243
Jesus Christus in die Ou Testament Die Torah, Profete en Psalms ---------- Raymond D. Lombard

Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

  • Upload
    others

  • View
    8

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

Jesus Christus in

die Ou Testament

Die Torah, Profete en Psalms

----------

Raymond D. Lombard

Page 2: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus
Page 3: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

DANKBETUIGINGS

Aan my vrou, Amanda, vir die inspirasie, aanmoediging en ondersteuning

om hierdie werk neer te pen – my innigste dank.

Aan my Bybelskoolstudente van die afgelope vyftien jaar – dankie vir die

uitdagings wat julle voortdurend aan my stel.

Aan my dogter, Clarissa – groot waardering vir die buitebladontwerp.

Aan Adri en Uschi Theron, vir julle harde werk en hulp met betrekking tot

die tik en uitleg van die boek – dankie vir uitstekende werk gedoen.

Hierdie boek word met die hoogste dank en erkenning opgedra aan my

hemelse Vader, sy Seun Jesus Christus en die Heilige Gees.

Page 4: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

Jesus Christus in die Ou Testament Outeursreg © 2012 Raymond D Lombard Derde druk: 2018 Alle aanhalings uit die Skrif, tensy anders vermeld, is geneem vanuit Die Bybel (1933-vertaling, hersiene uitgawe 1953 en 1957) Outeursreg © 1957, 1996 deur Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming van Die Bybelgenootskap. Alle regte voorbehou. Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie publikasie mag gereproduseer, in ’n ontsluitingstelsel bewaar, of weergegee word in enige vorm of op enige manier – hetsy elektronies, meganies, deur fotokopiëring, deur opnames of enige ander vorm – sonder die skriftelike verlof van die uitgewer nie. Buitebladontwerp: Clarissa Kat Taalversorging: 1ste druk: Faan Pistor 2de druk: Malene van Zyl

Gedruk deur Durbanville Commercial Printers in Kaapstad, Suid-Afrika

Page 5: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

i

Inhoud Voorwoord

Deel 1: Die Tabernakel

Hoofstuk 1: Inleiding tot tabernakelstudies 3 Hoofstuk 2: Die konstruksie van die tabernakel 19 Hoofstuk 3: Die sewe huisraadstukke van die tabernakel 33 Hoofstuk 4: Toegang tot die tabernakel 69 Hoofstuk 5: Die reise van die verbondsark 83 Hoofstuk 6: Tempels in die Heilige Skrif 91

Deel 2: Die Priesterskap Hoofstuk 7: Die Priesterskap 103 Deel 3: Die Offerandes Hoofstuk 8: Die Offerandes 123 Deel 4: Die Feeste van die Here Hoofstuk 9: Die feestye van die Here 149

Hoofstuk 10: Die Pasgafees, die Ongesuurde Brode 157 en die Eerstelingsgerf. Hoofstuk 11: Die Fees van die Weke, Pinkster. 169 Hoofstuk 12: Die Fees van die Trompetgeklank (Basuin), Versoendag en die Insameling (Loofhuttefees). 187

Page 6: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

ii

Deel 5: Die Engel van die Here Hoofstuk 13: Die Engel van die Here 201 Deel 6: Jesus Christus in die Ou Testament Hoofstuk 14: Jesus Christus in die Ou Testament 215 Bronnelys 227

Page 7: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

VOORWOORD

Die Here Jesus Christus die Verheerlikte, Opgestane Heiland

se woorde in Lukas 24 is aangrypend, “o Onverstandiges, met

harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek

het! Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid

ingaan nie? En Hy het begin van Moses en al die profete af

en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom

betrekking het. En hulle sê vir mekaar: Was ons hart nie

brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir

ons die Skrifte uitgelê het nie? En Hy sê vir hulle: Dit is die

woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was,

dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die

profete en die psalms, vervul moet word” (Luk 24:25-27, 32,

44).

Hierdie woorde van onse Here Jesus Christus die dag met sy

opstanding het my eie hart vasgegryp. ‘n Baie belangrike

vraag rondom Jesus se gesprek met die dissipels op die pad

tussen Jerusalem en Emmaüs is: Watter Skrifte het Jesus

Page 8: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

Christus moontlik gebruik ná sy opstanding uit die dood om

al die dinge wat op Hom betrekking het te bewys?

Dit was die soeke na dié antwoorde wat gelei het tot my

navorsing en studie oor die Ou Testament – dit het dan ook

gelei na die tema van hierdie boek: Jesus Christus in die Ou

Testament (Torah, die profete en psalms).

Ons kyk dan ook vervolgens na Jesus Christus in die

Tabernakel, Priesterskap, Offerandes en Feeste van die Here.

Daarna kyk ons na die Engel van die Here in die Ou

Testament en eindig ons met die moontlike Skrifte wat Jesus

Christus sou gebruik het om te bewys watter Skrifte op Hom

betrekking het.

Hierdie is gewis en seker nie die laaste woord oor die

belangrike kwessie in die Bybel nie maar ek vertrou dat die

boek – Jesus Christus in die Ou Testament – sal help om ons

verstand te open om die Skrifte beter te verstaan (Luk 24:45).

Raymond D. Lombard

Page 9: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

Deel 1

Die Tabernakel

Page 10: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus
Page 11: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

3

Hoofstuk 1

INLEIDING TOT TABERNAKELSTUDIES

p die vraag: “Maar waarom die tabernakel bestudeer?” antwoord die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus (Heb 10:20). Dat die tabernakel

uitsluitlik om Christus en sy versoeningswerk gaan, word deur Homself bevestig toe Hy aan die Émmaüsgangers “van Moses (die tabernakeloffers en wet) en al die profete af. . . vir hulle uitgelê (het). . . die dinge wat op Hom betrekking het” (Luk 24:27). Voorts lees ons in Romeine 15:4 “Alles wat vantevore geskrywe is, is vir ons lering vantevore geskrywe”. Weer lees ons in 2 Timotheus 3:16-17 “Die hele Skrif is deur God ingegee, en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus”. Soos ’n Messiaanse Jood dit treffend gestel het: Die Ou Testament is die slot, die Nuwe Testament is die sleutel; en wat beteken ’n slot sonder ’n sleutel? Net so is kennis van die Ou Testament nodig om die Nuwe Testament reg te verstaan. Die twee vul mekaar aan en vorm een, volmaakte geheel. ’n Verdere rede waarom die bestudering van die tabernakel as belangrik beskou word, word gesien in die feit dat God net twee hoofstukke aan die

O DIE

TABERNAKEL SPREEK TOT

ONS VAN CHRISTUS

(Heb 10:20)

Page 12: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

4

onderwerp van die skepping, chaos, en herskepping van die aarde en die skepping van die mens wy (Gen 1-2), terwyl Hy nie minder nie as 50 hoofstukke (13 in Exodus; 18 in Levítikus; 13 in Númeri; 2 in Deuteronómium; en 4 in Hebreërs) aan die tabernakel en die gepaardgaande ritusse afsonder. Die tabernakel met al sy rituele offers was skaduwees wat in Christus beliggaming gekry het. Hierdie tabernakel was maar ’n tipe van die hemelse soos ons dit in Hebreërs 8:5; 9:24 opgeteken sien.

DIE OORSPRONG VAN DIE TABERNAKEL Die tabernakel het sy oorsprong in God gehad (Ex 25:1-9; Heb 8:5). Hierdie tabernakel wat God Moses beveel het om in die woestyn te maak kort nadat Israel uit Egipte verlos is, is ’n volmaakte tipe en skadubeeld van die Here Jesus Christus. Elke stukkie detail van die tabernakel en sy struktuur, materiaal, meublement en die bediening van die tabernakel openbaar een of ander aspek van die oneindige genade, eienskappe, gawe en persoonlikheid en werk van ons Saligmaker Jesus Christus soos ons lees in Hebreërs:

Hebreërs 10:20: “Op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees”.

Hebreërs 9:2-8: “Want die tabernakel is so ingerig: die eerste, waarin die kandelaar was en die tafel en die toonbrode, wat die Heilige genoem word; en agter die tweede voorhangsel die tabernakel wat genoem word die Allerheiligste, waarin ’n goue wierookbak was en die ark van die verbond, rondom heeltemal met goud oortrek, waarin die goue kruik met die manna was en die staf van Aäron wat gebloei het, en die tafels van die verbond; en daar bo-op die gérubs van die heerlikheid wat die

Page 13: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

5

versoendeksel oorskadu het, waaroor nie nou afsonderlik gespreek kan word nie. En nadat hierdie dinge so ingerig was, het die priesters wel gedurig in die eerste tabernakel ingegaan om die dienste te vervul, maar in die tweede die hoëpriester alleen, een maal in die jaar, nie sonder bloed nie, wat hy offer vir homself en vir die sondes van die volk uit onwetendheid begaan – waarmee die Heilige Gees dít duidelik maak, dat die weg na die heiligdom nog nie geopen is so lank as die eerste tabernakel nog standhou nie.”

Hebreërs 9:11-14: “Maar Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die toekomstige weldade, het deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie, ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en ’n ewige verlossing teweeggebring. Want as die bloed van stiere en bokke en die as van ’n vers wat die verontreinigdes besprinkel, heilig maak tot reiniging van die vlees, hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien.”

Hebreërs 10:1-7;10: “Want die wet, wat ’n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie. Anders sou hulle opgehou het om geoffer te word, omdat die wat die diens verrig, nadat hulle een maal gereinig is, geen bewussyn meer van sondes sou gehad het nie. Maar in dié offers is daar jaar na jaar ’n herinnering aan die sondes; want die bloed van stiere en bokke kan onmoontlik die sonde wegneem. Daarom sê Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagoffer en spysoffer, wou U nie hê

Page 14: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

6

nie, maar U het vir My ’n liggaam berei. Brandoffers en sondoffers het U nie behaag nie. Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom – in die boekrol is dit van My geskrywe – om u wil te doen, o God. . . . Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal.”

In die bestudering van die tabernakel kry ons begrip van die weg wat die Here God berei het, of die stappe wat die Here daargestel het vir ’n sondige volk om toenadering tot ’n Heilige God te kan hê. Die groot doel waarom God die mens geskape het is dat Hy gemeenskap met die mens kan hê. Die tabernakel was dus die plek waar die Here die sondaar ontvang het (Lev 1:4); nou ontvang God die sondaar in Christus (Ef 2:13; Ef 1:5-6; Heb 10:19-20). Die tabernakel was ook die plek waar God die skuldige persoon vergewe het (Lev 4:20,26,31,35; Lev 5:10,16,18); nou ontvang die persoon vergifnis van sonde in Christus (Ef 1:7; Kol 1:14).

GOD, DIE ARGITEK VAN SALIGHEID Die enigste gebou wat ooit op die aarde opgerig is en van die begin volmaak was, in elke detail volkome was en wat nooit nodig gehad het om aan bygevoeg of verander te word nie, was die tabernakel in die woestyn. Die bloudruk, die uitleg, die plan en ontwerp met al die spesifikasies is ontwerp in die hemel. Dit is deur die Here oorgedra aan Moses vir die volk Israel. Moses het dit ontvang terwyl hy op die berg Sinai was kort ná Israel se uittog uit, en verlossing van, Egipte. Die fynste detail van die tabernakel, elke aspek en besonderheid, is deur die Almagtige God self ontwerp. Elke aspek het ’n profetiese verlossings- en tipe betekenis wat in Christus vervulling gevind het.

Page 15: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

7

Daar is geen Skrifgedeelte ryker in betekenis, meer volmaak in lering te wete die saligheidsplan, as hierdie Goddelik-ontwerpte gebou nie – die tabernakel. God self was die argitek. Elke besonderheid wys heen na ’n sekere aspek van die karakter en werk van die persoon van God se Seun, Jesus Christus. In sy voltooide vorm is die tabernakel heel waarskynlik die mees volledige gedetailleerde openbaring van Jesus Christus, die Seun van God en die plan van saligheid, in die ganse Ou Testament. Die tabernakel het uiterlik met die eerste oogopslag van buite, baie onaantreklik gelyk. Van buite is daar bitter min wat ’n aanduiding sou kon gee van die heerlikheid en glorie en skoonheid en prag van wat binne bestaan het. Die priester wat van buite kyk, kon glad nie die intrinsieke skoonheid en asemrowende heerlikheid raaksien nie. Alleenlik nadat hy die voorhof betree het deur die poort aan die oostekant, stilgestaan het by die koperaltaar met sy brandoffers, sy hande en voete gewas het in die koperwaskom, kon hy ingaan om die heerlikheid te aanskou van wat binne in die tabernakel was. Hierdie tabernakel in die woestyn/wildernis sou die plek word wat die middelpunt van alle aanbidding sou wees vir die kinders van Israel gedurende hul omswerwinge, soos bepaal deur die God van die hemel self. Moses is herhaaldelik beveel om ’n presiese replika te maak van die een wat God hom op die berg Sinai getoon het (Ex 25:40; Heb 8:5). Wat God hom getoon het was dus een wat reeds bestaan het in die hemel. Die tabernakel was dus ’n tipe, ’n afbeelding, ’n skaduwee van iets met ware substansie wat reeds bestaan het!

Page 16: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

8

Een ding is absoluut seker – die tabernakel van God op aarde was ’n tipe of voorafskaduwing van die Here Jesus Christus! Waar God en mens ontmoet, waar Goddelikheid en mensheid in een persoon ontmoet (Heb 8:1-2). In Christus vind ons dus die volkome antwoord van die geestelike betekenisvolheid van die tabernakel. Daarom lees ons in Johannes 1:14: “En die Woord het vlees geword en het onder ons kom woon” (letterlik: tabernakel). . . Elke gedetailleerde aspek van die tabernakel, wys heen na verskillende aspekte van die persoon en werk van ons Saligmaker, Christus. Die tabernakel sou die toonbeeld wees van die algenoegsame en volkome voorsiening van die verlossing in Jesus Christus. Maar meer as net ’n beeld van Jesus Christus sou die tabernakel, in ’n sekondêre sin, ’n beeld van die gelowige wees. Die gelowige IN CHRISTUS is ook die woning van God. Ons is ook die tempel van die Heilige Gees (1 Kor 6:19; 2 Kor 6:16). Die tabernakel is nie net ’n beeld van die Here Jesus Christus én die gelowige nie, maar ook ’n volkome beeld van die plan van saligheid wat uit ’n sewevoudige plan bestaan:

Een: As sondaar wat buite staan, moet ons ingaan deur die deur (poort)

en stop by die ALTAAR: plek van offer (dit is die kruis, die beginpunt van ons ervaring van saligheid).

Twee: Daarna volg afsondering en daaglikse reiniging by die KOPER-WASKOM.

Drie: Dan word beweeg na die gemeenskap met die Woord of brood by die TAFEL MET TOONBRODE.

Vier: Ons leer om te wandel in die lig van die GOUE KANDELAAR (1 Joh 1:7).

Page 17: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

9

Vyf: Nou, en nou eers, kom ons by die plek van krag in gebed by die GOUE WIEROOKALTAAR.

Ses: Nou is ons gereed en gaan ons in by die HEILIGE DER HEILIGE vir die hoogste diens van die tabernakel in God se intieme teenwoor-digheid.

Sewe: Dit bring ons tot volkome rus en vrede by die bloed-besprinkelde VERSOENDEKSEL van die VERBONDSARK onder die skaduwee van die gérubs van heerlikheid.

Dit is ongelooflik om daaraan te dink dat al hierdie dinge op ’n klein stukkie aarde plaasvind in die midde van die volk in die woestyn.

Die grootte van die reghoekige stuk grond was: 75 voet wyd (23 meter) en 150 voet lank (46 meter).

Dit was dieselfde grootte as ’n gewone stuk grond vir ’n woning in die

latere stadslewe van die volk Israel. Hierdie reghoekige stuk grond waarop die tabernakel staan gemaak is, was omhein met ’n omheining van sewe- en-’n-half-voet (2.3 meter) hoog. Aan die oostekant was die hek of poort die enigste plek van toegang tot hierdie heilige gebied. Die hoofgedagte van die tabernakel was dat God ’n pelgrim geword het saam met pilgrims (die mens), en dat hy ’n “tent” bewoon het saam met tentbewoners –of, dat God neergedaal het tot waar die mens was sodat Hy met die mens gemeenskap kon hê. “En daar sal Ek met jou saamkom” (Ex 25:22). In Christus sou God onder die wolkkolom woon (Joh 1:14). Tabernakel is ’n naam gevorm na die Latynse woord wat TENT beteken, in Hebreeus letterlik: WONING (Ex 25:8-9). JESUS kom woon by ons (Joh

Page 18: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

10

1:14), en in Openbaring 21:3 kom GOD DIE VADER vir ewig by die mens woon. Die tabernakel, gemaak met mensehande, is deur die Here self ontwerp. Die hele ontwerp en uitleg van die tabernakel is deur die Here aan Moses op die berg Sinai getoon. Moses is beveel om die tabernakel streng volgens die Here God se duidelike voorskrifte te bou.

MOSES OP DIE BERG SINAI Toe Moses die plan van die tabernakel moes ontvang, het hy eers ses dae lank gewag voordat God na hom geroep het (Ex 24:15-18). Gedurende die veertig dae en nagte op die berg het God die plan van die tabernakel aan Moses gegee. Dit moes stiptelik volgens die plan opgerig word. Ons lees telkemale: “So moet jy dit maak” en dan weer: “So het Moses dit gemaak.” (Ex 38:22; Ex 39:1,7,21,26,31,32,42,43; Ex 40:16,21,29). Wat het Moses by God op die berg Sinai ontvang? Moses het twee dinge by God ontvang op die berg Sinai. Ten eerste die Wetsverbond, dit is die twee kliptafels met die Tien Gebooie. Ten tweede, die voorbeeld van die tabernakel en al sy meublement en toebehore.

Die wet – om aan die mens die geregtigheid en heiligheid van God te toon. Terselfdertyd ook die lelikheid van sonde, sowel as die mens se onvermoë om die wet te onderhou; dit lei tot oordeel en straf.

Die tabernakel – om aan die mens God se uitweg vir die skuldige mens aan te stip – ’n uitweg vir die mens wat God se heilige wet verbreek het. Die tabernakel spreek dus van God se genade, vergifnis, kwytskelding, versoening, verlossing en saligheid.

DIE TABERNAKEL

HET SY OORSPRONG

IN GOD GEHAD (Heb 8:5)

Page 19: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

11

Hierdie twee dinge het Moses by God ontvang, die Wet en die tabernakel. Die een (Wet) veroordeel en oortuig van sonde, sowel as die mens se onvermoë en eie hopeloosheid. Die ander (tabernakel) bied God se oplossing vir sonde aan en hoe om genade, vergifnis en kwytskelding by God te vind. Ons lees dan ook in hoofstuk 8 en 9 van die boek Hebreërs dat hierdie dinge, die tabernakel en sy toebehore, ’n afbeeldsel en skaduwee van die hemelse dinge is (8:5), en dat die heiligdom wat met hande gemaak is, ’n teëbeeld van die ware is (9:24). Al hierdie dinge draai in die eerste plek om die persoon en werk van die Here Jesus Christus. Hy was die liggaam waarvan die tabernakel die skaduwee was. Hy was die heiligdom in wie God onder ons kom woon het. In Hom het die ganse volheid van God liggaamlik gewoon.

HOE IS DIE MATERIAAL VIR DIE OPRIGTING VIR DIE TABERNAKEL VOORSIEN?

Die vraag is: Waar kom die ontsaglike hoeveelheid boustof van- daan wat in die oprigting van die tabernakel gebruik is? Ons antwoord vind ons in Exodus 3:21-22. “...en as julle dan trek, moet julle nie met leë hande trek nie, maar elke vrou moet van haar buurvrou en van haar wat in haar huis vertoef, silwer en goue voorwerpe en klere eis . . . en so Egipte berowe.” Dit is ’n vervulling van die belofte aan Abram meer as vierhonderd jaar van tevore: “Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie hulle diensbaar moet wees, en daarna sal hulle uittrek met baie goed” (Gen 15:14). So het die slawevolk Israel dan as ’n skatryk volk Egipte verlaat omdat die volk volgens Exodus 11:2-3 en Exodus 12:35-36 gehandel het. Hierdie opvraag van kosbare artikels deur die Israeliete was eenvoudig ’n vergoeding vir die jarelange-slawe arbeid wat hulle moes verrig het. Die eintlike doel van hierdie insameling was vir die bou en versiering van die tabernakel in die woestyn, wat hulle later sou oprig.

Page 20: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

12

Toe die tyd vir die bou en oprigting van die tabernakel aanbreek, het Moses ’n beroep op die volk gedoen om ’n vrywillige offer aan die Here te bring (Ex 25:2; 35:4-9; 21-29). So geweldig was die reaksie van die mense dat Moses hulle later moes vra om nie meer artikels te bring nie (Ex 36:3-6). Die Gees van die Here het Besáleël en Ohóliab geïnspireer om te fatsoeneer. Vervul deur die Heilige Gees, het die Gees hulle bekwaam gemaak om ander kunstenaars op te lei en te onderrig hoe om die kunswerk te skep (Ex 31:1-6; 35:30-35). Die Here se metode van optrede is vandag nog dieselfde. Paulus stel dit aan ons dat daar “...verskeidenheid van genadegawes (is), maar dit is dieselfde Gees; en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here; en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk. Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is” (1 Kor 12:4-7). Dít alles is deur God wat ons ook bekwaam maak om sy Kerk op aarde te bou.

HOEKOM IS DIE TABERNAKEL VOORSIEN? Dit was God se woonplek onder Israel byna 500 jaar lank, vanaf die tyd van Moses met God by die berg Sinai tot en met die voltooiing van die tempel deur koning Salomo (1450v.C. – 960v.C.). Dus was die tabernakel net ’n tydelike woonplek. Die tabernakel is ook genoem:

“Die tent van die Getuienis” –Numeri 17:7-8.

“Die tempel van die tent van die getuienis” –Openbaring 15:5.

Die Heilige Skrif hou drie redes aan ons voor waarom God ’n tabernakel aan Israel gegee het.

Page 21: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

13

Dit was die plek waar die Here met die volk saamgekom het. In Exodus 25:21-22 stel die Here dit duidelik dat Hy van die versoendeksel in die tabernakel af met die volk sal saamkom (vgl. Ex 29:42-43; Ex 30:6). Die versoendeksel was die plek waar die bloed wat vir die sonde versoening gedoen het, gesprinkel is (Lev 16:14,30). Die versoendeksel is dan die plek (hilasterion – Heb 9:5) waar die besprinkeling van die bloed God se toorn tevrede gestel het dat die sonde gestraf is. In 1 Johannes 4:10 verklaar die Skrif dat Jesus ons versoening (hilasterion) is. Hiermee verklaar Johannes dat Jesus dan die plek was waar God die sondaar ontmoet het. Die kruisdood van Jesus was die plek waar God se geregtigheid en sy genade mekaar ontmoet het. Dit was daar aan die kruis wat ons gesien het dat die genade van God die offer vir die sonde bring wat sy heiligheid en geregtigheid vereis het; aan die kruis, in Jesus, betaal God se liefde die straf wat sy geregtigheid vereis het.

Dit was die plek waar die Here God onder sy volk gewoon het. God wou onder sy volk kom woon om Hom as hulle God aan hulle te openbaar. “Ook moet hulle vir My ’n heiligdom maak, dat Ek in hulle midde kan woon” (Ex 25:8). So lees ons dan ook in Exodus 29:45: “En Ek sal onder die kinders van Israel woon en vir hulle ’n God wees.” Dit is juis hoe Israel die ware God leer ken het. Die volke rondom hulle het elkeen sy eie god uitgedink, maar Israel het sy God ervaar en leer ken as die God wat Hom met sy volk bemoei het en wat met hulle geskiedenis gemaak het. Vandag woon die Here nie meer onder sy mense in ’n tabernakel wat met hande gemaak is nie, maar in die harte van sy kinders (1 Kor 3:16; 2 Kor 6:16; Ef 2:19-22).

Dit was die plek van die Getuienis. By twee geleenthede word in Numeri 17:7-8 na die tabernakel verwys as “die tent van die Getuienis”. Waarvan het die tabernakel dan getuig? In die

Page 22: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

14

Allerheiligste plek was daar die verbondsark met die tien gebooie op kliptafels gegraveer. Hierdie twee kliptafels spreek van ’n gebroke wet. Die ark met die gebroke wet was bedek met die versoendeksel van goud wat presies op die verbondsark gepas het.

Binne-in die ark was, behalwe die twee kliptafels van die Wetsverbond, ook die goue kruik met manna wat getuig het van God se voorsiening vir die veertig jaar van die volk Israel se woestynreis. Saam daarmee was die staf van Aäron wat gebloei het om te getuig watter stam die Here God uitverkies het om die priesterlike stam te wees (Heb 9:4). Die Allerheiligste plek in die tabernakel getuig derhalwe van (a) God, (b) ’n gebroke wet, (c) genade, (d) bloed en (e) ’n bedekking. Dit getuig dus van die feit dat ’n Heilige God in genade deur bloed die gebroke wet volkome bedek het. Die primêre getuienis van die tabernakel was dus ’n profetiese getuienis van Golgota. Die tabernakel was ’n profesie van Golgota! In Christus vind ons dus die volkome antwoord op die geestelike betekenis van die tabernakel. In Johannes 1:14 word gesê: En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon – (letterlik: “tabernakel”) – en ons het sy heerlikheid aanskou, ’n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom – vol genade en waarheid.

DIE TABERNAKEL WAS ’N TIPE Ons lees in Hebreërs 8:5 en 9:8: “Hulle wat ’n afbeeldsel en skaduwee van die hemelse dinge bedien. . . dit was ’n beeld met die oog op die teenwoordige tyd...” Die woord beeld beteken “tipe” of “skaduwee”. So word ons herinner dat die tabernakel maar net ’n skaduwee was van iets groters wat in die toekoms lê (Heb 9:11-14). Die tabernakel in die woestyn was dus ’n beeld, ’n skaduwee, van Hom (Christus) wat sou kom.

Page 23: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

15

Die uitleg van die meublement van die tabernakel was so gerangskik dat dit ’n kruis gevorm het. Die tabernakel spreek dus oorwegend van een ding; ons saligheid in die werk van die persoon van Jesus Christus op die kruis van Golgota. ’n Noukeurige beskouing van die rangskikking van die meublement rakende die tabernakel toon ’n verbysterende waarheid, die hele tabernakel dra die stempel van die kruis. Die voet van die kruis is die plek van lyding en dood – die altaar met die brandoffers. Die hoof of bopunt van die kruis is agter die voorhangsel binne-in die Allerheiligste, die plek van heerlikheid – die Shekinah van ’n afgehandelde werk. Van buite tot binne is ’n reguit weg van saligheid, reiniging, intersessie (gebed) en ’n geskeurde voorhangsel (Heb 10:22), tot binne-in die teenwoordigheid van God die Vader. Aan die regter- en linkerkant van die twee arms van die kruis word twee seëninge gebied – gemeenskap by die tafel (toonbrode), en die getuienis, die lig – die goue kandelaar. Die tabernakel is God se getuienis van die kruis op Golgota. Sonder die tabernakel en sy meublement en die geestelike betekenis daarin vervat en uitgebeeld, sou ons nooit die volle betekenis kon verstaan het nie van die leerstellings van: Verlossing; Versoening; Substitusie; Rekonsiliasie; Geregtigheid; Toegerekende geregtigheid; Ge-bed; Heiligmaking; Vergifnis en Genade.

WANNEER IS DIE TABERNAKEL OPGERIG? Op die 15de van die eerste maand het die twaalf stamme van Israel Egipte verlaat (Ex 12:1-13), ná ’n verblyf van 430 jaar in Egipte (Ex 12:40; Gal 3:17), en drie maande later het hulle by die berg Sinai aangekom (Ex 19:1). Tien maande later, op die eerste dag van die eerste maand van die tweede jaar, het Moses die tabernakel opgerig (Ex 40:17).

Page 24: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

16

’N KORT OORSIG VAN EXODUS Ons moet noukeurig let op die orde van die verhaal opgeteken in Exodus hoofstuk 1-40.

Exodus 1-19: Hierdie deel handel oor die geskiedenis van ’n volk (Israel) in slawerny (in Egipte), die geboorte van ’n leier (Moses), die volk Israel se verlossing uit Egipte en sy reis tot by die berg Sinai.

Exodus 20-24: Hier sien ons die gedetailleerde weergawe van die gebooie, wette en voorskrifte wat God deur Moses aan Israel opgelê het.

Exodus 25-31: ’n Weergawe van die orde van die tabernakel.

Exodus 32-34: Die volk verbreek die wet, Moses bid vir die volk en klim weer op die berg om nogmaals die twee kliptafels te ontvang.

Exodus 35-40: In die betrokke hoofstukke het ons die werklike bou en konstruksie van die tabernakel.

Exodus 1-19 handel dus oor die geskiedenis van Israel terwyl hoofstukke 20-40 oor die wetgewing handel. Die wette kan in drie verskillende kategorieë opgedeel word, te wete die morele wette, siviele wette, en seremoniële wette. Dit is nie ’’n Bybelse indeling nie maar help ons om die wette beter te verstaan. Die morele wette het die individuele lewe van mense beheer en die siviele (burgerlike) wette, het die nasionale lewe van die volk georden, terwyl die seremoniële wette die godsdienstige lewe georden het.

Page 25: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

17

MOSES SE TENT VAN SAMEKOMS Exodus 33:7-11 En Moses het elke keer 'n tent geneem en dit vir hom buitekant die laer opgeslaan, ver van die laer af; en hy het dit genoem die tent van samekoms. En elkeen wat die HERE wou raadpleeg, het uitgegaan na die tent van samekoms wat buitekant die laer was. En as Moses uitgaan na die tent, staan die hele volk op en gaan elkeen aan die ingang van sy tent staan. Dan kyk hulle Moses agterna tot hy in die tent ingegaan het. En as Moses in die tent ingaan, kom die wolkkolom af en gaan by die ingang van die tent staan, en dan spreek Hy met Moses. En as die hele volk die wolkkolom sien staan by die ingang van die tent, staan die hele volk op en buig, elkeen aan die ingang van sy tent. Dan spreek die HERE met Moses van aangesig tot aangesig soos 'n man met sy vriend spreek. Daarna gaan hy na die laer terug; maar sy dienaar Josua, 'n jongman, die seun van Nun, het hom nie uit die tent verwyder nie. Die tent was so genoem omdat Moses die tabernakel, wat opgerig moes word, in gedagte gehad het. Hierdie tent buite die laer, was die plek waar God en Moses bymekaar gekom het vir bykans ‘n jaar lank, voordat die tabernakel opgerig was. Die tabernakel wat later opgerig is, was in die middel van die kamp.

Page 26: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus
Page 27: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

19

Hoofstuk 2

DIE KONSTRUKSIE VAN DIE TABERNAKEL

eg aan die begin van ons studie rakende die tabernakel moet ’n keuse gedoen word: Begin ons by die Allerheiligste soos ons sien die Bybel dit in Exodus 25 doen, begin ons by die silwerfondament van

die tabernakel self, of begin ons by die voorhof, die buitenste omheining om die tabernakel? Gewoonlik, amper sonder uitsondering, sal enige studiestuk oor die tabernakel by een van die bogenoemde drie begin. Ons sal ons studie oor die tabernakel begin by die silwerfondament van die tabernakelkonstruksie. In Exodus 26 word die silwerfondament waarop die tabernakel gerus het, beskryf.

DIE SILWERFONDAMENT VAN DIE TABERNAKEL

Die woord “tabernakel” beteken eenvoudig “tent” of “tentwoning”. Dit was ’n langwerpige gebou van sowat 45 voet (13,8 m) lank by 15 voet (4,6 m) breed met twee vertrekke: die eerste heiligdom en die tweede heiligdom, of die Heilige en die Allerheiligste. Die fondament het uit eenhonderd silwervoetstukke (Ex 38:27) bestaan. Hierdie voetstukke was soos volg gerangskik: veertig aan die suidekant (Ex 26:18-19); veertig aan die noordekant (Ex 26:20-21); sestien aan die westekant (Ex 26:25); en vier aan die voorkant (ooste) van die Allerheilig-

R

Ook moet hulle vir My ’n heiligdom maak, dat ek in hulle midde kan woon. (Ex 25:8)

Page 28: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

20

ste – die vier pilare waaraan die voorhangsel, wat die heiligdom en Allerheiligste geskei het, gehang het (Ex 26:31-32). Wanneer die silwervoetstukke in rye langs mekaar geplaas is, was hulle heel waarskynlik aan mekaar geheg deur ’n metode bekend as swaelstert-verbinding. Elke voetstuk was aan die volgende verbind; saam het hulle ’n basis gevorm wat sterk genoeg was om die drie goue mure van die tabernakel regop en in posisie te hou. Elke silwervoetstuk het ’n talent (60 kg) geweeg (Ex 38:27). Die totale gewig van die honderd silwervoet-stukke was 6 ton. Hierdie voetstukke van silwer is op die woestynsand geplaas. Die regop akasiahoutstyle, oorgetrek met goud (die mure van die tabernakel), het bo-op die silwervoetstukke in tappe gepas. Die hele gebou – die taberna-kel self – het gerus op suiwer silwer, ’n fondament van silwervoetstukke.

DIE OPNEEM VAN DIE SILWER Die silwer is bekom deurdat elke Israelitiese man bo twintig wat uit Egipte vrygekoop is, ’n halwe sikkel silwer losgeld aan die Here moes betaal.

As jy die volle getal van die kinders van Israel opneem volgens hulle geteldes, moet hulle, elkeen vir sy lewe, losgeld aan die Here gee as hulle getel word, sodat geen plaag onder hulle mag wees as hulle getel word nie. Dit moet hulle gee, elkeen wat na die geteldes oorgaan: ’n halfsikkel volgens die sikkel van die heiligdom – die sikkel is twintig gera – ’n halfsikkel as offergawe aan die Here. Elkeen wat oorgaan na die geteldes, van twintig jaar oud en daarbo, moet die offergawe van die Here gee. Die ryke moet nie meer en die arme moet nie minder as ’n halfsikkel bring nie, as hulle die offergawe van die Here gee om vir hulle siele versoening te doen. Neem dan die versoeningsgeld van die kinders van Israel en bestee dit aan die bediening van die tent van samekoms, dat dit

Page 29: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

21

die kinders van Israel in gedagtenis kan bring voor die aangesig van die Here om vir julle siele versoening te doen (Ex 30:12-16).

So was dan al die geteldes van die kinders van Israel volgens hulle families van twintig jaar oud en daarbo, almal wat in Israel op kommando moet uittrek – al die geteldes dan was seshonderd-en-drieduisend-vyfhonderd-en-vyftig. Maar die Leviete, volgens hulle voorvaderlike stam, is onder hulle nie getel nie (Num 1:45-46). Die rede? Die antwoord vind ons in Númeri 1:48 - 51.

Daar was dus 603 550 halfsikkels vir die vervaardiging van die silwervoet-stukke. Elke talent was in gewig 6 000 sikkels silwer. Daar was dus eenduisend-sewehonderd-vyf-en-sewentig sikkels (ongeveer 350 kg silwer) oor (Ex 38:25). Daardie silwer is gebruik vir die silwerkramme, silwerhake en silwertoppe van die pilare van die omheining (Ex 38:27-28, Ex 27:9-17). Alle silwer is dus opgebruik vir die doel om die tabernakel in posisie te hou, absoluut niks is vermors of het oorgebly nie. Die ganse tabernakel is dus in posisie gehou deur die versoeningsgeld wat die Israelitiese mans moes betaal het.

CHRISTUS EN ONS VERLOSSING Ons dien eerstens noukeurig op die volgende te let: God het elke Israelitiese man dieselfde geag in waarde, want elkeen moes presies dieselfde versoeningsgeld betaal – “die ryke moet nie meer en die arme moet nie minder as ’n halfsikkel bring nie” (Ex 30:15). Silwer word hier genoem “versoeningsgeld” (Ex 30:16). God ag en skat elke sondaar na dieselfde waarde, gevolglik is die prys om te betaal vir elkeen presies dieselfde, vir die ryke en arme, vir die koning en vir die bedelaar, vir die

Page 30: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

22

grootste sowel as die kleinste. Omdat God nie ’n aannemer van die persoon is nie (Rom 2:11), het elke siel dieselfde waarde voor God. Silwer is simbolies van versoeningsgeld, verlossingsgeld en die prys vir ’n mensesiel (Ex 30:11-16). Slawe is vir silwer verkoop (Ex 21:32), Josef is vir silwer verkoop (Gen 37:28), Jesus is vir silwer verraai (Matt 27:1-9); so is dit ook jare vantevore deur die profeet Sagaria geprofeteer (Sag 11: 12 - 13). Die gelowige is gekoop teen ’n prys – Jesus Christus het die prys, “versoeningsgeld”, betaal. Sy eie, heilige, sondelose bloed. (Sien ook Lev 17:11).

1 Petrus 1:18-19 – “omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ’n lam sonder gebrek en vlekkeloos”.

Hand 20:28 – “Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het”.

1 Korinthiërs 6:20 – “Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort”.

Christus, die Lam van God, se verhouding met die mens berus op sy versoeningswerk, asook op sy verlossing van die mens van die vloek van sonde (Gal 3:13). Op grond van die feit dat sonde in Christus gestraf is, en God tevrede gestel is (versoen is), kan God die sondaar wat hom tot die Here bekeer, nou ontvang en begenadig. As volmaakte mens het Christus gekom as ’n versoening vir ons sondes (1 Joh 2:2; 4:10). Sy sterwe in ons plek was die voldoening aan die vereiste van God se heiligheid en

Page 31: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

23

geregtigheid dat die siel wat sondig (Rom 3:23), moet sterwe. God se toorn is van ons afgewend en sodoende is ons nou losgekoop en verlos in Christus Jesus (1 Tim 2: 5 - 6). Christus is dus die fondament (1 Kor 3:11) van ons ewige verlossing (versoening). Die tabernakel, wat ’n skaduwee is, rus op versoeningsgeld, die losprys ontvang van die kinders van Israel. Dit was ’n skaduwee, ’n beeld van die prys van verlossing en versoening, die kosbare bloed van Jesus Christus.

DIE STYLE VAN DIE TABERNAKEL

Die tabernakel se twee vertrekke, die Heilige en die Allerheiligste, was uit 48 style saamgestel wat van akasiahout gemaak en met goud oorgetrek was (Ex 26:15-30; 38:8-38). Die twee vertrekke was saamgestel uit die regopstaande style of planke (akasiahout) wat met tentdoeke en dekklede van verskillende soorte materiaal toegemaak is. Elke styl het twee tappe gehad wat in twee silwervoetstukke ingepas het. Die style was oorgetrek met goud en is aan mekaar gehou met vyftien dwarshoute, ook met goud oorgetrek. In die akasiahout vind ons dat die uitstaande kenmerk die duursaamheid daarvan is. Dit is geheel en al bestand teen enige klimaatsomstandighede. Deurgaans het ons ’n tweevoudige simbool: Christus en sy tweevoudige natuur, menslik en Goddelik. Akasiahout spreek van sy mensheid en die goud van sy Goddelikheid. Tipologies spreek akasiahout hier dan van die volmaakte mensheid van Christus. Sy liggaam het ook nooit verderwing gesien nie (Hand 2:31). Die beeld is dus een van volmaakte, sondelose en derhalwe, onverderflike mensheid. In Johannes 8:58 verklaar Jesus dat Hy vóór Abraham was, dus ook voor sy moeder. Dit toon dat Jesus se moeder Hom nie persoonlikheid of wese

Page 32: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

24

gegee het nie, want dit het Hy reeds gehad in sy voorbestaan, maar wat Hy wel van sy moeder ontvang het, was sy menslike natuur. In die akasiahout sien ons ook Christus in sy vernedering. Want Hy het soos ’n loot voor sy aangesig opgespruit en soos ’n wortel uit droë grond (Jes 53: 2). Die style van akasiahout was met goud oorgetrek (Ex 26:29). Die hout was ’n afsonderlike materiaal naas die goud waarmee dit oorgetrek was. Die style het dus uit twee afsonderlike materiale bestaan. Die tweeledigheid van die style is ’n lieflike simbool van die Here Jesus Christus se twee nature – die Goddelike en die menslike saamgevoeg in een Persoonlikheid. Die akasiahout simboliseer sy menslike natuur; die goud tipeer sy goddelike natuur. Die hout het nooit goud geword nie en die goud het nooit hout geword nie. Só is Jesus se twee nature ook afsonderlik van mekaar. Hoewel hierdie twee afsonderlike nature in Hom is, is Hy nie twee persone nie, maar een. Die Here Jesus Christus is ware mens – “die mens Christus Jesus” (1 Tim 2:5), en ook ware God – “die grote God en ons Verlosser Jesus Christus” (Tit 2:13). Die verborgenheid van hoe die twee afsonderlike nature mekaar komplementeer in een Persoon, is ’n bo-redelike verborgenheid.

Jesus Christus se ware mensheid kan moontlik die beste in sy menslike beperkthede gesien word. Hy was honger (Matt 4:2); Hy was dors (Joh 19:28); Hy was moeg (Joh 4:6); Hy het vaak geword (Matt 8:24); Hy het geween (Joh 11:35). In al hierdie dinge was Hy ware mens, tog het Hy op Godheid aanspraak gemaak.

Jesus Christus se ware Godheid is deur die Vader erken. “U troon, o God (Christus), is tot in alle ewigheid” (Heb 1:8). In Johannes 8:58 sê Jesus vir die Jode: “Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is Ek.” Bo alle twyfel bevestig Jesus Homself

Page 33: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

25

hier as die “EK IS” van Israel en identifiseer Hy Homself as dié God wat aan Moses uit die brandende doringbos gesê het: “EK IS WAT EK IS” (Ex 3:14). Dit is wat Jesus bedoel het en dit is wat die Jode verstaan het, daarom wou hulle Hom stenig (Joh 8:59). (Sien ook Joh 5:18; Joh 10:30-36; Joh 20:28.)

DIE DWARSHOUTE VAN DIE TABERNAKEL Die 48 style wat onder op die silwervoetstukke staangemaak was, is saamgehou deur 15 dwarshoute wat ook, soos die style, met goud oorgetrek was. Daar was vyf dwarshoute aan elk van die noordelike, westelike en suidelike sy. Twee kort dwarshoute aan die bokant van die een, lang, deurlopende dwarshout en twee aan die onderkant daarvan (Ex 26: 26 - 30). Die ringe wat gedien het as plekke om die dwarshoute in posisie te hou, was van goud gemaak (Ex 26:29). Die doel van hierdie dwarshoute was om die hele konstruksie van die tabernakel aanmekaar te hou sodat dit nie uitmekaar sou val nie. Die regopstaande style is in posisie gehou deur die vyf horisontale dwars-houte aan elke sykant. Dit spreek van Christus se krag waarmee Hy alles in stand hou, want, sê Paulus: “Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand” (Kol 1:17). Dit is hierdie krag waarmee Hy die Kerk (die heilige plek in die tabernakel waaroor later meer gesê sal word), omring en beskerm sodat selfs die poorte van die doderyk dit nie sal oorweldig nie (Matt 16:18).

DIE DEKKLEDINGS VAN DIE TABERNAKEL Die dak van die tabernakel het bestaan uit vier lae materiaal. Ons kan dus praat van die twee binne-bedekkings as synde die plafon van die tabernakel en die twee buite-bedekkings as die skuiling van die tabernakel. Die Bybel noem dit “dekkledings”. Die dak (plafon) het uit

Page 34: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

26

twee binne- en twee buite-bedekkings bestaan wat almal van mekaar verskil het, maar tog ’n saamgestelde eenheid gevorm het. Soos die vier Evangelies, is elke dekkleed op sigself volkome, maar almal is nodig om ’n geheelbeeld weer te gee. Met die studie van die dekkledings sal ons vind dat dit op Christus en sy oorwinningswerk dui.

DIE BINNE-BEDEKKINGS (Ex 26:1-14; 36:8-19) Die twee binne-tentdoeke word “die tabernakel” (Ex 26:6) en “die tent” (Ex 26:11) genoem.

DIE TABERNAKEL (Ex 26:1,6) – Dié stel tentdoeke is “die taber-nakel” genoem omdat dit eintlik die plafon van die tabernakel was. Om hierdie tiendelige en veelkleurige (pers, purperrooi en bloedrooi) tentdoek van fyn dubbeldraad-linne met die gérubs daarop uitgewerk, te sien, was alleen die priesters wat in die tabernakel diens gedoen het, beskore. Dit spreek alles van Christus se verborge innerlike heerlikheid, naamlik sy geregtigheid; sy goddelikheid; sy koninklikheid en sy mensheid.

In die Heilige plek was die lig van die goue kandelaar nie baie helder nie en was die prag van die tabernakel dus nie duidelik sigbaar nie. Só is Christus se heerlikheid in die Kerk (die Heilige plek in die tabernakel) vandag ook in ’n mate onsigbaar.

