6
+ +++++++++++++++++++++++++++++ heidekoppie nuus 22 Augustus 2021 Kerkkantoor-ure: Weeksoggende 09:00 – 12:00 Die Gemeente met Oop Deure I H.v. Protea- en Stasieweg, Brackenfell I 021 981 2690 [email protected] I www.heidekoppie.com I www.facebook.com/Heidekoppie I https://www.youtube.com/ user/heidekoppie Leraars: Ds Anton Roux [email protected] 083 504 2613 Ds Franz Burger 060 360 5305 [email protected] Jeugwerker: Adam Barker 074 172 9187 [email protected] Joh 20:21 “’Vrede vir julle!’ sê Hy weer vir hulle. Soos die Vader My gestuur het, so stuur Ek julle ook.” NAGMAAL Kom na my toe net soos jy is. Ds Franz “BEFORE AND AFTER” Rom 5: 6-8: God se wonderresep vir vermoeides Wil jy ontslae raak van al jou laste en wil jy vertroosting vind vir jou omstandighede? Ons bring vir jou HOOP, kom sit aan by die NAGMAAL. Kom luister: ‘n Spesiale Geestelike Detoks Dieet wat werk! Kom net soos jy is! Maar... Jy gaan nie die tafel verlaat soos wat jy gekom het nie. RESULTATE GEWAARBORG! Kom net soos jy is... Swaar belaaide moedelose.vermoeide... kom skud af die EKSTRA GEWIG! Eredienste is op die oomblik Sondagoggende om 09:00 vir 50 mense binne die gebou en 100 mense buite op die par- keerterrein wat deur hul motorradios na die diens in die kerk luister. Die diens word ook lewendig uitgesaai op die gemeente se YouTube kanaal: https://www.youtube.com/u ser/heidekoppie Die kinderkerke en bababe- diening het nog nie weer begin nie. Besprekings vir eredienste open op Maandagoggende op Google-vorms https:// forms.gle/CvPVVmvTBQxTS8 jp9 of by die kerkkantoor. Op So 12 Sep en So 19 Sep gaan daar nie die gewone eredienste wees nie. Op hierdie twee Sondae gaan Ds Anton en Ds Franz vrae waarmee lidmate worstel, probeer antwoord. Veral vrae wat op die oomblik relevant is, bv vrees vir die dood, verlies, vergifnis, hoe lyk dit in die hemel, inenting of nie, depressie en antwoord op gebede. Stuur jou vrae gerus na die kerkkantoor by [email protected] of na Ds Anton by ants@heide koppie.com . Sluitingsdatum vir vrae: 27 Aug SPACE begin weer vanaand! Omdat ons beperk is tot 50 mense binnenshuis, kan al die Space-groepe ongeluk- kig nie gelyktydig vergader nie. Die groepe vergader as volg: Belydenisklas: Elke Sondag 16:30 - 18:00 Gr 7 Vanaand (22 Aug) en 5 Sep 17:30 – 18:30 Gr 8,9 en 10: 29 Aug en 12 Sep 17:30 – 18:30 Indien jy nie die Space kom- munikasie ontvang nie, kontak asb vir Adam by jeugwerker@heidekoppie. com.

heidekoppie nuusUniversele Kode: 632005 Tjekrekening nr.: 145 058 0674 Bespreek by Baie geluk aan die vlg persone, 70jr en ouer, wat verjaar! Marie Nel munikasie groepe. Volg …

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: heidekoppie nuusUniversele Kode: 632005 Tjekrekening nr.: 145 058 0674 Bespreek by Baie geluk aan die vlg persone, 70jr en ouer, wat verjaar! Marie Nel munikasie groepe. Volg …

+

+++++++++++++++++++++++++++++

v

heidekoppie nuus 22 Augustus 2021

Kerkkantoor-ure: Weeksoggende 09:00 – 12:00

Die Gemeente met Oop Deure I H.v. Protea- en Stasieweg, Brackenfell I 021 981 2690 [email protected] I www.heidekoppie.com I www.facebook.com/Heidekoppie I

https://www.youtube.com/ user/heidekoppie

Leraars: Ds Anton Roux [email protected] 083 504 2613 Ds Franz Burger 060 360 5305 [email protected]

Jeugwerker: Adam Barker 074 172 9187 [email protected]

Joh 20:21

“’Vrede vir julle!’ sê Hy weer vir hulle.

Soos die Vader My gestuur het, so stuur Ek julle ook.”

NAGMAAL Kom na my toe net soos jy is.

Ds Franz

“BEFORE AND AFTER” Rom 5: 6-8: God se wonderresep vir

vermoeides

Wil jy ontslae raak van al jou laste en wil jy vertroosting vind vir jou

omstandighede? Ons bring vir jou HOOP, kom sit aan

by die NAGMAAL.

