31
GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE: ‘UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS’ Saamgestel deur: Dr Elsona Malan Janaurie 2010

Gesondheidsorg in SA.Jan2010 - aftreeoorde.co.zaaftreeoorde.co.za/pdf/gssajan2010.pdf · Bladsy 1 GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE: UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS

  • Upload
    lethuan

  • View
    212

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Gesondheidsorg in SA.Jan2010 - aftreeoorde.co.zaaftreeoorde.co.za/pdf/gssajan2010.pdf · Bladsy 1 GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE: UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS

GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE:

‘UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS’

Saamgestel deur: Dr Elsona Malan

Janaurie 2010

Page 2: Gesondheidsorg in SA.Jan2010 - aftreeoorde.co.zaaftreeoorde.co.za/pdf/gssajan2010.pdf · Bladsy 1 GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE: UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS

INHOUDSOPGAWE 1. Inleiding 1

2. Rigtinggewende beleid 1

2.1 Wet op Ouer Persone No 13 van 2006 2

a) SA Plan van Aksie 2

b) Begripsomskrywing 2

2.2 Madrid Internasionale Plan van Aksie vir Ouer Persone 3

3. Versorgingswêreld van die Ouer Persoon 4

3.1 Veroudering 4

3.2 Verouderingsprofiel 4

3.3 Die ouer persoon as mens 5

3.4 Die praktyk van Gerontologie/Geriatrie 5

3.5 Groepe mense werksaam in die ouer persoon se leefwêreld 7

a) Professionele groepe 7

b) Familie 8

3.6 Verouderingsbestuursplan 8

3.7 Verouderingsbestuursmodel tov behoeftes van familie/kinders 9

a) Fisiese behoeftes 10

b) Intelektuele, psigiese en emosioele behoeftes 10

c) Sosiale behoeftes 10

d) Geestelike behoeftes 11

e) Finansiële behoeftes 11

f) Regsaangeleenthede 11

4. Uitdagings 12

5. Bylaes

A: APGAR: Gesin/Familie 13

B: Kontrolelys: Bestuur van behoeftes van ouer persone 15

C: Verpleegsorgplan 17

D: Gedragskode, Versorgers 20

E: Evaluering van Dienslewering 25

F: Regte van ouer persone 26

6. Bibliografie 29

Page 3: Gesondheidsorg in SA.Jan2010 - aftreeoorde.co.zaaftreeoorde.co.za/pdf/gssajan2010.pdf · Bladsy 1 GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE: UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS

Bladsy 1

GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE: UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS

1. INLEIDING

Tot in die laat 90s was ouer persone bestem om hul laaste jare in ‘n tehuis deur te bring. In die praktyk het dit gebeur dat baie ouer persone tot 25 persent van hul lewe in ‘n ouetehuise deurgebring het.

Dit is so dat ouer persone soos enige ander persone ‘n behoefte het na ‘n menswaardige bestaan; dit beteken onder andere om ‘n aktiewe lewe in die samelewing te kan voortsit. Daar word ook verwag dat die samelewing eerbied, waardering, erkenning en liefde betoon. Dit is egter nie altyd die geval nie. Negatiewe persepsies in die samelewing oor ouer persone blyk uit taalgebruik en kom in die media en algemene humor voor. Hierdie negatiewe beeld van ouer persone is dat hulle as onproduktief gesien word, suurstofdiewe vol plooie is, en net praat oor die verlede (Jordaan 2007:8).

Verder diskrimineer jonger persone dikwels teen ouer persone. Hulle fokus eerder op die negatiewe as op die positiewe aspekte van bejaardheid. Dit bring mee dat die ouer persoon moedeloos raak en ‘n minderwaardigheidsgevoel ontwikkel.

Volgens Jordaan (2007:3) beleef ouer persone in Suid-Afrika ‘n unieke vorm van ouderdomsdiskriminasie (‘ageism’) wat verband hou met die land se omstandighede, ‘n identiteitskrises weens werkaflegging, verpligte vervroegde aftrede en uittreepakette wat ‘n patroon geword het.

2. RIGTINGGEWENDE BELEID IN SUID-AFRIKA

Die Wet op Ouer Persone No 13 van 2006 het tot stand gekom omdat daar ‘n behoefte ontstaan het om die groter wordende groep ouer persone in Suid-Afrika se belange te beskerm. Die suksesvolle implementering van die wetgewing hang van die gesamentlike verantwoordelikheid van beide die siviele gemeenskap en die regering af. Daarom is dit krities dat beide partye hande sal vat om te verseker dat die regte van die ouer persone beskerm word.

Page 4: Gesondheidsorg in SA.Jan2010 - aftreeoorde.co.zaaftreeoorde.co.za/pdf/gssajan2010.pdf · Bladsy 1 GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE: UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS

Bladsy 2

2.1 Die Wet op Ouer Persone No 13 van 2006

a) Suid-Afrika se Plan van Aksie ten opsigte van die ouer persoon spel die regering se doelwitte met bejaardesorg uit, naamlik:

• dat ouer persone so lank as moontlik in die gemeenskap bly;

• bevordering van gesondheid en kwaliteit lewe;

• skep van bemagtigende en ondersteunende omgewings om te verseker dat die ouer persone onafhanklik in die gemeenskap kan funksioneer;

• toegang tot inligting en opleiding wat meebring dat die wysheid en vaardighed van die ouer persoon erkenning kry;

• toegang tot aktiwiteite wat deelname van die ouer persone bevorder;

b) Die volgende begrippe word ook deur die Wet gedefinieer:

• Sorg (‘care’) wat fisiese, psigiese, sosiale of maatskaplike bystand van die ouer persone behels, insluitend dienste wat streef om die kwaliteit lewe en gesondheid van ouer persone te bevorder.

• Versorger (care giver) beteken enige persoon wat sorg verleen. Hierdie persone kan professioneel of vrywillig wees. Die meeste versorgers in Suid-Afrika is familielede wat die verantwoordelikheid van versorging aanvaar.

• Mishandeling (‘abuse’) (artikel 30(2)) is ‘n handeling of optrede wat aanleiding gee tot skade of stress by die ouer persoon. Mishandeling omvat alle aspekte van fisies, finansieel, emosioneel en seksuele mag. Dit kan ook versuim van handelinge insluit.

