4
Lekker verjaar …, Lekker verjaar!!!! van u, vriende, kollegas en families. Regs: Tente in die Klerksdorp konsentrasiekamp. (Foto: Nasionale Argiefbewaarplek) Heel Regs: Grafte van gestorwenes uit die Kleksdorp Konsentrasiekamp. Die monument is onthul deur mev Nonnie De la Rey, eggenote van genl Koos De la Rey. (Foto: Nasionale Argiefbewaarplek) Uitgawe 8 1 April 2015 Die E-NUUSBLAD met die verlede, hede en toekoms STUUR JOU VERJAARSDAGLYSIE NA [email protected] SKOTTELGOEDWATER KOM TOT DIE REDDING Deur Ronel Theart Talle ouers van laerskoolkinders is tans besig om die laaste afronding aan hul kinders se wetenskap- ekspo take aan te bring. In ons geval was die moeilikste deel van die taak om net op ‘n onderwerp te besluit. Nadat die uurglas byna vir ons leeg geloop het, besluit ons seun om ‘n projek aan te pak waarby die omgewing kan baat. Hy plant toe grassies en maak dit nat met onder andere ‘n mengsel van skottelgoed- en kraanwater. In ons poging om bronne te kry wat die bevindinge kan staaf kom ons toe, danksy goeie ou vriend GOOGLE, af op ‘n baie interessante stukkie inligting. Die skakel wat ons volg is: skottelgoedwater red siek seuntjie van die dood. Baie opgewonde lees ons die artikel. Dit het verskyn in die Volksblad van 10 Februarie 1999. ``Dit is die jaar 1901. 'n Ylende kleuter lê en hoes in 'n koue tent in 'n konsentrasiekamp naby Klerksdorp. Sy ma, Hermina le Roux, is radeloos. Binnekort sal die kampkommandant en matrone kom inspeksie doen om, soos die beleid destyds in die kampe was, almal wat siek in die tente gelê het na die kamphospitaal te stuur. Hermina hou haar siek seuntjie nou al vir dae lank ten tyde van dié inspeksies buite, weg van die speurende oë van die Britte, want almal het geweet: As 'n mens eers in die hospitaal beland, kom jy nie terug nie. Die begraafplaas het elke dag voller en voller geraak. Elke oggend sodra die son opkom, het Hermina haar koorsige kind op die rug van een van sy boeties na die kamp se asgat gestuur. Vir ure het die seuns dan daar gespeel en die siek kleintjie probeer vermaak totdat hulle sien die kampinspeksie is afgehandel. Hannes het egter elke dag sieker geword en vanoggend het Hermina nie die hart gehad om die koorsige kind weer in die wind en weer uit te stuur nie. Maar aan die vindingrykheid van dié slim Boervrou, 'n gekwalifiseerde onderwyser wat Engels vlot kon praat en ook vir die kampkinders leer lees en skryf het, was daar geen einde nie. 'n Boer maak mos altyd 'n plan. Die grou was-en-skottelgoedwater van die vorige dag het nog in die wasskottel bly staan vir daardie dag se vuil borde en met dié neem sy stelling in by die tentdeur. Haar seun Jerry staan buite wag en toe hy ongemerk die teken gee, skiet sy met een haal die vuil water by die opening uit, bo-oor die kommandant en matrone wat toe juis buk om die tent binne te kom. Hulle was vir 'n oomblik uit die veld geslaan en toe die werklikheid insink: ``The bloody woman!'' Woedend. Stel jou voor, die waardige kommandant met sy andersins netjiese kuif in slierte oor sy voorkop; die matrone se wye, wit, gestyfde kopdoek papnat en nie te welriekend nie. Met kwansuise ontsteltenis en oordrewe gebare het Hermina hulle druipnat van haar tent weggelei, terug na hulle kwartiere en só aanhoudend om verskoning gevra dat hulle, om tog net van die lastige vrou ontslae te raak, die inspeksie vir die res van die dag gestaak het. Hermina het na haar tent teruggekeer en was vir weke die heldin van die tentedorp. Die twee inspekteurs, diep in hulle eer gekrenk, het nie gou weer in haar deel van die `dorp' oog gewys nie. Hannes sou dit nie in die kamphospitaal oorleef het nie. Daardie dag was die draaipunt en hy het gesond geword.” 'n Komiese verhaaltjie vir diegene wat geen belang daarby het nie, maar vir ander het dit verreikende gevolge.

