WOORDE VAN DIE VOORSITTER - magalieshiking.co.zamagalieshiking.co.za/voetn/Voetnota November 2012.docx  · Web viewDit sal in die vorm van 'n gewone Woord dokument afgelaai kan word

Embed Size (px)

Citation preview

VOETNOTA

MAGALIES VOETSLAAN / HIKING

NOVEMBER 2012

BESTUURSLEDE

Voorsitter:

Andries Oosthuizen

012 664 2168(h)

082 926 9657

Ondervoorsitter:

Andries Roesch

012 259 0863(h)

082 881 7301

Tesourier:

Wilma du Plooy

012 381 3300

084 505 3385

Sekretaris:

Chris Leipoldt

012 329 0462

072 476 8438

Sprekers:

Wilna Horn

012 335 8737(h)

083 208 6655

Sosiaal:

Ria Holman

012 654 2239(h)

082 858 4035

Voetnota:

Ellen Taute

083 722 1886

(slegs sms)

E-pos Andries Oosthuizen: andries.oosthuizen@ gijima.com

E-pos Andries Roesch: [email protected]

E-pos Wilma du Plooy: [email protected]

E-pos Chris Leipoldt: [email protected]

E-pos Wilna Horn: [email protected]

E-pos Ria Holman: [email protected]

E-pos Ellen Taute: [email protected]

BANK-EN ADRESBESONDERHEDE

Bankrekening: ABSA Tjekrekening,

Centurion Tak,

Rekeningnommer 2890 186 095

Posadres: Posbus 32810

GLENSTANTIA

0010

WEBWERF

www.magalieshiking.co.za

INDEKS

4

Redakteursbrief

4

Woorde van die Voorsitter

5-8

Ons Interessante Magaliesaande

8-9

Kingdom Viva!

9-10

Die Visrivier Canyon Ndaba

10

Rietvlei Natuurreservaat Viva!

11

De Wagensdrif Ndaba

11-12

Marakele Viva!

12-14

Rietvleidam Ndaba

14-16

Hanglipberg Klipspringers

16-21

Veldstemme

21-23

Hanglip Ndaba

23-24

Entabeni Ndaba

24-26

Welgedacht Klipspringers

26

Kraakvars

27-28

Fanie Botha Klipspringers

29-29

Nylsvlei Ndaba

29

Bermanze Viva!

30-31

Otter Groep 1 Ndaba

32

Camino de Santiago Viva!

32-35

Otter Groep 2 Ndaba

36

Griekeland Toere

36-37

Hennops Viva!

37-39

Boesmanskrans Klipspringers

39-41

Fontein

41-42

Angels Wing Viva!

42-44

Baviaanskrans Ndaba

44-45

Balele Klipspringers

46-47

Fotowenke: Tienie Stoffberg

REDAKTEURSBRIEF

Ons het aan die einde van 2012 gekom. Die jaar het sy kwota hartseer, teleurstellings en vreugde gehad. Tog kyk ons terug in dankbaarheid vir n jaar waarin elkeen van ons n verskil kon maak in iemand se lewe.

Die stappers het n baie genotvolle stapprogram gehad in 2012 en baie dankie dat julle jul ervarings met ons ander deel dis SO lekker om te lees van plekke waar ons nog nie was en dit laat ons uitsien om daardie areas ook te gaan verken. En natuurlik die bekende roetes bring baie aangename herinneringe terug!!

Hierdie is my laaste Voetnota maar nie die laaste vir Magalies Voetslaan. Ek het besluit om na 7 jaar vir iemand anders n kans te gee om ook n bydrae tot Magalies Voetslaan te kan gee. Dit was jare van baie lief en leed deel julle is almal baie kosbaar. Dankie vir ELKEEN van julle se bydrae in my lewe.

Mag elkeen van julle n baie aangename Kersseisoen beleef. En mag die Vader se liefde en genade elkeen van julle omvou.

Ellen Taute

WOORDE VAN DIE VOORSITTER

Soos reeds in 'n vorige skrywe genoem het die Voetnota oor die afgelope jare sedert 1993 'n paar keer verander en dit gaan weereens 'n verandering ondergaan.

A.g.v. verskeie redes soos die alewige tydfaktor, koste en drukwerk gaan die Voetnota voortaan slegs op die internet beskikbaar wees. Daar gaan meer foto's en kleur veranderinge wees. Dit sal in die vorm van 'n gewone Woord dokument afgelaai kan word.

Indien jy nie internet toegang het nie sal dit in gedrukte bladsye beskikbaar wees en nie meer in gedrukte boekvorm nie.

Baie dankie aan almal wat iets skryf en spesiaal dank aan Ellen Taute vir die samestelling.

'n Gesende Kersfees en 'n heerlike vakansie seisoen vir almal.

Andries Oosthuizen

ONS INTERESSANTE VOETSLAANAANDE

(Uit: Magalies Voetslaan se Nuusbriewe en versorg deur Chris Leipoldt)

31 Januarie 2012:

Albert Bossert en Wilna Horn het kom vertel en wys van VOSA se projek Skoonmaak van die Visrivier. Vir almal wat di merkwaardige skeurvallei al een of meermale gestap het, was dit n heerlike ervaring om weer in die gees die tog te beleef. Hulle het 5 tot 21 Augustus 2011 gegaan en die Vis het water gehad net reg nie te veel nie en nie te min nie. Die tydperk sluit ook ander besienswaardighede in. Hulle het in die dorre skeur heelwat blomme gewaar, dus was dit darem nie net die barre rotse en sand en klip nie. Wat ontstellend is is dat stappers so kan mors. Baie doen nie vooraf navorsing nie en moet dan op n manier van die oortollige goed ontslae raak. Ander weer neem goed saam wat nie bio-afbreekbaar is nie, begrawe dit waar dit weer oopspoel en die veld bemors. Met die projek het Albert en sy span drie skole betrek. Die kinders (graad 7) het dit n leersame ervaring gevind. Hulle het n bus met 59 sitplekke gehuur en in styl en gerief gereis. Hulle het vyf dae gestap en kos in spanne gemaak. Met die rommel se optel en saamdra na versamelpunte was dit n bietjie min dae om gemaklik te stap.

Baie dankie aan Albert en Wilna wat ons herinneringe verfris het. Baie dankie, Daleen vir jou relings.

Fotokompetisie: Die belangstelling was maar teleurstellend. Min het ingeskryf. Ons hoor graag julle voorstelle vir di jaar se kompetisie. Chris Leipoldt het die kompetisie gewen.

28 Februarie 2012:

Ons het ons algemene jaarvergadering gehou waar onder andere n nuwe bestuur verkies is. Die bestuur bly dieselfde behalwe dat Daleen Crous aangedui het dat sy nie weer beskikbaar is nie. Wilna Horn neem by haar oor. Daleen was vir meer as 11 jaar in die pos waar sy sprekers gerel het en sy het ook n reuse-aandeel in die rel van die lokaal by UP gehad. Ons is haar groot dank verskuldig vir al haar moeite. Lede sal die notule van die vergadering afsonderlik ontvang.

Na die afhandeling van ons AJV het Johan Pretorius ons van hul toer deur Zambi vertel en pragtige fotos gewys. Hulle was baie gelukkig om die Shoebill te siene te kry. Volgens National Geographic is dit tog n ooievaar. Die skoenbek is n groot grys vol wat in vleilande aangetref word. Hy vang vis en lyk my enigiets wat effe kleiner as hyself is.

Die toergroep het baie wild gesien asook baie vols, onder andere die lelkraanvol en bromvols. Hulle was in Julie daar en die veld was mooi groen en daar was volop water. Daar was ook troppe van die Satatoera bokke en Swart Lechwe. Baie dankie, Johan vir al jou moeite en aan Daleen vir haar relings.

27 Maart 2012:

Elzabe Spies en Glen kom wys en vertel van die Tour du Mont Blank. Dit is n rotsblok en ys in die Alpe, van ongeveer 25 km lank en n mens stap reg rondom. Die roete loop deur Frankryk, Itali en Switserland. Jy begin in Frankryk in Charmonix en eindig weer daar. Die roete is 170 180 km lank en duur so twee weke. Die hoogste piek is 4810 m en daar is glo 400 pieke op die rots. n Mens kan ook die beroemde Matterhorn as een van die pieke uitken. Ongeveer 25,000 mense stap jaarliks die roete. Hulle gee afstande in ure aan. Daar is baie steiltes en hewige afdraande, dus moet jou skoene en knie goed wees. Verblyf en etes is in herberge langs die roete. Die fotos wat hulle vertoon het wys die pragtige natuurskoon, helder waterstrome en die ouwreldse dorpies en gehuggies. Dit is opvallend dat alles so netjies in die dorpies vertoon. Selfs die winter se vuurmaakhout word in eweredige lengtes teen die huisies geberg. Daar is talle pragtige valleie. Dit lyk of die mense maar eenvoudig lewe, met vet skape, bokke en beeste teen die berghange. (Ek wonder of Heidi en Peter daar iewers bly)! Die roete is ook gewild onder ouens wat al oral wedlope gedoen het en di plek kom kafdraf om van oortollige energie ontslae te raak. Baie dankie, Elzabe en Glen dat julle dit met ons kom deel het. Baie dankie aan Daleen en Wilna vir die relings.

24 April 2012:

Dr Herman Els van die Suid-Afrikaanse Jagters en Bewaringsvereniging het oor die renoster kom gesels. Renosters is feitlik daagliks in die nuus weens die onverpoosde stropery. Die stropery het die afgelope paar jaar, sedert 2007, drasties toegeneem en die groot rede daarvoor is dat die renosters eers in die noordelike dele van Afrika uitgeroei is en Suid-Afrika is nou die enigste land met beduidende getalle. Wanneer hulle hier uitgeroei is, sal ons hulle seker net op fotos kan sien.

Dit is natuurlik nie net stropers wat die getalle laat afneem nie. Daar word ook wettig renosters gejag en van hulle vrek natuurlik. Renosters word ook deur ons uitgevoer bv na Sjina en Namibi. Daar word bereken dat die stropery tans gelykstaande is aan die natuurlike aanwas.

n Renosterhoring weeg gemiddeld 5 kg en kan tussen R250,000 en R500,000 haal. Die horings word gemaal en deur Asiatiese lande vir medisinale doeleindes verkoop. By hulle is dit n kultuurding en hulle gebruik ook beerpote en allerhande ander goed om hulle woema te gee.

Daar word bereken dat ons land met n poel van renosterhorings ter waarde van R4,5 miljard sit. (Dit sal nie vir tolgeld aangewend word nie Red).

29 Mei:

Erhard Kruger het vir ons van hul toer na Antarktika en Argentini kom wys. Die vols wat hulle in Argentini gesien het is pragtig en so anders as wat hier by ons te sien is. Daar is van hulle wat die mooiste patrone het en ander wat so goed gekamoefleer is dat jy fyn moet kyk om hulle raak te sien. Hulle is toe met n Russiese boot na die Antarktiese Skiereiland en hoewel dit in die somer was, is daar net ysberge waar jy kyk.

Die ys is soms mooi gevorm met baarde van ys wat afhang en ander het gate in wat soos o lyk. Ander lyk weer soos n klomp pilare wat langs mekaar staangemaak is. En soms is daar so n koue blou skynsel. Hulle het by verskeie hawens aangedoen terwyl ander, weens die baie ys, moeilik bereikbaar was. Daar was ook die mees suidelike poskantoor op hul roete. Daar is ook baie soorte pikkewyne wat ons nog nie hier rond gesien het nie. Hy het net min fotos van die pragtige Russiese kelnerinne gewys!

Baie dankie, Wilna, vir jou relings.

26 Junie: Andries Oosthuizen het kom vertel en wys van die Naukluft Natuurreservaat in Namibi. Namibi het verlede jaar n baie nat sesoen gehad en dit was baie groen met baie water in die klowe. Die fotos was n samestelling van die fotograwe wat die stap vanaf 15 tot 28 April 2011 mee-gemaak het en was werklik van hoogstaande gehalte. Die Naukluft bly maar een van die mooiste en uitdagendste stappe en is agt dae en 121 km lank. Daar is dae wat jy 17 km stap en ander weer korter. Daar is werklik baie klowe en na die baie ren was water volop. Die kettings in sommige klowe laat natuurlik menige broek bewe en die kort video van een plek toon maar net weer dat jy jou hoogtevrees by die huis moet laat as jy daar wil gaan stap. So n moeilike stap bind die stappers aan mekaar. Andries het ook fotos van hul reis na en vanaf Namibi gewys. Die Sossusvlei, Dooievlei en Sesriem bly maar iets besonders.

