32
Die Dameskring KWEEK HARTSGESINNE VOL • JUNIE 2015 Boelies voer ‘n SKRIKBEWIND Orgaan- skenking Jou huis is waar jou is Ons gesels met Jannie du Toit

Granaat volume 8

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Dameskring Granaat Volume 8

Citation preview

Page 1: Granaat volume 8

Die Dameskring

KWEEK HARTSGESINNE VOL • JUNIE 2015

Boelies voer ‘nSKRIKBEWIND

Orgaan-skenking

Jou huis is waar jou is

Ons gesels met

Janniedu Toit

Page 2: Granaat volume 8

HOOFKANTOORTel.: 011 782 4496Faks: 086 550 3968E-pos: [email protected]: www.dameskring.co.za

BANKBESONDERHEDEABSA AucklandparkTakkode: 632 005Rekeningnaam: Die DameskringRek. Nr.: 284 075 0062

POSADRESPosbus 91834Aucklandpark2006

Die Dameskring

VOORBLADFOTO: Therien Keulder

InhoudsopgaweBrief van die Redakteur 3Uit die pen van die President 4Ons praat met Jannie du Toit 5Lied: Pleidooi van ‘n DK-hart 6

Julie Sielskos: Moenie verder vrees nie 7Julie Gespreksdokument: Boelies voer ‘n skrikbewind! 9

Augustus Sielskos: Die finale nekslag vir die Satan! 12Augustus Gespreksdokument: Orgaanskenking 14

September Sielskos: Onse Vader wat in die hemel is… 22September Gespreksdokument: Jou huis is waar jou hart is 16

Taknuus 18

Oktober Sielskos: Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe 20

Lesersbydrae: Alle plaasvrouens kan hiermee identifiseer! 25

Oktober Gespreksdokument: Uitsonderlike talent – Seën of straf? 26

Lesersbydrae: Grace Reeler 29Lewer ‘n Bydrae vir die Granaat 31Agterblad: Westfalia Resep 32

2

Page 3: Granaat volume 8

BRIEF VAN DIE REDAKTEUR

A l ooit gedink wat sou gebeur as jy môre net dit gaan hê waarvoor jy vandag dankbaar was? Net dit waarvoor jy bewustelik dankie gesê het? Die omvang van hierdie gedagte gee hoendervleis...

DankbaarLEEF

En die nadink hieroor het ‘n groot impak op my gebedslewe gehad: ek het besluit om meer dankie te sê. Nie sommer net dankie in ‘n soort kombersgebed wat alles moet toemaak nie. Nee, ek het begin tyd neem om dinge by die naam op te noem. Want wat is “alles” nou eintlik?

Ek leer by my eie twee kinders wanneer hulle hardop bid: van die kas tot die lugverkoeler word nougeset opgenoem in hul gesprekke met God. Ek leer by hulle van totale afhanklikheid van God, van blindelingse geloof! Ons kan kies om die positiewe te sien in vandag, ons kan daarvoor dankbaar wees. En dan sal daar vir ons hoop wees, al voel ons soms totaal moedeloos.

Een aand met huisgodsdiens gesels ons oor talente, ‘n onbekende woord vir my twee seuns. Hoe wonderlik was dit nie om met hierdie gesinsaktiwiteit mekaar se talente en goeie eienskappe te verwoord nie! En uit die hard-opsê het daar opnuut waardering vir mekaar gekom, kon ons gekoester voel. Ons het mekaar aangemoedig om elkeen van ons se eie uniekheid raak te sien en te waardeer, maar ook dié van elkeen wat oor ons pad kom.

Die uitdaging is om bewustelik te lewe, bewustelik te luister hoe God met ons praat en dan te beleef hoe Hy ons ondersteun in alles wat ons aanpak. So kan ons persoonlike groei ervaar. En só vul ons elke dag met baie herinneringe en ‘n unieke nalatenskap.

Leef vandag opnuut voluit. Sê dankie, koester jou eie hartsgesin en vertel hulle daagliks hoe uniek en besonders hulle is.

Sterkte met elke tree wat jy gee, elke voetspoor wat jy los!

Karoo-groete

Izienne

3

Page 4: Granaat volume 8

Negatiewe gesprekke vind mos om die braaivleisvuur plaas. Ek was onlangs deel van so ‘n groepgesprek. Almal het gekla oor korrupsie, die swak Rand, die toestand van die paaie in ons land, die swak dissipline in skole, swak dienslewering en, en, en…

E k het meer as een keer probeer om die gesprek in ‘n positiewe rigting te stuur, totdat een persoon vir my sê: “Die slegte goed

is nie so ‘in jóú gesig nie’…so, jy kan nie eintlik praat nie. Ek trek Australië toe…wie trek saam?” Ek was ontsteld oor die gesindheid van my vriende en my poging om hulle op die baie positiewe dinge te wys, het geen hond haar-af gemaak nie.

Ek kon die aand nie aan die slaap raak nie. Ek het besef dat hierdie negatiwiteit by baie meer van my landgenote posgevat het... inteendeel, ek dink dit begin hul ingesteldheid oorheers. Ek het ook besef dat hierdie groepie mense nie ‘n uitsondering is nie…ek en jy word daagliks met sulke gesprekke gekonfronteer.

Dit het my aan ‘n verhaaltjie uit my kinderdae laat dink. ‘n Groep jong mans het eendag by ‘n baie wyse man

aangekom terwyl hy besig was om ‘n groot skare mense te leer. Een jong man het ‘n klein voëltjie in sy hand vasgehou. Hulle het van die man se groot wysheid gehoor, en wou hom voor al die mense verneder.

Een van hulle sou vir die wyse man vra: “Meneer, wat hou ek in my hand vas?”

As die wyse man sou antwoord dat dit ‘n voëltjie is, dan sou hy weer vra: “Meneer, lewe hy, of is hy dood?”

As die wyse man sou sê dat die voëltjie dood is, sou die jong man sy hand oopmaak en dit laat wegvlieg. As hy sou sê dat die voëltjie lewe, sou hy die voëltjie in sy hand dooddruk en vir die wyse man wys.

Die jongman het selfversekerd nader gestap en gesê: “Meneer, as u dan so slim is, sê vir my wat ek in my hand vashou.”

Die wyse man het dadelik geantwoord; “Jy hou ‘n klein voëltjie in jou hand.”

Die jong man was verbaas oor sy wysheid, maar sê toe weer: “Meneer, as u dan so slim is, sê vir my of die voëltjie dood of lewendig is?”.

Die wyse man het sonder aarseling gesê: “Jong man, die besluit is in jou hand!”

Die ‘keuse’ is in jou hand! Jy kan KIES om net die negatiewe dinge om jou raak te sien… OF jy kan KIES om die mooi en positiewe dinge in Suid-Afrika raak te sien en God daarvoor te loof en te dank!

PresidentUit die pen van die

BRIEF VAN DIE PRESIDENT

4

Page 5: Granaat volume 8

JANNIEdu Toit

ONS PRAAT MET…

Wat beteken ‘gesin’ vir jou? Alles wat ek in die lewe gekry het wat positief gebly het oor die jare.

Waarom, in jou opinie, is daar deesdae al hoe meer gebroke gesinne? Daar kan vir my net een rede wees: ‘n gebrek aan liefde en die omgee wat dit onvermydelik teweeg bring. Ek kan na niemand ‘n vinger wys nie – ek het nie kinders nie, maar is 20 jaar gelede na ‘n hartseer verhouding geskei.

Hoe het jou ouers jou ondersteun as kind om jou potensiaal te bereik? Deur my liefdevol die vryheid te gee om te kies wat ek wou doen, terwyl hulle die voorbeeld gestel het van wat die heel beste is.

Het jou gesin spesifieke gewoontes/tradisies wat vir julle belangrik is en wat julle koester? Nie juis nie – sommer net onvoorwaardelike en lojale omgee vir mekaar. Natuurlik die lekker kuier en eet wat outomaties voortgevloei het uit die omgee.

Wat is jou opinie oor die toekoms van ons taal, kultuur en Godsdiens in ons land? Omdat die Here in mense se harte leef, kan daar net ‘n goeie toekoms wees – die verskillende verskyningsvorme van

die Here se kerk op aarde het bloeitye en dan weer slegter tye, maar Hy is onveranderlik.

Beskryf jouself in 5 woorde? ‘n Geseënde mens wat dankbaar probeer leef.

Watter raad het jy, uit ondervinding, wat ouers kan toepas indien hulle opmerk dat van hul kinders moontlik uitsonderlike talente het, soos jy met jou sang? Skep geleenthede en help waar jy kan, maar moet die outjie nie dwing om enigiets te doen nie. Moenie dat ondersteuning vir jou kind vir hom later na heldeverering begin klink nie.

Het jy enige vrese? Somtyds vrees ek omdat dit lyk asof die liefde terugslae hier op aarde beleef – genadiglik is ek een van die mense wat

Bydrae: Salomè Engelbrecht

5

Page 6: Granaat volume 8

bly glo dat liefde tog elke keer weer sal oorwin.

Is daar ‘n nuwe produksie wat jou aanhangers na kan uitsien? Hopelik sal daar in die nabye toekoms ‘n program oor die musiek van my ou vriend Lucas Maree die lig sien – ons het reeds aansoek gedoen om dit by ‘n kunstefees te lanseer. Saam met my tjellis, Susan Mouton, is ek ook reeds besig met ‘n program getiteld HARTSNAAR, waarin ons op die tien snare van ons twee instrumente (tjello en kitaar) hartsmusiek maak.

Wie is Jannie as hy by die huis is? Hopelik steeds net Jannie!  Ek het ‘n gastehuis – Agterplaas B&B in Johannesburg – dit help om seker te maak dat ek mag aanhou met musiek maak. Jou stokperdjie? Stap, maar nie vir ‘n uur of twee of ‘n naweek nie – vyf dae soos in die Visriviercanyon in Namibië (verlede jaar nog) of die Otter Wandelpad – onlangs en hopelik weer binnekort. As iemand kontakte het, laat weet tog asb, ek is alweer uitgehonger.