• ‘n Ouer persoon word gesien as vroue van 60 jaar en ouer en mans van 65 jaar en ouer.

• Verswakte bejaarde is ‘n ouer persoon wat vanweë fisiese- of verstandelike probleme 24 uur per dag versorging benodig.

• Ouderdomisme (‘ageism’) is ‘n handeling wat diskriminasie teen ouer persone uitbeeld op grond van ouderdom.

Page 5: Gesondheidsorg in SA.Jan2010 - aftreeoorde.co.zaaftreeoorde.co.za/pdf/gssajan2010.pdf · Bladsy 1 GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE: UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS

Bladsy 3

• Regte van ouer persone (kyk Bylaag E).

2.1 Madrid Internasionale Plan van Aksie vir Ouer P ersone (April 2002)

In die Internasionale plan vind ons die kern van die Suid-Afrika plan, soos uitgebeeld in figuur 1.

Figuur 1: Madrid Internasionale Plan

Die Madrid Plan van Aksie beklemtoon die ontwikkeling van die ouer persoon om onder andere hulp te verleen aan ander ouer persone. Ouer persone is dus nie meer slagoffers nie, maar aktief deelnemende vennote (Coetzer 2009).

Die verslag stel dit duidelik dat die ouer persoon ‘n kragtige bron van toekomstige ontwikkeling is. Die sameweling moet die ouer persoon se vaardigheid, ervaring en wysheid benut, nie net om hulself te ontwikkel nie, maar om ‘n aktiewe bydrae tot die samelwing te lewer. ‘Societies are no longer able to afford to consider their older citizens as unproductive . Experience from many developing countries already indicates that the contributions of older citizens are fundamental to economic and social well-being (Madrid 2005:10). Hierdie siening is gebasseer op die feit dat elke individu die reg het tot opleiding en ontwikkeling.

Die inwerkingstelling van vennootskappe met die staat en families word benadruk met inagneming van behoeftes om die ouer persoon op fisiese (interne en eksterne) geestelike, psigiese, sosiale en ekonomiese vlakke, by te staan om gesondheid en welstand te bevorder. Die kan alleenlik deur middel van instaatstellende en ondersteunende omgewings gewaarborg word, maar daar word van die ouer persoon verwag om hul eie gesondheid doeltreffend te

Ontwikkeling van

Ouer Persone

Bevordering

van Gesondheid

en Welstand

Skep van instaat-

stellende en

ondersteunende

omgewing

Page 6: Gesondheidsorg in SA.Jan2010 - aftreeoorde.co.zaaftreeoorde.co.za/pdf/gssajan2010.pdf · Bladsy 1 GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE: UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS

Bladsy 4

bestuur. Om ‘n ondersteunende omgewing te waarborg, word inter-geslag eenheid versterk. Hierdie eenheid tussen verskillende ouderdomsgenerasies kan verseker word deur middel van openbare onderrig, samevoegings deur middel van besprekings en te verseker dat beleidsaspekte eenhede bevorder.

3. VERSORGINGSWêRELD VAN OUER PERSONE

3.1 Veroudering

Dikwels word die vraag gevra: ‘Wat is veroudering’ of ‘Wat is oud?’.

Literatuur beklemtoon dat oud word (old age) ‘n natuurlike lewensfase en ‘n uiters geïndividualiseerde proses is wat min of meer op 65 jaar begin. Maar met die veranderde demografiese faktore word dit aanvaar dat die lewensverwagting baie hoër is. Die Verenigde Nasies se indeling is soos volg:

• jonk oud (65 – 74)

• middel oud (75 – 84)

• oud oud (85 en ouer)

Die verouderingsproses verskil van persoon tot persoon en moet nie gevrees word nie. Daar is verskillende sienswyses oor veroudering, maar is dit eens dat geen enkele faktor dit alleen veroorsaak nie. Wat gesonder lewenskwaliteit behels, is nog nie ‘n uitgemaakte saak nie. Daar is wel ‘n korrelasie tussen gesondheid, geestelike- en emosionele stabiliteit.

Dit is so dat wanneer ‘n persoon ouer raak, ontwikkel hulle eiesoortige probleme wat nie altyd suksesvol hanteer kan word nie.

Kinders/familie ken die ouers die beste en behoort hierdie vroeë tekens van veroudering op te merk, veral tekens van fisiese-, psigiese- en geestelike- verandering.

3.2 Verouderingsprofiel (Verouderingstendense)

Suid-Afrika, soos die res van die wêreld, het ‘n groeiende ouer bevolking, met ‘n gekompliseerde verouderingsprofiel. Die jonger groep het emigreer en verskeie het gesterf aan Vigs en verwante siektetoestande.

Page 7: Gesondheidsorg in SA.Jan2010 - aftreeoorde.co.zaaftreeoorde.co.za/pdf/gssajan2010.pdf · Bladsy 1 GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE: UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS

Bladsy 5

‘n Verouderde bevolking word na verwys wanneer 10 persent of meer van die bevolking 60 jaar en ouer is. Verskeie sosiale demografiese projekte toon dat die wêreld nie meer bedreig word deur oorbevolking (bevolkingsgroei) nie, maar deur die toename in bejaardes. Persentasiegewys is daar meer bejaardes as jongmense.

Die statistiese gegewens vir Suid-Afrika is soos volg:

• 2006 is daar 3.7 miljoen bo die ouderdom van 60 jaar, dus 7 persent van die totale bevolking

• 2050 word daar geprojekteer dat 13 persent bo 60 jaar gaan wees

• 8 persent van die bo 60 jaar is, 80 jaar en dit gaan styg tot 19 persent in 2020

3.3 Die ouer persoon as mens

Enige persoon, ook die ouer persoon, word gesien as ‘n ‘heel persoon’ wat betref liggaam, psige en gees. Verder is die ouer persoon ‘n ge-integreerde lid van die gesin, groep en gemeenskap wat ervarings en kultuur met mekaar deel.

Die konsep van psige behels emosionele, wils- en intellektuele prosesse terwyl die liggaamlike fisiologiese prosesse behels. ‘Gees’ verwys na die deel van die mens wat in verhouding tot God staan (die religieuse). Hierdie drie dimensies funksioneer nooit afsonderlik nie, maar oorvleuel en beïnvloed mekaar, soos in figuur 2 uitgebeeld.

