16
2 STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS JAARGANG 68 SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR [email protected] NUUS ANNEMARIE HOOGENBOEZEM EN HANNES KRUGER D ie onlangse studenteraad- verkiesing op die NWU- Pukkampus lewer bewyse van twee uiterstes: hoewel die studente begin om die kleur- en rassegrense te oorsteek, is hulle oor die algemeen apaties oor die SR. “Die feit dat Abigail Leshope so ’n groot hoeveelheid stemme verwerf het op ’n kampus wat oorheersend uit blanke studente bestaan, is verder ’n bewys van transformasie," het Theo Venter, politieke ontleder aan die Noord- wes-Universiteit, gesê. Boonop getuig die hoë persenta- sie vroue wat tot die SR verkies is van geslagstransformasie op kam- pus, meen Venter. Tog reflekteer die stempersen- tasies dat stemmers meer ge- reeld die “geen-stem”-opsie vir die swart kandidate gekies het as vir die ander kandidate. Volgens Venter is dit nie kom- merwekkend nie en die hoeveel- heid swart SR-lede wat verkies is, stem ooreen met die rassesame- stelling van die studentekorpus. Slegs 3 019 studente uit ’n stu- dentepopulasie van sowat 15 000 het vir die SR gestem en ’n mens moet jouself afvra of die SR werk- lik die deursnee van studente op kampus verteenwoordig. Venter het verder gesê die stu- dente is apaties. “As dit ’n nasionale verkiesing was, is die SR ’n minderheidsre- gering aangesien minder as 20% van die studentepopulasie gestem het,” het Venter gesê. Venter meen ’n moontlike oplossing vir die talle apatiese studente op kampus is om kandi- date wat nie noodwendig op Puk- strukture gedien het nie toe te laat om vir die SR te staan. “Daar sal moontlik meer belang- stelling wees indien informele lei- ers die kans gegun word om vir SR te staan.” Volgens Venter speel die groei van die studentepopulasie namate meer verblyf in Potchefstroom beskikbaar word ook ’n rol. Dít kan moontlik tot ’n groter gevoel van apatie teenoor die SR lei aan- gesien meer studente privaat gaan bly. “Die vraag is: hoe gaan die SR hierdie gevoel van apatie onder studente verander?” Nuwe SR-samestelling teken van transformasie op die NWU-Puk? SR-stempersentasies van swart kandidate aanduiding van rassisme? "As ek na die SR stempersentasies kyk en ek vergelyk die alleenstaande wit kandidate se Geen stem persentasies met die alleenstaande swart kandidate se Geen stem persen- tasies, is dit duidelik dat daar baie rassisme Op kampus seëvier. Die gemiddelde geen stem vir alleenstaande wit kandidate is 15.5% en vir alleenstaande swart kandidate is 36.7%." 'n Vurige debat het op Facebook vlamgevat ná Wapad die SR-stempersentasies bekendgemaak het. Hier is van die debat- teerders se opinies wat dink dat die SR-stempersentasies van die swart kandidate 'n aanduiding van rassisme op die NWU-Pukkam- pus is, al dan nie: - Shaun Frazao, honneursstudent in sosiale verandering "Ek stem saam dit is onrusbarend. Hou wel ook in gedag- te, net 12% van studente het gestem. Dus is daardie Geen stemme verteenwoordigend van dié wat gestem het. Steeds onrusbarend. Maar konteks bly belangrik." - Hannelie Otto, kommunikasie-dosent "As ek so kyk na die stemme vir die voorsitter se posisie dui dit daarop dat beide van hulle goeie stempersentasies het. Die een kandidaat is swart en die ander een wit, maar die verskil is maar net 1.1%. Ek dink dit bewys jou (Shaun) argument so bietjie verkeerd. Dis dus vir my duidelik dat die studente hul stem uitgeoefen het deur na bevoegdheid te kyk en nie velkleur nie." - Chrisna Kraaij, voormalige SR-voorsitter (2011/2012) Is studente apaties teenoor die SR se doen en late? "Dit is so hartseer dat net 12% van die kampus aan die SR-verkiesing deelge- neem het. As mens na die getal kyk en mens kyk na die getal studente wat by swete was, sowel as SR-kandidate wat gestaan het, is dit duidelik dat studente apaties is teenoor enige vorm van stem! As hulle maar net besef het dat die SR veronderstel is om hulle te verteenwoor- dig en hulle belange te beskerm." - Koos de Villiers, kommunikasie- dosent Verskeie belanghebbendes op die NWU-Puk het op Facebook hulle opinie oor die studente wat apaties teenoor die SR is, gelug: Die hele verkiesingsisteem ont- moeding studente om eienaarskap te neem van die stemproses. Oor- regulering deur die SR verwyder die stemming net meer van studente (die groot meerderheid van studente wat nie betrokke is by strukture en nie in koshuise is nie). - Johann Coetzee, DA-raadslid en politieke student VERMAAK aKING se nuwe CD vrygestel 8 11 September 2014 / VOL 10 LEES JOU KAMPUS Nou moet julle ver stap... RESENSIE Breaking up is hard to do getuig van harde werk en juigende gehore 9 Man byna dood ná mesaanval in Mystic parkeerterrein 3

Wapad - 12 September 2014

  • Upload
    wapad

  • View
    280

  • Download
    13

Embed Size (px)

DESCRIPTION

 

Citation preview

Page 1: Wapad - 12 September 2014

2

STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS JAARGANG 68 SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR [email protected]

NUUS

ANNEMARIE HOOGENBOEZEM EN HANNES KRUGER

Die onlangse studenteraad-verkiesing op die NWU-Pukkampus lewer bewyse

van twee uiterstes: hoewel die studente begin om die kleur- en rassegrense te oorsteek, is hulle oor die algemeen apaties oor die SR.

“Die feit dat Abigail Leshope so ’n groot hoeveelheid stemme verwerf het op ’n kampus wat oorheersend uit blanke studente bestaan, is verder ’n bewys van transformasie," het Theo Venter, politieke ontleder aan die Noord-wes-Universiteit, gesê.

Boonop getuig die hoë persenta-sie vroue wat tot die SR verkies is van geslagstransformasie op kam-

pus, meen Venter.Tog reflekteer die stempersen-

tasies dat stemmers meer ge- reeld die “geen-stem”-opsie vir die swart kandidate gekies het as vir die ander kandidate.

Volgens Venter is dit nie kom-merwekkend nie en die hoeveel-heid swart SR-lede wat verkies is, stem ooreen met die rassesame-stelling van die studentekorpus.

Slegs 3 019 studente uit ’n stu-dentepopulasie van sowat 15 000 het vir die SR gestem en ’n mens moet jouself afvra of die SR werk-lik die deursnee van studente op kampus verteenwoordig.

Venter het verder gesê die stu-dente is apaties.

“As dit ’n nasionale verkiesing was, is die SR ’n minderheidsre-gering aangesien minder as 20%

van die studentepopulasie gestem het,” het Venter gesê.

Venter meen ’n moontlike oplossing vir die talle apatiese studente op kampus is om kandi-date wat nie noodwendig op Puk-strukture gedien het nie toe te laat om vir die SR te staan.

“Daar sal moontlik meer belang-stelling wees indien informele lei-ers die kans gegun word om vir SR te staan.”

Volgens Venter speel die groei van die studentepopulasie namate meer verblyf in Potchefstroom beskikbaar word ook ’n rol. Dít kan moontlik tot ’n groter gevoel van apatie teenoor die SR lei aan-gesien meer studente privaat gaan bly. “Die vraag is: hoe gaan die SR hierdie gevoel van apatie onder studente verander?”

as ek so kyk na die stemme vir die voorsitter posisie dui dit daaarop dat beide van hulle goeie stempersentasies het. Die een kanidaat swart en die ander een wit maar die verskil is maar net 1.1%... ek dink dit bewys jou argument so bietjie verkeerd.

Nuwe SR-samestelling teken van transformasie op die NWU-Puk?

SR-stempersentasies van swart kandidate aanduiding van rassisme?

"As ek na die SR stempersentasies kyk en ek vergelyk die alleenstaande wit kandidate se Geen stem persentasies met die alleenstaande swart kandidate se Geen stem persen-tasies, is dit duidelik dat daar baie rassisme Op kampus seëvier. Die gemiddelde geen stem vir alleenstaande wit kandidate is 15.5% en vir alleenstaande swart kandidate is 36.7%."

'n Vurige debat het op Facebook vlamgevat ná Wapad die SR-stempersentasies bekendgemaak het. Hier is van die debat-teerders se opinies wat dink dat die SR-stempersentasies van die swart kandidate 'n aanduiding van rassisme op die NWU-Pukkam-pus is, al dan nie:

- Shaun Frazao, honneursstudent in sosiale verandering

"Ek stem saam dit is onrusbarend. Hou wel ook in gedag-te, net 12% van studente het gestem. Dus is daardie Geen stemme verteenwoordigend van dié wat gestem het. Steeds onrusbarend. Maar konteks bly belangrik."

- Hannelie Otto, kommunikasie-dosent

"As ek so kyk na die stemme vir die voorsitter se posisie dui dit daarop dat beide van hulle goeie stempersentasies het. Die een kandidaat is swart en die ander een wit, maar die verskil is maar net 1.1%. Ek dink dit bewys jou (Shaun) argument so bietjie verkeerd. Dis dus vir my duidelik dat die studente hul stem uitgeoefen het deur na bevoegdheid te kyk en nie velkleur nie."

- Chrisna Kraaij, voormalige SR-voorsitter (2011/2012)

Is studente apaties teenoor die SR se doen en late?

"Dit is so hartseer dat net 12% van die kampus aan die SR-verkiesing deelge-neem het. As mens na die getal kyk en mens kyk na die getal studente wat by swete was, sowel as SR-kandidate wat gestaan het, is dit duidelik dat studente apaties is teenoor enige vorm van stem! As hulle maar net besef het dat die SR veronderstel is om hulle te verteenwoor-dig en hulle belange te beskerm."

- Koos de Villiers, kommunikasie-dosent

Verskeie belanghebbendes op die NWU-Puk het op Facebook hulle opinie oor die studente wat apaties teenoor die SR is, gelug:

Die hele verkiesingsisteem ont-moeding studente om eienaarskap te neem van die stemproses. Oor-regulering deur die SR verwyder die stemming net meer van studente (die groot meerderheid van studente wat nie betrokke is by strukture en nie in koshuise is nie).

- Johann Coetzee, DA-raadslid en politieke student

VERMAAKaKING se nuwe CD vrygestel 8

11 September 2014 / VOL 10

LEES JOU KAMPUS

Nou moet julle ver stap...

RESENSIEBreaking up is hard to do getuig van harde werk en juigende gehore

9

Man byna dood ná mesaanval in Mystic parkeerterrein 3

Page 2: Wapad - 12 September 2014

Nuus 2 11 September 2014

InterkampusInterkampusSAAMGESTEL DEUR EUGENIE GREGAN

AfriForum wen vanjaar die Tuks studenteraadsverkiesingAfriForum Jeug het 50% van die verkose setels tydens die Universiteit van Preto-ria (Tuks) se studenteraads-verkiesing gewen.

Dié organisasie het ses van die 12 setels opgeraap, terwyl Radical Youth Coalition, SAS-CO en DASO elk net een setel kon kry.

Die oorblywende drie setels

is deur onafhanklike kandidate verkry.

Volgens Monique du Randt, woordvoerder van AfriForum Jeug, sal die party daarop fokus om Afrikaans ’n vastrapplek te gee, verhoed dat koshuise in woonstelblokke verander en studente mobiliseer om op te staan teen rassegedrewe beleide.

Tweede Tuks selfmoord: Mans spring van dieselfde gebou’n 20-jarige student aan die Uni-versiteit van Pretoria is dood ná hy van die 21ste verdieping van die Geesteswetenskappe-gebou op die universiteit se Hatfield-kampus gespring het.

