11
1

Hoe relevant is die gedagte van ‘genoeg’?Hoe help hierdie gedeelte ons om ook na te dink oor Jesus se kruisdood? Gebruik hierdie gedeelte om as ‘n groep oor die teks en tema

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Hoe relevant is die gedagte van ‘genoeg’?Hoe help hierdie gedeelte ons om ook na te dink oor Jesus se kruisdood? Gebruik hierdie gedeelte om as ‘n groep oor die teks en tema

1

Page 2: Hoe relevant is die gedagte van ‘genoeg’?Hoe help hierdie gedeelte ons om ook na te dink oor Jesus se kruisdood? Gebruik hierdie gedeelte om as ‘n groep oor die teks en tema

32

Hoe relevant is die gedagte van ‘genoeg’?

Is daar nog areas in ons lewens waar die vraag of ons genoeg is, leef?

Waarvoor sou die mense wat hierdie woorde van Jesus in Matteus 10:26-31 gehoor het, bang wees (vers 26)? (Lees waaroor Jesus gepraat het in die vorige paragrawe.)

Wat moet ons “uitbasuin” as ons vers 27 lees?

Jesus gebruik hierdie redenasie dat ons meer werd is as ander skepsels van God ook in Matteus 6. Wat beteken dit vir ons?

Hoe ons die Skepper sien, bepaal hoe ons sy skepping hanteer. Wat sê dit vir ons oor ons eie selfbeeld en self-identiteit?

Ons beweeg nou nader aan Goeie Vrydag. Hoe help hierdie gedeelte ons om ook na te dink oor Jesus se kruisdood?

Gebruik hierdie gedeelte om as ‘n groep oor die teks en tema na te dink.

Die een vraag waarmee meeste van ons sukkel, is die vraag of ons genoeg is. Is ons genoeg vir ons man of vrou dat hulle vir ons lief sal bly? Is ons genoeg om vir ons kinders ‘n toekoms te kan gee? Is ons genoeg vir die werk dat ons finansieel sal groei. Is ons maer genoeg? Is ons mooi genoeg? Is ons fiks genoeg? Is ons geduldig genoeg? Is ons genoeg. Uit die bekende film, The Greatest Showman, antwoord die operasanger, Jenny Lind, hierdie vraag met die liedjie Never Enough. Hier volg die refrein van die lied:

All the shine of a thousand spotlightsAll the stars we steal from the nightsky

Will never be enoughNever be enough

Towers of gold are still too littleThese hands could hold the world but it’ll

Never be enough.

Dit verwoord hoe baie van ons voel. Ons sal nooit genoeg wees nie. Ons sal nooit genoeg kan gee nie. Ons sal nooit genoeg … In Matteus 10:29-31 lees ons hoe Jesus hierdie vraag beantwoord. “Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is baie meer werd as baie mossies.”

Die rede waarom Jesus hierdie punt by sy dissipels wou vasmaak, is omdat Hy pas vir hulle uitgespel het wat dit gaan kos om Hom te volg. Die antwoord is: dit gaan alles kos. Dit gaan met vervolging gepaard gaan. Families gaan met mekaar baklei. Hulle sal gehaat word. Al hierdie sake is genoeg om enige iemand te laat twyfel. Dit sal jou laat wonder of jy dit sal kan regkry. Dit sal jou laat wonder of dit enigsins die moeite werd is en of God enigsins vir ons omgee. Baie mense sou vra of hulle genoeg toegerus of opgelei is om dit te doen.

Daarom gee Jesus die gerusstelling - moenie bang wees nie, God is by jou. Jy is baie meer werd as enige iets anders wat God geskep het. Jy is genoeg. God het jou gemaak. God het jou genoeg gemaak.

Mag elkeen van ons hierdie sekerheid ontwikkel. Mag ons weet hoeveel ons werd is. Mag dit ook ons vrees en twyfel laat verdwyn.

Page 3: Hoe relevant is die gedagte van ‘genoeg’?Hoe help hierdie gedeelte ons om ook na te dink oor Jesus se kruisdood? Gebruik hierdie gedeelte om as ‘n groep oor die teks en tema

54

Hierdie week is vir Christene die belangrikste week van die jaar. Dit is die week waarin ons saam met Jesus stap na die kruis. Uiteindelik wag ons op die opstanding. Tradisioneel staan die week bekend as “heilige week” of “stil week”. In die tradisie van die kerk word die volgende gebeure in hierdie week herdenk:

Sondag Die intog van Jesus in Jerusalem (Palmsondag)Maandag Die reiniging van die tempelDinsdag Strydgesprekke in JerusalemWoensdag Jesus word in Betanië gesalfDonderdag Instelling van die nagmaal | GetsemanéVrydag KruisigingSaterdag Jesus in die graf (Stilsaterdag)Sondag Die opstanding

Verskillende evangelies se perspektiewe te lees.Matteus betree in hoofstuk 21 ‘n nuwe fase. Jesus se werk in Galilea word afgesluit en in Jerusalem voortgesit. Die stryd tussen Jesus en die Joodse leiers kom nou tot ‘n openlike botsing.

