31
Van donker na Lig Van Satan se gevangenis na die Ewige Lewe Alle kopiereg word voorbehou deur outeur 2009 [email protected] Create PDF files without this message by purchasing novaPDF printer (http://www.novapdf.com)

Van donker na Lig Van Satan se gevangenis na die Ewige Lewe - …nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/02/... · 2012. 2. 22. · Hoogmoedig, statusbewus en trots, teenoor my hard

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Van donker na Lig Van Satan se gevangenis na die Ewige Lewe - …nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/02/... · 2012. 2. 22. · Hoogmoedig, statusbewus en trots, teenoor my hard

Van donker na Lig Van Satan se gevangenis na die Ewige

Lewe

Alle kopiereg word voorbehou deur outeur 2009

[email protected]

Create PDF files without this message by purchasing novaPDF printer (http://www.novapdf.com)

Page 2: Van donker na Lig Van Satan se gevangenis na die Ewige Lewe - …nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/02/... · 2012. 2. 22. · Hoogmoedig, statusbewus en trots, teenoor my hard

Waar het dit alles begin? Waar het alles begin? Wie is ek? Wat het my as mens gevorm? Wat soek ek? Waar gaan ek heen? Wat is my doel? Hoekom is ek ooit gebore? Hoekom het dinge so ontwikkel? Wat wil ek jou hier vertel? Hierdie vrae het my gespook en ek het teruggesit en begin onthou, die dinge wat ek wou onthou en toe die dinge wat ek nie wou onthou nie, alles, al die detail, so netjies terug elkeen op sy plek. Ek is lank, lank gelede gebore - in ’n vorige eeu, 1954. My pa, ’n baie aantreklike man, pragtig, donker hare en oë, smeulend, maar ’n wolf in skaapklere. Lief vir vroue en vroue lief vir hom, tot aan die einde van sy tyd. Hy het my ma met ander vroue verneuk - een was vir hom nie genoeg nie, nooit nie. Ek het hom nooit werklik geken as kind nie. Hy was altyd weg en ek, ek het by oumamma gebly en by oupa. Het hom maar selde gesien en ná my ouers geskei is in my twaalfde jaar, nog minder gesien. Op vyf-en-dertig raak ek en hy vriende; nooit pa en dogter nie, maar baie goeie vriende. Saam gekuier, rondgeloop, forel-gevang, lekker gelag, gedeel. Daardie jaar vertel hy my vir die eerste keer in my lewe, hy is lief vir my, trots op my - dit was té laat vir my. Tot hy in 2006 aan Alzheimers oorlede is, het ons ’n baie mooi paadjie saamgeloop. ’n Onmenslike wrede lyding was sy einde. Mag hy rus hê vir sy siel. Vrede vir jou, my Pappa. My mamma, ’n pragtige vrou, natuurlike rooikop met groen-groublou oë, goed opgevoed, ’n ware dame. Maar soos ek, het mamma haar eie seer en diep donker geheime gedra, nooit dit gedeel nie, weggesteek, voorgegee alles is reg, terwyl alles die teenoorgestelde was. Deel nou nog nie haar pyn nie. Mag sy haar vrede vind, my Abba, soos ek my vrede gevind het in U. Vinnig om te oordeel, vinnig om uit haar eie seer na ander te slaan, ook na my soos ek na haar, die een ’n kloon van die ander, net so liefdeloos grootgeword soos ek, het nie liefde geken nie, kon dit nie gee nie en kon dit nie deel nie.

Create PDF files without this message by purchasing novaPDF printer (http://www.novapdf.com)

Page 3: Van donker na Lig Van Satan se gevangenis na die Ewige Lewe - …nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/02/... · 2012. 2. 22. · Hoogmoedig, statusbewus en trots, teenoor my hard

Hoogmoedig, statusbewus en trots, teenoor my hard en koud tot ons versoening November 2007. Dankie, Abba Vader, dat ek haar liefde - regte moederliefde - kon smaak, voordat dit té laat was vir my en vir haar. Oupa is vroeg dood, mooi waardige ou man, sagte bruin oë. Hy leer my tee en koffie maak toe ek lank genoeg is om die ketel by te kom. Ek maak dit vandag nog so. Ek mis hom, was lief vir hom, moes sy ou botteltjie in die waenhuis wegsteek sodat oumamma dit nie sien nie - sy sou geraas het. Moes hom soen – sy koue stywe lippe daar waar hy in sy kis gelê het; sy hande mooi op sy bors gevou. Sal dit nooit vergeet nie, hoe koud hy was, hoe snaaks hy geruik het, nie soos oupa nie. Ek was in standard twee en in ’n koshuis toe hy dood is. Oumamma, sy was eintlik my mamma, groot, hard, streng, niks sag aan haar nie tensy sy jou alleen kry vir ’n vinnige, vlugtige liefie. Bang vir mense. Sien sy kon liefde gee. Haar geheime was ook diep verborge; haar storie en oupa se storie: wie ken die waarheid? Nie ek nie. Haar heengaan het ’n groot gat in my psige gelos wat niemand ooit weer kon vervul nie. Sy was uniek, enig in haar sort. Sy was my enigste vaste anker vir baie jare van my lewe. Toe ek na myself begin soek, vertel pappa vir my dat my mamma so teen seks gekant was, dat hy tydens hul huwelik die kamerdeur moes oopbreek om toegang te verkry. Wat in daardie kamer gebeur het, los ek vir die verbeelding, maar vir my het die storie baie antwoorde gebring. Ek het my lewe lank geweet mamma is nie lief vir my nie; ’n kind kan dit aanvoel, ’n mens se siel kan voel as iemand jou liefhet of nie. Ek dink baie vrouens het hierdie “wittebrood-verkragting” in die ou dae deurstaan. Ek weet ek was die produk van ’n verkragting – ek is nege maande ná die huweliksnag gebore. Soos mamma my pappa liggaamlik verwerp en die seksdaad as afskuwelik beskou het, so het sy die vrug van die verkragting verwerp en verafsku. Ék was daardie vrug, vrot van my vorming af.

Create PDF files without this message by purchasing novaPDF printer (http://www.novapdf.com)

Page 4: Van donker na Lig Van Satan se gevangenis na die Ewige Lewe - …nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/02/... · 2012. 2. 22. · Hoogmoedig, statusbewus en trots, teenoor my hard

Ek was baie goed versorg as kind, het ontwerpersrokkies gedra, in ’n pragtige huis gewoon, net die beste geëet en drink, maar liefde en die aanraking van ’n moeder het ek nooit geken of ervaar nie. Ek het gegril die kere wat ek aan haar moes raak of soen. Net die gedagte aan enige fisiese aanraking met haar was vir my ’n weeklange gril. My enigste suster is veertien maande ná my geboorte gebore. Sy is met ’n ernstige longsiekte gebore en was so te sê die eerste twee jaar in die hospital. Mamma kon nie na my kyk, werk en na haar omsien nie, so met my eerste skool jaar is ek na my grootouers uitgeskuif. Ek weet vandag sy moes die keuse maak tussen ’n gesonde sterk kind en een wie se lewe aan ’n draadjie gehang het. Ek is self ’n moeder, ek sou dieselfde gedoen het, maar ek het nooit as kind verstaan waarom sy my vir oupa en oumamma weggegee en my suster vir haarself gehou het nie. Ek was té klein, en hier klein-klein, groei die verwerping. Jaloesie en haat teenoor die uitverkore blou-oog kind, die een wat mamma bo my verkies het, die een waarvoor sy my weggee, word my metgeselle. ’n Klein kindjie kan haat. Ek onthou hoe dit gevoel het as ek vir die pieperige dingetjie moes kyk wat kamma my suster was, die uitverkore een. Haar het ek met ’n passie gehaat tot ons versoening deur die donker maande van ons pappa se lyding voor sy dood. Op vier-en-vyftigjarige ouderdom (Januarie 2008) speel ek en sy vir die eerste keer saam in ’n swembad, soos twee kinders, soos twee susters en ek huil my dankbaarheid uit teenoor my Skepper vir hierdie wonderlike voorreg om haar te ken as suster en as mens. Nooit in my kamtige wysheid het ek ooit besef dat sy so swaar aan haar eie seer dra soos ek aan myne nie. Vader, vergewe my die haat en oordeel. Ek het altyd gewens ek het ’n broer, een wat saam met my kon lag en speel en hardloop. Hierdie wens het Abba Vader baie jare later in my lewe vir my laat waar word. Hy het vir my drie broers gebring, maar dit is ’n storie vir later. My ma se broer en suster was nog vir ’n rukkie in oumamma en oupa se huis. Oompie leer my met baie geduld fietsry, trek dorings uit en

Create PDF files without this message by purchasing novaPDF printer (http://www.novapdf.com)

