luck to all our learners for making it to the provincial rounds on 25 August! Keneilwe Shai, Anje vd Merwe, Talulah Jones, Willow Jones, Lianè Hanekom, Clarissa Fourie, Zanri Hanekom, Sherani Barnard, Simone van Wyk, Tracy-Lee Crozier, Joshua Wilson, Kayla-Lee van Schalkwyk, Nadia v.d Heever, Keneilwe Shai, Felicity Selahle, Mantele Mondela, Stephnie Fritz and Jonel du Toit represented our school. Seven of these learners are also progressing to the national round on the 13 October, after a fantastic performance! Congratulations to: Lefa Masia, a, Keneilwe Shai, Mantele Mondela, Tracy-Lee Crozier, Sherani Barnard, Clarissa Fourie and Joshua Wilson, as well as to their coach!

    KUNSTE

    Die volgede leerlinge het almal deelgeneem aan die eerste rondte van die Mpumalanga Visuele Kuns en Ontwerp kompetisie:

    Luzaan Visagie Ontwerp

    Carissa vd merwe Ontwerp

    Charnè du Preez Ontwerp

    Rochelle Du Preez Ontwerp

    Charmonique Beukes Ontwerp

    Mareli McGill Ontwerp

  • Jeania van Wyk Ontwerp

    Simone Etserhuizen Ontwerp

    Alison Vorster Ontwerp Ronel Myburgh Ontwerp

    Kayla Parker Ontwerp

    Aldone Geldenhuys Ontwerp

    Bets-Mari Taljaard Ontwerp

    Celine Spammer Ontwerp

    Aldone Geldenhuys Visuele Kuns

    Die volgende 4 was dan ook finaliste in die provinsiale rondte, en verdien almal goud: Ronel Myburgh, Celine Spammer, Kayla Parker, Aldonè Geldenhuys. Baie geluk aan julle!

    ARTS

    The following learners participated in the 1st round of the Mpumalanga Visual Arts and Design Competition:

    Design Competion:

    Luzaan Visagie

    Carissa v.d Merwe

    Charnè du Preez

    Juanita Filmalter

    Rochelle du Preez

    Charmonique Beukes

    Mareli McGill

    Jeania van Wyk

    Simone Etserhuizen

    Alison Vorster

    Ronel Myburgh

    Kayla Parker

    Aldone Geldenhuys

    Bets-Mari Taljaard

    Celine Spammer Visual Arts: Aldoné Geldenhuys

    Furthermore, 4 of these learners were finalists in the Mpumalanga Round, and were awarded gold for design: Aldonè Geldenhuys, Ronel Myburgh, Kayla Parker and Celine Spammer. Congratulations to you all! JAARBLAD 2018

    Die jaarblad kan nou bestel word teen R100. Gelde word by die finansiële kantoor inbetaal en die kwitansies kan by Me Elna Maritz ingegee word. Die jaarblad sal saam met die rapporte beskikbaar wees aan die einde van die jaar. Moenie hierdie geleentheid misloop nie – daar word slegs 300 boeke beskikbaar gestel.

    YEARBOOK 2018

    Place your orders for the 2018 Yearbook by paying R100 at the financial office and submitting your receipt to Mrs Elna Maritz.

    The books will be available when the report cards are handed out at the end of the year. Do not miss this opportunity since there are only 300 books available.

  • SKOOLFOTOS

    Bestellings vir individuele foto’s wat in die eerste kwartaal geneem is, het nou gesluit. Slegs klasfoto’s, groepfotobestellings en leerders wat op die 21ste Augustus individuele foto’s geneem het, kan nou bestel word.

    Individual photos must be ordered from Mrs Myburgh.

    Groepfotobestellings word deur Mev. Elbie Jacobs hanteer. Betaal by die finansiële kantoor en handig jou kwitansie, waarop duidelik aangedui is watter foto jy wil bestel, en handig dit by Me Jacobs in.

    Goepfoto’s beskikbaar @ R30.00

    SCHOOL PHOTOS

    Orders for individual photos that taken in the first term are now closed. Only class photos, group photos and individual photos that taken on 21 August may be ordered.

    Individual photos can be ordered from Mrs Myburgh.

    Mrs Elbie Jacobs is in charge of group photo orders. Pay your photos at the financial office and submit your receipt that clearly states which photo you would like to order to Mrs Elbie Jacobs.

    Group photos available @ R30.00

    Baie geluk aan die volgende leerlinge wat verkies is tot die Jeugraad vir 2018/2019.