Die intog in Jerusalem wys vir ons hoe twee koninkryke bots. Jesus se koninklike gesag is anders as die van Pilatus wat (volgens die geskiedskrywers) dieselfde dag aan die westekant van die stad arriveer. Jesus arriveer op ‘n donkie – ‘n nederige pakdier. Pilatus arriveer op ‘n perd met strydwaens. Jesus kom om vrede te bring. Pilatus kom om konflik te bring.

Die toeskouers wat “Hosanna” skree, gee eer aan Jesus. “Hosanna” was egter ook ‘n hulpkreet – die mense is desperaat vir verlossing van die Romeinse oorheersing. Jesus bring egter nie politieke koningskap nie. Hy bring verlossing op ‘n geestelike vlak. Hy bring ‘n nuwe koninkryk. Ons lees hoe die spanning in die stad reeds begin toeneem: “Wie is hierdie man?” (v10).

Ons lees dat Jesus by die herstel van die tempel begin - die hart van die Joodse godsdiens. Eintlik verklaar Jesus “oorlog” teen die “ou godsdiens”. Daar het ‘n praktyk ontstaan om op die tempelplein duiwe en diere vir offerdoeleindes te verkoop. Dit het reisigers van ver af baie geld gekos om hul sonde te kon bely. Verder het die priesterhoofde ook hulle eie geldeenheid ingestel vir die tempelbelasting wat betaal moes word.

Dit het die arm mense nog meer uitgebuit. Hulle het ook nie kreupeles en blindes toegelaat in die tempel nie. Jesus staan op teen hierdie ongeregtighede naamlik die uitbuiting van armes en die korrupsie van die geldwisselaars. Dit gaan nie hier oor koekverkope na ‘n erediens op ‘n Sondag nie.

Hoe verstaan julle die botsing van die twee koninkryke in Matteus 21?

Hoekom roep die mense van Jerusalem hier om hulp (hosanna!), maar later in die week skree die mense van Jerusalem “kruisig Hom!”? Wat het gebeur?

Wat was Jesus se grootste probleem met die godsdienstige leiers van die dag?

Hoekom reinig Jesus die tempel?

Beteken hierdie teks dat ‘n mens niks by die kerk mag verkoop nie? Of waarmee het die teks eintlik te doen?

Hoe staan ons as Christene vandag op teen korrupsie en die uitbuiting van armes?

Is daar mense wat nie welkom is in die kerk nie?

Hoe gaan julle hierdie week “Heilige week” vier?

Gebruik hierdie gedeelte om as ‘n groep oor die teks en tema na te dink.

Dit gaan oor ongeregtigheid en die uitsluiting van “onrein” mense. Jesus herstel die verkeerde gebruike deur die kreupeles en blindes te omhels en te genees. Die geringstes – die kinders – loof hom. Die skrifgeleerdes was woedend. Jesus staan op teen die vormgodsdiens van die dag. Die spanning bou verder op.

Die openingstoneel van Matteus 21 wys vir ons hoe die week se spanning begin opbou. Jesus staan op teen ‘n leë, wettiese godsdiens en sy praktyke. Jesus staan ook op teen die koninkryk van die wêreld. Hy gaan sy lewe moet opoffer om te wys hoe die koninkryk van die hemel werklik lyk: vol liefde!

Page 4: Hoe relevant is die gedagte van ‘genoeg’?Hoe help hierdie gedeelte ons om ook na te dink oor Jesus se kruisdood? Gebruik hierdie gedeelte om as ‘n groep oor die teks en tema

76

Deel met mekaar wat jy weet van die boek Openbaring.

Hoor in die groep of julle ewe veel van Openbaring hou.

Wat het jy al in Openbaring raak gelees wat vir jou onduidelik is?

Dink julle Openbaring is ‘n toekomsvoorspelling, ‘n geskiedskrywing of ‘n hedendaagse nuusberig?

Wat leer die gedeelte ons oor God se verlossingsplan?

Wat beteken dit vir julle dat God sê Hy maak alles nuut?

Is Openbaring ‘n boek wat jou moet bang maak of hoop gee?

Die laaste woord in vers 6 is kragtig. God gee die water van die lewe verniet. Bespreek hierdie gedagte.

Wat sê hierdie gedeelte vir jou in die NOU?

Gebruik hierdie gedeelte om as ‘n groep oor die teks en tema na te dink.

Ons hou van alles wat nuut is. Is daar ‘n beter reuk as die reuk van ‘n nuwe motor? Of die oopmaak van ‘n nuwe selfoon? Of ‘n nuwe verhouding? Of ‘n nuwe geleentheid? Met moontlik net ‘n paar uitsonderings dink ek almal sal verkies om iets nuut te hê bo iets wat reeds gebruik is.

