23

CANSA Mansgesondheid - Prostaatkanker - 2014 Afrikaans

Embed Size (px)

DESCRIPTION

We urge men and male cancer Survivors to encourage one another to invest in their health through regular self-examinations, getting screened and adopting a balanced lifestyle, in order to reduce their cancer risk or the recurrence of cancer. CANSA places the focus on Prostate and Testicular Cancer during its Men’s Health Awareness Campaign in November. Read more: http://www.cansa.org.za/mens-health/

Citation preview

Page 1: CANSA Mansgesondheid - Prostaatkanker - 2014 Afrikaans
Page 2: CANSA Mansgesondheid - Prostaatkanker - 2014 Afrikaans

*Gebaseer op die Nasionale Kanker Register 2007

Page 3: CANSA Mansgesondheid - Prostaatkanker - 2014 Afrikaans

Wat is die prostaat?

• Die prostaat is deel van die manlike voortplantingstelsel

• Dis 'n klein, ronde klier voor die rektum en onder die blaas

• Die prostaat se primêre funksie is om vloeistof in die uretra te pomp tydens saadstorting

Page 4: CANSA Mansgesondheid - Prostaatkanker - 2014 Afrikaans

Wat is prostaatkanker?

Prostaatkanker is ‘n vorm van kanker wat in die prostaat ontwikkel

Prostaatkanker ontwikkel nie skielik nie

Daar is ‘n geleidelike verandering van

normale prostaatselle, verskillende grade van sel abnormaliteit, tot voor-kanker letsels en

uiteindelik kanker

Hierdie hele proses kan baie jare neem

Onthou, alhoewel meeste vergrotings van die prostaat nie kanker is nie, is gereelde siftingstoetse noodsaaklik

Page 5: CANSA Mansgesondheid - Prostaatkanker - 2014 Afrikaans

Loop jy die risiko om prostaatkanker te kry?

Familiegeskiedenis van prostaatkanker verhoog jou risiko• Om 'n pa of broer te hê met

prostaatkanker meer as verdubbel 'n man se risiko om hierdie kanker te ontwikkel. (Die risiko is hoër vir mans met 'n broer wat prostaatkanker het as vir dié wie se pa prostaatkanker het)

Page 6: CANSA Mansgesondheid - Prostaatkanker - 2014 Afrikaans

Jy het ‘n verdere verhoogde risiko vir prostaatkanker indien…

• Jy ouer is as 40 (die risiko neem skerp toe na 50)• Jy ‘n ongesonde dieët volg (met hoë vet- en rooivleis

en lae groente inname)• Jy nie genoeg oefening kry nie• Voorkoms van BRCA1 of BRCA2 geenmutasie• Daar ‘n geskiedenis van prostaatkanker in jou familie is• Jy meer as 2 standaard alkoholiese drankies per dag

drink

Page 7: CANSA Mansgesondheid - Prostaatkanker - 2014 Afrikaans

• Gaan vir gereelde siftingstoetse• Moenie rook nie• Moet verkieslik nie drink nie, of beperk jou

inname tot twee standaard alkoholiese drankies of minder per dag

• 'n Standaard alkoholiese drankie is gelyk aan:• 340ml bier (gemiddeld 5% alkohol volume)• 120ml wyn• 25ml likeur• 50ml sjerrie• 25ml spiritualieë (brandewyn, whisky, wodka, jenewer

en rietspiritus/cane)

Hoe om jou risiko te verminder

Page 8: CANSA Mansgesondheid - Prostaatkanker - 2014 Afrikaans

• Moenie oorgewig wees nie• Oefen vir minstens 30 min vyf dae per week• Eet ten minste 5 porsies vars groente en vrugte

(in seisoen) daagliks• Drink genoeg skoon, veilige water

Hoe om jou risiko te verminder

Page 9: CANSA Mansgesondheid - Prostaatkanker - 2014 Afrikaans

Siftingstoetse vir prostaatkanker

PSA vingerpriktoets• Dit neem gewoonlik ‘n paar

dae vir die uitslae van ‘n PSA toets omdat die bloed getrek word, in ‘n proefbuis geplaas word en dan na ‘n laboratorium gestuur word

• ‘n Nuwe vingerprik PSA toets is nou beskikbaar. Dit is ‘n terwyl-jy-wag toets

Page 10: CANSA Mansgesondheid - Prostaatkanker - 2014 Afrikaans

Ondergaan ‘n siftingstoets vir prostaatkankerProstaat-Spesifieke Antigeen (PSA)bloedtoets

Hoe?Bloed word getrek en getoets vir PSA vlakke, ‘n proteïen wat deur die prostaat afgeskei word – hoë vlakke kan ontsteking van die prostaat of kanker aanduiWie?Mans 50 jaar en ouer (40-45 vir diegene met 'n hoë risiko, soos met 'n familiegeskiedenis van prostaatkanker)

Wanneer?Jaarliks of soos deur ’n doktor aanbeveel

Page 11: CANSA Mansgesondheid - Prostaatkanker - 2014 Afrikaans

Siftingstoetse vir prostaatkanker• Dit behels ‘n prik van die vinger om ‘n

druppel bloed te verkry • Die bloed word op ‘n toetsstrook van die

vingerprik PSA toestel geplaas waarna die resultate binne 10 minute beskikbaar is

• Omdat die toetsproses soveel tyd spaar, word onnodige bekommernis uitgeskakel

• Persone met verhoogde PSA toets uitslae moet na ’n dokter verwys word vir verdere opvolg