’n Eerstejaarstudent het iets langs die gebou sien val en ’n harde slag gehoor.

Die student en ’n vriendin het gaan ondersoek instel en

die lyk van Teemus Kauluma deur ’n venster gesien.

’n Rugsak en selfoon is glo later by die venster waardeur die student gespring het, ge-vind.

Die voorval volg skaars ’n maand ná ’n Tuks-dosent ook van die 21ste verdieping van dieselfde gebou na sy dood gespring het.

Matie in studentehuis verkrag’n Dag ná die Universiteit van Stellenbosch (Maties) aangekondig het dat toetse en eksamens nie meer in die aande sal plaasvind nie, is ’n vrouestudent in die studente-huis waar sy woon beroof en verkrag.

Volgens die universiteit was twee mans by die voorval be-trokke.

Een van die mans het glo deur ’n venster toegang tot die

huis verkry terwyl die ander man buite die huis wag gehou het.

’n Saak van huisroof en ver-kragting is aanhangig, maar niemand is nog in hegtenis ge-neem nie.

Die universiteit het vroeër vanjaar reeds addisionele sekuriteitsmaatreëls in plek gestel ná die misdaad op en rondom kampus toegeneem het.

KAMERS TE HUUR - 2015

Kovsies onskuldig op aanklagteDie twee Kovsie-studente wat daarvan aangekla is dat hulle vroeër vanjaar ’n medestudent geslaan en probeer doodry het, is onskuldig bevind.

Cobus Muller en Charl Blom is in die Bloemfonteinse-streekshof vrygespreek op klagte dat hulle vir Damane Muzi Gwebu op 17 Februarie vanjaar aangerand het en met ’n bakkie probeer doodry het.

Gwebu het ook beweer dat

Muller en Blom rassistiese aanmerkings teenoor hom ge-maak het.

Die Menseregtekomis-sie (MRK) het egter geen stawende getuienis gevind wat die aantygings gesteun het dat die studente rassisties was nie.

Volgens ’n woordvoerder van die MRK het Gwebu sterk op hoorsê-getuienis gesteun. Boonop kon drie getuies nie sy weergawe staaf nie.

Bonginkosi NkwanyanaEerstejaarDe WilgersBCom Finansiële Rekenmeesterskap

“I used it every day. It was helpful because it saved me a lot of time. Now I have to walk everywhere. For me it’s a 20 minute walk to campus. I have to leave early so that I can be on time for class. They should bring it back.”

Ivan CawoodEerstejaarBSc Chemiese IngenieursweseRatau

“Ek soek die pendel terug! Dit is veral ’n probleem om betyds vir my 07:30-klasse te wees. Ek moet vroegoggend van Ratau tot by die ingenieurskampus loop.”

Jaret LoggenbergTweedejaarBCom Ekonomie en Risiko BestuurWag-’n-Bietjie

“Hulle kan nie iets begin en dit net stop nie. Daar is sovéél wie by die pendeldiens gebaat het. Dit was ’n veiliger manier vir mense wat daarvan hou om in die aande te kuier – veral vir meisies – om by hul bestemmings uit te kom.”

Sonnet KrielEerstejaarBEd OpvoedkundeBellatrix

“Ek het nie ’n kar nie, ek het gereeld van die pen-deldiens gebruik gemaak. Soms moet ek alleen in die aande stap, wat ek voel baie gevaarlik is. Andersins sal ek saam met vriende ry.”

Studentemenings oor Pukki-Pendelstaking

TUT-klasse gestaak ná studente betoogAlle klasse op die Tshwane Uni-versity of Technology (TUT) se hoofkampus is Dinsdag tydelik gestaak ná studente ’n bus ty-dens ’n protesaksie verbrand het.

Volgens Vusi Mahlanga van Pan Africanist Student Move-ment of Azania (PASMA) is studente ongelukkig oor die

voorgestelde 10% verhoging van universiteitsfondse.

Mahlanga meen ook hulle is ontevrede oor klagtes teen hul studenteleiers en eis gratis ak-kommodasie.

Volgens TUT se woordvo-erder Willa de Ruyter eis som-mige studente ook groter finan-siële steun.

MARITA HERSELMAN

NWU-Pukstudente is deur die rektor se kantoor via e-pos ingelig dat die Puk-

ki-pendeldiens gestaak sal word weens finansiële onvolhoubaar-heid.

Dié klim-op klim-af vervoerdi-ens het die tekort aan parkeerspa-sies op kampus verlig deur dit vir studente moontlik te maak om vêr van hulle klasse af te parkeer.

Spoedloop is nou aan die orde van die dag.

Volgens die NWU-Puk se ge-meenskapskakelpersoon, Jean-Marc Stidworthy, het Pukki-pen-deldiens ongeveer 4 000 mense per dag vervoer vir die eerste drie kwartale van die jaar.

Die NWU-Puk bestuurskomitee (BK) het in Februarie 2014 ’n sub-komitee aangestel om die pendel-diens te ondersoek en sodoende te bepaal of dit moet voortgaan of uitgefaseer moet word ná dit verlede jaar in werking getree het.

Die subkomitee is onder leiding van prof. Kallie Schoeman van die stads- en streeksbeplanning-departement.

“ ’n Finansiële model is saam-

gestel en Schoeman het saam met die tegniese dienste bepaal dat die effektiefste oplossing sal wees om meer parkering beskikbaar te stel,” het Stidworthy gesê.

“Pukki-pendel was van die be-gin af ’n loodsprojek. Dit is ’n pro-jek wat uitgevloei het uit ’n komi-tee wat die BK aangestel het wat spesifiek gekyk het na vervoer, mobiliteit en parkering op kam-pus,” het Stidworthy gesê.

Na aanleiding van die subkomi-tee se ondersoek is daar besluit dat die ontwikkeling van twee addisionele parkeerterreine (820 parkeerplekke) in 2015 en 2016, wat aan die kampus grens, die parkeerprobleem voldoende sal aanspreek.

Dié komitee verwag dat meer studente in die toekoms die kam-pus te voet binnekom omrede die nuwe parke-ring en blyplekke wat naby kampus beskikbaar gaan wees.

Volgens die e-pos aan studente gestuur word daar beoog dat stu-dente altyd binne 20 minute se loopafstand vanaf hulle klasse sal wees.

Stidworthy voer uit ’n groen-perspektief aan dat daar na alter-

natiewe oplossings gekyk word, soos die Europese unie wat geld vir busse wat alternatiewe aan-drywingsenergie gebruik, byvoor-beeld biodiesel- en gasvoertuie. Volgens hom sal só ’n navorsings- projek vir almal goedkoper wees.

Hy noem ook dat 'n nuwe webt-uiste, "Find a lift" begin Oktober tydens “Carpooling week” geloods om studente met rygeleenthede te help.

Só kan studente mekaar se roetes sien.

Volgens Stidworthy sal Pukki-pendel steeds vervoer na en van lughawes behartig.

Daar gaan nog ’n besluit ge-neem word oor die vervoer van studente in die aande van en na kuierplekke. “Dit gaan vir ons meer oor sosiale verantwoorde-likheid as enigiets anders.”

Pukki-pendel pendel ver weg van Potch

Dienste word gestaak weens �nansiële onvolhoubaarheid

Dit was van die begin af ’n loodsprojek.

Page 3: Wapad - 12 September 2014

3 Nuus11 September 2014

IAN VENTER

Johan Naude (23), ’n oudstu-dent aan die NWU-Puk, het sowat twee weke gelede by

die dood omgedraai ná hy ernstig in ’n mesaanval buite Mystic Boer beseer is.

Amper dood buite Mystic BoerMan word gesteek na hy stoei vir sy selfoon

Johan Naude se slagaar in sy linkerarm was raakgesteek en het verskeie kere sy bewussyn verloor. FOTO: Verskaf

Volgens Naude het hy die aand van die voorval naby die kroeg gestaan toe drie mans by die kui-erplek ingestap het. Hy het hom aanvanklik nie aan hulle gesteur nie.

Naude beweer een van die drie mans het dronk gelyk en het van

die mense ongemaklik gemaak. ’n Kroegman, Le-Roi Matthysen,

het die mans uiteindelik gevra om die perseel te verlaat.

Die mans was nie gelukkig hiermee nie en het by die deur bly staan en aanmerkings gemaak.

Matthysen het toe vir Naude

gevra om saam met hom te stap en hom by te staan as die mans probeer moeilikheid maak.

Die mans het na die parkeerarea geloop waar twee van Naude se vriende reeds gestaan het.

Een van die mans het hom een-kant toe geroep en gesê hy is glo

binne Mystic Boer aangerand. Die man het Naude met sy knie

gestamp en sy foon uit sy sak probeer gryp.

Naude het die man weggestoot en omgedraai om te kyk waar sy vriende is toe die man hom weer met sy knie stamp en sy foon gryp.

Die man het weggehardloop, maar Naude kon hom ná sowat 20 m inhaal en platduik.

“Ek was besig om met die man te stoei vir my foon toe sy vriend my van agter af gryp, my omdraai en in die arm steek,” het Naude gesê.

Volgens Naude het die verdagtes weggehardloop toe hy om hulp be-gin roep het.

Sy vriende het Mystic se noodhulpkissie gebruik om die ergste bloeding te stop. Hulle moes egter ’n leerbelt om sy arm bind om die bloeding te verminder toe die noodhulpkissie nie voldoende was nie.

Naude se vriende het met hom hospitaal toe gejaag terwyl hy telkens sy bewussyn verloor het.

Naude moes ’n operasie onder-gaan om ’n slagaar in sy linker-arm te bind.

Sy vriende het Mys-tic se noodhulpkissie gebruik om die ergste bloeding te stop, maar moes uiteindelik ’n leerbelt om sy arm bind om die bloeding te verminder.

FRANCOIS LION-CACHET

Die persombudsman het die klag deur AfriForum teen Beeld oor die NWU-Pukverslag: Hoës het ge-weet, van die hand gewys.

Dié berig het op 21 Julie ver-skyn oor die bevindinge van die Wessels-verslag.

Volgens die verklaring deur Af-riForum is daar misleidend die indruk in Beeld geskep dat daar ’n Nazi-kultuur op die kampus is hoewel die Wessels-verslag anders bevind het.

Die Wessels-verslag het bevind daar is nie ’n Nazi-kultuur op kampus nie maar dat die univer-siteitsbestuur wel bewus was van sekere Nazi-gebruike wat op kam-pus plaasgevind het.

Dié gebruike verwys na die Nazi-saluut op kampus wat deur koshuise uitgevoer is.

Die persombudsman het egter bevind dat dit redelik was om die foto te gebruik siende dat dit kon-teks tot die situasie gevoeg het.

Hy het verder bevind dat die gebruik van die foto relevant was aangesien dit deur die Wessels-ondersoekspan as ’n Nazi-gebruik geïdentifiseer is.

“Hoekom moet die koerant hul-

self weerhou om ’n foto te plaas wat die Wessels-verslag as ’n Na-zi-gebruik bevind het?” het Johan Retief, die persombudsman gesê.

Adriaan Basson, redakteur van Beeld, het in sy terugvoering aan die persombudsman oor die klag deur AfriForum aangevoer dat die beriggewing nie oor ’n Nazi-kul-tuur was nie maar oor die spesi-fieke gebruike.

“Enigiemand wat verstaan wat die betekenisvolheid was van die saluut sal verstaan dat dit onaan-vaarbaar is. Die kwessie was oor die saluut en nie oor ’n kultuur nie,” het Basson gesê.

Die persombudsman het hom ook daaroor uitgespreek dat Af-riForum hom net verskaf het van een bladsy in die koerant, maar nie van die volbladsy verder in die koerant wat ’n breedvoerige bespreking oor die kwessie aange-bied het nie. Die universiteit se terugvoer was ook daarin inges-luit.