‘n Boek soos Openbaring het talle gelowiges oor baie eeue se verbeelding op hol gehad. Die taal en beelde wat gebruik word, is vir ons eenvoudig vreemd. Daarom sukkel ons dikwels om alles te verstaan en verskil ons baie keer drasties van mekaar as dit kom by die interpretasie daarvan.

In kort is daar 3 maniere om hierdie boek te lees. Alles wat in die boek beskryf word 1) het reeds gebeur; 2) gaan nog gebeur; of 3) is besig om te gebeur. Al die oorloë en vervolging, al die diere uit die see, die ‘wegraping’ en enige ander tema uit dié boek word in die eerste plek in hierdie lig geïnterpreteer.

Ek dink egter ons maak ‘n groot fout as ons hierdie gedeelte slegs sien as ‘n toekomsvoorspelling. Wat hier vir gelowiges gesê word, is dat ons nuut gemaak word. Nou. Swaarkry en lyding bly deel van ons lewens. En ja, dit sal (toekoms) verbygaan. Maar God maak alles nuut. Nou.Dit is waarom Jesus se opstanding so enorm is vir ons lewens. Sy opstanding wys vir ons nou reeds dat daar uitkoms is, dat ons nuut is. Nuut is ook nie noodwendig sonder seer nie. Wanneer Jesus na sy opstanding aan sy dissipels verskyn, wys Hy vir hulle sy wonde.

Net so beteken dit ook dat ons nie noodwendig geheueverlies moet ondergaan om nuut te wees nie. Om nuut te wees vanuit ‘n geloofsperspektief is eerder om te verstaan dat God ons gebruik; selfs met al ons stampe en stote.

Mag jy in hierdie tyd weer beleef dat jy nuut is. Mag jy beleef hoe jou wonde genees word. Mag jy ook hierdie woorde hoor en glo sodat jy NOU kan lewe: Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet. (vers 6)

Page 5: Hoe relevant is die gedagte van ‘genoeg’?Hoe help hierdie gedeelte ons om ook na te dink oor Jesus se kruisdood? Gebruik hierdie gedeelte om as ‘n groep oor die teks en tema

98

Die rigters lei ‘n oorgangsfase in vanaf Israel se geskiedenis tussen Joshua en die tyd van die konings. Die Here het vir die volk die land Kanaän gegee, maar daar woon nog nasies daar wat nie verslaan is nie. Hulle is daar om die volk te toets: gaan hulle die Here dien of die gode van die ander volke? Telkemale is die volk ongehoorsaam: hulle word ontrou aan die Here, God straf hulle deur ‘n vyand te stuur, die volk roep tot die Here vir redding en God stuur ‘n rigter om die volk te lei. Met tyd begin die volk al meer hunker na ‘n aardse koning. Uiteindelik lei Saul die konings se geskiedenis in (1 Samuel).

Die boek Rigters handel nie net oor ‘n dwase volk van lank gelede nie. Dit is ook nie net ‘n gallery van obskure persone wat besonderse dade verrig het nie. Dit gaan oor uitbuiting en manipulasie. Dit gaan oor boosheid en dwaasheid. Die stories dien as ‘n waarskuwing teen wat gebeur as jy God nie volg nie. Dit gaan ook oor die Here wat telkemale genade betoon en mense gebruik wat op die oog af nie na goeie keuses lyk nie. Daarom het die boek Rigters vandag vir ons ‘n boodskap.

Kyk gerus na The Bible Project se opsommende video oor die boek Rigters by https://www.youtube.com/watch?v=kOYy8iCfIJ4. In totaal was daar twaalf rigters. Ses was “groot rigters”:

Otniël, Ehud, Debora, Gideon, Jefta en Simson. Ses was “klein rigters”: Samgar, Tola, Jaïr, Ibsan, Elon en Abdon. In die volgende paar weke gaan ons na vier van die Rigters se verhale luister en kyk wat ons steeds uit hierdie verhale kan leer.

Ons begin by Gideon (wat baie mense goed ken!). Die verhaal van Gideon is ‘n verhaal van ‘n leier wat die hele tyd getwyfel het. Daarom het hy ‘n paar keer vir tekens gevra. Gideon se verhaal het begin as ‘n leier wat God gehoorsaam gedien het. Maar van Rigters 8:4 af, nadat hy die Jordaanrivier oorgesteek het, leer ons ‘n ander Gideon ken. Hier begin hy op sy eie krag staatmaak en verlei uiteindelik die volk tot afvalligheid.