Die Allerheiligste plek, weer, is deur God se heerlikheid verlig. In daardie lig kon die hoëpriester duidelik die prag en die praal van die tabernakel aanskou. Só sal en kan Christus se heerlikheid eers gesien word wanneer ons eendag in die hemel is. In die heerlike lig van God sal ons Christus in al sy krag, majesteit en prag sien, “want nou sien ons deur ’n spieël in ’n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig” (1 Kor 13:12). Dan eers sal ons Hom sien soos Hy is (Op 1:13-16).

Page 35: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

27

In die veelkleurige tentdoek wat Christus in sy veelvoudige heerlik-heid uitbeeld, is ook gérubs uitgewerk. Gérubs spreek van die intense onverbiddelikheid van Christus se oordeel (Gen 3:24). Die Here is nie alleen ’n God van liefde nie, maar Hy is ook die Regter van die wêreld (Hand 17:31; Joh 5:22). Stephen Olford vat alles mooi saam waar hy skryf: “Thus, in this glorious inner curtain, we have a full-length portrait of God’s Son in His humanity, His divinity, His regality, His humility, and His severity in coming judgment. How incomparable glorious and victorious is the Christ of God!”

DIE TENT (Ex 26:7; 36: 14-18) – Die tentseil van bokhaar wys op verskillende aspekte van Christus se lewe op aarde.

Die tentseil van bokhaar was die gevolg van God se keuse van vroue om dit te maak (Ex 35:26). Die Here Jesus was, sover dit sy mensheid aangaan, die gevolglike keuse van vroue deur God. Deur die eeue heen, van Eva se tyd, het God vroue uitgesonder deur wie Christus uiteindelik in die wêreld sou kom. In die geslagsregister in Matthéüs 1:1-17 word vyf vroue genoem: Tamar, Ragab, Rut, Bátseba en Maria. Deur hulle het God sy Seun se mensheid geweef, soos die gekose vroue die bokhaar in die tentseil geweef het. Die tentseil tipeer dan Jesus se mensheid (Heb 2: 16, 17).

Die tentseil van bokhaar was in elf stroke – tien was onsigbaar en een was sigbaar (Ex 26:7, 9). Tien-elfdes van die tentseil was onder die dekkledings van rams-en robbevelle verberg. Die elfde strook was aan die voorkant van die tabernakel dubbel gevou en was dus so sigbaar. Kyk ons nou na die lewe van Christus, sien ons gou die betekenis hiervan. Slemming stel dit so vir ons voor: “Christ spent approximately thirty-three years on this earth, that is eleven threes. Ten elevenths of this life, which is thirty years,

Page 36: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

28

were spent in secret . . . Then, at the age of thirty, John said: ‘Behold’ and pointed the people to ‘the Lamb of God that taketh away the sin of the world’, and so, for the last eleventh of His life, in a three year ministry, He was revealed to the world – as what? The sin-offering, as John declared Him to be”.

Die tentseil van bokhaar spreek van die sondoffer (Lev 9:15). In Levitikus 4:23 en 24, lees ons dat die persoon wat gesondig het, sy hande op die bokram se kop moes lê en hom dan laat slag as ’n versoening van sy sonde. Die oplê van die hande op die bok se kop wys op die oordrag van die persoon se sonde op die plaasver-vangende bokram. Só het Christus ook die mens se sonde op Hom geneem en só sonde vir ons geword (2 Kor 5:21), om in ons plek die skuld van die sonde te dra (Rom 8:3; 1 Pet 2:24).

Hier het ons dan die twee aspekte van die twee bokramme, die een was geslag en die ander is lewend die woestyn ingejaag. Só moes Jesus eers sterf voordat Hy ons sondes kon wegdra: “Hy (het) sy siel uitgestort . . . in die dood . . . terwyl Hy . . . die sonde van baie gedra . . . het” (Jes 53: 12).

DIE BUITE-BEDEKKINGS (Ex 26: 14; 36:19) Soos in die geval van die binne-bedekkings is daar ook twee buite-bedekkings.

DIE DEKKLEED VAN ROOIGEVERFDE RAMSVELLE (Ex 26:14; 36:19) – Die rooigeverfde ramsvelle spreek eerstens van:

o Christus se plaasvervangende dood. Die ram word in die Skrif voorgehou as ’n plaasvervanger vir die mens,

Page 37: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

29

“Abraham het gegaan en die ram geneem en dit as brandoffer in die plek van sy seun geoffer” (Gen 22:13). Die ram is nie alleen deur God voorsien as ’n plaasvervanger nie, maar word ook “die wydingsram” (Ex 29:26, 27, 31) genoem. Vat ons die twee gedagtes saam, kan ons sê dat Christus Homself volkome aan God die Vader gewy het om as die sondaarmens se plaasvervanger aan die kruis te sterf (Jes 53:6; 1 Pet 3:18; Rom 5:8; Gal 3:13). Christus se plaasvervangende soendood was geen geforseerde saak nie; inteendeel, Parker skryf: “On the cross Christ was willingly caught in the thicket of God’s Law, and sacrificed instead of the world whose sins held Him there.” Só het Christus uit eie, vrye wil sy lewe vir ons afgelê (Joh 10: 18).

o In die tweede plek merk ons dat die rooigeverfde ramsvelle geen mates aantoon nie. Dié dekkleed, wat ook spreek van Christus se gewillige gehoorsaamheid tot die dood toe, dui geen mates aan nie. Dit spreek van die onbeperktheid van Christus se versoeningswerk aan die kruis (Joh 3: 16).

DIE DEKKLEED VAN ROBBEVELLE (Ex 26:14; 36:19) – Die robbevelle was nie vir skoonheid bedoel nie, maar wel vir beskerming. Hierdie was die heel buitenste bedekking wat al die ander bedek het. Dit was vaal en onaantreklik; niks wat die verbeelding aangryp nie. Niemand wat kyk na die tabernakel, bedek met robbevelle, sou kon droom watter prag en praal en heerlikheid dit insluit nie. Eers wanneer ’n mens binne-in die tabernakel is, kan jy dit waarneem.

In die dekkleed van robbevelle het ons ook ’n volmaakte beeld van Christus se mensheid. Dit wys daarop dat God sy Seun met onaansienlike mensheid in teenstelling met sy hemelse heerlikheid, hier op aarde beklee

Page 38: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

30

het – “Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie” (Jes 53:2). Niemand wat na Jesus in sy uiterlike armoedigheid gekyk het, sou ooit kon dink dat Hy die Skepper van die heelal is nie. Niemand sou in Hom die Een kon sien wat alle dinge deur die krag van sy Woord dra nie (Heb 1:3). Uiterlik kon niemand in Hom die heerlikheid van God sien nie (Heb 1: 3). Tog beloof Hy ons sy beskerming.

SAMEVATTING Ons kan die viervoudige bedekking van die dak en sykante van die tabernakel saamvat deur te sê dat al die dekkledings op Christus wys. Die robbevelle spreek van sy mensheid; die rooigeverfde ramsvelle wys op Christus se toewyding en gehoorsaamheid tot die dood toe; die bokhaar en seil tipeer Christus se sondoffer; en die tentdoek van fyn dubbeldraag-linne spreek van sy heerlikheid.

Robbevelle – was die heel boonste bedekking (Ex 26:14).

Ramsvelle – was onder die robbevel (Ex 26:14).

Wit bokhare – dié tentseil was onder die ramsvelle (Ex 26:7).

Fyn dubbeldraad-linne – die plafon is ook genoem “die tabernakel” (Ex 26:1).

DIE INGANG VAN DIE TABERNAKEL SELF Die vyf pilare by die ingang van die tabernakel was ook gemaak van akasiahout en met goud oorgetrek, maar het gestaan op vyf koper-voetstukke (Ex 26:36-37), en nie silwervoetstukke soos die vier pilare (Ex 26:31-33) tussen die heiligdom en Allerheiligste nie. Die rede waarom hierdie vyf pilare op kopervoetstukke gestaan het, is omrede hulle net

Page 39: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

31

buite die tabernakel self geplaas was – by die ingang. Daarom is hulle geag as deel van die voorhof waar die res van die voorhof se voetstukke van koper gemaak was (Ex 27:17). Koper spreek van oordeel en vyf van genade. Dit is uitsluitlik die genade van God dat ons in Christus reeds geoordeel is sodat ons nou toegang het tot die heiligdomme en Allerheiligste teenwoordigheid van God, om met ’n Heilige God gemeen-skap te kan en mag hê.

DIE VLOER VAN DIE TABERNAKEL Die vloer van die tabernakel was woestynsand! Die priester se voete was dus altyd op die woestynsand aangesien daar geen stoel in die tabernakel was om op te sit nie. Die priester moes dus al sy werk staande doen op die aarde, die grond waarop hy loop. Dat daar ’n vloer en geen stoel was nie beteken dat die priester voortdurend in kontak met die aarde was, die woestynsand. Die Here het ná die sondeval gesê: “Vervloek is die aarde om jou ontwil” (Gen 3:17). Ten spyte van die tabernakel en sy heerlikheid, sy verlossing, sy versoening en saligheid wat uitgebeeld word, word die mens dag ná dag in sy daaglikse omswerwinge en arbeidsaamheid herinner dat hy steeds in ’n sondige, vuil wêreld lewe. Jesus Christus leer ons dan ook in Johannes 13:10: “Hy wat gewas is (wedergebore is), het niks anders nodig as om die voete te was nie” (reiniging van ons daaglikse sondes), omdat ons as kinders van God steeds in ’n sondige wêreld leef. Ons het ’n wonderlike belofte uit Johannes 1:7: “Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.”

Page 40: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus
Page 41: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

33

Hoofstuk 3

DIE SEWE HUISRAADSTUKKE VAN DIE TABERNAKEL

ns vind twee dinge in die voorhof waarop ons aandag gevestig word, naamlik die koperaltaar en die koperwaskom. Altesame was daar sewe items of stukke huisraad rakende die tabernakel:

• Die brandofferaltaar – (Ex 27:1-8; 38:1-7)

• Die koperwaskom – (Ex 38:8; 30:17-21)

• Die tafel met die twaalf toonbrode – (Lev 24:5-7)

• Die goue kandelaar – (Ex 25:31-37)

• Die goue reukaltaar – (Ex 30:1-10; 34-36)

• Die ark – (Ex 25:10-22; Heb 9:4-5)

• Die versoendeksel – (Ex 25:17-22)

Twee in die voorhof, drie in die Heiligdom en twee in die Allerheiligste. Ons kyk vervolgens na die eerste, soos die priester dit aangetref het wanneer hy die voorhof betree het – die brandofferaltaar of die koperaltaar.

O

Page 42: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

34

DIE BRANDOFFERALTAAR OF KOPERALTAAR Die brandofferaltaar was die enigste, maar enigste, plek waar offers aan God toegelaat is. Daar was net een tabernakel (tent van samekoms), en slegs een plek van offerandes.

• Lev 17:3-5 – “Elkeen uit die huis van Israel wat ’n bees of ’n lam of ’n bok in die laer slag of dit buitekant die laer slag, en dit nie bring by die ingang van die tent van samekoms (tabernakel) om aan die HERE ’n offer voor die tabernakel van die HERE te bring nie – as bloedskuld moet dit dié man aangereken word. Hy het bloed vergiet; daarom moet dié man uitgeroei word onder sy volk uit . . .”

Voordat iemand gered kan word, moet hy eers leer dat hy homself nie kan red nie. Adam was die eerste wat hierdie waarheid moes leer. Nadat hy gesondig het, het hy gedink hy kon sy sonde bedek of daarvan ontslae raak deur sy eiegemaakte bekleding. Toe die Here aan hom verskyn, het Hy Adam se vyeblare geïgnoreer en ’n vloek uitgespreek oor Adam, sy vrou, hul nageslag, die slang en die aarde. Daarna het God voorsien deur aan Adam die enigste weg te toon, deurdat God self die oplossing voorsien, toe Hy ’n dier geslag en die vel van die bloedige slagoffer geneem en daarvan vir Adam en sy vrou klere gemaak het, met die plaasvervangende dierevelle (Gen 3: 21). Toe die tabernakel opgerig is, is daar net een offerplek toegelaat, en dit was by die altaar aan die binnekant van die poort van die tabernakel, wanneer die voorhof betree is. Daar is vandag steeds net een weg na God, die enigste plek waar God die sondaar ontmoet. Die tabernakel in die woestyn het dit vooruit gesien, en dit is die Here Jesus Christus, die Lam van God (Joh 1:29), dit wys na die kruis van Golgota. Daarom kan Jesus Christus sê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand

Page 43: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

35

kom na die Vader behalwe deur My nie” (Joh 14:6). Ook kon Petrus verklaar: “En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie” (Hand 4:12). Sonder geloof in Hom, sonder sy bloed, is al ons beste pogings maar dooie werke. In die prosedure wat in Levitikus uiteengegesit word, word ’n heiligdom, ’n altaar en ’n priesterdom (Lev 1-7) veronderstel. Voorts sien ons dat, wat die brandofferaltaar betref, die voorskrif opgeteken is in:

• Exodus 27: 1-8; 38:1 – “Jy moet ook die altaar van akasiahout maak; vyf el moet die lengte wees en vyf el die breedte – vierkantig moet die altaar wees – en drie el sy hoogte. En jy moet sy horings op die vier hoeke maak; sy horings moet, daarmee saam, uit een stuk wees; en jy moet dit met koper oortrek. En maak sy potte om die as te verwyder, ook sy skoppe en komme en vurke en vuurpanne. Al dié gereedskap moet jy van koper maak. Jy moet daar ’n traliewerk aan maak, ’n netwerk van koper, en aan die net vier koperringe maak, aan die vier hoeke. En jy moet dit onder die lys van die altaar bevestig, onderaan, sodat die net tot by die helfte van die altaar kom. Jy moet ook draaghoute vir die altaar maak, draaghoute van akasiahout; en trek dit oor met koper. En die draaghoute moet in die ringe gesteek word, sodat die draaghoute aan altwee kante van die altaar is as hulle dit dra. Jy moet dit hol, van planke, maak. Soos dit jou op die berg getoon is, so moet hulle dit maak . . . Hy het ook die brandofferaltaar van akasiahout gemaak. Vyf el was sy lengte en vyf el sy breedte, vierkantig, en drie el sy hoogte.”

Die altaar was die middelpunt en die fondament van Israel se godsdiens. Alles het inderwaarheid om die altaar gedraai. Daar was geen toegang tot

Page 44: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

36

God nie, en geen godsdiens was ook vir God aanneemlik nie, anders as langs die weg van die altaar. God wil onder sy mense woon. Hoe gaan ’n heilige God onder sondige mense woon? God se vereiste was dat die mens ’n offer vir sy sondes moet bring. Volgens God se bepaling sal die bloed van die offerdier die sonde bedek wat dit vir die offeraar moontlik maak om in God se teenwoordigheid te staan; versoening is dus deur die bloed. Die brandofferaltaar was ’n groot, vierkantige voorwerp. Dit was van akasiahout gemaak. Die akasia is ’n boom wat in ’n geharde klimaat soos in die woestyn kan groei. Dit het ’n besonder lang penwortel wat diep afreik om die nodige vog te kry. Ons het voorheen gesien die profeet Jesaja het profeties aangaande Jesus Christus se mensheid geskryf: “Hy tog het soos ’n loot voor sy aangesig opgespruit en soos ’n wortel uit droë grond . . .” (Jes 53:2). Die hout was met koper oorgetrek. Die altaar was sterk genoeg om enige offer te dra. Die koper wys op Goddelike oordeel. Diere is hier geoffer vir die sondes van die volk. Dit was ’n plek van lyding en het gedurig die merk van sonde gedra. Christus het in sy mensheid God se straf van ons sondes op Hom geneem: “Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom” . . . (Jes 53:5). Ons lees voorts dat die Here Moses beveel: “En jy moet sy horings op die vier hoeke maak” (Ex 27:2). Die offer was met toue aan die horings van die altaar vasgemaak, en sodra die offeraar sy hande op die dier gelê het, het sy sonde na die offer oorgegaan. Daarna het die priester die dier geslag, die bloed opgevang en langs die altaar uitgegooi, waarna die offerdier se liggaam op die vuur van die altaar verteer is. Die stygende vlam vertel aan die offeraar dat sy offer aangeneem is. Die vuur het alles wat verteer kan word, verteer; gevolglik is die offeraar vrygespreek van

Page 45: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

37

die vuur van God se oordeel, want hy het ’n plaasvervanger gehad wat aan die eise van ’n gebroke wet voldoen het. Die altaar was daar om versoening by te doen (Lev 8:15). So het ons in die koperaltaar ’n tipe van Christus se kruis. Op die koperaltaar is die bloedige offers vir die sondes van die volk geoffer. Net soos die koperaltaar die enigste plek was waarna die kinders van Israel kon gaan om versoening vir hulle sondes te ontvang, só is die kruis van Christus ook die enigste plek waar die sondaarmens vandag vergifnis van sy sondes kan kry. Só kan die sondige mens vandag alleen tot die Here kom deur Christus as sy plaasvervanger aan te neem (Joh 1:12). Hierdie brandoffers was ’n “vuuroffer van lieflike geur aan die Here” (Lev 1:9). So het Christus Homself “vir ons oorgegee . . . as ’n gawe en offer aan God tot ’n lieflike geur” (Ef 5:2). Die vuur was ’n onlosmaaklike deel van die koperaltaar. Só het die Here bevel gegee: “Vuur moet gedurigdeur op die altaar aan die brand gehou word; dit mag nie doodgaan nie” (Lev 6:13). Ons lees dan ook dat toe die eerste offerandes deur Aäron gebring is, het “vuur van die aangesig van die Here uitgegaan en op die altaar die brandoffer en die stukke vet verteer. Toe die hele volk dit sien, het hulle gejuig en op hulle aangesig geval” (Lev 9:24). Die oordeel van God oor sonde het soos ’n verterende vuur die offer verslind. Die Here het die priesters beveel dat hulle die as van die brandoffer op ’n rein plek buite die laer moes uitbring (Lev 6:11). Die Nuwe Testament bevestig dan ook in Hebreërs 13:11-13 “want die diere waarvan die bloed vir die sonde deur die hoëpriester in die heiligdom ingedra word – hulle liggame word buitekant die laer verbrand. Daarom het Jesus ook, om die volk deur sy eie bloed te heilig, buitekant die poort gely. Laat ons dan uitgaan na Hom toe buitekant die laer en sy smaad dra.”

Page 46: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

38

Die koperaltaar het twee draaghoute gehad waarmee dit van een plek na die ander gedra is (Ex 27:6-7). Só word die boodskap van die kruisdood van Christus na die hele wêreld uitgedra – die boodskap dat Hy die offerlam (Joh 1:29) is wat vir ons gesterf (1 Kor 5:7) en uit die dood opgestaan het (Hand 2:23-24). Laastens dien daarop gelet te word dat die brandofferaltaar/koperaltaar aan die oostekant van die tabernakel was, terwyl die ark aan die westekant van die tabernakel gestaan het. Die oostekant van die altaar was die verste plek weg van die ark af. Koning Dawid bevestig dan ook in Psalm 103:12: “So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.”

DIE KOPERWASKOM Die tweede stuk huisraad wat ons teëkom, is die koperwaskom. Nadat die priester die offer op die brandofferaltaar gebring het, het hy na die koperwaskom aanbeweeg om hom daar skoon te was voordat hy gereed was om die tabernakel te betree. Dit was ’n streng bevel van die Here wat in Exodus opgeteken is.

• Exodus 30:17-21, 38:8 – “En die HERE het met Moses gespreek en gesê: Jy moet ook ’n koperwaskom maak met sy kopervoetstuk, om in te was; en sit dit tussen die tent van samekoms en die altaar, en gooi water daarin, dat Aäron en sy seuns hulle hande en hulle voete daaruit kan was. As hulle in die tent van samekoms gaan, moet hulle hul met water was, sodat hulle nie sterwe nie; of as hulle naby die altaar kom om te dien deur ’n vuuroffer aan die HERE aan die brand te steek. Hulle moet dan hul hande en hulle voete was, sodat hulle nie sterwe nie. En dit moet vir hulle ’n ewige insetting wees, vir hom en sy nageslag in hulle geslagte.” . . . “Hy het ook die koperwaskom gemaak met sy kopervoetstuk,

Page 47: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

39

uit die spieëls van die diensdoende vroue wat by die ingang van die tent van samekoms gedien het.”

Die koperwaskom met sy voetstuk was van die gepoleerde koperspieëls gemaak, wat die Joodse vroue van die Egiptiese vroue ten tyde van die uittog uit Egipte geneem het (Ex 38:8). Die koperwaskom was met water gevul. Soos in die geval met die kopervoetstukke van die pilare en die koperaltaar, spreek koper van Goddelike oordeel. Deur in die spieël te kyk kon die priester sy uiterlike voorkoms beoordeel. Die koperwaskom is een van die onmisbare voorwerpe in die toenadering tot gemeenskap met God in die heiligdom. So lees ons dat Aäron en sy seuns hulle hande en voete daaruit kon was vóórdat hulle die tent van samekoms ingaan, sodat hulle nie sterwe nie. Dit was ’n Goddelike verklaring dat onreinheid nie in die heilige teenwoordigheid van God toegelaat sou word nie. Ons sien dus dat die doel van die koperwaskom was dat priesters geskik gemaak sal word tot gemeenskap en diens in die heiligdom. Tipologies het ons nie hier te doen met die skuld van sonde waarmee by die brandofferaltaar afgehandel is nie, maar wel met die innerlike onreinheid in die lewe van die kind van God. Die priesters moes na die koperwaskom van blink gepoleerde spieëls gaan om hulself te was – hulle was dus verplig om in die spieëls te kyk om hul voorkoms te beoordeel. Die spieëls in die Skrif simboliseer die geskrewe Woord van God waardeur die gelowige homself moet beoordeel: “Want as iemand ’n hoorder van die woord is en nie ’n dader nie, dié is soos ’n man wat sy natuurlike gesig in ’n spieël sien; want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het. Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly (’n dader daarvan is), hy sal, . . . gelukkig wees in wat hy doen” (Jak 1:23-25). Wat beteken ’n

Page 48: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

40

waskom sonder water? As die koperwaskom op die geskrewe Woord wys, dan spreek die water in die waskom ongetwyfeld van die Heilige Gees (Joh 7:38-39). Dit is dan die Heilige Gees wat ons, deur die toedoen van die Woord, in die waarheid (die Woord – Joh 17:17) lei. Ons moet onthou dat ook die water ’n beeld van die Woord is, want ons lees in Efesiërs 5:26 dat Christus die gemeente heilig, “nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord”. Aäron en sy seuns word ernstig vermaan dat hulle hul hande en voete in die koperwaskom moes was sodat hulle nie sterwe nie. Voordat hulle dus enige dienswerk in die heiligdom kon verrig, moes daar eers reiniging plaasvind. Die hande en voete praat natuurlik van die daaglikse handel en wandel deur hierdie sondige wêreld. So moet ons ook, as God se priesterdom vandag (1 Pet 2:5, 9), ons daagliks deur die aanwending en toepassing van die Woord en die reinigende werk van die Gees reinig (Joh 15:3). Só stel Jesus dit ook vir ons in Johannes 13:10: “Hy wat gewas (gebad of wedergebore [Tit 3:5]) is, het niks anders nodig as om die voete (of die sondes van die daaglikse wandel) te was (of te reinig – 1 Joh 1:9; 2:1) nie, maar is heeltemal rein; en julle is rein . . .” Só moet ons in die daaglikse reiniging van hande en voete die proses van heiligmaking sien – ons deel daarvan. “Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring” (2 Kor 7:1). Só lees ons dan ook in Paulus se vermaning aan die gemeente in Thessalonika: “Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking. Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie ’n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het” (1 Thess 4:7-8). Die boodskap van die koperwaskom spreek helder en duidelik tot die kind van God in Jakobus 1:21: “Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red.” Want as ons die heiligdom

Page 49: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

41

van God wil ingaan waar Christus nou is, laat die Skrif by ons geen twyfel wat die weg is waar ons toegang moet soek nie: “Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus (brandofferaltaar – die kruis) op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel (waar ons die Allerheiligste betree) heen, dit is sy vlees . . . laat ons toetree met ’n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ’n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water” (Heb 10:19-22). Ons kan opsommenderwys sê; dit is nie eers die koperwaskom en dán die koperaltaar nie, maar eers die altaar en dán die waskom. Anders gestel:

• Die altaar verkondig die boodskap van regverdigmaking.

• Die waskom verkondig die boodskap van heiligmaking.

• By die altaar hoor ons: Sonder bloedvergieting is daar geen vergifnis nie. By die waskom hoor ons: Sonder heiligmaking sal niemand God sien nie (Heb 12:14).

• By die altaar hoor ons Jesus sê: “Ek het gekom dat julle lewe kan hê.” By die waskom hoor ons: “Ek het gekom dat julle oorvloed van lewe kan hê.”

• By die altaar hoor ons: As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe. By die waskom hoor ons: Hy is getrou en regverdig om ons van alle ongeregtigheid te reinig.

• ’n Boetvaardige sondaar staan by die altaar en roep: O God, wees my, sondaar, genadig. By die waskom roep die gelowige: O God, skep vir my ’n rein hart (Ps 51:12).

Page 50: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

42

Ons word nie eers gereinig van ons sondes sodat ons na die kruis mag gaan vir die versoening van ons skuld nie. Ons gaan eers na die kruis om versoening vir ons sondeskuld te kry, en dán vergifnis van ons daaglikse oortredinge en sondes.

DIE TAFEL MET DIE TWAALF TOONBRODE Die derde stuk huisraad rakende die dienswerk van die tabernakel is die tafel met die twaalf toonbrode in die Heiligdom. In die heilige plek in die tabernakel vind ons drie afsonderlike artikels, naamlik die tafel met die toonbrode daarop, die goue kandelaar, en die goue reukaltaar. Terwyl die tabernakel as sodanig Christus tipeer, word die Heilige plek as ’n tipe van die Kerk op aarde beskou. Die heilige plek in die tabernakel met sy toebehore spreek dus van die Kerk op aarde in Christus. Die voorskrif rakende die tafel in die heiligdom vind ons in Exodus 25:23-30; 40:4-5 en die voorskrif aangaande die twaalf brode in Levitikus 24: 5-9.

• Exodus 25:23-30; 40:4-5 – “Maak ook ’n tafel van akasiahout. Twee el moet sy lengte, en ’n el sy breedte, anderhalf el sy hoogte wees. En trek dit oor met suiwer goud, en maak daarvoor ’n goue krans rondom. Maak daarvoor ook ’n lys van ’n hand breed rondom; en maak ’n goue krans vir die lys rondom. En maak daar vier goue ringe voor, en sit die ringe vas aan die vier hoeke van die vier pote. Naby die lys moet die ringe wees as plekke vir die draaghoute om die tafel te dra. En maak die draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud; daarmee moet dan die tafel gedra word. Maak ook sy skottels en sy rookpanne en sy kanne en sy bekers waarmee gegiet moet word; van suiwer goud moet jy dit

Page 51: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

43

maak. En op die tafel moet jy altyddeur toonbrode voor my aangesig neersit.” . . . “Dan moet jy die tafel inbring en daarop regsit wat daarop behoort. Jy moet ook die kandelaar inbring en sy lampe opsteek. En jy moet die goue altaar vir die reukwerk voor die ark van die Getuienis neersit. Dan moet jy die bedekking van die ingang van die tabernakel ophang.”

• Levitikus 24:5-9 – “Jy moet ook fynmeel neem en twaalf koeke daarvan bak, twee-tiendes van ’n efa moet elke koek wees; en jy moet hulle in twee stapels neersit, ses in ’n stapel, op die rein tafel voor die aangesig van die HERE. En by elke stapel moet jy suiwer wierook byvoeg, wat vir die brood as gedenkoffer moet dien, as vuuroffer aan die HERE. Op elke sabbatdag moet hy dit gedurigdeur voor die aangesig van die Here regsit, van die kant van die kinders van Israel as ’n ewige insetting. En dit moet aan Aäron en sy seuns toekom: hulle moet dit in ’n heilige plek eet; want as iets hoogheiligs behoort dit aan hom uit die vuuroffers van die HERE – ’n ewige insetting.”

Dit is opmerklik dat ons hier in Exodus 25 die eerste melding in die Bybel van ’n tafel het. En dis ’n tafel met brood daarop. Dit alles dui dus op ’n maaltyd, feesviering en versadiging – dus volle gemeenskap. Die tafel met die toonbrode het aan die regterkant binne die heiligdom gestaan, aan die noordekant (Ex 40:22). Dit was van akasiahout gemaak en met goud oorgetrek. Die tafel het ’n goue krans en ’n lys rondom gehad. Die krans was heel waarskynlik om te keer dat artikels van die tafel afval. Verskillende werktuie of gereedskapstukke is gemaak ten opsigte van die bediening van die tafel; skottels, rookpanne, kanne, bekers, die drankofferkanne en die goue lepels (Ex 25:29; Num 4:7). Alles was van goud gemaak. Daar was ook ringe en draaghoute sodat die tafel van plek tot plek gedra kon word tydens Israel se pelgrimstog deur die

Page 52: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

44

woestyn. Die tafel met toonbrode het regoor die kandelaar in die heiligdom gestaan.

Toonbrood beteken letterlik: brood van die aangesig (Lev 24:5-6, 8). Die brood is ‘n herinnering daaraan dat Israel deur God gevoed word. Die toonbrood was van sabbat tot sabbat voor die aangesig van die Here in die Heiligdom. Gedurende elke opvolgende sabbat is die brood vervang met nuwes. Die brood, wat die week voor die aangesig van die Here was, is dan deur die priesters in die heiligdom geëet. Daar is op elke sabbat twaalf nuwe vars brode, een vir elke stam, op die tafel geplaas. Elke sabbatdag moes die priesters in die heilige plek vergader om die brode te eet en dit met nuwes te vervang. Die twaalf brode was op twee stapels van ses brode elk op mekaar neergelê (Lev 24:6). By elke stapel is wierook bygevoeg (Lev 24:7). Hierdie brode is ook genoem “altyd blywende brood” (Num 4:7). Hierdie brood was gemaak van fynmeel (geen suurdeeg, Lev 24:5). Die brode gemaak van fynmeel spreek van die volmaaktheid en egaligheid – dít wat gemaal, gesif en op die proef gestel is. Die wit fynmeel sonder suurdeeg spreek van heiligheid, reinheid, waarheid en geregtigheid (1 Kor 5:6-8). Pilatus sê van Christus: “Ek vind geen skuld in hierdie man nie” (Luk 23:4). Die brood was noukeurig op die tafel gerangskik (Ex 40:23). Die priesters moes die brood op elke sabbatdag eet, binne-in die heiligdom en op geen ander plek nie. Hoewel dit nie gesê word nie, is dit duidelik dat die bekers en drankofferkanne (Ex 25:29; Num 4:7) gebruik is om wyn te hou en om mee uit te gooi “en sy bekers waarmee gegiet moet word” (vers 29). Die heel eerste taak van die priesters in die heilige plek was om in gemeenskap met die Here te verkeer. Vir die Israeliete is die betekenis van die tafel met die twaalf toonbrode veelseggend. Hierdeur erken hulle, elke stam, hul afhanklikheid van God as die Gewer van lewe en is die altyd-blywende brood ’n voortdurende

Page 53: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

45

herinnering aan God se goedheid in die voorsiening van die behoeftes van sy volk. Almal om een tafel saam! Die tafel breek alle skeidsmure af en maak almal een. Wierook is bygevoeg as ’n vuuroffer en gedenkoffer. Dit spreek van gebed. Jesus Christus verklaar aan die volk Israel: “Ek is die brood van die lewe . . . Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid” (Joh 6:48, 51).

Die gelowiges in Christus is ook ’n heilige priesterdom (1 Pet 2:5). As ’n geestelike priesterdom kan ons alleen met God gemeenskap hê in en deur Christus. Buite Christus kan die mens nie met God die Vader gemeenskap hê nie. In Christus het gelowiges ook gemeenskap met mekaar. Elke sabbatdag moes die priesters in die Heilige plek vergader om die brode te eet. Met dié ete het hulle in ’n gelukkige gemeenskap met mekaar verkeer. So behoort die Kerk in Christus ook gelukkig saam te kom op die eerste dag van die week om brood te breek – letterlik en figuurlik gesproke (Hand 20:7; Heb 10:25). Ons sien ook in die brood die woord van God, die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly, die goeie saad, die onverganklike saad (1 Pet 1:23, 25). Voorts sien ons ook in die gebruik van die nagmaal dat ons deel het aan Christus wanneer ons doen wat Hy beveel het: “Neem, eet, dit is My liggaam wat vir julle gebreek word, doen dit tot my gedagtenis” (Matt 26:26; 1 Kor 11:24).

Net gelowiges, ware wedergebore kinders van die Here, kan aan die tafel van die Here deel hê. Paulus verduidelik só: “Die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie gemeenskap met die liggaam van Christus nie? Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood” (1 Kor 10:16-17).

Page 54: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

46

Net voor sy kruisdood sê Jesus Christus aan sy dissipels: “En Ek beskik vir julle ’n koninkryk soos my Vader dit vir My beskik het, sodat julle kan eet en drink aan my tafel in my koninkryk . . .” (Luk 22:29-30).

DIE GOUE KANDELAAR Die vierde stuk meublement rakende die dienswerk van die tabernakel is die goue kandelaar in die heiligdom. Ons het reeds aan die brandofferaltaar, die koperwaskom en die tafel met die twaalf toonbrode aandag gegee. Vervolgens kyk ons na die kandelaar in die heiligdom. Behalwe dat die kandelaar homself verlig het, het dit ook lig gewerp op die ander twee toebehore in die heiligdom – die tafel met die twaalf toonbrode en die goue reukaltaar. Ons vind die beskrywing van die goue kandelaar in Exodus 25:31-40.

• Exodus 25:31-40: “Maak ook ’n kandelaar van suiwer goud. Van dryfwerk moet die kandelaar, sy voetstuk en sy stam gemaak word; sy kelkies, sy knoppe en sy blomme moet, daarmee saam, uit een stuk wees. En ses arms moet uit die sykante daarvan uitgaan: drie arms van die kandelaar uit die een kant en drie arms van die kandelaar uit die ander kant. Drie kelkies soos amandelblomme aan die een arm, ’n knop en ’n blom, en drie kelkies soos amandelblomme aan die ander arm, ’n knop en ’n blom – so moet dit wees aan die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan. Maar aan die kandelaar self moet vier kelkies soos amandelblomme wees, met knoppe en blomme: daar moet ’n knop wees onder die eerste paar arms wat daaruit uitgaan; en ’n knop onder die tweede paar arms wat daaruit uitgaan; en ’n knop onder die derde paar arms wat daaruit uitgaan – vir die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan. Hulle knoppe en hulle arms moet, daarmee saam, uit een stuk wees – alles saam een stuk dryfwerk van suiwer goud. Jy moet ook sewe lampe daarvoor maak, en hulle moet sy lampe opsteek

Page 55: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

47

en die lig daarteenoor laat val aan die voorkant. Sy snuiters en sy bakkies moet van suiwer goud wees. Van ’n talent suiwer goud moet hulle dit maak – al hierdie voorwerpe. En kyk dat jy dit maak volgens die voorbeeld daarvan wat jou op die berg getoon is.”

Die goue kandelaar is staangemaak in die heiligdom, aan die suidekant, reg teenoor die tafel met die toonbrode (Ex 40:24). Die kandelaar moes uit een stuk goud geslaan word (Ex 25:31, 36), ’n stam en ’n voetstuk, en uit die stam ses arms, drie uit elke sykant. Ons merk op dat die ses arms uit die stam spruit, net soos die stam self uit die voetstuk spruit. Alles uit een stuk soliede goud, ’n talent in gewig (60 kg) (Ex 25:31). Van dryfwerk moes dit gemaak word (vers 31, 36). Uit die dryfwerk verstaan ons dat dit hamerslae moes ondergaan om gevorm te word. Die goud is dus nie in ’n vorm gegiet om die arms van die kandelaar te vorm nie, dit moes deur hamerslae ’n vormingsproses ondergaan. Die kandelaar het bestaan uit één stam en ses arms, drie arms weerskante van die stam. Die stam van die kandelaar het vier kelke, blomme en knoppe gehad. Elke arm het drie kelke, blomme en knoppe gehad. Dus was die stam uit die voetstuk hoër as die arms aangesien dit vier kelkies teenoor die arms se drie kelkies gehad het. Aan die bopunt van die stam en elke arm was ’n lamp gevul met suiwer olyfolie en voorsien van ’n pit van vlas.

Die goue kandelaar met sy sewe lampe het lig voorsien in die heiligdom, dit was ook die enigste lig aangesien daar in die heiligdom geen vensters was wat natuurlike lig ingelaat het nie. Dié lampe moes gedurig brand (Ex 27:20). Van die aand tot die môre (Ex 27:21); en elke môre wanneer die priester die lampe regmaak, moet hy dit aansteek, en teen die aand het hy die lampe opgesteek as ’n voortdurende reukwerk voor die aangesig van die Here (Ex 30: 7 – 8).

Die betekenis van die goue kandelaar en sy lampe: Aangesien die tabernakel en sy toebehore op Christus dui, sien ons in die goue kandelaar ’n beeld van Christus en sy kerk. Die kandelaar wat uit een stuk goud

Page 56: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

48

geslaan word, spreek van Christus; die profeet Jesaja het vooruit gesien dat ons Christus “gehou (het) vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel” (Jes 53:4-5).

Oor die stam van die kandelaar skryf Slemming: “The Hebrew word translated ‘shaft’ is yarek and means ‘thigh’. Genesis 46:26, Exodus 1:5 and Judges 8:30 show that YAREK is connected with birth, ‘the souls that come out of the loins of Jacob’. Christ, the YAREK, we proceeding from Him and yet of Him’!” Christus in sy mensheid is die stam (Yarek), die gesalfde bó sy metgeselle (Heb 1:9); die wynstok (Joh 15:1); die Kerk is die arms wat van Hom uitspruit, die lote (Joh 15:5). Die eenheid tussen die stam en die arms, tussen die wynstok en die lote is ook dié van Christus en sy Kerk: “Want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons” (Hand 17:28). Die ses arms stel die Kerk voor van wie Paulus gesê het: “te midde van ’n krom en verdraaide geslag skyn (die gelowiges en die Kerk) soos ligte in die wêreld” (Fil 2:15). Christus het die Kerk nodig om Sy lig of openbaring aan die wêreld te gee.

Die skoonheid van die stam was ook op elke arm, naamlik die kelke, knoppe en blomme. Die vorm van die kelkies was soos amandelblomme. Amandelblomme herinner aan die ouderdom (Pred 12:5-7) , God se sorg, en ook die opstanding. Dit is die boom wat die eerste bloei ná die winter. Die knop is ’n openbaring van lewe. Wanneer dit oopgaan, verskyn die blomme en daarna die vrugte – dit is die resultaat van die knoppe.

Die kandelaar sou niks beteken het sonder die lampe nie. Die kandelaar het die dinge wat vir die natuurlike lig versteek was, geopenbaar. Die lampe is gevoed met suiwer olywe wat geoes en uitgestamp is – nie gemaal nie, maar gestamp – dit maak die olie suiwerder as wanneer dit gemaal is (Ex 27:20). Ons bemerk dat daar in die voorbereiding van die olie ’n parsing vooraf geskied het. Die uitgeparste olyfolie was ’n produk

Page 57: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

49

van verbryseling. Olie, weet ons, is ’n simbool van die Heilige Gees (Joh 2:27). Christus self is die Gesalfde Een; die woord “Messias”, wat wanneer dit vertaal word letterlik die Gesalfde Een beteken (Hand 10:38; Heb 1:9). Van Christus sê die profeet: “Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ’n blye boodskap te bring . . .” (Jes 61:1). Die kandelaar verteenwoordig Jesus Christus en die olie die Heilige Gees.

In ons lewe, soos in die lewe van Christus, is ons volkome afhanklik van die Heilige Gees vir ons geestelike lewe, funksie en krag. Die Kerk moet die geestelike dinge wat vir die natuurlike mens onmoontlik is om te verstaan, openbaar en aan die lig bring (1 Kor 2:9-16). Terselfdertyd is dit die taak van die Kerk om getuie vir die Here te wees. Toe die apostel Johannes op die eiland van verbanning, Patmos, was het hy die Here Jesus Christus sien wandel tussen die sewe goue kandelare, dit is die sewe gemeentes (Op 1:12-13, 20). Elk van die sewe gemeentes word verteenwoordig deur sy eie kandelaar.

Die kandelaar in die tabernakel se lampe moes elke môre reggemaak word, want wanneer die lampe gebrand het, het roet begin saampak, met die gevolg dat die lampe mettertyd dof begin brand het. Aan elke pit by elke lamp het ’n aanpaksel van roet vasgekleef wat dit vir die pit wat in die olie lê, onmoontlik maak om ’n helder lig te gee. Die priester moes dus elke môre die snuiter neem en die roet van elke pit afknip. Dan neem hy die goue kom met die suiwer olyfolie en vul die lampe met vars olie. Só word die lampe reggemaak. Onder ons, die Kerk, wandel ons Hoëpriester om die lampe van die kandelare (sy gemeentes) reg te maak. Hy begeer nie om die dowwe lamppitte uit te blus nie, maar vry te maak van roet en van vars olie te voorsien sodat sy Kerk (die gelowiges) helder kan brand as die lig van die wêreld. Die apostel Paulus vermaan dan juis die gemeente van Éfese: “Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here – wandel soos kinders van die lig” (Ef 5:8). Dit is omdat God gesê het dat daar uit die duisternis lig moet skyn – dit is Hy wat in ons

Page 58: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

50

harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus (2 Kor 4:6).

Jesus Christus gee dan ’n tydige waarskuwing in die gelykenis van die tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet. “En middernag was daar ’n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet! Toe staan al die maagde op en maak hul lampe gereed. En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit. Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself. En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit. Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, meneer, maak vir ons oop! Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie. Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie” (Matt 25:6-13).

Die Kerk (elke wedergebore gelowige) het die verantwoordelikheid om die lig van Christus te laat skyn. Die gelowige is maar net die pit wat in die olie lê. Wanneer ’n lamp dof brand, is dit omdat daar té min olie in is – die pit is nie deurweek met die olie nie, of die roet het so erg aangepak dat die roet van die pit eers met behulp van ’n snuiter verwyder moet word. Indien nodig, sal Christus as getroue Hoëpriester dit doen, sodat die Kerk (gelowiges) soos ligte skyn onder ’n krom en verdraaide geslag (Fil 2:15).

DIE GOUE REUKALTAAR

Die goue reukaltaar as die vyfde stuk huisraad van die tabernakel het reg voor die voorhangsel in die heiligdom gestaan, maar ‘n fraksie dieper in as die tafel met die toonbrode en die goue kandelaar. Die goue reukaltaar is

Page 59: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

51

die derde meubelstuk in die heiligdom. Dit het reg voor die ark van God gestaan, waar die troon van God was. Die voorhangsel het die reukaltaar en ark van mekaar geskei.

Die Here se voorskrif aangaande die goue reukaltaar is in Exodus opgeteken.

• Exodus 30:1-10; 34-36: “Jy moet ook ’n altaar maak om reukwerk te brand. Van akasiahout moet jy dit maak. ’n El moet sy lengte wees en ’n el sy breedte – vierkantig moet dit wees; en twee el sy hoogte. Sy horings moet, daarmee saam, uit een stuk wees. En jy moet dit met suiwer goud oortrek; die plaat en die sykante rondom en die horings. En maak daarvoor ’n goue krans rondom. Maak ook twee goue ringe daarvoor onderkant die krans aan weerskante; jy moet dié aan die twee sykante maak. En hulle moet dien as plekke vir draaghoute om dit daarmee te dra. En maak die draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud. Sit dit dan voor die voorhangsel wat voor die ark van die Getuienis is, voor die versoendeksel wat oor die Getuienis is, waar Ek met jou sal saamkom. En Aäron moet daarop reukwerk van speserye aan die brand steek; elke môre as hy die lampe regmaak, moet hy dit aan die brand steek. En as Aäron teen die aand die lampe opsteek, moet hy dit aan die brand steek as ’n voortdurende reukwerk voor die aangesig van die HERE in julle geslagte. Julle mag daarop geen vreemde reukwerk of brandoffer of spysoffer bring nie. Julle mag ook geen drankoffer daarop uitgiet nie. En Aäron moet een maal in die jaar aan die horings daarvan versoening doen; met die bloed van die sondoffer van versoening moet hy een maal in die jaar daarvoor versoening doen vir julle geslagte. Hoogheilig is dit aan die HERE.” . . . “Verder het die HERE vir Moses gesê: Neem vir die speserye: storaksgom en naeltjies en gálbanum – speserye en ook suiwer wierook; alles in gelyke hoeveelhede, en maak daar

Page 60: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

52

reukwerk van, ’n mengsel soos die salfmenger dit maak, met sout gemeng, suiwer, heilig. En vrywe ’n gedeelte daarvan heeltemal fyn, en sit ’n deel daarvan neer voor die Getuienis in die tent van samekoms, waar Ek met jou sal saamkom; hoogheilig moet dit vir julle wees.”

