61
PRETORIA FM GRENDELTYDVERHALE

pretoria fm - grendeltydverhale

Embed Size (px)

Citation preview

PRETORIA FMGRENDELTYDVERHALE

InhoudsopgaweAdriaan Fourie 04Adriaan van Amstel 05Adriaan Redelinghuys 06Alida Kuit 10Joos & Cielie Britz 11Wilma Oelofse 12Cora van Renssen 13Daleen Kruger 14Douw Prinsloo 15Elaine Jones 16Marina Botha 17Gerhardi Boltman 18Gerrit Germishuizen 20Johann Eybers 21Haley Strydom 22Han Nel-Grootjie 23HJ Cronjé 24Isabella Baker 26Marietjie Fourie 27JAN 28Jan van der Merwe 29Jan Visagie 30JAN VISAGIE 31John-Louis von Bratt 32Johann Eybers 33Johann Eybers 34Sonja Moorcroft 36Hannelie van Niekerk 37Karen Fleur 38Keira van Helsdingen 38Marli Donovan 39Kleo Bornman 40Lene Otto 41Marnilene Celliers 42Lynette Strydom 43Madelé Heymans 44Marina Bessinger 46Walda de Wet 47Miems Opperman 48Mariana 50Ina Cantoni 52Rina 53Ronel Davel 54Ronell Ruthven 56Schalk Coetzer 57Susan Butler 58Susan Greeff 59

Voorwoord

In teenstelling met die definisie van grendeltyd, het hierdie ongewone omstandighede vir ons splinternuwe deure na die harte van ons luisteraars oopgemaak. Van heinde en verre het ons boodskappe ontvang wat vertel van elkeen se ervaring van grendeltyd.

Hierdie het gelei tot die samestelling van die Pretoria FM-grendeltydverhale. Luisteraars van verskillende ouderdomme het vir ons stories geskryf oor hulle ervaring van grendeltyd.

Stories vertel is deel van ons menswees. Stories herinner ons aan lesse uit die verlede en dit skep hoop. Alhoewel nie almal storievertellers is nie, het elkeen ‘n storie om te vertel. Vir ‘n oomblik in tyd het elke Suid-Afrikaner dieselfde oorhoofse ervaring gedeel. Elkeen se belewenis daarvan is uniek, en dit is wat die Pretoria FM-grendeltydverhale vasvang.

Ons hoop dat hierdie verhale jou sal inspireer om jou grendeltydherinneringe neer te pen.

* Die menings in die stories is nie noodwendig die van die radiostasie of sy Bestuur nie.

03

Dit is Maart-maand 2020 en daar wag soveel uitdagings op my in my April-vakansie.Vir die eerste keer in my lewe sal ek sommer op twee kampe kan gaan, een vir die skool en een saam met al my kerk-vriende. Maar ai, wat gebeur toe? Covid-19 breek uit en daar waai albei my winkende kampe by die venster uit. Alles word in ʼn kwessie van een week gekanselleer. Ek voel kwaad en verveeld en word gedwing om in die huis te bly en voel of Covid al my mooi drome vernietig het.Nou dwing mamma ons om gedurig maskers te dra en ons hande gereeld te was. Wat ʼn aanpassing is dit nie?! Ons kan ook nie by ons kerk uitkom nie en daar is my voorstelling en bevestiging in die kerk óók daarmee heen. Ons sal nog uitvind wanneer dít sal kan gebeur. So gaan Maart-maand én April verby en ons ry Jan Tuisbly se karretjie met net mamma wat vir die nodigste dorp toe moet gaan.My ouma leer my hoe om kaart te speel en dus leer ek hoe om Rummikub te speel. Ons kry ook nou huiswerk vanaf die skool en mamma moet nou gereeld geld uithaal vir data en drukwerk. In die middae en aande kyk ons video’s en films saam met ouma.Junie-maand: Wat ʼn aaklige maand!Almal is al gespanne en raak nou gewoond aan mekaar se geselskap. Pappa Johan vat dit die ergste en is verskriklik bang dat die Covid-noodlot hom gaan tref. Kort voor lank begin hy kla van pyn, sy gestel is af en hy begin baie hoes. Ons probeer die ambulans skakel, maar kry hulle nie in die hande nie. Pappa sterf op 20 Junie 2020 en ons kan nie eers begrafnis hou nie. Sy familie is in afsondering of te ver. Twee van ons katte gaan ook die volgende week dood. Gelukkig was daar ook goeie tye. Ouma hou haar besig met die hekel van ʼn rok. My ma bak koeksisters wat ons mooi verpak. Sussie en ek het boekmerkies gemaak wat mamma gaan uitdeel het vir almal na wie ons verlang.Ons luister bemoedigende boodskappe en kerk op die selfoon. As gesin lees ons saam Bybel en bid ons saam vir almal wat swaar kry of siek is en vir vriende wat ook iemand aan die dood afgestaan het. Ons bid ook vir almal wat heeldag mense wat Covid-19 het help en versorg.Ek kan nie wag tot alles weer normaal kan word nie.

Covid 19-ervarings

Adriaan Fourie

04

Dit was nie vir my so erg as wat dit voorgekom het nie, want ons bly op ’n plaas ver van die dorp af. So, ek het elke dag, nadat ek my werk en huiswerk klaargemaak het, langs die Limpoporivier gaan sit en gekyk hoe die son in die rivier sak, en net so oorkant die rivier het die olifante gestaan en water drink. My enigste probleem is dat ek ’n ouer sussie en jonger boetie het. My ouer sussie het haar tyd die heeltyd op haar selfoon deurgebring en Netflix gekyk. Aan die ander kant wou my jonger boetie net heeltyd motorfiets ry en gaan jag met die hoop dat ek moet saam gaan. My huiswerk was ook nie by die huis gedoen nie. Nee, ek het vir my ’n skuilplek by die watergat gebou en dit dáár gedoen. Ek het seker gemaak dat wanneer daar ’n bokkie of varkie sou verbysteek, ek dit sou kon skiet. Ek kon dus twee vlieë met een klap slaan.My pa het ons verras toe hy my en my boetie een middag roep om te sê dat ons daardie volgende dag na ons ander plaas toe gaan om te jag. Die verrassing daarby was dat al ons nefies én oupa ook daar sou wees. Die volgende oggend het ons die bakkie gepak en gewere gelaai, my ma en sussie gegroet en voet in die hoek gesit en plaas toe gery. Ons het, toe ons daar aankom, alles afgepak en dadelik gaan jag. Ek glo dit was suksesvol, want tussen die paar van ons het ons bokke, varke en ’n paar ander wilde diere geskiet. Ons het die jaguitstappie met ’n lekker braai afgesluit. Die grendeltyd was nie vir my so erg nie en die jaguitstappie was beslis vir my ’n hoogtepunt.

Die Grendeltyd

Adriaan van Amstel

05

En daar tref die ondenkbare ons toe in die jaar 2020: Korona se Covid-19-virus. Ons is altyd bang vir dinge wat ons sien, soos slange, spinnekoppe, motte en dergelike meer. Die enigste onsigbare waarvoor party van ons ook bang is, is spoke. Maar Covid-19! Skielik was almal bang vir die klein onsigbare vyand. Maar kom ons begin voor.

2019 word afgesluit met berigte oor ’n virus wat in Sjina ontstaan het en waaraan mense begin beswyk. Ons verneem deur mediaberigte van die Sjinese owerhede se maatreëls om die verspreiding en gevolge van die virus te probeer beperk en te bestuur. Hier in Suid-Afrika voel ons duisende kilometers weg van hierdie virus. Ons verwag nie dat dit na Afrika sal versprei nie. Ons dink nie eers aan die moontlikheid van inperkingsmaatreëls en wat die aard en uitwerking daarvan kan wees op alle vlakke van ons samelewing nie.

Skielik verneem ons van Magda se broerskind wat skool hou in Sjina en wat ook ingeperk is. Die broerskind se moeder het daar gaan kuier en word ook ingeperk. Wat daar gebeur klink onwerklik en baie ver, asof uit ’n rolprent.

Intussen gaan ons voort om ons eie plaaslike toervakansie te beplan. Skielik hoor ons dat ons seun, Manie ’n aanbod vir ’n betrekking in Bergen op Zoom in Nederland ontvang en aanvaar het. Inderhaas moet hulle van hulle meubels, ens. ontslae raak. Dit gooi ons vakansiebeplanning ietwat omvêr, aangesien Manie en sy vrou, Monique asook hulle twee dogters teen middel Maart moes vertrek. Ons besluit om ons toer te vervroeg, aangesien ons hulle wil gaan afsien op die lughawe en nog wil help waar daar hulp nodig is, voordat hulle vertrek.

Met ons tuiskoms ná die vakansie verneem ons dat Manie-hulle se vertrek uitgestel is tot die einde van Maart 2020. Hulle dokumente word vertraag deurdat hulle dogter, Anika, se geboortesertifikaat foutief is en sy daarvolgens ’n ander ma in ’n ander provinsie het. Om dié dokumente reg te maak gaan tyd neem en dus word al hulle reisreëlings vertraag. Manie en Monique het albei hulle werk bedank. Ons gaan kuier vir oulaas by hulle in Pretoria en koop ’n paar artikels uit hulle huishouding wat hulle ten gelde maak. Manie-hulle se vlugkaartjies is bespreek vir 25 Maart en hulle sal van die Etihad-lugredery gebruik maak. Intussen verneem ons dat die Covid-19-virus besig is om wêreldwyd te versprei. Nog ’n paar reëlings en toe...! Etihad het al sy vlugte gekanselleer weens die Covid-19-pandemie. Manie-hulle kan nie meer reis nie. Ons is almal ontsteld, want dit blyk dat hulle boonop die vlugkaartjies se geld gaan verloor. Manie is deurlopend in verbinding met sy nuwe werkgewer in Nederland en verduidelik die situasie.

President Cyril Ramaphosa kondig op 23 Maart 2020 ’n grendeltydperk aan en dat die lugruim gesluit word, mense tot hul wonings ingeperk word, alle reise tussen stede verbied word en dat die weermag, polisie en verkeerspolisie ontplooi word om die inperkingsmaatreëls vanaf 26 Maart 2020 af te dwing.

INGEPERK EN ONTNEEM: COVID-19, 2020

Adriaan Redelinghuys

06

Ons huur ’n sleepwaentjie en vertrek op 23 Maart na die kinders se huis in Pretoria om die kratte wat by ons in Potchefstroom gestoor moet word, tot dit op ’n latere stadium verskeep kan word, te gaan haal. Gelukkig kry ons eers reën in Potchefstroom terwyl ons aflaai. Intussen beraam Manie se nuwe werkgewer planne om hulle in Nederland te kry. Uiteindelik! Hulle slaag daarin om die laaste KLM-vlug vir Dinsdag 24 Maart om middernag vir Manie te bespreek, maar slegs een sitplek is beskikbaar. Die vlug is vol en dit is die laaste voor die finale sluiting van die OR Tambo Internasionale Lughawe. Manie-hulle vertrek dus Dinsdag vroeg om sy bagasie reg te kry en sy skoonouers te groet. Ons ry later die aand Pretoria toe, waar ons vir Manie-hulle oplaai. Ons laai ook die bagasie van Monique en die kinders op wat voorlopig by ons gaan kom oorbly totdat hulle ook na Nederland kan vertrek. Ons gaan hom later die aand lughawe toe neem, aangesien sy vlug geskeduleer is vir omtrent 24:00.

Toe ons by die lughawe aankom is ons stomgeslaan. Daar is bykans niemand op die lughawe nie, behalwe vir ’n klompie lughawe-personeel en reisigers vir die enkele KLM-vlug. Geen ander mense nie. Al die restaurante is gesluit. Selfs die outomate waar ’n mens normaalweg koeldrank en versnaperings kon koop is buite werking.

Daar is taamlike verwarring op die lughawe. Slegs KLM se toonbank is oop. ’n Massa voornemende reisigers staan en wag. Daar is geen aankondigings of aanwysings van dít wat die voornemende reisigers te doen staan nie. Gemasker staan ons en wag. Bykans heel agter in ’n ry opgebondelde mense van wie die meerderheid Nederlanders is. Ons verstaan nie wat aangaan nie. Sommige mense word deurgelaat, maar ’n hele kaboedel staan nog en wag. Uiteindelik oortuig ons vir Manie om te gaan vra wat aangaan en wat hom te doen staan. Die beamptes deel hom mee dat hy baie vroeër moes kom aanmeld, aangesien hy ’n spesiale visum het. Die beamptes sit met hulle hande in hulle hare. Hulle moet besluit wie die laaste sitplek op die vliegtuig gaan kry. Uiteindelik besluit hulle dat Manie die sitplek sal kry. Ons neem sy bagasie na die inweegtoonbank en groet. Hy beweeg deur die hekke en ons beweeg terug na die motor. Manie laat weet dat hy ’n sitplek met ruim beenspasie reglangs die deur gekry het.

Ons reis met twee voertuie terug na Potchefstroom. Monique en die kinders kom by ons woon tot hulle eendag by Manie kan aansluit in Nederland.

Ons reis met twee voertuie terug na Potchefstroom. Monique en die kinders kom by ons woon tot hulle eendag by Manie kan aansluit in Nederland.

In Potchefstroom aangekom, is dit die begin van die inperkingstydperk. Ons hou ons maar besig met wat ons vind om te doen. Monique en Magda herverpak hulle bagasie. Monique sorg dat die kinders besig bly met skoolwerk en om elke dag ’n uur Nederlands aan te leer.

07

Sy en die kinders bak en brou gereeld en bederf ons met versnaperings. Monique help met kos voorberei en sorg ook dat ons nie dors ly nie. Kort-kort drink ons koffie of tee. Verder is dit huis skoonmaak, wasgoed was, brei en lees. Soms stap ons binne die kompleks tot by die hoofhek en

terug. Langs die pad knoop ons (onwettig) geselsies aan met die bure wat ook maar uitgehonger is vir geselskap. Magda laat die kinders ’n paar keer om die huis stap ter wille van ’n bietjie oefening. Vreemd hoe die inperking ’n mens bewus maak van die algehele stilte wat heers. Geen motors of vragmotors wat jaag nie. Geen beweging in die strate nie. Dan raak ’n mens bewus van die natuur en geluide om ons waarvan ons al vergeet het of glad nie meer hoor nie.

Monique bespreek en betaal intussen vir haar en die kinders ’n KLM-vlug na Nederland wat “geskeduleer” is om te vertrek ná die inperkingstydperk, wat almal vermoed het slegs twee weke gaan

duur. Verrassing! Onse president kondig toe aan dat die inperkingstyd met twee weke verleng word. Ons besef dat die inperking nie binnekort opgehef of wesenlik verslap sal word nie. KLM kanselleer al sy vlugte en die kinders is toe gestrand in Potchefstroom.

Almal probeer iets reël om Monique en die kinders in Nederland te kry. Manie se werkgewer verleen baie hulp en uiteindelik slaag hulle daarin om ’n spesiale permit vir Monique en die kinders te organiseer om met ’n repatriasievlug vir Nederlanders en Franse burgers na Nederland te vertrek. Vlugkaartjies word per e-pos vir Monique aangestuur. Die Nederlandse ambassade in Pretoria reël spesiale permitte vir Monique en die kinders om na die ambassade in Pretoria te reis asook vir ons om hulle na Pretoria te neem en weer terug te reis. Ons is verstom oor die doeltreffendheid van die ambassade se rëelings. Hulle het onder meer ook ’n WhatsApp-groep geskep waarmee alle passasiers op die vlug deurlopend ingelig word van verwikkelings. Hulle gee ook kontakbesonderhede van wie om te skakel sou ons enige probleme ondervind op pad Pretoria toe.

Ons moet vir Monique en die kinders om 06:00 op Sondag 26 April 2020 by die ambassade besorg. Intussen daag ons ander kleindogter, Lana, se vlugkaartjie nie op nie. Nadat ons ondersoek ingestel het, word bevestig dat daar wel vir haar ’n kaartjie bespreek is, maar dat dit nie gekoppel is aan Monique en Anika se bespreking nie. Monique kry die situasie uiteindelik reggestel. Ek doen navraag by polisiekontakte en ’n staatsaanklaer oor die geldigheid van die Nederlandse reispermitte. Almal is dit eens dat dit 100% geldig is, maar deel ons mee dat ’n voertuig slegs 60% van sy passasierskapasiteit mag vervoer. Dit beteken ons moet met twee voertuie na Pretoria reis en Magda moet saam, omdat ons Monique se voertuig moet terugbring Potchefstroom toe totdat dit verkoop kan word. Ook maar goed, want die bagasie was te veel vir een voertuig.

08

Ons het ongeveer 2:00 opgestaan vir die reis na Pretoria. Ons tref toe ’n padblokkade op die N12 by die Klipdrift-afdraai sowat 20 km oos van Potchefstroom. Ons permitte is in orde en hulle laat ons deur. Ek ry voor en het nog nooit so onverstoord en gerieflik op die N12 en N1 deur Johannesburg gery nie. Daar is slegs enkele ander voertuie op die pad. Ons ry die maksimum spoed van 120 km/u en stop nie doodstil by stopstrate nie, vanweë die werklikheid van motorkapings.