Lekker verjaar SKOTTELGOEDWATER KOM TOT DIE ... › media › com_acymailing › upload › ...10-12 April 2015 VanZylsrus Boereverenigingsaal Registrasie vanaf 17:00 Vrydag-aand 19:00

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Lekker verjaar SKOTTELGOEDWATER KOM TOT DIE ... › media › com_acymailing › upload › ...10-12 April 2015 VanZylsrus Boereverenigingsaal Registrasie vanaf 17:00 Vrydag-aand 19:00

Lekker verjaar

…, Lekker

verjaar!!!! van u,

vriende, kollega’s en families.

Regs: Tente in die Klerksdorp konsentrasiekamp. (Foto: Nasionale

Argiefbewaarplek)

Heel Regs: Grafte van gestorwenes uit die Kleksdorp Konsentrasiekamp. Die monument is onthul deur mev Nonnie De la Rey, eggenote van genl Koos De la Rey. (Foto: Nasionale

Argiefbewaarplek)

Uitgawe 8 1 April 2015

Die E-NUUSBLAD met die verlede, hede en toekoms

STUUR JOU VERJAARSDAGLYSIE NA [email protected]

SKOTTELGOEDWATER KOM TOT DIE REDDING

Deur Ronel Theart

Talle ouers van laerskoolkinders is tans besig om die laaste afronding aan hul kinders se wetenskap-ekspo take aan te bring. In ons geval was die moeilikste deel van die taak om net op ‘n onderwerp te besluit. Nadat die uurglas byna vir ons leeg geloop het, besluit ons seun om ‘n projek aan te pak waarby die omgewing kan baat. Hy plant toe grassies en maak dit nat met onder andere ‘n mengsel van skottelgoed- en kraanwater. In ons poging om bronne te kry wat die bevindinge kan staaf kom ons toe, danksy goeie ou vriend GOOGLE, af op ‘n baie interessante stukkie inligting. Die skakel wat ons volg is: skottelgoedwater red siek seuntjie van die dood. Baie opgewonde lees ons die artikel. Dit het verskyn in die Volksblad van 10 Februarie 1999.

``Dit is die jaar 1901. 'n Ylende kleuter lê en hoes in 'n koue tent in 'n konsentrasiekamp naby Klerksdorp. Sy ma, Hermina le Roux, is radeloos. Binnekort sal die kampkommandant en matrone kom inspeksie doen om, soos die beleid destyds in die kampe was, almal wat siek in die tente gelê het na die kamphospitaal te stuur. Hermina hou haar siek seuntjie nou al vir dae lank ten tyde van dié inspeksies buite, weg van die speurende oë van die Britte, want almal het geweet: As 'n mens eers in die hospitaal beland, kom jy nie terug nie. Die begraafplaas het elke dag voller en voller geraak.

Elke oggend sodra die son opkom, het Hermina haar koorsige kind op die rug van een van sy boeties na die kamp se asgat gestuur. Vir ure het die seuns dan daar gespeel en die siek kleintjie probeer vermaak totdat hulle sien die kampinspeksie is afgehandel. Hannes het egter elke dag sieker geword en vanoggend het Hermina nie die hart gehad om die koorsige kind weer in die wind en weer uit te stuur nie.

Maar aan die vindingrykheid van dié slim Boervrou, 'n gekwalifiseerde onderwyser wat Engels vlot kon praat en ook vir die kampkinders leer lees en skryf het, was daar geen einde nie. 'n Boer maak mos altyd 'n plan. Die grou was-en-skottelgoedwater van die vorige dag het nog in die wasskottel bly staan vir daardie dag se vuil borde en met dié neem sy stelling in by die tentdeur. Haar seun Jerry staan buite wag en toe hy ongemerk die teken gee, skiet sy met een haal die vuil water by die opening uit, bo-oor die kommandant en matrone wat toe juis buk om die tent binne te kom.

Hulle was vir 'n oomblik uit die veld geslaan en toe die werklikheid insink: ``The bloody woman!'' Woedend. Stel jou voor, die waardige kommandant met sy andersins netjiese kuif in slierte oor sy voorkop; die matrone se wye, wit, gestyfde kopdoek papnat en nie te welriekend nie.

Met kwansuise ontsteltenis en oordrewe gebare het Hermina hulle druipnat van haar tent weggelei, terug na hulle kwartiere en só aanhoudend om verskoning gevra dat hulle, om tog net van die lastige vrou ontslae te raak, die inspeksie vir die res van die dag gestaak het.