Die reukaltaar was van akasiahout gemaak en met goud oorgetrek. Die reukaltaar het vier horings gehad en ’n goue krans rondom aan die bokant van die altaar om te verhoed dat die kole afval. Elke môre en elke aand moes op hierdie altaar reukwerk gebrand word. Die vuurpan moes vol gloeiende kole wees. Die kole het gekom van die brandofferaltaar waar offers gebring is. Dit was hierdie kole wat die reukwerk op die goue reukaltaar aangesteek het. Ons lees daarvan in Levitikus 16:13: “En hy moet die reukwerk op die vuur lê voor die aangesig van die HERE, dat die wolk van die reukwerk die versoendeksel wat op die Getuienis is, kan oordek.” Een maal in ’n jaar tydens die groot versoendag het die hoëpriester aan die horings van die goue reukaltaar versoening gedoen “met die bloed van die sondoffer van versoening” (Ex 30:10). Die heel eerste vermelding van ’n altaar in die Bybel is dié van Noag. En dit was vir aanbidding: “En Noag het vir die HERE ’n altaar gebou . . . en brandoffers op die altaar gebring. En die HERE het die lieflike geur geruik . . . (Gen 8:20-21).

Wanneer ons na die reukaltaar kyk, word ons deur die akasiahout en die goud waarmee die reukaltaar oorgetrek is, opnuut herinner aan die tweevoudige natuur van Christus – Christus se menslike natuur (die hout) en sy goddelike natuur (die goud). Die goue krans (Engels: crown) rondom die reukaltaar spreek tot ons van die verhoogde en verheerlikte Christus aan die regterhand van die Vader as ons Voorspraak (Heb 7: 25; 8: 1; 1 Joh 2: 1). Die vier horings, soos in die geval van die koperaltaar, spreek ook van krag. In die geval van die koperaltaar het dit gespreek van die krag in die

Page 61: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

53

bloed; in hierdie geval spreek dit tot ons van krag in gebed. Wie is dit wat ons gebede versterk behalwe Christus? “Ons het ’n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige” (1 Joh 2:1).

Hierdie reukaltaar het die sentrale plek in die heiligdom beklee – dit het tussen die tafel met die toonbrode en die goue kandelaar reg voor die voorhangsel gestaan. Die reukaltaar was ook die hoogste meubelstuk in die heilige plek, en spreek dan ook van die grootste handeling van aanbidding moontlik, gebed, lof, voorbidding en aanbidding. Gebed is die belangrikste bediening. By die koperaltaar vind ons gestorte bloed om versoening moontlik te maak; by die reukaltaar vind ons Christus leef in die hemel om vir ons in te tree en voorbidding te doen. Die koperaltaar spreek dus van die dood van Christus, die reukaltaar spreek van die lewende, opgestane en lofwaardige Here Jesus Christus. Hierdie twee altare spreek dus van die dood en opstanding van Christus, dit is dan ook die evangelieboodskap (1 Kor 15:3-4).

Aäron het elke môre en aand die reukwerk van speserye op die reukaltaar aan die brand gesteek as ’n voortdurende reukwerk van lieflike geur voor die aangesig van die Here. Dit het die hele tabernakel gevul en in die besonder die Allerheiligste, waar die ark en die versoendeksel met die gérubs was. Ons lees van hierdie reukwerk in Exodus 30:34-38. Dit was ’n geur wat vier bestanddele gehad het: storaksgom, naeltjies, gálbanum – speserye en ook suiwer wierook, alles in gelyke hoeveelhede (Ex 30:34). Elkeen van die bestanddele het sy eie geur gehad, maar wanneer dit gemeng is, het dit een geur versprei. Die vier samestellings van die reukwerk spreek van Christus se lewe, dood, opstanding en hemelvaart (Ef 5:2; Heb 7:27). Hierdie vier aspekte van Christus is onafskeidbaar en die een kan nie afsonderlik van die ander as genoegsaam beskou word nie. Die een gee aan die ander volle betekenis.

Page 62: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

54

Daar moes sout by die reukwerk gevoeg word (Ex 30:35). Die Bybel spreek van die sout van die verbond (Num 18:19; 2 Kron 13:5), en dit beteken hier die Woord van God. ’n Onverbreekbare verbond. Sout is nie aan verderf onderhewig nie, en is daarom ’n beeld van duursaamheid. ’n Vasstaande, voortdurende verbond wat as’t ware telkemale weer vernuwe is wanneer die sout by die reukwerk gevoeg is. Jesus self het by geleentheid gesê: “Want elkeen sal met vuur gesout word en elke offerande sal met sout gesout word. Die sout is goed, maar as die sout souteloos word, waarmee sal julle dit smaaklik maak? Julle moet sout in julle hê en vrede hou met mekaar” (Mark 9:49-50). Die gebed moet met die Woord gemeng word. Staan daar dan nie geskrywe nie “Julle wat die Here herinner aan sy beloftes, moenie swyg nie”? Die waarde van die altaar het in die reukwerk gelê. Die reukwerk spreek van gebed. Koning Dawid spreek in Psalm 141:2: “Laat my gebed soos reukwerk voor u aangesig staan.” Die apostel Johannes vertel ons in sy gesig van die hemel: “en toe Hy (Christus) die boek neem, val die vier lewende wesens en die vier-en-twintig ouderlinge voor die Lam neer; elkeen met siters en goue skale vol reukwerk wat die gebede van die heiliges is” (Op 5:8).

Voorts lees ons in Openbaring 8:3-4: “En ’n ander engel het gekom en met ’n goue wierookbak by die altaar gaan staan, en baie reukwerk is aan hom gegee om dit met die gebede van die heiliges op die goue altaar voor die troon te lê; en die rook van die reukwerk het met die gebede van die heiliges uit die hand van die engel opgegaan voor God.” Die priesters het nooit in die heiligdom gekom sonder om reukwerk met danksegging en voorbidding te offer nie. Voordat die oggendreukwerk uitgebrand is, is die aandoffer aangesteek, sodat daar voortdurend reukwerk voor die aangesig van die Here kon wees. Só leef Christus altyd om vir ons by die Vader in te tree, en sodoende kan ons (die Kerk) deur Hom ons dankoffers, ons lofoffers, ons aanbidding en ons voorbidding bring as ’n welriekende geur (Heb 13:15; Ps 141:2).

Page 63: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

55

Ons lees in Lukas 1:5-13 die priester Sagaria het die priesteramp voor God bedien in die beurt van sy afdeling. Die lot het volgens priesterlike gewoonte op hom geval om in te gaan in die tempel van die Here en reukwerk te brand. En die hele menigte van die volk was buite, besig om te bid op die uur van die reukoffer. Toe verskyn daar aan hom ’n engel van die Here wat aan die regterkant van die reukofferaltaar staan . . . die engel sê vir hom: “Moenie vrees nie, Sagaria, want jou gebed is verhoor.”

Rakende die gelowiges word van hulle gesê: Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei. Want ons is ’n aangename geur van Christus tot eer van God onder dié wat gered word en onder dié wat verlore gaan (2 Kor 2:14-15). Die Here stel dit duidelik dat die speserye van die reukwerk suiwer en heilig moet wees (Ex 30:35, 37). Koning Dawid vra: “En wie mag staan in sy heilige plek? Hy wat rein van hande en suiwer van hart is” (Ps 24:3-4). Daarom moet elke gelowige die Here God in sy hart heilig sodat hy aan die Here ’n welaangename en welriekende offer kan bring met die vrug van sy lippe (Heb 13:15).

DIE ARK VAN DIE GETUIENIS Die enigste twee voorwerpe in die Allerheiligste agter die voorhangsel was die ark en sy versoendeksel. Die ark is dan die sesde stuk huisraad in die tabernakel waarna ons vervolgens gaan kyk. Die ark word gewoonlik genoem:

• Die Ark van die Getuienis (Ex 26:34), omrede die konstante getuienis van die Wet binne-in die ark was.

Page 64: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

56

• Die Ark van die verbond (verbondsark) (Num 10:33; Heb 9:4), omrede dit die Mosaïese verbond tussen God en Israel verteenwoordig.

• Die Ark van U sterkte (2 Kron 6:41), omrede die ark verteenwoordig wat God vir Israel was in krag en seëninge, en al die wonders daarmee saam.

• Die heilige ark (2 Kron 35:3), omrede die ark die heiligheid van God verteenwoordig.

Die ark met sy gepaardgaande versoendeksel was die plek waar God met Moses ontmoet het (Ex 25:22). ’n Noukeurige beskrywing van die ark kry ons in Exodus sowel as Hebreërs:

• Exodus 25:10-22: “Hulle moet dan ’n ark van akasiahout maak. Twee en ’n half el moet sy lengte, en anderhalf el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte wees. En jy moet dit oortrek met suiwer goud, van binne en van buite moet jy dit oortrek. En jy moet daaraan ’n goue krans maak rondom. En giet daarvoor vier goue ringe, en sit dit aan sy vier voete vas, só dat twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant is. En maak draaghoute van akasiahout, en trek dit oor met goud. En steek die draaghoute in die ringe aan weerskante van die ark om die ark daarmee te dra. Die draaghoute moet in die ringe van die ark bly; hulle mag daar nie uit weggeneem word nie. Daarna moet jy in die ark die Getuienis sit wat Ek aan jou sal gee. Maak ook ’n versoendeksel van suiwer goud. Twee en ’n half el moet sy lengte, en anderhalf el sy breedte wees. Maak ook twee gérubs van goud. Van dryfwerk moet jy hulle maak, aan die twee ente van die versoendeksel. En maak een gérub aan die een ent en een gérub aan die ander ent. Uit een stuk, saam met die versoendeksel, moet hulle die gérubs maak, aan die twee ente.

Page 65: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

57

En die gérubs moet die vlerke boontoe uitgesprei hou, terwyl hulle met hul vlerke die versoendeksel beskut; en hulle aangesigte moet na mekaar toe wees; die gesigte van die gérubs moet op die versoendeksel gerig wees. En sit die versoendeksel bo-op die ark; maar in die ark moet jy die Getuienis neerlê wat Ek aan jou sal gee. En daar sal Ek met jou saamkom, en van die versoendeksel af, tussen die twee gérubs uit wat op die ark van die Getuienis is, sal Ek jou alles sê wat Ek jou vir die kinders van Israel sal beveel.”

• Hebreërs 9:1-5: “So het dan die eerste verbond sowel verordeninge vir die erediens asook sy aardse heiligdom gehad. Want die tabernakel is so ingerig: die eerste, waarin die kandelaar was en die tafel en die toonbrode, wat die Heilige genoem word; en agter die tweede voorhangsel die tabernakel wat genoem word die Allerheiligste, waarin ’n goue wierookbak was en die ark van die verbond, rondom heeltemal met goud oortrek, waarin die goue kruik met die manna was en die staf van Aäron wat gebloei het, en die tafels van die verbond; en daar bo-op die gérubs van die heerlikheid wat die versoendeksel oorskadu het, waaroor nie nou afsonderlik gespreek kan word nie.”

Die ark was ’n reghoekige kis waarin die twee kliptafels, die tien gebooie, bewaar is (Ex 25:16). Die ark was van akasiahout gemaak en die enigste meubelstuk in die tabernakel wat spesiaal genoem word dat dit van binne en buite met goud oorgetrek was. Die ark het aan die sykante, bo, ’n goue krans rondom gehad. Dit was gemaak net onder die boonste rand van die kis op so ’n wyse dat dit effens oorgestaan het om die versoendeksel in posisie te hou. Die grootte van die ark was gemeet op 1,15 meter lank, 0,7 meter breed en 0,7 meter hoog. Aan die vier voete van die ark was vier goue ringe waarin die twee draaghoute geplaas is, hulle mag nooit daaruit weggeneem word nie. Op dié wyse kon die ark vervoer word op die woestyntogte. Die heilige ark mag nooit deur mensehande aangeraak

Page 66: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

58

word nie (Num 4:15; Ex 25:15). Ussa het sy hand na die ark van God uitgesteek en dit vasgehou, hy het dit ten koste van sy lewe gedoen (2 Sam 6:6-7). Deur al die omswerwinge van Israel is die ark gedra spesifiek deur die priesters, maar in die besonder deur die priesterlike geslag van Kehat, die Kehatiete (Num 3:27-31; 4:1-4, 15, 17-18).

In Hebreërs 9:4 lees ons van die voorwerpe wat in die ark was:

• Die tafels van die verbond (Ex 25:16).

• Die goue kruik met manna (Ex 16:33-35).

• Die staf van Aäron wat gebloei het (Num 17).

Naas die ark in die Allerheiligste is die wetboek, of Torah, geplaas (Deut 31:9, 24-26). Al om die sewende jaar moes die hele wetboek, tydens die huttefees, deur die priesters voor die ore van die hele volk gelees word (Nehemia 8:1-19). Hierdie ark van die verbond of Getuienis was die sentrale fokuspunt in die hele tabernakel, dit is staangemaak in die Allerheiligste plek van waar God se stem gehoor is bo die versoendeksel – die plek waar die twee gérubs met uitgespreide vlerke, met hul aangesigte na mekaar, op die versoendeksel gerig was. Een maal per jaar moes die hoëpriester die bloed van die sondoffer op die versoendeksel sprinkel (Lev 16:3-16). Die ark van akasiahout spreek nogeens van Jesus Christus se mensheid. Ook was dit oorgetrek met goud, wat Christus se Godheid tipeer. Die ark was die plek waar God met die volk saamgekom het (Ex 25:22), so kon die mens en God in die Nuwe Testament mekaar op geen ander plek ontmoet as net in Christus nie (Joh 14:6; Hand 4:12; 1 Tim 2: 3-6). Ten tyde van Israel se reis deur die woestyn moes die priesters die ark (hoewel bedek) op hul skouers dra sodat almal dit kon sien en volg (Num 10:33;

Page 67: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

59

Josua 3:3-4). Die laaste kleed waarmee die ark bedek was, was pers: letterlik blou purper (Ex 25:5; Num 4:5-6). Net só moet die Kerk Jesus ophef voor die wêreld (Joh 12:32). Die goue krans van suiwer goud rondom die ark spreek van die feit dat God Christus nou in die hemel met heerlikheid en eer gekroon het (Heb 2:9; Fil 2:9-11). Die heerlikheid (Shekinah) van God het op die ark gerus (Ex 40:21, 33-34). Die tafels van die verbond Hierdie was die tweede stel kliptafels wat die geskrewe wet van God wat Hy met sy eie vinger geskrywe het, bevat (Deut 10:1-5).

• “In dié tyd het die HERE vir my gesê: Kap vir jou twee kliptafels soos die eerstes en klim op die berg na My toe; maak vir jou ook ’n ark van hout. En Ek sal op die tafels skrywe die woorde wat op die eerste tafels was, wat jy verbrysel het; en jy moet dit in die ark sit. Toe het ek ’n ark van akasiahout gemaak en twee kliptafels soos die eerstes gekap, en op die berg geklim met die tafels in my hand. En Hy het op die tafels, volgens die eerste skrif, die tien woorde geskrywe wat die HERE op die dag van die vergadering by die berg uit die vuur met julle gespreek het; en die HERE het dit aan my gegee. En ek het omgedraai en van die berg afgeklim en die tafels in die ark gesit wat ek gemaak het; en dit was daar, soos die HERE my beveel het.”

Hier is geen skaduwee of afbeeldsel nie; hier in die hart van die ark is die letterlike, lewende Woord van God, wat met sy eie vinger, op twee kliptafels geskryf is. Die kosbaarste skat wat God aan Moses en die volk Israel toevertrou het. Die ark met die wet daarin spreek van Christus van wie ons lees: “Kyk, ek kom; in die boekrol is dit my voorgeskrywe. Ek het lus, o my God, om u

Page 68: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

60

welbehae te doen, en u wet is binne-in my ingewande” (Ps 40:8-9). Toe Jesus in die vlees gekom het, kon Hy sê: “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul” (Matt 5:17). Hoe het Hy die wet vervul? Deur te voldoen aan die vereistes van die wet (Gal 3:10, 13), en dit is nadat Hy dit vervul het (Joh 8:46; 1 Pet 2:22), en vir sondaars aan die kruishout gesterf het. Die wet is nou tevrede dat die sondaarmens in Christus gestraf is en so het Christus “die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo” geword (Rom 10:4). Die apostel Paulus verklaar dan ook “ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet” (Rom 3:28; 10:8-13). “Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade” (Rom 6:14). Sien Handelinge 15, waarin uitsluitsel oor die saak rakende die wet en die Kerk gegee word. Die goue kruik met manna In die ark was daar ook ’n kruik met manna (Ex 16:13-15; 33-35).

• En in die aand het daar kwartels opgekom en die laer oordek. En in die môre was daar ’n doulaag rondom die laer. En nadat die doulaag opgetrek het, het daar oor die woestyn iets gelê wat fyn en korrelrig was, fyn soos ryp op die grond. Toe die kinders van Israel dit sien, sê hulle vir mekaar: Wat is dit? Want hulle het nie geweet wat dit was nie. Daarop sê Moses vir hulle: Dit is die brood wat die HERE julle gee om te eet. . . Moses sê toe vir Aäron: Neem ’n kruik en gooi ’n gomer vol manna daarin, en sit dit voor die aangesig van die HERE neer, om dit vir julle geslagte te bewaar. Soos die HERE Moses beveel het, so het Aäron dit voor die Getuienis neergesit om bewaar te word. En die kinders van Israel het die manna veertig jaar lank geëet totdat hulle in ’n bewoonde

Page 69: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

61

land gekom het. Die manna het hulle geëet totdat hulle by die grens van die land Kanaän gekom het.

Die manna was die brood wat die Here uit die hemel aan die volk in die woestyn gegee het om te eet terwyl hulle op weg na die beloofde land was. Die goue kruik met manna was één van twee herinneringe wat die Here Moses beveel het; Aäron moes die kruik in die ark plaas. Die goue kruik met manna sou die mens herinner aan die Goddelike barmhartigheid en genade van God se voorsiening in sy volk se behoeftes. God het sy volk veertig jaar lank met die brood uit die hemel gevoed. Die manna in die kruik was ’n wonder as in ag geneem word dat die volk na die behoefte van elke dag moes insamel. Indien hulle meer as die dag se voorraad ingesamel het, het dit sleg geword (Ex 16). En tog het die manna in die goue kruik behoue gebly. Jesus Christus self toon aan ons dat Hy die groot antitipe van die manna in Johannes 6 is. Toe die Jode vir Moses die krediet gee vir manna uit die hemel, stel Jesus die saak reg deur te sê dit was sy Vader wat die manna (brood) gegee het (Joh 6:31-32): “Ons vaders het die manna in die woestyn geëet, soos geskrywe is: Hy het brood uit die hemel aan hulle gegee om te eet. En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, dit is nie Moses wat die brood uit die hemel aan julle gegee het nie, maar my Vader gee julle die ware brood uit die hemel.” Jesus gaan toe voort en verduidelik dat Hy die ware brood (manna) uit die hemel is (Joh 6:33-35): “Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe gee. Toe sê hulle vir Hom: Here, gee ons altyd hierdie brood. En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie,” en dat hulle die brood moet eet (Joh 6:47-51): “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe. Ek is die brood van die lewe. Julle vaders het die manna in die woestyn geëet en het gesterwe. Dít is die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat iemand daarvan kan eet en nie

Page 70: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

62

sterwe nie. Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.” Die gelowige word gevoed deur die Here Jesus Christus die vernederde, die gekruisigde, maar ook die verheerlikte. Dit is dan ook Hy wat aan sy Kerk (die gemeente) ’n kosbare belofte gegee het: “Wie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna” . . . (Op 2:17). “Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?” (1 Joh 5:5). Die staf van Aäron Behalwe die wet en die manna was daar ook nog Aäron se staf in die ark (Heb 9:4). Die staf was die embleem van God se uitverkose priesterskap van Aäron. Korag, een van die leiers in Israel, en saam met hom Datan en Abiram en tweehonderd-en-vyftig man, het teen die gesag van Aäron en sy priesterlike familie in opstand gekom. Ons lees van hierdie opstand in Númeri 16 en ook van die rampspoedige gevolge daarvan. God moes die rebelle straf en die gesag en bediening van sy gekose diensknegte bewys en bevestig. Wat die gekose priesterskap betref, lees ons in Númeri 17:1 - 10:

• Daarna het die HERE met Moses gespreek en gesê: Spreek met die kinders van Israel en neem van hulle vir elke stam ’n staf, van al hulle owerstes volgens hulle stamme, twaalf stawe; elkeen se naam moet jy skrywe op sy staf. En Aäron se naam moet jy skrywe op die staf van Levi; want een staf moet daar wees vir hulle stamhoof. En jy moet hulle wegsit in die tent van samekoms voor

Page 71: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

63

die Getuienis waar Ek met julle saamkom. En die staf van die man wat Ek uitkies, sal bloei; en Ek sal die murmureringe van die kinders van Israel wat hulle teen julle murmureer, stilmaak teenoor My. Daarop het Moses met die kinders van Israel gespreek; en al hulle owerstes het hom ’n staf gegee, vir elke owerste een volgens hulle stamme, twaalf stawe. Aäron se staf was ook onder hulle stawe. En Moses het die stawe voor die aangesig van die HERE in die tent van die Getuienis neergesit. En toe Moses die volgende dag in die tent van die Getuienis ingaan, kyk, daar het die staf van Aäron, vir die huis van Levi, gebloei: dit het bloeisels laat uitspruit en blomme laat oopgaan en amandels laat ryp word! Toe bring Moses al die stawe wat voor die aangesig van die HERE was, na al die kinders van Israel toe uit; en hulle het dit gesien en elkeen sy staf geneem. Daarop het die HERE vir Moses gesê: Bring die staf van Aäron terug voor die Getuienis om dit te bewaar as teken vir die wederstrewiges, en bevry My eindelik van hulle murmureringe, dat hulle nie sterwe nie.

Elkeen van die twaalf stamme moes toe ’n staf met die naam van die hoof van die stam daarop, voor die Here in die tabernakel voor die ark lê. Die volgende môre toe Moses in die Allerheiligste plek ingaan, sien hy dat “die staf van Aäron, vir die huis van Levi, gebloei het: dit het bloeisels laat uitspruit en blomme laat oopgaan en amandels laat ryp word!” (vers 8). Daar was hierna geen twyfel onder die stamhoofde en die volk wie God se uitverkose priesterlike stam is nie. Die staf van Aäron is ’n tekenende beeld van Christus se vleeswording: Hy tog het soos ’n loot voor sy aangesig opgespruit en soos ’n wortel uit droë grond (Jes 53:2). Net soos die staf van Aäron voor die ander gebring is, so is Christus ook voor die mens gebring om gekruisig te word (Joh 19:5). Hy is gedood, “afgesny uit die land van die lewendes” (Jes 53:8). Maar Hy het daarna opgestaan uit die dode (Rom 6:9). Van al die bome is die

Page 72: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

64

amandelboom die eerste een wat bloei. Die bloeisels spreek van lewe en opstanding. Hy is die eersgeborene uit die dode (Kol 1:18). Blomme spreek van skoonheid: “U is veel skoner as die mensekinders” (Ps 45:3). Amandels spreek van vrugbaarheid: Hy sal ’n nakroos sien (Jes 53:10); ’n Nageslag sal Hom dien (Ps 22:31), en hier is Ek en die kinders wat God My gegee het (Heb 2:13). In die staf sien ons die dood, opstanding en heerlikheid van Christus.

DIE VERSOENDEKSEL Die versoendeksel was simbolies van God se troon en heerlike teenwoordigheid. Dit is die sewende en laaste stuk huisraad in die tabernakel. God het vir Moses gesê: “Ek verskyn in die wolk op die versoendeksel” (Lev 16:2). Ons vind die beskrywing van die versoendeksel in Exodus 25:17-22.

• Exodus 25:17-22: “Maak ook ’n versoendeksel van suiwer goud. Twee en ’n half el moet sy lengte, en anderhalf el sy breedte wees. Maak ook twee gérubs van goud. Van dryfwerk moet jy hulle maak, aan die twee ente van die versoendeksel. En maak een gérub aan die een ent en een gérub aan die ander ent. Uit een stuk, saam met die versoendeksel, moet julle die gérubs maak, aan die twee ente. En die gérubs moet die vlerke boontoe uitgesprei hou, terwyl hulle met hul vlerke die versoendeksel beskut; en hulle aangesigte moet na mekaar toe wees; die gesigte van die gérubs moet op die versoendeksel gerig wees. En sit die versoendeksel bo-op die ark; maar in die ark moet jy die Getuienis neerlê wat Ek aan jou sal gee. En daar sal Ek met jou saamkom, en van die versoendeksel af, tussen die twee gérubs uit wat op die ark van die Getuienis is, sal Ek jou alles sê wat Ek jou vir die kinders van Israel sal beveel.”

Page 73: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

65

Die versoendeksel was ’n stuk soliede goud wat die ark bedek het, terselfdertyd was dit ook die genadetroon (Engels: mercy seat) van God. Die Here het vir Moses gesê: “En daar sal Ek met jou saamkom, en van die versoendeksel af . . . sal Ek jou alles sê wat Ek jou vir die kinders van Israel sal beveel” (Ex 25:22). Dit was dus die Godbepaalde ontmoetingsplek. Tweedens was dit die plek waar die bloed wat vir die sonde versoening gedoen het, gesprinkel is – “En hy moet van die bloed van die bul neem en dit met sy vinger op die versoendeksel . . . sprinkel . . . want op hierdie dag moet hy vir julle versoening doen . . . van al julle sondes” (Lev 16:14, 30). Moses is deur die Here beveel: “Maak ook twee gérubs van goud. Van dryfwerk moet jy hulle maak, aan die twee ente van die versoendeksel” (Ex 25:18). Die twee gérubs is uit een stuk, saam met die versoendeksel, gemaak – dit was een geheel. Van dryfwerk is die twee gérubs gemaak. Dryfwerk laat ons aan lyding dink, verbreking en vergruising. Die gérubs het op die genadetroon gestaan en was deel daarvan. Hulle aangesigte na mekaar toe was gerig op die versoendeksel (Engels: mercy seat). Betreffende die Here Jesus Christus lees ons in Romeine 3:25: “Hom het God voorgestel in sy bloed as ’n versoening deur die geloof.” Die woord “versoening” is die vertaling van die Griekse woord hilasterion, wat letterlik “versoendeksel” beteken. “Versoening” (hilasterion) beteken derhalwe die plek waar hilasmos of boetedoening gemaak word. In die Ou Testament was dit op die versoendeksel (Ex 25:17; Heb 9:5). As hilasterion (versoening) nou letterlik “versoendeksel” beteken en Christus is ook ons hilasterion of versoening (Rom 3:24; 1 Joh 4:10), dan sê dit vir ons dat Christus self die plek is waar die Heilige God met die sondaarmens ontmoet. Anders gestel, Jesus aan die kruis was die plek waar God se geregtigheid en vrede mekaar gekus het (Ps 85:11); waar God versoen en tevrede gestel is dat sonde deur die dood van Christus gestraf is. Aan die kruis, in

Page 74: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

66

Jesus Christus, betaal God se liefde vir die sondaar die vereiste straf van sy geregtigheid. Omdat God nou tevrede is (versoen) dat sonde gestraf is, kan Hy die sondaar wat tot Hom kom, vergewe en aanneem; nie op grond van blote Goddelike toegewendheid nie, maar op ’n wettige basis. Die aangesig van die twee goue gérubs met uitgespreide vlerke was gerig op die versoendeksel, waarop die bloed gesprinkel was. Die heerlike wesens in die hemel, gérubs en engele, is baie begerig om te weet en in te sien die dinge wat die Kerk van Jesus Christus raak (1 Pet 1:12; Luk 15:10; Ef 3:8-10). Die twee gérubs se oë was gedurig op die bloed. Daar is geen bewys dat die bloed ooit van die versoendeksel afgevee is nie. Dit was rooi bevlek met die bloed van jare se sondoffers. Die bloed waarop hulle gesigte hier gerig word, spreek van genade en vergifnis as gevolg van die versoening. In Hebreërs 4:16 word gelowiges gemaan “om met vrymoedigheid na die troon van genade (te) gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word”. Daar in die Allerheiligste het die Shekinah (heerlikheid) van God geskyn, daar waar versoening, genade en barmhartigheid te vinde was. Johannes het op die eiland Patmos die Lam asof Hy geslag is, aanskou: En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die middel van die ouderlinge staan daar ’n Lam asof Hy geslag is . . . en ek hoor ’n stem van baie engele rondom die troon en van die lewende wesens en die ouderlinge; en hulle getal was tienduisende van tienduisende en duisende van duisende; en met ’n groot stem het hulle gesê: Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof (Op 5:6, 11-12). Dit is hierdie Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die toekomstige weldade, wat deur die groter en volmaakter tabernakel wat

Page 75: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

67

nie met hande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie, ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan het in die heiligdom en ’n ewige verlossing teweeggebring het. Want Christus het nie ingegaan in ’n heiligdom met hande gemaak, ’n teëbeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn; ook nie om Homself dikwels te offer, soos die hoëpriester elke jaar in die heiligdom ingaan met bloed wat nie sy eie is nie, want dan moes Hy dikwels gely het van die grondlegging van die wêreld af. Maar nou het Hy een maal in die voleindiging van die eeue verskyn om die sonde deur sy offer te verwyder . . . maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God (Heb 9:11-12; 24-26; 10:12). Ons as wedergebore gelowiges weet, en ons is verseker daarvan, dat ons vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees (Heb 10:19-20). Reg aan die begin van die beskrywing van die tabernakel lees ons dat die Here hierdie bevel gegee het: Ook moet hulle vir My ’n heiligdom maak dat Ek in hulle midde kan woon (Ex 25:8). Ná die voltooiing lees ons:

• . . . en die heerlikheid van die HERE het die tabernakel vervul (Ex 40:34).

Ons kan soos Paulus sê: God, wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van ’n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend. En as die bediening van die dood, met letters op klippe gegraveer (die wet), in heerlikheid was . . . hoeveel te meer sal die bediening van die Gees dan nie in heerlikheid wees nie? Want as die bediening wat veroordeel, heerlikheid was, veel meer is die bediening wat regverdig maak, oorvloedig in

Page 76: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

68

heerlikheid. . . Want as wat moes vergaan, met heerlikheid was, veel meer is wat moet bly, in heerlikheid. Terwyl ons dan sodanige hoop het, gebruik ons baie vrymoedigheid; nie soos Moses nie, wat ’n bedekking oor sy aangesig gesit het, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die einde van wat moes vergaan nie. Maar hulle sinne is verhard. Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word. Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ’n bedekking oor hulle hart; maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem. Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ’n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is (2 Kor 3:6-9; 11-18).

Page 77: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

69

Hoofstuk 4

TOEGANG TOT DIE TABERNAKEL

ie omheining van die tabernakel was 46 meter lank, 23 meter breed en byna 2½ meter hoog, as ons die algemeen aanvaarde mate van een el as 21 duim neem (Ex 27:9-18).

Die omheining van die voorhof het uit sestig pilare bestaan waarvan elke pilaar ongeveer vyf el van mekaar gespasieer was; twintig aan die suidekant, twintig aan die noordekant, tien aan die westekant, en tien aan die oostekant. Aan die oostekant was die poort (ingang) tussen vier pilare. Die poort was die enigste toegang van buite na die tabernakel in die voorhof.

Altesame 56 pilare was met fyn wit dubbeldraad-linne behang, terwyl die poort (tussen die vier pilare) se bedekking dié van fyn dubbeldraad-linne met veelkleurige werk van pers, purperrooi en bloedrooi stowwe was (Ex 27:16).

Die omheining het gedien as ’n skeiding tussen die kamp van Israel en die tabernakel. Dit het die mense verhinder om regstreeks toe te tree tot die tabernakel, waar God gewoon het.

Die beskrywing van die omheining van die voorhof vind ons in Exodus 27:9-18.

D

Page 78: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

70

Exodus 27:9-18: “Jy moet ook die voorhof van die tabernakel maak. Aan die suidekant, na die suide toe, moet daar vir die voorhof behangsels wees van fyn dubbeldraad-linne; honderd el moet die lengte vir die een kant wees; daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare moet van silwer wees. So moet daar ook aan die noordekant, in die lengte, behangsels wees, honderd el lank; daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke. Die kramme en die ringe van die pilare moet van silwer wees. En in die breedte van die voorhof, aan die westekant, moet daar behangsels van vyftig el wees; daarby tien pilare en hulle tien voetstukke. En die breedte van die voorhof aan die oostekant, teen sonop, vyftig el – sodat daar vyftien el behangsels vir die een kant is, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke; en vir die ander kant vyftien el behangsels, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke; en vir die poort van die voorhof ’n bedekking van twintig el, van pers, purperrooi en bloedrooi stowwe en van fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk; daarby vier pilare en hulle vier voetstukke. Al die pilare van die voorhof moet rondom van silwerringe voorsien wees; hulle kramme moet van silwer wees en hulle voetstukke van koper. Die lengte van die voorhof moet honderd el wees en die breedte vyftig by vyftig en die hoogte vyf el, van fyn dubbeldraad-linne, daarby voetstukke van koper.”

’n Noukeurige beskrywing van die omheining van die tabernakel bring drie belangrike aspekte na vore:

die omheining self (Ex 27:9, 11-13);

die poort in die omheining (Ex 27:16); en

die stabiliteit van die omheining (Ex 27:19; 35:18).

Page 79: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

71

DIE OMHEINING SELF Die omheining het uit vyf verskillende soorte materiaal bestaan.

Die behangsel – die gordyne van dubbeldraad-linne (Ex 27:9, 11-13). Hierdie wit behangsels het aan 56 pilare gehang en het die omheining gevorm. Die linne was van vlas gemaak, en vlas groei uit die aarde. Hierdie vlas is ’n veselagtige plant wat grondstof vir linnegoedere lewer.

Die pilare van akasiahout (Ex 27:10-12). Hier word nêrens gesê dat hierdie pilare van akasiahout gemaak is nie. Ons neem aan dat dit wel die geval is, omdat dit die enigste houtsoort was wat in die tabernakel gebruik is (Ex 26:32,37). Daar was altesame sestig pilare in die omheining; twintig aan elke lang kant en tien aan die twee kort kante.

Die kopervoetstukke van die pilare (Ex 27:10-17; 38:17). Die sestig pilare van die omheining het sestig kopervoetstukke, waarin die pilare gerus het, as basis gehad.

Die silwertoppe van die pilare (Ex 27:10-11; 38:17). Elke pilaar het ’n silwertop gehad en daarmee saam silwerkramme en silwerringe waaraan die fyn dubbeldraad-linne gehang het.

Die ankers van die omheining (Ex 27:19; 35:18; 38:20; 39:40). Die ankers was penne van koper en lyne. Die penne in die grond of sand was met toue aan die silwerringe aan die silwertoppe van die pilare verbind. Hiermee kon die omheining gestabiliseer word.

Page 80: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

72

DIE OMHEINING VAN DIE TABERNAKEL

Die omheining spreek van Jesus as die Middelaar tussen God en die mens (1 Tim 2:5; Heb 8:6). Geen mens kan regstreeks tot God gaan nie, behalwe deur Jesus as die Middelaar (Joh 14:6). Die wit linne spreek van Christus in sy absolute reinheid en geregtigheid (Heb 7:26). Die linne, gemaak van vlas wat uit die aarde kom, spreek van Christus se sondelose mensheid en aardse bediening – die Een wat mens geword het sodat Hy ons tot God kan bring (Heb 2:14-15). So sal ook die Kerk eendag met wit linne beklee word (Op 19:8).

Die pilare van akasiahout spreek van die volmaakte mensheid van Christus. Die pilare het in voetstukke van koper gestaan. Koper verwys na oordeel. Toe God se Seun aan ’n kruishout gesterf het, was dit om die oordeel van sonde op Homself te neem. Ná sy opstanding het die apostel Johannes Hom op die eiland Patmos gesien “en sy voete is soos blink koper”. Die koper spreek van die regverdige oordeel van God oor sonde. Hy kan sonde nie verdra nie en moet dit onder sy voete (koper) vertrap (Rom 8:1, 3).

Die silwertoppe van die pilare was gegiet van ’n halwe sikkel silwer wat elke man van 20 jaar en ouer aan die Here moes betaal (Ex 30:12-16). Dit is ook “versoeningsgeld” genoem (Ex 30:16); ook was dit bekend as “losgeld” (Ex 30:12), voorts as “die silwer van die geteldes” (Ex 38:25). Die boodskap van die silwer is dus baie duidelik: versoening, of verlossing. Die Here spreek van sy verlostes as silwer (Mal 3:3). Die pilare spreek dus van: verlossing (silwer) uit die oordeel (koper) deur Jesus Christus se kruisdood (hout).

Die omheining is deur die tentpenne en lyne geanker. Wat God beloof het, is die hoop van die gelowige en ons het dit as ’n anker van die siel wat veilig en vas is en ingaan tot in die binnekant van die voorhangsel waar

Page 81: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

73

Jesus as voorloper vir ons ingegaan het (Heb 6:18-20). Christus se ganse verlossingswerk verseker die standvastigheid van sy doel (tentpenne), en sy oneindige liefde (tentlyne) vir ons (Hosea 11:4).

Die poort in die omheining was geleë aan die oostekant – sonop. Die poort was gevestig tussen vier pilare. So is Christus ook ons enigste toegang (Ef 2:18; 3:12) na die regte verhouding met God (Joh 14:6). Die behangsel van die poort, anders as dié van die omheining, was van pers (bloupurper), purperrooi en bloedrooi stowwe, wat van Christus spreek. Die kleure van die bedekking herinner ons aan die hemel (die heerlikheid) van Christus, sy lydingsdood en Koningskap.

Wanneer ons na die omheining van die tabernakel kyk, word ons elke keer opnuut herinner aan die feit dat God met heilige jaloesie vir sy Naam ’n heining van waarheid en heiligheid rondom sy heilige dinge gespan het. Onteenseglik is daar ’n skeidsmuur tussen ’n heilige God en ’n sondige mens. Soos die tabernakel die woonplek van God was en die kamp van Israel die aangewese woonplek van die volk, só het die voorhof-omheining ’n definitiewe posisie tussen die twee woonplekke ingeneem. Christus is ons Middelaar (1 Tim 2:5; Heb 8:6) van die Nuwe Verbond (Heb 12:24). Hy staan tussen God en die mens en is as Middelaar daarvoor verantwoordelik om albei tevrede te stel en versoening te bewerk. Dit het Jesus Christus dan ook op ’n volmaakte wyse bewerkstellig. Daar was drie toegangsplekke om die Allerheiligste plek in die tabernakel te bereik: ten eerste, die poort aan die oostekant in die omheining van die voorhof; ten tweede, die ingang (Engels: door) aan die oostekant van die tabernakel wat tot die heiligdom gelei het; ten derde, die voorhangsel wat aan die oostelike kant van die Allerheiligste gehang het. Die voorhangsel het die heiligdom (Heilige) en Allerheiligste van mekaar geskei.

Page 82: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

74

DIE POORT IN DIE OMHEINING VAN DIE VOORHOF

Die beskrywing daarvan vind ons in Exodus 27:13-16; Exodus 38:18-20.

Exodus 27:13 – 16: “En die breedte van die voorhof aan die oostekant, teen sonop, vyftig el – sodat daar vyftien el behangsels vir die een kant is, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke; en vir die ander kant vyftien el behangsels, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke; en vir die poort van die voorhof ’n bedekking van twintig el, van pers, purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk; daarby vier pilare en hulle vier voetstukke.”

Exodus 38:18-20: “En die bedekking van die poort van die voorhof was veelkleurige werk, van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne: twintig el was die lengte, en die hoogte – tewens die breedte van die stof – vyf el, net soos die behangsels van die voorhof. Daarby vier pilare met hulle vier voetstukke van koper en hulle kramme van silwer, en die oortreksel van hulle toppe en hulle ringe van silwer. En al die penne vir die tabernakel en die voorhof rondom was van koper.”

Hierdie poort in die omheining was tussen vier pilare, en ongeveer 9,2 meter wyd en 2,3 meter hoog. Die poort was die enigste toegang van buite na die tabernakel in die voorhof. Ons let veral op drie dinge: die poort self, die behangsel en die pilare. Die poort was aan die oostekant, die kant van die opkomende son. Die eerste wat raakgesien word sodra ’n mens deur die poort ingaan, is die brandofferaltaar. In die voorhof word offers vir die sondes gebring, of dankoffers. Daar was vier pilare in die poort. Hulle was van akasiahout gemaak. Daar word nêrens gesê dat hierdie pilare van akasiahout gemaak was nie. Ons neem aan dat dit wel die geval was, omdat dié houtsoort die enigste was wat in die tabernakel

Page 83: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

75

gebruik is (Ex 26:32,37). Die pilare het voetstukke van koper gehad, terwyl die toppe met silwer oorgetrek was, ook die kramme en die ringe aan die bokant was van silwer (Ex 38:17). Die bedekking van die poort was van fyn dubbeldraad-linne met veelkleurige werk van pers, purperrooi en bloedrooi stowwe en die wit in die fyn dubbeldraad-linne (Ex 27:16). Elkeen van die kleure het ’n spesifieke betekenis.

Die poort as enigste ingang tot die voorhof van die tabernakel spreek tot ons dat Christus die enigste toegang tot die regte verhouding met God is (Ef 2:18; 3:12; Joh 14:6; Joh 10:9). Daar was vier pilare. Dit simboliseer die lewe van die Here Jesus Christus soos in die vier Evangelies beskrywe:

Matthéüs sien Hom as die Koning – purperrooi is dan ook die koninklike kleur.

Markus stel Jesus voor as die volmaakte dienskneg wat gehoorsaam was tot die dood toe – die bloedrooi (skarlaken) in die bedekking wys heen na sy lyding en dood en oorwinning (Op 5:6; 19:13; Jes 63:1-6).

Lukas skilder Jesus as die Seun van die mens – die wit linne wys op Christus, as mens, se vlekkelose reinheid en geregtigheid (Op 19:8; Heb 7:26).

Johannes beskou die Christus as die Seun van God, bloupurper (pers). Dit is ’n hemelse kleur en spreek van die hemel. Jesus verklaar dat Hy uit die hemel neergedaal het (Joh 3:13).

Ons moet in gedagte hou dat om die poort van die voorhof van die tabernakel te kon ingaan, moes dit genader word van die kamp van Juda, aangesien dié kamp aan die oostekant van die tabernakel voor die ingang gevestig was. Onse Here Jesus Christus kom uit die nageslag van Juda (Heb 7:14). Die kopervoetstukke van die pilare spreek van oordeel. Die

Page 84: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

76

blink koper spreek van die regverdige oordeel van God, oor sonde. In die boek Openbaring lees ons van Jesus, die Seun van die mens: “en sy voete soos blink koper” (Op 1:15). Kyk ons na die voetstukke van die pilare, sien ons oordeel; die aarde waarop hulle rus, is onder die oordeel. Kyk ons na die toppe van die pilare, sien ons net silwer. “En die kramme en die ringe van die pilare van silwer; en die oortreksel van hulle toppe van silwer” (Ex 38:17). Hierdie silwer word in Exodus 38: 25-28 genoem “die silwer van die geteldes”. In Exodus 30:11-16 word verduidelik dat die silwer van die geteldes “losgeld” en “versoeningsgeld” genoem word. Elke man van 20 jaar en ouer moes aan die Here losgeld (’n halwe sikkel silwer) betaal. Hierdie silwer is gebruik om die voetstukke van die heiligdom te maak en die toppe, ringe en kramme van die pilare. Silwer spreek van versoening of verlossing. Die Here God spreek van sy verlostes as silwer: “En Hy sal sit: ’n smelter en reiniger van silwer” . . . (Mal 3:3). Die pilare van die voorhof by die poort spreek van: Verlossing (silwer) uit die oordeel (koper) deur die Here Jesus Christus se kruisdood (hout).

DIE INGANG (DEUR) VAN DIE TABERNAKEL

Hierdie ingang was aan die oostekant van die tabernakel. Daar was net een ingang (Engels: door) wat tot die heilige plek gelei het, en dit was deur die gordyn wat voor die tabernakel gehang het. Dít was die deur of eerste voorhangsel, wat na die eerste heiligdom gelei het. Ons lees van dié ingang van die tent in Exodus 26:36-37; Hebreërs 9:2-3.

Exodus 26:36-37: “Jy moet ook vir die ingang van die tent ’n bedekking maak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk. En maak vir die bedekking vyf pilare van akasiahout, en trek hulle oor met goud; hulle kramme moet ook van goud wees; en jy moet daarvoor vyf kopervoetstukke giet.”

Page 85: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

77

Hebreërs 9:2-3: “Want die tabernakel is so ingerig: die eerste, waarin die kandelaar was en die tafel en die toonbrode, wat die Heilige genoem word; en agter die tweede voorhangsel die tabernakel wat genoem word die Allerheiligste.”

In hierdie eerste heiligdom of heilige plek kon net die priesters ingaan. Dienswerk en gemeenskap is die hoofgedagte hier. Die mates van die ingang van die tent was twee maal die hoogte van die poort, en die helfte van die poort se breedte. Die verskil is belangrik. Die poort van die voorhof was wyd, maar die deur van die heiligdom (ingang) was nou. Die poort was vir almal, terwyl die deur net vir die priesters was.