Ons hou kort na 5:00 by die Nederlandse ambassade stil. Hoewel ons te vroeg is en die hekke nog gesluit is, is daar heelwat ander mense wat ook daar moet aanmeld. Ons sit in die motor en wag dat die tyd verbygaan. Kort voor 6:00 gaan staan ons solank in ’n ry wat voor die hekke begin vorm het. Toe begin dit reën en dit is koud. Gelukkig is die Nederlanders in beheer van sake. Hulle maak die hekke oop en laat die mense in. Nederlanders en Suid-Afrikaners na links waar hulle dokumentasie nagegaan word. Alle ander na die tent aan die regterkant. Ons staan saam met Monique en die kinders in die ry om te help met die bagasie. Ons reën effe nat. Een sambreel vir ons vyf is toe ’n bietjie te min skuiling. Uiteindelik is ons deur die proses en word ons aangesê om aan te beweeg na die kelderparkering. Op pad daarheen kry almal kospakkies met ’n bottel water. Nadat ons seker was dat Monique en die kinders veilig in die parkeerarea is, vertrek ons terug huis toe.

Nadat ons weer by dieselfde padblokkade voorgekeer en ons dokumentasie nagegaan is, kom ons 8:30 veilig tuis.

Monique en die kinders is saam met die ander reisigers met busse - wat deur die ambassade gereël is - onder polisiebegeleiding na die lughawe geneem.

Hulle tasse is eers uitgepak en deur ’n snuffelhond beruik en ná al die standaard prosesse het hulle vlug ongeveer 11:30 opgestyg.

Hulle het op 27 April om 4:00 in Schiphol geland, vanwaar hulle na Bergen op Zoom vertrek het. Teen 7:00 is hulle gesin herenig.

Só is ons ontneem van bewegingsvryheid in Suid-Afrika, maar ook van ons oudste, sy vrou en ons kleinkinders.

09

Ons Covid-storie het op 4 Februarie 2020 begin toe my man met miastenie gravis gediagnoseer is. Dis ’n siekte wat tot die verslapping van spiere lei. Mnr. Google het ons gehelp met bykomende inligting oor dié seldsame siekte en ons het by ondersteuningsgroepe op Facebook aangesluit. Op Valentynsdag word daar weefsel – die hoeveelheid gelykstaande aan twee vuiste - van my man se linkerlong verwyder. ’n Week later hoor ons die weefsel is kwaadaardig en die behandeling behels dat dit sjirurgies verwyder moet word. Ons besef dat die immuunonderdrukkingsmedikasie nie saam met die vitamiene werk nie en dus teen mekaar werk. Ons beweging word méér ingeperk. Ek doen alleen die rondloopwerk. Ons kan nie uiteet nie weens my man se sluk-aksie wat belemmer is en ons wil hom ook nie blootstel aan onbekende faktore wat ’n terugslag kan meebring nie.Uiteindelik sien ons kans vir ’n welverdiende vakansie in George tydens die skoolvakansie. Vlugte en verblyf word betaal en ons sien uit na die wegbreek.15 Maart bring groot verandering. Die skole sluit vinnig en ek gee my laaste Wiskundeklassie by ’n kleuterskool. Hierna sou ek deel van die werkloosheidsyfer word. Die amptelike Covid-inperking begin Donderdag 26 Maart. Die dag waarop ons sou terugkeer van vakansie af. Ons trek kleinkoppie en stel alle vakansiereëlings onbepaald uit. Terugskouend het dié besluit baie frustrasie uitgeskakel. My man se herstel is moeisaam en sy beweeglikheid is beperk. Ons dogter uit Suid-Korea kom ná drie en ’n half jaar kuier om dokumente op datum te bring, voordat sy Brittanje haar volgende afklimplek maak. Ons leer dat sy vir 14 dae in selfafsondering moet gaan, maar dat dit ook beskerming vir haar pa bied. Wat net ’n oorstaan sou wees rek nou lank uit. Haar teenwoordigheid bring uiteindelik bykomende stimulasie en ondersteuning op die tuisfront.Radio is nie verniet vroeër die arm man se universiteit genoem nie. Ons sit soggens heerlik in die son en luister die draagbare radio. Ons steek saam met Hans die Rubicon oor en waardeer dit om in ons eie huis te kuier saam met Jan-Jan Joubert se politiek en neem nog altyd kennis van die parlement se werkinge. Daarmee saam kom die nuus – met tye depressief.Ons leer nou sommer Zoom met ons kleindogter, al is sy sommer in Pretoria. ’n Video-oproep oor ’n selfoon is maklik, probeer dit net. Die rekenaar bied aan ons geleenthede tot webinare, interaksie en kennis-uitbreiding.Sondagoggende woon ons die erediens by, wat andersins onmoontlik sou wees weens ons liggaamlike beperkings. Die Covid-regulasies bring voorskrifte mee van voorgeskrewe oefentye en só leer ons opnuut ons mede-inwoners in ons sekuriteitsomgewing ken. Jy het nie geweet van ’n bejaarde wat opgepas word deur ’n dogter nie óf van die oom wat aan Alzheimer se siekte ly nie. Ja, ons gesels en vorm bande wat tog anders sal wees as voor Covid. Ons trotseer ook saam beurtkrag en weet ander word netso ontwrig. Bowenal besef ons die lewe gaan aan…Doktorsbesoeke gaan aan, kos moet gekoop word, al is dit met maskers aan.Met Covid-inperkings het ons dalk baie frustrasies vrygespring as gevolg van my man se fisieke toestand. Sosialisering met etes, mobiliteit en waaksaamhede oor ’n lae immuunstelsel is taboe, maar tot ons voordeel.Wat soos ’n paal bo water uitstaan is dat ons in ons eie huis ingeperk kan wees in ’n omgewing wat reeds 39 jaar ons tuiste is.

Ons Covid-storie

Alida Kuit

10

Ons moes Desember 2019 na ’n informele nedersetting verhuis, nie omdat ons wou nie, maar as gevolg van finansies. Ons het twee dogtertjies, 8 en 12 jaar oud, en net my man verdien ʼn inkomste. Nie groot nie, so, ons sukkel baie. Ek het ’n siekte wat my spiere aantas en merke los wat my bene ván my enkels af tot by my knieë laat brand en pyn. Dis soms ondraaglik.

My man se baas bel hom op Sondag 22 Maart 2020 en sê ons moet hom dadelik gaan sien. Ons kom by sy huis aan en hy groet vriendelik. Hy kom toe ook sommer dadelik tot die punt. Hulle het ʼn vakansiehuis in Mosambiek, sy vrou en kinders is reeds daar, en hy stel voor dat ons in hulle huis moet gaan bly. Dadelik begin ek Vader God bedank, want God alleen het my hart gehoor. Net God alleen weet hoe ek gehuil het, hoe bang ek was en hoe graag ek my kinders uit die omstandighede in die informele nedersetting wou kry, weg van alles wat hulle daar sien en beleef. Glo my, dis ʼn ervaring wat ek niemand gun nie. Dronk mense gee nie om hoe hulle praat of wat hulle voor ander doen nie. Dit was die moeilikste tyd in my lewe.

So word die inperkingstyd aangekondig.

Ons moes ons huur in die informele nedersetting betaal vir April 2020 om só te probeer om ons deposito terug te kry. Ons moes stuk-stuk in die nag gaan pak en moes só pak dat ons weet wat vat ons saam en wat nie, want die meeste noodsaaklikhede is by my man se baas se huis. Ons trek net in met ons beddens, klere en persoonlike besittings. Ons moes ons meubels stoor en moes toe ʼn spesiale permit kry om te kon trek. Die voordele wat my man se baas aan ons gesin gebied het, het soveel meer geweeg as om in die informele nedersetting te bly. Die kinders moes daar met ’n minibustaxi skool toe ry. Nou bly ons om die draai van ons een dogtertjie se skool af en die ander dogtertjie se skool is ook nie baie ver nie.

Die inperking het my siel baie goed gedoen. Ek kon die ervaring in die informele nedersetting verwerk en agterlaat. Wel, ek is oor die ergste.

Swaarkry sal altyd daar wees, maak nie saak waar jy is nie… Ek dank die Vader elke dag dat Hy alles ten goede laat meewerk het vir ons kinders én vir ons.

Ek weet ongetwyfeld dat ons Koning lewe en elke dag vir ons sal sorg.

Elke dag is ʼn nuwe uitdaging met nuwe bekommernisse, maar met Vader God by jou is jy nooit alleen nie.

Ons grendelstorie van hoop

Joos & Cielie Britz

11

HERFS 2020 - Grendeltydmaar nie vir dié wat in ’n fantasie-wêreld leef nie!

Wilma Oelofse

“Ouma! Bring jou kielietjie dat ons kan stap”. Dít kom van die twee en ’n halfjarige klein Nico wat nog nie ’n “r” so lekker kan sê nie. Francois, wat 5 jaar oud is, het reeds die rigting bepaal wat ons die dag gaan stap en ook wie en wat ons gaan wees. Dis nou tussen die pragtige klippe op hulle ouers se kleinhoewe bo teen die Bronberg. Ouma moes hulle twee besig hou dat Pappa en Mamma van die huis af kan werk.Gou–gou gee Francois die toon aan en ons is al drie drake wat vuur spoeg of dinosourusse wat moet vlug voor ’n aktiewe vulkaan! Indien Ouma sien sy gaan nie vinnig genoeg wegkom van die kokende lawa wat aan die kom is nie, sê Nico gelukkig: “Toema, Ouma, ek sal jou beskelem”. Dan kan Ouma weer asemhaal.Francois het ook opgelet dat Ouma nie meer op ’n lae klip kan gaan sit nie en sal dan vooruit vlieg as ons die dag arende of een of ander voël is en vir Ouma ’n lekker klip aanwys wat nog in die skaduwee ook is, waar ons kan gaan land en ’n nes bou en eiers uitbroei en kos soek vir die pas uitgebroeide kleintjies.Die erf om die huis het gou te klein geword en ons het ons vlerke gesprei. Hulle is onderdeur die draad en ouma moes gou ’n weg tussen die drade deur vind om darem te kyk watter rigting hulle inslaan. Francois met sy vlugvoetigheid soos ’n klipspringer, het ons menigmaal baie verder laat klim en klouter as wat Ouma en Nico gedink het hulle kan behartig – kierie en al. Hy het ons net gelok met sy ingebore lewenslustige roep en entoesiasme! Sy belofte was dat as ons tot by hom op daardie groot plat klip kan kom, mag ons saam met hom in sy boot teen die seerowers kom veg. En ons het nie op ons laat wag nie en weer hoër op koers gekry. Wie wil dít nou misloop?! As ons ná ’n ruimtereis om die planete moeg en dors by die huis gekom het, het Nico gewoonlik gevra: “Ouma, bling jou piekpiek-kombers”. Dan het ons drie ons onbesorgd en tevrede in die skaduwee neergevlei en ’n lekker piekniek met koeldrank en koekies gehou.So het vyf weke sonder bekommernis en vol avontuur ook vir Ouma verbygevlieg - bevoorreg om deur haar kinders (dogter en skoonseun) bederf te word met liefde, versorging en omgee, saam met die sorgelose dae in die natuur en sonskyn in ’n wonderwêreld van die kleinkinders!

12

Die grendeltyd het ons met verskillende emosies verras. Aanvanklik was my graad 8-seun baie opgewonde oor ’n langer vakansie, maar toe die besef kom dat daar dalk nou aanlyn skoolgegaan moet word en daar geen rugby, geen tennis, geen kuier by maats, ensovoorts is nie, was dit nie meer so lekker nie.

My man kon gemaklik sy werk van die huis af voortsit en gelukkig het ons ’n goeie datalyn en ’n lekker studeerkamer vir dié doel.

My roetine as tuisteskepper is heeltemal omvergegooi, aangesien ek ook huishulp moes wees en ons het besluit om ons hoofmaaltyd eerder in die middae te eet. Die tyd hiervoor moes elke dag aangepas word by die werk se vergaderingskedule. Ek het vir die eerste drie weke so ewe ’n spyskaart opgestel met ’n wye verskeidenheid en het skeppend geraak met die toebroodjies vir aandete. Gelukkig hou ek van bak en brou! Ek het pizza gemaak en selfs nachos vir die tienerseun. Ons diere is baie bly dat ons almal die heeltyd by die huis is en soos die herfs en winter nadergekruip het, het die katte ’n lekker lêplek in die sonnetjie begin soek. Ons labrador het selfs die Korona - ’n rubberspeelding wat soos die Covid-19-virus lyk - gevang! As dit maar so maklik was!

In hierdie tyd het daar nóg twee diere-vriende by die familie aangesluit. Ons hoor al vir ’n hele ruk lank ’n uil, maar aan die begin van Mei het ons die eerste keer vir Oortjies gewaar. Hy is ’n gevlekte ooruil en ’n paar dae ná die eerste keer wat ons hom gesien het, besef ons toe daar is twee! Ons het die ander een Voetsie gedoop. Dit is ’n Nederlandse woord wat “weg” beteken. Ons het gedink Voetsie is gepas, omdat ons die meeste van die tyd net een uil in die boom sien, maar teen skemer - wanneer hulle “wakker word” - vlieg daar twee uile uit die boom uit! Ons het vir hulle ’n uilkas in ’n groot boom gebou. Nou hoop ons dat hulle vinnig daar sal intrek en broei.

Dít wat ons die meeste mis is om in Pretoria te gaan kuier by ons volwasse kinders, familie, vriende en my bejaarde moeder. Ook om kerk toe te gaan. Ons is dankbaar vir tegnologie en die nodige toerusting om aanlyn eredienste te kan volg, maar die gemeenskap van gelowiges en om saam tot eer van die Here te sing in die kerk is iets wat ons baie mis in die grendeltyd.

Ons Grendeltydstorie

Cora van Renssen

13

So sit ons met groot oë vir die tv en staar... Covid-19?! Dit klink net so onrealisties!

’n Week later sit ons gesin en stomstreke speel, die trane rol soos ons lag. Ons sit almal bankvas saam om die kombuistafel, soos in die dae van ouds, en gedagtes deel. Ai, dié lekkerte darem! Ons het impulsief besluit om ons DStv-kontrak tot verdere kennisgewing te beëindig.

Dis toe ek moes dorp toe karring om kruideniers te gaan koop wat die harde werklikheid my soos ’n slap vis klap. Ieder en elk – sonder masker en handskoen – loop soos ’n vars virus rond. Ek hou my asem op elke keer as ek nader as ’n meter van ’n “ongemaskerde virus” staan en wag vir die arme kassier, wat sonder masker sit en items een vir een deur die skandeerder rol.

My gedagtes rol soos ’n mallemeule toe ek die mense om my bekyk. Almal is gefokus op ’n lysie kruideniers en dis ’n doolhofwedren om so gou moontlik uit die spervuur te kom. Ek gooi blindelings my trollie hoogvol van als en nog wat en maak my uit die voete. Terug by die huis sak ek emosioneel uitgeput in my gunstelingstoel neer en besin oor wat rêrig hier aan die gebeur is...Covid-19 is ’n lewensveranderende virus wat ons almal onkant betrap het. Wat van die arme mense wat nie ’n inkomste verdien nie, huur moet betaal, motor- en huispaaiemente wat wurg, ensovoorts? My hart mis ’n paar slae toe ek besef die meerderheid van ons kosbare land se bevolking val onder hierdie magtelose getal menigtes, met geen heenkome of welkome verligting as iemand nie inspring en iets daaraan doen nie. Dis hier waar die barmhartige Samaritaan se storie ons soos ’n benoude keelwurg aangryp en ons inspring en help kospakkies versprei. Die opregte opflikkering op ’n kind se gesig as daar ’n kospakkie in daardie ywerige, vuil handjies beland. Die vinnige, desperate oopskeur en verslind van die inhoud ruk jou hart aan skerwe – om nie te praat van die moederhart wat dankbaar, met gevoude hande, toekyk hoe kinders byna die hele pakkie in rekordtyd in honger magies wegbêre nie.Ná die afkondiging van die president dat die grendeltyd verleng word, word die verslaendheid net groter en die bekommernis net dieper. Dit werk in vlakke, onderwysers gee aanlyn klas, ouers word tuisonderwysers, kinders leer selfstandig werk, klerewinkels, koffiewinkels, álle winkels, behalwe dié wat lewensnoodsaaklike goedere verkoop, is toe soos ’n boek. Mense wat afhanklik is van mense in hul winkels en spazawinkels moet toekyk hoe die rekeninge ophoop, die honger en nood vererger en die hoop vergaan. Bouers los die ongeboude huise en sien hoe die boetes ophoop, hael slaan die oes op die lande, wat nou?

God se genade is groot. Die president se stem saai hoop en rigting. Derdes van salarisse word gedeel. Sosiale media bereik minderbevoorregtes, Vodacom verlig mediese personeel se byna onbegonne toetstaak. Elke dag lewer nuwe entrepeneurs op. Die jeug van die toekoms spring soos paddastoele op en gryp die geleentheid aan om te help oplossings vind vir die weg vorentoe.

