12
Jaargang 50 Nr. 12 1 8 April 2018 Oggenddiens 9h30 Aanddiens 18h00 8 April 2018 (Kleuterbediening tydens oggenddiens: kleuters 3 – 7 jaar) DOELWIT: Om God te verheerlik deur as bruid van Christus die blye boodskap van die Bybel in die wêreld te verkondig en dissipels vir Christus in Roodepoort te maak! KERKWAARDES: Diepgaande kennis van Skrif en belydenis. Bybelse leer en onderrig. Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met die Here Ons nooi almal vriendelik uit om na afloop van die diens saam met ons ’n koppie tee/ koffie in die saal te geniet. Kom kuier lekker saam en leer mekaar ken. Bybelstudie in die Kerksaal: Maandae 19h00 Tema – Bloedlyn - voorvadervloek. Woensdae 8h30 Donderdae 9h00 Vroue Bybelstudie aan huis Lucia Erasmus: Dinsdae 9h00 Bybelstudie by Ons Huis: Donderdae 15h00 Bybelstudie vir jong volwassenes: Kontakpersone: Evert of Cherése Kleynhans -0847991709 Ouderlinge onthou asseblief julle artikels vir die Ligdraer. Redaksie Ligdraer: [email protected] Kerkkantoor: [email protected] (011) 6723810 Paassangdiens 15 April 2018

DOELWIT: Om God te verheerlik deur as bruid van Christus ... · Ons sal ‘n helpende hand uitsteek en op ons eie wandel met die Here Jesus konsentreer.” Pastor Andy Harris of The

  • Upload
    others

  • View
    7

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: DOELWIT: Om God te verheerlik deur as bruid van Christus ... · Ons sal ‘n helpende hand uitsteek en op ons eie wandel met die Here Jesus konsentreer.” Pastor Andy Harris of The

Jaargang 50 Nr. 12 1 8 April 2018

Oggenddiens 9h30 Aanddiens 18h00

8 April 2018

(Kleuterbediening tydens oggenddiens:

kleuters 3 – 7 jaar)

DOELWIT: Om God te verheerlik

deur as bruid van Christus die blye boodskap van die Bybel in die wêreld te verkondig en dissipels vir Christus in Roodepoort te maak!

KERKWAARDES: Diepgaande kennis van Skrif en belydenis. Bybelse

leer en onderrig. Hartlik welkom aan elkeen vanoggend by ons ontmoeting met

die Here

Ons nooi almal vriendelik

uit om na afloop van die diens

saam met ons ’n koppie tee/ koffie in die saal te

geniet. Kom kuier lekker saam en leer mekaar ken.

Bybelstudie in die Kerksaal:

Maandae 19h00 Tema – Bloedlyn - voorvadervloek.

Woensdae 8h30

Donderdae 9h00

Vroue Bybelstudie aan huis Lucia Erasmus: Dinsdae 9h00

Bybelstudie by Ons Huis: Donderdae 15h00

Bybelstudie vir jong volwassenes:

Kontakpersone: Evert of Cherése Kleynhans -0847991709

Ouderlinge onthou asseblief julle artikels vir die Ligdraer.

Redaksie Ligdraer: [email protected]

Kerkkantoor: [email protected] (011) 6723810

Paassangdiens 15 April 2018

Page 2: DOELWIT: Om God te verheerlik deur as bruid van Christus ... · Ons sal ‘n helpende hand uitsteek en op ons eie wandel met die Here Jesus konsentreer.” Pastor Andy Harris of The

Jaargang 50 Nr. 12 2 8 April 2018

OGGENDDIENS 9H30

TEMA:

Jesus Christus is ons Here! Roem, loof en prys God!

Stemmingsliedere: Lb 199: 2, 3

Lb 488: 1, 2

ONTMOETINGSDIENS Sing votum: Ps.19-2:5

Seën Lofsang: Ps.150:1+2

Geloofsbelydenis: Apostolicum

VERSOENINGSDIENS Wet: Eks.20

Versoening: Rom.7:21-25 Sing: Lb.510:1+4

WOORDDIENS

Gebed Sing: Ps.118:1+2

Skriflesing: 1 Kronieke 16:1–14

Fokus: 1 Kron.16:4

ANTWOORDDIENS Gebed

Sing: Ps.71:12+14 Wegstuurseën

Halleluja! Loof God in sy heiligdom, loof Hom in sy

sterk uitspansel! Psa 150:2 Loof Hom oor sy magtige dade, loof Hom

na die volheid van sy grootheid!

