6
VANOGGEND SE DIENS (DR WILHELM BURGER) GAL 4 V 3 - 7 GELOOFSEKERHEID - N WOORD WAT KOUE RILLINGS GEE Het iemand al vir jou die vraag gevra: Het jy geloofsekerheid? Dit is 'n moeilike vraag om te beantwoord. Dit kan jou koue rillings gee! Seker van wat? Van my geloof? Van my oorwinning oor sonde? Die vrae hou nie op nie. Uitein- delik moet ons vra: wanneer is genoeg genoeg sodat ek kan wéét ek is nou geestelik reg? Sê nou ek val terug of maak 'n fout? Hierdie soort vrae lei tot eindelose onsekerheid en skuldgevoelens. Ons reeks oor die Toekomsvenster begin met 'n ander benadering. As jy dit snap, word die christelike lewe 'n lied. Die hartseer is dat baie kerkmense die evangelie nooit snap nie. Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles SONDAGMIDDAE SAAMKUIER @ 15:30 BY DIE DIENSSENTRUM ONS NOOI ALLE 50 PLUSSERS Nie seker wat om met jou Son- dagmiddag te doen nie? Lus vir gesels en lag en kuier? Kom ge- niet die geselskap en ‘n heerlike koppie tee/koffie. Mans en vroue, enkel of getroud - u is almal baie welkom! Navrae: Hannie Koch 028 316 1595 / 081 271 2290 DEURKOLLEKTE VANDAG Sin Koll: Hugenote Kollege Baie dankie vir u ondersteuning. Wees Lig! HARTLIK WELKOM Komende Woensdag begin ons met ‘n (Lydens-)reis van 46 dae. Woensdag is Aswoensdag. Ons reis begin by die kruis in die Noord-parkeerterrein. Dit sal nie ‘n maklike reis wees nie. Dit sal 46 dae duur en eindig op Paasnaweek, die 5de April. Dit sal ook nie so moeilik wees soos Jesus se reis van 40 dae toe hy Homself in die woestyn afgesonder het om deur die duiwel versoek te word nie. Dit was vir Jesus ‘n periode van afsondering, ‘n blootstelling aan die elemente, honger, dors en die versoekinge van Satan. Ons reis sal ook prysgawes en opofferings vra. Ons sal ook deur ons eie woestyn moet reis. Maar enige woestyn is ‘n plek van tekorte en ontberinge. Ons sal moontlik luukshede moet prysgee soos tee, koffie, vleis, lekkernye, TV-programme en ander. Ons sal ander dinge moet opneem soos soggens vroeër opstaan, meer intensiewe stiltetyd (‘n leesprogram) en moontlik doelbewuste uitreike na ander. Jy sal moontlik selfs versoenende vredesbriewe moet skryf. Nee, ons gaan ook nie die woestyn met klein emmertjies water probeer natlei en transformeer nie. Ons gaan die Bron van Lewend Water ontdek (Joh. 7v37-38) hierdie Bron sal ons woestyne omskep in ‘n tuin. En oor 46 dae is ons daar. U is welkom om saam te reis. Nie maklik nie, maar jou woestyn sal in ‘n tuin omskep word. Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 15 Februarie 2015 TEKS VIR DIE WEEK VIR SONDAG 22 FEB (DR WILHELM BURGER) Ons lees hierdie week Toekomsvenster week 3 (p.55-76) Teks vir kleingroepe en prediking: Joh.13:3-5 Wat is vir 'n kop-wasser nodig om 'n voete-wasser te word? Kyk gerus na die videoclip by https:www.youtube.com/ watch?v=7YPwfDBT-QQ Daar is nog boekies beskikbaar by die kerkkan- toor @ R40 elk. Welkom!