Baie dankie, Wilna, vir jou relings.

31 Julie: Ons betuig innige meegevoel met Sarel Naud na die afsterwe van sy suster. Sterkte aan jou en jou familie.

In Sarel se afwesigheid het ons na n DVD van n staproete in die Richtersveld gekyk, nogal! Wie sou nou kon dink dat daar n staproete is! En dit lyk nie na n maklike roete nie. Die terrein laat n mens aan die Namib-Naukluft dink, met klowe waar daar waterstroompies kabbel en heerlike swempoele wat wag om n mo, stowwerige lyf af te koel. Daar is rotsklim en plek-plek moes die sakke met toue laat sak of opgetrek word. Die natuur is natuurlik tipies van die Richters met sy kokerbome, vetplante en wie weet wat alles. Die betrokke roete word deur Rey van Rensburg gelei en is vier dae harde stap. Dit lyk darem of daar elke aand lekker om die vuurtjies gekuier is. Nouja, daar is nog n roete vir my wenslysie.

Baie dankie, Henk, vir die DVD. Ons het dit werklik geniet.

28 Augustus: Tienie Stoffberg het homself opgelei om mooi fotos te neem. Hy het onderhoudend sy wenke aan ons kom oordra en elke punt met fotos toegelig. Dit was baie leersaam en ek glo dat ons mik-en-drukkers en selfs diegene met meer gevorderde kameras voortaan baie mooier fotos gaan neem. Vandag se mik-en-druk kameras het in elk geval soveel funksies dat dit vir my voel asof ek n leeftyd nodig het om net die basiese te leer. Ons het Tienie baie geniet. Baie dankie, Wilna dat jy hom vir die aand gekry het.

Ek plaas die wenke, met Tienie se vergunning, onderaan die nuusbrief sodat julle dit kan skei en byderhand hou of in jul rugsakke kan plaas. (Vind Tienie se wenke aan die einde van die Voetnota)

25 September:

Ina Stahmer het kom vertel en pragtige fotos van die Skeepswrak staproete gewys. Hulle het in twee groepe van agt elk gestap en ook die roeiding na Lily Pad gedoen. Die Skeepswrak is n roete langs die see naby Port Alfred so halfpad tussen Port Elizabeth en Oos-Londen. Daar is nie regtig skeepswrakke te sien nie, maar wel n oorblyfsel of wat wat deur die wind uit die sand oopgewaai en weer toegewaai word. Die roete swaai ook binnelands wat die eentonige stap langs die see n bietjie afbreek. Die tog na die Stone Cottage toe oor die duine is nogal uitputtend. n Besoek aan die vuurtoring is n moet. Hoewel dit steil teen die duine uit is, is die uitsig en omgewing die moeite werd. Sy het ook van hul besoek aan Hogsback gewys. Hulle was in April daar en die herfskleure tussen die groen is asemrowend mooi. Baie dankie, Ina vir die vertoning en baie dankie aan Wilna vir die relings.

Na die vergadering het Rudi van HiTec Kollonade Retailpark vir ons stapskoene en klere gewys. Hulle het n paar stapwinkels en is bereid om 15% afslag aan lede van stapklubs te bied.

Toegang by Magaliesaande vir lede van Magalies Voetslaan is n donasie van R10 en vir nielede R15. Betaal asb as jy inkom, want ons het uitgawes wat gedek moet word. As jy laat kom, betaal asseblief wanneer jy uitstap vir iets om te drink en te eet.

KINGDOM (WITBANK)

18-20 MEI 2012 VIVA

n Mens moet tog die pad gebruik om daar te kom. Dit is 10 km vanaf die hoofhek. Hoewel n mens oor 95% van die pad met n gewone motor kan ry, is daar die 5% wat n probleem gee. As daardie paar gedeeltes herstel kan word, sal meer mense kans sien om daardie mooi roete te gaan stap. Die kamp is pragtig en op die wal van die Wilgerivier gele. Die geriewe toon verwaarlosing, maar is heel skaflik met n gerieflike lapa een van die beste. Ons was n klein groepie en het lekker weer gehad. Die roete is mooi oopgemaak, behalwe die rooi gedeelte waar ons deur die gras moes sukkel en nog na spore moes soek. Die rooi roete is ook moeilik in di sin dat daar oor n paar moeilike rotse geklim moes word. n ketting om aan vas te hou sou dinge vergemaklik het. Die roete is egter die moeite werd. Die tweede dag klim n mens steil in n kloof op en bo stap jy taamlik gelyk om dan weer in n pragtige kloof af te daal. Ons het selfs n otter gewaar. Deur die vlei is die water so dat jou skoene nie te nat word nie. Baie dankie aan Hennie wat deurgedruk en die roete gerel het.

Uit: Viva Nuusbrief

Foto: Internet

DIE VISRIVIER CANYON

19-24 MEI 2012 - NDABA

Komende van 'n groentjie in Ndaba: Die Vis het blywende indrukke gemaak! Natuurlik weet almal die Vis, met sy ongereptheid en eie woestynskoonheid is 'n moet in elke stapper se lewe.

Maar ek wil julle eers iets vertel wat niemand ooit weer kan beleef nie. Dis iets kosbaars en moeilik om te beskryf, maar ek sal probeer: Die band wat tussen die 6 Ndaba-vissies vasgel is na 5 dae se.... kom ons wees maar eerlik....geswoeg en gesweet, saam in die Canyon.

Eers was dit in die onheilspellende dieptes af, toe met moeite oor groot rotsblokke, dan spring-spring oor spoelklippe van alle groottes, dan met sware plof deur die diep sand en dan weer deur die senutergende rivier wat jou voete onder jou uit wou spoel. As jy die krag het om op te kyk, het die wyduitgestrekte woestynlandskap jou asem weggeslaan...o nee, eintlik was jou asem buitendien weg.

Dit het soms vir my gevoel asof ek in 'n kom loop en dat die berge op my gaan intuimel. Ek het deel geword van die swyende, uitgestrekte woestyn. Die son het met kleur oor die landskap gespeel.

Op een plek borrel stomende water uit die aarde langs die enigste palmboom wat ek gesien het. Die viervingerrots toring voor jou op. 'n Koedoe spring sierlik reg voor my uit die bosse uit. 'n Groot bobbejaanmannetjie jaag sy trop deur die rivier en die kleintjies spring bevrees in die water in en swem deur. Woestynperde wei rustig en is duidelik tuis in die woestyn. 'n Scooter l verroes langs die rivier en vertel sy eie storie. 'n Eensame graf van 'n Duitse soldaat laat jou wonder.... Die sterreprag saam met die nuwemaan laat jou lus voel om die hele nag wakker te bly.

Ek dink met lekkerkry terug aan die aande se saam nesskrop en saam kosmaak en saam eet. Geoff se mossel-voorgereggie en Poeksie se marshmallows het moe lywe nuwe woema gegee. Nooit sal ek al die hulp van die groeplede op die moeilike roete vergeet nie. Annetjie, Pierre, Geoff, Poeksie,Tjaardt, dankie, julle is tops.

Geen mens kan die Visrivier voltooi sonder om van nuuts af bewus te wees van sy eie kleinheid en die grootheid van ons Hemelse Vader nie. Dit is wat stap die moeite werd maak.

Ria Lighthelm

Uit: Ndaba Nuusbrief

Foto: Annatjie Janse van Rensburg

RIETVLEI NATUURRESERVAAT (IRENE)

26 MEI 2012 VIVA

Sowat 20 persone het na Rietvlei opgeruk. Dit was n lekker sonskyndag en ons het heerlik tussen die diere gestap. Ons het blesbokke, blouwildebeeste, elande en n buffel gewaar. Na die stap het ons in die lapa gekuier en gebraai. Baie dankie aan Joe wat die stap en gids en kole gerel het.

Uit: Viva Nuusbrief

DE WAGENSDRIF (TUSSEN PRETORIA EN WARMBAD)

8-10 JUNIE 2012 NDABA

Die naweek was soos gewoonlik nog n lekker Ndaba uitstappie.

Die roete het oor lekker gelyk pad gegaan. Die stapvrate het Saterdagoggend die eerste 7 km gedoen en die middag die ander 7 km sommer vir die pret!

Die basiese geriewe was daar en almal het regtig lekker kon kuier reg in die Ndaba tradisie.

Die weer het lekker saamgespeel. Die koue front het eers Sondagoggend daar aangekom.

Die kosrelings was n groot sukses. Dit was goed om te sien die Ndabalede kan net so lekker eet en social as stap. Dankie aan almal vir hulle kosbydrae. n Mens kan dalk meermale so saam smul.

Die bouery aan die blokkies toring was ook groot pret. Ek het dit spesiaal laat val ter wille van die strafdop!

Hoop ons sien almal weer by Entabeni/Hanglip!

Uit: Ndaba Nuusbrief

MARAKELE (THABAZIMBI)

15-17 JUNIE 2012 VIVA

Ons was 15 wat gaan kamp het. Die dae was heerlik, want ons het meestal rondgery om wild te kyk en dan was dit snoesig in die voertuie. Dit is n baie mooi omgewing en die park is groot en die geriewe netjies. Daar was heelwat ander kampeerders, maar ons het nooit die gevoel gekry dat ons ingedruk word nie.

Dit was soms winderig en koel, maar saans het ons heerlik om die kampvuur gebraai en gekuier. Daar is baie soorte wild in die reservaat, maar olifante kon ons nie sien nie. Die renosters was volop en so ook die kameelperde.

In die kamp het talle vols vir ons kom kuier en veral die volstruise en blouwildebeeste het sommer deur die kamp gewei. Groot dank aan Pierre wat die naweek gerel het.

Uit: Viva Nuusbrief

RIETVLEIDAM (IRENE)

22-24 JUNIE 2012 NDABA

Terugvoer oor Rietvlei. Ek KAN net nie stilbly nie.

Vrydag middag het ons vir oulaas nog n warm ding in die rugsak gedruk teen die GROOT koue en 15 minute later by Rietvlei se ingang ons gids, Nicoleen ontmoet.

Met groot opwinding is die voertuie by ontvangs gelaat en die 2 km na Pendoring hut is aangepak. Die gids het ons gewaarsku dat sy vars buffelmis gewaar het naby die hut en haar woorde was skaars koud toe gewaar ons HULLE! Die raad was om maar saggies om die grootes van die natuur te loop. Met n paar benoude giggels het ons ligvoets met ons boots verby gesluip tot by die hut. Die waarskuwing dat ons die res van die aand maar naby die hut moet bly, was onnodig!

Die vuur was skaars aan die brand toe ons weer takke hoor kraak.Dit was weer HULLE!! Skaars n paar meter van die hut het die buffels rustig gewei, min gepla met die paparazzi wat op hulle toesak vanaf n veilige afstand. (Daai donker blets op die fotos is regtig n BUFFEL!)

Na ete het ons na die jakkalse se geroep geluister en myle ver van die stad af gevoel. Die adrenalien van die vroegaand besoekers saam met simfonie van jakkals geroep, het dit voorwaar n baie spesiale aand gemaak. Ons het tot laat in die vlamme gestaar.

Met die visarend se geroep (sowaar in die stad!) het ons Saterdagoggend ons koffie en beskuit geniet. Die gids was op tyd en ons het weggespring om slegs n paar kilometer verder die buffels in ons voetpad te gewaar.

n Rukkie gewag om te kyk wat die groot menere se planne wasmaar helaas ons moes maar ompad neem wat ons gelei het na die Visvangers se broeiplek. Lank het ons gestaan en kyk hoe die kraaie (Rietvlei se aasvols) om die nes vlieg en kras geluide maak. Visvangers is regtig nie goeie ouers nie en maak slegs 1 kuiken per broeiseisoen groot die ander eiers/kuikens word summier uitgeskop!

Ons is verder en die narre van die natuur in aksie gesien. Swartwildebeeste kan sulke snaakse geluide maak, bokspring en in sirkels hardloop vir geen noemenwaardige rede nie. Troppe blesbokke, springbokke en sebras het die idilliese prentjie verder getooi!

