36
1 Dormer Handleiding Hersiende Uitgawe 2016

Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

  • Upload
    ngohanh

  • View
    223

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

1

Dormer Handleiding

Hersiende Uitgawe 2016

Page 2: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

2

Page 3: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

3

1. DIE ONTSTAAN EN ONTWIKKELING VAN DIE DORMERRAS

Die Dormer is 'n Suid- Afrikaans geteelde witwol vleisskaap wat na jare van intensiewe navorsing by die Elsenburg Landboukollege ontwikkel is uit kruisings tussen Dorset Horn ramme en Duitse Merino ooie. Die doel met die ontwikkeling van die ras was om 'n vroegryp skaapras te teel wat vinnig en bekostigbare vleis kan produseer; goed aangepas sou wees by toestande in die winterreënstreek; wat kon meeding met lammers uit Australia en Nieu Seeland op die Smithfield-mark in London . Die doel was voorts om geskikte ramme vir kruisteelt te produseer, veral met suiwer wolrasse en is daar besluit op ‘n witwol vleisras, vry van kemp en gekleurde vesel in die vag.

2. SLAGLAMPROEWE OP ELSENBURG

Sedert 1927 vir meer as 10 jaar, is ramme van rasse soos Dorset Horn, Border Leicester, Ryeland, Romney Marsh, South Down, Suffolk Down, (Britse vleisrasse) asook Texel, Corriedale, Duitse Merino en Swartkop Persie met Merino-ooie, die mees beskikbare ooi, gepaar. Later is Duitse Merino X Merino-ooie met Dorset Horn ramme gepaar en is bevind dat die nageslag swaarder was as enige ander kruislammers. Bogenoemde resultate het aanleiding gegee tot die paring van Duitse Merino-ooie met Dorset Horn-ramme. Afgesien van die besondere eienskappe van Duitse Merino-ooie kon hulle ook soos die Merino en Dorset Horn maklik in die herfs lam met ‘n bevredigende lampersentasie. Proewe het getoon dat die Dorset Horn X Duitse Merinolammers die beste slaglammers was.

3. KOöPERATIEWE PROEWE IN DIE WINTERREëNSTREEK

A.g.v. die goeie resultate in die Elsenburg slaglamproewe is besluit om soortgelyke proewe op koöperatiewe basis en tussen boere oor die hele streek uit te brei om die moontlikheid van ‘n winsgewende slaglamindustrie, wat op die buitelandse mark aangewys is, te ontwikkel. Gedurende 1936 en 1937 is ‘n paar honderd vleisrasramme uit Australië en Engeland ingevoer en hoofsaaklik met Merino-ooie gekruis waaruit meer as 6000 lamkarkasse na die Smithfieldmark uitgevoer is. Die grootskaalse proewe het bewys dat die Dorset Hornram die beste vleisrasram vir slaglamproduksie was. Longaandoenings a.g.v. die klein Meullerius longwurm was egter ‘n probleem. Die Dorset Horn en Duitse Merino stoet wat onderskeidelik in 1923 en 1932 begin is en onder dieselfde toestande op Elsenburg aangehou is, kon met mekaar vergelyk word wat die vatbaarheid en weerstand vir

Page 4: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

4

longwurm betref. Daar is gevind dat die Duitse Merino meer bestand was teen longwurm en dat in die geval van die Dorset Horn, moontlik oorerflik was.

4. BEPLANNING VIR DIE SKEPPING VAN ‘N NUWE RAS

Mnr LH Bartel wat hom so aktief beywer het vir ‘n slaglam nywerheid in die winterreënstreek het met die gedagte gekom dat ‘n nuwe ras geskep moet word uit die Dorset Horn en Duitse Merino om die Dorset Horn as slaglamproduseerder te vervang. Daar is gepoog om die vleiseienskappe en groeivermoë van die Dorset Horn en die weerstandvermoë teen longwurm van die Duitse Merino te kombineer en in die nuwe ras saam te voeg. Die voortreflike eienskappe van vrugbaarheid, fukunditeit, goeie melkproduksie en lang teelseisoen was tot ‘n hoë mate by albei rasse aanwesig. Op 18 Oktober 1940 is tien Dorset Horn-ramme uit Australië ingevoer, bekom deur fondse wat deur die Raad van Beheer op die Vee- en Vleisnywerheid beskikbaar gestel is. Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook graad Duitse Merino-ooie op Elsenburg. In die daaropvolgende paarseisoen is slegs twee ramme wat die beste presteer het gebruik. Geen verdere kruisings is na 1941 tussen die Dorset Horn en Duitse Merino vir die bou van die nuwe ras gemaak nie. Die eerste geslag (F1) ram- en ooilammmers moes as basiese materiaal dien vir die verdere opbou van die ras.

5. NAGESLAGTOETSING VAN RAMME

Aangesien ramme die grootste bydrae tot die opbou van ‘n kudde lewer en dit van hul teelprestasie afhang watter vordering gemaak word, is besluit om die F1 ramlammers eers te toets alvorens hulle in die nuwe kudde gebruik word. In 1941 is agt van die beste F1 ramlammers, verteenwoordigend van die genoemde vier Dorset Hornramme, uitgesoek. Hulle was sewe maande oud toe hulle elk twintig graad Duitse Merino-ooie vir paring gekry het. Sodoende kon hul teelwaarde vir slaglamproduksie bepaal word. Vanaf die begin is geselekteer vir ‘n vroegryp slaglam met uitstaande bouvorm. Op grond van hul teelprestasies t.o.v. groeisnelheid, karkaskwaliteit, gradering, vetverspreiding, bouvorm en longwurmweerstand is die twee beste ramme van die oorspronklike agt vir gebruik in die kudde aangewys. Om inteelt te vermy, is besluit om F1 ramme, afstammelinge van ram no. 4 te paar met F1 geselekteerde ooie van ram no. 37 en omgekeerd. Daar is deurentyd gepoog om noue inteelt te vermy.

Page 5: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

5

6. UITNEMENDE TELINGSPRESTASIE

Ten spyte van die groot massa werk en rekordhouding is daar vir baie jare en generasies volgehou om die jong ramme eers op graad ooie te toets alvorens hulle in die kudde gebruik is. Die nuwe ras was minder vatbaar en meer bestand teen longwurm, danksy ook die navorsing op die longe van lammers wat vir nageslagtoetsing geslag is. Die resultate in die winterreënstreek, waar ramme van die nuwe ras oor etlike jare in koöperatiewe proewe en deur boere vir slaglamproduksie aangewend was, was so oortuigend dat die ras nie alleen baie goed in die winterreënstreek sou gedy nie, maar ook in kruisings die gewensde tipe slaglam sou lewer. Die argitek van die nuwe ras, Mnr LH Bartel, is in 1944 oorlede en dit is aan Mnr JF du Toit opgedra om die projek voort te sit. Ongelukkig is ook hy in 1947 oorlede en moes Mnr IL Ferreira die belangrike taak oorneem. Waar Mnr Bartel die argitek van die nuwe ras was, was Mnr Ferreira die boumeester van die ras wat dit moes voltooi; ‘n lewenstaak wat hy met liefde, toewyding, doelgerigtheid en nederigheid tot sy aftrede in 1981 aangepak het. Hy is in 2011 oorlede. Na 25 jaar van noukeurige rekordhouding, streng seleksie, groot toewyding, produksie aantekening en sonder die inbring van enige nuwe of vreemde bloed, is die raseienskappe en tipe tot so ‘n mate vasgelê dat die Dormer, na sewe generasies in 1975, by die SA Stamboek as volwaardige ras geregistreer is.

7. DORMER VANDAG

Die Dormerras, alhoewel geteel vir die toestande in die winterreënstreek, het homself as baie aanpasbaar bewys en word met groot sukses in alle dele van Suid Afrika, vir slaglamproduksie aangewend. Ter bevordering van die ras word daar gereeld kursusse aangebied, deelgeneem aan slaglamkompetisies, uitstallings en skoue. Die Nasionale Dormerveiling word jaarliks gedurende September, in Bloemfontein aangebied. Deelname aan produksie aantekening is verpligtend vir stoettelers en die Dormerras was die eerste om dit as vereiste te stel dat slegs produksie aangetekende diere op die Nasionale Dormerveiling te koop aangebied mag word.