15 Februarie 2015 Hartklop - NGK ONRUSRIVIER€¦ · Maar enige woestyn is ‘n plek van tekorte en ontberinge. Ons sal moontlik luukshede moet prysgee soos tee, koffie, vleis, lekkernye,

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 15 Februarie 2015 Hartklop - NGK ONRUSRIVIER€¦ · Maar enige woestyn is ‘n plek van tekorte en ontberinge. Ons sal moontlik luukshede moet prysgee soos tee, koffie, vleis, lekkernye,

VANOGGEND SE DIENS (DR WILHELM BURGER) GAL 4 V 3 - 7

GELOOFSEKERHEID - ‘N WOORD WAT KOUE RILLINGS GEE

Het iemand al vir jou die vraag gevra: Het jy geloofsekerheid?

Dit is 'n moeilike vraag om te beantwoord. Dit kan jou koue rillings gee! Seker van

wat? Van my geloof? Van my oorwinning oor sonde? Die vrae hou nie op nie. Uitein-

delik moet ons vra: wanneer is genoeg genoeg sodat ek kan wéét ek is nou

geestelik reg? Sê nou ek val terug of maak 'n

fout? Hierdie soort vrae lei tot eindelose

onsekerheid en skuldgevoelens.

Ons reeks oor die Toekomsvenster begin met 'n

ander benadering. As jy dit snap, word die

christelike lewe 'n lied. Die hartseer is dat baie

kerkmense die evangelie nooit snap nie.

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

SONDAGMIDDAE

SAAMKUIER @ 15:30

BY DIE DIENSSENTRUM

ONS NOOI ALLE

50 PLUSSERS Nie seker wat om met jou Son-

dagmiddag te doen nie? Lus vir

gesels en lag en kuier? Kom ge-

niet die geselskap en ‘n heerlike

koppie tee/koffie. Mans en

vroue, enkel of getroud - u is

almal baie welkom!

Navrae: Hannie Koch

028 316 1595 / 081 271 2290

DEURKOLLEKTE VANDAG Sin Koll: Hugenote Kollege

Baie dankie vir u ondersteuning.

Wees Lig!

HARTLIK WELKOM

Komende Woensdag begin ons met ‘n (Lydens-)reis van 46

dae. Woensdag is Aswoensdag. Ons reis begin by die

kruis in die Noord-parkeerterrein.

Dit sal nie ‘n maklike reis wees nie.

Dit sal 46 dae duur en eindig op Paasnaweek, die

5de April. Dit sal ook nie so moeilik wees soos Jesus

se reis van 40 dae toe hy Homself in die woestyn

afgesonder het om deur die duiwel versoek te word

nie. Dit was vir Jesus ‘n periode van afsondering, ‘n blootstelling aan die

elemente, honger, dors en die versoekinge van Satan.

Ons reis sal ook prysgawes en opofferings vra.

Ons sal ook deur ons eie woestyn moet reis. Maar enige woestyn is ‘n plek

van tekorte en ontberinge. Ons sal moontlik luukshede moet prysgee soos

tee, koffie, vleis, lekkernye, TV-programme en ander. Ons sal ander dinge

moet opneem soos soggens vroeër opstaan, meer intensiewe stiltetyd (‘n

leesprogram) en moontlik doelbewuste uitreike na ander. Jy sal moontlik

selfs versoenende vredesbriewe moet skryf.

Nee, ons gaan ook nie die woestyn met klein emmertjies water probeer natlei en

transformeer nie. Ons gaan die Bron van Lewend Water ontdek (Joh. 7v37-38) –

hierdie Bron sal ons woestyne omskep in ‘n tuin. En oor 46 dae is ons daar.

U is welkom om saam te reis. Nie maklik nie, maar jou woestyn sal in ‘n tuin

omskep word.

Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier

15 Februarie 2015

TEKS VIR DIE WEEK

VIR SONDAG 22 FEB

(DR WILHELM BURGER)

Ons lees hierdie week

Toekomsvenster week 3

(p.55-76)

Teks vir kleingroepe en

prediking: Joh.13:3-5

Wat is vir 'n kop-wasser

nodig om 'n voete-wasser

te word?

Kyk gerus na die videoclip by

https:www.youtube.com/

watch?v=7YPwfDBT-QQ

Daar is nog boekies

beskikbaar by die kerkkan-

toor @ R40 elk. Welkom!

