22

VOORWOORD VIR CMR VERSLAGcmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Humansdorp-2015.pdf · 2015. 9. 7. · Ook aan die direkteur, me Corné Erasmus, en die supervisor, me Aletta van

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: VOORWOORD VIR CMR VERSLAGcmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Humansdorp-2015.pdf · 2015. 9. 7. · Ook aan die direkteur, me Corné Erasmus, en die supervisor, me Aletta van
Page 2: VOORWOORD VIR CMR VERSLAGcmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Humansdorp-2015.pdf · 2015. 9. 7. · Ook aan die direkteur, me Corné Erasmus, en die supervisor, me Aletta van

VOORWOORD VIR CMR VERSLAG

Die CMR is ‘n diensorganisasie – nie ‘n winsgewende bedryf nie. Daarom is die daaglikse

bestaan en vooruitgang ‘n saak wat die betrokkenes spreekwoordelik gedurig op hulle knieë

hou. Is dit nie vir die bydraes (subsidies) wat die staat lewer, wat ringsgemeentes bydra, wat

deur donateurs geskenk word, fondse wat self gewerf word, en les bes, die wonderlike

bydrae wat die Lotto van tyd tot tyd lewer nie, sou die deure nie kon oopbly en diens

gelewer kon word nie. Feit is, die deure is nog oop en die werk is aan die gang!

Die Jaarvergadering 2015 staan dus waarlik in die teken van “Eben-Haeser, want tot nou toe het

die Here ons gehelp.” (1 Sam 7: 11). As ‘n Christelike diensorganisasie, wil die CMR die liefde en

genade van Jesus Christus met dade aan mense in nood uitdra. Die fokuspunt, tesame met al die

fisiese nood in die betrokke gemeenskappe, is die versorging van kinders wat nie gevra of gesoek

het om in sulke haglike omstandighede gebore te word nie. Hulle nood – honger, verwaarlosing,

uitbuiting, misbruik – skrei ten hemele. Dankie tog vir maatskaplike werkers en die onvermoeide

ywer hulp verleen, versorg en reëlings tref sodat ook hulle ‘n beter en mooier toekoms kan hê.

Dankie tog dat die CMR ook op hierdie terrein ‘n noemenswaardige rol kan speel.

Met dank en waardering wil die Beheerraad dus erkenning verleen aan die maatskaplike

werkers, hulpwerkers en administratiewe personeel verbonde aan die kantore in Humansdorp

en Joubertina, wat met toewyding, getrouheid en volharding hul verantwoordelikhede nakom.

Ook aan die direkteur, me Corné Erasmus, en die supervisor, me Aletta van der Merwe, vir

omgee, raad en leiding. Daarby aan die ringsgemeentes wat almal hul verpligtinge nagekom het

en aan donateurs wat finansieel bygedra het. Baie dankie ook aan al die voorbidders wat gereeld

by die Genadetroon intree vir hierdie groot werk en die persone wat dit doen.

Die feit dat die omvang van die werk so groot is, die eise so baie en die inkomste so min, hou ons

op ons knieë. Met geloof en vertrou – en met ‘n oproep tot volgehoue samewerking en

ondersteuning – wil ons die nuwe termyn tegemoet gaan, wetend dat “egte en suiwer godsdiens

voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te

staan en om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld.” (Jak 1:27).

--------------------------------------------------------------------------

Page 3: VOORWOORD VIR CMR VERSLAGcmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Humansdorp-2015.pdf · 2015. 9. 7. · Ook aan die direkteur, me Corné Erasmus, en die supervisor, me Aletta van

2. INLEIDING

CMR vir die ring van Humansdorp vier vanjaar sy 43ste bestaansjaar. As ons terugkyk oor

die afgelope jare en dan veral oor die afgelope jaar kan ons nie anders as om te dink aan die

verhaal rondom die vermeerdering van die brood , hoe die Here die min wat ons as nietige

mensekinders aan hom gee, gebruik en wil gebruik om ‘n skare te voed. Ons is dankbaar

dat die Here dan ook ryklik in al ons behoeftes voorsien het. Saam met die terugkyk kyk ons

ook vorentoe en sien ons met verwagting uit na die nuwe jaar. Wat sal gebeur as dit wat ons

deur ons werk wil bereik , dit wat soms onmoontlik lyk , moontlik kan raak. Ons dien ‘n God

wat die onmoontlike kan laat gebeur.