Page 5: Van donker na Lig Van Satan se gevangenis na die Ewige Lewe - …nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/02/... · 2012. 2. 22. · Hoogmoedig, statusbewus en trots, teenoor my hard

betaal my ’n pennie om sy rug te krap. Hy word groot en verdwyn in die weermag en uit my lewe vir baie donker jare. My ma se suster leer my vir ’n kort rukkie popspeel, prentjies knip, huiswerk doen en ander vroulike dogtertjiedinge voor sy in die stad gaan woon om skool by te woon en ek bly alleen agter. In hierdie jaar word ek ernstig siek. Hulle diagnoseer Hodgkinson-siekte, ingewande kanker. Ek gaan vir ’n reuse operasie en my mamma het te vertel dat die prognose nie goed was nie. Sy vertel ook ’n ander verhaal. (Ek het die storie in haar eie handskrif in my besit.) Dit lui dat sy ná die diagnose en operasie op my so oorweldig was deur al die spanning met twee siek kinders – alleen gespartel in my pappa se afwesigheid – dat sy eenvoudig buite op haar knieë neergesak het, haar gesig in haar hande en geween en gebid het vir uitkoms. Daar het sy blykbaar Abba Vader belowe dat indien Hy my sou spaar, sy my sou grootmaak om vir Hom van diens te wees. Mama, Abba het u gebed verhoor in 2007, dankie, ek is innig dankbaar vir u vele gebede oor een ongehoorsame en hardkoppige kind, dankie mama, dankie Abba. Sy het opgestaan en die huis binnegegaan. Die volgende oomblik, vertel sy, staan daar ’n onbekende man en vrou in haar kombuis. Sy het nie geweet van waar hulle kom of hoe hulle in haar huis gekom het nie, want dit was ’n afgeleë plaashuis. Sy skryf dat hulle vir haar ’n pamflet met die naam op van ’n bekende vroulike geloofsgeneser gegee het. Die man en vrou sê toe vir my mamma dat sy my dadelik na die vrou toe moet neem met my ontslag sodat sy die hande op my kan lê. Soos hulle gekom het, so is hulle toe weg – sy weet steeds nie hoe nie. Sy sê daar was geen voertuig nie, sy het niks gehoor of gesien nie, hulle was net weg. Met ’n terugblik oor my lewe het ek my eie teorie gevorm, maar ek bêre dit vir later lees, ná ’n ander dramatiese ingryping in my lewe. Sy het toe ook so gedoen. Ek kan glad nie die gebeure onthou nie. Die vrou het oor my gebid en haar hande op my gelê. Ek onthou die tyd in die hospitaal, ek onthou die operasie en die seer, onthou my vyfde

Create PDF files without this message by purchasing novaPDF printer (http://www.novapdf.com)

Page 6: Van donker na Lig Van Satan se gevangenis na die Ewige Lewe - …nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/02/... · 2012. 2. 22. · Hoogmoedig, statusbewus en trots, teenoor my hard

verjaardagpartytjie in die kankersaal saam met die ander siek kindertjies, ek onthou die seuntjie wat dood is, maar kan die vrou glad nie in daardie tydvak plaas nie. Ek het haar wel ontmoet toe ek heelwat ouer was. My mamma sê ek het haar vertel tydens die handoplegging het ek goue strale uit die vrou se hande sien kom en dat haar hande baie warm was, maar ook dit kan ek nie onthou nie. Met die opvolgondersoeke en toetse bevind die twee betrokke geneeshere dat daar geen teken van kanker in my ingewande is nie. Dit was vir hulle onbegryplik aangesien hulle in besit was van die vorige ondersoeke se x-straalplate en toetsuitslae asook die biopsie-uitslae wat gedoen is ten tye van die operasie. My mamma het hulle vertel van die geloofsgeneser en hulle het haar uitgelag, gesê die kanse is nul en dat bittermin mense ooit dié siekte oorleef. Haar geloof het gestaan en Abba Vader het my lewe gespaar. In die tyd word ek deur ’n vrou in oumamma se huis gemolesteer. Ek kan nie praat nie. Ek is bang. Wie gaan my glo? Vir troos begin ek eet en my psige kry nog metgeselle by: wantroue in die mens en ’n diep skaamte en vrees. Vrees het van daardie nag af in my gebly. Ek het gedink dit is my skuld. Ek was vyf jaar oud, in graad een en ek begin my bed natmaak, elke nag. Só maak ek bed nat in die loop van die jare tot ek in die huwelik tree. Ek onthou een aand aan tafel eet ek brood en konfyt. My pappa en mamma was daar en sy sê iets omdat ek so baie eet. My pappa antwoord: “Laat sy vreet tot sy kots.” Hierdie woorde het ek nog nooit vergeet nie. Hy wou seuns gehad het, maar is toe met twee dogters gestraf. Daar was geen liefde vir my nie tot dit amper té laat was vir my. Miskien het my psige gedink of geglo die vetlaag om my liggaam sou die mens van my af weghou. Ek kon geen aanraking verdra of verduur nie, netso kon ek my eie kinders nooit liefkoos. Ek kon hulle bad en aantrek en versorg, maar aanrakingsliefde het hulle nie gekry nie. Net so min liefde as wat ek gekry het, net so min kon ek uitdeel. Ek het dit nooit geken nie, nie geweet wat dit was of hoe dit voel nie.

Create PDF files without this message by purchasing novaPDF printer (http://www.novapdf.com)

Page 7: Van donker na Lig Van Satan se gevangenis na die Ewige Lewe - …nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/02/... · 2012. 2. 22. · Hoogmoedig, statusbewus en trots, teenoor my hard

Van ’n vriendelike vrolike dogtertjie het ek in die eerste vyf jaar van my lewe na stug, opstandig, ongehoorsaam en vet verander. Ek onthou wie ek was; ek onthou elke vrou wat ek ooit was en ek was baie vrouens oor baie jare. Van standard een is ek en my suster vir twee jaar in ’n koshuis geplaas en met oupa se afsterwe trek oumamma na mamma en ons twee trek toe in waar my mamma en tante woon. Ek is sielsongelukkig in die elite-skool, in daardie rykmanshuis. Ná oupa se dood is oumamma so anders, so heeltemal geïsoleer van my. Ek voel verstote en verlate. Ek en my suster word nooit maats nie. Ek pes en treiter haar soveel as wat ek kan, want ek het haar werklik verafsku, die blou-oogprinses. My pappa is selde of ooit by die huis. Baie keer hoor ek my mamma in die kamer langsaan huil en kry baie keer my oumamma aan die huil. My lewe heel deurmekaar. Geen vreugde in hierdie huis van vrouens nie. Geen liefde of warmte nie, geen gelukkige gesigte nie. Net voorgee alles is piekfyn as ander mense kom kuier. Maak of alles reg is, asof jou lewe blom. Die tye wat pappa by die huis is, en dit was selde, hoor ek hom en mamma in die badkamer argumenteer – hulle het nooit voor ons baklei nie. Nooit in my lewe het ek gesien dat hulle mekaar liefkoos, druk of soen nie. Daar was ’n diepe afsydigheid tussen hulle, ’n koue wat ek selfs as kind kon aanvoel. So ook oupa en oumamma: hulle het nooit aan mekaar geraak nie; nie waar ek kon sien nie. Ek weet vandag hoe ongelukkig en onvervuld my ouers se huwelik was. Ek is nou mooi groot en het insig en begrip in die dinge wat agter lê. Hulle albei was seer, onvervulde mense vasgevang in ’n liefdelose huwelik. Hoekom hulle ooit getrou het, gaan my verstand te bowe, want hul het slegs twee liefdes gedeel, die liefde vir roomys en goeie klassieke musiek, niks anders nie. My mamma is ’n beeldskone vrou. Sy het hard gewerk, ons ’n goeie opvoeding gegee, die vrag van huis en kinders en ma op haar gedra. My pappa was nie daar vir haar nie. Hy het vir maande aaneen weg van die huis gewerk en as hy ’n slag by die huis was, was daar ’n tranedal in hulle badkamer.

Create PDF files without this message by purchasing novaPDF printer (http://www.novapdf.com)

Page 8: Van donker na Lig Van Satan se gevangenis na die Ewige Lewe - …nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/02/... · 2012. 2. 22. · Hoogmoedig, statusbewus en trots, teenoor my hard

Sy was sielsongelukkig en het vertel dat sy teen haar sin met hom getroud is omdat hy die beter keuse was. Die ander man in haar lewe was ’n polisiebeampte – hy was blykbaar nie goed genoeg vir oumamma nie. In my elfde jaar, met pappa steeds weg van die huis, begin ’n man by my mamma kuier. Eers saam met ’n vrou en vier kinders. Ek onthou die vrou, sy het gestink vir my, sy was vrot van die kanker. As kind het ek dit glad nie verstaan nie, die aardige reuk wat om haar gehang het. Sy is etlike maande ná die eerste kuier oorlede. Van toe af het die man alleen by Mamma gekuier of hy het sy tweede oudste dogter saamgebring om my besig te hou en onder hulle voete uit. Die man was die polisiebeampte uit my mamma se jong jare voor sy getroud is. Dit blyk hy was haar ridder op die wit perd. Ek het hom absoluut verafsku tot ’n kort tydjie voor sy dood. Van dag een kon ek hom nie verdra of verduur nie, hy was vir my die toppunt van afskuwing, totaal afstootlik. Dit was asof die donker wat reeds in my gelê het, die donker in sy psige kon optel. Ek het as elfjarige geweet dat hy die duiwel se broer was. Dinge eskaleer, oumamma raas, mamma huil, oumamma trek weg met my tante en gaan woon in ’n woonstel in die stad. Sy wil geen deel of aandeel hê aan dit wat kom nie. Sy het die man verafsku tot met haar dood baie jare later. En ek, ek bly agter, weer verstoot, weer opsy geskuif, die keer deur oumamma wat vir my mamma was. Sy los my by die vrou wat ek nie regtig wil ken nie, by ’n suster wat ek nie wil hê nie, in ’n huis waar ek nie wil bly nie, waar hierdie afskuwelike man by my ma kuier dat die biesies bewe. Die een ding lei toe tot die logiese einde en die Desember van my twaalfde jaar skei my pa en ma, alles verby. Oornag verhuis ons vanaf skuldbult-rykmansbuurt na ’n semi-huis met ’n buitetoilet (slop-emmerstelsel) waar ons letterlik alles met die vier ander kinders moet deel. Drie dae ná die egskeiding se finale bevel, trou my mamma met haar ridder op sy wit perd en ’n lewe van onbeskryflike hel begin vir die ses kinders vasgevang in daardie huis van euwel, ’n misoes ouerhuis,

Create PDF files without this message by purchasing novaPDF printer (http://www.novapdf.com)

Page 9: Van donker na Lig Van Satan se gevangenis na die Ewige Lewe - …nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/02/... · 2012. 2. 22. · Hoogmoedig, statusbewus en trots, teenoor my hard