Page 2: 15 Februarie 2015 Hartklop - NGK ONRUSRIVIER€¦ · Maar enige woestyn is ‘n plek van tekorte en ontberinge. Ons sal moontlik luukshede moet prysgee soos tee, koffie, vleis, lekkernye,

ONS BID VIR ... Francois Snyders

Rina Graham

Bukkie & Ria Etsebeth

Jimmy Boltman

Johanna van Oord

Hans van Eeden

Sara Brand

Ruper Mizon

Annatjie Steenkamp

Peet van den Berg

Hanna Fourie

Rita Relling

Ruth Loubsher

Neels van Niekerk

Bollie Wiese

MEEGEVOEL met Ria Esterhuyse

en familie met die heengaan van

Derrick.

SPESIALE GEBED: Ons bid vir

die voorbereiding vir die

vastydperk. Vader, wil U ons

daarin lei, nader nog nader aan U.

VERSOEKE Annette 072 903 9189

NOODKETTING Sheila 084 800 0947

MA. 16 FEBRUARIE DI. 17 FEBRUARIE WO. 18 FEBRUARIE

ONS IS BY WEEK 3 IN DIE

TOEKOMSVENSTER BOEKIE

DIENSSENTRUM: Indien u belangstel om u

hare te laat sny (mans en vrouens), droog-

blaas, krullers indraai (set) ensovoorts kon-

tak vir Ester du Toit by 028 316 2229 of

083 407 7973 en maak ‘n afspraak. Ester

sal fooie verskaf.

SOPKOMBUIS

09:45 Golden Harvest diens in sitkamer.

10:00 DIENSSENTRUM: Kom wees saam

kreatief met alle soorte kunswerke. Kontak

Joan (028 316 2127/082 710 2787) indien jy nie

oor vervoer beskik nie. Ons sal jou kom oplaai.

DIENSSENTRUM: Naaldwerk (klere her-

stele / versteldiens beskikbaar). Bring gerus.

10:00-12:00 DIENSSENTRUM: KLINIEK Kontak vir sr. Calitz by 072 152 5623 en maak ‘n

afspraak. Welkom!

ASWOENSDAG

(40 DAE VASTYDPERK BEGIN)

DIENSSENTRUM:

08:00 Voete– & hande versorging. Maak

afspraak by Marilyn (082 532 6931).

10:00 TRIMGIM in die sysaal. 11:00 - 13:00 KLEREKAS

18:00 BYBELSKOOL: Hermanus Moederge-

meente: dr Johan van Schalkwyk is besig

met ‘Die 10 Gebooie’. Almal is welkom.

18:30 ASWOENSDAG diens by kruis op

parkeerarea bokant kerk.

DO. 19 FEBRUARIE VR. 20 FEBRUARIE SA. 21 FEBRUARIE

09:00 BYBELSKOOL: NG Onrus: dr Johan

van Schalkwyk (reeks oor ‘Die 10 Gebooie’.)

Almal is welkom. Geen kostes nie.

10:15 DIENSSENTRUM:

Prof. Watermeyer se gesondheidspraatjie

oor “ek en my sirkulasie”. Kom luister na ‘n

kenner op hierdie gebied en bring al u vrae

met u saam. Direk na prof. Watermeyer se

praatjie sal die kliniek oop wees en kan u

met sr. Ronel Calitz gesels oor die neem van

u bloeddruk en suiker!

16:00 GESAMENTLIKE GEBED by die VGK

Mount Pleasant. U is almal baie welkom.

09:30 - 11:30 Die KOLWYNTJIE TEETUIN

Heerlike lemon meringue, appelkoos-

yskasterte asook soutterte vir net R30 nie-

lede en R20 vir lede (koffie en koek!)

ALMAL WELKOM!

08:00 Ons BID saam vir die gemeente

(Gebedskamer)

WAT GEBEUR ALLES SONDAG 22 FEBRUARIE?

TWEEDE LYDENSWEEK

09:00 EREDIENS: Dr Wilhelm Burger

gaan voor. U is baie welkom!

18:30 MEDITATIEWE DIENS in die ge-

meentesentrum. Ons word stil rondom

die Woord en rondom nagmaalstekens.