Kom luister: ‘n Spesiale Geestelike Detoks Dieet wat werk!

Kom net soos jy is!

Maar... Jy gaan nie die tafel verlaat soos wat jy gekom het nie.

RESULTATE GEWAARBORG! Kom net soos jy is... Swaar belaaide

moedelose.vermoeide... kom skud af

die EKSTRA GEWIG!

Eredienste is op die oomblik Sondagoggende om 09:00 vir 50 mense binne die gebou en 100 mense buite op die par-keerterrein wat deur hul motorradios na die diens in die kerk luister.

Die diens word ook lewendig uitgesaai op die gemeente se YouTube kanaal: https://www.youtube.com/user/heidekoppie

Die kinderkerke en bababe-diening het nog nie weer begin nie.

Besprekings vir eredienste open op Maandagoggende op Google-vorms https:// forms.gle/CvPVVmvTBQxTS8jp9 of by die kerkkantoor.

Op So 12 Sep en So 19 Sep gaan daar nie die gewone eredienste wees nie. Op hierdie twee Sondae gaan Ds Anton en Ds Franz vrae waarmee lidmate worstel, probeer antwoord. Veral vrae wat op die oomblik relevant is, bv vrees vir die dood, verlies, vergifnis, hoe lyk dit in die hemel, inenting of nie, depressie en antwoord op gebede. Stuur jou vrae gerus na die kerkkantoor by [email protected] of na Ds Anton by ants@heide koppie.com . Sluitingsdatum vir vrae: 27 Aug

SPACE begin weer vanaand!

Omdat ons beperk is tot 50 mense binnenshuis, kan al die Space-groepe ongeluk-kig nie gelyktydig vergader nie. Die groepe vergader as volg:

Belydenisklas: Elke Sondag 16:30 - 18:00

Gr 7 Vanaand (22 Aug) en 5 Sep

17:30 – 18:30 Gr 8,9 en 10:

29 Aug en 12 Sep 17:30 – 18:30

Indien jy nie die Space kom-munikasie ontvang nie, kontak asb vir Adam by jeugwerker@heidekoppie. com.

Page 2: heidekoppie nuusUniversele Kode: 632005 Tjekrekening nr.: 145 058 0674 Bespreek by Baie geluk aan die vlg persone, 70jr en ouer, wat verjaar! Marie Nel munikasie groepe. Volg …

Bankbesonderhede:

NG Kerk Heidekoppie,

Absa Brackenfell Tak,

Universele Kode: 632005

Tjekrekening nr.:

145 058 0674

E-skakel:

https://pos.snapscan.io/qr

/Uk4Z6AES

Baie geluk aan die vlg persone, 70jr en ouer,

wat verjaar!

23Aug

Joachim Engelbrecht

Jan Zeeman 26 Aug

Helena Wolmarans

27 Aug

Danie Niemand

Heidekoppie verjaarsdag: Donderdag 7 Oktober

Die volgende is in die pyplyn; hou die spasie dop!

WEGNEEM-ETES Vrydagaande

3 Sep, 17 Sep, 1 Okt

PRETLOOP 10 en 11 Sep

DIAMOND EN DEUNTJIES Saterdag 23 Oktober

FEESDIENS Sondag 17 Oktober

FEESBASAAR op Saterdag 30 Oktober.

Saterdag 30 Oktober 09:00 – 13:00

Vanjaar se basaar ‘n vinnige en feestelike impak-basaar! Om mak-liker te kan beplan, is dit nodig om ‘n koördineerder vir elke tafel te hê.

Doen ‘n slag iets anders as die gewone en voel hoe die energie deur jou are begin bruis: Laat weet Jackie by admin@ heidekoppie.com indien jy een van die volgende tafel wil koördineer:

Vetkoek met vulsels

Poedings

Pannekoek

Boereworsrolle

Braaivleis-etes

Sa 23 Oktober Twee vertonings: 14:00 en 19:00

Het jy gedink die orkes kan net begeleiding doen op Sondae? Moenie glo nie! Hulle is hard aan die oefen vir ‘n heerlike musikale reis! ‘n Vrolike saamsing vertoning (masker en al) - We’re Leaving on a Jetplane vanaf Blouberg se Strand, ons gaan Sweef soos ‘n Arend sodat jy net Great balls of Fire sien spat! ‘n

Medley van tientalle liedjies deur dekades ♫.