Graag doen ons verslag oor die werk van die afgelope boekjaar.

3. BESTUUR

Voorsitter: Ds Willem van der Merwe

Ondervoorsitter: Ds Steven Sass

Tesourier: Me Rene Olivier (Waarnemend)

Sekretaresse: Me Carina Heyns

Addisionele lid: Dr Andre Oosthuizen

4..VERTEENWOORDIGERS VAN DIE RING VAN HUMANSDORP

4.1 NG KERK HUMANSDORP MOEDERGEMEENTE

Ds Deon Oelofse

Me Susan du Plessis

Mnr D.P. Maree

4.2 NG KERK HUMANSDORP – OOS

Ds. De Jager

Mnr. Moolman

4.3 NG KERK JEFFREYSBAAI

Ds De Koker

E.van der Walt

4.4 NG KERK JOUBERTINA

Dr. Andre Oosthuizen

J. Botha

4.5 NG KERK KAREEDOUW

Ds. Kobus Bohnen

Mnr. Neels Scholtz

4.6 NG KERK LOERIE

M Blignault

Ds. Louw

4.7 NG KERK GAMTOOSVALLEI

Ds. J van der Merwe

G. Oosthuizen

Page 4: VOORWOORD VIR CMR VERSLAGcmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Humansdorp-2015.pdf · 2015. 9. 7. · Ook aan die direkteur, me Corné Erasmus, en die supervisor, me Aletta van

4.8 NG KERK GAMTOOSVALLEI – OOS

Ds. Stevan Sass

Danie Malan

4.9 NG KERK MISGUND

Ds. Johan Vosloo

Me L. Calitz

4.10 NG KERK TSITSIKAMMA

Ds Willem van der Merwe

Mnr Kolesky

NIE – STEMGEREGTIGDE LEDE:

Me M Bornman

Me E.C .Kritzinger

Me M Van Taak

5.PERSONEELSAMESTELLING, WERKSAREAS EN KANTOORAKKOMODASIE

CMR vir die Ring van Humansdorp funksioneer vanuit drie verskillende kantore.

Humansdorp Kantoor:

Piet Uysstraat 10,Humansdorp.

Tel:042-2951103

E.pos:[email protected]

Maatskaplike Werker : M van Taak

Admin assistent : P. Opperman

Hulpwerkers: M. Koert – Werk vanuit kantoor te Loerie (Wendy Huis)

C. Blignault Werk vanuit kantoor te Loerie (Wendy huis)

Werksareas: Gemeentes:Humansdorp, Humansdorp-Oos en Loerie

Werksareas volgens indeling van Departement Maatskaplike Ontwikkeling &

Spesiale Programme:

(Humansdorp, Loerie,Melon, Loerieheuwel en omliggende plase)

Die woonhuis wat as kantoor gebruik word is die eiendom van die CMR

Jeffreysbaai Kantoor:

Jeffreysbaai: 5 Albert Lethulistraat, Tokyo Sexwale , Jeffreysbaai.

Tel: 042-2932147

E.pos:[email protected]

Maatskaplike Werker: M. Bornman

Administratiewe assistent; Pamela Opperman

Hulpwerkers:M Blaauw werk vanuit CMR gebou te Jeffreysbaai

G. Koetan (Voldag pos) Werk vanuit CMR-gebou te Jefffreysbaai

Werksareas: Gemeentes, Jeffreysbaai, Gamtoos en Gamtoos –Oos

Volgens indeling van Departement Maatskaplike Ontwikkeling & Spesiale

Programme:Jeffreysbaai en omliggende plaasareas,Tokyo Sexwale en Pellsrus

Die kantoorperseel wat gebruik word is die eiendom van die CMR

Joubertina Kantoor

P.J.Retiefstraat 38, Joubertina

Tel: 042-2731507

Page 5: VOORWOORD VIR CMR VERSLAGcmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Humansdorp-2015.pdf · 2015. 9. 7. · Ook aan die direkteur, me Corné Erasmus, en die supervisor, me Aletta van

E.pos:[email protected]

Maatskaplike Werker: E.C.Kritzinger

Administratiewe assistent: Anita Oelofsen – Sy het einde April CMR na tien jaar CMR se

diens verlaat. Martie van Eeden is in haar plek aangestel en het 1Mei 2014 diens aanvaar.