Wat is jou gunsteling Suid-Afrikaanse gereg? My liewe Mamma se Sondagmiddagete – sy is ongelukkig al in 1991 oorlede, maar daar is baie mense wat vir groot gedeeltes daarvan baie naby aan 100% kry. Dis net haar malvapoeding wat steeds ongeëwenaar is.

Wat is die hoogtepunt van jou loopbaan tot hede? Beslis die 25 jaar op verhoë, in ateljees, op die pad en saam aan die werk met Christa Steyn. Daarbenewens word dit my nou reeds vir 45 jaar lank gegun om musiek te mag maak – wat ‘n voorreg.

1. O Heer my God, ek wil voor U kom neer-kniel.

Ek wil be-ly dat ons me-kaar ver-niel! O Heer U vra,

dat ons me-kaar moet lief-hê, Ek wil my self-sug nou voor U kom lê!Koor:Die lewe draai so dik-wels net om myWat ek wil doen, wat ek wil kry...Ek sit my trots, nou voor u voe-te neer.Hier is ek Heer, sal U my leer!?2. O Heer my God,

leer ons met wys-heid op-tree. En om met blyd-skap van ons-self te gee! Heer as ons roem,

laat dit in U al-leen wees, Ons woord en daad

slegs vrug-te van U Gees.Koor:Dan sal ons weet - om waarlik lief te hê!Nie kwaad te praat. Nie sleg te sê.Ons oë sal sag en vriend’-lik om ons kyk,na daar waar U, ons wil ge-bruik!3. U lief-ling Seun,

sterf aan ‘n ru-we hout-kruis. Vir elkeen hier vergader in U huis Hoe kan ons Heer,

dan nie U lief-de uit-dra? Na die wat dors, en hong-er na U vra!Koor:Ons wil ge-tuig, oor U ons Ko-ning juig!Ons sal ver-geef, na een-heid streef!En waar ons gaan, sal ons die bood-skap sing!dat U ge-nees, en Redding bring!!

...maar ons vlees is swak.

PLEIDOOI VAN ‘N DK-HART

(Gesing op die oorspronklike wysie van “O Heer my God”)

Ons Gees is gewillig...

6

Page 7: Granaat volume 8

Het dit vir jou ook al gevoel asof jy deur ’n stroom water, ’n rivier, meegesleur word? Jy kan nie kop bo water hou nie. Jy sien die

oewer van die rivier, maar jy kan nie ’n tak of selfs eers ’n grashalmpie beetkry om jouself uit te trek nie. Die stroom word al sterker en ’n waterval is vinnig besig om nader te kom. Jy raak bang, magteloos bang! Al wat jy raaksien is die omstandighede rondom jou. Dit maak dat jy geen redding of uitkoms raaksien nie. Jy is net so ontsettend bang!

Almal van ons het al so gevoel. Hierdie magtelose bangwees, spoel oor ons wanneer ons na die toekoms van

ons land kyk. Korrupsie, plaasmoorde, diskriminasie, skole en universiteite waar taal en kultuur verkrag word.

Ons is ook magteloos bang wanneer ons die diagnose van ’n ongeneeslike siekte kry, wanneer daar ’n lang siekbed of herstelpad vir ons wag. Wanneer ek my werk verloor of wanneer die rusie by my huis tot op ’n mespunt gedryf word. Wanneer die dood ’n geliefde wegruk en dit voel of die eensaamheid my gaan insluk. Ja, elkeen van ons beleef soms vrees, bangwees.

Omstandighede wat vrees wek is deel van die mens se lewe. In Jes.43 word sulke omstandighede beskryf as ’n rivier wat afkom en ’n vuur wat brand. Ook die volk Israel het vrees

Ds. Leon van Jaarsveld (Jesaja 43:1-7 dien as vertrekpunt)

Moenie verder vrees nie!

SIELSKOS: JULIE

Ons Gees is gewillig...

7

Page 8: Granaat volume 8

geken. In Jesaja 43 vers 1 tot 7 praat God met Sy volk wat weggevoer is in die Babiloniese ballingskap. Hulle het alles verloor. Hulle land, hulle besittings, hulle familiebande en die voorreg om God by Sy tempel te kan dien. Hulle woon nou in ’n vreemde land tussen vreemde mense wat vreemde gode dien.

In hierdie vreemde situasie voel God se volk onseker oor die toekoms. Dit voel vir hulle asof God hulle verlaat het. Hulle omstandighede maak dat hulle God nie meer raaksien nie. Dit maak hulle baie bang.

Maar dan kom die Here en gee ’n antwoord op hulle vrees. Hy sê: “Ek is die Here jou God”. Israel word opnuut daarop gewys wie hulle God is. Hy het hulle gekies, hulle gevorm, hulle geroep uit al die nasies, persoonlik, by die naam. Hy gee vir hulle om. Hulle is Sy eiendom wat Hy liefhet. Hy ag hulle hoog en hulle is kosbaar in Sy oë. Hy het hulle al soveel keer gered, nie net uit die slawerny van Egipte nie, maar ook in die woestyn.

Deur die dood en opstanding van Jesus Christus geld hierdie woorde ook vir ons. Ons is duur gekoop deur die bloed van Christus en daarom staan ons in ’n besondere, persoonlike verhouding met God. Hy het ons in Jesus Christus herskep, Hy het ons geroep, ons is Syne, Hy ag ons ter wille van Christus hoog, Hy het ons lief, Hy ag ons kosbaar.

Hoeveel keer het Hy nie ook al aan ons gewys dat Hy ons God is nie. Wanneer daardie stroom water ons wil meesleur, kom Hy tot ons redding. Deur die beproewing van siekte, deur finansiële krisisse, deur die trane wat die dood bring, dra Hy ons, want Hy gee om en Hy red. Die stroom water sal ons nie wegspoel nie, die vuur sal ons nie brand nie, want die Here is ons God: “Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel. Ek het jou verlos, Ek het jou by jou naam

geroep, jy is myne. Ek is by jou, Ek is jou redder, Ek gee Egipte as losprys vir jou, Jy is kosbaar in My oë, hooggeag en Ek het jou lief.”

Ons hoef ons dus nie blind te staar teen die omstandighede nie. Die volk Israel was geestelik blind en het die Here nie meer raakgesien nie. Hulle omstandighede het hulle blind gemaak. Hulle omstandighede was groter as God. Hulle omstandighede het skeiding tussen hulle en God gebring en daar waar skeiding tussen mens en God is, is verlatenheid, is vrees.

Jesus Christus het daarom ook aan die kruis die Godverlatenheid op Hom geneem, waar Hy uitgeroep het: “My God, My God, waarom het U my verlaat?”, sodat ons nooit weer deur God verlaat sal word nie. Ons staan dus nooit alleen in ons omstandighede nie. Die Here is altyd daar en sal ons nie los nie. Dit maak dat ons kan staande bly in ons omstandighede. Dit haal die vrees uit enige beproewing wat oor ons mag kom. Selfs die dood is geen verskrikking meer nie, want selfs daar is ons Here en ons God.

Dit is immers ook Hy wat die toekoms bepaal. Ons word nie maar oorgelaat aan die noodlot van omstandighede nie. Daar sal nie eers ’n haar van ons hoof val as dit nie Sy wil is nie en daarom hoef ons nie die omstandighede te vrees nie. God is almagtig, die Skepper van hemel en aarde, en Hý is ons God!

Ons word nie gevrywaar van omstandighede wat vrees by ons wek nie en ja, ons word bang, maar moenie toelaat dat die omstandighede jou blind maak vir God se teenwoordigheid nie. Jesus Christus is Immanuel, God met ons. Hy is ons Koning wat regeer tot in alle ewigheid en Hy sê:

“Moenie bang wees nie, Ek is die Here, JOU God!”

8

Page 9: Granaat volume 8

In Skole......

Die land is onlangs weer geruk deur verskeie berigte oor die skrikbewind wat boelies in skole voer. Geweld in ons skole raak

toenemend “alledaags”, dikwels met noodlottige gevolge vir die slagoffers.

Volgens Netwerk 24 (Berig op 26/02/2015) is daar sowat twee jaar gelede oor die land heen ‘n meningspeiling oor boeliegedrag en afknouery in skole gedoen. Pondering Panda is ‘n navorsingsgroep wat digitale navorsing regoor Afrika doen. Hulle opnames is meesterlik ontwerp vir die tegnologiese eeu waarin ons leef en stel hulle ook in staat om groot getalle mense te bereik. Die opname is gedoen onder 2 064 leerlinge tussen 13 en 24 jaar oud. Resultate het aan die lig gebring dat 57% van hierdie leerlinge aangedui het dat hulle geboelie is.

Die opname het verder bevind dat

68% van die leerlinge in Suid-Afrikaanse skole bekommerd is dat hulle by skole aangeval kan word, hetsy deur fisiek aangerand of met ‘n wapen gedreig te word. Limpopo het die meeste leerlinge (78%) wat vir afknouery by die skool bang is, gevolg deur Gauteng met 64% en die Wes-Kaap met 63%. Gevaarlike wapens in skole is ook ‘n belangrike kwessie vir leerlinge, met 45% wat glo ander leerlinge bring wapens soos gewere en messe skool toe.

Shirley Wakefield, die woordvoerder van Pondering Panda, sê statistieke bewys dat skole deurtrek is van ‘n kultuur van afknouery. Sy sê die feit dat twee uit drie leerlinge oor afknouery bekommerd is, is ‘n akte van beskuldiging aan die onderwysstelsel.

Des Brown, ‘n direkteur van BullyproofSA sê dat afknouery in talle Suid-Afrikaanse skole as ‘n “normale” deel van grootword beskou word, maar daar is niks normaal daaraan nie

skrikbewind!BOELIES

VOER ‘N

GESPREKSDOKUMENT

Bydrae: Belinda Campher

9

Page 10: Granaat volume 8

– net soos wat daar niks normaal aan molestering of mishandeling is nie!

Bullyproof is ‘n organisasie wat pro-gramme by skole en vir ouers aanbied om slagoffers van afknouery te help, maar ook om nog afknouery te keer en die kultuur onder kinders dat dit aanvaar-baar is om ander af te knou, te verander.