Die bedekking vir die ingang van die tent (tabernakel) het aan vyf pilare van akasiahout gehang. Die pilare was heeltemal met goud oorgetrek. Die kramme waaraan die bedekking hang, moes ook van goud wees. Die voetstukke van die vyf pilare was uit koper gegiet. Die tweevoudige natuur van Christus word in hierdie vyf pilare vir ons tekenend in die hout (mensheid), en goud (goddelikheid). Die poort van die voorhof het vier pilare, maar die deur na die heiligdom het vyf pilare. Vyf is die getal van genade. Alleenlik diegene wat die genade van God deelagtig geword het, mag die heiligdom binnegaan. Aan die ander kant van die deur is die tafel met die twaalf toonbrode (gemeenskap met Christus); die goue kandelaar (lig en getuienis); en die goue reukaltaar (lof, aanbidding in gebed). Die voetstukke van hierdie pilare was van koper en nie silwer nie, omrede die pilare as deel van die voorhof geag is en nie as deel van die tabernakel nie. Hulle was nét buite die tent van die getuienis geposisioneer. Ons word dus deur hierdie kopervoetstukke herinner aan die offer wat Jesus Christus moes bring om die oordeel van sonde oor ons weg te neem. Hier sien ons die letsels van oordeel wat Jesus vir ons gedra het sodat ons die heiligdom mag betree.

Page 86: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

78

Aan hierdie vyf pilare het die eerste voorhangsel gehang. Hierdie bedekking was gemaak “van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk” (Ex 26:36). Hierdie kleure van die bedekking spreek tot ons van Christus.

DIE TWEEDE VOORHANGSEL IN DIE ALLERHEILIGSTE Die derde ingang is die voorhangsel in die Allerheiligste. Hierdie voorhangsel het skeiding gemaak tussen die heiligdom en die Allerheiligste (Ex 26:33). Agter hierdie voorhangsel kon net Aäron ingaan, en net een maal in die jaar, om as hoëpriester die voorskrifte van die groot versoendag na te kom waarvan ons in Levitikus hoofstuk 16 lees. In ’n wolk van reukwerk, en met ’n bakkie bloed, het hy ingegaan om vir homself en die volk versoening te doen nadat hy sy pragtige hoëpriesterlike gewaad afgelê het, en ’n eenvoudige wit linnerok aangetrek het. Ons lees van hierdie voorhangsel in Exodus 26:31-33; Levítikus 16:11-16.

Exodus 26:31-33: “Verder moet jy ’n voorhangsel maak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne. As kunstige werk moet jy dit maak, met gérubs. En jy moet dit ophang aan vier pilare van akasiahout wat met goud oortrek is, en ook kramme van goud het en op vier silwervoetstukke staan. En jy moet die voorhangsel onder die hakies ophang; en bring die ark van die Getuienis daar, binnekant die voorhangsel. En die voorhangsel moet vir julle ’n skeiding maak tussen die Heilige en die Allerheiligste.”

Levitikus 16:11-16: “Aäron moet dan die sondofferbul wat vir hom bedoel is, laat aankom en vir hom en sy huis versoening doen: hy moet die sondofferbul slag wat vir hom bedoel is, en die vuurpan vol gloeiende kole van die altaar voor die aangesig van die HERE

Page 87: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

79

wegneem; daarby twee handevol fyngestampte reukwerk van speserye en dit binnekant die voorhangsel bring. En hy moet die reukwerk op die vuur lê voor die aangesig van die HERE, dat die wolk van die reukwerk die versoendeksel wat op die Getuienis is, kan oordek, sodat hy nie sterwe nie. En hy moet van die bloed van die bul neem en dit met sy vinger op die versoendeksel aan die oostekant sprinkel; en voor die versoendeksel moet hy sewe maal met sy vinger van die bloed sprinkel. Dan moet hy die sondofferbul slag wat vir die volk bedoel is, en sy bloed binnekant die voorhangsel bring en met sy bloed doen soos hy met die bloed van die bul gedoen het: hy moet dit sprinkel op die versoendeksel en voor die versoendeksel. So moet hy dan vir die heiligdom versoening doen vanweë die onreinhede van die kinders van Israel en vanweë hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees; so moet hy dit ook doen vir die tent van samekoms wat by hulle te midde van hulle onreinhede woon.”

Die voorhangsel binne die tabernakel het gedien as ’n skeiding tussen die Heilige en Allerheiligste plekke en het verhoed dat die priesters wat daagliks die Heilige plek moes bedien, tot die Allerheiligste plek sou toetree en sterwe. Die figure van die gérubs wat op die voorhangsel geborduur was, spreek van bewaking (Gen 3:24) en het die priesters gedurig daaraan herinner om nie tot die Allerheiligste plek toe te tree nie. Soos ons tereg gesien het, het net die hoëpriester een maal per jaar, op die groot versoendag, met bloed toegang tot die regstreekse teenwoordigheid van God – om vir homself en vir die hele volk versoening te doen (Lev 16:26; 29-31).

Die voorhangsel was van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne – kunstige werk, met gérubs daarop ingeweef. Ons lees dat Besáleël en Ohóliab met die gees van wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid gesalf is om kunstige planne uit te dink en dit uit te voer (Ex 31:1-10). Hierdie voorhangsel (gordyn)

Page 88: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

80

het gehang aan vier pilare van akasiahout wat met goud oorgetrek is. Die pilare het op silwervoetstukke gestaan. Aan die bokant van die pilare was kramme van goud met hakies waaraan die voorhangsel gehang het.

Soos ons reeds gesien het, spreek die veelkleurige behangsel – die pers (bloupurper), purperrooi, bloedrooi stowwe en die fyn wit dubbeldraad-linne; alles kunstig verweef – van Christus as Koning, sy lyding, dood en oorwinning, sy reinheid en geregtigheid en die feit dat Hy van die hemel kom.

Op hierdie gordyn is gérubs uitgewerk (borduur) wat die Allerheiligste beskerm het – die doel van hierdie voorhangsel was om mense weg te hou. Die gérubs op die voorhangsel was dus embleme van wagters wat waak. Die troon en heiligheid van God (versoendeksel) word bewaak. Dit word weer eens bevestig deur die feit dat op die versoendeksel (Engels: mercy-seat) twee gérubs troon. ’n Noukeurige beskouing van die Skrifte bevestig dat die gérubs, meer as enige ander skeppingswesens, bestem is om die krag, die majesteit en die heerlikheid van God ten toon te stel. Hulle is bewakers en ook die troondraers van die troon van God (Eségiël 1 en 10).

Hierdie binne-voorhangsel wys op Christus volgens Hebreërs 10:19-20.

Hebreërs 10:19-20: “Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees”.

Hierin kan ons duidelik sien dat die voorhangsel Christus se “vlees” is – dit is sy lewe hier op aarde. Die Skrif is ook duidelik in Hebreërs 9:8 dat die weg na die heiligdom nie geopen was terwyl die voorhangsel nog nie geskeur was nie. Dus spreek die voorhangsel van sy lewe en die skeuring

Page 89: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

81

daarvan van sy sterwe. “Die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon” (Joh 1:14). “God is geopenbaar in die vlees” (1 Tim 3:16), “gebore uit ’n vrou” (Gal 4:4). Dit was toe Jesus Christus op die kruishout gehang en uitgeroep het en daarna die gees gegee het dat ons lees: “die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur” (Matt 27:51). Volgens Hebreërs 10:20 is dit sy sterwe en nie sy lewe nie wat ons toegang tot God verleen. Die voorhangsel wat in twee geskeur het spreek ongetwyfeld van Christus se dood. Die voorhangsel as ’n versperring het, onmiddellik nadat dit in twee geskeur het, ’n geopende weg vir ons na die Allerheiligste plek daargestel. Die dood van Christus het vir die sondige mense ’n nuut-geopende weg tot die hemel na God gebaan.

In watter sin is Christus se dood vir ons ’n toegang tot God in die hemel? Christus het Hom met die sondige mens vereenselwig deur die vleeswording en het ons sondeskuld op Hom geneem (Jes 53:5; 2 Kor 5:21), en ons skuld betaal deur aan die kruis te sterf. Wie Christus Jesus as persoonlike Saligmaker aanneem, word met sy dood vereenselwig en is nou met God versoen en het vrede by God (Rom 5:1; 5:8-10). Die gelowige geregverdig in Christus (Rom 10:6-10) kan dus nou met vrymoedigheid tot God gaan (Heb 4:16; 10:19-22).

Die feit dat die Skrif verklaar dat die voorhangsel van bo na onder geskeur het, toon dat dit onmoontlik deur die toedoen van ’n mens kon gewees het. Dit was uitsluitlik ’n daad van God. Hierin het ons ’n afbeelding van die feit dat die kruisdood van Jesus nie deur die toedoen van mense was nie (Joh 10:17-18), maar wel ’n daad van God self (Ps 22:15-16; Jes 53:10).

So kan gelowiges wat met Christus deur die Heilige Gees verenig is, met vrymoedigheid in die heiligdom gaan deur die bloed van Jesus (Heb 10:19), op die meriete van sy soenverdienstelike dood. Die voorhangsel wat tussen die Heilige en die Allerheiligste moes skeiding maak (Ex 26:33),

Page 90: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

82

is deur ’n daad van God self mee weggedoen. Alle gelowiges het nou toegang deur die bloed van Christus, tot in die Allerheiligste teenwoordigheid van God.

Die Allerheiligste wat verborge was en wat net een maal per jaar deur slegs die hoëpriester betree mog word, is nou geopen. Enige gelowige mag nou daagliks deur die bloed van Jesus Christus die Allerheiligste ingaan (Heb 4:16; 10:19-20).

Die groot en diep les om te leer is: Om te waag om die Allerheiligste sonder bloed te betree, sal fataal wees (Heb 9:22): “laat ons toetree met ’n waaragtige hart, in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig” . . . (bloed van Jesus Christus) (Heb 10:22; 12:24).

Tipes het nou verdof terwyl die nuwe realiteite hul wonderlike lig toon. Christus se dood het skaduwees (Heb 8:5; 10:1) verander in substansie, dit is werklikheid. Die voorhangsel wat in twee geskeur het, teken die einde van die ou bedeling, en die begin van ’n nuwe aan (Matt 26:26-28).

Page 91: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

83

Hoofstuk 5

DIE REISE VAN DIE VERBONDSARK

ie verbondsark van die Here is by die voet van die berg Sinai gebou. Nadat die ark van die Here gebou en in die Allerheiligste staangemaak is, het die reise van die verbondsark begin. Ons kan

die reise van die ark in twee dele beskryf:

die reise van die verbondsark vanaf die berg Sinai tot in die land Kanaän; en

die reise van die verbondsark vanaf sy aankoms in die land Kanaän tot by sy rusplek in die tempel in Jerusalem.

1450 v.C.

Exodus 25. Die Here gee aan Moses by die berg Sinai opdrag om die ark van die verbond te bou.

Exodus 26:30-34. Moses word ook beveel om ’n voorhangsel te maak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.

Exodus 40:1-21. Die verbondsark word in die Allerheiligste plek in die tabernakel geplaas. Die ark het nie ’n heilige plek geword voordat hy op sy plek in die Heilige der Heilige geplaas is en die heerlikheid van die Here daarop kom rus het nie (vers 34-35).

D

Page 92: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

84

Númeri 3:30-31; 4:2-18. Die verbondsark sou alleenlik deur die Kehatiete gedra mag word op al sy reise. In Númeri 10:33 lees ons van die heel eerste reis van die verbondsark. In hierdie geval het die reis drie dae geduur. Soms het die reise langer geduur en soms korter. Veertig jaar lank (inderwaarheid 39 jaar) het Israel in die woestyn rondgetrek met die verbondsark wat altyd voor getrek het.

Númeri 14. Die trek vanaf Horeb (Sinai) na Kades-Barnéa was elf dae (Deut 1:2). Daar het hulle die 12 spioene uitgestuur en weens hul ongeloof het die Here die volk terug die woestyn in gelei, waar hulle byna 40 jaar lank rondgetrek het as straf vir hul ongeloof en ongehoorsaamheid.

Númeri 17:8, 10. Aäron se staf word voor die ark van die Getuienis gelê as aanduiding van wie God se keuse was om die priesteramp te beoefen.

Josua 3-4. Die priesters dra die verbondsark deur die Jordaanrivier. Twaalf klippe word in die Jordaanrivier opgerig nadat die Jordaan oopgegaan het.

Josua 6. Die verbondsark word om die stad Jérigo gedra.

Josua 7-8. Josua val in verootmoediging voor die ark van die Here neer weens die nederlaag van Israel teen die stad Ai, as gevolg van sonde onder die volk. Ná die inneming en verwoesting van die stad Ai word ’n altaar vir die Here op die berg Ebal gebou. Daar het Josua ’n afskrif van die wet van Moses op die klippe geskrywe terwyl die volk weerskante van die verbondsark staan.

Josua 18: 1-10. Die tabernakel (tent van samekoms) word opgeslaan in Silo (binne die grondgebied van die stam van Efraim), aangesien die land Kanaän voor die volk Israel onderwerp is.

Page 93: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

85

Joshua 22:12,19. Die kinders van Israel het in Silo byeengekom omdat dit die plek is waar die tabernakel en ark gevestig was.

1400 v.C. Rigters 18:31 en 19:18. Die plek in Silo waar die tabernakel staangemaak is, word genoem die “huis van die Here”.

Rigters 20:18,26-27. Die verbondsark en tabernakel word in Bet-el (binne die grondgebied van die stam van Benjamin) staangemaak.

1 Samuel 1:3; 3:3. Dit was die permanente staanplek van die verbondsark en tent van samekoms tot met die tyd van koning Dawid en Salomo. Die ark van die Here het hier in Silo gestaan, waar Eli en sy twee seuns, Hofni en Pinehas, priesters van die Here was. Die Here spreek tot klein Samuel, wat naby die ark van God lê en slaap het. Die Here spreek ’n oordeel oor die huis van Eli uit.

1 Samuel 4. Die Filistyne het die ark van God geneem en op dieselfde dag het Eli en sy twee seuns gesterf.

1 Samuel 5:1-12. Die Filistyne het die ark van God geneem, en dit na Asdod gebring, daarna vanaf Asdod na Gat, en daarvandaan na Ekron. Al drie was Filistynse dorpe. Die ark van die Here het altesame sewe maande in die land van die Filistyne gebly (1 Sam 6:1).

1 Samuel 6. Nadat die hand van die Here swaar op hulle gerus het, het die Filistyne die ark van God teruggestuur na die volk Israel, na die dorp Bet-Semes.

Page 94: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

86

1 Samuel 6:19-21. Die mense van Bet-Semes het uit nuuskierigheid die ark van die Here bekyk, en as gevolg daarvan het 50 070 mense gesterf. Niemand mag die ark bekyk of dit betas het nie (Num 4).

1 Samuel 7:1-2. Daarop het die mense van Bet-Semes boodskappers gestuur na die inwoners van Kirjat-Jeárim om die ark van die Here na hulle toe af te bring. Die ark van die Here word gebring na die huis van Abinádab in die dorp Kirjat-Jeárim. Dit het twintig jaar lank daar gebly. Abinádab se seun Eleásar is geheilig om die ark van die Here te bewaak.

1 Samuel 14:18. Saul beveel die priester Ahia om die ark van God tydelik af te bring na die oorlogskamp.

2 Samuel 6:1-9. Dawid besluit om die ark van God na Jerusalem oor te bring. Ussa word met die dood gestraf omdat hy aan die ark geraak het. Dawid, uit vrees vir die Here, laat die ark uitdraai na die huis van Obed-Edom. Die ark het drie maande in sy huis gebly (2 Sam 6:10-11).

1000 v.C.

“ ’n BEDEVAARTSLIED. o HERE, dink aan Dawid, aan al sy moeite; dat hy aan die HERE gesweer het, hierdie gelofte gedoen het aan die Magtige van Jakob: Sekerlik sal ek nie ingaan in die tent van my woning of klim op die bed wat vir my gesprei is nie; sekerlik sal ek my oë geen slaap gun, aan my ooglede geen sluimering nie, totdat ek ’n plek vind vir die HERE, ’n woning vir die Magtige van Jakob! Kyk, ons het daarvan gehoor in Éfrata; ons het dit gevind in die velde van Jaär. Laat ons na sy woning gaan, ons neerbuig voor die voetbank van sy voete. Staan op na u rusplek, HERE, U en die ark van u sterkte! Laat u priesters bekleed wees met geregtigheid en laat u gunsgenote jubel. Wys u gesalfde nie af nie, ter wille van Dawid, u kneg. Die HERE het aan Dawid gesweer in waarheid (Hy sal daarvan nie terugkom nie): Van die vrug van jou liggaam sal Ek laat sit op jou troon.

Page 95: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

87

As jou seuns my verbond hou en my getuienisse wat Ek hulle leer, dan sal húlle seuns ook vir ewig op jou troon sit. Want die HERE het Sion uitgekies, Hy het dit as woonplek vir Hom begeer en gesê: Dit is my rusplek vir ewig; hier wil Ek woon, want Ek het dit begeer. Sy voedsel sal Ek ryklik seën, sy behoeftiges versadig met brood; en sy priesters sal Ek met heil beklee, en sy gunsgenote sal vrolik jubel. Daar sal Ek vir Dawid ’n horing laat uitspruit; Ek het vir my gesalfde ’n lamp toeberei. Ek sal sy vyande met skaamte beklee, maar op hom sal sy kroon skitter” (Psalm 132) .

2 Samuel 6:12-17. Koning Dawid bring die ark van die Here na Jerusalem oor nadat hy gehoor het die Here het die huis van Obed-Edom geseën. Dié keer word die verbondsark op die regte manier vervoer, op die skouers van die Levitiese priesters. Dawid het die ark in die stad van Dawid, binne die tent wat hy daarvoor opgeslaan het, laat neersit.

2 Samuel 7:1-29. Dawid begeer om vir die Here ’n huis te bou ter wille van die ark van God, maar die Here laat Dawid nie toe om vir Hom ’n tempel te bou nie. God beloof aan Dawid dat daar uit sy nageslag een van sy seuns vir die Here se Naam ’n huis (tempel) sal bou.

2 Samuel 15:25, 29. Dawid vlug uit Jerusalem vir sy eie seun Absalom; die priester Sadok volg Dawid met die ark van God. Dawid beveel Sadok om die ark van God terug te bring in die stad; Sadok en Abjatar het die ark van God teruggebring na Jerusalem en daar het dit gebly. 1 Konings 8. Koning Salomo bou die tempel van die Here en laat bring die verbondsark uit die stad van Dawid na die tempel in die binneste vertrek, die Allerheiligste. Daar het die ark van God ’n rusplek gevind.

2 Kronieke 34:14-15:3. Josía, koning van Juda, verneem dat die wetboek van die Here gevind is en laat die heilige ark terugplaas in die tempel van Salomo.

Page 96: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

88

600– 586 v.C.

2 Konings 24-25; 2 Kronieke 36. Die Babiloniërs dra die voorwerpe weg uit die tempel van die Here en verwoes en verbrand die tempel. Voordat die Babiloniërs die tempel in 586 v.C. finaal verwoes en verbrand het, het hulle die tempel eers geplunder en die heilige voorwerpe verwyder (2 Kron 36:18).

Die verbondsark is óf deur die Babiloniërs geneem en vernietig óf deur die priesters en Leviete weggesteek. Die ark se bestaan of waar dit in bewaring gehou word, bly tot vandag ’n verborgenheid.

Die profeet Jeremia skrywe dat daar nie aan die verbondsark van die Here gedink en dit nie gesoek sal word en nie weer gemaak sal word nie. Dit sal deur die teenwoordigheid van die Here vervang word (Jer 3:16-17).

27-33 n.C

Laat in die eerste eeu ná Christus skrywe die skrywer aan die Hebreërs (die Joodse volk): “Maar Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die toekomstige weldade, het deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie, ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en ’n ewige verlossing teweeggebring” (Heb 9:11-12).

100 n.C. Voorts lees ons in die boek Openbaring dat die apostel Johannes skryf:

En die tempel van God het in die hemel oopgegaan en sy verbondsark is in sy tempel gesien, en daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael (Op. 11:19).

Page 97: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

89

Ten slotte lees ons wanneer die nuwe hemel en die nuwe aarde aanbreek en die nuwe Jerusalem van God uit die hemel neerdaal:

En ‘n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam (Op 21:22).

Page 98: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus
Page 99: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

91

Hoofstuk 6

Tempels in die Heilige Skrif

eur die eeue heen het die blote gedagte aan Jerusalem die diepste gevoelens in Jode sowel as Christene geroer. Jerusalem – Jerusalem, die stad van die lewende God!

Ons lees in die evangelie van Lukas: “En toe Hy naby kom en die stad sien, het Hy daaroor geween en gesê: As jy tog maar geweet het, ja, ook in hierdie dag van jou, die dinge wat tot jou vrede dien! Maar nou is dit vir jou oë bedek. Want daar sal dae oor jou kom dat jou vyande ’n skans rondom jou sal opwerp en jou omsingel en jou van alle kante insluit. En hulle sal jou en jou kinders in jou teen die grond verpletter; en hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie” (Luk 19:41-44). Jesus het geween oor die stad Jerusalem waarbinne die tempel van die Here gestaan het. Van hierdie stad en plek word gespreek deur die profeet Jesaja: “En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vas staan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en al die nasies sal daarheen toestroom. En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die HERE, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem” (Jes 2:2-3).

Daar word in die Bybel in die geskiedenis van, en profesieë oor, Israel na die volgende vier tempels verwys:

D

Page 100: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

92

die tempel van Salomo;

die tempel van Herodes;

die tempel van die Verdrukking; en

die tempel van die Messiasryk.

DIE TEMPEL VAN SALOMO

Ons gaan die tempels dan ook in hierdie volgorde behandel. Die eerste is die tempel van Salomo. Dit staan dan ook as “die eerste tempel” bekend.

Die Skrifte verskaf baie detail rakende die bou van die tempel deur koning Salomo in 1 Konings, hoofstukke 5-8, en 2 Kronieke, hoofstukke 3-7. Die basiese struktuur van die tempel was dieselfde as die tabernakel van Moses, behalwe dat dit op ’n skaal twee keer so groot was. Die Here het deur sy Gees die voorbeeld en plan aan koning Dawid gegee wat hy aan sy seun Salomo oorgedra het (1 Kronieke 28-29).

Dit het sewe jaar geduur om die tempel te voltooi (1 Kon 6: 37-38), en die ark van die Verbond is in die Heilige der Heilige geplaas – nie ’n nuwe ark nie, maar dieselfde een wat in die tabernakel van Moses was.

Sommige van die prominentste aspekte rondom die tempel van Salomo was:

Die tempel van die Here was gebou in Jerusalem, die stad van die lewende God.

Die tempel was gebou op die berg Moria, waar Abraham vir Isak geoffer het (Genesis 22).

Page 101: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

93

Die tempel was gebou op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet, in Jerusalem op die berg Moria (2 Kron 3:1). Lees ook 2 Samuel 24 en 1 Kronieke 21.

Die tempel was gebou uit klippe wat kant en klaar voorberei was uit die klipgroef en toe na die tempelgebied gebring is (1 Kon 6:7).

Die tempel was gebou uit sederhout en sipresplanke wat met goud oorgetrek was (1 Konings 6).

Die tempel se meublement het dieselfde voorbeeld gevolg as die tabernakel wat Moses laat bou het.

Die tempel was gebou vir die Naam van die Here, net soos in die geval van die tabernakel van Moses (1 Kon 8:18, 29, 41-43).

Die tempel was aan die Here toegewy deur bloedofferandes (1 Konings 8).

Die tempel was geheilig deur die teenwoordigheid en heerlikheid van die Here, net soos in die geval van die tabernakel van Moses (1 Kon 8:9-11; Ex 40:33-35).

Die tempel het die ark van die Verbond gehuisves in die Allerheiligste, en in die ark was niks anders as net die twee kliptafels wat Moses van God ontvang het nie (1 Kon 8:9).

Vierhonderd jaar later is hierdie tempel verwoes en tot in die grond afgebreek deur koning Nebukadnésar, koning van Babel. Die Here God het dit toegelaat omdat die volk Israel afgodery en gruwels daarin bedrywe het (Eségiël 8-10; Jeremia 7:1-14; 2 Konings 25:8-17).

Page 102: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

94

DIE TEMPEL VAN HERODES

Inderwaarheid is met die herbouing van die tempel, aan die einde van die 70 jaar Babiloniese ballingskap deur Serubbábel, begin (Esra 1:3; 3:12-13; 4:1-24; Haggai 2:15-19; Sagaría 6:12-15; Maleági 3:1).

Hierdie herboude tempel is in die daaropvolgende byna 400 jaar gedurig deur die konings van die noorde (Sirië) en die konings van die suide (Egipte) geplunder. In die laaste eeu voor Christus is die tempel deur koning Herodes herbou, om die Jode se guns te wen. Hy het 46 jaar daaraan gebou en dit verfraai (Joh 2:20).

Dit is dan ook hierdie tempel wat gestaan het in die tyd van Jesus Christus se omwandelinge toe Hy op die aarde was. Hierdie tempel staan dan ook as “die tweede tempel” bekend.

Jesus Christus het in sy bediening van drie-en-’n-half jaar dan ook van hierdie tempel gespreek as “die huis van My Vader” (Joh 2:16-20; Matt 21:12-15). Hierdeur het Jesus steeds aan die Ou Verbond erkenning gegee ten spyte van die skynheilige toestand van die tempeldiens in daardie tyd.

Hierdie tempel is in 70 n.C. verwoes deur die Romeinse soldate onder Titus. Dit was ’n vervulling van Jesus Christus se profesie (Matt 23:38; 24:1-2; Luk 19:41-46).

DIE TEMPEL VAN DIE VERDRUKKING

Hierdie tempel van die Verdrukking sal in die komende groot verdrukking (Matt 24:21), die 70ste jaarweek van Daniël, deur die Joodse volk in Jerusalem gebou word. Ons lees in 2 Thessalonicense 2:1-12 van hierdie tempel waarin die Antichris, die mens van sonde, homself tot God sal verklaar en in die tempel as God sal sit, en voorgee dat hy God is.

Page 103: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

95

In die boek Openbaring word na die opmeet van hierdie tempel in Jerusalem verwys, asook na die ontheiliging daarvan: “En ’n riet soos ’n stok is aan my gegee, en die engel het gestaan en gesê: Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die wat daarin aanbid. Maar die voorhof buitekant die tempel moet jy uitlaat en dit nie meet nie, want dit is aan die heidene gegee; en hulle sal die heilige stad twee-en-veertig maande lank vertrap” (Op 11:1-2).

Die apostel Johannes het die profesie oor die derde tempel ontvang 25 jaar nadat die tempel van Herodes (die tweede tempel) in 70 n.C. deur die Romeine verwoes is. Dus kan dit slegs op ’n toekomstige tempel betrekking hê.

Hierdie derde tempel sal ná 3½ jaar deur die valse messias (Antichris) ontheilig word: “En hy sal een week lank (profetiese week, sewe jaar) met baie ’n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou” (Dan 9:27). Dié tyd staan ook bekend as die benoudheid van Jakob (Jer 30:7), of ook as “die Groot Verdrukking” (Matt 24:21-22; Op 7:13-14). In die middel van die sewejaar-lange Groot Verdrukking sal die Antichris wat die sewejaar-verbond geïnisieer het, dit verbreek. Hierdie tydperk is een van die mees gedokumenteerde periodes van tyd in die ganse Bybel (Dan 4:16, 23,25; 7:25; 9:27; 12:7; Op 11:2-3; 12; 13:5). Dit het geweldige implikasies vir die volk van Israel in die eindtyd.

Die Here Jesus Christus het in noue aansluiting by Daniël na die gruwelike afgodsbeeld van die Antichris in die tempel verwys, wat kort voor die aanbreek van die Groot Verdrukking (die laaste 3½ jaar van die Verdrukking) in die tempel opgerig sal word. “Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting (die valse messias en sy beeld), waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom (tempel) – laat hy wat lees, oplet – dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug; . . . Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van

Page 104: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

96

die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie” (Matt 24: 15-21). In die eindtyd sal die ontnugterde Jode in Israel vinnig moet vlug omdat die Antichris in die middel van die Verdrukking, nadat hy sy verbond verbreek het, die Jode sal probeer uitwis wanneer hulle weier om hom of sy beeld te aanbid.

Paulus verwys ook na die Antichris se ontheiliging van die tempel in die middel van die Verdrukking wanneer die Antichris homself as God verklaar. Hy beskryf hierdie mens van sonde as: “die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is” (2 Thes 2:4).

In Openbaring 11 word uitdruklik na die tempeldiens en die ontheiliging van die tempel in die Groot Verdrukking verwys. “Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die wat daarin aanbid. Maar die voorhof buitekant die tempel moet jy uitlaat en dit nie meet nie, want dit is aan die heidene gegee; en hulle sal die heilige stad twee-en-veertig maande (3½ jaar) lank vertrap” (Op 11:1-2). Die voorhof is die plek waar handel gedrywe is. Dit is aan die heidene gegee waar hulle onder die bewind van die Antichris die heilige stad twee-en-veertig maande lank vertrap. Hierdie tydperk is ’n uitgemete tydperk onder Goddelike bepaling. Dit is 1 260 dae of drie-en-’n-half jaar.

In Openbaring 13 word die volle implikasies van die oprigting van hierdie afgodsbeeld in die tempel aangetoon. Dit sal die gedwonge aanbidding van die Antichris as die selfverklaarde god van hierdie wêreld behels, asook summiere doodstraf vir almal wat sal weier om hom as God te aanbid. Die valse profeet sal okkultiese lewe aan die beeld verleen: “En dit is hom gegee om ’n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie” (Op 13:15). Die valse profeet laat nie net vuur uit die hemel neerdaal nie, maar hy verlei ook die bewoners van die aarde en sê

Page 105: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

97

dat hulle die Antichris moet aanbid (Op 13:12-14). Diegene wat weier om die Antichris te aanbid, sal met hulle lewe daarvoor boet, ander met hul inkomste (Op 13:16-18).

Wanneer die Antichris homself as God verklaar, sal hy nie net die Joodse offerdiens verbied nie, maar ook alle ander godsdienste (Op 17:1-7; 16-18). Alle ander vorms van aanbidding sal dan streng verbode en met die dood strafbaar wees.

Uit al die Bybelse gegewens is dit duidelik dat die derde tempel, die een in die dae van die Groot Verdrukking, binnekort in Jerusalem gebou sal word omdat Bybelprofesie dit baie duidelik stel – daar sal ’n tempel in die eindtyd bestaan. Ook sal daar offers gebring word in daardie tyd, wat beteken die tempeldiens sal weer ingestel word deur die geestelike leiers van die volk van Israel (Dan 9:27). Die Antichris gaan hierdie situasie uitbuit vir sy eie gewin (Matt 24:15-21; 2 Thes 2:3-9; Op 11:1-2; 13:4-18).

Die vervulling van die profesieë met betrekking tot die herbou van die tempel in Jerusalem sal in die laaste dae voor die eerste helfte van die Groot Verdrukking en gedurende die Groot Verdrukking plaasvind. Vir Bybelprofesie om vervul te word rakende die Antichris en sy verskyning voordat die ware Messias, Jesus Christus, uit die hemel verskyn, moet daar in die laaste dae ’n tempel in Jerusalem gevestig word.

DIE TEMPEL VAN DIE MESSIASRYK

Hierdie nuwe tempel sal ná die koms van die ware Messias in Jerusalem gebou word (Eségiël, hoofstukke 40-44). Dit is die vierde tempel. Dit sal die aanbiddingsplek vir die herstelde volk van Israel in die vrederyk van Christus wees.

Page 106: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

98

Die profeet Eségiël beskryf die ontwerp van ’n letterlike tempel wat gedurende die duisendjarige vrederyk van Christus (Op 20:1-3), die Millennium-tydperk, op die aarde in die stad Jerusalem sal wees.

Die Millennium-tempel sal in die vrederyk die doel hê as ’n terugverwysing na die offer van die Messias as die Lam van God wat vir die sondes van die hele wêreld geoffer is (Heb 10:5-12). Die grondplan van die tempel neem die vorm van ’n kruis aan waarop daar sewe verwysingspunte is waar die voorwerpe vir die tempeldiens geplaas word. Die een lyn begin by die buitenste poort, wat simbolies op Jesus dui. Hy is die poort deur wie ons toegang tot die heiligdom en die genadetroon van God verkry. Die volgende punt op die lyn is die brandofferaltaar, wat na die offer van Jesus heenwys. Daarna is daar die koperwaskom, waarin bloed en water gemeng is – die bewys van die volbragte werk of offer van Christus. Steeds op dieselfde reguit lyn kom ons in die tempel by die reukofferaltaar uit, wat na die gebed in die Naam van Jesus verwys. Deur gebed kry ons toegang tot die geskeurde voorhangsel, toegang tot die genadetroon. Die ander lyn wat oor hierdie lyn sny om ’n kruis te vorm, strek van die goue kandelaar tot die tafel met die toonbrode. Die brandende kandelaar verwys na Jesus as die lig van die wêreld en die brode na Jesus en sy Woord as die brood van die lewe.

Volgens Eségiël 43:6-12 het die Here al die detail gegee sodat die Jode kan fokus op die heiligheid van God en dit hulle tot ’n hartsverandering kan bring. Die aanbidding is gebaseer op die Levitiese orde kragtens die Mosaïese Wet.

In hierdie beskrywing van die vrederyk-tempel verseker die profeet Eségiël die volk dat die Here sy Verbondsbeloftes sal hou en dat hulle eendag weer die heerlikheid van God se teenwoordigheid onder hulle as ’n volk sal hê.

Page 107: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

99

Ander profete het ook so ’n woord van bemoediging vir die volk gehad (Jesaja 2:1-5; 60:1-13; Jeremia 33:18; Joël 3:18; Miga 4:2; Haggai 2:7-9; Sagaría 6:12-15; 14:16-21; Eségiël 37:24-28). Amen.

Page 108: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus
Page 109: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

Deel 2

Die Priesterskap

Page 110: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus
Page 111: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

103

Hoofstuk 7

DIE PRIESTERSKAP

ot hiertoe het ons die tabernakel bestudeer in verhouding tot sy struktuur en meublement (huisraadstukke) met die beklemtoning van die waarheid dat God na die mens toe gekom het. Nou gaan ons

die priesterskap bekyk met die klem op die mens se toetrede tot die teenwoordigheid van God.

Terwyl ons oor die tabernakel nadink, het ons nodig om stil te staan by die mense wat deur God afgesonder is om in die tabernakel te bedien: die priesters en die Leviete. God het ’n man afgesonder wat Hy tot ’n groot volk gemaak het, Abram, later hernoem “Abraham”. Die naam van die volk wat uit hom gebore is, is Israel. Hulle sou sy eiendomsvolk uit al die volke wees, ’n koninkryk van priesters en ’n heilige nasie (Ex 19:5-6). Uit hierdie volk het die Here een stam afgesonder, die stam van Levi, om in ’n letterlike sin vir Hom ’n priesterlike geslag te wees. Uit die stam van Levi het God een huis afgesonder, die huis van Aäron, om vir Hom die priesteramp te beoefen. “Dan moet jý jou broer Aäron, en sy seuns saam met hom, uit die kinders van Israel, laat nader kom na jou toe, dat hy vir My die priesteramp kan bedien: Aäron, Nadab en Abíhu, Eleásar en Itamar, die seuns van Aäron” (Ex 28:1). Aäron, die hoëpriester, en sy vier seuns was dus die eerste priesters. Daarna, deur die jare heen, het die afstammelinge van die huis van Aäron as priesters opgetree. Die oudste seun van die vorige hoëpriester het altyd sy plek geneem. Die Hebreeuse woord vir “priester” kan ook vertaal word as bedienaar.

T

Page 112: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

104

Die amp van die priesters was drievoudig. Ten eerste moes hulle in die tabernakel bedien. Hulle moes dus offerrook laat opgaan op die brandofferaltaar en op die reukofferaltaar, en was verantwoordelik vir al die werke in die heiligdom en in die Allerheilige.

Tweedens moes hulle die volk leer of onderrig aangaande hul verpligtinge teenoor God. “Want die lippe van ’n priester moet kennis bewaar, en uit sy mond word onderrig gesoek, want hy is ’n boodskapper van die HERE van die leërskare” (Mal 2:7). Dit is nie toeval dat die naam Aäron “verlig” of “ingelig” beteken nie – die een wat lig ontvang, deur God verlig word, om lig dan met ander te deel.

Derdens, was dit die taak van die priesters om die volk te seën. “En die HERE het met Moses gespreek en gesê: Spreek met Aäron en sy seuns en sê: So moet julle die kinders van Israel seën deur vir hulle te sê: Die HERE sal jou seën en jou behoed; die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee. So moet hulle dan my Naam op die kinders van Israel lê; en Ék sal hulle seën” (Num 6:22-27).

Die priesters was dus die geestelike leiers en leraars van die volk van God, en die geestelike vooruitgang van die volk het van hulle gehoorsaamheid en getrouheid aan hulle hoë roeping, afgehang.

Al die nakomelinge van Levi was gebore Leviete, behalwe, soos reeds gesê is, die huis van Aäron, wat die hoë amp van priesters beklee het. Behalwe Aäron die hoëpriester was daar in die begin dus net vier priesters – die vier seuns van Aäron. Maar al die geteldes van die Leviete, almal wat manlik was, van ’n maand oud en daarbo, was twee-en-twintig-duisend; en die dienspligtiges onder hulle, van dertig jaar oud en daarbo tot vyftig jaar, was agt-duisend-vyf-honderd-en-tagtig. Van hulle, lees ons, sê die Here: “maar stel jy die Leviete aan oor die tabernakel van die Getuienis en

Page 113: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

105

oor al sy gereedskap en oor alles wat daarby behoort. Húlle moet die tabernakel dra en alles wat daarby behoort, en hulle moet dit bedien en rondom die tabernakel laer opslaan. En as die tabernakel wegtrek, moet die Leviete dit afbreek; en as die tabernakel rus, moet die Leviete dit oprig; en die onbevoegde wat nader kom, moet gedood word” (Num 1:50-51).

Die hele stam van Levi is aan die priesters gegee (die huis van Aäron) vir die doel om hulle te assisteer in hul heilige werksaamhede. Die Leviete, behalwe in ’n absolute noodgeval, is nie toegelaat om enige priesterlike taak te vervul nie. Hulle is nie toegelaat om offers te bring, bloed te stort of te sprinkel nie, ook nie reukwerk op die reukaltaar te plaas of enige werk in die heiligdom te doen nie; nogtans kon hulle baie behulpsaam wees as dienaars vir die priesters in die uitvoering van hul take.

Een uitsonderlike geval van waar die Leviete die priesters behulpsaam was, was toe koning Jehiskía die tempel laat reinig het en die priesters die heilige gawes, seshonderd beeste en drieduisend stuks kleinvee, moes offer (2 Kron 29:33). Ons lees in die Bybel: “Net die priesters was te min en kon nie al die brandoffers afslag nie; maar hulle broers, die Leviete, het hulle ondersteun, totdat die werk klaar was en totdat die priesters hulleself geheilig het; want die Leviete was opregter van hart om hulleself te heilig as die priesters” (2 Kron 29:34). Die verskeidenheid van take ten opsigte van die tent van samekoms, die tabernakel, was heeltemal te oorweldigend vir Aäron en sy seuns om te vervul; selfs die voorbereiding van die offers vir die brandofferaltaar het baie fisieke arbeid geverg wat die priesters nie alleen in staat was om te volbring nie. Daarom het die Here God aan die priesters, hul broers, die Leviete gegee om hulle in al hul take te ondersteun. Die Leviete was altyd byderhand om, in watter opsig die priesters ook al hulp nodig gehad het, hulle by te staan.

Page 114: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

106

Ten spyte van al hul sondes en tekortkominge het die priesters en Leviete, tot op die tyd van onse Here Jesus Christus, die Heilige Skrifte bewaar en in die tempel en sinagoges die Skrifte gelees en aan die volk van die Here verklaar. Baie van die priesters en Leviete het hul take teenoor God en die Hebreeuse volk volbring om aan die Here God heerlikheid te bring.

Voorts sien ons Levi het drie seuns gehad: Gerson, Kehat en Merári. Daar was dus drie geslagte onder die Leviete en elkeen se dienswerk word duidelik aangewys in die vierde hoofstuk van Númeri:

die seuns van Kehat (Num 4:2-20; 3:30-31);

die seuns van Gerson (Num 4:22-28; 3:25-26); en

die seuns van Merári (Num 4:29-33; 3:36-37).

In Númeri 18 word die werk van die priesters, in teenstelling met die van die Leviete, sowel as albei se voorsiening in hul lewensonderhoud, beskrywe. Dié hoofstuk toon aan ons die wedersydse verhouding tussen die priesters en die Leviete.

Wat die huis van Aäron betref, hy en sy seuns moes die priestersamp waarneem met betrekking tot al die sake van die altaar en van wat binnekant die voorhangsel is (Num 18:7). Hulle moes dus die diens van die heiligdom en die diens van die altaar waarneem (Num 18:5).

Wat die Leviete betref, die stam van Levi (Kehatiete, Gersoniete en Merariete) moes hulle die dienswerk van die hele tent waarneem, al die dienswerk van die tent (Num 18:2-4,6). Die taak van die Leviete was beperk tot die diens van die tabernakel (Num 3:6-9). In teenstelling met die Leviete het die priesters dus toegang gehad tot die Heilige, “die onbevoegde wat nader kom, moet gedood word” (Num 3:10).

Page 115: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

107

Wat die inkomste van die priesters en die Leviete betref, sien ons die volgende:

Aan die priesters word toegeken “die heilige gawes” (Num 18:8), ’n deel van die spys-, sond- en skuldoffers (vers 9-10); die heffing van die beweegoffers (vers 11); die beste van die olie, mos en koring (vers 12); die eerstelinge van die land (vers 13); alles wat onder die ban is (vers 14); die eergeborenes van die rein diere (vers 15, 17-18); die losprys van die eersgeborenes van mense en die onrein diere (vers 15-16); die tiende van die tiendes (vers 25-32).

Wat die inkomste van die Leviete betref, dit het bestaan uit die tiendes van die volk (vers 21-24, 30-31). Hulle moes ’n tiende van die tiende wat hulle ontvang het aan die priesters afstaan (vers 26).

Vervolgens gaan ons nou na die hoëpriesteramp van Aäron en Jesus Christus kyk.

DIE HOËPRIESTERSKAP Aäron – die hoëpriester (Ex 28; 39:1-31). Moses en Aäron was van die stam van Levi. Die Here het Aäron, Moses se broer, die eerste hoëpriester uit die stam van Levi gemaak. Aäron was geheilig om hoëpriester te wees, ook moes hy wegbly van enigiets wat hom kon besoedel het omdat hy die tussenganger was tussen die Here God en die volk Israel. Alleenlik Aäron se nageslag is toegelaat om priesters te wees en die priesteramp te bedien. Die Leviete is wel toegelaat om in die tabernakel te bedien en dit rond te dra op hul woestynreis.

Page 116: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

108

Die hoëpriester het besonderse klere gedra vir sekere take wat hy moes verrig. Die kleredrag het bestaan uit ’n rok (onderkleed), gordel, mantel en skouerkleed. Bo-op die skouerkleed was twee oniksstene waarop die name van die twaalf stamme van Israel verskyn het. Ook het die hoëpriester op sy bors die borstas van beslissing gedra, waarin die Tummim en die Urim gehou is, wat in uitsonderlike gevalle gebruik is om die wil van God te bepaal.

Die taak van die hoëpriester was om offers van bulle en bokke vir sy eie sonde, sowel as vir dié van die volk, te bring. Hy het voor die Here verskyn om leiding vir sekere besluite te vra. Deel van sy taak was ook die sorg van die tabernakel en sy dienswerk. Jesus Christus – die beter Hoëpriester volgens die orde van Melgisédek (Heb 4:14-16; 5:5-10; 6:19-10:22). Jesus is die vervulling van die volmaakte priesterskap. Melgisédek is ʼn tipe van Christus as priester-koning. Die tipe verwys streng na die priesterlike werk van Christus in sy opstanding, omdat Melgisédek ʼn voorstelling is van die herinnering aan die offer, brood en wyn (Gen 14:18). Koningskap en priesterskap het oorspronklik hand aan hand gegaan – ons sien dus die koning-priester-verband in Melgisédek en Christus.

“Na die orde van Melgisédek” (Ps 110:4; Heb 5:5-6; 6:20, en so meer) verwys na die koninklike gesag en tydlose duurte (ewigheid) van Christus as Hoëpriester (Heb 7:23-24). Die Aäronitiese priesterskap is voortdurend onderbreek deur die dood van die priester. Christus is priester volgens die orde van Melgisédek: as Koning van geregtigheid, Koning van Vrede (Jes 11:4-9; Heb 7:2) en ook in die eindeloosheid van sy priesterskap, terwyl die Aäronitiese priesterskap Christus se priesterlike taak tipeer.