AANDDIENS 18H00

TEMA

Die hele Bybel opgesom: Christus!

Stemmingsliedere:

Sb 8-3: 1.

Lb 188: 3

Lb 486: 1, 4

ONTMOETINGSDIENS

Votum/Seën

Lofsang: Lb.200:1+3

Sing:Lb.257:1+2

WOORDDIENS

Gebed

Skriflesing: Lukas 24:36-49

Fokus: Luk.24:45

NGB art.7

ANTWOORDDIENS

Gebed

Sing: Lb.255:1+2

Wegstuurseën

Aandgebed: Sb.10-2

Page 3: DOELWIT: Om God te verheerlik deur as bruid van Christus ... · Ons sal ‘n helpende hand uitsteek en op ons eie wandel met die Here Jesus konsentreer.” Pastor Andy Harris of The

Jaargang 50 Nr. 12 3 8 April 2018

PREEKSKETS 1 KRONIEKE 16:1–14

God wil dat ons sy groot dade in ons midde moet onthou en dat ons dit gereeld moet vier. As die Leviete die ark van God Jerusalem inbring en op die plek neersit “wat Dawid daarvoor opgeslaan het”, dan gee koning Dawid vir Asaf die opdrag om ‘n lied te sing wat die groot dade van God in die geskiedenis van Israel in herinnering roep. Die boeke 1&2 Kronieke is omtrent in 300 v.C. (± 600 jaar na die gebeure wat dit beskryf) geskryf. Die eerste lesers was ‘n klompie Jode in Juda wat nie net baie swaar gekry het nie, maar hulle het al hoe meer weg van die tempeldiens af begin beweeg. As die Kronis die handjievol onbelangrike Jode in Juda wil bemoedig, roep hy die groot dade van God in herinneringe EN hy vestig weer hulle aandag op die belangrikheid van hulle Joodse identiteit wat veral gestalte kry in die tempeldiens in Jerusalem. As hy God se kinders bemoedig, fokus hy op die feesviering met die tuiskoms van die ark in die tyd van Dawid. Ons kan Dawid se opdrag aan Asaf ook meer letterlik verstaan met: “God is hier in ons midde. Kom ons dank (roem) Hom, kom ons sit al ons vertroue (loof) net in Hom en kom ons vertel (prys) vir almal van sy groot dade in die verlede!” Kom ons doen dit met ‘n lied. Die lied wat Asaf en sy span die volk in voorgegaan het, ‘n lied met die titel “Loof die Here”, is eintlik ‘n keurspel van drie ander bestaande liedere (dele van Ps. 105; 96; 106) WAT WIL DIE KRONIS GRAAG VIR MY EN JOU LEER?

Die Heilige Gees lei ons in die volle WAARHEID van God. Die tempeldiens met die ark in die allerheiligdom, met al sy offers, rituele en dienste, was maar net die skadubeeld van God se duidelikste teenwoordigheid ooit, ook sy grootste wonderdaad ooit: Jesus Christus die gekruisigde. Soveel meer as wat die tempel die middelpunt van ‘n Jood moes gewees het, so is Christus ons hele lewe. Die Heilige Gees wil ook dat ons nie net die wêreld se geskiedenis nie, ook nie net die kerk se geskiedenis nie, maar ook ons elkeen se eie stukkie geskiedenis sien in die lig van die waarheid: Jesus Christus is Here! Tot hiertoe het God alles in elkeen van ons se lewens in Christus en deur sy Gees gestuur, gerig en gelei dat ons vandag sy kinders kan wees, vorentoe gaan dit nie anderste wees nie.

Page 4: DOELWIT: Om God te verheerlik deur as bruid van Christus ... · Ons sal ‘n helpende hand uitsteek en op ons eie wandel met die Here Jesus konsentreer.” Pastor Andy Harris of The

Jaargang 50 Nr. 12 4 8 April 2018

JESUS CHRISTUS IS ONS HERE! ROEM, LOOF EN PRYS GOD!

In Christus is God elke dag deur sy Gees by ons. Kom ons dank (roem) Hom, kom ons sit al ons vertroue (loof) net in Hom en kom ons vertel (prys) vir almal van sy groot dade in die verlede!