Hermina het na haar tent teruggekeer en was vir weke die heldin van die tentedorp. Die twee inspekteurs, diep in hulle eer gekrenk, het nie gou weer in haar deel van die `dorp' oog gewys nie.

Hannes sou dit nie in die kamphospitaal oorleef het nie. Daardie dag was die draaipunt en hy het gesond geword.”

'n Komiese verhaaltjie vir diegene wat geen belang daarby het nie, maar vir ander het dit verreikende gevolge.

Page 2: Lekker verjaar SKOTTELGOEDWATER KOM TOT DIE ... › media › com_acymailing › upload › ...10-12 April 2015 VanZylsrus Boereverenigingsaal Registrasie vanaf 17:00 Vrydag-aand 19:00

`

Vir alle navrae, advertensies – artikels ens., stuur ‘n epos aan [email protected]

Stuur u verjaarsdaglysie na [email protected]

Wil u inskryf op Kalahari Snippets en kan nie self op die webblad nie, stuur net u naam en epos adres na [email protected] - KALAHARI SNIPPETS word gratis versprei aan die leser.

Please VOTE for me

Wendy van der Westhuizen Mrs. SA Semi-Finalist 2015

“Be YOURSELF and show

people your DREAM”

Thank you for all the supports, votes and likes, please remember to keep on voting for me and share to your friends and family. The Top25 finalists will be announced on 24 April 2015.

To vote, please do the following:

LIKE the page “Mrs South Africa” & then go to my picture and LIKE it.

LIKE my page “Wendy van der Westhuizen – Mrs. SA Semi-finalist 2015”.

Vote by sms “Wendy Van Der Westhuizen” to 35959 (Cost R3, you can sms as much as you like)

TTTHHHAAANNNKKK YYYOOOUUU,,, III cccaaannnnnnooottt dddooo iiittt wwwiiittthhhooouuuttt yyyooouuurrr sssuuuppppppooorrrttt...

Page 3: Lekker verjaar SKOTTELGOEDWATER KOM TOT DIE ... › media › com_acymailing › upload › ...10-12 April 2015 VanZylsrus Boereverenigingsaal Registrasie vanaf 17:00 Vrydag-aand 19:00

Afrikaans op sy Beste

OM „N SNOB TE WEES OF NIE

Wanneer iemand ‘n snob is, dan dink ‘n mens aan ‘n hooghartige, neusoptrekkerige persoon wat nie met Jan Alleman wil meng nie. Voeg hierby dat ‘n snob gedienstig, selfs kruiperig teenoor sy sosiale meerderes optree. Daar is hoofsaaklik twee bronne vir die verklaring van die herkoms van die woord.

Eers die populêre: Die kruiperigheid van die snob word beklemtoon – hy is iemand van die laer klasse van die gemeenskap wat geen aanspraak op adellikheid of rang het nie. Hierdie teenstrydigheid lê in die registrasie van studente by die Universiteit van Oxford en Cambridge vroeër jare. Nuwe studente moes nie net hulle naam verstrek nie, maar ook of hulle van adellike herkoms was. Die wat blou bloed in die are gehad het, moes hul titels agter hul name skryf. Die ander groep moes sine nobilitate skryf. Dit is later afgekort tot s.nob en later as een woord uitgespreek.

In Nederlandse studentetaal het die woord ook na die onvleiende oorgehel; dit het “ploert” beteken. Tot sover. Die ander bron is die Oxford-woordeboek wat kortweg het: origin unknown.

Daar was vroeër ‘n woord soos snob wat nou uitgesterf het en wat die benoeming was vir ‘n skoenmaker. Hou vas vir ons Nederlandse vriende. Hul verklaring vir die herkoms van die woord is dat dit in Engels oorspronklik skoenlapper beteken het Wat het ‘n vlinder met die Engelse cobbler te make? Kyk weer: die woord skoenlapper beteken “persoon wat skoene lap” dus: ‘n cobbler. Wat het ‘n skoenlapper met ‘n vlinder te make? Een van die vlinders van Nederland is ‘n schoenlapper genoem omdat dit bruin, swart of rooi vlekke op die vlerke het wat herinner aan die lappe wat eeue gelede op stukkende skoene vasgewerk is.