’n plek van wanhoop, geweld en waansin, haat en voorgee alles is "fine en dandy". Op my mamma se troudag met die ridder, nadat hulle by die huis gekom het, roep sy my en my suster na die voorste stoep trap en beveel ons dat ons die man nou op ’n gegewe titel sal aanspreek, welke titel ek nie eers bereid is om hier te tik nie - ek het steeds ’n totale afsku aan die woord en weier om dit oor my lippe te laat gaan. Ek het prontuit geweier om hom as pappa aan te spreek toe kom sy met hierdie titel. Dit was ’n opdrag en sy het die aanspreekvorm van ons vereis. Netso is daar aan haar ’n titel gegee vir die ander kinders. Só moes ons die gelukkige perfekte familietjie beeld uitdra na buite sodat die woordjie “stief” nie genoem word nie. Die perfekte, goed aangepaste, volmaakte gesin, ses ou kindertjies in ’n ry soos eendjies, diaken-pappie vooraan, trotse mamma aan sy hand, elke Sondag in die kerk se voorste ry. Niemand het geweet wanneer die deur by die huis agter ons toegaan welke hel ons as kinders moes deurmaak nie. Ek kan nie vertel van die ander, slegs my eie, hulle storie, is hulle eie, soos hulle waarheid hulle eie is. Drankmisbruik, kinders aanrand, vloek en skel en erger was aan die orde van die dag; straf vir alles, slegsê, afkraak en dan ellelange gebede en "boekevat" by die eettafel met ’n dawerende stem. Dit was siek, die atmosfeer siek en giftig van haat, nyd, tweespalt, opstand rebellie, ongehoorsaamheid, ongevoeligheid, liefdeloosheid, onbegrip, oordeel, vooroordeel. Al hierdie dinge het deel geraak van my psige in daardie huis en voorgee. En kon ons voorgee. Ons is met die dood gedreig as ons iets vir die gesiene familie sou sê; as ek sou waag om iets vir my pappa oor wat daar aangaan, sou uiter; as ek ’n woord by my oumamma, so ver van my af, sou durf kwytraak. Ek vra een aand vir die man ná so ’n vieslike sessie met die een kind waarom hy "bodder" om godsdiens te hou en te bid, want volgens my twaalfjarige wysheid was daar nie iets soos ’n Hemelse Vader nie. Hoe kon daar wees as ses kinders se lewens hel op aarde was? Ek het nie geglo dat enige ander hel erger kon wees nie. Sy antwoord? Hy doen dit vir ingeval daar ’n Hemelse Vader is – die diaken se eie woorde.

Create PDF files without this message by purchasing novaPDF printer (http://www.novapdf.com)

Page 10: Van donker na Lig Van Satan se gevangenis na die Ewige Lewe - …nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/02/... · 2012. 2. 22. · Hoogmoedig, statusbewus en trots, teenoor my hard

Een aand het hulle uitgegaan en laat die nag goed gesuip by die huis aangekom. Ons kinders was lankal aan die slaap, maar sy en die ridder maak my met ’n geroosterde broodjie wakker. Ek was half deur die slaap. Hulle twee staan in my kamer en por my aan om te eet terwyl hulle rondval en giggel. Ek eet toe, maar kon nie verstaan waaroor die lag gaan nie; hulle het histeries gegiggel soos dronkies doen. Die volgende oggend hou die gegiggel steeds by die ontbyttafel aan. As die twee vir my kyk, vou hulle op. Toe bars ’n lagstorm van faam los, ek vra toe wat is so ongelooflik snaaks aan my? My mamma vertel my met groot smaak dat hulle twee my met ’n lekker truuk gevang het. Ek vra toe watse truuk? Haar antwoord: “Die broodjie wat jy laas nag geëet het was gebraaide rot.” Die ridder het hom gevang en geslag, my mamma het hom gebraai en vir my, haar eie kind, haar eersgebore kind, gegee om te eet terwyl sy lag saam met haar ridder terwyl ek, haar kind, daardie rot se vleis eet. Vir my as mens was dit die finale en totale bewys dat my eie ma my gehaat en verafsku het. Ek was baie verneder en diep seergemaak deur hierdie voorval en deur die jare het ek haar daaraan herinner, baie keer. Haar verweer was dat dit ’n grap was. Vir my was dit nie ’n grap nie. Dit het ’n baie diep wond in my menswees geslaan en ek het my ma begin haat, net begin haat, die regtige haat het later geblom. Ek het vir haar en haar ridder soveel probleme as moontlik geskep nes ek kon, nes die geleentheid hom voorgedoen het, het ek pyn uitgedeel want ek het in pyn gelewe. Kort voor my veertiende verjaardag ruil ek my buskaartjie by die skool vir ’n sigaret. O ja, ek het leer rook by die een meisiekind en dit was lekker. Ek was nog altyd lief vir stap en die ent van die skool af tot by die busterminus in die dorp was net ’n spoegie ver vir my en die ou sigaretjie het tog so goed gesmaak.

Create PDF files without this message by purchasing novaPDF printer (http://www.novapdf.com)

Page 11: Van donker na Lig Van Satan se gevangenis na die Ewige Lewe - …nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/02/... · 2012. 2. 22. · Hoogmoedig, statusbewus en trots, teenoor my hard

Ek het dit reeds vantevore gedoen. Dit was niks nuuts nie, en ek het dan altyd gestop by die een kafee op die hoek vir ’n ietsie te drink as ek die geldjie gehad het. Die man van die kafee was altyd baie vriendelik en die dag toe ek nou weer die kaartjie ruil vir die sigaret, stap ek so op my gemak na die busterminus toe in die dorp, sou in tyd wees vir die 3:30-bus. Oorkant die kafee was daar ’n gebou wat hulle besig was om te sloop. Daar was sulke sinkplate op die sypaadjie geplant soos die bouers maar maak. Toe ek daar verbyloop, roep iemand na my vanuit die gebou. Ek kyk en sien dit is die man van die kafee. Ek ken hom mos, hy is vriendelik. Ek het niks snaaks gedink nie, nog niks geweet nie, ek was ’n maagd, het nie geweet ’n man se goete lyk anders as myne nie. Hy was ’n groot mens wat my geroep het, ek het hom geken en nader gegaan. Eers toe ek binne is, het ek met ’n spoed agtergekom dat daar by hom geen vriendelikheid bedoel was nie, dat hy geen hulp of so iets nodig gehad het nie, dat hy ander planne met my gehad het. Kind of nie, en daar in daardie gebou, voor drie ander verander hy my in die mens wat ek vir die volgende veertig jaar geword het. Die pyn en die vernedering, die afskuwelikheid van dit wat daardie dag met my gedoen is, het vir die volgende veertig jaar my uitkyk op die lewe, op mans en op die mens ingekleur, my van die Lig weggedraai, my in ’n vreemde wese verander, iets wat jy nie ken nie, iets wat mens geen begrip voor het nie. Ek was ’n onskuldige kind, nadergeroep deur ’n grootmens en hy en sy vriende het my verander deur wat gedoen is in daardie gebou, aan my, aan my liggaam, aan my siel, aan my gees. Hoe hulle my daarna hanteer het, het ná daardie dag vir my die prop op enige normale geestelike en emosionele groei gesit. Ek het daar emosioneel opgehou groei, geestelik het ek met rasse skrede gegroei, maar nie in hemelse geestelikheid nie, demoniese geestelikheid, duiwelse geestelikheid. Een kind het daar ingestap, baie het in my gewoon toe alles verby was. Helder oordag verander ek van iemand wat ek geken het na iemand totaal vreemd hierbinne. Dit is steeds onwerklik werklik, want hoe vertel jy vir iemand daar is ander mense binne jou. Ek het vere geweet

Create PDF files without this message by purchasing novaPDF printer (http://www.novapdf.com)

Page 12: Van donker na Lig Van Satan se gevangenis na die Ewige Lewe - …nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/02/... · 2012. 2. 22. · Hoogmoedig, statusbewus en trots, teenoor my hard

van bose geeste en demone en al daardie dinge, vere geweet van mans en vrouens en wat hulle doen. Vandag verstaan ek as ek die woorde lees "En hulle sal een vlees word" so ook verstaan ek die woorde " Wie teen sy eie liggaam sondig, sondig teen homself", dink daaroor, dink wat Abba hiermee vir jou wil sê, wat ek vandag vir jou wat hier lees wil sê. Ná my verlossing 4 April 2007 het ek eers geleer dat demone oorgeplaas word gedurende seksuele omgang. Vandag weet ek dat ek daardie dag nie net een nie, maar ’n paar demone opgetel het wat in my reeds versteurde psige ’n warm, veilige en lekker woonplek gevind het. Daar was pitkos vir hulle binne in my: verwerping, wantroue, rebellie, jaloesie, nyd, ongehoorsaamheid, opstandigheid, ongeloof en al die ander mooi eienskappe wat ek in my liefdevolle lewe opgetel het. Die grootste prys vir hulle was egter die saad van ’n bitter haat wat in my gelê het. Hierdie haat was maar net die begin van ’n baie lang pad; ’n grusame leerskool wat in die jare vorentoe vir my gewag het. Ná die voorval lees mamma vir my uit die Skrif dat ek die “hoer van Babilon” is - dit staan in Openbaring. Sy gil en skreeu, verwyt en sê sleg terwyl sy my tussendeur “hoer van Babilon” noem. "Never mind" dat ek heeltemal verward, stukkend daar lê. By die hospitaal se noodafdeling druk nog ’n vreemde man, nog vreemde goed in my liggaam asof ek nie genoeg verneder en verskeur was nie en daar word druk sameswerings oor my kop asof ek nie ore het nie, gevoer. Asof ek nie kan hoor wat gesê word nie. Ek het die aanvaller geïdentifiseer. Ek het mos geweet wie hy is, ek kon net nie sy pêlle se name gee nie, het hulle nie geken nie. Sou later vasstel die een ander was die slaghuisman op die ander hoek van die straat. Van die ander twee het ’n kollega my jare later vertel. Terwyl ek in die hospitaal lê, jaag moeder en haar ridder na die ou se kafee en sy gaan klap hom op sy wang terwyl hy vir haar sê ek is die klein hoer. Nooit ooit het my mamma met my oor hierdie voorval in my lewe gepraat nie. As ek daaroor gepraat het, het sy dit eenvoudig