Kollektes onder

die erediens is altyd

vir Barmhartigheid

LIEF EN LEED Weet jy van

iemand wat siek is

en ‘n besoek sal

waardeer, jyself dalk? Wil jy voorbidding vra, bel gerus een van die

ouderlinge of diakens, of stuur ‘n e-pos. VOORBIDDING ANNETTE VD

WALT is nogsteeds in Folateng Kliniek in Parktown FANIE VAN DEVENTER is baie

siek en word tuis versorg; DAPHNE WAGNER is siek in Helen Joseph hospitaal

Tersia Liebenberg het ‘n groot rug operasie ondergaan en is nog in Wilgeheuwel

Daar is geen susters wat offisieël alle siekes kan besoek nie. Van hulle is

self siek. Indien jy bereid is om barmhartigheidswerk te doen, deur ons

siekes en bejaardes te besoek. Laat die vrug van die Gees ryklik in ons

woon.

Baie geluk aan ons lidmate wat gedurende die

komende week verjaar. Mag dit ’n baie ge= seënde

dag wees, veral Sr Tienie Klopper wat die 12e April 82

mag word.

Aan al die sussies van die gemeente. Ek benodig alle

afval bolletjies wol, wat onser in jul kas in’n sakkie lê.

Ek wil graag kleurvolle serpe vir Reddersburg se

kinder breis. Nuwe bolle sal ook goed wees. Bettie

Voges

Kollekte by die deure: 8 April 2018 Oggend:

Kerklike

Tydskrifte

Aand: Kerkkas

Page 5: DOELWIT: Om God te verheerlik deur as bruid van Christus ... · Ons sal ‘n helpende hand uitsteek en op ons eie wandel met die Here Jesus konsentreer.” Pastor Andy Harris of The

Jaargang 50 Nr. 12 5 8 April 2018

Toe is daar eendag ‘n vrou wat vir haar predikant sê “Ek sal nie meer na jou kerk

toe kom nie.”. Die predikant was heeltemal stomgeslaan oor hierdie besluit van

haar en wil dadelik weet hoekom.

Vrou: ̀ “Ja nee, ek het ‘n vrou gesien wat so geskinder het oor een van die

lidmate en daardie man is ‘n hipokriet. Die gebedsgroep – jy moet hulle

lewensstyle sien. Wat van die mense wat op hulle fone sit tydens die erediens.

Ag in jou kerk is daar soveel dinge verkeerd.” Is haar reaksie.

Predikant: “doen my net een guns voordat jy ons verlaat. Maak ‘n glas vol

water en loop 3 maal om die kerk sonder om ‘n druppeltjie op die grond te

mors. As jy dan nog ons kerk wil verlaat, dan moet dit seker so wees.”

So gesê en so gedaan, al het sy gedink dat dit ‘n baie vreemde versoek is, 3 keer

om die kerk geloop met haar glas vol water. Kom toe terug by die predikant en

reken dat haar opdrag voltooi is.

Predikant: “Kan ek net een vraag vra voordat jy gaan. Toe jy so om die

kerk geloop het, het jy iemand hoor skinder?”

Vrou: “ Nee.”

Predikant: “Het jy nog meer hipokriete of mense op hulle fone gesien?”

Vrou: “Nee.”

Predikant: “die glas vol water het al jou aandag in beslag geneem nê, om

seker te maak dat jy nie struikel en mors nie. Net so is dit met ons lewens.

Wanneer ons oë op Jesus gerig is, het ons geen tyd om ander se foute raak te

sien nie. Ons sal ‘n helpende hand uitsteek en op ons eie wandel met die Here

Jesus konsentreer.”

Pastor Andy Harris of The Church of the Cross in Haughton, Louisiane.

Begrafnisreëlings vir Ds Jac en Ina Howell

By die graf: Maandag 9 april 2018 om 10:00

Heidelberg Begraafplaas.

Troosdiens: Maandag 9 April 2018 om 15:00

Gereformeerde Kerk Die Kandelaar.

(Codonialaan, Waverley, Pretoria

Page 6: DOELWIT: Om God te verheerlik deur as bruid van Christus ... · Ons sal ‘n helpende hand uitsteek en op ons eie wandel met die Here Jesus konsentreer.” Pastor Andy Harris of The

Jaargang 50 Nr. 12 6 8 April 2018

DIAKONIE DIENSLYS OPLAAIBEURTE 8 APRIL 2018

DIAKONIE DIENSLYS OPLAAIBEURTE 15 APRIL 2018

JUDO

Harm is weer gekies om Suid-Afrika by die

Junior Afrika Kampioenskappe te

verteenwoordig wat vanaf 9-13 Mei 2018 in

Burundi gehou word. Ons is baie trots op

hom en sien dat die Here sy harde werk

en oefen seën. Die kostes om hierdie

kampioenskappe by te woon beloop R24 000.00.