Gideon was ‘n man van goeie aansien. Sy vader het grond besit en het slawe tot sy beskikking gehad. Aan die ander kant lyk dit of Gideon ‘n persoonlikheidsprobleem gehad het. Hy het getwyfel in God en het aan ‘n minderwaardigheidskompleks gelei. Hy het gevoel hy kom uit ‘n slegte familie. In sy kop het hy die minste aansien van al die kinders gehad. Hy het die hele tyd in homself en wat hy kan regkry, getwyfel.

Tog het die Here vir Gideon gekies om Israel te red van sy magtigste vyand, die Midianiete. Dit wys vir ons dat die hele verhaal in die eerste plek oor die Here

Gebruik hierdie gedeelte om as ‘n groep oor die teks en tema na te dink.

gaan. Hy kies jou en gebruik jou net soos jy is. Hy roep jou op vir sy saak ten spyte van jou foute. Jy hoef nie slim of invloedryk te wees nie – net gehoorsaam!

Die verhaal leer ons ook wat gebeur as jy ‘n swak selfbeeld het, of twyfel in jouself, óf jy dink so baie van jouself dat jy op eie gewin voortgaan. Gideon was aan die begin ‘n slaaf van ‘n minderwaardigheidskompleks en aan die einde die slagoffer van wraak. Hy het letterlik ‘n moordenaar geword.Uiteindelik lei Gideon se oprigting van die

Efodbeeld tot die volk se afvalligheid. Die verhaal eindig vol ironie. Hy het self die koningskap wat die volk hom aangebied het, van die hand gewys, maar noem sy seun Abimelek wat letterlik beteken: my vader is koning. Die verhaal van Gideon se leierskap behoort elkeen te laat nadink oor ons eie leierskap. Wat dryf jou? Is jy werklik die dienende leier wat in jou besluite God eerste stel? Is jou selfbeeld so gesond dat dit nie in die pad staan van dit wat die Here deur jou wil bereik nie?

Deel met mekaar wat jy van die rigters kan onthou. Noem ‘n paar op en vertel wat jy van hulle weet.

Probeer na die video The Bible Project kyk om ‘n goeie oorsig oor die boek Rigters te kry.

Wat staan vir jou uit in die verhaal van Gideon?

Is dit goed om tekens van die Here te vra wanneer jy twyfel?

Al twyfel Gideon bly hy steeds gehoorsaam en verslaan die Midianiete. Wat leer dit ons oor hoe die Here mense gebruik?

Wat dink jy loop verkeerd in Gideon se lewe anderkant die Jordaanrivier?

Wat gebeur as ons van die Here af wegbeweeg?

Wat leer jy oor leierskap in die Gideon-verhaal?

Page 6: Hoe relevant is die gedagte van ‘genoeg’?Hoe help hierdie gedeelte ons om ook na te dink oor Jesus se kruisdood? Gebruik hierdie gedeelte om as ‘n groep oor die teks en tema

1110

Die verhaal begin soos gewoonlik met die Israeliete wat doen wat verkeerd is in die oë van die Here en in ongehoorsaamheid verval. Ehud se invloed het begin taan na sy dood. As straf gee die Here hulle hierdie keer oor in die hande van koning Jabin van Hasor, ‘n stad so vyftien kilometer noord van die See van Galilea.

Ongeveer ‘n eeu tevore, in die tyd van Josua, kon hulle daarin slaag om die stad in te neem en met die aanvanklike “platvee”-veldtog het hulle sy koning oorwin (Jos 11:1–15). Nou is die rolle omgekeer en word Israel deur ‘n nasaat, ook koning Jabin, oorheers - ‘n hele 20 jaar lank. Die hoof veral van Jabin se weermag het chaos in Israel gesaai met sy 900 ysterstrydwaens.

Israel is dus gekonfronteer met ‘n formidabele vyand. Dit was aan die begin van die ystertydperk in die Midde-Ooste wat beteken dat die Kanaäniete tegnologies besonder gevorderd was vir daardie tyd. Hulle kon wapens van yster maak wat baie beter was as die brons waarvan Israel se wapens gemaak is. Met hulle skaarste aan goeie sterk wapens was Israel menslikgesproke nie opgewasse teen Sisera nie. Dit het die Israeliete baie bang gemaak. Hulle het traag geraak om te reis. As hulle wel êrens heen gereis het, het hulle ompaaie gebruik. Die lewe buite die stede van Israel het gekwyn en agteruit gegaan. Die boere het in sulke omstandighede swaar gekry en kon nie hulle lande bewerk soos hulle wou nie. Hulle het langs bergstroompies, in grotte en in ander onherbergsame plekke gaan

bly (vgl. Gideon in Rigters 6:2). Hulle het eintlik wegkruip-lewens gelei.

Dit tref my hoe God selfs terwyl die verdrukking as strafmaatreël die lewe moeilik maak vir die volk, reeds ‘n plan gereed het om die volk te verlos. Sy oordeel sluit altyd ook sy verlossing in, daarom dat ‘n mens so baie keer in die Bybel van oordeel as ‘n verlossende oordeel kan praat.