Hulpwerker:Janet Jacobs, Tel: 042-2731507 Sy is in Mei 2014 aangestel en beklee ‘n

halfdag pos.

Werksareas: Gemeentes : Tsitsikamma, Kareedouw, Joubertina en Misgund

Volgens indeling van Departement Maatskaplike Ontwikkeling & Spesiale

Programme: Joubertina en

omliggende plaasareas (Tweeriviere, Heights, Kouga, Eikendal en Onder-

plaas.) Misgund , Misgund woonbuurt en omliggende plase ,Nuweplaas.

Joubertina personeel werk vanuit die kerkkantoor te Joubertina

Direkteur: Programbestuureder:

Me C Erasmus Me A. van der Merwe

Mountweg 16 Mountweg 16

Port Elizabeth Port Elizabeth

6001 6001

Vrywilligers:

Ongeveer 15 vrywilligers is aktief betrokke by die werksaamhede van die onderskeie

kantore.

6. DIENSTE GELEWER

Die CMR se diensleweringsprogramme kan soos volg voorgestel word:

Dienslewering is daarop gemik om:

Gesinslewe te verryk

Individue te bemagtig

Kwesbares te beskerm

Gemeenskappe te ontwikkel

Dienste word gelewer op individuele vlak, binne groepe en op gemeenskapsvlak. Dienste

ten opsigte van die drie genoemde werksvelde is gemik op die behandeling en voorkoming

van probleme binne die gemeenskap en sluit gemeenskapsontwikkelings projekte in.

Hierdie dienste word dan in drie groepe gedeel naamlik gesinsorg, Hiv en statutêre dienste.

Statutêre dienste neem ongeveer 60% van die tyd van die maatskaplike werkers in beslag.

6.1 Gesinsorg

Doelwit:

Om die maatskaplike funksionering van individue en groepe binne die landdrosdistrikte van

Joubertina, Kareedouw, Humansdorp en Hankey te verbeter deur die implimentering en

instandhouding van programme ter voorkoming en behandeling en beskerming van kinders,

vroue ,gesinne , gestremdes en bejaardes.

Page 6: VOORWOORD VIR CMR VERSLAGcmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Humansdorp-2015.pdf · 2015. 9. 7. · Ook aan die direkteur, me Corné Erasmus, en die supervisor, me Aletta van

Aandag word gegee aan aspekte soos gesinsgeweld, kinderopvoeding ,opname in

inrigtings, behandelingsprogramme vir persone met ‘n afhanklikheidsprobleem, verligting van

armoede, en traumaberading.

6.1.1 Individuele en gesinsberading:

Vind plaas deur middel van kantoor en tuisbesoeke. Aanmeldings word gedoen deur skole,

klinieke, familie en vriende sowel as deur die SAPD en Justisie. 1534 kinders is deur die

programme bereik.

6.1.2 Kinders en jeug

Aktiwiteite

Assesering en verwysing na toepaslike maatskaplike dienslewering

Krisisingryping en berading

Lewensvaardigheids – en ontwikkleingsprogramme.

Hierdie programme fokus op

6.1.2.1 Vroeë kinderontwikkeling

Die mees koste-effektiewe manier om armoede te voorkom is om by Vroeë

Kinderontwikkeling betrokke te raak. Die beste manier om armoede te beveg is hoër

onderwys en opleidingsvlakke wat aan mense uiteindelik die geleentheid tot beter

werksgeleenthede en entrepeneurskap bied. Om dit reg te kry moet kinders aanvanklik op

‘n hoër skoolgereedheidsvlak die onderwys betree. Om hiermee te help is die volgende

gedoen.

Opleiding aan kleuterversorgers en stimuleringsprogramme vir kleuters in samewerking met

die ouers(4 Skole is betrek - 72 kinders was betrokke.)

Page 7: VOORWOORD VIR CMR VERSLAGcmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Humansdorp-2015.pdf · 2015. 9. 7. · Ook aan die direkteur, me Corné Erasmus, en die supervisor, me Aletta van

Vroeë kinderontwikkeling- stimuleringsaktiwiteite.