Bron: Prinsloo, AF., Feite, flaters en fiksie

KATHU & KURUMAN

DIERESORGVERENIGING

Ons benodig dringend die hulp van alle

diereliefhebbers in die gemeenskappe van Kuruman, Kathu, Dibeng en omgewing vir enige skenkings in die vorm van dierekos.

Vir Navrae skakel Marietjie in Kathu by 072 350 7999

of Ronél in Kuruman by 073 256 2059.

LLL&&&DDD SSSEEERRRVVVIIICCCEEESSS HHHoooooofffssstttrrraaaaaattt 111333

KKKuuurrruuummmaaannn

TTTEEELLL::: 000555111 777111222 333999999555

FFFAAAXXX::: 000888666 666999777 222999444999

DDDiiiccckkk::: 000888333 777444999 444111222999

LLLooouuuiiisss::: 000888333 444000777 111666333666

HHHEEERRRSSSTTTEEELLL EEENNN DDDIIIEEENNNSSS

VVVAAANNN AAALLLLLLEEE VVVOOOEEERRRTTTUUUIIIEEE...

MIGHTY MEN KALAHARI

10-12 April 2015 VanZylsrus Boereverenigingsaal

Registrasie vanaf 17:00 Vrydag-aand 19:00

Afsluiting Sondag-oggend 9:00 Gratis kampering en ablusie Vleispakkies te koop. Braaivure beskikbaar. Snoepie tussen lesings beskikbaar.

Navrae: Kiitie Hoffman [email protected] WhatsApp: 076 600 5115

Facebook: Mighty Men Kalahari Tel: 078 684 0994

CCCoooooolll –––BBBeeeaaannn CCCoooffffffeeeeee---ssshhhoooppp

@@@ TTThhheee eeeyyyeee

(((KKKuuurrruuummmaaannn)))

kkk ooo nnn ttt aaa kkk MMM aaa rrr nnn uuu sss 000 777 999 444 999 222 333 555 888 999

Page 4: Lekker verjaar SKOTTELGOEDWATER KOM TOT DIE ... › media › com_acymailing › upload › ...10-12 April 2015 VanZylsrus Boereverenigingsaal Registrasie vanaf 17:00 Vrydag-aand 19:00

‘n Plekkie in ons pragland – Zastron

‘n Plekkie in ons pragland – Zastron

Deur Gert Theart.

Op die R26 roete tussen Wepener en Rouxville is die dorpie Zastron geleë, in die suidoostelike deel van die Vrystaat. Die ontstaan van ‘n gemeenskap in die Caledon-vallei het met stampe en stote gepaard gegaan.

Die gebied is oorspronklik deur die Boesmans bewoon. Daarom die baie rotskuns in die omgewing. In die waterryke vallei tussen die Coledon en Oranjerivier het groot troppe Springbok, Swart Wildebeest(T’gnu die Khoikoi naam), Blesbok en Hartebees.

Jan Hendrik de Winnaar, ‘n boer van Aliwal Noord, het noordwaarts getrek oor die Trans Gariep op ‘n jagtog en kamp opgeslaan in die omgewing van Smithfield. Dit was nog voor die Groot Trek 1838. Verskeie boere uit die kolonie het op daardie stadium al oor die Trans Gariep met hul vee, wanneer die weiding in die kolonie skaars begin word het, getrek. Tydens die jagekspidisie het Jan Hendrik die area tussen die Caledon- en Oranjerivier besoek. Hy het dadelik op die area verlief geraak en sy familie en huis verskuif na die voet van die Aasvoëlberg. In 1838 het sy broer Reynier Petrus hom by hulle aangesluit.

In 1840 het Kwena stamhoof Moshweshwe die broers besoek. Moshweshwe en die broers het goed oor die weggekom. Moshweshwe het hulle toestemming verleen om in die gebied te vestig in ruil vir ‘n guns. Moshweshwe was baie lief vir geel perskes en hulle moes geelperskebome plant en hom jaarliks daarvan gee in vorm van vars, gedroog, ingelê en gestookte perskes.

Die De Winnaars het sy liefde vir Geelperkes gedeel en aan die versoek voldoen om orals waar hulle in die gebied gaan ‘n perskeboom aan te plant. Hulle het ook gesorg dat hulle latyd perskepitte in hulle sakke het wat hul dan oral geplant het. Vir ‘n tyd het die gebied waar die De Winnaars gewoon het bekend gestaan as ‘Yellow Peach Republic’.