Dit is belangrik dat die verpleegkundige in al die verpleegprosesse die menslikheid in gedagte hou en dit so toepas.

Die gemeenskap moet opgevoed word om voor te berei vir aftrede en om ingestel te wees om vir hulleself te sorg.

Page 8: Gesondheidsorg in SA.Jan2010 - aftreeoorde.co.zaaftreeoorde.co.za/pdf/gssajan2010.pdf · Bladsy 1 GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE: UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS

Bladsy 6

3.4 Die praktyk van Geriatrie/Gerontologie

Hierdie twee begrippe word deurlopend in die versorgingswêreld van die ouer persoon deur die multi-dissiplinêre spanlede bespreek en word soos volg gedefinieer:

Gerontologie behels ‘n wetenskaplike studie van die verouderingsproses en verouderde bevolking met die klem op beide liggaamlike en geestelike vlak.

Geriatrie word wêreldwyd beskryf as ‘n familie ge-oriënteerde spesialiteit van medisyne wat op die ouer persoon se siektetoestande en die terapie daarvan, konsentreer. Hierdie studieveld sluit in die voorkoming, diagnosering asook behandeling en versorging van die ouer persoon. In hierdie proses is die familie van onskatbare waarde en ‘n belangrike bron van ondersteuning vir hul ouers.

Geriatriese dienste kan in twee hoofgroepe verdeel word, naamlik inrigtingsorg en buite inrigtingsorg. Dit word in figuur 3 uitgebeeld:

GEMEENSKAP

GESIN

INDIVIDU

GEES

Verpleging virMens-

heelheid

LIG

GAAMPSIG

E

Figuur 2: Raamwerk: Verplegingsteorie van mensheelheid

(Oral Roberts University, Anna Vaughn, School of Nursing, 1990:136-142)

Page 9: Gesondheidsorg in SA.Jan2010 - aftreeoorde.co.zaaftreeoorde.co.za/pdf/gssajan2010.pdf · Bladsy 1 GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE: UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS

Bladsy 7

Figuur 3: Versorgingsplan: Interne / Eksterne Omgewing

Dikwels ervaar die ouer persone verwarring wanneer hul na die onderskeie omgewings wat vreemd is, oorgeplaas word.

‘n Siek ouer persoon wat bv in ‘n sorgeenheid akuut siek raak weens bv obstruksie van die dermkanaal, kan daar nie verpleeg word nie en word dus verplaas na ‘n hospitaal. Na ‘n chirugiese ingreep word die ouer persoon vir herstel oorgeplaas na ‘n sub-akute eenheid. As herstel na wense, word die ouer persoon na die sorg-eenheid oorgeplaas.

Verpleging/

Versorging

OUETEHUIS/

AFTREE-OORD Tuissorg

Swak

ouer

persone

Kroniese siek pasiënte – Sorgeenheid

Verswakte inwoners

Groep 3

Akute pasiënte

Sub-akute

instelling

vir herstel

Hospitaal

Woon

???

Page 10: Gesondheidsorg in SA.Jan2010 - aftreeoorde.co.zaaftreeoorde.co.za/pdf/gssajan2010.pdf · Bladsy 1 GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE: UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS

Bladsy 8

3.5 Groepe mense werksaam in die ouer persoon se le efwêreld

Figuur 4: Professionale groepe en familie (Zastrow 2004:7)

a) Professionele groepe soos weergee in figuur 4

• Elke spanlid druk sy eie stempel af op die leefwêreld en fokus op dienslewering aan die ouer persoon. Daar is funksie-oorvleueling in die praktyk van die gesondheidsgroepe wat tot voordeel van die ouer persoon is.

Hierdie groepe vorm ‘n integrale deel van die gemeenskap en vervul ‘n spesifieke koördinerende en fasiliterende rol. Hattingh (etal p218) skets die funksie van die multi-dissiplinêre span soos volg:

Figuur 5: Funksie van multi-dissiplinêre span

Verantwoordelikhede / Deelname / Talente

Ervaring / Kennis / Betekenis

Funksies / Eksperimente / Idees

Voorstelle/ Delegasie

Regs-

geleerdes Geneeshere Verpleeg-

kundiges

Fisio-

terapeute Predikante

Voet-

kundiges

Arbeids-

terapeute

Regs-ge Ouer

Persoon

Familie

Aptekers Maatskaplike

werkers

Finasiële

Adviseurs

Dieet-

kundiges

Spraak-

terapeut

Berading-

span

Page 11: Gesondheidsorg in SA.Jan2010 - aftreeoorde.co.zaaftreeoorde.co.za/pdf/gssajan2010.pdf · Bladsy 1 GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE: UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS

Bladsy 9

b) Die familie: daar is geen plaasvervanger vir die familie nie. Te alle tye moet die ouer persoon se familie verband versterk word en met dienslewering moet familie betrek word. Hammond (2003:71) beskryf die familie soos volg: ‘Biologically it is unique in that there is only one family that is truly mine. When our parents eventually die, the family will never be the same. That unique little enclave which has always been there will be gone forever. Not only do we lose them, but we also lose so much of what they brought to and contributed to the family’.

Die skrywer eindig die aanhaling soos volg: ‘Inevitably our ageing parents become more precious to us and the question eventually arises ‘How are we going to look after Mom and Dad in their old age?’ (2005:71)

3.6 Verouderingsbestuursplan

Dit is noodsaaklik dat ouer persone hul leefstyl aan die hand van ‘n verouderingsbestuursplan moet inrig. Ja, die ouderdom moet bestuur word. Dit is derhalwe nodig dat die familie ingelig is oor die omvattende versorgingswêreld van ouer persone. Kennis ten opsigte van die plan voorkom misverstande ten opsigte van optrede met ouers. Die wyse waarop ouer persone hul eie verouderingsproses hanteer, kan ‘n invloed hê op hul kinders (familie) se reaksie.

Soms bestaan daar ‘n gebrekkige insig by familie wat met hul ouers aan die gebeur is. Hierdie gebrek aan kundigheid kan vasgevang word met die plan. Wanneer die verantwoordelikhede van die familie met ander spanlede gedeel word, vind erkenning en ondersteuning van die rolle plaas.