Berading• Voor- en na-toets berading is noodsaaklik

en moet deur ’n professionele persoon gedoen word

Page 12: CANSA Mansgesondheid - Prostaatkanker - 2014 Afrikaans

Siftingstoetse vir prostaatkankerDigitale Rektale Ondersoek

Hoe?Vir ‘n Digitale Rektale Ondersoek (DRO) gebruik die dokter ‘n handskoen en smeermiddel en plaas ‘n vinger in die rektum om vir enige abnormaliteite soos knoppe of harde areas op die prostaat te voel

Wie?Mans 50 jaar en ouer (40-45 vir diegene met 'n hoërisiko, soos mans met 'n familiegeskiedenis van prostaatkanker)

Wanneer?Jaarliks of soos deur ’n dokter aanbeveel

Alhoewel party

mans ongemak

ervaar tydens

‘n rektale

ondersoek

(DRO) is dit

gewoonlik

vinnig en

pynloos

Page 13: CANSA Mansgesondheid - Prostaatkanker - 2014 Afrikaans

Siftingstoetse vir prostaatkanker

Deur vroeë opsporing kan behandeling effektief gegee word en sodoende die

ontwikkeling van gevorderde prostaatkanker verhoed

Page 14: CANSA Mansgesondheid - Prostaatkanker - 2014 Afrikaans

Kyk uit vir die volgende simptome• Moeilike urinering• Moeite om die urinevloei te

begin of te stop• Urienvloei wat vanself begin en

stop• ‘n Swak urienvloei• Pyn of ‘n brandsensasie tydens

urinering• Behoefte om gereeld te urineer,

veral snags

Page 15: CANSA Mansgesondheid - Prostaatkanker - 2014 Afrikaans

Kyk uit vir die volgende simptome

• Moeilik om ‘n ereksie te kry of te volhou

• Bloed in die urine en/of semen• Pynvolle saadstorting• Pyn in die lae rug, heupe en/of

duie (bobene)

Page 16: CANSA Mansgesondheid - Prostaatkanker - 2014 Afrikaans

Ervaar jy enige van hierdie simptome ?

Moenie dit ignoreer nie! Dis belangrik om dit te laat

nagaan

Vul hierdie eenvoudige

merklys in op die agterkant

van ons Mansgesond-

heidsblaadjie...

... en deel dit met jou dokter

met jou volgende

ondersoek

Page 17: CANSA Mansgesondheid - Prostaatkanker - 2014 Afrikaans

Wat doen KANSA om te help?

• KANSA moedig mans aan om na hul gesondheid om te sien om die risiko vir manskankers te verlaag

• KANSA verseker dat Suid-Afrikaanse mans toegang tot belangrike en moontlik lewensreddende inligting en prostaat siftingstoetse het

Page 18: CANSA Mansgesondheid - Prostaatkanker - 2014 Afrikaans

Kom ons gesels syfers...

Meer as 7 436 Prostaat Spesifieke Antigeen (PSA) toetse is uitgevoer om prostaat-abnormaliteite op te spoor en 137 in samewerking met Departement van Gesondheid

129 Movember mansvrywilligers opgelei wat 2 353 testikulêre- en prostaatkankerpasiënte geassisteer en ondersteun het

Page 19: CANSA Mansgesondheid - Prostaatkanker - 2014 Afrikaans

Wat is die P-Bal• KANSA se P-Bal (‘n bewusmakingstoestel)

behels ‘n klein bio-afbreekbare balletjie wat in ‘n urinaal geplaas word. Die doel is om hierdie P-Bal op te los deur met ‘n vol blaas en in die kortste tyd moontlik die sterkte van die urien-stroom te meet. ‘n Swak urien-vloei mag dui as waarskuwingsteken van prostaat probleme en mans wat dit ondervind behoort hulle dokter te raadpleeg. Die P-Bal is beskikbaar teen R25 en kan bestel word by enige van die landswye KANSA Sorgsentrums

• Alhoewel dit 'n pret produk is, is die gebruik daarvan 'n herinnering vir mans om pro-aktief te wees en vir gereelde siftingsondersoeke te gaan om prostaat probleme vroegtydig op te spoor

Die P-Balspel is beskikbaar teen R25 by enige KANSA

Sorgsentrums landswyd

Page 20: CANSA Mansgesondheid - Prostaatkanker - 2014 Afrikaans

Jy kan ‘n verskil maak in die stryd teen prostaatkanker...

• Ondergaan jaarliks ‘n siftingstoets• Maak 'n skenking• Koop en gebruik 'n P-Bal• Sluit aan as 'n KANSA vrywilliger

Page 21: CANSA Mansgesondheid - Prostaatkanker - 2014 Afrikaans

Movember• Gedurende November registreer mans en

vroue om die wêreldwye ‘Movember’-inisiatief te ondersteun. Hiervoor laat mans hulle snorre vir 30 dae lank groei ten einde bewusmaking en fondse vir prostaat- en testikulêre kankerprogramme en inisiatiewe te genereer. In Suid-Afrika het Movember en KANSA ‘n Mansgesondheids-vennootskap gesluit. Alle fondse wat in Suid-Afrika deur die Movember-veldtog ingesamel word, sal direk in KANSA se Mansgesondheidsveldtog vir prostaat- en testikulêre kanker sorg en ondersteuning

• Sluit nou aan en registreer by www.movember.com

Page 22: CANSA Mansgesondheid - Prostaatkanker - 2014 Afrikaans

Disclaimer:Whilst the Cancer Association of South Africa (CANSA) has taken every precaution in compiling this presentation, neither it, nor any contributor(s) to this presentation can be held responsible for any action (or the lack thereof) taken by any person or organisation wherever they shall be based, as a result, direct or otherwise, of information contained in, or accessed through, this presentation.

Page 23: CANSA Mansgesondheid - Prostaatkanker - 2014 Afrikaans