Viva virus! Jy bind Suid-Afrikaners styf vas!

Grendelstorie

Daleen Kruger

14

Om voor te begin. Ek dink nie enigiemand sou ooit kon dink dat ons onsself in iets soos dié sou bevind in ons leeftyd nie. Suid-Afrika is nie bekend vir dinge soos dié nie en ál wanneer ons kennis neem van epidemies soos dié, is wanneer ons in die media daarvan lees of dit op die nuus sien.

Grendeltyd het ongetwyfeld die meeste van ons onkant gevang en skielik is ons gekonfronteer met iets tasbaars wat werklik ons oë laat oopgaan het vir ʼn nuwe tipe werklikheid. ʼn Nuwe normaal is gebore en ons sal vir lief moet neem met die feit dat dinge nie in die nabye toekoms ooit weer dieselfde sal wees nie.

Uit die aard van die saak is baie van ons gedwing om van die huis af te begin werk. Hier het ek my eerste les geleer oor myself: dat ek dit kán doen, dat ek die selfdissipline het daarvoor én dat ek dit maklik sal oorweeg as plan vir die toekoms. Wie weet waarheen hierdie nuwe ervaring kan lei...

Die storie waarby ek eintlik wil uitkom, is my besluit wat ek die dag voor die inperking geneem het en dít is om my webblad, wat vir ʼn wyle dormant gelê het, weer aktief te maak. Dit was my besluit om elke dag van die grendeltyd iets positiefs en leersaam op die webblad te plaas. Ek het tot op datum elke dag van grendeltyd my gedagte vir die dag geplaas saam met ʼn Bybelversie en ʼn gesegde. Alles positief. Die idee was om dit vir myself te doen, om op iets anders as net die negatiewe te fokus, maar ook met die hoop dat iemand iewers dit sal lees en iets opbouend daaruit sal neem.

Ek het ook aan die begin van die grendeltyd ’n onderhoud hieroor met Elsje van Jaarsveld gehad en ek is stomgeslaan oor die hoë getal besoekers wat sedert die begin van grendeltyd my webblad besoek het.

Ek moes ook leer hoe om die webblad aan te pas, sodat dit ook op slimfone en tablette gelees kan word. Iets wat ek nog nooit kon doen nie, maar met die hulp van Dr. Google het ek myself geleer om dit te doen. Toe kom die vraag van iemand of ek die dagstukkies hou nadat ek dit geplaas het. Ja, ek het. Toe kom die gedagte by my op om dit ook as Kindle-boek vry te stel ná die grendeltyd. Om dít te doen moes ek weer iets nuuts leer, en tans is die manuskrip gereed en las ek elke dag se stukkie by.

My grendeltyd was en is steeds vir my ʼn tyd van groei. Deur nuwe dinge aan te leer help my om die beste van my tyd te maak, maar ook om my brood op die water te gooi soos Prediker 11:1 daarna verwys.

Intussen werk ek steeds van die huis af en hou ek www.dumelang.co.za aan die gang en is ek gevul met uitbundige dankbaarheid dat ek nog gesond kan wees en my deel kan doen om positiwiteit te bring in ʼn tyd van onsekerheid en vrees.

Grendeltyd, my groeityd

Douw Prinsloo

15

Met groot en ongekende optimisme het ek die inperking op 27 Maart tegemoet gegaan. Ek het gedink dat dit soos ‘n lui-lekker Desembervakansie gaan wees, maar o, toggie, was ek verkeerd! Na die derde dag het die werklikheid en skok my eers getref.

Dis elke dag dieselfde roetine oor en oor. Opstaan, stort, ontbyt eet, kamer aan die kant maak en natuurlik begin met die ding wat nie soos vakansie voel nie: huiswerk.

Ek het gedink dis erg, maar toe begin die tuisskool met my ma as onderwyser. My moed is van vooraf teen die grond. Ek is so gespanne, maar in onseker tye kan negatiwiteit, angs en vrees maklik die oorhand kry. Ek het myself sielkundig begin motiveer en is nog elke dag sterk besig daarmee om ‘n positiewe ingesteldheid in hierdie tyd te hê. Die situasie is heeltemal buite my en almal se beheer.

Ek het besluit om dié tyd as ‘n geleentheid te beskou en om my aandag te fokus op dinge waaroor ek wel beheer het: my roetine elke dag, my akademiese verpligtinge en sommer so ’n bietjie fisieke aktiwiteite tussenin. Ek het ook ‘n nuwe talent ontdek: Ek kan teken!

Ek staan nou elke dag op en verkyk my aan die verskillende kleure in die natuur namate die wintersonnetjie groter en sterker word. Dit is nie net meer groen gras nie, nee, dit is nou donkergroen gras vroegoggend en liggroen gras in die middag. Die gras lyk soos groen fluweel as ’n mens dit van ‘n sekere hoek af bekyk. Ek moet sê, ek waardeer die Skepper en die wonderlike skepping van voor af. Nou maak ek tyd om alles om my regtig raak te sien en te bewonder.

Elke jaar gaan net ál vinniger verby en ek dink dat hierdie moeilike tyd ook weer verby sal gaan en dat ons sal terugkyk en sal grappies maak en lag oor al die staaltjies wat vertel sal word.

Ek glo dat die jaar 2020 beslis ‘n welbesproke jaar gaan wees, nie net oor die pandemie wat die hele wêreld getref het nie, maar ook oor al die positiewe dinge wat gebeur het. Ons gaan geken word as die geslag wat ten spyte van die pandemie steeds sukses bereik het op talle ander gebiede.

So, tussen die akademie en die Korona-pandemie, sal ons anderkant uitkom en terugkyk en sê: “Dankie, Vader”.

INPERKING

Elaine Jones

16

2020... “Twists” soos min... beter gestel, ’n jaar met meer as een kinkel in die kabel, soos my oupa altyd gesê het.

Ewe skielik kry liedjies soos Everest, So Sterk Soos ’n Leeu, Nuwe Begin, Ons Maak Saak, My Provider en Voel Jy Die Genade splinternuwe waarde.

As vrou van my man en mamma van twee baie talentvolle kinders, waarvoor ek al die eer aan ons Hemelse Vader gee, het grendeltyd kom nes skrop op ’n baie ongeleë tyd.

’n Mens is op die kruin van jou lewe wanneer alles klopdisselboom gaan, maar wanneer die lewe ’n paar stokke in jou glad-lopende wiele se speke kom steek, besin jy opnuut oor dít waaroor alles eintlik gaan.

Dis terapeuties om te skryf oor die soet sowel as die suur wat oor ’n mens se pad kom.

My taak in beroep is om leerlinge met spesiale behoeftes te leer en selfvertroue by hulle te vestig. Ten tye wat die skole gesluit was, moes hierdie Juffrou blitsig rekenaarvaardig raak en is Zoom bemeester! Ja, glo dit of nie, daar is lewe na 40! ;-)

My kinders se betrokkenheid by kultuur- en sportbedrywighede ly skade as gevolg van Covid. Álles word gestaak. Boeta sou aan sy heel eerste SA’s in atletiek deelneem. Sussa se hoofdogterjaar tuimel ineen. Soveel uitreike en geleenthede van deelname en groei hang aanvanklik in die lug en word dan afgestel. Revues en redenaars word gekanselleer. Wie wil dan ’n super toespraak lewer sonder ’n gehoor? Hulle harte is stukkend, want “graad 7 is dan ’n mens se laaste laerskool, mamma” en hierdie mamma troos en bemoed én bid soos nog nooit tevore nie. Deur God se genade en liefde verander die trane oor tyd weer in glimlaggies. Ons hou maar aan oefen, al is dit in die tuin en speel viool oor ’n video-oproep-les. Vreemd, maar ons móét aanpas om te oorleef. Ons kry weer nuwe moed en hoop... Dankie, Jesus!

My oudste kind het ’n droom gekoester vir ’n sekere hoërskool... Met omstandighede wat my man se werk betref sou haar droom nooit moontlik wees nie.

Baie bid, baie praat, baie dink, baie trane later laat God op 30 Junie 2020 vir my kind ’n wonderwerk toe.

Haar droom word bewaarheid! Daar ís nog mense met omgeeharte. Ons moet net nooit moed verloor nie. Daar is áltyd hoop en in Hom lê ons krag!

Die Here is getrou!

Nou bid ons vir pappa vir werk en vertrou dat hierdie wolk óók omraam sal word met ’n silwer randjie, want SY tyd is perfek!

Elke donker wolk hét ’n silwer randjie... ’n Mamma se grendelverhaal.

Marina Botha

17

Dis Dinsdagoggend in die snerpendkoue Karoo. Ek en my jongste is verdiep in herstelwerk aan my bakkie wat deur die grondpad se eindelose sinkplate veroorsaak is. Ons albei maak hier teen die pad, net anderkant Sandkraal, planne vir die vale om dinge weer aan die loop te kry.

’n Harderwordende dreuning lei ons aandag af. Oor die bult kom ’n wit Isuzu-bakkie aangery. ’n Ouerige boer en sy plaasman kom stop langs ons. Hy verneem of hy kan help. Ek verseker hom ons waardeer sy aanbod, maar ons is darem amper klaar gesukkel. Ek steek my hand uit om die andersins vriendelike oom te groet, net om deur ’n ongemaklike stilte beantwoord te word. “Jong nee, ek skud nie meer blad nie”, verbreek die amper verskonende repliek die stilte. My oog val op die “cup holder” van die bakkie. Die gewoonlik halfgedrinkte blikkie Coke skitter in sy afwesigheid. In sy plek het ‘n botteltjie handreiniger homself tuisgemaak. Ek begryp dadelik die beweegrede agter die ongemaklike interaksie. “Dis reg só, oom, dankie ieder geval vir die aanbod van hulp. Groete vir die tannie,” is al wat ek kan uitkry.Terwyl die bakkie se stofstreep wegraak oor die bult, begin ek dink aan ‘n gesprek met ‘n vriendin verlede week. Sy wou weet wanneer ek iets oor Covid-19 gaan skryf. My onnadenkende antwoord was dat ek bloot skryf oor dinge wat my direk raak as mens. Nie ék of enigiemand wat ek persoonlik ken het Covid-19 onder lede nie. Die media het in ieder geval al hierdie pandemie in ons keelgate afgedruk tot satwordens toe. So dan raak dit my mos nie direk nie.

In wat seker my eie klein Damaskus-oomblik is, besef ek daar langs die pad dat, alhoewel ons in die Noord-Kaap, amper onaangeraak deur die virus self, eintlik nog rustig met ons alledaagse dinge aangaan, dit ons tog raak. Dit raak ons eintlik baie erger as om fisiek die virus op te doen.

Hierdie virus het ons stadig, maar seker, bang gemaak tot op die rand van totale paranoia. Ons hele interaksie met mekaar en ons menswees word gekortwiek. Ons soengroet nie. Ons druk mekaar nie meer nie, met die uitsondering van ons naaste huismense. Ons groet mekaar meestal nie met die hand nie. Ons staan ente uitmekaar op rooi en groen geplakte kruise en pyle op winkelvloere. Gesigsmaskers verberg enige sweempie van ‘n vriendelike glimlag.

Wat geld nie kan koop nie

Gerhardi Boltman

18

Baie van my tydgenote se ouers leef nie meer nie. Ek is bevoorreg genoeg om nog albei my ouers hier te hê. Die grendeltydperk het egter ‘n stokkie voor my gereelde inloer by hulle gesteek. Telefoonoproepe kan net sover gaan om die gemis te stil. Albei van hulle is reeds ‘n geruime tyd verby die Bybelsgesëende leeftyd van 70 jaar. Elke gedeelde oomblik saam met hulle is op hierdie stadium ‘n klontjie goud. Elke uur is nou geleende tyd. Dit kos fyn plan maak om gou vinnig by hulle in te loer so gereeld as wat ek kan om “voer” op te laai wat daar “vergeet” gebly het. Elke keer kan jy die blydskap sien met ‘n onverwagse besoek... en elke keer - sonder uitsondering - kan jy die ongesproke vraag van “wanneer kom jy weer ‘n draai maak, Boeta?” in hul oë sien.Ek mis my twee oudste kinders in die Boland. Ek mis die gekskeer om ‘n braaivleisvuur. Die lag, gesels, drukkies gee en saamkuier is alles vir eers op ys.Terwyl stiksienige politici baklei oor of drank, sigarette en onderbroeke noodsaaklike goed is, verbeur ons almal die noodsaaklikste produk van almal. Ons fisieke meelewing met mekaar. Die vinnige drukkies en die gou inloer, die hartlike groet soos wat ons wêreld se mense mos maar gewoond is.Mense herstel van Covid-19, baie meer as wat hul daarvan doodgaan.

Die kosbare tyd wat ons nou verloor met ons geliefdes kan egter nooit ingehaal word nie. Geen winkel verkoop tyd wat verloor is nie.Mag hierdie pandemie vinniger as verwag oorwaai. Covid raak my nou té direk. Ek mis ’n hele klompie noodsaaklike goed wat geld nie kan koop nie.

19

Ons het einde verlede jaar - 2019 - gehoor van ’n virus, wat as die Korona-virus bekend gestel is, wat ontstaan het in ’n dorpie, genaamd Wuhan, iewers in Sjina. Kort daarna het wetenskaplikes dit die naam Covid-19 gegee. Min het ons geweet dat dieselfde virus ’n pandemie sou word en dat dit ook ons eie bevolking sou tref. Dit het van Sjina af versprei na Italië en eers aan die begin van 2020 het ons oor die nuus gehoor van ’n paar gevalle van mense in Kaapstad en Durban wat die virus opgedoen het.

Einde Maart het die president ons ingelig dat ons soos baie ander dele van die wêreld ingeperk moet word om sodoende die virus te probeer beperk en dat die hospitale en gesondheidspersoneel kon voorberei vir dít wat kom.

Mense het onmiddellik begin om belangrike kruideniersware en ander goedere aan te koop en dit was nie lank nie voor die winkelrakke begin leegloop het. Daarna is mense beperk tot drie items van sekere produkte. Snaaks was dit om te sien hoe mense se trollies vol toiletpapier gelaai is. Daar is ook ’n verbod ingestel op drank- en sigaretverkope en die dag voor die inperking was die rye voor die drankwinkels lank. Groot was my bekommernis dat daar vorentoe dalk nie genoeg kos beskikbaar sou wees nie, maar dit was van korte duur, omdat die kruidenierswarewinkels te alle tye tydens die inperkingstyd oopgebly het.

As eenlopende persoon was daar negatiewe asook positiewe dinge gedurende die inperking. Ván die negatiewe dinge wat my geraak het, was die eensaamheid. Verder kon ’n mens nie jou familie of vriende besoek nie. My vader wat ek elke dag die afgelope sewe jaar in die versorgingseenheid van ’n aftreeoord in Pretoria besoek het, kon nie mooi verstaan hoekom ek nie meer vir hom kon kuier nie. Ek het elke dag gevrees dat hy sal wegval. Verder was daar tye wat ek baie depressief was en gewroeg het met negatiewe gedagtes wat gelei het tot slapelose nagte. Ván die positiewe dinge wat ek wel beleef het is dat ek kans gekry het om interessante boeke te lees wat ek deur die jare opsy gesit het. Ek kon ook die huis van hoek tot kant opruim en skoonmaak. Onnodige goedere wat deur die jare opgegaar is, is bymekaar gepak om later aan instellings vir behoeftiges te skenk. Pretoria FM was my redding en luistergenot gedurende die grendeltyd met lekker musiek, rubrieke, nuus en oordenkingsdienste.

Dit sal seker nog lank neem tot alles weer na normaal terugkeer, omdat die virus in Suid-Afrika nog nie sy kruin bereik het nie.

COVID-19

Gerrit Germishuizen

20

My hare lyk woes en kort ’n skeer.Toe neem my vrou volle beheer.

Ek word ewe netjies uitgelei na buiteEn word heeltemal lam tot in my kuite.

Ek moet regop sit in die stoelEn word in ’n laken toegewoel.

Toe sy die kam en skêr so vasgryp,Weet ek, ek is in ’n baie groot knyp.

Die lokke val vinnig rondom my heen.Ek probeer my bes, maar wil net ween.

Ek sê my kuif is die trots van my hoof,Maar die haarkapper hou haar skielik doof.

As ek tog die “panic button” kan druk,Word ek dalk gered van hierdie ongeluk.

Dankie tog, die snoeiwerk is uiteindelik klaar.Ek kan darem voel hier en daar is nog ’n haar.

Miskien sal ek moet hoed dra dag en nagOm te voorkom dat die mense aanhou lag.

Tog, as ek my mooi in die spieël beskou,Is dit ’n kapsel waarvan ek baie hou.

Ek stuur nou aan almal wat ek ken ’n selfie,Dan kan hulle sien hoe lyk die haarkapper se wederhelfie.

Ek moet my vrou gelukwens met haar talent.Ná aftrede kan sy baie verdien in Rand en sent.