Besprekings open eerskomende Woensdag om 09:00. Voorlopig net 50 kaartjies per vertoning. Die kaartjie van R100 (volwassenes) en R70 (kinders 12 jr en jonger) sluit ‘n burger en kolwyntjie in. Daar sal ook ‘n snoepie wees met drinkgoed en R10-kaartjies waarmee PRYSE gewen kan word! Bespreek by die kerkkantoor of op Google vorms: https://forms.gle/FJc9bLMrGaQdQFcy7

Page 3: heidekoppie nuusUniversele Kode: 632005 Tjekrekening nr.: 145 058 0674 Bespreek by Baie geluk aan die vlg persone, 70jr en ouer, wat verjaar! Marie Nel munikasie groepe. Volg …

Kontak Ds Anton (kontakbesonderhede on-der-aan p1) indien jy enige van die volgende kan skenk: ⬧ Tweeplaatstofie (of braaipan) ⬧ Kleinerige tafel en 4 stoele ⬧ “Sitstelletjie” bv bank en 2 stoele.

3 Augustus 1992

Die Voorsitter

NG kerk Heidekoppie Vrouediens

Posbus 292

Brackenfell

Geagte Mev Vollgraaff

GORDYNE - LOKALE

Die kerkraad en hul kommissies wil u en die dames wat

verantwoordelik was met die reëlings en hang van die

gordyne in die lokale van harte bedank, die gordyne

vertoon baie vrolik en pragtig.

Die kerkraad wil ook baie dankie sê vir al die vele ander

dienste verrig en pragtige werk wat u in ons Gemeente

doen.

Gods rykste seën word u toegebid.

SKRIBA

Seniors! Het jy al bespreek vir die Silwerjare Lentetee?

Dinsdag 7 September om 10:00 in die onderste saal.

Bespreek by Louisa by 021 981 4423. Slegs 50 plekke begskikbaar.

Uit die “Vrydagnuus” van die sinode:

"Shamsia Hassani, 'n bekende Afghaanse kuns-tenaar, het hierdie skildery gemaak in reaksie op die huidige gebeure in Afghanistan. Die skil-dery se naam is Nightmare en beeld iets uit van die nagmerrie waarin veral vroue hulleself be-vind. Dit wys hoe vroue stilgemaak word en hoe al die vooruitgang wat gemaak is in die be-magtiging van vroue in 'n oogwink uitgewis is.

Ds Rethie van Niekerk het 'n treffende video gemaak van vroue in die Hebreeuse geskrifte - vroue wat ook dikwels stilgemaak is, maar wat maniere gevind het om op te staan. Klik gerus hier om die video te kyk.

Kom ons bid in hierdie tyd spesifiek vir die mense van Afghanistan vir hulle veiligheid en spesifiek vir die vroue vir hulle vryheid en dat hulle kan voortgaan om onderrig te ontvang."

ONS NUWE LOGO Daar is 70 inskrywings ontvang en beoordeling gaan nou plaasvind!

Hier is ‘n paar van die inskrywings wat ontvang is:

Page 4: heidekoppie nuusUniversele Kode: 632005 Tjekrekening nr.: 145 058 0674 Bespreek by Baie geluk aan die vlg persone, 70jr en ouer, wat verjaar! Marie Nel munikasie groepe. Volg …

Die Nasionale Instituut vir Dowes laat weet: "Wat ‘n groot voorreg om God te kan loof en prys in jou eie taal – Suid-Afrikaanse Gebaretaal. Dowes of Gebaretaal gebruikers kan aanbiddingsliedere in hul eie taal geniet, dit is 'n seën. Dit is nie meer nodig om dit net te kan hoor nie, maar nou kan die woorde gesien word. Lofprysing en aanbidding is 'n belangrike deel van baie mense se lewens, dit het verseker sy voordele en verbeter ‘n mens se geestesgesondheid."

Suid-Afrikaanse Gebaretaal is ‘n baie mooi taal. Die Nasionale Instituut vir Dowes se steundienste-afdeling werk daagliks daaraan om meer Doof-toeganklike materiaal te ontwikkel. Kyk gerus hier na beskikbare SAGT aanbiddingsliedere.

Ds Freek Swanepoel (tans lidmaat hier by Heidekoppie) se boek Die Eerste Tree gee belangrike historiese inligting oor die veranderinge vir die kerk in die demokratiese Suid-Afrika sedert 1994. Ds Swanepoel was mo-derator van die opspraakwekkende Algemene Sinode van die NG Kerk in 1994; wat deur president Mandela toegespreek is en bekend gestaan het as Die Sinode van Versoening. Dit is belangrik om kennis te neem van hierdie eerste treë,

om die huidige stand van die NG Kerk in Suid-Afrika te evalueer. Die publikasie is in die CLF aanlynwinkel beskikbaar

Dekor in die kerk se voorportaal.

Page 5: heidekoppie nuusUniversele Kode: 632005 Tjekrekening nr.: 145 058 0674 Bespreek by Baie geluk aan die vlg persone, 70jr en ouer, wat verjaar! Marie Nel munikasie groepe. Volg …

Water is raakgeboor by die stoor en vroeër die maand is ‘n pomp geïnstal-leer. Een van die dae word die groente besproei!