Page 117: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

109

AS ’N TIPE Melgisédek is ʼn ewebeeld van Christus (Heb. 7:15) en as ʼn tipe het dit ʼn profetiese karakter gehad omdat hy ’n afskaduing van Christus in die toekoms was. In sy priesterskap is hy aan die Seun van God gelykgestel. Hy het geen opvolger gehad nie en daar sal ook nooit iemand kan wees wat Jesus as hoëpriester kan opvolg nie. In alle opsigte was Melgisédek ʼn tipe van Christus. Melgisédek is nie ʼn priester as gevolg van ʼn stamboom van priesters soos dié van Aäron en Levi nie. Melgisédek het sy priesterskap direk van God ontvang. Dit was gebaseer op karakter en nie op ʼn stamboom nie. So ook is die priesterskap van onse Here Jesus Christus (Heb 7:13-17; Heb 5:4-6). Tydens die priesterskap “bly hy priester altyddeur” (Heb 7:3). Van Melgisédek bly dit waar in hierdie sin: Daar is geen rekord van die opsegging van sy priesterskap deur die dood of andersins nie. Soos wat hy dit ook nie ontvang het van sy ouers of dit deur sy stamboom oorgedra is nie, het hy ook nie sy priesterskap opgegee nie. In Christus Jesus ons Hoëpriester, die groot Antitipe, het ons ʼn priesterskap wat nie op ʼn ander oorgaan nie (Heb 7:24). Hy is priester volgens die orde van Melgisédek. Hy leef altyd om vir ons in te tree (Heb 7:25).

HOE DIE AÄRONITIESE EN MELGISÉDEKSE PRIESTERORDES VERSKIL Die verskil tussen die priesterskap van Aäron en Malgisédek word duidelik onderskei in die persoon, die orde en tydsduur.

Page 118: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

110

PERSOON In die Aäronitiese orde was die priesters feilbare, sondige persone (Heb 5:1-3). In die orde van Melgisédek word die sondelose getipeer (Heb 4:15; 7:26-28).

ORDE Die Here het die orde van Aäron ingestel uit die geslag van Levi (Num 17:1-8; Ex 28:1). Die orde van Melgisédek was vóór dié van Levi – terwyl die nageslag van Levi eers 430 jaar later gekies is om die priesterstam uit die 12 stamme van Israel te wees.

TYDSDUUR Aäron het gesterf en ander het hom opgevolg (Heb 7:23). Dit was ʼn tydelike priesterorde.

Jesus besit ʼn priesterskap wat nie op ʼn ander oorgaan nie (Heb 7:24). In Hom het ons ʼn Ewige, Onsterflike Hoëpriester. Soos Melgisédek van Abraham tiendes ontvang het, so ontvang ons Here Jesus Christus, ons Getroue Hoëpriester, tiendes deur sy Kerk (gemeente) (Heb 7:5-10).

WANNEER HET HIERDIE HOËPRIESTERSKAP VAN JESUS BEGIN? Ons vind ʼn baie besonderse verklaring in Psalm 110. Eers die verklaring van die HERE (Jahweh) aan Jesus in vers 1. “Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak ʼn voetbank vir u voete” en verder lees ons “die Here het gesweer en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek” (vers 4).

Page 119: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

111

Histories begin Psalm 110 met die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Sien Handelinge 2:33, 7:56, Hebreërs 10:11-13 sowel as Hebreërs 7:25-28 as vervulling van die tipe van Melgisédek in die persoon van Christus ná sy opstanding uit die dood.

Ons sien dus in die Nuwe Testament dat die Here (Adonai) van Psalm 110 Jesus Christus is. Ook word daar van Hom gesê:

Psalm 110:1 – Sit aan my regterhand. Ons weet uit die Skrifte dat die enigste Een wat ooit genooi is om aan die regterhand van die Vader te sit, Jesus Christus is.

Psalm 110:1 – Totdat Ek u vyande maak ʼn voetbank vir u voete. Dit kan eers gebeur wanneer Jesus verhef word tot die regterhand van die Vader. En wag (Hy) nou verder totdat sy vyande gemaak is ʼn voetbank van sy voete (Heb. 10:13). Jesus is dus nou in die hemel en wag dat dit gebeur tot op die dag van sy heerlike sigbare wederkoms vanuit die hemel, wanneer alles en almal aan Hom onderworpe sal wees.

Psalm 110:4 – U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek. Alle ander priesters het gesterwe (Heb 7:23), maar Jesus beklee die Hoëpriesterskap vir ewig.

Psalm 110:6 – Hy sal ʼn strafgerig hou onder die nasies. Met die dag van sy wederkoms sal die nasies van die aarde geskei word, boknasies en skaapnasies (Matt 25:31-46), ʼn groot oorlog en oordeel sal in die dag voltrek word oor die nasies wanneer Hy strafgerig hou (Op 19:11-21).

In Psalm 110, die Messiaanse psalm, bevestig Dawid twee groot waarhede:

Page 120: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

112

die Godheid van die Messias; en

die Hoëpriesterskap van die Messias.

Christus is die Messias- (Gesalfde) Priester, nie deur die mens aangestel of verorden nie, maar deur ʼn eedswering van Jahweh God wat Christus met ʼn eedswering bekragtig het as Hoëpriester volgens die orde van Melgisédek.

Hierdie Gesalfde Priester het geen opvolger nie; sy priesterskap is ewig uniek!

Psalm 110:4 spreek van Christus se priesterlike werk vir sy mense soos opgeteken in Hebreërs 5-9.

Voorts sien ons met Jesus se verskyning ná sy opstanding uit die dode het Hy ʼn kleed aan wat tot op die voete hang (Op 1:13) – die Grieks vir die kleed is pondores. Dieselfde woord word gebruik wanneer daar na die kleed van die Hoëpriester verwys word.

DIE STAM VAN JUDA EN DIE STAM VAN LEVI Onse Here Jesus kom uit die stam van Juda en met betrekking tot hierdie stam het Moses niks gesê van die priesterskap nie (Heb 7:12-14). Juda is die koninklike en Levi die priesterlike stam.

Die Latynse woord vir priester is pontifex, wat “brugbouer” beteken. Die priester was dus ʼn man wie se funksie was om ʼn brug te bou tussen God en die mens, hy het dus tussen God en mens gestaan. Dit is ʼn vreemde en eintlik ongelooflike feit dat die hele Joodse priesterskap op ʼn geslagsregister gegrond was. Persoonlike eienskappe het geen rol gespeel nie. Maar Jesus Christus was die Ware Priester, nie

Page 121: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

113

omdat Hy dit geërf het nie, maar omdat Hy is wat Hy is. Hierin was ʼn Priester groter as enige ander onder die stam van Levi. Die Priesterskap van Jesus is groter as dié van die Leviete omdat sy priesterskap met ʼn eed bevestig is (Heb 7:20-21; Ps 110:4).

Niemand sal ooit hierdie Hoëpriesterskap van Jesus (Heb 3:1) kan wegneem nie, vir alle ewigheid bly Hy die Een wat die mens aan God voorstel.

Jesus Christus is die beste Hoëpriester. Hy het nie enige diere geoffer nie, omdat die bloed van diere nie sonde weggeneem het nie, maar ten beste dit net bedek het (Heb 10:1-4), dit het mense net seremonieel gereinig. Christus se offer van Homself, die volmaakte Lam van God (Joh 1:29), was die één offer wat sonde vir altyd sou wegneem (Heb 10:5-18). Sy gewillige offer van Homself was die LAASTE OFFER. Nou weet ons, “omdat Hy vir ewig bly, besit (Hy) ’n priesterskap wat nie op ’n ander oorgaan nie. Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree” (Heb 7:24-25). Amen.

Noudat ons die hoëpriesterskap van Aäron teenoor Jesus Christus as Hoëpriester volgens die orde van Malgisédek in oënskou geneem het in deel 1 van die Priesterskap, kan ons ons nou wend na Aäron en sy God en Aäron en sy seuns, en hoe dit Christus en die gelowiges se priesterlike taak tipeer.

AÄRON EN SY GOD (Ex 28:1-2)

In die woorde van God aan Moses het ons eerstens Aäron se priesterlike aanstelling en tweedens Aäron se priesterlike bekleding.

Priesterlike aanstelling van Aäron. Die skrywer aan die Hebreërs herinner ons daaraan dat “elke hoëpriester wat uit die mense geneem

Page 122: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

114

word, tree ten behoewe van mense op in die dinge wat in betrekking tot God staan . . . en niemand neem die waardigheid vir homself nie, maar hy wat deur God geroep word, net soos Aäron” (Heb 5:1, 4). Die aanstelling of ordening van Aäron behels twee belangrike aanvangswaarhede, naamlik:

Aäron se reiniging (Ex 29:4). Nadat Aäron uit die volk geneem is, moes sy morele bevoegdheid en aanvaarbaarheid as God se hoëpriester in die openbaar gedemonstreer word. Net so is Christus deur die Vader aangestel as die Groot Hoëpriester (Heb 2:16-17). Christus se morele bevoegdheid om Hoëpriester te wees, het geskied net nadat Johannes die Doper Hom in die Jordaan gedoop het, dit was toé dat God uit die hemel gespreek en gesê het: “Dit is my geliefde Seun in wie Ek ’n welbehae het” (Matt 3:17).

Aäron se heiliging (Ex 29:7). Dit dien daarop gelet te word dat Aäron, nadat hy gereinig is, hier alleen met die olie gesalf is. Hier tipeer hy Christus as Hoëpriester. Later is hy saam met sy seuns gesalf (Lev 8:12-21, 30), waar hy die priesterdom van al die gelowiges in Christus voorstel (1 Pet 2:9). Van Christus kan ons sê: “Let op die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis, Christus Jesus, wat getrou was aan Hom wat Hom aangestel het . . .” (Heb 3:1-2).

Priesterlike bekleding van Aäron (Ex 28:2). Sy besonderse klere het hom as hoëpriester onderskei en die gewydheid en heiligheid van sy amp beklemtoon.

Die rok (Ex 29:5). “Jy moet ook die rok van fyn linne kunstig bewerk” (Ex 28:39). Aäron se fyn linnerok (onderkleed) wys op Christus se sondelose volmaaktheid en geregtigheid (Heb 7:26;

Page 123: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

115

Op 19:8). Jesus Christus het Hoëpriester geword nadat Hy uit die dode opgestaan het. Ons sien Hom nou verheerlik in die hemel “met ’n kleed aan wat tot op die voete hang” (Op 1:13). Die woord wat vertaal word “tot op die voete hang” is poderes en is dieselfde woord wat in die Griekse Ou Testament (LXX of Septuaginta) gebruik word om die linnerok van die hoëpriester te beskryf (Ex 28:4; 29:5; Lev 16:4). Aäron se hoëpriesterlike rok van fyn linne wys ook op Christus as ons Hoëpriester in die hemel.

Die gordel (Ex 39:29). Die veelkleurige gordel spreek van Christus as Hoëpriester in sy dienswerk (Op 1:13). Christus as ons Hoëpriester tree ten behoewe van ons by God in (Ef 4:11-16; 2:4-7; Heb 7:25).

Die mantel (Ex 28:31-35). Die mantel as bokleed is bo-oor die wit rok aangetrek en was van een stuk geweef sonder moue, met ’n opening vir die hoof in die middel daarvan (Ex 39:22-23). Dit was korter as die rok, maar langer as die skouerkleed. Aan die soom daarvan was daar granaatjies van pers, purperrooi en bloedrooi stowwe van fyn dubbeldraadlinne (Ex 39:24). Tussen elke granaatjie was ’n klokkie van suiwer goud (Ex 39:25-26). Hierdie mantel is net deur Aäron as hoëpriester gedra en nie deur sy seuns as gewone priesters nie. Die goue klokkies het gelui wanneer die hoëpriester geloop het. Dit het aan die volk wat buite in afwagting gestaan het, getuienis gegee dat die hoëpriester nog leef en dat hy besig is om vir hulle versoening by God te verkry. So spreek die goue klokkies dan van Christus se volmaakte voorspraak vir ons by God (1 Joh 2:1-2) in die hemel. Ons sien dat die eerste dissipels dan ook tot op die dag van Pinkster gewag het vir bevestiging dat Jesus vir hulle by God intree (Luk 24:46-51; Hand 1:4-5, 12-14; 2:1-4, 32-33).

Page 124: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

116

Die skouerkleed (Ex 28:6-14; 39: 2-7). Die volk kon nie die heilige teenwoordigheid van God betree nie. Tog het hulle deur middel van hul hoëpriester, wat hulle name op sy skouer gedra het, toegang tot God gehad. So bring Jesus Christus, ons volmaakte Middelaar en Hoëpriester wat altyd leef om vir hulle (ons) in te tree (Heb 7:24-25), ons name (Matt 10:32), ons belange, sorge en behoeftes voor God ons Vader (Ps 55:23; 1 Pet 5:7).

Die twee oniksstene op die skouerkleed het die name van die kinders van Israel voor God in gedagtenis gebring. Dit was dus twee gedenkstene. Oniks beteken “om met die glans van vuur te skyn”. Jesus Christus ons Hoëpriester beloof: “Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna en Ek sal hom gee ’n wit keursteen, en op dié steen ’n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang” (Op 2:17). Baie insiggewend is die feit dat in die nuwe orde wanneer die nuwe Jerusalem uit die hemel neerdaal (Op 21:2), sal gesê word die tabernakel van God is by die mense (Op 21:3), en sal die name van die twaalf stamme van die kinders van Israel op die twaalf poorte wees (Op 21:12), en die name van die twaalf apostels van die Lam sal op die twaalf fondamente van die stad wees (Op 21:14). Dus behoort die nuwe Jerusalem aan Israel en die Kerk (gemeente).

Die borstas (Ex 28:15-30). Die hoëpriester het die name van die kinders van Israel in die borstas van beslissing op sy hart gedra en hulle so voor die Here in gedagtenis gebring. In die hoëpriester se borstas van beslissing was die Urim en die Tummim, die middele waardeur hy die goddelike wil in besonderse gevalle verkry het (Num 27:21; Deut 33:8; 1 Sam 28:6; Esra 2:63). Die Urim en Tummim het te kenne gegee dat die hoëpriester, met sy borstas aan, toegerus is met die gesag

Page 125: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

117

om in noodgevalle God se beslissing rakende die volk te kan gee. Urim is lig en Tummim is volkomendheid. Die vorm van die twee voorwerpe is vir ons onbekend. Op een of ander wyse is in besondere gevalle ’n uitspraak van die Here verkry. In Christus ons Hoëpriester se uitsprake of sy Woord, het ons die middel waardeur ons die lig en volkome openbaring van sy wil en weg met ons het (Joh 17; 2 Tim 3:16-17).

Die tulband en die plaat (Ex 28:36-39). Die hoëpriester was met ’n tulband van fyn linne gekroon. Voor op die tulband was ’n goue plaat met die woorde “HEILIG AAN DIE HERE” daarop gegraveer. Dit was die kroningstuk van die priesterlike gewaad van heerlikheid en prag (Ex 29:6). Wanneer Aäron in die teenwoordigheid van God gekom het, het die Here die kroon “HEILIG AAN DIE HERE” gesien en op grond daarvan hom ontvang. So kon Aäron dan die skuld van die volk m.b.t. hul gebrekkige offers en gawes voor die Here bring en vir hulle intree, sodat hulle voor die aangesig van die Here welgevalle kon vind.

Aäron se bekroning met heiligheid of algehele afsondering tot God is tekenend van Christus wat ons skuld dra m.b.t. ons gebrekkige offers en dienste en deur Wie alleen ware versoening en reiniging van sonde bewerk kon word by God (Heb 2:17; 4:15-16; 7:24-28), sodat ons gebrekkige geestelike offers by God aanneemlik kan wees (Ef 1:6).

AÄRON EN SY SEUNS (Lev 8)

Ons het eers na Aäron alleen gekyk, nou gaan ons hom tesame met sy vier seuns behandel as tiperend van die priesterskap van al die gelowiges. Ons sien dat Aäron en sy seuns:

Page 126: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

118

Geroep was (Ex 28:1). Net so, deur geloof in Christus, is ons geroep tot ’n “heilige priesterdom” (1 Pet 2:5). In die ware sin van die woord is alle gelowiges priesters van God. Daarom het ons geen spesifieke orde van mense as middelaars nodig om vir ons by God in te tree nie. As priesters, in onderworpenheid aan die Groot Hoëpriester (Heb 3:1), het ons toegang tot die Allerheiligste in die hemel deur Christus (1 Tim 2:5).

Gereinig was (Ex 29:4). Daar was ’n wettiese reiniging (Ex 29:11). Alleen op grond van die sondoffer en gestorte bloed kon hulle kwalifiseer om God te aanbid. Net so is dit in ons geval. Ons kan alleen deur die bloed van die Lam tot God se teenwoordigheid toetree om ons priesterlike diens te verrig (Op 1:5-6). Ook was daar ’n morele reiniging (Ex 29:4). Geen offer of diens kon verrig word sonder die wassing by die koperwaskom nie. Vir ons as gelowiges is daar ’n aanvanklike wassing van die wedergeboorte waarna Paulus in Titus 3:5 verwys. Dan is daar die voortdurende en daaglikse reiniging deur die Woord (Ef 5:25-26).

Bekleed was (Ex 28:40, 42). Aäron se seuns was met die volgende artikels beklee: Rokke (Ex 28:40). Dit spreek van saligheid. Alleen wanneer ons met Christus se heil en geregtigheid (1 Kor 1:30) beklee is, kan ons voor God staan om diens te verrig. Gordels (Ex 28:40). Die gordel spreek van diens. As geestelike priester moet ons altyd gereed wees om geestelike diens te verrig (Luk 12:35-36).

Page 127: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

119

Musse (Ex 28:40). Die musse wys op onderdanigheid. So wil die Here hê dat ons elke gedagte, woord en daad tot gehoorsaamheid aan Christus moet bring. Linnebroeke (Ex 28:42). Die linnebroeke dui op die uitwissing van die self. Paulus vermaan die gelowiges om hulle met die Here Jesus Christus te beklee en om geen voorsorg vir die vlees en sy begeerlikhede te maak nie (Rom 13:14).

Toegewy was (Ex 29:9). Hierdie wydingseremonie word vir ons in Exodus 29:10-36 beskryf. Dit behels persoonlike toewyding (Ex 29:15,18). Voordat ons as geestelike priesters God kan bedien, moet ons weet wat dit beteken om ons liggame as ’n lewende, heilige en aan God welgevallige offer te stel (Rom 12:1). Niks minder nie as die toewyding van al ons vermoëns en talente konstitueer “die hele ram op die altaar”.

Sedelike afsondering tot gehoorsaamheid (Ex 29:19-21). Ten eerste, die bloedbestrykte regteroorbel dui op ’n geopende oor om te hoor en te gehoorsaam wat God hulle beveel het om te doen. Net so is ons as ’n priesterdom afgesonder om te hoor en te gehoorsaam wat God vir ons deur sy Gees en die geskrewe Woord sê om te doen. Laat ons dus let op Christus se ernstige vermaning “Pas op wat julle hoor” (Mark 4:24) – wat ons hoor, is God se boodskap en nie dié van ’n mens nie. “Pas dan op hoe julle hoor” (Luk 8:18) – hoe ons hoor, dui op ons houding wat ons kan inneem nadat ons gehoor het wat God tot ons gespreek het. Daarom, “wie ’n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê” (Op 2:7). Ten tweede, afsondering tot gewilligheid. Die bloedbestrykte regterduim wys op ’n gewillige hand wat ywerig en vlytig God se

Page 128: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

120

opdragte uitvoer. As ’n geestelike priesterdom is ons ook afgesonder tot die diens van die Here. As priesters moet ons altyd geestelike offers aan die Here bring. (1 Kron 29:5; Deut 16:16; Heb 13:15). Ten derde, afsondering tot ’n geestelike wandel. Die bloedbestrykte regtergroottoon spreek van ’n haastige voet wat in die weë van geregtigheid wandel.

As ’n geestelike priesterdom is ons ook afgesonder om in die weë van die Here te wandel (1 Joh 1:7). Ons het geen reg om ’n ander lewenswandel te handhaaf as dié van gemeenskap met die Here en van heiligmaking nie (Rom 8:8-15; 1 Kor 1:9; 2 Kor 6:14-18; 7:1). Ons het nou gesien wat die roeping, reiniging, bekleding en toewyding van die priesters vir ons leer. As ’n koninklike en geestelike priesterdom (Op 1:5-6; 1 Pet 2:5, 9) moet ons so wandel dat ons Hom behaag wat ons geroep en afgesonder het. Elke gelowige in Christus het ’n hoër roeping, om as lid van ’n heilige priesterdom die lig en heerlikheid van God en Christus en die evangelie van Jesus Christus, deur voorbeeld, wandel en leer te laat skyn.

Page 129: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

Deel 3

Die Offerandes

Page 130: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus
Page 131: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

123

Hoofstuk 8

DIE OFFERANDES

anneer ons die offerandes van die Ou Testament soos opgeteken in Levítikus 1-7 bestudeer, sal dit goed wees as ons onsself daaraan herinner dat daar:

deur die TABERNAKEL ’n weg tot God is – Christus is die ontmoetingsplek;

deur die PRIESTERSKAP ’n weg tot God is – Christus is ons Hoëpriester;

deur die OFFERANDES ’n weg tot God is – Christus is ons offerlam; en

deur die FEESTE ’n weg tot God is – Christus is ons fees.

Die offerandes was ’n kenmerk van die godsdiens van die volk Israel wat binne die raamwerk van die openbaring by die berg Sinai geskied het. Die prosedures wat in Levítikus uiteengesit word, veronderstel ’n heiligdom, ’n altaar en ’n priesterdom.

W

Page 132: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

124

Die Betekenis van die Bloedofferande

Alle offers is deur die geloof gebring (Heb 11:6, 28). Al vyf die Ou-Testamentiese offers was dus geloofsoffers. In die Ou-Testamentiese bestel moes die Israeliet glo dat God hom sou vergewe as hy die offer volgens die regte voorskrifte bring. In die Nuwe Testament moet die gelowige glo in die Lam van God (Jesus Christus), se offer (Heb 10:19-22; 4:2-3; 1 Joh 5: 4,5,13; 1 Pet 1:18-21).

Ons sien dat die gebruik van offerandes, waarin die bloed van diere gestort word, uit die vroegste begin van God se handelinge met die sondige mens spruit (Gen 3:21; 4:4; 8:20-22), en deur die hele Bybel heen strek. In die Nuwe Testament vind al die offers hul vervulling in die dood van Jesus Christus (Heb 9:11 – 10:18).

Die woord wat as “offer” vertaal word, beteken “gawe”. In die sleutelvers, Levítikus 17:11, word verklaar dat offerande ’n gawe van God aan die mens is; dit is Sy voorsiening in die mens se behoeftes. “Want die siel van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening deur die siel.” Maar hoe kan dít wat God aan die mens gee, vertolk word as iets wat die mens aan God gee? Twee belangrike leidrade oor die betekenis van die bloed en offerande word vir ons hier in Levítikus 17:11 gegee.

Die bloed bewerkstellig versoening. “Versoening” het beteken dat ’n prys betaal moes word, ’n losprys. Die bloed verskans die oortreder omdat daardeur, die prys voorsien word wat die sondeskuld voor God betaal. Slegs as hierdie prys betaal word, kan die sondige mens hoop op vergifnis en weer in die teenwoordigheid van God verskyn. Dit wat in Levítikus 17:11

Page 133: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

125

verklaar word, is presies wat deur die bloed moontlik gemaak word.

Die bloed het versoeningskrag omdat die “siel van die vlees” daarin is. Die grondbeginsel vir regverdige straf is “lewe vir lewe” (Deut 19:21). Die een lewe betaal vir die ander. Daarom, soos wat “om te versoen” beteken om die losprys te betaal, net so beteken die siel van die vlees dat die een siel, die een lewe, vir die ander siel betaal.

Met ander woorde, bloed beteken die dood (Gen 9:5; 37:26). In die offerande word die lewe van die dier beëindig. Die gestorte bloed is die simbool en bewys dat die lewe geneem is as betaling vir die sonde van die skuldige en as ’n plaasvervanger vir sy besmette lewe. Diereoffers demonstreer dus dat die offeraar sy of haar lewe aan God gee by wyse van die lewe van die offerdier. Diere-offerandes het die beginsel uitgedruk. In die dood van die Here Jesus Christus (die Lam van God) is dit ten volle verwerklik. In die Ou Testament het die volk ’n Godgegewe voorafskaduwing gehad van die bloed van Jesus vir ons gestort, en van sy plaasvervangende dood namens ons, vir ons sondes, die Regverdige vir die onregverdiges, eens en vir altyd (Heb 10:10, 12, 14).

Daar is vyf verskillende offers wat dié doelwitte vervul. Om lof en dank, aanbidding en toewyding, om versoening, sowel as die dek (toemaak) en verwydering van skuld en sonde, aan te toon.

Twee woorde kan al vyf die offers beskryf: “aanbidding” en “vergifnis”. Die rede vir die bring van offers was om hierdie rede: Gemeenskap met God word begeer en vergifnis van sonde word verlang deur die offeraar. Die vyf verskillende offers is, naamlik: brandoffer, dankoffer, spysoffer, sondoffer en skuldoffer.

Page 134: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

126

Uitleg van die vyf offerandes (Levítikus 1-7) Ons lees in Hebreërs 5:1 “elke hoëpriester wat uit die mense geneem word, tree ten behoewe van mense op in die dinge wat in betrekking tot God staan, om gawes en offers vir die sondes te bring”. Hier word vir ons die twee kategorieë offers gegee wat aan God gebring moes word, naamlik gawes en offers. Hierdie indeling is die sleutel tot die eerste sewe hoofstukke van Levítikus, waarin ons van vyf verskillende offers lees. Die eerste drie is wydingsoffers en die laaste twee is boetedoeningsoffers.

Die brandoffer spreek van algehele toewyding en oorgawe aan God.

Die spysoffer spreek van dankbaarheid teenoor God.

Die dankoffer spreek van gemeenskap en vrede met God.

Die sondoffer spreek van sonde teen God gedoen.

Die skuldoffer spreek van sonde wat ’n mens teen jou medemens gedoen het en van restitusie.

UITLEG VAN OFFERANDES – LEVÍTIKUS 1-5 OFFER-ANDE

W Y D I N G S O F F E R S

DOEL BETEKENIS CHRISTUS DIE VOLMAAKTE OFFER

Brandoffer (Lev 1)

Aanbidder kom na God vir aanneming. “lieflike geur”.

Aanvaarding deur God verseker.

Christus self geoffer of aangebied vir aanneming by die Vader (Ef 5:2).

Spysoffer (Lev 2)

Hulde en dankbaarheid. Alles wat ons het, behoort aan God.

Christus se volmaakte lewe, wat alles aan God gegee het.

Dankoffer (Lev 3)

Regte verhouding met God word nagestreef.

Gemeenskap met God.

Christus ons gemeenskap met God.

Sondoffer (Lev 4)

B O E T E D O E N

Boetedoeningsoffer, kom as sondaar, as skuldige om straf te ontvang (SONDESKULD).

Toon erns van sonde.

Christus se soendood herstel ons verhouding met God.

Skuldoffer (Lev 5)

Om ’n offer te bring vir sondes gedoen teenoor

Voorsiening vir restitusie om aan

Christus se dood neem die dodelike gevolge van sonde

Page 135: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

127

I N G

God en teenoor ander (medemens) (sondes van oortreding)

naaste vergoeding te gee vir skade berokken.

weg. Hy het ten volle restitusie gedoen.

Ons kyk nou vervolgens na die vyf offers soos dr A.H. Verster dit beskrywe.

DIE WYDINGSOFFERS Die drie wydingsoffers weerspieël Christus hoofsaaklik as ’n “lieflike geur” aan die Here.

GAWES (Heb 5:1) Die Brandoffer (Levítikus 1)

Dit was ’n vuuroffer van lieflike geur aan die Here (vv. 9, 13, 17). In die “lieflike geur”-offers het die persoon wat die offer gebring het, gekom vir aanneming as ’n aanbidder en nie as een wat sy sondeskuld kom betaal nie. Die brandoffer van lieflike geur wys op Christus (Ef 5:2), nie as die Een wat ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra het nie, maar as volmaakte Mens wat Homself aan God geoffer het sodat ons op grond van ons vereenselwiging met Hom, tot die Vader as aanbidder kan kom en ontvang word (Ef 2:18; 3:12).

Dit was ’n vuuroffer van welgevalle voor die aangesig van die Here (v. 3). Met ander woorde, dit is aan God gebring om die aanvaarding van die persoon wat die offer gebring het te verseker, “sodat hy welgevalle (aanvaarding) voor die aangesig van die HERE kan vind” (vv. 3, 4).

Page 136: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

128

Christus as die Brandoffer en as die mens se verteenwoordiger het die mens se plek geneem, waar Hy die mens gevind het, d.w.s. onder die wet; en daar, in gehoorsaamheid aan die wet, het Hy Homself geoffer of aangebied vir aanneming by die Vader. Die mens onder die wet, en wat dit nie kon hou nie (Rom 8:3), kon homself nie aan God offer om deur God ontvang te word nie, maar in Christus is God “versoen” of tevrede gestel dat sonde gestraf is en kan Hy ons as volmaakte mense ontvang.

Dit was ’n vuuroffer van lewe geoffer op die altaar (v. 5). Die brandoffer moes lewendig en sonder gebrek wees (v. 3). Christus het as die Brandoffer, in die gestalte van die mens gekom om die wil van God ten opsigte van die mens te doen (Heb 10:5-7), maar sonder sonde (Joh 8:46; 2 Kor 5:21; Heb 4:15). In sy volkome geregtigheid het Christus elke vereiste van God nagekom en “Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer” (Heb 9:14). Die apostel Paulus skrywe: “Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ’n lewende, heilige en aan God welgevallige offer – dit is julle redelike godsdiens” (Rom 12:1). Met Christus se lewe in ons (Gal 2:20) word ons ook in staat gestel om onsself as ’n lewende offer sonder gebrek voor God te stel.

Dit was ’n vuuroffer wat geheel en al op die altaar verbrand moes word (v. 9). In die brandoffer sien ons Christus se volkome oorgawe van Homself in alles aan die Vader. Die kop wys op sy gedagtewêreld; die vet spreek van sy algemene gesondheid en lewenskragtigheid

Page 137: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

129

(Deut 32:15; Ps 92:15); die binnegoed praat van sy emosionele toestand; en die pote stel sy lewenswandel en gedrag voor. Alles wat Jesus in woord en in daad gedoen het, het Hy vir God gedoen (Joh 4:34; 5:36; 7:16; 8:28; 14:10) en nooit sy eie belange of begeertes nagestreef nie. Die Here verwag ook van ons as sy kinders dat ons Hom met ons hele verstand en met ons hele lewenskrag moet dien; dat ons Hom in liefde en in ons hele lewenswandel sal dien (Matt 22:37). Weer eens kan ons dit alleen vermag deur Christus. Deur die krag van Sy inwonende lewe is ons daartoe in staat. As ons nou mag saamvat, kan ons sê dat die persoon in sy brandoffer, dit is in Christus, na God kom as aanbidder wat homself tot tevredenheid van God stel vir aanvaarding omdat hy hom volkome aan God hertoegewy het en so die wet van God vervul het wat sê: “Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag” (Mark 12:30).

Die Spysoffer (Levítikus 2) Ons wend ons nou tweedens tot die spysoffer. Hierdie offer is die enigste een van die vyf wat bloedloos is en wys gevolglik nie op Christus se dood nie, maar wel op sy volmaakte lewe en karakter ten tyde van sy aardse omwandelinge. Die spysoffer spreek dan van Christus wat Homself, as ons spys, aan God aanbied.

Dit het bestaan uit fynmeel (v. 7) In die fynmeel is daar geen ongelykheid nie; al die meel is ewe fyn gemaal. Dit spreek van die volmaakte, gebalanseerde menslikheid

Page 138: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

130

van die Here Jesus. Hy was “heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars” (Heb 7:26). Daarom kon die mense met reg van Hom getuig: “Hy het alles goed gedoen” (Mark 7:37). As sondige mense kan dit nie van ons gesê word nie, maar ons is wel “tot alles in staat deur Christus wat my (ons) krag gee . . . want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae” (Fil 4:13; 2:13).

Olie is daarop gegiet (v. 1) Fynmeel, het ons reeds gesê, wys op die Heiland se volmaakte mensheid. Die olie wat op die fynmeel gegiet moes word, spreek dan van die Heilige Gees waarmee Jesus gesalf is toe Hy Homself, as die mens se spys, aan God in sy openbare bediening aangebied het (Matt 3:16). So lees ons ook dat “God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees . . .” (Hand 10:38). “Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur” (Joh 17:18). Om te kan leef en doen wat die Meester gedoen het, moet ons ook met die Heilige Gees gedoop en vervul wees. Om hierdie rede het Jesus sy dissipels dan ook bevel gegee: “Julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte” (Luk 24:49).

Wierook moes daarby gevoeg word (v. 1) Wierook is ’n soort gom met ’n soet reuk. Die volle geur word eers verkry wanneer die wierook aan die brand gesteek word.

Page 139: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

131

Dit verteenwoordig Christus se lewensverhouding met sy Vader. Aangaande dié verhouding sê Hy: “Ek (doen) altyd . . . wat Hom welgevallig is” (Joh 8:29). Weer sê Jesus: “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring” (Joh 4:34). Alles wat Christus dus gesê en gedoen het, het opgegaan as ’n “offer aan God tot ’n lieflike geur” (Ef 5:2).

Sout moes bygevoeg word (v. 13) Sout is ’n bewaarmiddel teen verrotting. In die Skrif word sout in verband met spraak gebruik: “Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel . . .” (Kol 4:6). Die Heiland se woorde was altyd vol genade en heil vir die siel wat dit gehoor en aangeneem het. Daarom kon Jesus ook sê: “Die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe” (Joh 6:63). Die aanvaarding van Christus se Woord sal die verderwing van sonde in die lewe van die gelowige teenwerk; hom daarvan red en bewaar (Ps 119:9, 11; Spr 4:20-22; 16:20; 7:24, 25; 1 Pet 1:23). As gevolg hiervan skryf Paulus in Kolossense 3:16: “Laat die woord van Christus ryklik in julle woon . . .” sodat ons op ons beurt ook weer woorde van heil mag spreek en saam met Paulus kan sê: “Ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ’n krag van God tot redding vir elkeen wat glo . . .” (Rom 1:16).

Daar was geen suurdeeg of heuning in die spysoffer nie (v. 11) Suurdeeg op sigself veroorsaak en bring verderwing en is ’n simbool van ’n valse en verkeerde leer (Matt 16:6, 12). Met ander woorde, dit is ’n simbool van die vlees en sy ongeregtigheid. Nie alleen is dit ’n simbool van slegte dade nie, maar ook van die

Page 140: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

132

inherente sondigheid van die vlees: “die sonde wat in my woon . . . wat in my lede is . . . in die vlees” (Rom 7:20, 23; 8:3). Die uitsluiting van suurdeeg uit die spysoffer is nie alleen ’n getuienis dat Christus sondeloos in woord en daad was nie, maar dat Hy geen sonde in sy menslike natuur gehad het nie (2 Kor 5:21; 1 Pet 2:22). Heuning word hier saam met suurdeeg genoem en spreek dus ook van sonde, maar net in ’n ander vorm. As suurdeeg op die daadsondes wys, dan spreek heuning van die natuurlike begeertes – “liefhebbers van genot” (2 Tim 3:4). Een of ander tyd sal heuning suur word. So sal “die genot van sonde” (Heb 11:25) ook later verander in die suur van die lewe.

’n Gedeelte van die spysoffer moes geëet word (Lev 6:14-16) Nadat Jesus Homself as die volmaakte offer aan die kruis gegee het, het Hy die spys van die gelowiges geword (Joh 6:51,53). Wat is vlees? Dit is die stoflike kant van persoonlikheid. Wat is bloed? Dit is weer die element van lewe in die liggaam. Vlees sonder bloed konstitueer geen persoonlikheid nie, maar vlees met bloed of lewe konstitueer persoonlikheid. Dus, om die vlees en bloed van die Here Jesus te eet en te drink, beteken eenvoudig om Sy persoonlikheid en lewe deur geloofstoe-ëiening en wedergeboorte deelagtig te word, want “dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun. Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie” (1 Joh 5:11, 12).

Page 141: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

133

Ons moet voortdurend en elke dag die Here Jesus en sy Woord bepeins (Kol 3:1-4) en so toelaat dat die Heilige Gees Christus se natuur en gesindheid in ons tot stand kan bring, sodat “Christus in julle (ons) ’n gestalte verkry” (Gal 4:19) en ons “tot die mate van die volle grootte van Christus” (Ef 4:13) kan kom.

Die Dankoffer (Lev 3:1-17; 7:11-21, 29-34) Ons kom by die derde en laaste van die wydingsoffers as ’n “lieflike geur” aan die Here. In die brandoffer het ons ’n tipe van Christus se offer van Homself aan God as die volmaakte aanbidder; die spysoffer spreek weer van Christus se volmaakte lewe ten tye van sy aardse omwandelinge; terwyl Hy in die dankoffer, as gevolg van die vorige twee, die aspek van gemeenskap weerspieël. Die dankoffer verskil van die vorige twee hierin dat God, die offeraar en priesters almal tesame van dieselfde offer geniet en versadig geword het. God het eers sy deel van die offer wat Hy alleen kan geniet, naamlik die binneste dele, die vet en niere of die teergevoeligheid van Christus, gekry en is tevrede (Lev 3:16b, 17b). Die offeraar het sy deel van dieselfde offer (Lev 7:16) gekry en so ook die priesters, en almal is versadig en tevrede (Lev 7:31).

Met die dankoffer word die offeraar versadig. In die dankoffer eet die offeraar (die Israeliet) van die vleis van die offer wat “die liggaam van Jesus Christus” (Heb 10:5) voorstel, en as ’n lieflike geur het dit God reeds tevrede gestel (Lev 3:5). Dit gee ook aan die offeraar, nl. Christus, tevredenheid met sy eie offer (Jes 53:11). Christus as Offeraar het alles wat Hy gedoen het, “vir ons” (Ef 5:2) gedoen; daarom, “soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld” (1 Joh 4:17). Soos Hy Offeraar sowel as Offer was, so is ons dit in Hom.

Page 142: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

134

Soos Hy deur sy eie offer versadig is, so is ons ook deur sy offer versadig. Net so min as wat Christus gemeenskap met God deur enigiets behalwe sy eie, volmaakte offer kon hê, net so min kan ons met God gemeenskap tot geestelike versadiging hê, behalwe deur Christus se volmaakte offer (1 Pet 2:5). Omdat ons lewe en aanbidding gebrekkig is, kan dit nooit deur God aanvaar word nie, tensy ons nie voor Hom kom met die lieflike geur van die volmaakte offer waarmee Hy tevrede is nie.

Met die dankoffer hou die offeraar maaltyd met God. In die dankoffer hou die offeraar maaltyd met God en geniet van dieselfde offer. Só het Christus die offer van sy lewe met sy Vader gedeel. Ons kan nie ‘niks’ met God deel nie, ons moet iets met Hom deel en Hy sal ook nie met ons in die onreine deel nie. Ons offer van onsself, ons lewe en aanbidding is daarvoor te ellendig vir God om met ons daarin te deel, maar dank God, daar is ’n volmaakte offer sonder gebrek vir ons, nl. dié van Christus. Met daardie offer kan ons met God deel en gemeenskap hê.

Met die dankoffer hou die offeraar maaltyd met die priester. In die dankoffer hou die offeraar maaltyd met die priester van sy offer (Lev 7:32). So hou Christus as die Offeraar met my as priester (1 Pet 2:5) maaltyd deur saam met my sy offer (dít wat Hy aan die kruis gedoen het) te geniet. As ek as priester van sy offer in hierdie lewe leef, het ek iets in gemeenskap met Hom (1 Joh 1:7).

Page 143: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

135

Die betekenis van die offeraar se verpligtinge. Die dankoffer kon op twee maniere gebring word: as ’n lofoffer (Lev 7:12) en as ’n gelofte- of vrywillige offer (Lev 7:16). As lofoffer sien ons Jesus as die Een wat Homself tot lof van God se heerlikheid geoffer het; as gelofte- of vrywillige offer het Hy Homself vrywillig in die diens van God geoffer.

Wanneer ’n lofoffer gebring word (Lev 7:12-15), moet dit ongesuurde gebak van fynmeel en olie wees (Lev 7:12, 13). Ons het reeds daarop gewys dat suurdeeg sondigheid simboliseer; die fynmeel die volmaakte mensheid en die olie Christus se salwing met die Heilige Gees. Daar mag geen suurdeeg in enigiets wees wat op die altaar geoffer word nie (Lev 1:4, 8, 9, 11). Alleen dít wat sonder gebrek, rein en heilig is, kon op die altaar aan God geoffer word. So het Jesus Homself sonder sonde, volmaak en gevul met die Heilige Gees as ’n lofoffer aan God geoffer.

Dit moet koeke van gesuurde brood wees (Lev 7:13). Die gesuurde koeke kon nie as ’n brandoffer aan God geoffer word nie, maar kon nogtans voor God se aangesig gebring word tesame met die vuuroffer van lieflike geur (Lev 7:13). Die gesuurde koeke hier wys op die gelowige met sy inwonende sondige natuur (Rom 7:17, 20) wat sy lofoffer aan God bring. Hy kan dit egter alleen aan die Here bring tesame met Christus se soenverdienstelikheid. Ons is alleen in Christus by God aanneembaar (Ef 1:6; 3:12).

Page 144: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

136

Wanneer ons Levítikus 7:13 en 7:20 vergelyk, word twee dinge aan ons voorgehou, nl. sonde IN ons en sonde OP ons, d.w.s. ons gewete. Suurdeeg (sonde IN ons) is toegelaat, omdat die menslike natuur sondig is. Vir dié sonde is ons deur genade dood (Rom 6:7, 11). So lees ons byvoorbeeld dat die priester wat die gesuurde brode ontvang, die een moet wees wat ook die bloed teen die altaar uitgooi (Lev 7:14). Christus kan ons dus ontvang omdat Hy eers Sy bloed vir ons gestort het. Hoewel sonde in ons is, is dit nie wat God sien nie; Hy aanskou die bloed wat vir die toestand betaal het en is tevrede dat die sonde in ons gestraf is. Op grond hiervan laat Hy ons toe tot gemeenskap met Hom. Die suurdeeg (sonde IN ons) word toegelaat in gemeenskap met God, maar onreinheid (sonde OP ons gewete) hoegenaamd nie, want die persoon wat só na God vir gemeenskap kom, “moet uit sy volksgenote uitgeroei word” (Lev 7:20). Met ander woorde, as ons toelaat dat die sonde in ons tot daadsonde ontwikkel, word ons onrein en dit raak en vertroebel ons gemeenskap met God. Daarom moet ons elke dag toesien dat ons van ons daadsondes gereining word deur dit aan die Here te bely (1 Joh 1:9).

Die vleis daarvan moet op dieselfde dag geëet word (Lev 7:15). Die tyd om van die lofoffer te geniet, was op dieselfde dag tot die môre van die volgende dag. So moet ons Christus se offer in die dag van genade, vanaf sy kruisdood tot die môre van sy wederkoms, geniet (Ex 12:8, 10).

Wanneer ’n gelofte of vrywillige offer gebring word (Lev 7:16-18), moet die vleis daarvan op die eerste en tweede dag geëet word (Lev 7:16, 17). Die tyd om van die vrywillige offer te geniet, was

Page 145: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

137

bepaal vir dieselfde dag en op die daaropvolgende dag, maar op die derde dag mag daar glad nie van die offer geëet word nie. Die derde dag spreek hier van Christus se opstanding uit die dood (Luk 13:32; 1 Kor 15:4), toe alle tipologiese offers van die wet tot ’n einde gekom het (Rom 10:4; Gal 3:9, 24). Hierdie afskaffing van die tipes word uitgebeeld in die verbranding van die derde dag se oorblyfsels van die dankoffer. Vir ons om dus ná die opstanding van Christus uit die dode nog op dié tipes te voed, beteken om terug te keer na die “swakke en armoedige eerste beginsels” (Gal 4:9 – 11).