HAAR-HANDIG

Johann Eybers

21

Aan die begin van die grendeltyd het ek gedink dat ons lekker by die huis sou kon sit, maar toe nie! Ek het nog altyd gewens om net een keer in die week laat op te staan, maar tevergeefs. Ons moes elke dag vroeg opstaan en gereed maak vir die werk wat ons gaan ontvang. Ek het dit nie geniet nie, dit het eerder vir my tot groot frustrasie gelei.

Daar was baie tye waarin ek onseker gevoel het, waarin ek gedink het dat die pandemie nooit tot ’n einde sou kom nie. Ek was siek en sat vir die huis, ek het my vriende en onderwysers vreeslik baie gemis, aangesien skool glad nie dieselfde is as jy nie saam met die onderwyser in die klaskamer is nie.

Ek wou met my skoolwerk die dapper skoene aantrek, maar met al die gesukkel het dit nie gewerk nie. Die frustrasie om die werk klaar te kry sal niemand verstaan nie. Ek het gehoop dat die toetse makliker gaan wees, omdat ek besig is om groot te word en veronderstel is om die werk makliker te verstaan, maar dit was toe nietemin steeds ’n uitdaging. Dit sal baie mense sommer nagmerries gee.

Dit het my moed sommer tot in my skoene laat sak dat die tyd weggeneem is wat ons moes hê om die laaste jaar saam met vriende deur te bring én dat ons toer nie meer kon voortgaan nie.

Die grendeltyd was wel baie moeilik, maar ons kan almal bly wees dat ons weer skool toe kan gaan en die laaste stukkie van die jaar saam met mekaar kan deurbring.

’n Dag in die grendellewe van ’n graad sewe

Haley Strydom

22

Vertel, vertél wil ek vir jou ‘n storie...Rêrig-kepêrig soos gedorie!‘n Storie van hierdie Covid-19-tyd.‘n Brokkie ‘waarheid’ sonder verwyt. Vir ‘n wyle ingehok...soos met ‘n stoute draadkruiper Boerbok!Ja, die humeure word warm so tussen die koue mure!Want sien, langer as lank word die inperkure!Boeta Gryp en Sussa Gooi!O, aarde! Mamma pleit: Dis tog nie mooi!O wee, en toe... tóé kom kwaai-oog, bolwang Pamet ‘n bángmaakding wat hy in sy hand dra.O verdriet op note, Sussie kyk-gil en wip die gang af!Einnnaa! Té kort was Boeta se sprong, toe stof Pappa af!En tóé? Tóé daal tjoepstil soetjies-soetjies neer...Ja... en stilletjies-stilletjies is ‘n minwoordlessie só in grendeltyd geleer!

Inhoktyd-trane

Han Nel-Grootjie

23

27 Maart 2020 sal sekerlik in die meeste Suid-Afrikaners se gisterdae onuitwisbaar opgeteken wees. Dit was die eerste dag van ’n ingeperkte, onbekende leefstyl wat ieder en elk in ons land sou raak. Selfs ook vir óns wat hier in die vergeetkant van die land woon, werk en kerk. Wel, een vroegoggend kort ná die president se inperkingsafkondiging het ek skuins voor sonop tot bo-op ons ses meter hoë watertenk se platform geklim. Daar het ek stelling teen die groen watertenk ingeneem. Ek wou so bietjie in totale stilte alleen wees, sien hoe die son sy slaapplek agterlaat en sommer terselfdertyd bid vir die onbekendheid en vrese wat ’n onsigbare virus gelos het op ons land en sy mense. Soos ék dit sien, is onbekendheid en vrees onlosmaaklik deel van mekaar... net soos twee inspandonkies. Waar die een spore los, sal die ander een terselfdertyd ook sy spore maak. Terwyl my oë ’n goddelike skildery bestaande uit ’n goudkleurige, oostelike hemelruim met ’n handjievol rooi en pienk wolkies indrink, begin my onthou terugloop op ou vergete gisterpaaie. So staan my onthou stil by die dag wat ons noodgedwonge Upington toe moes gaan, kort ná ons aankoms hier op Noenieput in 2007. Dié rit het ons met Oumie, ‘n Toyota Conquest wat uit 1989 dateer, aangepak. Eers het die 105 kilometer grondpad gewag en daarna is daar gelukkig darem ook nog ’n stuk teerpad, alvorens ons in die dorp is. Uit respekte vir Oumie se ouderdom en status het ons dit maar rustig gevat omrede hierdie ou bittereinder nie gebou is om met spoed of selfs gemak oor die grondpaaie van die Kalahari te beweeg nie. Dié spesifieke dorpsdag was langer as gewoonlik en so ’n bietjie meer as ’n handvol ure later vat ons met Oumie weer die langpad huis toe. Die warm agtermiddagson het amper al begin lêplek soek toe die laaste klomp grondpadkilometers aanbreek. Al wat nog oorbly van hierdie terugtog is die stuk smal opgeboude pad oor die witpan, die voorlaaste draai en dan sal die polisiekamp ’n welkome baken wees. Daarna is dit die vrede en lafenis van ons eie tuiste... salig voorwaar! Ek kyk in Oumie se kantspieëltjie. Skielik skrop ’n groot vrees nes in my binnekant en ’n yskoue hand omvou my hart. ’n Groot vragmotor verskyn uit die niet en jaag op ons af asof ons nie bestaan nie. Eensklaps is die truspieëltjie oorvol van die gevaarte se voorkant terwyl hy vreesloos voortsnel. Hy hou ’n reguit spoor. Dit voel kompleet asof hy totale eienaarskap van die pad vir homself opeis.

Hartswoorde vol dankbaarheid

HJ Cronjé

24

’n Sandgat dwing my so effens na links en skielik druk die Verwoester sy neus langs Oumie se regteragterwiel in. Ons veilige “middel-van-die-pad-ry” is nou slegs ’n vae herinnering en Oumie moet nou noodgedwonge haar weg op die rant van die amper twee meter hoë pad vind. Dapper en moedig beur sy voort, terwyl die Vernietiger meedoënloos vasberade vorentoe skuif. Onverwags is sy linkervoorwiel so ’n kwart armlengte van my af. As ek my hand sou uitsteek, kan ek daaraan vat. Amper asof in stadige spoed skuif die Vermorser met sy sleepwa stukkie vir stukkie verby. Skielik is hy voor ons. Dit is net stof, stof en nogmaals stof. Stof bo jou, onder jou, langs jou en dit kruip oral in. Ek is stofblind, want die witpan se bruinwit fynstof hang soos ’n doodsgordyn in die lug. “Jou hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het,” fluister die Veilige Gees in my oor. “Ai, dankie Here. Help Jesus, help!”, roep ek dadelik smekend uit. Op daardie selfde oomblik waai ’n oostewind dwars oor die pad en jaag die bruinwit doodsgordyn wyd oor die droë pan uit. Die Vernieler en sy sleepwa storm egter padlangs die toekoms in om iewers in die dae van môre ander mense se lewens te loop bedreig. Later daardie selfde aand sit ek buite op die sementbankie met my oranje koffiebeker in die hand. Die onaangename ervaring daar op die witpan net voor sonsak speel oor en oor in stadige spoed voor my af. Dan weet ek verseker...

Ek weet die Skepper van hemelgoed en stofaarde sluimer of slaap nooit, al probeer die vragmotors van die lewe jou van jou lewenspad afry.

Ek weet met die Kêrelkind van God aan jou sy, sal daar altyd ’n oostewind oor jou stof-en-lewenspad waai om jou sig te verbeter. En ek weet jy weet dit reeds. Ná my onthou se rondloop daar bo-op ons watertenk se platform, begin ek bid. Ek bid vir ons land, sy mense en veral vir daardie doodsgordyn van onbekende virusse en vrese wat oral om ons as landsburgers hang. Ek wou nog amen sê toe die Mooiste Mooi my dringend kombuis toe roep. Terwyl ek stadig met die ysterleertjie afklim, kan ek die klomp hartswoorde wat oor my lippe stroom nie keer nie. Hartswoorde vol dankbaarheid dat die Skepper van hemelgoed en stofaarde, die Kêrelkind en die Veilige Gees altyd daar is. Hy sluimer of slaap nooit – al hang daar ’n doodsgordyn van onbekende virusse en vrese rondom my en jou. Hartswoorde vol dankbaarheid, want ongeag daardie doodsgordyn sal Sy geeswind vir seker oor my en jou lewenspaaie waai en ons sig vorentoe verbeter. En hartswoorde vol dankbaarheid omrede die meeste van ons (ek en jy) dit reeds weet.

25

Met twee wapens in die hand, skoene aan my voete en gereed vir enigiets. Dís maar net één van my daaglikse grendel-uitdagings. KABOEM! En daar is lig... En soos enige ander dag is dit alreeds negeuur en ek sukkel alweer om my oë oop te maak en my ore toe te druk, sodat ek my ma se stem in die agtergrond kan uitdoof. Ek kan so nou en dan hoor wat sy sê, maar dít is juis die probleem, want ek moes al negeuur gereed wees vir die dag. Dis absolute malligheid! Oepsie doepsie, hier moet ek maar my dag begin. Ek het my daaglikse roetine gevolg, maar vandag ’n ekstra aktiwiteit uitgevoer: Ek het my tas gepak! Ek is mal daaroor om te sien hoe hulle altyd hop wanneer ek verbystap. Ek hou daarvan om my prooi te bekyk voor ek dit aanval! Dís nou my huiswerk. Toe die oggend aanstap het my tannie by die deur aangeklop met groot verskrikte oë. Ek en my nefie, Nico het natuurlik begin paniekerig raak, maar sy het ons darem kalmeer en die volgende vertel… Blitsvinnig is ek by die deur en maak vir haar oop. Ons kon ons oë nie glo toe ons daardie yslike groot boom sien wat omgeval het nie. Hierdie is die boom wat my oupa en oupagrootjie saam geplant het toe my oupa net in standerd 6 was! My tannie het vertel dat sy glo dit die warrelwind van die vorige aand se doen en late was. Ons sien altyd enige geleentheid as ’n speel-geleentheid, daarom het ek en Nico dadelik daarin gaan speel. Die boom is seker die lengte van twee klaskamers bo-op mekaar en een klaskamer breed. In hierdie groot boom het ons vir omtrent vier ure gespeel. So om en by vyfuur het my ma laat weet dat sy op pad huis toe is. Ek het geweet dit is tyd om reg te maak… reg te maak vir die jagtog! Ek het my wapens gekry, my skoene aangetrek en is toe op pad. Ek het van plek tot plek buite gegaan en toe dié plek gekry waarna ek op soek was. Ek het myself gemaklik gemaak en my teiken met die eerste oogopslag gekry, maar met die bekruip het ek hom verskrik en moet ek weer van vooraf begin. My daaglikse grendeltydlewe was besig, maar vervelig! Al was daar nie mense om my geselskap te hou nie, het ek van die diere s’n gehou. Hulle praat elkeen in hul eie manier en dit was vir my meer as genoeg.

Die “Lockdown”-lewe

Isabella Baker

26

Week een begin ek by die liasseerkabinet se laaie en gooi die ou goed uit, ou stadsraadrekenings, telefoonrekenings, dokumente van ou karre, doktersrekenings van al die oogoperasies, knievervangings, voetoperasies en skoueroperasies wat ek jare gelede ondergaan het. Ek verwonder my oor alles waardeur ek al is en dat ek nog so goed funksioneer. Volgende pak ek die koskaste, sorteer, maak skoon en gooi weg. Ek kry ’n paar lekker verrassings. ’n Groot houer suiker wat ek gedink het is mieliemeel, ’n ekstra bottel vanieljegeursel, bakpoeier en klapper. Alles waarmee ek nou lekker kan bak en brou. Kersfees se inkleurboek vir volwassenes met inkleurpotlode en al, met soveel liefde uitgesoek deur die kinders, wag nog steeds in die kas. Die inkleur word ’n heerlike uitdaging. Die stil, leë ure vlieg verby. Die ontwerpe dwing jou om te beplan en onder jou hand ontvou die mooiste, kleurvolle skeppings. Regtig terapie soos dit op die voorblad belowe. Maar as dit donker word en jy lê alleen in jou bedjie en daar is min om op te roep, niks gesellig om aan te herkou nie, wonder jy oor die mense om jou, of hulle óók so alleen voel. Elkeen in sy eie aftreehuisie.

Natuurlik is jy bly dat die apteek die medisyne stuur, dat die winkel aanlyn kosware besorg. Jy eet immers smaaklik aan dít wat jy vir jouself opdis, maar daar is ’n angs wat knaag, al die oues omheen, almal broos en kwesbaar... Hoe gaan dit vorentoe wees en tot wanneer? Sal jy steeds vredig bly en die diep binne-vreugde van kindskap van God jou regop hou? Hoe lank sal jy kan moed inpraat as ’n kind bel en sê dat sy salaris gesny is, ’n ander een bel en sê dat sy eenmansaak tot stilstand gekom het? Kleinkinders spook om kop bo water te hou. Nêrens word nét voorspoed belowe nie. Die wekroep bly inteendeel om jou kruis op te neem en God te volg.

Maar hier op my bedjie, in hierdie kamer, weet ek na meer as tagtig jaar se lewe: Die wil van God sal jou nooit lei waar Sy genade jou nie sal dra nie, en ek skaam my vir my kleingeloof... en die diep binne-vreugde wel in my op en ek bid: “Here, laat U wil geskied”.

In ’n aftreeoord tydens die Covid-19-grendel

Marietjie Fourie

27

Voor die grendeltyd was ek al benoud oor my rybewys wat in September verval, want ek het ʼn oogkondisie wat kan veroorsaak dat ek nie die oogtoets slaag nie.

Met my vrou, Elize, se beroerte-aanval op 9 Junie word die hernuwing van my rybewys ʼn móét, want sy sal nie gou weer, indien ooit, kan bestuur nie. Terwyl ek by die hospitaal is gaan ek oogkliniek toe, verduidelik my situasie en word ingedruk as ʼn noodgeval. Ná die toets is ek oogkundige toe vir die oogtoets en ek kry die vereiste sertifikaat.

Een oggend ry ek, sonder afspraak, na Centurion se lisensiekantore met die nodige dokumente en foto’s. Daar gekom, gaan staan ek in die ry en bekyk die affêre voor my. Ná ʼn paar minute gebeur daar niks en ek stap tot by die eerste ingang waar ʼn man sit wat vir my vra waarvoor ek daar is. Toe ek antwoord, “lisensiehernuwing”, beduie hy na ʼn plakkaat wat stapsgewys verduidelik hoe aanlynafsprake gemaak moet word. Op my vraag of daar nie iemand is wat my daarmee kan help nie, want ek weet nie hoe nie, skryf hy ʼn naaam op ʼn stukkie papier - sê maar John - en beduie na binne. Miskien het die grys hare of my desperate uitdrukking agter die masker gehelp.

Binne is daar dadelik reaksie. John gee vir my ʼn vorm en beduie: “Gaan sit op daaaaai stoel en vul die vorm in”. Ek gaan sit toe op daaaaai stoel, maar op dié dag, van alle dae, het ek nie ʼn pen by my nie, en die dame neffens my – wat my nood sien – vis ná die derde probeerslag vir my een uit haar handsak wat skryf.

Ek sukkel met die onmoontlike klein burokratiese blokkies, want my Elize het dit altyd vir my gedoen, en ek sit en wag op daaaaai stoel. Na so 20 minute kom John, kyk na die vorm en sê: “Gaan sit nou op daaaaai stoel”. Die mense voor my skuif aan en ek skuif saam. Na enkele minute is ek voor ʼn kantoortjie en die man agter die lessenaar beduie ek moet inkom. Hy kyk na my vorms, neem my vingerafdruk op ’n blou liggie en sê: “Take off your mask and cap and move your chair against the wall”. Ek kon nie help om te dink aan fussileringstonele nie. Hy neem ʼn foto en terwyl ek my wettiglik respektabel maak, druk hy ʼn vorm en bevorder my na toonbank 11.

By toonbank 11 beland ek weer in ʼn ry wat aanskuif en weereens, ná ʼn paar minute, neem ʼn dame my vorms, hou die kaartmasjien, gee nóg ʼn vorm en sê: “You may come back in six weeks and collect your driver’s license, Sir. Have a nice day”.

Ek stap oorbluf daar uit na slegs 45 minute, alles afgehandel. Wat ander mense in dae nie kan afhandel nie, kry ek eensklaps gedoen.

Die oggend op pad na die lisensiekantore het ek gebid en gevra dat die Here die regte mense op my pad moet sit. Ek het vir John gekry.

MENSE OP MY PAD

JAN

28

Verlede nag het die inperking begin. Nou sit ek hier op my bed in ons slaapkamer, hier in ‘n voorstad van die grote Johannesburg. Ek wil skeer terwyl my vrou besig is om te stort, maar sien deur die venster ’n Jan-Frederik op die waterbak se rand, waar hy rondkyk. Hy hou nie van die vuil water daarin nie en sy rondkyk laat my dink hy soek iemand vir wie hy kan sê dat die water oud is, maar hy sien niemand. Ek kruip agter die gordyn weg, want dan is ek mos nie die skuldige nie. Gelukkig besluit hy om iewers anders te gaan water soek.