Stap is glad nie meer wat dit was nie en danksy tegnologie, het die manne, Saterdagmiddag bier in die hand, die Springbokke se wedstryd teen die Engelse gekyk. Later is n vleisie op die kole gegooi en weereens jakkalsmusiek geluister.

Almal het die 17 kilometer aan ons lywe en voete gevoel, maar ons harte was vuurwarm toe ons bed toe gegaan het.

Stap is regtig nie meer wat dit was nie Sondag het ons lui lui opgestaan om gereed te maak vir Madaleen wat ons 9h00 gaan ontmoet! Vanoggend gaan ons na die renosters se voerplek!! Deur die verkykers het ons reeds gesien dat n koei en haar kalf daar rondstaan!

Ons het veby die renosters se badplek gestap en hulle het ons gou-gou uitgeruik, gehoor en onrustig begin beweeg boude teen mekaar om die vyand te kan aanval. Geeneen was van plan om nader te waag nie, en het gehoorsaam die gids se handbewegings gevolg. Om so naby aan die bedreigde diere te wees is voorwaar n belewenis. Dit is ondenkbaar dat mense(?) hulle afmaai vir n simpel horing. Daar is 2 jaar gelede 2 renosters doodgemaak en sederdien doen natuurbewaring gereelde patrollies om die wild te beskerm.

Ons het verder gegaan en die gids het vir ons die bankrotbossie gewys kom blykbaar uit die Vrystaat en het geen nut vir mens of dier nie. Jy sal voorwaar bankrot raak as jou plaas vol van die nutelose bossie is! Daar is egter baie miershope wat die aardwolf, wat daar voorkom, se gunsteling maaltyd is.

Dit was tyd om huis toe te gaan, maar n groepie van ons het nog vasgeklou aan n heerlike naweek. Ons het die volskuiling besoek en die Slanghalsvol gesien vlerke gesprei in die son om droog te word. Verder is daar ook baie Witborsduikers, Bleshoenders, Waterhoenders en talle ander vols.

Hierdie juweel in die stad met sy groot verskeidenheid wild en vollewe sal Rietvlei altyd n besoek werd maak.

Amanda Louw

Uit: Ndaba Nuusbrief

Fotos: Amanda Louw

HANGLIPBERG (NABOOMSPRUIT)

22-24 JUNIE 2012 KLIPSPRINGERS

Die troppie Klipspringers, Herman, Carol, Magdaleen, Hester, Elzab & Johan, Laura & Thinus, Wayne en Melissa het Vrydagaand by mekaar gekom by Skeurkrans Basiskamp, n netjies goed ingerigte kamp, daar is selfs n opsigter wat die donkie aan die gang gekry het om te sorg dat ons n lekker warm water stort kan kry.

Na n lekker kuier, braai en besprekings om die kamp vuur, was dit tyd om die lywe en o te rus vir die volgende twee dae se bundu baching!

Saterdag oggend het die, opsigter Jakob, n Zimbabwir, die permit kom opeis, en gesorg dat almal die imdemnity teken. Dit is nou daardie lysie waar jy jou naam, telefoon nr, en van watter plek jy af kom invul, ek wonder altyd wat dit beteken en wat dit werd is, sou iemand wel seer kry? Nadat Jakob ons mooi verduidelik het hoe om te stap en alle lere en brugies te vermy aangesien, dit alreeds twee jaar terug gebrand het en nie meer sterk is nie. Tien Klipspringers met rugsakke op die rug en kanne vol water, vat ons die voetpad al slingerend deur die inheemse bos, dan begin ons teen die rand van die berg uit beur, ons volg die Luiperd spoor oor die wildsheining met n ho staal leer, dan sonder n aanduiding tak die voetpad af, met wit spore en geel Luiperd spore. Ons hou regs, by die Klip met n view stop ons om die uitsigte te geniet en te bewonder. Dit is nog vroeg, toe ons die spoor met n 5km merk kry, wragtie nog net 1.5km dan is ons by die oornag kamp. Dit voel net nie reg nie, want more se kilometers word aangedui as 10km. Ons is nou bo-op die plato en slenter stap aan oor n kaal stuk grond, waar graspolle bewonder word. In die verte sien ons n hut, dan n bord, dit is die Aasvol restaurant, - ek wonder of die aasvols nog gevoer word, dit lyk nie so nie die hut binne het twee gerieflike hout (met matrasse) beddens, die skuiling is gesluit. 500m verder sien ons nog n skuiling, Rock pool kamp, is dan waar ons vannaand slaap!

Dit is verdomp 11:00 en ons is klaar gestap vir die dag, dit is wragtig teleurstellend, die beskrywing is dat die roete vermoeiend is, waar is die mooi uitsigte? Hout? Daar is nie hout nie dus word ons gedwing om self hout bymekaar te maak, sou ons tente saam dra waar slaan jy dit op, want oral is net klip, harde ongelyke klipvloere! Ons vroetel hier en daar, besluit om die vuurherd is dit sagter grond, tafels word op hulle sye staangemaak om wind aftekeer, dis beter ons is ingerig vir die nag, alhoewel dit nou eers 12 in die middag is. Magdaleen en Carol besluit hulle gaan nie hard slaap nie, en maak plan om terug te stap na Skeurkrans kamp, die Leier van die Trop skop vas, die twee kan nie alleen stap nie, dus bied Herman aan om saam met hulle terug te gaan. So wat 100 meter van die kamp is daar n lieflike rots poel in die rivier, wat effens droog is maar syferwater hou die poel water, wat skoon is redelik vol. Een vir een suiker ons af na die rotspoel om die dag se stof af te was. Die wind is skraal en koelerig, maar die bosse keer die wind af en dit is lekker in die son.

Soos wat die middag vorder, kry elkeen sy koers om n rigting in te slaan en nog n kilometer of twee te stap met die jeep track. Net voor die son heeltemal weg raak agter die horison, maak die manne n lekker vuur en kos word gemaak. Ons kuier n hond uit n bos, slaap plekke word reggemaak toe hoor ons die dreuning van donderweer, n minuut later val daar n buitjie ren, net genoeg om ons onder die dak te laat inskuif op die verdomde harde rots vloer. Daar is 3 tafels, stoele en staal bankies, gerieflik. As die vloer gelyk was sou ek nie gekla het nie. Demmit !!!!

Die nag was lank, koud en hard! Nietemin dit was lekker om weer in die veld te oornag!!!!!!!!

Sondag oggend, daar is n bordjie wat aan dui: Dag 2 begin hier. Wel ons volg die spore, dit is moeilik die spore is nie sigbaar nie en daar is ook nie meer n voetpad nie, dus bundu baching die kloof op! By die kloof uit kry ons spore, maar helaas..gelukkig het die beskrywing in my kop gebly, ons moes kloof af, nie op, ons kom agter dat ons op die verkeerde pad is, draai om ons maak ons eie pad die berg af! Doer onder sien ons weer die Aasvol restaurant, ons mik af! Twee ure later is ons by die selfde plek waar ons begin het! Gelukkig sien Johan vir Herman wat sterk stap oppad na die oornag skuiling, ons roep! Terug op ons spore van gister, volg die geel Luiperd spore die kloof af, vermy die bruggies. Ons is omgekrap voel verneuk, die hele roete is verl, onduidelik, die oornag skuiling het nie hout nie, die toilet kan nie gebruik word nie!! Nee nee nee !

Baie dankie aan al die ander Klipspringers wat die naweek meegemaak het.

Elzab Dessels

Uit: Klipspringer Nuusbrief

VELDSTEMME

Somtyds word die voorreg n mens gegun om iemand te leer ken wat n onuitwisbare indruk op jou maak en dra jy sy herinnering lewenslank ten goede met jou saam. Lank n julle paaie uiteen geloop het, lank n skeiding van een of ander aard, leef daardie persoon nog verrykend in jou. Wil jy graag soos hy wees en leef.

S n man was Keppie Barnard. Hy was n groot man, n rots waarteen jy kon leun, n boom in wie se skaduwee jy kon afsaal.

Keppie Barnard is op n Bosvelddorp gebore. Op Brits, om presies te wees. Van kleins-af het hy n aan die natuur gelewe, n geword met sy wreld. Aards, gul en opreg.

Hyt geleer om met sy sintuie p te loop. Want hoe nders sou hy n droogte-verwronge hardekool, die roesbruin skimmel op n oer-oue rots aan sy dorpsvriende kon uitwys? Hoe nders sou hy kon beduie na n tregterwind wat oor die vlakte jaag, hom uitasem sien gaan l teen die skuinste van n rantjie? Soms het hy gewens hy kon die aalwynvlamme wat n plaat wintergras aan die brand steek vir ewig in sy geheue bewaar. Hyt die boodskappe van ren en donderstorms wat die wind deur die boomtoppe suis geken. Met sy rug gestut teen blougraniet, het hy sand deur sy vingers laat spoel en die reuk van die aarde diep in hom ingesnuif.

Dikwels het ons nadergeskuif, die kring dig gesluit as Keppie veldverhale uit die kampvuur se gloeiende kole krap. Nooit stories nie, altyd veldkennis wat boeiender is as fiksie.

Keppie het sy kennis met ons gedeel, vir ons van sy ervarings vertel. Want hyt geweet dat dt wat hy ervaar, stemme is wat met hom praat.

Veldstemme.

n Blaar wat ritsel, n takkie wat kraak,n klip wat onverwags teen n skuinste afrol, prt met jou. Dit kan jou laat ontspan, jou waarsku, jou laat versteen. Jou tot besinning bring.

Dit kan jou selfs laat bid.

Keppie het n skool by sy pa se slaghuis op die dorp begin werk en sy teenwoordigheid het die besigheid spoedig laat blom. Die gulheid van die natuur wat in hom ingebed was, het gemaak dat mense gemaklik en ontspanne in sy teenwoordigheid voel. Hulle wou graag met hom assosieer en het dikwels die piering proe-biltong op die vertoonkas leeg geet sonder om iets te koop. Die damwater is vanjaar weer so vol chloor dat die tabak maar bleek om die kiewe lyk. Petrus het gisteraand vergeet om die sluis toe te maak. n Hele morg uie het verspoel. Die ouvrou is vanoggend knorrig. Het glo gisteraand te lank by Swartspruit gekuier. Alwr.

Keppie het geduldig geluister, geglimlag en die piering volgemaak vir die volgende besoeker. Want hyt geweet een of ander tyd sal n bakkie voor die slaghuis stilhou met n rooibok of koedoe agterop. n Fris boer, met turf aan sy stewels en eelte op sy hande, sal die sifdeur oopstoot, sy hoed na agter op sy kop skuif en s: Sommer net iets vir jou winkel. Ek raak nou moeg vir beesbiltong.

Keppie het geweet dat die natuur nooit skaam is om te gee nie, dat hy nooit terughou as daar goed vir hom gesorg word nie. En eintlik gee mense k graag.

Tussen mense word dit net naastediens genoem. Dominee Thom het dit geweet en die gemeente voor die kerkbazaar begeester: Broer Adriaan het ges hy skenk drie slagskape. Mag hy die suurdeeg wees wat die gemeente se brood laat rys. Mag hy die milde ren van Bo wees wat die dorre aarde laat blom. Die gemeente het hulle koppe erkentlik in die rigting van die diakenbanke geknik, dankbaar vir n milde gewer in hulle midde.

Ja, intlik was hy Adriaan Barnard, maar Keppie het bly kleef vandat hy drie jaar agtereenvolgens kaptein van die skool se vierdespan was en n skool byna lewenslank kaptein van die dorp se derdespan.

Vanwe sy druk program as slagter en ingeboude weerstand teen oefen, was Keppie nooit topfiks nie. Niemand sal die dag vergeet toe hy vir die eerste keer vir Dorp voorgedraf het as kaptein nie. Dit was teen Spoorweg. Keppie het gevoel hy moet die voorbeeld stel en het volspoed onder die pawiljoen uitgestorm. Sy vaart het die res van die span onverhoeds betrap en hulle het hom eers op die afskopkolletjie ingehaal. Keppie het dadelik die noodhulpman nadergewink en sy waterbottel leeggedrink. Halftyd was daar nie genoeg lemoene nie.

Gemoedelike mens wat hy was, het hy hom nogtans net n halftyd bloedig vererg toe n bakkebaard-wielklopper hom vir die sveelste maal afpluk in n lynstaan. Niemand het Keppie nog ooit hoor lelik praat nie, tot op daardie oomblik. Hyt hom na die skeidsregter gedraai en kalm, maar met gesag, ges: Ref, ek warn hom vr getuies ... as hy my wr vashou, donner ek hom dat hy reguit kyk.