Debora was ‘n formidabele vrou. Haar naam beteken by (heuningby), en soos ‘n koninginby het sy alles rondom haar beïnvloed. Sy was die eerste werkende ma waarvan ons in die Bybel lees. Sy was die vrou van Lappidot, maar terselfdertyd die bobaasrigter van die Israeliete. Sy was ’n gesogte profetes wat altyd onder ‘n palmboom – wat uiteindelik na haar vernoem is naamlik die “Deborapalm” –gesit het om die Israeliete se geskille by te lê. Sy was dus ook ‘n gedugte regter.

Sy word egter ook ‘n gesagvolle leier, want sy laat vir Barak uit Naftali roep en beveel hom om met die Jabiniete die stryd aan te sê en hulle te verslaan. Barak kom nie net na haar toe op haar bevel nie, maar vra haar ook om saam te trek, anders sal hy nie die moed hê om dié opdrag uit te voer nie. Debora maak volledig staat op wat die Here vir haar sê. Sy doen wat reg is in die oë van die Here; óók in die veldslag wat op sy terme gevoer word. Haar vertroue in God boesem dus vertroue in by die volk. Die Here se belofte van ‘n oorwinning gee vir Barak die moed om op te tree.

Wat staan uit in die verhaal van Debora?

Leef ons dalk ook wegkruip-lewens?

Wat laat ons wegkruip?

Hoe beïnvloed vrees die mens se lewe?

Dink na oor die verdrukking waarin die volk geleef het.

Watter invloed het hierdie onderdrukking op hulle lewe gehad?

Watter betekenis het die verhaal vir vandag?

Debora staan bekend as die vrou wat alles rondom haar beïnvloed het. Wat leer ons by haar?

Hoe het Debora haar rol gesien onder die baie moeilike omstandighede?

Watter grense van verstaan, of hoe goed normaalweg werk, word in die verhaal oorgesteek?

Wat kan mense doen om hulle uit die grense van wegkruip te haal?

Gebruik hierdie gedeelte om as ‘n groep oor die teks en tema na te dink.

Page 7: Hoe relevant is die gedagte van ‘genoeg’?Hoe help hierdie gedeelte ons om ook na te dink oor Jesus se kruisdood? Gebruik hierdie gedeelte om as ‘n groep oor die teks en tema

1312

Jefta se verhaal begin weer met die volk wat gedoen het wat verkeerd was in die oë van die Here. Daar is twee krisisse: godsdienstig (afvalligheid) en polities (die swaarkry onder die Ammoniete). Die godsdienstige krisis word tydelik afgeweer wanneer die volk in Rigters 10:16 die ander gode weggevat het en weer die Here begin dien het. Die politieke krisis word opgelos deur Jefta wat die Ammoniete in Rigters 11:33 by ‘n groot veldslag verslaan.

Jefta was ‘n seun van Gilead, maar is verwerp deur sy familie omrede hy die kind van ‘n prostituut was. Jefta vlug na die berge en vat ‘n hele klomp leeglêers saam. Hy word so ietwat van ‘n “mafiabaas” wat duidelik die sterkste kandidaat vir ‘n weermagleier is. Die leiers nader hom om hulle teen die Ammoniete te lei. Uiteindelik stem hy in.

Jefta voer ‘n hewige debat met die koning van die Ammoniete oor die geskiedenis van grond. Toe hulle mekaar nie vind nie, het die “Gees van die Here op Jefta gekom”. Hy het teen die vyand opgetrek en ‘n eed teenoor die Here afgelê: as ek wen, sal ek die eerste persoon wat uit my huis na my toe aankom, vir U offer.

Jefta wen. Die eerste persoon wat na hom toe hardloop toe hy tuis kom, is sy dogter. Sy was Jefta se enigste kind en hy het diep gerou oor sy eed. Sy stem egter in dat haar pa sy eed moet nakom.

Na ‘n rouperiode van twee maande “het hy met haar gehandel volgens sy gelofte”. Die verhaal eindig met Jefta se onderlinge stammetwis met Efraim. Uiteindelik lei die konflik tot die dood van 42 000 mede-Israeliete. Dit is die begin van die toenemende konflik tussen die stamme van Israel.

Jefta het die Here verwar met die Kanaänitiese gode se karakter. God wou juis hê Israel moes wegdraai van die praktyk om mense te offer. Dit was die heidense godsdienstige gebruike en nie God se manier nie. Maar Jefta het gedink dit is hoe hy met God moet werk.

Israel het so verward geraak tussen al die gode wat hulle gedien het, dat hulle nie meer kon onderskei wie die Here regtig is nie. Jefta se verhaal waarsku ons teen wat gebeur as ons nie die regte beeld van die Here het nie. Wanneer ‘n mens God verkeerd verstaan en al meer dink dat Hy soos ander gode is, begin jy bid en optree asof God soos die ander gode is.