Die wyse waarop ouer persone hul eie verouderingsproses hanteer kan ‘n invloed op kinders se optrede en gesindheid meebring, asook op hulself.

Probeer te alle tye verstaan dat probleme ook geleenthede is om verder te groei en te ontwikkel.

Die ontwikkelingsplan vir die laaste lewensfase word soos volg deur Hattingh (et al p205) opgesom:

� aanpassing ten opsigte van fisiese krag en gesondheid en hantering van gesondheidsprobleme wat erken moet word,

� aanpassing ten opsigte van aftrede en verminderde inkomste,

� betekenisvolle terugvoer en koördinasie van aktiwiteite aangaande veroudering,

Page 12: Gesondheidsorg in SA.Jan2010 - aftreeoorde.co.zaaftreeoorde.co.za/pdf/gssajan2010.pdf · Bladsy 1 GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE: UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS

Bladsy 10

� aanpassing ten opsigte van die verlies van ‘n eggenoot(e) en betekenisvolle ander,

� opbou van ‘n vriendekring met eie ouderdomsgroep, en

� aanpassing ten opsigte van sosiale omgewingsverpligtinge.

Hieruit het die gedagte ontstaan dat die ouer persoon hulle lewensfase moet inrig volgens ‘n plan. Om suksesvol te verouder volgens Hill (2008) word die volgende sewe strategieë voorgestel:

� Soek na die betekenis van die oudag.

� Vind en behou sin in die lewe.

� Verwerking van skuldgevoelens.

� Besef dat jy nooit te oud is om te leer nie.

� Gebruik jou lewenswyshede as bate.

� Omdat jy ‘n sosiale wese is moet alle verhoudings versterk word.

� Omgee is ‘n besondere gawe – leer dus om te gee en te ontvang.

� Wees vergewingsgesind teenoor jouself en ander.

� Openbaar dankbaarheid en maak vrede met al die uitdagings.

Die doel met die verouderingsbestuursplan is dus duidelik, naamlik die voorbereiding vir die verantwoordelike taak sodat ons goed kan voel wanneer dit eindig.

3.7 Verouderingsbestuursmodel / Familie / Kinders

Die model word holisties uitgebeeld wat die verskeie behoeftes van die ouer persoon uitbeeld en dien as riglyne vir die familie se verantwoordelikheid. Om die familie se vermoë vir hulpverlening te bepaal, word ‘n APGAR-plan voorgestel om sterk- en swakpunte van die familie te identifiseer (Bylaag A).

Die begeleiding vir die ouer persoon se familie word deur die volgende riglyne gerugsteun:

- Bylaag A : Apgar

- Bylaag B : Ouers se verwagtinge van kinders

- Bylaag C : Kontrolelys van bestuur van behoeftes

Page 13: Gesondheidsorg in SA.Jan2010 - aftreeoorde.co.zaaftreeoorde.co.za/pdf/gssajan2010.pdf · Bladsy 1 GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE: UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS

Bladsy 11

- Bylaag D : Verpleegsorgplan

- Bylaag E : Evaluering deur familie van pasiënt se versorging

Dit is noodsaaklik dat familie moet kennis dra van:

Bylaag F : Die Gedragskode van die Versorger

Te alle tye moet familie besef dat ouers nie slagoffers van die plan is nie, maar deelnemende vennote. Die behoefte van die ouer persoon word soos volg beklemtoon en verder toegelig in die Verpleegsorgplan.

a) Fisiese behoeftes

Aktiwiteite wat ten doel het om die funksionele onafhanklikheid van die ouer by te staan behels voeding, hygiene, kleding en mobiliteit. Die voorkoming van beserings vereis aandag. Die monitering van mediese toestande is ook van belang, byvoorbeeld:

Siektetoestande soos hipertensie, artrites, osteoporose, hartsiektes, asemhalingsiektes, diabetes, sintuieverlies, asook die medikasie wat geneem word.

b) Intellektuele, psigiese en emosionele behoeftes

Met veroudering ontwikkel ouer persone verskillende gedragsvorme van disoriëntasie/angs/depressie/humeur versteurings. Dit is van belang dat die verdedigingsmeganismes bestuur word. Pastorale berading is dikwels noodsaaklik en die families kan ook met die volgende aksies van hulp wees:

Volgens Coetzer (2009) moet die ouer persoon ‘n insig kry en vrede maak met die veranderinge wat vanweë die verouderingsproses op sy lewenspad kom. Vrede maak impliseer aktiewe en positiewe aanvaarding – dit wil sê, aanvaar die beperkinge maar ontgin en benut die oorblywende vermoëns.

c) Sosiale behoeftes

Wanneer ouer persone hulle in ‘n leefwêreld bevind waar hulle nie as waardevolle individue gesien word nie, gee dit aanleiding tot ‘n gevoel van eensaamheid, verwerping en nutteloosheid. Help ouers om isolasie te vermy, want dit kan lei tot afstomping en die negatiewe belewenis van ‘n

Page 14: Gesondheidsorg in SA.Jan2010 - aftreeoorde.co.zaaftreeoorde.co.za/pdf/gssajan2010.pdf · Bladsy 1 GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE: UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS

Bladsy 12

ouer. Om afstand te doen van eiendom weens verskeie redes, gee aanleidig tot die verlies van sekuriteit en onafhanlikheid. Verhuising kan ook meebring dat die ouer persoon nie in die nuwe omgewing geakkomodeer word nie, wat eiesoortige spanning ontlont. Verlies is ‘n integrale deel van veroudering. Verlies van werk (status), huis, vriende en familie. Dit moet met liefde en begrip bestuur word.

Daar is verskeie behuisingsmodelle wat in ag geneem kan word, maar verg goeie voorbereiding van die familie vir ‘n keuse-uitoefening. Die inagneming van die ouer se onafhanklikheid is van belang. Die voor- en nadele moet met die ouer persoon bespreek word. Die volgende is voorstelle ten opsigte van behuising:

• Waar persoon onafhanlik is en in ‘n eenheid kan bly, wat die meeste persone verkies.

• Wil alleen bly in ‘n huis maar behuising is nie veilig nie.

• Kan by kinders in eie woonstel bly.

• Residensiële verblyf wat insluit aftree-oorde en ouetehuise.