Die wielklopper se eer was aangetas en hyt wraak gesweer. N die wedstryd het hy n paar pelle versamel om Keppie by die vleisbraai te gaan regsien.

Toe die bende opdaag, het Keppie se spanmaats kordon om hom getrek en n fris voorryman vorentoe gestoot. Hyt die wielklopper met sy vinger teen die gorrel tot buite die ligkring teruggedwing, waar n paar geluidlose handelinge plaasgevind het. Die pelle het vanself verdwyn.

Dit was juis met die oog op die komende kerkbasaar dat die eienaar van n wildsplaas n paar vooraanstaande manne genooi het om n rooibok te kom skiet. Dit sou s skenking wees. Keppie het die uitnodiging aanvaar. Hy wou aanvanklik nie n geweer saamdra nie, maar die plaaseienaar het daarop aangedring. Daar kan dalk tg gevaar opduik. Die spoor van n afgedwaalde luiperd is onlangs hier opgemerk. n Mens weet nooit.

Die bankbestuurder het verbleek by die aanhoor van die woord luiperd. Hyt senuweeagtig sy geweer van voor, middel en agter bekyk. My eerste jagtog. Ek weet nie hoe werk die ding nie, het hy aan Keppie gefluister en sweet van sy voorkop afgevee. Keppie wou hom gerusstel, maar die plaaseienaar was besig om strategie neer te l.

Die jagters sou plus-minus twintig meter van mekaar in n reguit lyn vorentoe beweeg. Dit was n goeie renseisoen, gevolglik het lang gras en digte struikgewas sig uiters bemoeilik.

Die plaaseienaar was baie streng: Omstandighede om n bok te skiet is nie gunstig nie. Asseblief, moenie afdwaal nie! Hou jou lyn en afstand! En belangrik, bsolute stilte is vereiste. Ek herhaal...mnie prt ni!

Hier het die bankbestuurder die ekspedisie byna tragies laat eindig nog voor dit begin het toe hy sy geweer se sneller wou toets, met die loop gerig op die plaaseienaar se buik. Gelukkig was die veiligheidsmeganisme nog op, maar senuwees was nou weerskante rou. Veral die bankbestuurder sn.

Die plaaseienaar het sy ergste skrik verwerk en gesorg dat hy die verste van die bankbestuurder af is. Hy en Keppie was op die punte van die linie, met die bankbestuurder, die burgermeester en die skoolhoof in die middel. Sorg vir my vrou as ek dit nie maak nie. S vir haar ek was braaf, het die bankbestuurder hees aan Keppie gefluister voordat die ruigtes hulle verswelg.

Keppie het hom volkome met die natuur vereenselwig. Die reuk van die winterveld het sy borskas gevul en hyt hom aan n rooibruin, skurwe kareehoutknoets verwonder. Sonbesies se sang en n kwvol se klaagroep het hom laat opkyk. Die veraf, hees blaas van n rooibokram het hom laat stilstaan, luister en glimlag. n Fisant het soos n skim tussen die graspolle verdwyn. Hyt n dro mispel in sy hand gekneus en die soet geur wat aan sy handpalm bly kleef, diep in sy binneste ingetrek. Dit was sterker as die reuk van geweerolie.

Hy was met eerbied vervul oor die grootsheid van die Skepping en het sy geweer teen n maroela staangemaak. Die growwe bas het sy rug goed ontvang.

In hierdie staat van volkome isolasie, maar ook volkome nwees met die natuur om hom, het Keppie na bo gekyk en in ootmoed sy nietigheid as mens besef. Met skrefies-o het hy saam met n aasvol die bloute in spiraal en besef daars n groter heilsaamheid daarb, iwers, as hier waar hy as mens staan.

rens in die onmeetlike oneindigheid is daar n ewige tuiste van ongeskonde vlaktes en berge; skoon waterstrome tuimel in riviere na onder wat helder mere voed. Daar is nie laaigrawe wat rou gate in die grond vreet, nie dinamiet wat n berghang oopskeur waaruit staalmonsters beur nie. Stootskrapers sal nie baobabs, kremetarte en geelhoutbome ontwortel en brekend in n dor vallei stort nie. Onbesoedelde asem sal vir altyd sy binneste vul.

Sal h, Keppie Barnard, n taak Daarbo h om te vervul? Waar sal h binne die groot geheel van ewige harmonie en orde inpas?

Toe roer daar n wind en bring n stem met hom saam: Keppie... Keppie... ? Die stem was gedemp, sag soos n suising in die boomtoppe.

Keppie het versteen. Sy o het na die herkoms van sy naam gesoek, maar net die stemme van die veld was hoorbaar. Die skaduwee van n arend het oor hom geglip.

Hy wou nt beweeg, toe die stem wr praat. Keppie, kan jy my hoor? Die klank daarvan het hom omgewe. Dit was nie van links of regs, van voor of agter nie, maar m hom. Voor hom het n lappie rooigras laag gebuig toe die wind sterker daaroor druk.

Vir Keppie het alle ander geluide verstom. Toe die stem n derde keer dringend tot hom spreek, het dit sy hele wese gevul.

Keppie, antwoord my!

Keppie Barnard het in n oomblik van totale geloofsoorgawe sy hoed afgehaal, dit teen sy bors vasgedruk en op sy een knie afgesak. Sy stem was hees van aandoening toe hy met toe o prewel: Spreek, o Vader. U dienskneg luister. As U my nou kom haal, is dit goed so.

Dis in hierdie posisie wat die angsbevange bankbestuurder Keppie oomblikke later gevind het.

Ingestuur deur: Sollie Levinson

HANGLIP (LOUIS TRICHARDT)

6-8 JULIE 2012 NDABA

Ons sal jou hanglip verstaan as jy nie die naweek se roete op die Soutpansberge saamgestap het nie! Dit was 20,5km se stapgenot plus al die ekstras.

Ek weet nie of dit tussen die Soutpansberge vergete moes bly nie, maar een van ons het Donderdag oorgehaal by sy saamrygeleentheid aangegekom en daar baie gou die ander oortuig dat dit Vrydag was. Andries is gebel omdat hy "laat" was en hy kon die ander twee reghelp met watter dag dit was. Hierdie kranige stapper het 'n oorslaap-uitnodiging van die hand gewys en was toe inderhaas werk toe sodat hy nie 'n ekstra dag verlof hoef in te sit nie.

So leer ons langsamerhand al meer van mekaar ken. Ansa het met ons aankoms by die beginpunt soos 'n wafferse kampeerder 'n groot vuur gemaak. Ons het lekker gebraai, warm gestort en in 'n gerieflike huisie aan die voet van die berg geslaap.

Paul het die een en ander oor die roete ges. Daarna het ons met die paadjie op, deur 'n denneplantasie in die woud ingestap. Dit was 'n goeie klim. Moenie die 10 meter ho houtleer vergeet nie. Eers het die ruigtes met baie kiepersolbome ons omvou. Daarna was ons in woude wat groen was van onder na bo. Oumansbaard het hoog vanuit die bome na onder getuimel en die rotse was begroei met mos. Om dit nog meer na feland te laat lyk, het wurgvye hulleself om al wat 'n boom is geanker. Groot bome het onder die gewig van die vye omgeval. By die huisie op Hanglip kon ons na alle kante die uitsig bewonder. Binne het die manne in die groot kaggel 'n groter vuur gemaak. Buite is ook 'n vuur aangepak. Daar is gebraai, gekuier en geslaap (tussen 'n gehoes en 'n gesnork deur).

Die tweede dag was baie gemaklik. Die woude met die yslike bome is indrukwekkend. Onder by die beginpunt aangekom, het ons die ander gegroet vir wie Entabeni voorgel het. Terug huistoe en weer truie aantrek! As ek nou terugdink sien ek die bloedrooi blomme van die krans-aalwyne en al die herfskleure teen die hange van die berg. Natuurlik ook twee kuifkoploeries in vlug.

Dankie, bestuur van Ndaba, dat julle vir ons sulke mooi roetes uitkies en dan alles ook tiptop rel.

Verslag deur Ria Lighthelm

Hier is 'n gediggie wat Ansa Coetsee oor Hanglip geskryf het:

Ek wens ek kon my o vir jou stuur

Want dit wat ek sien kan jy nie sien nie

Die berg, die bome, die rots, die hangende mos, die swamme, die blare, die bobbejaantoue, die klimraam, die blomme, die blaartapyt wat jou wink om te l

Jy weet nie hoe mooi die paar woorde hierbo almal bymekaar geflans in die natuur kan wees nie

Ek wys vir jou my kiekies, maar my kiekies is dood,jy sien nie die lewe, jy sien nie die mooi nie

Jy sien nie die Hand nie

Jy ervaar nie wat ek ervaar nie, want dit wat ek sien kan jy nie sien nie

Ek wens ek kon my o vir jou stuur

Uit: Ndaba Nuusbrief

ENTABENI (SOUTPANSBERGE)

8-9 Julie 2012 NDABA

Om mee te begin, diegene van julle wat nie die afgelope naweek saam by Entabeni was nie het 'n belewenis van'n baie mooi deel van ons land endie ideale stapweer uitgemis.

Sondagmiddag het ons op versadigde mage by Entabeni aangekom na 'n ordentlike draai by Mike's Kitchen in Louis Trichardt. (Word ek betaal vir hierdie advertensie?) Na 'n lekker braaivleis kuier Sondagaand, ja sommige ouens het die aand weer gebraai, is ons Maandagoggend begroet deur 'n mistige omgewing. Dit het ons aangeporomnog meer uit te sien na die dagstap wat voorl, die mistigheid gee mos 'n atmosfeer aan die omgewing.Die paadjie het ons deurbaie mooi inheemsewoude en klowe, opdraandes en afdraandes gelei en dit was deurentyd uitstekend gemerk. Selfs iemand wat sy bril by die huis vergeet het kan daar gaan stap, jy kan die paadjie nrens verloor nie.Soos ges, ten spyte van 'n aantal fris opdraandes het diebewolkte weer gehelp dat die gees heeltyd hoog was. Die hut het aan die einde van dieroete heeltemal te vinnig gekom en daar was selfs 'n voorstel dat die 2e dag se roete ook sommer dadelik aangepak moet word. Ek hetnie daarvoor gestem nie.Maandagaand se braaivleisvuur - kuier was grootliks'n herhaling van die vorige aand s'n,behalwe vir Paul wat olik was en vroer gaan inkruip het. Paul, onsgroep was almal bly dat jy weer beter is (of ten minste beter lyk).

Dinsdagoggendis die korter van die twee dagstappe in helder sonskyn aangepak en wasmooi woud dele weer deel van die roete, terwyl ons laat wiel het op 'n jeeptrack deur'n lang deeldenneplantasie.Eenstapper, naam word hier weerhou, het op sy eie 'n bietjie eenkant gaan ontspan vir 'n paar minute, en agternages dat tydens sy eensameuitspan-sessie het eers een houtkapper en toe 'n klomp ander ook, in bome rondom hom begin lostrek met hul ge-kappery. Dit wys jou net, die volsis daar, hulle kyk heeltyd groot-oog vir die stappers.

Al die Entabeni stappers was dit eens - die kersie op die koek was die ervaringdat 'n Maandagoggend, en 'n Dinsdagoggend,in die veld met 'n sak op die rugbaie beter is as om by diewerkte wees.

Paul, dankie vir jou vooraf-relings wat ons verblyf by Entabeni moontlik gemaak het.

Groete

Pieter Conradie

Uit: Ndaba Nuusbrief

WELGEDACHT (KAMEELDRIFT)

2022 Julie 2012 KLIPSPRINGERS

Vanaf 14:30 het ywerige stappers geleidelik by die Welgedacht Privaat Wildreservaat so ongeveer 35km buite Pretoria se Boskamp geariveer en hulself begin tuismaak in die kamers. Almal was verbaas om te sien dat die area wat gewoonlik uit n kombuis en tafel met n paar stoele bestaan, lyk soos n ware oop-plan kombuis met n ruim sit-eetkamer en natuurlik kon niemand wag om die gemaklike leerbanke uit te toets nie. Na meeste die besonderse sonondergang bewonder het, het ons flink vuurgemaak en is almal deur die dansende vlamme getrek. Teen 19:00 uur was almal - na n gesukkel met die ontleding van die padkaart - by die kamp en al was die nuwe gesigte effe skaam en stil het ons tot ongeveer 22:00 lekker gekuier om die warm kampvuur in die koel winter aandlug.