(Dr Wilhelm Burger gaan voor)

WYKE DIENSBEURTE Gebed (Gebedskamer) (Wyk 16)

Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 4)

Here, baie dankie dat U ons lig is en ons

redder. Vir wie moet ons bang wees?

Want U, Here, is ons toevlug. Selfs al

gaan ons deur donker dieptes, sal ons nie

bang wees nie, want U is altyd by ons. In u

hande is ons veilig.

KLEUTERKERK 3 - 6 jr tydens Erediens (Ark)

BYBELGROEPE Gr 1 - 5 tydens die Erediens

TEENTRIX Gr 6 - 11 direk na die Erediens

U, Here, het in die begin die aarde gevestig, en ook die hemel is die werk van u hande. Dié dinge sal vergaan, maar U bly bestaan. Dankie Vader, dat U altyd dieselfde bly en U jare het geen einde nie.

Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Dankie Here, nog voordat U ons in Christus uitverkies het, in U liefde, het U ons bestem om

deur Jesus Christus U kinders te wees.

Jesus, baie dankie, dat ons as gelowiges begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van U strek. Mag ons U liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan. Mag ons heeltemal vervul word

met die volheid van God.

Die Gees wat aan ons gegee is, maak ons nie tot slawe nie en laat ons nie weer in vrees lewe nie; nee, ons het die Gees ontvang wat ons tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Ons Vader. Dankie dat U Gees

getuig, saam met ons gees, dat ons kinders van U is.

LOF AAN GOD Vader, vandag wil ons U eer vir

tydsberekening. Soms is daar

so ‘n droogte in ons lewens, in

ons harte en wonder ons of

daar ooit “reën” sal kom. Dankie Here dat

ons verseker kan weet U tyd is perfek.

Wanneer die reën uitsak op ‘n droë aarde,

bevestig dit hierdie belofte van U.

Vandag gee ons U al die LOF en EER vir

perfekte tyd!

Page 3: 15 Februarie 2015 Hartklop - NGK ONRUSRIVIER€¦ · Maar enige woestyn is ‘n plek van tekorte en ontberinge. Ons sal moontlik luukshede moet prysgee soos tee, koffie, vleis, lekkernye,

DIE KOLWYNTJIE TEETUIN

IS WEER OOP OP VRYDAE

09:30 - 11:30

Verlede Vrydag was daar omtrent gekuier en gesmul aan die heerlike eetgoed. Joep en Marie Korf het vir Hans Herbst genooi (foto regs) om saam met hulle 'n koppie tee te kom geniet net om dankie te sê vir die twee skerms wat nou op die stoep aangebring is. Die Suidoostewind kan nou maar waai, daar sal nou altyd genoeg plek wees vir al die besoekers. Baie dankie, Hans!

Dankie ook vir al die baksters en dames wat almal so vriendelik bedien. Welkom!

Groot pret

vir die

kinders met

‘n slippy slide

en spring-

kasteel!

Op Sondag 8 Feb het

die kategese kinders

en ouers ‘n heerlik

Ken-mekaar

saamkuier, braai en

speel gehou. Baie

dankie aan Muriel

Oettler (foto regs)

en haar span vir so ‘n

dag vol pret. Almal

wil net weet wanneer

doen ons weer so!

Baie dankie dat ons

mekaar beter kon

leer ken.

Page 4: 15 Februarie 2015 Hartklop - NGK ONRUSRIVIER€¦ · Maar enige woestyn is ‘n plek van tekorte en ontberinge. Ons sal moontlik luukshede moet prysgee soos tee, koffie, vleis, lekkernye,

NUWE KLEINGROEPE

Ons wil graag alle persone wat by ‘n kleingroep wil inskakel aanmoedig

om hul name by die kerkkantoor te gaan opskryf. Ons is in die proses

om weer nuwe groepe te begin en hoop om alle ouderdomme, verskil-

lende tye asook verskillende areas te akkommodeer. Daar word ook

‘n groep beplan vir vroue wie se mans oorsee werk. ** Die lys sal

Sondae in die maalruimte asook deur die week beskikbaar wees

by die kerkkantoor. Die nuwe kleingroepe word dan ook aangemoedig

om in te skakel by die nuwe Toekomsvenster reeks. Onthou om

jou boekie te koop by die kerkkantoor hierdie Sondag

(R40 per boekie).