Bo links deur die venster sien ek die voëls in die buurvrou se palmboom, besig om goggas in die boom se stam te soek. Bokant hulle speel die winterwind deur die blare en nou weet ek die seisoene is besig om te draai. Só is die lewe ook besig om ‘n ander draai te loop. Die voëls weet niks van die virus nie, hulle gaan hulle gang soos gewoonlik, gaan aan sonder selfone wat lawaai en bespiegelinge oor wat gaan gebeur. Dan ook nog die waarskuwings: Pasop, oumense! Wees ekstra versigtig!

As ek nét twee dae kan uithou, dan sal ek weet of ek dalk aangesteek het, want my kind en kleinkind was vroeër die jaar oorsee. Dan nog nét twee weke, dan sal ek weet of ons nog Wildtuin toe kan gaan. Só dink ek, maar min weet ek wat vir ons wag, vir ons oumense. Sal ons die virus kan systap of is dit soos die leeu wat die swak bok in die trop uitsoek, wat wag vir die donkerte wanneer hy goed en die bok sleg sien? Dis net ’n kwessie van tyd, dan is die bok se dae getel. Gaan ons tydelik vrykom, maar tog agtervolg word, al is die inperking verby?

Maar dit is nie net die virus met die inperking wat ons lewensomstandighede so radikaal verander het nie. Nee, daar’s baie meer dinge wat op een slag ons lewensbestaan bedreig. Ons kan nie meer beskuit bak en iets verdien nie, rentekoerse het gedaal, kwart van ons rente-inkomste is weg, rakke van winkels raak leeg, ander is gesluit, my vrou kan nie brei nie, kan nie kinders of kerkmense sien nie. Ek is bewus dat ons genademandjie voller is as baie ander s’n. Die baie veranderinge op een slag is moeiliker as wat aanvanklik verwag is. Al is daar baie mense wat swaarder kry, vat dit nog nie my hartseer weg nie. Eintlik wil ek nie meer ellende hoor nie, wil minder vasgedruk voel, om nader aan my Here te wees, sodat ek met Hom kan praat.

En dan kry my vrou ’n boodskap van ’n vriendin wat sê: “Dankie daar is vuil skottelgoed, want dit beteken daar’s kos, dankie daar’s vuil wasgoed, want ons het genoeg klere, dankie daar’s ‘n deurmekaar huis, wat beteken ons het ’n plek om te bly en dankie vir opstaan, want dít beteken ons het werk.”

Vergewe my, Here, vir my ondankbaarheid, my selfgesentreerdheid, wees my genadig!

GRENDELTYD

Jan van der Merwe

29

Toe die president die grendelstaat vanaf 27 Maart aankondig, het dit my en my vrou, Elize, aanvanklik min gepla. Ons het geen paniekaankope gedoen nie, want Elize is al ons hele getroude lewe lank baie bedrewe en vindingryk wanneer huishoudelike voorraad ter sprake is. In die vroeё tagtigs was sy drie keer in die Sarie-tydskrif, omdat sy gewys het hoe ’n mens met ʼn beperkte begroting kan klaarkom.

Daar is noodsaaklike items wat ʼn huishouding aan die gang hou. Ons maak rympies: aartappels, uie, tamaties, dan brood¬, melk, eiers, kaas en die nodigste toiletware en skoonmaakmiddels. Ons was altyd geseёnd met genoeg vleis in die vrieskas. Dus, ons gaan aan soos gewoonlik. Ek en vriend, Tekkies in die kompleks kom ooreen om beurte te maak en mekaar te laat weet wanneer ons die nodigste gaan koop.

In April 2019 het ons van ʼn groot huis na ’n kleiner eenheid in ʼn kompleks getrek en alles self gedoen. Ek met die tuintjie en algemene instandhouding, sy in die huis en bedrywig met haar geliefkoosde tydverdryf, naaldwerk. Ons het die grendeltyd dus baie kalm en rustig begin en net gedoen wat ons in elk geval elke dag doen.

Die eerste geleentheid wat toe ʼn nie-geleentheid word, was ons goue bruilof op 4 April. Elize kry koffie en beskuit in die bed. Ons maak saam ʼn beskeie feesmaal, want ons hou nie van oordadigheid nie, veral nie in uitdagende tye nie.

Toe kom die tweede geleentheid: Elize se verjaarsdag op 3 Mei. Weereens vier ons dit alleen, want wegneemetes is taboe. Ons maak iets lekkers waarvan ons albei hou. Ek wou ’n vleisie braai, maar dis te winderig, en plan B was ʼn gewone Sondagmiddag-ete. Met Moedersdag glip skoondogter, Marrizanne deur die grendel en trakteer ons met versnaperings vir teetyd, wat middagete word en ook genoeg is vir die aand.

Op 9 Junie verander ons lewens in die bestek van minute. Om 6:30 word ek wakker en is deur-die-blare badkamer toe. Met die uitkom kry ek vir Elize waar sy op die vloer lê en my saggies vra om haar op te help. Met die oplig is sy dooie gewig in my arms en ek sien haar mond hang aan die een kant. Ek besef dadelik dis ’n beroerte. Ons kleinseun, Jan-Louw, help my om haar op die bed te kry. Twee oproepe en 10 minute later is die ambulans daar met paramedici wat die nodige doen. By ongevalle is die dokter se diagnose en prognose ʼn massiewe beroerte met ʼn skraal kans op volkome herstel.

Met Vadersdag het skoondogter, Marrizanne wéér deur die grendel geglip en my trakteer met ʼn vatvol hoender, hoogs gewaardeerd, maar iets het ontbreek. My vrou, my sielsgenoot, is nie daar nie en my lewe lê aan skerwe. Sy is nog steeds in die hospitaal en as gevolg van Covid mag ek haar nie besoek nie.

Op hierdie tragiese noot sluit ek af met: “Liewe Here, as dit U wil is, gee asseblief my vrou vir my terug soos sy was. Dankie. Amen.”

Elize

Jan Visagie

30

Voor die grendeltyd was ek al benoud oor my rybewys wat in September verval, want ek het ʼn oogkondisie wat kan veroorsaak dat ek nie die standaard oogtoets slaag nie.

Met my vrou, Elize, se beroerte-aanval op 9 Junie word die hernuwing van my rybewys ʼn móét, want sy sal nie gou weer, indien ooit, kan bestuur nie. Terwyl ek by die hospitaal is gaan ek oogkliniek toe, verduidelik my situasie en word ingedruk as ʼn noodgeval. Ná die toets is ek oogkundige toe vir die oogtoets en ek kry die vereiste sertifikaat.

Een oggend ry ek, sonder afspraak, na Centurion se lisensiekantore met die nodige dokumente en foto’s. Daar gekom, gaan staan ek in die ry en bekyk die affêre voor my. Ná ʼn paar minute gebeur daar niks en ek stap tot by die eerste ingang waar ʼn man sit wat vir my vra waarvoor ek daar is. Toe ek antwoord, “lisensiehernuwing”, beduie hy na ʼn plakkaat wat stapsgewys verduidelik hoe aanlynafsprake gemaak moet word. Op my vraag of daar nie iemand is wat my daarmee kan help nie, want ek weet nie hoe nie, skryf hy ʼn naaam op ʼn stukkie papier - sê maar John - en beduie my na binne. Miskien het die grys hare of my desperate uitdrukking agter die masker gehelp.

Binne is daar dadelik reaksie. John gee vir my ʼn vorm en beduie: “Gaan sit op daaaaai stoel en vul die vorm in”. Ek gaan sit toe op daaaaai stoel, maar op dié dag, van alle dae, het ek nie ʼn pen by my nie, en die dame neffens my – wat my nood sien – vis ná die derde probeerslag vir my een uit haar handsak wat skryf.

Ek sukkel met die onmoontlike klein burokratiese blokkies, want my Elize het dit altyd vir my gedoen, en ek sit en wag op daaaaai stoel. Na so 20 minute kom John, kyk na die vorm en sê: “Gaan sit nou op daaaaai stoel”. Die mense voor my skuif aan en ek skuif saam. Na enkele minute is ek voor ʼn kantoortjie en die man agter die lessenaar wink my binne. Hy kyk na my vorms, neem my vingerafdruk op ’n blou liggie en sê: “Take off your mask and cap and move your chair against the wall”. Ek kon nie help om te dink aan fussileringstonele nie. Hy neem ʼn foto en terwyl ek my wettiglik respektabel maak, druk hy ʼn vorm en bevorder my na toonbank 11.

By toonbank 11 beland ek weer in ʼn ry wat aanskuif en weereens, ná ʼn paar minute, neem ʼn dame my vorms, hou die kaartmasjien, gee nóg ʼn vorm en sê: “You may come back in six weeks and collect your driver’s license, Sir. Have a nice day”.

Ek stap oorbluf daar uit na slegs 45 minute, alles afgehandel. Wat ander mense in dae nie kan uitrig nie, kry ek eensklaps gedoen.

Die oggend op pad na die lisensiekantore het ek gebid en gevra dat die Here die regte mense op my pad moet sit. Ek het vir John gekry.

Rybewys

JAN VISAGIE

31

In this time of pandemicWe have to stay academicBeing safe and soundAll of us being boundLock it deep down

Try to forget these thingsYou have seen and heard

Lock it deep downTry to forget the feelingsYou have experiencedLock it deep down

And prayFor love and for safetyLock it deep downLock it deep downLock it deep downWorking from home

Doing everything aloneHearing all the horrorFearing for tomorrowLock it deep down

Try to forget these thingsYou have seen and heard

Lock it deep downTry to forget the feelingsYou have experiencedLock it deep down

And prayFor love and for safetyLock it deep downLock it deep downLock it deep downLocked down

Never going in to townOnly hearing and fearingHearing and fearingLock it deep down

Try to forget these things You have seen and heard

Lock it deep downTry to forget the feelingsYou have experiencedLock it deep down

And pray For love and for safety Lock it deep down

IN THIS TIME OF PANDEMIC

John-Louis von Bratt

32

OOS, WES, TUIS BES

As jy praat van LOCKDOWNKlink jy soos ’n sirkus-clown.

Die GRENDEL waarvan ek hoor,Klink ook maar taamlik goor.

Ek verkies eerder INPERKING.Dit klink na ’n beter ding.

Al voel dit jy is in huisarres;Dit hou jou darem weg van die pes. So, aanvaar jy is met verpligte verlofOm te keer dat die virus ontplof.

MASKER GAAN JY DRA

Vanaf 1 Mei is dit wet.Sorg dat jy ’n masker het.

Jy moet dit oop en bloot gaan draAl lyk dit ook soos ’n halwe bra.

Dit bestaan uit ’n groot sak,Wat jy oor jou mond moet plak.

Die twee lintjies moet jy bindAs jy dit agter jou kop kan vind.

Grootmense en klein pikkies Sukkel nogal met die strikkies.

Koop liewer een wat oor die ore haakDan is jy netjies en op jou gemak.

Maar kry tog een met ’n gekleurde lappieDis darem vroliker as ’n pikswart kappie.

Om te dink: ’n masker op die gesigGee ’n mens toegang tot die buitelug.

VERSKEIE GEDIGTE

Johann Eybers

33

DIE NUWE LEWE

Korona het vir ons ’n nuwe lewenswyse geskep.Skielik is ons met ander dinge in die lewe behep.

Die mans het ’n aangename tydverdryf gekry.Hulle is baie bedrywig met tuinwerk en grassny.

Die vrouens het huiswerk as ’n loopbaan gekies.Hulle is nou baas in die huis en ook die mies.

Die kêrels wat so graag partytjies hou,Sal moet besef die enigste gas is hul eie vrou.

’n Tekort aan sigarette kan jy maklik aanvulDeur met smokkelhandel vir Zuma te kul.

Tv-sport en sepies is eenvoudig en baie vaal.Covid-19 is die interessantste op die nuuskanaal.

Maskers is nou die nuutste mode;Sonder een is jy buitekant verbode.

Om besig te bly, moet jou kake heeltyd beweeg.Lekkers en koek is die beste om dan te oorweeg.

Bestee eerder aan ontsmetmiddels as kos;Dit sal jou veilig hou en van die virus verlos.

NIE SOMMER NET ’N NOMMER

Toe Covid-19 die land met mening tref,Dink die regering hy het wêreldse mag geërf.

Elke minister wil nou met ’n ystervuis regeerEn al die bewegings van die burgers beheer.

Die beperkings word streng in nommers ingedeel,Maar die regulasies is selfs vir die regters een te veel.

Die vlakke loop van ’n hoë 5 tot 1 die laagsteMaar die mense sien eintlik uit na 0 die graagste.

Die inperkings het ons leiers darem slim gemaak.Om agteruit te tel van 5 tot 1 is nou ’n maklike taak!

VERSKEIE GEDIGTE

Johann Eybers

34

DRINK FLINK

Die verlaging na vlak-3-inperking is begroet met toejuiging.Die dronkaards is baie opgewonde oor dié groot toegewing.

Van Maandag tot Donderdag is drank vrylik beskikbaar.Sorg net dat jy genoeg voggies vir die naweek opgaar.

Daar is nou oorgegaan tot kwaai drink en hardop sing,Want mense bestee geld eerder op die verkeerde ding.

Die suiplappe het hul heeltemal te buite gegaanDeur dronk te bestuur en hul vrouens te slaan.

Alkoholgevalle het die hospitale getref met ’n spoed.Gesondheidsdienste sukkel met die geweldige vloed.

Die beddens word eerder deur beseerdes beset,In plaas daarvan om op Koronasiekes te let.

Die enigste uitweg is om drank te verbied,Sodat Covid-19-gevalle aandag kan geniet.

NUWE MOTIEWE

’n Positiewe uitkyk op die leweIs waarna elkeen moet strewe.

Vermy liewer ’n negatiewe houding,Dit sal net swak gesondheid bring.

Maar nou is Covid-19 op almal se gewete.Verkoue en griep is skoon vergete.

Negatief kry toe ’n nuwe betekenis:Jy is vry van die aaklige virus.

Ongelukkig is ’n toetsuitslag van positief ’n Nare en skokkende alternatief.

Jy word dadelik geplaas in afsondering,Want jy is ’n gevaar vir die samelewing.

Tog is die kans op herstel baie goed.Wees net altyd positief en hou moed.

Vir gunstige toetsresultateBly weg uit die winkels en strate. 35

Naief en broos uitgelewer’n mensdom in ontkenninggeskok oor die nuusuitsendingvasgenael vir elke toespraakom te sien hoe dit ons sou raaknuwe uitdagings en moeilikhedealmal duidelik baie ontevredemaar soos met alles in die leweis hier ook iets om na te strewe ja, ons is skielik ingeperkeensklaps is ons regte weggestroopgeliefdes van mekaar vervreemdie voorspelbare alledaagse verruilvir ’n vreemde nuwe werklikheidvliegtuie stil onder ’n somber maanop jou eie aangewesehard aan’t stry teen al die vreseonverwags is jy ingegrendelduidelik en hard - geen pendel!

uiteindelik gemoedelike rustigheiden amper ’n soort speelsheiddiep asemteue in ons huisie stil het keer op keer my hart laat singmet onuitwisbare lewenslus‘k begeer al so lank tyd, net tydvir op-die-oog-af onbenullighededie magnolia wat blomdie rankrosie wat onverpoos bly klimvoëltjies met vrolike oggendsang

vreugdes beleef ons in die kleinetot dusver nog sonder medisyne soos ’n lieflike sagte motreënhet kalmte op my siel neergereënstukkies hemel en brokkies vredete midde van groot ellendein hierdie Korona-stormso dankbaar vir die elk’ minuutwat skielik in my skoot kom val my hart krimp ineen – alles wat ek hoor bittere onverwagte swaarkry oraloor U Woord bring nuwe kosbaarhededaar is geleentheidom dieper na dinge te kykte bedink en vergelykgewoonlik so min kansom net te wonderna te dink en te betragasof my denke verhelder is vars, nuut en skoonvir my was dit vol vreugdestuk-stuk soekend in Korona-tyd

om dieper na dinge te kykte bedink en vergelykgewoonlik so min kansom net te wonderna te dink en te betragasof my denke verhelder is vars, nuut en skoonvir my was dit vol vreugdestuk-stuk soekend in Korona-tyd

LAFENIS IN GRENDENTYD

Sonja Moorcroft

36

Ons het skaars die virus in die land gewaar, toe is dit grendeltyd. Ek, boervrou en Jack of all Trades, kry nóg ’n paar “trades” by.

Ons boere kan aangaan met ons werk. Ons moet net vir almal en alles en elke rit permitte kry. Ons kry die permitte. En ek skryf. Almal se vanne en ID’s, bestemming van werk moet geweet word. Ons grond is ver uitmekaar en vir elke rit moet ’n permit geskryf word. Op die werker se permit moet al die werkgewer se gegewens wees en andersom. Chaos bars los, want die werkgewer en ek slaap wel in dieselfde bed, maar hy lig my nie altyd in waarheen al die ritte is nie, want ek moet dit mos weet. En ek weet nóg minder wie ry saam met wie, wat ek blykbaar óók moes weet. Piet moes saam met bakkie een ry en is by bakkie twee ingeskryf. En Koos is ook op ’n verkeerde bakkie, verkeerde kleur en verkeerde registrasienommer. Alles my skuld... dié verkeerde besigheid.