Create PDF files without this message by purchasing novaPDF printer (http://www.novapdf.com)

Page 13: Van donker na Lig Van Satan se gevangenis na die Ewige Lewe - …nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/02/... · 2012. 2. 22. · Hoogmoedig, statusbewus en trots, teenoor my hard

geïgnoreer en daarna as “daardie tyd toe jy met die Grieke deurmekaar was”, verwys. Sy het my nooit geglo of vertroos of vasgehou of liefgehad nie. Nooit nie. Tot in my twee-en-vyftigste jaar, het ek haar liefde nooit in my gees ervaar nie. Sy moes eers oud word en ek moes eers my pad loop voordat Abba ons versoen en heelgemaak het, vergewe het. Van die hospitaal is ek na ’n psigiatriese hospitaal in Johannesburg geneem asof ek die skuldige was wat tronk toe moes gaan. My aanvallers het vrygeloop en gelag. Geen klagte is ooit teen hulle gelê of ’n ondersoek gedoen nie. Hulle het gelag en geloop om ’n volgende kind of vrou soos ’n pak hiënas aan te val en te verskeur. Nooit het hulle die binnekant van ’n sel of ’n hofgebou gesien nie - hulle het gelag en geloop. Nadat ek grootgeword het, hard geword het, sterk geword het, voor my dertigste verjaardag, het ek in daardie kafee ingeloop en vir hom gaan staan en kyk en vir hom gereeld gaan sê dat hy moet wonder of hy nog ’n jaar gaan hê om my weer te sien; dat hy moet wonder as hy daardie aand gaan slaap of hy weer ’n oggend gaan sien; dat hy moet wonder of hy weer ’n son sal sien sak. Ook het ek tred gehou met waar hy woon, hom gaan opklop enige tyd van die nag om hom te herinner van my miserabele bestaan, te herinner wat hy aan my gedoen het, vir hom gaan wys hoe ek lyk en is. Dit was so maklik, al die wapens was in my arsenaal. Die mag was in my hand, ek het ’n blou uniform gedra, die wapens was aan my gehang, die wet was aan my kant, my agtergrond was aan my kant, my donker meester was aan my kant, my demone was aan my kant. Só het die kind wat hy saam met sy vriende besmet het, sy meester geword wat hom in bose krag en sterkte ver oortref. En hy het dit geweet en hy het in vrees gelewe. Daarvoor het ek gesorg, en dit was lekker; lekker om met bebloede klere voor hom te staan en te herinner dat as ek sou wou, syne die volgende bloed op my uniform sou wees. Dit was my suiwer vreugde om die man so te martel, jaar na jaar vir baie jare. My laaste besoek aan hom was ongeveer 1996. Ná dit het ek ’n kluisenaar geword.

Create PDF files without this message by purchasing novaPDF printer (http://www.novapdf.com)

Page 14: Van donker na Lig Van Satan se gevangenis na die Ewige Lewe - …nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/02/... · 2012. 2. 22. · Hoogmoedig, statusbewus en trots, teenoor my hard

My meester het my goed skerp gemaak en ek was so oneindig lief vir bloed en pyn, ander s’n. Ek het gelewe om pyn te bring, seer te maak. Dit was lekker om te vernietig en te verwoes, trane te saai, dorings en distels te saai. Maar soos ek gesaai het, het ek ook gemaai, trane, dorings en distels. Maar ek was te dom-onnosel om dit te besef; nooit gesien dat my eie keuse om binne die vrot te bly, die pyn so ondraaglik gemaak het nie. Vir veertig jaar was ek dom-onnosel, blind, eiewys, bestuur deur haat en aan die stuur my donker meester en sy trawante en my eie ek. Ek het almal om my verwyt en vervloek en kwalik geneem vir keuses wat ek self gemaak het. Elke besluit wat ek geneem het, was vir self. Ek was heeltemal gevoelloos, emosieloos, dood van binne en het mense verafsku, mans gehaat, alle mans, nie net party nie. Die enigstes wat ooit my haat vrygespring het, was die broers wat Abba Vader op Sy eie tyd vir my gebring het. Terug na die hede, sit ek toe nou op die ryp ouderdom van dertien in ’n malhuis, inderdaad versteur maar mal? Dit was pleinweg ’n malhuis vir malles en ek was in ’n kamer saam met drie mal vrouens wat baie jare ouer as ek was en "weird" verby. Ook het hulle ons daar toegesluit en daar was dik tralies voor die venster. Ek kon nie eers daar uitklim om weg te loop nie, want het ek een kans gekry, was ek weg, die strate in en "so help me", hulle sou my nooit weer gekry het nie. In die dag was jy toegelaat om in die ommuurde privaattuin te sit of stap, daar was orals "orderlies". Die een mal man wat daar was, het knaend sy privaatdeel uit sy broek geruk as hy my sien en dit rondgeswaai. Geeneen kon dit miskyk nie. Daar was ’n ander jong meisie wat anoreksies was. Sy was in die kamer langsaan myne by haar eie drie malles. ’n Paar keer ’n dag kon jy haar gille hoor soos hulle haar vasdruk, ’n pyp in haar keel forseer en haar vol wie weet wat druk. Die plek sal ek nooit ooit vergeet nie. Ook nie wat daar met my gedoen is nie. Ook nie die geluide, die gille of die waansin nie.

Create PDF files without this message by purchasing novaPDF printer (http://www.novapdf.com)

Page 15: Van donker na Lig Van Satan se gevangenis na die Ewige Lewe - …nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/02/... · 2012. 2. 22. · Hoogmoedig, statusbewus en trots, teenoor my hard

Met my opname was ek stukkend en verward, dae lank onder so kwaai verdowing dat ek nie geweet het wat om my aangaan nie, en ek weet nie hoe lank dit aangehou het nie. Daar is nie tyd in so plek nie, jy is net. Ná die kwaai verdowing en die liggaamlike genesing het die sogenaamde terapie begin. Dit was nie terapie nie, dit was baie verfynde martelmetodes wat hulle op my toegepas het. Ek was mos dertien jaar oud en kon die "punch" vat. Vir opstandigheid en rebellie reguit "straight jacket", toegesluit, met niks in die sel, sagte opgestopte mure, geen kos, baie spuitnaalde. Of ’n ander lekker een was om jou in ’n baie warm bad te sit waar net jou kop uitsteek met ’n stuk seil bo-oor, en smaak my hulle het die water tot net onder kookpunt laat draai dat jy so swak is jy is nie gebore in staat om te loop nie. Baie keer het ek narkose gekry. Ek het nie eers geweet hoekom nie. Sou maar later jare uitvind dat dit elektriese breinskokke was wat hulle toegepas het. Toe begin my demoniese magte in werking kom. Hulle leer my toe dat indien ek saamwerk en “luister”, sal hulle my lei. Van daar af het dit baie makliker gegaan. Ek het net eers die stemme binne gevra wat ek moet doen en hulle het geantwoord. Die psigiater wat met my gewerk het, was tog so beïndruk dat ek so ’n modelpasiënt geword het wat so gedwee al die instruksies uitvoer, so behulpsaam is met alles, so vriendelike mooi kind. Hy het vele hipnose sessies op my toegepas. Wat hy alles aan my gedoen het, weet geen mens nie. Ek weet vandag dat daardie hipnose sessies nog poorte in my psige oopgemaak het. En die behandeling wat hulle terapie genoem het, het ’n groot deel van my langtermyngeheue so diep weggebêre dat ek jare daarna as ’n ou vrou steeds "flashbacks" gekry het. Dit het eers ná my verlossing 4 April 2007 opgehou. Vandag is my geheue in ’n puik kondisie, waar Abba jou aanraak is jou herstel volkome, dankie Abba. Aan die begin het ek nie eers besef die man speel met my verstand nie. My demone het my skerp gemaak. Van daar het ek vir hom mooi geglimlag terwyl hy sy horlosietjie aan sy ketting heen en weer swaai. Geen hipnose het ooit weer op my gewerk nie.

Create PDF files without this message by purchasing novaPDF printer (http://www.novapdf.com)

Page 16: Van donker na Lig Van Satan se gevangenis na die Ewige Lewe - …nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/02/... · 2012. 2. 22. · Hoogmoedig, statusbewus en trots, teenoor my hard

Ek het hom flou gebol, was die baas in sy kantoor, hy het dit net nooit geweet nie. My antwoorde op sy vrae was deur hulle wat binne my gewoon het, geïnspireer. Dokter Aap het absoluut geen idee gehad van wat oorkant hom gesit het nie. Hulle glo mos nie aan demone of demoniese infestasie nie; jy is sielsiek, jy was mos verkrag, is ’n probleemkind vol rebellie en nou is jy sielsiek. Die bose kind-vrou wat ek werklik was, het hy nooit ooit geëien nie. Ek het vir hom die mooiste sprokies vertel van my toekomsdrome en ideale. Min het hy geweet al waarna ek gesmag het, was om my haat teenoor die mens te gaan uitwoed – spesifiek teen my ma en haar ridder op sy wit perd. Ek het baie diep wraakdrome vir hulle twee gedroom. ’n Spesiale dieet van pyn was hulle voorland. Hulle was vir ’n rit op ’n baie wilde perd geboek. My demone het dieselfde begeerte gehad: hier moet ons uit! Vir die res van die gesiene familie is vertel dat ek vir behandeling vir vetsug opgeneem is. Op drie-en-vyftig, gedurende ’n kuier, praat ek en my suster en ek verwys na die tyd in die malhuis. Sy kyk my toe aan asof ek mal is en vra: “Watter malhuis?” Sy het ook geglo ek was vir vetsugbehandeling, want dit is wat vir hulle ook vertel is. Nou ja, daardie jaar pluk ek toe my standerd. Hoe anders? Ek was ongeveer ses maande uit die skool en moes dit toe weer oordoen. Nóg ’n skandvlek teen my naam en O wee, jy weet, wat van die gesiene familie. Hulle is so baie teen my kop gegooi. Kyk hoe slim en oulik is die een en daardie een, ensovoort, ensovoorts, tot vervelens toe moes ek aanhoor presies hoe sleg, hoe vet, hoe onaanvaarbaar en hoe lelik ek is. Die vergelykings het nooit opgehou nie. Tot hierdie dag wat ek hier sit, so lank ná my verlossing, is dit steeds dieselfde. Gelukkig is ek nou mooi groot en kan dit afskud vir wat dit werd is. Ek het nou vrede met die mensdom en sy dinge. Ek het die Vrede van YHWH Yahushua, ek loof Hom daarvoor want dit gaan alle verstand te bowe.