Dit bly ten alle tye die familie se verantwoordelikheid om toe te sien dat veiligheidsmaatreëls ingestel word ten opsigte van ‘n ouer as huisvesting wat alle vertrekke van die woning insluit.

d) Geestelike behoeftes

Mederolspelers word betrek om geestelike ondersteuning te verseker. Bybelleesprogramme en kerkbetrokkenheid moet instand gehou word.

Net die rolspelers kan ouer persone help om dankbaar te wees onder alle omstandighede. Die vraag moet nie wees ‘hoekom ek’ nie. Dit moet eerder wees ‘hoekom nie ek nie’ (Coetzer 2009).

e) Finansiële behoeftes

Die beplanning van ouers se begroting verg ondersteuning. Ten einde finansiële probleme te voorkom, behoort volmag aan die persoon gegee te word om namens ouer op te tree. Familie behoort ingelig te wees oor beleggings, hospitaalplan, versekerings, testament ens.

Page 15: Gesondheidsorg in SA.Jan2010 - aftreeoorde.co.zaaftreeoorde.co.za/pdf/gssajan2010.pdf · Bladsy 1 GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE: UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS

Bladsy 13

f) Regsaangeleenthede

Ten alle tye moet daar verseker word dat dokumentasie ten opsigte van testament, afskrif van ID dokument, mediese fonds en vele ander beskikbaar is.

4. UITDAGINGS

Wees voorbereid vir al die uitdagings op die pad, naamlik voortdurende verandering wat voortdurende aanpassings meebring. Respekteer ten alle tye die ouer se agenda, waak daarteen om té beskermend op te tree wanneer hulle nog onafhanklik wil wees.

Versterk verhoudings met ouers deur hul na julle huis te nooi, verjaarsdae aan huis te vier, ens. Moedig kinders aan om kontak met ouers te versterk.

Hammond (2003:8) sluit af met die volgende:

‘Try the Serenity Prayer:

God, grant me the strength to accept the things I cannot change,

The courage to change the things I can,

And wisdom to know the difference.’

Page 16: Gesondheidsorg in SA.Jan2010 - aftreeoorde.co.zaaftreeoorde.co.za/pdf/gssajan2010.pdf · Bladsy 1 GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE: UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS

Bladsy 14

BYLAAG A

APGAR VAN FAMILIE/KINDERS:

Deur onderrig aan familie te gee oor die verouderingsproses maak dit soveel makliker vir hulle om hul ouers te ondersteun. Kennis bemagtig hulle om hulle rol te verstaan ten opsigte van emosionele, fisiese en geestelike ondersteuning. Dit is van belang dat alle familie hulle sterk- en swakpunte evalueer ten opsigte van wie die verouderingsplan gaan bestuur. Smilkstein et al 1982, ontwikkel die volgende riglyne vir die familie/kinders om hulle te help om as familie te besluit watter ondersteuning elkeen kan verleen:

GESINS APGAR (SMILKSTEIN EL AL 1982)

1. Familiestruktuur 1. Aantal uitgebreide familie

beskikbaar.

2. Aantal dogters beskikbaar.

3. Aantal seuns beskikbaar.

4. Aantal kleinkinders, neefs,

niggies, beskikbaar.

2. Vermoë van familie Ekonomiese Status:

1. Armoede

2. Laer inkomste

3. Middel inkomste

4. Hoër inkomste

5. Ryk

Gewilligheid van Familie

Praktiese betrokkenheid:

1. Maandeliks

2. Weekliks

3. Daagliks

4. Konstant

4. Bydraers Bydrae tot ouer persoon:

1. Geld

Page 17: Gesondheidsorg in SA.Jan2010 - aftreeoorde.co.zaaftreeoorde.co.za/pdf/gssajan2010.pdf · Bladsy 1 GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE: UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS

Bladsy 15

2. Vervoer

3. Luister en psigologiese

ondersteuning

4. Funksionele ondersteuning

5. Struikelblokke Ander behoeftes

1. Werk

2. Reis

3. Adolossente kinders

6. Huidige stress en die 1. Swak gesondheid

Familielede 2. Werk verandering

3. Werkloos

4. Aftrede van kinders

5. Verhuising

6. Sterftes

7. Egskeiding

8. Mishandeling

Page 18: Gesondheidsorg in SA.Jan2010 - aftreeoorde.co.zaaftreeoorde.co.za/pdf/gssajan2010.pdf · Bladsy 1 GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE: UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS

Bladsy 16

BYLAAG B

VERWAGTINGE: KINDERS EN OUERS

OUERS SE VERWAGTINGE VAN KINDERS:

(Sluit kleinkinders in)

1. Kinders moet hulleself deeglike vergewis van:

° Ouers se lewensomstandighede.

° Behoeftes wat hulle nie meer maklik in kan voorsien nie.

° Wat ouers se finansiële posisie is en/of daar behoefte is ten opsigte van finansiële bestuur.

° Wat is ouers se algemene gesondheidstoestand en is daar gereelde mediese ondersoeke (minstens een keer per jaar).

° Watter medikasie word deur ouers gebruik en hoe word verseker dat dit wel soos voorgeskryf, ingeneem word.

° Is daar gesonde eetgewoontes en voorsiening dat gesonde voedsel tot hulle beskikking is.

° Is die ouers nog in staat om selfversorgend te wees of is daar hulpverlening nodig ten opsigte van enige hierbo gemelde sake.

° Kan daar betyds opgetree word met betrekking tot bogemelde sake.

2. Kinders en kleinkinders moet gereeld in persoon by hulle ouers gaan kuier om te verseker dat ouers steeds veilig en versorg kan leef, nie net telefoniese gesprekke nie.