Volgens die persombudsman het die berigte wat voor 21 Julie verskyn het aanleiding gegee tot die vorige ontwikkelinge en die amptelike verslag.

Die vorige ontwikkelinge sluit onder meer in die verskoning

wat die kampusrektor, prof. Her-man van Schalkwyk, sowel as die studentedekaan, SR-voorsitter en die NWU-raad oor die saluut uit-gereik het.

Prof. Dan Kgwadi, NWU-visekanselier, het gesê ’n zero-toleransie benadering teenoor ontgroeningspraktyke sal gevolg word.

Dit is nog nie bekend of AfriFo-rum teen die bevinding sal appel-leer nie.

‘Beeld beriggewing billik’

‘Beriggewing handel oor Nazi-gebruike en nie kultuur’Persombudsman verwerp klag van AfriForum

-

Meer oor die uitspraak

Page 4: Wapad - 12 September 2014

4 Nuus11 September 2014

Spotlight on interpreting servicesThe interpreting service is the best of its kind worldwide, yet they still experience barriers

JEANELLE GREYLING

In light of the 10 successful years and international sta-tus that the NWU interpreting

services has enjoyed, Wapad has decided to ask the students’ com-mentary as well as experience it first-hand.

The reception of the interpret-ing services was very positive overall, yet some students still experience a communication bar-rier.

“You get classes with good translators and classes that are not that good,” said Dene Bronk-horst, a first year student in BA Behavioural Sciences. According to her, the main problem is when a joke is made in Afrikaans.

“I hate it when they (lecturers)make a joke and the interpreters can’t translate it. Everybody is laughing and you want to laugh too, but you don’t know what’s go-ing on,” said Bronkhorst.

In a class that Wapad attended, the lecturer made jokes which the interpreter didn’t translate.

“Sometimes a student asks questions after the lecturer has explained something while the interpreter is still translating the lecturer’s words,” said Elisio Rech, a third year student in BIng Mechanical Engineering.

According to Anneliese Beukes, head of the educational interpret-ing service, “the jokes are defi-nitely interpreted”. Beukes said they record and monitor all of the interpreters.

“Some jokes are difficult to translate, because it is language-related jokes where the situa-tion is ambiguous,” said Willem Botha, a training officer at the in-terpreting services.

“But I’m sure if we do a sample of how much of the spoken text involves jokes, it will actually have a very small impact.”

Wapad's experience with the services

Speciality classes like Mathematics and Engineering required less improvisation than classes like Communication studies.

Interpreters in speciality classes were more monotonous than those in more interactive classes

The interpreters alternated their tone of voice and dramata-cism when the lecturer did so.

The interpreters rushed their interpretation when they fell

behind.

Some opinions and experiences

They have adapted to the Afrikaans classes and stopped using the interpreting services.

Some information gets lost when the lecturer speaks quickly. Interpreters who struggle with the classes improve rapidly. The interpatation services are really efficient

Therefore Botha does not see how it will have an impact on the students’ claims of not feeling involved. “It’s the message that’s the most important aspect,” said Botha.

“It is, however, very important that we repeatedly tell the lectu-rers to include the students using the interpreting services during interactive sessions in class,” said Botha.

“The fact that the students are wearing earphones doesn’t mean they aren’t part of the class.”

The interpretation services aims to minimise the barriers like those that Bronkhorst and Rech mentioned.

Botha emphasizes that the in-terpreters want to offer the same user experience that the rest of the students have.

“The interpreters see them-selves as agents of integration,” said Beukes.

“The students shouldn’t feel like they are receiving a second-hand message,” said Botha.

Yet keeping up in class depends on the students themselves.

“If the student didn’t hear something the lecturer said, they have the right to ask them to re-peat the statement,” said Beukes. “Then the lecturer can repeat it in English.”

Out of the many who apply for the job, the service consists of only 76 interpreters who cover 483 modules on campus.

According to Botha, the train-ing is a very long process and not many succeed.

Those interested in interpreting receive a CD containing interpre-tation exercises after which they undergo practice-oriented formal training.

They then write an interpreting test. “Proportionally few appli-cants pass this test,” said Botha.

Those who have passed the test,

undergo a three month proof pe-riod which involves close moni-toring.

Someone interested in applying for interpretation does not need a qualification, “Although we do give preference to those with a degree in interpretation,” said Beukes.

“The South African Transla-tor’s Institute doesn’t require any qualification.”

“Half of the interpreter’s job requires preparation,” said Botha. The interpretation ser-vices have a library of all the academic textbooks as well as electronic study guides and a shared folder containing 10 years’ worth of interpreting for the last 10 years.

According to Botha, they don’t often throw interpreters in the deep end by letting them inter-pret a class of which they have no knowledge, but when they do, it is an interpreter who maintains an “extremely high accuracy level”.

According to Simone Steyn, an interpreter, it is more difficult to maintain a high accuracy level during interactive classes than speciality classes. “It contains a lot of subject jargon, but isn’t as difficult to interpret overall,” says Steyn.

“The classes that are more free, like the communication classes, include wider subjects, like knowledge about the war in Ukraine. You can’t plan as much

and have to think on your feet.”

The students have adapted

Many students say they start adapting to the Afrikaans classes and gradually stop using the interpreting service.

Last year in the first semester, an average of 7 576 students made use of the interpreting service weekly.

In the second semester, an average of 5 634 students utilized the interpreting service weekly.

Thus, the use of the interpreting service has decreased with 25,6% last year.

Anneliese Beukes, head of the interpreting service, says this is good news, because it means the students are learning a second language.

Because the interpreting service is practice-oriented, inter-preters do not need a qualification to write the South African Translators Institute accreditation test.

An audit of the NWU interpreting service was conducted in 2009. They were appointed the best practice-oriented interpreting service worldwide.

The students shouldn’t feel like they are recei-ving a second-hand message.

Caput eindig derde by NationalsDie NWU-Puk se algehele sêr-wenners, Caput-manskoshuis, het algeheel derde by vanjaar se Na-sionale sêr geëindig. Die NWU-Puk se vrouwenners, Minjonet, se eie komposisie het ’n algehele derde plek verower. Vividus Men van Tuks was die algehele wenners asook die manswenners. Curlitzia, ook van Tuks, was die vrouewenners.

Page 5: Wapad - 12 September 2014

5 Nuus11 September 2014

Dit is oulik om vir jou troeteldier ’n strikkie in te sit of om vir hom ba-

baklere aan te trek in die win-ter, maar hoe ver is té ver?

Die nuutste troeteldiermode in die VSA is om jou hond of jou kat kaal te skeer en dan sy hele lyfie vol tatoes en gaatjies vir juwele te maak.

Hierdie modegier kan jou nou in die tjoekie laat beland.

’n Wetsontwerp op die verbod

op tatoeëring van troeteldiere, in die meeste gevalle katte en honde, is opgestel deur die New York wetgewer en wag op die ondertekening van goewerneur Andrew Cuomo. As Cuomo die wetsontwerp onderteken, sal die oortreders moontlike boetes of selfs tronkstraf toegedien word.

Volgens hierdie wetsontwerp is tatoeëring ’n aanvaarbare vorm van identifikasie vir die

diere of om aan te dui dat 'n me-diese prosedure gedoen is, maar nie vir ‘kosmetiese’ doeleindes nie.

“Tot ons kennis is daar geen gevalle in ons land nie. Ons keur dit nie net af nie, maar ons glo dat sulke optrede die Wet op Dierebeskerming oortree,” het Chris Kuch, hoof van die Nasio-nale Diere Beskerming Vereni-ging (DBV) se kommunikasie eenheid, gesê.

Plaaslike toetoekunstenaars en DBV keur dit nie goed

Tatoekunstenaars sê: Só het die protes teen die gebruik begin

Nuwe mode vir tatoes en ringe op diereDie nuutste mode is om jou troeteldier te versier met tatoes en ringe. Jaco-Mari Futcher het gaan ondersoek instel of dit plaaslik ook gebeur.

met die

BESTUURNAGRAADSE DIPLOMA IN

Gee jou graad momentum met ‘n

Leanie van Ronge - 018 299 1409, E-pos: [email protected] en Bestuurswetensakpgebou (E3), Kantoor 304, 3de vloer

BESTUURNAGRAADSE DIPLOMA IN

Gee jou graad momentum met ‘n

NWU POTCHEFSTROOM BESIGHEIDSKOOL

KONTAK ONS VANDAG OM TE REGISTREER EN BESTUUR JOU TOEKOMS!

Page 6: Wapad - 12 September 2014

WêreldnuusKortliks SAAMGESTEL DEUR FRANCOIS LION-CACHET

6 11 September 2014

Die Hertogin van Cambridge is swanger met haar tweede kind.Kensington-paleis het gesê dat Catherine net soos met haar eerste baba sy in die paleis behandel word vir haar oggendsiekte wat gepaard gaan met die swangerskap.Prins William en Catherine se tweede baba sal vierde in die ry staan vir die troon, agter hul eerste kind, Prins George. Hy is nou 13 maande oud. Die paleis het verder gesê dat beide gesinne en die Koningin baie gelukkig is met die nuus. Die eerste minister David Cameron was ook een van die wat sy gelukwensinge aan die paartjie uitgereik het.

EngelandTweede koninklike baba op pad

Nederlandse kenners het gesê dat die Malaysia Airlines vlug MH17 uitmekaar uit gebreek het in die lug nadat dit getref is deur “talle voorwerpe” wat “die vliegtuig deurboor het teen ‘n hoë snelheid”. In ’n verslag wat vrygestel is deur die Nederlandse Veiligheidsraad is daar gesê dat daar “geen bewyse van ’n tegniese of menslike fout is nie”. ’n BBC-korrespondent sê die bewyse is in ooreenstemming dat die vliegtuig getref is deur skrapnel van ‘n bom. Die vliegtuig was op pad na Kuala Lumpur van Amsterdam na toe dit neergestort het in opstand-gehoude grondgebied in Oos-Oekraïne. Al 298 mense aan boord, die meeste van hulle uit Nederland, het gesterf toe die vliegtuig neergestort het. Te midde van berigte is MH17 afgeskiet deur pro-Russiese rebelle.

OekraïneEerste verslag oor MH17 word vrygestel

’n 11-jarige Sjinese seuntjie het die ontdekking van ‘n leeftyd ge-maak deur om oor ’n 3000-jaar-oue swaard te struikel in ’n rivier in die Jiangsu Provinsie. 11-jarige Yang Junxi sê hy het die verroeste punt van die brons swaard aangeraak terwyl hy sy hande ge-was het. Die familie het besluit om die swaard aan amptenare te stuur vir eksaminering.“Sommige mense het selfs aange-bied om hoë pryse te betaal vir die swaard,” het Junxi se pa Jinhai gesê. “Maar ek het gevoel dat dit onwettig sou wees om die oorblyf-sel te verkoop.” Die swaard is afkomstig van die begin van die Sjinese beskawing. Owerhede is nou van plan om groot argeologiese opgrawings in die rivier te loods. Junxi en sy pa is ’n beloning gegee vir die inhandiging van die oorblyfsel.

Sjiena 3000 jaar oue swaard in rivier gevind

JOHANÉ VAN DEN BERG

Die kampus word weereens oor-val deur koshuise wat vir mekaar zoep, en die proses raak net al hoe interessanter soos die week aanstap.

Stephen Nel, primarius van De Wilgers manskoshuis, het laat hoor: “Ons het ‘n koshuis vlieg-veld toe gevat vir pizza en wyn en daar was selfs kersies. Baie romanties. Toe kom twee ander koshuise en klim op ‘n vliegtuig en vlieg reg oor ons koppe. Ja, die

sekere dameskoshuis het genoeg geld gehad vir ‘n rit op ‘n vlieg-tuig!”

Dit klink ook asof dit ’n gevaar-like proses kan raak. Nel het gesê hy weet van ’n zoep wat skeef-geloop het, blykbaar gedurende ’n touchies wedstryd, en op die einde was die prim van Oosterhof se nek in ’n stut.