In die werksplek......Dit is egter nie net skoolkinders wat geboelie word nie! Volwassenes wat by die werk geboelie word deur kollegas of werkgewers is een van die hoofoorsake van stresverwante toestande in ons moderne samelewing. Volwasse slagoffers van boelies kry op die koop toe baie minder simpatie as kinders! Hulle verdra ook dikwels die geboelie/teistering oor ‘n baie langer tydperk weens verskeie faktore wat insluit: ‘n vrees om hulle inkomste te verloor, ‘n gevoel van verantwoordelikheid en lojaliteit teenoor die maatskappy, omdat hulle trots is op wat hulle daar bereik het en nie hulle posisie wil opgee nie en ook weens die feit dat dit baie moeilik is om vandag in Suid-Afrika ‘n soortgelyke aanstelling op ‘n ander plek te kry.

Volgens die Wet op Gelyke Indiensneming, is jou werkgewer verplig om jou teen ‘n geboelie en teistering te beskerm. Omdat albei gereeld in die werkplek voorkom, word hulle dikwels verwar. (Vida Booysen, Netwerk 24, 28 September 2014).

Marleen Potgieter, ontwerper van The Training Room Online (www.thetrainingroomonline.com) het ‘n pakket saamgestel wat uit vier aanlyn kursusse bestaan: algemene diensbillikheid, kulturele sensitiwiteit, MIV/vigs in die werkplek en seksuele teistering. Volgens haar is boelie ‘n magspel en die oortreder is gewoonlik ‘n bestuurder met ‘n lae vlak van emosionele intelligensie.

Potgieter sê boelie kan wissel van die subtiele (soos om ‘n werknemer se goeie werk te misken of halsoorkop reëls te maak sonder om self daarby te hou), tot by die ekstreme (soos woede-aanvalle, stilstuipe of om die werknemer vyandig aan te gluur of te verskree).

Terwyl ‘n geboelie meestal oor mag en beheer gaan, gaan teistering aan die ander kant daaroor dat ‘n ander se mening nie aanvaar of verstaan word nie. Base, ander werknemers, of groepe werknemers kan mense teister saam met wie hulle werk, terwyl boelie meer dikwels die gedrag is van mense wat die slagoffer se senior is. ‘n Ernstige vorm van teistering is seksuele teistering.

In ons samelewing......Na aanleiding van ‘n insident waar gemoedere tussen twee politieke partye opgevlam het en lede van die onderskeie partye hulle op die parlementsterrein gedra het soos bakleierige bulletjies op ‘n skoolgrond, skryf Sonja Loots in die Rapport van 6 Junie 2014 dat dit ons glad nie meer moet verbaas dat ons ‘n nasie van boelies geword het nie!

Op skool, langs die sportveld, in huishoudings, in die verkeer, in die werkplek en helaas tot op die parlementsterrein! Dat lede van die betrokke partye hulle skuldig gemaak het aan krenkende gedrag pas by die profiel van ‘n land waar boelies in vele gedaantes opdoem: Die padvark, die sekspes, die kollega wat die vergadering met versmorende bombasme oorheers, die afbrekende onderwyser, die skoolmaat wat ander spot of slaan of uitsluit, die Twitter-roofvoël, die Facebook-bullebak, die opgewerkte pa wat sy kind op ‘n skool se sportveld vanaf die kantlyn uitkryt oor ‘n rugbybal wat soos seep weggeglip het. Die lys is lank, die variasies is uitgebrei.

10

Page 11: Granaat volume 8

Wat is die impak van boeliegedrag op slagoffers?Wanneer ‘n slagoffer herhaaldelik oor ‘n periode van tyd blootgestel word aan ‘n geboelie, afknouery of teistering sonder dat ‘n ingreep plaasvind, die gedrag beëindig word en die slagoffer die nodige berading ontvang, lei dit tot skending van die slagoffer se selfagting en waardigheid. Emosionele, fisiese, en sosiale newe-effekte wissel van minder ernstig tot traumaties. Daar is ook sonder uitsondering ‘n beduidende negatiewe impak op die produktiwiteit en werksvermoëns van volwasse slagoffers en agteruitgang van skolastiese prestasie by kinders. In uiterste gevalle sien slagoffers eenvoudig nie langer kans vir die lewe nie en is die tragiese uiteinde selfmoord. Wat staan ons te doen?!Kennis is mag. Hoe meer ek weet oor enige onderwerp, hoe groter is die kans dat ek ‘n positiewe verskil sal kan maak wanneer ek op een of ander stadium daardeur geraak word. Selfs al word ek nie direk geraak deur die boelies in die samelewing nie, kan ek steeds op verskeie wyses ‘n bydrae lewer om die kultuur van bullebakkery teen te staan. Sonja Loots meld in haar berig in Rapport (29/06/2014) dat slagoffers se reaksie vir buitestanders dikwels oordrewe of onredelik lyk, dit is verleidelik om te proes oor die gefladder in die hoenderhok. Dit is egter hoog tyd dat samelewings die vlerkies begin knip van haantjies en hennetjies wat vir ander geen plek op die stellasie gun nie.

Jesus het in Sy Bergpredikasie die goue reël neergelê en dit geld vir enige verhouding op elke vlak van die samelewing. Matt 7:12 – As daar een goue reël is waarvolgens julle moet lewe, is dit die volgende: vra julle elke dag

af hoe julle wil hê ander mense teenoor julle moet optree. Gaan tree dan eerste so teenoor hulle op. As julle so leef, doen julle alles wat die Bybel van julle vra. (Die Boodskap)

Basta met Boelies!!Besprekingsvrae:1) Wat is die verskil tussen gewone

konflik tussen kinders/volwassenes en werklike boeliegedrag?

2) Gesels oor verskillende tipes boeliegedrag. Verwys na direkte boeliegedrag (fisies/verbaal) en indirekte boeliegedrag (sielkundig).

3) Wat staan my te doen as my kind of kleinkind die slagoffer van ‘n boelie is?

4) Hoe kan ek as skoolhoof, bestuurder van ‘n maatskappy, of leier van ‘n organisasie voorkomend optree om viktimisasie van leerders of werkers te verhoed?

5) Watter lewensvaardighede maak ons meer weerbaar teen die boelies van die samelewing?

6) Hoe gemaak as ek self die slagoffer van teistering of boeliegedrag by die werk is?

7) As my kind, lewensmaat, vriend, vriendin of iemand anders na aan my hart self ‘n boelie is – is daar hoop en hoe kan ek raad of hulp verleen?

Bronne: ‘n Psigo-opvoedkundige program vir die hantering van boelie-gedrag (Proefskrif- Johanna Margaretha Geyer, Fakulteit Opvoedkunde: Universiteit van Johannesburg. 2007); www.christelikebiblioteek.co.za; Netwerk 24 (Digitale nuus) 1) 26/02/2015 Ma kry hofbevel teen 2 leerlinge; 2) 28/09/2014: ‘n Baas wat gil en gluur moet vasgevat word; www.ponderingpanda.com; http://bullyproof.co.za/pages/faqs; Huisgenoot Digitaal (03/10/2013); www.nobullying.com; Rapport 29/06/2014 – Dis nie snaaks dat ons nasie boelies is.

11

Page 12: Granaat volume 8

Aan die Regterhand van God die Vader... Veertig dae na Sy opstanding... Met die sondvloed reën dit 40 dae, dan word Noag en sy gesin in ‘n nuwe lewe “vrygelaat”. Die Israeliete swerf 40 jaar in die woestyn rond, waarna hulle die land Kanaan in besit neem. 40 Dae na Jesus se opstanding vaar Hy op na ons Vader toe, om te gaan heers aan Sy regterhand.

Dit is die finale slag vir Satan, en die hele verlossing-siklus word met hierdie aksie voltooi. Voor Hy aarde toe gekom het, was Hy in die hemel by God Die Vader. Hy verlaat Sy Hemelse tuiste ter

wille van ons verlossing en nou gaan Hy terug om aan die Regerhand van Die Vader te gaan sit, waar Hy nou namens ons intree.

Die hemelvaart herinner ons dus aan die voltooidheid van Jesus se Verlossingswerk op aarde. Dit gee vir ons hoop! Soos Hy weggegaan het, kom Hy terug om vir my en jou te kom haal.

Wat vier ons met Pinkster?Soos die Pasga was die Pinksterfees ook oorspronklik ‘n Joodse fees. Dit was die naam wat Griekssprekende Jode gegee het aan die Dag van die Eerste Vrugte of Fees van die Weke, die oesfees waarvan

Hemelvaartdag‘n Besondere dag in die geskiedenis van die Christendom. ‘n Dag van hoop vir diè wat onwrikbaar glo. Met ‘n wonderwerk het Jesus Sy verskyning op aarde gemaak (deur die maagdelike geboorte), en met ‘n wonderwerk het Hy die aarde verlaat.

Die finalenekslag VIR DIE

SATAN!

SIELSKOS: AUGUSTUS

Bydrae: Belinda Campher

12

Page 13: Granaat volume 8

Lev. 23:16 praat. Gedurende die eerste eeu nC het die Jode hierdie fees begin assosieer met die ontvangs van die Wet op die berg Sinai. Christene het die parallel getrek tussen die Jode se ontvangs van die Wet en hulle ontvangs van die Gees. Dit kan moontlik selfs wees dat Paulus na hierdie kontras verwys in 2 Kor 3: 7,8.

Die tien dae tussen die Hemelvaart en Pinkster het die karakter verkry van ‘n tyd van afwagting, tot die Gees die Kerk nuut maak en uitstuur. Pinksterbidure het in die NG Kerk-familie so ‘n tyd van afwagting geword. Die bidure is egter nie ‘n gebruik in die kerk van die res van die wêreld nie.