Teen 07:30 Saterdagoggend was almal slaggereed en opgewonde om die dag se stap af te skop. Ellen het almal weereens welkom geheet en die dag met n pragtige gebed geopen. Die veldgids Wihan (onseker oor SY spelling), het ons by die Boskamp ontmoet met Vriend, die energieke Jack Russel aan wie die plaas behoort, opgewonde aan sy sy.

Die dag se stap het gesorg vir baie opwinding, en ons het ongelooflik baie geleer van onderskeie bokspesies en hul spore en gedrag onder verskillende omstandighede. Almal was baie beindruk deur die kennis en passie waarmee die veldgidse vrae beantwoord het en graag meer vertel het van die plaas, omgewing en diere. Ons het onder andere baie Blesbokke en Blouwildebeeste gesien. Daarmee saam ook Kameelperde in die verte, Elande, Koedoes, Sebras, Waterbokke en Rooihartbeeste en baie spore van Ystervarke, Bruin Heinas, Jakkalse, Muskeljaatkat, Renoster en nog vele ander gesien. Ons het ook geleer om die verskil tussen n hond- en katspesie se spoor te onderskei. Teen 14:30 was ons terug by die kamp en het n groep van ons, sommer nog voor ons vir die storte geduik het in die sitkamer uitgespan en oor als en nog wat gesels. Dis mos die lewe?

Aangesien die gidse die roete beplan volgens ons behoeftes en aanpas soos ons vorder was daar n debat oor die werklike afstand wat ons afgel het, maar later na ons die gids se opinie gevra het is besluit op 15km. Die geselligheid om die vuur en eetkamertafel was onbeskryflik, vol grappies,(die bekende raar-maar-waar) stories en praatjies oor herinneringe van vorige roetes. Teen 22:15 was die hout opgebrand en moes ons gaan inkruip vir n lekker nagrus voor die volgende skof.

Ons het besluit om 08:00 eers te begin stap en was bly toe ons Sondagoggend wakker word en voel dat dit aansienlik koeler was as die vorige dag. Ons het op die kop 08:00 begin stap al was ons slegs 7 in vergelyking met die vorige dag se 15. Meeste het darem n geldige verskoning gehad. Zako - die ander gids - het by ons aangesluit vir die ongeveer 8km stap wat vir baie interessante besienswaardighede gesorg het. Ons het weereens Blesbokke, Blouwildebeeste, Sebras en Kameelperde en ook Rooibokke gesien en ook so driedae oue renosterspore gekry. Die ou grotes wou hulleself net nie aan ons openbaar nie.

Toe ons op n stadium gestop het, het ek n lyn in die grond opgemerk wat lyk soos iets wat daaroor gesleep is en vir Zako gevra of dit net my verbeelding is. Tot ons verbasing sien hy toe die Grys Likewaan, wat verantwoordelik was vir die streep - half in die ingang van n gat in die son l en bak. Daarna het ons na die Leeu- en Jagluiperdhokke, wat nog onder konstruksie is, gaan kyk wat teen September ten volle benut sal word. As ek reg onthou beoog hulle om 2 Jagluiperds na n tydperk in die hokke, in die veld vry te laat, en 32 Leeus in die hokke aan te hou. Die Heina-hokke is ook onde rkonstruksie aan die anderkant van die rivier. Terug by die kamp het ons die heerlike naweek afgesluit met n lekker koppie koffie en nog n stukkie van Tannie Marie se heerlike onderstebo sjokoladekoek.

Welgedacht was n besonderse roete, heelwat anders as wat ons gewoond is, en het defnitief alle verwagtinge oortref, veral as in aggeneem word dat dit maar nog net so omtrent n jaar aan die gang is. Met al die planne vir die toekoms en die potensiaal van die plaas behoort die roete gou weer op die Klipspringers se jaarbeplanning te verskyn. Al die nuwe mense het die geselskap en gasvryheid van die Klub ongelooflik geniet en ges hulle sal ons defnitief gou weer sien.

Dankie aan Ellen wat leiding geneem het met die roete en ook aan elkeen wat daar was en deel gehad het in die besonderse ervaring. Saam het ons van die naweek n groot sukses gemaak en ek hoop om al die nuwe mense gou weer iewers op n roete saam met die Klipspringers raak te loop.

Met elke roete besef ek net weer en weer hoe GROOT God werklik is en hoe ongelooflik uniek Hy elkeen van ons en al die plante en diere in die veld gemaak het. Mag God se sen en liefde elkeen van julle in hierdie maand aanraak, en onthou om altyd uit te reik na jou medemens.

NS: Remember its mandatory to grow old, but its optional to grow up

Deur Wihan Scholtz

Wat ek van die naweek sal onthou:

Ria Ons IS n lekker klub. Ons het soveel nice mense in ons klub, ek weet almal is nie lede nie maar stel belang om aan te sluit.

Ellen - Die heerlike geselligheid wat onder ou lede en die nuwe belangstellendes geheers het. Almal het SO lekker saamgekuier. Die Jack Russel wat vir ons n koggelmander gevang het sodat ons ta op Marie se arm kon bewonder.

Fotos: Ellen Taute

KRAAKVARS

Ek staan vanoggend op, ek tel my arms op,

ek beweeg my bene, ek draai my nek en alles KRRRRAAAAAK!

Toe kom ek tot die wonderlikste gevolgtrekking:

EKS NIE OUD NIE,

EK IS .. KRAAK VARS!!!

FANIE BOTHA (MPUMALANGA)

1012 August 2012 KLIPSPRINGERS

Hikers: Magdaleen, Sadie. Antoinette and Grobbie Grobelaar, Johan and Elzabe Dessels, Melissa Dessels and Wayne Ltter

To many people, this hike is synonymous with difficulty, plantations and cold water cleansing.

By far one of the most beautiful areas our country has to offer, I was delighted to have walked the hike and take in all that was great about hiking.

On Friday morning we rose while still dark and started our journey of 23.1KM from President Burger Hut. It was not as chilly as expected after all that snow that fell across the country, but it was just perfect to get us in the mood to start sweating.

The first day was marked by a short distance along the abandoned train tracks and through small areas of plantations. After crossing over a road, one found themselves being awed by the beauty of the Mac Mac Falls. A short distance later and we were resting at the Mac Mac Pools. If it wasnt so chilly I am almost certain everyone would have taken a swim.

One is surrounded by the mountains of Grasskop and Sabie and every breath-catching-break reminds you that you are so blessed to be in the beauty of Mother Nature. Boredom is definitely not something you experience with the terrain and while walking between the fallen, moss laden branches you exit into an autumn filled field of kaki-yellow coloured grass that is speckled with the most intricate of rock formations.

A much deserved lunch was taken after crossing a rather exciting swinging bridge. With our stomachs full we tackled the slight slope on our map. Boy-oh-boy, was it a slope and a half. This was probably the most difficult part of the hike and one is quickly reminded by marker board boards saying Grasskop Hut, that you are close

After a rather strenuous day we arrived and had our cold showers that these huts offered us. Some of the group decided to call it a night while others walked into town to celebrate.

Saturday brought about a dawn so beautiful you couldnt wait to get started on the 13.6km trail ahead. With our bags on our backs we started our journey to Mac Mac Hut. This hike led us to a quiet, sun spotted overhanging that allowed for a quick snooze and snack. It was just after this that we walked past what looked like a whirlpool of a forest that had been sucked into the ground, and mountain slopes that made you think of movies with an Irish theme to them.

On arrival at Mac Mac Hut we discovered we were locked out and thanks to the men we were able to break in and bunker down. After another cold shower, one had enough time to sit and admire the view from the hut. Nothing is really more beautiful than watching the sun set with people who share in the same ideals of hiking and being in nature

The following mornings 6km walk was just short enough to leave you wanting more and just long enough to say, I came, I saw, I conquered!

This hike is especially personal to me and will always have a rather special meaning when I tell people about it because at 09h53 on the 10th of August on a rock in the middle of nowhere, Wayne Ltter asked me to marry him!

Melissa Dessels

Uit: Klipspringer Nuusbrief

NYLSVLEI (NYLSTROOM)

17-19 AUGUSTUS 2012 NDABA

Ek het besluit om vir 'n paar dae eenkant toe te gaan, weg van die bekende, en my rigting te bepaal. Dis toe dat Nylsvlei op my lysie uitskreeu "kom stap my, kom stap my!!" My verwagting is hoog en laag. Wat 'n aangename verrassing!!! Twee-twee in 'n kamer wat heeltemaal bo die gewone staphutte uitstyg. Skoon beddegoed, heerlike warm storte, yskaste en 'n stoof, alles baie gerieflik!

Vrydagaand eet sommiges in die restaurant wat nie hoef terug te staan vir enige eetplek in Pretoria nie. Die atmosfeer was uitstekend en plesierige laggies kon van vr gehoor word.

Saterdag se stap, wat maklik gehardloop kan word, lewer rooibokke, zebras, blouwildebeeste, kameelperd, swartwitpens en varkies met hulle spreekwoordelike lugdraadjies op hulle se boudjies op. Dis lekker warm en dis wonderlik om die hitte se arms om jou te voel! Ek en my skaduwee wat aan my voete vasgemaak is, stap 'n hele ent alleen. Dis wonderlik en kan ek weer met myself gesels wat ek nie regtig kan doen in die omgewing waar verstiksiekte deel is van my bestaan nie.

Die rugby se goeie resultate dra by tot 'n vrolikheid en die aand braai ons 'n vleisie want die windstil-aand roep jou vuur toe. Sondag ry ons na die waterpanne wat ongelukkig 'n erge droogte ondervind.

Ons siennietemin2 hamerkoppe, reusereier, skoorrteenvers, glans-ibisse en blou reier.

n Afspraak is gemaak om weer besoek te kom afl sodra dit geren het. Ek sien al klaar uit daarna. Ek wil nie graag terug gaan na die gevoel van 'n vol in 'n hok nie maar nouja, dit is maar die lewe!! Dankie vir Dries se relings en almal wat dit 'n baie aangename naweek gemaak het!!

Lovies Daleen Crous

Uit: Ndaba Nuusbrief

Foto: Internet

BERMANZE (MACHADODORP)

24 26 AUGUSTUS 2012 VIVA

Ons het in die Stalle nr 1 geslaap. Daar was oorgenoeg plek en die kombuis is ten volle toegerus. Saans het ons in die boma vleis gebraai en om die kampvuur gekuier. Ons het twee nuwe stappers gehad wat sommer goed ingeskakel het. Hulle is Dianne Neethlingh en Danie Louw. Die stap was (vir sommige) nogal vermoeiend, maar dit is pragtig in die diep kloof op na die ho waterval. Daar is natuurlik n paar bruggies wat oor die Bankspruit die stap makliker maak. Die Boesman-skeur was nogal n uitdaging. Mariaan het die relings getref. Baie dankie aan haar.

Uit: Viva Nuusbrief

OTTER (TSITSIKAMMA) GROEP 1

6-10 SEPTEMBER 2012 NDABA

Dag 0 arriveer ons almal stuk-stuk by Stormsrivier mond, waar die riviermond en hangbrug verken word, ietsie in die restaurant genuttig word en om die vuur gekuier word, met groot opgewondendheid oor wat mre gaan bring.

Dag 1 handel ons die registrasie af en begin die rustige stap van 4.8 km met n goeie voorsmakie van wat sal voorl in die res van die Otter, met n paar stewige op- en afdraandes. Mens besef vinnig dat jy jou trap sal moet ken met n paar glibberige modderkolle, boomwortels en klippe. Die waterval is n ideale plekkie om middagete te geniet en n paar finale verstellings aan daai swaar rugsak (daars mos n steakie in vir vanaand), te maak dat hy net reg sit. Dis nog vroegmiddag as ons by die eerste hut aankom en na n koue swem en stort, gooi ons n vleisie op die vuur. Sommiges het nog n bier of wyntjie ook uit die rugsak te voorskyn gebring.