Dit wat betref die drie wydingsoffers. Vervolgens gaan ons nou na die twee boetedoeningsoffers kyk. Voor ons dit doen, laat ons eers die drankoffers in oënskou neem. Die Drankoffers Ons lees in Numeri 15: 1-13 van drankoffers. Hier dien vermeld te word dat in Levítikus 23:13, 18 en 37 die drankoffers genoem word, maar die voorskrifte word nie daar verduidelik nie. Soos die spysoffer is die drankoffer gebring nadat die diereoffers op die altaar gebring is (Númeri 29: 6, 11, 18-19). Die voorskrif vir die drankoffer was “wyn vir die drankoffer, ’n kwarthin, (3½ liter) moet jy berei by die brandoffer of vir die slagoffer” (Núm 15:5). Die wyn is oor die offerdier uitgegiet. Nie die offeraar of die priester het van hierdie wyn gedrink nie omdat dit alles uitgestort is oor die dier en die altaar. Die uitstorting van die wyn was ’n simbool van lewe wat uitgestort word in oorgawe en toewyding aan God. Ons lees dan ook dat toe Jesus aan die kruis was (Psalm 22), in die Messiaanse Psalm verklaar word “Ek is uitgestort soos water” (vers 15), en in Jesaja 53:12 lees ons dat “Hy sy siel

Page 146: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

138

uitgestort het in die dood”. Dawid weier om die water te drink en stort dit uit tot eer van die Here (2 Sam 23:14-17). Die apostel Paulus skrywe aan die gemeente van die Filippense: maar al word ek as ’n drankoffer uitgegiet oor die offer en bediening (Filippense 2:17); hy skrywe ook vanuit ’n Romeinse gevangenis aan Timótheüs, “want ek word alreeds as ’n drankoffer uitgegiet, en die tyd van my heengaan is naby” (2 Tim 4:6). Paulus sien sy lewe, bediening en heengaan as ’n drankoffer van toewyding aan die Here.

DIE BOETEDOENINGSOFFERS In die twee oorblywende boetedoeningsoffers weerspieël Christus die aakligheid en die straf van sonde. OFFERS (Heb 5:1) Die Sondoffer (Lev 4:1-5, 13). In die drie wydingsoffers is alles vir God; in die twee boetedoeningsoffers is alles vir die mens. In die sondoffer word Christus getipeer as die Een wat Homself as ’n offer aan God vir die mens gee.

Die sondoffer was nie ’n lieflikegeur-offer nie. Die lieflikegeur-offers was vir aanneming; die sondoffer was vir boetedoening. In die lieflikegeur-offers kom die offeraar as ’n aanbidder om in sy offer, wat homself verteenwoordig, aan die Here iets soets en aangenaams te gee. In die boetedoeningsoffer kom die offeraar as ’n skuldige sondaar om in sy offer, wat homself voorstel, God se straf te ontvang. In die vuuroffers is die offerdier op die altaar in die voorhof verbrand en toon God se aanneming van, en tevredenheid, met

Page 147: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

139

die offeraar. Maar in die sondoffer moes die offer buite die voorhof van die tabernakel en die laer verbrand word. Dit het getoon dat die offeraar in sy offer die oordeel van God verduur het. Met ander woorde, in die vuuroffers was Christus die Een wat “Hom vir ons oorgegee het as ’n gawe en offer aan God tot ’n lieflike geur” (Ef 5:2); in die sondoffer het Hy “Homself gegee . . . vir ons sondes . . . want Hy het Hom . . . sonde vir ons gemaak” (Gal 1:4; 2 Kor 5:21). Tog moes die sondoffer “sonder gebrek” gewees het (Lev 4:3). Só was Christus sonder gebrek, anders kon Hy nie die sondeskuld van ander gedra het nie, want anders moes Hyself ’n versoening vir sy ongeregtigheid nodig gehad het. Hy is deur God, die mens en die duiwel getoets, wat Hom as “die Heilige van God” bewys het (Mark 1:24).

Die sondoffer was ’n offer vir sonde en nie een vir oortreding nie. Die onderskeid tussen die sond- en skuldoffers is dit: Die sondoffer is enersyds vir wat ons van nature is, sonde in ons, ons sondige natuur. Die skuldoffer is andersyds vir ons daadsondes, die vrug van ons sondige natuur. As ons alles met een gedagte kan opsom, kan ons tereg sê dat die sondoffer hoofsaaklik met versoening te make het.

Die sondoffer moes buite die laer verbrand word. Al die ander offers is op die altaar in die voorhof van die tabernakel verbrand. Die sondoffer, daarenteen, is geheel en al buite die laer verbrand (Lev 4:11, 12). Dit getuig van hoe volkome dié offer met sonde vereenselwig is. As sondaarmens was ons ook volkome van God en sy gemeenskap verwyder (Ef 2:12, 13). Só moes Jesus ook, toe

Page 148: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

140

Hy vir ons sonde geword het (2 Kor 5:21), buite Jerusalem ly (Heb 13:12). Soos die sondoffer buite die laer tot as verbrand is, só het God se vuur van verterende oordeel teen sonde op Christus neergekom (Ps 88:8, 17; 39:11b). Soos die melaatse weens sy toestand na buite die laer verban is (Lev 13:45, 46), weg van al sy geliefdes en hul gemeenskap, só het Christus se toestand, toe Hy vir ons sonde geword het (2 Kor 5:21), Hom ook van die soete gemeenskap met sy Vader geskei. Juis hierin was sy foltering en angs, dat Hy, wat nooit geweet of gesmaak het wat dit beteken om ’n enkele gedagte te koester buite die gemeenskap met sy Vader nie, ’n tyd lank geheel en al van sy Vader se gemeenskap afgesny sal wees. Sy eie woorde, toe Hy vir ons aan die kruis sonde geword het, het sy angs en lyding weergegee toe Hy uitgeroep het: “My God, my God, waarom het U My verlaat?” (Matt 27:46; Ps 88:15). Hy het ons plek geneem sodat ons sy plek kan neem: Hy is uitgewerp buite die gemeenskap met God, sodat ons daar ingebring kan word (Ef 2:13).

Die Skuldoffer (Lev 5:14- 6:7) As die sondoffer uitsluitlik om versoening gaan, wat is dan die sentrale gedagte van die skuldoffer? In die skuldoffer kom die persoon as ’n versoende persoon na God om boete te doen vir sy oortredinge of daadsondes teenoor God (Lev 5:15, 16) en sy medemens (Lev 6:2-4).

Die skuldoffer was vir oortredinge. Die oortreding is nie net een van bewustelikheid nie, maar behels ook die onbewustelike

Page 149: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

141

oortredinge (Lev 5:15, 17, 19). Hieruit blyk die waarheid te wees dat nie ons gewete of ons begrip van sonde die standaard is waardeur sonde en oortredinge bepaal word nie, maar wel die waarheid van God. As ons gewete of begrip van sonde ons norm sou wees, sou elke persoon sy eie maatstaf gehad het van wat reg of verkeerd is en sou dit nie berus het op die waarheid van God nie. Onkunde maak egter nie die verkeerde reg nie en is ook geen verskoning nie; in God se oë bly dit verkeerd. Van die Jood van ouds wat van die sonde van oortreding geregverdig wou wees, is verwag dat hy ’n ram sonder gebrek moes offer. Hierdie tipe het Christus in sy offer aan die kruis vervul. Nie alleen het Jesus “Homself gegee . . . vir ons sondes . . .” (Gal 1:4) – die wortel van sonde, naamlik “die sonde in die vlees” (Rom 8:5) – as die sondoffer nie, maar Hy het Homself ook as “skuldoffer aangebied” (Jes 53:10) en “is ter wille van ons oortredinge – die vrug van die sonde in ons – deurboor” (Jes 53:5). Hieruit wil dit blyk dat Jesus nie net vir ons sondeskuld gesterf het nie, maar ook vir ons sondes van oortredinge. Hier, net soos in die sondoffer, staan Christus “die Regverdige vir die onregverdiges” (1 Pet 3:18) en bely die oortredinge van sy volk as sy eie; en vir hulle oortredinge het Hy ten volle restitusie gedoen; en ons in Hom het sodoende vir God ook tevrede gestel.

Uit bogenoemde verklarings spruit twee belangrike waarhede:

o Die gelowige kan nog sondig. Nadat die Israeliet as ’n

sondige mens deur sy sondoffer met God versoen is, beteken dit nie dat hy nie meer kan sondig nie. Inteendeel, die Skrif leer ons in 1 Johannes 2:1 dat die versoende persoon nog kan sondig: “Ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het. .

Page 150: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

142

.”. Met ander woorde, hy kan nog sondig, hoewel hy nie hoef te sondig nie (Rom 8:12).

Die ou natuur is dus nog in ons en steeds tot die sonde geneig (Rom 8:7, 8). Ook die nuwe natuur, die Heilige Gees, is in ons en dié kan nie sondig nie (1 Joh 3:9; 5:18). As die gelowige wel sondig, moet hy dit as ’n oortreding teenoor die Here bely (1 Joh 1:9). Christus ons Hoëpriester neem hierdie belydenis en bring dit voor die Vader (Heb 3:1). Omdat God getrou en regverdig is (1 Joh 1:9), sal Hy die belydenis deur sy Seun aanneem en ons vergewe en van alle ongeregtigheid reinig.

o Die verreikende gevolg van die gelowige se sondigheid. In

die lig van die skuldoffer leer ons dat die oortreding van die Israeliet teenoor sy medebroeder as ’n sonde teenoor God gereken word (Lev 6:1, 2). Hierdie waarheid word ook vir ons in Handelinge 9 voorgehou. Saulus vervolg die gemeente, maar Christus uit die hemel sê: “Ek is Jesus wat jy vervolg” (Hand 9:5). In hierdie verklaring vereenselwig die Here Jesus in die hemel Hom met hulle op die aarde wat in Hom glo, as één met Homself (1 Kor 6:17).

Wanneer een Christen dus teen ’n ander een sondig, sondig hy teenoor ’n ander lid van die liggaam van Christus (1 Kor 12:27, 26) en uit die aard van die saak ook teen die Here self.

Die skuldoffer was vir restitusie. In die skuldoffer moes die oortreder vergoed vir die leed wat hy sy naaste berokken het. Die bedrag van die skade gely volgens die priester se skatting, moes in sikkels silwer “volgens die sikkels van die heiligdom” betaal word

Page 151: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

143

(Lev 5:15). By die hoofsom moes ook nog ’n vyfde deel van die hoofsom bygevoeg word (Lev 5:16; 6:5).

Twee waarhede word hier aan ons voorgehou:

o Herstelling (Lev 5:15). Die gedagte hier is nie soseer dat

die oortreder gestraf word nie, maar dat die lydende party vergoed word vir wat hy gely het. God en die mens is albei deur Adam se oorteding en val verontreg; albei sal net soveel terug ontvang van die mens Christus Jesus, die tweede of laaste Adam, as die skuldoffer.

Die Here is deur die mens te na gekom en verontreg deur sy oortreding in die “heilige gawes van die Here”; Sy regte word nie nagekom nie, sy aansprake verontagsaam omdat die mens baiemaal ’n rower is wat vir homself die vet of die lewe neem wat God toekom. So is God gevolglik as’t ware die verloorder, maar deur Christus is hierdie verlies terugbetaal. Of dit eer, diens of aanbidding is of enigiets waarop God aanspraak het en waarvan die mens Hom beroof het, het Hy weer van die mens Christus Jesus terug ontvang in die nuwe ras van wedergeborenes. Aan die einde gaan Christus die hele wêreld wat nou onder die mag en heerskappy van die god van die wêreld is (1 Joh 5:19; Joh 12:31; 14:30; 16:11), aan God teruggee, vry van die vloek van sonde (Rom 8:19-21).

Nie alleen is God deur die mens se oortredinge verontreg nie, maar die mens is self van eer en heerlikheid beroof deur sy oortredinge. Net soos God in Christus weer vergoed is, so is die mens ook in Christus vergoed. Hy kan weer daardie heerlikheid en eer in Christus terugkry “wat

Page 152: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

144

die afskynsel is van Sy heerlikheid” (Heb 1:3). In Christus toon God ons die patroon van die volmaakte mens; die mens soos God oorspronklik bedoel het hy moet wees (Kol 3:4; Fil 3:20, 21; 1 Joh 3:2; Rom 8:29).

o Byvoeging (Lev 5:16; 6:5). Nie alleen is die oorspronklike

verlies wat gely is, terugbetaal nie, maar ’n vyfde deel van die waarde van die hoofsom, soos deur die priester bepaal, moes bygevoeg word. Jesus gaan nie net die wêreld en die mens aan God teruggee soos dit oorspronklik geskep is nie, maar Hy gaan dit teruggee met iets meer. En dit is die heerlike byvoeging wat die kruis tot God die Vader bring, naamlik “baie kinders tot heerlikheid” (Heb 2:10); ’n Nuwe ras (mense) van wedergebore kinders van God wat aan die goddelike doel vervulling gee en aan al die goddelike eise voldoen, en God in alles behaag. ’n Nuwe ras (mense) wat tot die ganse heelal sal getuig dat die heerlikheid van God nie net handel oor die verlossing van die skepping nie, maar in die weergalose en sublieme liefde en genade wat sy Seun ons geskenk het.

Versoening vir sondes In die Ou Verbond (Ou Testament) sien ons dus die tipe offers was die bloed van diere (Ex 12:5; Levítikus 1-7).

Die gehalte van die offers was nie voldoende nie aangesien dit voortdurend moes plaasvind (Levítikus 1-7; Heb 9:7-9; 10:4).

Daar is voortdurend offers gebring vir die versoening van sondes (Levítikus 1-7; Heb 10:1).

Page 153: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

145

Die offers was geldig vir ’n dag of vir ’n jaar (Exodus 29-30; Heb 10:1-4).

Dus was die offers net tydelik en daarom moes die hoëpriester elke jaar in die heiligdom ingaan met die bloed van die sondoffer (Ex 30:10; Heb 9:25).

In die Nuwe Verbond (Nuwe Testament) sien ons die offer was die bloed van Jesus Christus (Heb 9:12; 13:12; 1 Joh 1:7).

Die kwaliteit van die offer wat Jesus gebring het, was eenmalig (Heb 9:12, 26).

Die offer van die liggaam van Jesus Christus was eenmalig vir die versoening van sondes (Heb 9:25-26).

Christus se offer word nooit herhaal nie, maar het ’n ewige verlossing teweeggebring (Heb 7:26-27; 9:12-15).

Daarom is die dood wat Hy vir die sonde gesterf het finaal, dit was eens en vir altyd (Rom 6:10; Heb 9:25-28).

’n Noukeurige beskouing van die brief aan die Hebreërs laat dit duidelik blyk dat die Ou-Testamentiese offers ten beste ’n voorlopige oplossing vir die probleem van sonde was (Hebreërs 10:1-4). Die offer van Jesus Christus het alle offers finaal ten einde gebring. Uit ons bogenoemde studie rondom die vyf offers van Levítikus 1-7 is dit duidelik dat hoewel die offers self verdwyn het, hulle veel doen om ons te help om die offer van Jesus Christus beter te verstaan.

Page 154: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus
Page 155: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

Deel 4

Die Feeste van die Here

Page 156: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus
Page 157: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

149

Hoofstuk 9

DIE FEESTYE VAN DIE HERE

ns lees in die boek Levitikus dat die Here met Moses gespreek het rakende die heilige samekomste: “Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Die feestye van die HERE wat julle moet

uitroep as heilige samekomste – dit is my feestye” (Lev 23:2).

Die feestye is God se heilige samekomste waartydens die mense gerus en fees gevier het. Die betekenis van die woord feestye soos beskryf in Levitikus 23:2, is die woord moed, wat letterlik beteken “an appointment, a fixed time or season, a cycle or year, an assembly, an appointed time, a set time or exact time” (Strongs Concordance of the Bible). Die feestye was dus meér as net feesvieringe en dui op ‘n bepaalde tyd of afspraak. Die woord feesviering in Hebreeus is “chag” wat “festival – to move in a circle, to march in a sacred procession, to celebrate, dance, to hold a solemn feast or holiday” (Strongs Concordance of the Bible). Hierdie feestye en feesvieringe moes ook op ‘n baie spesiale plek gehou word, soos ons sien in Deuteronomium 16:15 “Sewe dae lank moet jy vir die HERE jou God fees hou op die plek wat die HERE sal uitkies; want die HERE jou God sal jou seën in al jou inkomste en in al die werk van jou hande; en jy moet net maar vrolik wees”. Hier sien ons ook die hart van die fees, naamlik: “Jy moet net maar vrolik wees”!

Wat die feeste en feesdae betref, sien ons vanaf die vroegste tye is die Joodse jaar gekenmerk deur groot feeste – die feeste van die Here.

O DIE

HEILIGE SAMEKOMSTE

Page 158: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

150

Sommige feeste is deur God bepaal om saam te val met die seisoene, om die volk te herinner dat God voortdurend vir hulle sorg en om hulle ‘n geleentheid te bied om aan God hul dankbaarheid te betoon. Op ander feeste is die groot gebeurtenisse in die geskiedenis van Israel gedenk, die geleenthede toe God op ‘n onmiskenbare wyse ingetree het om sy volk te verlos. Al die feeste was geleenthede van heelhartige vreugde en genieting van God se goeie gawes, en terselfdertyd plegtige byeenkomste om die Here se vergewing en reiniging te vra.

Die doel van die feeste was geestelik, ‘n groot en heerlike ontmoeting tussen God en sy volk. Baie maal sou God gedurende dié tye sy profete stuur wat hulle skerp uitgespreek het teen diegene wat die feeste tot blote formaliteite en leë rituele verlaag het.

Daar was waarskynlik baie plaaslike feeste (Rig 21:21), maar al die Joodse mans moes die drie groot nasionale feesvieringe bywoon. Die feestye word volgens Deuteronómium 16:14-17 beskryf: “Drie maal in die jaar moet al jou manne voor die aangesig van die HERE jou God verskyn op die plek wat Hy sal uitkies; op die fees van die ongesuurde brode en op die fees van die weke en op die huttefees; en hulle mag nie met leë hande voor die aangesig van die HERE verskyn nie”. Die feestye word verder in Levitikus 23 soos volg uiteengesit:

Pasga en die fees van die ongesuurde brode en die Eerstelingsgerf (Lev 23:5-6; 10-14; Ex 12:1-20). Hierdie drie feeste is saam gevier om die uittog uit Egipte te herdenk (Exodus 11-12). Dit het op die 14de dag van die eerste maand begin en ‘n week lank geduur. In die eerste maand op die 14de van die maand, teen die aand, is die pasga van die Here... en op die 15de dag van die maand is die fees van die ongesuurde brode van die Here; “sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet”. Die fees van die

Page 159: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

151

eerstelingsgerf het geval op die 18de dag van die eerste maand terwyl die koring nog net gedeeltelik in die aar was (Lev 23:8-14). Die fees was ook genoem die eerste vrugte. Tydens die fees, was die eerstelingsgerf voor die aangesig van die Here beweeg, “sodat julle welgevallig kan wees”.

Die fees van die weke (Oesfees) (Lev 23:1; Ex 23:16). Die fees – later bekend as Pinkster – is 50 dae ná die begin van die Pasga gevier. Tydens die fees is die eerstelingsbrood as beweegoffer voor die aangesig van die Here gebring. Dit was in wese ‘n landboufees waar die eerstelinge van die oes aan God gewy is. Hierdie fees is op die dag na die Sabbat gehou. Met ander woorde, op die eerste dag van die week.

Die fees van die trompetgeklank en die insameling (Loofhuttefees) (Lev 23:23-43; Ex 23:16). Op die eerste dag (nuwemaan) van die 7de maand was dit ‘n gedenkdag deur basuingeklank (Num 29:1). Op die 10de dag was dit die groot versoendag (Lev 23:27). Op die 15de dag van die 7de maand is dit sewe dae lank die huttefees vir die Here. Die volk het sewe dae lank in hutte wat van takke gemaak is, gewoon – uit dank vir die oes, maar ook as ‘n herinnering aan die dae toe hulle in die woestyn in tente gewoon het (Lev 23:43). Hierdie fees was ‘n herfsfees aan die einde van die insameling van die vrugteoes.

Hierdie drie byeenkomste in die jaar waartydens hierdie feeste gehou was is beskou as heilige samekomste waarop gewone werk gestaak is.

Daar was ook later ander feeste ingestel wat nie in die Bybelse wette (Boeke van Moses) genoem word nie. Een daarvan was die Purimfees (Ester 9), om die redding van die Jode uit die hand van Haman te gedenk.

Page 160: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

152

Later lees ons van die Fees van die tempelwyding (Joh 10:22), wat die reiniging van die tempel ná die ontheiliging daarvan deur Antiochus Epiphanes in 168v.C. gedenk het.

Die feeste wat Moses vir die kinders van Israel moes uitroep, was versprei tussen die eerste en die sewende maand. Die feestye van die Here het met die Paasfees (Pasga) begin en met die huttefees geëindig.

Die eerste maand (Abib) was die Pasga en die fees van die ongesuurde brode; dit was die eerste heilige samekoms. Die tweede heilige samekoms was in die derde maand (Sivan), die fees van die weke (Oesfees) ook bekend as Pinkster. Die derde heilige samekoms was in die sewende maand (Tisri), die loofhuttefees en die gepaardgaande fees van trompette.

Die feestye begin met ‘n sabbat, ‘n volkome rusdag en eindig ook met ‘n rusdag, met feesvieringe tussen-in. Ons lees in Kolossense 2:16-17: “Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie, wat ‘n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus”. Die feestye van die Here bied dus ‘n skadubeeld (soos die offerandes) van die toekomstige dinge en is daarom belangrik om by stil te staan. Ons lees dan ook in Hebreërs 10:1 “Want die wet wat ‘n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, ...” en lei ons daaruit af dat die skaduwee heenwys na die toekoms, en as profeties gesien kan word, wat in Christus vervulling gekry het.

Die profetiese aspekte van die vervulling van die feeste wat na

Christus heenwys sien ons in die:

Page 161: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

153

Pasga – die dood van die ware Lam van God aan die kruis, waardeur die gelowige geregverdig word deur die geloof in die bloed van Christus en so verlossing in Christus ervaar.

Ongesuurde brode – die begrafnis van Christus. Vir die gelowige, reiniging en verwydering van sonde.

Eerstelingsgerf – die opstanding van Christus. Die gelowige wandel in ‘n nuwe lewe en het die waarborg van die opstanding.

Fees van die weke (Oesfees) – Christus se belofte van die uitstorting van die Heilige Gees (Pinkster). Die gelowige, gevul met die Heilige Gees-krag, bring die oes in en is ook self deel van Christus se oes.

Trompetgeklank – voorbereiding vir die koms van Christus. ‘n Oproep vir gelowiges om gereed te wees.

Versoendag – Christus is ons sondoffer wat ons skuld wegneem.

Fees van die insameling (loofhuttefees) – Christus sal sy oes inbring, dit word voleindig met Sy wederkoms. Die gelowige gaan ook finaal in die rus van God in en sal ewig met Christus woon. Die fees het in die sewende maand plaasgevind. Die getal sewe is die getal van volheid en volkomenheid. Met die fees word die gelowige gebring in die volheid van die Godheid.

Page 162: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

154

DIE VERVULLING VAN DIE JOODSE FEESTE Die volgende vraag rakende die feeste kan gevra word: Moet die feeste letterlik of geestelik verklaar word, of gedeeltelik letterlik en gedeeltelik geestelik? Die sleutel om die feeste te verstaan, is die kruis van Jesus Christus en Sy afgehandelde werk op Golgota, in verhouding tot die Ou Testament en in die vervulling daarvan. Onder die Ou Mosaïse Verbond het alles rakende die feeste ‘n historiese en letterlike vervulling gehad. Die feeste was gehou op spesifieke dae, met letterlike diere-offerandes en fisiese seremonies. Toe Jesus Christus kom het Hy in Homself alles vervul – Histories, Persoonlik en Antitiperend. Hy het alles vervul, en deur dit te vervul, dit tot niet gemaak, dit uitgedelg (Kol 2:14). Dit is belangrik om daarop te let dat die feeste hul begin en oorsprong by die Here het, en nie by die kinders van Israel nie. Dit was God se begeerte om met Sy mense te ontmoet, op Sy terme en op Sy gronde en Sy voorwaardes! Die feeste was net vir die Joodse volk gegee. Geen heidense nasie mag daarin gedeel het nie. Die enigste wyse waarop ‘n nie-Jood daarin kon deel was as hulle proseliete sou word (d.w.s. oorgehaal was tot die Joodse geloof, Judaïsme). Daarom beveel God dat as iemand deel wil hê, moet hulle besny word (Ex 12:43-48). Dit was deel van die Abrahamse verbond (Gen 17:1-14, veral vers 12-13), en het hulle gebring in verbonds -verhouding met God en so was hulle geregtig op die beloftes en voorregte van so ‘n verbond.

Page 163: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

155

Wat ons in gedagte moet hou is dat die feeste in die eerste plek aan die Israeliete voorgeskryf was sodat hulle deur fisiese praktyke en rituele, geestelike waarhede kon leer aangaande hulle verhouding met God. Die feeste het nie soseer gegaan om te eet en drink en die gepaardgaande genietinge nie. Dit was eerder godsdienstige byeenkomste om met God te ontmoet op ‘n baie spesiale wyse, en daardeur seën te ontvang soos God belowe het. Hierdie feeste moes hulle deurgaans op hulle Messias wys. Hy sou die oorgang wees van die fisiese na die geestelike. Gelowiges onder die Nuwe Testament behoort bekend te wees met die Hebreeuse rituele en die geestelike waarhede wat daarin uitgebeeld word en hoe al hierdie feeste en waarhede in vervulling gegaan het in Jesus Christus, die Seun van God. Noudat Jesus Christus, die Messias, gekom het, is dit nie meer nodig om God te soek deur middel van godsdienstige rituele (feeste) nie, want ons het direkte toegang tot God deur Jesus Christus (Joh 14:6; Heb 10:19-22; Ef 2:11-18). Met hierdie feeste van Israel sien ons die ewige bedoelinge van God in Jesus Christus, sy Seun. Mag God gee dat terwyl ons die feeste bestudeer, dit ons sal lei om met ‘n heldere begrip en dieper, ootmoediger aanbidding saam met die apostel Paulus te verklaar: Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus (Ef 1:3).

Die apostel Paulus is van mening in 1 Korinthiërs 5:7-8 “Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ‘n nuwe deeg kan wees – soos julle inderdaad ongesuurd is – want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus. Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid”. Daarom is die Christelike lewe ‘n fees in Jesus Christus. Die

Page 164: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

156

gelowige onderhou die feeste deur te wandel in reinheid en waarheid in Christus Jesus.

Page 165: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus
Page 166: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

157

Hoofstuk 10

DIE PASGAFEES, DIE ONGESUURDE BRODE EN DIE EERSTELINGSGERF

aat ons kyk na die eerste van die drie heilige byeenkomste of feeste van die Here, wat die Israeliete in elke kalenderjaar moes onderhou. Die drie byeenkomste was in die eerste, derde en sewende maand

gehou.

Die eerste: Pasga en die fees van die ongesuurde brode en die eerstelingsgerf (Lev 23:5-6; 10-14; Ex 12:1-20).

Die tweede: Die fees van die weke (oesfees) – Pinkster (Lev 23:1; Ex 23:16).

Die derde: Die fees van die trompetgeklank, die Versoendag en die insameling (loofhuttefees) (Lev 23:23-43; Ex 23:16).

Alle Joodse mans moes die drie groot nasionale feesvieringe bywoon soos voorgeskrywe is in Deuteronomium 16:14-17. Ons kyk nou vervolgens na die Pasga van die Here (Ex 12:11).

Die eerste feesseisoen is die Paasfees. Die fees was inderwaarheid in drie feeste verdeel.

L Die eerste

fees – die

pasga

van die

Here,

ongesuurde

brode en

eerstelings-

gerf

Page 167: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

158

Paasfees (Pasga) (Lev 23:5). “In die eerste maand op die veertiende van die maand, teen die aand, is die pasga van die Here”.

Fees van die ongesuurde brode (Lev 23:6). “En op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die ongesuurde brode van die HERE; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet”.

Fees van die eerstelinge (Lev 23:10). “Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle: As julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrings oes, moet julle die eerstelingsgerf van julle oes na die priester bring”.

DIE JOODSE KALENDER

“Hierdie maand moet vir julle die begin van die maande wees; dit moet vir julle die eerste van die maande van die jaar wees” (Ex 12:2). Die Jode werk volgens twee kalenders. ‘n Godsdienstige kalender en ‘n burgerlike (siviele) kalender. Die godsdienstige kalender is deur God bepaal (Ex 12:2), en die burgerlike kalender is ‘n sekulêre kalender en is gebasseer op die landbou-seisoene. In ons moderne wêreld gebruik ons vandag die Westerse kalender (Gregoriaanse kalender).

Wanneer ons die drie feesseisoene van oud-Israel in oënskou neem, en dit met vandag se kalender vergelyk, vind ons die volgende benaminge.

Godsdienstige Kalender Burgerlike Kalender Gregoriaanse Kalender

Eerste maand – ABIB (Pasga) Nisan Maart – April

Derde maand – (Fees van die Weke Oesfees – Pinkster)

Siwan (Ester 8:9) Mei – Junie

Sewende maand – ETANIM (Fees van trompetgeklank – loofhuttefees)

Tisjri Sept-Oktober

Page 168: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

159

Tydens die Babiloniese ballingskap is die name van die oorspronklike godsdienstige kalender na burgerlike benaminge (Sien Ester 8:9; 12; 9:1 ens) verander. Die Joodse kalender is ‘n maan–kalender, en is gebasseer op die beweging van die maand om die aarde. Hulle dag begin met sononder (Gen 1) (ongeveer 6nm) en duur ook 24 uur. Dit neem die maan 29¼ dae om ‘n sirkel om die aarde te voltooi. Dus voltooi 12 maan–maande ongeveer 354 dae (een maanjaar). ‘n Sonjaar, andersyds, neem elf dae langer as ‘n maanjaar, daarom voeg die Jode elke 3de jaar ‘n maand (Adar-Sheni) van 29 dae by om aan te pas by die sonjaar en die seisoene. Ons Westerse kalender (Gregoriaanse kalender) is ‘n sonkalender, dit word bepaal deur die tyd wat die aarde neem om om die son te draai. Die verskillende seisoene word veroorsaak deur die veranderde posisie van die aarde om die son. Dit neem die aarde 365 dae om ‘n sirkel om die son te voltooi. Elke 4 jaar (skrikkeljaar) word 1 dag bygevoeg sodat dit 366 dae lank is.

In die geval van oud-Israel was hul eerste godsdienstige maand (Abib) se naam gedurende die Babiloniese ballingskap verander na Nisan die 7de maand op die burgerlike kalender. Dit stem ooreen met ons Westerse kalender, ongeveer 15 Maart tot 15 April. Die landbou-seisoen in daardie maand is wanneer die gars-oes plaasvind en die paasfees (pasga) gevier word.

Die Here het vir Moses gesê: Die feestye van die HERE.... dit is my feestye ... in die eerste maand, op die veertiende van die maand, teen die aand, is die pasga van die Here.... (Lev 23:2-6). En hierdie dag moet vir julle ‘n gedenkdag wees, en julle moet dit as ‘n fees tot eer van die HERE vier. Julle moet dit in julle geslagte as ‘n ewige insetting vier... Dit is ‘n paasoffer aan die HERE, wat by die huise van die kinders van Israel in Egipte verbygegaan het, toe Hy die Egiptenaars getref maar ons huise gered het” (Ex 12:14, 27).

Page 169: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

160

En op die eerste dag van die ongesuurde brode (Pasga) kom die dissipels na Jesus en sê vir Hom: Waar wil U hê moet ons vir U klaarmaak om die pasga te eet? En Hy antwoord: Gaan na die stad na ‘n sekere iemand en sê vir hom: Die Meester laat weet: My tyd is naby. By jou sal Ek die pasga hou met my dissipels. Daarop het die dissipels gedoen soos Jesus hulle beveel het, en hulle het die pasga berei (Matt 26:17-19).

Wanneer ons noukeurig let op die instruksies in Exodus 12 wat die Here God daardie eerste pasga aan die Hebreërs gegee het toe Hy hulle uit slawerny uit Egipte gelei het, sien ons die volgende:

Elke man moes vir sy huisgesin ‘n lam neem op die 10de van die eerste maand (Abib) Nisan. Dit moes ‘n lam wees sonder gebrek (Ex 12:3-5).

Hierdie lam moes vir 5 dae bewaar word waartydens daar seker gemaak is dat hy sonder gebrek was – hy moes deeglik ondersoek word (Ex 12:6).

Op die 14de Nisan moes hierdie lam by die deurpos geslag word: verkieslik om 3 nm sodat dit teen 6 nm (die aanvang van die 15de) geeët is (Ex 12:6).

Die lam se bloed moes opgevang word by die deurpos en die bloed moes gestryk word aan die bo-pos (bo-drumpel) en die twee sy-poste van die deur (Ex 12:7). Die aanwending van die bloed aan die bo-drumpel en deurposte vorm ook ‘n kruis.

Die huisgesin moes dan deur hierdie deurpos die huis binnegaan, waar hulle beskerm was teen die verderflike plaag (doodsengel) wat deur die land sou trek – dié sou daar verbygaan (PASS-OVER) (Ex 12:13).

Page 170: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

161

Die hele lam moes gebraai en geëet word: niks mag oorgebly het vir die volgende dag nie. Saam met ongesuurde brode en bitter kruie moes dit geëet word (Ex 12:8-10).

Met die voorbereiding van die lam, mag geen van sy bene gebreek word nie (Ex 12:46). Om ‘n lam te kon braai volgens hierdie voorskrifte, was dit nodig dat die lam aan ‘n spit vasgemaak sou word sodat die liggaam oopgesprei kon wees oor die vuur. Die spit sou noodwendig in die vorm van ‘n kruis wees.

Geen onbesnede persoon kon aan die pasga deelneem nie (Ex 12:48). Besnyding was die uiterlike teken dat hierdie persoon in God se verbond is – ‘n bloedverbond. Hy was nou ook geregtig op die voordele van die verbond.

Dit dien hier vermeld te word dat nadat Israel hulle gevestig het in hul land en die tempel in Jerusalem gebou is, die plek wat God uitgekies het, het die mense die lammers na die tempel gebring en daar geslag i.p.v. by hulle eie deurposte. Nog later het die Leviete lammers geteel in Jerusalem en hulle dan tydens pasga verkoop aan diegene wat opgekom het om die fees te hou.

CHRISTUS IN DIE PAASFEES

Toe Johannes die Doper Jesus Christus sien, het hy verklaar: “Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!” (Joh 1:29).

Toe die tyd nader kom dat Jesus Christus moes sterf, het Hy doelbewus Sy program-skedule en persoonlike aktiwiteite gereël rondom die gebeurtenisse wat geasossieer word met die uitkies, voorbereiding en slagting van die paaslam. Op hierdie wyse sou die Jode later daartoe in staat wees om te verstaan wie Hy was – hulle Paaslam. Christus was

Page 171: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

162

bestem om gekruisig te word in die presiese maand, op die presiese dag en uur waarop die Jode die paaslammers vir bykans 1 500 jaar tydens hulle PASGA hanteer het.

Op die 9de Nisan het Jesus Christus na Betanië gegaan (Joh 12:1), en op die 10de Nisan het Hy Jerusalem binnegegaan (Joh 12:12-13).

Die godsdienstige leiers van Israel het 5 dae lank die Lam van God “ondersoek” deur vrae en kruisondervraging (Matt 21-22).

Jesus Christus is op 14 Nisan gekruisig. Hy is om 9vm. aan die kruis vasgespyker en het die middag om 3 uur gesterf (Mark 15:25; 33-37).

Die Joodse geskiedskrywer van die 1ste eeu, Josephus, het geskryf dat daar ongeveer 256, 500 lammers in Jerusalem geslag was die jaar toe Jesus Christus gekruisig is. Omdat daar so baie lammers was, was dit vir die Joodse Leviete en priesters nodig om reeds 9 vm. te begin om hulle voor te berei vir die slagting. Toe is hulle om 3 nm. geslag sodat die pasga voltooi kon wees voor 6 nm., wanneer die nuwe dag in aanvang sou neem.

Christus het homself geheel en al oorgegee om die vure van oordeel van God deur te gaan toe Hy aan die kruis vir ons sondes gesterf het.

Gewoonlik is ‘n gekrusigde se bene net onder die knieë gebreek om die dood, wat voor 6 nm. moes plaasvind, te bespoedig, sodat die liggaam van die kruis afgehaal kon word. Nie een van Jesus Christus se bene was gebreek nie (Joh 19:31-33), alhoewel die twee kwaaddoeners wat saam met Hom gekruisig was se bene gebreek is.

Page 172: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

163

Die lam moes manlik wees, van die skape of bokke, ‘n rammetjie (Ex 12:5). In Jesaja 53:7 is die profesie dat die Messias soos ‘n lam ter slagting gelei sal word. So het Christus die Seun van God, die Lam van God, Sy lewe geoffer. Die bloed van die offerdier het sonde slegs bedek (Heb 10:1-4); Christus se bloed neem sonde heeltemal weg (Heb 10:5-18).

ONGESUURDE BRODE

Die besonderhede van hierdie fees (ongesuurde brode) is ingevleg met dié van Paasfees, en die twee feeste is feitlik saam gehou. Die Paasfeeslam was eintlik die grondslag vir al die ander feeste, maar in die besonder het dit die Fees van Ongesuurde Brode ingewy.

Ons lees van hierdie fees in Levitikus 23:6-8 – “En op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die ongesuurde brode van die HERE; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet...” Die fees het sewe dae geduur, naamlik van die 15de tot die 21ste van die maand Nisan (Abib). Hierdie fees was ‘n herdenking van hulle wegbreek en afskeiding van Egipte. Hierdie fees moes hulle altyd daaraan herinner dat hulle verlos was van Egipte met sy verdrukking, gebondenheid, hartseer en lyding; dit het hulle alles agtergelaat as deel van hulle ou lewens (Ex 13:3-8). Toe Farao in Egipte vir die Jode toestemming gegee het om weg te trek, moes hulle dit haastig doen voordat hy weer van besluit verander, en daar was nie nog tyd om die brood vir padkos in te suur nie. In die Bybel word suurdeeg, weens die gistings- en deurdringings-kwaliteite, oor die algemeen as ‘n metafoor vir sonde gebruik. “Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ‘n nuwe deeg kan wees – soos julle inderdaad ongesuurd is – want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus. Laat ons dan feesvier, nie met ou suurdeeg ... nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid” (1 Kor 5:7-8).

Page 173: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

164

Christus praat ook van suurdeeg as ‘n metafoor vir valse leringe en skynheiligheid (Matt 16:11-12; Mark 8:15; Luk 12:1).

In die Nuwe Testament vind ons Jesus Christus, die Brood van die Lewe, wat uit die hemel neergedaal het en Hy het geen suurdeeg in Hom gehad nie – Hy was sonder sonde (1 Joh 3:5; 2 Kor 5:21; Joh 6:32-35; 47-51; 53-58).

In die Ou Testament het God deur middel van die Fees van die Ongesuurde Brode vir Sy volk gedemonstreer hoe hulle hulleself moet afsonder, dus afskei van Egipte. Die Nuwe-Testamentiese gelowige in Christus, wat verlos is deur die bloed van die Pasgalam, Jesus Christus, moet ook afgesonderd wees van sonde, valse leringe en alle geveinsdheid.

DIE BITTER KRUIE

Die Here het die volk van Israel beveel om die paaslam oor die vuur te braai; saam met ongesuurde brode moes hulle dit met bitter kruie eet (Ex 12:8). Die bitter kruie sou hulle herinner aan die harde arbeid, die slawe- werk, wat hulle moes verduur onder die sweepslae van die Egiptiese slawedrywers (Ex 1:14). Die bitter kruie was dus ’n simbool van die bittere diensbaarheid in Egipte en van die sonde.

Christus sou die bitterheid van die sonde vir ons dra (Psalm 69:22; Jes 53:4-5; 8; 2 Kor 5:21; Joh 19:28-30).

DIE FEES VAN DIE EERSTELINGSGERF

Die Here beveel Moses: “As julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrings oes, moet julle die eerstelingsgerf van julle oes na die priester bring. En hy moet die gerf voor die aangesig van die HERE beweeg, sodat

Page 174: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

165

julle welgevallig kan wees; die dag ná die sabbat moet die priester dit beweeg” (Lev 23:10-11).

Dit is duidelik dat die kinders van Israel nie hierdie fees in die woestyn kon vier nie. Nie net alleen moes hulle in Kanaän wees nie, maar hulle moes die land besit voordat hulle kon oes en die eerste vrugte na God bring.

Hierdie fees moes gehou word op die dag ná die sabbat. Dit is die 17de Nisan, dus die eerste dag van die week, naamlik Sondag. Die doel van die fees vir die Hebreërs was om die garsoes aan die Here toe te wy. God het die land voorsien en regtens behoort die hele oes aan Hom. Die volk was slegs die rentmeesters en deur die eerstelinge (eerste vrugte) van die oes aan die Here op te dra, was dit eintlik verteenwoordigend van die hele oes. Die eerste gerwe is deur die priester voor die Here beweeg (gewuif) as ‘n beweegoffer.

Die eerstelingsgerf herinner ons aan Jesus Christus ons Voorsiener en Opstanding. Paulus skrywe: “Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het... so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word maar elkeen in sy eie orde; as eersteling Christus...” (1 Kor 15:20-23).

Jesus Christus het uit die dood uit opgestaan, ná die sabbat, op die eerste dag van die week (Joh 20:1, 19). Jesus Christus het die fees van die eerstelinge vervul toe Hy as die eersteling opgewek is uit die dode. Sy opstanding het die begin aangekondig van die oes van siele wat, deur die Here Jesus Christus, aan God gewy is (Jes 53:10-12; Heb 2:9-13).

DIE LAASTE PASGA – DIE HEILIGE NAGMAAL

Toe Jesus Christus saam met sy dissipels die pasga gevier het (Matt 26:17-20), het Hy aangekondig dat Hy op die punt staan om die afspraak wat Sy

Page 175: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

166

Vader vir Hom gemaak het, om die Pasgalam te wees, na te kom (Matt 26:26-30; Luk 22:14-22) “Want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus” (1 Kor 5:7). In die Nuwe Testament word meer as 30 keer melding gemaak van Christus, die Lam. Tydens die pasga-maaltyd is ongesuurde brode met bitter kruie geëet. Die brode was ongesuurde, ronde, plat koeke, en getuig van haas (Ex 12:39). Die bitter kruie herinner aan die bitterheid wat die volk Israel onder die Egiptenare beleef het. Die Egiptenare het hulle lewe verbitter met swaar werk met klei en bakstene en deur allerhande werk in die landerye (Ex 1:14). Vergelyk Johannes 19:29-30.

Vir die Nuwe-Testamentiese gelowige is Jesus Christus ons Paaslam. Elke gelowige in Christus se hart is besny deur die wedergeboorte (Joh 3:1-7; Rom 2:29; Fil 3:3; Kol 2:11; Deut 10:16).

Ons Paaslam, Jesus Christus, het dan ook tydens die laaste pasga die Heilige Nagmaal ingestel (Matt 26:26-28). Die pasga loop uit op die Heilige Nagmaal en dit moet gevier word tot op die wederkoms van Christus (1 Kor 11:26). Wie deel het aan die Heilige Nagmaal het deel aan die Nuwe Verbond, die Nuwe Testament, wat deur die bloed van Christuis bekragtig is (Heb 9:11-17). Wie dus deel het aan die sakrament van die Nagmaal bely daarmee die versoenende sterwe van Jesus Christus en ook Sy verwagte wederkoms (1 Kor 11:23-32). Die Nagmaal is dus geen menslike instelling nie, maar het sy oorsprong by Jesus Christus tydens die laaste pasga. Die Nagmaal was eers ‘n ritus, naamlik die pasga, wat deur Christus se bemiddeling deur die Nuwe Testament ‘n heilige sakrament geword het. Anders gestel: Die sakrament van die nagmaal is ‘n ritus wat ‘n verpligting geword het as gevolg van Christus se bevel en weens die verhouding daarvan met die sentrale, essensiële waarhede met betrekking tot

Page 176: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

167

saligheid. Die sakrament van die Heilige Nagmaal is dus ‘n heilige, sigbare teken wat deur Christus Jesus is ingestel ten einde aan die mens sy belofte van vergewing van sondes te waarborg en hom dit beter te laat verstaan. Die gebruik van die Heilige Nagmaal voed en onderhou ook ons geloof in Christus, die Paaslam. Daarom mag ons nooit die woorde van onse Here Jesus Christus vergeet nie: “Neem eet, dit is my liggaam... doen dit tot my gedagtenis; Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit tot my gedagtenis”. Christus het die nagmaal ingestel en Hy het dit gedoen in die nag waarin Hy verraai is, net voordat Hy as ons Paaslam geslag is (1 Kor 5:7). Soos die pasga die Jood moes herinner aan die wonderlike uitredding uit Egipte, is die nagmaal die teken aan die Nuwe-Testamentiese gelowige, wat ons aan die lyde en dood van Christus herinner, waardeur ons van die sondemag, die wêreld en die duiwel gered word. Die nagmaal herinner ons dus ook aan die bekragtiging van die Nuwe Testament (Luk 22:20). Ons het nou deel aan ‘n nuwe Verbond – die Nuwe Testament wat Christus vir ons daargestel het tot ons redding, verlossing en vergifnis in Sy kosbare bloed. Die Nuwe-Testamentiese gelowige onderhou dus geensins die herdenking of herinnering van die pasga nie, maar wel die onderhouding van die nagmaal soos deur Christus, ons Paaslam, ingestel tydens die laaste pasga.

Gólgota het nie net ‘n nuwe bedeling ingewy nie, maar ook ‘n nuwe begin vir dié wat verlossing gevind het, deur die Lam wat geslag is (2 Kor 5:17; Gal 6:15).