3. Kinders moet hulle ouers laat belewe dat hulle welkom in hulle huis is.

4. Watter hulp behoort daar vir behoeftige ouers te wees – die Staat (subsidie), die kerk (barmhartigheid).

5. Posadres en telefoonnommers.

WAT KINDERS MOET WEET IN VERBAND MET HULLE OUERS – VERAL SOOS HULLE OUER WORD:

1. Persoon:

° Watter medisyne (chronies/akuut) word gebruik

° Watter behandeling word daagliks gedoen (Insulien/suurstof)

Page 19: Gesondheidsorg in SA.Jan2010 - aftreeoorde.co.zaaftreeoorde.co.za/pdf/gssajan2010.pdf · Bladsy 1 GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE: UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS

Bladsy 17

° Is daar daaglikse versorging deur buitestaanders (wie)

2. Waar word persoonlike dokumente gebêre:

° Identiteitsdokumente

° Paspoorte

° Huweliksertifikaat/Egskeidingsertifikaat

° Testament/Eksekuteur/Boedel

° Lewende testament/Huisdokter

° Bankrekeningnommers, bank en tak

° Mediese hulpskemanommer

° Beleggings, waar

° Polisse, waar

3. Persone/plekke/nommers wat belangrik is:

° Kinders: telefoonnommers en adresse

° Familie/Ex

° Dokter/Apteek

° Predikant/ouderling/maatskaplike sorg

° Hospitaal waar behandel moet word

° Begrafnisondernemer

4. Optrede deur wie, in geval van onbevoegdheid

5. Besonderhede van persone wat sleutels van woning het

6. Waar word ander sleutels gebêre

7. Waar word voertuie gebêre

Bydrae deur: Mnr J H Stronkhorst

Montana Aftree-oord

Page 20: Gesondheidsorg in SA.Jan2010 - aftreeoorde.co.zaaftreeoorde.co.za/pdf/gssajan2010.pdf · Bladsy 1 GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE: UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS

Bladsy 18

BYLAAG C

KONTROLELYS: BESTUUR VAN BEHOEFTES

1. Gesondheid

1.1 Geneesheer

• Naam en telefoonnommer van geneesheer wie ouers behandel

• Watter medikasie is voorgeskryf?

• Hoe word medikasie geneem en bewaar?

1.2 Apteker

• Naam en telefoonnommer van apteker

1.3 Mediese fonds

• Naam en nommer van mediese fonds

1.4 Wie kontroleer gereeld die ouer persoon se vordering?

1.5 Siekte: Wie sorg indien siektes intree?

1.6 Vervoer: Wie neem na die kliniek?

2. Wie doen inkopies?

3. Finansies: Wie verskaf dag-tot-dag ondersteuning?

4. Probleemhantering: Wie is daarvoor verantwoordelik?

5. Besluitneming: Wie ondersteun?

6. Emosionele ondersteuning: Wie?

7. Enige familie wat naby bly vir ondersteuning?

8. Kommunikasie:

• Besoek familie gereeld?

• Skakel familie gereeld?

• Neem hulle ouers na hulle huise?

• Word geleentheid gebied om met kleinkinders betrokke te raak?

• Word byeenkomste gereël vir familie geleenthede?

Page 21: Gesondheidsorg in SA.Jan2010 - aftreeoorde.co.zaaftreeoorde.co.za/pdf/gssajan2010.pdf · Bladsy 1 GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE: UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS

Bladsy 19

9. Disfunksionele situasie

• Enige negatiewe impak op familie wat ondersteuning van ouer persoon belemmer?

10. Kontrolelys: Veiligheid

10.1 Telefoon:

• Is die nood telefoonnommers by die telefoon?

• Is die telefoon binne bereik?

10.2 Nooduitgang: Is dit toeganklik?

10.3 Elektriese bedrading:

• Is daar drade op loopvlakke?

• Is drade in goeie toestand?

10.4 Matte: Matte met weestand op agterkant.

10.5 Verwarmers: Plaas verwarmers waar dit nie ‘n gevaar vir inwoner inhou nie.

10.6 Beligting:

• Voldoende beligting, veral in gange.

• Geen kerse.

10.7 Sleutels: Ekstra stel sleutels.

Page 22: Gesondheidsorg in SA.Jan2010 - aftreeoorde.co.zaaftreeoorde.co.za/pdf/gssajan2010.pdf · Bladsy 1 GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE: UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS

Bladsy 20

BYLAAG D

VERPLEEGSORGPLAN (OMVATTENDE VERSORGING)

Dit is noodsaaklik dat familie en kinders kennis dra van die verpleegsorgplan wat vir ouers opgestel word. Met besoeke is dit noodsaaklik dat die Verpleegsorgplan deur die familie ge-evalueer word (ten minste weekliks) en verslagdoening oor die uitvoer daarvan word beklemtoon.

Data voltooi deur: ________________________ Inwoner: ______________________

Datum: _________________________________ Bed nr: ______________________

HIGIëNE

Tipe ���� Spesiale Instruksies

Bedwas

Stort

Bad

Hare was

Salon

Naelsorg

Skeer

Mondsorg

UITSKEIDING EN KATETERSORG

Tipe ���� Spesiale instruksies

Toiletrondtes

Inkontinent

Opelyf

Kolostromie sorg

Vogbalans (uit)

Kateter

Grootte kateter

Datum hernu

VOEDINGS

Tipe ���� Spesiale Instruksies

Hulp voeding

Voer

Buisvoeding

Tipe dieet

Page 23: Gesondheidsorg in SA.Jan2010 - aftreeoorde.co.zaaftreeoorde.co.za/pdf/gssajan2010.pdf · Bladsy 1 GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE: UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS

Bladsy 21

Gastrostomie sorg

MOBILITEIT EN HULPMIDDELS

Tipe ���� Spesiale instruksies

Opsit

Loop self/alleen

Loop met ondersteuning

Rolstoel

Kierie

Loopraam

Bedlêend

Bril

Kunsgebit

Gehoorapparaat

Prostese

KLEDING

Tipe ���� Spesiale instruksies

Self aantrek

Aantrek met hulp

Totaal afhanklik

SPESIALE SORG

Tipe ���� Spesiale instruksies

Wondsorg

Oogsorg

Velsorg

Drukpleksorg

Diabetiese kontrole

Hemiplegies

Observasies

Medikasie

Wondsorg

Suurstof toediening

Inspuiting

Bloedsuiker

Neusbloeding

Besoek op aanvraag

Uriene toets

Page 24: Gesondheidsorg in SA.Jan2010 - aftreeoorde.co.zaaftreeoorde.co.za/pdf/gssajan2010.pdf · Bladsy 1 GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE: UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS

Bladsy 22

Na toilet neem

Elastiese kouse uittrek

Afhaal van pakkies by sekuriteit

Bed opmaak

Voete was

Tee maak

Medikasie uitsit in houer

Oogdruppels insit

Ander

TUISVERSORGING

Tipe ���� Spesiale instruksies

Toedien van medikasie

Bad

Wondversorging

Mondsorg/ Valstande skoonmaak

Hare versorging

Naelversorging

Voer

Temperatuurmeting

Doeke omruil

Oogsorg/Oogtoets

Bloeddrukmeting

Bloedsuikemeting

Huisnetheid

Wasgoed

Verwysing na kliniek, hospitaal, verswakte versorging

Verwys mishandeldes na maatskaplike werker

Verspreiding van relevante gesondheidsorg inligting

Page 25: Gesondheidsorg in SA.Jan2010 - aftreeoorde.co.zaaftreeoorde.co.za/pdf/gssajan2010.pdf · Bladsy 1 GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE: UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS

Bladsy 23

BYLAAG E

PASIëNT / FAMILIE TERUGVOER: MAANDELIKS

DATUM: ........................................... ................

VRAELYS

(Merk toepaslike blokkie)

Baie goed

Goed Gem Swak Baie swak

Word u bedagsaam en vriendelik gegroet?

Is die personeel hulpvaardig?

Voer die personeel hul take effektief uit?

Reageer hulle in die verwagte tyd op u behoeftes?

Is die versorgingsareas higiënies en aan die kant?

Voer die skoonmaakpersoneel hul take effektief uit?

Vind u dat die maaltye goed voorberei en smaaklik is?

Ontvang u genoegsame inligting oor u vordering en tydperk van verblyf in die kliniek/huis?

Page 26: Gesondheidsorg in SA.Jan2010 - aftreeoorde.co.zaaftreeoorde.co.za/pdf/gssajan2010.pdf · Bladsy 1 GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE: UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS

Bladsy 24

BYLAAG F

VERSORGERS SE GEDRAGSKODE IN DIE VERPLEEGDIENS

1. Inleiding

‘n Gedragskode rig die dienslewering van ‘n versorger en moet binne die konteks van die land se kultuur, filosofiese en etniese waardes opgestel word. Dit is van belang dat die familie kennis moet dra van die volgende:

Die doel van ‘n gedragskode:

� Verseker gehalte verpleegsorg in geheel.

� Bevorder duidelike praktyk gerigte optredes en werksbevrediging.

� Voorsien objektiewe kriteria van be-oordeling van werksgedrag.

� Rig versorger se ontwikkeling in die werkveld.

2. Filosofie

� Die praktyk van ‘n professie (verpleging deur versorger) vereis kennis van die bestek van die praktyk (werk) en die toestande waaronder ‘n individu mag praktiseer of werk.

� Die komponente van die verpleegdiens filosofie behels die volgende oortuigtings:

� Die pasiënt se welsyn as gevolg van verpleegpraktyk versorging.

� Die familie en gemeenskap betrokkenhieid, optrede, respek, professionele gedrag teenoor pasiënt, werkgewer en werknemer.

� Werkgewer en werknemer se verantwoordelikheid is holistiese versorging.

Die bestek van praktyk lê die grondslag vir vertrou e tussen

pasiënt en gemeenskap.

3. Die verpleegpraktyk (die versoger) se verpligtin ge teenoor die pasiënt

� Die versorger is aanspreeklik vir haar/sy eie handelinge. Alle optrede moet in openbare belang wees.

Page 27: Gesondheidsorg in SA.Jan2010 - aftreeoorde.co.zaaftreeoorde.co.za/pdf/gssajan2010.pdf · Bladsy 1 GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE: UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS

Bladsy 25

� Waak teen handelinge wat pasiënt skade berokken. (Veilige optrede beskerm pasiënt en versorger).

� Voorsien pasiënt van doeltreffende sorg deur gehalte diens en geskrewe werksprogram.

� Rapporteer foute en tekortkominge ten opsigte van dienslewering van versorger.

� Handhaaf gesonde interpersoonlike verhoudings teenoor pasiënt.

� Wette en regulasies moet nagekom word om pasiënt en versorger te beskerm.

� Hanteer pasiënt en familie menswaardig, hofklik, vriendelik en met respek en empatie.

� Erkenning van pasiënt as sosiale wese met gesinsverband en as medemens met gevoelens.

� Erken en behandel pasiënt as ‘n unieke wese met behoeftes wat deur kultuur en waardes beïnvloed word.

� Lewer bystand en onderrig aan pasiënt en familie om met sy / haar situasie saam te leef en te hanteer op ‘n hoflike wyse.

� Eerlike, billike, redelike optrede en benadering van ‘n situasie teenoor pasiënt en familie.

� Verseker higiëniese netheid met versorging van pasiënt en sy omgewing.

� Verseker veiligheidsinstandhouding in werksomstandighede en verpleegsorg.

4. Regte en verpligtinge van werkgewer

� Die versorger het ‘n mondelinge sowel as geskrewe diensvoorwaarde kontrak met werkgewer wat bindend en afdwingbaar is (afskrif moet bestudeer en bewaar word). Diensvoorwaardes moet duidelik en verstaanbaar wees indien werkgewer dit afdwingbaar wil maak.

� Die versorger moet verantwoordelikheid aanvaar vir sy/haar optrede by betrokke dienslewering wat deur die werkgewer gekontroleer word of alle opdragte uitgevoer is.

� Vertroue moet tussen versorger en werkgewer bestaan en die werkgewer kan nie diensvoorwaardes-kontrak eensydig wysig nie.

� Bepaalde standaarde ten opsigte van werk en omstandighede volgens behoefte bepaal en implementeer.

Page 28: Gesondheidsorg in SA.Jan2010 - aftreeoorde.co.zaaftreeoorde.co.za/pdf/gssajan2010.pdf · Bladsy 1 GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE: UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS

Bladsy 26

� Werkgewer is verantwoordelik om versorger se loon te bepaal om sodoende regverdige arebeidspraktyk te beoefen.

� Veilige werksomstandighede te bewerkstellig deur masjienerie, goedere en implemente te verskaf ten einde pligte behoorlik te verrig.

� Verskaf beleidsvoorskrifte, posbeskrywing en orientasie deur beoefening van regverdige arbeids-voorskrifte om werksversekering te verseker.