Ek kan om my naam te red nie naaldwerk doen nie, maar ek maak maskers, want koop kan ons nie koop nie. Dit is te droog, te duur en te veel. Ek maak tafeldoeke kleiner, gordyne korter en knoei die een masker na die ander aanmekaar. Later is ek sommer heel behendig, maar die storie van omdop en stryk los ek maar vir die oulike mense. En almal se broeke val nou af, want ek het die toue uitgeryg om die maskers op die gesigte te hou. Buiten die knap begroting met die droogte, koop ek geen naaldwerkbenodigdhede nie, want ek doen dit net onder groot druk. Wat ek het, moet ingespan word.

En dan gee ek lesse hoe mens jou hande ontsmet. Was jou hande. Spuit ontsmetmiddel en vryf dit in. Tussen die vingers ook. Wanneer jy uitval en so ook as jy inval. Daar begin die poelieswerk. Eers word die ontsmettingsmiddel vir seep gebruik en afgewas. Roep terug: Nee! Kom ontsmet eers julle hande!” Invaltyd moet ek kyk. Uitvaltyd moet ek éérs kyk. Maar so kyk-kyk en met al die terugroep kry ons die onsmettery goed onder die knie. En die werkgewer raak ’n soort ongeduldig, want dán word die maskers vergeet en dán word die handewassery gelos, “want dit word te koud en die water is nat!”

“Die skaap sal nie die virus kry nie”, is verskonings as ek poeliesman speel. “Die alewige ge-klouwassery maak mens skurf!” Daarteen kan ek nie stry nie, want Blootvoet se water is hard! Die droogte hou te lank aan en waterversagter bly op ’n vergete lysie wat al soveel kere uitgestel is.

Nes ek al die permitte onder die knie het, kom die volgende fase. Nuwe permitte. En Koos se masker is weg. Dan dra hy Piet s’n. Ongewas. Les nommer 3001. Moenie maskers uitruil nie... en was dit!

Die poeliesman het haar hande vol. Niemand kry asem nie. Almal is ongeduldig en kortgebaken, want álmal het rooklus. Die hel van alle helle met hierdie inperking!

N.S. Ek kan ’n boek skryf oor die rooklus op hierdie plaas!

Van boervrou na poeliesman

Hannelie van Niekerk

37

Tot baie onlangs was my gunstelingmanier van kommunikasie lyntjiespapier en ’n grys potlood.

Niks skryf so lekker soos ’n leë, wit bladsy en ’n skerp HB-potlood nie. My Graad 1-juffrou moes ’n reuseuitwerking op my lewe gehad het.

So begin my amptelike Facebookblad vir vroue op Maandag 1 Junie.

Ons reis met ’n lewenslysie deur die alfabet en trek vandag al by die letter “g”.

In dié tyd is naby vroue en vriendinne my grootste ondersteuners met hulle regop hou van-duimpies en hartjies.

Ek maak nog heel benoud plasings en antwoord heel versigtig. Alles is effe oorweldigend, maar met oefening kom dit makliker.

Wanneer die tyd reg is hoop ek dat my Fleur: Kom Blom-blad baie vroue sal inspireer en motiveer om met oorgawe voluit te leef.

Fleur: Kom Blom

Karen Fleur

Al my niggies en nefies was saam met ons op die plaas van die begin van die grendeltyd af. Die deel van die grendeltyd wat vir my uitgestaan het was ongetwyfeld my nefie se 18de verjaarsdag. Ons het by die rivier gebraai, terwyl almal lekker saam gekuier het.

My nefie speel baie goeie musiek en sing nes ’n kanarie. Hy het die hele aand om die kampvuur gestaan en musiek gemaak vir ons familie. Ons het almal daardie aand by die rivier geslaap. Dit was prettiger as wat ons gedink het dit gaan wees. Dit was lekker dat ons sy verjaarsdag saam kon geniet, al was ons ingegrendel.

Al wat ’n effense doring in my vlees was tydens die grendeltyd, was die groot hoeveelheid huiswerk wat ons gekry het en dat ek nie al my maatjies kon sien nie. Ek is steeds bly dat skool weer heropen het, want nou gaan ek my vriende weer kan sien. Ek kan nie wag tot alles weer normaal is nie.

My Grendeltyd

Keira van Helsdingen

38

Om die kampvuur, waar die koue stadig die hitte van my lyf oorneem, waar alles net duisternis oor die horison is, daai geel straaltjie wat skyn in die donkerte van lewe, waardeur ons in die gesig gestaar word.

Agtuur ruk ek wakker van die vibrasies van my wekker, wat beteken dat ek moet terugkeer na die werklikheid, die politiek, die angs en vrees, vrees wat die fondamente van my lewe geword het.

Die lig wat nou my kamer binnesypel herinner my aan die koffie wat nou op die kombuistafel rus en geduldig wag terwyl die stoom uit die koppie ontsnap. Een vat per slag sit ek op die grond om gewoond te raak aan die koue teel onder my voete en die laaste bietjie van die somerwinde wat nou teen my lyf blaas. Soos ek regop staan sien ek hoe die een ligstraaltjie deur my pers gordyne skyn. Op pad kombuis toe hoor ek my pa wat op sy slimfoon besig is met ’n kliënt, my ma voor haar rekenaar met haar hope lone, my boetie op die trekker besig om te boer vir Afrika en my ouma wat voor grendeltyd by ons aangemeld het, besig om televisie te kyk. Soos ek my koffie kamer toe bring rus die straaltjie op my vel wat die herinneringe oor en oor in my gedagtes terugspeel totdat ek my gedagtes op my leesstuk laat fokus. In letterkunde kan die karakter goed vermag waaroor jy al die helfte van jou lewe droom, maar jy kan net lees tot jou oë ingee, dan soek jy iets anders om met jou tyd te doen. Soos dalk voëltjies skiet of skilder. Skilder van jou wildste drome wat verdwyn soos die sonsak, maar party is deel van jou, van jou siel, wat jou mens maak. Huiswerk het maar rof gegaan vandat die skool begin het, maar jy kan deur alles druk as jy die hart en die wil het, maak nie saak wie jou afbreek of verneder nie. Jy besluit wat jou breek.

Die dag sê na ’n lang dag darem totsiens aan die Suidelike deel van Afrika en die maan neem oor saam met baie versierings in die hemelruim. Elke aand se roetine bly darem min of meer dieselfde. Jy bid en glo jy sal môre weer wakker word, ondanks die aanvalle, politiek en vrees. Hy dra my deur die aande en herinner my dat alles volgens Sy wil gebeur en dat Hy ’n groter plan het vir ons as wat die blote oog kan sien.

‘n Grendeldag

Marli Donovan

39

Dit was ‘n tyd wat vir ons gegee is om ons Abba Vader beter te leer ken, die Bybel oop te maak en om onsself in Sy naam te versterk! Maar ook ‘n tyd van verlange, verlange na die goeie ou dae...

Daar was ‘n atmosfeer in ons huis soos nooit tevore nie, ons het mekaar van vooraf leer ken en ons het onsself begin verstaan. Daar was ‘n verlange om Sondae saam met die hoenders op te staan en kerk toe te gaan en die gedagtes om in my eie huis vasgekeer te word - soos ’n dief agter tralies - het my die rillings gegee.

Daar was ook ’n verlange in my om weer te reis, om verby dorpies en groen landerye te ry, om by potblou waters uit te kom, om onderdeur die sterre te ry terwyl hulle flikker en om die straat se liggies te sien skyn. En as ek meer aan daardie gedagtes wil toegee, dan begin dit voel asof daardie gedagtes net wil wegvloei... Daar was wel ‘n warm hartklop binne my om weer my voete oor die grenslyn te sit en ek sit steeds en wag vir daardie dag soos ’n prinses wat wag vir haar prins...

Ek het ook begin verlang na die manne op die maan, om elke dag op ’n avontuur uit te gaan en om iets te leer uit die lewe. Ek het verlang na mielielande wat elke middag verby die venster flits en na die vloeiende grasvelde. Ek het na my naastes begin verlang en gehoop om net weer een keer in hul oë te kan kyk. Ek het na my oumense begin verlang en al hul wysheid en kennis oor die lewe gemis en ek’t na my oupa se stories verlang wat ‘n warm gevoel van liefde gegee het!

Toe besef ek egter dat Moeder Aarde se wonde besig is om te genees en haar gebroke hart besig is om te herstel! Ek het ‘n nuwe liefde raakgesien en aangevoel: mense oor die hele wêreld het die benoudheid omgekeer in ‘n vrolike, lang, geslote vakansie. Hulle het die toestand dag vir dag begin hanteer.

Toe begin ek dit dag vir dag vat met die wete dat my Pappa Jesus saam met my is en dat ek wel weer dorpies gaan sien, weer die skool se klokke gaan hoor en weer vir die wêreld ‘n glimlag sal kan gee!

My grendeltyd-opstel

Kleo Bornman

40

Dit was net te lank! My grendeltydstorie was net te lank… Die dae het hopeloos te veel geraak vir my en die berg huiswerk was net nooit op datum nie. #Storievanmylewe. Ek het, om eerlik te wees, en sonder dat my ma moet uitvind, agtergekom dat ek skoolwerk het. Oepsie. Ek het dadelik elke dag gewerk, maar dit was net nie genoeg tyd nie.

Op ’n ligter noot het baie van ons familie vir ons kom kuier, en weereens - om die aap uit die mou te pluk - dink ek ek was die enigste een wat gedink het dat dit op daardie stadium onwettig was.

My ouers het steeds gewerk, want altwee het op die plaas gewerk. Ek het darem elke dag ’n entjie gaan draf of fiets gery saam met my hond en die mooi sonsak bekyk. Ons het ook oor naweke springhase gaan jag, maar was beslis te onfiks daarvoor!

My grendeltyd het ook net uit bak bestaan! Daar was nie ’n dag wat verbygegaan het sonder ’n koek of kolwyntjie nie. Noem my sommer Bakster Otto. My pa en my oupa het tydens die streng inperking verjaar en alhoewel dit ’n rustige verjaarsdag was het ons ten minste ’n vleisie op die kole gesit.

Vir my was die grendeltyd vreeslik vervelig in die dag. In die aande het ek aandete geëet, in my kamer gaan lê en op my selfoon gespeel. Ek het normale skool gemis. Dit was dalk nie soveel pret nie, maar ek sal nie omgee om weer niks gedurende die dag te doen nie. Gelukkig is dit amper weer vakansie.

My Grendeltydstorie

Lene Otto

41

Tydens die grendeltyd het ek baie opwinding ondervind. Om tyd te hê om saam met jou ouers om die vuur te sit en net tyd met hulle deur te bring is die beste oomblikke.

Ons het elke dag ’n draai om die plaas gery en terwyl ons so woerts en warts gery het, het ek net stil geword en gedink hoe bevoorreg ons eintlik is om op ’n plaas te kan bly. As ek een van daardie mense was wat in die dorp gebly het, wat nie eers hulle toon by die voordeur mag uitgesteek het nie, sou ek al my varkies verloor het. Om die wonderlike sonsondergang en –opkoms te kon beleef en al die voëltjies elke oggend te hoor fluit is beslis ’n seëning vanuit die hemel.

Soms het ek wel gevoel dat die dag te veel raak, maar die honde se aanhoudende geblaf, Wiskunde en ander huiswerk wat my kop laat oordink het én my boetie se geskreeu in my ore het beslis tot daardie “te veel-gevoel” bygedra. Ek het maar my moed bymekaar geskraap en voortgegaan.

Grendeltyd het vir ons familietyd geskep en my geleer om geduldig te wees met dít wat ek doen. Daarmee saam het ek ook geleer hoe om nuwe uitdagings met ope arms te aanvaar.

’n Grendeltydgedagte

Marnilene Celliers

42

Die jaar 2020 het soos ’n ryp granaat voor ons gelê. ’n Perfekte visie-jaar. Groot drome is gedroom. Dalk sal 2020 ’n waterskeidingsjaar in baie van ons se lewens wees.

Oornag het korona ons wêreld in ’n onbekende, vreemde plek verander. Wie sou kon dink dat ons nuwejaarsvoornemens oornag sou verander? Beurtkrag is ’n gevreesde woord, maar korona het nooit in my woordeskat bestaan nie. Die rimpeling wat ál wyer uitkring. Nou het dit ’n naam, van en adres. Dis ’n onsigbare oorlog wat ’n jaar in ons lewe kom uitwis het. Drome is verpletter. Niemand was voorbereid op hierdie onverwagse gestroopte leefstyl nie. ’n Seisoen het verbygegaan. Vrees. Onsekerheid.

Ons emosies het ons onkant betrap. Ons vrese is werklik. ’n Sombere besef dat ons almal in dieselfde bootjie is. Ons nietigheid word intens beleef, en ons word dalk om ’n goeie rede tot stilstand gedwing. Wie sal met peillose oë en ’n elmboog wil groet?

Ons word geroof van die rouproses. Die hartseer alleen sterfbed. Verder dra ons skielik maskers. Het ons nie altyd nie? Die meeste van ons het ’n dapper en blinkpoleerde buitekant, soos verwag. Die covid-masker wys geen glimlag, geen emosie. Lipstiffie is oorbodig. Maskers verdof die gewaande selfvertroue.

Ek was nog nooit so benoud in my lewe, omdat ek so buite beheer gevoel het nie, maar ook nog nooit so rustig omdat ek nie in beheer hoef te wees nie. Victor Frankl se gewaarwording ná die Nazi-doodskampe was dat hoop die verskil maak. As daar nie hoop is nie, sterf die mens se siel.

Ons wêreld is geruk tot in sy fondamente. Het ons abnormale lewensstyl verander na normaal? Stofspoortjies op die houtvloer word nie elke dag afgevee nie. Ons skryf albums vol herinneringe. Beleef kosbare tye saam. Nog nooit was stap so ’n gesellige samesyn met ’n lied in die hart nie, al is dit ook hoe dof.

Nagtelike skattejagte is hoogtepunte. Ek offer my gras op en ’n dam word gebou. ’n Oseanarium. Pappa lê geute en pype aan. Die water blink vanaf die agterdeur en vloei tot in die dam. Ons vou papierbootjies en hardloop agterna as die water hulle wegsleur. Ons moet vyf rand toegangsgeld betaal. Modderkoek in die tuin-restaurant en die pophuis as snoepie. Modeparades en sangaande. Piekniek en opvoerings in die tuin. Familie-beddens voor die televisie.

Ons hoor weer die see dreun. Voëlsang vermaak ons elke oggend. Met geen grassnyer en stofsuiergeluide nie.

Sal ons regtig wil teruggaan na ons ou lewe?

Skielik het die wye wêreld wat oop voor ons kinders lê verander in beperkte spasie tussen vier mure. Gestroop van die buitewêreld. Maar weet hulle regtig wat aangaan? Verstaan hulle? My seun sê dat hy eers oor drie jaar sy klasmaats sal sien. Nogtans is hulle die klein helde van die era. Hulle generasie gaan hieruit voortleef. Die gejaagde klok waarmee hulle grootword het gaan stilstaan.

Ons jongste bid dat almal nie sal doodgaan en ons alleen agterlaat nie. Haar gebed: “Baai-baai, korona, jy kan maar gaan, want jy is níé welkom hier nie!”

GRENDELTYD: Die stil en ongenaakbare seisoen

Lynette Strydom

43

GRENDELSTAATVERHAAL

Madelé Heymans

Die son begin sak toe ’n brander hom soos ’n onverwagte vuishou teen die lyf tref.

“Moeilikheid!”, galm dit deur Jurg se wese met die omdraai en besef dat die sloep strand toe gevul is met malende branders.

“Dis doodsake!”, besef hy. Vanaand, in hierdie see. Pa het altyd gewaarsku die see is nie ’n mens se maat nie, wees versigtig vir haar buie!

’n Volgende golf tref hom met geweld en hy verloor byna sy greep op die gleuf in die rots. Hy gryp sy visstok toe dit met die verbytrekkende golf teen hom spoel. Hy pluk die vislyn van die hoekkant af en begin koorsagtig sy onderlyf aan die uitstaande rots vasdraai. Om en om, met groot inspanning, terwyl die golwe ál hoër en met meer geweld om hom slaan en terugsuig.

Vasgeanker! As die golwe hoër as sy kop gaan styg, gaan hy verdrink. As hy nie vas was nie, was hy al lankal in die tierende see en sekerlik teen die rotstande verpletter.

Hierdie gaan ’n baie lang nag wees – seker die langste van sy hele lewe – ás hy teen dagbreek nog leef...

Hoe kon hy homself in só ’n situasie laat beland het? Die antwoord eggo uit sy onderbewussyn: “Op dieselfde manier as wat jy jou in die huidinge verhouding met jou gesin bevind… Jy het nie besef dat jou verhouding met hulle in gevaar verkeer nie! Jy het die tekens geïgnoreer!”