8. DORMER – DIE IDEALE RAS VIR WINSGEWENDE SLAGLAMPRODUKSIE 8.1 BOUVORM

Die ideale Dormer is ‘n lewenskragtige, gladde lyf, witwol, horinglose skaap

Page 6: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

6

met goeie bespiering, goeie lengte, breedte en diepte, goed gevulde agterkwarte, goed ontwikkelde lende, sterk toplyn, karaktervolle kop met sterk bek en gepigmenteerde ooglede en sterk goed geplaaste bene, sterk kootgewrigte en gesonde kloue. Die dier moet gemaklik kan beweeg.

8.2 VRUGBAARHEID EN ONBEPERKTE TEELSIKLUS

Vrugbaarheid word as ‘n baie belangrike eienskap van die ras beskou en daar word vir meerlinge geselekteer. Tweelinge word verkies, hoewel drielinge algemeen voorkom selfs vierlinge, vyflinge en ‘n sesling is ook al aangeteken. ‘n Lampersentasie van 150% en hoër word algemeen aangetref (lammers gebore teenoor ooie gepaar). Groot getalle surplus lammers verseker die winsgewendheid van die bedryf. Dit vergroot ook die seleksie potensiaal vir ‘n vinniger tempo van genetiese vordering. Die onbeperkte teelsiklus maak meer as een lamseisoen per jaar moontlik en die lamseisoen kan so gereël word om die maksimum weiding te benut.

8.3 MOEDEREIENSKAPPE, MELKPRODUKSIE, GROEISNELHEID

Die besonder goeie moedereienskappe verseker ‘n vinnige groeitoename en hoë speengewig en speenpersentasie. Dormer lammers handhaaf ‘n gemiddelde daaglikse toename van 400g tot op 100 dae ouderdom, maar toenames van hoër as 500g kom ook algemeen voor. Die lam se massa op 42 dae is ‘n goeie weergawe van die ooi se melkproduksie, terwyl die massa vanaf 42 -100 dae die inherente groeivermoë van die lam aandui.

8.4 VROEGRYPHEID

Die vroegrypheid van die ras verseker ‘n slaglam wat vroeg markklaar is en op drie maande ouderdom ‘n kwaliteit karkas van 16 – 22 kg lewer. Vroegrypheid is ook ‘n groot bate wanneer kruisings met laatryprasse soos die Merino, vir slaglamproduksie aangewend word. Die voordele van vroegrypheid is dat die lammers op ‘n vroeë ouderdom bemark kan word, ooie ‘n langer ruskans kry en meer wol kan lewer, meer ooie kan per hektaar aangehou word en net volwasse diere hoef oorgedra te word gedurende swak weidingstoestande. Die lammers is vroeg geslagryp en jong ooie kan op 18 maande lam, wat ‘n verhoogde omset beteken en die periode tussen geslagte (generasie interval) verkort.

8.5 SLAGLAMPRODUKSIE EN KRUISTELING

Die goeie bouvorm eienskappe, karkaskwaliteit, vroegrypheid, groeisnelheid, vrugbaarheid, moedereienskappe, melkproduksie, onbeperkte teelsiklus en

Page 7: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

7

aanpasbaarheid, verseker dat die Dormer die ideale ras vir slaglamproduksie is. Die Dormer met sy sterk erfdwang wat die vleisbouvorm, selfs op laatryprasse oordra en die redelik klein lam by geboorte, leen hom uitstekend tot kruisteling met ander rasse. Die ras word deur deskundiges aanbeveel vir kruisteling met die Merino vir slaglamproduksie omdat dit ‘n witwolras, vry van kemp en gekleurde vesels is. Die kampioen – sowel as reserwe kampioen tydens die Nasionale Slaglamkompetisie te Moorreesburg bevestig weereens waarom die Dormerram as kruisvaar so gewild is. Die kampioenlam (Dormer X SA Vleismerino) met ‘n lewende massa van 40 kg op drie maande ouderdom, ‘n karkasmassa van 22.8kg en ‘n uitslagpersentasie van 57% het ook ‘n ideale vleisbouvorm met goeie bespiering en egalige vetverspreiding getoon.

8.6 WOLPRODUKSIE Met vleis as hoofdoel, word wol as ‘n bonus beskou en vergoed ruimskoots vir die skeer, ent, doseer- en ander bedryfskostes (op 12 maande word 4-5kg wol per volwasse skaap geskeer, met ‘n lente van 10 cm en ‘n veseldeursnit van 27 mikron en ‘n skoonopbrengs van ± 60%. Die wit wol vry van kemp en gekleurde vesels, maak kruisteling met ander witwolrasse aanvaarbaar. ‘n Opvallende eienskap van Dormerooie is dat hul meestal nie hul penswol tydens laktasie verloor nie.

8.7 AANPASBAARHEID EN VOERBENUTTING

Alhoewel die Dormer oorspronklik vir die intensiewe toestande van die Winterreënstreek geteël is, word die ras vandag dwarsdeur die Republiek aangetref en gedy dit ook onder ekstensiewe toestande. Dormers is nie-selektiewe vreters, met rustige weigewoontes wat nie die veld onnodig uittrap nie. Die ras se vermoë om lae gehalte ruvoer in kwaliteit vleis te omskep, maak die ras goed aanpasbaar ook onder ekstensiewe toestande en daardeur ‘n doeltreffende benutter van ruvoer. Hierdie doeltreffendheid van voerverbruik, veral onder intensiewe toestande, maak die Dormer ‘n ideale ras vir ekonomiese slaglamproduksie.

8.8 LEWENSKRAGTIGHEID EN OORLEWING

Alhoewel Dormerlammers redelik klein is by geboorte (4kg) word lewenskragtige lammers gebore wat vinnig in massa toeneem. Die oorlewing van lammers vanaf geboorte tot speen, het ‘n belangrike invloed op die netto reproduksie prestasie van ‘n teelkudde en gevolglik ook die

Page 8: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

8

winsfaktor. Oorlewing by lammers is egter laag oorerflik en daarom speel goeie bestuur en versorging ‘n belangrike rol om die hoogste persentasie lammers moontlik te speen.

8.9 MAKLIKE VERSORGING EN TEMPERAMENT

Die kalm rustige geaardheid van die Dormer vergemaklik hantering en bestuur en skakel goed in by moderne boerdery tegnieke. Die gladde lywe, kaal bene en oop gesigte beperk brommeraanvalle tot ‘n minimum. Dormers skeer maklik as gevolg van die gladde lywe en met die masjien geskeer maak hul ‘n mooi vertoning met so 6-8 weke wolgroei. Dit is ‘n vereiste dat wol vir skoue en veilings nie langer as 3 cm moet wees nie. Dormer ooie lam maklik as gevolg van die klein lam by geboorte en die ooie is uitstekende moeders.

8.10 ALGEMEEN Ter bevordering van die ras word daar gereeld kursusse aangebied, deelgeneem aan slaglamkompetisies, uitstallings en skoue. Die Nasionale Dormerveiling word jaarliks gedurende September in Bloemfontein aangebied.

Page 9: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

9

9. DORMER – MINIMUM RASSTANDAARDE

1. Kop Ideaal Afwykings (diskriminasie) Prulfoute (diskwalifikasie)

Karaktervol, horingloos, sterk, matig lank, met breë sterk bek en goed gevormde tande en kake; gepigmenteerde ooglede met ‘n wakker oog en ore van matige grootte met sagte wit bedekking op gesig en ore.

Fyn kop, fyn bek, wol op kop (kuif) nie laer as ooglyn nie; te min pigment om oë, dowwe uitdrukking in oë en sterk vaste swaar horings by ramme (minder as 3 cm). Kemp op gesig is toelaatbaar.

Bekfoute: te kort of te lang onderkaak; skewe bek; ab-normale tande (voerbek wat 3 mm oorskry); invou-ooglede, oormatige pienk om oë en ore sonder pig-ment (rooigesig voorkoms); geen pigment by beide ramme en ooie; oormatige swaar horings by ramme (Basis 3 cm, lengte 3 cm; horingknoppies by ooie; wol op kop (kuif) laer as ooglyn.

2. Nek Ideaal Afwykings Prulfoute

Breed; goed aangesluit by kop, skouer en bors met goeie lengte; geen dwars-plooie en vertikale of hori-sontale keelvel aan nek nie.