Op Pinkstersondag (24 Mei 2015) vier die Kerk die uitstorting van die Heilige Gees, toe tonge van vuur en die gawe om in tale te praat oor die dissipels gekom het. Die dissipels, wat aan die treur was oor Jesus se weggaan, is op hierdie dag vervul met blydskap en kragtig in beweging gebring om die nuus van Jesus se opstanding die hele wêreld in te dra. ‘n Mens kan amper sê dat die kerk op hierdie dag gebore is. Pinksterdag is inderdaad die verjaardag van die kerk! Die fokus in Pinkster-bidure is veral op: ons getuienis na buite; voor-bidding vir sending; ‘n terugskouing op die Paassiklus en die wese van die kerk.

Wat is Koninkrykstyd?Die tydperk ná Pinkster – tot en met Advent – staan bekend as Koninkrykstyd. Hierdie seisoen begin met die Drie-eenheidsondag en eindig met die Sondag van Christus die Koning. Enersyds sluit dit Pinkster af en lei later die seisoen van Advent in. In hierdie seisoen vier ons die vestiging van die Heerskappy/Koninkryk en handelinge van die Drie-enige God (Skepper,

Verlosser en Trooster) in elke faset van ons lewe en die wêreld. Ons taak is dus om in hierdie tyd die wonderlike gawes wat ons ontvang het, uit te leef in ons alledaagse doen en late. Koningkrykstyd herinner ons telkens aan die eenheid en interaksie tussen ‘belydenis en lewe’; tussen ‘teks en konteks’; tussen ‘kerk en wêreld’; tussen ‘die reeds en die nog-nie’; tussen ‘woord en daad’.

Bronverwysings: Kerklike jaar (www.albertonsuid.com); Kerkjaaruiteensetting (Mariette Steyn – www.communitas.co.za)Die siklus van die Kerklike jaar (ngmtonoos.co.za); www.heuning.co.za; https://conflitmandial.files.wordpress.com; Leefstyl-Bybel vir Vroue

13

Page 14: Granaat volume 8

Carol-ann van Jaarsveld se man, Hannes, 63 jaar oud, is een van 4 300 mense in SA wat wag vir ‘n lewensreddende orgaanoorplanting.  

Hy het nierversaking a.g.v. polisistiese niere, ‘n oorerflike siekte. Hannes is een van die bittermin gelukkiges: hy kan ‘n nier van ‘n lewende skenker kry.  Na toetse en nogmaals toetse is gevind dat Carol-ann, met wie hy 40 jaar getroud is, ‘n gepaste skenker is.

Prof. Elmie Muller van U.C.T. Hospitaal in Kaapstad sal die operasie doen, sodra die nodige toestemming deur die Department van Gesondheid gegee is.  Dit neem gewoonlik tussen 2 en 3 maande en hierdie toestemming is nodig om seker te maak dat die operasie nie om finansiële redes gedoen word nie. Dit is slegs nodig om te verkry in gevalle waar die skenker en ontvanger nie bloedfamilie is nie.

Volgens Carol-ann was die toetse, wat by die Christiaan Barnard Hospitaal, Grootte Schuur en U.C.T. Hospitaal gedoen is, baie interessant en glad nie iets om voor bang te wees nie.  

Carol-ann vertel self:“Heel eerste op ons lys was ‘n afspraak met die oorplantingskoördineerder,   Juliet Conradie. Sy het ons dadelik welkom en op ons gemak laat voel deur alles omtrent die toetse en die oorplanting op ‘n rustige manier aan ons te verduidelik.   Sy het ons ook na die verskillende hospitale vergesel.

Die eerste en belangrikste toets was om vas te stel aan watter bloedgroepe ons behoort.   Daarna is bloedtoetse gedoen om te sien of ons bloed en weefsel bymekaar pas.   Dit neem drie lang weke voor die uitslag kom.

Behalwe vir urine- en bloedtoetse om die eiwit, bloedgroep, suiker, die infeksietelling, en baie meer te bepaal, moes ek vir ‘n mammogram en sonar van my borste, ‘n sonar van my buikorgane,

Orgaan- skenking: “Ek kan vir my man ‘n nier gee!!”‘N DK-LID DEEL HAAR PERSOONLIKE ERVARING...

Bydrae: Izienne van Jaarsveld

GESPREKSDOKUMENT

14

Page 15: Granaat volume 8

‘n angiogram en x-strale van my niere, ‘n kardiogram en 24-uur op ‘n bloeddruk-monitor gaan.  Volledige ondersoeke deur ‘n nefroloog en ‘n internis is ook gedoen.  Ek kan elke mens wat ooit sal belangstel om ‘n lewende skenker te wees gerusstel dat ek nie een keer seer gekry het, of ongemaklik was nie.  Een van die interessantste toetse was om elke nier se funksie afsonderlik te bepaal.

Terselfdertyd was daar ook net soveel toetse op Hannes gedoen om te sien of hy ‘n geskikte ontvanger vir ‘n nier sal wees.”

Natuurlik moet die ontvanger ook, behalwe vir die aangetaste orgaan(e), 100% gesond wees. Ná die operasie word groot hoeveelhede immuun-onderdrukkers toegedien om te voorkom dat die liggaam die nuwe orgaan verwerp. Dit word geleidelik verminder tot ‘n kleiner dosis wat lewenslank geneem moet word.

Tussen die toetse deur is daar ook die sielkundige aspek van die oorplanting en daarvoor sorg ‘n sielkundige wat op die gebied spesialiseer. “Wat is jul geskiedenis?  Hoe gesond was jul voorouers, jul ouers?   Baie belangrik, hoe gesond is jul huwelik?  Waar is jul kinders, jul broers, susters, vriende?   Wat is jul verhouding met hulle en die mense om julle?  Het julle ‘n ondersteuningstelsel?  Wat doen julle vir jul naaste en vir die gemeenskap?  Hoe is jul verhouding met God?”

“Al die uitslae van die toetse is deur die oorplantingspan nagegaan en vroeg in Desember het ons die wonderlike nuus ontvang dat hulle wil voortgaan met die oorplanting.

Die laaste 4 en ‘n half maande was vir my en Hannes ‘n baie spesiale tyd in ons huwelik.  Ons is baie opgewonde oor die operasie, oor die toekoms en Hannes se nuwe lewe.  

Ek wil beklemtoon:1. ‘n Skenker kan met een nier net so

goed leef as met twee.   2. Die ontvanger, behalwe vir die neem

van daaglikse medikasie, kan ‘n normale lewe lei met ‘n nuwe nier.

Ek doen ‘n dringende beroep op elke liewe Dameskringlid om dit ernstig te oorweeg om te registreer as ‘n kadawer orgaanskenker.  Jou onbaatsugtige besluit kan moontlik sewe lewens red!

Vir meer inligting gaan na Organ donor Foundation of SA op facebook of na www.odf.org.za“

Besprekingsvrae:1. Is orgaanskenking iets wat jy

sou oorweeg? Dit is ‘n groot, persoonlike besluit, maar so ‘n onbaatsugtige daad! Hoe voel die res van jou gesin/ familie hieroor?

2. ‘n Oorplantingspan bestaan uit verskillende spanlede wat betrokke is by orgaanoorplantings. Hoe belangrik dink jy is sielkundige toetsing by die skenker, in die geval waar iemand ‘n lewende skenker is?

3. Selfs ná ‘n persoon ‘n orgaan ontvang het die persoon daagliks, vir die res van sy/haar lewe medikasie neem om o.a. orgaanverwerping te keer. Voel jy dat orgaanskenking tog die moeite werd, die kool die sous werd is?

15

Page 16: Granaat volume 8

Soos ons weet kan ons nie altyd ons familie kies nie, maar jou lewensmaat kan jy wel, en gelukkig is mens so lief vir jou eie kroos, dat jy

hulle vir niks sal wil verruil nie. (Dalk net tydelik sal inruil tydens hul tienerfase!?)

Om die mees ideale huis vir elke gesinslid te skep, is dit nodig om te kyk wat die kenmerke is van ‘n gesonde gesin en om dit bewustelik na te streef. Vroue is geneig om eerder net met hulle hart (emosies) te dink, maar definitiewe reëls is belangrik om in ag te neem om sodoende spesifieke huisreëls te formuleer, sekere gewoontes te kweek en natuurlik in stand te hou. Hierdie dinge geld dan ook vir jou en jy moet dit

ook jóú eie maak en dit uitleef! Dade spreek mos meer as woorde!

Kenmerke van ‘n gesonde gesin:Net soos ons elkeen uniek is, anders lyk, dinge anders beleef, net so besef ons dat almal van ons deel is van ‘n gesinsgemeenskap – miskien in ons werkkring, vriendegroep of selfamilie. Kenmerke waarna hier verwys word kan dus in alle gesinsgemeenskappe toegepas en nagestreef word.

Basiese oortuigings en geestelike waardes• Daar is ‘n gesonde geestelike basis.• Daar is duidelike begrip vir wat reg

en verkeerd is.

waar jou is

‘n Huis is die plek waar ons behoort en waar ons nie hoef te presteer nie en bloot maar net rus kan ervaar. In jou huis, of jy nou in jou eie plekkie woon, ‘n huis met iemand deel, ‘n plekkie huur – daar waar jy snags jou kop neerlê... mag jy daar lag, gedruk word, huil, eet, gil van plesier, sing, dans, speel, voluit lewe, bid en gelief word.

Jou huis is

Bydrae: Izienne van Jaarsveld

16

Page 17: Granaat volume 8

• Daar is ‘n houding van diensbaar-heid teenoor andere en ‘n verge-noegdheid met jouself en jou omstandighede.

• Probleme word erken en daar word hulp gesoek indien nodig.

Interpersoonlike verhoudings• Die vaslegging van ‘n gevoel van

basiese vertroue: Jy kan op diegene rondom jou staatmaak.

• Bevestiging en ondersteuning: Die gesin is die primêre bron van ons selfvertroue – ’n Huis is die herlaai-stilhouplek vir elkeen, om hulliefdes- en emosionele tenks te vul voor hul terugkeer na die gejaagdheid van die daaglikse lewe.

• Kommunikasie en luister: Om te luister, is om direk omgee en liefde te kommunikeer. Dit vereis om tyd te neem en jou eie agenda eenkant toe te skuif, die persoon in die oë te kyk en onvoorwaardelik en met onverdeelde aandag te luister.