Quinton van Schalkwyk, pri-marius van Villagers mans-koshuis, het gesê dat hulle elke aand die meisies nooi vir ’n kuier en elke aand gebruik hulle ’n an-

Ilze nuwe Mej. Aarde SA

Interessanthede van Zoepweek

Oud SR-lid verteenwoordig SA internasionaal

Ilzé Saunders, ’n NWU-Pukstudent, is verlede week as Mej. Aarde Suid-Afrika aangewys.Dié kompetisie verskil van ander skoonheidskompetisies, deurdat dit meer op kandidate se bydrae tot die ge-meenskap eerder as op skoonheid fokus.Kandidate is verskeie projekte gegee om oor ’n tydperk van ses maande te voltooi en is volgens hulle vordering beoordeel. Saunders fokus op ekotoerisme.Saunders berei nou voor vir die internasionale Mej. Aarde-kompetisie wat in Oktober sal plaasvind.

FOTO: Ian Odendaal

Feeling Arty? Red Bull will help you doodle your way to Cape Town

der tema. “Dan eet ons Bourbons Pizza, wat ook ’n eerste vir die meisies is.”

En wanneer daar uiteindelik ’n sleep gekies is?

“Dis soos om ‘n meisie te los...6 keer. Van hulle vat dit nogal erg, trane loop en hulle is kwaad vir weke na die tyd,” het Nel bygelas.

Dan eet ons Bourbons Pizza, wat ook ’n eerste vir die meisies is.

The guys at Red Bull are currently looking for the best doodler on cam-pus. So if you think your scribbles can help you win big, visit the stall in Lovers’ Lane, submit a doodle, get an ice cold can and you could win a trip to Cape Town, the 2014 World Design Capital. The winning artwork from each country will be on display in the Global Design Gal-lery. At the show, one international winner will be crowned and given an exclusive Red Bull design internship.

Producing a newspaper takes some wicked energy. Thanks to Red Bull for hooking us up with some wings to produce this issue.

Page 7: Wapad - 12 September 2014

7Nuus11 Septem,ber 2014

Tiaan Dor�ing tydens die onderhoud.

PotchSAAMGESTEL DEUR SIMON SONNEKUS

Patat

Kaaserige romanse op BultN verlowing het Dinsda-

goggend omstreeks 04:00 net voor die betaalpunt

by Varsity Café plaasgevind. Die casanova, Jannie Maritz, het sy nooi, Gertruida Venter, se asem (en ’n stukkie van haar tand) weggeslaan, nadat hy die ring in haar biltong-en-kaas broodjie weg-gesteek het.

Die voornemende bruid was in ’n ekstase. “Ek is nou nog so bi-etjie dronk, maar die gevoel sal seker more ná die babelas behoor-lik inskop,” het ’n blosende Venter gesê.

“Ek het dit glad nie verwag nie, ons het pas ons kos gekry en het soos al die ander mense in die ry gewag toe ek ’n happie van die broodjie neem. Toe ek aan iets hard byt was ek nie seker of dit maar net ’n harde stuk biltong

was nie.”“Toe ek kyk het die ring vir

my gestaar,” het sy halftand en al gesê.

Maritz sê hy en Venter is al twee jaar saam. Hulle het ontmoet toe hulle albei in Varsity Café brood-jies gekoop het ná ’n “wille aand se geskoffel in Bourbons.”

“Ek het gedink ek doen iets spe-siaal en vra haar waar ons ont-moet het, op die kaserigste wyse moontlik.”

Maritz meen hy moes daardie aand baie moed bymekaar skraap om die groot vraag te vra. Hy reken die feit dat hy ten minste 11 gummies “geklap” het, het ge-help dat die angs van die situasie bedaar.

Volgens ooggetuies was tannie Lily erg aangedaan weens dié ro-mantiese daad.

“Dit is so mooi om só iets hier binne te sien. Gewoonlik is dit net lastige studente wat gesuip rond-val, ek was so bly vir haar toe hy op sy knieë sak. Sy verdien geluk.”

Intussen het Venter grootbek gesê sy is baie gelukkig met die verlowing en sien daarna uit om die troue te reël, maar sal sy eers kan trou wanneer haar tand her-stel is. “Ek het volgende week ’n tandsafspraak. Daarna gaan ek begin kyk na venues.”

Maritz kon nie bevestig waar hulle sou trou nie, maar het wel bevestig dat hul wittebrood êrens sal wees waar hy kan visvang.

’Toe ek kyk het die ring vir my gestaar

Page 8: Wapad - 12 September 2014

8 11 September 2014K&V

9 Resensie: Breaking up is hard to do

10 Spesiale aanbod vir studente tydens Aardklop

10 JOOLympics skop af met 'n BANG!

aKING-album sorg vir lekker hangovers

Morning After hoort in jou CD versameling

MARITA HERSELMAN

AKING het die Potchef-stromers verlede week behoorlik bederf met die

bekendstelling van hul vierde vollengte album, Morning After, by The Tap (Arcade Empire). Dié rock-konings het met die ener-gieke vertoning weereens daarin geslaag om aanhangers buitenge-woon opgewonde oor hul klank-kuns te maak.

Volgens baskitaarspeler, Hennie van Halen, kom die “departure” tema sterk in die album deur en die album gaan oor hoe ’n mens van dinge af wegbeweeg soos jy ouer word.

Die titel Morning After is deur die liedjie “All over” op die album se lirieke geïnspireer.

“Daar is hierdie cool line in een van die liedjies, ‘Now that it’s all over, if you could do it again, like the morning after, we choose to forget,’ toe dink ons dit sal actu-ally ’n cool titel maak,” het Van Halen gesê.

Dié titel sluit ook by die hang-over van hul eerste album, Dutch Courage, aan, meen tromspeler Jaco “Snakehead” Venter.

“Man unkind”, “Mother”, “In loving memory” en “One hit won-der” is onder meer die groepslede se gunsteling liedjies.

“ ‘Man unkind’ gaan oor die mortal appetite. Mense verwoes net orals waar hulle gaan,” het hoofsanger en kitaarspeler, Laudo Liebenberg gesê.

Dit is ook die eerste video wat uit die nuwe album se liedjies ge-maak is.

Volgens die band het elke lid ’n 25 persent-aandeel in die musiek wat hulle maak.

“Ons kry ons inspirasie uit ons persoonlike lewens. Ons skryf oor dinge waarvan ons hou of dinge wat met ons gebeur,” het Van Ha-

len gesê. “Jy kan byvoorbeeld ’n line in

’n boek raaklees en dan ’n idee vir ’n song kry. Ons almal het nota-boekies.”

“Ons maak saam in een kamer musiek en die eindproduk sou nie dieselfde wees sonder die teen-woordigheid van een van ons nie,” het Davenport vertel.

“Ons hou van Potchefstroom, omdat die mense so groot appre-ciation vir live music het. Hulle crave dit,” het Liebenberg gesê.

aKING het vroeër vanjaar by JOOL opgetree en meen daar is meer druk om voor ’n klein gehoor te speel, omdat jy almal se oë kan sien.

Volgens Van Halen ervaar hulle ook meer “self-pressure” wanneer hulle voor mense optree wat hulle ken, omdat die groep hulle wil beïndruk.

Die lede van die band meen hulle is baie toeganklik. Hulle het lank ná die vertoning nog saam met hul aanhangers gekuier.

“Dis vir ons lekker om met mense te meng wat musiek like,” het Liebenberg gesê.

“Mense kan anyway na ’n show met ons kom praat.”

Ons hou van Potchef-stroom, omdat die mense so groot appre-ciation vir live music het. Hulle crave dit.

aKING het tydens hul CD-bekendstelling by The Tap gesorg dat hulle nie die Morning After vergete sal wees nie. FOTO'S: Gert Coetzer

MIZAN VAN DER MERWE

Ek luister nie sommer ’n liedjie sonder om hom halfpad deur te skip nie, so dit is my persoonlike opinie dat as ek ’n hele album drie keer na mekaar deur kan luister, dat dit werklik ’n wonderwerk is...

Ek sit nou weereens en luister na aKING se vierde album Morning After wat pas bekendgestel is en ek kan nie onthou wanneer laas ek ’n splinternuwe Suid-Afrikaanse al-bum so baie geniet het nie.

Dit is nogal ’n geruime tyd sed-ert die vorige album, "The Red Blooded Years" in 2011 verskyn het en dit was beslis die wag werd.

Die musiek het ’n ander gevoel en vibe as aKING se vorige lied-jies, maar Laudo Liebenberg se

kenmerkende stem herinner jou deurlopend na wie jy luister. Die algemene gevoel wat ek ervaar het is dat dit ’n bietjie rustiger is met meer fokus op goeie melodieë, vo-cals en ritmes, maar dit beteken hoegenaamd nie dat dit vervelig is nie - alles behalwe.

Dit is moeilik om ’n gunsteling- liedjie te kies, aangesien elke liedjie ’n besonderse element bevat. Som-mige van die liedjies bevat ekstra musikante wat onder meer strykin-strumente, perkussie en trekklavier speel. Al die liedjies is in Engels en is van so ’n gehalte dat dit interna-sionaal klink, maar tog bly dit ’n trots Suid-Afrikaanse produk.

Die unieke lirieke sal ook tot el-keen spreek en die “departure”

tema waarvan die groepslede ge-praat het, kom beslis sterk deur.

Wanneer jy na die musiek luister ervaar jy ’n tipe vrede, maar ter-selfdertyd wil jy opstaan en voor ’n verhoog gaan saam dans terwyl hulle speel. Hierdie album is per-fek vir ’n somerbraai saam met vriende, om in jou kar te luister op die langpad of selfs net as jy in jou kamer lê en lui wil wees.

As jy nog nie ’n aanhanger van aKING is nie, is Morning After beslis ’n album wat jy moet luister, die kans is goed dat dit jou gaan oor-reed... Indien jy reeds ’n groot aan-hanger van die band is, moet jy sorg dat jy hom dadelik in die hande kry, want dit is dit werd om hom by jou CD-versameling te voeg.

CDResensie

aKING se beste ervarings:

aKING se slegste ervarings:

die persoon nie geld het om hulle te betaal nie

dig daarvan dat hulle sy musiek en gedagtes steel

Page 9: Wapad - 12 September 2014

9K&V

’N ANONIEME KUNSTE- SKINDERRUBRIEK

11 September 2014

Breaking up is hard to do vermaak

DONDERDAG 11 SEPTEMBER - 17:00 Ritmies Liries Acoustic Night met Jan Blohm, Tom Gouws en Old Oak Tree - R20Die Mystic Boer Potchefstroom

DONDERDAG 11 SEPTEMBER - 18:00SJGD WOW sokkieImpala

DONDERDAG 11 SEPTEMBER - 21:00Taxi Violence CD Launch met Loveglove Pyrotechnics en The Ballistics - R40 The Tap (Arcade Empire)

SONDAG 14 SEPTEMBER - 15:30Spring Ensemble Concert 2NWU Konservatorium

DINSDAG 16 SEPTEMBER - 21:00Circus Fest - alle fondse word aan die DBV en SJGD geskenk - R10 Impala

DONDERDAG 18 SEPTEMBER - 20:00Thaba Jäh PartyfestTema: World War Z Impala

DONDERDAG 18 SEPTEMBER - 21:00Fokofpolisiekar, Feed The Wolf en Snowing Down South - R40 (The Tap) Arcade Empire

DONDERDAG 25 SEPTEMBER - 21:00Boekbekendstelling van Skop-pensboer deur Duane AslettIngang is gratisSnow�ake

11 - 25 September 2014

BENETTE RAUTENBACH

Wat is ’n NWU-pukverto-ning sonder sang en dans, liefdesteleurstell-

ings en valse voornemens? Die humoristiese vertoning,

Breaking up is hard to do, het ge-hore verlede week vir vier aande vermaak. Artéma, Alabama Produksies en NWU-Puk Kunste het dié vertoning van 3 tot 6 Sep-tember aangebied.