Matige keelvel en nekplooi. Te kort of lang nek met swak nekaansluiting by skouers (u-vormig); dwars-plooie om nek tot oor bors.

3. Voorkwart Ideaal Afwykings Prulfoute

Breed, diep en beter ontwikkel by ramme as ooie.

Matige afwyking van die ideaal.

Te smal en gebrek aan diepte en breedte, swak ontwikkeling in voorkwart.

4. Skof en skouers Ideaal Afwykings Prulfoute

Breed, vol, gelyk en goed aangeheg met middestel en nek.

Matige los skouer. Los skouers, skerp of geknyp agter skouers. (Duiwelsgreep)

5. Middestel 5.1 Rug en Lende

Ideaal Afwykings Prulfoute Reguit rug (toplyn), sterk en breed, lende gelyk met rug en kruis, met goeie bespie-ring oor rug en lende.

Gebrek aan diepte, breedte, lengte en bespiering.

Hol of krom rug, swak bespiering en afwesigheid van bespiering en breedte.

5.2 Ribbe en Flanke Ideaal Afwykings Prulfoute

Goeie ribsprong (kapa-siteit), diep en vol in flanke. Ooie wigvormig.

Effe swakker ribsprong. Plat ribbe, gebrek aan diepte en breedte en opgesny in flanke

Page 10: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

10

(silindries). 6. Agterkwart

6.1 Kruis Ideaal Afwykings Prulfoute

Goeie lengte van kruis (tussen sit en heupbene) goed gevleis en breed tussen heupbene, draai en sitbene.

Te plat, te kort en hangkruis. Matige vetlo-kalisasie by ouer ooie.

Oormatige hang of dakkige kruis. Spits-vormige kruis en vetloka-lisasie op en tussen sit-bene.

6.2 Boude en dye Ideaal Afwykings Prulfoute Buite- sowel as binnedye baie goed gevul, diep gevleis (bespiering), breed aan agter- en sy-kante met baie goeie bespiering.

Minder goed gevul in dye (swakker bespiering). Matige vetlokalisasie, veral in binnedye.

Swak gevleis in binne- en buitedye, oormatige vet-lokalisasie veral in binne-dye.

6.3 Bene en Kloue Ideaal Afwykings Prulfoute

Bene sterk en vierkantig geplaas en van middel-matige lengte. Kloue sterk en amberkleurig, kote kort en sterk.

Kloue effe oop aan voor-kant. Effe regop hake. Effe x-benig (voorbene). Effe koeihakig (agter-bene) of bakbene. Swart kloue met wit strepe wat deur klou loop. Koot-gewrigte matig lank of slap.

Agterbene dun, nou stand, koeihakig, sekel-vormig of te regop hake. Voorbene dun, nou of x-vormig. Kloue wyd oop aan voorkant of lank. Swart kloue (agt swart kloue). Kootgewrigte wat deurtrap.

7. Geslagorgane - Ooie Ideaal Afwykings Prulfoute Goed gevormde uier met spene van normale grote. Pigment op vrou-like geslagsorgane, uier en spene.

Min pigment op vroulike geslagsorgane, uier en spene.

Afwesigheid van een of albei spene, dooie spene, absesse aan uier. Uier waarvan slegs een deel funksioneel is. Oor-matige groot of te klein spene. Swak gevormde uiers (uitsak).

8. Geslagsorgane - Ramme Ideaal Afwykings Prulfoute

Beide testikels (teelballe) aanwesig, ewe groot en van normale grootte met ongesplete skrotum, bo-

Skrotum effe te kort, effe te lank of effe gesplete.

Sonder of slegs een testikel, of wat in groote verskil. Abnormale of te diep gesplete skrotum

Page 11: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

11

kant haaklyn Testisomvang: 12-15 mnde - 30 cm 15- 18 mnde - 32 cm 19 mnde en ouer -33 cm

wat 3 cm oorskry. Vergrote bybal en ab-sesse in skrotum. Testis-omvang kleiner as mini-mumgrootte vir ouder-dom. Skrotum te laag-hangend onder hakke (pendulum).

9. Vetverspreiding Gebruik diskressie by dragtige ooi en ouer diere

Ideaal Afwykings Prulfoute Vetbedekking met ega-lige verspreiding.

Matige vetlokalisasie.

Oormatige vetlokalisasie.

10. Wol Wollengte vir Nasionale Veiling en Nasionale- Provinsieal- en Streekskoue

Maksimum 3cm Ideaal Afwykings Prulfoute

Witwol vry van kemp en gekleurde vesel in die vag.

Sterk harige vesel in broek. Mate van kemp in gesig, bene en rondom geslagsorgane.

Kemp of gekleurde vesel in vagwol.

11. Pigment Ideaal Afwykings Prulfoute

Ligte pienk vel. Bruin ge-pigmenteerde ooglede en geslagorgane, uier en spene.

Te min pigment. Kleiner kolle van swart of bruin pigment op vel rondom bek en neusgate (kleiner as 1cm). Kolle op ore wat met swart of bruin hare bedek en kleiner as 2 cm is. Donker vel-pigment om die oë so breed as 1 cm reg rondom is aanvaarbaar solank dit aan die oog-lede raak.

Geen pigment om oë by ramme en ooie. Swart of bruin kolle op ore wat met swart of bruin hare bedek is wat 2 cm oorskry. Swart of bruin kolle aan bene (Sandy legs). Kleiner kolle van swart of bruin pigment op vel rondom bek en neusgate wat 1cm oor-skry.

LW.:-Wanneer ‘n skaap beoordeel of gekeur word, moet daar nie blindgestaar word teen een eienskap alleen nie, maar in geheel gesien word.

Page 12: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

12

10. AFKEURKODES / CULLING CODES

Beskrywing

agterkwart - nou plat dye agterkwart – vlak

lyf - nou (platsydig) lyf - kort & bonkig (ponie)

lyf - kort diepte (vlak) lyf - grootte (indeks) klein dier

bouvorm – holrug bouvorm – duiwelsgreep

bouvorm - kort nek bouvorm - plooie & kraag

bouvorm – hangkruis bouvorm - los skouer

bouvorm - u-nek kop - geen karakter

kop – swakoogbanke kop – horings

kop - ingerolde ooglid kop – wangplooie

kop - fyn kop kop - lang onderkaak, voerbek

kop – skewegesig kop - kort onderkaak, kort onderbek

kop – wolgesig agterbene – krombene agterbene – koeihakke agterbene – sekelhakke agterbene - swak kote

agterbene - reguit hakke voorbene - x-bene

voorbene - swak kote voorbene - gesplete kloue of poot

foute voorbene - breek weg

pigmentasie - pienk ore pigmentasie – kloue

pigmentasie - te min pigment pienk oog

pigmentasie – gesig pigmentasie - bene (sandy legs)

pigmentasie - pigment in wol reproduksie - besmette teelballe of uier

reproduksie - tweeslagtig (hermafrodiet)

reproduksie – onvrugbaar reproduksie - onvoldoende melk

reproduksie - geen teelballe reproduksie - een teelbal

reproduksie – hangskrotum reproduksie - gesplete skrotum

Kode/ Codes

AP AV BF BP BS BW CH CD CN CP CR CL CU HC HP HH HI HJ HB HO HS HU HW LB LC LH LP LS LX LK LG

LW PE PH PL

PF PS PW RD

RB RI

RM RO RI RP RS

Description

Hind quarter-flat thighs hind quarter- depth

body-flat body short and chunky(pony)

body-lacking depth body-size(index)small

build-saddle-back conformation-devils grip conformation -short neck

conformation -pleats and collar conformation - sloping rump

conformation - loose shoulder conformation - u-shaped neck

head-lacking character head- weak eyebrow-ridge

head-horns head- folded-in eyelid

head-cheek pleats head-fine head

head- long under jaw head-skew face

head- short lower jaw head-woolly face

hind legs- bandy legs hind legs-cow hocks hind legs-sickle hocks

hind legs-weak pasterns hind legs-straight hocks

front legs-X-shaped front legs-weak pasterns front legs- cloven hooves

front legs - break away pigmentation-pink ears

pigmentation-claws pigmentation-lack of pigmentation-pink

eye pigmentation-face

pigmentation-sandy legs pigmentation-pigmentation in wool

reproduction- contaminated testicles or udder

reproduction-hermaphrodite reproduction-infertile

reproduction-insufficient milk reproduction-no testicles reproduction-one testicle

reproduction-hanging scrotum reproduction-split scrotum

Page 13: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

13

reproduksie - ingerolde spene reproduksie - onderontwikkelde

teelballe reproduksie - onvoldoende libido, swak

dekvermoë voorkwart - nou (plat)

voorkwart – vlak wol - gekleurde wol (swart kolle)

wol – kemp wol - harige broek & primere vesel

RT RU

RV

VP VV WY WH WK

reproduction-involuted teat reproduction underdeveloped testis

reproduction –insufficient libido, poor mating ability

forequarter-narrow(flat)

forequarter- lack of depth wool-coloured or black spots

wool-kemp wool-hairy and primary fibres

11. PUNTESTELSEL/POINT SYSTEM

Uitstekend Baie goed

Goed Bo gemiddeld

Gemiddeld Onder gemiddeld

(teler het opsie om te prul) Swak (prul)