Create PDF files without this message by purchasing novaPDF printer (http://www.novapdf.com)

Page 17: Van donker na Lig Van Satan se gevangenis na die Ewige Lewe - …nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/02/... · 2012. 2. 22. · Hoogmoedig, statusbewus en trots, teenoor my hard

Nou ja, so is ek toe nou ontslaan uit daardie aaklige plek en terug by die huis. Daar het my sports begin, my wraak, eie ek en ek het my arme ma se lewe in hel op aarde verander. Wat ek kon doen om haar seer te maak, het ek met smaak gedoen. As ek haar te na kon kom, het ek nie gehuiwer nie. Ek het elke wapen wat ek gehad het teen haar en haar ridder op sy wit perd, gebruik. Eendag het ek hul sekerlik tot verby breekpunt gedruk. Ons het daardie tyd op so lekker ou vrot kleinhoewe gewoon. My ma is in trane en haar ridder loop my storm en dié wil sy ou truuks van aanrand probeer. Daardie dag wys my demone vir my dat ek as kind-vrou veel meer liggaamlike krag het as wat hy in sy menslike liggaam het. Hy was ’n fris, sterk ou polisiehond, maar daardie dag gee ek hom toe kês. Ek was amper vyftien jaar oud. Hy het sy agterent sewe keer oor gesien soos ek hom omgedop het en gewys het wie is baas in sy huis. Hy het my nooit weer probeer aanrand nie, nooit weer nie. Ek het hierdie opwindende nuwe ontdekking gemaak dat ek, gedurende ’n geveg, geen pyn van enige aard kon voel nie en dat ek so sterk soos ’n bees was en so vinnig soos ’n slang kon pik, geslaan het. Ek het hulle outoriteit openlik geminag, op hulle reëls en regulasies gespoeg, hulle uitgelag en gehoon. Ek skryf die dinge met geen trots in my nie, slegs met ’n diepe skaamte en die besef dat ek vir baie mense baie pyn veroorsaak het en ’n nederige dankbaarheid in my hart dat ek verlos en vergewe is. Dat my mamma my kon vergewe vir al die lelik en seer wat ek haar aangedoen het omdat ek eiewys was en nie net wou luister nie, dat Abba Vader my oë oopgemaak en vir my gewys het presies wie ek is en hoe Hy my sien. Ek weet vandag dat my rebellie, my swak en onaanvaarbare gedrag en die gedurige skandes wat ek gemaak het, haar tot breekpunt gedryf het en gelei het dat die misverstand en die gaping tussen ons twee al hoe wyer, dieper en leliker geword het, en my haat het gegroei en gedy in ’n giftige huislike atmosfeer. Ons verhuis toe van die kleinhoewe na ’n ou mynhuis in ’n ander nabygeleë dorp. Dit was my laaste skooljaar, standerd agt. Al was ek hoogs intelligent met ’n wens om wette te gaan studeer, het my

Create PDF files without this message by purchasing novaPDF printer (http://www.novapdf.com)

Page 18: Van donker na Lig Van Satan se gevangenis na die Ewige Lewe - …nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/02/... · 2012. 2. 22. · Hoogmoedig, statusbewus en trots, teenoor my hard

moeder se ridder besluit dit was tyd dat ek moet begin werk aangesien geleerdheid op ’n vroumens gemors is, want jy hoort in die kombuis, kaalvoet en swanger, of op jou rug om ʼn man te plesier. Ek moet sy Saterdagoggend-inkopies met jou deel: dit was altyd vir my die grootste vernedering as ek aangesê word om saam met hom dorp toe te ry vir die weeklikse aankope. Hy was ’n polisiebeampte, maar het skaamteloos sakke aartappels of enige ander ding wat hy kon met die uitloop opgetel en in die motor gelaai sonder om daarvoor te betaal. Van winkel tot winkel het hy hierdie “tjottjo” soos dit in polisiegeledere genoem word, opgetel, dit was ’n skandelike en ’n skaamtelose praktyk en al was ek boos, het tot ek geweet dat dit verkeerd is en hy sy uniform ’n groot onreg aandoen. Ek was nie gepla oor die steel soseer as die onreg aan die uniform nie. Sy tweede laaste stop was by die perdevleisslaghuis. Daar het hy weekliks ons huis se vleis aangekoop, perdemaalvleis, perdekookvleis, perdebraaistukke, perdebiltong, perdewors - ons het grootgeword en ek het vet geraak op gesteelde goed en perdevleis, maar het dit ook oorleef om die storie vandag hier te sit en vertel. Ek het my altyd oopgeskeur as die gesiene familie kom kuier en die ruim porsies vleis, die heerlike braaistukke waaraan hulle so smul. Onwetend het hulle almal gereeld hulle kwota perdevleis ingekry en ek het lekkergekry, hard gelag as ek vir hulle kyk. As ek dit kon eet, kon hulle mos ook. My mamma is ’n uitstekende kok en het tot hierdie blou draderige vleis lekker voorberei. My arme ma het nooit geweet dat haar ridder die huis se vleis by die perdeslaghuis koop nie - net ons kinders het dit geweet. Tot vandag kan ek die reuk van perdevleis onmiddellik eien; dit was vir baie jare deel van my daaglikse dieet. Die laaste stop was altyd die SAP-kantien waar die drank soos water vloei. Die aanloop vir die Saterdagaand se gefuif en dronk word, en kinders verskrik. Dit was elke naweek se pret. Soos hy daar uitloop, het die sports begin.

Create PDF files without this message by purchasing novaPDF printer (http://www.novapdf.com)

Page 19: Van donker na Lig Van Satan se gevangenis na die Ewige Lewe - …nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/02/... · 2012. 2. 22. · Hoogmoedig, statusbewus en trots, teenoor my hard

Daar was altyd iets nuuts om my mee te verstom. Nog ’n diepte van dronk wat anders was as ’n vorige, nog ’n lekker bollerol, ’n vet baklei, ’n ander kind se beurt om te huil en skreeu of iets in dies voege. In my veertiende jaar, ná my ontslag uit die malhuis, begin ek met dagga en enige pil waarop ek my hande kan lê, eksperimenteer. Dit was mos die hippie-era. Ek verbrand my bra’s in die straat saam met die ander hippies. Ek meng met die drek van die samelewing. Ek speel “tafeltjie-tafeltjie”. Ek doen ’n bietjie LSD. Ek woon séances by. Ek steel in die winkels, ek steel geld en sigarette, en ek verval al dieper in die bose. Die ergste sekerlik daardie jaar is dat ek my rug totaal op enige iets soos ’n Hemelse Vader keer. Ek vloek Hom, skreeu vir Hom dat my misoes van ’n lewe Sy skuld is, my ma en pa se skuld, almal se skuld is. Al die pyn in my lewe, al die vrot in my, lê ek voor Sy deur en ek groet Hom met minagting vir die volgende veertig jaar. Soos die Jode, het ek ook op my Skepper gespuug, ek het Hom ook in Sy gesig geslaan. Hom verloën soos ’n Petrus van ouds, my rug op Hom gekeer. Ek was in my veertiende jaar ongelooflik boos, maar nog redelik ongeleerd in my bose magte. Ek het geen besef in my dat ek my eie grootste probleem is nie. Dit is almal se skuld, behalwe my eie. Ek het toegegee aan die bose binne-in my, glad nie teen hulle baklei nie. Het elke Sondag in die kerk gesit – ek was verplig, dit was deel van die voorgee. Het daar gesit en die mense vervloek, Hom vervloek, die dominee vervloek. Só het my demone my gelei en geleer dat my tong skeppingsmag het. So ook vind ek in daardie jaar uit dat my vet nie saak maak nie, dat mans vir een of ander vreemde rede my onweerstaanbaar vind. Ek is nie lelik van aangesig nie, maar ’n "oil painting" dié is ek ook nie. Hulle leer my van my seksualiteit, dat dit my mag oor die wat ek haat, gee om hulle te lok en te buig en te breek tot hulle voor my voete lê en ek op hulle kan trap en kan lag terwyl ek dit doen. Daardie jaar probeer ’n man my soen en druk sy tong in my mond. Ek braak oor hom. Ek glo nie hy sal ’n vrou ooit weer soen sonder om

Create PDF files without this message by purchasing novaPDF printer (http://www.novapdf.com)