Instandhouding van bestaande kleuterskole (Masakhe Creche 35 kinders is betrek)

Uitstappies vir kleuters om hul leefwêrelde te verbreed (Eersterivier – 32 Kinders)

6.1.2.2 TUISONDERRIG

Page 8: VOORWOORD VIR CMR VERSLAGcmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Humansdorp-2015.pdf · 2015. 9. 7. · Ook aan die direkteur, me Corné Erasmus, en die supervisor, me Aletta van

Verlede jaar is tuisonderrig en inwoning gegee aan 8 seuns te Emmanuel Sentrum.

Hierdie seuns se huislike omstandighede was swak en hulle kon nie toelating tot die

plaaslike skool verkry nie vanweë hul ouderdom en ook die feit dat hulle nooit skool

gegaan het nie.

Verskeie persone vanuit die gemeenskap het hul tyd en vaardighede kom aanbied en

sodoende tot die kinders se holistiese opvoeding bygedra. Hierdie het ingesluit kuns,

musiek, ekstra wiskunde ens.

Hierdie seuns is van jaar terug skool toe en vorder goed op skool

Tuisonderrig by Emmanuelsentrum

6.1.2.3 Jeuggroepe

Om positiewe waardes en verantwoordelike besluitneming te bevorder

Hantering van groepsdruk

Konflikhantering

Verhoudings

Voorkoming van afhanklikheid van alkohol en dwelms

Lewensvaardigheids en ontwikkelingsprogramme.

SKOLE

Besoeke word aan skole gebring waar inligting oor bogenoemde onderwerpe deurgegee en

bespreek word. Noue samewerking vind plaas met die SAPD, Departement Justise,

Departement van Maatskaplike Ontwikkeling en ander

Page 9: VOORWOORD VIR CMR VERSLAGcmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Humansdorp-2015.pdf · 2015. 9. 7. · Ook aan die direkteur, me Corné Erasmus, en die supervisor, me Aletta van

Nasorgprogramme

Nasorgprogramme word te Joubertina/Tweeriviere aangebied vanaf Maandae tot

Donderdae . Kinders word gehelp met hul skoolwerk . Daarmee saam word

opvoedkundige programme aangebied soos musiek, kuns ens. 27 Kinders betrokke.

Vakansie aktiwiteite en jeugkampe

Vakansieaktiwiteite wat die aanbied van lewensvaardigheidsprogramme ingesluit het is

aangebied te Eersterivier en Stormsrivier vir kinders en volwassenes van Huis Thandi,

Emmanuel en ander .

Page 10: VOORWOORD VIR CMR VERSLAGcmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Humansdorp-2015.pdf · 2015. 9. 7. · Ook aan die direkteur, me Corné Erasmus, en die supervisor, me Aletta van

Eersterivier (31 Kinders)

Stormsrivier (28 kinders)

Jeugoortreders

Alhoewel die Departement van Maatskaplike ontwikkeling verantwoordelik is vir dienste aan

kinders wat met die gereg gebots het skakel CMR ook in by gevalle waar kinders wie reeds

aan hulle bekend is of onder pleegsorg verkeer betrokke is. Voorvonnis verslae word soms

aangevra van die hof voordat die vonnis uitgespreek word Terselfdertyd word daar van tyd

tot tyd van die maatskaplike werker verwag om ondersoek te doen na die inpak wat die

oortreding op die slagoffer gehad het ten einde ook met vonnisoplegging te help. Kinders

word na Kinder-en Jeugsorgsentrums in groter sentra verwys. CMR maak meestal gebruik

van Oosterland, MTR Smith, SOS, Erika en Protea kinder en jeugsorgsentrums

Page 11: VOORWOORD VIR CMR VERSLAGcmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Humansdorp-2015.pdf · 2015. 9. 7. · Ook aan die direkteur, me Corné Erasmus, en die supervisor, me Aletta van

6.1.3 Programme vir Volwassenes

Pleegouergroep

Snr Burgergroepe

Vrouedagvieringe

Kwartaaluitstappies

Konflikhantering

Finansiële bestuur

Rekenaaropleiding

Pleegouerdag

‘n Pleegouerdag is te Joubertina gehou waartydens dank uitgespreek is teenoor pleegouers

vir die groot taak wat hulle verrig en leing gegee is in die hantering van kinders wat

uitgebroke huise kom/getraumatiseer of wees gelaat is. (44 Volwasenes is betrek.)