Vir enige navrae, kontak asb vir

Iris Lückhoff by 072 524 3790

Freda Wakeford by 084 257 7457

KIES LEWE KAMP 27 FEBRUARIE - 1 MAART 2015

(Vrydagaand tot Sondagoggend)

By Wortelgat (Stanford)

VIR MANS EN VROUE

Het u nodig om bietjie stil te word, batterye te her-

laai en nuwe bande te smee met mede-gelowiges?

Ons nooi u vir ‘n hart-tot-hart tyd saam met God!

Koste: R400pp (akkommodasie en kos ingesluit)

Bepreek by Anneline Hugo

(072 244 0233) of

[email protected]

GUN JOUSELF DIE TYD!

KOEKSISTER BESTELLINGS

Die Kleinkoekie-span bak op VRYDAG, 20 FEBRUARIE 2015

koeksisters in die maalruimte wat vanaf 10:00 afgehaal kan

word (R25 vir 12 KOEKSISTERS.) Die inkomste word

aangewend vir die bestanddele vir 2015 Basaar). Plaas asb u

bestellings nie later nie as Maandag 16 Feb.

SKAKEL OF STUUR SMS NA:

JOEY NIEMANN SEL 082 352 7471 OF

RIA NIEMANN SEL 082 971 8257 (HUIS TEL 028 316 3077)

ASWOENSDAG 18 FEBRUARIE @ 18:30

Verlede jaar het ons die eerste

diens op Aswoensdag in Onrusge-

meente gehou. Dit was ‘n baie

spesiale geleentheid waartydens

die Gees van God ons diep

aangeraak het. Ons het om die

kruis op die boonste parkeerarea

bymekaargekom en stil geword

oor die betekenis van hierdie

dag.

Aswoensdag lei die 40 dae vastyd voor Goeie Vrydag in.

Dit stel ons in op die Lydenstyd van Jesus waarop ons, ons

elke jaar as gemeente instel. Dit is die grootste en diep-

ste tyd in ‘n kind van God se lewe .

Daarom gaan ons op hierdie dag weer simbolies ‘n

kruisteken van palmtak as gemeng met olyfolie op ons

voorkoppe kry. Dit herhinner ons daaraan dat ons maar

soos stof is, dat ons met berou oor sonde na God toe kan

gaan en dat ons Sy kinders is wat met Verlossing en Hoop

lewe.

U word dan hartlik uitgenooi om op Aswoensdag 18 Febru-

arie om 18h30 met u opvoustoel by die kruis bymekaar te

kom, om die Here se teenwoordigheid daar saam te beleef.

U kan nou reeds die Here vra om u te lei hoe u die vastyd

van veertig dae sal deurbring. Bid oor wat ons in die tyd

kan prysgee om ons te herhinner aan wat Jesus vir ons ge-

doen het. Dalk is daar iets of iemand wat die Gees van God

op u hart lê vir wie u spesiaal diensbaar kan wees in hierdie

tyd .

HERMANUS PRAYER NETWORK

Hierdie netwerk bestaan uit ‘n groep bidders

(interkerklik) wat by verskeie skole en tehuise gaan

bid. Indien u belangstel om in te skakel en te gaan

bid vir ons kinders, onderwysers, ons bejaardes

asook ons gemeenskap, kontak asb vir Gwen Nepgen

by 072 140 6585. Kom ons verenig in gebed!

BAIE DANKIE Oosie en Erika Oosthuysen wil net baie dankie sê vir al die

boodskappe, kaartjies, eposse, persoonlike kontakte en

telefoonoproepe met die dood van ons moeder. U sal nooit

besef hoeveel dit vir ons beteken het nie. Dit word opreg

waardeer.

27 - 29 Maart

Ons nooi alle pa’s en seuns na ’n wonderlike

kamp.

Plek : Strandkloof Karavaanpark naby Uilkraalsmond.