’n Brander tref hom gewelddadig in die gesig. Die son sak.“Martin se dood het alles kom verander,” verweer hy. Dan die gestroopte, eerlike stem: “En jy dink jy was ál een wat seergekry het en treur? Kon jy nie agterkom hoe hartseer jou vrou en dogter is oor Martin nie? Maar jy is so vasgedraai in jou eie verdriet en verwyt, dat jy hulle ignoreer en ál meer na binne draai!”

Weer tref ’n gruwel-golf hom en hy spartel om asem te kry. Beelde dans voor sy geestesoog, draai inmekaar, kolk weg en verskyn weer in ander vorms. Aanvanklik is dit net Martin, sy pragtige 18-jarige seun wat verongeluk het op sy skaatsplank, wat sentraal in die kaleidoskoop verskyn, maar dan begin sy vrou en dogter se hartseer gesigte duideliker vorm aanneem, ook hulle pogings om tot hom deur te dring in sy verbittering…

Nie net die grendelstaat beperk hom nie – hy het homself begin inperk. Sy hele lewensuitkyk en optrede is ’n inperking, besef hy. Sy emosionele bitterheid het hom vasgedraai aan ’n pynrots.

Hy sluk soutwater in die hoërwordende golwe, verloor sy bewussyn en hyg telkens terug na die lewe, snakkend na asem; dobberend tussen hoop en wanhoop in die pikdonkernag.44

“Here, help!

Ek v e r g a a n!”

Eenkeer, toe hy na die oppervlakte kom, onderskei hy stemme en sagte hande en hy weet sy mense is om hom. Hy soek hul oë, te moeg vir praat, maar die seinboodskap na hulle is duidelik: “Soos die vislyn om my losgekom het, is ekself bevry. Hierdie is die einde van my selfopgelegte grendelstaat!”

45

My purper koronakroon

Marina Bessinger

Partytjietyd! Jubeljaar! Dis 2020! Op 6 Mei vier ek my spesiale verjaarsdag. Geen hulpkreet, geen Mayday!, geen probleem nie. Dis mý dag. Ek kan nie wag nie. Dan vier ek 75 jaar op hierdie asemrowende aarde. Dít vra vir partytjietyd.

Ek is ouditief ingestel en hoor eerste ‘5’ en dan ‘7’ en so wrintiewaar niks van ‘70’ nie. Dit laat my sommer “djonk-en-djeukerig” voel. Kleintyd was kinderpartytjies my nie beskore nie en ek hunker nog steeds daarna. “O, nee”, sug Ousus, “’n deftige noenmaal met lapservette of ’n High Tea uit die Royal Albert-koppies van oorle Aunt Baby”. “Nee wat,” lag my seun, “ek maak vir my ma ’n afvalpotjie of ons hou ’n skaapbraai.” Wat!? ’n Skaap? Ek is nie meer só dom nie. Ek gaan nie ewe gedweë agter ander se idees aanstap nie. Liewer ’n speenvarkie op ’n spitbraai, sodat ek en my naby-pêlle lekker varkierige gedagtes kan dínk, soos kaalvoet in die modder rondploeter...Nie sê nie, dínk. Nie doén nie, dínk. Nie probéér nie, dínk. Miskien so ’n bietjie suggereer. Met ’n wenkbrou wat lig, ’n oog wat knip, ’n mondjie wat tuit...Ag, ja, laat die streng, eng Calvinistiese opvoeding liefs oorneem. Ons hou by ’n kinderpartytjie. Ballonne, springmielies, spookasem en melkskommels en ’n goue kroon op my krullekop. O, dit klink na pret, maar o wee, toe kom die kroonvirus, korona, oor ons koppe hang en al my drome spat aan skerwe en stort na benede. Johannes 21:18 sê: “Jy sal gevat word na plekke waar jy nie wil wees nie.” Só besluit “hulle”: Dit is Grendeltyd. Ingeperk. Punt. ’n Mooie koek met 75 kersies en vrolike blommetjies word deur ’n gemaskerde man by ons sekuriteitshek oorhandig. Hulle “happy, happy” my darem. Nie dat dit gehelp het nie! Op ’n kruiwa, oor ongelyke plaveisel, stoot ek my reusekoek na my huisie toe. Gelukkig kom die koek én ek ongeskonde tuis. Ek steek die kersies aan en blaas en blaas, maar my gehaarspreide hare vat vlam en ek blus vir ’n vale. Die geskroeide punte laat my besluit om my hare aan Kansa te skenk. Kort hare sal my jonger laat lyk en dis ’n goeie daad vir pruike vir kankerlyers. Versigtig neem ek die botteltjie Gentian Violet in my hand, ek skroef dit oop en wend dit milddadig oor my hele kop aan. ’n Aha-oomblik volg! My selfoon lui en ek laat spaander om die alleenheid te gaan wegpraat. Skoon vergete is my purper vriendin op my kroon.

“Laat Heer U seën op haar daal, U guns...” klink my vriendin se stem suiwer in my oor. Ek voel só spesiaal. Ek hef my hande hemelwaarts om die seën te ontvang. ’n Heilige oomblik word ’n nagmerrie. My vingers, my hande, my arms is pers, perser, die perste pers wat ek nog ooit gesien het. Ek hardloop spieël toe. My hele voorkop is purper! Wat nou? Ek spring onder die stort in, my voete word pers. O, toggie! Dis nie die purper van ’n prinses nie, geen kroningsmantel nie, veel eerder die roukleed van ’n weduwee wat oor my val. Wild en wakker word VLU-vriendinne gekontak. Google-raad en boereraat spoel deur my brein en by die drein af. Suurlemoensap skuur uiteindelik my ou velletjie skoon, maar die háre! Dit sít! Dit moet maar geleidelik uitwas.

’n Jubeljaar? Saam met Habakuk sal ek “nogtans jubel en juig”. Ek voel soos die ribbok en ek trek my lilapers satynbroekie-en-brastelletjie aan en ’n pers fluweeltoppie, my styfspan gymbroek en hang my pers vereboa om my skouers. Lus vir lewe en lus vir pret dans ek op die woorde van Prince and The Revolution: “I only want to see you laughing in the purple rain.” .

Lag en die wêreld lag saam met jou. Ook dié purper kroon sal mettertyd sagter word en in die niet verdwyn. Kosbare herinneringe sal voortleef en my nuwe bynaam, COVIOLET, sal nóg langer, lekker kleef.

46

’n COVID-19-haasbekstorie

Walda de Wet

Pa het die groot K.Ons ry heen en weer tussen Witbank en Pretoria vir bestraling. Gelukkig kan ons in die week by ons dogter oornag. Heen en weer oor die grens by Balmoral se brug oor die snelweg.

Die eerste Vrydag word ek streng aangespreek deur die dame by die grens, omdat ek dit durf waag om sonder ’n permit saam met my siek man te ry. Gelukkig kan ons my naam op die vorm byvoeg.

In hierdie tyd breek Pa se tandeplaatjie herhaaldelik. Die tand-tegnikus word skatryk, want die mediese fonds sal eers volgende jaar ’n nuwe plaatjie betaal.

Toe ons die volgende Vrydagaand terugry huis toe, sit Pa sy masker in die donker op toe ons die grens nader. So sukkelend met die een hand, haak sy plaatjie aan die masker vas en val op die vloer tussen sy voete. Hy uiter ’n woord en voel-voel met sy een hand op die vloer rond. “Los!”, sê ek, “netnou smyt jy die kar om, ons kan by die huis soek!”

Ons kry dit, en Pa plak die plaatjie met wondergom, maar dis nou skurf en sit nie meer so lekker nie.

Gelukkig vir die masker, anders was dit nogal ’n verleentheid by die hospitaal.

Die volgende Vrydag vat Pa die siek kat veearts toe. Hy vergeet skoon van sy masker en met sy onooglike haasbek klets hy land en sand met die veearts oor die kat wat (ook) so vet geword het in die grendeltyd.

Ek hoor van ’n man wat sy kar omgegooi het toe hy ’n vlieg in die kar wou doodslaan. Wat nog as jy na ’n tandeplaatjie tussen jou voete soek in die donker!

47

Grendeltyd in die aftreeoord

Miems Opperman

Ag tog! Wat hoor ek oor Pretoria FM? Wat vir ‘n ding is hierdie in elk geval? Grendeltyd is ’n vreemde woord. Pretoria FM help baie gou met die verduideliking van wat nou gaan gebeur. Ek dink egter dit sal gemaklik en gou verby wees.

Skielik mag ek nie rondbeweeg nie en die oumense hier in die aftreeoord in Terra Nova, Trichardt, praat onderlangs. Onmiddellik geen etes in die eetsaal nie, dit word by die deure afgegee. Ek dink in my enigheid ons kry nou ons kos nes hondjies.

Elke oggend versorg ek myself en kyk in die spieël hoe snor, baard en kophare laat waai met elke dag se nuus.

Ek voel behoorlik gelok met baadjie, broek en kruisbande. 14 April verjaar ek, dan groet ek die sestig-jare en raak aan 70-jaar se voordeur.

Ek mag in vandag se tyd die voordeur gebruik en nie meer soos kindertyd die agterdeur waar ‘n klok gehang het nie.

Ek bak ‘n pizza en nooi my buurvrou vir tee en ons sit sommer op die gras voor haar deur. Die wag kom verby en wraggies jaag hy ons twee tannies. Ek het mos regte en vra of ons net kan klaar eet en gee sommer vir hom ’n stuk pizza. Daar eet hy lekker saam. Ek dink: “Die deler is net so goed soos die steler”.

Ek mag gou dorp toe met die toestemming van die verpleegster in bevel.

Ek gryp ’n afskrif van my voorskrifte en sorg sommer vir ‘n bankstaat langs my in die motor vir in geval ‘n belangrike mens my stop en vra van watter deel van die lewe ek kom. Ek spook met die masker wat die oogglase laat opwasem, maar in die motor haal ek die ding af.

Later begin die selfoon geluide maak en maak my gek met die nuus tussen outannies, vriendinne en familie.

Eerste opdrag: Lees dadelik Jesaja 20 vers 26 en ek volg ‘n klomp boodskappe wat my later skoon deurmekaar geskommel het.

Jitte, ek het vergeet Jesaja het my al aangespreek oor die wysheid in die Woord.

So drie weke later kom die verdere skok! Die gogga het huis gevind en almal is in isolasie gedompel vir twee weke. Geen etes of kontak met die inwoners nie. Ons besef hier is marakkas. Jy sal dit nie glo nie, twee tannies glip uit en gaan kuier by ’n vriendin. Mense smokkel selfs een kleindogter in die kattebak, sowaar as parramanel het dit gebeur!

48

Wat ek die meeste mis is die kerk toe gaan. Ds. Cassie en onse eie dominee Char het gespook om dit reg te kry. Ek kan met die huisarres nie nou die dienste in die oord bywoon nie. Ek is ’n Dopper gebore en gelukkig was die oom ook een. Hy is twee jaar terug oorlede.

Geen kind of kraai is naby my nie. “As almal vêr is,” soos die liedjie dit uitspel, ontstaan die wonder: Wat is die mens dat al hierdie dinge gebeur?

Later kan ek weer my tekkies uit die aftreeoord se gronde sit en my 3 kilometer gaan stap. Ek groet almal wat asemhaal, só lekker is die gevoel wat homself in my lyf tuismaak.

Soos van ouds af is ek positief, vol geloof en hoop vir die toekoms. Die kleinkinders sal oorleef, glo ek.

49

KORONAKLAVIER

Mariana

Toe die grendelstaat op 26 Maart 2020 begin het, het ek nog nie ’n idee gehad wat vir ons wag nie.

Ons was die eerste deel van grendeltyd nog rustig. Ons het allerhande grendeltydprojekkies aangepak. Grappies aangestuur. Videotjies gemaak. Uitdaginkies aangepak. Oefenklasse op YouTube gedoen. Om die huis gedraf. Ons het nie die eiersluk-uitdaging gedoen nie, ons wou nie bo en behalwe alles met salmonella in die hospitaal beland nie.

Dit was nog die lekker deel van grendeltyd. Ek is ’n musiekonderwyseres. Toe begin my nuwe werklikheid. Aanlyn lesse . Ek het ’n maand tevore nie eers geweet wat dié term beteken nie en toe word dit my nuwe normaal. Ek moes soveel nuwe dinge in ’n kort tydjie aanleer.

Ek moes elke dag vir ure aaneen in een posisie sit en na ’n klein selfoonskerm kyk. My oë het in die aande gebrand, my ore het letterlik gesuis (ek het op ’n stadium gedink ek het gehoorverlies) van al die ekstra hard praat om jouself duidelik te maak. Jy kan nie gelyk praat en speel nie. Jy kan ’n leerling nie stop terwyl hy speel nie, want hy hoor jou nie; die beginners ken nie die verskil tussen bo en onder nie en jy moet dan met jou selfoon oor die hele klavier beweeg net om dit vir hulle te probeer wys.

Die inspanning om met ’n vertraging in klank van soms meer as ’n sekonde op Zoom te probeer om saam met ’n kind ’n duet te speel is moeilik om te beskryf. Ek het kinders wat duette moes speel. Ons het soms ’n aanlyn vergadering geskeduleer waar ons al drie gelyk inskakel, waar hulle-twee uit verskillende huise saamspeel en ek van my kant af moet les gee om hulle gelyk te kry om ’n duet deur te speel. Dít alles met ’n vertraging tussen die klaviere se klank. Maar ons het dit gedoen!

Om my oë te spaar - wat nie meer wou fokus nie - het ons van die toestelle begin opgradeer en groter maak. Ons het die klein selfoonskermpie vir ’n tablet verruil en later na ’n rekenaar oorbeweeg. Ek het ’n driepoot met ’n houtblokkie bo-op geprakseer waarop my selfoon vasgemaak word; in die middel van die driepoot balanseer die tablet; langs dit staan ’n tafel met ’n houer met die rekenaar bo-op. Dít alles sodat die rekenaar op die regte hoogte kan wees. Ek het een dag toe ek ’n boek uit die boekrak wou haal, en op blad geklim het, agteroor bo-op die driepoot geval en een van die driepootbene te pletter geval. Ons het dit net weer met maskeerband geheg.

Dan is daar twee stelle oorfone wat ek afwisselend gebruik: een wat inprop en ’n bluetooth-stel. Die bluetooth-stel skakel heeltyd oor tussen al die toestelle wat aan is en dit het partymaal gevoel of ek heeltemal kop verloor om te probeer uitmaak watter een waar werk.

50

Ek het baie dinge beleef in hierdie tyd. Ek het gesien hoe kinders se huise binne lyk, gesien en gehoor op watter (soms vals) instrumente hulle by die huis moet oefen.

Kinders sit hulle selfone op snaakse plekke neer. Jy sien soms net hare of hulle oë of hulle neusvleuels, alles behalwe die klavier. Die fone val om, hulle katte spring die foon om terwyl hul les het, die hond lê op die klavierstoel langs hulle.

Ek moes vir troeteldiere ook lesgee. Ek moes tydens lesse hallo sê vir al die honde, katte, papegaaie en al die sagtespeelgoed. Ek moes gereeld op die skerm kyk hoeveel tande gewissel is en wat die Tandemuis gebring het.

Ek moes kompeteer met werkende ouers wat aanlyn vergaderings van die huis af hou en baie hard praat, met die tuisonderrig van die ander kinders, met baba’s wat gevoer moes word en huil. Ek moes kompeteer met konferensie-oproepe en WhatsApp-boodskappe wat lesse gedurig onderbreek het asook met pa’s en seuns wat hul frustrasies op slaansakke ’n entjie van die klavier af uithaal terwyl ek moet lesgee en nie ’n noot kan hoor nie.

Grendeltyd is uitdagend, maar grendeltyd saam met kragonderbrekings is veel erger.Die krag het een oggend 3:00 afgegaan, en hoe gee ’n musiekonderwyseres aanlyn lesse met ’n rekenaar wat nie kan laai nie, sonder Wifi en met ’n pap selfoon?

Die antwoord: Jy verkort al die lesse sodat jy jou foon ná elke les vir 10 minute in een van die motors kan gaan laai terwyl jy die motor aansluit. Jy maak ook beurte tussen die twee motors, sodat hulle batterye nie óók afloop nie.

Daar verskyn ’n artikel op Maroela Media oor Susanna Smit, die Voortrekkervrou wat gesê het sy sal kaalvoet oor die Drakensberge trek. Ek het baie Susannas in hierdie tyd leer ken. Mense wat mekaar ondersteun, mense wat omgee. My buurvrou stuur gereeld vir ons gesin aandetes ná ’n lang dag se werk. Dis soos manna uit die hemel as ek die voordeur oopmaak en daar staan ’n mandjie vol warm kos op my voorstoep. ’n Vriendin gee vir my ’n groot bos blomme persent. Vriendskappe, kuiers en omgee het ’n ander betekenis gekry.