Pleegoueropleidingsgroepe word op ‘n maandelikse basis aangebied aan die pleegouers

verbonde aan die Victory 4 All pleegouergroepshuise te Jeffreysbaai. Basiese inligting

aangaande die volgende word aangespreek: Wetsaspekte, Fisiese-en emosionele

versorging van kinders, Skool, Onspanning en Sakgeld.

Moeder en baba groep

ʼn Groep vir jong ma’s en baba’s funksioneer te Loerieheuwel kliniek. Hulle ontmoet

weekliks. Ouerskap vaardighede word hanteer. (208 Volwassenes en kinders is

hierby betrek)

Page 12: VOORWOORD VIR CMR VERSLAGcmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Humansdorp-2015.pdf · 2015. 9. 7. · Ook aan die direkteur, me Corné Erasmus, en die supervisor, me Aletta van

Aktiwiteite vir ouer persone

Groepe vir ouer persone funksioneer te Loerie en Jeffreysbaai. 37 persone woon die

groepe by. Handwerk en verskeie ander aktiwiteite word aangebied. Loerie se

bejaarde groep “Wise People” het vanjaar aansoek gedoen om te registreer as ‘n

dienssentrum . Subsidie is aan hulle toegestaan Hulle het aansoek gedoen om ‘n

NPO sertifikaat

Wise People Groep besig met handwerk

Bejaardes vanuit Thornhill-area op besoek aan Joubertina

Toere en uitstappies vir senior burgers

Word gereeld onderneem. Die jaarlikse Blommetoer is ‘n instelling . Vanjaar is twee

toere onderneem ten einde Humansdorp Moedergemeente se senior Burgers ook te

akkomodeer. 38 Persone het die toere meegemaak.

Page 13: VOORWOORD VIR CMR VERSLAGcmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Humansdorp-2015.pdf · 2015. 9. 7. · Ook aan die direkteur, me Corné Erasmus, en die supervisor, me Aletta van

6.1.4 NASIONALE DAG VIERINGE

CMR poog om sover moontlik aktiwiteite aan te bied of deel te neem aan Nasionale

dag vieringe of bewusmakingsdae bv. Vrouedag, Jeugdag, Voorkoming van

afhanklikheid , Vigs ens.

VROUEDAG

Vrouedag vieringe te Misgund in samewerking met ander rolspelers.

`

Page 14: VOORWOORD VIR CMR VERSLAGcmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Humansdorp-2015.pdf · 2015. 9. 7. · Ook aan die direkteur, me Corné Erasmus, en die supervisor, me Aletta van

Bewusmakingsprogramme tydens Kinderbeskermingsweek

Nasionale dag vir bejaardes

Programme vir bejaardes is op nasionale dag vir bejaardes gehou.( 150 Persone is

betrek)

6.1.5 Opleiding

ʼn Basiese rekenaaropleidingsprogram is te Humansdorp aan persone aangebied .

Die doel van die kursus was om die moontlikheid van indiensneming te verhoog,

inkomste potensiaal te verhoog, kennis te verbreed en toegang tot hulpbronne te

verkry. 45 persone het die kursus bygewoon en 44 het internasionaal

geakkrediteerde sertifikate ontvang .

6.1.6 Materiële nood CMR Ondersteun in samewerking met plaaslike kerkgemeenskappe individue en

gesinne wat materiële nood ondervind.

Dienste hier sluit waar moontlik inskakeling by werkskeppingsprojekte en bystand om werk te bekom in.

Page 15: VOORWOORD VIR CMR VERSLAGcmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Humansdorp-2015.pdf · 2015. 9. 7. · Ook aan die direkteur, me Corné Erasmus, en die supervisor, me Aletta van

6.1.7 Afhanklikheid

Saam met ander bestaande rolspelers soos Dept. Gesondheid, Dept. Maatskaplike

Ontwikkeling , Valk , Werk vir Water is opleiding aan kinders en ouers gebied

rondom die hantering en behandelling van persone met ‘n afhanklikheidsprobleem.