Page 20: Van donker na Lig Van Satan se gevangenis na die Ewige Lewe - …nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/02/... · 2012. 2. 22. · Hoogmoedig, statusbewus en trots, teenoor my hard

seker te maak sy wil gesoen word nie. Hy het verseker méér gekry as wat hy verwag het, ’n hele mond vol. Tot op my topgewig – tweehonderd-nege-en-veertig kilogram, ja jy lees reg tweehonderd-nege-en-veertig kilogram, nie ’n tikfout nie - kon mans my nie weerstaan nie. Daar was daardie iets in my wat vir hulle soos ’n bedwelming was, onweerstaanbaar. Hierdie een se naam was Jesebel. Ek leer eers wat haar ware identiteit is ná my verlossing. Ek het ’n ander naam vir haar gehad. Sy was ongelooflik slu en slim, het nooit iets vergeet nie, kon ’n man se swak punt met een kyk optel en dit uitbuit en gebruik.Dit was in daardie jaar wat ek al hoe meer in die okkulte belang begin stel het. My siel sing ’n euwel lied met donker lirieke. Ek is sterk aangetrokke tot pyn en bloed, hou van ander se trane, balm vir my eie verrotte siel. Ek lees boeke van moord en doodslag - reeksmoordenaars was ’n gunsteling vir baie jare en ek droom ’n droom van soete wraak. Ek luister okkulte musiek, diep en donker en euwel. En ek begin drink, alkohol; hoe meer, hoe beter, hoe lekkerder, raak ook nie gesuip nie. Ek kom op ’n stasie en daar bly ek. Kon dae lank aaneen partytjie hou sonder enige noemenswaardige effek en kry nooit babelas nie. So leer ek dat my drank inname geen perk het nie. Op een of ander manier sorg my vraggie demone dat die oormaat alkohol my nie affekteer nie. Ek sit my eerste poging tot selfmoord in: drink ’n klomp van daai blou kalmeerpilletjies, ’n hele bottel vol. Op vyftien was ek reeds moeg gelewe en het gesmag na die dood. My pogings is onsuksesvol, hier sit ek nog. Het die dood gesoek, hom uitgedaag, baie maal, hom nie gekry nie. Ek het net aan die slaap geraak en weer wakker geword. Ek het begin bewus raak van die feit dat ek ander teenwoordighede waar ek gaan, aanvoel, hulle partymaal sien. Nie mense nie, verstaan, ander geestelike wesens. Ek raak oorgevoelig vir enige teenwoordigheid in ’n plek of by iemand. Noem dit spoke as jy wil, of geeste of demone. Ek weet hulle was boos. Ek het tuis gevoel by hulle, want ek was boos. Die een kind word deur een van hulle op haar boud geklap. Die blou merk het vir maande lank gesit.

Create PDF files without this message by purchasing novaPDF printer (http://www.novapdf.com)

Page 21: Van donker na Lig Van Satan se gevangenis na die Ewige Lewe - …nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/02/... · 2012. 2. 22. · Hoogmoedig, statusbewus en trots, teenoor my hard

Ook word ek bewus van die feit dat ek ’n baie fyn waarnemingsvermoë het, dat ek vir ’n kort rukkie na ’n mens kan kyk en dan sy of haar persoonlikheid akkuraat kan opsom, sy of haar swakpunte dadelik kan identifiseer. Dat ek bewus is van privaat aangeleenthede van daardie persoon soos byvoorbeeld seksuele voorkeure, "fetishes" en fobies. Dat mense my met intieme inligting sonder om te huiwer, vertrou. Só leer ek my magte ken. Ek kry ook gereeld tye van déjà vu. Nie dat ek toe geweet is wat dit is nie of hoekom dit gebeur nie. Nou weet ek. Ek word van binne gewaarsku as gevaar my bedreig, weet altyd wanneer ek aangeval sal word uit watter oord ook al, word geleer hoe om daarteen wal te gooi. Ek is uiterlik innemend en aangenaam van geaardheid, uitgesproke, gewild, maar binne, dood en vrot. Ek is nooit bang vir die donker nie, voel tuis daarin. Nooit bang soos ander vir spoke en geeste nie, voel tuis by hulle ook, hulle was immers my enigste vriende. Ek speel met die tafeltjie en ek speel glasie-glasie en die dinge word geantwoord en ek raak al hoe nuuskieriger. Dit lyk al hoe lekkerder. Dis lekker om dinge te weet. Kennis is mag, alle kennis is mag. Dít word vir my geleer. Anders as die normale “Christelike” kind wat geleer word om die bose te vermy en nie daaroor te praat nie, want jy trek dit na jou toe, is ek in die leerskool van die bose en hulle leer hulle donker kindertjies kennis is mag en mag oor ’n ander, is alles. In hierdie lê daar ’n groot les vir elke mens wat kennis van die bose vermy. Elkeen wat nie glo dat dit bestaan nie, word wakker! Hulle is met jou, by jou, partymaal binne jou. Julle ouers wat so maklik vir ’n kind sê jy verbeel jou as die kind sê dat hy of sy ’n denkbeeldige maatjie het of dat hy of sy dinge sien wat jy nie sien nie, word wakker. Hulle is by jou kind, om jou kind. Bewapen jou met kennis, want kennis is mag om hierdie bose op hulle eie speelgrond te beveg. Sonder kennis is jy verlore. Gaan lees dit maar in die Skrifte. Kyk mooi wat sê Abba Vader vir die een wat kennis verwerp, gaan lees dit in Hosea 4:6.

Create PDF files without this message by purchasing novaPDF printer (http://www.novapdf.com)

Page 22: Van donker na Lig Van Satan se gevangenis na die Ewige Lewe - …nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/02/... · 2012. 2. 22. · Hoogmoedig, statusbewus en trots, teenoor my hard

Leer jou kind en jouself om outoriteit in die koninkryk van ons Hemelse Vader op te neem. Spreek die goed in Sy Naam aan en hulle moet vlug. Dra jou wapenrusting wat Hy jou gee en verstaan dat die geveg hier op aarde nie vlees teen vlees is nie, maar teen die bose, op ’n ander vlak – noem dit ’n ander dimensie. Wees paraat. Wees ’n soldaat met ’n swaard vir ons Skepper; nie een wat bewend staan, ongeletterd en ongeskool, oop vir ’n aanval nie. Jou geestelike wapenrusting kry jy in Efesiërs 6:10 tot 20. Gebruik dit. Dit is vir ’n doel gegee. Hierdie was my kinderjare, die dinge wat my gevorm het, my ervaring van die lewe. Ek was sestien jaar oud met ’n leeftyd se kennis van dinge wat boos is agter my, goed geskool, klaar met skool, die ridder het so gesê. My eerste menslike "onderwyser" ’n Rooms-Katolieke priester wat vir sewe jaar in Portala Tibet stydeer het, was op my horison om my op die pad te sit na die ewige verderf. Die pad sal ek deel in latere skrywes, die pad van die okkulte. As jy jouself enigsins in dit wat hier staan, erken, vra ek, bid ek, draai om, vra vergifnis, bely jou sondes, maak reg met jou Skepper en spaar jouself ’n leeftyd se ondraaglike pyn en gevangenisstraf in die tronk van Satan. Moenie jou lewe vermors, jou kanse verbeur, leef vir jou eie ek nie. Dit alles betaal jy in sielepyn en lyding op jou pad van duwweltjies wat voor jou lê. Vra my, ek het hom geloop. Laat gaan jou seer en pyn. Gee dit in Sy hand. Vergewe dié wat teen jou oortree het, al verdien hulle dit nie, en Hy, in Sy liefde en guns, sal jou vergewe en jou vrymaak, want Sy liefde is groot en ondeurgrondelik is Sy guns oor ’n gevalle mensekind wat Sy Naam aanroep. Onverstaanbaar vir my tot hierdie dag, hoe Hy my, my talle sondes en ongeregtighede kon vergewe. So eindig my skoolloopbaan op die ryp ouderdom van sestien jaar en ek begin by ’n bank werk. Het nooit eers vir ’n onderhoud gegaan nie, die ridder het die werk seker uit die bestuurder getjottjo. En ek raak groter en ouer en slimmer, boser. Die Desember voor my agtiende verjaardag besoek ek my vorige “ouerhuis” saam met die kollega en ander. Hoog gerook, goed gepil, sit

Create PDF files without this message by purchasing novaPDF printer (http://www.novapdf.com)

Page 23: Van donker na Lig Van Satan se gevangenis na die Ewige Lewe - …nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/02/... · 2012. 2. 22. · Hoogmoedig, statusbewus en trots, teenoor my hard

buite in die motor, gaan nie die huis binne nie, praat met die kinders. Die uitverkore dogter was toe in haar matriek jaar. Sý was toegelaat om met skool aan te gaan, nie ék nie. Nóg ’n rede by om haar te haat. Terwyl ek daar sit, kom daar so ’n blou gevaarte aangery, so ’n plat sportsmotor-affêre en ’n donkerkop man klim uit die voertuig. Ek vra toe die een kind wie hy is en sy sê vir my dit is die GROOT LIEFDE in die lewe van my gehate suster, dat die twee onafskeidbaar is. Die kêrels het die pad glo vrot getrap na die voordeur, want my suster was ’n mooi meisie, regtig mooi. Dit was so ’n maand of wat voor die Desember-vakansie, hierdie besoekie. Net daar sê ek vir die mense wat saam met my in die motor waarin ek sit het: “Sien julle daardie man, ek gaan hom vat.” Ek sou enigiets doen om haar seer te maak, die uitverkore prinses, die blou-oogskoonheid. Dadelik laat ek my mamma weet ek sal daardie Desember-vakansie na die huis kyk terwyl hulle vir hulle jaarlikse vakansie na die Suidkus vertrek. Die aanbod is met dankbaarheid aangeneem. Min het hulle van my bose skema geweet. Ek het die donkerkopman tegemoet gestap en myself aan hom voorgestel. Toe ek hom die kyk gee, het ek geweet hy is myne, klaar in die sak. Voordat hy daardie dag na sy meisie ingestap het, het hy reeds my uitnodiging om vir my te kom kuier, aanvaar. Min het ek geweet, min het ek verstaan watter lat ek daardie dag vir hom en vir my, vir my kinders wat in die toekoms vir my gewag het, vir my kleinkinders, gepluk het. Nou moet julle mooi verstaan, ek kon geen, letterlik geen liggaamlike aanraking verdra of verduur nie. As iemand binne my persoonlike spasie gekom het, was ek onmiddellik aggressief. Jy wou my nie kwaad maak nie. Ek was ongelooflik sterk en het nie gehuiwer om te slaan nie. Mans pakgee was my kos. Jesebel het daar waar daar die nodigheid was, oorgeneem om te vlei en te verlei. Ek kon dit nie doen nie. Daardie vrou binne in my moes die werk doen. Ek het afgeskakel, was nie daar nie. Ek hoop jy wat hier lees, begryp wat ek vir jou sê.