Tydens die laaste les op die laaste dag van my “grendelkwartaal” stuur my buurvrou vir my ’n boodskap: “Jy is Susanna vir baie. Ek bring vir jou osstertbredie.” ’n Seëning van Bo...

51

Doller as kopaf

Ina Cantoni

Die lockdown of inperking of tronkstraf, of noem dit wat jy wil, het met ‘n groot geluk begin. Vir agt jaar is ons gesin gewoond aan ‘n pa eenmaal in twee maande vir tien dae. Toe bel hy.

“Liefie, kry my vanaand by die lughawe, ek kom huis toe!”

Bokspring en juigkrete weergalm nog deur die huis, toe ry ons al lughawe toe.

“Oupa kom huis toe,” sing Zayden sonder ophou.

Daardie aand aan tafel ruk die aankondiging my een arm af.

“Ons moes almal uit die Kongo, moontlik vir drie weke.”

‘Karplaks’ kry die bloeiende skouer ‘n pleister, drie weke! Halleluja!

Twee dae later sê die onorabel minster: “Grendelstaat vir een maand”.

Die af arm se wond genees. Dan ruk die lewe my ander arm af: Die myn is gesluit. Geen inkomste nie. Eeech! Tot wanneer?

Nog ‘n maand later, die lewe gaan aan, maar hoe nou? Huispaaiement, karpaaiement, medies, kos? My been begin nou erg pyn, ek weet die mes sny nog dieper.

Die tweede maand kom en nog geen inkomste nie. Ek staar verslae na my been wat ver van my liggaam af bly lê.

Derde maand: “Ons het dit mos verwag, my vrou, die moontlikheid van werkloos wees is nou ’n werklikheid.”

Ek troos: “Toemaar, ons het nog ‘n kop én een been.”

Ek moes van beter weet, pa word siek. Binne 24 uur is hy sonder albei bene in die hospitaal, klaar geopereer, en in die waakeenheid. Ek bid en bid, want ek het nog ‘n kop.

Drie weke later is hy by die huis, nog geen hoop op inkomste of net werk nie.

Stadig maar seker verloor ons kop. Ons situasie lyk hopeloos.

Dan waai die kop as ons besef ons is nou statistiek.

“Wel, dit is nou dit,” sê ek met meer moed as wat ek voel. “Doller as kopaf kan dit nie gaan nie.”

“Wat dink jy, liefie?”52

In ons huis

Rina

In ons huis en op ons erf is ons vyf volwassenes en drie kinders. Die seuns se ouderdomme wissel tussen 8 en 15 jaar en hulle doen onmoontlike dinge wat probleme en wrywing tussen die volwassenes veroorsaak. Daarmee saam kom kwade gevoelens en dié toedrag van sake het al sedert Januarie 2020 groot hartseer veroorsaak.

Ek het gebid en die Here gesmeek vir ‘n oplossing. Vandag loof en prys ek Hom, want die algehele inperking het verandering meegebring. Ná baie bid en struweling is hier nou vrede.

“As die Heer ‘n venster toemaak, vlieg ‘n dubbeldeur oop. Nou wag ons vir die wonderwerk wat op pad is.”

“Jy is reg, my vrou, doller as kopaf kan dit mos nie, maar ons harte klop nog steeds op die regte plek.”

“Kry jou boeke, my man, laat ons skryf.”

53

Hoop. Here maak oop!

Ronel Davel

GRENDELSTAAT!!!

April 2020 se realiteit is seer. ’n Onsigbare virus loop, en waar sy voetspore wys is dood saam gelys. Ryk en arm, jonk en oud, leiers en verleiers word niemand. Gemaskerd leef die mens.

COVID-19 se syfers word gelees soos rugbytellings.

Suid-Afrika het 12 miljoen leerders in skole. Ek dink met my Wiskunde-brein. Hierdie bang oortref my vorige bang. Hierdie bang se reis is nog nie deur mense in boeke neergeskryf nie. My bang ken mense.

COVID-19 se sluiperbestaan is magtig. Tans is daar nog geen mediese oplossing nie. Geen medikasie nie. Gestroop is die mens. Leeg sonder kennis.

Geleerdes praat oor radiostasies om mismoedig se mis weg te kry.

Geen inkomste vir soveel mense.

Kinders wat gelukkig is kan aanlyn aangaan met skool. Drankwinkels word oopgeskeur. Daar is ’n verbod op drankverkope. Die mens se onttrekkingsimptome is driftig. Dié wat rook word soekend.

Drie Brilpikkewyne stap deur Simonstad.

In Langebaan kom die sardyntjies jubelend aan.

Die mens is ingehok, stil. Die natuur haal asem soos lank gelede.Nuwe hoop sal gebore moet word met God se genade sodat die mens nuut sal kan begin. Oorlewing skop in. Mamma is malkop en huisjuffrou en vrou en beroepsgefokus.Rekenaars in huise moet gedeel word tussen skoolwerk en geldwerk.Humor is oorlewing.

Nkosi Sikelel’ iAfrika. God bless Africa.Thina lusapho lwayo - God bless us, we her children.Morena boloka setjhaba sa heso - God protect our nation.… And united we shall stand.

Jou werk is nie klaar nie!

Wat is in die naam?“Febe” van die Bybel. ’n Enkelvrou.

54

Romeine 16:1: “Ek beveel ons suster Febe, wat dienaar is in die gemeente in Kenchreë, by julle aan.”“Fyn Kenner,” voeg jou naam en plek hier in. Liewe vriendin, dit het dalk tyd geword om te spog. Romeine 16:2: “Ontvang haar soos die mense wat in die Here glo, betaam, en staan haar by in enige saak waarin sy hulp nodig kry, want sy was vir baie, en ook vir my, tot steun.”Febe beteken “lig”.Wat beken jou naam?Febe het wel respek afgedwing in só ’n mate dat sy gelykwaardig ’n geestelike plek in God se gesin was.Sy word toe jy!Jy word toe weer selfstandig met betroubare avontuurlustigheid.Sy reis van Korinte na Rome.Jy, Fyn Kenner, het al die reis begin.Paulus vra haar om ’n brief in Rome af te lewer. Wat moet jy nou in die grendeltyd aflewer?Per skip en per voet volg Febe haar alleenloperreis.Per vrou en per versorger is jou reis nou. Uitputtend. Vir Febe gee God ’n oog en ’n hart wat nood raaksien.My liewe vriendin, jy is mos ’n Fyn Kenner. Net vir vandag sal God jou nuut beplan en gebruik.Ontvang dit vandag. Ontdek vandag weer jou bereidwilligheid. Sit vandag lipstiffie van gewilligheid aan. Trek jou avontuurlustigheid vars aan. Herbenoem jouself: “Waag!” Verkondig die nuwe naam.Ag, jou oulik, daai avontuurpakkie maak jou naam nou: “Wag!”Moenie wag nie, waag!!!Die nuut word ontvries.

N.S. Ek skrywe hierdie stukkie terwyl die wêreld buite stukkend is. Ek bly in Pretoria. Dis stil soos nag!

55

Die Koronavirus-storie

Ronell Ruthven

Dis 3 dae voor “lockdown”. My werkgewer se woorde hang nog lou-warm in die lug: “Laat weet almal hulle kan maar huis toe gaan tot verdere kennisgewing”. Ek sukkel om die glimlag van my bakkies af te hou, want “plaas toe” is ál waaraan ek dink. Ooptes, asem, laat slaap, my boer! Dis tussen 2 en 3 ure se ry, afhangend van die getal swak bestuurders op die pad. Maar ek sleep plaas toe, my ponjoppie se wiele raak net hier en daar grond.

Die laaste kilometer grondpad sit ek die radio af, vensters almal wawyd oop, sodat my hare, al koekend, soos in die stories, kan waai in die wind. Ek’s hier! My plek van zen, hier waar ek die korporatiewe wêreld met sy strewe na geld en plastiek verhoudings agter my kan sit. Hier is alles gebou om die hartklop van my boer, alles eg en rou. Die laaste 100m motorhuis toe sien ek dit: die Trollie Trol, aanstaande skoonma met haar loopraam, al skommelend tussen die lastige grassies, nou spoedig op pad agterdeur toe. Geen “Welkom by die huis”-banier vir mý nie. Goeiste. Wat ’n doring in die vlees is sy nie…

Week 1 gaan goed, baie goed. Tot ons daardie fraai Maandagoggend haak by die opwasbak. “Ek sien jy gebruik daai vadoek om die skottelgoed af te droog,” kraak ’n stem hier langs my oor. Ek skrik myself byna in ’n nuwe bloedgroep in. “Wat de…!,” is ál wat deur my brein sypel. “Ja, daai vadoek. Ek gebruik hom nét vir glase,” kraak dit weer. My verstand het my liggaam verlaat en ek soek na woorde om by my oombliklike gemoedsverandering aan te sluit, maar als gebeur in stadige aksie. Dis net na 8-uur, die gebruiklike ontwaking en storm-op-die-ketel-af oomblik het ek glad nie hoor aankom nie.

“Maar dis die vadoek wat ek nog die hele tyd gebruik vir die nat skottelgoed. Dis waarom ek R60 betaal het vir die hakie, geplak reglangs die wasbakke, dis tog logies die een wat gebruik moet word, of...” Trollie Trol laat my nie toe om my verduideliking te voltooi nie. “Man, loop stoof toe, daar hang mos baie!” En daar verloor ek dit. Al my mooi Sandton-maniere wat ek in menigte vergaderings met hooggeplaastes en hoi polloi tot die laaste “fake smile” bemeester het. Uit by die gat in die venster. Die stadige aksie van vroeër kom nou skielik in rat en ek draai soos ’n wafferse gladiator, vadoek in die hand, na die Trollie. Hoe kom sy so vinnig tot by die deur?, flits dit deur my bedremmelde brein. “Maar ons hét mos al hierdie gesprek gehad,” squeak ek dit uit. “Waar is die ten duurste gekoopte rooi lappie spesiaal vir glase?”

“Man, ek gebruik nie jou lappe nie,” is die laaste woorde wat saam met die agterwiele van die Trollie die gang af vlug.

Dit gaan ’n baie, baie lang lockdown wees dié! ;o

56

Die inperkingstorie van Schalk’s Driving Academy

Schalk Coetzer

Aan die begin van die inperkingstyd het die toekoms maar bra vaag, onseker en donker voorgekom vir ons almal wat werk, of dit indiensneming was of selfindiensneming, álmal was bekommerd oor die toekoms.Maar toe kom daar ook ’n einde aan die vlak vyf-inperkings en baie mense keer weer terug werk toe, ook ék kon weer begin werk na ongeveer agt weke, en daar was baie voorbereidingswerk nodig voor ek weer kon begin werk... Die terugkeer werk toe was nie heeltemal so eenvoudig en maklik as om net weer te begin werk soos ná ’n vakansie nie, nee. Een van die dinge wat ek moes doen om weer met my bestuurskool se werksaamhede te kon begin was kar was, om van agt weke se stof ontslae te raak. Maar dit was nie ál nie. Ek moes die motor met ’n ontsmettingsmiddel met ’n alkoholbasis van minstens 70% ontsmet. Ontsmetting moet veral deeglik op die binne-panele geskied, maar aangesien ’n saniteerder met so ’n hoë alkoholinhoud die plastiekpanele beskadig moes ek klein oppervlakke op ’n slag skoonmaak. Direk daarna wend ek binneruimskoonmaakmiddel aan, dié soort wat lekker ruik en die plastiekpanele behandel en beskerm. Hierdie roetine en skoonmaak het deel van my daaglikse aktiwiteite geword. Dit pla my ook nie dat ek die binneruim ná elke kliënt moet skoonmaak en stofsuig nie, want dit is juis te danke aan God se genade dat ek weer kan werk en ’n inkomste kan verdien in die besonder moeilike tyd waarin ons onsself bevind. Ek moet met die bestuurslesse ’n gesigmasker dra, wat soms, veral op warmer dae, ongemaklik kan wees.Maar met alles in ag genome is dit beslis baie meer as die moeite werd, want nie net genereer ek op hierdie manier ’n inkomste nie, ek leef my passie en God se droom vir my uit. Ja, ek is passievol oor mense, so, ondanks die meegaande drama sal ek dit oor en oor en weer en weer doen. Ek kan nie anders as om ál die eer, lof en aanbidding, roem en dank te bring aan God, die Almagtige, alomteenwoordige, allerhoogste Koning van alle konings, Heer van alle here, God van alle gode, heerser van alle heersers nie. Amen!

57

Grendeltyd. Wondertyd. Mý tyd.

Susan Butler

Hoe sal ek die grendeltyd onthou? Aan die begin het ek gedink dis nie so erg nie. Dit sal gou oorwaai.

“Media probeer net paniek saai,” is wat ek gedink het, totdat ons president aangekondig het dat skole vanaf die 18de sluit. Ewe skielik het ek gevrees vir my kind se gesondheid en was ek bang om dood te gaan. Wat word van my seun as ek doodgaan? Ek het 16 jaar vir hom gewag. Enkelouerskap is moeilik.

Elke keer wanneer jy op WhatsApp of Facebook gaan of die radio aanskakel hoor jy van nóg mense wat siek is of erger, dood is.

Jy begin wonder of dit die einde van die wêreld is en of die virus in ’n laboratorium geskep is.

Ek werk by ’n skoolkoshuis. Ek is bang om my eie kind skool toe te stuur ná die inperking. Ek wonder of al my koshuiskinders nog gesond is. “Here, asseblief, ek hoop nie ons het een verloor nie.” Ek dink aan daai enetjie wat altyd so stout is. Het ek nie te veel geraas nie? O, hoe mis ek hulle gesiggies! Die koshuis is stil. Ek mis tót die deure wat toegeklap word.

Ek mis ook my kollegas. Ons het familie geword. Abel, wat hier naby my woon, sien ek darem so nou en dan en ek’t al sy “hallo, tannie” aanvaar, al is hierdie “tannie” jonger as hy. Die mense by die vulstasie se kafee word vinnig jou beste vriende.

Daar is egter soveel goeie dinge ook. Ek en my seuntjie lag so baie saam. Daar is tyd vir mekaar. Ons gaan slaap soms eers in die vroeë oggendure. Ons deurnag gereeld.

Ek dink ook ons almal het beter kokke geword, en ek is dankbaar as daar koekmeel op die rakke is, nadat jy vir ’n week nie kon kry nie. Ek dank die Here vir die dinge wat ek saam met my seuntjie kan doen. Ek sien die verandering in hom. Ma is nie net meer haastig op pad werk toe nie. “Dankie, Here, dat ons weer kan besef wat belangrik is in die lewe.”

Op pad winkels toe groet almal mekaar, honger vir geselskap, maar ook bang om aan te steek.

Oral reik mense hande uit na ander wat sukkel. Jy lees van mense wat niks kos het nie. Groot mans pleit vir iets te ete vir hulle gesinne. Ek sien egter ook kospakkies wat bestem is vir net sekere mense. “Here, gaan die rasseverskille by party mense nooit einde kry nie?”

58

PRODUKTIWI-TYD

Susan Greeff

Jy bid vir almal, nie net hier nie, maar vir almal regoor die wêreld. Jy bid vir dié wat geliefdes verloor het. Jy juig saam met dié wat gesond is. Dan kry die wonder weer rusplek in my gemoed. Ek wonder of ek een van dié gaan wees wat nie die einde sien nie. Gaan die skole weer oopmaak die jaar? Gaan ons kinders veilig wees? Kan ’n kind veilig wees in ’n klas met meer as 40 leerlinge? Gaan ek nog ’n inkomste hê?

Dan onthou ek weer: Vertrou op Hom.

Iets wat my altyd sal bybly: Ek word vanjaar 50 jaar oud. My Seuna is 14. Hy kyk my aan en vra: “Ma, word jy grys?” Daar gaan ál my aspirasies om te dink ek gaan my hare laat grys uitgroei.

Lockdown, ons gaan jou wen soos ons in alle swaar tye as oorwinnaars uit die stryd tree.

Waar begin ek ons inperkingstorie vertel? In kort, ek en my manlief het beste pêlle geword.

Ons het die pekanneute van 130 bome begin oes. Dit was bitterkoud, maar met ‘n lekker houtvuur en ‘n warm drommetjie koffie het ons dit elke dag tussen 6:30 en 18:00 gedoen. En toe verras ons twee sôe ons met baba’s! Die een het nege baba’s en die ander een het ses. Die laaste een het ons genoodsaak om twee van haar baba’s met tietiebottels te help groot maak. Dit was elke uur drinktyd. Ons het vir almal name gegee: C1, C2, C3 tot C15.

Ons het ook in die oop stroke tussen die pekanneutbome 10 000 kool-, 10 000 spinasie- en 4 000 uieplantjies geplant. Ons 2 600 eiervrugsaadjies is besig om te ontkiem. So, daar was maar min ure in ons dae, maar ek verruil dit vir niks.

Ek en manlief is soos seewater en sy sout, ons kan nie sonder mekaar nie.

59

Baie dankie aan elke skrywer wat hulle storie met ons gedeel het. Saamgestel deur: Estel Terblanché vir Pretoria FMRedigering: Esmarie YsselOntwerp: Bronwyn Kruger

60