Prys : R300 Vir Pa en Seun - sluit kos in

Saambring : Eie tent en slaapgoed

Kontak asb Danielle vir bespreking :

028 312 2764 / [email protected]

Indien u wil gaan kyk hoe lyk die slaapplek, gaan na

http://www.strandskloofpark.co.za/index.html

Page 5: 15 Februarie 2015 Hartklop - NGK ONRUSRIVIER€¦ · Maar enige woestyn is ‘n plek van tekorte en ontberinge. Ons sal moontlik luukshede moet prysgee soos tee, koffie, vleis, lekkernye,

Lees eers Jes. 58:6-7, Joel 2:12-14 & Matt. 6:16-18 en dink na oor die doel van u vas!

DIE AFLÊ: Ons kan self kies wat ons gaan prysgee om ons te herinner aan Jesus se prysgawe. Byvoorbeeld: Vleis, tee, koffie, lekkers/sjokolade, suiker, wyn, sekere TV-programme of enigiets wat vir jou genot verskaf.

DIE OPNEEM: Ons kan (moet) ook iets opneem om ons te herinner aan die bediening wat Jesus opgeneem het. Byvoorbeeld: 1. Doen die moeite om jouself te vergewis van Lydenstyd: die oorsprong, die rede, die boodskap en ook hoekom 46 dae. (merk die 46

dae af op jou kalender). Neem tyd en doen moeite om die Lydenseisoen aan kinders te verduidelik – wat kan julle saam met die

kinders doen? Staan weeksoggende vroeër op vir meer tyd vir ‘n nóg kragtiger gebedstyd (Iemand het gesê: ‘As ons bid – hoor God in

mono. As ons bid én vas – hoor God in stereo).

2. Vou jou hande in gebed (jou lyftaal is soos twee hande. Jy en God één tydens jou gebed).

3. Steek ‘n kers aan (as die vlammetjie dans, wéét - dit is die teenwoordigheid van die Heilige Gees nou in jou lewe).

4. Staar lank na iets in die natuur en bewonder dit (soek God se vingerafdrukke. Hy het dit gemaak. Bewonder Sy skeppingswerk). 5. Lees die voorgeskrewe Skrifgedeeltes uit die Johannes Evangelie – en stel jouself in om Jesus beter te leer ken. Bid ‘n week lank ‘n Lydenspsalm soos bv. 1e week: Psalm 46, 2e week: Psalm 51, 3e week: Psalm 73, 4e week: Psalm 80, 5e week: Psalm 85, 6e week: Psalm 90, 7e week: Psalm 111. Of: Bid ‘n lied uit die Liedboek (bv. kies van #377 to 424) 8. Herhaal ‘n kort gebed soos jy werk, stap of ry: ‘Jesus Christus, Seun van God, wees my sondaar genadig’.

9. Bid daagliks die Ons Vader Gebed – soos jy stap, ry of werk. Doen ernstig intersessie (bv. jou wykslys/sendelinge/Hartklop/die dag

se koerantberigte/Vat5-Vriende). Bid saam met iemand (‘n gebedsvennoot vir die 7 weke).

10. Maak ‘n kruis van ‘n palmtak se blare. Gee dit vir iemand (buurman) en verduidelik die boodskap. Nooi kinders en help hulle om

hul eie palmkruisie te maak (raadpleeg prof Google as jy nie weet hoe nie).

11. Gee aan iemand wat nie het nie (betoon groter mededeelsaamheid en barmhartigheid).

12. Besoek meer gereeld ‘n eensame of siek persoon. Skryf ‘n dank- en/of bemoedigingsbrief aan mense na aan jou.

Spreek waardering uit. Gaan kuier by jou bure, of nooi hulle oor. Tel Rommel op in jou straat.

1. Eet jou brood sonder konfyt en/of moenie in die week lekker koeldrank drink nie. Jy offer iets lekker op soos Jesus opgeoffer het.