6.1.7.1 Jeffreysbaai

ʼn Ondersteunigsgroep funksioneer te Pellsrus Primêre skool en YWAM. Kinders word

op ʼn gereelde basis verwys vir berading as hulpmiddel vir rehabilitasie.

6.1.7.2Joubertina VALK (Voorkoming van afhanklikheid in die Langkloof)

Hierdie projek fokus op voorkoming- en behandelingsdienste. Skole en plase word

besoek waar inligtingspraatjies gehou word. Jeugkampe en kampe vir volwassenes

word aangebied. CMR – Joubertina tree tans op as koördineerder van die VALK –

projek . Die volgende aanbiedings is naas individuele en groepsgesprekke

aangebied:

Leierskamp is vir Louterwaterskool aangebied te Stormsrivier Hier is gefokus op:

INLEIDING TOT LEIERSKAP

SELF WAARDE

BESLUITNEMING

PROBLEEMOPLOSSING

KOMMUNIKASIE

KONFLIKHANTERING/ SPANBOU

Louterwater Primêre leerlingraad kamp (Stormsrivier)

Page 16: VOORWOORD VIR CMR VERSLAGcmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Humansdorp-2015.pdf · 2015. 9. 7. · Ook aan die direkteur, me Corné Erasmus, en die supervisor, me Aletta van

Leierskap kamp van Langkloof skole (Eersterivier). Valk jeugkamp is aangebied vir vier

kinders uit elk van die 7 skole in die area ten einde as hulp koördineerders in hul skole

op te tree

Naweekkamp is vir plaaswerkers te Eersterivier aangebied

6.1.8 Foundation for Farming

Groentetuine is te Loerie, Jeffreysbaai en Humansdorp aangelê om voedsel te

voorsien vir die Dagsorg sentrum en bejaarde groep te Jeffreysbaai.

6.1.9 Herwinnings – projek

‘n Herwinnings projek funksioneer te Jeffreysbaai. Moeders met babas en peuters

word by die projek betrek. Herwinbare materiaal word ingeruil vir “mulahs” wat vir

baba benodighede by die CMR winkel verruil word. ʼn Klinieksuster weeg die babas

gereeld ten einde ondervoeding te voorkom. Daar word verseker dat elke baba en

peuter in besit is van ‘n geboortesertifikaat.

6.1.10 GESTREMDES

Gestremdes geniet groot aandag. Tans is daar drie kinders wie gehelp word om die

skool vir dowes en blindes te Worcester by te woon.

CMR Joubetina bied verblyf aan persone wat verstandelik beperk is. 8 Persone het

gedurende die jaar daar ‘n heenkome gevind.

Page 17: VOORWOORD VIR CMR VERSLAGcmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Humansdorp-2015.pdf · 2015. 9. 7. · Ook aan die direkteur, me Corné Erasmus, en die supervisor, me Aletta van

CMR Humansdorp en Jeffreysbaai het ‘n werkswinkel in samewerking met die OPD

instansie te Humansdorp aangebied. Verskeie rolspelers was deel van die

werkswinkel.

6.1.11 Vergaderings en komitees

Die maatskaplike werkers dien op die Raad van Huis Formosa en woon gereeld

vergaderings van die Departement Maatskaplike Ontwikkeling, SAPD, Werk vir

Water en ander instansies by. Die maatskaplike werker dien op die Naastediens

komitees van sommige van die gemeentes.

GO (Gemeenskapsontwikkelingsprojek)

CMR Joubertina skakel in by die gemeenskapsontwikkelingsprojek van die

Langkloof. Die doel van die projek is om al die geestelike leiers en ander

belangstellende organisasies onder een dak bymekaar te bring ten einde saam te

werk aan die verbetering van die omstandighede van al die inwoners van die

Langkloof . Saam kan ons meer doen as wat die geval is as elkeen sy eie ding doen.