Baie swak (prul) Uiters swak (prul)

9 8 7 6 5 4

3 2 1

Excellent Very good

Good Above average

Average Below average

(breeder has the option to cull) Bad(cull)

Very bad(cull) Extremely bad(cull

12. REGISTRASIE, REKORDHOUDING, ALGEMEEN 12.1 REGISTRASIE 12.1.1 Aansoek om as Dormerteler te registreer word gedoen by die:

Dormer Skaaptelersgenootskap van SA Bus 506, Bloemfontein 9300

Tel: 051 410 0958 Faks: 051-448 4220

12.1.2 Oordragte (verkope)

Die verkoper moet die Dormer-kantoor in kennis stel van diere wat verkoop is, datum van verkoop, nommers van geregistreerde diere asook van diere wat geskik is vir registrasie en die naam en adres van die koper verstrek. Die aansoek om oordrag moet binne 30 dae na aflewering geskied en die sertifikate van die betrokke diere moet die kennisgewing van oordrag vergesel.

Page 14: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

14

12.1.3 Kennisgewing van kansellasie

Indien ‘n dier wat geregistreer is of vir registrasie geskik is, gekastreer of gesteriliseer word, of nie voor 3 jaar ouderdom lam nie, geslag of vir slagdoeleindes verkoop word, dood is, ens. moet die kantoor binne 30 dae van sodanige gebeure verwittig word. Die registrasiesertifikate van die betrokke diere moet saam met die kennisgewing van kansellasie en tesame met die datum van gebeure aan die Dormer-kantoor gestuur word. Gedurende April stuur Stamboek heffingslyste d.i. lyste van alle diere wat in ‘n lid se besit aangeteken is, aan lede. Die lyste moet u moet kontroleer. U moet die diere wat nie meer in u besit is nie, om watter rede ookal, skrap. Die drukstuk moet aan Stamboek voor einde Junie teruggestuur word. Indien u nalaat om die gekontroleerde lys terug te stuur, word u gedebiteer met al die diere wat volgens Stamboek se rekords in u besit is. Om u behulpsaam te wees stuur die Genootskap in Maart en Oktober inspeksie drukstukke uit om op hierdie wyse u rekords op datum te hou. Hierdie lyste word ook vir keuring van u diere gebruik. Die keurder moet ook die diere wat nie vir keuring voorgebring word nie, waar van toepassing, skrap. Op hierdie manier bly u rekords op datum.

12.2 REKORDHOUDING

Paringslyste

Lamboek (boek van u keuse)

Geboortekennisgewingboek

Met paartyd word ‘n lys opgestel met die nommer van elke ooi asook die van die ram waar-mee sy ge-paar word. Hierdie vereiste maak dit moontlik dat elke lam by geboorte geïdentifiseer kan word.

Binne twee dae na geboorte moet die volgende aangeteken word :- Identifikasienommer van lam, numeries aangeteken en begin elke jaar by 1 Geboortedatum Geslag van die lam (ram of ooi) Geboortestatus (enkel, tweeling of drieling) Massa van lam by geboorte (opsioneel) Nommer van moeder

‘n Geboortekennisgewing-boek moet vanaf die Dormergenootskap aange-vra word. Alle lammers, lewend of dood, moet binne 200 dae na geboorte aangemeld word. Geboortekennigewings van lammers wat verwek is deur ramme wat nie in besit van die eienaar is nie, moet van ‘n dekkingsertifikaat vergesel word. Geboortekennisgewings van lammers verwek deur kuns-

Page 15: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

15

Nommer van vader Opmerkings bv. lam dood by geboorte, voor geboorte of enige ander afwyking by die lam. Ook afwyking by die ooi, bv melk, ooi siek, ens.

matige inseminasie moet geëndosseer word “deur KI verwek” en deur ‘n voltooide sertifikaat van inseminasie vergesel word. Die vereistes vir kunsmatige inseminasie word volledig in die grondwet omskryf.

12.2.1 MERKSISTEEM VAN DORMERS

a) Oorsnynommer (oorkode-knippe)

Die oorsnynommer word binne twee dae na geboorte van die lam aan die ore aangebring in volgorde van geboorte. Elke jaar moet by nommer 1 begin word. Die oorsnymerk word met ‘n spesiale tang gedoen waar ‘n stukkie van die oor uitgeknip word om ‘n syfer voor te stel. Hierdie metode van identifikasie is permanent en kan nie, soos in die geval van ‘n plaatjie, uitval nie (sien aangehegte voorbeeld).

b) Oorplaatjienommer

Wanneer ‘n oorplaatjie i.p.v. ‘n oorkodeknippe gebruik word, moet dit ook binne twee dae na geboorte, verkieslik aan die linkeroor aangebring word. Enige van bostaande identifikasie-metodes of albei mag vir jong lammers gebruik word. Tatoeëring is egter die erkende identifikasie metode. Alle lammers moet voor 10 maande getatoeëer word.

Bokant van plaatjie

Onderkant van plaatjie (Opsioneel)

Identifikasieletter van teler d.i. die (KKL) kuddeken-merkletter Jaartal verkort Oorsny bv. AN5.156

Ooifamilie nommer Verkorte nommer van vader

AN5.156 4.106

Page 16: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

16

c) Tatoeëernommer

Regteroor

Linkeroor

Teler se KKL (kuddekenmerkletter) en jaartal verkort bv. AN5 (AN = kuddekenmerk; 5= 2005)

Oorsnynommer bv 156

Tatoeëernommers moet binne tien maande na geboorte aangebring word en wel voordat ‘n lam verkoop word.

12.2.2 METODE VAN TATOEËRING

Voor dat u begin tatoeër, was ore uit met ‘n nat lap wat in ‘n mengsel van “sunlight liquid” en water, gedruk is, om enige vetterigheid uit ore te verwyder. Plaas spykernommers wat getatoeër moet word, korrek in tang en toets op papier of nommers korrek ingesit is. Plaas die tang in die middel van die oor tussen die twee groot nerwe en druk deur die vel tot in die kraakbeen, maar nie dwarsdeur die oor nie. Rol nou tatoeër aanrolvloeistof oor gaatjies in oor en druk oor tussen duim en wysvinger , die vloeistof in tatoeëring in. Om seker te maak herhaal proses.

12.2.3 DIE IDENTIFIKASIELETTERS VAN ‘N TELER

Wanneer aansoek vir registrasie as teler gedoen word , word ‘n kode di. die KKL bv. AN hom toegeken vir sy uitsluitlike gebruik vir die identifikasie van die diere deur hom geteel. Hierdeur kan die teler van ‘n dier geidentifiseer word . Ingevolge die Veediefstalwet is hierdie identifikasie ‘n vereiste. Die kode bv AN word in die regteroor getatoeëer saam met die verkorte jaar identifikasiesyfer bv 5 (vir 2005) – AN5. Bykomende Oorkode-knippe en Tatoeëering informasie.