Die dood en opstanding van Jesus Christus is vir ewig deurweef met die pasga en sy simboliek. Die pasgalam het vooruit gespreek van die Lam van God wat sou kom. Die verlossing uit Egipte was ‘n vooruitskadu-ing

Page 177: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

168

van die groter verlossing wat Jesus Christus sou bring. Wat voorafgegaan het was ‘n skaduwee van die dinge wat sou kom; die werklikheid word egter gevind in Christus.

Page 178: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

169

Hoofstuk 11

Die Fees van die Weke (Oesfees) - Pinkster

ie drie feestye van Pasga, Pinkster en Tabernakels verteenwoordig drie groot samekomste wat God met die volk Israel het.

Die eerste samekoms wat ons met God het deur Jesus Christus bring vir ons vergifnis van sonde en versoening met ons Skepper, God. Die gevolg is, ons het vrede met God en die vrede van God. Om hierdie rede is die pasgafees die eerste van alle feeste op die Joodse kalender. Ons aanvaarding van Christus as ons Pasgalam-offer bring vrede met God (Rom 5:1, 8-9). Die aanvaarding van Christus as ons HERE en Saligmaker is die heel eerste groot ontmoeting wat ons met God het. Dit is hoe ons vrede met God vind; en dit is wat die fees van die pasga vir ons simboliseer.

Die tweede samekoms wat ons met God het, word gevier deur die fees van weke (oesfees) – Pinkster, dit verteenwoordig God se krag. Wanneer ons vrede met God het deur Christus, kan ons eers daarna God se krag ervaar. Om hierdie rede is die Pinksterfees die tweede fees op die Joodse kalender.

Die derde samekoms, die fees van tabernakels wat ons met God het in Christus, verteenwoordig die rus, die goddelike rus wat ons ingaan. God se vrede kom eerste, dan God se krag, dan God se rus.

D

Page 179: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

170

God gee die volgende bevele met betrekking tot die fees van die weke (oesfees) in Levitikus 23: 15-21: “Dan moet julle tel van die dag ná die sabbat, van die dag af as julle die beweegoffergerf bring – sewe volle weke moet dit wees; tot die dag ná die sewende sabbat moet julle vyftig dae tel; dan moet julle ’n nuwe spysoffer aan die HERE bring. Julle moet uit jul woonplekke twee beweegbrode bring; dit moet van twee tiendes van ’n efa fynmeel wees; gesuurd moet dit gebak word as eerstelinge aan die HERE. Julle moet ook by die brood sewe jaaroud lammers sonder gebrek en een jong bul en twee ramme bring. Hulle moet ’n brandoffer aan die HERE wees saam met die spysoffer en die drankoffers wat daarby behoort as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE. En julle moet een bokram as sondoffer berei. Ook twee jaaroud lammers as dankoffer, en die priester moet hulle saam met die eerstelingsbrood as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg saam met die twee lammers; dié moet aan die HERE heilig wees, ten voordele van die priester. En julle moet op daardie selfde dag uitroep: ’n heilige vierdag moet dit vir julle wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. Dit is ’n ewige insetting in al julle woonplekke vir julle geslagte.”

Met die fees van die Pasga word die begin van die garsoes gedenk en met die fees van Pinkster word die insameling van die koringoes gevier. Hierdie fees is algemeen bekend as die “fees van die weke”; in die Nuwe Testament vind ons word van die fees gepraat as “Pinkster” (Hand 2:1). Die eerste naam is gegee omdat sewe volle weke, of ’n week van weke, getel moes word vandat die eerstelingsgerf voor die Here beweeg is en hierdie fees is gehou op die dag nadat hierdie sewe weke om was. Hierdie fees is gehou op die vyftigste dag ná die eerste fees van eerstevrugte (Lev 23:16).

Op die dag ná die sabbat van die week van Paasfees het die Here Jesus Christus uit die dode opgestaan en die Eerstevrugte (Eerstelingsgerf) geword van dié wat ontslaap het. Op hierdie manier het die fees van die

Page 180: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

171

eerstelingsgerf op dieselfde dag dat die Jode dit gevier het, tot vervulling gekom.

Die fees van die eerstevrugte en die fees van weke (koringoes) is nou met mekaar verbind. Albei hierdie feeste, die eerstelingsgerf wat beweeg is en die eerstelingsbrode (Pinkster) vyftig dae later, is met mekaar verbind, want daar word van albei as eerstelinge gepraat.

EERSTELINGSBROOD AS BEWEEGOFFER

In Levitikus 23:20 lees ons: “En die priester moet hulle saam met die eerstelingsbrood as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg . . .” Die belangrikste offer in hierdie tyd was die beweegoffer van brode (eerstelingsbrood as beweegoffer voor die aangesig van die HERE). Dit moes gemaak word van fynmeel met suurdeeg: deeglik gesif om growwigheid uit te skei. Die aanwesigheid van suurdeeg is baie belangrik. Ons lees dat hierdie brode met suurdeeg gebak moes word – “gesuurd moet dit gebak word as eerstelinge aan die HERE” (Lev 23:17). In die eerstelingsgerf, wat van die Here Jesus Christus spreek, was daar geen suurdeeg nie, want Hy was sonder sonde. Hy was die vlekkelose, heilige Seun van God. Om hierdie rede is daar geen melding gemaak van ’n sondoffer in verband met hierdie fees toe daardie gerf van are wat eerste ryp geword het, voor God beweeg is nie. Hierdie fees van eerstelingsbrode stel dit duidelik dat ’n sondoffer daarmee gepaardgaan. “En julle moet ook een bokram as sondoffer berei” (Lev 23:19). Ons lees dus van suurdeeg en ook ’n sondoffer wat gepaardgaan met die fees van die weke (Pinkster), die koringoes.

Hierdie beweegoffer van die twee brode op die Pinksterfees was ’n uitdrukking van die volk se afhanklikheid van die koringoes vir hul daaglikse brood. Met hierdie offer word die daaglikse brood, net soos die volk dit eet, in dankbare erkenning gewy aan die Here. Op hierdie manier

Page 181: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

172

was die offer ook ’n dankoffer, want dit het weer eens die Hebreërs se afhanklikheid van die Here vir hul daaglikse brood uitgedruk.

In Levitikus 23:21 word beklemtoon dat dié dag, “daardie selfde dag”, hulle ’n heilige vierdag moet uitroep. Dit is die Pinksterdag (veral vers 16) – vyftigste in Grieks: pentakosté, vandaar die naam “pentecost” (Pinkster). Die groot oeswerk begin dus met ’n feesrusdag. Van dié dag af dat die eerstelingsgerf dan gebring is (vers 11), tot op die vyftigste dag (vers 16) het die oes dan verder ryp geword.

Later, toe die Jode oor die wêreld versprei was, het die Pinksterfees sy primêre belangrikheid as ’n oesfees verloor, want in die diaspora (verstrooiing) was daar vir baie min Jode werklike oeste om oor fees te vier. Die Jode het tradisioneel geglo dat God die Wet op Pinksterdag aan Moses gegee het. Pinksterdag was vir hulle ’n herinnering aan die wetgewing by Sinai. In die derde maand (Siwan) ná die uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, op dieselfde dag, het hulle in die woestyn Sinai gekom. Hierdie tyd het dan ook by die Hebreërs bekend gestaan as “die seisoen van die gee van die Wet”. Ons kan dit die “geboortedag van Judaïsme” noem, want Judaïsme gaan grootliks om die Wet van Moses.

Hierdie fees van weke (oesfees), Pinkster, het die Jode inderdaad daaraan herinner dat die oes inderwaarheid aan die Here behoort.

Die twee gesuurde brode as beweegoffer (Lev 23:17). Dit was van twee tiendes van ’n efa fynmeel. Die koringmeel self was die eerstelinge van die koringoes. Suurdeeg wat gewoonlik in offerandes verbied is, moes bygevoeg word. In dié geval moes suurdeeg in die twee brode teenwoordig wees. Dit verklaar dat selfs die vrug van ons arbeid deur sonde aangetas is. Dit kan ook daarvan spreek dat nie net die grondstof nie, maar ook die eindproduk van die werk van ons hande, aan God behoort. Anders

Page 182: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

173

gestel: Selfs nadat ons ’n rou stuk plank in ’n kabinet, tafel of stoel omskep het, besit God steeds op die einde die werk van ons hande.

Die brandoffer van sewe jaaroud lammers, een jong bul en twee jaaroud lammers as dankoffer (Lev 23: 18-19). Dié brandoffer toon totale toewyding aan die Here. Die feit dat die brandoffer saam met die eerstelingsbrood gebring is, benadruk die feit dat in die offer van ons arbeid aan God ons steeds sonde het waarvoor ons versoening benodig.

Spysoffer en drankoffers (Lev 23:18). Dié offers spreek van ons verhouding met God en dat alles aan Hom behoort. Die drankoffers spreek van oorgawe en toewyding aan God.

Een bokram as sondoffer (Lev 23:19). Die sondoffer was ’n boetedoeningsoffer. In die offer kom die persoon as skuldige sondaar om God se straf te ontvang; versoening met God word gesoek.

Twee jaaroud lammers as dankoffer (Lev 23:19). Gemeenskap en vrede met God word ondervind wanneer ons sonde weggeneem is.

Wanneer die dankbare Israeliet sy eerstelingsbrood na die priester bring (Lev 23:20), kom hy met ’n dankbare hart na die Here, vir sy voorsiening vir die oes wat nou volg. Pinkster was ’n tyd om dank te betuig vir die basiese dinge van die lewe en om te bevestig dat God die groot Gewer van alle goeie dinge is.

Page 183: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

174

DIE DAG VAN PINKSTER

Die dag van Pinkster het nie ontstaan uit die Christendom nie, maar is ’n Joodse feesdag wat God gekies het om die krag van die Heilige Gees te stuur nadat die Here Jesus Christus verheerlik is en na die hemel opgevaar het.

Die uitstorting van die Heilige Gees se krag was die direkte gevolg van die feit dat die verheerlikte Here Jesus Christus sy plek aan die regterhand van God ingeneem het nadat Hy na die hemel opgevaar het (Luk 24:46-51; Hand 1:4-14; 2:1-4). Die dag van Pinkster was presies vyftig dae ná Jesus se opstanding uit die dode, dus tien dae nadat Hy opgevaar het na die hemel, het Hy sy Heilige Gees se krag op sy dissipels uitgestort.

Dit was op die dag van die Joodse fees, Pinksterdag, dat God die Vader besluit het om die Heilige Gees se krag uit te stort. Baie Jode van oor die hele wêreld het saamgetrek om die Pinksterfees te vier (Hand 1:5-11). Dit was die presiese dag wat die Vader in sy alwyse raad besluit het om die krag van die Gees uit te stort tot getuienis voor die hele wêreld.

Die pasgafees spreek van saligheid terwyl die Pinksterfees van dié dag af sou spreek van getuienislewering en dienswerk (Hand 1:8).

DOOP MET DIE HEILIGE GEES SE KRAG

En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte (Luk 24:49). Hier noem Jesus die “belofte” “krag uit die hoogte”. ’n Noukeuriger studie van Handelinge 1 bring aan die lig dat die “belofte” waarna Jesus in Lukas 24 verwys, gelykgestel word aan “(die) Heilige Gees” (Hand 1:4-5). “Die Heilige Gees” (in Grieks pneuma hagion, sonder die bepalende lidwoord) is dan die “krag uit die hoogte”.

Page 184: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

175

’n Prominente teoloog skryf in sy boek The Giver and His Gifts: “When we have examined all the fifty passages where this expression (pneuma hagion) occurs, we shall find this to be the general result, that it is never used in the sense in which (to pneuma to hagion) ‘the pneuma the holy’ is used, that is to say, it is never used of the Holy Spirit, but always of what He does, it is never used of the Giver, but always of his gifts and operations.’

Daarom verklaar Petrus aan dié wat uit die besnydenis was, wat gebeur het toe hy by die huis van Cornelius tuisgegaan het. En toe ek begin spreek, het die Heilige Gees op hulle geval soos ook op ons in die begin. En ek het die woord van die Here onthou, hoe Hy gesê het, Johannes het met water gedoop, maar julle sal met (die) Heilige Gees gedoop word. As God dan aan hulle dieselfde gawe gegee het soos aan ons . . . (Hand 11:15-17). Sien ook Handelinge 2:38-39. Hier stel Petrus die “belofte” wat “krag uit die hoogte” of die doop met die Heilige Gees se krag is, gelyk aan die gawe van die Gees.

Om met die Heilige Gees gedoop te wees is dus dieselfde as om die belofte waarvan Jesus gespreek het, wat krag uit die hoogte is, wat die gawe van die Heilige Gees is, te ontvang. Die oomblik toe hulle die “belofte van die Vader” ontvang, die oomblik toe hulle “krag uit die hoogte” ontvang, die oomblik toe hulle “gedoop” of “vervul is” met die Heilige Gees se krag, het hulle in ander tale begin spreek soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek (Hand 2:4).

Die vervulling met die Heilige Gees op Pinksterdag het met ’n talewonder gepaardgegaan. Dit was die sigbare manifestasie dat hulle met die Heilige Gees gedoop is.

Page 185: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

176

WIE IS DIE DOPER MET DIE HEILIGE GEES SE KRAG?

Johannes die Doper stel dit baie duidelik in Mattheus 3:11(b) wie die Doper met die Heilige Gees se krag is. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur. Johannes verwys hier na Jesus, wie se skoene hy nie waardig was om te dra nie.

Nog voordat Jesus sy aardse bediening begin het, is daar al van Hom gesê: Hy sal julle doop met (die) Heilige Gees. Al vier die evangelies doen hierdie verklaring (Matt 3:11; Mark 1:8; Luk 3:16; Joh 1:33). Aan die einde van Jesus se aardse bediening, net voordat Hy na sy Vader gegaan het, doen Jesus hierdie verklaring in Lukas 24:49: “Ek stuur die belofte van my Vader op julle . . .”

Jesus is die Doper met die Heilige Gees se krag! Al vier die evangelies bevestig Johannes die Doper se getuienis – Hy sal julle doop met (die) Heilige Gees.

Die teenstelling is duidelik: Johannes doop met water, Jesus doop met Heilige Gees-krag.

Dit is nie die Vader of die Heilige Gees wat ons doop met die Heilige Gees se krag, die “krag uit die hoogte” nie, dit is Jesus wat ons doop. Die apostels het in geloofsgehoorsaamheid die gelowiges die hande opgelê (Hand 8:14-18; Hand 19:6) en gebid, maar die Doper met (die) Heilige Gees krag is Jesus Christus.

DIE GEVOLGE VAN DIE DOOP MET DIE HEILIGE GEES-KRAG

Ons bepaal ons hier by die boek Handelinge. Daar is baie Skriftekste wat presies vertel wat gebeur wanneer die doop met die Heilige Gees se krag plaasvind.

Page 186: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

177

Handelinge 1:8. Julle sal krag ontvang. Dit verwys na die krag van die Heilige Gees.

Handelinge 1:8. Julle sal my getuies wees.

Handelinge 2:4. Hulle het begin spreek in ander tale.

Handelinge 2:38. Julle sal (het) die gawe van die Heilige Gees ontvang.

Handelinge 8:18. Toe Simon sien dat deur die handoplegging van die apostels die Heilige Gees gegee word . . .

Handelinge 10:46-47. Toe hulle die Heilige Gees (krag of gawe) ontvang het, het hulle in tale gespreek en God groot gemaak.

Handelinge 11:16-17. Julle sal met (die) Heilige Gees gedoop word. As God dan aan hulle dieselfde gawe gegee het soos aan ons . . .

Handelinge 19:6. En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.

ONDERSKEID TUSSEN DIE PERSOON EN DIE GAWE, OF KRAG, VAN DIE HEILIGE GEES

Ons sien Petrus-hulle het as gelowiges reeds die Heilige Gees inwonend in hulle gehad voor Pinksterdag (Joh. 3:5-8). Selfs Koning Dawid kon sê in Psalm 51: neem U Heilige Gees nie van my weg nie.

Die inwoning van God se Gees in die mens is dus ’n Ou-Testamentiese sowel as Nuwe-Testamentiese ervaring van alle gelowiges, terwyl die doop met (die) Heilige Gees uitsluitlik ’n Nuwe-Testamentiese ervaring is (Luk 24:49; Hand 1:4-8).

Page 187: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

178

Alle wedergebore gelowiges het die Heilige Gees as persoon inwonend in hul harte, terwyl die doop met die Heilige Gees se krag ’n verdere ondervinding is. Daarom kan Jesus vir sy dissipels wat reeds die Gees in hulle het, beveel om in Jerusalem te bly totdat hulle die doop in die Heilige Gees deelagtig word.

Samuel Chadwick stel dit dat die doop met die Heilige Gees iets is wat op die wedergeboorte volg: “In wedergeboorte is daar ’n gawe van lewe deur die Gees, en wie dit ontvang, is gered (saligheid); in die doop met die Gees is daar ’n gawe van krag (bedieningskrag) en daardeur is die gelowige toegerus vir diens.”

Die wedergeborene is ’n kandidaat om ’n tweede ondervinding deelagtig te word. Waar hy by sy eerste ondervinding, sy bekering, die Gees as persoon ontvang het, is die tweede ondervinding die doop met die Heilige Gees se krag. Ons onderskei dus in die Nuwe Testament tussen die persoon en krag van die Gees, in die verband met die doop in, of met, die Heilige Gees.

Om ’n kind van God te wees, beteken om die Gees inwonend te hê (Joh. 14:16-17), terwyl om gedoop te wees met die Heilige Gees se krag en die gevolglike spreek in ander (vreemde) tale bewys dat jy die gawe van tale (1 Kor. 12:10), wat een van die nege gawes is, ontvang het. Die bewys dat jy ’n kind van God is, word gesien in die vrug van die Gees in jou lewe, die bewys dat jy met die Heilige Gees gedoop is, is die spreek in vreemde of nuwe tale wat nie aangeleer is nie.

AGT REDES WAAROM GELOWIGES MET DIE HEILIGE GEES SE KRAG GEDOOP WORD

Ons bepaal ons hier hoofsaaklik by teksgedeeltes uit Handelinge en Korinthiërs.

Page 188: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

179

Handelinge 1:8. Die persoon het die krag van die Gees ontvang.

Handelinge 2:14. Vreeslose getuie. Petrus, die eertydse lafaard (Joh. 20:19; 18:25), staan nou op ná die doop in die Heilige Gees en spreek (vreesloos) tot duisende.

1 Korinthiërs 14:2. Daar word op ’n baie besonderse wyse met God gekommunikeer, op ’n bonatuurlike wyse.

1 Korinthiërs 14:4. Die een wat in ’n taal spreek, se gees word gestig, verkwik en versterk.

1 Korinthiërs 14:2. Deur die Gees word die verborgenhede van God uitgespreek.

1 Korinthiërs 14:14. Die gees van die mens bid nou – nie die verstand nie.

1 Korinthiërs 14:15. Met die gees van die mens psalmsing nou – nie die verstand nie.

1 Korinthiërs 14:16. Die gees van die mens dank – nie die verstand nie.

Die doop of vervulling met die Heilige Gees se krag is so belangrik vir die gelowiges dat die Here Jesus hulle beveel het om in Jerusalem te wag totdat hulle die belofte van die Vader ontvang het (Hand 1:4).

Wanneer iemand met die Heilige Gees se krag gedoop is, is van die volgende elemente teenwoordig:

Bonatuurlike kommunikasie met God.

Geestelike stigting in die individu se lewe.

Page 189: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

180

Buitengewone vrymoedigheid in die Here.

Evangelistiese ywer.

Bedieningskrag.

Geestelike krag.

VOORWAARDES VIR DOOP MET DIE HEILIGE GEES

Handelinge 2:37-38. Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? En Petrus sê vir hulle: bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

Handelinge 8:12. Maar toe hulle Fillippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue.

Markus 16:16-17. Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek.

1 Korinthiërs 12:31. Maar beywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle ’n nog uitnemender weg. Jaag die liefde na, en beywer julle met die oog op die geestelike gawes, maar veral om te profeteer.

Page 190: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

181

1 Korinthiërs 14:1. Jaag die liefde na, en beywer julle met die oog op die geestelike gawes . . .

Handelinge 8:15. Hulle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang.

Handelinge 9:11, 17. Toe sê die Here vir hom: Staan op en gaan na die straat wat genoem word Reguitstraat, en vra in die huis van Judas na ’n man met die naam van Saulus van Tarsus, want kyk, hy bid; . . . En Ananias het gegaan en in die huis gekom en hom die hande opgelê en gesê: Saul, broeder, die Here het my gestuur, naamlik Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het, sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul word.

Handelinge 19:6. En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.

Vyf baie belangrike punte word in die bogenoemde tekste beklemtoon:

Bekering.

Waterdoop.

Geloof.

Begeerte.

Handoplegging.

Tog, wanneer ons na die huishouding van Cornelius kyk, sien ons dat God nie beperk word nie (Hand 10:45-47).

Page 191: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

182

Let wel, nêrens in die hele Nuwe Testament is gesê ons moet wag vir die doop met die Heilige Gees nie, behalwe uitsluitlik in die geval van Petrus-hulle, omdat die Heilige Gees se krag nog nooit vantevore so uitgestort is soos wat op Pinksterdag gebeur het nie. Ons hoef nie meer te wag vir die uitstorting van die Heilige Gees nie, want dit het reeds sowat 2000 jaar gelede op Pinksterdag plaasgevind.

HINDERNISSE VIR DIE DOOP MET DIE HEILIGE GEES SE KRAG

Die algemeenste redes word vervolgens bespreek.

Ongeloof

Ongeloof en vrees loop hand aan hand. Hierdie is nie die tyd of plek vir ongeloof nie. Die Woord van God is duidelik.

Markus 16:17. En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg . . . met nuwe tale sal hulle spreek. Ons glo God se Woord.

Skuldgevoelens

Sommige worstel met vrae soos: “Is daar nie dalk nog sonde in my lewe nie? Het God al my sondes vergewe?” As antwoord bied ons:

1 Johannes 1:9. As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

Onwilligheid aan God se kant

Wie sê die Here wil my met die Heilige Gees doop? Miskien is dit net vir ander gelowiges. As antwoord bied ons:

Page 192: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

183

Markus 16:17. En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek.

Handelinge 2:38. En Petrus sê vir hulle: bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

1 Korinthiërs 14:1. Jaag die liefde na, en beywer julle met die oog op die geestelike gawes, maar veral om te profeteer.

Die Here het sy eie tyd

Nog ’n hindernis vir die doop met die Heilige Gees is om te glo dat daar gewag moet word totdat God besluit dis geleë om die persoon te doop. ’n Noukeurige beskouing van die Skrif toon aan dat God se tyd altyd nou is.

Toe die dissipels in Samaria die woord aangeneem het en gedoop is, het hulle die apostels Petrus en Johannes laat kom om vir hulle te bid dat hulle (die) Heilige Gees mag ontvang (Hand 8:14-17). Daar was geen wagtydperk nie.

Nadat Paulus in Efese gekom het en die dissipels gedoop is, het hy hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom en hulle het met tale gespreek en geprofeteer (Hand 19:6). Weer eens, was daar geen wagtydperk nie.

Verkeerde persepsies

Sommige mense glo dat iets vreemds met hulle gaan gebeur wanneer hulle gedoop word met die Heilige Gees. Soos byvoorbeeld om neergevel te word, teen hulle wil iets te doen, hul bewussyn te verloor, weggeruk te word in die Gees en nie te weet wat hulle doen nie.

Page 193: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

184

Dit alles is wanopvattings wat verwerp word. Die woord van die Here is duidelik wanneer dit by die spraakgawes kom: En die geeste van die profete is aan die profete onderworpe (1 Kor. 14:32).

As antwoord bied ons: Al wat vreemd is, is die spreker praat in ’n vreemde, onbekende taal soos die Gees aan die spreker gee om uit te spreek! Die klanke is vreemd, want dit is die gees van die mens wat spreek deur die stembande, Want as ek in ’n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar (1 Kor. 14:14).

HOE ONTVANG EK DIE GAWE OF DIE DOOP MET DIE HEILIGE GEES?

Die vraag wat nou volg, is hoe ’n mens dan die gawe of doop in die Heilige Gees ontvang. Daar is twee aspekte wat belangrik is. Eerstens moet daar gelowig gebid word en tweedens moet daar gelowig gespreek word.

Bid gelowig

Vra vir Jesus, die Doper met die Heilige Gees, om jou nou te doop in die krag van sy Gees. Dank Hom gelowig met lofprysing.

Spreek gelowig

Let noukeurig op die volgende:

Handelinge 1:14. Hulle het almal eendragtig volhard in gebed en smeking.

Handelinge 2:4. En hulle is almal vervul met (die) Heilige Gees en het begin spreek in ander tale soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.

Page 194: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

185

Handelinge 10:46. Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en God groot maak . . .

Handelinge 19:6. . . . en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.

1 Korinthiërs 14:2. Want hy wat in ’n taal spreek, spreek nie tot mense nie, maar tot God, want niemand verstaan dit nie, maar deur die Gees spreek hy verborgenhede.

1 Korinthiërs 14:4. Hy wat in ’n taal spreek, stig homself.

In elke geval hierbo het die mens iets gedoen, die mens het gespreek!

Daar kan onmoontlik gepraat word as die spreker se mond toe is. Die spreker moet spreek, en God loof en prys. Die een wie spreek wag nie vir God nie, Hy wag vir die mens om sy mond oop te maak en te begin om Hom te loof en te prys in ’n wonderlike hemelse taal wat die Gees aan die spreker gee.

Pinksterdag is eeue gelede vervul. Die gawe van die Gees is reeds deur Jesus uitgestort. Gelowiges moet dit nou in die geloof ontvang.

Die Here begeer dat al sy kinders in tale spreek, nuwe tale wat die Gees aan hulle gee. Ek wens dat julle almal in tale spreek (1 Kor 14:5). Elke kind van God behoort ook daarna strewe om in sy gebedslewe die Here te aanbid in ’n hemelse taal.

Uit ons bespreking, sowel as uit die genoemde tekste, is dit baie duidelik dat ’n gelowige mens, nadat hy tot bekering gekom het en gedoop is, die Heilige Gees nogeens kan ontvang. Maar hierdie keer ontvang hy nie die persoon van die Heilige Gees nie, hierdie keer ontvang hy die gawe of die krag van die Heilige Gees. En in die genoemde gevalle gaan hierdie

Page 195: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

186

ontvangs gepaard met ’n fisieke, waarneembare teken. Die gelowiges het in tale gespreek.

Ons elkeen moet daarna streef om die gawe van die Heilige Gees deelagtig te word. Die spreek in tale is dus ’n teken en ’n bewys van die doop met die Heilige Gees se krag, maar elke daaropvolgende manifestasie van spreek in tale word gereken as ’n gawe uit die groep van nege gawes soos in 1 Korinthiërs 12:8-10 opgeteken.

Daarom, broeder, beywer julle om te profeteer en moenie verhinder dat daar in tale gespeek word nie (1 Kor. 14:39).

Nuwe-Testamentiese gelowiges moet bid, en die Here Jesus Christus vertrou, om ’n Pinkster-ervaring deelagtig te word, soos wat met die Nuwe-Testamentiese gelowiges in die boek Handelinge gebeur het op Pinksterdag, en daarna!

Page 196: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

187

Hoofstuk 12

Die Fees van die Trompetgeklank (Basuin), Versoendag en die Insameling (Loofhuttefees)

ie feestye van die Here wat julle moet uitroep as heilige samekomste – dit is my feestye (Lev 23:2). Die feestye is God se heilige samekomste waarop die mense gerus en feesgevier het.

Daar moet onthou word dat die Here van alle Joodse mans bo twintig verwag het om die drie groot nasionale feesvieringe in ’n jaar by te woon (Deut 16:14-17).

Tot dusver het ons vier feeste behandel. Dit is die pasgafees, die fees van die ongesuurde brode, die fees van die eerstelinge (eerstelingsgerf) en die Pinksterfees. Die eerste drie feeste, wat aaneenlopend was, is in die eerste maand gehou, die vierde fees (Pinkster) is in die derde maand gehou. Die fees van die trompetgeklank (basuin), versoeningsfees en loofhuttefees is in die sewende maand (Etanim), later bekend as Tisjri, gehou. Ons gaan dan nou ook vervolgens kyk na die feestyd in die sewende maand.

Die belangrikheid en betekenis van die sewende maand is dat dit die einde van die landboujaar was en dat die groot versoendag en die huttefees daarin plaasgevind het.

D Bogenoemde

drie feeste is

in die

sewende

maand gehou

Page 197: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

188

DIE FEES VAN BASUINGEKLANK (TROMPETTE)

Ons lees van hierdie fees in Levitikus 23:23-25: “En die HERE het met Moses gespreek en gesê: Spreek met die kinders van Israel en sê: In die sewende maand, op die eerste van die maand, moet dit vir julle ’n rusdag wees, ’n gedenkdag deur basuingeklank, ’n heilige vierdag. Géén beroepswerk mag julle doen nie; maar julle moet aan die HERE ’n vuuroffer bring”. (Sien ook Numeri 10:1-10).

Tussen die fees van eerstelingsbrode en die fees van basuingeklank was daar ’n lang tussenpose, want die eersgenoemde is vroeg in die derde maand gehou en hierdie fees is op die eerste van die sewende maand gevier.

Tot met hierdie fees is die tye vanaf Paasfees bereken. Die Paaslam is op die 14de dag van die maand geslag en die fees van die ongesuurde brode het die volgende dag begin. Op die dag ná die sabbat van daardie week is die eerstelingsgerf voor die HERE beweeg, en 50 dae is vanaf daardie dag tot die Pinkster getel. Maar nou word die tyd tussen Pinkster en die fees van basuingeklank nie getel nie, want dit het altyd op die 1ste dag van die 7de maand geval. Die 14de van die maand kon natuurlik enige dag wees (soos verduidelik in die lesing oor Paasfees), maar die fees van basuingeklank is altyd op die 1ste dag van die 7de maand gevier. Dus was die tyd tussen die twee feeste (Pinkster en basuingeklank) ’n onbepaalde tyd wat elke jaar anders was. Geestelik sien ons hierin iets besonders: Dit spreek daarvan dat daar ’n onbepaalde tyd tussen Pinkster en die wederkoms is – nie een van ons weet hoe lank dit sal wees nie (1 Kor 15:51-53; 1 Thes 4:15-18).

Ons kan die fees van trompette (basuingeklank) ook ’n nuwemaansfees noem aangesien die trompette op die eerste van die maand geblaas is: Die maand het met die nuwe maan begin. Die priesters het dié dag en maand aangekondig as “’n gedenkdag deur basuingeklank” (Lev 23:24).

Page 198: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

189

Volgens Joodse tradisie is by dié geleentheid nie die silwertrompette geblaas nie, maar die ramshoring (shofar).

Die trompette is van silwer gemaak (Num 10:1-10). Die silwer was in die diens van die tabernakel gebruik en was dus versoeningsgeld (Ex 30:11-16). Dit is op grond van die versoening, met ander woorde met ’n verloste volk, dat die boodskap van die trompette gekom het. Dit is duidelik uit Númeri 10 dat die trompette die lewe van die kinders van Israel gereël het. Oorspronklik is die twee silwertrompette geblaas. Die Hebreërs het altyd op die trompette geblaas op die eerste dag van elke maand – sodat almal kon weet ’n nuwe maand het aangebreek (Num 10:10). Maar op die fees van die basuingeklank is daar baie langer en baie harder op die trompette geblaas, die hele dag lank: “En in die sewende maand, op die eerste dag van die maand, moet daar vir julle ’n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie; dit moet vir julle ’n dag van trompetgeklank wees” (Num 29:1). Later van tyd is die twee silwertrompette deur die blaas van die shofar vervang. Dié tipe trompet wat geblaas is, was ’n ramshoring. Die Hebreeuse woord daarvoor is SHOFAR. Die shofar is geblaas ter gedagtenis van die ram wat deur Abraham geoffer is in die plek van Isak (Gen 22:13). Die trompette is om verskillende redes geblaas, volgens Númeri 10. In Josua 6 lees ons van die verwoesting van die stad Jerigo nadat daar op sewe ramshorings voor die ark van die HERE geblaas is. Van toe af sou die Hebreeuse volk die Here hul God ook noem “die horing van my heil” (1 Sam 2:1, 10; 2 Sam 22:3; Psalm 18:3; 75:11; 89:18, 25; 112:9). Hierdeur word bedoel die HERE sal hulle verlos en hul oorloë vir hulle veg en hulle uit die mag van hul vyande red.

Jesus Christus het dit wonderlik en heerlik vervul (Luk 1:68-71). “Geloofd sy die Here, die God van Israel, omdat Hy sy volk besoek het en vir hulle verlossing teweeggebring het, en ’n horing van heil vir ons opgerig het in die huis van Dawid . . .” Só het Johannes Hom dan ook gehoor op die dag van Jesus se verskyning aan hom op die eiland Patmos: “Ek was in die

Page 199: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

190

Gees op die dag van die Here, en ek het agter my ’n groot stem gehoor, soos van ’n basuin . . .” (Op 1:10-20). Ook wanneer Christus gereed is om sy koninkryk in besit te neem, sal die sewende engel op sy basuin blaas. “En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid” (Ope 11:15). Ook op die dag van sy koms vir sy Kerk sal die basuin blaas (1 Kor 15:51-53; 1 Thes 4:16-17). Selfs op die vreeslike dag van sy wederkoms aan die einde van die Groot Verdrukking sal die dag van oorlog en stryd wanneer Christus verskyn, met basuingeklank gepaardgaan (Sef 1:14-18).

Hierdie feesdag van trompette waarop die shofar (ramshoring) geblaas is, het die Jode nie net daaraan herinner dat die eerste dag van die sewende maand aangebreek het nie, dit het ook die volk daaraan herinner dat hulle hul in gereedheid moet bring omdat die groot versoendag ’n paar dae later sou plaasvind.

DIE GROOT VERSOENDAG

Die laaste drie feeste (die fees van basuingeklank, die versoendag en die huttefees) het kort op mekaar gevolg en is op onderskeidelik die eerste, tiende en vyftiende van dieselfde maand, dit is die sewende maand, gehou. Die groot versoendag (Hebreeus: Yom Kippur) is die tweede fees in die sewende maand. Die dag staan ook bekend as die sabbat van alle sabbatte. Van alle Joodse godsdienstige en heilige geleenthede is hierdie die ernstigste en somberste. Gedurende die jaar het die kinders van Israel hulle sond- en skuldoffers na die Here gebring en vergifnis, kwytskelding en reiniging ontvang. Die sonde is mee gehandel, maar op hierdie versoendag is die jaar wat verby is in oënskou geneem.

In Levitikus 23:26-32 lees ons van dié versoendag. “Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê: Maar op die tiende van hierdie sewende

Page 200: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

191

maand is dit die versoendag. ’n Heilige vierdag moet dit vir julle wees; dan moet julle jul verootmoedig en aan die HERE ’n vuuroffer bring. En op daardie selfde dag mag julle géén werk doen nie, want dit is ’n versoendag om vir julle versoening te doen voor die aangesig van die HERE julle God. Want elkeen wat hom op daardie selfde dag nie verootmoedig nie, moet uit sy volksgenote uitgeroei word. Ook elkeen wat op daardie selfde dag enige werk doen, dié siel sal Ek uitroei onder sy volk uit. Julle mag géén werk doen nie; dit is ’n ewige insetting vir julle geslagte in al julle woonplekke. ’n Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet jul verootmoedig. Op die negende van die maand in die aand, van aand tot aand, moet julle jul sabbat hou.”

Die volledige uiteensetting van hierdie dag is in Levitikus hoofstuk 16 opgeteken. Hierdie versoendag was ’n nasionale dag van reiniging en berou oor sonde. Op hierdie dag, die groot versoendag, oordeel God die sonde van die ganse volk. Die woorde “YOM KIPPUR” beteken in Hebreeus om “te bedek” en ’n “losprys” of “soengeld” te betaal. Vandaar die benaming “Day of Atonement” of “Versoendag” (Lev 23:28). Dit was ook bekend as die “dag van oordeel”. Volgens Levitikus moes twee bokke gebring word, een vir die Here en een vir Asásel (ontvlug, weggaande of weggestuurde bok) (Lev 16:8).

Die sondofferbul word geslag en sy bloed word gebruik vir die besprinkeling in die Allerheiligste wanneer die hoëpriester agter die voorhangsel ingaan om versoening te doen. “En hy moet van die bloed van die bul neem en dit met sy vinger op die versoendeksel aan die oostekant sprinkel; en voor die versoendeksel moet hy sewe maal met sy vinger van die bloed sprinkel” (Lev 16:14). Daar was inderwaarheid drie offerdiere ter sprake: Levitikus 16:3; 8:14-15, 18, die eerste twee, en Levitikus 16:10, 20-22, die derde.

Met hierdie offers van die groot versoendag sien ons nie net die dade van sonde nie (wat ’n skuldoffer sou wees), maar sonde self (’n sondoffer –

Page 201: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

192

Lev 16:11) word gehanteer. Die ander bok verwys na Christus, wat gewillig was om ons sonde– die sondige dade – na die woestyn weg te dra (Heb 13:11-13). Die feit dat daar aan sonde (enkelvoud) aandag gegee word en nie net aan sondes nie, sien ons daarin dat die sondofferbul geoffer word (Lev 16:11). Die verskil tussen die skuld- en sondoffer kom duidelik voor in Levitikus hoofstukke 4-7. Met die skuldoffer word sondige dade bely, terwyl met die sondoffer sondes nie raakgesien word nie, maar staan die sondaar voor God; nie vir wat hy gedoen het nie, maar wie hy IS, word in oënskou geneem. Daar was nog ’n verskil tussen die twee offerandes: Dit was dat die skuldoffer geëet is en die sondoffer nie, (Lev 7:5-7; 6:30). Hierdie waarheid kom ook duidelik voor in Christus in Hebreërs 13:11-12. Christus is ons sondoffer (Heb 10:3-14; 9:11-14; 2 Kor 5:21).

In Levitikus 16:12-13 word gespreek van reukwerk wat fyngestamp is. Hierdie reukwerk het uit welriekende gom bestaan. Gewoonweg sou dit stadig brand met ’n ligte reuk, maar wanneer dit fyngestamp is en die poeier op die brandende kole gewerp is, het dit ’n dik wolk welriekende rook laat opstyg. Dit spreek van gebede (Op 5:8; 8:4-5; Ps 141:2). “Dan moet julle jul verootmoedig” – baie duidelik soek die Here ware verootmoediging (Lev 23:27). Die groot versoendag is ook ’n dag van rus. Hoewel dit ’n tyd van verootmoediging is, lei die fees ook na ’n tyd van rus (Lev 23:32; 16:31). Hierdie rus van die Here vind die gelowige nou in Jesus Christus (Heb 4:1-10).

Die feit dat die sondebok, die lewende bok, weggelei en in die woestyn losgelaat is nadat daar handoplegging (Lev 16:21) en belydenis van die sonde van die volk gedoen is, is ook veelseggend. Dit wys heen na Christus (Jes 53:11; Joh 1:29; 2 Kor 5:21; Heb 13:11-12).

Die groot versoendag word met die blaas van die ramshoring afgesluit. ’n Interessante aspek is dat hoewel Yom Kippur aan versoening gewy is, is daar geen versekering van sondevergifnis in Judaïsme nie. Daar is ’n

Page 202: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

193

begeerte daarna; ’n hoop om vergifnis, maar geen versekering nie. Hierdie versekering kan slegs deur die Seun van God aan diegene wat in die geloof na Hom toe kom, gegee word (Joh 6:47; Joh 10:28; 1 Joh 5:11-13; 1 Joh 2:1-2), want Hy is ons versoening met God (Rom 5:10; 2 Kor 5:18-21; 1 Joh 4:10).

DIE LOOFHUTTEFEES

Ons behandel nou die laaste in die reeks van sewe feeste wat die Here vir Israel voorgeskryf het. Die laaste fees in die feestyd is die loofhuttefees (tabernakels), ook bekend as sukkot (Hebreeus). Hierdie fees het van die 15de in die sewende maand tot die 21ste van daardie maand plaasgevind. Daar is ’n spesiale sabbat op die 22ste van die maand gehou – dit was die tyd van die finale insameling van die oes.

Die fees is opgeteken in Levitikus 23:33-36; 39-44. “En die HERE het met Moses gespreek en gesê: Spreek met die kinders van Israel en sê: Op die vyftiende dag van hierdie sewende maand is dit sewe dae lank die huttefees vir die HERE. Op die eerste dag moet daar ’n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie. Sewe dae lank moet julle aan die HERE ’n vuuroffer bring. Op die agtste dag moet daar vir julle ’n heilige vierdag wees, en julle moet aan die HERE ‘’n vuuroffer bring. Dit is ’n feestyd; julle mag geen beroepswerk doen nie . . . Maar op die vyftiende dag van die sewende maand, as julle die opbrings van die land insamel, moet julle die fees van die HERE sewe dae lank vier; op die eerste dag is dit rusdag, en op die agtste dag is dit rusdag. En op die eerste dag moet julle vir julle vrugte neem van sierlike bome, met palmtakke en takke van digte bome en rivierwilgers, en sewe dae lank voor die aangesig van die HERE julle God vrolik wees. En julle moet dit as fees van die HERE sewe dae in die jaar vier. Dit is ’n ewige insetting vir julle geslagte. In die sewende maand moet julle dit vier. Sewe dae lank moet julle in hutte woon; almal wat in Israel gebore is, moet in hutte woon, sodat julle geslagte kan weet dat Ek die kinders van Israel in hutte laat woon het toe Ek hulle uit

Page 203: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

194

Egipteland uitgelei het. Ek is die HERE julle God. So het Moses dan die feestye van die HERE aan die kinders van Israel bekend gemaak.”

Hoewel die fees op die 15de dag van die maand sou begin en sewe dae lank gehou sou word, is daar tog uitdruklik gesê dat dit eers gevier moet word nadat die opbrengs van die land ingesamel is (Lev 23:39). In Deuteronómium 16:13 lees ons dat daar ’n dubbele oes sou wees. “Die huttefees moet jy sewe dae lank hou as jy van jou dorsvloer en wynpers insameling hou” (Eng: thy corn and thy wine). In daardie tyd was die lande klaar afgeoes en die mense kon nou rus van hulle arbeid, dit was ’n tyd van groot blydskap. Die Hebreërs het van oraloor gekom na die tempel in Jerusalem. Hulle het hulle tiendes en offerandes gebring en hulle geloftes aan die HERE vervul. Behalwe die landboukundige karakter wat die loofhuttefees gehad het, was dit ook ’n herinnering aan God se magtige redding van sy volk uit Egipte en hulle 40 jaar van omwandelinge in die woestyn, toe hulle in tente en hutte gewoon het (Lev 23:43). Hierdie fees gedenk hoofsaaklik die Israeliete se woestyntogte uit Egipte tot in die beloofde land

Die fees het dus hoofsaaklik uit twee elemente bestaan: Die bou van ’n tydelike hut en die bring van tiendes en offergawes (Lev 23:34-43; Deut 16:13-17; Num 29:12-40). Die fees gedenk die rus wat God vir hulle gebring het, rus van die insameling van die oes en rus van hul woestynreis.

Vir dié fees moes die Israeliete uit hulle huise trek en vir hulle ’n tydelike struktuur of hut van takke bou en dit met loof of palmtakke bedek. Die huttefees is so genoem omdat Israel dan in lowerhutte, dit is hutte wat van blare gemaak is, moes woon. Dit is ook die fees van insameling genoem (Deut 16:13). Die gesin bring dan vrugte en geskenke wat oral in die hut geplaas of opgehang word. Sewe dae lank het die hele gesin in die tydelike woning gebly terwyl hulle hul grootliks in die HERE verbly het. Dáárdeur gedenk hulle God se getrouheid, teenwoordigheid, beskerming

Page 204: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

195

en voorsiening. Die belangrikheid van God se algenoegsame voorsiening word verder beklemtoon deurdat die mens kon rus en ook so kon ingaan in die rus van God.

Tradisioneel word die “lulav” en “citron” na die sinagoge geneem en daar voor die Here gewaai met vreugde, volgens Levitikus 23:40. Hierdie lulav bestaan uit die volgende: Palmtakkie – dra slegs vrugte maar geen lieflike geur nie. Mirtetakkie – slegs ’n lieflike geur maar geen vrug nie. Wilgertak – geen vrug of geur nie. Sitroenvrug – hierdie tak dra ’n vrug sowel as ’n lieflike geur. Al hierdie dinge saam simboliseer die ware lewe van die Israeliet voor God.

DIE LOOFHUT OF SUKKAH

Die belangrikste eienskap of kenmerk van die sukkah is die tydelike aard daarvan, dit is naamlik met takke gebou.

Die struktuur bestaan uit ’n dak met vier kante waarvan een kant onbedek is. Die dak word bedek met takke, waaraan loof of blare is.