Dit gebeur maklik dat ons vergeet God is nie ‘n “wettiese godsdienstige god” nie. Hy is ‘n liefdevolle, genadige God. Wanneer ons verkeerde idees koester oor wie God is en wat God verwag, doen mense onaanvaarbare dade in die “naam van God”. Daarom is die verhaal van Jefta vir ons ‘n belangrike waarskuwing.

Probeer weer na die video The Bible Project kyk om ‘n goeie oorsig oor die boek Rigters te verkry.

Watter positiewe eienskappe van Jefta sien julle raak?

Watter negatiewe eienskappe van Jefta sien julle raak?

Hoe verstaan julle die gebeure rondom die eed wat Jefta aflê? Die gevolg is dat hy sy dogter moet offer. Sou jy by jou eed bly as dit jou enigste kind kos? Hoekom doen Jefta dit dan steeds?

Watter beeld van God het Jefta gehad?

Hoe dink jy oor God? Dink jy dit is moontlik om steeds ‘n verkeerde beeld van God te hê?

Ken jy verhale van Christene wat soms dade in die naam van God doen, gebasseer op ‘n verkeerde beeld van God?

Hoe waak ‘n mens daarteen om ‘n verkeerde beeld van die Here te ontwikkel?

Gebruik hierdie gedeelte om as ‘n groep oor die teks en tema na te dink.

Page 8: Hoe relevant is die gedagte van ‘genoeg’?Hoe help hierdie gedeelte ons om ook na te dink oor Jesus se kruisdood? Gebruik hierdie gedeelte om as ‘n groep oor die teks en tema

1514

Simson - ‘n sterk ou, ‘n kragman, ‘n man wat voor sy geboorte reeds ‘n doel gehad het. Simson is gebore om die Israeliete uit die mag van die Filistyne te bevry. Hierdie verstommende verhaal speel hom af van Rigters 13 tot 17. As ek jou sou vra oor Simson se verhaal, sal jy dalk ook die hooftrekke soos volg kon opnoem:

• Simson het lang hare gehad• Hy het ‘n Filistynse vrou gehad• Hy het ‘n leeu kaalhand verskeur• Hy het ‘n duisend Filistyne met ‘n

donkie se kakebeen doodgeslaan• Hy het heuning uit ‘n leeukarkas geëet• Hy het driehonderd jakkalse gevang

en hulle sterte aanmekaar vas gemaak.

• Hy is deur Delila verlei om die geheim van sy krag te verklap

• Hy is gevang, sy oë is uitgesteek en hy het die tempel inmekaar laat tuimel bo-op 3000 Filistyne

Dit laat mens amper dink aan die liedjie: Jan, Jan, Jan, die Bielie van die Bosveld! Een mens, met lokke, met ongelooflike krag, aan God gewy voor sy geboorte, wie se krag in sy hare sit. ‘n Israeliet wat met ‘n Filistynse meisie wou trou. Sy ouers was daarteen gekant. Hulle het egter nie besef dat God aan die werk was nie. Ongelukkig verloor Simson sy krag. Lees gerus in Rigters 6 hoe hy tot ‘n val kom. Nou wonder ek: hoekom lê sy krag in sy hare? Ek weet nie, maar miskien is dit omdat God dit in iets tasbaar gesit het wat weer van Simson gehoorsaamheid sou vra. Waar lê JOU kragNet soos Simson is jy met ‘n doel geskep, nog voor jou geboorte.

Jy het ‘n taak, dalk baie take. Daar kan dalk selfs party wees waarvan jy nog glad nie eens bewus is nie. Almal se krag lê nie in dieselfde plekke nie. Simson se krag was fisies, maar miskien is joune in -

Liefde: jy het dalk die vermoë om met liefde ‘n verskil te maak. Dalk moet jy ook plekke infiltreer om liefde daar te gaan saai.Persoonlikheid: Hetsy jy ‘n sagte mens is of ‘n sterk persoonlikheid het, dit kan vir jou soos Simson se haarlokke wees.Leierskap: Dalk lê jou sterkte in jou vermoë om mense te kry om jou te volg sonder dat jy hulle hoef te vra om dit te doen.

Dalk is dit: wysheid, kennis en begrip vir situasies; mensekennis of jou onderskeidingsvermoë. Enige van dié kan ook die bron wees van jou buitengewone krag wat God kan gebruik om sy doel te bereik. Jy hét ‘n Simson-haredos – ‘n ingeboude krag.