Create PDF files without this message by purchasing novaPDF printer (http://www.novapdf.com)

Page 24: Van donker na Lig Van Satan se gevangenis na die Ewige Lewe - …nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/02/... · 2012. 2. 22. · Hoogmoedig, statusbewus en trots, teenoor my hard

Ek was nie net een mens in my psige nie, ek was ’n paar mense binne in een mens en die een wat in enige gegewe situasie die beste resultaat verkry het, het by my oorgeneem, my psige oorgevat. Miskien kan ’n geleerde mens dit beter uitlê, ek weet nie hoe nie. By mans was dit Jesebel, my slaanwerk was die ander een, by drink en speel nog ’n ander een, by mense-kyk ’n ander een, by dinge voorspel en drome uitlê nog een. Hulle het name gehad – ek gaan dit net nie gee nie. Jare later toe ek medies ongeskik verklaar is vir werk, het ’n kliniese sielkundige vir my gesê dat dit as "Multiple Personality Disorder" gediagnoseer word. Julle moet verstaan dat so ongelooflik as wat dit klink, dit en wie jy as jouself ken, verdwyn in ’n heeltemal ander persoonlikheid, met heeltemal ander spelreëls. Ek weet nie hoe om dit vir julle beter te beskryf nie. Ek, die een wat tussen hulle gebly het, was ’n bang en eensame kind in ’n diep donker vasgevang waarvoor ek geen begrip gehad het nie. Ek was ’n geslaglose "drone". Ek was wreed en gevoelloos teenoor menslike lyding, het letterlik geen emosie ervaar nie totdat die bang en eensame ek saans in my bed geklim het en die nagmerries my bloots gery het. Ek was ’n ongelooflike sterk, aggressiewe homp vleis wat blindelings uitgeslaan het as die koue waansin binne my oorneem. Ek was ’n geharde drinker wat geen effek van alkohol getoon het nie. Pille en dagga het my slegs vir kort rukkies eufories gemaak. Tot my verlossing het ek nag vir nag hierdie nagmerries so gekry. Baie nagte my huismense in sweet en bewing, huilend van vrees, wakker gegil. Dit het oor die jare net erger en erger geword, soos ek dieper en dieper die donker en die okkulte in is. Dit het gemaak dat ek té bang was om te slaap. Ek het myself gedryf totdat ek letterlik van pure uitputting omgeval het vir ’n paar uur se vergetelheid om net weer myself wakker te gil. Ook het ek handevol slaappille gedrink met die hoop op vergetelheid. Niks het gewerk nie. In my gemoed en gewete was daar geen vrede nie.

Create PDF files without this message by purchasing novaPDF printer (http://www.novapdf.com)

Page 25: Van donker na Lig Van Satan se gevangenis na die Ewige Lewe - …nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/02/... · 2012. 2. 22. · Hoogmoedig, statusbewus en trots, teenoor my hard

So raak ek by die donkerkopman, my suster se kêrel, in Desember 1971, betrokke. Teen April 1972 is ek getroud met hom, swanger met die enigste lewende kind wat ek ooit in die wêreld gebring het. Ons wou nie trou nie. Ek sou en wou my kind self grootmaak. My pappa het gesê hy sal vir die baba voorsien, dat ek by hom kan kom bly, maar mamma en die ridder het ander idees gehad en o wee, julle moenie die gesiene familie vergeet nie, die skande jy weet, en die ewige voorgee. Die donkerkopman is met ’n vuurwapen gedreig, aangerand en dies meer. Die gewone, verwagte optrede, niks nuuts of snaaks daar nie. Al wat ek wou doen, was om my suster seer te maak wat ek toe mos gedoen het. My plan het in my brein soveel beloftes gehou – dink net, ek sou iemand gehad het wat net vir my lief was, ’n kind wat net myne sou wees, iets wat niemand by my sou kon steel of wegvat nie, iets wat ek nie sou moes deel nie. Net myne, myne alleen. En ek het gedroom dat ek die liefde sou leer ken, kon voel hoe dit voel, gesweer ek sal ’n baie beter ma vir my kind wees as wat my ma vir my was. So min het ek geweet, nog minder verstaan dat dinge nie so werk nie. Nie geweet ek kon geen liefde gee nie, want ek het dit nie geken nie, was nie geleer hoe dit is of voel nie, het nie geweet van nie. Dit was iets onbereikbaar, ’n droom, my droom, my eie liefdesdroom. Ek wou nie ’n man gehad het nie. Sy aanraking was vir my gruwelik. Ek het nie eers besonder baie van hom as mens nie gehou. Niks van hom of sy verlede geweet nie, gladnie sy mense ontmoet nie. Dié het ek eers ’n jaar of twee ná die troue ontmoet. Al wat ek begeer het, was iemand om my lief te hê. ’n Kind, iets om te troetel en vas te hou, en om my suster ’n lae hou daar waar dit saak maak, te slaan. Ek het hierdie man ’n geweldige onreg aangedoen en my optrede teenoor hom het die grootste aandeel in sy verval. Ek kan dit nie reg of wegpraat nie. Ek soek geen verdoeseling of verskoning of verberging van my aandeel in sy verval nie. Ek was die grootste deel van sy probleme. Min het ek geweet van hom. Hy het nooit eintlik gepraat nie, was geslote oor homself, vryelik gepraat oor sy kinderjare, broers en

Create PDF files without this message by purchasing novaPDF printer (http://www.novapdf.com)

Page 26: Van donker na Lig Van Satan se gevangenis na die Ewige Lewe - …nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/02/... · 2012. 2. 22. · Hoogmoedig, statusbewus en trots, teenoor my hard

susters, ’n groot gesin, pa vroeg dood, koshuisbrak, maar oor homself, niks, geen woord. Net dat hy sy ma gehaat het, soos ek myne gehaat het. Dít was ons enigste gemeenskaplike aanknoping – die haat. Hy het haar met ’n ysige haat gehaat. Daarmee kon ek identifiseer, geen probleem. Die arme ongebore kindjie in my liggaam. Die April voor my agtiende verjaardag is ek mevrou met ’n baba op pad, getroud in ’n pienk rok met ’n enkele orgidee as ruiker, want die dominee het gesê ek gaan my boepens agter ’n ruiker wegsteek. Daar in die kerk help ek hom toe reg deur te verwys na my klein ruiker voor die genooide gaste. Die dominee het my rondgejaag vir seks op ’n Sondagskoolkamp en ek het hom uitgelag. Hy het my verafsku, maar geweet as hy sou weier om my in sy kerk te trou, sou ek van wat hy met my probeer het, vertel. Kennis is mag, jy weet, hoor mooi wat ek jou sê, mens, kennis is mag. Weet jy, so boos en leeg as wat ek dáár, op daardie trap buite daardie kerkgebou was, het ek vir ’n oomblik, net vir ’n oomblik, gewens dit was regtig, dat ek eindelik geluk sou vind, ken, smaak. Maar toe ek in my bruidegom se oë kyk, het ek geweet, die skrif is teen die muur, net nie geweet wanneer nie, maar ek het geweet. ’n Laaste woordjie oor my ouerhuis, martelhuis, noem dit wat jy wil: daar was goeie tye, ons kinders het baie keer baie pret gehad, ons het met tye vir mekaar opgestaan en ander tye mekaar verskeur, maar goeie tye was daar. Vakansie by die see elke jaar, elke aand met ’n vol pens gaan slaap, altyd klere en skoene gehad om aan te trek. Saterdagmiddae gaan fliek in die dorp; vir vyf sent kon jy ’n kaartjie koop en vir nog vyf sent ’n lekkergoed en ’n koeldrank. Daar was ook tye dat ons almal saamgelag het, nie baie kere nie, maar daar was tye. Ek weet vandag my mamma het haar beste gegee soos haar ridder sekerlik ook syne gegee het. Ons kinders was net op die verkeerde tyd en plek gebore – ’n vals noot in hulle liefdesverhaal, ’n hele valse koor op hulle twee se stoep. Wie sal ooit weet wat presies hulle gedryf het. Die antwoorde lê nie by my nie.

Create PDF files without this message by purchasing novaPDF printer (http://www.novapdf.com)

Page 27: Van donker na Lig Van Satan se gevangenis na die Ewige Lewe - …nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/02/... · 2012. 2. 22. · Hoogmoedig, statusbewus en trots, teenoor my hard

Ek weet en besef met spyt en jammerte wat ek as kind aan hulle albei gedoen het. My eie swak gedrag het die sleg in hulle na vore gebring. Ek self was verantwoordelik. Ook aan die ander kinders wat daardie huis met my moes deel. Ek was nie ’n baie aangename huisgenoot nie en ’n slegte suster, een vol haat en nyd en geweld. Ná ek en my eie suster versoen is, vertel sy my dat sy so bang was vir my dat sy wou braak as ek naby haar kom. Wat ’n euwel herinnering om in jou eie suster vas te lê. Hoeveel trane van spyt het ek daaroor gehuil, maar spyt kom altyd te laat, soos mosterd ná die maal. Ek gaan vandag op my knieë en dank my Skepper dat hierdie vrou se hart my kon vergewe – die seer en die lelik wat ek haar deur die jare toegesnou en aangedoen het. Sy was nie skuldig nie, sy was net in my pad. Ek dank Hom dat ons twee op ons oudag, soos twee kinders, kon saamspeel, dat ons vandag susters in die volle sin van die woord is. So ook aan die ander vier kinders: twee is reeds dood, die ander deur die lewe ingesluk, behalwe die jongste, het ek geen kontak met die ander oorlewende nie. Vir al wat ek weet, haat hy my soos al die jare gelede, en vra ek Vader vergewe my die onreg teenoor hulle gepleeg, elkeen van hulle en ek dank Hom daarvoor. As dit Sy wil is, sal Hy op Sy tyd hulle wonde ook genees soos Hy myne genees het. En dat ek op my oudag ’n regte mamma het, een waaraan ek aan kan vat en vasdruk, haar sagte gekreukelde wang teen myne kan voel, haar ronde lyfie teen my kan druk, my seer teen haar bors kon uitsnik, skoongewas deur helende trane gehuil in liefdevolle mamma-arms. O my Vader, hoe bitter het ek al oor die onreg wat ek haar aangedoen het, geweeklaag; dat ek met my hart, siel en gees haar liefde deur my kon voel, steeds voel, haar warmte, haar lieflike sin vir humor, haar vergifnis kon verkry slegs deur U oneindigende guns. Met die seer wat ek gebring het, die trane en die eindelose pyn, in my lewe, het ek bittermin dinge waarop ek trots kan wees, gedoen, maar om jou ouers te minag en te haat is een verskriklike sonde wat sy prys van jou eis met pyn en ’n sielelyding. Soos jy saai, sal jy maai as jy Sy wet oortree.