Page 17: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

17

13. PRODUKSIE AANTEKENING (IN KORT)

Produksie aantekening is verpligtend en die speenmassa van lammers moet op ongeveer 100 dae ouderdom aangeteken word. Dit is die Fase A groeitoets. Deur hierdie 100 dae speenindekse binne 'n stoet of kudde met mekaar te vergelyk, word die swakker groeiers uitgeskakel en dien ook as seleksie hulpmiddel. Die 100 dae groei indeks is ook 'n aanduiding van die moeder se melk en moedereinskappe. Eerstens word lamgegewens in groepe verdeel (lammers as groepe gebore) en gemerk groep een of twee, ens. om as een groep verwerk te word. Die teler se lidnommer word aangeteken, die moeder, die vaar en die lam se identifikasienommers, asook die lam se geboortedatum, geboorte massa (indien beskikbaar), die speendatum, die massa van lam op daardie datum en enige opmerkings. Hierdie skaap inligtingsvorms kan vanaf die Dormer kantoor aangevra word. Geen geboorte- en speendata sal na 200 dae ouderdom aanvaar word nie.

14. KEURING VAN JONG DIERE

‘n Teler kan sy diere laat keur wanneer hulle volgens hom in die beste kondisie is. ‘n Dier onder 10 maande en bo 2 jaar kwalifiseer nie vir registrasie nie. Die maksimum wollengte vir inspeksie is 3 cm. Die Dormer-kantoor moet gekontak word indien u inspeksie verlang sodat die inspekteur, naaste aan u plaas, u kan besoek. Die inspekteur mag ‘n fooi vir die reiskoste van u verhaal. ‘n Keuringslys word vanaf die Dormer kantoor aangevra sodat die inspekteur op hoogte kan wees met die diere wat geskik is vir registrasie. Stel gegewens soos groei-indekse, geboortestatus (enkel of meerling) aan die inspekteur beskikbaar om meer doeltreffend te kan keur.

15. OPGRADERING

Opgradering by Dormers kan geskied deur Dormerramme met enige witwolras te paar maar die vinnigste resultate word verkry deur vleistipe-ooie soos die SA Vleismerino as basis-ooi te gebruik.

15.1 Opgradering uit ‘n suiwer Dormerkudde

a) Hulpstamboek A

Page 18: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

18

Enige Dormerooi wat afstam uit ‘n kudde waar die teler bevredigende bewys van afstamming kan lewer en wat aan die minimum rasstandaarde en al die vereistes vir registrasie voldoen sal geskik wees vir registrasie in die Hulpstamboek A-afdeling van die Kuddeboek.

b) Hulpstamboek B

Die vroulike nageslag van ‘n Hulpstamboek A Dormerooi gepaar met ‘n volgeregistreerde Dormerram wat voldoen aan die minimum rasstandaarde en al die vereistes vir registrasie sal geskik wees vir registrasie in die Hulpstamboek B afdeling van die Kuddeboek.

c) Volgeregistreerde Kuddeboek

Die vroulike nageslag van ‘n Hulpstamboek B ooi verwek deur ‘n vol geregistreerde Dormerram wat voldoen aan die minimum rasstandaarde en al die vereistes vir registrasie sal geskik wees registrasie in die Volgeregistreerde Kuddeboek.

Dorset Horn x SA Vleismerino x Volgeregisteerde Dormerram

Basis ooi x Volgeregistreerde Dormerram

F1 x Volgeregistreerde Dormerram

F2 x volgeregisteerde Dormerram F3

Kommersiële Dormerkudde

Hulpstamboek A x Volgeregistreerde Dormerram

Ooie

Hulpstamboek B x Volgeregistreerde Dormerram

Ooie

Volgeregistreerde x Volgeregistreerde Dormerram

Ramme en ooie geregistreerd

Page 19: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

19

16. DIE DORMER GENOOTSKAP VAN SUID AFRIKA

Minimum rasstandaarde

16.1 Produksie en groei Die Raad mag die Sekretaresse opdrag gee om die aantekening of registrasie van ‘n dier te kanselleer indien die dier nie voldoen aan die volgende minimum standaarde nie.

16.2 Reproduksie

a) Ooie moes op 24 maande reeds gelam het of dragtig wees (geskandeer). b) Sou ‘n ooi meer as twee keer oorgeslaan het op 24 maande (teen watter tyd sy behoort vir die eerste keer al gelam het) sal sy geprul word.

16.3 Melkproduksie

‘n Ooi mag nie meer as twee lammers speen met indekse laer as 90 gedurende haar produktiewe lewe nie. Sou dit gebeur, sal die betrokke ooi outomaties deur die genootskap geprul word.

Ooie Ramme Alle ooie moet geinspekteur word voor die ouderdom van 24 maande en moes ‘n minimum speenindeks van 90 behaal het. Enige afwyking in dié opset kan aan die Raad voorgelê word vir oorweging gepaard met ‘n skriftelike motivering. In verband met die nasionale veiling moet alle ooie ‘n speenindeks van 90 of hoër behaal het.

Alle ramme moet voor die ouderdom van 24 maande geinspekteur word en moes ‘n minimum speenindeks van 90 behaal het. Inspekteurs mag in uitsonderlike gevalle hul diskressie gebruik. ‘n Ram met ‘n speenindeks onder 90, mag gekeur word indien dit uitsonderlike bespiering en vleis eienskappe vertoon. In verband met die Nasionale veiling is ‘n indeks onder 90 nie aanvaarbaar nie.

17. SKOURING PROSEDURE 17.1 Ringbeamptes

Junior beoordelaars beoordeel gewoonlik saam met Senior beoordelaars op skoue, maar kan ook as ringbeampte optree op skoue. Dit is belangrik dat die ringbeampte op hoogte moet wees met die

Page 20: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

20

rasstandaarde en ringprosedure. As die ringbeampte nie weet wat om te doen , word ‘n swak indruk geskep vir vertoners en toeskouers – en as geheel benadeel dit die algehele beeld van die ras. Almal sal seker nie optree as beoordelaars op Nasionale of Streekskoue nie, maar daar kan wel wees wat as ringbeampte sal optree. Om ‘n goeie beoordelaar te wees is dit ook nodig om te weet wat die pligte van ‘n ringbeampte is.

17.1.1 Pligte van ringbeamptes

Die ringbeamptes moet toesien dat die ouderdomme van die skape ooreenstem met die inskrywings van die spesifieke klasse. By die meeste plaaslike skoue word op tande beoordeel, byvoorbeeld ongewissel, tweetand, viertand, sestand en volbek. Dit is maklik om op tande te kontroleer. Onthou as ‘n skaap wissel of ‘n ekstra tand bykry, word die dier outomaties in die volgende (ouer) klas geplaas. Voor u so ‘n dier oorsit na ‘n ander klas moet u dit eers bevestig met die beoordelaar. By die Nasionale-, Provinsiale- en Streekskoue word die ouderdom van die diere bepaal in jare en maande soos neergelê deur die Genootskap. Op sommige plaaslike skoue word ook hierdie metode van ouderdomsbepaling gebruik. Vir Nasionale- en Provinsiale skoue stuur die vertoners die nommers van die betrokke diere na die Dormer Genootskap, waar dit deur die sekretaris nagegaan word en die inskrywings daarna na die Skougenootskap gestuur word. By Streekskoue word die inskrywings direk na die Skougenootskap gestuur en word dit nie deur die Dormer Genootskap gekontroleer nie. Die ouderdomme soos deur die vertoner op die inskrywingsvorm aangedui word aanvaar. Nogtans is dit raadsaam om by ‘n Streeksskou u geboortekennis-gewingboek saam te neem vir ingeval daar dalk ‘n probleem mag opduik. Dit is die taak van die ringbeamptes om te bevestig dat die nommers van die diere wat vir ‘n klas inkom, ooreenstem met die in die inskrywingsboek. Die vashouer dra die kaart met die nommer by hom, of dit hang om die skaap se nek wat ooreenstem met die nommer in die boek. Dit is ‘n nommer wat aan die eienaar toegeken word vir daardie spesifieke inskrywing en verskyn in die boek naas die naam van die teler en langs die oor tatoeëernommer van die dier. Daarom moet die ringbeamptes veral by Nasionale Skoue baie seker

Page 21: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

21

maak dat behalwe die nommer van die kaart ook die oor tatoeëernommer van die dier wat vir die klas ingebring word, ooreenstem met die oornommer in die boek. (‘n Dier wat onttrek is, kan nie vervang word die dag van die beoordeling nie, aangesien die kantoor dit moes kontroleer. So ‘n plaasvervanger kan deurglip as daar nie na die oornommers ook gekyk word nie.)