    Congratulations to the following learners elected to the Youth Council for 2018/2019

    JEUGRAAD / YOUTH COUNCIL 2018/2019

    SEUNS/BOYS DOGTERS/GIRLS

    1 Booyens Rikus Beukes Bianca

    2 Bothma (Boats) Brandon Christmas Tavimba

    3 Brits Tiaan Du Plessis Alison

    4 de Jonge Quinten Grobler Dilani

    5 Koch Fritz Lindeque Kaylee

    6 Kriek JJ Maliepaard Jané

    7 Kruger Marco Mondela Mantele

    8 Kruger Wiam Moriri Sammy

    9 Malepe Solly Riekert Carla

    10 Maseko Bhekifa Selahle Felicity (Sihle)

    11 Masia Lefa Shai Keneilwe

    12 Nel Kobus Van den Heever Nadia

    13 Vaid Muhammed Van Wyk Clarika

    14 Willers JB Van Zyl Sune

    15 Wilson Joshua Vorster Jané

  • Onderhoof leiers 2018/2019 Hoofleiers 2018/2019

    Akademie Jane Maliepaard Keneilwe Shai Wiam Kruger Tiaan Brits Kultuur Nadia v d Heever Joshua Wilson Sport Kaylee Lindeque Marco Kruger Koshuis Carla Riekert Lefa Masia Baie geluk aan die volgende leerlinge wat verkies is tot die Koshuisraad vir 2018/2019 Congratulations to the following learners elected to the Hostel Council for 2018/2019

    DE SOUZA HUIS/HOSTEL KEETHUIS/HOSTEL

    Masia Lefa (Koshuis hoofseun/Hostel headboy) Riekert Carla (Koshuis Hoofmeisie/Hostel Head girl)

    Malepe Solly Cruze Cameron

    Mere Osego Sekoati Pheladi

    Motere Bradley Mckenzie Yolandi

    Williers JB Makofane Lerato

    L.O.O.P JEUGWEEK

    Ons wil graag die span by die L.O.O.P jeugkantoor, wat insluit, Ds. Fred Wilson, Ds. Antionette Wilson, Me Attel van der Merwe en

    Me Zelda Kitching, bedank vir ñ suksesvolle jeugweek. Die jeugweek tema was “Dieper” en sprekers het ingesluit Ivor Swartz,

    Jean Lucas, Leandie du Randt Bosch en Bouwer Bosch. Ons bedank dan ook graag ECM wat van hierdie besoeke moontlik

    gemaak het. Vir meer navrae oor die werksaamhede van die L.O.O.P Jeugkantoor kan u gerus vir Me Zelda Kitching kontak op

    selnr. 082 851 1401.

    L.O.O.P YOUTH WEEK

    We would like to thank the team at the L.O.O.P Youth office, which includes Ds Fred Wilson, Ds antionette Wilson, Me Attel van

    der Merwe and Me Zelda Kitching, for a successful youth week. The theme for this youth week was “Deeper” and speakers

    included Ivor Swartz, Jean Lucas, Leandie du Randt Bosch and Bouwer Bosch.We would also like to thank ECM for making some

    of these visits possible. For more information on the activities of the L.O.O.P Youth office, you can contanct Me Zelda Kitching, cell

    nr 082 851 1401.

    MAATSKAPLIKE KANTOOR

    Baie dankie vir alle skenkings wat na die vorige omsendbrief ontvang is. Bydraes word opreg waardeer.

    LHS gee tans op ‘n daaglikse basis vir ongeveer 30 kinders tydens pouse ‘n toebroodjie. Om dit moontlik te maak, is ons afhanklik van skenkings en donasies hetsy in die vorm van kontant vir die aankoop van produkte of enige produkte wat aangewend kan word.

    Ons voorsien ook tydens sportgeleenthede aan ons behoeftige leerders ‘n kospakkie. Indien u graag ‘n bydrae wil lewer of bereid is om 1 dag ‘n week die kospakkies te voorsien, kontak gerus vir me. A van der Merwe by 066 2111 092.

  • SOCIAL WORK OFFICE Thank you for all of the donations made after the previous circular. This is greatly appreciated.

    LHS currently feeds 30 children sandwiches on a daily basis, during breaks. To make this possible, we depend on sponsors and donations, whether it is in the form of cash (for buying the products) or in the form of products to be used.

    We also provide these learners with food parcels on sports days. If you are interested in donating, or in providing food parcels for one day a week, please contact Mrs. Van der Merwe at 066 2111 092.

    ___________________________________

    MNR J LOOTS SKOOLHOOF / PRINCIPAL