• Respek vir andere: Dit hou verband met die unieke waarde van elke individu, elke gesinslid se verskille word aanvaar en individualiteit word gekoester binne ‘n gesin.

• Respek vir privaatheid

Algemene gesinskultuur• Gebalanseerde interaksie: Daar word

nie faksies in die gesin toegelaat nie.• Gedeelde verantwoordelikheid:

Elkeen moet sy/haar kant bring.• Speel en humor: Die gesonde gesin

besef dat om saam pret te hê, te speel, net so belangrik is as om te werk. Wanneer families saam pret het, assosieer die gesinslede die goeie tye met positiewe gevoelens en herinneringe. Die belangrikheid van tyd en gesprekke rondom die

etenstafel kan nie onderskat word nie.• Rituele en tradisies: Die huis is

nie net ‘n eet- en slaapplek nie. Dit moet die plek wees waar jy onvoorwaardelik aanvaar word om sodoende jou identiteit te kan ontwikkel.

 ‘n Funksionele huis bied beskerming, sekuriteit, warmte, ‘n plek waar jy jou eie identiteit ontwikkel, erkenning ontvang en bemoedig word. Talle kinders word van hierdie voorreg ontneem. Onthou: al bly jy nie in ‘n tradisionele huis nie, jy bly deel van ‘n familie.

Mag God jou, jou unieke gesin en jou unieke huis seën!

Besprekingsvrae:1. Hoe definieer jy jou huisgesin?2. Sou iemand uit ‘n disfunksionele gesin

‘n eie funksionele gesin kan bou?3. Wat dink jy is die oorsaak van

gesinsmoorde?4. Dink jy dit is noodsaaklik dat iemand

se gesinsagtergrond in ag geneem word wanneer op ‘n lewensmaat besluit word?

Bron: Pastorale Beradingskursus (Noord-Wes Universiteit), studiehandleidings en studieleier, Prof. Wentzel Coetzer

17

Page 18: Granaat volume 8

Wêreldbiddag

vir VroueKing Williams Town se Virtuele lede was betrokke by die reëlings van die Wêreldbiddag vir Vroue:  hul was so 45 - 50 vroue uit 7 verskillende denominasies.  

Sonja Spies Voorsitter van Louis Meyburgh tak, het te hore gekom van ‘n plaasskool in Steytlerville-omgewing wat ‘n uitstappie gereel het na PE vir 3-5 Desember.  Daar is 13

kinders in die skool, Beulah Primer. Louisa Meyburg tak het toe T-hempies laat druk vir elke kind met die skool se naam op.  Die foto is geneem by die Boardwalk in PE  tydens die oorhandiging van die T-hempies aan die kinders.  Net 9 kinders kon die uitstappie bywoon, maar hulle was so opgewonde oor hul eerste besoek buite Steytlerville!  Louisa Meyburgh gaan voort met hierdie projek in 2015.  Die lede op die foto is Sonja Spies en Reinette Labuschagne.

Links: San-Mari Badenhorst

TaknuusLouis Meyburgh tak

18

Page 19: Granaat volume 8

Dolfyn- takDie Dolfyn-tak se projek is nie-bederfbare voedsel vir Maranatha tak in Nieu Bethesda wat onlangs geopen het.

SuikerbekkieSuikerbekkie tak het op 9 Maart, die voorreg gehad om Corlia Kemp as nuwe lid in te stel.

Op foto: Van links na regs: Elize Muller, Corlia Kemp, Jana Coetzer, Aletheia Botha

Ek is net ‘n vonkie lig,Maak my ‘n vuur, Here!Ek is net ‘n snaarMaak my ‘n viool.Ek is net ‘n druppel, Here,Maak my ‘n fontein.Ek is net ‘n molshoop,Maak my ‘n berg.Ek is net ‘n veertjie,Maak my ‘n vlerk.Ek is net ‘n bedelaar, Here,U maak my ‘n KONINGSKINDAmen

-JJ JacobsKoningskindu maak my ‘n

19

Page 20: Granaat volume 8

Joh 14:6“Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe...”

Keuses. Hoe eenvoudig sou die lewe nie daarsonder gewees het nie. Hoe VERVELIG sou die lewe nie daarsonder gewees het nie! Daar is gelukkig net EEN ewigheidskeuse en dit het God reeds gemaak. Hy het jou Sy kind gemaak. Kies om dit in die geloof te aanvaar. Alle ander keuses is nie ewigheidskeuses nie. God het ons wesens gemaak gelyk aan Sy beeld. Hy het die mens beveel om te ‘heers’ oor die aarde. God gee my die vryheid om te mag kies.

Waarheid of Leuen. Lewe of Dood. Wat kies jy?Dit wat jy DINK (jou gedagtes) bepaal wat jy GLO (Waarheid of Leuen). Dit wat jy GLO beïnvloed hoe jy VOEL. Jou gevoelens het ‘n invloed op die keuses (reg of verkeerd, lewe of dood) wat jy maak. Dit wat jy KIES, bepaal wat jy DOEN (jou aksies). Die keuses wat jy maak en die aksies wat uit daardie keus-es voortspruit, beïnvloed jou uiteindelike bestemming.

Neem enige gedagte wat nie strook met die waarheid in God se Woord nie, gevange en maak dit aan Christus gehoorsaam (2 Kor. 10: 4-5). Spreek dan die waarheid hardop met woorde! “Dood en lewe is in die mag van die

tong.” (Spr 18:21) Enigiets wat nie strook met God se Woord nie, gaan jy nie in jou brein toelaat nie.

Fil 4:8 – “Weet julle waaraan julle moet dink in plaas daarvan om julle te sit en bekommer? Dink aan dit wat vir God saak maak, dinge wat ordentlik en reg is, dinge waaraan God dink en waarvan Hy sal hou, dinge wat God sal sê goed is. Moenie julle tyd mors om aan allerhande nuttelose dinge te sit en dink nie. Hou julle besig met dinge wat die moeite werd is en wat God in ‘n goeie lig stel.” (Die Boodskap) Jy kan net die Lewe KIES as jy die Waarheid GLO!

SIELSKOS: OKTOBER

Bydrae: Belinda Campher

20

Page 21: Granaat volume 8

Die Vyand se Leuen... God se Waarheid...

Ek is nie goed genoeg nie. God hou nie van my nie.

Sef 3:17 “Die Here jou God...is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in Sy liefde. Hy jubel en juig oor jou.”

Ek moet te alle tye sterk wees.

2 Kor 12: 9-10 ...”My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is”

Ek is lelik. Ps 139:14 “...U het my op ‘n wonderbaarlike wyse geskep, Wat U gedoen het, vervul my met verwondering.”

Ek sal dit nooit regkry nie. Fil 4:13 “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.”

Niemand gee om nie.Jes 43:4 “Omdat jy vir My kosbaar is, omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet, gee Ek mense in jou plek, volke in ruil vir jou lewe.”

Ek is heeltemal alleen. Hebr 13:5 “...Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”

Ek het God nie nodig nie.Joh 15:5 “Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vruge, want sonder My kan julle niks doen nie.”

Hierdie probleem is te groot om op te los. Gen 18:14a “Is iets te buitengewoon vir die Here?”

Ek moet bang wees vir die toekoms.

Jer 29:11 “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here –voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting!”

God is kwaad vir my. Ps 103:8 “Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en vol liefde.”

Ek kan nie ‘n kind van God wees nie.

Joh 1:12 “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo het Hy die reg gegee om kinders van God te word.”

Ek is nie vir God belangrik nie. Mat 10:30 “Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel”

My sonde is te groot om vergewe te word.

Rom 1:17a “In die evanglie kom juis tot openbaring dat God mense van hulle sonde vryspreek enkel en alleen omdat hulle glo.”

Ek is soos ek is. Ek kan nie verander nie.

2 Kor 5:17 “Iemand wat aan Christus behoort is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.”

God se geduld met my moet lankal op wees.

Ps 103:14 “Hy weet waarvan ons gemaak is, Hy hou dit in gedagte dat ons stof is.”

Ek is nie sterk genoeg nie.Jes 41:10 “Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met My eie hand red ek jou.”

Ek het nie die krag om aan te gaan nie.

Jes 40: 29 “Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie.”

Bronverwysings: http://thoughtsfromafellowtraveler.blogspot.com; Die Leefstyl Bybel vir vroue; Die Boodskap; www.heuning.co.za; tydskrif.kruispad.net (Keuses, Keuses, Keuses – Fanie Coetzee)

21

Page 22: Granaat volume 8

Om te bid is een van die mees ooglopende maniere om te groei op jou geestelike reis...

Tog is baie van ons gefrustreerd met ons gebedslewe, of vind ons dat ons gebede nie die gewenste uitwerking het nie. Ons hoop is partykeer dat gebed soos ‘n towerspreuk ons drome sal laat waar word, ons probleme sal oplos en ons nader aan God sal bring.

Dalk is dit tyd dat ons opnuut dink oor die rol en funksie van opregte gebed in ons lewens.

E-kerk het in 2014 ‘n omvattende navorsingsverslag beskikbaar gestel wat deur middel van meningsopnames, dataverwerking en interpretasie ‘n volledige prentjie skets van hoe gewone gelowiges in plaaslike gemeentes vandag oor gebed dink, en dit in hulle lewens ervaar. Die verslag is saamgestel deur Dries Cronje, Pierre Engelbrecht, Stephan Joubert en Mynhardt van Pletsen.

Hoe bid ons?Die maniere hoe ons bid, verklap dikwels die manier waarop ons glo God na ons kan, of wil, luister. Die navorsing

toon dat gelowiges gereeld bid. 64% van die respondente bid meermale per dag, 31% bid daagliks en slegs 5% van die respondente bid meermaal per week. As daar gebid word, dan gebruik 90% van die respondente hul eie woorde in die gebede. 3% bid die Onse Vader en 2% bid gebede uit dagstuk-boeke, of ‘n teksgedeelte uit die Bybel. Wat die lengte van die gebede betref, dui 48% aan dat hulle 0 – 5 minute lank bid. 28% van die respondente se gebede is tussen 5 en 10 minute lank, 13% se gebede tussen 10 en 15 minute, en slegs 4% van die respondente bid 30 minute of langer.

