a is vir appel a is vir akker in my tas - My Klaskamer · v is vir vuur v is vir vis op die muur. w...

Preview:

Citation preview

a

a is vir appel

a is vir as

a is vir akker

in my tas

b

b is vir beer

b is vir bal

b is vir bak

en dis nie al

d

d is vir das

d is vir dak

d is vir diere

langs die dam

e

e is vir ek

e is vir en

e is vir elke kol

op my pen

f

f is vir flikker

f is vir fles

f is vir flits

op my fiets

g

g is vir gom

g is vir gaan

g is vir geel

soos die maan

h

h is vir hop

h is vir haas

h is vir hoor

met jou oor

i

i is vir in

i is vir is

i is vir ink

en inkvis

j

j is vir ja

j is vir jou

j is vir jas

die mou is blou

k

k is vir kam

k is vir kos

k is vir kat

onder die bos

l

l is vir loop

l is vir laat

l is vir lees

vir jou maat

m

m is vir mat

m is vir maan

m is vir man

in die maan

n

n is vir nege

n is vir net

n is vir naam

op my pet

o

o is vir os

o is vir ons

o is vir op

as die bal bons

p

p is vir pap

p is vir pot

p is vir pop

langs die rot

r

r is vir rek

r is vir roos

r is vir rooi

as ek bloos

s

s is vir son

s is vir saam

s is vir sit

en vir staan

t

t is vir tien

t is vir toon

t is vir tee

op die troon

u

u is in bus

u is in rus

u is in mus

op my sus

v

v is vir vin

v is vir vuur

v is vir vis

op die muur

w

w is vir wa

w is vir weer

w is vir wol

om ‘n beer

y

y is vir yskas

y is vir ys

y is vir yster

wat ek wys

Recommended