Dag 2 was die beproewingsdag vir n mens se bene. Die roete is meestal op en af, en die leuse dat elke opdraande met n af gevolg gaan word en elke afdraande met n op gevolg gaan word is n realiteit. Dit bly egter kort afstande en daar is meer as genoeg tyd om dit rustig te vat en die veranderende natuurprentjie te waardeer. Die stiltes in die bos met n weggesteekte paddatjie wat kwaak en n paar voltjies wat roep, maak dit n rustige ervaring. Met tye is n mens langs die kus, langs die see of bo op die plato met uitsigte vir kilometers ver. Vroegmiddag weer is ons by die hutte op die randjie van die Geelhoutbos rivier. n Muskeljaatkat kom doen sy opwagting by ons kampvuurtjie en buit toe sommer n stuk boerewors onders ons neuse uit.

Dag 3 was herhaling en beklemtoning van die mooi van die vorige dae. By die Elandsbosrivier, steek ons almal so bietjie vas met die rivierloop wat dit noodsaak om halflyf deur te loop. Sommiges is braaf en loop deur met die rugsak opgetel. Die res van ons doen maar die survival bag roetine, waar ons vinnig agterkom die rotse is nie ons maatjie nie en n paar lekplekke en nat rugsakke later is ons weer op koers. By die Lottering rivier is ons gelukkig genoeg om oor die klippe te kan deur en kort voor lank is ons by die hut. Pastas begin prut in die potjies en die kampvuur brand, en n skool dolfyne swem verby, waarvoor meer kan n mens vra?

Dag 4 begin met groot opgewondenheid, ons is almal vroeg al aan die gang om die 10 km kaf te draf om die Bloukransrivier oor te steek. Die gety tabel gee laagwater as tussen 15:30-16:00 deur so ons wil vroeg genoeg daar wees om te beplan. Die 10 km sing verby en teen 11:00 is ons reeds daar en begin die storie bekyk. Die watervlak en golwe word fyn dop gehou, maar die laagwater wil nie gebeur nie, dit lyk of dooie gety nie vir ons n gaping gaan gee nie. Teen 14:00 die middag doen Jantjie vir ons n recci om die ideale kruisingroete te bepaal. Hy is skaars terug of die golwe begin meer opstoot en die wind tel woes op. Ons almal besluit dis nou of nooit en loop sover in as wat as ons kan en swem die laaste gedeelte om by die rotse gemerk route A uit te klim. Die see is te rof om die sloepie te probeer.

Die koue water wil-wil net jou asem wegklap maar die adrenalien is te veel en ons kom almal veilig by die rotste aan. Nou is dit fyntrap en mooi werk om die sakke uit die survival bags te kry en oor die rotse tot ons terug is op die roete. Die laaste 4 km na die hut was vir die meeste van ons bietjie uitdagend, aangesien ons water al voor die Bloukransrivier opgeraak het en daar nie weer vars water beskikbaar is nie. Laatmiddag, koud en effens gedehidreerd kom ons stuk-stuk by die hut aan. Die lywe is moeg en die kooi roep.

Dag 5 begin weer heel rustig. Die eerste groep is al vroegerig weg om betyds by die restaurant aan te kom en te stort voor hul shuttle hul optel lughawe toe. Die res van ons het relings getref om oor te slaap en die volgende dag terug te vlieg, so ons trek eers later weg. Die stap is vandag heel rustig met n lekker reguit gedeelte al langs die kranse deur die fynbos met die see mooi blou langs ons. Die kilometers sing weer verby en ons is al vroeg op die laaste strandgedeelte op pad na die einde.

Op die einde is die wrede gewaarwording dat dit nog n paar kilos is tot by die restaurant en voel seker soos die verste gedeelte van die stap. Ons sluit almal weer bymekaar aan by die restaurant waar n lekker bord kos, n koue drankie en n otter se gat shooter weggewerk word.

Die Otter is n stap waarvoor ons almal weer sal terugkom, weer en weer. Almal is dit eens, dit kan nie werklik in woorde beskryf word nie, mens moet dit self beleef

Deur: Hilde Nel

Uit: Ndaba Nuusbrief

Fotos: Annatjie Janse van Rensburg

CAMINO DE SANTIAGO (SPANJE)

9-21 SEPTEMBER 2012

Stappers: Magda van Deventer en Avriane Maritz

Wat 'n belewenis om ongeveer 200 km vanaf Ponferrada na Santiago in Spanje te stap!

Ons het op Sondag 9 September begin stap en het Santiago op Vrydag 21 September bereik. In hierdie tyd het ons kennis gemaak met 'n gans ander land, mense, gewoontes en manier van leef. Die daaglikse afstande wat 'n mens self bepaal - was redelik en ons het kuier-kuier deur klein dorpies en verby gehuggies gestap. Die stappaadjies is in 'n uitstekende toestand en het ons gewoonlik langs boomlanings en deur plantasies geneem. Dis 'n heuwelagtige landskap met hanteerbare op- en afdraandes.

OTTER (TSITSIKAMMA) GROEP 2

26 SEPTEMBER 2 OKTOBER 2012 NDABA

S Dave.... Kom ons vat die trappe, pa

My seun neem so drie trappe op n slag en ek wonder of hy besef dat ek n rugsak met 5 dae se voorraad plus ekstra klere vir die terugkomslag dra. Ietwat uitasem kom ek bo-op die lang stel trappe uit, maar wys dit nie. Train approaching, please stand clear on the platform.

Slegs twee minute later en ons spoed voort teen 160kph verby die motors op die N1 naby die Brakfontein wisselaar. By Marlboro stasie groet ek my seun en ek weet hy sal graag sy pak, blink skoene, skootrekenaarsak en sy kantoor in Melrose Arch wil verruil vir sy rugsak en stapstewels en die buitelug.

Ek wag vir die trein na die lughawe en let op dat so ver as wat die oog kan sien, daar net sonverhitters op elke huisie se dak aangebring is.

Enkele minute later stap al die passasiers O.R. Tambo International Airport binne. Ek betaal R50 en my rugsak word soos toebroodjies verpak, dit is nou ingeval iemand my R30 se waterbottel of sokkies wil neem daar in ORTIA se donker dieptes.

Alle lugdienste is gasvry

Moet asseblief nie jou stofie se brandstof inpak nie. Jou Glad Wrap sal maar hartseer lyk nadat die lughawe sekuriteit wil weet wat jou verbintenis is met vryheid in Palestina. So maak alternatiewe planne om gasbottels by jou bestemming te kry en wanneer jou staptog verby is, raak op n veilige manier ontslae van jou bottel. Die kleinste bottel op die mark is net genoeg vir twee mense se energie vereistes oor vier dae, dit is deur Lisanne en Linda bewys op ons Otter stap.

Deesdae kan jy tuis jou sitplek op die vliegtuig bespreek en jou aanboordpas uitdruk. Ek gee my rugsak in en merk tevrede op dat die sak met so paar ektras wat nog moet uitkom, 13.7kg weeg. Na n vertraging van so 15 minute, trek ons teen bykans 16km per minuut deur die lug. So paar honderd kilometers ver kan jy die Sentinel en Monks Cowl sien.

Ons het skaars geland, toe bevind ek en Pieter ons in die berge in George waar Jurie, wat die bos soos die palm van sy hand ken, ons vir n lekker opwarmsessie van 6km vat.

Otters is lief vir water

Dag een en dit ren. Al twaalf van ons staan in ons renklere en kyk hoe n groep ongelukkige stappers een-een by die kantoor aanmeld. Een van hul makkers het sy been beseer, toe is die hele groep met die ontsnaproete na dag 1 daaruit. Daar word nooit in enige brosjures genoem dat die ontsnaproetes op staproetes gewoonlik moeliker as die roete self is nie.

Ons sit in die Otter Kamer en kyk na n video oor die Otter staproete. Eintlik wil hulle ons net die Bloukrans rivierkruising wys. Dit is n ou video, as jy so na die stappers se swemklere kyk.

Ons wil almal liewers stap en staan vir oulaas stil vir n groepfoto. Die lug is grys toe ons die bos instap en ons sien gou dat die digte blaredak die meeste druppels keer. Binnekort word die renklere weggepak en vir die res van die roete bly dit in ons rugsakke.

Stadig oor die klippe

Die Ottervoetslaanpad is slegs 42km oor vyf dae en die skofte is dus kort. Moet nie geflous wees nie, die terrein is party plekke moeilik begaanbaar, so dit kan gebeur dat jy teen slegs 16 meter per minuut voortbeur. Daar is egter oorgenoeg tyd elke dag om die skofte te voltooi, so swem, neem fotos, eet, gesels en geniet die asemrowende natuurskoon.

Die see is baie stormagtig langs die kus, maar daar is tog oral pragtige poele waarin jy kan swem. Op dag een is daar n pragtige waterval, ideaal vir middagete.

Stappers kan kunstig wees

Dag twee en Skilderkrans word besoek. Driepote word staangemaak en ons word op doek vasgel, eintlik die silwerdoek van die befaamde Johann. Ons bestyg die krans en hou die vlag omhoog. Van ver af lyk die klim gevaarlik, as jy naby is, sien jy dat die klim gevaarlik is.

Groendroogte en rivierkruisings

Die riviere vloei maar effens, dra dus genoeg drinkwater saam wat jy by die oornaghutte kry. Ons was nooit seker of daar drinkwater beskikbaar op die dag se stap sou wees nie. Rivierkruisings was maklik solank jy laagwater by die rivier is aangesien die see diep en sterk in die rivier opstoot tydens hoogwater. Die Otter moet beplan word volgens die getye. Neem in ag dat op die dag wat die Bloukrans gekruis word, daar eers 10km gestap moet word. Hierdie stap neem ongeveer 4 ure. Dan wil jy eers uitrus voor jy moet deurswem. Dra n oorlewingsak (sonder gaatjies) saam om die jou rugsak in te sit en knoop hom goed toe. Maak seker terwyl jy jou rugsak in die oorlewingsak sit, dit nie enige skerp klippe of takke raak nie. Die Bloukrans is baie diep uitgespoel en is met ebgety meer as drie meter diep. Selfs die Lotteringrivier kan moeilik wees om oor te steek. Ons het lekker in die see geswem en kom toe met die die gety wat sterk invloei by die Lotteringkruising aan. Selfs hier moes die oorlewingsakke gebruik word. Ons het ideale omstandighede by die Bloukransrivier gehad. Rustige deinings, warm weer en geen wind. Die water is ook glad nie te koud nie. Selfs dan kan die swem uitdagend wees, so neem liewers die ompad van 6km as jy enigsins onseker is van jou swemvermo. Daar is slegs een plek waar die rivier gekruis kan word omdat daar steil kranse op die ander plekke is. Na die Bloukransrivier is daar nog n stewige 4km om te stap met steil opdraandes.

En dan, na al jou beplanning, bespreek by Sanparke en hoop dat iemand anders nie net so goed soos jy beplan het nie.

Dierelewe

Oral op die roete het dolfyne vir ons pragvertonings gelewer. Dan is daar visarende, die alomteenwoordige Knysnaloerie, kormorante wat by die honderde op die laaste dag opn eilandjie nesskop en natuurlik die otter.

Die Hilton kom tweede

Twee sesbankhutte met harde matrasse, werksoppervlak vir kosmaak, genoeg braaihout, mooisit bankies (wanneer jou maat opstaan val jy af). Soos Andries die storte beskryf, net genoeg seep smeer, want jy moet dit nog afspoel met die yskoue water. En n kleinhuisie met die beste uitsig.

Hippie en Geelspook

Langs die roete is daar n skuiling kompleet met n varswateraanleg. Hier woon Rave wat volgens hom alles wat hy nie gehad het, verloor het met die ekonomiese val van 2008. Hy speel sy baskitaar ingestel op C. By Oakhurst is daar n hartseer verhaal wat jy kan lees. Ons het dit nie geglo nie, maar ons heldersiende Pieter het iets gesien en ons kon toe agterna op die kamera die spook sien. Daar was n Japanese jongman Yuli Elasmu San wie se meisie hom in n oorlewingsak toegeknoop het en die see ingestuur het. As jy die volle storie wil lees, gaan stap die Otter.

Die laaste dag

Sagte fynbos, proteas, erikas en speldekussings vir myle regs van jou en die see links van jou en dan skielik troon jy bo Natures Valley se wit strand en blou water. Jy klim die steil berg af en dink aan die Otter marathon atlete wat oor twee weke hier moet uit.