17.1.2 Klasse vir Nasionale-, Provinsiale- en Streekskoue:

1. Enkel inskrywing – ramme en ooie • Onder 3 maande – Lam word op hoef as slaglam

beoordeel • 3 tot 6 maande • 6 tot 9 maande Lammers uit bogenoemde drie klasse kom in aanmerking vir die Kampioen en Reserwe Kampioenlam. • 9 tot 12 maande • 12 tot 15 maande • 15 tot 18 maande Diere uit bogenoemde drie klasse kom in aanmerking vir die Junior en Reserwe Junior Kampioen. • 18 tot 24 maande • 24 tot 36 maande • oor 36 maande Diere uit bogenoemde drie klasse kom in aanmerking vir die Senior en Reserwe Senior Kampioen. Groot Kampioen – Afkomstig uit die kampioene van bogenoemde klasse.

2. Groepsklasse – ramme en ooie

• Groep van 3, onder 12 maande • Groep van 3, 12 tot 18 maande • Groep van 3, oor 18 maande

Page 22: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

22

3. Teelgroepe • Teelgroep bestaande uit 2 vroulike diere en 1 ram

afstammeling van dieselfde vaar. • Junior teelgroep bestaande uit 3 vroulike diere en 1 ram

onder 18 maande. • Senior teelgroep bestaande uit 3 vroulike diere en 1 ram oor

18 maande. a) Nadat die skape almal in die ring is, plaas die ringbeampte die skape in ‘n ry met hul agterkwarte na die beoordelaar met ‘n goeie spasie tussen die skape. Die ringbeampte moet toesien dat die skape regstaan. Wanneer die klas gereed is, sê die ringbeampte vir die beoordelaar dat hy kan aangaan. Daar word eers na die funksionele vereistes gekyk. b) Dit is die ringbeampte se werk om die skaap te draai – na voor, kant, om te laat loop, ens. – met ander woorde soos die beoordelaar dit wil hê. Onthou om indien moontlik, so min moontlik te draai – die vashouers moet die hele dag skape vashou. Dis beter om, indien die spasie dit toelaat, die skape so te laat staan wanneer na voor en na agter gekyk word, sodat die beoordelaar om die skape kan loop en die diere nie onnodig gedraai word nie, tensy die ring so is dat die skaap gedraai moet word sodat die vertoners en belangstellendes ook kan sien c) Die ringbeampte moet ‘n goeie kennis dra van die ras sodat hy behulpsaam kan wees indien die beoordelaar hom sou vra. Op klein skou is die beoordelaar gewoonlik alleen en dis goed as hy sy gedagtes met iemand kan deel. Die ringbeampte moet net nie probeer om die beoordelaar te oortuig nie. Dit is etiket, veral by SA-, Provinsiale- en Streekskou dat die ringbeampte eenkant staan as sy werk afgehandel is en nie probeer inmeng of saampraat met die beoordelaars nie. d) As die beoordelaar sy finale plasing gegee het, neem die ringbeampte die naam of nommer van die wenners. Terwyl hul in die ring bly, word die res van die skape uitgestuur. Die ringbeampte kry die nodige pryskaarte by die kantoor en neem die name van die wenners na die aankondiger. e) Die ringbeampte neem die pryskaarte na die beoordelaar

Page 23: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

23

vir sy handtekening en gee dit dan aan die vertoners of aan ‘n borg vir oorhandiging. f) Die ringbeampte prul nie skape nie. Dit is die werk van die beoordelaar (kort bek, wol te lank, ens). g) Wanneer die beoordelaar ‘n skaap prul, is dit die ringbeampte se werk om toe te sien dat die skaap nie in die ring kom in die groepklasse nie. Die skaap is geprul en mag onder geen omstandighede weer in die ring kom nie. Die ringbeampte kan die nommer van die dier wat geprul is neerskryf en die dier met byvoorbeeld ‘n aerosol merkstof merk om dit te identifiseer sodat die dier wat geprul is nie weer in die ring kom nie. Dit vergemaklik ook die beoordelaar se werk byvoorbeeld by groot skoue waar daar baie diere vertoon word. Die ringbeampte sowel as beoordelaar moet onthou dat die wollengte van Dormers nie langer as 3 cm moet wees nie. Dit is weereens die beoordelaar se besluit of die wol te lank is – nie die ringbeampte nie.

17.2 BEOORDELAAR

Wanneer al die skape in die ring is en die werk van die ringbeampte afgehandel is, sal hy die beoordelaar aansê om te begin. Heel eerste word na funksionele vereistes gekyk, want as daar 'n prulfout op 'n skaap is, is dit onnodig om verder na daardie spesifieke skaap te kyk. Hy word dan geprul. Vra die ringbeampte om die dier te merk en uit die ring uit te sit (dit is om te verseker dat die dier nie weer in die groepklasse vertoon word).

Met die skape wat met hul agterkwarte na die beoordelaar staan, begin kyk na die tande, kortbek, langbek en kyk of dier byvoorbeeld in die 2 tand klas pas. Kyk na die volgende - die kaak- is daar oormatige wol? Die oë -invou ooglede, pigment? Die horings - is dit los of vas of is die hamelhoring afgeknip? Is daar tekens van horingknippies by ooie? Voel met die hande af met die rug om 'n idée te kry van die bouvorm van die skaap, die breedte van die lende. Voel die stert wortel - dit gee jou 'n idée van hoe breed die skaap is. Voel die breedte van heupknop in die boud (draaiers). Voel ook die sprong van rib en die vetverspreiding van die dier. By ramme voel ons die testikels en by ooie die uier.

Page 24: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

24

By ramme kyk ons na:

1. Een of geen testikels 2. Een testikel groter as die ander 3. Enige harde letsel op die testikels 4. Vergrote bybal en/of gewasse op stringe. 5. Oormatig klein 6. Oormatig lank 7. Testes omvang: 12 tot 15 maande – 30 cm 15 tot 18 maande – 32 cm oor 19 maande – 33 cm By ooie kyk ons na:

1. Een speen of dooie spene 2. Klein speentjies in ouer ooie wat reeds moes gelam het (vertoners kan met geboortekennisgewings – lammers aangeteken, maar ooie het gelam). 3. Knoppe of absesse in uier.

17.2.1 AANBEVELING VIR PRAKTIESE BEOORDELINGSPROSEDURE:

As al die punte klaar is, laat die skaap loop om te sien hoe sy bene lyk - die hakke, kloue, kootgewrigte en los skouers. Moet nooit 'n skaap plaas voordat die dier geloop het nie.

Op die stadium het ons nog nie die skape geplaas nie. Nou beoordeel ons die ander vereistes naamlik, - produktiewe, fisies en balans. Kyk hul van agter vir goeie boude en bene. Kyk van die kant af vir lengte van die lyf, bolyn, nekaansluiting en skouers - ook diepte van middestel en ribsprong. Kyk van voor vir bors, bene, kop en houding. Kyk na elke skaap, maak nie saak hoe swak dit is nie. Onthou dat die inskrywingskoste net soveel is as die van die beter skape. Onthou ook waarom u nie 'n skaap geplaas het of waarom u 'n tweede of derde prys toegeken het - die eienaar van daardie dier kan u moontlik vra vir 'n verduideliking; wees tog diplomaties al is die skaap ook geprul.

As u goed na elke inskrywing gekyk het, haal u die moontlike wenners uit. As die spasie beperk is gaan die res uit of gaan net eenkant staan. Nou kan hul weer van agter, voor en van die kant gekyk word.

Page 25: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

25

Sit twee langs mekaar en vergelyk hulle eienskappe. Voel weer die breedte van die skaap tot u tevrede is met u eerste tweede en derde keuse. Maak seker van u redes waarom die een bo die ander geplaas word. Wanneer finale besluit geneem word plaas die diere van links na regs of van regs na links.

Wanneer die beoordelaar tevrede is met sy plasing, sê hy vir die ringbeampte dat hy klaar is. Hy teken die pryskaarte wat die gids bring en wag vir die volgende klas. Die beoordeling van die kampioene is soms die maklikste, want hier is dit nie nodig om weer na funksionele vereistes te kyk nie - daar is reeds daarna in die enkelklasse gekyk.