6.1.12 ID DOKUMENTE EN GEBOORTESERTIFIKATE

Alhoewel dit nie CMR se taak is om geboortesertifikate en ID dokumente vir persone te

bekom kan ons nie anders as om persone by te staan in die verkryging van hierdie

dokumente nie. Baie persone is ongeletterd en sukkel met die bymekaarmaak van

dokumente veral as hulle eie geboortes nooit geregistreer was nie. Daar is nie kantore

van Binnelandse Sake in die Langkloof nie en persone moet na Humansdorp reis om

daar uit te kom. Sonder ‘n ID beteken jy is sonder werk, jy kan geen ouderdomspensioen

ongeskiktheidstoelae of kindertoelae ontvang nie. 34 Persone het hulp ontvang.

6.1.13 EMMANUEL SENTRUM (Sentrum van Hoop)

Sentrum waar verskeie aktiwiteite onder een dak gehuisves kan word bv. berading ,

groepwerk,werkskepping, kleuterstimulering en nasorg en waar huisvesting aan ‘n

klein groepie persone sonder heenkome gebied kan word.

Page 18: VOORWOORD VIR CMR VERSLAGcmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Humansdorp-2015.pdf · 2015. 9. 7. · Ook aan die direkteur, me Corné Erasmus, en die supervisor, me Aletta van

6.1.14 Huis Thandi

Volwasse deel: Behuising vir persone wie nie op hul eie kan funksioneer maar

vanweë hul ouderdom nie in Tehuise vir bejaardes opgeneem kan word nie en wat

nie by familie of vriende ‘n tuiste kan vind.

Kinder afdeling

Page 19: VOORWOORD VIR CMR VERSLAGcmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Humansdorp-2015.pdf · 2015. 9. 7. · Ook aan die direkteur, me Corné Erasmus, en die supervisor, me Aletta van

6.1.15 Isibindi – Projek

Alhoewel Tsitsikamma woonbuurtes nie volgens die area-indeling van die Departement Maatskaplike Ontwikkeling onder CMR resorteer nie het hulle die CMR in 2014 genader om die projek namens hulle te bestuur. Isibindi fokus op kinders en gesinne . Met behulp van kinder –en jeugsorgwerkers wat deur die Departement Maatskaplike Ontwikkeling vergoed word, word omgesien na kinders en volwassenes in nood. CMR het aansoek gedoen om staatsbefondsing ten einde in 2015 volle verantwoordelikheid vir die aanbieding van die projek te aanvaar. Die aansoek is goedgekeur. 210 Kinders is reeds deur die projek bereik met behulp van 7 kinder- en jeugsorgwerkers .

Isibindi Straat Sport Dag Isibindi Personeel

6.2 HIV

Berading ,onderskraging en hulp ten opsige van versorging is hier ter sprake asook

bewuskmaking van die probleem in die gemeenskap en die lewering van

voorkomingsdienste .

Aanmelding waar persone geaffekteer of geinfekteer is deur vigs kom al hoe meer

voor en het ‘n groot inpak op die indiwidu en sy gesin. Dit is ‘n probleem wat ten

spyte van dienslewering aan die toeneem is. Heelwat kinders moes die afgelope jaar

onder pleegsorg geplaas word waar beide ouers oorlede is of waar die oorblywende

ouer nie in staat is om alleen die mas op te kom nie.

Saam met klinieke en gesondheidswerkers word tuisbesoeke gebring,

onderskragings gebied, die Woord bedien en praktiese hulp verleen. CMR is betrokke

by voorkomingsprogramme by skole

6.3 Statutêre werk

Hierdie program het dit ten doel om kinders en gesinne d.m.v statutêre optrede te

beskerm d.m.v alternatiewe plasings vir kinders in nood, pleegsorgtoesigdienste,

gesinsherenigingsdienste.

5 Persone is deur statutere ingryping verwys vir behandeling in ʼn rehabilitasie

sentrum

44 gesinne is ingeskakel by gesinsherenigingsdienste

Page 20: VOORWOORD VIR CMR VERSLAGcmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Humansdorp-2015.pdf · 2015. 9. 7. · Ook aan die direkteur, me Corné Erasmus, en die supervisor, me Aletta van

6 kinders uit ons area word tans te Port Elizabeth en Despatch in ‘n kinder- en

jeugsorgsentrum versorg

5 kinders verkeer tans in Huis Erica en Protea, te Port Elizabeth Kinder en

jeugsorgsentrums

Vakansietoesigdienste word gelewer aan 9 kinders uit jeugsorgsentrums wat

vakansies in ons diensarea deurbring., asook aan pleegkinders wat vakansie verlof

by ouers/familie deurbring

Statutêre werk en verslagskrywing rondom statutêre werk neem die meeste van die

tyd van aldrie die maatskaplike werkers in beslag.