Aangesien hulle geen finansiële ondersteuning van die

regering of enige borskappe kry nie, moet sy ouers vir

hier kostes instaan. Indien enige iemand met ‘n bedrag

wil help, sal dit baie waardeer word. Hierdie is ‘n mooi

geleentheid waar ons ons broer liefdevol kan

ondersteun. Ondersteuning kan per koevertjie (duidelik

gemerk: Harm Venter) gedoen word OF deur elektroniese inbetaling by: ABSA,

Rek.nr: 920142699, Tak-kode: 632005, Rek. houer: BJ Venter.

Ons Huis Koos Richards 082 633 1200

Olga Venter 084 587 0101

D McDonald Koos Richards 082 633 1200

Rita vd Merwe Highway 9 011 472 0365

Klein Helderkruin Elize Coetzee 072 490 5402

Middagdiens

Ons Huis 16:30 Rein Coetzee 072 155 1690

Ons Huis Bettie Voges 072 424 5942

Nardus vd Walt 082 453 3600

D McDonald Nardus vd Walt 082 453 3600

Rita vd Merwe Highway 9 011 472 0365

Klein Helderkruin Elize Coetzee 072 490 5402

Middagdiens

Ons Huis 16:30 Koos Richards 082 633 1200

All

plasings

in die

Ligdraer

moet op

‘n

Donder

dag

voor

12h00

Page 7: DOELWIT: Om God te verheerlik deur as bruid van Christus ... · Ons sal ‘n helpende hand uitsteek en op ons eie wandel met die Here Jesus konsentreer.” Pastor Andy Harris of The

Jaargang 50 Nr. 12 7 8 April 2018

10 Deugde wat ons vir ons kinders en al die kinders van die Here kan bid;

1. Verlossing – “Here, laat verlossing soos ‘n fontein by my kinders opborrel,

dat hule die verlossing in Jesus Christus en die ewige heerlikheid mag

verkry.” (Jes. 45: 8 en 2 Tim. 2: 10)

2. Groei in Genade – “Ek bid dat my kinders mag groei en toeneem in die

genade en kennis van ons Here en Verlosser Jesus Christus.’ (2 Pet. 3: 18)

3. Liefde – “Here, gee my kinders dat hulle leer om ‘n lewe van liefde te lei,

deur die Heilige Gees wat in hulle woon.” (Ef. 5: 2 en Gal. 5: 25)

4. Eerlikheid en Integriteit – “Mag intergriteit en eerlikheid hulle deugde en

beskerming wees.” (Ps. 25: 21)

5. Selfbeheersing – “Vader, help my kinders om nie soos die ander daar buite

te wees nie, maar laat hulle oplettend en vol selfbeheersing wees in alles

wat hulle doen.” (1 Tes. 5: 6)

6. Liefde vir die Woord van God – “laat my kinders groei in die wete dat U

Woord kosbaarder as goud en soeter as heuning is.” (Ps. 19: 10)

7. Reg – “Here, help my kinders om net soos U die reg lief te hê, om

geregtigheid net soos U te laat seêvier.” (Ps. 11: 7 en Miga 6: 8)

8. Genade – “Mag my kinders altyd soos hulle hemelse Vader genadig wees.”

(Lukas 6: 36)

9. Respek (vir Self, Ander en Gesag) – “Vader, gee dat my kinders die

gepaste respek vir almal sal wys, soos wat U Woord ons beveel.” (1 Pet. 2:

17)

10. Bybelse Selfbeeld – “Help my kinders om ‘n sterk selfbeeld te

ontwikkel wat gegrond is in die wete dat U hulle in Jesus Christus gemaak

het.” (Ef. 2: 10)

Wat bid ons saam en vir jou. Ja, jy kan anoniem bly of die versoek onderteken. (skeur af en sit in kollektesak)

Page 8: DOELWIT: Om God te verheerlik deur as bruid van Christus ... · Ons sal ‘n helpende hand uitsteek en op ons eie wandel met die Here Jesus konsentreer.” Pastor Andy Harris of The