Daar is egter 'n paar reëls om te onthou.

a) ‘n Skaap kan nie in die kampioenskappe af geplaas word omdat een of ander funksionele vereiste nie reg is nie. As 'n dier eerste geplaas was in sy klas is hy goed genoeg om Kampioen te wees. b) Sodra die kampioen uitgewys is uit die eerste pryse, moet daar gevra word vir die tweede prys in sy klas om saam met die ander eerste pryse in aanmerking te kom vir die reserwe kampioen. Die beoordelaar moet nie net op die ring beampte staatmaak om diere te identifiseer nie, maar moet daarop ingestel wees om ook self die diere te onthou. Die kampioene word net soos die ander klasse beoordeel op beste agterkwart, bolyn, voorkwart, ens. Kyk na die dier met die minste foute. Die groep klasse is hoe goed die groep bymekaar pas, gepaard gaande met goeie ras eienskappe. Die eenvormigheid van die groep is die bepalende faktor. As daar 'n groot aantal groepe in die ring is en die ring is te klein, is dit 'n goeie plan om die skape die 50% links en die 50% regs te draai. Dan kan u om hul beweeg sonder dat die hanteerders hulle omdraai. Gewoonlik word die enkel inskrywings ook vir die groepklasse gebruik. As daar egter 'n dier inkom wat nie alreeds in die enkel klasse beoordeel is nie, moet daar weer na die funksionele vereistes gekyk word. Probeer om al die pryswenners te onthou sodat u na die beoordeling van elke klas, die redes vir u plasings kan gee.

Page 26: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

26

Erkenning

Stellenbosch\Elsenburg Landboukollege Vir die ontwikkelling van die Dormerras gedurende die depressiejare na deeglike en intensiewe navorsing.

Mnr LH Bartel Argitek van die Dormerras by wie die gedagte ontstaan het om ‘n nuwe ras te skep. - Oorlede 1944

Mnr JF du Toit Mnr Bartel se opvolger in 1944, aan wie dit opgedra is om die projek voort te sit. - Oorlede 1947 Mnr IL Ferreira Boumeester van die Dormerras wat in 1947 die belangrike taak moes oorneem en voltooi. - Oorlede 2011 Persone en instansies Vir u liefde en toewyding aan die Dormerras wat steeds voortgesit word.

Page 27: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

27

1. PRODUKSIE AANTEKENING EN TEELWAARDE-EVALUASIE

- Verkorte weergawe - Japie vd Westhuisen & Leslie Bergh DVI – Irene.

Die doel van enige teler behoort te wees om die genetiese verbetering van sy ras (kudde) so doeltreffend moontlik te bewerkstellig. Dit hang van twee faktore af nl. – die mate van genetiese variasie binne die ras of kudde die akkuraatheid waarmee die teler diere met hoë genetiese

meriete identifiseer Die akkuraatheid van identifikasie kan verhoog word deur in die eerste plek diere objektief te meet vir die eienskappe waarvoor daar geselekteer wil word. Elke dier moet in alle gevalle binne ‘n teler se kudde met ‘n groep (tydgenote) gemeet en vergelyk word. Hierdie metings word moontlik gemaak deur deelname aan een van die afdelings van die Nasionale Veeverbeteringskema soos die Kleinvee Produksie aantekening. Met die objektiewe metings beskikbaar, kan dit met behulp van gemengde model metodologie aangewend word om die werklike genetiese meriete met akkuraatheid te voorspel. Die sogenaamde voorspelde teelwaardes (EBV) is die beste onsydige beramings (BLUP) van die werklike teelwaardes van die betrokke diere. Teelvordering geskied dus baie vinniger as wanneer hierdie hulpmiddels nie gebruik word nie.

1.1 Fase A Evaluasie van die ooi en lam. Hierdie fase is verpligtend vir Dormer stoettelers.

geboortemassa

binne 36 uur

opsioneel

42 dae massa

3 - 70 dae

opsioneel

100 dae massa

71-130 dae

verpligtend

ooimassa

geboorte\speen\paring

opsioneel

Page 28: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

28

1.2 Fase B Naspeen groei van lammers

250 dae massa

131-175 dae

200 dae massa

176 - 240 dae

270 dae massa

241 - 300 dae

365 dae massa

301 - 400 dae

Ten minste een van bogenoemde metings is verpligtend om aan Fase B deel te neem.

1.3 Fase C Die doeltreffendheid van voeromset asook groeitoename van lammers

onder gekontroleerde toestande by ‘n sentrale ramtoetssentrum.

1.4 Fase D Groeitoets vir jong ramme (op die plaas). Jong ramme (net na speen) word in ‘n amptelike groeitoets ingeskryf wat op die plaas gedoen word.

1.5 Fase E Die kwalitatiewe en kwantitatiewe karkaskomponente van ‘n ram se nageslag word bepaal.

Deelname aan die Nasionale Kleinvee Produksie aantekening skema behels die insameling en aantekening van produksie gegewens. Hierdie data word verwerk en behoort doelgerig deur telers gebruik te word in seleksieprogramme. Die skema word in vyf fases verdeel waarvan drie nl. Fases A, B & D aktief bedryf word. Die toets duur ‘minimum van 60 dae (intensief) of 90 dae.

Aanpassingsmassa

Beginmassa

2-week massa

Eindmassa

LIGGAAMSMATES AAN EINDE VAN TOETS

Skouerhoogte

Skrotumomtrek

Liggaamslengte

In Fases A & B word alle massametings deur die teler self geneem en op die amptelike datablaaie aangeteken en aan die Dormer Genootskap gestuur. Fase D word deur beamptes van die Instituut gekontroleer en die toetsprosedures ens. word deur beamptes van ‘n streekkantoor in samewerking met die teler beplan.

Page 29: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

29

2. AKKURATE BERAMING VAN TEELWAARDES

Die vergelyking van metings binne tydgenootgroepe (kontemporêre groepe) - die welbekende indekse - as aanduiding van teelwaarde het die tekortkoming dat diere nie geneties vergelyk kan word oor kuddes of oor jare nie. As diere binne behandelingsgroepe vergelyk word kan ‘n mens die aanname maak dat verskille tussen diere te wyte is aan genetiese verskille (die effek van die omgewing is dieselfde vir diere wat dieselfde behandeling ontvang het). Verskille in die prestasies van diere oor kudddes of jare kan egter te wyte wees aan verskille in omgewingseffekte. Die ontwikkelling van die sogenaamde gemengde model metodologie het juis daarna gestreef om diere oor behandelingsgroepe met mekaar te vergelyk. Op hierdie manier sal ‘n dier dus ‘n “universele teelwaarde” hê ongeag die kontemporêre groep waarbinne dit gemeet is. Teelwaardes op hierdie wyse beraam berus op die volgende belangrike beginsels: 1. Elke dier se meting moet binne ‘n kontemporêre groep gedoen word;

dit impliseer ook duidelike identifikasie en definisie van hierdie groepe as behandelingseffekte. Voorbeelde van sulke effekte is ras, kudde, geslag, geboortestatus, jaar, seisoen, ouderdom, voorkeurbehandeling, ens.

2. Verwantskappe tussen diere word in ag geneem. Diere wat aan

mekaar verwant is besit ‘n proporsie identiese gene. So bv. sal ‘n nageslaggroep van ‘n ram elk 50% van sy gene besit en 25% van mekaar se gene. Indien hierdie groep diere nou gemeet word in verskillende jare en\of kuddes is dit asof hy ook hierdie metings (in verskillende toestande) ondergaan. Daar kan dus met ‘n groter mate van akkuraatheid beraam word wat sy genetiese meriete is.

3. Die proporsie van die meting van ‘n eienskap wat deur genetiese

verskille tussen diere veroorsaak word (oorerflikheid) word in ag geneem.

3. WAT MAAK BLUP TEELWAARDES ANDERS?

1. Teelwaardes is onafhanklik van die kudde waarbinne metings plaasgevind het. Diere kan dus direk op nasionale vlak met mekaar vergelyk word.

Page 30: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

30

2. Teelwaardes is onanfhanklik van die jaar waarin dit gemeet is. Genetiese tendense kon dus vasgestel word. ‘n Ras (of kudde) kan sodoende bepaal of daar genetiese vordering of agteruitgang was.