Jesus in Aksie se bediening by die Lasarusstoor gaan steeds voort. Omdat donasies en bydraes baie opgedroog het, kan daar ongelukkig nie soveel mense gehelp word soos verlede jaar die tyd nie, maar

hulle gaan aan met wat hulle het!

Daar is slegs op Sondae kosbediening en dan slegs sop. Die afgelope Sondag is hulle bederf met ‘n skenking van gestoofde appels en vla. Op Sondae is daar ook Woord-bediening.

Indien jy die kerkgangers een Sondag met iets meer as sop wil bederf, kontak Ettienne Pio by 061 520 2883. Indien jy wil aansluit by die span wat sop kook, kontak Louisa by 084 945 4856.

Boksies en kospakkies word elke 2 weke voorsien aan 28 kerke (ook aan Heidekoppie) en instansies hoofsaaklik in Brackenfell en Ruyterwacht. Die getal boksies per instansie is sedert verlede jaar met die helfte gesny en alle instansies kan ook nie meer gehelp word nie. Soms ontvang hulle ‘n groot skenking (soos bv op die foto links) en kan mense dan met vars produkte bederf word.

Nou en dan is daar ‘n spesiale uitreik. Vroeër in Augustus was daar op ‘n koue Vrydagaand ‘n uitreik na haweloses in Brackenfell. Komberse, beanies, sop, brood en pam-poenkoekies is uitgedeel aan mense wat in die koue op straat probeer oorleef.

ONS TUIN! Brackenfell Stasie. Daar word deurentyd terrein skoongemaak (stasies word maar erg bemors), grond omgedolwe, vrugbare grond aangery en groente geplant. “Earn your keep” is ’n werkskeppingsprojek waar mense in Ons Tuin kan werk in ruil vir kos. Die groente wat geoes word, word versprei saam met die pakkies.

GROOT BEHOEFTE: Veral finansiële bydraes asb, dan kan kos grootmaat aangekoop word. Lazarus Ministries, FNB Willowbridge, Universele Kode 250655, Tjekreknr. 626 717 82756

Page 6: heidekoppie nuusUniversele Kode: 632005 Tjekrekening nr.: 145 058 0674 Bespreek by Baie geluk aan die vlg persone, 70jr en ouer, wat verjaar! Marie Nel munikasie groepe. Volg …

Die Haïtiaanse regering het op Sa 14 Aug ’n nood-toestand verklaar nadat ’n aardbewing van 7,2 die eiland getref het. Volgens die land se burgerlike be-skermingsagentskap is ten minste 1 297 mense dood, terwyl meer as 5 700 beseer is. Verder is dui-sende verplaas omdat hul huise beskadig of ver-nietig is.

Haïti staar verskeie uitdagings in die gesig - die lang-durige impak van die verwoestende aardbewing van 2010, die moord op president Jovenel Moïse verlede maand, toenemende bendegeweld en ’n toename in COVID-19-infeksies.

Haïtiaanse hospitale het reeds gesukkel met ’n gebrek aan hulpbronne om die COVID-19-pandemie te hanteer en is nou oorweldig deur duisende mense wat tydens die aardbewing beseer is en behandeling benodig.

Haïti is die tuiste van meer as 11 miljoen mense, waarvan 94,8% bely dat hulle Christene is.

Bid asseblief saam vir Haïti. Bron: Incontext Ministries

Uit Afghanistan (waar die Taliban die land oorge-neem het) laat weet ‘n inwoner: “Die vrees van die Afghane is nie soseer vrees vir die onbekende nie, maar ‘n vrees vir die bekende. ‘n Wrede re-gime waar die lewe daagliks gekenmerk word deur spanning: onderdrukking van vroue, open-bare teregstellings, vrees vir ‘n klop aan die deur …

- Bid vir die Christelike kerk in Afghanistan; dat die Here ons broers en susters in die geloof sal beskerm en vir hulle vrede sal gee. - Bid vir politieke en humanitêre oplossings vir die enorme hoeveelheid Afghaanse vlugtelinge. - Bid vir die inwoners van Afghanistan wie se lewens onherroeplik verander het; veral vir die vroue en kinders. - Bid vir wysheid vir wêreldleiers oor hoe om te reageer. - Bid vir die Taliban – dat hulle leiers deur die Heilige Gees oortuig sal word van die liefde van Jesus.

Ons wil graag ‘n “gebedstent”, soortgelyk aan die een op die foto, op die voorste parkeerterrein op-slaan vir ‘n paar Saterdagoggende en/of Vrydag-aande.

Ons benodig - Iemand om ‘n “banner” te maak. - Bidders (Selfs al is dit net vir een skof.)

Kontak Anton van Schalkwyk by 083 390 9294 om aan te meld!