Waar en wanneer bid ons?Jesus het op die vreemdste plekke en tye gebid. Eenkeer het Hy tot bo-op ‘n berg geklim en die hele nag daar in gebed deurgebring. ‘n Ander keer lees ons dat Hy so ‘n desperate gebed gebid het, dat Sy sweet amper soos bloeddruppels was wat op die grond geval het. Navorsing toon aan dat die

meerderheid van die gelowiges by die huis bid (97%). 62% van die gebede geskied in die motor, 49% in die kerk en 47% by die werk. 22% van die respondente bid by ‘n restaurant en slegs

15% in die winkels. Tog word daar 53% van die gebede deur die dag gebid - 27% in die

wat in die hemel is...Onse Vader

SIELSKOS: SEPTEMBER

Bydrae: Belinda Campher

22

Page 23: Granaat volume 8

oggend en 20% in die aand. 80% van hierdie gebede is stil, en 87% van die respondente verkies om alleen te bid.

Waarvoor bid ons?Die aard van ons verhouding met God word beïnvloed deur die inhoud van ons gebede! Dis die dinge waaroor ons gereeld met God praat wat ons indrukke en besef van Hom bepaal. Die navorsing toon dat 63% van die respondente vir hulle familie bid, 46% vir hulle vriende, 26% vir hulle kollegas en 24% vir medegelowiges. Die minste gebede is gerig na en vir vreemdelinge. So is 58% se gebede ewe veel gerig op hulleself as op ander, waar slegs 34% min vir hulself bid, maar baie vir ander.

As daar gekyk word na onder watter omstandighede respondente die meeste bid, dan is 36% wanneer iemand naby jou ‘n moeilike tyd beleef, 28% wanneer daar ‘n persoonlike krisis beleef word en 21% wanneer daar ‘n belangrike besluit gemaak moet word.

Hoe bid ons?Dit is belangrik om te weet watter uitkoms ons van ons gebede verwag.Die navorsing dui aan dat daar die meeste met die volgende stellings geassosieer word: 60% vertrou die Here in hulle gebede vir die beste uitkoms. 46% sien hulle gebede as versterking van hulle eie verhouding met die Here. 30% het ‘n geestelike behoefte om te sien dat hulle gebede waar word. 20% bid ter wille van ander se geestelike groei en ‘n klein persentasie meld dat hulle nie aldag weet hoekom hulle bid nie.

Wat kan ons uit die navorsing aflei?Kortom: moderne gelowiges bid oor die algemeen elke dag, vir ‘n paar minute, alleen by die huis, vir iemand of iets

anders as hulleself, voordat hulle dan aangaan met die res van die dag.

As ‘n metafoor gekies kan word, dan gebruik ons ons eie gebede soos wat ‘n skerpskutter sy geweer sou gebruik. Ons skiet sporadiese en berekende gebede van ‘n afstand af, wat veronderstel is om ‘n gevolg teweeg te bring wat verwyderd is van onsself, en wat ons nie noodwendig beïnvloed nie.

Die teenoorgestelde hiervan sou wees om gebed aan te wend soos wat ‘n selfmoordbommer sy plofstel gebruik. In hierdie geval loop hy tot midde-in sy teiken, en as hy die knoppie druk, dan word hy inherent deel van beide die oorsaak en gevolg van sy gebede. Die groot verskil tussen hierdie twee voorbeelde het te make met die persoon wat bid se basiese betrokkenheid en toegewydheid by die onderwerp en subjek van sy gebed.

Die data wys dat daar groot leemtes in ons gebedslewens bestaan wat die volgende aanbetref:

• Gebede wat onsself as die onderwerp plaas

• Gebede waarin ons eie transformasie as doel dien

• Gebede wat in gemeenskap met ander gelowiges gebid word

• Gebede wat opgevolg word met daadwerklike optrede

• Gebede wat persoonlike ontwikkeling teweegbring

• Gebede wat verhoudings en verbintenisse prioritiseer

Wat is die uiteindelike gevolgtrekking?Gebed vind plaas in ons eie gemaksones en daar word nie met God in dialoog getree nie. Dit is nie gebed wat dalk ons gedrag sal verander, of wat ons uit ons eie geestelike gemaksones sal neem

23

Page 24: Granaat volume 8

nie. Gebed word nie as deel van ons alledaagse Christelike lewenstyl gesien nie. Gebed word gesien as ‘n nood-sms of noodkreet wat gestuur word indien daar iets voorval wat ons aandag verg. Gebed is reaksionêr.

So kan ons gebede gesien word as ‘n “Asseblief Heer!”. Dus: Asseblief God! Help ons! Gee ons! Ons is die ontvanger wat deurgee wat ons graag wil hê.

Moet gebed nie eerder ‘n manier wees om in ons verhouding met God te groei deur dialoog nie? Moet ons God nie kan verheerlik deur ons lewe van gebed nie? Moet gebed nie in gemeenskap geskied nie, sodat God met ons werk déúr medegelowiges, om so ons lewe en gedrag aan te raak nie?

Laaste opmerkings uit die navorsingsverslag:Tesame met die Skrif, noodverlening en die gemeenskap van gelowiges, vorm gebed een van die belangrikste boustene van ‘n gesonde en groeiende geloofslewe. Net so opbouend as wat gebed kan wees, net so ontnugterend en afbrekend kan dit raak wanneer gebed buite konteks, of met die verkeerde bedoelings,aangewend word. Dan kan gebed oornag ontaard in ‘n wettiese verpligting, wat onregverdige uitkomste verwag. Dit kan ‘n spoor van gelowiges agterlaat wat bloot siek en sat raak vir godsdiens en vir dié wat dit verkondig.

Natuurlik kan ons soos kinders kom, ons afhanklikheid van God verklaar en Hom in desperate oomblikke vertrou vir bonatuurlike ingryping in ons lewens.

Maar as dit ons uitsluitlike manier van gesprek met God geword het, dan verloor ons die ander ewe belangrike gebedskomponent uit die oog. Dié komponent van waar ons deurgaans en

saam met ander met God kommunikeer, waar Hy ons harte in gesprek met Hom verander, en waar ons dan prakties Sy hande en voete in die wêreld word. Partykeer verander ons gebede die wêreld net soos ons vra, maar meestal is ons gebede veronderstel om onsself te verander. Dan kan ons weer op ons beurt God se verandering na die wêreld bring.

Kyk met nuwe oë na gebed!• Gebed is ‘n passie! Paulus het dag en nag gebid vir sy

medegelowiges, omdat hy ‘n passie vir hulle gehad het. Hy het dit nie gesien as ‘n godsdienstige verpligting nie, maar as die opregte begeerte van sy hart. Jou gebedslewe vertel baie oor jou hartsingesteldheid!

• Gebed is ‘n voorreg! Paulus skryf aan die gemeente in

Fillipense: “Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.” (Fil 4:6).

• Gebed is noodsaaklik! “Bid sonder ophou.” (1 Tes 3:10)

24

Page 25: Granaat volume 8

Christelle Nel, Virtuele lid

So besluit ek vroegaand ek gaan nou wag tot die krag afgaan vir beurtkrag, en dan gaan ek lekker laaaaank bad om die tyd om te kry. Klokslag 20:00 gaan

die krag af - so dood soos ‘n mossie - maar ek is voorbereid. Ek stap ewe paraat die gang af met my batteryliggie, klim in die bad en verbeel my dit is HEERLIK om by so ‘n flou liggie lank te bad...

Die volgende oomblik storm Jan die huis binne - hy was PE toe vandag – en op pad terug het hy twee jakkalse gesien in die kamp langs sy bokke. Ek moet kom help, ons moet dadelik gaan kyk of ons hulle kry. Ek vlieg teen die spoed van wit lig uit die bad, trek aan en daar gaat ons.

Nou kyk: hierdie vrou is ‘n BOER SE VROU. PUNT. Finish en klaar. Gee my AL die admin van die boerdery om te doen en die kind se naam is Wit Willem. Maar ek is NIE ‘n BOERVROU NIE.

Ek word toe amptelik aangestel in die amp van “lig-met-die-kollig-en-soek-jakkalse”. Op pad na die kamp kry ek ‘n blitskursus van HOE en WAAR ek moet lig as die jakkals gewaar word, en WAT ek moet doen en wat nié. Praat, hoes, nies of enige byklanke deur nood aangebring, is taboe. Ek mag net-net asemhaal. En AS ek ‘n jakkals “optel” met die lig moet ek LIGGIES op die bakkie se dak tik, dan sal Jan weet dit is sulke tyd.

Ewe paraat en gemotiveerd is ek agter op die bakkie. Skaars gery of ek knoop myself in die draad van die lig, maar wikkel

my baie vinnig daaruit. Weet nie watter rede die swaarste geweeg het nie. Was dit omdat ek bang was die draad skok my, of was dit dat my reputasie net nie in die slag moet bly nie? DAN lig ek te stadig, DAN lig ek te vinnig, DAN stop ons en Jan gryp eers die lig by my... en so gaan ons aan.

Die volgende oomblik vang Jan die jakkals se oog met die lig, skakel die jakkalsroeper aan en ons wag geduldig. DAN is die lig af, DAN in die lug, DAN aan en toe Jan voel die jakkals is nou naby genoeg, toe word die lig oorhandig dat ek moet lig. Nou kyk, ek pluk toe ELKE LIEWE HAAS UIT DIE HOED om REG te lig - nie OP die jakkals nie - net-net bokant die jakkals. Wonder bo wonder sien ek die jakkals raak en ek hou daai lig vas soos ek geleer is ... een skoot en die jakkals is bokveld toe.

Nou kyk TOE verbeel ek my ek is die beste jakkalsjaghandlanger wat Jan nog OOIT gehad het en baie paraat soek ek die tweede jakkals. Na lang soek en roep met die roeper en skuif na ‘n ander plek moet ons aanvaar: ons gaan tevrede moet wees met een jakkals, nommer twee gaan nie vanaand inkom nie.