Marge, wat deur Ronel Stander gespeel word, is ’n jong meisie wat deur haar verloofde voor die al- taar gelos is. Sy en haar beste vriendin, Lois (Anneke Uecker-mann) besluit daarna om vir die naweek na Esther's Paradise Re-sort in die Hamtons op ’n vakan-sie te gaan, wat eintlik veronder-stel was om Marge se wittebrood te wees.

Lois probeer om Marge se naweek op te kikker deur haar aan die sjarmante sanger by die oord, Del Delmonaco, (W.G. Nel) voor te stel.

Lois, die blonde bom, se intel-ligensievlakke laat veel te wense oor en sorg vir baie opwinding onder die gehoor.

Tog raak Marge verlief op Del-monaco weens sy musiektalente, onwetend dat Gabe (Delwin van Jaarsveld) eintlik verantwoord-woordelik vir al Delmonaco se pragtige lirieke is.

Delmonaco is amper verant-woordelik vir nog ’n hartbre-kende verhaal, maar dié verhaal eindig darem op ’n soet noot omdat Marge, Lois en Esther (Anika Pretorius) almal die liefde

van hul lewens vind.Die kostuums en dekor het die

die tyd en die plek waar die ver-haal afspeel ondersteun. Die rol-spelers se aksente het ook ’n egte Amerikaanse gevoel oorgedra, hoewel dit soms effens verlore gegaan het.

Die akteurs het hul onder-skeidelike rolle baie oortuigend vertolk. Dié rolspel en die goeie kwaliteit van die soliste het die aandag van die gehoor vasgevang.

Bo en onder: Van die tonele uit Breaking up is hard to do. Die produksie is verlede week in die Sanlam Ouditorium opgevoer. FOTO’S: Leanri Cunniff

Uit die eerste ry – Breaking up, nuwe SR:Kunste en Bingle sêr

Die akteurs se interaksie met die gehoor het ook vir heelwat hu-mor gesorg. Laggeluide het deur-lopend uit die gehoor opgeklink.

Nacia Kruger, regisseur, en haar span het goeie, ontspan-

nende vermaak vir elke ouder-dom gebied. Boonop gaan Neil Se-daka se musiek gaan jou nog lank bybly ná jy Breaking up is hard to do gekyk het.

Julle het seker begin dink die mense daar op hulle goue trone met die maroen baadjies het ons afgeskrik, maar dis nie hoekom ons so stil was die afgelope ruk nie...

Ons het solank bietjie bene ger-ek en gelukkig daarvoor, want ons het dit amper nie deur Breaking up is hard to do gemaak nie. Okay, ons oordryf net, dit was seker nie só erg nie...

Ons weet darem hoe om credit te gee waar dit due is en ’n mens kon sien hulle het hard gewerk en daar is baie moeite daarin, maar daar is ’n paar goedjies wat ons wel nie kon vergeef nie...

Ons het laas by Impala se “black and white”-aksie so baie lelike monochrome uitrustings

op een slag gesien en van die ander karakters se uitrustings was erg genoeg om ’n mens behoor- lik harsingskudding te gee.

So gepraat van verkeerde uitrustings; ons weet ook nie hoekom iemand ooit satyn op ’n verhoog sal dra nie.

Ons weet ook nie hoekom, indien jy wel satyn aanhet, jy ooit sal toelaat dat iemand jou op-tel terwyl jy dit aanhet nie. Dalk is dit omdat ons so lekker voor sit dat ons so uhm “goeie” view gehad het...

Ons het ook so ’n gevoel dat as dit nie vir Delmonaco se teen-woordigheid in die musical was nie, sou die meeste meisie seker lankal geloop het.

Ons wonder ook hoeveel van die

uitgawes van die produksie hulle op gel, haarsproei en babapoeier spandeer het.

Skaamteloos het iemand so nef-fens ons kliphard gefluister dat sy al hoërskool plays gesien het wat beter was.

Almal verskil maar van opinies so af en toe en die gepeupel wat die vertoning gaan kyk het, was maar verdeeld tussen “dit was ’n kolossale mors van tyd” en “dit was uitstekend”.

Oor die algemeen was dit goed vir studente wat nie regtig be-hoorlike musiekopleiding het nie. Van die akteurs en sangers het baie potensiaal om hul sang verder te ontwikkel. Party van die akteurs wat probeer sing het, moet asbseblief van sang wegbly.

Terwyl ons lekker gemaklik hier in die voorste gestoeltes sit en wag vir Bingle Sêr om aan te breek, wil ons net vir Germs verwelkom as nuwe voorsitter van SR:Kunste...

Moet seker lekker wees om te weet jy is amper nes ’n politikus met die hoeveelheid sensasie en skandes wat jou sedert jou UK-termyn agtervolg het.

Ons hoop van harte dat daar nie weer met die Sêruitslae gekonkel gaan word nie soos wat baie betroubare bronne aan ons bevestig het.

So gepraat van Sêr. Dit sal seker net in orde wees om geluk te sê aan Caput en Minjonet wat Nasional Sêr toe is, julle het ons verbaas en baie beïndruk.

Page 10: Wapad - 12 September 2014

K&V 10 11 September 2014

MARITA HERSELMAN

As jy nog nie weet wat jy Dins- dag, 23 September gaan doen nie, kan jy dié datum

maar gerus oophou. Die JOOL-komitee beplan om ’n

reuse drie-vloere-jol ter voorbere-iding vir JOOLympics (24 Septem-ber) in die Snowflake te hou.

Dit is die eerste jaar dat daar ’n pre-JOOLympics partytjie gehou word.

Volgens Marion Fouché, die

Tyd vir groot partytjie saam met JOOL-komiteeSR:JOOL-voorsitter, maak hulle vir meer as 3 000 mense voorsien-ing.

JOOLympics het in die verlede oor twee dae gestrek, maar is vol-gens Fouché na een dag verander om die kostes te sny.

“Twee dae se JOOLympics is twee dae se kostes. Hoe meer kostes ons kan sny, hoe meer geld is daar vir die SJGD,” het hy ver-duidelik.

Die pre-JOOLympics partytjie vind in samewerking met Bour-

bons plaas, wat die Snowflake gratis vir die aand voorsien. Hulle gaan ook met die reëlings van die

funksie help. Redbull is ook by die funksie

betrokke en bring onder meer hul eie event vehicle en lounges saam.

JOOLympics is al vir vyf jaar aan die gang en vind vanjaar op Erfenisdag (Nasionale Braaidag) plaas.

“Met JOOLympics wil ons graag die hele kampus asook die publiek betrek,” het Fouché gesê. Volgens hom gaan daar ’n braaituin wees waar mense om ’n braaivleisvuur gesellig kan raak, ter viering van

Nasionale Braaidag.Tydens JOOLympics word daar

aan verskeie sporte en speletjies deelgeneem soos die chicken run, foosball en pot-en-pons. 'n Lumo, “strandpartytjie” van 22:00 tot 24:00 gaan die verrigtinge ná die pot-en-pons afsluit.

Die pre-JOOLympics partytjie begin om 19:00 en gaan slegs R10 kos.

Die aand sal vir ’n lekker groot partytjie net voor die toetsweek sorg.

Dit is die eerste jaar dat daar ’n pre-JOOLympics partytjie gehou word

Round Table 47 het Saterdag (30 Augustus) die eerste bierfees in Potchefstroom aangebied. Sowat 1000 mense het opgedaag om die verskillende craft biere te kom proe. FOTO: Alicia Kotzee

FRANCOIS LION-CACHET

’n Spesiale studentepakket is vanjaar vir PUK-studente wat die laaste naweek aan Clover Aard-klop se feesverrigtinge wil deel-neem, beskikbaar.

Studente kan die Aardklop Stu-dent Weekend Pass by die PUKfm-studio teen R150 koop. Dit bied toegang tot die feesterrein vir Vrydag 10 Oktober en Saterdag 11 Oktober.

Sonder die spesiale studente-pakket sal dit jou R240 uit die sak jaag as jy gewone kaartjies vir die twee dae sou koop.

“Ons het na ons getroue fees-gangers geluister en besluit om vanjaar die feesterrein nóg beter te maak,” het Andries Vrey, uit-voerende hoof van Clover Aard-klop, gesê.

Jack Parow, Bittereinder en DJ Naaldekoker sal Vrydagaand op die FNB-verhoog te sien wees.As jy net Vrydagaand by die MKtv-af-terparty wil wees en nie deur die dag die feesterrein wil besoek nie, kan jy ’n kaartjie teen R50 koop.

“Ons gee vir feesgangers die geleentheid om later in die aand partytjie te hou in 'n veilige omgewing. Die terrein gaan beslis vanjaar die hartklop van die fees wees," het Vrey verduidelik.

Die feesterrein gaan ook volge-pak wees met kos- en geskenkstal-letjies, sowel as die bekende wyn- en biertente.

Die fees sluit Saterdagaand af af met ’n musiekaand saam met Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Riana Nel, Robbie Wes-sels, Elizma Theron, Jay, Gerhard Steyn en Theuns Jordaan.

Aardklop het ook vanjaar, uit oudergewoonte, tientalle teater- en ander verhoogproduksies

Spesiale studentepakket vir Clover Aardklop 2014 beskikbaar

waarna feesgangers kan gaan kyk.

Een van die teaterproduksies wat beloof om die kyk werd te wees, is Na-aap, ’n verwerking van Franz Kafka se aangrypende A Report to an Academy waarin ’n aap, Rooi Piet, wetenskaplikes by ’n konferensie toespreek oor die verloop van sy lewe.

Die NWU-Pukkoor en Puk-sim-fonieorkes is Saterdag te sien by NG-Kerk Miederpark waar hulle die komponiste Dan Forrest en Karl Jenkins se musiek in ’n op-windende produksie saamsnoer.

Forrest se “Requiem for the Living” (2013) is ’n hartroerende klankbaanagtige komposisie wat besig is om vinnig ’n gunstel-ing onder wêreldgehore te word. Jenkins is tans die lewende kom-ponis wie se werke wêreldwyd die meeste uitgevoer word.

Daar is ook tydens die fees heel-wat visuele kuns (soos die gewilde Kuns-safari) te sien. Moet egter nie van die woordkuns of dans vergeet nie. Daar vind ook ver-skeie diskoers-sessies met bek-endes plaas asook boekgesprekke by die ATKV Boek-Oase. Een van die gesprekke handel oor die Grie-kwastad-seun en Oscar Pistorius wat al bekendes in ons huise is.

Gaan loer gerus na die volledige program op Aardklop se webwerf om te sien wat alles vir jou wag.

CLOVER AARDKLOP NASIONALE KUNSTEFEES

7–11 OKT.

STUDENTE KAN DIE AARD-KLOP STUDENT WEEKEND PASS BY DIE PUKFM-STUDIO KOOP TEEN R150. DIT BIED TOEGANG TOT DIE FEES-TERREIN VIR VRYDAG 10 OKTOBER EN SATERDAG 11 OKTOBER.

HANNES KRUGER

Die NWU-Pukorkes se tweede sei-soen uitvoering was Sondag op ’n hoër vlak as die van hulle uitvoer-ing in hulle eerste seisoen. Dit was duidelik dat hulle moeiliker werke aangedurf het wat die orkes se standaard as geheel verbeter.

Dié uitvoering se program het slegs uit werke van Mendelssohn bestaan wat ’n kort klavierkon-sert, ’n vioolkonsert en ’n simfo-nie ingesluit het.

Tinus Botha, die pianis van die klavierkonsert – Capriccio Bril-lant op. 22, se vertolking van dié werk was van onskatbare waarde wat die estetiese van die werk met deernis onderstreep het.