Jaargang 50 Nr. 12 8 8 April 2018

Jesaja 28 deur Chris van Wyk. Hoewel die gedeelte dus met oordeel begin, eindig dit met ‘n wonderlike woord oor God se voorsiening, en ‘n uiters waardevolle les in geestelike onderskeiding.Met die metafoor van iemand wat ‘n vy wegsluk, word die val van Samaria, die hoofstad van die noordryk, Israel, aangekondig. Let op dat dit steeds weens hulle dronkenskap en hoogmoed is (dronk van hoogmoed?). Let ook op hoe die negatiewe beskrywing van Samaria as ‘n kroon of blommekrans op ‘n positiewe manier op die Here van toepassing gemaak word. Hý wil die trots wees van sy mense, wat dan aan hulle ‘n sin vir reg sal verleen en in staat sal stel om alle aanvalle die hoof te bied. Jerusalem se priesters en profete is nie beter as die leiers in Samaria nie. Hulle waggel ook oor hulle voete en kan nie gesigte uitlê (profete) of reguit beslissings maak (priesters) nie. Hulle uitsprake word met braaksel vergelyk. Die opstand teen Jesaja – ons hoor net ‘n bietjie brabbeltaal van hom – sal met God se oordeel oor hulle begroet word – hulle uitsprake sal ‘n bietjie brabbeltaal word. Let op hoe Jesaja (die hy in vers 12) die priesters en profete se taak as rusbring uitspel, in dié sin dat hulle 1) God se woorde (gesigte) moet uitlê en 2) reguit beslissings moet maak. Rus is om God se woord reg te hoor en reg uit te leef. Dit spreek my nogal aan: geestelike leiers moet geestelike insig bring oor wie God is en wat Hy sê en doen, sowel as om geestelike onderskeiding te gee oor wat dit in die praktyk beteken. Nogal iets wat ek ter harte neem. 28:14-22: Jesaja vat die leiers van Jerusalem aan oor hulle arrogante

doodsveragtende leuenagtige lewenshouding. Hulle lieg oor hulle pro-

Assiriese houding, en smee eintlik bande met Egipte teen Assirië en dink

dat hulle daarmee sal wegkom. Teenoor hierdie valsheid sal God

geregtigheid bring wat die leuens aan die kaak sal stel en uitwis. Hulle

sal die ongemak – bed te kort, kombers te smal – van geen beskerming

teen natuurrampe en die dood beleef

Ons nooi alle belangstellendes na ons Paassangdiens 15

April 2016, waar SingFonix (Pretoria) gaan optree.Wees

Asseblief so gaaf en bring ’n bordjie paasbolletjies saam.

Groete DG - MSO

Page 9: DOELWIT: Om God te verheerlik deur as bruid van Christus ... · Ons sal ‘n helpende hand uitsteek en op ons eie wandel met die Here Jesus konsentreer.” Pastor Andy Harris of The

Jaargang 50 Nr. 12 9 8 April 2018

Deernis – “Here, beklee asseblief my kinders met die deug van deernis.”

(Kol. 3: 12)

Page 10: DOELWIT: Om God te verheerlik deur as bruid van Christus ... · Ons sal ‘n helpende hand uitsteek en op ons eie wandel met die Here Jesus konsentreer.” Pastor Andy Harris of The

Jaargang 50 Nr. 12 10 8 April 2018

Wie en wat was die Rigters in die Ou

Testament? (Rigters 6 & 7)

Nadat die Israëliete uit Egipteland bevry van die slawerny is, het hulle uiteindelik

in die beloofde land gekom. Maar Moses en Josua was nie altyd daar om te sorg

dat die woord van die Here gepreek word nie. Baie mense het self besluit hoe die

Here gedien moes word. Net soos dit vandag nog gebeur nê. Tog het die Here

‘n belofte gemaak. Die Here Jesus, ons Verlosser sou gebore word uit daardie

volk. Dus het Hy van gewone mense soos jy en ek gebruik gemaak om die volk te

red. Hulle is Rigters genoem. Gewone sondige mense, soos jy en ek. Kom ons kyk

na die voorbeeld van Gideon. Het hy die Here onmiddelik vertrou en geglo? Nee,

hy het nie. Doen ons dit nie ook nie? Ons bid tot die Here vir allerhande dinge,

maar as dit gebeur is dit amper onwerklik. Sal die Here dit regtig vir my doen?