2. Maak soggens jou bed op (sonder om gevra te word). Maak jou kamer netjies oor naweke (sonder om gevra te word).

3. Neem ‘n beurt om skottelgoed te was (sonder om gevra te word). Versorg die troeteldiere (sonder om gevra te word).

4. Neem ‘n Paasbolletjie (of broodjie) saam skool toe vir ‘n maatjie wat nie het nie. Vertel van die kruis op die paasbolletjie.

5. Gee van jou ou speelgoed vir ander wat nog daarmee sal kan speel. Bel vir ouma & oupa en hoor hoe dit met hulle gaan.

6. Pluk iewers ‘n blommetjie en gee dit vir ma met ‘n stywe drukkie.

7. Maak ‘n Getsémané Tuin: Berei grond voor in ‘n blombak/pot/tuin. Maak en plant ‘n kruis waar Jesus gesterf het. Maak langsaan ‘n

gaatjie as simbool van die leë graf. Neem ‘n saad (bv. boontjie) as beeld van Jesus wat soos die koringkorrel eers moes sterf en dan sou

opstaan (Joh. 12v24 & 1 Kor 15v35-38). Plant die saadjie, gee water en verwonder jou oor wat gebeur. Plak ‘n plakker met JOH. 12v24

daarop. Laat jou maats kom kyk en vertel hulle van jou Getsémané Tuin.

8. Maak ‘n groot kruis en plant dit in die tuin/kamer. Maak ‘n doringkroon en hang dit aan die kruis. Kap spykers halfpad in. Nooi jou

maat om te kom kyk en vertel hulle van Jesus se swaarkry, dood en begrafnis.

9. As jy ‘n groot karton of papier het, maak ‘n mooi kunstige plakkaat. Jy kan byvoorbeeld ‘n lam teken wat na die slagpale gelei word.

Plak dit op waar almal dit kan sien.

10. Maak ‘n 46 Dae Kalender. Dit moet lyk soos ‘n Slangetjies&Leertjies bord, maar elk van die 46 blokkies is ‘n dag.

Merk Aswoensdag, Sondae, Goeie Vrydag, Paassondag. En vanaand skryf jy met een of twee woorde wat jy goed

gedoen het of opgeoffer het.

14. ‘n Wandeling in die natuur: Gaan stap en tel dinge op wat jou herinner aan Jesus, byvoorbeeld ‘n klip (klip voor Jesus se graf), ‘n

veldblom (Jesus sorg vir ons soos vir die lelies van die veld), ‘n lat (die sweep waarmee Jesus verkeerde mense uit die tempel uitgejaag

het), blaar van ‘n vyeboom (die vyeboom sonder vrug wat deur Jesus vervloek is), ensomeer.

15. Was ma se voete: As sy vanaand ontspan, neem ‘n skottel en handdoek en was haar moeë voete soos Jesus Sy dissipels se voete

gewas het (Joh. 13).

16. Maak vir jouself ‘n Woordlose Bybel met 5 bladsye: Geel, Donker, Rooi, Skoon en Groen. Wys dit aan jou maatjies.

17. Begrawe vir ma, pa of ‘n maatjie: Draai hom/haar toe in toiletpapier (grafklere)en sit hom in die badkamer (die grafkelder). Dan sal

jy vertel van Lasarus wat uit die dood opgewek is en jy sal hard roep, soos Jesus vir Lasarus sê: “Lasarus, kom uit” (Joh. 11v43). Dan

moet jou maatjie uitkom en die toiletpapier van hom/haar afbreek. Neem beurte solank die rol toiletpapier hou!

18. Wees vriendelik met almal.

(Onthou, Sondae vas ons nie – dit is Jesus se Opstandingsdag!) Clifford

40 DAE VRYWILLIGE VAS & BID VANAF 18 FEB - 4 APR

VAS & BID SAAM MET ONS KLEINER KINDERS

Page 6: 15 Februarie 2015 Hartklop - NGK ONRUSRIVIER€¦ · Maar enige woestyn is ‘n plek van tekorte en ontberinge. Ons sal moontlik luukshede moet prysgee soos tee, koffie, vleis, lekkernye,