Ek word opgelaai by ORTIA en minute later vang my oog die snelheidsmeter wat hier rondom 160kph toer. Voor links flikker blou ligte en regs is daar treinspore, maar ek sien uitgespoelde bloublasies op wit sand en otterkloutjies wat hul spoortjies diep binne my gemaak het.

Deur: David Roux

Uit: Ndaba Nuusbrief

Fotos: Andries Oosthuizen

HENNOPS (BRITS)

21-23 SEPTEMBER 2012 VIVA

Die staproete is lekker naby, maar dit is dalk iets wat bydra tot die probleme. Dit is n mooi roete wat nie te moeilik is nie. Saterdagoggend het dit geren en die gevoel was om die Jasmyn daar naby te besoek. Terug by die kamp het ons so 12:45 begin stap en was so 17:15 (begin skemer word) terug nadat ons 11,5 km gestap het. Sondag se stap van 6,5 was net n lekker littelosmaak. Saans het ons heerlik om die vuur gebraai en gekuier.

Nou by die probleme. Die verblyf in die huisie en rondawel is te beknop vir ses persone per vertrek. Stappers het tog toerusting, ens. ook wat ingepas moet word. Die groot probleem is egter dat een stort, wasbak en toilet by die mans en dieselfde by die dames onvoldoende vir n getal van 18 stappers is. En dan moes ons dit nog met dagstappers ook deel. Dit was vir ons onaanvaarbaar dat ons dit moes deel en dat dagstappers deur die kamp beweeg. Ons gevoel is dat daar vir dagstappers afsonderlik voorsien moet word en dat daar vir hulle n paadjie direk agter die huisie om na die kabelkarretjie (waar die roetes begin) gemaak word. Dankie vir jou relings, Margaret.

Uit: Viva Nuusbrief

BOESMANSKRANS (FOURIESBURG)

21-24 SEPTEMBER 2012 KLIPSPRINGERS

Net na 13h00 vertrek ek en Hendrik Sadie (n skoolvriend) uit Pretoria en is eintlik verbaas hoe stil die pad nog is behalwe vir lorrievol vragmotors wat n lekker ryspoed verhinder. Net anderkant Frankfort begin die eerste rendruppels val en word dit gou koud.... Ons rek bene op Bethlehem en vertrek gou weer om voor donker by Boesmanskrans te kan uitkom. Wie wil nou in die donker n vreemde grondpad ry?? Daar gekom is die nuwelinge: Naomi Brink, Estie Muller, Lucua Cohn en Hester Marais al fluks besig om hulle tuis te maak. Die slaapgeriewe is nie te sleg maar die kombuis is piepklein!! Ons besluit maar om die beste van die slegte sakie te maak. Kort daarna kom Adri, Amore, Sebastiaan en Elri ook daar aan en nie te lank daarna Sanli Reyneke met haar 2 seuns, Ryno en Ruan. Gelukkig kon ons mooi meet en pas met die slaapplek en het Sanli, Ryno en Ruan nie nodig om tent op te slaan.... Ook maar goed daardie nag bars n bielie van n storm toe los.

Saterdagoggend is dit bewolk en koud en ons besluit tog om die langroete aan te pak. Monica Mattheysen sluit 7h30 by ons aan en 8h00 begin ons stap. Die roete begin met n lekker klim teen Boesmanskrans op, ons stop kort-kort om die mooi te bewonder wat nou voor ons begin uitstrek daar is mos niks so mooi soos die Vrystaatse landerye wat in swart, blou, groen, oranje en geel voor mens uitkronkel. Die kranse maak hierdie deel van die stap pragtig en daars sowaar n hele aantal Boesmanstekeninge om te bewonder vandaar die naam: Boesmanskrans.

Ons kry n leer so onderdeur die rotse en klim en klouter heerlik. Die hoogtepunt is natuurlik die bande-leer wat baie stewig geanker is oor n loodregte krans en waarteen ons natuurlik moet op. Die nuwelinge is vinnig bo. Elri steek grootoog hier vas en Adri, Amore en Sebastiaan stap saam met haar terug nadat hulle seker gemaak het ons ander is almal veilig bo. Ryno en Ruan het bietjie aanmoediging nodig gehad maar is baie braaf daar op. Hendrik was laaste en verloor sowaar toe sy stapstok driekwart met die leer op en besluit die stok moet maar n boom word....

Nog is ons nie heeltemal bo en stap ons nou weer kranslangs en sien die mooiste veldblomme langs die pad. Driekwart bo besluit die sterk groep hulle klim die berg uit tot bo en die ander besluit om paadjie langs te hou die plan was dat die sterk groep weer by die ander in die pad sou aansluit. Na n teebreuk klim ons amper soos bobbejane die berg uit!! Baie graspolle en n hele paar boulders later staan ons heelbo en wat n pragtige gesig was dit nie van daarbo!!! Ons loop bo-op die berg tot ons weer n plekkie kry om af te gaan en sluit weer by die ander aan. Daar en dan besluit ons om die sentinel-deel van die berg te gaan bekyk en stap ons oor rotsplate vol waterpoele tot daar PRAGTIG!! Middagete word summier daar op daardie sentinel se rug genuttig.

Teen hierdie tyd het die wind lekker begin opsteek en het die bewolkte dag nog grouer begin word tog besluit ons almal om die roete klaar te stap. Min het ons geweet dat daar omtrent nog so 4 kilometer voorgel het. n Stywe opdraend later staan ons weer bo-op die berg waar n paar rendruppels ons afkoel en toe weer verdwyn. Nou is dit draadlangs afdraende en ai die veldblomme was iets om te sien...

n Skeur in die berg gee vir ons n pad na onder hier lyk dit of die boer n pad gemaak het en is die paadjie die ene seesand soos ons sig-zag na onder. Nou loop ons deur n area vol doringbosse in die rigting van die plaashuis, kry die mooi grasvlakte aan die voetenent van die berg waar n hele paar wildeperde rustig wei tog gewoond aan mense wat so nou en dan daar verby stap. Ons is almal tussen 15h00 en 15h30 terug by die basiskamp. Die aand word daar lekker gekuier, gebraai en vroeg ingekruip.

Sondagoggend begroet die akkerboom by die oornaghut se pragtige groengeel blare ons in goud ai dis SO mooi as die son so op daardie Vrystaatse kranse ook skyn. Mens sou vir lank hier kon vertoef!! 8h00 pak ons die kort roete van 4 km aan en is dit n baie maklike stap verby die varkhokke, beeskamp en dan oor die grondpad met n paar hekke wat moes oop en toe. Die oop- en toemaak is later n hele spanpoging dit was mooi om die kinders so behulpsaam te sien gentlemen in wording daardie seunskinders van Adri en Sanli. Die nuwelinge (Hendrik, Estie, Lucua en Naomi) het ons teen hierdie tyd lankal al weggeloop maar ons ander het n heerlike kuierstap ingewerk en die natuur weer deur n kind se oog gesien. Ek kan dit aanbeveel dit was baie pret!! Al langs die rivier en wilgerbome tot by die plaasdam en toe langs die landerye af tot by die doringbosse van gister. Hier by 11h00 is ons weer terug by die basiskamp en word daar nou lekker tee en brunch gemaak. Adri het skeefgetrap en haar knie seergemaak en besluit dan aangesien hulle nie verder kan stap om maar terug te keer huistoe. Monica vra ook verskoning en gaan kuier by haar ouers op Bethlehem.

Die nuwelinge wat hulself teen hierdie tyd die Golden Girls genoem het besluit hulle wil die losstaande koppie gaan uitklim en nadat toestemming van die boer verkry is is hulle ook daar weg. Hierdie groep het bestaan uit: Hendrik, Lucua, Estie, Naomi en Hester. Ryno wou BAIE graag weer die bande-leer gaan uitklim en so durf Ryno, Ruan, Sanli en ek weer die opdraend van gister aan vir n tweede bande-ervaring. Ruan wou ook kyk of hy oom Hendrik se stapstok kan opspoor wat hy ook het. Die stap saam met die seuns was vir my heerlik en ook baie rustiger as gister omdat ons hulle pas kon stap en nie gedruk gevoel het deur die groter groep se stapspoed. Ons het middagete op die berg genuttig en heerlik stories opgemaak saam met Ruan wat n goeie verbeelding het. Net voor ons weer bergaf is het ons die ander groep op die losstaande kop gesien bak soos dassies in die son.

Ons het lekker afgestap. Weer die wildeperde gesien en heerlik gaan tee maak by die basiskamp. Die Golden Girl-groep het n rukkie later daar aangekom en vertel dat hulle effe moes sukkel om bo te kom en dat die af taamlik senutergend was. Gelukkig het hulle die hele ondervinding vreeslik geniet. Die res van die middag en aand is heerlik spandeer by die basiskamp en later het ons vuur gemaak vir n lekker braai. Sommiges het tot laat gekuier terwyl die ander vroeg gaan inkruip het.

Maandagoggend is rustig klaargemaak en vertrek ons vroegerig Clarens toe om n bietjie daar te gaan rondloop. Ons nuttig almal saam ontbyt by n oulike plekkie langs n kunsgallery en spat daarna uitmekaar. Ek, Hendrik, Sanli, Ryno en Ruan loop n paar gallerye deur en snuffel in die klein winkeltjies rond. Tog vind ons alles baie duur. Daars selfs n sjokolade-winkel op Clarens definitief weer n besoek werd. En 11h00 vertrek ons terug Pretoria toe om die ergste langnaweek verkeer te probeer mis.

n Pragtige naweek-stap vir n groep van nie meer as 12 mense.

Deur Ellen Taute

Uit: Klipspringer Nuusbrief

Fotos: Ellen Taute

FONTEIN

Begin vanjaar swem ek onder n waterval in diep, koue heuningbruin bergwater. Wanneer ek opkyk, lyk die slierte water soos glinsterende harpsnare in die lig wat daardeur val. My o soek verder. En word nie teleurgestel nie. Oral teen die kloof se hange vonk klein, rooi disas in die skemerte. Ver ondertoe waai die wind weg oor die see, rol die skuimkoppe van golwe wit aan die strand. Die klim in die kloof op was steil. Ek het begin dors word in die hitte.

Net voor ons begin stap het, het iets gebeur wat my ontstel het. In die harwar het my waterbottel agtergebly. Dit was eers met die opstap dat die agterna-skrik in my lyf kom nesmaak het. n Bewerigheid het my begin oorval.

Maar n bedagsame medestapper kon my met drovrugte laaf. En my niggie, altyd so met n mens, het van haar drinkwater kom aanbied. Ons is saam die laaste steil hang uit.

n Paar minute later l ek op my rug in die helder, skoon water. Die ander skraap nog moed bymekaar vir die skok van koud en nat. n Niggie, jare al in Nederland, praat haarself hard aan met n besliste Kom op, Marquerite, kom op! Volgende week is jy weer terug in die donker wreld!

Maar ek kan nie genoeg van die water kry nie. Of van die volmaakte skoonheid van die oomblik nie. Dis of die vryheid van die stap tussen die fynbos, die konsentrasie van die laaste entjie se klim teen n houtleer op en die uitendelike koue verfrissing oor my lyf my streel, vertroos, die skrik in my lyf ontbondel.

Toe ons later terugstap, voel ek energiek, ligter. By die waterval het iets so reg uit Johannes 4:14 in my gebeur. Die dro spruitjie het weer fontein geword. Dis skielik nie meer moeilik om normaal voort te gaan, die ander te geniet en saam twak te praat nie. Die dag, vroer so klipperig en onherbergsaam, hou nie meer n bedreiging in nie, word n uitgerekte, somerse saamkuier gepak met snaakse stories wat die een na die ander uit die familiemandjie dop.

Vandat ek kan onthou, maak water my gelukkig. Eintlik kan ek nie eens goed swem nie, maar my mees geliefde dog lelikste foto is een wat my man van my en my sussie geneem het na nog een van ons rivier-en-seeswemsessies. Sy bre dit in haar Bybel. Ek gaan kyk daarna as ek myself of die lewe te ernstig begin opneem, vertel sy.

Dis of ons albei presies ses jaar oud raak in die water, weer die opstrpperige, stroom-op dogtertjies is wat teen alle instruksies in na middagete deur die kamervenster klim en by die see ons kakiehoede eenkant smyt vir die terugsluip later.