3. Teelwaarde is dinamies. Dit word altyd uitgedruk relatief tot iets. So

bv. kan ‘n gemiddelde teelwaarde (nul) gestel word op die rasgemiddeld of as ‘n gemiddelde waarde van diere gebore in ‘n betrokke jaar (basisjaar). Namate data toegevoeg word (metings op jong diere) verander die populasie samestelling en kan ‘n betrokke dier se teelwaarde verander relatief tot sy rasgenote.

4. Per definisie is ‘n teelwaarde die waarde van ‘n dier as ouer met

betrekking tot ‘n spesifieke eienskap. Teelwaardes word dus uitgedruk in die eenhede van meting (bv kg) as ‘n aanduiding hoedanig ‘n teeldier se nageslag sal verskil (geneties) van die res van die populasie (ras). ‘n Teelwaarde van 2kg vir 100 dae massa beteken dus dat die dier geneties op 100 dae 2 kg beter is as die res. Sou so ‘n dier (teoreties) kan optree as ouer vir die hele volgende generasie diere, sal hierdie nageslag 1 kg (gemiddeld) swaarder weeg op 100 dae (LW die helfte van die gene kom van elke ouer af - dus die helfte van 2 kg).

4. VERANTWOORDELIKHEID VAN TELERS

Die akkuraatheid van teelwaardes op hoë vlak en die maksimum benutting daarvan rus op al die telers van ‘n ras. 1. Maksimum eerlike en akkurate metings. 2. Akkurate rekordhouding. 3. Benutting van teelwaardes.

PRODUKSIE AANTEKENING IS VERPLIGTEND BY DIE DORMERS!

5. BLUP (Best Linear Unbiased Prediction) Dr.CJB Nel (BVSc.)

Enige dier se voorkoms en produksie word bepaal deur sy eie genetika asook die omgewing waarin die dier moet presteer. By seleksie van teeldiere probeer ons om geneties voortreflike diere te selekteer en as ouers te gebruik om vir ons geneties voortreflike nageslag te produseer. Ons wil dus vanaf die dier se eie voorkoms en meetings voorspel hoe sy nageslag sal lyk en presteer. Die probleem met die seleksie van sekere genetiese eienskappe bv. groei is dat die omgewing, veral voeding, ‘n groot invloed op die uiteindelike produksie van die dier het. ‘n Dier wat nie voldoende voer kry nie, kan nie sy produksie potensiaal bereik nie, so is dit ook maklik om ‘n dier met swak genetiese potensiaal te voer sodat die

Page 31: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

31

dier beter vertoon as wat sy genetiese potensiaal werklik is. Blup teelwaardes se doel is om omgewingsfaktore te verwyder sodat diere slegs geneties met mekaar vergelyk word, maw probeer om meer akkuraat die prestasie van sy nageslag te voorspel.

Indekse meet ‘n dier se produksie binne daardie spesifieke groepie diere wat dieselfde behandeling ontvang het. So kan ‘n dier met ‘n ondergemiddelde indeks in een kudde geneties beter wees as ‘n ander dier met ‘n bogemiddelde indeks in ‘n ander kudde. Daarom kan indekse nie tussen kuddes vergelyk word nie. Teelwaardes aan die ander kant, kan wel tussen kuddes vergelyk word, mits dit betroubaar is en die minimum vereistes nagekom word.

Eenvoudig gestel word teelwaardes as volg bereken: Gestel ram A en ram B word op dieselfde 30 ooie gebruik, (al die omgewingstoestande is presies dieselfde vir die nageslag) en ram A se nageslag weeg 2kg swaarder as ram B se nageslag by speen, dan is ram A geneties daartoe instaat om lammers te teel wat 2kg swaarder sal wees as ram B se lammers.

In die Standaard Dormer katalogus word die volgende teelwaardes aangetref:

1) Speen Direk: Dit is ‘n aanduiding van die dier se direkte groeivermoë tot op speenouderdom.

2) Na Speen Direk: Dit is ‘n aanduiding van die dier se direkte groeivermoë na speenouderdom.

3) Speen Maternaal: Dit is ‘n aanduiding van die dier se melkproduksie, maw by ramme is dit ‘n aanduiding van hoeveel melk sy vroulike nageslag gaan hê.

4) Rew: Dit is ‘n relatiewe ekonomiese waarde wat speen, naspeen en reproduksie teelwaardes kombineer. Hierdie waarde moet net as riglyn gebruik word om die diere met die regte verhoudings tussen gemete eienskappe te identifiseër. As die waarde laag is beteken dit moontlik dat speen direk hoog is maar speen maternaal baie laag ens.

5) LamS: Die aantal lammers met speengewig aangeteken teenoor aantal keer gelam. Hierdie teelwaarde word uit die dier se stamboom bereken en ten minste drie generasies is belangrik. Gebruik dit in samewerking met die ram se moeder se aantal lammers gespeen per lamming, die OPI indeks, interlamperiode en ouderdom eerste lam.

Om teelwaardes maklik te vergelyk is simbole toegeken wat ook by die teelwaardes verskyn nl, * Top 10% van ras, + Top 40% van ras, = Binne 10%

Page 32: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

32

van rasgemiddeld, - Onderste 40% van ras, × Onderste 10% van ras. Die akkuraatheid van die teelwaardes verskyn ook langs die teelwaardes. Om teelwaardes te gebruik moet dit betroubaar wees. Vir die berekening van teelwaardes word ‘n dier se eie produksie asook die van sy familie en ook sy nageslag in berekening gebring, dus kan ‘n dier se teelwaardes verander as daar meer inligting bykom. Betroubaarheid van teelwaardes hang van die volgende aspekte af:

1) Akurate stambome: Akkurate rekordhouding van parings en geboortes is van uiterste belang. Stuur alle data in, ook die van dooie lammers.

2) Akurate gewigte: Om te meet is om te weet. ‘n Akkurate skaal en diere wat op die regte tyd geweeg word, is onontbeerlik. Weereens stuur alle data in, onthou by die Dormer is produksie aantekening verpligtend. Stuur ook na-speen gewigte in.

3) Indeksgroepe: Slegs diere wat dieselfde behandeling ontvang het, kan in dieselfde indeksgroep verwerk word. Hou indeksgroepe so groot as moontlik omdat dit teelwaardes meer akuraat maak.

4) Koppelings: Om meer akkuraatheid in teelwaardes binne die ras te verkry, moet daar gestreef word vir goeie koppelings. ‘n Goeie koppeling word verkry as een of meer ramme in meer as een kudde gebruik kan word. As daar nuwe ramme gebruik word, moet daar gepoog word om een of meer ou ramme van die vorige seisoen ook te gebruik. Probeer dus om minstens twee ramme per seisoen te gebruik en ten minste een van hulle ook in ander seisoene.

Deur die gebruik van akkurate teelwaardes kan ‘n kudde vinnige genetiese vordering maak. Om die beste resultate te verkry moet dit reg aangewend word. Teelwaardes is beskikbaar vir eienskappe wat meetbaar is. Ander nie meetbare eienskappe is net so belangrik en vir die rede is balans tussen die gemete en nie meetbare eienskappe van kardinale belang. Teelwaardes in samewerking met visuele observasie is ‘n goeie kombinasie om diere te selekteer.

Onthou dat van die teelwaardes met mekaar gekorreleerd is, bv seleksie vir te hoë groei kan melk negatief beïnvloed. Seleksie vir te hoë melk weer het ‘n “melk” tipe skaap tot gevolg wat moeilik in ekstensiewe toestande kan gedy. Waak teen uiterstes en hou jou teelwaardes in balans met die omgewing waarin jou diere moet presteer.

By teelwardes is die gesegde absoluut waar: “Rubish in = Rubish out”. Die bruikbaarheid van ‘n kudde se teelwaardes is net so goed, soos die data wat ingestuur word.

Page 33: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

33

Page 34: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

34

Page 35: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

35

Page 36: Dormer – Minimum Rasstandaarde · Na streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet- asook ... leen hom uitstekend tot kruisteling met ander

36

Dormer Skaaptelersgenootskap van SA Posbus 506

Bloemfontein 9300

Tel: 051 410 0958

Faks: 051 448 4220 E-pos: [email protected] Webblad: www.dormersa.com