Piet Koornof, die solis van die vioolkonsert, het die werk byna perfek uitgevoer met ritmiese vi-taliteit wat die gehoor meegesleur het. Dit is net jammer hy het dit nie gememoriseerd uitgevoer wat

praktyk is wanneer ’n mens ’n concerto uitvoer. Veral as jy ’n formidabele violis soos hy is.

Die orkes het oor die algemeen die werke tot die beste van hulle vermoë uitgevoer. Daar was soms intonasie probleme wat steurend vir die luisteraar kon wees, maar wat ’n mens in gedagte moet hou van so ’n studente-orkes is dat dit nie professionele musici is met jare se ervaring nie en dat van die spelers nie eers musiek studeer.

NWU-Pukorkes vat standaard trappie hoër

Die orkes het oor die algemeen die werke tot die beste van hulle ver-moë uitgevoer.

Liters en liters bier vloei by Craft Beerfest in Potchefstroom

Page 11: Wapad - 12 September 2014

Leefstyl 11 11 September 2014

Leefstyl

Nuwe juweel van 'n kof�ewinkel in Potchefstroom

NICOLE KEMP

Ek was Donderdag, 21 Au-gustus, om presies 16:10 weereens herinner dat ek

glad nie ’n aktiewe persoon is nie. Ek het die grootste fout van my lewe gemaak toe ek my vrien-din op kommandeer en die groot tog Puk-gym toe aanpak – water-bottels, handdoekies en al.

Ons het, soos die lot dit mos wil hê, per ongeluk die dag gekies dat kickboxing aangebied word.

Ek was amper dood. In fact, hier na die 20ste mi-

nuut het ek net niks meer gevoel nie. As die vrou sê spring dan spring ek, as sy sê boks dan boks ek maar. Tog was dit ’n out of body experience.

Net toe ek besluit om eerder te kyk as te doen word ek geseën met ’n waterbreek wat my ge-moedere so effens gelig het.

Niemand het my natuurlik gesê jy moenie baie water drink nie en dit was nie lank nie toe krepeer ek van die miltsteek.

Die enigste ding wat my deur daardie klas gekry het was die oorweldigende kameraadskap wat in daardie saal was.

Jy sal nie glo hoe empowering dit is as 50 ander meisies saam met jou probeer plank nie. Dit was beeldskoon.

As ek nou terug reflekteer het daardie uur eintlik nogal vinnig verby gegaan... eintlik was dit nie so erg nie.

Ek moet bieg, ek het dadelik

Wys my jou somerly�e!

ná die tyd ’n pizza gaan koop. Ek moet erken, die skuldgevoelens was ietwat minder toe ek dit eers eet. Boonop gee dit my net meer rede om weer terug te gaan.

Ja, jy het reg gelees: Ek sal definitief weer teruggaan. Kyk in die volgende klas uit vir die spook-wit meisie met die nerd-brille wat nie weet wat sy doen nie…

Jy weet, as jy my nie glo nie.

Feite: Tye:

-

Verlede week was die opening van 'n knus en snoesige koffiewinkel op die

Bult, waar gratis koffie aangebied is om dié nuwe inisiatief behoorlik af te skop vir koffieliefhebbers in Potchefstroom.

Dit was 'n aand wat die warm atmosfeer van dié nuwe plek weerspieël het.

Ná die plaaslike maandelikse kosmark deMILKo gekroon het as een van die beste koffieplekke in Potchefstroom, bied hulle nou 'n winkel wat 'n reeks koffies, kolwyn-tjies en warm drankies aanbied wat met liefde gebrou is.

"Ons bring vir jou die vertroosting wat die alledaagse lewe verhelder," sê hul web-tuiste.

deMilko is die perfekte plek om saam met 'n metgesel te besoek as jy slegs 15 minute het om te spaar, of jy kan selfs daar gaan uitrus met die langsame smaak van 'n wel-

deurdagte warm drankie in jou mond.deMILKos meen hulle kry geroosterde kof-

fiebone van die mees geliefde plaaslike verskaf-fers. Boonop word hul kolwyntjies deur talle besoeke na New York, die kolwyntjie-hoofstad, geïnspireer.

Hul speseryetee - iets wat jy bloot móét proe - kom uit die hartjie van die Indiese Himalayas.

Page 12: Wapad - 12 September 2014

12 11 September 2014

KommentaarRedaksioneel

Briewe kan ge-epos word na [email protected] of skakel ons by (018) 299 2875

BrieweKolom

28 Augustus 2014

SMS 31750SMS jou tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap

OmbudsmanAs jy voel dat Wapad nie na jou klagtes luister nie, kontak die waarnemende ombudsman dr. Hein Lubbe by: [email protected]

HoofredaksieDie volgende uitgawe vanWapad verskyn op 25 Sep.

WAPAD-KANTOOR: 018 299 2875

HOOFREDAKTEUR: Hannes Kruger ADJUNKREDAKTEUR: Simon Sonnekus NUUS- EN WEBREDAKTEUR: Francois Lion-Cachet SPORTREDAKTEUR: Wynona Louw SPORTSUBREDAKTEUR: Eugenie Gregan LEEFSTYL, KUNS & VERMAAK-REDAKTEUR: Mizan van der Merwe FOTOREDAKTEUR: Gert Coetzer ADVERTENSIEBESTUURDER: Lorraine Jordaan KANTOORBESTUURDER: Robbie Boltman UITLEGREDAKTEUR: Gwendoline Jansen van Vuuren HOOFSUBREDAKTEUR: Jeanelle Greyling

Teksversorgers: Jeanelle Greyling, Francois Lion-Cachet, Hannes Kruger, Eugenie Gregan

Uitleg: Hannes Kruger, Mizan van der Merwe, Lerine Miller

Ek kan nie onthou deur wie ons beïnvloed was nie, maar ons vriendekring besluit on-

langs dat ons wil deel in die gaan groen-beweging en ook ’n kruie-tuin wil hê. Nie een van ons kan ’n kaktus van ’n roos skei nie, bly in betonoerwoude en kan nie ’n plastiekplant aan die lewe hou nie, maar toe die een eers opgewonde is, was daar nie stop aan dié trein nie.

Ons het mekaar begroet met groot opgewondenheid, vier van ons, drie hamers, ’n klompie pa-lette en ’n pakkie spykers. Alles was snaaks tot een voorstel dat ons die verf gaan koop voor die winkels toemaak.

Ek haat ’n hardewarewinkel. Ek het nie ooghare vir spykers en bore en hamers nie, ril tot in my regterlong vir koue sementvloere en die stomme sluipende figure in vormlose klere veroorsaak slape-lose nagte waar ek myself duskant die dood om huil. Hulle is altyd iewers tussen ‘jammer ek is hier’ en hul laaste asem.

Daar is niks van die spreek-woordelike oerman in my oor nie. Geslagte van aartsondes,

skinny jeans en gepermde hare het veroorsaak dat ek presies die teenoorgestelde uitgedraai het as ons oerpa’s wat die Ark gebou het en ’n paleis met sy kaal hande in duie laat stort het.

Ek besluit dit gaan beter wees om die winkel te bel. Niemand gaan my met dowwe uitdrukkings op hul gelate aanstaar wanneer ek verduidelik wat ek oor die foon wil hê nie.

Goeie Middag, sê die man.Hallo, ek wil verf bestel, sê ek.Waarna is u op soek, mevrou?Ek sê, ek is nie ’n vrou nie.Hy lag ongemaklik. Ek’s jam-

mer, sê hy.Mense sukkel om my te plaas,

sê ek. Dis hoekom ek van kleins ’n bordjie om my nek dra sodat mense weet wat ek is.

Ander dag loop ek in die winkel in. ’n Vreeslike groot vrou val al haar voortande los op die teëls, staan eindelik hygend op, gee ’n tree tien sentimeter tot teen die naaste leuning voor sy uitasem opmerk: ‘Amper val ek ’n gat in die vloer’.

’n Ander vriendin vertel graag hoe sy lipstiffie moet dra sodat

Cyril Blackburn is 'n uitspattige kommunikasie-student wat byna daagliks amusante vernederings oorleef en vertel hoe dit sy skild teen seerkry is.

Humor is ons skild

mens haar voorkant van die ag-terkant kan onderskei.

Wie het ons geleer om met ons-self die spot te dryf ? Wanneer het ons besef dit maak die wêreld ’n beter plek?

Ek weet nie hoe lank humor al met ons is nie. Ek kan nie dink dat die wêreld ’n snaaks of lek-ker plek moes wees as jy heeldag moes bokke jag en vrees om van die wêreld af te val nie. Punt is, of dit nou vir ons oerouers snaaks was om hul stomme vrouens skreeuend die grotte in te sleep aan hul hare of nie, ons gebruik al vir eeue humor as ons skild teen seerkry. En ons doen dit goed.

Rangskik die ballonne, blaas die trompette, humor gaan jou lewe red.

Waarna is u op soek, mevrou?Ek sê, ek is nie ’n vrou nie.

Groen kampusse? Blou druppel kampusse? Beslis nie

Dit was gister nogal hartseer om (weer) te sien hoe water vermors kan word.

Dit was op die Potchkampus. Die sproeiers is heeltemal on- toereikend in terme van sprei-wydte vir die betrokke beddings.

Dit het eerder gelyk of die parkeerders almal hulle karre ge-

was het.Daar was niemand in sig om be-

heer daaroor uit te oefen nie. Sommige tuiniers se areas is

goed versorg en is esties bevredi-gend. Ander kon seker nie ander werk kry nie, maar hulle word beslis ook nie bestuur en opgelei nie.

Die mense wat die aankope doen, bestel seker ook net 'n sekere tipe en grootte.

Ons gaan binnekort een van die grootste oorloë ooit beleef, naamlik bekostigbare drinkwater.

Maar ook bloot net oor water... Dit is nogal hartseer om by

'n instelling van soveel besonge uitnemendheid te sien hoe daar nie op hierdie noodsaaklike detail gelet word nie.

Peet du Toit skryf oor die Puk wat so "groen" is en terselfdertyd water mors Dit het eerder gelyk of

die parkeerders almal hulle karre gewas het.

Peet du Toit het dié fotos van waar water in die parkeerarea gemors is, verskaf.

Daar het die afgelope ruk groot oproer op sosiale media sowel as in gedrukte media ontstaan oor die onderskeie studen- teraad verkiesings wat by die groot universiteite in die land

plaasgevind het. Die lae stempersentasie by die Universiteit van Stellenbosch is

bevraagteken en mense het gevra wat is die SR se doel rêrig? ’n Groot bohaai is ook opgeskop oor die verkiesing wat onlangs by die Universiteit van Pretoria plaasgevind het. AfriForum sal nadat hulle 50% van die stemme gekry het, volgende jaar as die stem van student op kampus optree. Dis mos waarvoor die studenteraad is? Om op te tree as die stem van die individuele studente wat op kampus rondloop.

Dit is net hartseer dat dit ongelukkig die meeste van die tyd nie is wat gebeur nie…

Daar is soveel vrae wat ’n mens kan vra in terme van die SR-verkiesing en daar kan vir ure lank gedebatteer word oor verskeie aspekte van studente verkiesings. Is die studenteraad enigsins nog relevant op kampus en hoekom is daar so min kandidate wat hulself verkiesbaar stel?

As jy die lae persentasie stemme op kampus in ag neem kan jy rêrig begin wonder of die student werklik omgee wie en wat die studenteraad is.

Ons skree gereeld bulderend “Transformasie!”, maar moet ons nie dalk radikaal transformeer en oorskuif na ’n politieke sisteem soos by Tukkies en Kovsies nie? 'n Mens sal wel in ag moet neem dat die Potchefstroom-bubble dit dalk glad nie sal kan hanteer nie en ons is ook beslis nie oopkop genoeg vir so 'n groot en drastiese verandering nie. Ons gaan dalk nog vir jare voortsukkel en alles aanvaar soos dit nou is, maar dalk bars dié bubble eendag met 'n oorverdowende knal en dan breek ons los en transformeer werklik.