Waar daar van hierdie fees gepraat word in Levitikus, word daar net melding gemaak van palm- en wilgertakke, hoewel daar ook gepraat word van sierlike en digte blare (Lev 23:40), maar in Nehemia 8:15 sien ons dat olyftakke en mirtetakke in die goddelike bevel ingesluit was. Ons het dus die olyfboom, die palm- en mirteboom, wat al drie gebruik is om hierdie hutte van te maak, terwyl hulle stewig deurvleg en met wilgertakke aan mekaar verbind is.

Die bedekking moes van so ’n aard wees dat die sterre snags daardeur sigbaar is. Die kante kon met enige tydelike materiaal bedek word. Die binnekant word met enige geweefde doek, kombers of materiaal versier. Die hele gesin dra vrugte en neute na die hut en vier saam fees. Die hele gesin het saam gedans, gewoonlik in ’n sirkel, en was uitbundig vrolik, en

Page 205: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

196

het hulle in die Here verheug. Hierdie familiesaamtrek beeld ook die hart van God as Vader uit. Wanneer die Israeliet in sy sukkah bly, is daar geen onderskeid nie – almal is gelyk, die arme en die ryke.

Die olyfboom spreek van die volheid van geestelike krag (Sag 4:2-6), die palmboom van triomfantelike oorwinning (Ps 92:13; Joh 12:12-13), die mirteboom van vreugde en vrolikheid (Jes 55:12-13), en die wilgertakke van trane en verdriet (Ps 137:1-2). Die gedagte aan die verlede is een van trane én oorwinning.

TWEE JOODSE RITUELE MET DIE LOOFHUTTEFEES

Daar is twee Joodse rituele wat met die loofhuttefees gepaardgaan. Jesus Christus het daarop aanspraak gemaak dat al twee hierdie rituele na Hom verwys het.

Die ritueel van die “uitstorting van die water in die tempel” op die laaste dag van die loofhuttefees word deur die Jode “Hoshana Rabba” (die dag van die groot hosanna) genoem. Op hierdie dag gaan die Jode se gebede in besonder oor God se verlossing deur die Messias. Hierdie ritueel het ’n fisieke en ’n geestelike betekenis.

Die fisieke betekenis: Hulle het aan die begin van die winterreënvalseisoen gestaan en hulle het ’n spesiale dankoffer gebring vir die reën wat God nou vir hulle gaan stuur. Hulle het reën nodig gehad om die aarde te deurweek, sodat hulle kon ploeg.

Die geestelike betekenis: Dit verwys na die komende Messias wat vir hulle die Lewende Water van sy Gees sou gee.

Die ritueel van die “uitstorting van die water” is soos volg uitgevoer. ’n Sekere gesalfde priester het water in ’n goue beker uit die Poel van Siloam gaan skep. Hy neem dit dan na die hoëpriester in die tempel wat hierdie

Page 206: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

197

water in ’n bak by die voet van die altaar uitgooi. Vanuit ’n ander beker is wyn in dieselfde bak gegiet. Daar het die water en die wyn gemeng en deur spesiale afleipype terug na die spruit van Kidron gevloei. Terselfdertyd het priesters die basuine geblaas en die Leviete en die volk het palmtakke (lulavs – Hebreeus) gewaai terwyl hulle Psalms 113-118 sing.

Jesus Christus het hierdie fees in Jerusalem uit gehoorsaamheid aan die wet bygewoon (Joh 7:2; 8-10). Net toe die feesviering sy hoogtepunt bereik tydens die loofhuttefees, met die uitstorting van die water, het Jesus ’n aangrypende verklaring gedoen. Let noukeurig op die volgende: “En op die laaste dag, die groot dag van die fees (loofhuttefees), het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie” (Joh 7:37-39).

Die ritueel van die “verligting van die tempel”. Tienduisende pelgrims wat na Jerusalem gekom het vir die huttefees, het in die tempelgebied saamgekom. Elkeen het ’n brandende fakkel gehad. Die ganse stad was kilometers ver aaneen verlig. Weereens is hier ’n fisieke betekenis en ’n geestelike betekenis aan verbonde.

Baie sonskyn was saam met die reën nodig vir ’n gunstige landbouseisoen. Die Jode het God gedank vir die sonskyn wat Hy sou gee.

Hulle het ook erken dat God self die Ware Lig is wat aan hulle geestelike Lig en Lewe deur die Messias sou gee. Ons lees hierdie aangrypende woorde van Jesus in Johannes 8:12. Ek is die lig van die wêreld, wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê. In albei hierdie feeshoogtepunte het Jesus duidelike en kragtige verklarings gedoen dat Hy die werklikheid was na wie hulle verwys het.

Page 207: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

198

Die Messias is jou vreugde, voorsiening, gesondheid en rus (loofhuttefees) (Heb 4:1-10).

Hierdie fees wys profeties heen na die insameling van die oes (siele) aan die einde van die daaropvolgende rus (duisend jaar van rus), vir diegene wat deur Jesus Christus geregverdig is. Hierdie fees sal dan ook jaarliks dwarsdeur die duisendjaar vrederyk gevier word. “En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem aangekom het, sal jaar na jaar optrek om te aanbid voor die Koning, die HERE van die leërskare, en om die huttefees te vier. En wie uit die geslagte van die aarde nie na Jerusalem optrek om voor die Koning, die HERE van die leërskare, te aanbid nie - hulle sal geen reën kry nie. En as die geslag van Egipte nie optrek en nie kom nie, op wie geen reën sal val nie, dan sal tog die plaag hulle tref waarmee die HERE die nasies tref wat nie opgaan om die huttefees te vier nie. Dit sal die straf van Egipte wees en die straf van al die nasies wat nie optrek om die huttefees te vier nie” (Sag 14:16-19).

Wat die volk Israel betref, spreek die loofhuttefees dus van die seëninge wat hulle sal geniet gedurende die duisendjarige vrederyk. Wat die gelowiges vandag betref, spreek dit tot ons van die rus wat ons ingegaan het in Christus Jesus (Heb 4:1-14). Jesus Christus is die ware tabernakel van God (Joh 1:14; Kol 2:9).

Christus sal uiteindelik die fees van die tabernakels (loofhuttefees) by sy wederkoms vervul. Dan sal daar ’n letterlike rus vir die aarde en sy inwoners wees (Luk 1:31-32; Hand 15:15-16; Dan 7:18-27; Jes 2:4; 11-10; Op 20:1-7; Jer 23:5-6; Amos 9:11-12; 14-15; Miga 7:11; Sef 3:9). Hierdie Messiasryk sal ongekende seëninge vir die volk Israel bring. Die Messias self sal Koning wees oor die Joodse volk. Die Millennium of duisendjarige vrederyk bring die onvervulde beloftes van die Joodse verbonde, feeste en onvervulde profesieë van die Ou Testament tot vervulling. Die loofhuttefees vind sy hoogste vervulling in die komende duisendjarige vrederyk van Jesus Christus op aarde.

Page 208: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

Deel 5

Die Engel van die Here

Page 209: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus
Page 210: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

201

Hoofstuk 13

Die Engel van die Here

ierdie besondere Engel word in die Skrifte van alle ander engele onderskei. Na Hom word daar voortdurend in die Ou Testament verwys (onder andere in: Gen. 16:7,9-13, 21:17, 22:11, 48:16; Ex.

3:2, 14:19; Num. 22:22; Rig. 2:1-4, 6:11, 13:3-21; Jes. 63:9; Sag. 1:12; 12:8; Mal. 3:1).

’n Noukeurige beskouing van die Skrifte bring die volgende na vore. Hy word genoem:

• Die Engel van die Here (Gen. 16:7)

• Die Engel van God (Gen. 21:17)

• Die Engel van sy aangesig (His Presence) (Jes. 63:9)

• Die Engel van die verbond (Mal. 3:1)

In Génesis 31:11-13 verklaar dié Engel aan Jakob: En die Engel van God sê vir my in die droom: Jakob! En ek antwoord: Hier is ek! En Hy sê: Slaan tog jou oë op en kyk: al die bokramme wat die kleinvee dek, is gestreep, gestippeld en bont, want Ek het alles gesien wat Laban jou aandoen. Ek is die God van Bet-el, waar jy die gedenksteen gesalf het, waar jy aan My ’n gelofte gedoen het.

H

Page 211: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

202

In Exodus 3:2-6 sien ons hierdie selfde Engel aan Moses verskyn: Daarop verskyn die Engel van die Here aan hom in ’n vuurvlam uit ’n doringbos. En toe hy weer sien, brand die doringbos in die vuur, maar die doringbos word nie verteer nie! En Moses sê: Laat ek tog nader gaan en hierdie groot verskynsel bekyk, waarom die doringbos nie verbrand nie. Toe die Here sien dat hy nuuskierig nader kom, roep God na hom uit die doringbos en sê: Moses, Moses! En hy antwoord: Hier is ek. En Hy sê: Moenie nader kom nie. Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilige grond. Verder sê Hy: Ek is die God van jou vader, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob’.

Hierdie Engel word duidelik geïdentifiseer as die Here self in sy self-open-baring aan die mens. Voorts sien ons dat goddelike eienskappe en voorregte aan hierdie Engel toegeskryf word:

Vir Hagar sê die Engel van die Here: ‘Ek sal jou nageslag grootliks vermeerder, sodat dit vanweë die menigte nie getel kan word nie’ (Gen. 16:10).

Hagar noem hierdie Engel van die Here: ‘U is ’n God wat sien’ (Gen. 16:13).

Jakob verwys na die Engel as: ‘Die Engel wat my uit elke teëspoed verlos het – mag Hy die seuns seën’ (Gen. 48:15-16).

Moses moes hoor dat die plek waar die Engel van die Here aan hom verskyn het, heilige grond is (Ex. 3:5), terwyl aanbidding van gewone engele ten strengste verbied word (Openb. 22:8-9).

Daar moet sorgvuldig na die stem van hierdie Engel geluister word en Hy moet gehoorsaam word, ‘want my Naam is in Hom’ (Ex. 23:20-23).

Aantekeninge:

Page 212: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

203

Hierdie uitdrukking, die Engel van die Here, kom vir die eerste keer in Génesis 16:7 voor. Dit is nie ’n gewone engel nie, maar ’n besondere self-openbaring van die Here. Aan die een kant praat en tree Hy op asof Hy die Here self is, soos byvoorbeeld in Génesis 16:10,13; 22:11; 48:16, Exodus 3:2; Númeri 22:22 en Rigters 2:1, 6:11, 13:13, terwyl Hy soms van die Here onderskei word, soos byvoorbeeld in Génesis 16:11; Exodus 23:20-33; 33:14 en Jesaja 63:8-9.

VERSKYNINGS IN DIE OU TESTAMENT

Die verskynings van die Engel van die Here in die Ou-Testament het altyd te doen met God se handelinge en optredes met Israel, God se volk. Elke verskyning van die Engel van die Here openbaar sy meedelings aan die volk. Daar is dus ’n duidelike verband tussen die volk van Israel en die Engel van die Here.

’n Sorgvuldige ontleding van al die Ou-Testamentiese Skrifgedeeltes sal dit ook bevestig.

Die Engel van die Here se verskyning aan Hagar (Gen. 16:7-13).

Hagar was die slavin van Sara. Sara was die vrou van Abraham en hy was die aartsvader van die volk Israel. Hagar sou vir Abraham ’n seun baar, Ismael. Ismael sou ’n groot nasie word (Gen. 17:20), die vader van die Arabiese nasies. Uit Abraham se seun Isak, wat Sara vir hom sou baar, sou God die volk Israel tot ’n nasie bou. Deur die eeue wat sou volg sou God die volk uit Ismael gebruik om sy uitverkore volk Israel te verdruk en te vervolg, om Israel te straf vir sy sondes wanneer hy van God afvallig geword het.

Die Engel van die Here se verskyning aan Abraham (Gen. 18:1-2; 22:11-18).

Page 213: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

204

Die belofte van die Here aan Abraham was, dat omdat Abraham gehoorsaam was, die Here hom ryklik sal seën en sy nageslag (Israel) grootliks sal vermeerder, soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is. Abraham se nageslag (Israel) sal die poorte van sy vyande in besit neem, en in sy nageslag (Israel) sal al die nasies van die aarde geseën word.

Die Engel van die Here se verskyning aan Jakob (Gen. 28:11-22; 32:24-32; 48:15-16; Hos. 12:4-5).

Die Here verander Jakob, uit die nageslag van Abraham, se naam na Israel (Gen. 32:28). Ook het die Here aan hom gesê: ‘Ek is die Here, die God van jou vader Abraham en die God van Isak. Die land waar jy op lê en slaap, sal Ek aan jou en jou nageslag gee’. Dit sou later die land van Israel genoem word.

Die Engel van die Here se verskyning aan Moses (Ex. 3:2-14).

Die opdrag van die Here aan Moses was: ‘Gaan dan nou heen, dat Ek jou na Farao kan stuur; en lei my volk, die kinders van Israel, uit Egipte uit. Daarom het Ek besluit: Ek wil julle uit die ellende van Egipte laat optrek na die land van die Kanaäniete … na ’n land wat oorloop van melk en heuning’ (Ex. 3:10,17). Hierdie land, die land van Kanaän, sou die land van Israel word.

Die Engel van die Here se verskyning aan Bileam (Num. 22:22-35).

Toe Balak, die seun van Sippor, alles sien wat Israel aan die Amoriete gedoen het, het hy Bileam laat haal met dié woorde: ‘Kom dan tog nou, vervloek hierdie volk vir my, want hulle is magtiger as ek’ (Num. 22:2,6). Die Engel van die Here verskyn aan Bileam: ‘Gaan saam met die manne, maar net die woord wat Ek

Aantekeninge:

Page 214: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

205

jou sê dit moet jy spreek’ (Num. 22:35). Die Here het Bileam ten strengste verbied om die volk Israel te vervloek.

Die Engel van die Here se verskyning aan Josua (Jos. 5:13-15; Ex. 23:20-21).

Terwyl Josua by Jerigo staan, op die vooraand van Israel se inval in die land Kanaän vanaf Jerigo, verskyn die leërowerste van die Here aan Josua. Dit was ’n vervulling van die woord van die Here aan Moses vroeër: ‘Kyk, Ek stuur ’n Engel voor jou uit om jou op die pad te bewaar en om jou na die plek te bring wat Ek gereedgemaak het. Neem jou in ag vir Hom en luister na sy stem; wees nie wederstrewig teen Hom nie; want Hy sal julle oortreding nie vergewe nie, want my Naam is in Hom’ (Ex. 23:20-23). Joshua, die opvolger van Moses, die leier van die volk Israel, was besoek deur die Engel op die vooraand van Israel se inval in Jerigo.

Die Engel van die Here verskyn aan Israel (Ex. 14:19; Rig. 2:1-4).

Toe Israel vir Farao gevlug het, sien ons dat die Engel van die Here vir Israel stryt. Verder sien ons dat die stamme van Israel nie die inwoners van Kanaän geheel en al verdryf het nie. Daarom het die Engel van die Here opgetree deur aan Israel te verskyn en hulle te bestraf. Terwyl die Engel van die Here met hierdie woorde al die kinders van Israel toespreek, het die volk hulle stem verhef en geween. Hulle het die plek Bogim genoem, dit beteken: wenendes. Die Here het hulle vooraf gewaarsku dat hulle moet luister na die Engel (Ex. 23:20-21).

Die Engel van die Here se verskyning aan Gideon (Rig. 6:11-24).

Toe Israel gedoen het wat verkeerd was in die oë van die Here, het Hy hulle oorgegee aan hulle vyande, die Midianiete. Gideon se

Aantekeninge:

Page 215: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

206

ontmoeting en roeping deur die Engel van die Here bring ’n groot oorwinning vir Israel oor sy vyande, omdat die Engel van die Here hul hulpgeroep gehoor het en Gideon toegerus het, om vir hulle ’n oorwinning te bewerkstellig.

Die Engel van die Here se verskyning aan Manóag (Rig. 13:2-22).

Die volk van Israel het weer gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, toe het Hy hulle oorgegee in die hand van die Filistyne, veertig jaar lank (Rig. 13:1). Die Engel van die Here verskyn aan ’n man met die naam van Manóag, en sy vrou, en deel hulle mee dat die seun Simson gebore sou word, deur wie God Israel uit die hand van die Filistyne sou verlos.

Die Engel van die Here se verskyning aan Jesaja (Jes. 63:8-9).

Deur Jesaja sê God aan sy volk: ‘Hulle is tog my volk Israel, kinders wat nie sal lieg nie. So het Hy dan vir hulle ’n Heiland geword. In al hulle benoudheid was Hy benoud, en die Engel van sy aangesig het hulle verlos; deur sy liefde en deur sy medelye het Hý hulle verlos; en Hy het hulle opgehef en hulle gedra, al die dae van die ou tyd’ (Jes. 63:8-9). Die Here herinner sy volk daaran dat Hy die Een was wat sy volk uit Egipte, en telkens daarna, verlos het. Dit het Hy gedoen, naamlik deur die Engel in wie God Homself aan Israel geopenbaar het. Van sy aangesig, beteken ’n persoonlike, herken-bare teenwoordigheid. Hierdie Engel van sy aangesig is ten volle gelyk aan die Engel van die Verbond. Hierdie teenwoordigheid was meer as net die bestaan van God in Israel se midde, dit is ’n aanduiding van die manifestasie van God self in en deur hierdie Engel.

Die Engel van die Here se verskyning aan Sagaria (Sag. 1:8-13; 3:1-10). Die profeet Sagaria beskryf hier ’n heerlike Persoon, die Engel

Page 216: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

207

van die Here, wat tussen die mirtebome gestaan het. Die Engel van die Here vra namens die volk van Israel: ‘Here van die leërskare, hoe lank nog bly U sonder ontferming oor Jerusalem en oor die stede van Juda waarop U alreeds sewentig jaar vertoornd was?’ Die Engel van die Here is besorg oor Israel se welstand. Die profeet Sagaria het ook gesien hoe die Engel van die Here vir Josua, die hoëpriester, intree toe die Satan aan sy regterhand staan om hom aan te kla.

BESONDERSE KENMERKE VAN DIE ENGEL VAN DIE HERE

Die Engel van die Here identifiseer homself met God.

Toe roep die Engel van die Here vir die tweede keer na Abraham van die hemel af en sê: Ek sweer by Myself, spreek die Here … (Gen. 22:15-16). En die Engel van God sê … Ek is die God van Bet-el waar jy die gedenksteen gesalf het, waar jy aan My ’n gelofte gedoen het (Gen. 31:11-13).

Die Engel van die Here word deur ander geïdentifiseer as God.

Toe sê die Engel van die Here vir haar … Toe noem sy die Naam van die Here wat met haar gespreek het: U is ’n God wat sien (Gen. 16:9-13).

Die Engel van die Here aanvaar aanbidding wat God alleen toekom.

Daarop verskyn die Engel van die Here aan hom in ’n vuurvlam uit ’n doringbos … En Hy sê: Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilige grond (Ex. 3:2-5).

Toe die vlam van die altaar opstyg na bo, het die Engel van die Here in die vlam van die altaar opgevaar en Manóag en sy vrou het

Aantekeninge:

Page 217: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

208

dit gesien en met hulle aangesig op die grond geval … omdat ons God gesien het (Rig. 13:20-22).

DIE VÓÓR-VLEESGEWORDE SEUN VAN GOD

In die lig van die Nuwe Testamentiese openbaring mag hierdie Ou Testamentiese Engel van die Here geïdentifiseer word as die voor-vleesgeworde Seun van God. Hierdie teofanie of Godsverskyning bereik sy hoogtepunt in Christus, in wie God volkome geopenbaar is.

In Rigters 13:18 verwys die Engel van die Here na die feit dat sy naam wonderbaar is. Jesaja 9:5 openbaar dat een van die name van die Messias van Israel, wat sal kom, sal wees, Wonderbaar. Maleagi bevestig dat ‘die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, skielik na sy tempel kom’ (Mal. 3:1). Jesus Christus het dit dan ook vervul.

Uit al hierdie Skrifte leer ons dat Christus ’n onderskeie persoonlike bestaan gehad het gedurende die Ou-Testamentiese periode (Joh. 8: 56-58); en dat Hy definitiewe en herhaalde meedelings met die Israeliete gehad het.

Die identifisering van hierdie Engel met Christus harmoniseer met sy onderskeidende funksie in verhouding met die Godheid – Hy is die ewige Woord deur wie God spreek en Homself openbaar. ‘In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. En die Woord het vlees geword en onder ons gewoon – en ons het sy heerlikheid aanskou, ’n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom – vol van genade en waarheid. Niemand het ooit God gesien nie, die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar’ (Joh. 1:1,14,18).

In die ewige verlede, was die Woord (Christus) by God, en was Hy God (Joh. 1:1). Dit was voordat die wêreld was (Joh. 17:5). Hy is genoem, die

Page 218: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

209

Woord (Joh. 1:1; Openb. 19:13). ’n Woord is ’n medium van manifestasie, ’n wyse van kommunikasie, en ’n metode van openbaring. Soos die Skrif sê, ‘het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun’ (Hebr. 1:1).

Dit is dan ook betekenisvol dat daar in die Nuwe Testament geen verdere verwysing na die Engel van die Here is nie. Die bepalende lidwoord ‘die’ ontbreek in elke verwysing na die Engel van die Here in die Nuwe Testament. Let wel: ’n engel van die Here, kom wel voor (Matt. 1:20, 2:13, 28:2; Luk. 2:9; Hand. 5:19; 12:7,23). Die enigste plek in die Nuwe Testament waar die woord die engel van die Here gebruik word is in Mattheus 1:24, verwysend na vers 20 ter verduideliking.

In die Ou Testament openbaar die Here homself as die Engel van die Here, terwyl ons in die Nuwe Testament die openbaring het van die vleesgeworde Woord van God – Jesus Christus die Seun van God.

Daarom kan daar geen groter, hoër of heerliker openbaring as Jesus Christus wees nie. Dit is ook om hierdie rede dat alle Christelike leerstellings Christologies getoets moet word. Die term Christologies verwys na die leer aangaande Christus.

Wat die Ou Testamentiese leer aangaande Christus betref, weet ons dat – behalwe dat Hy Homself as die Engel van die Here, in die geskiedenis van Israel geopenbaar het – Jesus Christus self gesê het:

En nou, Vader verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was (Joh. 17:5).

Abraham julle Vader, het hom verheug dat hy my dag sou sien; en hy het dit gesien en het hom verbly. Toe sê die Jode vir Hom: U is nog nie vyftig jaar oud nie, en het U Abraham gesien? Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is

Aantekeninge:

Page 219: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

210

Ek (Joh. 8:56-58). Sien ook Exodus 3:14. Wat sy voorbestaan betref het die apostels geleer:

In die begin was die Woord en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie (Joh. 1:1-3).

Hy wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie (Fil. 1:6).

En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand (Kol. 1:17).

Wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het (Hebr. 1:2). Jesus Christus het nooit op ’n bepaalde dag die Seun van God geword nie. Hy is van ewigheid af die Seun van God. Hy het wel op ’n bepaalde dag Seun van die mens geword (Fil. 2:5-11).

HET JESUS CHRISTUS OOIT SELF GESÊ DAT HY DIE SEUN VAN GOD IS?

Gewis en seker het Hy dit herhaaldelik bevestig:

Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê (Joh. 3:16).

En Jesus het hulle geantwoord: My Vader werk tot nou toe, en Ek werk ook. Hieroor het die Jode toe nog meer probeer om Hom dood te maak, omdat Hy nie alleen die sabbat gebreek het nie, maar ook God sy eie Vader genoem het, en Hom met God gelykgestel het (Joh. 5:17-18).

Page 220: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

211

Glo jy in die Seun van God? Hy antwoord en sê: Wie is Hy, Here, dat ek in Hom kan glo? En Jesus sê vir hom: Jy het Hom gesien; en Hy wat met jou spreek, dit is Hy. Toe sê hy: Ek glo, Here! En hy het Hom aanbid (Joh. 9:35-38).

Die Jode antwoord Hom en sê: Dit is nie oor ’n goeie werk dat ons U stenig nie, maar oor godslastering, en omdat U wat ’n mens is, Uself God maak … sê julle vir Hom wat die Vader geheilig en in die wêreld gestuur het: U spreek godslasterlik – omdat Ek gesê het: Ek is die Seun van God? (Joh. 10:33-36).

En toe Jesus dit hoor, sê Hy: Hierdie siekte is nie tot die dood toe nie, maar tot die heerlikheid van God, sodat die Seun van God daardeur verheerlik kan word (Joh. 11:4).

DIE ENGEL VAN DIE HERE

Die Engel van die Here van die Ou Testament word ten volle in die Nuwe Testament geopenbaar as niemand anders nie as die vleesgeworde Jesus Christus.

Die Engel van die Here, die Engel van God, die Engel van sy aangesig en die Engel van die verbond is een en dieselfde persoon.

Die verskynings van die Engel van die Here staan altyd in verband met die aartsvader Abraham en die volk van Israel.

Die Engel van die Here identifiseer homself as God, word deur ander geïdentifiseer as God en aanvaar aanbidding en verering wat aan God alleen behoort.

In die Nuwe Testament word daar nooit weer na die term of benaming, die Engel van die Here, verwys nie en dit word nooit

Page 221: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

212

weer gebruik nie, omdat ons die volle openbaring van die Seun van God in sy vleeswording in Jesus Christus het!

Die Engel van die Here (die voor-vleesgeworde Christus) in die Ou Testament se verskynings was rondom God se verlossingsplan vir die mens. Daarom was sy verskyning altyd met betrekking tot die volk Israel (die totstandkoming van die volk, vestiging van die volk en bewaring van die volk) sodat die Christus, die vleesgeworde Woord, die Verlosser, in die wêreld gebore sou word.

Page 222: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

Deel 6

Jesus Christus in die Ou Testment

Page 223: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus
Page 224: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

215

Hoofstuk 14

JESUS CHRISTUS IN DIE OU TESTAMENT

ie Messiaanse profesieë en boodskap oortref alle ander profesieë en boodskappe in belangrikheid; nie net omdat saligheid vanuit Christus is nie, maar omdat die oorgrote meerderheid profesieë in

die Bybel direk of indirek met die Messias se koms, lewe, bediening en wederkoms te make het.

DIE EERSTE PROFESIE OOIT Ons vind die heel eerste profesie wat ooit gespreek is en opgeteken is in die Bybel in Génesis 3:15: “En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hý sal jou die kop vermorsel, en jý sal hom in die hakskeen byt”. ‘n Nadere beskouing van Génesis 3:15 toon aan dat hierdie eerste profesie ‘n profesie rakende die Verlosser is, die Messias wat eendag sou kom om die slang (Satan) te verslaan. Hierdie profesie staan bekend as die “Moederbelofte” – die moeder van alle beloftes. Die saad van die vrou in hierdie gedeelte verwys na dié Een wat uit ‘n vrou gebore sou word. Die Here God het dan ook aan Abraham bevestig dat Hy uit sy saad, dit is Christus, die beloftes aan Abraham sal vervul. “Nou is

D Bogenoemde

drie feeste is

in die

sewende

maand gehou

Page 225: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

216

aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus” (Gal 3:16). Die saad van die vrou (Christus) is die heel eerste profesie wat ooit uitgespreek is; dit word dan ook die “saad” van alle Bybelprofesie. Die oogmerk en hooffokus van alle Bybelprofesie is dan Christus – die saad van die vrou – wat die Verlosser van die wêreld is. Dit is daarom verstaanbaar dat die laaste Bybelboek die antwoord is op wat die eerste Bybelboek gesê het: “Want die getuienis van Jesus Christus (saad van die vrou) is die gees van die profesie” (Openb 19:10). Die getuienis van Jesus is die gees wat onderliggend is aan alle profesie in die Skrifte. Jesus Christus is die hooftema van alle profesie!

TWEE VERSKILLENDE SKETSE VAN JESUS Die twee kante van die Messiaanse profesieë dui op twee duidelik onderskeibare sketse – die lyding en die heerlikheid van die Messias (Luk 24:25-27). Hierdie skynbare weerspreking het die profete verstom (1 Pet 1:10-11). Hoe kan Christus, ‘n “man van smarte en bekend met krankheid” wees (Jes 53:3); en óók ‘n koning wat regeer as erfgenaam op die troon van Dawid (Jes 9:1-6)? Psalm 22 het die profete verstom: vers 11 tot 19 spreek van ‘n vrywillige martelaar; vers 23 tot 24 spreek van die bekendmaking van sy naam, en vers 28 tot 32 spreek van sy regering! Hoe versoen ‘n mens hierdie uiteenlopende verklarings met mekaar? ‘n Baie belangrike vraag rondom Messiaanse profesieë en hul vervulling is:

Page 226: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

217

Watter Skrifte het Jesus Christus moontlik gebruik ná sy opstanding uit die dood om al die dinge wat op Hom betrekking het te bewys? In die evangelie van Lukas, die vier-en-twintigste hoofstuk, lees ons:

En Hy sê vir hulle: o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het!” “Moes die Christus nie hierdie dinge ly en in sy heerlikheid ingaan nie? En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het. En hulle sê vir mekaar: Was ons hart nie brandende in ons toe Hy met ons op die pad gepraat en vir ons die Skrifte uitgelê het nie? En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word. Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan. En Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan, en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder (Luk 24:25-27; 32; 44-47).

Die allesoorheersende vraag is: Watter Skrifte het Jesus gebruik? Ten eerste behoort ons daarop te let dat ons opgestane Heiland Skrifte gebruik het – soos Hy self sê- uit: “die wet van Moses, die psalms en die profete”.

Die wet van Moses verwys na die Pentateug, dit is die eerste vyf boeke van die Bybel, naamlik Génesis tot Deuteronómium. Ons gaan vervolgens kyk na die Ou-Testamentiese profesieë wat in die Nuwe Testament vervul is in die Pentateug (Génesis tot Deuteronómium), die psalms en die profete.

Page 227: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

218

PROFESIEË IN DIE WET VAN MOSES

Ou-Testamentiese Profesie

Sleutelgedagte in profesie

Nuwe-Testamentiese vervulling

Génesis

Gen 3:15 Saad van die vrou Gal 4:4

Gen 3:15 Hy sal jou die kop vermorsel

1Joh 3:8; Kol 1:14-15; Heb 2:14

Gen 21:12 Deur Isak Matt 1:2

Gen 22:18 Deur Abraham Heb 2:16; Gal 3:8,14,16

Gen 28:14 Deur Jakob Matt 1:2

Gen 49:10 Septer sal van Juda nie wyk

Heb 7:14

Exodus

Ex 12:46 Geen been breek Joh 19:33,36

Númeri

Num 9:12 Geen been breek Joh 19:33,36

Deuteronómium

Deut 18:15 Profeet soos ek (Moses) Hand 3:21-26

Page 228: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

219

PROFESIEË IN DIE PSALMS

Ou-Testamentiese Profesie

Sleutelgedagte in profesie Nuwe-Testamentiese vervulling

Ps 2:1-2 Nasies beplan teen die Gesalfde Hand 4:24-27

Ps 8:3 Uit die mond van kinders en suigelinge

Matt 21:15-16

Ps 16:10 U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie

Luk 24:6; Hand 2:31

Ps22:2 My God, my God, waarom het U my verlaat

Matt 27:46

Ps 22:6-8 Hulle spot en skud die hoof Matt 27:39,41

Ps 22:17 Hulle het my hande en voete deurgrawe

Joh 19:18; 20:25

Ps 22:19 Hulle verdeel my klere Matt 27:35

Ps 34:21 Hy bewaar al sy bene nie een ... gebreek nie

Joh 19:33,36

Ps 41:10 Een wat met my brood eet ... hakskeen...

Joh 13:18-21

Ps 68:18 Hemel opgeklim... gevangenes weggevoer

Luk 24:51; Ef 4:8

Ps 69:9 Vreemd het ek vir my broers geword

Joh 1:11; 7:3,5

Ps 69:10 Die ywer vir u huis het my verteer

Joh 2:13-17

Page 229: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

220

Ps 69:22 Vir my dors het hulle my asyn laat drink

Matt 27:34

Ps 78:2 Ek wil my mond open met ‘n spreuk

Matt 13:34-35

Ps 110:1 Sit aan die regterhand Heb 1:3

Ps 110:4 Priester volgens die orde van Melgisédek

Heb 5-10

Ps 118:22-23 Die steen wat die bouers verwerp

Matt 21:42

PROFESIEË IN DIE PROFETE

Ou-Testamentiese Profesie

Sleutelgedagte in profesie Nuwe-Testamentiese vervulling

Samuel

2 Sam 7:12-16 Deur Dawid Rom 1:3; Matt 1:1; Luk 1:31-32

Jesaja

Jes 7:14 Immanuel (teken) Maagd Matt 1:20-23

Jes 9:1-2 In Galilea... mense in duisternis – lig

Matt 4:12-16

Jes 11:1-2 Gees van die Here rus op Hom Joh 3:34; Matt 3:16; Hand 10:38

Jes 35:5-6 Blindes sien, dowes hoor, Matt 11:2-6

Page 230: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

221

lammes loop

Jes 40:3-5 Stem van een wat roep Luk 3:2-6

Jes 42:1-6 Lig vir die heidene Luk 2:32; Matt 12:17-21

Jes 50:6 Rug gegee vir die wat slaan Mark 14:65; Matt 26:67-68; Matt 27:26

Jes 53:1 Wie het boodskap geglo? Joh 12:37-41

Jes 53:2 Niks dat ons Hom sou begeer Mark 6:1-3

Jes 53:3 Verag en verwerp Joh 8:48-52

Jes 53:3 Draai gesig weg, vlug Mark 14:27, 50

Jes 53:4 Ons krankhede op Hom geneem Matt 8:16-17

Jes 53:4 Geslaan deur (God) Mark 14:61-65

Jes 53:5 Ter wille van ons oortredinge deurboor

Rom 4:25; 1 Pet 3:18

Jes 53:5 Deur sy wonde is ons genees 1 Pet 2:21-24

Jes 53:6 Ons het gedwaal soos skape 1 Pet 2:25; Matt 9:36

Jes 53:6 Ons ongeregtigheid op Hom laat neerkom

Rom 5:6-8; 2 Kor 5:21

Jes 53:7 Hy het sy mond nie oopgemaak Mark 15:2-5; Matt 26:63; 1 Pet 2:23

Jes 53:7 Soos ‘n lam ter slagting Hand 8:30-35

Page 231: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

222

Jes 53:8-9 Graf by die ryke Matt 27:57-60

Jes 53:9 Geen bedrog in sy mond Heb 4:15

Jes53:11 Baie regverdig maak 1 Joh 2:1; Rom 3:19-31; Hand 13:38-41

Jes 53:12 Saam met oortreders getel Mark 15:27-28

Jes 53:12 Sondes van baie gedra Heb 9:28

Jes 53:12 Bid vir oortreders Luk 23:34

Jes 53:12 Met magtiges buit deel Luk 22:28-30

Jes 53:12 Deel onder die grotes (verhoog word)

Fil 2:5-11

Jes 53 Messias ly vir ons sondes Hand 3:13-18

Messias verwerp en geoffer Hand 13:26-33

Messias staan op uit dood Hand 13:33-37; 17:1-4

Jes 61:1-2 Herstel gebrokenes van hart Luk 4:18-19

Jeremia

Jer 31:15 Ragel beween haar kinders Matt 2:13-18

Daniël

Dan 9:26 Messias (Gesalfde) uitgeroei Mark 15:37; Matt 27:37, 50

Hoséa

Page 232: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

223

Hos 11:1 Uit Egipte my Seun geroep Matt 2:13-15

Miga

Miga 5:1-2 Gebore uit Bethlehem Matt 2:1-2

Miga 5:1 Dae uit die voortyd Joh 1:1

Sagaria

Sag 9:9 Koning ry op donkie Mark 11:1-10; Matt 21:1-11

Sag 11:13 Dertig silwerstukke Matt 27:3,7

Sag 12:10 Sien in wie hulle gesteek het Joh 19:34,37

Sag 13:7 Slaan herder, skape verstrooi Matt 26:56

Maleági

Mal 3:1 Die Here kom na sy tempel Matt 212

Mal 3:1 Boodskapper berei die weg Luk 1:17

JESUS CHRISTUS AS FOKUS

Die Skrifte as ‘n geheel het Jesus Christus as fokus, ons kan die Ou Testament en die Nuwe Testament in vyf afdelings verdeel:

Génesis – Maleági (Jesus Christus in profesie)

Mattheüs – Johannes (Jesus Christus geopenbaar)

Handelinge (Jesus Christus verkondig)

Page 233: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

224

Romeine – Judas (Jesus Christus verduidelik)

Openbaring (Jesus Christus se wederkoms) Vanaf die eerste profesie in die Bybel (Gen 3:15), was alle hoop gevestig op die Man wat uit ‘n vrou gebore sou word om God se verlossingsdoel te bewerkstellig. Deur al nege-en-dertig boeke van die Ou Testament sien ons die groot verwagting – Iemand is op pad – dié Een van wie al die profete getuienis gegee het. Daarom was daar ‘n verwagting onder die Joodse volk (Luk 2:1). Dit is Christus wat Israel bymekaar maak. Dit is Hy wat deur sy persoonlike manifestasies Israel lei en beheer. Hy vernietig Israel se vyande tydens Sy wederkoms en Hy regeer oor die aarde gedurende die Millennium deur sy volk Israel. Daarom sien ons in die Messiaanse profesieë:

profesieë van die Messiaanse voorgeslagte;

profesieë van die Messiaanse geboorte;

profesieë van die Messiaanse karakter;

profesieë van die Messiaanse bediening;

profesieë van die Messiaanse natuur (Seun van God en Seun van die mens);

profesieë van die Messiaanse lyding en dood;

profesieë van die Messiaanse opstanding;

profesieë van die Messiaanse hemelvaart en verheerliking, en

Page 234: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

225

profesieë van die Messiaanse wederkoms.

In die sewe-en-twintig boeke van die Nuwe Testament sien ons baie van die profesieë reeds vervul, terwyl ander in afwagting is om vervul te word. Die Messias het self na ten minste twintig Ou-Testamentiese karakters verwys en uit negentien verskillende Ou-Testamentiese boeke aangehaal. Hy was dié Een wat voortdurend met gesag verklaar het: “Daar staan geskrywe”. Hy kon met dieselfde gesag verklaar: “Kyk, Ek kom – in die boekrol is dit van My geskrywe – om U wil te doen, o God”. Toe die Messias hierdie en soortgelyke verklarings gemaak het (Luk 24:25-47), het Hy verwys na die Ou-Testamentiese Geskrifte (profesieë), aangesien die Nuwe Testament eers geskrywe is nadat Hy opgevaar het na die hemel.

Page 235: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus
Page 236: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

227

BRONNELYS

Dit dien vermeld te word dat die vernaamste bron van inligting met die skryf van

hierdie boek, JESUS CHRISTUS IN DIE OU TESTAMENT, die Heilige Skrif, die

Woord van God was, Die Bybel in Afrikaans, 1957. Hierdie is ‘n lys van die ander

vernaamste werke wat geraadpleeg is.

Alexander, David en Pat De Haan, M.R. Stevens, Charles H. Slemming, C.W. Van Zijl, James

Handboek by die Bybel Verenigde Protestante Uitgewers Afrikaanse Uitgawe Kaapstad 1973 The Tabernacle Zondervan Publishing House Grand Rapids, Michigan 1972 The Wilderness Journey The Moody Bible Institute of Chicago 1971 Made according to pattern Henry E. Walter Ltd London and Worthing 1966 Die Feestye van die Here Geloof in die Woord-Bediening Posbus 112, Stanger

Page 237: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

228

Grobler, Nannie De Villiers, H.T. Simpson, A.B. Edersheim, Alfred Conner, Kevin J. Conner, Kevin J.

4450 1991 Die Tabernakel Verenigde Gereformeerde Uitgewers Posbus 40 Springs 1986 Die Boodskap van die Tabernakel Afrika Evangeliese Bond Boekhandel Parade Sentrum 416 Kaapstad Christ in the Tabernacle Christian Publications, Inc 25 South Tenth Street, Harrisburg Pa The Temple, its Ministry and Services Hendrickson Publishers, Inc Peadbody, Massachusetts 2006 The Temple of Solomon City Bible Publishing 9200 NE Fremont Portland, Oregon 97220 1988 The Feasts of Israel Bible Temple Publishing 7545 N.E. Ghisan Street Portland, Oregon 97213 1980

Page 238: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

229

Conner, Kevin J. Geldenhuys, J.N. Hagee, John C. Wiese, Rina Unknown Jukes, Andrew Soltan, Henry W.

The Tabernacle of Moses City Christian Publishing 9200 NE Fremont Portland, Oregon 97220 1976 Die Bybel met verklarende aantekeninge Verenigde Protestantse Uitgewers (Edms) BPK, Kaapstad 1976 The Life Plan Study Bible Thomas Nelson Bibles A Division of Thomas Nelson, Inc 2004 Die Pasga 402 Dianastraat, Lynnwood, 0081 The Tabernacle Rose Publishing 4733 Torrance Blvd, 259 Torrance, CA 90503 U.S.A 2006 The Law of the Offerings Pickering & Inglis Ltd 29 Ludgate Hill, London The Holy Vessels and Furniture of the Tabernacle Kregel Publications Grand Rapids, Michigan 49501,1973

Page 239: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

230

Brown, William Slemming, C.W Ness, Alex W. Haldeman, I.M. Scofield, C.I. Verster, A.H.

The Tabernacle its Priests and its Services Hendickson Publishers, Inc Peabody, Massachusetts 2002 These are the Garments Henry E. Walter Ltd Worthing 26 Grafton Road and London 1963 Pattern for Living Christian Centre Publications 4545 Jane Str, Downsview Ontario Canada 1979 The Tabernacle Priesthood and Offerings Flemming H. Revell Company Westwood, New Jersey Scofield Reference Bible Oxford University Press New York 1967 Tabernakelstudies Volle Evangelie Kerk van God Posbus 40 Irene 1675, 1981

Page 240: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

231

De Haan, M.R. Hicks, B.R. Booker Richard Zimmerman, Martha Brickner, David Brickner, David Rosen, Ceil & Moishe

The Chemistry of the Blood Zondervan Publishing House Grand Rapids, Michigan 1964 Precious Gem in the Tabernacle Christ Gospel Churches, Inc Jeffersonville, Indiana 1985 Jesus in the Feast of Israel Bridge Publishing, Inc South Plainfield, New Jersey 1987 Celebrating Biblical Feasts Bethany House Publishers 11400 Hampshire Avenue South Bloomington, Minnesota 55438 2004 Christ in the Feast of Tabernacles Moody Publishers 820 N. LaSalle Boulevard Chicago, IC 60610 2006 Christ in the Feast of Pentecost Moody Publishers 820 N. LaSalle Boulevard, Chicago, IC 60610 2008 Christ in the Passover Moody Publishers

Page 241: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

232

Wiersbe, Warren W. Wiersbe, Warren W. Motyer, Alex Fruchtenbaum, Arnold G. Spence, H.D.M. and Exell Joseph S. Douglas, J.D.

820 N. LaSalle Boulevard, Chicago, IC 60610 2006 O.T. Commentary Exodus Published by David C. Cook 4050 Lee Vance View Colorado Springs, CO 80918 USA 1998 O.T. Commentary of Leviticus Published by David C. Cook 4050 Lee Vance View Colorado Springs, CO 80918 USA 1994 The Message of Exodus Inter-Varsity Press Norton Street, Nottingham NG 7 3HR, England 2008 The Footsteps of the Messiah Ariel Ministries P.O. Box 792507 San Antonio TX 98279-2507 2004 The Pulpit Commentary Hendrickson Publishers Peabody, Massachusetts New Bible Dictionary Inter- Varsity Press, Leicester, England,1962

Page 242: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

233

Barton, Bruce B. Halley, Henry H.

Life Application Bible Tyndale House Publishing, Inc Wheaton, Illinois 1991 Halley’s Bible Handbook Zondervan Publishing House Grand Rapids, Michigan 1965

Page 243: Jesus Christus in die Ou Testament - raymondlombard.com · die tik en uitleg van die boek ... die Bybel: Die tabernakel met alles wat daarmee gepaardgaan, spreek tot ons van Christus

Boeke geskryf deur Raymond D. Lombard

Afrikaans:

• Die boek Openbaring (Ook vertaal in Chinees en Frans)

• Die boek Daniël

• Die Geesteswêreld (Ook vertaal in Chinees en Mongools)

• Jesus Christus in die Ou Testament

• Die Name van God

• Die Getuienis

• Koninkryk Teologie

• Sinopsis van die Nuwe Testament

• Wat sê die Bybel? (Volume 1)

• Wat sê die Bybel? (Volume 2)

English:

• The book of Revelation (Also translated into Chinese and French)

• The book of Daniel

• The Spirit World (Also translated into Chinese and Mongolian)

• The Names of God

• The Testimony

• Kingdom Theology

• Jesus Christ in the Old Testament

• What does the Bible teach? Vol 1

Audio en lesings is ook beskikbaar. Kontak die kantoor vir ’n katalogus.

Vir pos-bestellings, skryf of e-pos asseblief aan:

Raymond Lombard Ministries Posbus 6 Parow 7499

E-pos: [email protected]

Webblad: www.raymondlombard.com

Telefoon: (Kantoor): +27 (0)21 939 1898