Ek bly egter wens dat EK tog die jakkals moet sien VOOR my bedrewe jakkalsjagterman. Ai, dit sou darem my selfbeeld ‘n vreeslike hupstoot gee! Net toe Jan sê: “Nee wat, ons gaan nou maar huis toe”, toe tel ek waaragtig die reuse jakkals op met die lig - 100% oortuig ek het sy oë ook sien blink.

Pleks van liggies tik op die dak van die bakkie slaan ek amper ‘n duik in van opgewondenheid. Jan slaan ankers, ek vlieg amper bo oor die dak met lig en al en ek WYS uitasem: “Daar, DAAR is die jakkals!!!!”

Ewe droog sê Jan: “Dis ‘n groot graspol, Christelle.”

My selfbeeld aan skerwe. En my reputasie...

Alle plaasvrouenskan hiermee identifiseer!

25

Page 26: Granaat volume 8

Die meeste van ons ken iemand, of weet van iemand met een of ander uitsonderlike talent of begaafdheid. Dit is nie moeilik

om hulle uit te ken nie. Hulle staan gewoonlik uit weens een of meer van die volgende: uitsonderlike kreatiwiteit; gevorderde woordeskat; onstuitbare nuuskierigheid; buitengewone psigiese, akademiese en/of musikale vermoëns. Hulle word gewoonlik beny en bewonder vir hulle uitsonderlikheid. Iemand wat SO kunstig, SO musikaal, of akademies SO briljant is, het in die meeste van ons se oë niks om oor te kla nie en word ook gereeld deur ander herinner aan hoeveel hulle het om voor dankbaar te wees!!

Begaafde individue word gedefinieer as diegene wat ‘n buitengewone vermoë het om te redeneer en te leer, of ‘n vaardigheid (prestasie in top 10 % of

beter) in een of meer area. Areas sluit in enige gestruktureerde aktiwiteit met ‘n unieke sisteem/simbole bv. wiskunde, musiek, taal en/of spesifieke sensories-motoriese vaardighede bv. skilder, dans of sport. (NAGC – National Association for Gifted Children)

Die kind met uitsonderlike talent...Begaafde volwassenes het dikwels pynlike herinneringe vanuit hulle kinderjare. Begaafde kinders vind dit moeilik om binne ‘n rigiede sisteem te funksioneer. Die eerste plek waar hierdie probleem gewoonlik kop uitsteek, is wanneer die kind skooltoe gaan. Hulle vind dit moeilik om by die reëls te hou. Nie omdat hulle bedoel om stout of ongehoorsaam te wees nie, maar bloot omdat hulle anders as die gemiddelde kind aanmekaar gesit is.

Die kind wat altyd eerste klaar is, vooruit werk en sommer die hele boek

UITSONDERLIKE TALENT:

Seën of Straf?

GESPREKSDOKUMENT

Bydrae: Belinda Campher

26

Page 27: Granaat volume 8

in een middag voltooi, of altyd eerste die wiskunde som se antwoord kry en dit dan uitskree, beland baie dikwels in die kookwater en ontvang straf in die plek van die erkenning wat hulle verwag. Dit lei dikwels tot gevoelens van moede-loosheid en depressie. ‘n Beduidende persentasie van hierdie kinders raak in hulle tienerjare rebels en opstandig, wat daartoe lei dat foutiewe keuses en onaanvaarbare gedrag uiteindelik veroorsaak dat hulle nooit hulle buitengewone potensiaal bereik nie

“Any gifted child can potentially get into real trouble because of the way they are handled.” - Itzhak Perlman

Alice Miller was ‘n wêreld-bekende sielkundige wat onder andere, begaafde kinders bestudeer het. Miljoene kopieë van haar eerste boek, “The Drama of the Gifted Child” is wêreldwyd verkoop sedert dit vir die eerste keer in 1982 gepubliseer is.

Volgens haar is die begaafde kind – diè kind wat meer intelligent, meer sensitief en emosioneel meer bewus en intens is as ander kinders, dikwels so ingestel op sy/haar ouers se verwagtinge dat hy/sy absoluut enige-iets sal doen om aan hierdie verwagtinge te voldoen, terwyl hulle hulle eie gevoelens en behoeftes ignoreer... Hulle doen absoluut alles in hulle vermoë om die kind van hulle ouers se drome te word en verloor in die proses iets baie kosbaars. Die ware self.

In volwassenheid, het die kind wat altyd gepoog het om sy ouers te plesier, ‘n konstante behoefte vir die goedkeuring van ander.

“Expectation is the root of all heartache.” – William Shakespear

Watter algemene uitdagings ervaar begaafde individue?

- Sensitiwiteit/IntensiteitVeelvuldige sensitiwiteite is algemeen in hierdie populasie. Hulle sintuie is oor die algemeen beter ontwikkel en persepsie meer intens. Oral waar hulle gaan word hulle gebombardeer deur geluide, kleure, reuke, smake en selfs die emosies van ander mense.

Baie dikwels word hulle dan beleef as maklik irriteerbaar, “fuzzy”, vol nonsens en vol geite – fiemies waaroor hulle baie min beheer kan uitoefen.

- Eksistensiële depressie/ gevorderde empatie

Begaafde mense ervaar dikwels reeds as kind, die krisis van “betekenis” en “doel” wat gewoonlik in die middeljare voorkom. Vrae soos “Hoekom is ek hier?”; “Wat is my doel?”; “Waarom maak mense mekaar seer?”; maal voortdurend in hulle gedagtes. Hierdie tipe eksistensiële bevraagtekening is baie algemeen en duur voort tot in volwassenheid. Natuurlik is dit vrae wat die meeste volwassenes op een of ander stadium vra, maar in die geval van die begaafde is die vrae oneindig en kan dit lei tot ernstige depressie indien hy/sy nie kan staatmaak op die ondersteuning en begrip van ‘n betekenisvolle ander persoon nie.

‘n Ander kwaliteit wat baie vroeg reeds ontwikkel is empatie. Vir baie individue kan hierdie empatie so sterk wees, dat hulle intense liggaamlike/somatiese simptome ervaar wanneer hulle in die teenwoordigheid is van iemand wat pyn ervaar, hulle beleef die swaarkry van ander intens. Dit kan ook manifesteer as baie sterk intuitiewe vermoëns.

27

Page 28: Granaat volume 8

“I felt so much, that I started feeling nothing.” - Unknown

- Perfeksionisme‘n Baie tipiese kenmerk van begaafdheid is buitengewoon hoë standaarde en verwagtinge van hulleself asook ander. Perfeksionisme wat gedeeltelik toegeskryf kan word aan vroeë druk om te presteer en ook die uitermatige prys/positiewe terugvoer wat hulle ontvang vir wat hulle bereik, is baie kompleks en sluit ‘n verlammende vrees vir mislukking in.

“I also had a brother who was like me a musician and a composer. A man of great talent, far more gifted than I am. He died very young. He killed himself in the prime of his life.” - Gustav Mahler

- VerhoudingsBegaafde volwassenes is dikwels baie eensaam, tot groot verbasing van familie/vriende/kollegas wat meesal totaal onbewus hiervan is. Hulle vind nie maklik iemand anders wat dieselfde diepte, kompleksiteite, sensitiwiteit en belangstellings as hulle het nie. Terwyl hulle geweldig empaties en sensitief vir die behoeftes van ander is, en tot uiterstes sal gaan om ander te akkommodeer, vind hulle baie dikwels nooit iemand by wie hulle net hulle ware self kan wees nie.

“A Question that sometimes drive me hazy: Am I, or are the others crazy?” - Albert Einstein

Seën of Straf....Uiteindelik sal die mense in die lewe van die begaafde kind, hulle bewustheid en sensitiwiteit ten opsigte van die unieke uitdagings wat hulle ervaar, asook hulle hantering, ondersteuning, begrip en

erkenning daarvan, ‘n baie groot rol speel in hoe die betrokke individu sy/haar uitsonderlike talent ervaar. Daar is ‘n delikate balans tussen die begeerte van ‘n ouer om sy kind te help om sy volle potensiaal te bereik en die kuns om deurgaans ook te voorsien in die kind se unieke gevoelens en behoeftes.

Wanneer begaafde kinders grootword, mag hulle dalk leer om op sosiaal meer aanvaarbare maniere op te tree en ontwikkel hopelik ook ‘n mate van perspektief en self-dissipline wat hulle nie as kinders gehad het nie, maar die essensie van WIE hulle is en HOE hulle ANDERS is, bly intakt! Hulle brein is anders bedraad. Hulle is meer passievol, sensitief en intens. Hulle word gedryf deur dieper betekenis en filosofiese vrae.

In ‘n ongunstige omgewing waar begrip hiervoor ontbreek, kan dit van hulle humeurige, buierige mense maak met wie dit moeilik is om saam te werk. In hierdie tipe omgewing sal hulle waarskynlik onder-presteer en nie die uitstaande bydrae lewer waartoe hulle inherent in staat is nie. Daarenteen sal ‘n omgewing waarbinne hulle unieke karaktereienskappe geakkommodeer en met sensitiwiteit en begrip hanteer word, van hulle hoogs suksesvolle, effektiewe en kompeterende individue maak.

“Being gifted needs courage. “ – George Brandes

Besprekingsvrae1) Deel met mekaar persoonlike

ervarings met begaafde individue – ‘n familielid, vriend/vriendin of iemand wat een of ander tyd jou pad gekruis het en oor uitsonderlike talente beskik het.

2) Bespreek of lede wat wel ervarings

28

Page 29: Granaat volume 8

met begaafde individue gehad het, kon identifiseer met die gepaardgaande uitdagings wat in die artikel gemeld is.

3) Wat leer ons ten opsigte van die hantering van ‘n begaafde kind in ons omgewing en die wyse waarop ons hierdie kind asook sy/haar prestasies moet hanteer?

4) Gesels spesifiek oor begaafde volwassenes. Hoe kan ons help dat hulle uitsonderlike gawes ‘n seën vir hulleself, ander en die samelewing, eerder as ‘n straf is?