Kyk wat staan in die Bybel oor die mense van daardie tyd: “elkeen het gedoen

wat reg was in sy oë.” Hoe baie maal sal ons sê ‘ek voel dat dit so of so moet

gebeur’. Sal dit nie beter wees as ons eers hoor wat die Here wil hê nie, hoe Hy

oor die saak voel nie? “Ek kan nie oor julle regeer nie, ook nie my nageslag nie.

Die Here regeer oor julle.” (7: 23)

1 Wie het die Midianiet

oorwin? (7: 14)

2. Waarop het die

stryders geblaas? (6: 19)

3. Hy was uit die armste

familie van Manasse. (6:

15)

4. Gideon se skeld naam.

5. Wat wou Gideon vir sy

mense hê? (6:5)

6. Wat het Gideon neergesit? (6: 36)

7. Wat gebruik Gideon om ‘n afgodsbeeld te

maak? (7: 26)

8. Waar het Gideon die skaapvel neergesit?

9. Die Midianiet was so baie soos . . . (7: 12)

10. Hoeveel seuns het hy gehad? (7: 29)

Page 11: DOELWIT: Om God te verheerlik deur as bruid van Christus ... · Ons sal ‘n helpende hand uitsteek en op ons eie wandel met die Here Jesus konsentreer.” Pastor Andy Harris of The

Jaargang 50 Nr. 12 11 8 April 2018

Rigters 7

Page 12: DOELWIT: Om God te verheerlik deur as bruid van Christus ... · Ons sal ‘n helpende hand uitsteek en op ons eie wandel met die Here Jesus konsentreer.” Pastor Andy Harris of The

Jaargang 50 Nr. 12 12 8 April 2018

GEBEDSLEIDING

Die Here gebruik elkeen van ons om mekaar tot steun te wees. Hierdie hulp of

ondersteuning word nie net sommer so op ons pad geplaas nie. Soms sorg die

Here baie nadruklik dat ons die hulp self moet gaan soek. Kyk byvoorbeeld na

Maria en Elisabet, Elisabet het nie vir Maria gaan kuier nie – nee Maria moes self

na Elisabet toe gaan. Sy moes self die reis onderneem. Daar sou sy haar

ondersteuning en bevestiging kry. Dit is vir ons tog so moelik om vir

ondersteuning te vra en hulp soek nog moeiliker. Om hulp te ontvang sonder om

daarvoor te vra is baie makliker. Liewerste dat iemand kan sien dat ons hulp nodig

het. Aan die ander kant weer, wie wil hoor dat hy of sy so hulpbehoewend lyk?

Dit kos moed, veral om aan jouself te erken dat jy ondersteuning nodig het. Om

te erken dat jy self nog nie ‘n voorbeeld is nie, maar een nodig het – verg baie

deursettingsvermoë. Hierdie bekentenis aan jouself gee inwendige stryd. As

hierdie stryd gewen is . . ‘n wonderlike oorwinning.

Moenie die belangrikheid van danksegging vergeet nie. Om vir God iets te vra is

een, om Hom te prys is heeltemal iets anders. In die Bybel is lofprysing en gebed

in mekaar geweef, soveel dat ek gebed sonder lofprysing nie gebed durf noem

nie.

“Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en

smeking met danksegging bekend word by God“ (Fil. 4: 6) Paulus sê dit nie verniet

vir ons nie. Dit is slegs genade dat ons nie in die hel is nie. Dit is slegs genade dat

ons mag hoop op die hemel. Dit is slegs genade genade dat ons mag lewe in ‘n

land waar geestelike lig nie gedoof word nie. Dit is slegs genade om deur die

Heilige Gees geroep te word. Dit is slegs genade dat ons nie die vrugte van ons

eie dade hoef te pluk nie. Dit is slegs genade dat ons lewe en geleenthede kry om

God te vereer. Hierdie gedagtes moet seer sekerlik ‘n rol speel tydens ons gebed.

Ons moet nooit ons monde in gebed oopmaak sonder God te dank vir Sy genade

nie. Nog nooit was daar iets soos ‘n ondankbare heilige nie. As ons ligtende ligte

in ons lewens wil wees, moet ons ‘n dankseggende gees huisves. Laat ons gebede

bowenal lofprysings en dankseggings wees.

“Want U het geen lus in slagoffer nie, anders sou ek dit gee; in brandoffer het U

geen behae nie. Die offers van God is ‘n gebroke gees; ‘n gebroke en verslae hart

sal U, o God, nie verag nie!” (Ps 51: 16 & 17)