SPOELKLIPPE OPENING VRY 20 FEB 18:00 Gee name op nie later as 16 Febr. Betaal R20 vir 'n hamburger wat jy self gaan pak. R10 vir die 2de Hamburger. Bring eie eetgerei,drinkgoed, glase en knibbelgoed. Vars brood,konfyt met koffie of tee word voorsien. SPOOKVRIENDE word ook bekend gemaak. Vir meer inligting: Joep 028 316 4018 ORRELUITVOERING 22 FEB @ 10:30 NG KERK HERMANUS Kunstenaar : Winand Grundling. Begelei deur Schalk Wasserman op timpani. Kaartjies : R50 per persoon en te koop by die deur. Werk wat uitgevoer sal word : Sewe dae van die Skepping (improvisasie deur W Grundling.) LOFDANSE BY NG ONRUS Ons nooi almal graag uit om saam te kom dans. Die oefentye is as volg: Woensdagoggende 11:00 (vir volwassenes) Sondae net na erediens (Gr R tot Gr 5) Sondae na Teentrix (Gr 6 en verder) Vir enige navrae, kontak asb vir Veronica by 083 751 43 19.

NUWE INTREKKERS VERWELKOMINGS FUNKSIE 5 MAART 2015 @ 18:00 Ons nooi graag alle nuwe intrekkers na die bogenoemde. Kom ontmoet ons leraars en personeel asook bedieningsleiers en natuur-lik mede-nuwe intrekkers. Kom geniet heer-like verversings en saamkuier. U is baie wel-kom! RSVP asb vir Stephanie teen 27 Feb by (028) 316-1601 of by die kerkkantoor.

ONSTEATER 26 FEBRUARIE Donderdag om 10:15 MY FAIR LADY Kom geniet weer die pragtige AUDREY HEP-BURN en REX HARRISON in die altyd gewilde film. Slegs donasie

SONDAGAAND 1 MAART @ 18:30

Gospel sanger Leon Goosen tree by ons

op. (Gratis toegang, slegs vrywillige

deurkollekte). Dis ‘n heerlike bederf aand

- kom geniet dit!

DIENSSENTRUM: Alle navrae oor die dienssen-trum, alle inbetalings en gelde van die dienssen-trum word nou by die dienssentrum self hanteer LET WEL vanaf Maandae tot Vrydae van 09h30 – 12h30.

OPPASDIENS BY DIENSSENTRUM: Indien u graag dorp toe wil gaan of dalk ‘n ander af-spraak moet nakom, maar u is bekommerd om u moeder/vader/eggenoot by die huis te laat is u welkom om die persoon by die

dienssentrum af te laai. Gewillige hande sal die persoon versorg. Die diens is op die oomblik gratis vir lede beskikbaar vanaf 9h00 – 12h30 van Maandae tot Vrydae.

GESOEK: BLOMMERANGSKIKKERS wat Sondae se blomme kan doen. Jy hoef nie noodwendig kundige te wees nie, ons help graag. As jy ‘n passie vir blomme het, ons het jou nodig. Navrae: Hanlie 082 256 8093.

KOSPAKKIES 16 FEBR DV

Word Maandag 8:30 in Moederskamer gepak. BAIE DANKIE vir almal se bydrae's.

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD

Piet van Zyl 082 339 9871

[email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

VERSORGINGSKOÖRD. Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEST. Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS

Mervian van der Merwe 084 875 7875

[email protected]

REK BEAMPTE

Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE

Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

KOSTER

Hennie Davies 061 300 4577

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 09h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

boek

wees

HARTKLOP BORGE GESOEK Ons nooi graag

enige besighede of individue om die week-

likse Hartklop se drukkoste te borg. Karin.

Holistiese ontspanningsmassering. Gefokusde rug massering vir spanning en stress. Gefokusde massering vir lae-rugpyn verligting. Bamboes sport Massering. Sport massering vir voor- en na byeenkoms. Kopmassering. Balanserende lawa-klippe massering. Aromaterapie essensiele olies word gebruik in die masserings.

Skakel Anneke Otto (079 872 9631) vir ‘n afspraak. (88 Kusweg, Sandbaai)

Bring hierdie advertensie saam vir ‘n 10% afslag op enige van die bogenoemde masserings.