4 Aannemings is gedurende die jaar gefinaliseer

Kinders in Kinder- en Jeugsorg sentrums

Kinderhofondersoeke (Gesprek tussen moeder & Kind tydens kinderhof)

AANNEMING

Page 21: VOORWOORD VIR CMR VERSLAGcmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Humansdorp-2015.pdf · 2015. 9. 7. · Ook aan die direkteur, me Corné Erasmus, en die supervisor, me Aletta van

8. Bestuur & Administrasie

8.1 Vergaderings

Beheerraadsvergaderings word kwartaalliks gehou.

Die jaarvergadering is op 31 Julie 2014 gehou.

9. Statistieke

9.1Gevallelading :

Getal lêers op 1 April 2014: 592

Nuwe lêers geopen: 83

Lêers gesluit: 124

Getal lêers 31Maart 2015: 551

Korttermyn lêers : 548

9.2 STATUTêRE WERK

Kinders tans onder pleegsorg : 301

Kinders in jaar onder ouers se sorg herstel: 14

Kinders in jeugsorgsentrums: 12

Kinders in Nywerheidskole: nul

Getal families betrokke by gesinsherenigingsdienste: 12

Aannemings gefinaliseer: 7

9. Geldsake

Die firma Mould en Associates is die ouditeursfirma wat deur die CMR Bestuur aangewys is

om die finansiële boeke van die CMR te ouditeer

Die finansiële situasie kan in kort soos volg saamgevat word (volledige state is aangeheg vir

bespreking.)

INKOMSTE

Staatsubsidie R 727 519.00

Gemeente Bydraes R 104 724.00

Donasies R 31 620.00

Administrasiefondse Ontvang (Tada) R 6 100.00

Projek Inkomste (Befondsing vir Foundation for

Farming, Isibindi, ECD en ander) R 591 809.00

Vesekeringseis R 4 637.00

Rente R 42 120.00

TOTAAL R1 508 529.00

--------------------------------------------------------------------------------------------------

Page 22: VOORWOORD VIR CMR VERSLAGcmrade.co.za/wp-content/uploads/2014/09/Humansdorp-2015.pdf · 2015. 9. 7. · Ook aan die direkteur, me Corné Erasmus, en die supervisor, me Aletta van

UITGAWES

Personeel (salarisse) R 768 433.00

Administrasie en Bestuursfooi R 160 186.00

Projekte R 352 620.00

Munisipale Dienste R 19 856.00

Instandhouding (motors en geboue) R 12 159.00

Skryfbehoeftes en drukwerk R 3 090.00

Telefoon R 20 915.00

Lotto Uitgawes R 702 082.00

Opleiding R 932.00

Brandstof R 447 23.00

TOTAAL R 2 084 996.00

Alhoewel die finansiële state ‘n verlies van R576 467.00 wys is die prentjie minder donker as

in ag geneem word dat die bedrag van ongeveer R 966 900.00 aan Lotto fondse aan die

einde van die vorige boekjaar ontvang is (Maart 2014) en eers in die huidige boekjaar

2014/15 aangewend is.

11. DANKIE

Alle eer aan ons Hemelse Vader wat dit moontlik gemaak het om die dienste te kon lewer.

Dankie aan Hom vir die personeel en fondse waarvoor ons bekom het om te doen wat

gedoen is.

Dank aan personeel wat met toeweiding en lojaliteit gewerk het.

Bestuurslede vir vir hul ondersteuning vertroue en belangstellingbaatsugtige werk en

ondersteuning

Donateurs wat dit finansieel moontlik gemaak het om die werk te kon doen.

Vrywilligers wat hul tyd opoffer en betrokke is by dienste en noodverlening van mense.

Gemeentelede,vrouediens en kerkrade van die Ned Geref kerk gemeentes word opreg

bedank vir hulle bydrae ten opsigte van materiele nood verligting, huis Thandi en

Emmanuelprojek.

Elke persoon wat ons deur gebed gedra het.

Ds. Willem van der Merwe

Voorsitter