Bronverwysings: http://www.nagc.org/resources-publications/resources/definitions-giftedness; www.psychologytoday.com (Post published by Joseph Cardillo Ph.D. on Sep 16, 2010 in Attention Training - Gifted Children: What Happens When They Grow Up? Part 1 and 2); (Post published by Marilyn Wedge Ph.D. on June 27 2012 – The Drama of the Gifted Child); The Drama of the Gifted Child by Alice Miller; http://www.altmv.com (The Grown-Up Gifted Child -American Education, Gifted Adults by Aileen Horwath);A Parent’s Guide to Gifted Children – James T Webb

GraceReeler 2015-02-12

D ie groot ysterhek skuif stadig oop. ‘n Vrou in ‘n rolstoel word verbygestoot. Iets in haar trek my aandag. Ek stap nader, buk en merk dat die helfte

van haar gesig verberg is met ‘n gebreide hoedjie wat half oor haar oë getrek is. Sy is toegewikkel in ‘n snoesige kombers. Bo-op lê haar een handjie. Netjies versorg met onafgedopte helderkleurige naellak.

“Goeie dag. My naam is Chrissie. Hoe gaan dit met jou?”

Sy kyk my vas in die oë. Haar tong word duidelik eers ingespan om ietsie te kan sê: “Sleg”.

Ek wag, en merk dat sy nog iets wil pro-beer sê. Die handjie beduie ek moet wag.

“Ek wil nie meer lewe nie”, kom dit later.‘n Paar dae later besluit ek om te gaan

aanklop. ‘n Hartlike ouerige swart vrou met ‘n breë glimlag, maak vir my die deur oop.

“Kom binne, my naam is Miriam. Ek sal gaan hoor of Madam Grace reg is”.

Ek stap nader. Sy lê gemaklik op haar hospitaalbed en kyk belangstellend na my met die mooi blou oë wat boekdele spreek.

“Ek merk dat jou huis vol boeke staan.

Bydrae: Chrissie Naudè - Centurion Karee

29

Page 30: Granaat volume 8

Jy is seker baie lief vir lees?”.Sy verduidelik dat sy nie meer goed

kan sien nie. Dat die boeke te swaar is om vas te hou. Op die tafeltjie langs haar bed staan ‘n oudiomasjien met stories waarna sy luister.

So geleidelik por ek haar aan om ietsie van haarself met my te deel. Dit neem lank om uit te kry. Die tong wil nie lekker saamwerk nie. Met die knip van haar oë sien ek duidelik hoe sy haar woorde wil formuleer. Ek luister.

Sy het op ‘n plattelandse dorpie Brits, onderwys gegee. Sy ontmoet toe die mediese dokter. Raak verlief en trou. Later word sy die ma van twee seuns. Sy susters hou nie van haar nie. Hulle dink sy is nie goed genoeg vir hulle broer nie.Die vasberadenheid wat ek vroeër gemerk het, word duidelik sigbaar en sy vertel dat sy net daar en dan haarself vir verdere opleiding by Unisa gaan inskryf.

Weekliks ry sy vrou-alleen in stad toe om te gaan klasloop. Sy werk hard, doen haar bes en slaag met ‘n B-Ed. Maar sy is so gemotiveerd dat sy besluit om verder te gaan en voltooi ook haar meestersgraad. Op uitnodiging van haar dosent besluit sy tog om ook haar doktorsgraad te behaal. Dit stel haar toe instaat om self te kan klasgee.

Sy vertel hoe sy al wat ‘n boek is in die skool se biblioteek sowel as die een in Unisa, deurgelees het. Sy mis dit so en wens so dat sy dit nog kon doen.

Vir my wat self versot is op lees en veral voorlees, bied ek aan om vir haar kortverhale te kom lees. Mits sy dit graag sou wou hê. Sy kyk my aan met daardie mooi skerp blou oë van haar, waarin daar nou blink trane biggel en knik haar kop.

Met elke voorlesing, merk ek dat daar op die aarde niks met haar brein verkeerd is nie. Sy onthou beter as ek en wanneer ek vashaak by ‘n woord wat vir my vreemd is, ken sy die mening, selfs in Afrikaans, terwyl haar huistaal eintlik

Engels is. Sy deel al hierdie opwinding met haar seun.

Ons lag saam, bid saam, wonder saam oor baie dinge. Met ‘n borslap voor haar, eet sy die een lemon cream na die ander en drink ‘n koppie tee saam met my. So ontstaan ‘n besondere vriendskap.

“Jy moet asseblief weer kom. Ek geniet jou so. Jy laat my weer lag.”

Sy verkies dat ek net nie op ‘n Dinsdag moet kom nie, want sy en haar terapeut maak dan prentjies. Sy leer haar om weer te kan skilder soos vroeërjare. Hulle maak allerhande mooi goed. Sy gee my ‘n skinkbordjie van blou mosaïkteëls wat op ‘n glasagtergrond netjies geplak is, met een hand.

Saterdae kom die fisioterapeut om haar te leer loop. Want, vertel sy met ‘n vonkel in haar oog, dat dit weer gaan gebeur, dit belowe sy my. Ek pleit dat ek die eerste een moet wees om dit mee te maak.

Ek staan verstom! Kannie glo dis dieselfde vrou wat vroeër nie meer wou lewe nie.

Sy stel voor dat sy my graag sal wil uitnooi om saam met haar te gaan ontbyt eet. Sy ken ‘n baie spesiale plekkie wat die heerlikste bros spek en eiers maak. Ons moet soontoe gaan.

Vir my is dit ‘n eerste en ek wonder of ek dit ooit gaan regkry. Maar haar versorger gaan saam en help met die in- en uitlaai van haar en die rolstoel. Sy bestel ‘n vonkelwyn en ons twee klink ‘n glasie op haar nuwe lewe.

Vir my is sy ‘n inspirasie. Haar dryfkrag, deursettingsvermoë en kennis verstom my. Met boek in die hand, word daar ‘n blywende vrienskap tussen twee uiteenlopende vroue gesmee. Een wat geseënd is met al vyf sintuie, die vermoë en fiksheid om aan sport te kan deelneem en die ander een met slegs een versorgde handjie en ‘n wil om voort te gaan met die lewe.

30

Page 31: Granaat volume 8

Liewe DK-vriendin

Indien jy graag enige bydrae vir ons tydskrif “Granaat” wil instuur, let asseblief daarop dat dit aan sekere vereistes moet voldoen en dat die Tydskrifkomitee die reg voorbehou

om die bydrae te plaas (dadelik of in ‘n latere uitgawe). Skryfstukke wat uit eie ervaring/belewenis spruit, sal voorkeur geniet. Plagiaat is strafbaar in Suid-Afrika, daarom is dit noodsaaklik dat die vrywaringsklousule ingesluit is.

Bydraes vir die Granaat moet in ‘n spesiale formaat aangebied word. Die dokument hiervoor kan afgelaai word van die webblad by www.dameskring.co.za (onder die dokumente afdeling) of u kan direk met my skakel by [email protected] om dit via e-pos te ontvang.

Foto’s: • ‘n Maksimum van 3 x hoë resolusie

foto’s (300dpi) JPEGS kan die berig vergesel (indien nodig, bv. by Takprojekte of –funksies, ens.) Vir die middelbladprojekte kan meer foto’s gestuur word, of ‘dropbox’ kan gebruik word.

• Indien jy nie self die foto’s geneem het nie, maak seker dat jy die toestemming van die fotograaf verkry en gee erkenning vir die gebruik daarvan.

• Die foto’s moet ten minste 2MB groot wees. Hoe weet mens? Regs kliek op die foto en kliek dan op ‘properties’, wat vir jou die grootte sal aandui. Selfoonfoto’s is ook welkom, maak asb net weereens seker dat die kwaliteit van ‘n hoë standaard is en stuur dit asb as die “actual size” of “original size”.

• Maak asseblief seker wanneer jy die foto’s per e-pos stuur, dat jou program dit nie outomaties verklein nie – kies die “original size” foto en e-pos dit. Let daarop dat meeste e-posaddresse net 3MB aanhangsels kan ontvang. Dit sal dus beter wees om slegs een foto per e-pos te stuur.

Ek sal ontvangs erken van alle bydraes. Indien u dus geen reaksie van my ontvang nie, e-pos asb weer. E-pos asseblief die voltooide Granaatbydrae, sowel as jou foto’s aan: [email protected]

GroeteIzienne van JaarsveldRedakteur vir die Uitgawe

DIE SPANIzienne van Jaarsveld Belinda CampherSalome Engelbrecht

Lewer ‘n bydrae vir die Granaat

Taalversorging gedoen deur Karen Hauman en Marda Oosthuizen

31

Page 32: Granaat volume 8

GEROOSTERDE

bieffilet MET PEPERWORTELSOUS

Bedien 8-10

1,8kg biefstuk, senings afgesny⅓ k (80ml) Westfalia Avokado Olie (suurlemoen)

3 e (45ml) gemaalde swartpeper¼ k (60ml) gekapte tiemie

Gerasperde skil van 2 suurlemoene 3-4 knoffelhuisies (fyngekap)

3 lourierblare¾ k (180ml) biefekstrak

¾ k (180ml) droë wit wyn¼ k (60ml) geroomde peperwortels

JY BENODIG DIE VOLGENDE MAAK SOVoorverhit oond tot 200°C. Bind die vleis vas met dun tou, 2cm uitmekaar. Smeer helfte van die olie aan die vleis, skroei in ‘n warm pan tot goed bruin

– ongeveer 3 minute per kant. Meng swartpeper, tiemie, suurlemoenskil en knoffel, vryf oor die vleis. Plaas dit in ‘n bakskottel bo-op die lourierblare. Bak vir 25-30 minute om medium-gaar te kry, langer of korter volgens voorkeur. Haal uit die oond en laat die vleis rus voor dit gesny word.

SOUS:Plaas die bakpan (en al die braaivet) oor matige hitte. Voeg aftreksel, wit wyn en peperwortels by, laat prut terwyl aanhoudend geroer word, 2-5 minute. Bedien met die filet.

32