Het die SR ooit 'n doel?

Die nuwe "Uit die Rektor se kan-toor" is baie snaaks vir my. Het die lag nodig gehad #dankiePuk #pay4parking

- Barend Strydom @BennoStrydom

PUK Engineering, NWU SolarCar: What an inspiring project. All the best guys.

- Lisa Links @LinkwithLisa

Hey @SimonSonnekus, ek geniet jou Potch Patat in die @NWUWa-pad!

Carla Mouton @Carla_Mouton

@NWUWapad Chance for real change among students lost on 32 votes. #SRCChair #vanschalk-wyk vs #leshope.

Hannelie Otto �@MensDom

So sê lesers op Twitter

So sê lesers op Facebook

Baie goeie rubriek op bladsy 12 deur Francois Lion-Cachet en op bladsy 13 deur Heidi Sonnekus!

Alwyn Wehan du Preez

Page 13: Wapad - 12 September 2014

SMS 31750SMS jou Tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap

1311 September 2014 Opinie

Marguerite van Wyk is die senior artikelskrywer vir SARIE. Sy het nie besef sy gaan oor enigiets van 'n eksotiese eiland tot die gyselaarsdrama van Callie & Monique Strydom in Jolo skryf ná sy in 1987 haar B. HOns Joernalistiek aan die US verwerf het nie. Sy het onder meer gewerk as student by The Sunday Times, by die Jhb-dagblad Beeld en het 16 jaar by SARIE ondervinding. Sy doen gereeld SARIE-radiopraatjies. Sy het ook heelwat vryskut ondervinding in onder meer navorsingsartikels en pro�ele.

Druk nou daai Lees hierdie omstrede opinie- stuk, raak deel van die debat en lug jou mening!

Nikotien het my wys ge- maak...

Amper ’n jaar gelede, op 6 Oktober 2013, het my lewe in-grypend verander.

Sóveel so, dat ek almal daarvan wil vertel. Party mense gaan dalk hul oë rol en dink: ‘’O hel, nog een wat preek.’’ Ander gaan gewoon verby blaai en dink dit is nie op hulle van toepassing nie. Maar as ek net een mens kan oortuig om hul lewenstyl te verander, is dit die moeite werd.

Ek was ’n strawwe roker. Min-stens ’n pakkie per dag. Naweke veel meer. Op 47 het ek al menig-maal probeer ophou. Soms het ek dit reggekry – my langste poging was anderhalf jaar. Maar elke keer sou ek ‘’vou’’ op ’n partytjie.

‘’Ag wat sal enetjie nou saak-maak?’’ Natuurlik is dit dié gevaarlikste gedagte op aarde. Dit maak álles saak. Om na jouself as ‘’sosiale roker’’ te verwys en te dink jy is nié ’n roker nie, is fataal.

Eenvoudiger gestel: net soos by swangerskap, is daar nie iets soos skakerings van grys wanneer dit kom by rook nie. Jy is nie ‘’amper’’ swanger nie. En jy ís wel ’n roker as jy nie vir jou ’n pakkie van jou eie handelsmerk koop nie, maar twee of drie van jou vriende s’n ‘’bum’’ by ’n partytjie.

Maar die lewe loop mos snaakse draaie met ’n mens. So tussen die newels van ontkenning, sien ek die aand van 6 Oktober – teen wil en dank – die lig. Deur die bolle rook.

Dié oggend, is ek na die huisarts om medikasie vir ’n grieperigheid en hygbors te kry. Maar teen die aand, was my bors steeds krap-perig. Teen agtuur die aand, het dit gevoel of ’n stywe band om my bors my geknel het. Paniekerig het ek die dokter gebel. Lang sto-rie kort, ek is kortasem, binne sewe minute in my motor na die

‘’E.R’’(noodafdeling)van die Medi-Clinic in Kaapstad. Ná ’n nebu-lizer om my bors te laat ooptrek, kortisoon-inspuiting, suurstof-toediening en drup, is ek dié nag in die hospitaal opgeneem.

Die volgende dag het die pulmu-noloog (longdokter) X-strale van my longe geneem. Ek het myself voorgeneem dat ek nooit weer sou rook as daar nie skade aan my longe was nie.

As daar skade was . . . daaraan wou ek nie dink nie. Ek moes wel uitvind ek het volwasse asma.

Die rook het dit nie veroorsaak nie, maar sou dit vererger. Ek moes dadelik ophou, want my longfunksie sou afneem.

Intussen het ek erge longont-steking ontwikkel en was ek te siek om te rook.

Vyf dae later is ek ontslaan en ná nóg drie dae is ek terug werk toe.

As ek nie hospitaal toe is nie, sou ek waarskynlik steeds gerook het. My longdokter meen dit is ’n geskenk van die heelal: “Dit het jou ’n geleentheid gegee om aan-dag aan jou gesondheid te gee.’’

Ek het begin om my vordering as nie-roker op die sosiale netwerk Facebook neer te skryf en het soveel ondersteuning gekry.

Binne ’n paar dae ná ek opgehou het, het ek beter geslaap, meer energie en minder hoofpyne en naarheid gehad.

My woonstel en motor, het al-gaande varser begin ruik. My twee katte, Dolce en Gabbana, en ek het al hoe minder begin nies.

Die paniese vrees wat ’n ro-ker laataand tref as die sigarette opraak, was nie meer deel van my lewe nie. Ek het soveel meer kontant gehad. Ek het sowat R35 per dag aan sigarette bestee en naweke meer. Soms het dit sowat R1 500 per maand beloop.

Ek het geweet ek wou nooit ooit weer so ontmagtig voel as op die aand van 6 Oktober 2013 nie. Op pad na die hospitaal het ek my gehyg gehoor terwyl ek die koue stuurwiel gevoel en die swart nag gesien het.

Ek moes net jaag en al wat ek kon dink, was: “Asseblief laat my asem hou tot by die volgende ver-keerslig, die volgende stopstraat, nou, amper by die parkeerplek, nou tot by die ingang van die noodkamer. . .’’

Mense vra gereeld: “Is dit nie ontsettend om saam met vriende te kuier wat nog rook nie?’’

Nee. Glad nie. Ek sal nie daar-oor aangaan nie, maar die reuk van rook laat my deesdae gril. Dit maak my eintlik naar.

Maar natuurlik verstaan ek hoekom mense rook. Daar is altyd lekker stories by die rokerskring. Hulle praat lekker praatjies. En dit is iets om met jou hande te

doen, veral by skemerkelkpar-tytjies waar jy soms rondtrap en nie weet wat om vir mense te sê nie.

En wel, daar is net iets lekker daaraan. . . aanvanklik. Jy ver-beel jou jy is “intellektueel’’ en “kunssinnig’’ en “gesofistikeerd’’ . . . vul jou lysie in.

Jy dink verkeerdelik dit kal-meer jou. Eintlik jaag dit net jou bloeddruk op.

Om nie van die ander rits be-kende en minder bekende gevare soos onder meer long- en blaas-kanker te praat nie.

Soms stap ek om ‘n sekere “ro-kershoek’’ van die gebou waarin ek werk en dan tref die rook my soos ’n harde golf en ek moet snak na my asem. So nee, ek mis dit regtig nie.

Miskien net hoe mooi dit lyk in flieks, veral outydse flieks waar heldinne met 40’s en 50’s glam klere sexy aan ’n sigaret teug.

Jy gaan baie vet word, het baie gesê. Gee tyd, jy is so ydel, jy sal vir seker weer begin rook.

Aanvanklik was ek peuselrig. Soetgoed het my getrek. Maar ek het besef of ek gaan stoel, hang van myself af.

Waar ek gewoonlik twee liter water per dag gedrink het, het ek nou oorgeslaan na drie liter water per dag. Ek het minder koffie ge-drink, want dit was ook ’n drankie wat ek gewoonlik saam met siga-rette geniet het.

Ek het gekyk na my eetprogram en sowat 2 kg aangesit, maar dit is regtig niks om oor omgeklits te raak in vergelyking met die lang-termyn gesondheidsvoordele van gesonde longe nie.

Hoe weet ek dit is dié keer die einde? Ek dink, soos met enigiets op aarde, moet ’n mens versigtig wees om nie arrogant te wees nie. Ek is maar net op my spreek-woordelike hoede en besef dat daar nooit iets kan wees soos “net een ou keertjie’’ nie.

Ek dink ’n mens besef, soos met die meeste dinge op aarde, wan-neer jy rég is vir sekere besluite.

Of dit nou is om te trou, ’n nuwe studierigting uit te probeer, ’n gap-jaar te neem of om seks die eerste keer met jou vaste vriend uit te toets . . .

Om op te hou rook, is sekerlik een van die beste en lekkerste (ook verantwoordelikste) besluite wat jy vir jouself kan neem.

Dit is ’n geskenk, ’n belegging in jou toekoms.

Die belangrikste is, jy moet weet hoekom jy ophou. Dit help nie jy doen dit omdat jy skuldig voel of omdat jy jou kêrel of meisie wil beïndruk nie. Of omdat jy voel jou ma gaan dink jy is nie ’n goeie kind as jy rook nie.

Jy moet weet hoekom dit nie vir jóú sin maak nie.

Moenie wag tot môre, of ná die naweek of volgende jaar nie. Druk sommer dadelik die stompie dood.

As ek nie hospitaal toe is nie, sou ek waarskynlik steeds gerook het. My longdokter meen dit is ’n geskenk van die heelal: “Dit het jou ’n geleent-heid gegee om aandag aan jou gesondheid te gee.’’

kankerstompie dood

Page 14: Wapad - 12 September 2014

14 11 September 2014ProfielWapad

Nuwe SR:Voorsitter wil kampus dienMonica van Schalkwyk het 'n brandende liefde vir die Potchefstroomkampus

Benette Rautenbach het met die nuwe SR:Voorsitter gaan gesels onder die streng toesig van die nuwe SR:MEK-lid, JP Jansen van Vuuren, om meer uit te vind oor dié jong vrou en haar passie vir kinders.

BENETTE RAUTENBACH

Soos ’n regte dame kom sy haar kantoor met haastige treë binne. Sy is skaars ’n

paar minute laat, maar vra plegtig om verskoning. Sy hou duidelik glad nie daarvan om laat te wees nie.

Die radio speel saggies in die agtergrond. Sy sit dit af en sê in ’n droë humorsin: “My pa sê in-geligte mense luister RSG,” voor sy op een van die banke in haar kantoor kom sit.

Monica van Schalkwyk is pas as die nuwe termyn se SR-Voorsitter van die NWU-Puk aangekondig.

Agter haar netjiese formele voorkoms skuil daar ’n hart wat baie lief vir dié kampus is. Sy wil “net as ’n student” gesien word.

Dié voornemende onderwyseres is besig met haar meestersgraad in selfgerigte leer en kan die en-toesiasme nie in toom hou wan-neer sy daaroor begin praat nie.

“My vakrigting is Lewensweten-skappe, die ou Biologie.

“Die rede hoekom ek my M doen is omdat ek glo ’n onderwy-ser moet die beste wees wat hy of sy kan wees. Om met ’n kind te werk is nie ’n ligtelike saak nie. Ons is regtig besig met die juwele van die kroon.”

Hoewel Monica in Benoni, dus in die stad, grootgeword het, is sy baie lief vir die platteland.

“Ons het ’n familie-strandhuis. My pa-hulle is ses kinders so dis ’n baie groot strandhuis in Jong-ensfontein, naby Riversdal. Ons gaan elke liewe Desember daar-heen saam met die familie, so ek geniet die platteland, die see... die rustiger lewe.”

Haar oë rek van die opwinding as sy vertel van haar drome vir die onderwys.

“Ek wil baie graag by Oakdale in Riversdal gaan skoolhou. Dit is ’n landbouskool vir seuns en

Monica van Schalkwyk is pas verkies as die nuwe SR:Voorsitter vir 2014/2015.