Ons het almal water nodig. En om dit te kan kry, lyk dit vir my, verg die lewe dat ons daaliks weer laag buig. Sodat ons opnuut suiwer water van Erens kan skep. Soms is die put diep en ons sonder emmer of tou. Maar ons kan gaan hulp vra by Een wat vir ons n oseaan kan skink. Hy wat volgens die profeet Amos die dag kan omdraai dat dit donker nag kan word en die waters van die see in n bondel bymekaarmaak in wolke wat ren uitgooi oor die aarde. Hy wat in die begin al die water onder die hemelruim op een plek bymekaar laat kom het sodat daar ook dro grond kon wees.

Hy wat, meer as tweeduisend jaar gelede, toe Hy aaklig vermink aan n kruis gehang het, ges het: Ek het dors. Sodat ons, waar ons ook al vandag is, kan gaan sit by n ewige koel, groen Fontein. En selfs in droogtetye kan leef soos n tuin wat genoeg water kry. Langs n Dam geplant.

Foto: Internet

Deur: Jacqueline Leuvennink (Uittreksel uit Leef April 2012)

ANGELS WING (CLARENS)

12-14 Oktober 2012 Viva!

Ons was toe net nege wat gaan stap het. Vrydagaand het ons in renerige weer met sterk wind te Columbia oornag. Danie en nuweling Elenora het eers laat daar aangekom. Die ou plaashuis is heel gerieflik, maar 12 persone sal maar hulle draai moet ken om gemaklik in te pas. Saterdagoggend het ons na Sunnyside gery en was 08:00 daar, maar moes tot 09:00 wag om ons bagasie vir aanry na die oornaghut te laai. Di reling kan verbeter word sodat stappers vroeg kan wegkom. Die roete is aanvanklik gemaklik, maar dan begin die kloof. Dit is n mooi stap, nie te uitputtend nie. Vanaf die veepos begin die klim op die middag, soveel so dat daar n geen omdraaipunt gemerk is. Vanaf die laaste water tot by die Eland Highway het ons eie Jeugliga (dis nou die 60gers Plus) se asems behoorlik geblaas en by Ribbokrus is daar eers weer asem geskep. Vanaf Angels View is die uitsig pragtig. Ons het selfs n paar ribbokke gewaar. Daarvandaan is dit net af en af agter die waterval verby en toe af in die pragtige kloof. Daar was net genoeg water sodat ons nie probleme gehad het om droogvoets deur te kom nie. Die oornaghut kon ons al van ver af sien. Oumas Kraal was ook heel gerieflik en daar was die spasie beter. Die uitsig op die Sentinel (ons het die ho spits maar so gedoop), was pragtig veral toe die son deur die wolke breek en sy rooi gloed soos n kombersie oor die spits trek. Die aand was heerlik en na die kosmaak is almal maar vroeg in die slaapgoed ingewikkel.

Op dag twee het ons gedink ons draf die ses km sommer gou kaf. Ha, ha, dis nie sommer so n grappie vir n afstand nie. By die eerste waterval is ons met die leer af en toe al in die kloof af. Van bo af kyk ons in die nou skeur hoe die water doer onder tussen die rotsblokke intuimel en verderaf sien ons die oorhelkranse wat lyk of hulle bakhand staan. Min weet ons dat die groot mooi nog voorl. Gou klim ons met die kliptrappe af tot onder die waterval en van daar af is dit net al die pad mooi.

Die kameras klik aanhoudend en almal wil by di of daai mooi plek gekiek word. Die vorms en die mos en die varings en die strepe teen die rotse en die kabbelende stroom hou net aan. Maar mooi is ook net so lank n. Toe is ons verby die krans wat losgeskeur en in stukke afgetuimel het. Daarna het ons n snoepstop by die Tsunami-rots. Pragtig! Van daar af is ons oor die rantjie vir die laaste vinnige stappie (volgens die kaart se kontoerlyn!). Daar oorkant teen die hang gewaar ons die Hobbithuisies, maar hulle was seker besig om iewers n film te skiet. Die laaste vinnige stappie, o wee, na Lekkerrus begin ons dan weer bobbejaanwreld invaar. Dit was ook so. Ons sien die bobbies en hulle bly sommer naby ons. Al op die kontoer klim ons al hor tot weer bo-op die berg en ons sien die wreld (amper) daar van bo af. Te mooi vir woorde. In die skeur af gly-gly, maar ons kom heelhuids eers 12:00 by die voertuie op Sunnyside. Mooi bly maar mooi en met die Oos Vrystaat kan jy nie sommer n fout maak nie. (Die plaas het baie beeste en dus baie paadjies. Soms moes ons nogal soek na die regte pad. Merke by afdraaie kon beter gewees het). Omdat die pad lank terug is, kon ons nie Clarens goed deurkyk nie. Na die bierproe en ete is ons maar weer op pad. Baie dankie aan Jandr Bornman wat die relings getref het en die ander wat die onduidelikhede help uitklaar het. Dit is een stap wat ons vir die regte redes lank sal onthou.

Uittreksel uit Viva! Nuusbrief

BAVIAANSKRANS (RUSTENBURG)

12-14 Oktober 2012 - Ndaba

Tussen Ndaba en my l daar n berg, een merske berg kranse klim, riviere oorsteek ek wil net weereens dankie s aan Andries: sonder jou het ek nou nog teen daai krans gehang. Opdraendes, afdraendes - ook baie dankie aan n puik stapleier wat my nie vir een oomblik alleen gelos het nie. Bernard is die beste!!!! En dankie Gerda vir jou geduld!!

Ek het belowe om net positiewe goed te skryf oor hierdie staproete. Net wanneer jy dink jy het die mooiste waterval reeds gesien of die mooiste rotsformasie of die mooiste horison of soos deesdae se kinders sou s maar dis net nog bome en berge en almal lyk dieselfde, en ek s nee my kind jy maak n groot fout,

dan ewe skielik sien jy weer n nuwe mooi waterval wat 10 keer mooier is as wat die vorige een was. Hierdie roete is regtig een van die mooiste mooi roetes en as jy eendag kans kry stap hom gerus. Moeg-mooi. As jy nie weet wat dit beteken nie, kom stap hom.

Die eerste oornag plek lyk soos drie grotte bymekaar. Twee wat die slaapplekke is en die ander die kombuis/kuierplek. Die drie eenhede word aanmekaar gevoeg met houtpaalplatvorms en relings.

Dit lyk soos vakansie en die see moet daar iewers naby wees. Ons het heerlik vleis gebraai en gekuier tot laat Vrydagaand. Een van die redes hoekom ek so gesuffer het Saterdag!!!

Saterdagoggend 8 uur daar weggetrek al met die kant van die berg langs en stadig maar seker op boontoe sonder dat jy dit regtig agterkom.

En dan kom die mooiste watervalle en poele en groot bome en uitkykpunte. Een klein kortpaadjie gevat (dankie Petro) en stadig maar seker daai groot berg uitgestap. Ek kan nou nog nie glo, as ek na die fotos kyk, waar ons gestap het nie. En dan kom die afdraendes dan wonder jy regtig wat is die ergste: die op of die af? Tussen die twee berge of koppe sien jy n grasdak en hoop jy van harte dat dit die tweede oornaghut mag wees. Af, af, af deur die woud met geraamtes van aap en boom (gelukkig nie mense nie). Uiteindelik n naambord: Explorer Hut (of so iets) maar ai daai hut wil net nie verskyn nie. Jaaa daar is regtig so n plek en ek was baie bly om my medestappers te sien. Ek het onmiddellik onder die stort gaan rondspring (sonverhitte geyser dit was die hele dag bewolk) te heerlik man, verfrissend is die woord. Tussen Tom en Andries en almal wat hout aangedra het, het ons n groot bonfire gehad. Lekker geet en sommer dadelik gaan slaap want ek was moeg, maar lank gel en luister na die ander se lawwe geselsies en stadig maar seker droomland toe.

Sondagoggend weer ongeveer 8 uur begin stap aan die laaste been terug na waar die karre geparkeer vir ons staan en wag. Ai tog, julle sal nie glo nie maar ons is sowaar weer teen n paar koppe uit, met n troostende rivierstroom iewers in die middel!!! Ek het letterlik en figuurlik op broekverloor se vlakte gesit. Ek wou n kortpad stap maar Andries s daar is net een pad en dis die gemerkte pad.wie de joos bou n staproete met n veldpaadjie en pak die klippe in die voetpaadjie, nee man, sit die klippe mooi netjies weerskante langs die paadjie (daar is genoeg klippe). Ek is seker ons het soos wafferse Hitler aanhangers gelyk voete hoog bo die ore verby met elke tree, anders val jy jou des mmooi woord.

Nou s die slim mense - dis om te keer dat die paadjies verspoel as dit ren, blah blah blah, ja. Nee mense ek kla nie, ek het dit baie geniet om weer in die natuur te wees met die rugsak en stapskoene aan.

Soos Petro s you love it or you dont

Werner, ek weet nie watter Baviaanskrans jy gestap het nie, maar ek is flippen bly ek het nie di een wat ek gestap het, in jou weer (hittegolf) gestap nie. Ons het beide Saterdag en Sondag onder n bank wolke gestap, maar die sonnetjie het my in elk geval bygekom. Dankie Ndaba, julle is die beste!!

Deur Ansa Coetzee

Uittreksel uit Ndaba Nuusbrief

Fotos: Andries Oosthuizen

BALELE (WAKKERSTROOM)

26-28 Oktober 2012 - Klipspringers

Balela-naweek in Wakkerstroom was onvergeetlik! - ysig koud met tye,mistig met tye,winderig met tye, - WONDERLIKE HOEVELD!

Ons het Vrydag laatmiddag op de plaas buite Wakkerstroom aangekom. Gegroet deur raserige ganse, swaels wat oor die veld swiep, foreldamme en pragtige huisies waarin ons sou tuisgaan. Thinus het vir ons vertel dat hy met hulle aankoms daar,'n forel gevang en weer teruggegooi het in die dam - ons glo hom!

Ons - Ina, tannie Anna, Laura, Nico,Thinus, Mieke, Ellen en ek - was in twee huisies tuis, wat oor foreldamme uitgekyk het. Ons het die eerste aand op die stoepie vleis gebraai, met die maan wat deur die wolke met ons praat. Na 'n lekker WARM stort is ons almal bed toe.

Saterdagoggend moes ons wag dat die mis eers "lig" voordat ons kon stap - dit was so teen 9uur. Ons het die koppie agter die huis aangepak. Die veld was pragtig groen met talle soorte veldblomme. Plek-plek moes ons deur water loop {so nat was die veld}, buiten al die stroompies wat ons ook moes oor! Op een plek het ons 'n fontein uit die aarde sien borrel met die helderste water waaroor 'n stadskind kan droom!

Ons het ook afgekom op twee volstruiseiers - onbewaak op twee verskillende neste - 'n alleenlopene Mnr Volstruis was op 'n afstand sigbaar - waar sou sy vroutjie wees?

Die lugruim was die hele tyd beklee met wolkemassas en dit het darem verseker dat ons nie te veel sweet en verbrand! Die wattlebome op die plaas word stelselmatig uitgeroei en die "ouhoutbome" op die plaas was 'n pragtige gesig! Ons het ook die "ouhout"-begraafplaas beleef - dooie bome met hulle kaal arms reikhalsend in die lug in! Ons het ook Elande, Blesbokke, Swart wildebeeste gesien asook 'n paar soorte vols.

Saterdagaand was weer lekker kaggelvuur, Ina en Laura se lekker peuselgoedjies, Ellen en Nico se lekker soetproppie agterna! Dankie Thinus en Nico dat julle ons vleis so lekker "crispy" gebraai het!

Sondagoggend het ons die naweek "gou-gou" met nog 'n plus minus twee en 'n halfuur se stappie afgesluit! Amper stap ons toe verby die "kopbeen" rots - ons het iets groters verwag! Lekker ontbyt in die veld langs 'n stroompie - en terugwaarts na ons wagtende motors om die terugtog stadtoe aan te pak!

Baie dankie aan ons Hemelse Vader vir die onuitspreeklike, genotvolle naweek saam met wonderlike stapmaats!

Elsa Nel

Uittreksel uit Klipspringer Nuusbrief

Kyk hoe koud kry ons!!Die oornag chalets

Fotos: Ellen Taute

FOTOWENKE: TIENIE STOFFBERG