Ongelukkig is die De Winnaars se veiligheid in die vallei bedreig deur politieke onstabiliteit tussen, die Sothostamme, Boesmans, wit pionier boere, en rowerbendes. In 1855 het soortgelyke bees ‘raids’ plaasgevind wat die De Winnaars weer uit die gebied gedryf het. Sir George Grey het die gebied besoek en ‘n oorkoms is bereik oor die beheer oor die gebied.

In 1858 verklaar die Oranje Vrystaatrepubliek oorlog teen die Sotho’s en val die Caledonvallei binne vanuit die noorde en suide. Moshweshwe het gaan skuil in die vestingstad Thaba Bosiu. Die Vrystaters het besef dit is ‘n verlore stryd en is gedwing om weg te trek. Na drie jaar van choas het die Britse Owerheid ingetree en die land as Britse Protektoraat verklaar met ‘n heel nuwe grenslyn.

In 1869 ontvang Jan Hendrik en Reynier as deel van die oorsponklike ooreenkoms ‘n gedeelte van hul grond terug, hoewel dit slegs 3 530ha van die oorspronkilike grond was. Jan noem toe die grond “Verliesfontein” en boer daarop tot sy dood op 77 jarige ouderdom op 3 Junie 1874.

Dit is op dieselfde Verliesfontein waarop die dorp Zastron in 1876 aangelê is. Die dorp is vernoem na die vrou van President Brand, Johanna Sibella Brand nee Zastron. Sy is in Poland gebore, waarna haar ouers na Suid-Afrika gekom het. Haar vader was die Registrateur van Aktes in Kaapstad. Hulle van Zastron was ‘n vervorming van die Duitse naam Zastrauw.

Verskeie skermutselinge tussen die Republiekeinsemagte en die Britse troepe het in die omgewing van Zastron plaasgevind. Een van skermutseling was op die plaas Quaggasfontein, asook op Vegkop tydens genl De Wet se eerste poging om die kolonie binne te val. Op die plaas is oorblyfsels van kontoere van lande en watervore wat ‘n aanduiding is van die vrugbaarheid van die gebied.

Reynier Petrus de Winnaar was ‘n storievertller van formaat. Wanneer Reynier se stories ‘n bietjie te veel raak vir sy hoordes is hy ondersteun deur sy agterryer ‘n Boesman, wat bekend gestaan het as ‘Vosmerrie’, wat net toevoeg ‘Dis reg baas’. Renier het ‘n soort Rip van Winkel bestaan gevoer en deur die platteland getrek en stories vertel wat deel van die Suid-Afrikaanse volkskuns geword het. Een van die stories is sy weergawe van hoe die beroemde Oog van Zastron in die van Aasvoëlberg wes van die dorp ontstaan het.

“Terwyl hy eendag met sy pangeweer, ‘n antieke voorlaaier, op jag was, het Reynier op die duiwel afgekom en die het hom gevra wat dra hy. Reynier het hom vertel dat dit sy pyp was. Die duiwel wou toe van die tabak proe. Na hy die duiwel gewaarsku het dat die tabak baie sterk is, het Reynier die geweer met ‘n mengsel van tabak en kruit gelaai en ook ‘n paar klippe en spykers bygevoeg.

Hy het toe die duiwel aangesê om die loop in sy mond te sit en hard te trek. Toe Reynier die lont aansteek, was daar ‘n geweldige ontploffing. Die duiwel se kop het deur die lug getrek en ‘n gat deur die berg geruk. In die verte kon die duiwel glo gehoor word waar hy saggies sê, “Jou tabak is darem wragtig sterk”.

Reynier is op ‘n rype ouderdom van 102 jaar oorlede, sewe jaar na die stigting van Zastron. Sommige mense beweer egter dat hy steeds in die berge te sien is waar hy sy pyp rook.”

(Bron: Erasmus, BPJ., OPPAD in Suid-Afrika. Jonathan Ball uitgewers, Johannesburg)

Regs: NG Kerk in Zastron met Burgermonument ter nagedagte aan Zastron kommadolede wat gesterf het tydens die ABO. Heel Regs: Die Oog van Zastron in Aasvoëlberg.

Regs: Kontoerwalle op die plaas Quaggafontein. Heel Regs: Skanse uit die ABO op Vegkop buite Zastron. (Foto: Vrystaatse

Argiefbewaarplek)