“Ons het so baie uit genade ontvang, dat mens letterlik net uit dankbaarheid kan gee. Só kon ek dankie sê.”

is verskriklik natuurgeoriën-teerd. Ek wil ook baie graag eendag die skoolhoof van ’n skool êrens in die platteland word.”

Haar liefde vir die natuur kan in alle aspekte van haar lewe gesien word. Van haar studierigting tot die klein versameling van kaktusse en vetplante in haar Karlien-kos-huiskamer.

“Dié gaan maar eintlik net oor die Biologie en plantkunde wat vir my so interessant is. Ek het op die oomblik net drie spesies in my kamer,” vertel sy met ’n skewe glimlag.

“Dis maar net regtig vir my interessant.”

Monica sit sommer bietjie meer regop as sy van Karlien, haar huis op kampus vir ses jaar, begin praat. Sy vertel hoe sy in graad 11 navraag by ’n paar koshuise gedoen het en hoe die positiewe reaksie van Karlien se koshuispa, asook die feit dat haar familie ook daar was, haar oorreed het om Karlien haar eerste keuse te maak.

“Dit was ses goeie jare. Nou-dat ek voorsitter is, moet ’n mens maar objektief wees, so ek trek nou oor ’n maand of twee uit die koshuis uit. Dis vir my baie hartseer, want ek’s

baie lief vir my koshuis, maar ek’s liewer vir die Puk.”

Monica is die tweede gesinslid wat op die NWU-Puk studeer.

“My broer, wat drie jaar ouer as ek is, het ingenieurswese geswot en het meestal op Weskampus ge-bly. Hy was die tipiese ingenieur, die akademiese een.”

Ouboet het ook hier tydens sy studentejare die liefde van sy lewe ontmoet.

En liefde in haar lewe? Vir die eerste keer kruip daar so bietjie skaam oor haar gesig terwyl sy haar hare agter haar oor insteek en net sê: “Nee, ek wag nog vir die regte een.”

Die regte man, volgens Monica,

se fondasies en agtergrond moet reg wees.

“Ek was al in ’n lang verhou-ding en het al geleer wat ek in ’n trouman soek. Geloof is maar belangrik, sodat mens daardie ge-meenskaplike faktor het. Naas dit, moet hy ook handy wees en ’n sin vir humor hê.”

Haar eie droë humor kom so elke nou en dan te voorskyn, soos wanneer sy sê dat sy ses kinders wil hê.

“Maar dis nou nie ’n grap nie, ek wil regtig ses kinders hê! Vyf seuns en een meisie,” vertel sy met ’n gemaak-ernstige gesig.

Sy maak lekker verder grappe soos wanneer sy vertel van die op-winding tydens hul SR-vakansie met die boomslang. Haar bol op haar kop, soos sy dit noem, het in die grasdak vasgesteek en vir die verskyning van ’n boomslang gesorg. So tussendeur die lag be- duie sy met haar hande presies hoe groot die slang was.

Wanneer sy oor haar vorige portefeulje, SJGD, praat, is die grappies weg en daar is ’n gede-termineerde kyk in haar oë. Dis moeilik haar passie mis te kyk.

“Dit gaan oor my passie vir kinders. ’n Kind is so onskuldig en ons moet hulle bemagtig, ver-sorg en leer om die mooi in die lewe raak te sien,” sê sy.

“Ons het so baie uit genade ont-vang, dat mens letterlik net uit dankbaarheid kan gee. Só kon ek dankie sê.”

Sy het ’n brandende liefde vir die Potchefstroomkampus, wat haar gemotiveer het om vir SR-voorsitter te staan.

“Ek was al op so baie strukture en ek verstaan hoe die mense hier voel. Vir dit wat nou volgende jaar kom, ons weet nie wat dit is en of dit noodwendig so groot gaan wees soos almal sê nie, maar dis belangrik om die mense tydens die verandering te ondersteun. Ek dink my ervaring, leierskap- en mensevaardighede sal hiermee help. Ek wil regtig net die kampus dien.

“Ek kyk baie op na my ouers wat enigiets vir ons sal doen en wat regtig ’n lewende voorbeeld is.

“Prof. Annette Combrink is ook vir my ’n rolmodel, omdat sy op haar vroulike manier al so baie vermag het.”

Sy het ’n brandende liefde vir die NWU-Potchefstroomkampus, wat haar gemotiveer het om vir SR-voor-sitter te staan.

FOTO'S: Jackie Hawkey

Page 15: Wapad - 12 September 2014

Sport 1511 September 2014

Koshuisrugby:

Eerste liga

Tweede liga

Derde liga

Vierde liga Veritas

Patria

Villagers

Patria

SAAMGESTEL DEUR CHRISTO BESTER

WêreldsportnuusWêreldsportnuus

"Vuil en wilde" boksgeveg verwagFloyd Mayweather verwag dat Marcos Maidana “weer-eens baie vuil en wild” gaan baklei wanneer die twee bok-sers mekaar Saterdagaand in Las Vegas pak. Die wel-tergewig-kampioen en die Argentyn het in Mei teen me-

kaar geboks en Mayweather het dié geveg met ’n meer-derheidsbesluit gewen. Die uitslag het Mayweather se wenrekord na 46–0 geneem. Maidana het Mayweather ge-maan om “op te hou huil en net te baklei”.

Carter uit 2014 se Rugby-kampioenskapDaniel Carter gaan moontlik nie aan vanjaar se Rugby-kampioenskap deelneem nie. Carter het sy been in vanjaar se SuperRugby-eind-stryd teen die Warathas ge-breek, ná hy vir ses maande ’n breuk van alle rugby ge-neem het.

Volgens Ian Foster, as-sistent-afrigter van die All Blacks, is dit onwaarskynlik dat Carter se been voor die laaste twee wedstryde van die Rugby-kampioenskap in die Suidelike Halfrond sal herstel.

Pakistanse bouler geskorsPakistan se nasionale krieketspan is hard getref deur die skorsing van een van hulle boulers, Saeed Aj-mal.

Dit is veral ’n groot ver-lies vir die span omdat dit slegs ses maande voor 2015 se Wêreldbeker-krieket in Nieu-Seeland is.

Dit is die tweede keer in

Ajmal se loopbaan wat hy vir sy boul-aksie aangekla is.

Hy is in 2009 ook aangekla vir ’n verdagte boul-aksie, maar is deur die Internasio-nale Krieketraad onskuldig bevind.

Pakistan se krieketraad het aangedui dat Ajmal teen die besluit gaan appelleer.

Buiteperd wen Amerikaanse OpeMarin Cilic van Kroasië het vanjaar se Amerikaanse Ope gewen deur Kei Nishikori van Japan in Maandag se eindstryd met 6-3, 6-3, 6-3 te klop.

Cilic het in sy halfeind-stryd met Roger Federer,

die sewentienmalige Grand Slam-kampioen, afgereken.

Dit is die 14de gekeurde Ci-lic se eerste Grand Slam-titel.

Hy het verlede jaar se Amerikaanse Ope weens ’n positiewe opkikkertoets mis-geloop.

Die NWU-Puk Barbarians het die Universiteit van Johannesburg (UJ) Barbarians Saterdag op Olënpark met 24-17 geklop.

FOTO: MARIO VAN DE WALL

NWU-Pukke die beter Barbarians

Winterliga Hokkie

Villagers

Heimat

Wag-'n-BietjieLaureus

Bellatrix

Patria Heide

Dinki

Hombré

Vergeet-My-Nie

Vlugbal

Ratau Lebone

Caput

HeidePatria

Huis Republiek

Excelsior Eikenhof

Karlien

Veritas

Vergeet-My-Nie

1. Westelike Provinsie (23)2. Pumas (18)3. Goue Leeus (15)4. Haaie (14)5. Vrystaat Cheetahs (12)6. Griekwas (7)7. Blou Bulle (6)8. OP-Kings (1)

Curriebeker-puntestand

Koshuissport-uitslae

Albei jong Luiperdspanne het Saterdag in Bloemfontein teen die Cheetahs kortgekom. Die o/21 Luiperd-span het 39-38 verloor en die o/19 Luiperds het 'n 54-14 vertrapping gely.

In 'n naelbytwedstryd waarin tien drieë aangeteken is, vyf deur beide spanne, het die o/21 besoekers in die laaste minute die afsluitende drie gedruk.

Die Luiperds se heelagter Rhyno Smith het weer 'n ystervertoning ten toon gestel en 23 punte aangeteken. In die o/19 wedstryd het die Cheetahs-flank Jasper Wiese vier drieë in sy span se oorwinning van 54-15 oor

die Luiperds gedruk in wat waarskynlik hul beste vertoning van die seisoen was. Die Cheetahs het op 'n stadium met 47-0 voorgeloop voordat die Luiperds kort voor die einde van die wed-

stryd drie keer gaan druk het. Die o/19 Luiperds se volgende wedstryd is teen die OP-Kings in Port Elizabeth en die o/21's speel Vrydag teen die Grens in Oos-London.

Junior Luiperds val vas teen Cheetahs

Rhyno Smith is met elf drieë en twaalf suksesvolle doelskoppe tweede op vanjaar se lys van top-puntemakers. Die Blou Bulle se losskakel, Kobus Maree, is eerste met 104 punte. FOTO: VERSKAF

Page 16: Wapad - 12 September 2014

BO: Die Luiperds se Hoffman Maritz en George Tossel.

Sport11 September 2014

XXXXXXX

Jarryd van den Berg from Tuks on the attack. SIMON SONNEKUS

Revenge is often a dish served cold, but in the case of the NWU-Mafikeng

team, it was never served at all. The team had the home advantage in the Varsity Soccer semi-final on Monday to trounce their fier-cest rivals and winners of the 2013 campaign UP-Tuks.

Facing each other in the pre- vious year’s semi-final, both teams had everything to play for and hit the ground running with

audacious attacks and it was Tuks who had to intervene drastically as NWU launched the first offen-sive.

The attack didn’t stop there, both sides had disallowed goals after players were flagged offside in the first half. Both teams ex-changed several chances but went into the players tunnel level at a deadlock.

Relentless tackles saved both teams at the beginning of the

second half with Tuks coming nearest by means of their tall strikers. Tuks were lethal at the set pieces, causing NWU goal-keeper Amogelang Maduo to work hard.

It was Kagiso Modimoeng from the NWU who had a golden chance, but he put the ball miles over the crossbar.

Both teams gave their all in normal time but the end result, a stalemate of 0-0, forced the game

to penalties. NWU took the first and slotted the first four spot kicks effortlessly into the back of the net. It was however not to be for Modimoeng when his shot was saved by the Tuks keeper. For the second year in a row Tuks went through to the final at the cost of the NWU, the final score being 5-4. Tuks now face UJ in the final in Soweto.

Mafikeng will have to wait two years to avenge there exit out of

the tournament due to NWU’s Puk-Tawana beating the Varsity soccer team to the USSA quali-fiers.

“It’s a dream come true for us,” Tawana coach Max Moeketsi said.

“We haven’t beaten Mafikeng in six years and now we have the chance to represent on the biggest stage. There is a positive feeling under the players, it is wonderful to see the players still posting on Facebook about our victories.”

Luiperds klop Boland, loop voor in Curriebeker-wedloop

Die Luiperds het Saterdag die Boland met 54-32 in hul Curriebeker-ontmoeting op Olën-park vertrap. Die Luiperds se buitesenter Hoffman Maritz het in die eerste helfte reeds sy driekuns behaal en die binnesenters Johan Deysel en George Tossel het elk twee drieë in-geryg, met die haker Jacque Vermaak wat ook oor die doellyn geduik het. Die Luiperds is tans bo-aan die eerste liga-punteleer. Hul volgende wedstryd is Saterdag teen die Griffons by die Noord-Wes Stadion in Welkom.

Sylvian Mahuza van die Luiperds op die aanval. FOTO’S: MARIO VAN DE WALL

Tears in Ma�keng