Simson het toegelaat dat sy hare afgesny word en sodoende het hy sy krag verloor. Waar verloor jy jou krag? Wat laat jy toe om jou kragteloos te maak? Wie is dit wat jou Simson-hare afsny sodat God jou nie meer kan gebruik nie?Simson hét uiteindelik sy taak afgehandel, maar moes daarvoor sterf. Rigters 16:22 – sy hare wat afgeskeer was, het weer begin groei en hy het die Filistyne oorwin. Vat hierdie week jou krag terug!

Wat staan uit in die verhaal van Simson?

Sien julle julself as mense wie God uitsonder om vir sy koninkryk te gebruik?

Waarin lê mense se krag?

Wat steel mense se krag?

Hoe het God vir Simson as ‘n rigter gebruik?

As julle na die hele Simson-verhaal kyk - waar sien julle God raak?

Doen die oefening in die groep: laat een persoon omdraai, die ander noem al sy goeie eienskappe. Daardie persoon mag geen kommentaar lewer nie - net luister. Soms moet ons mekaar herinner aan die mooi wat God in ons geplaas het! Gee elkeen in die groep ‘n kans om om te draai en net te luister na die groep.

Word stil en laat elkeen dieper kyk na die waarde wat hy/sy toevoeg. Hoe kan hy/sy hieraan werk?

Gebruik hierdie gedeelte om as ‘n groep oor die teks en tema na te dink.

Page 9: Hoe relevant is die gedagte van ‘genoeg’?Hoe help hierdie gedeelte ons om ook na te dink oor Jesus se kruisdood? Gebruik hierdie gedeelte om as ‘n groep oor die teks en tema

1716

Party mense praat te maklik oor die Heilige Gees. Hulle sal vinnig sê die Heilige Gees het hierdie op hul hart gedruk. En wanneer jy hoor wat dit is, dink jy by jouself die Heilige Gees praat GLAD nie so met my nie.

Dank die Vader daarvoor, want hierdie persoon maak eintlik net hulle eie begeertes en agendas bekend en plaas dit dan onder die vaandel van die Heilige Gees. Groot skade is al berokken omdat mense te veel namens die Heilige Gees probeer praat.

Ander mense praat weer te moeilik oor die Heilige Gees. Hulle praat oor die Heilige Gees in teorie - in terme van leerstellings of reëls. Wanneer dit kom by die daad by die woord plaas, struikel hulle. Hulle oë is toe vir die Gees in hulle lewens en die geleenthede wat die Gees bring. Groot skade is al berokken omdat mense te min namens die Heilige Gees probeer praat.

Feit bly staan dat die bybelskrywers die Heilige Gees glad nie op hierdie manier verstaan het nie. Wanneer die bybelskrywers oor die Heilige Gees gepraat het, was dit ALTYD as die aktiewe, lewegewende Krag wat ons troos, bemoedig, leer en bemagtig. Nooit passief nie, altyd aktief. So ook in Matteus 10:19-20 as voorbeeld.

Wanneer hulle julle uitlewer, moet julle julle nie bekommer oor hoe of wat julle moet sê nie, want op daardie oomblik sal God aan julle gee wat julle moet sê. Dan is dit nie julle wat praat nie, maar die Gees van julle Vader wat deur julle praat. Die Heilige Gees is daar om ons te herinner dat daar iets groter is as onsself. Die lewe gaan oor meer as my behoeftes. Dit gaan oor hoe ons God se droom vir die wêreld kan uitleef. Hierdie gedeelte is ‘n troos vir gelowiges dat daar ten spyte van die chaos in die wêreld, steeds ‘n Krag is (Eskom kwinkslag is heeltemal in orde) wat ons daardeur navigeer.

Daarom moet gelowiges leer hoe om verantwoordelik, maar ook sonder skaamte, te vra na die Gees se werking in hulle lewens. Slegs dan sal ons lewens ook deur die Gees begin vernuwe.

Is die tema van die Heilige Gees ‘n maklike tema in julle groep om oor te gesels.

Dink bietjie na waar julle al gehoor het hoe mense ‘namens’ die Heilige Gees praat. Was dit altyd so?

Bespreek vers 16 met mekaar. Wat op dees aarde sou dit beteken?

Dit is opvallend hoe Jesus die woord ‘geleentheid’ in vers 18 gebruik. Bespreek die gedagte dat die Gees geleenthede gee om te getuig.

Was daar al moeilike situasies waar jy die Gees se bystand en wysheid ervaar het?

Jesus sê dat sy dissipels deur mense gehaat sal word. Waar beleef julle vandag haat? Hoe help die Gees ons om dit te hanteer?

‘n Leerling is nie hoër as sy leermeester nie. Hoe verstaan ons Lydenstyd in die lig van Pinkster?

Hoe dink julle sal ‘n mens kan toets of iemand werklik namens die Gees praat?

Hoe belangrik is dit dat ons vandag nog die plek van die Heilige Gees erken?

Gebruik hierdie gedeelte om as ‘n groep oor die teks en tema na te dink.