� Menswaardige hantering, bevordering van professionele en persoonlike ontwikkeling verseker veilige werksomstandighede.

5. Regte en verpligtinge van werknemer

� Versorger het reg op verteenwoordiging tot sy/haar toegang by werkgewer om ‘n saak of probleem te stel.

� Reg op inligting is noodsaaklik en moet aan versorger gegee word, sodat behoorlike uitvoering aan werk gegee kan word.

� Reg op bevredigende werksomstandighede en bevredigende diens te kan lewer.

� Reg op voorstelle om diskressie en inisiatief te gebruik oor werksprosedures en werksomstandighede.

� Reg om aan ‘n vakbond te behoort deur eie fooie te betaal.

6. Versorger se verpligtinge teenoor werkgewer

� Moet materiaal, goedere en implemente wat aan hom/haar toevertrou is met sorg en versigtigheid gebruik vir die doel waarvoor dit daar gestel is en vervaardig is, om beskadiging of verlies te voorkom.

� Nie nalatig of traag te wees om pligte uit te voer nie, moet gedurende diens-ure geheel en al aan belange van werkgewer en pasiënt wy.

� Moet stiptelik aan diens rapporteer. Pasiënt se lewe en welsyn hang van sodanige diens af (pasiënt is versorger se kliënt wat werk verskaf).

� Nie toelaatbaar om werksplek sonder magtiging te verlaat om privaatsake en pligte te verrig nie.

� Sonder magtiging privaat besoekers te ontvang of om privaat sake op so ‘n wyse te bedryf dat dit versorging van die pasiënt benadeel.

� Mag nie sonder magtiging van diens afwesig wees nie of vasgestelde diensure verander of diens met ‘n ander versorger omruil nie.

Page 29: Gesondheidsorg in SA.Jan2010 - aftreeoorde.co.zaaftreeoorde.co.za/pdf/gssajan2010.pdf · Bladsy 1 GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE: UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS

Bladsy 27

� Moet in geval van siekte, waar moontlik, binne 24 uur aan werkgewer rapporteer of reëlings tref vir rapportering sodat werkgewer vervanging kan reël.

� Moet nie oneerlik optree of enige onbehoorlike daad pleeg wat behels:

� Diefstal

� Bedrog

� Vervalsing

� Versuim om rekenskap te gee van goedere of voorraad vir gebruik in die uitvoering van werksverpligtinge.

7. Ongewenste optrede: aan diens

� Rook is verbode – tot voordeel van pasiënte.

� Afhanklike, vormende, stowwe, medikasie te besit.

� Gebruik van alkoholiese drank of in besit wees daarvan is verbode.

� Intimidasie van kollegas en pasiënte.

� Politieke optrede of rassistiese houding of uitlatings.

� Dreigende houding teenoor werkgewer en meerderes.

� NB – Beleefde, standvastige optrede kan sodanige optrede neutraliseer tot voordeel van dienslewering.

8. Uniform en toerusting

� Uniform en toerusting toegeken in werksverband moet vir tydperk toegeken in goeie toestand gehou word.

� Uniform moet skoon en netjies wees gedurende werksure en met trots gedra word te alle tye.

� Die dra van naamplaatjies met rang is essensieel vir aanspreek prosedures.

9. Algemene riglyne

� Goeie, openhartige kommunikasie.

� Menswaardige optrede wedersyds.

� Konsekwente, regverdige optrede.

� Erkenning vir prestasies.

Page 30: Gesondheidsorg in SA.Jan2010 - aftreeoorde.co.zaaftreeoorde.co.za/pdf/gssajan2010.pdf · Bladsy 1 GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE: UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS

Bladsy 28

� Behoorlike huisvesting – waar van toepassing.

� Betaling van voorgeskrewe lone.

� Diensbonus – waar van toespassing.

� Voorligting oor pensioenfonds of annuïteite.

� Toon begrip vir huislike probleme.

� Respekteer privaatheid wedersyds.

� Akkommodasie, indien enige, moet aan minimum vereistes voldoen.

� Begrip vir intimidasie, bedreiging en vervoerprobleme.

� Geletterdheid – vertolking van begrippe soms ‘n probleem.

� Instruksies moet positief wees – vermy onduidelikheid.

� Vermy te veel instruksies op een keer.

� Gee praktiese demonstrasies waar nodig.

� Maak seker dat verwagtinge verstaan word.

� Vermy onredelike opdragte.

� Deeglike opleiding van werksgedrag.

� Kulturele, etniese verskille beïnvloed gedrag en optrede.

� Familiartiteit moet sover moontlik vermy word.

� Tugtiging moet privaat wees – nie in ander se teenwoordigheid.

� Vermy beledigende, afbrekende taal en optrede.

� Respek vir ouer persone van uiterste belang.

� Veeltalige land skep begripsprobleme.

� Taalvaardigheid soms problematies – begrip noodsaaklik.

� Stiptelikheid moet ‘n leefwyse word.

� Gedrag en hoflike optrede – stel voorbeeld.

� Te all tye voorbeeldige leefwyse handhaaf.

� Vermy romantiese verhouding met kollegas en / of pasiënte.

Page 31: Gesondheidsorg in SA.Jan2010 - aftreeoorde.co.zaaftreeoorde.co.za/pdf/gssajan2010.pdf · Bladsy 1 GESONDHEIDSORG IN SUID-AFRIKA VIR OUER PERSONE: UITDAGING VIR DIE FAMILIE/KINDERS

Bladsy 29

6. BIBLIOGRAFIE

Coetzer, W J 2008. Bedieningstrukture van ‘n bejaardebediening. PhD proefskrif, Universiteit van Suid-Afrika.

Hill, D R 2005. Positive Ageing: A Guide for mental health professionals and consumers. New York/London: W N Norton.

Jordaan, W 2007. Jonk-wees en oud-word. Plus 50 Jul/Aug 8–9. Pretoria: Plus 50 Media bk/cc.

Madrid Internasionale Plan, 2002.

Smilkstein APGar, 1982.

Wet op Ouer Persone No 13 van 2006.

Zastrow, C 2004. Introduction to social work and social welfare: Empowering people. 8th edition. Belmont, CA: Brooks/Cole-Thomson Learning.