Create PDF files without this message by purchasing novaPDF printer (http://www.novapdf.com)

Page 28: Van donker na Lig Van Satan se gevangenis na die Ewige Lewe - …nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/02/... · 2012. 2. 22. · Hoogmoedig, statusbewus en trots, teenoor my hard

Hy sê mooi vir jou EER jou vader en jou moeder. Hierdie gebod het ek, eie ek wat beter weet, sonder om te huiwer, sonder om te dink, so ook die res van Sy Gebooie, sonder om te dink, gebreek. Die ridder se jongste dogter, sien ek vir die eerste keer ná vyf-en-dertig jaar, ’n kort rukkie voor my verlossing. Hierdie kind het nooit enige noemenswaardige impak op my gehad nie. Sy was te klein. ’n Pragtige donkerkoppie met vreeslike mooi groot oë het ’n pragtige vrou geword, mooi van binne en buite. Sy het so ’n sagte hart, ’n jammerhart. Ek het dit nooit besef nie. Met die intrapslag in my huis ná al die verlore jare, sê die kind vir my: “As ek jou ooit iets aangedoen het, vergewe my.” Wat ’n les was dit vir my, wat ’n les in nederigheid en in liefde - dankie Abba. Ek het haar sekerlik baie meer pyn aangedoen as sy ooit aan my. Dankie vir nog ’n suster by. Só verryk my Skepper my lewe. Dankie vir jou onverdiende liefde, jou ruim en liefdevolle, sagte hart, en bowe alles, jou vergifnis. Die ridder, die man wat ek so gehaat en verafsku het, my mamma se groot liefde, het twee ernstige beroertes gehad wat hom gedeeltelik verlam gelaat het. Ek sien hom ná sy tweede beroerte - dit was ’n belewenis. Hy was ’n stewige, regop, fris man, maar nou afgebreek na niks, verkrom, half-verlam, spraak aangetas, breinskade. Hy was erg deur hierdie siekte geslaan. Toe hy daardie dag voor my huis uit ’n voertuig gehelp word, het ek gedink ’n groot lekkerte gaan my oorval. In plaas daarvan het ’n diepe hartseer en jammerte vir die arme mens oor my gekom. Ek kon dit nie verstaan nie, want mense het ek nie jammer gekry nie, niks geweet van hoe Abba Vader dinge vir jou beplan en alles vooruit weet nie. Daar in my voordeur het hierdie gewaarwordinge deur my gespoel: die jammerte, die hartseer vir hom en saam met hierdie gevoelens, het die jare se haat en bitterheid en woede uitgeloop en dit was net weg, uit my uit, ek was vry van daardie vrag. In plaas het ek daar begin wonder waarom ek aan die res van my vrag vasgehou het. Daar kuier ek en my ou vyand toe ’n hond uit ’n bos en giggel soos kinders vir al die strooi wat ek hom gegee het. My eks help hom bad,

Create PDF files without this message by purchasing novaPDF printer (http://www.novapdf.com)

Page 29: Van donker na Lig Van Satan se gevangenis na die Ewige Lewe - …nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/02/... · 2012. 2. 22. · Hoogmoedig, statusbewus en trots, teenoor my hard

en ek smokkel vir hom ’n drankie en ’n sigaret badkamer toe, laat hom skelm bakke vol poeding eet, en al die haat vir hom is weg en verby. Soos sy lewe, dit was verby – hierdie jammerte het by my gebly, die haat het nooit weer teruggekom nie. Hoe groot is my Hemelse Vader se guns; hoe wonderlik is vergifnis! Hierdie man was die beste oupa vir my kinders. Hy het hulle op die hande gedra, hulle met liefde oorlaai. So ook my mamma. Dit was asof al die liefde wat hulle ons nooit kon gee nie, op my twee kinders gereën het. My biologiese kind is absoluut soos ’n prinses behandel. My seun, aangenome, het by die oupa armsvol liefde gekry, maar my ma was terughoudend met hom want hy was nie haar bloed nie. Sy het daardie onderskeid ook met die gee van geskenkies getref – hy het altyd aan die kortste ent getrek. Dat hierdie mense vir my die ouers was wat ek nie wou gehad het nie, is ’n feit waarvoor ek nie kan wegkruip nie. Dat ek hulle gehaat en verpes het, is nog ’n feit. So ook dat ek hulle lewens na die beste van my vermoë versuur het, en dat hulle foute gemaak het van hulle kant. Tog het hulle my kinders met liefde omring. Ek was so blind, so dom, so onnosel. Vader, vergewe my, hulle het geweet hoe om liefde te gee. Miskien het ek dit net nie in hulle wakker gemaak nie. Wie sal ooit weet. Miskien omdat ek die produk van ’n verkragting was. Wie sal ooit die waarheid weet, maar wie gee nou om. Die dinge is verby, dit lê ver agter my, daar by die voet van Yashua se folterpaal het ek nou al hierdie dinge gelos, innig dankbaar dat ek deur Sy guns dit kon doen. Dankie, Abba Vader, dat ek vir die man kon dankie sê vir die liefde wat hy oor my kinders uitgestort het voordat hy na sy rus gegaan het, dat ek hom kon vergewe en vrymaak, dat U dit so bestuur het dat die vergifnis gekom het wyl ek nog in die donker was, dat U guns oor my gehad het en dat U guns oor hom, arme mens, gehad het. Rus in vrede, outoppie, ons twee se strydbyl is in Hom begrawe. So eindig my kinderjare en ek staan op die kerkgebou se trap, mevrou, swanger amper agtien jaar oud, en ek kyk na ’n toekoms onbekend, maar so donker dat ek geen lig op die horison sien nie. Ek

Create PDF files without this message by purchasing novaPDF printer (http://www.novapdf.com)

Page 30: Van donker na Lig Van Satan se gevangenis na die Ewige Lewe - …nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/02/... · 2012. 2. 22. · Hoogmoedig, statusbewus en trots, teenoor my hard

kyk na my bruidegom, die vreemdeling wat langs my staan, en ek weet hier kom ’n ding. My vrag demone saam met my, my ongebore kind in my buik, my donker wysheid, verlore, seer, leë, liefdelose kind was ek op daardie kerkgebou se trap, heeltemal onvoorbereid op wat nog voor in die pad vir my gewag het, geen "cooking clue" nie. Geen ander het daar saam met my gestaan nie. My demone was stil. Net ek, bang, vol vrees vir die onbekende môre het daar gestaan. Ek het tot hier my keuses gemaak en soos my pappa daardie dag vir my gesê het: “Jy het jou bed gemaak, lê nou in dit.” En ek het in hom gelê, vir die volgende 40 jaar, toe my dogter 12 jaar oud raak, vertel sy my sy word reeds vanaf 8 jarige ouderdom seksueel misbruik, ek word mal, ek is waansinnig ek verkoop my siel aan die hel ek sweer wraak en neem dit bietjie vir bietjie elke dag martel ek ’n ander mens geestelik dood totdat hy opeindig ’n gebroke man, ’n alkoholis. Die spreek ek met geen trots nie, YHWH sê: My kom die wraak toe, maar ek het mos van beter geweet dan nie? Jy wat hier lees, verstaan mooi wat ek vir jou sê, my eie vrye keuses, eie besluite, eie ek, geen Skepper, ek. As jy vandag staan waar ek op daardie dag gestaan het, draai om, draai terug, gaan maak reg, dit is die beste raad wat jy in jou hele lewe sal kry, draai terug. Geen mens kan ek aanspreeklik hou of veroordeel vir wat ek self gekies het vir my eie lewe nie. Dit was nie vir my nodig om in die modder te gaan lê nie. Ek kon opstaan as ek wou, dit was nie nodig om die vrot te kies omdat ek seer was nie. Ek wou. Mens noem dit selfbejammering, eie ek, sal my sin kry, kom wat wil, sal my wil afdwing, kom wat wil, sal manipuleer en gebruik, kom wat wil. Ek was in beheer, volgens myself. Nou vry, onder die drake se dak uit, baas van my eie plek, my eie lewe, gedink ek staan nou stewig aan die stuur. Het nie besef ek is net ’n gebruiksartikel in die hand van ’n diep donker en bose euwel so oud as die skepping. Sy naam was Hasatan. Hy was my meester, die een aan die stuur en ek was ’n gewillige slaaf onnosel verby, blind.

Create PDF files without this message by purchasing novaPDF printer (http://www.novapdf.com)

Page 31: Van donker na Lig Van Satan se gevangenis na die Ewige Lewe - …nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/02/... · 2012. 2. 22. · Hoogmoedig, statusbewus en trots, teenoor my hard

Ná my verlossing en baie leer van die bose vanuit die ander kamp, het ek ’n teorie gevorm wat ek met jou oor hierdie pad wat ek geloop het, sal deel. Ek noem dit die klippad en hoekom ek dit geloop het. So sal julle die verdere getuienisse van my lewe te lees kry in artikels en gedigte soos dit deur YHWH Yahushua uit my psige verwyder word, my lewe was lank sonder Hom en daar is is te veel om hier te skrywe, my sondes en ongeregtighede was ontelbaar, dankie dat julle bereid is om die pad saam met my te loop soos ek hom geloop het van die donker na die Lig van YHWH Yahushua my Verlosser.. YHWH Nissi! Hy is my Banier en my Oorwinning oor die magte van chaos. Mahdokt Walter Verbondslaaf van Yahushua Ha Mashiach

Create PDF files without this message by purchasing novaPDF printer (http://www.novapdf.com)