Page 10: Hoe relevant is die gedagte van ‘genoeg’?Hoe help hierdie gedeelte ons om ook na te dink oor Jesus se kruisdood? Gebruik hierdie gedeelte om as ‘n groep oor die teks en tema

1918

Pinkster is dié tyd wanneer ons fokus op die werk van die Heilige Gees wat ons veral leer ken uit die verhale wat Lukas in Handelinge vertel. Die verhale skep die verwagting dat Hy vandag nog dieselfde doen. Ons fokus dié week in Pinkster op dit wat die Heilige Gees deur die lewe van Barnabas gedoen het. Aan die een kant daag die Heilige Gees ons uit om Barnabas se navolgers te word – as bemoedigers, borge, brugbouers, bemagtigers, bedienaars en begeleiers.

Hy wys immers vir ons hoe ’n lewenstyl gevorm word deur die geestelike gewoontes wat ’n mens in jou lewe bemeester. Mure val in Antiogië Romeinse stede was gekenmerk deur mure. Antiogië, waarvan ons in ons teks lees, was die derde grootste stad in die Romeinse Ryk, geleë aan die Orontesrivier. In die koue oorlog (soms vuurwarme oorlog!) tussen die Romeinse Ryk in die weste en die Persiese Ryk in die ooste, was Antiogië ’n krities belangrike militêre sentrum wat die oosterse deel van die Romeinse Ryk teen die Perse moes beveilig.

Die groot aantal volkere, wat die Romeine oorwin het en in stede soos Antiogië in klein ruimtes saam moes bly, was onderling vyandig. Die Romeine het dus hul stede in sektore opgedeel waarin die verskillende bevolkingsgroepe gebly het. Konkrete mure is tussen hierdie woonbuurte opgerig; veral om die stede snags veiliger te maak. Volgens Rodney Stark, godsdiens-sosioloog, was Antiogië

in verskeie sulke ommuurde sektore verdeel. Die evangelie sou hierdie mure in Antiogië platvee. Dit steek die grens tussen Jood en Griek oor en bring mense uit verskillende agtergronde saam in een nuwe mensheid in Christus. Let op dat dit gewone mense is - Joodse gelowiges van Siprus en nog ander van Sirene - wat die evangelie aan die mense van Antiogië verkondig. Aan die ander kant bemoedig die Heilige Gees ons deurdat Hy altyd tweede kanse gee – soos Hy gedemonstreer het in die wyse waarop Barnabas Saulus en Johannes Markus bemoedig en begelei het.

Barnabas is die eerste leraar wat begin het om Jode en nie-Jode in een gemeente saam te bedien. Hy vestig ’n model oor hoe die kerk behoort te wees. Hy sluit by die uitbreiding van die evangelie aan en bemoedig en bevestig die Griekse gelowiges in hulle verbintenis tot die Here.

Daarmee sluit hy dus by ’n beweging aan van gewone gelowiges wat die evangelie aan ander bring. Dit is gewone Joodse gelowiges van Siprus en Sirene wat hier oor die grense stap om ander taalgroepe te bereik. Dit nooi ons ook uit om deel te word van die rimpeleffek van hierdie gebeure wat steeds sigbaar is oor die hele wêreld, waar grense van kultuur en taal oorgesteek word met die evangelie van Jesus Christus. Ons kan Barnabas navolg in die bemeestering van die geestelike gewoonte van bemoediging. Die Heilige Gees gee dus op ’n besondere

wyse hierdie Pinkster weer vir ons gemeente hoop deur die voorbeeld van hierdie goeie man, Barnabas, wat vol was van die Heilige Gees en met ’n vaste geloof geleef het. Ons sien ook in die verhaal van Handelinge dat die Heilige Gees grense skuif met die getuienis van gewone mense.

Gebruik hierdie gedeelte om as ‘n groep oor die teks en tema na te dink.

Hoe ervaar julle Pinkster?

Is julle bewus van die ritme van die Gees in jul lewe?

Watter bemoediging het julle van God af nodig?

Hoe kan julle ander bemoedig?

Wat staan vir julle uit in die verhaal van Barnabas?

Wanneer sukkel Barnabas om die regte ding te doen?

Hoe gebruik die Here vir Barnabas in die vroeë kerk?

Sien julle enige bemoediging raak in ons gemeenskap?

Watter waarde het die verhaal vir ons gemeenskap?

Hoe dink julle lyk bemoediging in ons omstandighede en kultuur?

Wat kan ons alles die Pinkster by Barnabas leer?

Probeer die geestelike gewoonte van bemoediging uitleef. Luister mooi en kyk met insig na die gesprekke waarvan jy deel is.

Page 11: Hoe relevant is die gedagte van ‘genoeg’?Hoe help hierdie gedeelte ons om ook na te dink oor Jesus se kruisdood? Gebruik hierdie gedeelte om as ‘n groep oor die teks en tema

20